You are on page 1of 36

EKSAMENVRAE

Bladsy 95

Eenheid 5:
Elektromagnetiese straling
Meervoudige keusevrae
Vier moontlike antwoorde word vir die volgende vrae verstrek. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en merk die
toepaslike LETTER met ’n kruisie (X).

1. Watter stelling oor EM-strale is NIE WAAR nie?


A. Dit het deeltjiegeaardheid. B. Dit het eienskappe van golwe.
C. Dit kan interferensie ondergaan. D. Dit kan nie superponering
ondergaan nie.

2. Watter EM-strale het die grootste deurdringbaarheid?


A. Gamma B. Infrarooi
C. Ultraviolet D. Radio
3. Watter EM-strale het die grootste golflengte?
A. X-strale B. Infrarooi
C. Ultraviolet D. Mikrogolwe

4. Watter EM-strale het die grootste frekwensie?


A. Sigbare B. Infrarooi
C. Gamma D. Radio

5. Watter een van die volgende golwe is ’n longitudinale golf?


A. Ultraklank B. Infrarooi strale
C. Sigbare lig D. Gammastrale
6. Watter een van die volgende kombinasies is korrek?
Grootste frekwensie Grootste deurdringbaarheid
A. Radiogolwe Gammastrale
B. Infrarooi strale Ultraviolet strale
C. Mikrogolwe X-strale
D. Gammastrale Gammastrale
7. Elektromagnetiese golwe ontstaan as:
A. ladings versnel. B. liggolwe deur ’n filter gaan.
C. radiogolwe refraksie ondergaan. D. TV klank produseer.

8. Watter sonstrale veroorsaak sonbrand?


A. Infrarooi B. Gamma
C. Sigbare lig D. Ultraviolet

9. Watter EM-golf het die meeste energie?


A. Radiogolf B. Infrarooi
C. Ultraviolet D. Gamma
10. Watter een van die volgende is ’n gebruik van ultraviolet strale?
A. Sterilisasie van voedsel en toebehore B. CT-skandering
C. Kankerbehandeling D. Kommunikasiesatelliete

11. Watter een van die volgende is ’n gebruik van gammastrale?


A. Beligting B. Kankerbehandeling
C. Afstandbeheer van TV D. Radarstelsels

12. 1 mikrometer is:


A. 1 × 10-3 m. B. 1 × 10-6 m.
C. 1 × 10-9 m. D. 1 × 10-12 m.
13. Watter van die volgende is korrek vir ultraviolet strale?
Soort golf Medium nodig?
A. Longitudinaal Nee
B. Longitudinaal Ja
C. Transversaal Nee
D. Transversaal Ja
14. Watter van die volgende EM-strale het die kleinste golflengte?
A. X-strale B. Infrarooi
C. Ultraviolet D. Mikrogolwe

15. 1 pikometer is:


A. 1 × 10-3 m. B. 1 × 10-6 m.
C. 1 × 10-9 m. D. 1 × 10-12 m.

16. Die volgende is gerangskik in orde van verhogende golflengte.


A. Mikrogolwe, sienbare lig, x-strale
B. X-strale, sienbare lig, mikrogolwe
C. Mikrogolwe, x-strale, sienbare lig
D. Sienbare lig, x-strale, mikrogolwe (Gr. 10: Junie 2017, Gauteng)
17. ’n Golf met ’n groot hoeveelheid energie, sal altyd ’n ... hê.
A. groot amplitude B. klein amplitude
C. hoë frekwensie D. lang golflengte

18. Elektromagnetiese golwe is verskillend van ander tipe golwe, omdat dit NIE …
het NIE.
A. hoë amplitude B. ’n spesifieke frekwensie
C. energie-oordrag D. ’n medium nodig

19. Twee verskillende fotone wat deur ’n vakuum beweeg se hoeveelheid energie
verskil van mekaar. Dit is omdat hul … van mekaar verskil.
A. amplitudes B. snelhede
C. intensiteite D. frekwensies
20. Watter een van die volgende is ’n gebruik van gammastraling?
A. Om beelde van beenstruktuur te verkry.
B. Om televisie-uitsendings te versend.
C. Om mediese apparaat te steriliseer.
D. Om kanker te bestraal.

21. Die tipe golf wat deur dokters gebruik word om fetusse voor geboorte te
monitor is:
A. x-strale. B. infrarooi strale.
C. gammastrale. D. ultraklank.
22. Die tipe golf wat deur dokters gebruik word om kanker te bestraal is:
A. x-strale. B. infrarooi strale.
C. gammastrale. D. ultraklank.

23. Die tipe golf wat deur dokters gebruik word om beseerde spierweefsel te
verhit is:
A. x-strale. B. infrarooi strale.
C. gammastrale. D. ultraklank.
Kontekstuele vrae
1. ’n FM-radiostasie saai op ’n frekwensie van 104 MHz uit. As die spoed van
radiogolwe 3 × 108 m⋅s-1 is, bereken die golflengte van die golf.
c = fλ
3 × 108 = (104 × 106) × λ
λ = 2,89 m

2.1 Bereken die energie van ’n foton UV-lig met ’n frekwensie van 1 × 1016 Hz.
E = hf
= (6,63 × 10-34)(1 × 1016)
= 6,63 × 10-18 J
2.2 Bereken die energie van ’n foton lig met ’n golflengte van 440 nm.

2.3 Lig het beide deeltjie- en golfeienskappe. Verduidelik hierdie stelling.


EM-golwe besit golfeienskappe soos diffraksie, interferensie en weerkaatsing
en tree dus as ’n golf op.
Dit is egter ook ’n deeltjie, want dit besit fotone wat elektrone uit
metaaloppervlaktes vrystel.
2.4 Verduidelik waarom UV-lig sonbrand veroorsaak, terwyl sigbare lig dit nie
veroorsaak nie.
UV-lig het ’n hoër frekwensie en besit dus meer energie per foton.
Dit het dus ’n groter deurdringingsvermoë as sigbare lig.
3 Voltooi die volgende tabel:
Beskrywing van gebruik Soort EM-straling
3.1 Word gebruik vir radio- en televisie-uitsendings. Radiogolf
3.2 Word deur soldate vir opsporing in die nag gebruik. Infrarooi lig
3.3 Kankerbestraling Gammastrale
3.4 Fluoresseerpenne Ultraviolet lig
3.5 Fotosintese Sigbare lig
4. Rangskik die volgende in volgorde van toenemende golflengte:
x-strale, radiogolwe, infrarooi strale en blou lig
X-strale, blou lig, infrarooi strale, radiogolwe

5. Wat is die afstand wat deur ’n radiosein in 25 nanosekondes afgelê word?


afstand = spoed × tyd
afstand = 3 × 108 × 25 × 10-9
afstand = 7,5 m
6 Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae:
6.1 Watter EM-golf het die langste golflengte?
Radiogolwe

6.2 Noem twee eienskappe wat elektromagnetiese straling het.


• Eienskappe van golwe (weerkaatsing, breking, interferensie)
• Deeltjiegeaardheid

6.3 Noem ’n nadeel van x-strale.


Te hoë blootstelling kan kanker veroorsaak en vel beskadig.

6.4 Noem ’n gebruik van gammastrale.


Kankerbestraling
6.5 Noem ’n nadeel van radiogolwe.
Klankbesoedeling a.g.v. radio’s en TV-stelle wat te hard is.

6.6 Plaas radiogolwe, gammastrale, mikrogolwe en x-strale in volgorde van


toenemende deurdringbaarheid.
Radiogolwe, mikrogolwe, x-strale en gammastrale

6.7 Infrarooi strale het golflengtes in die reeks van 1 × 10-6 tot 1 × 10-9 m.
Wat is die ander eenhede vir 1 × 10-9 m?
1 nm
7 Elektromagnetiese golwe is ’n sekere tipe golf wat bestaan a.g.v. elektriese en
magnetiese velde wat loodreg ten opsigte van mekaar gerig is. X-strale met ’n
frekwensie van 7,34 × 1017 Hz en mikrogolwe met ’n golflengte van 7,5 × 10-4 m
is albei deel van hierdie spektrum.
7.1 Definieer die frekwensie van ’n golf.
Die aantal golwe wat per sekonde by ’n punt verbybeweeg.

7.2 Bereken die frekwensie van die mikrogolwe.


7.3 Bereken die energie van een foton van x-strale.
E = hf
= 6,63 × 10-34 × 7,34 × 1017
= 4,87 × 10-16 J

7.4 Verduidelik waarom x-strale ’n hoër deurdringingsvermoë as mikrogolwe het


deur te verwys na die frekwensies en energie van die golwe te verwys.
Die energie van die golf bepaal hoe groot die deurdringingsvermoë van die
golwe is.
Die energie is direk eweredig aan die frekwensie.
Aangesien die x-strale ’n groter frekwensie het, is die energie en dus die
indringingsvermoë van die x-strale meer.
8. Bepaal die golflengte van ultraviolet golwe met ’n frekwensie van
1,55 × 1016 Hz.

9. Bepaal die golflengte van infrarooi golwe met ’n frekwensie van 3,16 × 1014 Hz.
10. Bepaal die frekwensie van radiogolwe met ’n golflengte van 450 m.

11. Bepaal die frekwensie van gammastrale met ’n golflengte van 1,2 pm.
12 Die atletiekafrigter beveel aan dat die atlete ’n goeie kwaliteit sonskerm moet
aanwend tydens die atletiekbyeenkoms al as dit bewolk.
12.1 Waarteen wil die afrigter die atlete beskerm? Verduidelik jou antwoord.
Teen sonbrand. Selfs al is dit bewolk sal die UV-straling deur die wolke dring en
die atlete se velle brand.

12.2 Hoe sal die sonskerm die atlete beskerm?


Die sonskerm bevat chemikalieë waardeur die UV-straling nie kan dring nie.
12.3 Bereken die energie van ’n foton met ’n golflengte van 210 nm.
13 Elektromagnetiese straling is golwe met ’n tweeledige golfaard bekend as die
golf- en deeltjiemodel. ’n Deeltjie staan as ’n foton bekend. Elektromagnetiese
straling kan die volgende insluit: x-strale, sigbare lig, infrarooi, gammastrale,
ultraviolet lig, radiogolwe.
Gr. 10: Junie 2017, Gauteng)
13.1 Definieer die term “foton”.
’n Foton is ’n kwantum van energie.

13.2 Verduidelik hoe elektromagnetiese straling voortgeplant word.


Versnellende elektriese lading wat in ’n reguit lyn deur ’n magnetiese veld
beweeg. Die versnelling van hierdie elektriese lading versteur die elektriese en
magnetiese velde rondom dit, wat veroorsaak dat hierdie velde ossilleer en
elektromagnetiese straling produseer.
13.3 Vanuit die lys hierbo, dui aan watter een:
13.3.1 in hospitale gebruik word om mediese instrumente te steriliseer;
Ultraviolet lig

13.3.2 in ’n televisie se afstandbeheer gebruik word;


Infrarooi

13.3.3 ’n hoë penetreringsvermoë het;


Gammastrale

13.3.4 die langste golflengte het.


Radiogolwe
14 Ultraklank word deur ginekoloë gebruik om ongebore babas te ondersoek
sodat enige probleme vroegtydig ondersoek kan word.
(Gr. 10: Junie 2017, Gauteng)
14.1 Verduidelik kortliks waarom ’n ginekoloog eerder ultraklank moet gebruik bo
x-strale, om ’n ongebore baba in sy ma se baarmoeder te ondersoek.
X-strale het hoë penetreringsvermoë en is skadelik vir die baba.
Ultraklank is minder skadelik.
14.2 ’n X-straalfoton met ’n golflengte van 3,1 × 10-9 m, val op ’n menslike
liggaam. Bereken hoeveel energie die foton op die liggaam oordra.
15 Daar is gevind dat ’n gedeelte van die reeks van x-strale en gammastrale
oorvleuel. Om hierdie rede word bestraling dikwels benoem volgens die
oorsprong van die strale. X-strale word uitgestraal deur elektrone wat
relatiewe groot energieverandering buite die nukleus van ’n atoom ondervind.
15.1 Verduidelik hoe elektromagnetiese strale voortplant.
EM word voortgeplant wanneer ’n elektriese veld in een vlak ’n magnetiese
veld produseer wat ossilleer in ’n ander vlak loodreg teenoor mekaar.

15.2 Bereken die energie van ’n foton wat ’n frekwensie van 5 × 1021 Hz het.
E = hf
= (6,63 × 10-34)(4 × 1021)
= 3,315 × 10-12 J
15.3 Verskaf EEN van die eienskappe van x-strale wat dit moontlik maak om x-
straalfoto’s van die interne organe van die liggaam te kan neem.
X-strale het ’n hoë deurdringingsvermoë.

15.4 Bereken die energie van ’n bestralingsfoton wat ’n golflengte van 3 cm het.
16 Die elektromagnetiese spektrum strek van radiogolwe tot gammastrale.
16.1 Hoe word EM-golwe opgewek?
Deur ’n lading wat versnel.

16.2 Noem die tipe EM-straling met die kortste golflengte.


Gammastraling

16.3 Bereken die energie van ’n foton met ’n frekwensie van 150 MHz.
E = hf
= 6,63 × 10-34 × 150 × 106
= 9,45 × 10-16 J
17 ’n Foton met golflengte 8,5 × 10-11 m beweeg in ’n vakuum. Bereken die:
17.1 frekwensie van die foton;

17.2 energie van die foton.


18 Die golflengte van x-strale in ’n x-straalmasjien is 0,013 nm.
18.1 Bereken die energie van die fotone.

18.2 Noem een belangrike gebruik van x-strale.


Om die skelet van mense te fotografeer.
19 ’n Foton met golflengte 4,7 × 10-12 m beweeg in ’n vakuum. Bereken die:
19.1 frekwensie van die foton;

19.2 energie van die foton.


20 Die golflengte van gammastrale is 1,5 × 10-4 nm.
20.1 Bereken die energie van die fotone.

20.2 Noem een belangrike gebruik van gammastrale.


Om die kankerselle te bestraal.

You might also like