You are on page 1of 24

Touwerk – knope, slae en

vaswoele
GARSVALLEI

VERKENNER-SPESIALISASIE

2007
Agtergrond
1) Geskiedenis van toue: Afrika & Sjina 500 000 jaar gelede veseltou gebruik by jaggereedskap,
Egiptenare 3000VC in skeepsbou (ook hare en vel gebruik)
2) Tipes koord
a) Natuurlike-sisal, manila (wilde piesang), hemp, vlas, katoen
b) Sintetiese-nylon (sterktste), polipropeleen (dryf op water), poliëteleen, poliëster, ander (kevlar)
3) Onderdele van natuurlike toue: (sien skets)
a) Vesels (fibre) gedraai om b) Garing (thread) te vorm weer gedraai om c) Stringe (strands) te
vorm en weer gedraai om d) Tou (rope) te vorm
4) Benaminge by tou: (sien sketse)
a) werkende deel b) staande deel c) lus (bight) d) oog (eye)

Werkende deel (wat


Staande deel beweeg)
Lus Oog

5) Toue word gedraai of gebrei/gevleg


6) Nadele van natuurlike tou: swakker, verrot, krimp as nat word,
son (UV) benadeel, ook chemikalieë, sny maklik.
7) Voordele van natuurlike tou: Lig, maklik hanteerbaar
8) Versorging van toue
a) Besetting (whipping)
b) Berging en oprol
c) Sterkte van toue word verminder deur knope
TIPE KNOPE, SLAE EN VASWOELE
1) Kruisslag (Overhand Knot), Halfslag (Half Hitch) en Gliphalfslag
2) Agtslag (Figure Eight Knot)
3) Stopperknope en Besetting (Stopper Knot & Whipping)
4) Voorslagknoop (Hasieknoop) (Sheet Bend)
5) Booglynknoop (Bowline Tie)
6) Skuifknoop (Reef Knot or Square Knot)
7) Kniehalterslag (Clove Hitch or Constrictor Knot)
8) Prusikse Knoop (Prusik Knot)
9) Skenkelknoop (Sheepshank Knot)
10) Kruisvaswoel (Square Lashing)
11) Driepootvaswoel (Tripod Lashing)
12) Rygvaswoel (Ladder Lashing)
13) Ankerslag (Anchor Bend)
14) Timmersteek en Timmerhalfsteek (Timber Hitch &Timber Half Hitch)
15) Middelmansknoop (Middleman’s Knot)
16) Vlinderknoop (Butterfly Knot)
17) Harnas by lewensredding
18) Boeieknoop (Handcuff Knot or Tom Fool Knot)
19) Brandweerknoop (Rowerknoop) (Highwayman’s Knot)
20) Vissermansknoop (Fisherman’s Knot)
21) Trensknoop (Trilene Knot)
22) Bobbejaanvuis (Monkey Fist Knot)
23) Splitsing (Splicing) begin met Kroonknoop (Crown Knot)
24) Kettingsteek (Chain Sinnet)
Bronne: Knope en Vaswoele - Die Voortrekkers, Knots -a complete guide L Philpott, Pioneering Resources -Scoutweb SA,

http://www.animatedknots.com, Knots Splices and Ropework - AH Verrill, What is rope? -http://www.rope-maker.com


KRUISSLAG EN HALFSLAG (Overhand Knot & Half Hitch)
Kruisslag se gebruik: Is basis vir ander knope of dien as stopperknoop in tou. Begin
skoenveters se vasmaak met hierdie knoop. As dit herhaal word, is dit ‘n sterk
knoop maar sal sukkel om los te kry. Gebruik dan eerder skuifknoop.

Halfslag se gebruik: Deel van ander


knope of om tou om paal vas te
maak (nie baie stewig op eie nie).

Gliphalfslag: Hoe? Neem los ent


(werkende deel) weer terug deur gat om
glip te vorm sodat halfslag vinnig
losgetrek kan word. Glip word ook by
ontplooiing van vlag gebruik. Glip kan by
baie ander knope gebruik word.
AGTSLAG (Figure Eight Knot)
Gebruik: Om lyn (nie nylon) aan ander voorwerp soos ring (vishoek) vas te
maak of om te dien as stopperknoop. (Sien Trensknoop om vislyn aan hoek vas
te knoop)

Oog
Nota: As Agtslag by tweede oog
twee keer om staande deel gedraai
word (ipv een keer) en Agtslag
voltooi word, word hierdie knoop ‘n
Matroosknoop genoem wat ook ‘n
stopperknoop is.
STOPPERKNOOP (Stopper Knot)
Gebruik: Dien as stopper in lyn of as versiering. Help tou se punt om nie uit te rafel
nie en help om nie deur gat of ander knoop getrek te word nie.
Hoe? Draai tou soveel slae as nodig om wys en middelvinger ook oor tou se staande deel.
Trek vingers uit tou en druk werkende deel van tou in ‘tonnel’ en trek stadig styf aan twee
ente. Ander manier: Of maak ‘n kruisslag met ‘n aantal wendings ipv slegs een. Trek stadig
styf aan beide ente en vorm die knoop.

BESETTING (Whipping)
Gebruik: Om tou se punt af te werk.
Hoe? Soos in skets. Maak lus na staande deel se
ent toe. Draai oor tou van werkende ent af styf en
netjies terug na lus toe. Steek lyn se ent in by lus
en trek aan ander kant so halfpad onderin. Knip
punte van lyn af. Katoentou se besetting kan met Timp
koue lym verder versterk word. Toue wat in water
gebruik word moet met vernis, teer of verf versterk
word.
VOORSLAGKNOOP (Hasieknoop) (Sheet Bend)
Gebruik: Om twee toue van verskillende diktes vinnig aan mekaar vas te maak.
Vories: Om vlagtoue se twee eindes aan mekaar te knoop.
Hoe? Hasie kom uit gat uit, gaan om boom se stam en gaan onder deur eie stert maar nie weer
terug in gat nie. Dubbele voorslagknoop is wanneer tou twee keer om ‘boom’ se stam gedraai
word. Nota: Kort ente eindig aan dieselfde kant van knoop.

1 2

3 4
BOOGLYNKNOOP (Bowline Knot)
Gebruik: Om persoon of gewig op te hys of te laat sak (berkgklim). Maak ‘n lus wat
nie sal ooptrek nie.
Hoe? Net soos Hasieknoop, maar met ‘n lus en hasie gaan terug in gat. Vir dubbele
booglynknoop word tou dubbeld gevou en dieselfde knoop gedoen met die dubbele tou.
SKUIFKNOOP (Reef Knot or Square Knot)
Gebruik: Om pakkie vas te maak, of enige-iets vas te bind en dit weer maklik los te
maak. Gebruik dieselfde dikte toue. Kort ente moet aan dieselfde kant eindig.
Vories: By einde van kruisvaswoel, driepootvaswoel en rygvaswoel. Nota: Kort
ente eindig aan dieselfde kant van knoop.
KNIEHALTERSLAG (Clove Hitch)
Gebruik: Om tou aan paal vas te maak.
Vories: Gebruik om vlagtou aan vlagpaal vas te maak en om al die vaswoele te begin.

As paal se ent oop is kan die volgende metode gevolg word (tou se ente moet
aan binnekant wees):
PRUSIKSE KNOOP (Prusik Knot)
Gebruik: Om met jou klimtou teen ‘n paal of teen ‘n tou op of af te klim of te seil.
As jy knoop druk, dan word dit los en kan dan skuif, as jy trek, trek knoop vaster.

1 2

3 4
SKENKELKNOOP (Sheep Shank Knot)
Gebruik: Om tou te verkort as twee punte vas is of om tou op te rol.
KRUISVASWOEL
(Square Lashing)
Gebruik: Om pale aanmekaar
vas te maak in bou van
meubels, vlotte, hangers,
kaste.
Hoe? Begin met kniehalterslag op
paal wat gewig gaan dra, doen
vorentoe om, agtertoe om slae drie
keer, maak drie wurgslae van agter
na voor en eindig met ‘n skuifknoop
aan ander punt. Laat tou se slae op
regoppaal boontoe en ondertoe
gelê word en op dwarspaal van
buite na binne gemaak word.
DRIEPOOTVASWOEL
(Tripod Lashing)
Gebruik: Om driepootstoel
of staander te bou vir
kosmaak oor vuur in die
veld.

Hoe? Hou drie pote


bymekaar en begin met
kniehalterslag sodat dit
vastrek op een (1) van
die pote (nie in gleuf
tussenin nie). Strek pote
uitmekaar sovêr as wat jy
dit wil hê. Doen figuur 8
beweging buite-om poot 1
en om poot 2 vier slae
opwaarts teen poot en
dan dieselfde om poot 1
en poot 3 afwaarts teen
poot en eindig met ‘n
skuifknoop.
RYGVASWOEL (Ladder Lashing)

Gebruik: Vir bou van


bruggie, tafel of deksel.

Hoe? Begin met kniehalterslag


en doen een omslag agterom
balk en voorom spar vir al die
sparre en werk dan weer terug
met slae voorom spar waar dit
tou kruis en agterom balk
telkens tot weer by die
beginpunt. Sluit af met ‘n
skuifknoop.
ANKERSLAG (Anchor’s Bend)

Gebruik: Om boot se
ankertou vas te maak.
Hoe? Twee slae om ankerpaal
en terug onderdeur om staande
deel van tou, deur
1
laasgenoemde slae se oog teen 2
paal en eindig met ‘n halfslag
om staande deel.

Werkende
3 4 5 deel

Staande
deel
TIMMERSTEEK (Timber Hitch)
Gebruik: In bosbouplantasies om boomstompe te trek. Om swaar voorwerpe te
sleep. Hoe? Wen werkende deel van tou op, plaas om stomp, druk staande deel deur oog en
trek. (Kan verder ‘n halfslag maak met staande deel om stomp)
Met Halfslag by word
dit ‘n Timmerhalfsteek:

MIDDELMANSKNOOP (Middleman’s Knot)


Gebruik: Om toubrug se sparre vas te maak terwyl toue se punte vas is. Kan ook
nog bergklimmer ‘n plek gee tussen twee bestaande klimmers wat reeds
vasgemaak is. Hoe? Maak twee oë met onderste horisontale tou aan voorkant. Laat twee oë
nou kruis om oorvleueling te vorm en trek nou onderste horisontale tou agterom deur die
oorvleueling se oog.
VLINDERKNOOP (Butterfly Knot)
Gebruik: Soos vir Middelmansknoop (Toubrug se sparre vas te maak terwyl toue se
punte vas is.) Hoe? Maak kruisslag, vou deel van oog A regsom om nog ‘n oog B te vorm.
Vat laasste oog B bo-oor en druk deur bene van kruisslag by E.
BOEIEKNOOP (Handcuff or Tom Fool Knot)
Gebruik: Kan vinnig knoop maak om twee
hande vas te trek. Nie baie betroubaar nie
en sal lostrek as twee punte laat skiet.
Hoe? Maak twee oë, skuif regteroog deels bo-oor
linkeroog. Trek regteroog se linkerdeel na agtertoe
deur linkeroog en trek regterdeel van linkeroog van
agter na voor deur die regteroog.

BRANDWEERSLAG OF ROWERKNOOP
Gebruik: Om paal of voorwerp
vas te maak te kan sleep en
weer vinnig los te trek met die
ander ent. Tou vorm dus glippe.
Hoe? By middel van tou, maak lus
(1) en plaas lus agter paal. Vat een
ent maak lus (2) en trek voor oor
paal deur lus (1). Vat ander ent
maak lus (3) en trek voor oor paal
deur lus (2).
HARNAS
Gebruik: Vir reddingswerk om persoon te hys of te laat sak.
1 2 3
Kry Vat beide Voorom
middel ente tussen deur die
van tou bene agtertoe lus en
en sit lus en agterom terug.
voor in bene.
broek.

4 5 6
Trek
Trek agtertoe Draai
beide oorkruis beide
ente. agterom ente voor
die heupe. om lyf.

7 8 9
Doen paar Sluit af met Heg
slae om skuifknoop. reddings
die heupe. tou soos
getoon.
VISSERMANSKNOOP (Fisherman’s Knot)
Gebruik: Om vislyn te las deur die twee punte aanmekaar te knoop.
Hoe? Maak kruisslae elk oor mekaar aan ente en trek styf. Knoop sal nie maklik losgemaak
word nie. Kan kruisslae herhaal vir dubbele vissermansknoop.

TRENSKNOOP (Trilene Knot)


Gebruik: Om nylon vislyn aan hoek vas te maak. Knoop sal nie loskom nie. Ook
om twee vislyne aan mekaar te las. Hoe? Herhaal net met elke lyn aan die ander lyn.
Knoop word dan styf getrek aan beide ente.

Variasie: Vir lyn


aan hoek of lyn aan
lyn vas te maak.
Dis ook ‘n soort
vissermansknoop
BOBBEJAANVUISKNOOP (Monkey’s Fist Knot)
Gebruik: Gewig aan einde van tou vir werplyn (gooitou) of vir versiering of stopper.
Hoe? Gebruik hand, draai 4 slae om en dan weer dwars 4 slae buite-om die eerste groep en
laastens 4 slae buite-om tweede groep. Trek stelselmatig styf van binne af aan beide ente.
TERUGSPLITSING en OOGSPLITSING (Splicing)
Gebruik: Om tou se punt af te werk.
Hoe? Maak drie stringe los van mekaar. Begin met ‘n Kroonknoop (Crown Knot) soos volg:
Kroonknoop

Doen nou
terugsplitsing:
OOGSPLITSING
OPROL VAN TOU (Coil)
KETTINGSTEEK vir lang tou (Chain Sinnet)

ARM-OPROL lang tou


(Butterfly Coil)
Tou oor handpalm en elmboog met handpalm
telkens gedraai in teenoorgestelde rigting vir
elke slag.

Oprol van
kort tou:

You might also like