Psychology 114

You might also like

You are on page 1of 23

Week 1:

‘n Kort Geskiedenis van Sielkunde


in Suid-Afrika
Week 1 Verpligte Leesstof
• Naidoo, A.V. (1996). Challenging the hegemony of
Eurocentric psychology. Journal of Community and Health
Sciences, 2(2), 9-16.

• Duncan, N., Stevens, G., & Bowman, B. (2004). South


African psychology and racism: historical determinants and
future prospects. In Hook, D (reds), Critical psychology (pp
360-389). Kaapstad: Juta & Company Ltd.
Inleiding
• Waarom is dit belangrik om die geskiedenis van sielkunde
in Suid-Afrika te bestudeer?

• Hoekom is geskiedenis ‘n belangrike onderwerp vir


sielkunde?

• Behoort ons nie die definisie van sielkunde te dek eerder


as die geskiedenis daarvan nie?
Inleiding

Sielkunde is die wetenskaplike studie van die


denke, denkprosesse en [menslike] gedrag
(Weiten, 2018).
Inleiding
• Hoekom is dit belangrik om die geskiedenis van sielkunde in Suid-Afrika te
bespreek?

• Hierdie vraag laat ons toe om na te dink oor hoe die verlede die hede vorm
en beïnvloed.

• Kennisproduksie = die produksie van kennis rondom die geskiedenis van


sielkunde in Suid-Afrika, wat beïnvloed hoe ons sielkunde deur middel van
onderrig, navorsing, psigoterapie, psigometriese assesserings ens.
praktiseer.
Inleiding
• Naidoo (1996) redeneer dat die geskiedenis van kennis wat sielkunde op ‘n internasionale
en plaaslike vlak geskep het:

1. Deurspek is van Westerse/Eurosentriese waardes;

2. en ‘n positivisties-empiriese modus van wetenskaplike ondersoek bevorder.

• Wat beteken dit?

• Wat beteken dit dat, histories, sielkunde kennis produseer het wat Westers/Eurosentries is
en op positivisme gebaseer is, en dat hierdie kennis universeel, in Suid-Afrika en oral
anders, aangeneem is?
Inleiding
• 2 deurslaggewende, kenmerkende eienskappe van sielkundige kennis:

1. Westerse/Eurosentriese waardes = kennis wat die belange en idees van


wit, heteroseksuele, middelklas en opgevoede Amerikaanse en
Europese gemeenskappe reflekteer.

2. Positivisties-empiriese wetenskap = kennis word slegs as wetenskaplik,


geldig, waar en feitelik beskou wanneer dit produseer word onder
omstandighede wat waarneembaar, objektief, hoogs gekontroleerd en
gekwantifiseerd is.
Inleiding
• Wat beteken sielkunde se Westerse/Eurosentriese en
positivistiese kennis vir jou, en vir die sosiale, kulturele,
ekonomiese en politieke konteks waarvandaan jy kom?

• Is die kennis wat sielkunde produseer relevant tot jou lewe


met verwysing tot jou ras, gender, klasposisie, seksualiteit,
nasionaliteit, politieke sienings, godsdienstige affiliasie,
etnisiteit ens.?
Inleiding
• Byvoorbeeld, hoofstroomsielkunde wat op voorgraadse en
nagraadse vlakke aangebied word, is losweg gebaseer op
Westerse/Eurosentriese waardes en ‘n positivistiese model van
wetenskaplike ondersoek.

• Dit beteken dat sielkunde die tendens saamdra om jou ervarings


en subjektiwiteite te dekontekstualiseer indien jy sou versuim om
te bevraagteken vanwaar hierdie kennis in die eerste plek
afkomstig is, en of dit nuttig is vir jou huidige sosiale realiteit.
Inleiding
• 2 geskiedenisse om in ag te neem:
1. Die geskiedenis van sielkunde
2. Die geskiedenis van Suid-Afrika

• 2 deurslaggewende historiese determinante wat


Suid-Afrika gevorm het:
1. Rassisme
2. Apartheid
Inleiding

• Hoe het sielkunde binne apartheid ingepas?

• Was sielkunde medepligtig aan die


bevordering van apartheid en rassisme, of het
sielkunde hierdie sisteem en sy rassistiese
ideologie bevraagteken?
Geskiedenis van Suid-Afrikaanse
Sielkunde
• Die geskiedenis van sielkunde in Suid-Afrika kan
verdeel word in twee belangrike periodes, wat
merkbare verskuiwings in die politieke landskap van
Suid-Afrika verteenwoordig:

1. Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994


2. Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994
Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994
Die hoofkenmerke:
1. Suid-Afrika pre-1994 – ‘n apartheidstaat.

2. Sielkunde het ‘n humanitêre rol aangeneem.

3. Sielkunde se magtiging van rassisme.

4. Sielkunde het witmense se geleefde ervarings dokumenteer


terwyl dit swartmense geïgnoreer het.
Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994
5. Sielkunde het ‘n ongelyke proses van kennisproduksie en
onderrig volgens ras gegenereer.

6. Sielkunde het diagnostiese sisteme geskep wat volgens ras


gedefinieer is – bantu histerie versus depressie.

7. Sielkunde het swartmense as die negatiewe ‘ander’ objektifeer.

8. Sielkunde se hoofbekommernis – ‘arm witmense’.


Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994
Hoekom het Suid-Afrikaanse sielkunde nie weerstand
gebied teen apartheid nie?

1. Suid-Afrikaanse sielkundiges is indoktrineer binne


sisteme van kennis & ideologieë wat hulle min ruimte
gelaat het om rassisme te kritiseer en te
bevraagteken.

1. Die meerderheid sielkundiges was wit en middelklas,


en hulle het voordeel getrek uit apartheid se rassisme.
Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994
3. Swart sielkundiges het minder as 10% van
geregistreerde sielkundiges verteenwoordig, en
hulle het dus nie genoegsame getalle bereik om ‘n
sterk weerstand te skep nie.

4. Die eugenetikabeweging, wat gedurende apartheid


deur sielkunde aangehang en ondersteun is = idees
dat swartmense geneties minderwaardig as
witmense is.
Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994

5. Die ‘Uitbreiding van die Universiteitopvoedingwet


No. 45 van 1959’ – toegang tot die beste universiteite
in terme van befondsing en hulpbronne slegs vir wit
studente gereserveer.

6. Die sielkundekurrikulum was medepligtig tot die


reproduksie van rassisme.
Suid-Afrikaanse Sielkunde pre-1994
7. Die Sielkunderaad van die Republiek van Suid-Afrika
het ‘n sê gehad oor die inhoud en kurrikulum van
sielkundeprogramme by universiteite.

8. Die Publikasiewet No. 42 van 1974 – het meer as 18


000 boeke uit universiteite verban omdat hulle
kritiese denke aangemoedig het wat apartheid en
rassisme sou kon bevraagteken.
Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994
• 1994 – Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing ooit.

• Die einde van apartheid en geïnstitusionaliseerde rassisme.

• Post-1994 – ‘n tydperk van hoop en baie nodige verandering.

• Verwagting dat veranderinge tot die praktyk van sielkunde


geïmplementeer sou word.
Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994

Die hoofkenmerke:
1. Sielkunde wat die onderwerp van ras en rassisme vermy.
2. Die hervorming van sielkunde – op ‘n professionele en
institusionele vlak.
3. Die ontkoppeling van georganiseerde sielkunde van enige
bande met apartheid en rassisme.
4. Die skepping van nuwe organisasies – PsySSA (Die
Sielkundige Raad van Suid-Afrika).
Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994
5. Akademiese hervorming deur middel van navorsing en publikasie – die
verskuiwing van kennisproduksie om stemme wat gedurende apartheid
stilgemaak, gemarginaliseer en uitgesluit is, te verteenwoordig

5. Nuwe vorme van marginalisasie:


i. lae publikasiekoers van die minderheid swart akademici in sielkunde;
ii. swart akademici werkend by minder bevoorregte universiteite waar navorsing en
publikasie nie prioriteit geniet nie;
iii. swart akademici belas met ongewoon hoë volumes studente, wat hulle min tyd vir
navorsing en publikasie gegun het;
iv. Engels die publikasiemedium, wat swart akademici grotendeels uitgesluit het
aangesien hulle nie eerstetaalsprekers van Engels was nie.
Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994

7. Die voortdurende gebruik van


Westerse/Eurosentriese kennis binne
sielkunde.

8. Die rasgemaakte aard van professionele


sielkundeonderrigprogramme.
Suid-Afrikaanse Sielkunde post-1994

Ter opsomming

• Substantiewe struikelblokke tot die


beëindiging van rassistiese ideologieë, wat die
praktisering van sielkunde affekteer, duur
voort.

You might also like