You are on page 1of 1

5

Vrydag 12 Desember 2014 Landbou

ADVERTENSIE-ARTIKEL || SA OLIVE

Beste olyfolies in die land


kry Absa se Top 5-toekenning
D

ie crme de la crme van


Suid-Afrikaanse ekstra
suiwer olyfolie is in Oktober vanjaar by die Absa Top
5-olyfolietoekennings bekendgemaak.
Groote Vallei, Morgenster, Rio
Largo en Willow Creek is as die
toppresteerders aangewys, n onderskeiding waarvoor hulle n indrukwekkende lys olyfolieprodusente uitgestof het.

Die olyfolies wat die top-vyfposisies in hierdie gesogte


lys van Absa beklee, is:
V Rio Largo Premium Blend Ekstra suiwer olyfolie (Intens)
V Rio Largo Gold Ekstra suiwer
olyfolie (Medium)
V Groote Vallei Ekstra suiwer
olyfolie (Medium)
V Morgenster Ekstra suiwer olyfolie (Intens) en
V Willow Creek Estate Blend Ekstra suiwer olyfolie (Medium)

Die 2014 SA Olive Absa Top 5wenners is van links Nick Wilkinson (Rio Largo), Brenda Wilkinson (Rio Largo), Chris van Niekerk (Morgenster), Willie Lategan (Absa), Vitto
ria Jooste (SA Olive), Willie Zastron (Absa), John Acland (Groote Vallei), en Stephan Loubser (Willow Creek). Foto: ANDREW GORMAN

Die naaswenners is:


V Eden Olives Muiskraal Ekstra
suiwer olyfolie (Delikaat)
V Gabrilskloof Ekstra suiwer
olyfolie (Medium)
V Marbrin Olive Growers Intense
Ekstra suiwer olyfolie (Intens)
V Mulderbosch Ekstra suiwer
olyfolie (Intens) en
V Willow Creek Food Lovers Signature Ekstra suiwer olyfolie
(Medium)
Absa en SA Olive het die Top
5-toekennings in 2013 ingestel as
n verlenging van die jaarlikse SA
Olive-toekennings.
Die Absa Top 5-olyfolies word
deur n hoogaangeskrewe paneel
olyfoliekenners uit die SA Olivetoppresteerders gekies.
Die kompetisie verskaf dus n

Die onderskeie olyfolies wat in Oktober


vanjaar as die topvyf in SuidAfrika vir
die jaar aangewys is, is van links Rio
Largo Premium Blend, Rio Largo Gold,
Willow Creek Estate Blend, Morgenster
en Groote Vallei se ekstra suiwer olyf
olie.
platform vir die Suid-Afrikaanse
olyfoliebedryf om sy heel beste
produkte ten toon te stel.
Suid-Afrikaanse olies ontvang
gereeld wreldwyd erkenning vir
hul gehalte en kenmerkendheid,
en kompetisies soos die Absa Top
5 vervul n belangrike rol om
plaaslike verbruikers oor die be-

dryf en sy diverse produkreeks in


te lig.
Volgens Willie Zastron, Absa se
provinsiale hoof vir besigheidsbankdienste in die Wes-Kaap, het
die Absa Top 5 ten doel om die
kollig te plaas op die oortreffende
gehalte van hierdie olies, en sodoende verbruikers te help om
Suid-Afrikaanse olyfolie na waarde te ag.
Absa span vanjaar vir die
tweede keer kragte met SA Olive
saam om Suid-Afrika se unieke
olyfolie, gemaak deur die land se

voorste produsente, te bevorder.


Hierdie vennootskap weerspiel
nie net Absa se verbintenis tot
SA Olive nie, maar ook tot die
Suid-Afrikaanse landboubedryf
as geheel, s Zastron.
Vanjaar se proepaneel het bestaan uit Mauro Amelio, n geakkrediteerde paneelleier en internasionale olyfoliekenner van die
Nasionale Assosiasie vir Olyfolieproers (ONAOO) in Itali, sowel
as die gerespekteerde plaaslike
kenners Gerrie Duvenage, Reni
Hildenbrand, Louise Rabie, Ro-

bert Claasens, Leonard Arangies


en Benedetta Lami.
Na afloop van die aankondiging het Absa van sy voorste
klinte genooi om die Top 5-olyfolies, asook vanjaar se Top 10 Pinotage-wyne te proe.
) Besoek www.saolive.co.za vir
verdere inligting of kontak SA
Olive by 021 870 2900 of rig n
e-pos na info@saolive.co.za.
Volg SA Olive op Facebook en
Twitter @SAOliveIndustry, om op
hoogte te bly van die jongste
nuus en gebeure.

S lyk Suid-Afrika se vyf voorste olyfolies


Die Absa Top 5-finaliste spog met
van die beste olyfolies in die land,
maar wat maak n puik, bekroonde olyfolie?
Daar is verskeie faktore wat
smaak en eiesoortigheid aan n
top-olyfolie verleen, soos die klimaat, ekstrakproses, rypheid van
die vrug, metode van groei en die
soort olyf.
As jy volgende keer op soek is
na ietsie spesiaal om jou kos mee
op te kikker, wees op die uitkyk
vir een van die Absa Top 5-olyfolies.

Groote Valleiolyflandgoed
Die olyflandgoed is
gele in die rustige
omgewing van Tulbagh, omring deur
n skilderagtige
bergreeks.
V Groote Vallei Ekstra suiwer olyfolie
Styl: Medium
Die kombinasie
van wind, son,
grond en Wes-Kaapse

Groote Vallei
Ekstra suiwer
olyfolie
klimaat

verleen n besonderse smaak aan


die olyfolie. Olywe word met die
hand gepluk en binne 24 uur gepars.
n Delikate, peperige smaak
word deur die proses van koueekstrahering aan die olie gegee.
John en Fi Acland nooi almal
om op hul landgoed te kom kuier.
Besoek gerus www.grootevallei.
co.za vir meer inligting.

Rio Largo-olyflandgoed
Nick en Brenda
Wilkinson se bekroonde olyflandgoed is gele
in die Scherpenheuwelvallei tussen Worcester en
Robertson.
Die landgoed
beskik oor wingerde, olyf- en
-vrugteboorde,
kwekerye asook
n moderne Olimio- olyfverwerking- en botteleringsaanleg.
V Rio Largo Gold

Ekstra suiwer
olyfolie
Styl: Medium
Hierdie vrugtige olyfolie met
sy talmende, pikante geur het
ondertone van
amandel en
kruie, met n tikkie artisjok.
V Rio Largo Premium Blend Ekstra suiwer
Rio Largo
olyfolie
Premium Blend
Styl: Intens
Ekstra suiwer
n Vrugtige
olyfolie
olyfolie met n
heerlike, tasbare teenwoordigheid
en pepersmaak.
Vir meer inligting besoek Rio
Largo se webtuiste by www.riolargo.co.za.

Willow Creek-olyflandgoed

Rio Largo Gold


Ekstra suiwer
olyfolie

Di landgoed in die Nuyvallei tussen Worcester en Robertson, is


ideaal geskik vir die aanplant van
olyfbome.
In die skadu van die Rabieberge floreer Willow Creek se bome

in die kalkryke grond, waar n klimaat van uiterstes die profiel van
die olywe verbeter.
Die eindproduk: n Olyfolie wat
die heilsaamheid van die Nuyvallei weerspiel.
V Willow Creek
Estate Blend Ekstra suiwer olyfolie
Styl: Medium
Hierdie ekstrasuiwer-olyfolie
het n aroma van
grasryke kruierigheid. Op smaak
verdiep die kompleksiteit met die
geur van artisjok.
Te danke aan
die medium-intensiteit, is die olie
baie veelsydig.
Besoek hul
Willow Creek
webtuiste by
Estate Blend
www.willowcreek.
Ekstra suiwer
co.za.
olyfolie

Morgenster- olyf- en wynlandgoed


Giulio Bertrand se florerende

olyf- en wynlandgoed is in Somerset-Wes, die poort na die


Wes-Kaapse wynlande.
Die landgoed dateer terug na
1711 en is bekend vir sy bekroonde wyn en olyfolie.
V Morgenster
Ekstra suiwer
olyfolie
Styl: Intens
Die gehalte
van die olyfolie
is die produk
van deeglike uitsoek en vermenging van die beste Italiaanse kultivars, geanaliseer en getoets
vir optimale gehalte.
Die moontlike
afsaksel op die
Morgenster Ek
bodem van die
stra suiwer olyf
bottel is n tasba- olie
re bewys van die
produk se egtheid.
Besoek gerus Morgenster se
webtuiste by www.morgenster.
co.za.

You might also like