You are on page 1of 8

Voorbode Ek het jou sien staan Glorieus naak Iewers teen terrasse Met jou hande vol wolkpapawers

Ek het jou sie leun Teen die sonsondergang Met jou hare in vloed soos rook Vol ligstilette En jou voete vol soene Waar jy belle geblaas het Van alle kleure tot oker Borrelblaseressie. Ek het jou sien l Omhels deur die branders Sonder dagbreek Sonder behoefte aan genade Doodverveeld. Vincent van der Westhizen, week voor Ingrid se dood.

Heimwee na Kaapstad Sy beskerm my in die menigte van haar skoot Sy s my keel word nie afgesny bie Sy s ek word nie onder huisarres geplaas nie Sy s ek sterf nie aan die galptering van die liefde nie Sy weet nie ek is honger nie Sy weet nie ek is bang nie Sy weet nie dat die hanekraai en die huisarres paar nie Sy is my moeder Met koppies tee verwilder sy Tafelberg En haar hande is koel soos lepels Ingrid Jonker, 12/13 Julie 1964

Herwonne land

Ek het jou herwin van die see en waar die stormwaters was die aarde aan jou teruggegee

Saad van my begeerte son van my woord wat bome plant in jou vore teen die kus van die dood

Ek het n hemel bo jou gerond fondamente laat sak en n stad laat bloei uit jou grond

Ek het jou teruggegee aan die lug maar met die eerste sirenes van jou weggevlug Ingrid Jonker

korreltjie sand Korreltjie korreltjie sand klippie gerol in my hand klippie gesteek in my sak word korreltjie klein en plat Sonnetjie groot in die blou ek maak net n ogie van jou blink in my korreltjie klippie dit is genoeg vir die rukkie Kindjie wat skreeu uit die skoot niks in die wreld is groot stilletjies lag nou en praat stilte in Doodloopstraat Wreldjie rond en aardblou korreltjie maak ek van jou huise met deur en twee skreufies tuintjie met blou madeliefies Pyltjie geveer in verskiet liefde verklein in die niet Timmerman bou aan n kis Ek maak my gereed vir die Niks Korreltjie klein is my woord korreltjie niks is my dood Ingrid Jonker

Mamma

net n n sy trek aan sy gaan na die haarkapper sy loop in die strate haar voet haak vas sy spreek die psigiater nes n gewone mens sy fluister woorde mon cheri dit het gn klank nie dis die wit gefluister van n spook dit het gn kleur nie en dit hardloop dit giggel uit hysbakke dit loer deur brilglase dit wonder agterbaks dit is ongewapen dit is naak soos n african dit wil glo in die mens wat nog te s van n god Ingrid Jonker, 15 Julie 1964

Met hulle is ek Met hulle is ek wat seks misbruik omdat die indiwidu nie tel nie met hulle wat dronk word teen die afgrond van die brein teen die illusie dat die lewe eenmaal goed of mooi of betekenisvol was teen die tuinpartytjies van die valsheid teen die stilte van wat slaan teen die slape met hulle wat oud en arm met die dood met die atoombom van die dae met hulle verdwaas in inrigtings geskok met elektriese strome deur die katarakte van die sintuie met hulle van wie die hart hul ontneem is soos die lig uit die robot van veiligheid met hulle kleurling african ontroof met hulle wat moor omdat elke sterfte opnuut bevestig die leuen van die lewe en vergeet asseblief van geregtigheid dit bestaan nie van broederskap dis bedrog van liefde dit het geen reg nie Ingrid Jonker, Januarie 1965

Ontvlugting (Vir Ingrid Jonker) Fyn kantwerk van vygies langs die see. Die vygieranke van Somersetstrand kon jou dun enkels nie terughou nie daardie nag toe jy uitgestap het na jou dood soos n kind na n donker kamer, toe jy die water naweldiep ingewaad het soos n slaapwandelaar in n droom. Daardie nag: het jy toe geweet dat daar n einde kom aan die groot geel by die dag,het jy onthou dat jy eenmaal, een hoogsomertyd, vlasblond en gelukkig was? Daardie nag het jy na binne geskree en die meeue het gesterf van jou kreet. Daardie nag het jy jou jonglyf vir die laaste keer weggegee. En die windwit branderskuim het jou dye skoongewas van die bloed van die vermoorde kind, die bloed van die verontregtes, die nageboorte van jou volk. In die Bergrivier en die dam by Firwoods het jy twee keer byna verdrink, meisie-vrou; die derde keer is skeepsreg. Voordat jy finaal ondergegaan het, slaapswaar en vir ewig jonk, het die water en die wind saamgesweer en jou skraal skouers twee meeuwit vlerke vir die vlug uit hierdie Valkenburg gegee. Johann de Lange, 1984

Sleep Song No, the world cannot be made into a toy A round ball to cast at the world we make; Nor, Ingrid, could any voice sing you to sleep With a song as gentle and comforting as you Sang to a child whose wrists grew still. You were too burdened with your Dark Man, and too Fragile the doll. Did we not let it break? Oh the dry mouth, the frightened hands, we wee For them now. But the singing voice Makes you inviolable. Ruth Miller, In Memoriam Ingrid Jonker

You might also like