You are on page 1of 28

IURI 271 – STRAFPROSESREG

SEMESTER 2 LE 9 tot 17

Leereenheid 9
Die teenwoordigheid van die beskuldigde by Strafverrigtinge
(in lesing aangewys as moontlike langvraag)

Grondwetlike Bepalings

A34 – Toegang tot Howe


Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in
ʼn billike openbare verhoor beslis word voor ʼn hof of, waar toepaslik, ʼn ander
onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

A35 – Gearresteerde, aangehoue, en beskuldigde persone


(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die
reg:

(c) Op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof


(e) Om by die verhoor teenwoordig te wees
(i) Om Getuienis aan te voer en te betwis

Die Algemene Reël

Dit is ʼn grondbeginsel in die strafprosesreg dat elke beskuldigde se verhoor in sy of


haar teenwoordigheid moet plaasvind. Dit sluit in dat die bevindings en vonnis
opleggings ook in die beskuldigde se teenwoordigheid moet plaasvind. Die Beginsel
genoem in A34 en A35 word ook vervat in A158(1) van die Strafproseswet 51 van 1977
en word tans deur ons howe gebruik.

Voorbeelde van die Beginsel

Seedat – saak
- Beskuldigde is skuldig bevind aan ʼn misdaad ingevolge die Insolvensie wet
- Voor vonnisoplegging het die landdros ʼn deskundige getuie geroep
- Die landdros het hierdie stap geneem na aanleiding van ʼn gesprek met die klaer in
die beskuldigde se afwesigheid
- By Appel is die prosedure as grof onregmatig beskou en die getuienis is
verontagsaam

Radebe – saak
- Die landdros het die beskuldigde se bestuurslisensie in afwesigheid gewysig
- Die landdros se optrede was onreëlmatig

1|Page
Rousseau – saak
- ʼn Geneesheer het in die hof getuig
- Die landdros het daarna sonder die beskuldigde se wete en teenwoordigheid ʼn
tweede opinie by ʼn ander geneesheer gekry
- Die landdros se optrede was onreëlmatig

Uitsonderings op die Reël

1) Verhoor in afwesigheid van beskuldigde weens sy wangedrag


As die beskuldigde hom op so wyse gedra het dat die verrigtinge in sy teenwoordigheid
ondoenlik is, kan ʼn hof gelas dat hy verwyder word en die verhoor in sy afwesigheid
laat voortgaan (A159(1) van die SPW). ʼn Beskuldigde moet eers gewaarsku word dat
die hof die bevoegdheid sal uitoefen en ook seker maak dat die waarskuwings genoteer
word. Die hof sal slegs as laaste uitweg van hierdie bevoegdheid gebruik maak.

2) Afwesigheid van die beskuldigde waar daar meer as een beskuldigde is


Indien daar twee of meer beskuldigdes in ʼn saak is, kan die hof die afwesigheid van ʼn
beskuldigde by die verhoor magtig indien:

a) Die beskuldigde nie fisies in staat is om die verhoor by te woon nie, of dat dit
onwenslik is dat hy die verhoor moet bywoon
b) Daar omstandighede in verband met die siekte of dood van ʼn lid van die
beskuldigde se familie ontstaan het wat sy afwesigheid van die verrigtinge1
noodsaak

Die hof sal so ʼn bevel maak slegs indien dit van oordeel is dat die verhoor nie sonder
onbehoorlike benadeling, belemmering of ongerief vir die vervolging of ʼn
medebeskuldigde of getuie uitgestel kan word nie – A159(2) van die SPW

Die hof kan ook, in plaas van om te gelas dat die verrigtinge in die afwesigheid van die
beskuldigde voorgesit word, op aansoek van die vervolging gelas dat die afwesige
beskuldigde se verhore van die van die aanwesige beskuldigde geskei word – A159(3)
van die SPW

3) Getuienis deur middel van Geslotekringtelevisie of soortgelyke elektroniese media


Gevalle waar so ʼn bevel toegestaan word:
- Eie inisiatief van die hof
- Aansoek van die klaer
- Aansoek van die getuie
- Aansoek van die beskuldigde

2|Page
So ʼn bevel is slegs moontlik indien die toerusting hiervoor geredelik beskikbaar is, en
die hof van oordeel is dat dit:
- Onredelike vertraging sal veroorsaak
- Koste sal bespaar
- Gerieflik sal wees
- In die belang van die veiligheid van die staat
- In die belang van geregtigheid is
- Dat dit voorkom of enige persoon benadeel sal word as hul by die werklike
verrigtinge getuig volgens A158(3) van die SPW

ʼn Hof mag sekere voorwaardes stel by die toestaan van so bevel. Die hof moet ook
redes verskaf indien so ʼn bevel geweier word vir ʼn kind onder die ouderdom van 14
volgens A158(3) van die SPW.

4) Betaling van ʼn boete sonder verskyning in die hof (Skulderkenning – A57)


ʼn Staatsaanklaer of klerk van die hof kan ʼn beskuldigde ingevolge A54 dagvaar om in
die hof te verskyn en op redelike gronde dink dat die landdroshof by skuldig bevinding
ʼn boete minder as R5000 sal oplê vir die betrokke misdryf – kan die beskuldigde slegs
die boete betaal as skulderkenning en hoef dan nie in die hof te verskyn nie – A57(1)

ʼn Vredesbeampte kan, ingevolge A56(1), ʼn skriftelike kennisgewing om in die hof te


verskyn aan ʼn beskuldigde persoon oorhandig. ʼn Persoon wat so ʼn dagvaarding
ontvang, kan sonder om in die hof te verskyn ʼn skulderkennings boete betaal. Die
dagvaarding kan stel dat die boete voor ʼn spesifieke datum betaal moet word – A57(1).
Die staatsaanklaer het die bevoegdheid om die bedrag van die boete te verminder –
A57(4).

Afkoping van die Geringe Misdade – A341


Skulderkenning moet streng onderskei word van afkoping van misdade. By
skulderkenning word die beskuldigde gedagvaar of word ʼn skriftelike kennisgewing aan
hom oorhandig. By aantekening van die skulderkenning word die persoon geag skuldig
bevind en gevonnis te wees. Afkoping van die misdaad beteken dat die oortreder aan
een of ander instansie(byvoorbeeld ʼn munisipaliteit) ʼn sekere bedrag betaal sodat hy
nie vervolg word nie. Hierdie prosedure word algemeen gebruik by verkeersoortredings.
A341 van die SPW beperk die prosedure van afkoping tot sekere geringe
verkeersoortredings, en oortredings van verordeninge en regulasies van plaaslike
besture.

3|Page
Leereenheid 10
Die Aanklag

Grondwetlike Bepalings

A34 – Toegang tot Howe


Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in
ʼn billike openbare verhoor beslis word voor ʼn hof of, waar toepaslik, ʼn ander
onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

A35 – Gearresteerde, aangehoue, en beskuldigde persone


(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die
reg:

(c) Op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof


(e) Om by die verhoor teenwoordig te wees
(i) Om Getuienis aan te voer en te betwis

Indiening en betekening van aktes van beskuldiging en klagstate


Elkeen het die reg op die toegang tot enige inligting wat deur die staat gehou word en
enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of
beskerming van enige regte benodig word – A32 van die Grondwet

Toegang tot die inhoud van die Polisie dossier of relevante gedeeltes daarvan (Faktore
en Beginsels):
- In die algemeen is ʼn beskuldigde geregtig om toegang te kry tot ten minste die
dokument in die dossier wat dui op die onskuld van die beskuldigde
- Gewoonlik sluit die reg tot ʼn billike verhoor in dat die beskuldigde toegang tot die
verklaring van getuies kry (ongeag of die staat van voorneme is om die getuies te
roep of nie)
- Die staat is geregtig om ʼn beskuldigde se versoek tot toegang tot die dossier of tot
enige besondere dokument in die dossier te betwis op grond daarvan dan dit nie
nodig is vir die behoorlike uitoefening van die beskuldigde se reg op ʼn billike
verhoor nie
- Die howe het ʼn diskresie of toegang verleen op geweier sal word
- Volgens A39 van die Wet op Bevordering van Toegang tot inligting 2 van 2000 mag
so ʼn versoek van ʼn openbare liggaam geweier word as dit enigsins die beskuldigde
kan benadeel

 (Shabalala v Attorney-General, Transvaal, and another)


 (Gumede and others v Attorney-General, Transvaal 1995)

4|Page
Ingelig te word oor die bewerings – A35(3)(a) van die grondwet:
- Die beskuldigde is geregtig op die relevante gedeeltes van die dossier, selfs in
gevalle waar daar genoegsame besonderhede verskaf is om die klagstaat en die
bewerings teen die beskuldigde te verstaan
- Byvoorbeeld: Om sy verweer genoegsaam voor te berei & om sy reg om getuienis
aan te voer en te betwis behoorlik uit te oefen

Doel van die Aanklag


 Om die beskuldigde bewus te maak waarvoor hy of sy aangekla word
 Die aanklag word deur ʼn aanklaer voorberei
 Die aanklag opgestel deur die aanklaer is nie finaal nie en kan aangevul word deur:
- Afskrifte te kry van die polisie dossiere
- Om te vra vir nadere besonderhede
- Sekere inligting van die polisie dossier te verkry, wat gewoonlik in deel A vervat
is om ʼn billike verhoor te verseker
 Hooggeregshof: “Akte van Beskuldiging”
 Laer Hof: “Klagstaat”

Verbetering van foute in die aanklag


A88 van die SPW se bepalings maak outomaties ʼn fatale defek in die klagstaat reg
behoudens sekere voorwaardes, byvoorbeeld: dat die defek in die klagstaat nie deur
enigeen van die partye voor uitspraak onder die aandag van die hof gebring is nie.

A86 van die SPW: Voorsiening vir die wysiging van die klagstaat onder die volgende
omstandighede:
- Waar dit gebrekkig is vanweë ʼn gebrek aan ʼn noodsaaklike bewering daarin
- Waar daar ʼn verskil is tussen die bewering in die klagstaat en die aangevoerde
getuienis
- Waar daar woorde weggelaat is, of oortollige woorde ingevoeg is
- Enige ander foute gemaak is

Splitsing van Aanklagte of Verdubbeling van Skuldigbevindings


Dit gebeur heel dikwels dat een en dieselfde handeling van ʼn dader op meer as een
misdaad neerkom. Daar is egter ook die moontlikheid dat ʼn persoon meer as een
misdaad kan pleeg deur dieselfde handeling oor ʼn sekere tydperk, byvoorbeeld ʼn
persoon wat vir ʼn jaar lank valslik voorgee dat hy ʼn geneesheer is en verskeie pasiënte
oor die tydperk behandel. Die reël teen die splitsing van aanklagte was inderdaad altyd
gerig teen verdubbeling van die skuldigbevindings met die oog op die straf meting.
Indien dit egter aan die einde van die verhoor blyk dat volgens die bewese feite twee
klagtes in die klagstaat een en dieselfde strafbare feit behels, sal die hof die
beskuldigde net op een klag skuldig bevind.

A336 van die SPW skryf voor wanneer ʼn daad ʼn misdaad ingevolge twee of meer wette
regtelike bepalings uitmaak, wat die hof toelaat om die dader te vervolg en te vonnis.

5|Page
Die dader mag egter nie meer as een straf weens die daad opgelê word nie. A336 het
net betrekking op gevalle waar daar slegs een handeling was, en waar minstens een
van die misdade ʼn wette regtelike misdaad is.

1) Enkele Opset toets


Dit word gebruik om te bepaal of daar slegs een opset was vir die verskillende
handelinge

2) Selfde getuienis Toets


Dit is die geval waar die enkele getuienis al die aanklagte bewys

As Toetse Misluk
As die bogenoemde toetse misluk moet daar terug geval word op gesonde verstand en
billikheid

Voorbeeld
- X breek in by ʼn huis
- Hy word aangekla van Roof, Diefstal en die Rig van ʼn vuurwapen
- X het enkele opset gehad
- Hy sal waarskynlik aangekla word van die mees ernstige Misdaad en daarvolgens
skuldig bevind word

Samevoeging van Misdade


In praktyk word die dader aan die mees ernstige klag skuldig bevind, en word geag as
die hoofaanklag. Die algemene reël is dat enige aantal misdade in een klagstaat teen
dieselfde beskuldigde saamgevoeg kan word – A81(1). Daar is wel gevalle waar die hof
dit goed dink om eerder afsonderlike verhore te hou vir elke misdaad. Geen verdere
aanklagtes kan in ʼn klagstaat gevoeg word nadat ondervraging van ʼn beskuldigde
begin het nie

Regspraak

Maneli Saak (2009)


- Rowers bind boer en sy werkers vas en beroof hulle
- Gaan dan na die Plaas opstal, wat steeds op die boer se eiendom is en bind die
besoekers vas en beroof hulle ook
- Aangekla op 2 klagtes van Roof

Appèl Hof
- Dit moet eintlik slegs 1 Aanklag van Roof wees
- Dit het op ʼn enkele eienaar se grond gebeur

6|Page
Dlamini Saak (2012)
- 3 Vrouens op pad na tee toe
- 1 Wag by haar kar en ontmoet die ander 2
- Hulle word genader deur ʼn groep rowers wat ʼn gemeenskaplike oogmerk het om
die 3 vrouens te roof
- Aangekla vir 3 Aanklagte van roof met verswarende omstandighede

Appèl Hof
- Regsvraag: Wie is beroof
- Al 3 Vrouens is beroof
- Daarom is dit 3 Aanklagte van Roof

Moord saak in die Streekhof


- Moet 2 assessore aanstel
- Beskuldigde het ʼn keuse of so aanstelling gemaak moet word
- As die beskuldigde nie toestem dat so aanstelling gemaak moet word nie, het die
hof steeds ʼn diskresie om met die aanstelling voort te gaan
- Assessore mag slegs feite vrae antwoord en bystaan

Assessore in die Hooggeregshof


- Volgens A144 van die SPW kan ʼn regter 1 of 2 Assessore aanstel
- Assessore is gewoonlik regskenners
- Dit word gereguleer deur die Wet op Hooggeregshowe
- ʼn Regter mag die beskuldigde help besluit oor die toelaatbaarheid van die
verklarings

Leereenheid 11
Die Hof

Grondwetlike Bepalings

A34 – Toegang tot Howe


Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in
ʼn billike openbare verhoor beslis word voor ʼn hof of, waar toepaslik, ʼn ander
onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

A35 – Gearresteerde, aangehoue, en beskuldigde persone


(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die
reg:

(c) Op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof


(e) Om by die verhoor teenwoordig te wees
(i) Om Getuienis aan te voer en te betwis

7|Page
Sittingsplek van die Verhoorhowe
Die plek van die verhoor is in die geval van die Hooggeregshof van SA die permanente
setel van die betrokke afdeling van die Hooggeregshof, of die plek wat in die
proklamasie wat rondgaande howe vir die afdeling instel, genoem word. As ʼn persoon
voor ʼn hof verskyn wat nie jurisdiksie het om hom te verhoor nie, kan hy beswaar
maak teen die jurisdiksie van die hof. A149 maak voorsiening vir verskuiwing van ʼn
strafsaak van een afdeling van die hooggeregshof na ʼn ander, die verskuiwing moet
plaasvind voor die verhoordatum.

Samestelling en Werkswyse van Verhoorhowe

Laer Howe
Die voorsittende beampte in die hof is ʼn Landdros. Assessore kan aangestel word voor
verhoor begin om Landdros by te staan. Indien die beskuldigde sy reg om assessore
aan te stel van die hand wys, het die voorsittende beampte steeds ʼn diskresie om so
aanstelling te maak.

Die aanklaer of die beskuldigde maak aansoek doen dat hierdie assessore onttrek moet
word as:
- Die assessore ʼn persoonlike belang by die betrokke verrigtinge het
- Redelike vermoede bestaan dat daar botsende belange kan ontstaan
- Redelike vermoede is dat daar waarskynlik vooroordeel aan die kant van die
assessor kan wees
- Die assessor afwesig is
- Die assessor onbekwaam geraak het
- Die assessor te sterwe gekom het

Indien assessore sonder ʼn redelike verskoning nie by ʼn verhoor opdaag nie en die
landdros gaan sonder hulle met die verhoor voort, is dit ʼn onherstelbare
onreëlmatigheid wat die verrigtinge ongeldig maak – Mngeni saak (2001)

Aansoek om onttrekking van regterlike beampte


Sodanige aansoek moet aan die begin van die verhoor gedoen word, as dit nie anders
kan nie, kan die aansoek in die loop van die verhoor gemaak word (Silber Saak).

Die vereistes vir die toets ten aansien van die voorkoms van partydigheid is die
volgende:
- Daar moet ʼn vermoede wees dat die Regsprekende amptenaar moontlik
bevooroordeeld kan, en nie sal nie, wees.
- Die vermoede moet die van ʼn Redelike persoon in die posisie van die
Beskuldigde wees.
- Die Vermoede moet op ʼn redelike grond berus.

8|Page
- Die vermoede is een wat ʼn redelike persoon sal hê, nie slegs moontlik kan hê
nie.

Onpartydigheid
- Die hof moenie sy ondervraging so hanteer dat sy onpartydigheid bevraagteken
of betwyfel kan word nie.
- Die hoef moenie so aan die saak deelneem dat sy visie vertroebel word deur die
‘stof van die arena’ nie.
- Die hof moenie ʼn getuie of die beskuldigde intimideer of ontstel sodat sy
antwoorde verswak word of sy geloofwaardigheid aangetas word nie.
- Die hof moet die verhoor so beheer dat sy onpartydigheid, ontvanklikheid,
regverdigheid en redelikheid duidelik is vir almal wat ʼn belang in die verhoor het,
veral die beskuldigde.

Kyk in Studie Gids BL 58 na Basiese Hofetiket

Leereenheid 12
Voortbrenging en Pleit

A105A van die SPW


Formele pleit en vonnis ooreenkomste “Plea Bargaining”

Ooreenkoms tussen die Staat en Beskuldigde


- Skriftelike ooreenkoms
- Die aanklaer moet skriftelik gemagtig wees
- Dit word vereis dat die beskuldigde ʼn regverteenwoordiger nodig het
- In die ooreenkoms word die feite en die vonnis bespreek
- Dit bevat ook al die Verswarende en Versagtende Omstandighede

A112 van die SPW

A112 (1) (a)


- Skuldig Pleit
- Die boete gegee deur die Landdros moet minder as R5000 wees
- Geen gevangenis straf mag gegee word nie
- Geen vorm van aanhouding sonder die keuse van ʼn boete word toegelaat nie

A112 (1) (b)


- Skuldig Pleit
- Die boete moet meer as R5000 wees
- Gevangenisstraf en aanhouding word toegelaat
- Die Landdros is verplig om die Beskuldigde te ondervra
- Die Beskuldigde moet al die elemente van die betrokke misdaad erken
- Daar word nie vereis dat die Beskuldigde ʼn regsverteenwoordiger nodig het nie
9|Page
A112 (2)
- Daar word eerder ʼn Skriftelike verklaring gemaak
- Daar word vereis dat die Beskuldigde ʼn regsverteenwoordiger nodig het
- Die regter mag vrae aan die beskuldigde stel
- Skuldigbevinding vind plaas
- Die verklaring bevat al die elemente van die betrokke misdaad
- Die verklaring moet die feite van die saak bevat

10 | P a g e
11 | P a g e
A65(2) van die SPW
- Niemand mag onder die invloed van alkohol op ʼn openbare pad ʼn voertuig bestuur
of in die bestuur sitplek sit waarvan die enjin loop.
- Mag nie die 0.05g/100ml limiet oorskry in bloedmonster geneem van enige deel van
die lyf

A65(3) van die SPW


- As daar ingevolge A65(2) bewys kan word dat die voorgeskrewe limiet oorskry is
- Bloed moet binne 2ure vanaf die oortreding getrek word
- Inname van stof is vermoed om nie deur kontaminasie geaffekteer te wees nie, wat
die toets sal beïnvloed
A115 van die SPW
- Onskuldig Pleit
- Skriftelike verklaring
- Die hof kan die beskuldigde vra of hy ʼn verwering in die verklaring maak
- Hof kan vrae vra om duidelikheid te kry
- ʼn Prokureur kan namens jou ʼn verklaring maak (beskuldigde moet dit net bevestig)
- ʼn Beskuldigde word nie verplig om so ʼn verklaring te maak nie of om enige vrae te
beantwoord nie
- Die doel van die verklaring: Om ʼn Geskilpunt uit te lig

A204 van die SPW


- Bv: Huisbraak klag teen 2 broers
- Gebruik een as ʼn staatsgetuie (Word ʼn A204 Getuie genoem)
- Getuie word gewaarsku om eerlik te wees en alle vrae te beantwoord
- Dus kan ander broer vervolg word
- Dit sorg dat daar ten minste gedeeltelike geregtigheid geskied

Voorbrenging en algemene beginsels


“The calling upon the accused to appear, the informing him of the charge against him,
the demanding of him whether he be guilty or not, and the entering of his plea”

Waar ʼn aantal beskuldigdes van dieselfde misdaad aangekla word op verskillende


aanklagte, moet elke afsonderlike aanklag aan iedere beskuldigde voorgelees word. ʼn
Massaverhoor van ʼn aantal beskuldigdes op dieselfde tyd, waar die aanklagte geen
verband hou met mekaar nie is hoogs onreëlmatig. Die algemene beginsel van ons
strafprosesreg is dat die beskuldigde in die ope hof van die aanklag teen hom in kennis
gestel moet word en dan dadelik daarop pleit – A105. ʼn Beskuldigde se pleit moet
genoteer word anders kan ʼn skuldigbevinding nie bly staan nie. Voor pleit in die
kinderhofgergtigheidshof, moet die voorsittende amptenaar, die kind inlig oor die aard

12 | P a g e
van die bewerings teen hom, die kind inlig oor sy regte en aan die kind die verdere
prosedure verduidelik ingevolge die Child Justice Act 75 van 2008 – A63(3).

Wanneer ʼn Beskuldigde nie hoef te pleit nie

1 Weiering om te Pleit
As die beskuldigde nie wil pleit nie, ag die hof sy pleit as onskuldig. Om daarop aan te
dring dat ʼn beskuldigde moet pleit nadat hy te kenne gegee het dat hy eers ʼn
regsverteenwoordiger wil raadpleeg, is ʼn growwe afwyking van die gevestigde
prosesreëls en teenstrydig met die beskuldigde se fundamentele reg op regsbystand.

2 Dubbelsinnigheid van ʼn Pleit


Indien die beskuldigde wat moet pleit, dit nie regstreeks doen nie, maar ʼn verklaring
doen waarin hy sekere feite erken, of skuldig pleit met voorbehoude en weerleggings,
moet die hof ʼn pleit van onskuldig aanteken en dan die beskuldigde ingevolge A115
ondervra om vas te stel watter feite hy bereid is om te erken.

3 Belemmerende en rumoerige gedrag


As die beskuldigde weier om te pleit en onbehoorlik optree dat dit die hof se verigtinge
belemmer, kan die hof beveel dat hy verwyder word en dat die verhoor in sy
afwesigheid voortgesit word.

4 Beskuldigde geestelik abnormaal


Wanneer die beskuldigde aangesê word om te pleit en dit om een of ander rede blyk
onseker te wees of hy in staat is om die verrigtinge by die verhoor te begryp – moet ʼn
A77 en A79 prosedure gevolg word.

5 Besware teen Aanklag


ʼn Beskuldigde kan, voordat hy pleit, beswaar aanteken teen die aanklag op grond
daarvan:
- Dat die aanklag nie voldoen aan die vereistes nie
- Dat ʼn wesenlike aspek van die betrokke misdaad nie in die aanklag bevat is nie
- As die aanklag nie ʼn erkende misdaad openbaar nie
- As die aanklag nie voldoende besonderhede oor die aangeleentheid bevat nie
- Dat nie beskuldigde se naam verkeerd omskryf is in die aanklag

13 | P a g e
Verskillende Pleite wat ʼn beskuldigde kan opper

1 Die pleite genoem in die Wet (A106)


- Skuldig is aan die misdryf wat ten laste gele word
- Onskuldig
- Reeds weens die misdaad waarvan hy aangekla is, skuldig bevind is
- Reeds weens die misdaad waarvan hy aangekla is, Vrygespreek is
- Dat die hof nie regsbevoegdheid het om hom te verhoor nie
- Dat hy teen vervolging vry gewaar is volgens A204
- Dat die aanklaer nie bevoeg is om hom te vervolg nie

2 Skuldig
- Beskuldigde pleit skuldig
- Daar is dis geen geskil tussen die staat en die beskuldigde nie
- Vonnisoplegging kan voortgaan

3 Onskuldig
- Pleit Onskuldig volgens A115 van die SPW
- As die beskuldigde onskuldig pleit by die summiere verhoor, kan die regterlike
beampte hom vra of hy ʼn verklaring wil doen wat die grondslag vir sy verdediging
aandui
- Die hof moet die beskuldigde inlig dat hy nie verplig is om enige vrae te beantwoord
nie. Die hof mag steeds enige relevante vrae aan die beskuldigde stel
- Beskuldigdes is geregtig op regsbystand

4 Vorige Skuldigbevindings en vorige vryspraak


- A35 Elke beskuldigde het die reg op ʼn billike verhoor
- Die beskuldigde word verplig om die hof in te lig oor enige vorige oortredings

5 Begenadiging deur President


- Die beskuldigde kan pleit dat hy grasie ten opsigte van die misdaad van die
president ontvang het – A106(1)(e)
- Die president het die bevoegdheid tot die begenadiging van of verlenging van grasie
aan oortreders en die kwytskelding van boetes, strawwe of verbeurings – A82(2)(j)

6 Pleit ten opsigte van die jurisdiksie van die Hof


- Die pleit is gebaseer op die bewering dat die misdaad buite die territoriale jurisdiksie
van die hof gepleeg is

7 Vrywaring teen vervolging


- A204 handel oor die immuniteit wat aan medepligtiges verleen word mits hulle
bevredigende getuienis aan die staat lewer

14 | P a g e
8 Onbevoegde aanklaer
- Die pleit het betrekking op die aanklaer se locus standi om op te tree
- Waarskynlik by private vervolgings
- ʼn advokaat kan gevra word om sy Delegasie te toon
- die pleit kan ook geopper word as die misdaad verjaar het

9 Pleit ten opsigte van onredelike verjaring


- Ingevolge A342 moet ʼn hof, indien strafregtelike verrigtinge hangende is, ondersoek
instel na die rede waarom die afhandeling van die verrigtinge wat aan die hof bly
onredelik is
- Die hof moet eers al die faktore en omstandighede oorweeg
- Indien die hof bevind dat die vertraging onredelik is kan hy gelas dat dit in die geval
is waar die beskuldigde nog nie gepleit het nie – die saak van die rol geskrap word.

Beskuldigdes is na Pleit geregtig op Uitspraak


Na ʼn beskuldigde gepleit het is hy geregtig om te eis dat hy vrygespreek word of
skuldig bevind word, tensy die SPW of ander wetgewing anders bepaal

- Voorbeelde Bl 286 in Handboek

Leereenheid 13
Diverse Aangeleenthede betreffende die verhoor

Algemeen
Sodra die ondersoek na ʼn misdaad afgehandel is en stappe gedoen is om die
teenwoordigheid van die beskuldigde tydens die verhoor te verseker, sal die klagtes
teen die beskuldigde geformuleer word en sal die verhoor normaalweg aanvang neem.
Hierna word ʼn besluit geneem of die verhoor in die Hooggeregshof of streekhof moet
plaasvind.

ʼn Sumeriër verhoor is alle verhore wat nie deur ʼn voorlopige ondersoek voorafgegaan
is nie. Indien ʼn beskuldigde in hegtenis geneem word moet hy eers voor ʼn laer hof
gebring word, selfs al het die betrokke hof geen jurisdiksie op die saak te bereg nie.

ʼn kind wat verdink word dat hy m misdryf gepleeg het, moet eers by ʼn voorlopige
ondersoek verskyn – die doel hiervan is om te oorweeg of die aangeleentheid waarby
die kind betrokke is, van die formele strafregpleging proses afgewend kan word.

ʼn voorlopige ondersoek is ʼn informele verhoor proses wat inkwisitories van aard is en


kan in ʼn hof of enige ander geskikte plek gehou word – A43

15 | P a g e
Pleit in die Landdroshof op ʼn aanklag beregbaar in ʼn Streekhof
Indien die beskuldigde in ʼn Landdroshof verskyn op ʼn aanklag wat nie in die
landdroshof nie maar wel in die streekhof beregbaar is, of die staatsaanklaer stel die
hof in kennis dat die omvang of erns van die misdryf in die aanklag sodanig is dat ʼn
vonnis, wat die jurisdiksie van die landdroshof maar nie die van die streekhof nie,
oorskry, na sy mening aan die beskuldigde en word hy deur die landdros aangesê om
onverwyld daarop te pleit – A122A

Indien die beskuldigde onskuldig pleit, ondervra die landdros hom en as hy tevrede is
word hy volgens A115 verwys vir ʼn Sumeriër verhoor. Indien die beskuldigde skuldig
pleit word die beskuldigde ingevolge A112 ondervra en word dan verwys na die
betrokke streekhof, indien die landdros nie tevrede is nie sal ʼn pleit van onskuldig
gemaak word.

- Artikel 153(1) gee vir die hof bevoegdheid verleen om die publiek uit te sluit
wanneer dit in belang van die veiligheid van die staat of van die goeie orde of van
die openbare sedes of regspleging blyk te wees
- Artikel 153(3) bepaal dat die publiek uitgesluit kan word op versoek van die klaer
indien die beskuldigde daarvan aangekla word dat hy enige seksuele misdryf,
alhoewel uitsprake in die ope hof gelewer moet word
- Artikel 153 gee ook die bevoegdheid aan die hof om die openbaarmaking van
inligting van die verrigtinge uit te sluit

Verkryging van aanwesigheid van getuies


Getuies kan deur middel van ʼn getuiedagvaarding voor die hof gebring word. As ʼn
getuie versuim om voor die hof te verskyn kan ʼn bevel vir dagvaarding uitgereik word.
As die staat van oordeel is dat ʼn getuie in gevaar is of dat daar met sekere getuienis
gepeuter sal word, kan die hof so ʼn persoon in aanhouding plaas tot die verhoor
plaasvind (Dit word gereël deur die wet of Getuiebeskerming)

Hantering van Weerspannige getuies


Dit is iemand wat weier om ingesweer te word of weier of versuim om inligting te
verskaf. A189 bepaal dat ʼn hof ʼn Sumeriër ondersoek kan instel en, tensy sodanige
persoon voldoende verskoning vir sy weiering of versuim het, hom kan vonnis tot ʼn
maksimum van 2 jaar gevangenisstraf. Die primêre saak kan in tussen afgehandel
word.

ʼn Getuie hoe egter nie op ʼn vraag te antwoord wat homself mag inkrimineer nie –
A203. Verrigtinge ingevolge A189 is nie ʼn verhoor, maar steeds geregtelike verrigtinge
en reëls van geregtigheid moet nagekom word: Die getuie is geregtig op –
- ʼn Billike geleentheid om hom vir die verrigtinge voor te berei
- Regsverteenwoordiging

16 | P a g e
Indien ʼn getuie regsverteenwoordiging weier of nie bekom het nie, moet die sin sede
“voldoende verskoning” aan hom verduidelik word en die weerspannige getuie moet
uitgenooi word om die hof toe te spreek of om getuie te lewer.

Verhoor van Geestesongestelde persone


Indien dit vir die hof blyk dat die beskuldigde nie by sy volle verstand is nie, moet met
hom gehandel word op die wyse voorgeskryf deur die wetsbepalings wat betrekking het
tot geestesongesteldheid. Die vraag of ʼn beskuldigde verhoorbaar is kan voor of na die
verhoor oorweeg word, die bewyslas rus op die beskuldigde.

Verhoor van Dwelmverslaafde persone


Indien dit vir die hof die blyk dat die beskuldigde waarskynlik ʼn persoon is wat in
A21(1) van die wet op voorkoming en behandeling van Dwelmafhanklikheid 20 van
1992 beskryf word – kan die verhoor gestaak word en ʼn ondersoek ingestel word.
Indien die aanklag teen die beskuldigde teruggetrek word kan omskepping van die
verrigtinge nie plaas vind nie

Verdaging (uitstel)
Indien die nodig is kan die verhoor verdaag en uitgestel word na ʼn latere datum. Die
volgende 2 basiese beginsels moet in ag geneem word:
- Dat dit in die belang van die gemeenskap is, dat iemand wat skuldig is, behoorlik
skuldig bevind moet word en nie ontsnap nie.
- Dat ʼn beskuldigde geag word onskuldig en het die reg om sy kant van die saak te
stel

Indien ʼn beskuldigde nie opdaag vir die hervatting van die saak nie, pleeg hy ʼn
misdaad, tensy hy die hof oortuig dat die versuim nie sy skuld is nie.

Spoedige verhoor
Elke beskuldigde het die reg tot ʼn verhoor sonder onredelike vertraging.

In Bothma v Els erken die hof 3 vorme van benadeling:


- Verlies aan persoonlike vryheid
- Aantasting van persoonlike sekuriteit en verlies van goeie naam
- Verhoor verwante nadeel soos vervaging van getuies se geheues of getuies wat nie
meer beskikbaar is nie

In Bothma v Els is 4 spesifieke faktore uitgelig:


- Duur van vertraging
- Rede vir vertraging
- Nadeel wat die beskuldigde lei
- Aard van die misdaad

17 | P a g e
Samevoeging van persone betrokke by dieselfde Misdaad

A155(1) van die SPW:


- Enige aantal deelnemers aan dieselfde misdryf kan gesamentlik verhoor word
- Enige aantal begunstigers by dieselfde misdryf kan gesamentlik verhoor word
- Enige aantal deelnemers aan dieselfde misdryf en enige aantal begunstigers by
daardie misdryf kan gesamentlik verhoor word

A155(2) van die SPW:


- ʼn Ontvanger van goed wat deur middel van ʼn misdryf bekom is, by die toepassing
van A155 geag word ʼn deelnemer aan die betrokke misdryf te wees.

Samevoeging waar afsonderlike misdrywe op dieselfde tyd en pleg gepleeg


word

A156 van die SPW:


- Enige aantal persone wat aangekla word van verskillende misdrywe wat op dieselfde
plek en op dieselfde tyd of op ongeveer dieselfde tyd gepleeg is.
- Kan gesamentlik ten opsigte van daardie misdrywe aangekla word en verhoor word
indien die aanklaer dit goed dink.

Vereiste:
- Die misdrywe moes gepleeg gewees het op dieselfde plek en dieselfde tyd

Samevoeging van verhore


Ingevolge A157(1) kan ʼn beskuldigde by ʼn ander beskuldigde in dieselfde strafregtelike
verrigtinge gevoeg word te eniger tyd voordat enige getuienis ten opsigte van die
betrokke aanklag gelei is.

Skeiding van verhore


Ingevolge A157(2): waar twee of meer persone gesamentlik aangekla word, hetsy
weens dieselfde misdryf of weens verskillende misdrywe, kan die hof ter enige tyd
gedurende die verhoor, op aansoek van die aanklaer of van enige van die beskuldigdes,
gelas dat die verhoor van een of meer van die beskuldigdes afsonderlik van die verhoor
van die ander beskuldigdes moet geskied.

Die hof mag ter enige tyd gedurende die verhoor ʼn skeidings bevel gee

18 | P a g e
Leereenheid 14
Die Verhoor
Verloop van Strafverhoor
1. SA roep saak.
2. SA stel aanklag.
3. Beskuldig pleit onskuldig.
4. Pleitverduideliking.
5. SA kan hof toespreek.
6. SA roep staatsgetuies.
7. Hoofondervraging.
8. Kruisondervraging.
9. Herondervraging.
10. SA sluit staatsaak.
11. Beskuldig kan aansoek doen om ontslag (a 174); of
12. Beskuldig kan saak sluit sonder die aanbied van getuienis; of
13. Beskuldig kan hof toespreek.
14. Beskuldig getuig/roep getuies.
15. Hoofondervraging.
16. Kruisondervraging.
17. Herondervraging.
18. Beskuldig sluit saak.
19. Moontlikheid weerleggende getuienis deur staat
20. (Hof mag ook getuies roep/ ondervra).
21. SA spreek hof toe.
22. Beskuldig spreek hof toe voor uitspraak.
23. Uitspraak - (Skuldig/Onskuldig).

Skuldig pleit
 SA stel aanklag.
 Beskuldig pleit skuldig.
 Artikel 112(1)(a); 112(1)(b); of 112 (2)-prosedure.
 Indien hof tevrede dat skuldig is verloop proses vanaf 24 hieronder.
 Indien nie tevrede, pas art 113 toe en proses verloop vanaf 5 hierbo.

Indien skuldig bevind


24. SA bewys vorige veroordelings.
25. Verdediging kan getuienis ter versagting aanbied.
26. Staat kan getuienis ter verswaring aanbied.
27. Verdediging spreek hof toe oor vonnis.
28. Staat spreek hof toe oor vonnis.
29. Vonnisoplegging deur hof.

19 | P a g e
Algemeen
- ʼn Strafverhoor neem aanvang nadat ʼn beskuldigde gepleit het in die hof wat die
vereiste jurisdiksie het om getuienis aan te hoor ten einde te beslis daaroor. Daar
word na hierdie hof verwys as ʼn “Verhoor hof”
- ʼn Strafverhoor kan beskryf word as ʼn Staats geborgde, openbare, regterlike en
hoofsaaklik mondelinge verhoor aan die hand waarvan die beweerde strafregtelike
aanspreeklikheid van ʼn beskuldigde in die openbare beland vasgestel moet word
deur ʼn onpartydige beoordelaar op die grondslag van grondwetlike, statutêre en
gemeenregtelike reëls en beginsels van billikheid wat betroubare en aanvaarbare
resultate ter bestrawwing van die skuldiges en die vryspraak van onskuldiges lewer.
- Artikel 170A van die SPW: Iemand onder die ouderdom van 18 (Biologies &
Verstandelik) - Kan deur middel van ʼn tussenganger getuig

Die Sewe Fundamentele Beginsels wat ʼn strafverhoor beheer

Beginsel van ʼn Billike verhoor


A35 – Gearresteerde, aangehoue, en beskuldigde persone
(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die
reg:

(c) Op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof


(e) Om by die verhoor teenwoordig te wees
(i) Om Getuienis aan te voer en te betwis

Die Legaliteitsbeginsel
- Die saak moet in die regte hof beslis word – korrekte gebied van jurisdiksie
- Die regte prosedure van verrigtinge moet gevolg word
- Feitelike en juridiese skuld is ter sprake
- Juridiese skuld ontbreek waar die skuldigbevinding berus op die feite wat verkry is
strydig is met die beskuldigde se privilegie teen selfinkriminasie of sy reg om
vertroulik met sy regsverteenwoordiger te konsulteer.

Die beginsel van Regterlike onpartydigheid


- SA het ʼn Adversiewe verhoor stelsel, waar die voorsittende beampte ʼn passiewe
skeidsregter is
- Daar kan ʼn aansoek gerig word vir die onttrekking van ʼn regterlike beampte
- Ingevolge A167 kan ʼn hof enige getuie of aanwesige persoon ondervra
- Ingevolge A186 kan ʼn hof enige getuie tydens die verhoor dagvaar of laat dagvaar
- Ingevolge A63(4) van die Child Justice Act moet die hof seker maak dat die
verrigtinge geskied in die beste belang van die kind. Dws – die hof mag inligting by
enige persoon verkry wat aanwesig is by die verhoor en ook die kind behoorlik
kruisondervra om seker te maak dat die verrigtinge regverdig is.

20 | P a g e
Die beginsel van Gelyke bewapening
- Die SA Strafverhoor stelsel is gebaseer op die voorveronderstelling dat die soeke na
die waarheid versterk word indien die vervolging en die verdediging verantwoordelik
is vir die aanbieding van hulle onderskeie sake.
- Daar moet voorts ook gelyke geleenthede vir partye wees om die hof oor die
meriete toe te spreek asook oor die kwessie van ʼn gepaste vonnis

Die beginsel van regterlike beheer

LANGVRAAG

Die oraliteitsbeginsel
- Mondelike voorlegging
- Die beginsel moet na gekom word tydens strafverhoor
- Tolke moet gebruik word waar nodig om regverdigheid te bewerkstellig
- Eed Daar word vereis dat ʼn getuie onder eed getuig
- Hoofondervraging word gedoen deur die party wat die getuie roep
- Kruisondervraging word deur die party gedoen wat nie die getuie roep nie
- Herondervraging word gedoen deur die party wat aanvanklik die getuie geroep
het

Die finaliteitsbeginsel
- Dit vereis dat die nog die staat nog die beskuldigde toegelaat moet word om hulle
saak te heropen wanneer dit eenmaal gesluit is, tensy sodanige heropening nodig is
om weerleggende getuienis aan te voer.

Leereenheid 15
Uitspraak
Lewering van Uitspraak binne ʼn redelike tyd
- ʼn Hof sal normaalweg onmiddellik na afloop van die slot betoë uitspraak lewer in
gevalle waar die feite en regsvrae redelik eenvoudig is.
- ʼn Hof is geregtig om die saak uit te stel ten einde uitspraak voor te berei
- Daar is ʼn etiese plig op howe om so spoedig as moontlik uitspraak te lewer sonder
onbehoorlike vertraging
Hof moet redes verskaf
- A146 van die wet vereis dat ʼn regter en landdros redes moet gee vir enige
bevinding aangaande die reg en feite
- Behoorlike redes moet verskaf word
- Gebrekkig redes en die afwesigheid van enige spesifieke bevinding aangaande die
beskuldigde se getuienis word nie toegelaat nie.

21 | P a g e
- Die afwesigheid van redes maak dit moeilik vir die beskuldigde om te bepaal of sy
saak op Appèl of hersiening kan gaan.

Geoorloofde Uitspraak
- Geoorloofde uitsprake is slegs moontlik op grond van spesifieke statutêre bepalings
- A256-270 van die SPW identifiseer die situasies en misdade wat tot geoorloofde
uitsprake aanleiding gee.
- Een van die oogmerke van geoorloofde uitsprake is om dit onnodig te maak dat ʼn
reeks uitdruklike alternatiewe klagte gestel moet word.
- ʼn hof kan nie op ʼn geoorloofde uitspraak steun waar die getuienis die uitdruklik ten
laste gelegde misdaad bewys nie.

Leereenheid 16
Vonnisoplegging
Algemeen
- By vonnisoplegging moet die howe die oogmerke van straf, naamlik voorkoming,
afskrikking, hervorming (of rehabilitasie) en vergelding nastreef.
- Die howe straf voorkomend en afskrikkend om die betrokke oortreder (individuele
afskrikking), maar ook die breër gemeenskap (algemene afskrikking) te ontmoedig
om in die toekoms misdaad te pleeg.
- Vergelding is nie blote wraak nie, maar het ten doel om die afkeer en
verontwaardiging van die gemeenskap, die belanghebbendes en die hof uit te druk.
Voorts het dit ten doel om eierigting (m.a.w. die neem van die reg in eie hande)
deur die gemeenskap te voorkom.
- Die hof straf immers namens die gemeenskap.
- Hervorming behels dat die individuele oortreder verbeter moet word sodat hy weer
ʼn nuttige burger van die samelewing kan word.
- Daar is geen vasgestelde manier om vonnis oplegging te doen nie
- Daar is wel minimum vonnisse vir sekere misdade
- Howe het ʼn diskresie -> binne die perke van die reg
- Howe kyk na vorige uitsprake vir riglyn (Nie gebonde nie)
Oogmerk wat die Hof wil bereik
- Voorkoming
- Afskrikking
- Vergelding
- Hervorming

3 faktore in afgeneem deur die howe


- Aard en Erns #Toenemende faktor: Belang van die slagoffer
- Belange van die Gemeenskap

22 | P a g e
- Persoonlike omstandighede van die oortreder
Hof moet voor-vonnis ondersoek doen
- Hof moet getuienis bekom
- Asook uitvind waaroor partye in geskil is oor feite

Verswarende faktore Voorbeelde:


- Vorige oortredings
- Opgeskorte vonnis
- Ernstigheid en brutaliteit van misdaad
- Skade aan die slagoffer
- Beplande misdaad word erger beskou
- Seker amp beklee (Polisie, prokureur wat trust geld steel)
- Lewensverwagting en kwesbaarheid van slagoffer

Versagtende faktore:
- Persoonlike omstandighede van die oortreder
- Berou oor die misdaad

Vorme van straf

1) Gevangenisstraf
- Drastiese straf
- Geen hervormings waarde (vir al 3 tot 6 maande straf)
- Maks van 3 jaar vir Distrikshof en maks van 15 jaar vir Streekhof
- Min van 4 dae
- Langer as 2 jaar= na meer as helfte van die vonnis, parool kry (Artikel 276B – nie
meer as 2/3 van vonnis of 25 jaar)

2) Lewenslank
- Minstens 25 jaar dan eers parool
- Minstens 15 jaar as persoon ouer as 65 jaar is
- Word beskou as die ergste vonnis

3) Verklaring tot Gevaarlike misdadiger


- Sigopate = gaan na inrigting
- Maks straf van spesifieke hof = Na vonnis kom weer voor die hof vir heroorweging

4) Verklaring tot Gewoontemisdadiger


- “Blou baadjies”
- Pleeg misdaad uit gewoonte
- 18 jaar en ouer
- Van 7 tot 15 jaar tronkstraf (Gewoonlik gewaarsku)
- NB by vonnis: Proporsionele vonnis (Word deur ʼn streekhof gedoen)

23 | P a g e
5) Periodieke gevangenisstraf
- Naweek straf
- Voorbeeld hiervan is van Vrydag tot Maandag

6) Gevangenisstraf waaruit die beskuldigde op korrektiewe toesig geplaas word


- A276(1)(i) van SPW
- Hof kan slegs die vonnis op lê as minder as 5 jaar verdien
- Vir ʼn Maksimum van 5 jaar
- Minstens 1/6 van vonnis in tronk uitdien

7) Boetes
- Gaan na staatskas
- Die boete moet realisties wees
- Die boete mag in paaiemente betaal word

8) Korrektiewe toesig
- Gemeenskapsgebaseerde straf
- Maks 3 jaar vonnis
- ʼn korrektiewe verslag + proefbeampte verslag word vereis
- VB: Huisarres

9) Verwysing na Behandelingsentrum
- VB: Dronkbestuurder met drank probleem

10)Opgeskorte vonnis
- Maks tydperk van 5 jaar opskort
- R2000 en 6 maande opgeskorte vonnis
- Betaal boete-> Maar as in die toekoms weer skuldig is aan dieselfde oortreding, sal
die vonnis weer in aanmerking kom

11)Waarskuwing
- Hof het ʼn diskresie wanneer om beskuldigde eerder te waarsku

24 | P a g e
Feitestel Voorbeeld 1
- Paul PUK is ʼn rugby speler
- Swot LLB Regte
- Ry in lamp paal vas met Hilus terwyl dronk is
- Sy vriend langs hom word uit die bakkie geslinger en sterf
- Paul word aangekla vir strafbare manslag

Voorgestelde vonnis

Versagtend
- Ouderdom
- Nalatigheid
- Regsgraad – Studies

Verswarend
- Dronkbestuur
- Hoe algemeen die misdaad is
- Roekeloosheid

Gepaste Vonnis
- Korrektiewe toesig en ʼn opgeskorte vonnis of 5 jaar vonnis met helfte opgeskort

Feitestel Voorbeeld 2
- 48 beeste gesteel ter ware van R120 000 oor ʼn tydperk van 3 maande
- Vorige oortreding van 30 jaar terug vir diefstal

Versagtend
- Gepleeg in nood
- Het ʼn familie om te onderhou

Verswarend
- Vee diefstal is ʼn groot probleem
- Vertrouens verhouding
- Oor ʼn tydperk van 3 maande

Gepaste Vonnis
- 4 jaar gevangenisstraf te kry

25 | P a g e
Vonnisoplegging word gereël deur:
- Strafreg wysigingswet
- Bevat minimum vonnisse vir sekere misdade

Hooggeregshof + Streekhof

1) Lewenslange vonnis op lê
- Beplande moord
- Verkragting as die slagoffer jonger as 16 jaar is

2) 15 – 20 – 25 jaar
- Gewone moord
- Roof met verswarende omstandighede
- 15 jaar vir 1ste oortreding
- 20 jaar vir 2de oortreding
- 25 jaar vir 3de oortreding of meer

3) 10 – 15 – 20 jaar
- Gewone verkragting
- Minder ernstige misdade
- 10 jaar vir 1ste oortreding
- 15 jaar vir 2de oortreding
- 20 jaar vir 3de oortreding of meer

4) 5 – 7 – 10 jaar
- Minder ernstig
- Poging om ʼn misdaad te pleeg
- 5 jaar vir 1ste oortreding
- 7 jaar vir 2de oortreding
- 10 jaar vir 3de oortreding of meer

Leereenheid 17
Hersiening
Wanneer sal hersieningsverrigtinge meer geskik wees as Appèl

- Wanneer ʼn beskuldigde sy skuldigbevinding en/of vonnis deur ʼn laer hof opgelê, wil
betwis – hetsy op regsgronde of op grond van feite – kan hy by die Hoë hof appèl
teen sy skuldigbevinding en/of vonnis aanteken
- Indien die beskuldigde wil beweer dat die strafregtelike verrigtinge onreëlmatig was
moet hy gaan op hersiening

26 | P a g e
Kategorieë van hersieningsprosedures

1ste kategorie
- Die soort hersieningsprosedure wat deur die wetsbepalings gemagtig word en
waardeur onreëlmatigheid of onwettighede in die verrigtinge van laer howe deur die
Hoe hof as hof van hoër instansie in die heroorweging geneem word

Die gronde vir hersiening ingevolge A22(1) van die wet op hoër howe
- Gebrek aan die regsbevoegdheid van die hof
- Belang van die geding, vooroordeel, kwaadwilligheid of korrupsie by die voorsittende
regterlike beampte
- Growwe onreëlmatigheid in verband met die verrigting
- Die toelating van ontoelaatbare getuienis of die verwerping van toelaatbare of
bevoegde getuienis

Verrigtinge kan op die volgende wyses in hersiening geneem word:


- Outomaties hersiening A302
- Buitengewone hersiening A304(4)
- Hersiening voor vonnis A304A
- Terrolleplasing vir beredenering deur die beskuldigde A306

2de Kategorie
- Die kategorie is gemeenregtelik van oorsprong en sluit die hoë hof se inherente
hersieningsbevoegdheid in.
- Die Hoe hof se inherente hersieningsbevoegdheid word bevestig in A 21 van die Wet
op Hoër Howe 10 van 2013
- A173 van die Grondwet bekragtig ook die hof sy bevoegdheid om sy eie proses te
beskerm en die gemenereg te ontwikkel
- Die hoogste hof van appèl besit geen inherente bevoegdheid om die verrigtinge in
die hoer hof te hersien nie

3de Kategorie
- Die wat deur ander wetgewing gematig word en waardeur die bevoegdheid om te
hersien, aan ʼn hof of ʼn regter van die hof verleen word

Funksies en Bevoegdhede van Hersieningshof

Bevoegdhede van die Hoë Hof A304A


- Die hof kan die skuldigbevinding bekragtig, wysig of nietig verklaar.
- Die hof kan die vonnis of bevel van die landdros bekragtig, wysig, verminder of
nietig verklaar.

27 | P a g e
- As die beskuldigde op een of meer alternatiewe klagtes is, kan die hof die
skuldigbevinding tersyde stel en die beskuldigde op ʼn alternatiewe klag skuldig
bevind.
- Die hof kan die verrigtinge tersyde stel of korrigeer of in die algemeen die beslissing
of bevel gee of die vonnis oplê gee wat die landdros moes gegee of opgelê het.
- Die hof kan die saak aan die landdros terugverwys om met ʼn aangeleentheid te
handel soos die van hersiening mag goedvind
- Die hof kan ʼn bevel gee ten opsigte van die opskorting van die uitvoering van enige
of die vrylating van die veroordeelde op borgtog.
- Die hof kan die DOV en ʼn advokaat war die hof aanstel, oproep om ʼn regsvraag of
ʼn feitevraag wat in enige saak ontstaan, te beredeneer .

Bevoegdheid van die Hof A312


- ʼn Saak kan vir hersiening gestuur word suiwer op die grond dan die bepalings van
A112 nie nagekom is nie
- Die saak moet terugverwys word na die hof wat die vonnis opgelê het
- Die hof moet dan die nodig ondervraging doen om die pleit van A112 reg te stel om
duidelikheid daaroor te verkry

Inherente hersieningsbevoegdheid van die Hoë Hof


- Die howe is huiwerig om ʼn strafsaak voor finalisering aan te gryp
- Hersiening kan wel aangewend word om onreëlmatigheid in laerhowe verrigtinge te
verhoed
- ʼn Hof sal slegs inmeng indien daar ʼn growwe onreëlmatigheid plaasgevind het

28 | P a g e

You might also like