You are on page 1of 5

Deurlopende Assessering 1.

3 – EBELA260 – 2021 - MEMORANDUM


Huyssteen (Edms.) Beperk (Huyssteen) is 'n inwoner maatskappy van die (10)
Republiek Huyssteen vervaardig verskeie gereedskap en verkoop die finale
produkte aan kleinhandelaars.

Die staat van omvattende inkomste van Huyssteen vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2020 toon 'n netto wins voor belasting van R157 150.

Die volgende inligting is van toepassing op die 2020 jaar van aanslag:
1. Ingesluit in die netto wins voor belasting van R157 150 is die volgende
dividende wat Huyssteen toegeval het:

Plaaslike dividende vanaf gelyste aandele in Suid-Afrika: R9 900


Buitelandse dividende: R5 600

Buitelandse dividende is nie vrygestel van inkomstebelasting onder die


bepalings van artikel 10B(2) nie.

2. Slegte skulde op die staat van omvattende inkomste beloop R65 000. Die
R65 000 beslaan uit die volgende:
- R28 000 is vir debiteure wie se skulde nie ingevorder kan word nie.
- R37 000 is 'n lening aan 'n krediteur wat kontantvloei probleme
ondervind het.
Die krediteur is insolvent verklaar in die huidige jaar van aanslag en die
skuld is as oninbaar afgeskryf.

3. Huuruitgawe op die staat van omvattende inkomste beloop R96 000. Die
huuruitgawe is aangegaan ten opsigte van 'n pakhuis wat Huyssteen huur.
Bo en behalwe die R96 000 wat betaal is, het Huyssteen op 29 Februarie
2020 addisionele huur ter waarde van R27 000 vooruit betaal.

Die R27 000 se betaling verteenwoordig 3 maande se huur wat


vooruitbetaal is. Die huur betaling was vir Maart 2020, April 2020 en Mei
2020.
Die R27 000 is nie ingesluit in die R96 000 nie en verskyn ook nie op die
staat van omvattende inkomste nie.

4. Huyssteen het op 1 Maart 2019 grond gekoop ter waarde van R200 000.
Bestuur het die grond aangekoop om Huyssteen se administratiewe
kantoorgebou ('n kommersiële gebou) hier op te rig.

Die kostes om die kantoorgebou op te rig beloop R3 300 000. Die


kantoorgebou is op 31 Desember 2019 voltooi en die administratiewe
personeel trek op 2 Januarie 2020 in die kantoorgebou in.

Die volgende uitgawes verskyn op die staat van omvattende inkomstes:


- Waardevermindering op kantoorgebou (3 300 000 x 7%): R231 000
- Rente vir die tydperk 1 Maart 2019 - 31 Desember 2019: R325 000
- Rente vir die tydperk 1 Januarie 2020 - 29 Februarie 2020: R65 000
- Erfbelasting: R60 000

5. Huyssteen het op 15 Februarie 2020 versekering vir die 2020 finansiële


jaar vooruit betaal ter waarde van R156 000. Die versekering verskyn op die
staat van omvattende inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2020.

6. Huyssteen het 'n 3-jaar leerlingooreenkoms met 'n werknemer, sonder


enige gestremdheid, gesluit op 1 September 2019. Die werknemer het 'n
NKR-vlak 4 kwalifikasie. Die leerlingooreenkoms is geregistreer by die
nodige SETA en voldoen aan al die vereistes van die wet op
vaardigheidsontwikkeling. Die werknemer se maandelikse salaris beloop
R12 000 per maand en is ingesluit in die salaris-uitgawe op die staat van
omvattende inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2020.

7. Huyssteen het op 1 Oktober 2019 'n handelsbeperking (restrain of trade)


betaling aangegaan ter waarde van R600 000, wat op die staat van
omvattende inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2020 verskyn.

Die betaling is gemaak aan 'n ingenieur wat by Huyssteen (Edms.) Beperk
in diens was. Die kontrak is effektief vanaf 1 Oktober 2019 en is geldig vir 2
jaar.

© Akademia (MSW) Bladsy 1 van 4


Van u word verlang:
Bereken die belasting betaalbaar van Huyssteen (Edms.) Beperk vir die 2020 jaar
van aanslag.

Let wel:
- Begin jou berekening met netto wins vir die jaar R157 150.
- Voltooi u berekening in die tabel onderaan aan u verskaf;
- Rond u antwoord af tot die naaste Rand;
- Indien die effek nul is, dui ʼn rede daarvoor aan om u punt te verdien.

Terugvoer aan studente:

1. Hierdie assessering was vir meeste van julle ʼn groot uitdaging.


2. Die gemiddeld was 44% en die slaagsyfer slegs 38%.
3. Ek dink dit is belangrik om nie deurmekaar te raak tussen BTW vrystellings/nulkoers vs.
Toelaatbare en ontoelaatbare aftrekkings vir maatskappye.
4. Verder, was hierdie vraag agterstevoor om gevra omdat julle met die Netto Wins vir die jaar
moes begin het, en dus sekere lynitems teruggetel het en dan die “toelaatbare aftrekkings”
spesifiek afgetrek het. Indien die vraag stel dat jy die belasbare inkomste moet uitwerk en
mens kan met die bruto inkomste begin en dan dood normaalweg die vrystellings en
aftrekkings uitwerk, is dit makliker, so maak seker jy weet wat om te doen! (Wenk)
5. Gaan kyk mooi hoe om die handelsbeperking en vooruitbetaalde versekering uit te werk.
6. Slytasie berekeninge tel nie punte in hierdie assessering nie, omrede die assessering voor die
betrokke kontaksessie was.
7. Indien die bedrag reg was maar dit was verkeerdelik bygetel of afgetrek was slegs ʼn halfpunt
toegeken.
8. Ek het slegs regmerkies gemaak vir korrekte antwoorde en geen verkeerde merkies gemaak
nie, dit was bloot om te verseker ek merk die assesserings vinniger en nie omdat ek nie die res
deur gelees het nie.
9. Ek het baie gehou van die feit dat meeste van julle redes aangedui het vir julle berekeninge
en antwoorde (en sommige het ook die artikel nommers verskaf) – well done! Ek verwag redes
wanneer lynitems ʼn nul effek het en geen artikel nommers hoef in die HJST verskaf te word
nie.
10. BTW gaan nie die fokus wees van die halfjaarsemestertoets (HJST) nie, maar julle gaan moet
hard leer aan die aftrekkings.
11. Hierdie assessering tel slegs 3.33% van jou jaarpunt, maar onthou die HJST tel 50% gewig van
jou jaarpunt, so make it count wanneer dit saak maak!!
12. Sterkte julle – ek weet sommer hierdie assessering gaan jul leerwerk gefokus hou. 😉

© Akademia (MSW) Bladsy 2 van 4


Artikel R
Netto wins vir die jaar 157 150 (0.5)

Plus:

Slegte skulde a 11(i) 37 000 (0.5)


Lening aan krediteur was nooit ingesluit
by bruto inkomste nie en mag
dus nie as aftrekking kwalifiseer nie
Bruwer et al. bl. 230

Waardevermindering op kantoorgebou 231 000 (1)

Rente uitgawe ten opsigte van a 24J &


kantoorgebou 11(a) 325 000 (1)
finansiëring
Rente betaal voor beoefening van
bedryf van kantoorgeboue
Nie aftrekbaar volgens artikel 24J en
artikel 11(a) nie.

a 11(a) &
Versekering vooruitbetaal 23H 156 000 (1)
Vooruitbetaalde versekering is
aftrekbaar volgens artikel 11(a) maar is
beperk volgens artikel 23H.

Beperking op handelsvryheid a 11(cA) 600 000 (1)


Artikel 11(cA)

Minus:

Plaaslike dividende vanaf gelyste aandele a


in 10(1)(k)(i) (9 900) (1)
Suid-Afrika
Artikel 10(1)(k)(i): Plaaslike dividende
verklaar vanaf een inwoner
maatskappy na 'n ander is vrygestel

Buitelandse dividende a 10B(3) (1 600) (1)


Artikel 10B(3): Vrystellingsformule van
8/28
5 600 x 8 / 28 – Gaan kyk in jul
handboeke in die 2021 weergawe bl. 95

© Akademia (MSW) Bladsy 3 van 4


Of as jy die 2020 handboek het na
Artikel 10B(3) In hoofstuk 5 wat handel
oor Ratio Exemption.

Omdat hierdie ʼn opdrag was het ek


meer detail gevra.

Huur vooruit betaal a 23H (27 000) (1)


Vooruitbetaalde huur is aftrekbaar
volgens artikel 11(a) en nie beperk
volgens artikel 23H nie.

Leerderooreenkoms a 12H (20 000) (1)


Artikel 12H
40 000 / 12 x 6

Beperking op handelsvryheid a 11(cA) (200 000) (1)


Volgens artikel 11(cA) die minste van
600 000 / 2 = 300 000; of
600 000 /3 = 200 000

Belasbare inkomste vir die 2020 jaar


van aanslag

Belasting betaalbaar aan SARS @ 28 %


(ook genoem Belasting Aanspreeklikheid)

EINDE VAN VRAESTEL

© Akademia (MSW) Bladsy 4 van 4

You might also like