You are on page 1of 2

Alfabet rap

Kom ons klank die alfabet


Elke ding van a tot z

A staan vir appel – een ‘n dag laat die Dr wag


B staan vir bal – doen jou bes en slaan ‘n ses
C staan vir CD – gospel, hiphop, rock en pop
D staan vir draak – hy is die een wat moeilikheid maak
E staan vir engel – sy fluister in jou oor “jy moet soet wees hoor”
F staan vir flamink – dis ‘n pink voël daai en hy lyk mos kwaai
G staan vir gogga – dit is ‘n ding wat kan vlieg of spring
H staan vir hond – hy blaf en hy byt en hy hou die skelms uit

Kom ons klank die alfabet


Elke ding van a tot z

I staan vir insek – hy kriewel in my nek en ek skrik my vrek


J staan vir jakkals – so skelm soos kan kom bly maar weg my tjom
K staan vir knop – maak vas jou knoop jou hemp hang oop
L staan vir leer – in jouself moet jy glo dan kom jy bo
M staan vir masker – niemand kan jou sien, jy bly anoniem
N staan vir ninja – hy kap jou flou met ‘n chop chop hou
O staan vir otjie – vet gevoer en reg vir die potjie
P staan petrol - vir my tenk is vol en my wiele kan rol

Kom ons klank die alfabet


Elke ding van a tot z

Q staan vir queen – die paleis is my woning en my man is ‘n koning


R staan vir roos – gee haar ‘n bos rooies omdat sy baie mooi is
S staan vir slang - vir daai ding isssss ek bang
T staan vir tier – hy slaap in die dag en hy jag in die nag
U soos in rug – ek val op my rug met my bene in die lug
V is vir voël – soos ‘n voël se _____________
W is vir wurm – hy sit op ‘n blaar en maak my naar
X staan vir x-straal – fotos van my binnekant, ribbes, bene en my
hand
Y staan vir ysbeer – sy pels is dik om die koue af te skrik
Z staan vir zoeloe – en ‘n zoeloe is makoeloe

Nou ken ek die alfabet


Elke ding van a tot z

Ja, nou’s julle darem slim hoor


Ken alles van a tot z

You might also like