You are on page 1of 5

Die mens se beste vriend

14 Apr, 10:07 am No category

Jy hoor nie elke dag van n hond wat n mens se beste

vriend is nie maar, in my geval is my Hond my beste

vriend. Dit Sal nou vreemd klink maar ek dink tog n

hond Kan n mens se betse vriend wees.

Volgens rooirose word n hond nie verniet die mens se

beste vriend genoem nie. Honde is die eerste wilde

dierspesie wat deur n mens mak gemaak is.

Wetenskaplikes reken Dat hierdie proses tussen 15 000

en 20 000 jaar gelede begin het toe wolwe ons menslike

nederstetting begin aas het. Vandag is daar tussen 350

en 400 verskillende honderasse.


Hier is n Paar intresant feite oor Honde volgens news24:

N mens het ongeveer 5 miljoen reuk-resep-tore

wat maar min is in vergelyking met party

honderasse. N worshond het 125 miljoen en n

wolfhond het 220 miljoen.

Honde hoor ook beter as mense en katte. Hulle

kan klanke van 35 000 vibrasies per sekonde hoor

vergelyk met mense wat 20 000 en katte wat 25

000 vibrasies Kan hoor.

Volgens lovepet Kan Honde nie onder hul eie neuse sien

nie

Die feit is dat ons oë 24 rame per sekonde

waarneem, en honde van 70 tot 80 rame. Maar


honde kan nie goed van naby sien nie. Op 'n

afstand van minder as 50 sentimeter lyk voorwerpe

vir hulle baie vaag. En wat reg onder hul neus is,

kan honde glad nie sien nie.

Honde is die mees popilerste troeteldier op die planet

en Kan beslis goed weer vir jou gesondheid. Kort of lank,

stomp of gekrul, jou hond gebruik sy stert om met jou

te kommunikeer, te wys hoe hy voel, om oefening te kry

en ook vir balans. Volgens die ark dierekliniek vertal n

hond se stert Baie oor hoe hy voel.

Owen is my beste vriende. Hy is n bullterrier ook bekend

as n varkhond. Hy is 3 jaar oud in mens jare maar in


Honde jare is hy al 30 jaar oud. Daar is verskillende

kleure van bullterriers maar Owen is n rooi en wit

bullterrier. Die rede hoekom ek se Owen is my beste

vriend is omdat hy altyd bly is om my te sien, en dit

maak nie vir hom saak of jy ryk of arm, helder of lomp,

slim of dom is nie.

Owen is beslis my beste vriend want hy laat my altyd

beter voel in slegte tye, en dit is as of hy weet iets is

fout. N hond kort nie Baie in die lewe nie soolank jy

omgee vir hom Sal hy altyd daar wees vir jou. Hulle sê

dat diere nie siele het nie ... wel, ek glo dit nie. As 'n siel

beteken dat ons liefde, getrouheid en dankbaarheid kan

voel, dan is diere beter as baie mense.


Die hond is die enigste wese in die wêreld wat meer van

jou hou as van homself. Hulle is ook beter as mense

omdat hulle weet, maar hulle praat nie. Dit is hoekom ek

weet dat n mens se betse vriend beslis n hond is.

You might also like