You are on page 1of 104

1

ANDREAS DE LA REY
SE REIS NA AMERIKA

Deur Andries Rossouw

Illustrasies deur A. & J.


Rossouw
2

INDEKS:

Die vreemde smous

Hoe dit gebeur het

Land

Eugene la Croissant

Planne

Om die vuur

Eerste twee

Sluipende skadu’s

Sewe
3

Sleutels

Laaste wagte

Oppad

Die seerowers – weereens

Die end van die verhaal – of die


begin?
4

HOOFSTUK I

Die vreemde smous

DIE VOORDEURKLOK HET GETINGEL; EN EK HET


gesug, en my oë na die dak opgeslaan.
Dit was êrens in September, 1703; ek weet nie waar nie.
Die son het deur my venster geglinster, en die malvas in
die tuin het soet geure deur my woonstel versprei. Kan
hierdie smouse 'n mens nie met rus laat nie? Hulle kan die
grootste klomp twak aan 'n mens probeer afsmeer. Van
potte tot stukkende potlode – jy meen eers hy werk, maar
5
die volgende dag is hy kapot. Tot grimering selfs!
Verbeel jou! Ek sug weer.
En toe lui die klok ook weer. Skielik besef ek dat ek
nog net so in my stoel gedagtes sit en skommel wat my
tog by niks bring nie.
Ek staan toe maar op van my half-klaar manuskrip, en
loop voordeur toe – wat terloops ook die enigste deur is.
Toe die klok vir die derde maal lui, pluk ek meteens aan
die handvatsel.
“As ek iets wou koop is ek te arm, en. . . . 'n. . . . o
ekskuus tog, M'sieur – en goeiedag.” Stotter ek, want voor
my staan 'n glimlaggende jong man met blonde hare wat
in sy nek vasgebind is. Dis om en by wat ek in my toestand
kon raaksien.
“Bonjour M’sieur,” en hy haal sy hoed af.
“'n. . . Wat kan ek vir u doen?” sê ek toe baie verleë.
Die man roep toe uit: “Maar onthou jy my dan nie meer
nie my vriend? Ek is Andreas De la Rey!”
“Andreas?” vra ek toe, “Is dit jy!” en ek gryp en skud
sy hand en klop hom op die skouer, en ons lag saam.
6
“Mensig, maar dis lanklaas dat ons mekaar gesien het!”
sê hy vrolik.
“Maar wát maak jy hier – ek was onder die indruk dat
jy nog in Limoges bly.”
“O, nee, ons het al 'n hele paar maande gelede uit
Frankryk vertrek.”
“En jou broer dan? – En hoe gaan dit met jou ouers?”
“my ouers is oorlede. . . 'n. .” hier krap hy sy kop,
“omtrent anderhalf jaar nadat jy vertrek het,” hy frons.
“My broer is in die bed oor 'n wond wat hy opgedoen het
– maar oor 'n week of twee is hy weer reg.” Ek wou
uitvra, maar toe sê hy, “Ek sal jou sommer die hele
avontuurlike reis vertel my vriend – van die begin tot die
end, maar ek is nou dors. Het jy koffie?”
“O, ja, maar natuurlik. Kom binne.” sê ek toe, en ons
maak koffie, en gaan sit.
En toe, terwyl ek in afwagting sit, vertel hy vir my
hierdie interessante verhaal. Na 'n ruk was ek verplig om
hom te vra of hy omgee dat ek notas maak. Hy het gesê
nee, en verder vertel.
7
HOOFSTUK II

Hoe dit gebeur het

EK KOM BY MET DIE HARDE GEKLOTS VAN


GROU water wat my rondskud. Skielik is ek helder
wakker. Alles ruik en proe na sout. Waar is ek?
Haastig probeer ek regop sit, maar ‘n skerp pyn klop
deur my kop. Duiselig val ek terug.
Iets is glad nie reg nie. . . . ek maak my oë toe, en dan
skielik weer oop.
8
Waarop lê ek?! Vra ek myself verbysterd, en lig na 'n
ruk weer my bolyf met die grootste inspanning op. Die
duiseligheid is draaglik, maar alles lyk effens vaag, asof
in ‘n mistigheid. Of soos op 'n warm dag, as die see
deinserig word van al die water wat verdamp. Só gaan dit
deur my swaar kop. Maar geleidelik herstel ek tog redelik.
Rondom en onder my, so sien ek nou – en net ‘n paar
duim bo die eindelose see – wieg ‘n donkerbruin houtkis
van een of ander soort op die deinende golwe. Ek haal
diep asem in die tropiese bedompigheid.
'n Swierige spies water skiet in die lug op as 'n vis 'n
entjie voor my uit die water spring. Maar ek sien dit nie
raak nie. Te deur die wind; te verslae. Ek is heeltemal
deurmekaar.
Hoe op aarde kom ek hier? Waar is ek? Waar is daardie
elegante, swart-en-blou-geverfde skoener, waarmee ons
(ek, my broer Sebastian, en ons getroue oud-dienskneg
Jean-Pierre) na die veelbelowende Nuwe Wêreld gereis
het? Ons het vir hom gesê hy kan maar gaan, maar hy het
aangedring om by ons te bly – Jean-Pierre nou. Waar is
9
hulle? Die vreeswekkende teisterende vrae druis deur my
brein soos La Vienne se vloedwaters. Maar dan onthou ek
skielik. Dat daardie seerower-gespuis ons aangeval het. 'n
Groot skip. Swart, bulderende kanonne. Gille. . . .
Dit was seker gister gewees.
*

Ja, dit was die middag van een Junie, 1703, ongeveer
vyf weke uit die hawe van Den Helder; só warm dat die
teer tussen die dekplanke uitgeborrel het. Die passasiers
(met ons as deel van hulle) het onder die skadu van die
seile koelte gesoek. Dit was rustig, alhoewel drukkend.
Soos ‘n groot swaan het die Hollandse Duisburg die
golwe skuimend gekloof, terwyl matrose aan die maste
hang, en matroos-liedjies sing. Ek het partykeer saam
gefluit, net om iets te doen. Op so 'n skip, en in so 'n hitte,
kan dit baie vervelig wees.
En toe, soos 'n onheilspellende voorbode wat my
gedagtes kan lees, kom die roep van die kraaines af:
10
“Vanuit het zuidoosten nadert schnel een schip!” skree
die man.
Vir ‘n oomblik is ons almal doodstil; kyk angstig na
mekaar, en ek voel hoe my maag draai, en my hart
vinniger klop. Maar dan skarrel die matrose ook vinniger.
Sebastian blik my bekommerd aan. En nou? Vra sy oë.
“Ons sal maar moet wag en kyk wat gebeur,” probeer
ek ongeërg sê. Ek is sy ouboet, vyf jaar ouer as sy eie
agtien jaar.
Stille spanning het neergedaal.
Die kaptein stuur ‘n offisier die wante uit. In tye soos
hierdie weet jy nooit of ‘n ander skip vriend of vyand;
beskaafd of seerower is nie. Na ‘n stuk of vyf afwagtende
minute roep die offisier: “Kapitein, Het ziet eruit als een
zwárte vlag!”
Ons praat vlot Nederlands, en verstaan dus wat
aangaan. My hart mis 'n slag. Wat nou?
Matrose blik kaptein Adriaan Fournaut vraend aan. Hý
moet die besluite neem. . . .
11
“Maak de schip klaar voor de strijd, maar leg het
geschutpoorten niet open.” Beveel hy kalm na 'n oomblik
van stilte. “Ze moeten niet merken dat wij er klaar ben
voor zijn.”
Van die dek af word die seile van die ander skip nou al
sigbaar. Ek wonder half onbewustelik hoe groot die vyand
is; hoeveel kanonne hy het; wat die getal van sy
bemanning is. . .
Kaptein Fournaut kom na die passasiers toe en vra dat
hulle alstublieft na hul kajuite sal terugkeer – daar’s
oorlog oppad. Ek, my broer, en ons gewese kneg is deel
van die manspassasiers wat hul hulp aanbied – in
Frankryk het ons ook geleer wat dit beteken om te veg –
om te veg vir ons vryheid, en vir ons lewens.
“Dank u mannen, ik waardeer het zeer.” sê die
Nederlandse kaptein stroef. “Als het Zijn wil is, moge God
ons dan uit hun klauwen helpen. . . .” Hy swaai vinnig om
en kom terug op die hoë brug net as die geveg begin.
Ek onthou dat Jean-Pierre saggies vir my gevra het:
“Wat sê die hollannertjie M'sieur?” en dat ek geantwoord
12
het: “Hy sê dankie dat ons help veg. Maar luister Jean-
Pierre, pas vir Sebastian op. Moet hom nie onder jou oog
uit laat nie.”
“Ja M'sieur.”
En. . . . toe begin die seeslag.
Lang glinsterende kanonne bulder skielik, ’n gefluit, en
‘n watersuil skiet omhoog, veertig jaart voor ons skuins
boegspriet. Toue klap; die splinters waai. Maar gelukkig
kon die vyand se kanonne nie veel skade aangerig nie. Op
die kwartdek bulder die kaptein: “Zwaai naar bakplaats!
Vuur zodra jij klaar is!”
Die seerower se swart vlag seil nou onmiskenbaar
afgeëts teen die wit stapelwolke – en kom ook vinnig
nader. Hordes klein bont stippels skarrel op die dekke
rond, skree of bulder, en hang aan ra’s en toue.
En dan skielik tril die skoener se dek soos 'n
aardbewing onder ons voete; en die rooi kanonvuur laat
my ore tuit en sing waar ek naby die reling staan.
Toe die swart kruitrook effens agterbly sien ek hoe die
ander skip se voorste mas wankel. . . . en dan kant toe
13
stort, terwyl dit 'n hele paar bont hopies saamsleep en
verpletter. Ek kan nie help om bly te voel nie. 'n onsekere
opgewondenheid tril deur my lyf, en ek klem die reling
stywer vas. Nog voordat die vyand kon herstel het die
moedige skoener weer omgeswaai en met die stuurboord
kanonne gevuur, maar sonder om noemenswaardige
skade te berokken.
En toe kom die rower se skreeuende sarsie. . . . 'n
nagmerrie.
Die leunende boegspriet kraak; toue breek soos
garingdraadjies; en hy val in die water. Matrose langs my
tol om, en slaan op die dek neer; gil van die pyn.
Wonderbaarlik word ek gespaar wanneer 'n kanonbal
duime van my linkeroog verby ruk, en ek ru omgeslinger
word deur die rukwind. Die man langs my het skaars 'n
kop oor, en ek het maar liewer nie gekyk nie. Dit was
aaklig. Alle oorlog is aaklig, al doen jy die regte ding.
Maar dadelik merk ons almal iets anders op: Die
Duisburg swenk skielik links; dan weer na regs, al probeer
die stuurman ook wat.
14
“Het roer ben volledig uit de hand gelopen. De
stuurtouwen werden afgeschneden!” fluister dit deur die
manne. 'n verdwaalde kanonkoeël het die stuur
klaarblyklik buite beheer gestel.
Maar dan is daar nie tyd om verder te dink nie. Die
seerowers is nou al so naby dat hulle hul gehate
kletterende grypysters gooi, wat aan ons skip se dolboord
en relings vashaak.
Die bemannings vuur op mekaar met gewere en
pistole. Ek koes agter ‘n balie of iets, laai, en skiet. . . en
skiet weer. Dik grys kruitdampe warrel naderhand in die
lug.
Maar met 'n byna tartende stadigheid word die skepe
tog teen mekaar vasgetrek, en rol ‘n horde seerowers oor
die bolwerk en relings, of swaai soos ape aan toue deur
die rook, swaard in die los hand. Vir party mense sal dit
seker romanties klink – die ape aan die toue – maar ek kon
dit nie insien nie. Kan nog steeds nie. Oorlog is 'n pes.
‘n Woeste geveg ontstaan. Dis chaos. Ons (ek en my
broer) is in ons vaderhuis uitstekend opgelei in die
15
swaardkuns, maar ek het steeds ‘n afsku vir die
doodmaak van my medemens. Die eerste keer het ek
heeltemal siek geword.
In die geharwar word ek geskei van Sebastian en Jean-
Pierre deur rowwe vegtende mans. Op hierdie oomblik
storm twee seerowers te midde van die geveg op my af
met gevelde sabels na voor uitgestrek. Ek onthou nog
goed hoe hulle gelyk het. Die een het ‘n lap om die kop
gedraai om die sweet uit sy oë te hou; die ander het ‘n
driehoekige hoed op sy lang woeste hare wat in ‘n bos teen
die nek hang. Hier is dit óf jy óf jou aanvallers – en dit sal
‘n sonde wees om nie jouself – en sodoende die manne
rondom jou – te verdedig nie.
Met een woeste skuins hou kap ek albei swaarde
sydelings weg. My flitsende swaard steek ‘n diep gat in
die linkerkantse een se keel, terwyl ek die ander kliphard
met sy stewel op die maermerrie skop, sodat hy 'n
gedempte vloek uiter van die pyn. In hierdie oomblik van
vertraging deurboor ek my tweede aanvaller in die hart.
Ook hy sak inmekaar.
16
My leermeester was van die beste in Frankryk, en hy
kon goeie toertjies uithaal.
‘n Derde rower storm op my af, en swaai sy sabel woes.
Seepglad duik ek onder die blink yster in en dryf my tien-
duim lange dolk, wat ek blitsig uit my stewel getrek het,
in die man se maag in. Ek pluk my mes weer uit. Met ‘n
sug val die dikkerd agteroor. Sy bles klap teen die dek. Ek
het hom een blik gegee, en toe, met swaard styf in my
hand geklem het ek omgeswaai; ek dink ek het 'n harde
slag gehoor – en gevoel. my kop het gedraai. . . . en verder
onthou ek niks.
17

HOOFSTUK III

Land

DIT IS NOU AL VYF DAE SEDERT DAARDIE


noodlottige dag. As die ander mense – my broer, ons kneg,
die kaptein – as hulle dood is dan het hulle dit baie beter
as ek, dink ek wrang en hartseer, terwyl my oë ‘n seemeeu
dophou.
18
Glyend op die wind, soek die wit voël vir vis onder die
groen oppervlak. My lippe is gebars, en my tong dik
geswel. ‘n Ontsettende dors kwel my. Hulle is dood,
Redeneer ek. Dat ek hier op ‘n kis in die middel van
nêrens sit is tog seker die bewys dat hul nie meer in dié
lewe is nie? Of – ‘n vreeswekkende gedagte skiet deur my
kop, het die rowers hulle as slawe weggevoer? Ek het al
gehoor wat hulle aan jou doen.
Vir die duisendste maal kyk ek met angstige oë in die
rondte of ek nie ‘n skip of selfs land gewaar nie. Maar
nee. Niks. Of alles. Net die groot diep ewige blou. Ek is
al sat daarvan. Dis boonop vreeslik warm. As ek plat lê en
die verfomfaaide seile wat aan die kis vasgehaak het, oor
my gooi, help dit darem effens om die skreiende son af te
weer.
Teen die middag trek ek myself weereens regop. Dan
sien ek ‘n smal swart strepie op die dynserige horison.
Kan dit land wees? Of net my verbeelding? My oorspanne
senuwees? Met spanning sit ek en wag vir ‘n paar uur,
totdat ek seker is dis land – eiland, eintlik. Ja, dit is sowaar
19
‘n eiland! Vir die kersie op die koek merk ek boonop op
dat ‘n seestroom my soheentoe vervoer. Langsamerhand
word die prentjie groter, groener, en mooier. Word dit ‘n
oase in die middel van ‘n woestyn – van ‘n
waterwoesteny.
Dit jubel in my hart. Ek wil ‘n loflied sing.
“Dankie Here,” kan ek egter net deur my opgeswelde
lippe prewel, “dankie dat U my gebede verhoor het.”
*

Die branders klots skuimend teen my slap knieë,


hardloop vooruit, rol en stoei – dit klink vir my uitgeputte
sinne asof hulle vir mekaar lag van die jolyt – en kom
weer terug geskarrel. Dis ‘n klein klipperige baai, deur
groen palms omring. Moeg tot die dood strompel ek teen
die skuinste uit, en, sonder om myself teen moontlike
gevare te verskans, of selfs enigsins daaraan te dink, val
ek op die sand aan die slaap. Vir ‘n hele paar uur lê ek so,
20
onbewus van die wêreld met al sy probleme, sorge, en
skipbreukelinge.
Maar met dat die duistere nag versigtig en stadig soos
‘n dief uit die skadu’s sluip, ontwaak ek ook, so honger
dat ek ‘n bees kan eet. Ek soek in die bome aan die rand
van die strand, en kry, en verslind ‘n lot kokosneute. Dit
smaak vir my uitgeteerde maag na koningskos.
Verwonderd neem ek die pragtige natuur in, en adem
die koel lig in. Die Son in al sy kleurige glorie verdwyn
aan die westerkim. Voëls kwetter oral. Maak, so lyk dit
vir my, reg vir die nag.
Dit bring my by die besef: wat gaan ek nou maak? Nog
uitrus? Kos soek? Wat van al die roofdiere en slange wat
hier kan rondsluip? En toe gaan haal die probleme mekaar
agter die bult. Hoe lank gaan ek hier in eensaamheid moet
sit en vergaan? Hoe gaan ek myself verdedig? Hoe gaan
ek vuur maak? Angs oormeester my. Nagmerries oor wat
gebeur storm deur my brein. Ek sal hier doodgaan,
verskeur word. Ek is oorgelewer aan die genade van
genadelose wilde diere – en sonder enige wapen om
21
myself mee te verdedig! Ek raak byna wanhopig. Maar
dan slaan dit my meteens tussen die oë. Kan ek nie op die
God wat my lewendig deur ál die gevare heen gebring het
vertrou dat hy my sal help nie? Wel, die antwoord is
natuurlik ja!
Goed. Ek haal diep asem, en berus my by my lot.
Maar ek sal ‘n plan moet beraam, dink ek nou helder.
Om op God te vertrou beteken nie om net hier te sit en te
kyk wat gebeur nie. Dis nog erger as Fatalisme!
Skielik onthou ek van die kis waarop ek hier uitgespoel
het. Ek wonder wat is daar in?. . . . Ek wonder of dit nog
hier is? Noodgedwonge stadig, wandel ek terug strand toe.
Dit is nou sterk skemer, en die voëls tjirp nog een stryk
deur. Met die ewige dreun van die branders wat hulself
teen die rotse verbreek, maak dit 'n pragtige natuurlike
simfonie. Die stil halfmaan gooi ‘n bibberende spinnekop
draad oor die diep-blou, deinende see.
Ek sien dat die houtkis – wat met pik dig gemaak is –
buite bereik van die skuimende water op die nat seesand
rus. Klaarblyklik was dit hoogwater toe ek hier uitgespoel
22
het. Ek het op daardie oomblik niks geregistreer nie. Net
gedink aan rus, en kos.
Ek soek vir my ‘n groot plat klip met skerp kante, en
nog ‘n swaar een uit om dit soos ‘n beitel en hamer te
gebruik. Na ek die vierkantige kis oopgebreek het gooi
ek die klippe hygend neer. Iets glimlag vanuit die opening
na my. Verras steek ek my arm uit. My groot hand raak
aan koue staal. Ek vat om die ronde loop van ‘n geweer,
en haal dit uit.
Nog steeds glinster dit vanuit die kis. Ek trek ‘n lang
veg-swaard uit, en bewonder die hef – maar veral die lem
– asof ek so iets nog nooit gesien het nie. Hoe
wonderbaarlik is die Here net nie! Nou kan ek myself ten
minste verdedig!
En ek breek die geseëlde deksel verder oop. In die een
helfte, sien ek nou, is wapens in strooi verpak, in die ander
helfte is ses kleiner kiste. Met ‘n groot gesukkel maak ek
een oop. In sakkies verpak is kruit, koeëls en lopers,
vuurstene – en tonteldose!
23
O, so dís hoekom dit so laag in die water gehang het.
Heel waarskynlik deel van die besending wapens, wat na
die Nuwe Wêreld toe oppad was.
Ek maak my oë toe, en bedank Hom vir sy oorvloedige
genade. Dan begin ek om pale te kap vir ‘n skuiling. Dit
gaan maar stadig aangesien ek nog baie swak is na vyf dae
met nóg voedsel nóg water.
En ek bou dit gerieflik tussen die palmbome, en dra met
moeite die gewere, pistole, en swaarde, en die kissies, na
die kring bome, waar ek dit in die paal-tent, aan die een
kant, netjies opstapel.
Daarna sleep ek ook die groot kis verder teen die sand
uit. Gelukkig vergemaklik die rollende klippers my taak.
24

HOOFSTUK IV

Eugene la Croissant

DIE LANGWERPIGE GEEL VRUG IS SOET, EFFENS


taai. Dis die eerste keer dat ek dit proe. Nogal veselrig. En
25
ek pluk nog een – as die ape dit eet sal dit nie giftig wees
nie. . . .
Dan loop ek verder. Vandag, die sewende van die
maand, voel ek weer perdfris en gesond. Interessante
bome, en baie tropies, dink ek, terwyl ek rondkyk.
Tussen die blare deur beoog ek die son. Dis nog oggend,
maar alreeds baie warm.
Ek het besluit dat, as ek vir ‘n ruk – miskien altyd – hier
sal moet bly, ek my omgewing behoort te verken. Dus het
ek eers ‘n ent kaalvoet op die wit strand langs gewandel,
terwyl die skuim met tussenposes sissend om my voete
draai. En toe het ek hierdie bos binnegegaan. Ek was
verbaas oor die vreemde plante wat so welig groei.
Met my een hand verskuif ek die geweer wat oor my
skouer hang, en kap die blare en bobbejaantoue met ‘n
swaard uit die pad. Groot rysige bome toring majestueus
bo my uit. Klimop probeer tevergeefs om hulle te verwurg
in 'n geruislose geveg van die natuur. Dit is wat ek my op
daardie oomblik ingebeeld het. Goggatjies skarrel
verskrik van my weg as my voet trap, en toe ek links kyk
26
sit daar ‘n spinnekop rustig en wag vir ‘n mot of iets – ek
weet nie watse soort insek hy vreet nie – om in die strik te
val. En boonop skree een of ander besie of 'n ding sy eie,
eentonige oorverdowende soort deuntjie. Ek sal beslis nie
in 'n bos of woud wil gaan woon nie.
Ek druk ‘n reuse blaar uit die pad – en verstyf meteens.
Iemand skreeu. Van angs; doodsangs. Soos ‘n stuk ys gly
‘n rilling by my kraag in. Ek besef skielik iemand het hulp
nodig, en storm vorentoe, met my swaard gereed. Terwyl
ek hardloop kap ek soos ‘n besetene groot blare uit die
pad.
Dan kom ek by ‘n plek uit wat minder ruig is.
In ‘n splitsekonde neem ek die prentjie op; word dit
soos ‘n stempel in my geheue gedruk: ‘n Man, skraal, en
iewers in sy twintigs, met lang, vuil swart hare, baie
gehawend, en met verlammende vrees in sy starende
oopgesperde groen oë. . . . en groen en bruin patrone wat
om hom kring – dit is ‘n monsteragtige, kronkelende
slang. Later het ek gehoor dat dit 'n luislang is. En tussen
alles uit: ‘n boom se stam, wat bo hul koppe in takke en
27
blare stoot. Ek sal dit nooit vergeet solank ek lewe. Alles
hierdie het ek (let wel) maar in 'n oomblik gesien.
“Hemel,” dink ek toe, “die draak gaan hom doodwurg!”
en ek spring tot by die slang. Die man gewaar my en hoop
flonker in sy oë.
“Die Here sy gedank! Help my, M’sieur! Ek kry nie. . .
. meer. . . asem nie!” hyg hy, totaal uitgeput en hulpeloos.
Die dierasie se klein ovaal kop verskyn van êrens agter
die dik kronkels. Die klein kraaloë blik venynig na die
indringer. Lispelend gaan die gesplete tong, in en uit, in
en uit. Dis asof hy oneindig repeterend vra, “wat soek jy
hier? wat soek jy hier?”
My wapen flits in die son. . . . Thomp! Hy (die slang)
krul en wriemel, en verslap sy houvas op die man so
effens.
Genade! Dink ek verskrik. Ek het dan gedag een hou
van my swaard sou genoeg wees: Hy het maar net
kwartpad deurgekap. Ek mik vir nog 'n hou, maar iets
word soos blits om my enkels geslaan, en my bene word
onder my uitgepluk. Met 'n slag land ek op my sy. Ek het
28
my hart byna uitgeskrik. Maar voor ek nog kan wonder
wat dit is, voel ek dat dit al hoër teen my bene op kruip; al
dikker word – en. . . . ek besef ek het met 'n baie lang
monster te doen.
Blitsig trek ek my bolyf regop, en kap herhaaldelik op
verskeie dele van die slang se stert, totdat ek myself weer
losgewriemel het.
Ek spring weer van voor af tot by die slang.
“Asseblief, M'sieur, gou. . . .” hy (die man, nou) snak
na asem.
Soos blits kap my swaard weer. Die keer suksesvol.
Sonder kop skop die nou onthoofde slang rond, en
bloed spuit by sy af salami-nek uit. Ek gril. Terwyl ek hom
loswikkel stuip die gedrog nog.
Maar stadig raak hy papper, dooier, totdat die lewe hom
vergoed laat, sodat hy – het ek my verbeel – net ‘n breë
dik band op die blare-tapyt is. Die strepe bloed waar hy
geworstel het is vinnig besig om droog te word. Ek gooi
die slang eenkant toe, en duisende miere is orals te sien,
29
want hierdie is 'n massiewe groot buit, en moet ingesamel
word voordat 'n ander aasdier dit roof.
“Dank u, ek dank u, M’sieur!” prewel die man. Sy bleek
gesig kontrasteer teen sy swart baard. Hy probeer glimlag,
maar die spanning en verwurging was eens te veel. Sy oë
flikker, en dan raak hy slap. Maar hy bly asof vasgegroeid
aan die boom hang. En toe sien ek dit – die man is met dik
toue om sy arms vasgebind.
Ek skrik. Wie en wat is nog hier op die eiland? Beslis
seker ‘n kwaadaardige. Ek bedoel, wie sal 'n man hier vir
die wilde diere los? Of is die man 'n bandiet? Maar waar
is hierdie mens(of mense)? Dis die onmenslikste straf wat
ek nog aanskou het (natuurlik met die martelsmetodes van
die Inkwisisie uitgesluit). Nee, hy’s onmoontlik 'n
bandiet. Ek ontbind die man haastig, vat sy arms, lig hom
op my skouers en stap vinnig terug na my tent. “Arme
kêrel!” mompel ek, en steun onder die gewig.
*
30
Toe die man wakker word lê hy op ‘n bed van blare.
Bo hom bedek ‘n natuurlike dak die sterre. Dit is skemer.
Naby hom brand ‘n vuurtjie, en langsaan sit ‘n jongman.
Hy neem hom verbaas in oënskou. Die man het 'n
prominente neus, sy oë, diep in hul kasse geleë, is
heelwaarskynlik grou (hy kan nie by die vuurlig presies
sien nie), sy hare is blond, en sy gesig is peinsend
bekommerd. En daarby braai hy ‘n voël oor die vlamme.
Toe ek bewus word van die blik kyk ek op, en glimlag.
Ek het al 'n week-oue baard, daar ek natuurlik nie kan
skeer nie (ek het mos nie vooraf geweet ons gaan
skipbreuk ly nie!).
“Het jy uiteindelik bygekom? Ek’s bly! . . . . Honger?”
vra ek, en gee hom ‘n halwe kokosneut en piesangs, en
verduidelik, “Die vleis sal netnou gaar wees.”
Die man knik net, “Dankie,” en val gretig weg, terwyl
ons kennis maak.
Monsieur Eugene la Croissant, so blyk die man se
naam te wees – en natuurlik ook van Frankryk.
31
“Ek moes vlug voor die Inkwisisie – het ook net betyds
weggekom. . . . hulle het 'n kordon gestel.” Antwoord hy
stroef op my vraag. “Maar, waarvandaan kom jy? En hoe
kom jy hier?” vraend blik hy my aan.
Ek sug, en kyk na die voël, sissend oor die kole. Onder
druis die see eentonig.
“Ek het vroeër in Limoges gebly. Ons – ek en my broer,
en ons dienskneg Jean-Pierre, moes uit Frankryk vlug, net
soos jy, vanweë die groot vervolging deur die Rooms-
Katolieke (ons het ons enigste suster Jeanne alreeds ‘n
paar maande tevore weggestuur, saam met haar oom en
tante, wat ook oppad was na Amerika).
“My vader en moeder was Rooms-Katoliek – tragies,
tot hul dood toe – en tog het hulle ons steeds beskerm toe
ons al drie tot die Protestantse geloof gekom het. Maar na
hul dood,” en ek skud my kop, “moes ons vlug. Die
Inkwisisie was – is – genadeloos.”
Toe hy vra, “En toe?” besef dat ek opgehou het met
praat.
32
“Wel, daarna het ons ook vertrek. Maar toe, terwyl ons
op die see was, val ‘n klomp seerowers, soos dit vir my
gelyk het, ons aan. Die Duisburg – ons skip – het vergaan.
Ek glo ek is die enigste oorlewende. . .” ek vertel wat
gebeur het, en hoe ek op die kis uitgespoel het.
Eugene het met toenemende verbasing gesit en luister.
Toe ek klaar is roep hy:
“Weet jy, dis presies wat met ons gebeur het! . . . net,
hulle het my gevang – verslaaf – ons paar wat oorleef het.
. . .” sy stem val weg.
Nou is dit my beurt om verbaas te wees. En ek is ook –
in 'n baie hoë mate.
“Wat?. . . . Maar. . . – hoe kom jy dan hier op die eiland.
. . – en daar in die bos, waar jy vasgebind was?”
“Pasop, die vleis brand!” kan Eugene nie help om op
te merk nie.
Ek kyk vinnig af na die voël wat byna in die kole hang.
Die onderste gedeeltes word swart, en dit ruik sterk na
brand. Ek ruk dit uit, en sit die spit op twee mikstokke.
33
Daarna sny ek stukke af en gee een aan Eugene. Nadat ons
God gedank het, begin ons te eet, en Eugene praat verder.
“Hulle het ‘n nes hier oorkant. . . – dis hoekom jy my
vasgebind in die bosse gevind het.”
“Wat? . . . O, nou verstaan ek. So, die seerowers het
julle gevang, en toe hiernatoe gebring?”
“Reg.”
“En hulle bly daar?” en ek beduie met my met sous
besmeerde wysvinger.
“Korrek. En ek glo ook nie jy is die enigste oorlewende
nie.”
“waarom. . . – het hier dan nog mense bygekom
onlangs?” 'n gevoel van hoop tingel deur my.
“Ja, en ek het ‘n sterk vermoede dat jou broer nog lewe.
Ek het iets gehoor van 'n De La Rey. . . . een van hulle se
naam.”
“Is jy seker?” dringend blik ek vir Eugene la Croissant
aan.
“Kyk, moet nie jou hoop daarop sit nie – dis maar net
van hoorsê – maar dit mag wees.”
34
Ek is totaal oorweldig deur die moontlikhede. ek het
immers alreeds Sebastian en Jean-Pierre, die getroue ou
mannetjie, as dood gereken – en nou mag hulle dalk nog
lewe. ‘n vraag skiet my by.
“Jy weet nie of die kaptein nog lewe nie, doen jy? – sy
naam is Fournaut?”
“Nee, ek is jammer maar hy sal nie meer lewe nie. . . –
dis tragies.”
“Waarom dan nie? – hy is ‘n sterk man.”
“Wás 'n sterk man.” ek gaap hom aan, en hy sug. “Soms
help sterk ook nie, Andreas. Hulle is wreed. Wreed,
wreed, wreed. Die seerowers is bang dat die slawe mag
uitbreek, en. . . . en vermoor alle offisiere – voor hulle hier
aan wal stap. . . .”
stilte.
Ek gaap die see aan. Dis 'n groot skok. Dan skud ek my
kop.
“Hoe het hulle julle oorrompel?”
So tussen die smaaklike vleis (gedeeltelik bederwe deur
die feite) deur praat die man.
35
“Dis ‘n lang storie. Kom ek begin by die begin.
“Ek het by Vredenburg aan boord gestap, omtrent drie
maande gelede. Ons was ongeveer ses weke op die oop
see. Die seerowers – klaarblyklik dieselfde as die wat julle
oorrompel het – het baie onverwags in die nag gekom.” ‘n
Oomblik is dit stil terwyl hy kou.
“In die nag – baie mistig, so het die kaptein gesê. Ek
het wakker geword van die rumoer van gewere, swaarde,
gille. . . – jy weet hoe dit is. So ek spring op, trek my
vinnig aan, gryp my swaard, en storm die trappe op. . . .
“Maar dit was te laat – ongelooflik nè – so vinnig. . .
.Ons – die ongeveer twintig manne wat nog oorleef het –
is totaal oorweldig. Soos. . . . soos skape is ons in die ruim
gejaag; in kettings toegesluit. Dit was. . . . haglik, kan ek
jou sê, en het natuurlik verskriklik gestink van die urine –
ek meen, daar was nou nie eintlik enige geriewe nie. . . .”
Die vleis is skielik glad nie meer so smaaklik nie.
Ek hou ‘n mot dop. in gehipnotiseerde sirkels vlieg hy
om en om. . . . in die vuur in, waar hy verskroei tot as.
36
“Dit was vir drie dae; daarna is ons in bootjies land toe
geroei – aan die oorkant van die eiland – en dit was
omtrent vyf weke gelede.
“Ja. Gelukkig bewoon hulle net die oorkant – blykbaar
is hier geen geskikte baai nie. Daar het hulle ‘n hele
dorpie, landerye en ‘n hawe met ‘n klomp roofskepe. Ons
moet natuurlik die lande bewerk. Dis ‘n bedekte seën dat
jy hier aangeland het, Andreas, en ons moet die Here
daarvoor dank.”
Ek knik en sê, “Ja, dit is. . . . maar hoekom was jy dan
daar in die bosse vasgemaak?”
Eugene lek sy vingers af, en sy deur die vuur verligte
gesig verstroef as hy verder praat: “Een van die opsigters
het ‘n ou man – wat te moeg was om verder te werk –
genadeloos gegesel. . . . totdat sy rug ‘n opgehewe
bloedige rooi massa was. Ek wou mislik word. Dit was
net. . . net te veel om te verduur.” Hy staar in die geel
vlamme, sy oë vol pyn. na ‘n ruk gaan hy weer aan:
37
“Ek het daardie moordenaar geslaan. Net toe hy sy kats
lig vir nog ‘n hou. Sy gesig voos geslaan.” Hy kyk vinnig
op.
“Dis seker sondig, maar ek moet eerlik sê dat dit my
baie lekker laat voel het. Met elke hou het ek iets van die
woede en magteloosheid oor die. . . die wreedheid – om
dit sag te stel – uitgeslaan.”
Hy bly stil.
‘n Nagapie skree waarskuwend, seker vir ‘n boomslang.
Ek gooi nog ‘n tak op die vuur. Gulsige vlamme lek om
dit. Laat die bas omkrul en verkool. Ek glimlag half. Ek
moet sê, dit sou my ook laat lekkerkry.
“Dis reg dat jy hom geslaan het. . . . – maar gaan aan.”
Eugene skrik uit sy mymeringe en vervolg: “Nou ja,
toe gryp ‘n klomp van hulle my natuurlik en bind my vas.
Hulle wou my eers net daar doodmaak. Maar toe besluit
hulle dat dit wreder sou wees om my alleen in die bos aan
‘n boom vas te maak – en dit het hulle ook gedoen.
38
“Toe-” hy ril, “-toe kom daar ‘n luislang aangeseil – en
verder weet jy natuurlik wat gebeur het. Jy het my
natuurlik hierheen gedra nè?”
Ek knik. “Jy was bewusteloos ja, en toe dra ek jou maar
na hierdie. . . 'n,” ek glimlag, “ . . skuiling, wat ek gemaak
het.”
“Dankie vriend. . . . Jy het my lewe gered.” sê Eugene.
“As jy hulp nodig het, kan jy maar sȇ, ek sal jou help.”
“Dankie. . . .”
Ons eet die laaste van die bosvoël op, en gaan lê. Ek
kan nie dadelik slaap nie. Is die Here se weë darem nie
skitterend wonderlik nie? En ek kan nie anders as
saamstem nie.
39
HOOFSTUK V

Planne

DIT GAAN ALWEER ‘N LEKKER WARM DAG


wees, besluit ek. En alweer sonder ‘n wolkie. Die son is
‘n glansende geel glimlag in die ooste. En die voëls sing
‘n lied aan die Skepper van die goue more – en iewers
roep ‘n takbok sy maat.
Ek sit luilekker in die paal-tent se opening. Die son
straal neer op my blonde hare, wat met 'n toutjie in my nek
vasgebind is, en verhit my kopvel na die swem wat ek al
douvoordag in die see gevat het. Vir Eugene het ek maar
40
laat uitslaap. Maar Eugene skuifel ook na 'n ruk langs my
in, en vrywe sy oë, en gaap. Ons kyk af na die strand. Keer
op keer gaan die skuimende branders majestueus omhoog;
om net keer op keer in die wit korrels te ploeg en dan
stadig, keer op keer, terug getrek word. Soos die strand
hoer oploop, word die gladde klippe groter, ruwer; gooi
lang skadu’s teen die sand op. In stilte neem ons God se
skepping in. Maar vinnig wyk die gedagtes af na die
onmiddellike situasie toe.
“Ons moet iets doen Andreas.” sê Eugene se dringende
stem na ‘n ruk, “Ons moet daardie. . . . slaaf gemaaktes
gaan vrymaak. Dis ons plig – en ek dink enigste opsie.”
voeg hy met 'n skewe glimlag by, en tuur oor die
klipperige baai.
“Ja,” stem ek saam, “Dan kan ons ‘n boot probeer gryp.
Maar se eers vir my, hoeveel mense is daar ongeveer – ek
bedoel nou gevangenes?”
“Presies! Ons moet ‘n boot vat!. . . . 'n . . . Daar is
genoeg – ek skat seker so ongeveer honderd-en-twintig
mense. Daar het die dag voor eergister nog dertig
41
bygekom – heelwaarskynlik julle skip, soos ek gisteraand
gesê het. En die oorgrote meerderheid is matrose.”
“Ja, nee, kyk, dit is genoeg. Goddank hulle eet so baie
– die seerowers natuurlik – anders sou ons te min wees.”
ek glimlag.
“Wat staan ons nou te doen?”
“Ek stel voor ons bespied die dorp en hawe, sodat ons
‘n ordentlike plan kan formuleer. Dit moet slaag, anders.
. .” ek glimlag wrang, en trek met my duim oor my keel.
“. . .Is dit verby met ons.” Voltooi Eugene. “Ek het
vergeet om te vra: waar kry jy hierdie lot handige wapens
vandaan?”
“O, uit die kis waarop ek uitgespoel het. Ek dink dit was
deel van ‘n sekere besending na die Kolonies gewees.
Ongelukkig sal dit nou nie meer daar uitkom nie – maar
tog gelukkig vir ons.”
“Ja. Maar wie weet, as God genadig is, kom dit dalk tog
daar uit!”
*
42

Die eiland – ‘n afgesonderde groen stippel in die


uitstrekkende blou see – is byna seshonderd-en-vyftig
lange seemyl suidwes van Spanje en Portugal, en net oor
die vyfhonderd myle van die gebruiklike Europa-Amerika
seeweë af. Dit is wêreldsgewys naby die kanarie-eilande,
soos hulle dit noem, maar tog so ver genoeg geleë dat
niemand ooit daar naby kom nie. Dit het ek later
uitgevind.
Aan die suidekant, goed beskut, lê ‘n geel-wit baai
waaroor klein brandertjies skuim, met ‘n paar groot, uiters
vaartbelynde skepe voor anker.
Ek kan sien hulle is vinnig. . . .
Die inham word afgebaken en die groot agterste golwe
gestuit deur skerp rotsriwwe wat al langs die swart kape
die see in loop.
Sowat dertig of veertig jaart van die sanderige kliplose
wit strand af begin die welige groen plantegroei van
palmbome, laaghangende bosse, en piesangbome met
breë blare. Nog verder aan staan die eerste bruin-groen hut
43
van klei en riete. Op die paadjies tussen die hutte is die
gras kort getrap of (meestal) sommer heeltemal uitgetrap.
Party hutte het mooi houtheinings om, waaraan jy kan sien
daar het darem nog 'n ietsie beskaafdheid oorgebly by
sommige.
Plek-plek is daar ‘n groter huis, en dis hier, volgens
Eugene, waar die onsedelike drinkebroers saans
saamkom. Gedurende die dag ook, maar veral in die aand.
Na ‘n suksesvolle rooftog is daar natuurlik altyd genoeg
wyn. . . .
‘n Stuk of vier tot vyfhonderd tree daarvandaan sit
laaggedakte, skuur-agtige bruin geboue, en volgens
Eugene word die vuil natgeswete slawe elke keer teen die
skemeraand daarin vasgeketting.
Van die hoogste heuwel, ‘n groen beboste kop, net ‘n
stuk of sewehonderd tree van die goddelose rowernes af
prakseer ons twee jong manne planne.
“Kyk, dis eintlik baie eenvoudig:” sê die lang skraal
Eugene, “ons oorrompel die wagte; sluit die slawe oop;
gryp ‘n skip, en laat vat.”
44
Ek grinnik. “Ja, goed. . . . Ek weet nie van ‘n beter, 'n
vinniger, 'n eenvoudiger plan nie, en dis presies wat ek
ook gedink het – maar dis baie basies. Ons moet in
sistematiese detail alles uitwerk. Daar mag geensins fout
kom nie – daardie mense se lewens hang daarvan af.” ek
kyk weer na die lang, vuil geboue. “hoeveel wagte waak
snags, weet jy?”
“H’m. Tien. In die dag was dit natuurlik heelwat meer.”
Ek is 'n rukkie stil, en gaan oor al die details. Maar dan
slaan ek my hande oor my oë: “Ek dink nou eers daaraan!
Weet jy wanneer vertrek ‘n skip weer op ‘n rooftog?”
“Nee, maar ek weet twee is al klaar weg. Hoekom?”
‘n voël skree vir sy maat.
“Ons is darem maar dom.” sê ek. “Ons het nooit eens
daaraan gedink nie. As hulle nie op vertrek staan nie,
beteken dit ook die skepe is dolleeg. As ons nóú een gryp,
gaan daar natuurlik niks kos of enigiets op wees nie!”
“Natuurlik! Domkop wat ek is.” verwyt Eugene
homself.
“Ons is altwee domkoppe.” sê ek vir hom, en lag.
45
Hy glimlag, maar frons dan weer: “So. . . al wat ons op
die oomblik kan doen is, is om te wag tot hulle van die
skepe laai?”
“Ja. Wel nie heeltemal nie. Ons kan waarskynlik bokke
skiet aan die verste ent van die eiland, en braaivleis en
boekan maak, vis vang en droog. . . . Ons weet nie vir hoe
lank ons nog hier gaan moet sit nie.” sê ek.
“Ja, en ons kan natuurlik ook al die wapens nader dra
en iewers wegsteek. Dan hoef ons dit nie te gaan haal as
ons ontsnap nie.”
ek knik. “dit sal ons taak baie vinniger laat uitspeel.”
Dis ‘n rukkie stilte.
“Ek sit nou en dink.” sê Eugene, en staar na die bruin
stippels op die strepe groen. “Ons – niemand van ons het
iets nie. Daardie. . . . goddeloses het alles gevat. Ek dink
dit sal nie minder as reg wees as ons iets weer terugvat nie
– sê nou maar die helfte. Dis in werklikheid eintlik die
mense wat daar in die landerye werk se geld en juwele wat
nou in die diewe se sak lê, weet jy.”
46
“Ja. Dis ‘n goeie idee. Ek. . . . ons is dit natuurlik aan
daardie mense verskuldig. Ek meen, ons kan hulle ook nie
net so kaal hande weer in die wêreld stuur nie?”
“Presies!”
Weer stilte. Elkeen met sy eie gedagtes besig. My brein
werk in die hoogste versnelling. Ek sit regop. Ek het dit.
“Ek dink ek het dit nou alles mooi uitgewerk!”
“Wat? die plan?”
“Ja.”
“Nou vertel!”
47

HOOFSTUK VI

Om die vuur

NEGE UITERS STADIGE DAE HET VERBY


gekruip. Die plan van aksie is haarfyn uitgewerk, en al wat
oorbly is wag. Ons twee het die derde dag – na ons
ontmoet het – aan die ander kant van die eiland 'n takbok
gaan skiet (sodat die skote nie deur die rowers gehoor kan
word nie), en boekan van die steaks gemaak.
48
Elke dag het een van ons vir ‘n tyd die vyand bespied,
maar blykbaar het hulle nie lus gehad vir uitvaar nie, asof
hulle van ons planne geweet het – het dit vir my en Eugene
gevoel. Elke uur het in ‘n dag verrek, al was ons besig.
Elke nag het ons struikelend in die donker met moeite
en swaar werk al die blink nuwe gewere en pistole, saam
met die bykomstige ammunisie, messe en swaarde vanuit
die groot bruin houtkis na ‘n digte boskasie naby die groot
slawe huise gebring, en sorgvuldig weggesteek. So, dat
niemand dit in die minste daar verwag nie, maar dat ons
dit tog gemaklik vinnig, en sonder veel moeite weer te
voorskyn kan haal.
Ons het verder maar hulself besig gehou deur vrugte te
droë; vis te vang; sout uit te haal en te suiwer; en te gesels
– veral deur te gesels.
Ons kon land en sand praat; oor die geloof in Christus
Jesus; oor die hewige vervolging deur die Roomse kerk;
oor Calvyn se Institusie en ander geskrifte; omdat ons
albei geïnteresseerd is in tegnologie en vooruitgang oor
die stoom enjins, die eerste waarvan deur Denis Papin in
49
1690 gepatenteer; familie en vriende; en ag, sommer in
die algemeen.
Die aand van dertien Junie is rustig, en stil. ‘n Takbok-
ribbetjie sis oor die kole; draai in die rondte op ‘n spits-
agtige konstruksie.
“Jy was natuurlik nog nooit getroud nie?” Ek braai weer
soos gewoonlik, en vra die vraag uit blote nuuskierigheid.
“Nee. Ek wás getroud.” Hy sug diep. “Ek wás ‘n
bruidegom, skaars twee jaar gelede, maar – sy het nie
saam gevlug nie.” sȇ Eugene, en ek kan sien die woorde
kom nie maklik nie. Ek voel sleg dat ek die verkeerde
vraag vra. Hy staar in die vlamme, en sy oë glinster by
die herinnering. “Ons was een maand getroud – ek en
Suzette. Toe kom die pokke. Dit was vreeslik – jy sal
onthou.”
Ek knik. En maak 'n afwerende gebaar. Hy sien dit nie.
“Deur Gods genade het ek anderkant uitgekom. Sy. . .
– nie.”
Stilte.
“Ek’s jammer, vriend.”
50
“Ja. . . .” hy knik sy waardering.
Dis vir ‘n paar oomblikke stil.
“verskoon tog my dom vraag.” mompel ek.
Hy skud sy kop. “Nee, dit help om te praat. . . .”
Net om iets te doen, strooi ek 'n bietjie fyn sout oor die
vleis.
“Maar, nou ja,” praat Eugene en sug diep, “dis Gods wil
gewees, en ek berus my daarby; sy is in ‘n beter plek as
ons.”
Ek knik my kop. Ja. Dit was God se wil gewees.
Die rib is nou reg, mooi bruin, met sous wat in die grys
as afdrup, en swart merkies in die gloeiende oranje kole
laat. Dit het vir ons twee verflenterde manne beter as
koningskos gesmaak. Ons het selfs sout kon kry, en ek
neem aan dat dit 'n luukse as jy op 'n eiland uitgespoel
kom met net die klere aan jou lyf. Dit was seesout wat ons
uit die strandrotse gekry het.
So, met die gesels; eet; hout opkerf; jag; mes-gooi;
swem; slaap – noem maar op – so het die dae verby
gegaan. Hoe meer ons gesels, hoe stewiger het ons
51
vriendskap geword. Elkeen van ons had ons skete en
gebreke, maar ons kom goed oor die weg. En tog – Die
dae gaan verby, maar die seerowers bly sit. Van die
oggend tot die aand word die tapperye besoek. Hulle gee
blykbaar nie om dat die lewe baie eentonig word nie.
Maar op die sestiende Junie sien ons tog eindelik ‘n
groot gewerskaf van gekleurde mensies op die kaai. ‘n
Paar bootjies roei heen en weer van twee skepe na die kaai
toe, waar kiste en balies opgestapel lê. Soos wat die
sleepbote volgelaai na die skepe toe roei, en leeg
terugkeer, word die stapels laer en laer.
Eugene stamp opgewonde aan my. Uiteindelik kan ons
plan tot uitvoer gebring word!
52
HOOFSTUK VII

Eerste twee

DIE DRIEKWART SKITTERENDE MAAN GOOI ‘n


spookagtige atmosfeer op die klein, donker landjie. Die
wit lig maak die skadu’s dieper, amper ondeurdringbaar,
sodat my
hand in die skaduwees nie voor my oë sigbaar is nie.
Die dorpie snork rustig, onwetend van die gevaar
waarin hulle verkeer, onwetend van die twee gedaantes
53
wat van skadu tot skadu na die lae donker geboue van die
slawe sluip.
Net die tien wagte slaap nie. In hul hut naas die groot
geboue sit die klomp manne en speel poker met ‘n pak
vuil kaarte. Drinkbekers lê rond op die geel tafel, en in die
middel staan een groot pot wyn. Onder die invloed van die
drank verkeer die manne in ‘n opgewekte luim.
Ek en Eugene staan sowat 'n meter van die een venster
af in die donker, en hou hulle dop. My hart klop in my
keel op. Ek was lanklaas so gespanne soos hierdie aand.
Tienuur het nou net geslaan.
Dit lyk nou asof een van die wat speel eintlik wil-wil
insluimer. Sy oë val toe, en sy nek word slap, sodat sy kop
op sy bors hang. Gevolglik speel hy natuurlik nie op sy
beurt nie.
“Haai! Jusztin, slaapkous, jou beurt!” klap sy vriend van
langsaan hom agter sy blaaie (die mure is geensins
klankdig nie, dus is dit betreklik maklik om te verstaan
wat aangaan). Met ‘n ruk skrik hy orent, en stamp per
54
ongeluk sy beker om. Die rooi vloeistof skiet by die bek
uit, en stroom oor die stokou, vuil-geel tafel.
Sy kolegas bulder van die lag, al sou ‘n beskaafde
adellike heer van Europa nie eintlik iets snaaks daarin
vind nie. En niemand probeer dit eens skoonmaak nie.
Weldra het alles deur ‘n gat in die hout getap, en ‘n groot
woestaard se stewels nat gedrup, blykbaar sonder dat hy
iets agterkom. En toe hy dit wel later agterkom, is sy voet
seker alreeds sopnat en taaierig. Ek verbeel my hy wikkel
sy tone, en die sous druk uit die kous. Dit skyn amper
werklik te gebeur het, want oombliklik sien ek is hy
woedend oor die uiterse ongemak. “Hei!” grom hy in sy
eie taal, en ons moet onsself inhou om nie te proes nie,
“Var det deg?” sy oë trek op splete en hy gluur vir Jusztin,
blykbaar ‘n vêrlangse verwant van die Koningin van
Oostenryk, het Eugene aan my gefluister, wat op
onverklaarbare wyse hier beland het, woes aan.
Laasgenoemde kyk verstrooid op van sy kaarte, sê,
“hu?” soos 'n mens dit in Engels uitspreek, en ‘n massiewe
vuis tref hom op sy onderste kakebeen. Hy en sy stoel
55
kantel agteroor, en met ‘n harde slag knars albei op die
grond neer.
Die ander kyk eers verbaas van Jusztin na die reus,
maar toe hy verduidelik, bulder hulle opnuut van die
onverstaanbare humor. “Hy wou mos slaap, ha-ha-ha, laat
hom nou slaap!” lag hulle uitbundig.
Na 'n oomblik speel hulle verder. En dan kondig die
groot skeepshorlosie halfelf aan. Die dong klink amper
gedemp onder die tabak-rook uit, ego teen die groot
geboue, en verdwyn in die pikswart skaduwees van die
bosse.
Die wagte op diens skrik wakkerder, en een – blykbaar
het hy effens meer gesag – grom in 'n taal, waarskynlik
Sweeds: “Gaulus, du och Thorbergs tur.”
Gaulus, ‘n geel Griek, en Thorberg, die blok van ‘n
Noor wat vir Jusztin platgeslaan het, sug, staan brom-
brom op, vat hul gewere, en loop uit.
“Ek weet nie vir wat ons moet waghou en rondtes doen
nie – ek meen, die slawe kan mos nie sommer so ontsnap
56
nie kan hulle?” mompel die Griek vir Thorberg, as hulle
na die naaste gebou slenter.
“Ek dink ek weet hoekom.” Brom die Noor terug.
“Hoekom?” vra die ander belangstellend.
“Omdat hulle slimmer is as jy, onnosel!” kom die
spottende antwoord. Dikbek bly die Griek stil, want hy
weet wie die sterkste is. Wag maar, wag maar net. More
is nog ‘n dag.
By die deur van die eerste lae riet-en-klei gebou skei
hulle, om elkeen aan die een kant om te loop, waar hulle
dan aan die anderkant weer ontmoet. Alles is soos
gewoonlik heeltemal doodnatuurlik rustig. dieselfde
prosedure volg natuurlik by die tweede huis. Gaulus is net
verby die eerste venster – of liewer, verby die eerste klein
luggat – en het net ewe genoeglik ‘n nuwe pruim in sy
mond gestop, en miskien gedink aan 'n plan van aksie om
wraak te neem. Toe klem 'n harige staalband om sy mond,
sy bene word onder hom uitgeskop, en, toe hy
noodgedwonge gaan sit, klap die snykant van ‘n hand
agter teen sy nek.
57
‘n Lamheid skiet van sy ruggraat af op na sy brein. Hy
raak deurmekaar, en alles dans voor hom, net soos die
horison van die see op ‘n warm somernamiddag. Die
Griek is binne ‘n oomblik bewusteloos, voordat hy
werklik besef wat aangaan.
Hy is glad nie daarvan bewus dat iemand sy hande en
bene met sterk bobbejaan-toue vasbind, en ‘n klomp blare
in sy mond stop, wat toe ook met tou om sy kop vasgebind
word nie.
Dit het Eugene my later meegedeel. Hy ken beslis ook
'n paar toertjies.
*

Met geweer oor die skouer stap Thorberg intussen so


ongeërg as wat ‘n groot sterk man maar kan wees na die
verste ent van die tweede gebou. Sy pyp gloei soos ‘n
warm-rooi kooltjie in die naglug as hy suig. Ek dink in
werklikheid verstaan hy ook nie eintlik vir wat al hierdie
waghouery voor is nie. Om die Griek te vergal skyn maar
net een van sy stokperdjies te wees. Ek dink nie hy sien
58
eintlik enige gevaar daarin as die slawe ontsnap nie – hy
sal hulle gou op hul plek sit.
Met sy groot voet skop hy na ‘n klip. Die paadjie om
die huise is blink uitgetrap – glad soos geskaafde hout. In
die jaar of drie wat hulle al hier ingeskop is het hy altyd
uitgesien na die rooftogte. Hy is goed daarmee om mense
dood te maak; niemand sukkel met hom nie. Dit het ek
óók van Eugene verneem. Ek geniet dit om myself te
probeer indink wat in ander mense se koppe aangaan.
Ek reken hy is bly dat sy kaptein uiteindelik besluit het
om weer uit te vaar. Vanaand is sy laaste wagbeurt – en
daarna die nimmereindigende see! Ek ook is dankbaar vir
sy kaptein se besluit.
‘n Sagte geritsel klink agter hom uit, net soos ‘n
rondloperhond wat iets agter jou rug wil gaps. Die groot
man draai om, maar halfpad in die aksie slaan ‘n skerp
hoek hom tussen sy ruie wenkbroue. Duiselig steier hy ‘n
rond. Makeer daar iets met die aarde se gravitasie?
Ek stel my voor hy dink eers dis die pes van ‘n Griek,
wat dalk nou net genoeg gehad het van hom, en besluit het
59
om wraak te neem, maar toe sien hy 'n middelmatig
geboude jongman. Gaulus is kleiner as hierdie man, sal
Thorberg dink; sy hare is ook ligter. Gaulus s’n is bruin,
en hy glimlag nooit so asof hy iets half geniet nie, doen
hy? Ek moet erken dat ek dit wel geniet het.
Ek tree vorentoe; swaai ‘n ding deur die lug. In die
splitsekonde besef Thorberg miskien wat dit is. Maar sy
brein reageer nie vinnig genoeg nie. Die wyn se invloed.
Die onderpunt van ‘n geweerkolf (van harde eikehout) tref
hom op presies dieselfde plek; reg tussen die oë. Soos ‘n
os slaan die groot man. Dit klink vir my amper soos ‘n
olifant wat neerstort.
60
HOOFSTUK VIII

Sluipende skadu’s

HOOG TEEN ‘N TAK, IN DIE BOSSE NABY DIE


groot geboue, klief ‘n nagapie se klein gil die nagstilte.
Dit word skynbaar gou kortgeknip deur een van die
geruislose konings van die woud, waarskynlik ‘n Groot-
oor Uil. Die selfde oomblik hoor die vyf nugter manne
wat in stilte in hul kleihut sit 'n harde slag (die res vang
vis in 'n vlak poeletjie tussen droomland en die
werklikheid).
61
Dwa!
Nie ver van hulle nie – seker dertig of veertig tree weg.
Die wagte wat wakker is spring op; die manne wat met
moeë gesigte gesit en kop knik het, vryf verskrik die
slaap-sand uit hul oë. Skaars twee sekondes het verloop;
toe klink dit weer.
Dwa!
En daarna ‘n dowwe slag, soos ‘n olifant wat op die
grond neerstort.
Eugene staan weer onder die venster en afloer.
“Wat de anderding en . . . anderding se anderding is
dit?!”
op daardie moment kom staan ek weer hygend langs
my vriend. Hy deel my tussendeur die gepraat mee wat
gebeur het.
“Ék weet nie! Miskien het die slawe uitgebreek; vir
Thorberg en Gaulus oorrompel – ons moet gaan kyk!!”
Grom ‘n man met ‘n blou jas, lang ruie swart moestas en
gefronste wenkbroue effens verbouereerd. Dit is die man
wat vroeër vir laasgenoemde wagte die bevel gegee het
62
om die rondes te doen. Hy sien homself skynbaar as die
kaptein, en blykbaar doen sy maters ook, daar hulle hom
sonder teëstribbel gehoorsaam.
Haastig gryp almal hul pangewere en swaarde; en bars
by die deur uit (almal, want Jusztin het intussen weer
bygekom – aangehelp deur ‘n emmer water).
Buite is algar verblind deur die koue nag; en staan hulle
eers vir ‘n paar telling saamgebondel in die hut se deur.
Stadig word die duisternis tog deurdringbaar; en kan hulle
sien wat aangaan.
“Wat gaan aan? Wat is fout?” vra Jusztin verskrik.
Hulle kyk rondom hulle. Niks. Absoluut niks. Alles lê
doodstil en baai in die wit, gloeiende maan. Ons het ons
in die bosse in onttrek.
En dis die probleem. Alles is té rustig! Waar is Thorberg
en die Griek? Hulle behoort mos hier êrens rond te wees.
Dalk al by die tweede slawehuis. En wat was daardie
klapgeluid? Het baie soos hout teen hout – of klip –
geklink?
63
“Thorberg!! Gaulus!!!” roep die verbouereerde
matrose.
Die kaptein – Hakfin Sasser, noem hulle hom, en ‘n hy
lyk Sweeds van afkoms – klem sy swaardgreep stywer
vas. Iets is beslis en glad nie pluis nie. Daar's ‘n letterlike
slang in die gras.
“Barhisakesa!” roep hy vir ‘n kort bruin mannetjie met
‘n stem wat klink soos wanneer mens die pers Indiese
wortels rasper. “Gaan roep versterkings; sê vir die
Generaal iets is fout, hy moet dadelik kom – en moet nie
met net drie of vier mans hier aangesit kom nie, verstaan
jy my? Ons het versterkings nodig – en vinnig!”
“Reg, Mnr. Sasser!” roep Barhisakesa en vinnig vat hy
die voetpaadjie af dorp toe.
Eugene weet wat gedoen moet word, en sit die
mannetjie agterna.
“En julle ander, loop. . . anderding daai twee, hulle
moet hier êrens wees.” Hoor Barhisakesa nog die kaptein
blaf.
64
“Versterkings gaan haal; generaal roep; versterkings
gaan haal. . . .” Die woorde van die Indiër rym met sy lang
treë en vinnige, ritmiese voetval deur die bosse. Flitsend
skiet die maan deur elke opening in die natuurlike dak bo
hom as hy onderdeur snel.
Hy ken hierdie paadjie blykbaar soos sy beker; ken die
krom draaie en ruwe boomwortels soos die klein duike en
skerp afgebreekte stukkies op die rante van sy groot
drinkbeker.
Dit is seker waarom Sasser vir hom gestuur het. Hy sal
natuurlik die vinnigste weer kan terug wees.
Die bruin man glimlag selfvoldaan.
Hy is byna halfpad; nog omtrent tweehonderd meter
voor hy die eerste hut sal bereik.
Dit was by ‘n draai, ‘n donker boom aan die kant. Sy
regterbeen trap gemaklik vorentoe vas. Hy spring oor ‘n
steekse boomwortel. Voor sy bene hom kan land, keer en
ruk ‘n onsigbare iets egter aan hom; voel dit asof sy maag
in twee gaan skeur. Iets dun strek oor sy middel; wurg
hom, wring al die lug uit sy longe. Sy momentum het hom
65
vorentoe gedu in die val, maar nou word hy terug gepluk;
elke atoom lug uit sy longe gepers. In ‘n beswyming ruk
hy op die grond neer.
Net vaagweg, gesilhoeëtteer teen die maanlig,
onderskei hy ‘n gestalte. Maar sy gesigsveld verdwyn as
‘n klam, koue hand hom aan die skouer pluk en op sy
maag gooi; vasmaak; en ‘n ding in sy mond stop. Hy raak
daarvan bewus dat hy beweeg, en stop. Daarna voel hy ‘n
skerp, klinkende pyn in sy nekwerwels, hoor veraf ‘n
klapgeluid; soos ‘n pistoolskoot wat vleis tref.
66
HOOFSTUK IX

Sewe

DIE SNYKANT VAN EUGENE SE SENINGRIGE


regterhand klap bo die Indiër se vuil kraag. Byna
onmiddellik lê hy bewusteloos op die donker-geel
sandkorrels.
Eugene staan op, loop terug na die plek waar die strik
gestel is, en span die bobbejaan-toue weer styf. Daarna
draf hy versigtig terug na die donker slaaf-huise toe.
67
Hy asem diep in sy longe. Die nag ruik verfrissend; na
vroeë dou. Die skraal jongman spring ligvoets oor ‘n
boomstomp. Sover vloei alles uitstekend glad.
Hulle het drie wagte stilgemaak. Nou moet hulle die
ander sewe ook een-een of twee-twee onskadelik maak.
Hy lag as hy dink aan die hou wat ek vir Thorberg
toegedien het.
Dit wás nogal komies. ‘n Reus wat aan die een kant is
– onoorwinbaar. En hier kom ‘n dwerg aan die ander kant,
en moker hom tussen die oë – uit soos ‘n kers.
Dit laat hom dink aan Dawid, wat vir die groot,
Godslasterende Fillistein Goliat verslaan het. . . .
In die digte bosse sluip hy met ‘n draai om die geboue.
Tussen die takke en blare kan hy soms figure uitmaak: die
wagte wat rondloop en soek. Die bevelhebber staan by die
wag-hut en hou die lantern in sy hand.
Skielik ruk hy van die skrik; ‘n koue hand rus op sy
arm.
“Het alles uitgewerk?” Eugene voel warm asem in sy
nek, en sug van verligting.
68
“Ja, alles in orde; hy is bewusteloos en vasgebind –
skadeloos.” Fluister hy gedemp terug aan my, wat
ongemerk langs hom kom staan het.
“Goed, ons het nog sewe om te pak. Ek dink. . . . wag,
sien jy daardie twee manne, daar regs? Jy sal hulle moet
oorrompel.” ek wys deur die blare.
“Goed.”
“En ek sal daardie een. . . . nee, daardie twee vat.” Ek
beduie.
“Goed.” Antwoord Eugene weer, en hy sluip vinnig en
stil weg.
Die twee wagte waarvoor ek verantwoordelik is, loop op
die oomblik ongeveer dertig tree van my in die struike en
krap – soek natuurlik na Thorberg en Gaulus.
So stil soos ‘n kat kruip ek na hulle toe; hurk tussen die
blare, naby hulle. Gebruik die tier se strategie: kom nader
aan die vyand sonder om te beweeg, dink ek. Maar wat as
hulle nie nader kom nie?
Skielik kry ek ‘n gedagte. Ongemerk wriemel ek my
tussen die dik grasstingels en grys bossies in, steek my
69
hande agter die rug, en draai my kop sodat ‘n paar groot
blare die maan verberg en my gesig beskadu. Nou sal die
wagte my nie gou aansien vir wie ek werklik is nie – in
elk geval nie gou genoeg nie. Toe probeer ek om geluide
te maak soos iemand wat pas bygekom het. Ek steun en
kreun vir die vale.
Die twee soekende manne skrik toe my gedempte
steune en kreune naby hulle opklink. Hulle kyk vinnig vir
mekaar, en loop dan gretig op die geluide af. Drie tree
verder steek albei vas: ‘n meter van hulle af, in die gras
en blare, lê ‘n man.
‘n Boom se blare bedek half sy gesig, bevlek sy klere
met swart skaduwees.
Triomfantelik kyk hulle weer na elkaar, en die langste
een van die twee – hy het ‘n wilde geel snorbaard, en ‘n
groot driekantige hoed – draf ‘n entjie terug, maak sy hand
bak voor sy mond, roep hard: “Haai! Ons het een van hulle
gekry – hier in die bos!” en loop terug. Met harde
voetstappe kom die kaptein en nog twee seerowers haastig
aangeloop. Meteens hoor Geelsnor ‘n gedempte hou, en
70
daarna een steun, gevolg deur ‘n sagte plof, wat gepaard
gegaan het met die breek van takkies en droë blare. Nog
'n harde geruis van blare; en toe stilte.
Verskrik, maar tog vasberade, loop hy nou versigtig
dieper tussen die donker takke en struike in. Al nader aan
my. Hy moes van die kaptein vergeet het. Alles is
doodstil. Geen teken van sy metgesel nie.
“Juan?” roep hy angstig. sy stem klink te bewerig. Hy
sluk, want ek sien hoe sy adamsappel op en dan weer af
beweeg, en hou sy sabel gereed, voor hom uit. Die skywe
maanlig wat deur die blaredak dring laat die lem met
tussenposes spookagtig glinster.
‘n Sagte geruis aan sy linkerkant laat hom paniekerig
omswaai; en hy kap besete in die bosse rond. Die
ongelukkige slagoffer – ‘n bosvoël – skree sy laaste, en
sterf. As die situasie nie so gespanne was nie sou ek lag
kry.
Maar dit ruk die man effens reg, en hy roep weer, 'n
entjie meer vasberade: “Juan?”
Stilte.
71
Maar dan hoor die senuweeagtige man sy kamerade se
stemme op die rand van die bos. Hy draai verlig om. En
dit was ‘n fatale fout. Want dit was my kans gewees.
Toe die man omdraai, reik ‘n lang donker arm van bo
tussen die blare deur, lig weer op, en dien ‘n blitsige hou
op sy nek toe. Die man se lyf word slap, en sonder ‘n
geluid te uiter val hy kop eerste in die klam blare en
voëlmis.
*

Intussen het die orige drie kapers al nader aan die bos
gedraf.
“Ek wonder waar de. . . anderding bly Tim en Simon?”
vra Hakfin.
Nie een weet nie.
Natuurlik is hulle nie daarvan bewus dat Eugene
alreeds met dié twee afgereken het nie.
Hulle nader die eerste boom.
72
“Is hulle hier in?” vra Jusztin, terwyl hy ‘n droë tak
splinters slaan met sy hartsvanger.
“Nej,” Grom Hakfin, “nog ‘n entjie aan – hierso.”
Hulle buk af tussen die takke deur op die platgetrapte
gras en onkruide.
Doef!
Hulle halt.
Stilte.
“Wat was dit?” Hakfin kyk om, maar al wat vir hom –
en vir my – sin maak in die donker agtergrond is vier
starende wit kolle.
“Ek weet nie.” fluister Dunyvinn, die ander man. Ek
verbeel my sy hand klem stywer om die greep. Myne sou.
Hulle loop nou baie versigtig vorentoe, swaarde gereed.
Voet vir voet.
“Kyk! Vir wat lê Axel net daar?!” vra Jusztin
verbysterd. Hulle stop weer.
In 'n helder kol maanlig is Geelsnor se bloedrooi hemp
maklik herkenbaar.
73
“Hy is bewusteloos, Onnosel – of dood!” grom Sasser,
en probeer ongeërg klink, maar my fyn oor kan die
verbouereerdheid hoor.
“Maar waar is Juan?” Dunyvinn se stem tril deur die
donker.
“Hulle’t hom gevang!” fluister Jusztin nou
vreesbevange. “Die spoke-”
“Twak! Daar bestaan nie spoke nie!” blaf Hakfin Sasser
hom dood. Maar die bygelowige Jusztin is nie te oortuig
nie.
“Nou wat is dit dan? Die slawe is almal veilig in die
huise, nie waar nie?”
“Ja. . . .” Sê Hakfin onseker.
“Ek sê jou dis spoke.” brom Dunyvinn, en ril. Hy kyk
vinnig agter hom.
“Wel – ons is mos gewapen. En ek sal voor stap. Kom.”
sê Sasser. Weer beweeg hulle dieper die bosse in. Nader,
al nader aan my. Nog 'n paar voetjies? Asseblief? Hulle
kom toe nog bietjie nader. Ek sug amper hardop. Dankie!
74
Vir my het die regte oomblik nou aangebreek. Van
waar ek in 'n boom tussen die donker takke sit, kyk ek neer
op hulle, amper reg onder my. Ek sien hoe die voorste man
in die kol maanlig in buk waarin Geelsnor, alias Axel, as
ek reg gehoor het, lȇ. Die twee manne wat agter hom
geloop het skuif nader, en kyk ook.
En ek swaai, soos 'n misvormde aap se skaduwee, aan
'n tak uit die blare.
My voete tref albei vol in die gesig. Hulle steier
agteroor, en slaan neer. Sasser kom regop om te sien wat
aangaan, maar met 'n harde slag land ek wydsbeen op sy
nek. Hakfin val neer op die blare, half bo-oor Axel se slap
liggaam. Bedwelmd probeer hy nog opstaan, maar 'n
vinnige karate hou agter die nek laat hom weer gedweë
terugsak.
75
HOOFSTUK X

Sleutels

SEBASTIAN WORD RU GEWEK UIT 'N RUSTELOSE


slaap. Die ou man Jean-Pierre skud aan hom. Later het hy
my die hele episode vertel, en ek vertel dit nou oor uit sy
oogpunt. Moet dus nie deurmekaar raak nie.
“M'sieur? Het M'sieur gehoor?” hy klink opgewonde.
Sebastian kreun. Dis gitswart donker in die volgepakte
skuur. Die sweet van sestig manne hang swaar in die
drukkende tropiese atmosfeer.
76
“Wat gehoor, Jean-Pierre?” Vra hy vererg. Sy spiere is
seer van die rugbrekende werk wat hulle gedwonge moet
verrig. En dan nog die alewige irriterende, neerdrukkende
swart ysterboeie aan die enkels en gewrigte. Sy klere is
in toiings. Kan die klein gewese dienskneg hom nie rustig
laat voortgaan met sy drome nie? Waarom slaap hy nie?
More moet hulle weer die hele dag arbei, en hy het al sy
kragte nodig. Jean-Pierre breek weer fluisterend in sy
gedagtes in.
“Dit het vir my gesmaak soos een van daardie houe wat
M'sieur-hulle altyd geoefen het – met die kant van M'sieur
se plathand – net hier langs die muur aan die buitekant.”
Sebastian sit skielik orent. “Wat?!”
“Sjj. . . .”
Jean-Pierre se greep om sy skouer verstyf as hulle twee
harde houe hoor, kort op mekaar. Party van die ander
manne word ook wakker. Almal fluister vir mekaar.
Maar dan is dit doodstil in die slawehuis. Hulle sit
gespanne en luister as die haatlike wagte buite
rondhardloop en skree.
77
“Dit smaak my hulle soek vir Thorberg en Gaulus – wie
dit ook al mag wees – as ek my nie misgis nie, M'sieur.”
“Ja, ek weet.” Hy is al lankal gewoond aan Jean-Pierre
se maniere. Hy was mos immers hul kneg. Na sy ouers se
dood het hulle hom vrygespreek, maar hy het, soos so baie
gebeur, aangedring om te bly. “Natuurlik die wagte wat
die ronde geloop het – as ek my nie misgis nie.”
Vir 'n lang ruk hou dit so aan. Manne skree, hulle kap
in die bosse rond; en vloek. Geleidelik daal die stilte egter
weer neer. Die spanning in die slawehuise bou op. Dit
raak nogal bedompig hier binne, dink Sebastian. Na 'n tyd
hoor hulle weer een roep, en dan is dit stil.
“Wat gaan nou aan M'sieur?” Jean-Pierre klink opreg
bekommerd.
“Ek weet-”
“ʼn Stamp aan die deur laat hom verras opkyk. Dit is
doodstil in die donker. Dan word die geknars van 'n sleutel
in die slot duidelik gehoor. Weer 'n keer. Krakend swaai
die groot dubbeldeur oop. Sebastian knip sy oë teen die
78
helder maanlig. Wat soek die wagte die tyd van die nag in
hierdie hok?
Twee donker silhoeëtte verskyn in die deur. 'n
opgewonde gefluister rits deur die saal.
“Luister, almal!” bulder die langer een van die figure,
en weer is dit stil. “Ek is nie 'n seerower nie. Ek is Eugene
la Croissant. Van julle sal onthou dat ek twee weke gelede
nog hier tussen julle was. Hierdie man,” en hy beduie na
die man langs hom, “uit Limoges, het deur die genade van
die Here op 'n kis beland toe sy skip vergaan het. Ons het
die wagte oorompel, en nou gaan ons ontsnap!”
Dis doodstil. Verdwaas staar die matrose van mekaar
na die manne in die deur. Hulle oë rek van skok. Gaan
hulle werklik ontsnap? Gaan hulle werklik weer uit hul
kettings bevry word? Dis net te goed om waar te wees!
“Ek het 'n plan om ons hier uit te kry, maar dit vereis
ten volle gehoorsaamheid; aan my, en aan die man hier
langs my. Volg julle ons?”
79
As die matrose snap wat hy bedoel, roep hulle uit: “Ja.
. . ja ons sal! Ja!!” En hulle begin sommer hande klap,
maar die kettings raas oorverdowend
“Dankie!” roep hy hulle weer stil, en vervolg: “Nou
die plan. Ons gaan in twee groepe opdeel. Elke gebou se
manne sal een groep wees.”
Terwyl hy opgewonde praat, klim die ander figuur die
trappe in die slawehuis in, en loop verder na binne. Sy
figuur lyk skielik bekend vir Sabastian. Hy kyk
aandagtiger. Sy hart gaan amper staan. Dis-
“Dis M'sieur Andreas!” fluister Jean-Pierre
oorverdowend hard in sy oor, en roep dan gedemp: “
M'sieur! M'sieur Andreas!”
Die matrose naby kyk verbaas om, maar by die roep
verstar Andreas. Hy tol om en loop haastig in hulle
rigting. Toe hy enkele tree weg is sien hy albei.
“Sebastian? Jean-Pierre?!” fluister hy, “Dank God julle
lewe nog!” en gaan hurk langs hulle. Die ou kneg knik net
bewoë sy kop. Met 'n effense gerinkel van die kettings
80
gryp Sebastian sy hand stewig vas. Woorde is nie nou
nodig nie.
“. . .Dan gaan ons die twee skepe aan die vér regterkant
oorompel.” sluit Eugene , wat nog die hele tyd gepraat het,
af. “Ons sal al die ander skepe moet verbrand. Daarna vaar
ons na die Nuwe Wêreld!”
*

Binne uur is almal van hul kettings verlos, alhoewel die


ringe nog geheg sit. Dié sal 'n ystersmid afhaal sodra hulle
die oop see bereik.
Op die oomblik beweeg twee donker groepe rondom
die slapende dorpie, om dit sodoende te omsingel. Elkeen
van ons weet wat hy moet doen. Dis eintlik eenvoudig,
wees net saggies. Almal is opgeruimd.
Net die idee van 'n hele dorpie wat vasgebind in hul
beddens lê en skop of snork is al klaar lagwekkend.
81
Op die gegewe moment dat die maan hom agter 'n dik
grys wolk inwriemel maak die sirkel toe; en krimp saam
om die dorpie.
In groepies van vyf gewapende manne verdwyn hulle
geruisloos by die hutte in, en kom 'n paar minute later
weer uit gesluip, oppad na die volgende seerower se hut.
Die sakke wat sommige dra, word al hoe voller. As
hulle terug in die beskaafde wêreld is sal elkeen weer 'n
nuwe begin kan maak. Maar die seerowers sal geensins
krepeer nie. Daarvoor bly glad te veel geld en juwele by
hulle agter!
Interessant genoeg vind ons dat die tappery-eienaars se
rykdomme die meeste ander s’n vér oortref.
In elke geval, in die middel van die gehuggie is daar 'n
oop stuk grond wat seker as 'n soort plein dien, en hier
groepeer ons honderd-en-twintig opgewonde manne
weer. Daarna skei dertig af, wat strand toe draf, terwyl al
die res in die bosse met die strand langs loop, na die naaste
plek aan die twee volgelaaide skepe, maar uit sig van die
wagte wat die skepe bewaak.
82
Die plan is nou dat die dertig man die skepe oorompel,
en dan sal hulle 'n sein stuur, waarna die res van ons aan
boord sal gaan.
83
HOOFSTUK XI

Laaste wagte

DIE WAG REK SY MOND WYD OOP, EN GAAP.


(ons het hom later gevange geneem, en hy het my hierdie
vertel) Stadig drentel hy na die kantreling. Sy oë tuur deur
die duisternis land toe. Die dorp is in donkerte gehul. Dis
stil, want hulle kon ongelukkig – of is dit gelukkig? - nog
nie enige honde in die hande kry nie. Op die golwe
84
glinster die maan, wat weer van agter die wolkbank
verskyn het, se fosforensies geel.
Hy gaap weer, en frons. Die ander wagte bly weg.
Opnuut tuur hy na die land. Sagte geluide dring ritmies na
hom deur die duisternis. Na 'n ruk gewaar ook hy 'n
bootjie wat stadig sy pad deur die golwe wen. Ah!
Uiteindelik. Die Aflos het opgedaag.
Hy leen oor die hout, en skree hard: “Jy’s laat!!”
'n Oomblik stilte.
“Gee ek -hik!-. . om?!” kom die slepende antwoord.
Die wag snuif verontwaardig, draai om, en loop terug
na 'n kajuit. Alweer gesuip. Hy kan seker nie verbaas wees
nie.
Hy skop die deur oop en roep: “Kom Bensston. Ons
word afgelos.”
'n Skraal man spring van 'n bank op, en vryf sy oë, en
saam loop hulle na die touleer toe. Hulle kan hoor dat die
ander wagte alreeds teen die kant uitklouter, en gaan leen
oor die rand. Bensston se gesig trek skeef, en hy bars uit
85
van die lag. Die donker figuur wat nou besig is op die kant
te bestyg slinger so dat hy skaars vorder.
Maar die ander wag is vanaand moeilik. “Roer jou. . .
jou anderding!” grom hy. Hy vererg hom skielik
bloediglik, trek 'n groot pistool uit, en skiet langs die man
se oor verby. 'n Ronde fonteintjie water skiet vir 'n
oomblik op die see se oppervlak op. Dit ruk die man op
die touleer effens nugterder, en nou klouter hy tot bo, en
sy kollega volg senuweeagtig.
Bensston en sy maat is te haastig om juis te let op die
nuwelinge se voorkomste, en buitendien is dit nag. Hulle
klouter vinnig die kant van die skip af, en toe hoor die
nuwe wagte hoe die roeispane in die water gesteek word,
en die bootjie skiet weg. Hulle tuur nog 'n rukkie oor die
see. Maar dan kom daar beweging.
“Steek aan, gou!”
“Ja.” Een van die nuwe wagte haal iets onder sy hemp
te voorskyn. “Dit was eintlik maklik, weet jy. Maar
daardie koeël!” hy fluit deur sy tande, en lag gedemp. 'n
Tonteldoos flikker en dan knetter daar 'n vlammetjie op
86
wat stadig hoër in die lug op kruip, maar skielik verdwyn.
Iets ruik na lont. 'n sagte ontploffing skeur die nagstilte,
en hoog in die hemelruim verskyn 'n rooi glans. Dis die
sein vir die res. Kort daarna verskyn nog ag rooi vuurpyle
wat die ruimte in baan, skielik ontplof, en dan doodgaan.
Spoedig kom talle bootjies haastig na die twee groot
vaartbelynde skepe toe aangeroei. Die vlamtonge op die
ses ander skepe is al duidelik sigbaar. ons kon nie anders
as om al die ander skepe te verbrand nie; almal behalwe
een. Die bote stamp een na die ander teen die wande van
die besette skepe. As ons almal aan boord is neem die
aangestelde kapteins en offisiere oor.
Omdat alle offisiere gedood is, moes ons die beste
manne, naamlik die wat in staat is om 'n leier te kan wees,
maar ook geletterd is (‘n rariteit), uitsoek. Daar is
gelukkig ten minste sewe manne al sover wat goed kan
navigeer, logboek hou, en al die meegaande dinge. Nie al
die offisiere hoef kennis daarvan te dra nie. Die wat nie
geletterd is nie sal oor die meer praktiese dinge soos die
seile en kanonne bevel voer. Ons het ook 'n hele paar
87
uitstekende kanonniers. Ek en my broer, en ook Eugene
weet niks van skepe af nie, en bly dus maar passasiers.
Omdat daar so relatief min manne is, is daar wel baie kos.
Seile word nou uitgeskud, toue verstel, en omdat die
wind reg is, tol die skepe gretig maar statig om, bol hul
seile, en vaar soos lenige swane tussen die rotsriwwe deur,
uit, oppad na vryheid.
88
HOOFSTUK XII

Oppad

TOE DIE TWEE BUITGEMAAKTE SKEPE


'n brandende inferno van nog ses skepe en 'n baie
ontevrede moordenaarsnes agterlaat, is dit klokslag
drieuur in die oggend van agttien Junie, 1703. Ek onthou
dit nog goed.
Nadat die twee skepe se posisie vasgestel is, vaar hulle
met 'n stewige wind eers wes, om die donker eiland se
verste kaap, en draai dan met ‘n verstelling van toue en
ra’s noordwes. Hulle deel in twee wagte in op elke skip,
89
en die manne wat af is, gaan slaap. Maar nie voordat
elkeen 'n dop wyn ontvang het nie.
Al die sakke geldware word veilig opgesluit. Later sal
elke man sy geld ontvang waarmee hy 'n nuwe lewe van
voor af kan opbou.
Ons (Die De la Rey’s en Eugene la Croissant) maak ons
tuis in van die passasierskajuite, en begeef onsself ook te
ruste.
*

Die volgende môre vind ons in 'n kajuit by die


ontbyttafel, besig om te eet. Die spek en brood smaak
uitstekend. Onder die geklater van messe en vurke (ons
kan weer vir 'n slag soos beskaafde mense eet) vertel ons
oor en weer vir mekaar wat gebeur het.
“Wat,” vra ek ter hede, en sluk 'n bietjie wyn af, “het
gebeur op die Duisburg – ek bedoel, wat het veroorsaak
dat ek bewusteloos geraak het?” dis iets waaroor ek al my
kop gebreek het. Het 'n seerower my uitgeslaan sou hy my
90
seker ook doodmaak – of ten minste gevange neem? Maar
wat anders?
Sebastian halt sy vurk in die lug, en kyk my vir 'n
oomblik ingedagte aan. Dan kyk hy na Jean-Pierre.
“Jean-Pierre sal jou kan vertel. . . .” sê hy, en bring die
vurk na sy mond.
Ek en Eugene blik hom vraend aan.
Hy krap in sy bord, en maak keel skoon. “Wel, M'sieur,
hoe sal ek sê, daar is nie eintlik veel om te vertel nie,”
begin hy, “Ek het gesien hoe M'sieur daai drie e. .” en hy
grinnik, “afmaai. Toe, toe M'sieur omdraai, val daar een
van daardie dwars ra’s op M'sieur se kop. hoe, weet ek
nie. Jo, maar ek het geskrik. Gedag M'sieur is dood!
“Ek het na M'sieur gestorm; maar gelukkig was M'sieur
nie dood nie want ek het M'sieur se pols gevoel en hy het
nog goed geklop. Toe sleep ek vir M'sieur na die beste
ding wat ek kon kry, en dit was toe 'n kis – want ons ou
skip was toe al in flarde, en hy was besig om te sink.
“Ek het gedag miskien ontsnap M'sieur en kry 'n skip,
en kom red ons weer, M'sieur. So toe stoot ek vir M'sieur
91
in die see in by 'n laag plek aan die kant, en toe het ek weer
na M'sieur Sebastian gehardloop, maar toe word ons almal
gevang. En verder weet alleen die Here wat met M'sieur
gebeur het na ons in die ruim gehok is.”
“werklik waar?”
“Ja M'sieur.”
“So eintlik is jy die held van die verhaal Jean-Pierre.”
glimlag ek. Ons lag.
“Maar hoe het jy ook op die eiland beland?” vra
Sebastian, en stop 'n stuk spek in sy mond. Hy het lanklaas
sulke heerlike kos geproe.
“Wel, ek het – ek is byna seker daarvan – die volgende
dag weer bygekom, waarna ek vir nog vyf dae
noodgedwonge op die kis bly sit het voordat ek by die
eiland uitgespoel het.” Ons maak gou sommetjies en vind
toe uit dat ek reg was. Ek vertel vervolgens hoe ek vir
Eugene ontmoet het, en hoedat ons na nege dae die
gewerskaf gesien het; en hoe ons die tien wagte oorompel
het, waarby ons natuurlik heelwat gelag het.
92
“Maar wat het met julle gebeur op die eiland – het daar
enigiets besonder voorgeval?” vra ek op my beurt.
Nee, sȇ hulle, behalwe dat hulle natuurlik gesien het
hoe Eugene een van die wagte plat moker, waarna van die
ander hom gegryp en vasgebind het en weggedra het. En
natuurlik die wreedheid, die ongerief, en so aan.
“Maar deur die genade van die Here het ons almal tog
veilig deurgekom. Ons is Hom baie dank verskuldig.” sê
Sebastian ten slotte, en ons ander beaam dit.
Iemand skree skielik hard buite. Wat kan dit wees? ons
kyk na mekaar, spring op en loop dan haastig na die dek.
93

HOOFSTUK XIII

Die seerowers - weereens

AS ONS OP DIE DEK KOM, SIEN ONS DAT DIE


matrose stiller as gewoonlik is. Hulle staan of sit stil, die
werk in hulle hande stil, met hulle oë op die kaptein gerig.
Kaptein Tíchikus, 'n ent op in die takelwerk, tuur deur 'n
groot enkel-lens verkyker na iets skuins agter ons op die
horison. 'n stewige briesie waai teen my wang. Die boeg
van die Seemeeu klief die golwe skuimend, en die sprei
streep oor die dek. Ek kry plotseling weer daardie
onheilsgevoel wat my maag so leeg laat voel en op 'n knop
94
trek. Wat ek ondervind het op die Duisburg, toe die
offisier uitgeroep het dat dit 'n swart vlag is. Ek en
Sebastian kyk na mekaar, en ek sien my jonger broer
ondervind dieselfde gedagte.
“Wat nou?” vra Eugene vir 'n matroos wat naby staan.
“Wat? Jy vra nog? Die wag het twee skepe gesien, en –

Maar die kaptein bulder hom dood in Hollands, wat die
oorhoofse taal hier is.
“Ons maakt de schip slaggereed! Het bent twee
seerowers! Maar stil!Ons bent hun vriendjes –” hy
glimlag vinnig,“hun mog niets letten!”
My vermoede was reg.
Onmiddellik is die twee gebuite skepe die ene stille
bedrywigheid, daar hulle met unieke vlae vir mekaar kan
beduie wat moet gebeur. Die vaartuig waarop ons onsself
tuisgemaak het, het die kapteins besluit, sal die leiding
neem, daarom het dié kaptein die besluit geneem. Die
vyand het ons waarskynlik lankal al gewaar, omdat hulle
die son van agter het. Maar volgens hulle is die twee skepe
95
wat nou na hulle toe aankom bondgenote – 'n kaptein op
soek vir 'n buit.
“O gomtor!” sê Jean-Pierre, “Nou veg ons weer!” sy oë
glinster opgewonde.
“Ja, nee, kyk, nou veg ons weer.” sê ek vasberade.
'n Uur later het die twee paar skepe mekaar al so
genader dat ek selfs al lywe met koppe en dies meer kan
uitken met 'n verkyker, maar gesigte is nog nie herkenbaar
nie.
Die leidende skip is ter hede die naaste aan ons skip; ek
skat so 'n myl, miskien minder. In 'n groepie onder een
seil staan 'n paar mense. Dit lyk vir my aan hul kleredrag
soos die kaptein en sy offisiere. Op hierdie oomblik word
die verkyker uit my hand gepluk deur Jean-Pierre, wat
seker nie sy nuuskierigheid kon bedwing nie. Ek wou nog
protesteer, maar toe bedink ek myself, en laat hom maar
begaan.
“Hulle kom naby, M'sieur!” sê hy gespanne.
Ek glimlag. Die wind waai in my gesig. Ons kon hom
nog nooit afleer om ons ‘M'sieur’ te noem nie.
96
Ek onthou daardie geveg. Nog net soos hy was –
aaklig. En tog, met die wete dat ek reg gedoen het. Ek sou
nogtans liewer wou vergeet.
Maar in elk geval, op 'n stadium, toe ons skepe
ongeveer 500 meter van mekaar was (dit het gelyk asof
die seerower-kaptein op die punt gestaan het om sy
spreekbuis te lig) het ons kaptein, kaptein Tíchikus,
skielik 'n paar bevele gespreek, en ons het meteens
blitssnel omgeswaai, en op die vyand afgespoed – albei
ons skepe. Met 'n groot vaart het ons nader aan mekaar
gekom. Ons skepe het met die boegge noordwaarts op hul
dwarste afgestorm, elkeen gemik op een van die vyand.
Intussen is ons geskutpoorte geopen, en dreigende
kanonbekke het uitgegluur.
My hart het woes geklop. Ons het onsself gereed
gemaak vir die slag.
Bo die geraas het ek skielik 'n stem gehoor, uitgegil
deur 'n spreekbuis. Hy het in Engels iets geskreeu; iets
soos: “Anthony! What the h. . . . and s. . . . – are you
daft!!!” ek kan nie die vloekwoorde herhaal nie!
97
Hoe moes hy geweet het dat “Anthony” nog op die
eiland sit?
Dertig tellings het stadig verbygetik. Ek onthou die
geraas, die gretige oë, die angstige oë, die gebulder. . . .
Ek weet nie hoe my oë gelyk het nie. Ek was nie bang nie,
maar ook nie gretig nie. Ek het net geweet dat hierdie hul
laaste rooftog moet wees.
Dertig tellings. En toe is ons daar. So vinnig het dit
gebeur dat hulle nie eens hul geskutpoorte kon open nie.
Net 'n paar los geweerskote het geklap. Met 'n geweldige
knars het die Seemeeu boeg hulle in ongeveer die middel
van hul lengte getref. Binne 'n ommesientjie was dit 'n
chaos van gille en toue en splinters.
Ek kon nie sien wat met die ander skepe gebeur nie,
maar blykbaar het die ander skip dieselfde aksie as ons
suksesvol uitgevoer. Die seerowers se skepe het byna
heeltemal in twee geknak.
Ons manne storm aan altwee kante oor die relings,
tussen die splinters en toue deur, na die verskrikte, maar
tog wagtende seerowers. Ons en Eugene hardloop na die
98
voorste gedeelte van die wrak. Saam met nog twee of drie
manne vorm ons 'n hegte kring tussen die vegtende mans.
Stadig beweeg ons vorentoe; vee die rowers voor ons
op die dek neer; beweeg weer vorentoe. In die hitte van
die oomblik geniet ek dit amper om teen hulle te veg; om
hul vonnis te voltrek. Mans gil, die koeëls fluit, en
kruitwolke hang in die lug.
Maar hierdie besigheid kan nie vir ewig aanhou nie –
die wrakstukke begin immers alreeds sak. En toe sien ek
iets raak wat my kommer laat styg. Die rowerkaptein het
saam met 'n groot groep van sy bemanning 'n
verdedigbare stelling geneem. Om hom te verdryf sou ons
agter hom moes kom, en baie vinnig ook. Maar dit is
onmoontlik om oor die dek soontoe te beweeg.
So in die geveg versamel ek vir my nog tien man, en
storm na die trappe. 'n groepie manne daar versper ons
weg. Maar ons is vasberade. Met 'n magtige brul storm
ons op hulle af, sodat hulle gou die wyk neem. 'n Paar
stadiges proe staal. Dan trappel ons die trappe af; hardloop
met 'n nou gangetjie langs. 'n paar man wat skielik om 'n
99
hoek verskyn, word deur van die manne deurboor.
Ongelukkig bly een van ons manne ook agter. Ek weet
nie, maar ek hoop en bid dat hy sy oë in die hemel
oopgemaak het.
Ons draf verder. Die voorkasteel is verlate toe ons daar
inkom. Sebastian maak die hoofdeur oop. Ek som die
situasie vinnig op. Aan die linkerkant is die kaptein en sy
groep met hul rûe na ons. Regs lê die voormas oor die dek
in die water.
“Wat nou?” hyg Eugene.
Ek kyk rondom my. “Ons steek hulle in die rug –
puntformasie. . . . kom!” sê ek, en neem die voortou, met
Sebastian net regs van my. Die agterste rower val met een
steek voor my swaard op die dek neer. Sebastian kap, en
die volgende een lê. Van die rowers merk ons, en swaai
met gille om.
“We’re dead!” skreeu een, en die volgende oomblik
word hy ook deurboor. Ons vorm weer 'n kring, en
beweeg heen en weer tussen die rowers. Orals lê lyke, en
die bloed loop in straaltjies deur die houtnate. Daar die
100
groep (al wat in die voorste deel oorgebly het) nou van
twee kante aangeval word, word hul weerstand flouer by
die minuut.
Maar nou moet die ongeluk ons tref. 'n Dapper paar
seerowers storm op ons af. Die geveg word hewig; en toe
ons die wat nie gesterf het nie teruggedryf het, bly
Sebastian en nog twee man lê. Maar op hierdie oomblik
besluit die rowerkaptein dat oorgawe beter is.
“I surrender!!” bulder hy, gooi sy swaard en ongelaaide
pistool neer; en spoeg 'n vloek uit. Hy het al agtergekom
dat hy nie met Anthony te doen het nie.
Verligting laat die moegheid effens van my afrol – maar
angs oor my broer lê in die plek daarvan. Ek struikel oor
die liggame van vriend en vyand, tot by Sebastian, en val
op my knieë neer langs hom. Daar is rooi bloed oor sy
bors. Ek sien dat dit van sy stukkende skouer uitgetap het.
Haastig gryp ek sy pols met my bloedbevlekte hand, die
bloed afkomstig van 'n lang sny in my arm. Ek voel skaars
hoe Eugene en Jean-Pierre hul hande ondersteunend op
my skouers laat rus.
101
“Is hy. . . . hy is tog nie. . . ?” Kreun die ou man.
“Hy. . . . hy lewe!” sug ek bewoë. Ek kyk op, en sien
dat die moeë bemanning van die Seemeeu haastig die wrak
ontruim. Blykbaar het hulle die agterstewe ook oorwin.
Dis skielik vreemd stil na die oorverdowende rumoer.
Ons dra toe vir Sebastian oor op ons skip; en sit sy
lewelose liggaam op 'n slaapbank in ons kajuit neer. Jean-
Pierre haal warm water, en ons verbind eers my broer se
wond, en toe mekaar s’n. 'n Lawaai klink skielik op. Ons
loop weer uit op die dek. Die opgewekte bemanning is
besig om die wrakstukke wat aan die skip vasklou los te
kap. Ons elkeen kry toe 'n stywe dop rooiwyn, en 'n
heerlik verfrissende maaltyd. Sebastian kom by, en eet so
'n bietjie, en drink 'n slukkie wyn of twee. Daardie middag
het ons net onder die skadu gewende wit seile gesit en rus.
Oor 'n paar weke sou ons uiteindelik in Amerika aanland.
Die bemanning het liedjies gesing, en ek het soms saam
gefluit, net om iets te doen. . . .
102
HOOFSTUK XIV

Die end van die verhaal – of die begin?

ANDREAS DE LA REY SE LENIGE,


bruingebrande figuur kom orent; rek uit; en sak weer
terug in die leunstoel. Dit het skemer geraak onder sy
lewendige vertelling.
“En hoe het dit met die susterskip gegaan?”
“O, dieselfde. Maar ek dink hulle het meer man verloor
as die Seemeeu.”
“En. . . . wat is jou verdere planne?”
Hy tuur 'n lang ruk deur die venster.
103
“Weet jy my vriend, ek voel dit half my plig om daardie
eiland se moordenaars-loopbaan te stopsit.”
“Maar. . . . hoe gaan jy weer daar kom?”
“Jy vergeet, my vriend, dat ek twee skepe tot my
beskikking het. Albei kapteins en bemanning is my en
Eugene so dankbaar dat hulle hul vrywilliglik onder ons
geplaas het. . . . het jy nog koffie?”
Ons drink toe weer koffie, en ek sê vir hom, “Ek sien
uit daarna om vir Eugene te ontmoet.”
“Ja, nee, kyk, hy is 'n baie gawe man; bly ek het hom as
vriend op die reis gehad. Maar ek moet nou eers weer
gaan. Clara sal wonder waar ek bly.” (Clara is sy suster.)
“Ja, dit sal ek goed glo! Maar onthou van my as jy
besluit om terug te gaan – ek sal graag wil meedoen.”
“Goed,” sê hy. “Dan groet ons.” en hy voeg daad by die
woord.
“Man, ek is bly om jou weer te sien!” sê ek nog ten
laaste.
“Au revoir!” roep hy toe hy in die straat afstap.
104
'n Lang ruk staan ek daar in die deur. Toe ruk ek myself
uit die bepeinsing. Ek draf na my geel hout lessenaar,
waar ek gou 'n kandelaar met my tonteldoos aansteek. Die
half-klaar manuskrip stoot ek sommer oor die rand in die
asblik in, en haal my notas uit. En toe begin ek skryf dat
die penvere waai.

You might also like