You are on page 1of 5

Studie eenheid 1

REGSPERSOONLIKHEID

1.2 WAAROM ‘N MAATSKAPPY INKORPOREER??

 Niemand is verplig om ‘n maatskappy te stig om handel te dryf of ‘n besigheid te


begin nie.
 Een persoon kan dus op sy of haar eie naam handel dryf.
 Dit is nie verpligtend om ‘n maatskappy of beslote korporasie te stig om ‘n
onderneming te begin nie.

 Voordat ‘n onderneming geinkorporeer word is daar aantal kwessies wat


oorweging verg. Dit sluit die volgende in:

 Die aantal persone wat by die onderneming betrokke gaan wees en die
omvang van hulle betrokkenheid.
 Die kapitaal benodig om die onderneming te begin.
 Die bronne van die kapitaal.
 Klant en klientevereistes
 Belastingkwessies
 Die strategiese doelwitte van die betrokkenis.

 Eers nadat al die kwessies oorweeg is, kan daar besluit word op ‘n eenmansaak, ‘n
vennootskap, ‘n maatskappy of ‘n saketrust
 (wanneer maatskappy wet 2008 in werking tree sal registrasie van beslote
korporasie nie meer moontlik wees nie. Sal ‘n bestaande korporasie kan koop en
dit as nuwe onderneming bedryf.

1.3 REGSPERSOONLIKHEID http://www.sacir.org/resources

 ‘n Maatskappy is ‘n regspersoon dws ‘n maatskappy is ‘n afsonderlike


regspersoon en dus nie bloot ‘n assosiasie van persone soos in ‘n vennootskap.
 ‘n Regspersoon word beskou as ‘n entiteit wat regte en pligte kan verkry wat
afsonderlik van sy lede is.
 ‘n Maatskappy het regte en pligte apart van sy lede.

 In airport cold storage (PTY) Ltd v Ebrahim and others 2008 het die hof dit
bekragtig dat een van die mees fundamentele gevolge van inkorporasie is dat ‘n
maatskappy ‘n regsentiteit afsonderlik van sy lede is.

 Die bates van ‘n maatskappy is die eksklusiewe eiendom vd maatskappy self en


nie van sy lede nie.
 ‘n Maatskappy kan eienaarskap van bates verkry en is hy aanspreeklik vir sy eie
laste.
 Artikel 8(3) van die Wet bepaal dat geen assosiasie van persone wat gestig is met
die oogmerk van die verkryging v wins (om wins te maak), as ‘n regspersoon
erken word nie, tensy dit as ‘n maatskappy kragtens die maatskappywet, 2008
geregistreer is of kragtens ‘n ander wet gestig is nie.

 Dadoo Ltd v krugersdorp Minicipal counsil het die hof bevind dat d eiendom in
die maatskappy vestig en nie beskou kan word dat dit in enige lid vd maatskappy
vestig nie.

 In Salomon v Salomon & co Ltd het die hof bevind dat as ‘n maatskappy een maal
regtens geinkorporeer is, dit soos enige ander onafhanklike persoon, met al die
regte en aanspreeklikhede, behandel moet word.

 Inkorporasie en beperkte aanspreeklikheid is verskillende begrippe.


 Maar inkorporasie behels ook beperkte aanspreeklikheid van lede.
 Die lede is dus nie aanspreeklik vir skuld in die maatskappy nie.

 In sekere gevalle kan ‘n maatskappy regspersoonlikheid maar onbeperkte


aanspreeklikheid he.

 Bv as ‘n persoon ‘n maatskappy met beperkte persoonlike aanspreeklikheid


kragtens d maatskappy wet stig, sou die akte v oprigting verklaar dat d direkteure
gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is vir die maatskappy se skuld en laste
wat tydens hul onderskeie ampstydperke aangegaan is.
 Die maatskappy sal voortgaan om regspersoonlikheid te he ondanks die feit dat d
direkteure persoonlik aanspreeklik vir d betaling v d maatskappy se skuld gehou
kan word.

(artikel 8(3))

(artikel 14(4))
(artikel 19 (1))

Salomon v Salomon & co Bpk


Dadoo Bpk v Krugersdorp Municipal council
Dhlomo v Natal Newspapers. (edms) Bpk

1.4 LIG VAN DIE KORPORATIEWE SLUIER

 Die beginsel van afsonderlike regspersoonlikheid in ons reg bly onaangetas.


 Misbruik van die beginsel word nie geduld nie.
 Die howe maak dit duidelik dat hulle nie sal toelaat dat enige regsentiteit
gebruik word om ‘n onreg te regverdig, om bedrog te beskerm of om misdaad te
verdedig of te verskuil nie.
 Gevolglik sal die howe die korporatiewe sluier lig en die direkteure en andere
persoonlik aanspreeklik hou vir handelinge wat in die naam vd maatskappy
verrig is.

 Om die integriteit vd beginsel v regspersoonlikheid te beskerm het d howe beslis


dat d korporatiewe sluier slegs in uitsonderlike gevalle gelig sal word nl wanneer
daar geen alternatiewe regsmiddel beskikbaar is nie en ‘n onreg voorkom kan
word as die sluier gelig word.
 In Cape pacific Ltd v Lubner Controlling Investments (Pty) ltd is gese dat as ‘n
maatskappy regtens opgerig is en wettiglik bedryf word, maar in ‘n bepaalde
geval misbruik word om bedrog te pleeg, daar geen rede is waarom sy
afsonderlike persoonlikheid nie buite rekening gelaat kan word met betrekking
tot die betrokke transaksie nie.

 In Airport cold storage (Pty) Ltd v Ebrahim and others het die hof beslis dat die
direkteure en lede v ‘n maatskappy in die gewone loop van sake omvattende
beskerming teen persoonlike aanspreeklikheid geniet.

 Sodanige beskerming is nie onbeperk nie, omdat die hof die bevoegdheid het, in
sekere buitengewone omstandighede, om die korporatiewe sluier te lig en
direkteure en ander persoonlik aanspreeklik te hou vir d skuld van die
maatskappy.

 Deurdringing van die korporatiewe sluier verwys na daardie buitengewone


omstandighede waar ‘n hof (a) die afsonderlike regsbestaan vd maatskappy
ignoreer en sy lede beskou asof hul d eienaars vd bates is en d sake vd
maatskappy in hul persoonlike hoedanigheid verrig het.
(b) waar ‘n hof sekere regte of verpligtinge vd lede aan die maatskappy toeskryf.

 Om deurdringing toe te laat moet die lede algehele of bykans algehele eienaarskap
of beheer van die maatskappy he. Hulle met die tipe beheer ook he oor finansies,
beleide en praktyke.

 Die hof sal ‘n maatskappy se sluier in die volgende omstandighede deurdring:

 Waar ‘n maatskappy gebruik word as ‘n manier om bedrieglike of


onwettige optrede te bedek of te verberg.
 Waar ‘n direkteur en of aandeelhouer die maatskappy se bates gebruik
asof dit sy of haar eie is.
 Waar ‘n wet die mag aan ‘n hof verleen om korporatiewe
regspersoonlikheid te ignorer.

 Artikel 163 (4)


Cape pacific Bpk v Lubner Controlling investments (edms) Bpk
Hulse – Reutter v Goddle

1.5 DIE REGSPERSOONLIKHEID VAN TAKKE EN AFDELINGS

 Takke of afdelings v ‘n maatskappy is deel vd maatskappy en is nie ‘n


afsonderlike regsentiteit nie.

1.6 ‘N OPSOMMING VAN SLEUTELAANGELEENTHEDE RAKENDE


REGSPERSOONLIKHEID.

 Die beginsel v afsonderlike regspersoonlikheid het verskillende gevolge,


insluitende die volgende:

 Inkorporasie beteken beperkte aanspreeklikheid v lede. Is nie vir skuld v


maatskappy aanspreeklik nie.
 Die bates vd maatskappy is die uitsluitlike eiendom v d maatskappy –
bates behoort nie aan aandeelhouers nie.
 Wanneer die maatskappy veronreg word, moet d maatskappy self herstel v
d onreg eis en nie die aandeelhouers nie.
 Bestuurs en uitvoerende bevoegdhede moet deur d direkteure uitgeoefen
word.
 Aandele in ‘n maatskappy verleen aan die houers daarvan sekere belange
in d maatskappy.

You might also like