You are on page 1of 5

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING

Saaknommer: LSH6/2007

In die saak tussen :

ZANE ARNOLDUS EERSTE APPLIKANT/APPELLANT

WINFRED HOWARD LAWERDIEN TWEEDE APPLIKANT/APPELLANT

en

DIE STAAT

AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER INGEVOLGE DIE


BEPALINGS VAN ARTIKEL 309 C (1) VAN WET 51 VAN 1977

AAN SY EDELE REGTER PRESIDENT VAN DIE KAAP PROVINSIALE


AFDELING EN ENIGE VAN DIE ANDER EDELE REGTERS NA WIE
HIERDIE PETISIE VERWYS MAG WORD DEUR SY EDELE DIE REGTER
PRESIDENT :

GELIEWE KENNIS TE NEEM dat die Applikante/Appellante hiermee ‘n


versoekskrif rig aan die Regter President van die Hooggeregshof van Suid-Afrika,
Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling, om verlof om te appelleer na die
Hooggeregshof van Suid-Afrika, Kaap die Goeie Hoop Provinsiale afdeling, teen die
skuldigbevinding opgele deur Streekslanddros D. Boks op 15 Mei 2008 in die
Streekshof vir die Streeksafdeling van die Kaap gehou te Ladismith onder
saaknommer LSH 6/2007, sowel as teen die vonnisse opgele op beide aanklagtes op 6
Junie 2008, welke verlof om te appelleer in die Streekshof vir die Streekafdeling van
die Kaap gehou te Ladismith, geweier is deur Streekslanddros D. Boks op 30 Julie
2008 en wel nadat die Eerste Applikant/Appellant skuldig bevind is aan Verkragting
en Onsedelike Aanranding en die Tweede Applikant/Appellant skuldig bevind is aan
Onsedelike Aanranding en waartoe Eerste Applikant/Appellant gevonnis is in geheel
op beide aanklagtes, tot 12 (twaalf) jaar gevangenisstraf en Tweede
Applikant/Appellant tot 6 (ses) jaar gevangenisstraf.

GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM dat die gronde vir die aansoek as volg
is:
AD SKULDIGBEVINDING :

1.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof gedurende evaluering van
getuienis aangebied, in geheel, die weergawe van die verdediging en die gebreke wat
volgens hom daarin sou voorkom, oorbeklemtoon het, terwyl min aandag aan die
gebreke en weersprekinge in die staat se saak geskenk is.

2.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof nie genoegsaam ag geslaan het op
die feit dat die klaagster in hierdie aangeleentheid ‘n enkelgetuie was en daar sekere
waarborge in haar getuienis moet wees ten einde haar weergawe van die gebeure te
korroboreer. Geen korroborasie kon in die staat se getuienis gevind word, ten einde
haar weergawe te staaf nie.

3.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof nie genoegsaam aandag geskenk
en met die nodige versigtigheid die klaagster se getuieins evalueer het nie, veral
indien in gedagte gehou word dat die klaagster etlike wesenlike weersprekings in haar
getuienis in hoof- en in kruisondervraging gehad het nie. Dit is die submissie dat die
klaagster se getuienis luidkeels geroep het na ‘n dubbele versigtige benadering
terevaluering van haar getuieins in geheel.

4.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof nie genoegsaam aandag geskenk
het aan die feit dat die klaagster se weergawe deurspek was met onwaarskynlikhede,
veral as gekyk word na die plek waar die voorval sou plaasgevind het, die klein
ruimte, die feit dat dit in ‘n woonstelblok tussen ander mense sou plaasgevind het en
waar daar mense in die direkte omgewing was nie. Die klaagster se optrede ten tyde
van die gebeure is ook uiters vreemd en kan daar nie met die vereiste vertroue op haar
getuienis staatgemaak word nie.

5.

Dit is die respekvolle submissie dat die hof nie genoegsaam aandag geskenk het aan
die feit dat die staat se saak, met die uitsondering van die klaagster se getuienis self,
gerus het op omstandigheidsgetuienis. Daar was geen ooggetuies tot die voorvalle nie
en is die gevolgtrekking waartoe die Hof gekom het, met respek, nie die enigste
redelike gevolgtrekking waartoe die Hof, ‘n redelike Hof, kon kom nie, gedagtig aan
die omstandighede van gebeure voor die Hof geplaas.

6.
Dit is die respekvolle submissie dat die mediese getuienis neutraal staan ten opsigte
van die feit of penetrasie plaasgevind het al dan nie en of indien penetrasie wel sou
plaasgevind het nie, dit geweldadig en sonder toestemming was.Die mediese getuieins
kon gevolglik nie as stawend vir die feit gebruik word dat die klaagster verkrag is nie
en sou hoostens daarop neerkom dat sy aangerand is.

7.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof die gemoedstemming van die
klaagster tydens die rapportering van die voorval, oorbeklemtoon en as stawing van
die feit gesien is dat die klaagster verkrag is, terwyl dit geykte reg is dat
gemoedstoestand by ‘n klaagster nie sou dien as bevestiging of korroborasie van die
feit dat sy verkrag is nie, maar bloot net die chronologiese gebeure van die voorval
sou kon aandui nie.

8.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof nie genoegsaam aandag geskenk
het aan die etlike wesenlike verskille wat in die staat se saak sou voorkom tussen die
getuies onderling en tussen getuies met die van die klaagster self nie.

9.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof, soos tereg reeds vermeld, nie
genoegsaam aandag geskenk het aan die getuienis van die Applikante/Appellante nie;
dat die Hof nie in ag geneem het dat hul gedurende hoof- en kruisondervraging onder
eed hul weergawes gestand gehou het, nie daarvan afgewyk het nie en logiese,
sinvolle antwoorde gedurende pondervraging verskaf het. Die ernstige gebreke en
swakhede in die staat se saak kon die aangesuiwer word deur die
Applikante/Appellante se weergawes nie.

10.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof nie aandag geskenk het aan die
verdedigingsgetuie se weergawe van die gebeure nie, asook aan die feit dat hierdie
getuie die weergawe van die Applikante/Appellante in elke wesenlike opsig staaf nie.

11.

Dit is die resekvolle submissie en instruksies van die Applikante/Appellante dat hul
oor ‘n verdere getuie beskik het wat ‘n ooggetuie tot die voorval was, ‘n
boesemvriendin van die klaagster was; die feit sou kon bevestig dat die
Applikante/Appellante meer as kennisse van die klaagster was; dat hul almal gereeld
saam gekuier en klaagster per geleentheid met Applikante/Appellante voorheen
seksueel verkeer het; dat klaagster selfs na die voorval aan hierdie getuie sou
rapporteer dat sy nie ‘n saak wou maak nie en dat die gebeure nie plaasgevind het
soos wat sy geskets het nie, maar sy onder druk van familie en die Polisie die
aangeleentheid so ver geneem het en sy skaam was oor wat die gemeenskap van haar
sou dink indien die werklike gebeure vorendag sou kom. Dit is die instruksies dat die
besonderhede van die getuie aan hul Raadsman voor en ten tyde van die verhoor aan
hom verskaf is, maar hy nie die getuie wou roep nie, ondanks die
Applikante/Appellante se ontevredenheid hieroor. Applikante/Appellante is van
mening dat hul benadeel is in hierdie opsig en hul instruksies nie uitgevoer is nie.

12.

Dit is die respekvolle submissie dat die Agbare Hof fouteer het deur te bevind dat die
Staat sy saak bo redelike twyfel teen die Applikante/Appellante bewys het.

13.

Dit is die respekvolle submissie dat ‘n ander forum moontlik tot ‘n


alternatiewe/verskillende gevolgtrekking mag kom.

AD VONNIS :

1.

Dit is die respekvolle submissie dat die vonnisse deur die Agbare Hof opgele,
uitermate swaar en skokkend onvanpas is;

2.

Dit is die respekvolle submissie dat die Hof nie genoegsaam waarde geheg het aan die
persoonlike en sosio-ekonomiese omstandighede van die Applikante/Appellante, hul
gesonsamestelling en verpligtinge ten opsigte van hul afhanklikes nie;

3.

Dit is die respekvolle submissie dat die Hof nie genoesaam waarde geheg het aan die
feit dat beide Applikante/Appellante geen vorige veroordelings het nie;

4.

Dit is die respekvolle submissie dat die Hof die vergeldingselement by strafoplegging
oorbeklemtoon het en die rehabilitatiewe effek wat ‘n langtermyn gevangenisstraf
meebring, buite rekening gelaat het;

5.

Dit is die respekvolle submissie dat die Hof gefouteer het deur nie genoegsaam
aandag en oorweging geskenk het aan alternatiewe vonnisopsies of korrektiewe
toesig as vonnisopsies nie, maar direkte gevangenisstraf as enigste vonnisopsie te
oorweeg;
6.

Dit is die respekvolle submissie dat ‘n ander forum moontlik tot ‘n


alternatiewe/verskillende gevolgtrekking met betrekking tot vonnis, mag kom.

WESHALWE VERSOEK APPLIKANTE/APPELLANTE ‘N BEVEL IN DIE


VOLGENDE TERME :

a. Verlof om te appelleer teen die skuldigbevindings en vonnisse die


Applikante/Appellante opgele;
b. Verdere en/of alternatiewe regshulp.

GETEKEN TE OUDTSHOORN OP HIERDIE 20 STE DAG VAN AUGUSTUS


2008

________________________________
NOLETTE STEYN
STEYN PROKUREURS
Prokureur vir Applikante/Appellante
St Saviour Straat 55
Oudtshoorn
6625

AAN : DIE KLERK VAN DIE HOF


LANDDROSKANTOOR
OUDTSHOORN

(PER HAND)

en

AAN : DIE REGTER PRESIDENT


KAAP DIE GOEIE HOOP
PROVINSIALE AFDELING

Ingedien deur : Nolette Steyn


Steyn Prokureurs
Prokureur vir Applikante/Appellante
St Saviour Straat 55
Oudtshoorn
6625

You might also like