You are on page 1of 23

Beveiliging, beaarding,

koppeling en beskerming

Thys Maree
ZS6MJM
2019
Weerlig
Weerlig (2)
 Die hoëveld van Suid-Afrika en Lesotho het gemiddeld
baie weerligslae per vierkante kilometer.
 Hierdie gebied kry 7 of meer direkte slae per vk km per
jaar.
 ‘n Direkte of indirekte weerligslag binne 1,5km radius
vanaf jou huis kan tot soveel as 120 miljoen volt en tot
200 000 ampere genereer wat dodelke impulse met
kraglyne en telefoonkabels kan afstuur.
 Die temperatuur in die kern van die weerligstraal kan tot
20 000ºC wees – of dan 5 keer warmer as die kern van
die son.
 • Statistiek wys dat tot soveel as 80% van die probleme
met elektroniese apparaat te wyte is aan direkte – of
indirekte weerligslae en spanningstuwings.
Weerlig (3)
 Omtrent die helfte van weerligslae produseer 2 na 4 flitse ‘n
paar millisekondes uit mekaar uit.
 Slegs omtrent 15% van die weerligslae kom af na die aarde toe.
Die res is tussen die wolke self.
 Gewoonlik begin die weerlig wanneer ‘n punt (of punte) in die
atmosfeer begin ioniseer a.g.v die lading. Hierdie ge-ioniseerde
kanaal (kanale) beweeg omtrent teen 160km/u tot so 50m
bokant die grond. Dan beweeg ‘n positiewe gelaaide lading
opwaarts om die negatiewe gelaaide lading te ontmoet.
Strukture op die grond kan die plek waar hierdie opwaartse slag
plaasvind beïnvloed. Veral as dit hoër as 50m is.
 Na die eerste flits volg die ander, elk effens swakker as die
eerste.
 Weerlig is nie gelykstroom nie. Frekwensies tussen 100kHz en
10Mhz met die meeste energie by omtrent 1MHz.
Weerlig (4)
Weerlig (5)
Mees waarskynlike plekke waar weerlig sal slaan

Mike Hoskins, W0MJH


Aardpen - stroomverspreiding

Mike Hoskins, W0MJH


Aardpen - spanningsverspreiding

Mike Hoskins, W0MJH


Hoe nou gemaak!?
 Met ‘n gemiddelde slag word ‘n
spanning van 180 000V op die aardpen
gegenereer! – Dan is dit mos
ontmoontlik om weerligstuwings te keer!
 Ja, ons kan dit nie keer nie maar daar is
hoop. Wat sien ons in die natuur!
Hoe kan hierdie valkie op ‘n hoogspanningdraad sit en
niks oorkom nie?

-Die antwoord lê daarin om alles om jou en jou toerusting op dieselfde


potensiaal te hou.

-En hoe doen ons dit?


1. Deur alles elektries te koppel en te bind aan mekaar
2. Gebruik ‘n enkelpuntgrond (EPG)
Wat is koppeling of binding (bonding)?

• ‘n Robuuste, lae impedansie verbinding


tussen grondpunte en toerustingkabinette.
–Lae impedansie => kort en vet
Vet => lae weerstand
Kort => lae induktansie
Die ideale enkelpuntgrond (EPG)
Koppeling:
In die praktyk!! –
Vêr van die
Ideale opstelling
-Gewoonlik is die amateur
be-aarding beter as die
Kragstelsel s’n!
-Stuwings van die kraglyn
sal dus deur die kragdrade en
deur die radio’s na
die EPG by die hok gaan.
-Baie gevaarlik!
Koppeling (2)
Voorstel om
die situasie te
beredder
-EPG gekoppel aan kragpunt
buite om die gebou.
-Hokkrag het stuwingsproteksie
-Stuwingsproteksie gegrond aan
die EPG
-Impedansie moet so laag as
moontlik wees. ‘n Grondvlak/plaat
werk goed.
-Stuwing word nie ingenooi in die
huis in nie!
-Let op, die toring moet gekoppel
wees indien naby die struktuur.
-Indien dit vêr is (>50m) word dit
nie gekoppel nie. Die induktansie
van die kabel sal die stuwingstroom
verminder W8JI.com (extensive and accurate discussions of ham station grounding)
Koppeling (3)
Vermy die volgende situasie

Die regte manier

Jose I. Calderon, DU1ANV


Koppeling (4)
Vermy ook die volgende:

Die aarddraad se lengte is omtrent 10m – presies ‘n kwartgolf op 7MHz (40m).


‘n Kwartgolflengte wat gekortsluit is lyk soos ‘n opebaan – dus geen aarde nie!
Jose I. Calderon, DU1ANV
Weerligafleiers moet aan die weerlig ‘n pad voorsien
om die stuwings na die aarde te lei.

1. Veiligheid:
In die Oos-Kaap word daar jaarliks ‘n paar mense
gedood tewyl hulle in hul huise of strooise is. Hoekom?
Daar is geen geleidende materiaal in die dak en mure
van die struktuur nie.
Om dieselfde rede moet teeldakhuise verkieslik ook
van geleiers op die nok van die dak na aarde voorsien
word.

2. Beskerming:
Die pad wat voorsien word moet die stuwingstroom
buite-om toerusting lei. (Moenie die weerlig in jou huis
innooi nie!)
Weerligafleiers – waar?
Die rollende sfeer metode

-Sfeer van 20m tot 60m


-Waar die sfeer aan die
struktuur raak kan weerlig
dit tref - dus die plekke
waar ‘n weerligafleier
geïnstalleer moet word
-Vir ‘n huis kan ‘n sfeer
van 45m gebruik word.
-Let op dat die sfeer lê
bo-op die weerligafleiers.
Mas beaarding
 Bind koakskabel (elektries) bo en onder
aan die mas.
 Dit hou die koaks by dieselfde potensiaal as die
mas
 Verhoed vonking tussen koaks en mas
○ Vonking beskadig die koaks
 Lei koaks en ander kabels aan die
binnekant van die mas op
 Gebruik 3 of meer aardpenne soos
bespreek.
 Koppel aardpenne aan elke been van die
mas
Geïsoleerde maste benodig
stewige ontladingspunte
Stuwingonderdrukkers –
hoekom?
 Behoorlike beaarding, weerligafleiers en
koppelings of verbindings verseker dat al
die aardgeleiers saam met die
enkelpuntgrond (EPG) sweef.
 Maar wat van die koaks se lewendige punt,
of die lewendig en neutraal van die krag?
 Stuwingsonderdrukkers moet verseker dat
hierdie “nie-aardes” se spanning binne
sekere limiete van die EPG se potensiaal
af bly.
Stuwingonderdrukkers : Twee
basiese tipes
 Rangeer (shunt) onderdrukker (gaspille, MOVs, Si
lawine (avalanche) diodes)
 Serie-onderdrukkers (duurder, laer wisselstroom
vermoë)
 ‘n Radiohok sal verskillende tipes onderdrukkers
nodig hê vir:
 Krag
 Antenna koaks
 Antenna rotor beheer of afstandbeheer vir instemmer
 Telefoon/Data
 Onthou: Alle verbindinge in die radiohok benodig ‘n
goeie aarde en met ‘n enkelpuntgrond (EPG)
 Een foutiewe verbinding kan die beginsel van “sweef
met die EPG” tot niet maak – onthou die valkie!
Om op te som
 1. Die sleutel tot effektiewe
weerlikbeskerming is die enkelpuntgrond
(EPG). Volg die beginsel slaafs na!
 Die spannings geïnduseer deur direkte of indirekte weerlig of stuwings kan
nie beheer word binne redelike spanningsvlakke nie – selfs nie met ‘n baie
goeie beaardingstelsel nie!
 Die hele huis of struktuur moet sweef op die EPG se potensiaal.
 Goeie koppeling en verbindings tussen alle aardvlakke noodsaaklik

 2. Skep minstens een goeie aardkonneksie met ten


minste drie aardpenne, elk 2 lengtes van mekaar af.
 Koppel kragaarde aan die EPG – buite om die huis

 3. Gebruik die rollende sfeer beginsel en kyk waar


weerlig moontlik die struktuur kan tref. Installeer
weerligafleiers met beaarding, indien nodig.

 4. Stuwingsonderdrukkers hou die nie-aardes


(lewendige geleiers) binne aanvaarbate limiete van
die EPG spanning af

You might also like