You are on page 1of 1

Wat ‘n vakansie!

Verlede Desember het my ouers ons verras met ‘n


vakansie na Ierland. Ek het dadelik begin navorsing doen en die
interessante feite dat daar nog nooit slange in Ierland was nie en
geen ander tiere as die Keltiese tier voorkom nie, uitgevind.
Met ons aankoms in Ierland was daar orals simbole soos die harp, die
Keltiese kruis, die Ierse wolfhond en die klawer. Gelukkig vir ons is
die amptelike tale van Ierland Iers en Engels en kon ons maklik
kommunikeer. Ons het eerste die hoofstad en grootste stad Dublin
besoek en by ‘n restaurant Ierland se tradisionele voedsel aartappels
asook die enigste rooikaas ter wêreld geëet.
Die volgende dag het ons ‘n Ierse tempel, waar die oorblyfsels van
Sint Valentine bewaar word, besoek en geleer dat Saint Patrick die
vernaamste beskermheilige van Ierland en meer as 90 persent van
die bevolking Rooms-Katolieke is.
Die aanvang van die lente is vroeg gevier en in elke dorp wat ons
besoek het is ons begroet met kermisse en karnavalle. Ierland is ‘n
land van feeste, nie net bierfeeste nie, maar ook van die eet van
sekere kosse soos oesterfeeste. Die meeste Iere wat ons ontmoet
het het van nature rooi hare.
Die vakansie was ‘n ongelooflike ervaring en ons het ondervind
waarom Ierland beskou word as een van die veiligste lande.

You might also like