You are on page 1of 2

Juffrou en klas

Wat is deesdae van die skaarste dinge in die wereld? Dalk is dit rodium, goud of
platunim maar ek dink in Suid Afrika is dit elektrisiteit, en saam dit werkende
verkeersligte, die skaarste. Daar is natuurlik alternatiewe maniere om hierdie
probleem te oorkom.

Wat is dit wat ‘n vrou in ‘n man deesdae soek? Dit was dalk altyd persoonlikheid ,
hoe hy lyk en dalk so bietjie hoe dik sy beursie is maar ek dink deesdae sal ‘n
kragopwekker of sonpanele jou meer baat.

Na sowat 15 jaar van beurtkrag in Suid Afrika, sedert dit in 2007 ingestel was, het
vele Suid Afrikaners besluit om alternatiewe roetes soos son- en windkrag te volg.
Volgens businesstech.co.za het Suid Afrikaners ‘n skokkende som van 2.2 miljard
rand aan Sonkrag in die eerste 5 maande van 2022 spandeer. Moneyweb.co.za
beweer ook dat beurtkrag Suid Afrika se ekonomie maandliks 5 miljard rand kos.

Met die huidige beurtkrag krisis en die hoë druk waaronder eskom is sal mens dink
dat die regering mense sal aanmoedig om alternatiewe energiebronne te gebruik.
Volgens worlddata.info word daar jaarliks n skokkende 207.1 miljard kwh in suid
afrika gebruik wat uitwerk op sowat 567 miljoen kwh per dag. ‘n Huishoudelike
Sonkrag stelsel wek op gemiddeld 45 kwh per dag op en meeste huishoudings
gebruik nie eers al daai 45 kwh op nie. Ek dink een van die maniere hoe die regering
sonkrag kan ondersteun is deur mense se oortollige krag terug te koop en oor die
land kan versprei. Dit sal klaar baie druk van eskom afhaal.

Wat staan in die pad van die regering om alternatiewe energiebronne te subsidieer en
te ondersteun? Politieke onstabiliteit, kapasiteit binne die regering om innoverend te
dink, korrupsie en armoede.

Alternatiewe energiebronne is bv windkrag, sonkrag, hidro-elektrisiteit en kernkrag.


Van hierdie energiebronne werk son- en windkrag die goedkoopste uit. Die regering
kan windkrag as alternatief ondersteun deur meer windplase aan te le. Terselfde tyd
sal dit die regering baat om in solar te bele aangesien suid afrika ‘n land is met baie
son. Die regerring moet huishouding aanmoedig om son- en windkrag stelsels aan te
le. Dit sal nie net die druk op eskom verlig nie, maa

You might also like