You are on page 1of 7

✓ Skalaar: Fisiese hoeveelheid wat slegs grootte het.

✓ Vektor: Fisiese hoeveelheid wat grootte en rigting het.


Resultant: vektorsom van twee of meer vektore, bv. ʼn enkele
vektor wat dieselfde effek sal hê as twee of meer vektore saam.
Gravitasie-aantrekkingskrag: aantrekkingskrag van die aarde op
ʼn voorwerp na sy middelpunt.
Normaalkrag: Die krag of komponent van ʼn krag wat ʼn
oppervlakte op ʼn voorwerp (waarmee dit in kontak is) uitoefen
en wat loodreg op die oppervlakte is.
Resultante krag: vektorsom van twee of meer kragte wat op
voorwerp inwerk. Enkele krag wat dieselfde effek het as al die
kragte wat gelyktydig op voorwerp inwerk.

Ekwilibrant: Enkele krag wat die ander kragte in ewewig hou. Die
ekwilibrant het dieselfde grootte as die resulltante krag, maar
werk in die teenoorgestelde rigting.
Wrywingskrag: Die krag wat die beweging van ʼn voorwerp
teenwerk en wat ewewydig/ parallel met die oppervlakte
inwerk.
Statiese wrywing: Die krag wat die neiging van beweging van ʼn
stilstaande voorwerp relatief tot die oppervlak teëwerk.
Kinetiese wrywing: Die krag wat die beweging van ʼn
bewegende voorwerp relatief tot die oppervlak teëwerk.

Statiese ewewig: Voorwerp verkeer in rus.


Dinamiese ewewig: Voorwerp beweeg teen ʼn konstante
(uniforme) snelheid.
Newton se eerste wet van beweging (traagheidswet):
ʼn Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging
teen ʼn konstante snelheid volhard, tensy daar ʼn nie-nul netto
(of resulterende) krag daarop inwerk.

Traagheid:
Die weerstand van ʼn voorwerp om enige verandering in sy
toestand van rus of beweging te ondergaan. Die massa van ʼn
voorwerp is ʼn kwantitatiewe maatstaf van sy traagheid.

Een newton:
is die krag wat aan ʼn massa van 1 kg ʼn versnelling van 1 m·s-2
gee.
Newton se tweede wet van beweging:
Wanneer ʼn netto krag inwerk op ʼn voorwerp, sal die
voorwerp versnel in die rigitng van die nettokrag, met ʼn
versnelling wat direk eweredig is aan die nettokrag en
omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.

Newton se derde wet van beweging:


Wanneer een liggaam 'n krag op ʼn tweede liggaam uitoefen,
oefen die tweede liggaam ʼn krag gelyk in grootte en
teenoorgesteld in rigting op die eerste liggaam uit.
Newton se universele gravitasiewet:
Elke deeltjie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met ʼn
gravitasiekrag wat direk eweredig is aan die produk van die
deeltjies se massa en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van
die afstand tussen hul middelpunte.

Massa:
Die hoeveelheid materie waaruit ʼn liggaam bestaan en word
gemeet in kg.

You might also like