You are on page 1of 4

Kernkrag

Vraag 1.1
1.1.1 Kernkrag is die energie wat deur midel van beheerde, nieplofbare,
kernreaksies gerproduseer word.

1.1.2 Die jongste elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika het ons laat besef dat
daar alternatiewe kragbronne oorweeg moet word. Daar is ‘n beperkte
voorraad van olie en steenkool in die wêreld. En Uraan
wat vir die opwek van kernkrag gebruik word is op die stadium meer
volhoubaar en beskikbaar.

1.1.3 Suid-Afrika se hoofbron van energie was nog altyd Steenkool gewees en
ons steun nog sterk op Steenkool vir kragopwekking.

1.1.4 Deur gebruik te maak van Kernkrag kan ons met verantwoordelike
bestuur lugbesoedeling geweldig verminder aangesien dit nie giftige
gasse soos swaweldioksied en CO2 soos Steenkool vrystel nie. Dit is ‘n
skoon en omgewingsvriendelike manier van kragopwekking.

Kernkragsentrales is besonders standhoudend en doeltreffend aangesien


huller per volume baie minder brandstof nodig het. En Suid Afrika het
baie ryk uraaneerslae.

Dit is ook baie meer veilig om te ontgin aangesien dit nie soos
steenkoolkragsentrales asse veroosaak wat jaarlik tenminte 30
sterfgevalle teweeg bring nie. Daar is ‘n aantal veiligheidsmeganismes
wat die kanse vir reaktorongelukke baie skraal maak, soos dat ‘n reeks
versperrings die straling en hitte van die reaktor skei van die buitekant.
En die reaktor-kern is binne-in ‘n staalhouer van meer as 20cm dik. Die
drukhouer is omring deur ‘n dik betonmuur wat op sy beurt weer binne-
in ’n staalstruktuur, van 1,20 meter dik staal-versterkte betonkoepel is.

In teenstelling met die dat dit veilig is bestaan die gevaar wel dat daar
kernsmeltings kan voorkom. Hoewel die gevaar van kernsmeltings gering
is, bestaan dit wel. Indien daar ‘n verlies aan verkoelingswater wat in ‘n
reaktor-kern is, sal die stawe oorverhit en die wat die uraanbrandstof
bevat, sal oplos, met die gevolg dat die brandstof blootgelê word.
Sodoende sal die temparatuur styg en sou die brandstofstawe tot
2800°C verhit, saldie bandstof smelt en ‘n witwarm gesmelte massa sal
sy pad deur die houers oopsmelt na die grond daaronder en
lewensgevaarlike radioaktiewe stowwe in die atmosfeer vrylaat.

Die kernreaktors het ook ‘n kort lewensduur van net sowat veertig tot
vyftig jaar. Daarna moet die hele aanleg gesluit en verseël word om
geslagte en geslagte lank as ‘n stuk niemandsland te vermy weens die
blywende gevaar van bestraling.

Soos genoem hierbo is daar dan ook altyd die gevaar van bestraling wat
voortspruit wanneer radioaktiewe material ‘n organisme binnedring. Die
radioaktiewe atome word in die organisme geinkorporeer, wat die
afsterwing van selle tot gevolg het. Die menslike liggaam bestaan uit
baie soorte selle en op die ergste kan kernbesmetting tot siektes soos
beenmurgverval, skildklierkanker en genetiese mutasies lei.

En laastens is dit ‘n problem om die groot hoeveelheid hoogs


radioaktiewe verbruikte branstof op veilige plekke te stort. Die afval
radioaktiewe brandstof vermeerder jaarliks met sowat 12 000 metrieke
ton, wat gelyk staan aan sowat honderd dubbeldekkerbusse en nie alle
kernkrag lande beskik soos Suid-Afrika oor hoog afgesonderde en bitter
droë plekke soos Vaalputs waar die gevaarlike afval betreklik veilig
geberg kan word nie.

BRICS

Vraag 1.2

1.2.1 Suid-Afrika het op 24 Desember 2010 ‘n lid van BRICS geword.

1.2.2 Die hoofdoelwitte van die BRICS-lande is om vrede, sekuriteit en


samewerking te bevorder.
1.2.3 Om lid van BRICS te wees gee ons toegang tot die handel en markte,
regstreekse buitelandse beleggings en die belangrikste van als die
vermoë tot toenemende onderhandelingskrag en insette in
internationale sake. Dus het Suid-Afrika al daarby gebaat deur ons
Industrialisasie te diversiviseer om in sodoende meer vervaardigde
goedere i.p.v rou kommoditeite te verhandel. Ons het ook voordeel
getrek uit die samewerking tussen die lande tydens die COVID-Pandemie
wat ons in ‘n beter posisie geplaas het om beter te reageer op huidige en
toekomstige gesondheids krisisse. Suid-Afrika trek ook voordeel uit in en
uitvoering. Laas jaar het invoering na Suid-Afrika vanaf die ander 4 lande
29 persent van alle invoerings uitgemaak waar teenoor ons uitvoerings
na hulle 17 persent van ons totale uitvoerings opgemaak het.

Samespanning

Vraag 2

2.1 Samespanning vind plaas wanneer mededingende ondernemings


saamwerk deur pryse te verhoog en produksie te vermindr ten einde
wins te maksimeer.

2.2 Maatskappye besluit om saam te werk om onsekerheid te verminder


ten opsigte van produksie hoeveelheid, prys en om mededinging te
verminder.

2.3 Maatskappye wat in ‘n samespanning saamgewerk het met die 2010-


stadionkonstruksie het saamgespan om pryse te verhoog daar word
beweer dat hulle ongeveer R14-biljoenrand by die totale koste gevoeg
het. Hulle was gepenaliseer deur ‘n boete van 10% van elke maatskappy
se omset te betaal, wat die maksimum straf in terme van die
Mededingindswet is.

2.4 Die WBHO Construction, Group Five, Murray & Roberts Holdings en
Steffanutti Stocks was die 4 maatskappye betrokke by die konstruksie-
kartel.
2.5 Die kartel tussen PPC, Anglo-Alpha en Blue Circle was gesamentlik vir
meer as 90% van die sementverkope in die land verantwoordelik.
Hierdie drie firmas het vir ‘n lang tydperk saamgespan wat
prysvasstelling en markaandeel betref en het amptelik toestemming
verkry om saam te span, self nadat samespanning in 1986 verbied is. In
Oktober 1994 het die regering egter die toestemming teruggetrek en die
kartel is tot die einde van 1996 gegun om te ontbind.

Die kartel van die Organisasie van petroleumuitvoerlande is ‘n bekende


voorbeeld van samespanning. Die kartel het bestaan uit die vyf
vernaamste olieproduserende lande nl. Saoedi-arabië, Iran, Irak, Keowiet
en Venezuela. Die stigting van die OPUL was daarop gemik om die
posisie van sy lede te verbeter. In 1973 het OPUL besluit om produksie
te beperk deur kwotas vir sy lede in te stel. Gegewe die hoogs
onelastiese vraag na olie het die uitsetbeperking binne ‘n jaar tot ‘n
viervoudige styging in oliepryse gelei. Winste het gestyg en verskeie
OPUL-lande het oornag geweldig ryk geword. Namate die
wêreldproduksie toegeneem ht, is die OPUl-lande voortdurend verplig
om hul eie produksie af te skaal ten einde wêreldpryse te handhaaf.
Prysdalings en ‘n meer elastiese vraag het tot gevolg gehad dat inkomste
in OPUL-lande gedaal het en die kartel het onder toenemende druk
gekom. Sommige lidlande het hul kwotas probeer omseil, en teen die
einde van 1985 is daar weggedoen met die kwotastelsel.

2.6 Nee ek dink nie dat die mededingingsowerheid daarin slaag om die
doelwitte van die Mededingingswet te bereik nie. Eerstens is hulle doel
om indiensneming te bevorder maar steeds styg die werkloosheidsyfer
en hulle slaag glad nie daarin om die doetreffendhied van die ekonomie
te bevorder nie. Ons land se ekonomie is op die randtjie van ‘n
ineenstorting dus dink ek hulle slaag nie daarin nie.

You might also like