You are on page 1of 6

Goudmynbou Geografie Graad 12 Gevallestudie 2022

Wat is goud? Goud is ‘n metaalagtige element met die atomiese nommer 79 en die chemiese simbool Au.
(vir verryking) Dit is ‘n sogenaamde edelmetaal en is blink, gelei elektrisiteit en is smeebaar (gevorm sonder om te breek of te kraak ).
Wanneer verbruikers goud koop, doen hulle dit volgens sy “suiwerheid” wat in karaat gemeet word. Daar word geglo dat hierdie
meting van die woord karob afkomstig is omdat die saad van die karobboom gebruik was om die skale in antieke goudmarkte te
balanseer.
Vandag verwys karaat na die persentasie van goud in die voorwerp – 24 karaat = 100% goud en 18 karaat = 75% goud
Die naam goud kom van die Ou Engelse woord wat geel beteken. In Xhosa en Zulu staan die kosbare metaal bekend as igolide.
Wat maak goud Goud, ‘n metaal wat natuurlik voorkom, is deur die geskiedenis gebruik om rykdom, mag, prestasie en prag te simboliseer en ook as
spesiaal? ‘n blywende vorm van geldeenheid. Goud is so vroeg soos 6000 VC gebruik, hoofsaaklik vir sy prag en simboliek. Dit het baie unieke
(Vir verryking) kwaliteite. Goud het ‘n uitstekende elektriese en termiese geleidingsvermoë, wat beteken dat dit maklik die vervoer van ‘n elektriese
lading toelaat en gelei termiese energie vinnig. Dit het ook infrarooi reflektiwiteit wat beteken dat dit infrarooi radiasie reflekteer. Dit
reageer nie met lug, water en die meeste ander stowwe nie, so dit sal nie roes of verkleur nie. Goud kombineer baie goed met ander
metale om ‘n allooi te vorm. Goud is ook rekbaar (kan in draad gespan word) en is smeebaar (kan platgedruk word deur te hamer of
te rol).
Waar word Suid Afrika se goud word in die provinsies Noord-Wes,
goud ontgin? Gauteng en die Vrystaat ontgin.
Goudproduksie 2010-2021

Hoe word goud Goudontginning in Suid Afrika word deur diepskagmyne gedoen.
ontgin?
Die gebruik van Goud word hoogs gewaardeer, nie net vir sy natuurlike TANDHEELKUNDE EN ELEKRTONIKA -Goud is ‘n hoogs
goud skoonheid nie, maar vir sy rariteit, bruikbaarheid en MEDISYNE – Dit is hoogs geskik doeltreffende geleier en koppelaar en
veelsydigheid. vir die vul van krone, brûe en korrodeer nie. Dit maak dit perfek vir
JUWELIERSWARE – Ongeveer 78% word gebruik om ortodontiese toestelle. Dit die gebruik in stroombane. ‘n Klein

1
juweliersware te maak. Juweliersware is steeds die mees word dikwels gebruik in hoeveelheid word in bykans alle
algemene manier hoe goud verbruikers bereik. inplantings elektroniese toestelle, insluitende
FINANSIES EN BELEGGINGS: Goud word gesien as ‘n (byvoorbeeld in stents of selfone, televisiestelle, sakrekenaars
simbool van welvaart en word vir finansiële transaksies pasaangeërs) as gevolg van sy en globale posisioneringstelsel- (GPS)
gebruik. anti-bakteriële eienskappe. eenhede.
DIE KRUGERRAND Is die wȇreld se goue goudmunt wat die LUGVAART – Goud word ERKENNING – Ons gebruik goud vir
meeste gehou word. gebruik om verskeie ons mees noemenswaardige
meganiese dele en in voorwerpe: Troupande, Olimpiese
stroombane te smeer. medaljes, ens.
Faktore wat FAKTORE WAT GOUDMYNE IN SUID AFRIKA BEVOORDEEL FAKTORE WAT GOUDMYNE IN SUID AFRIKA STREM
goudmyne in  Grondstowwe (groot reserwes van goud)  Afstand vanaf die kus
Suid Afrika  Arbeid (geskoold en ongeskoold)  Koste – Diep skag mynbou
strem en  Krag (elektrisiteit van steenkool)  Afhanklikheid van buitelandse markte
bevoordeel  Markte (plaaslik en internasionaal)  Wisselende markpryse
 Infrastruktuur (pad, spoorlyn, hawens)  Water (koste en skaarste)
 Kapitaal (plaaslik en internasionale bevondsing  Elektrisiteitsvoorsiening
van die mynbousektor)  Besoedeling (water; lug [stof]; visueel [mynhope])
 Regeringsbeleid (moedig mynbou en plaaslike  Klimaat (hoë temperature maak mynbou ongemaklik – diep
prosessering van minerale aan) ondergronds)
Bydrae van  Bron van buitelandse inkomste deur uitvoere.
goudmyne vir  Voorsien werksgeleenthede vir ongeveer 500 000 mense.
SA ekonomie  Voorsien grondstowwe aan die vervaardigingsektor.
 Myne betaal belasting aan die regering wat help om die land te ontwikkel.
 Baie stede het in die mynbougebiede ontwikkel.
 Inkomste uit mynbou het die ontwikkeling van infrastruktuur in S A bevonds (paaie, spoorweë, hawens).
Ongeregtighede Omgewingsongeregtigheid Sosiale ongeregtigheid
 Mynhope veroorsaak dat stofdeeltjies in die lug  Veroorsaak siektes – Baie mynwerkers lei aan TB en HIV wat
vrygestel word. veroorsaak is deur werksomstandighede ondergronds wat die longe
 Slikdamme besoedel die grondwater. affekteer.
 Goudmynbou besoedel land en water met sianied en  Veiligheid – Ondergrondse mynaktiwiteite is gevaarlik en baie
kwik. mense word óf beseer óf gedood.
 Rotsstortings/sinkgate kan ontstaan as ondergrondse  Geraas – voordurende blootstelling aan harde geraasvlakke mag
strukture ineenstort. gehoorverlies veroorsaak.
Inligting onttrek uit: MINING FOR SCHOOLS – ECONOMIC GEOGRAPHY: GOLD MINING IN SOUTH AFRICA

2
Vrae vanuit vorige jare se vraestelle –

MEI/JUNIE 2021 (NSS)

3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 onder wat statistiek rakende die delf van goud in Suid Afrika wys.

3.5.1 Volgens FIGUUR 3.5, waar word die wȇreld se grootste goudbronne aangetref:? (1 x 1) (1)
3.5.2 Bereken die verskil in monitȇre waarde (rand) in goudprofyt tussen 2018 en 2019. (1 x 2) (2)
3.5.3 Gee EEN rede waarom goudprofyte toeneem terwyl goudproduksie in 2019 afneem (1 x 2) (2)
3.5.4 Verduidelik die faktore verantwoordelik vir die afname van werksgeleenthede in die
goudmynsektor oor die afgelope paar jaar. (2 x 2) (4)
3.5.5 Verduidelik hoe goudmyne bygedra het tot nywerheidsontwikkeling. (3 x 2) (6)

NASIENRIGLYNE

3.5 3.5.1 Witwatersrand (Kom) (1) (1 x 1) (1)

3.5.2 R2.6 biljoen (2) (1 x 2) (2)

3.5.3 Die prys (waarde) van goud het toegeneem (2)


Het meer uit buitelandse valuta verdien (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)

3
3.5.4 ‘n Afname in profyt veroorsaak afname in die aantal werknemers (kan voorbeelde voorsien -
VERD wisseling in die prys van goud/sluiting van goudmyne) (2) Die aanvraag na goud het afgeneem
UIDELI wat aanleiding gegee in minder verkope en minder werknemers wat benodig word (2)
K Staking, arbeidskwessies en grondeise mag daartoe bydra dat myndelwery gestaak word wat
werkers werkloos laat (2)
Werkgewers is afgedank as gevolg van ‘n toename in produksiekoste (2) Sluiting van myne
as gevolg van mynongelukke/rampe (aanvaar voorbeelde) wat lei tot werksverliese (2)
Marginale myne wat nie winsgewend is nie, sluit (2) Meganisasie lui tot die
afname in aanvraag vir handearbeid (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)

3.5.5 Nywerhede is gestig om gouderts te prosesseer (2)


VER Goud as grondstof in die juweliersware nywerheid gebruik (2)
DUI Vaardighede wat in goudmyne benodig word het werknemers gehelp om werk in nywerhede te
DEL vind (2)
IK Nywerhede (aanvaar voorbeelde) is gevestig om masjinerie en toerusting te produseer wat vir
HOE goudmyne gebruik word (skakel nywerhede) (2)
Die aanvraag na hout wat ondergrondse tonnels ondersteun het tot die stigting van
houtnywerhede gelei (2)
Skep skakelnywerhede wat nywerhede ondersteun wat masjinerie/toerusting vir myne
produseer (aanvaar voorbeelde) (2)
Dit stimuleer plaaslike vervaardiging van goedere wat invoere laat afneem (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)

4
2018 (NSS NOV)

4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat statisitek toon van goudmyne in Januarie 2017.

[Aangepas uit: http://www.kitco.com/ind/Media/images/South_Africa.jpeg and http://www.statssa.gov.za/wp-


content/uploads/2018/02/Infographic_v04-1]

4.2.1 Noem die provinsie waar die meeste goud in Suid Afrika ontgin word.

4.2.2 Watter goudmyn in Gauteng p ro d u se e r d ie me e st e g o u d p e r o n s i n S u id


A f r ik a ?

4.2.3 Noem die mynmaatskappy wat die meeste goud produseer.

4.2.4 Noem die land wat die hoogste produksie goud in die wȇreld produseer.

4.2.5 Wat is Suid Afrika se rang in terme van goudproduksie in die wȇreld?

4.2.6 Bereken die bydrae wat Afrika ten opsigte van die wȇreld se goudproduksie gemaak
het in Januarie 2017.

5
4.2.7 Teen die einde van watter jaar het Suid Afrika se goudproduksie tot sy laagste punt
geval?

4.2.8 Toon die mees onlangse produksie van goud in Suid Afrika ‘n toename of
afname in tendens? (8x1) (8)

NASIENRIGLYN (2018)

4.2 4.2.1 Gauteng (1)

4.2.2 Wes Wits Bedrywighede (1)

4.2.3 Anglo Gold Ashanti (1)

4.2.4 China (1)

4.2.5 7de (1)

4.2.6 140 + 90 = 230mt (1)

4.2.7 2014 (1)

4.2.8 Afname (1) (8 x 1) (8)

_________________________________________________________________

You might also like