Professional Documents
Culture Documents
Bes221 Exam 2011 Nov
Bes221 Exam 2011 Nov
com
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
UNIVERSITY OF PRETORIA
Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese
Department of Industrial and Systems Engineering
Beperkte oopboek : Studente mag een teksboek Limited open book : Students may have one text
en een gebinde lêer in hulle besit hê. book and one bounded file in their possession.
Beantwoord AL VYF (5) vrae. Answer ALL FIVE (5) questions.
Stel en motiveer alle aannames duidelik. State and motivate all assumptions clearly.
Twee Grootmeester skaakspelers, Gary Kasparov en Bobby Fischer, het ʼn groot aantal spelle skaak
teen mekaar gespeel in die verlede. Gebaseer op hierdie historiese inligting mag ʼn
waarskynlikheidsboom gekonstrueer word en die gepaardgaande waarskynlikhede bereken word
soos getoon met K1 die gebeurtenis dat Kasparov ʼn spel wen en K2 die gebeurtenis dat Kasparov die
volgende spel wen. Spelle wat gelykop eindig word nie in berekening gebring nie.
a) Die totale waarskynlikheid dat Kasparov die volgende spel wen. [3]
b) Die waarskynlikheid dat Kasparov die volgende 10 spelle wen. [4]
c) Die waarskynlikheid dat Kasparov ten minste 2 van die volgende 10 spelle wen. [3]
Die Piesang-lugredery bedryf elke weeksdag ʼn vlug van Johannesburg na Durban, en deur gebruik
te maak van dieselfde vliegtuig, van Durban na Kaapstad en, steeds met dieselfde vliegtuig, van
Kaapstad terug na Johannesburg. Die tye benodig om die onderskeie gedeeltes van die reis te
voltooi en die statistiese eienskappe word in die tabel getoon. Hierdie tye sluit nie net die werklike
vlugtyd in nie maar ook geskeduleerde, onvermybare, vertragings soos opstyg en land, passasier- en
bagasiehantering, brandstofinname, ensovoorts. Indien aanvaar word dat die vlug Johannesburg
verlaat presies om 08:00 en dat die geskeduleerde aankomstyd terug in Johannesburg 18:00 is,
bereken die maksimum totale bykomende vertragingstyd wat toelaatbaar is ten einde te verseker dat
die waarskynlikheid dat die vlug meer as 15 minute laat in Johannesburg sal arriveer kleiner is as
0.1.
Interval /
Interval
0-4 4-8 8 - 12
Observed Frequencies /
Waargenome Frekwensies 74 21 5
Die S A Banknoot Maatskappy is verantwoordelik vir die druk van al Suid-Afrika se papiergeld. Nuwe
note word in sirkulasie geplaas deur die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank en wanneer ʼn noot die einde
van sy bruikbare lewe bereik, word dit terug gestuur na die Reserwe Bank om vernietig te word. In ʼn
poging om die statistiese leeftydkarakteristieke van 10 Rand note te bepaal word 100 sulke note op ʼn
spesiale manier gemerk en wanneer hulle terugkeer na die Reserwe Bank word hulle leeftye
waargeneem. Die tabel toon die waargenome frekwensies.
a) Gebruik hierdie inligting om te toon dat die gemiddelde leeftyd van ʼn 10 Rand noot 3.94
maande is. [2]
b) Deur gebruik te maak van ʼn Chi-kwadraat passingstoets, by ʼn 5 persent peil-van-betekenis,
bepaal of die leeftyd van 10 Rand note gemodelleer kan word deur ʼn Eksponensiaalverdeling.
[8]
Ter wille van beplanning benodig die S A Banknoot Maatskappy ʼn vooruitskatting van die aantal
nuwe banknote wat die volgende maand benodig sal word. Die tabel toon die aantal (gekodeer) nuwe
note wat benodig was die afgelope 5 maande asook ander inligting wat u nodig mag vind. Gebruik
hierdie inligting om :