You are on page 1of 4

Rosekant Blokkie

G105
http://www.hekelidees.blogspot.com Moeilikheidsgraad: Medium Materiaal benodig: Dubbeldraad breidraad of Katoen en 4mm hekelpen Grootte: 14x14cm

Krowshay D'Zine
Kopiereg Monica Buys 2013

Instruksies
Materiaal gebruik:
Vinnis Colours Nikkim Dubbeldraad Katoen in 3 Kleure van keuse. 4.00 mm Hekelpen

Afkortings:
beg = begin; ks = kettingsteek; kb = kortbeen; lb = langbeen; herh = herhaal; gs = glipsteek; hoeksp = hoekspasie sp = spasie; oorbl = oorblywende; vlg = volgende; gr = groep; st = steek

Spesiale instruksies:
Volg instruksies en verwys na onderstaande fotos vir die hekel van die roos.

Voltooi ry 1 tot 4.

Naald dui plek aan waar Hekelpen word van agter hekelpen in 4y 5 deur na vorentoe en weer na gesteek word om die stam. agter om die stam gesteek, slaan draad om en trek deur na agter.

Ry 5 na voltooing lyk so aan die onderkant.

Ry 6 nadat al die spasies gewerk is.

Ry 7 bestaan uit 'n rondte 4ks spasies.

Hier kan die 4ks spasies van ry 7 duidelik aan die onderkant gesien word.

Voltooide Roos

Begin met Kleur A. 4ks, gs in 1e ks om ring te vorm, Ry 1: 1ks, 8kb in ring, gs in 1e kb Ry 2: 1ks, 2kb in dieselfde st, * 2kb in vlg kb * herh vanaf * tot * nog 7 keer, gs in 1e kb; [16kb altesaam] Ry 3: 3ks, * slaan 1kb oor, kb in vlg kb, 2ks *; herh vanaf * tot * nog 6 keer, gs in 3ks sp [8 ks spasies altesaam] Ry 4: Werk in dieselfde sp soos volg: [2ks, 3lb, 2ks, gs in dieselfde sp] dit voltooi die eerste blaar van roos; gs in vlg 2ks sp en herh vanaf begin totdat 8 blare voltooi is, Ry 5: * 3ks, gs om stam van kb wat in ry 3 gemaak is,* herh nog 7 keer, gs in 1e 3ks sp Ry 6: Werk nou in elk van die 3ks sp soos volg: * 2ks, 5lb, 2ks, gs terug in dieselfde sp, gs in vlg 3ks sp, * herhaal vanaf * tot * in elke 3ks sp, Ry 7: 4ks, gs om stam waar vorige gs gemaak is in ry 5, herh totdat einde van rondte en gs terug in 1e 4ks sp. Heg af. [daar moet 8 4ks spasies wees]

Ry 8: Heg Kleur B in enige van die 4ks spasies, 6ks, kb in dieselfde sp, * 5ks, kb in vlg ks sp, 5ks, kb in dieselfde sp * herh vanaf * tot * reg rondom en eindig met gs in 1e 6ks sp [16 ks spasies] Ry 9: 5ks, kb in vlg sp, * 4ks, kb in vlg sp, * herhaal vanaf * tot * tot einde van rondte en gs in 1e ks 5ks sp Ry 10: [Beginhoek-groep word nou in dieselfde sp gewerk soos volg: 3ks, 2lb,2ks,3lb]; * [2ks, kb in vlg sp], herh nog 2 keer, 2ks; in vlg sp werk vlg hoekgroep soos volg: [3lb,2ks,3lb]; * herh vanaf * tot * nog 2 keer, [2ks, kb in vlg sp], herh nog 2 keer, 2ks, gs in bo-punt van 3ks. Heg af Ry 11: Heg Kleur C in enige hoeksp en werk beginhoek-groep soos reeds verduidelik in ry 10; * 5ks, slaan 3lb,vlg sp en kb oor en werk in vlg sp 2lb, 1lb in vlg kb, 2lb in vlg sp, 5ks, ** slaan vlg kb, vlg sp en 3lb oor en werk vlg hoekgroep in vlg 2ks sp,* herh vanaf * tot * nog 2 keer, en herh dan vanaf * tot ** en gs in bo-punt van 3ks. Heg af.

Ry 12: Heg Kleur A in enige hoeksp en werk 'n beginhoek-groep, * 3ks, slaan vlg 3lb oor en werk nou 'n kb in die laaste lb van hoekgr van ry10 deur die kb bo-oor die 5ks van ry 11 te maak. 3ks, 1lb in elk van vlg 5 lb, 3ks, werk nou weer bo-oor 5ks van ry 11 en maak 'n kb in 1e lb van vlg hoekgroep van ry 10, 3ks, ** werk vlg hoekgr in hoeksp, * herh vanaf * tot * nog 2 keer, en dan vanaf * tot ** en gs in bo-punt van 1e 3ks. Heg af.

Hierdie patroon mag onder geen omstandighed gekopier word op enige manier, meganies of elektronies, of met enige ander stelsel vir inligtingbewaring, sonder die skriftelike toestemming van die ontwerper nie. Alle regte voorbehou.

Monica Buys 2013

Krowshay D'Zine
Kopiereg Monica Buys 2013

You might also like