You are on page 1of 3

Dames en Here, welkom by vandag se episode van….

Die Kos Bos!!!

Aangebied deur eke: Maria Martha Magdalena Mulder Mosterd!

Vanaand gesels ons oor een van my gunsteling disse….Quiche so eie aan ons
Afrikaanse kultuur en Moedertaal. Hulle noem dit ons Moedertaal,
want vaders kry selde kans om iets te sê. Haha.

Saam met my in die ateljee is die Michelin Chef, Pierre Fournier al die pad
van… Parys? Oooo Bonjour Pierre!!! Bon Wee!!!, O wag, ek sien jy is van
Parys Vrystaat….
(maak keel skoon) Nou ja toe..

Pierre: Hi Maria, en al die wonderlike kykers wat vandag saam met ons gaan
smul. Baie dankie vir die uitnodiging ek is baie geeerd om vandag hier by julle
te wees.

Maria: Nou toe, Pierre, vertel ons bietjie meer van hierdie dis

Pierre: My Ouma Susanna het altyd hierdie gereg voorgesit waneer ons as
kinders by haar gaan kuier het op die plaas. Sy was altyd so bly vir die
geselskap. Sy het gehou van eksperimenteer met kosse van verskillende
tradisies en na sy hoender “runaways” voorsit vir my oupa Fournier, is sy
maar alleen. Ek dink hy haar misverstaan toe hy runaways sien op die menu,
hy is steeds nerens te vinde na sy in 1983 die dis vir hom voorgesit het….

Maria; Oe wee, kom ons kyk eerder na die bestanddele vir ons dis van die
dag…..
Pierre: Ja goed Maria, ons benodig die volgende:

• Ham, so terloops weet julle waar is die goedkoopste plek om ham te


koop? By Hamazon whahaha
• Kaas, so 2 koppies want wie hou nie van heerlike geel ryk kaaserige kos
nie?! Ek weet nie van jou mie, maar ek hou van kaas bra…
• Tamatie
• Uie
• Garlic – of los eerder as mamma jou dalk uit die huis sluit oor die klankie
wat uit jou mond kom, en nee ek praat nie van waneer jy gesels nie
hahaha
• Brood – Weet jy Maria, as ‘n vrjou jou ooit dryg met ‘n mes tydens ‘n
argument, sit net mayo en brood voor haar neer… haar intinkte sal
inskop en sy sal vir jou ‘n toebroodjie begin maak….
• Groen peper en rooi peper want ons almal eet mos met ons oe en lief
kleurvolle kos…
Oe dit klink heerlik!!!

Voor ons begin met die voorbereiding, kom ons kyk bietjie na ons wonderlike
borge.

Onthou die maatband, sodat ons kan kyk hoe lank dit moet bak.
Maria: Welkom terug ou honger magies. So Pierre verduidelik asseblief hoe
ons hierdie dis sal voorberei by die huis.
Pierre: Well Maria, ons begin deur die kors van ons brood after te sny.
Hoekom gooi die blond krummels in die toilet? Sy voer die toilet
duck
Maria: Ooooh hahaha.
Pierre: Dan rol ons die brood plat. Ons spuit n kolwyntiepan met “Spray and
Cook" en sit die brood daarin. Dan gooi ons die ham, tamatie, uie, groen en
rooi pepper in ons “broodbak" nadat ons dit in Klein blokkies gekerf het. Ons
gooi n bietjie garlic by elkeen van die bakkies. Ons klits ons eiers en deel dit
ook gelykop tussen die bakkies. Rasper jou kaas en strooi bo-oor.
Maria: Is dit regtig so maklik?
Pierre: Ja, Dan sit ons dit in die oond op 180 grade Celsius tot dit goudbruin is.
Maria: Sjoe, my mond water nou behoorlik. Ek kan nie glo…..(Oond ontplot +
Maria skree iets + Sy is vol Swart rook in haar gesig)
Pierre: Jammer, ekt die oond verkeerd gestel.
Maria: So kyker, ek dink hierdie is nou waar ons afsluit. Ek wil net dankie se vir
Chef Pierre Fournier wat binnekort by my n kwotasie sal kry om my oond te
vervang, en ook dankie aan elke kyker wat vandag ingeskakel het vir hierie
pandemonium.

You might also like