You are on page 1of 3

Afrikaans HT Graad 12: Afrikaans klinkende sukses

op Spotify-trefferverslag
Afrikaans is nie net groot op die verhoog nie, maar klaarblyklik ook op
musiekstromingsdienste.

Spotify, ‘n gewilde musiekstromingsdiens, se jaarlikse Spotify Wrapped-verslag dui


daarop dat Afrikaanse musiek vanjaar meer as 400 miljoen keer gestroom is. Dié
verslag is ‘n jaarlikse hoogtepunt vir Spotify-luisteraars en bied ‘n pasgemaakte
terugblik op luisteraars se individuele musiekvoorkeure en luistergewoontes vir die
afgelope twaalf maande.

Elke gebruiker ontvang ‘n lys van hul mees gestroomde kunstenaars, liedjies, genres
en selfs die totale tyd wat hulle gedurende die jaar aan musiek bestee het. Miljoene
mense het wêreldwyd die afgelope naweek na sosiale media gestroom om dié data,
wat jaarliks op die 30ste November uitgereik word, te deel.

Volgens vanjaar se verslag is Riaan Benadé se 2020 treffer “Spontaan” vir ‘n tweede
jaar die mees gestroomde Afrikaanse lied op Spotify. Hy het verder drie liedjies in
die toptien mees gestroomde Afrikaanse liedjies, gevolg deur Barto met twee.

“Dankie Spotify vir die mal nuus: ‘Spontaan’ het na drie jaar in 2023 die nommer-
een-plek gevat vir die Afrikaanse lied wat die meeste gestroom is op hierdie
platform. Baie dankie vir almal wat my musiek so ondersteun. Ek waardeer dit maan
toe en terug,” het Riaan oor sy Spotify-sukses in ‘n Instagram-plasing geskryf.

Irene-Louise van Wyk is die vroulike Afrikaanse kunstenaar wie se musiek die
meeste op Spotify gestroom word. Haar treffer, “Tekkies Brand”, beklee tans die
sewende posisie in die toptien mees gestroomde Afrikaanse liedjies. Sy is die
enigste vroulike kunstenaar op dié lys.

“Om te sien hoe ‘n liedjie, wat ‘n ruk gelede uitgereik is, steeds weerklink soos dit
tans doen, is inspirerend,” sê Henco Harmse, Spotify se Afrikaanse
spesialisbestuurder in Suid-Afrika.
Die Spotify-speellys, “Afrikaanse Treffers”, is ook die derde mees gestroomde
musiekspeellys in Suid-Afrika. “Musiekspeellyste speel ’n belangrike rol in die
ontdekking van musiek. Nie net help dit plaaslike kunstenaars om raakgesien te
word nie, maar dit help ook om musiekgenres te laat groei. Ons hoop is om te sien
dat die Afrikaanse musiekspeellys-gehore van regoor die land bereik, van Giyani tot
Durban, en wêreldwyd,” voeg Henco by.
Vrae:
1. Na watter Musiekgeleentheid verwys die begin van die leesstuk? (1)

Afrikaans is Groot

2. Verduidelik in jou eie woorde wat die Spotify-Wrapped verslag is. (3)

Dis ‘n verslag wat die statistieke vir die jaar se stromings bekendmaak. √

Elke gebruiker ontvang ‘n lys van hul mees gestroomde kunstenaars, liedjies, √

genres en selfs die totale tyd wat hulle gedurende die jaar aan musiek bestee het. √

3. Wanneer word die verslag gewoonlik uitgereik? (1)

30 November √

4. Op watter platforms kan luisteraars hul verslae deel? (3)

Facebook √ Instagram√

Whatsapp√

5. Hoeveel keer is Afrikaanse musiek gestroom volgens die verslag? (1)

Meer as 400 miljoen keer

6. Gee die titel van Riaan Benadé se nr 1 liedjie (1)

“Spontaan”

7. Wanneer is die liedjie vrygestel? (1)

2020

8. Wie sing “Tekkies Brand”? (1)

Irene-Louise van Wyk

9. Geniet jy Afrikaanse musiek? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

Ja/Nee relevante volsin as rede

10. Spotify speellyste speel ‘n belangrike rol in die ontdekking van musiek. Is die stelling

‘n feit of ‘n mening? Gee ‘n rede vir jou antwoord (2)

Mening, √ Die stelling is nie ondersteun deur navorsing nie. √ (15)

You might also like