You are on page 1of 3

IN DIE STREEKSHOF VIR DIE STREEKSAFDELING VAN DIE WES KAAP GEHOU

TE STRAND

SAAKNOMMER : SWS 34/2015

DIE STAAT

teen

LUNGILE BHAYANA

______________________________________________________________________________

PLEIT IN TERME VAN ARTIKEL 112(2) VAN WET 51 VAN 1977

Ek, Lungile Bhayana, verklaar vrywillig hieronder as volg :


Ek is die beskuldigde in die saak en verstaan die aanklagte teen my.
Ek pleit skuldig op 'n aanklag van Strafbare Manslag.

1.

Ek erken dat ek op 14 Maart 2015 te Johnson Singel , Grabouw, in die Streekafdeling van die
Wes Kaap , wederregtelik en op nalatige wyse die dood van ene Sivuyile Hlatikulu, ‘n 30-jarige
manlike persoon, veroorsaak het deur hom eenmaal met ‘n mes in die bors te steek.

2.

Op hierdie betrokke aand was ek en ‘n vriend by die stokvel gewees. Ons het daar gekuier. Op ‘n
stadium het die oorledene in die stokvel ingekom en begin skoor soek met die mense. Hy het in
‘n argument met ‘n dame betrokke geraak en het sy mes uitgepluk en die dame daarmee gesteek.
Di mense in die stokvel het ongelukkig geraak en etlike argumente het uitgebreek tussen die
mense en die oorledene. Die oorledene het wild en wakker begin om mense te steek. Ek het
probeer keer en het rustig na hom toe gegaan toe die bakleiery al hoe nader gekom het aan die
tafel waar ek en my vriend gesit het. Ek het hom gevra om asseblief sy mes weg te sit. Die
volgende oomblik het hy my sonder enige rede twee maal met die mes in die gesig gesteek. Ek
was so verbaas en het geskrik, hom weer eens versoek om sy mes weg te sit. Hy het my nog ‘n
keer met die mes in die gesig gesteek. Die mense het op hom afgestorm en hom probeer
verwilder uit die stokvel uit. Ek het so kwaad geraak dat ek my mes uitgepluk en na hom gegaan,
na hom gemik om hom af te skrik, maar die mes het hom ongelukkig in die bors getref. Ek was
nie deur hom aangeval op daardie stadium nie. Die oorledene het toe wild en wakker rondom
hom begin steek en die mense het hom uitgejaag. Hy het na buite gehardloop en ‘n hele klompa
mense het hom in die straat aangeval, Ek het gesien hoe hulle baklei. Ek het gevolglik die toneel
verlaat en na die hospital toe gegaan, waarna ek Polisiestasie toe is om te gaan aanmeld dat ek
die oorledene gesteek het.

3.

Ek erken dat ek ten tyde van my optrede toe ek die oorledene met die mes gesteek het, moes
voorsien het dat die oorledene kon sterf van sodanige steekwond. Ek erken dat ek nie soos die
redelike man in die omstandighede opgetree het nie en gevolglik op nalatige wyse die dood van
die oorledene veroorsaak het.

4.

Ek erken die identiteit van die oorledene as ene Sivuyile Hlatikulu , ‘n 30-jarige manspersoon,
soos na per klagstaat verwys.

5.

Ek erken dat die liggaam van die oorledene op 17 Maart 2015 deur ‘n Forensiese Patoloog, Dr
Louise Mari Kruger, ondersoek is en sekere aantekeninge daarvan gemaak en vervat is in ‘n
Regsgeneeskundige lykskouingsverslag. Ek erken die inhoud en korrektheid van hierdie verslag
geliaseer onder Doodsregisternommer WC 03/0081/2015. Die vernaamste bevindinge wat
gemaak is en wat as aanduidend as oorsaak van die oorledene se dood aangegee word, is dat die
oorledene aan ‘n steekwonde in die bors, ((Exsaguination due to multiple stabwounds”), oorlede
is. Die steekwond wat ek toegedien het, is in die bors en is ook aangedui as een van die fatale
steekwonde.

6.

Ek erken dus die oorsaak van dood as ‘n steekwond in die bors en dat my optrede
verantwoordelik was vir sodanige besering.

7.

Ek erken dat die liggaam van die oorledene geen verdere beserings opgedoen het van waar dit
vanaf die misdaadtoneel tot by die hospitaal en gevolglik die lykshuis vervoer is nie.

8.
Ek erken dat ek geen reg of toestemming tot sodanige optrede gehad het nie, dat ek op die
relevante stadium ten tyde die pleging van die misdryf besef het dat my optrede verkeerd is en
dit, as sulks, strafbaar is deur ‘n Geregshof.

GETEKEN TE STRAND OP 12 JUNIE 2019

_______________________ ____________________
Per : Regsverteenwoordiger Beskuldigde

You might also like