You are on page 1of 1

Kooroptredes Kwartaal 3

Geagte Koorouer/voog

Die volgende kooroptrede is Dinsdag 12 September 2023 by die Legato Koorfees toekennings
Die vertoning begin om 19:00, en ons klanktoets is reeds 17:30 by die Afrforum teater.
- Leerders moet asseblief om 16:30 by die Christopher Hek aanmeld, reeds in hul koordrag
aangetrek.
- Die bus vertrek stiptelik om 16:45.
- Kaartjies is beskikbaar by: https://afriforumteater.co.za/event-details?id=0c2c44d4-3f86-
44bd-a8f3-bda2ba93fccc
- Ons gaan vir die volle duur van die aand by die teater wees, omdat die prysuitdeling eers
aan die einde plaasvind.
- Verversings is te koop, maar leerders word aangeraai om ook ligte etes en drinkgoed in te
pak.
- Hierdie opvoering is slegs vir ons ATKV dogterskoor, die manne is egter steeds welkom om
saam na die prestige geleentheid te reis en saam te geniet.
Leerders se Busbriewe moet asseblief teen Maandag 11 September voor die einde van die
skooldag by B31 ingegee weees.
Ons is baie trots op ons koorlede, begeleier en dirigent, hierdie is voorwaar ‘n wonderlike
prestasie!
1Koor 2023
Ek herinner dan ook aan ons optrede by 1Koor, 16 September, by die Moreleta Gemeente. Vir
hierdie geleentheid gaan leerders ‘n skoon wit, kortmou t-hemp, ‘n denim, en gemaklike tekkies
dra vir die opvoering.
Bus- en inligtingsbriewe sal Maandag 11 September uitgestuur word.
Baie dankie aan elke leerder wat die ekstra oefening hiervoor bygewoon het!
Koorvergadering 2023, 11 September om 18:00
Hiermee nooi ons u as koorouers uit, na ‘n baie belangrike vergadering waar ons die toekoms
van die koor wil bespreek. Die koor lê ons baie na aan die hart en dit is vir ons ‘n prioriteit dat ons
koorlede gelukkig en toegewyd aan Eldo-ridente sal wees.
Met die oog op volgende jaar, die toekoms en die groei van ons koor, is dit vir ons van kardinale
belang dat u hierdie vergadering sal bywoon. U insette word hoog op prys gestel

Dankie vir u voortdurende ondersteuning!


Eldo Koorbestuur

You might also like