You are on page 1of 3

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN WES KAAP

GEHOU TE STRAND
SAAKNO.
In die saak tussen

DIE STAAT

en

………………………………… Beskuldigde

_________________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 220 VAN WET 51/1977


_________________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende ………………………………………………………………verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die aanklag teen my is. Ek erken hiermee die
feite hieronder gemeld, en verstaan dat hierdie erkennings voldoende bewys van hierdie feite
vir doeleindes van hierdie verhoor daarstel.

2. Ek verstaan ook dat hierdie erkennings neerkom op ‘n pleit van skuldig aan die misdryf van
STRAFBARE MANSLAG. Ek maak hierdie erkennings vrywillig terwyl ek by my volle positiewe
is.

3. Ek erken die volgende:

a) Op of ongeveer 26 Desember 2016 was ek in die omgewing van Asanda Village,


Lwandle, Strand, in hierdie Agbare Hof se jurisdiksionele gebied gewees.

b) Ek erken dat daar ‘n baklei tussen beskuldigde 1 en die oorledene was waarby ek nie
betrokke was nie.

c) Ek merk toe op dat beskuldigde 1 weghardloop weghardloop. Ek het op daardie


stadium op die sypaadjie gesit.

d) Die volgende oomblik kom die oorledene na my toe. Hy val my aan sonder enige rede
en in die proses steek die oorledene my op my lip en op my bo-been.

e) Ek staan toe op om die oorledene vas te gryp, hy draai om en beweeg weg. Die
volgende oomblik kom hy na my toe met ‘n panga in sy hand.
f) Ek loop na hom toe en voordat hy enige beweging maak om my te slaan of steek, haal
ek my mes uit. Ek gryp hom vas, ons buig vorentoe. In die proses steek ek die
oorledene vining twee keer bo oor sy skouer, op die rug.

g) Ek erken dat ek nie nodig gehad het om die oorledene op daardie stadium te steek nie.

h) Ek erken dus dat my optrede nalatig was en dat hierdie optrede van my gelei het tot sy
dood. Ek erken dat ek ten tyde van my optrede toe ek die oorledene met die mes
gesteek het, moes voorsien het dat die oorledene kon sterf van sodanige steekwond.
Ek erken dat ek nie soos die redelike man in die omstandighede opgetree het nie en
gevolglik op nalatige wyse die dood van die oorledene veroorsaak het.

i) Ek erken dat ek geen reg of toestemming tot sodanige optrede gehad het nie, ek het
geweet ek pleeg ‘n oortreding van die reg waarvoor ek deur ‘n hof skuldig bevind en
gevonnis kan word.

Gedateer te ………………………………………………………………………………………………
____________________ ____________________
BESKULDIGDE PROKUREUR
Per LEGAL AID SA
STELLENBOSCH

You might also like