You are on page 1of 23

Pasella Recipes

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Vetkoek
1 kg koekmeel
e sout
1 pakkie kitsgis (10g)
half liter louwarm water
Meng koekmeel, sout en kitsgis. Voeg water by dro
bestanddele en meng goed tot alle bestanddele nat is. Knie tot
die deeg elasties is. Laat die deeg 15-30 min staan om te rys.
Knie die deeg weer af. Rol uit en sny in stukke (grootte volgens
voorkeur). Diepbraai in rook-warm olie tot goudbruin.

Vetkoek

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Vetkoek
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/849700.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Chakalaka
k olie
1 ui, fyngekap
1 e fyngekapte knoffel
12 groensoetrissie, in blokkies gesny
5 wortels, gerasper
1 e masala
1 e rissiepoeier
2 e kerriepoeier
1 blikkies tamatiepasta (125g) (opsioneel)
1 e suiker
1 blikkie baked beans (450g)

Verhit die olie in pan. Braai die ui, knoffel, soetrissie en
wortels tot bruin. Voeg masala, rissiepoeier en kerriepoeier by
en meng goed. Roer die suiker (en tamatiepasta as jy dit ook
gebruik) by en wanneer die suiker opgelos is, die bone. Nou is
dit reg om te bedien saam met vetkoek. NB: Die mengsel
moenie kook wanneer die bone ingegooi is nie, dit moet
saggies prut totdat dit warm is en dan van die hitte afgehaal
word.

Chakalaka

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Chakalaka
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/849586.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Risotto
(bedien 4)
1 e olyfolie
2 salotte, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
110 g gerookte spek, fyngekap
175 g arborio (risotto-rys)
425 ml goeie kwaliteit hoenderaftreksel
150 ml witwyn
2 e dubbelroom
2 e pietersielie, fyngekap
1-2 t seekat-ink
Verhit olie in swaarboompan. Voeg salotte, knoffel en spek by
en braai 3-4 minute. Voeg die rys by en meng goed. Voeg eers
die witwyn en dan die hoenderaftreksel in klein hoeveelhede
by. Roer na elke byvoeging. Hou aan roer totdat die rys goed
uitgeswel is, maar steeds al dente (krakerig) is. Dit sal tussen
18 en 20 minute neem. Voeg seekat-ink druppel vir druppel by
en toets vir kleur en geur. Voeg sout en peper by indien nodig.
Roer die dubbelroom by en strooi pietersielie oor. Bedien
onmiddellik

Risotto

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Risotto
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/825366.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Bobotie
(6 tot 8 individuele porsies)
Vulsel
450g beesmaalvleis, rou*
1 ui, fyngekap
2 t kerriepoeier
t fyn naeltjies
1 t fyngekapte knoffel
1 t borrie
klein handjievol pitlose rosyne
k vrugteblatjang of soetrissiesous
sout en peper na geur
Sous
1 eier, liggies geklop
k room
lourierblare (vars of gedroog) vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 C. Meng al die vulselbestanddele
saam. Skep dit in individuele porsies in oondpan wat met
gesmeerde bakpapier uitgevoer is. (Jy kan
minibroodpannetjies of groot ramekins gebruik). Meng die eier
en room goed en bedruip elke porsie ruim daarmee. Garneer
elkeen met lourierblaar. Bak vir 40 minute.
*Jy kan ook gaar maalvleis gebruik. Dit hoef dan nie so lank te
bak nie net totdat dit deurwarm is. Probeer ook eers die
roumaalvleismengsel bak vir 40 minute, gooi dan die sous oor
en bak verdere 10 minute. Dit werk goed as jy jou vulsel
vooraf maak en gaarmaak en dan net voordat jy opdien, die
sous oorgooi en dit dan weer in die oond druk totdat dit
deurwarm is.

Bobotie

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 2 www.pasella.com | resepte Bobotie
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/816180.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Amarula-gegeurde bavarois*
(bedien 6)
1 k melk
3 eiergele
75 g witsuiker
1 e gelatienpoeier geweek in 2 e koue water
knippie sout
1 t vanieljegeursel
1 e Amarula-likeur
1 k room, geklop
Verhit die melk in 'n kastrol tot net warm.Verroom intussen die
suiker en eiergele. Voeg dan die warm melk stadig by die eier
en suikermengsel. Gooi die eier-melkmengsel terug in die
kastrol en kook oor lae hitte terwyl gedurig geroer word. Hou
aan totdat dit verdik of 'n dun lagie vorm op die agterkant van
die houtlepel. Voeg die gedehidreerde gelatien by die warm
mengsel en roer tot opgelos. Meng die sout, vanieljegeursel en
likeur by en verwyder van hitte. Verkoel tot dit begin gel en vou
dan geklopte room in. Gooi in 6 stolvorms en stol oornag. Om
dit uit te haal, druk die onderkant van die vorms vinnig in warm
water.
*Bavarois is 'n nagereg wat gewoonlik bestaan uit eiervla wat
met geklopte room gemeng en met gelatien in 'n vorm geset
word.

Amarula-gegeurde bavarois

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Amarula-gegeurde bavarois
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/694786.htm

Gerookte snoekmousse
(bedien 6)
500 g gerookte snoek
1 e suurlemoensap
1 e gerasperde ui
2 t gekapte dhanja
1 k room, styfgeklop
2 blare gelatien geweek in 2 e koue water
sout en wit peper na smaak
Verwyder die grate van die snoek en vlok die vis. Haal gelatien
uit water en druk die oortollige water uit. Voeg die gevlokte
snoek en gelatien saam met die res van die bestanddele in 'n
voedselverwerker en meng tot glad. Skep die mousse in 'n
stolvorm, uitgevoer met plastiek. Plaas oornag in koelkas.

Gerookte snoekmousse

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Gerookte snoekmousse
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/694702.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Gesondheidsbrood
(maak 2 brode)
Pasella het in Bethlehem, een van die kouer wintersplekke in
die land gaan kuier. Daar het Ena Louw van die Wooden
Spoon Restaurant vir Paul gewys hoe om hierdie
gesondheidsbrood te maak. Dit is Ena se eie resep, heerlik
met vars plaasbotter en konfyt vir die koue winter maande.
6 k Nutty wheat
1 k koekmeel
1 k rou hawermout
2 t sout
1 liter warm water
1 e heuning
1 e olie
1 pakkie dro kitsgis (10g)
Voorverhit die oond tot 180 C.
Voeg al die bestanddele saam in 'n bak en meng tot 'n gladde
deeg vorm. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies
en laat dit dan ongeveer een uur in die pannetjies rys op 'n
redelike warm plek. Bak een uur in die oond.

Gesondheidsbrood

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Gesondheidsbrood
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/615957.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Lensiekerrie
( bedien 6-8)
Miriam Misbach, eienares van die Noon Gun Restaurant in die
Bo-Kaap het vir Pasella gewys watter geregte mens kan maak
met sowel vars as fyn koljander. Vir hierdie lensie- kerrie
gebruik sy vars koljanderblare.
50 ml olie
2 uie, gekap
1 groot tamatie, gekap
2 e gekapte knoffel
sout na smaak
1 e suiker
2 t komyn
2 t blaarmasala*
6 heel kerrieblare
2 t borrie
1 bondel vars dhania koljanderblare, gekap**
1 k water
1 pak gekookte bruin lensies (500g)
5 groot wortels, in dik skywe gesny
250 g vars sampioene, in skywe gesny
200 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny
groot blomkool, gekap
rooi soetrissie, gekap
geel soetrissie, gekap
1 eiervrug, in blokkies gesny
Verhit olie en braai die uie oor medium hitte tot sag en bruin.
Voeg die tamaties, knoffel, sout, suiker, speserye en koljander
by en meng goed. Voeg dan die water by om aanbranding van
die speserye te voorkom en braai vir paar sekondes. Voeg nou
die lensies en wortels by en kook 30 minute tot die wortels sag
is en die geure deurgetrek het. Voeg al die groentes by verlaag
die hitte en kook tot dit die gewenste graad van gaarheid
bereik het of 10 minute tot sag. Bedien op rys en besprinkel
met bietjie koljander as garnering.
* Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani
en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte,
insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste
supermarkte en speserywinkels.
** Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard
bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar-
of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier
gemaal word.

Lensiekerrie

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Lensiekerrie
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558816.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Samoesas
(maak 25 samoesas)
Pasella het by die Noon Gun Restaurant in die Bo-kaap met
koljander gekook. Zainie Misbach, 'n sjef by die restaurant het
hierdie samoesas, wat vars koljander gebruik, gemaak.
250 g maalvleis
e fyn borrie
e fyn kerrie
e komyn
e dro koljandersade, fyngemaal
e vinkel
blaarmasala*
dro brandrissies, gekap
e knoffel, gekap
e gemmer, vars of droog, gekap
1 e sout
1 ui, fyngekap
bossie vars dhania koljander, fyngekap**
25 purr deegvelletjies***
deeggom****
Braai die maalvleis en speserye (behalwe die vars koljander) in
'n groot swaarboomkastrol oor medium hitte tot gaar en
krummelrig. Laat die vleis afkoel. Meng die rou uie en vars
koljander en voeg saam met die koue vleis. Gebruik 'n teelepel
om die samoesapakkies te vul met 2 t van die vleismengsel en
seel. So doen mens dit: vou die velletjie purr deeg in jou
linkerhand en vou die onderste regterhoek van die velletjie
boontoe om 'n driehoek te vorm met skerp punte. Vou die
regterkantse oop-sy van hierdie driehoek 'n paar millimeter in
om 'n driehoekige pakkie te vorm. Vul hierdie pakkie met 2 t
van die vulsel. Vou nou die driehoek van regs na links oor, om
'n pakkie te vorm en herhaal tot die hele velletjie ingevou is.
Seel die laaste oop kant, met die deeggom. Druk die twee
onderste gedeeltes ligweg saam om die samoesa effens op te
pof voor dit diepgebraai word.
*Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani
en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte,
insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste
supermarkte en speserywinkels.
**Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n
standaardbestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in
saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in growwe of
fyn poeier gemaal word.
***Purr deegblare is velletjies samoesadeeg wat beskikbaar is
by deli's en speserywinkels.
****Deeggom word gemaak van 3 e koekmeel en net genoeg
water om 'n taai massa te vorm. Dit word gebruik as 'gom' om
die samoesas toe te seel.)
Samoesas

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 2 www.pasella.com | resepte Samoesas
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558815.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Hoenderkerrie
(bedien 6)
Hierdie hoenderkerrieresep is nog een van di wat vir Pasella
deur Zainie Misbach van die Noon Gun Restaurant in die Bo-
Kaap opgedien is. Pasella het gaan uitvind wat om te kook met
fyn en vars koljander.
1 e olie
2 groot uie, fyngekap
1 groot tamatie, fyngekap
1 kg hoender, in blokkies gesny
1 e knoffel, fyngedruk
1 e gemmer, gekap
1 t suiker
1 t fyn koljander
1 t fyn komyn
1 t rooi masala*
1 e borrie
sout en peper na smaak
2 koppies water
3 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
Verhit die olie en braai uie tot gaar. Voeg die tamaties,
hoender, en al die speserye by. Braai tot gaar. Voeg 1 koppie
water by en prut 5 minute voor die aartappels bygevoeg word.
Voeg dan die res van die water by, plaas die deksel op en
kook op lae hitte tot die aartappels sag is.
* Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani
en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte,
insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste
supermarkte en speserywinkels.

Hoenderkerrie

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Hoenderkerrie
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558812.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Lamsvleisbreyani
(bedien 6-8)
Hierdie lamsvleisbreyani kry sowel fyn as vars koljander in en
is dus perfek vir Pasella se insetsel waar ons met die spesery
koljander gekook het. Foyzi Taylor van die Noon Gun
Restaurant in die Bo-Kaap het vir Charlene gewys hoe om die
gereg voor te berei.
Marinade
2 groen brandrissies, ontpit en fyngekap
1 t borrie
2 t fyn komyn
2 t fyn koljander
bossie vars dhania koljander opgekap*
2 t fyn vinkel
1 e breyanimasala**
2 t sout
2 groot tamaties, gerasper
1 koppie Bulgaarse jogurt
1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
Vleis
30 g botter
3 heel naeltjies
6 stukkies wonderpeper (all spice; pimento)
4 stokkies kaneel
8 peule kardamom
1 groot lourierblaar
1 ster anys
1 koppie olie
3 groot uie, in skywe gesny
1 kg lamsvleis, gemarineer*
2 koppies water
Breyani
500 g basmatirys, half gaar gekook ( 5min)
1 t sout
250 g bruin lensies, gekook
6 aartappels, in kwarte gesny en in olie gebraai tot goudbruin
6 hardgekookte eiers, in die helfte gesny
100 g botter, in skywe gesny
15 saffraanhare
2 koppies water
Dhay
bossie dhaniablare, fyngekap*
1 t suurlemoensap
2 koppies ongegeurde Bulgaarse jogurt
1 e fyn koljander
knippie sout
2 e suiker
fyngekapte brandrissies, na smaak
Marinade
Meng al die marinadebestanddele saam. Was en dreineer die
vleis en bedek met die marinade. Laat staan 3 ure.
Vleis
Smelt die botter in 'n groot pot en braai die speserye 30
sekondes op lae hitte. Voeg die olie en uie by en smoor op
middelmatige hitte tot die uie bruin is. Voeg die gemarineerde
Lamsvleisbreyani

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Page 1 of 2 www.pasella.com | resepte Lamsvleisbreyani
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558811.htm
vleis by en smoor saam met die water tot gaar en sag. Dit sal
30 na 45 minute neem. Verwyder van hitte en hou eenkant.
Breyani
Gebruik 'n groot pot en voer dit uit met foelie om aanbranding
te voorkom. Plaas helfte van die rys in die pot, sprinkel met
sout. Plaas die gebraaide vleis- en uiemengsel bo-op die rys
gevolg deur die lensies en dan die aartappels. Plaas die res
van die rys bo-op, gevolg deur die eiers, botter skywe, saffraan
en 500 ml water. Sit die deksel stewig op en kook sowat 45
minute oor lae hitte. Onthou om nie die pot oop te maak voor
die kooktyd verby is nie!
Dhay***
Meng die dhaniablare en suurlemoensap in 'n bakkie en 2
eetlepels van die jogurt met die koljander in 'n ander bakkie.
Meng nou die suurlemoensapmengsel en die koljander-jogurt
saam en voeg dan die res van die bestanddele (ook die res
van die jogurt) by. Meng goed tot 'n dik maar tog vloeibare
massa. Melk kan bygevoeg word as die mengsel te dik is.
Plaas in klein melkbekertjies en hou in die yskas tot opdiening.
Bedien saam met die breyani.
* Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard
bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar-
of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier
gemaal word.
**Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani
en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte,
insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste
supermarkte en speserywinkels.
*** Dhay is 'n jogurt wat saam met breyani geregte bedien
word.

Thu, 19 Jun 2008
Page 2 of 2 www.pasella.com | resepte Lamsvleisbreyani
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558811.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Daltjies (chilly bites)
(maak 25 daltjies)
Daltjies,'n tradisionele Maleisiese gereg, is vir Pasella gemaak
deur Zainie Misbach van die Noon Gun Restaurant in die Bo-
Kaap. Pasella het gaan kook met die spesery en krui,
koljander, en daltjies is een van die geregte wat gemaak is.
1 mediumgrootte ui, fyngekap
10 takkies vars dhania koljander, fyngekap*
3 groot spinasieblare, fyngekap
1 koppie selfrysmeel
1 koppie ertjiemeel**
1 e bakpoeier
1 t sout
1 t fyn borrie
1 t fyn komyn
1 t rooi masala***
t dro of vars rissies, gekap
1 eier
koppie water
olie vir diep braai
Meng al die dro bestanddele en speserye saam. Voeg die
eier by en roer goed terwyl die water stadig bygevoeg word.
Roer tot dit 'n drupbare dikte bereik, nog water kan bygevoeg
word indien nodig.
Vul 'n 3cm-diep pannetjie met olie en verhit. Skep die deeg
lepelsgewys in die warm olie en braai oor medium hitte tot
goudbruin en gaar.
* Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard
bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar-
of takkievorm wees en die sade kan in heel of as fyn poeier
gekoop word.
** Ertjiemeel word gemaak van dro ertjies en is beskikbaar by
speserywinkels. As alternatief kan channa-meel gebruik word.
Dit word gemaak van 'n witter ertjie of lensie en is ook
beskikbaar by speserywinkels.
*** Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie,
breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte,
insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste
supermarkte en speserywinkels.

Daltjies (chilly bites)

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Daltjies (chilly bites)
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/558809.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Melktert
(maak 2 terte)
Melktert loop al 'n lang pad in die Suid Afrikaanse geskiedenis
en volgens Niel Els hoofbestuurder van Boschendal
Restaurante is dit ook een van gunsteling nageregte wat in die
19de eeu gemaak is. Dit is saam met ander soetgoed
opgedien tydens Pasella se 19de eeuse onthaal.
150 g blaardeeg
60 g botter
1 liter melk
2 kaneelstokkies
6 eiers, geskei
4 e mielieblom
2 e koekmeel
6 e suiker
1 t vanieljegeursel
kaneelsuiker as garnering
Verhit die oond na 180 C.
Rol die blaardeeg 3 mm dik uit en voer twee ronde
pasteihouers met 'n deursnee van 20 cm elk daarmee uit. Prik
die bodem 'n paar keer met 'n vurk en verkoel dan goed. Plaas
die botter, melk en kaneelstokkies in 'n pan en bring tot
kookpunt. Verwyder van hitte en verwyder dan ook die
kaneelstokkies. Plaas die eiergeel, koringmeel, koekmeel,
suiker en vanielje in 'n bak en meng tot 'n deeg. Voeg dan
stadig die melkmengsel by die deeg en meng om 'n vla te
vorm. Klits die eierwitte tot sagtepunt en vou in die vlamengsel
in. Gooi die mengsel in die twee verkoelde pasteihouers en
bak 30 min tot goudbruin bo-op. Besprinkel met kaneelsuiker
en bedien.

Melktert

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Melktert
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/520978.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Kweperkonfyt
(maak 220g)
Malin Clayton van Cotage Fromage het hierdie tradisionele
kweperkonfyt vir Pasella se 19de eeuse onthaal gemaak. In
daai dae was daar nie yskaste om bestanddele vars te hou nie
en daarom is vrugte op hierdie manier bewaar wanneer daar 'n
oorvloed was. Dit gaan perfek saam met barmbrood en
bokmelkkaas.
500 g kweper, geskil en in stukke gesny
water, vir kook van kwepers
200 g suiker
1 suurlemoen, versap
1 lemoen, versap
steranys, een vir elke kweper*
Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die
suiker, suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe
om 2-3 ure teen baie lae hitte te prut tot die kweper diep-oranje
in kleur is en die stroop dik is. Gooi in gesteriliseerde bottel en
bedek met suikerstroop.
* Omdat steranys 'n sterk smaak het, kan dit bygevoeg word
volgens jou voorkeur, maar in hierdie resep is ongeveer een
steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg.

Kweperkonfyt

Eko-huise vir natuurlike
klimaatbeheer
Avonturiers met voete van ys(ter)
Bibber in Bethlehem? Watwou!
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Kweperkonfyt
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/520976.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Appeltert
(maak 1 tert)
Vir die 19de eeuse onthaal wat Pasella gehou het, het Niel Els
die hoofbestuurder van Boschendal Restaurante hierdie
heerlike tradisionele nagereg opgedien.
300 g soet tertdeeg*
500 g geskilde 'golden delicious' appels, stronk verwyder en in
kwarte gesny
4 eiergele
90 g suiker
2 druppels vanieljegeursel
4 knippies kaneel
200 ml room
Voorverhit die oond tot 215 C.
Smeer 'n tertbord van 26 cm in deursnee, met 'n bietjie botter.
Rol die soet tertdeeg 3 mm dik uit, sny in 'n 30 cm-sirkel en
voer die tertbord daarmee. Sny elke appelkwart in 4 snye en
plaas eweredig oor die deeg. Begin aan die buitekant en laat
die snye effens oorvleuel. Bak 15 minute. In die tussentyd,
meng die eiergeel, suiker, vanielje en kaneel baie goed. Klop
die room tot styf en vou in saam met die eiergeel-mengsel.
Bedek dan die gebakte appel en deeg met die eiermengsel en
bak 'n verdere 35 minute of tot die appels sag is. Bedien warm
net so, saam met room of vanieljeroomys.
*Soet tertdeeg
(maak 500 g)
125 g sagte botter
90 g strooisuiker
1 eier
250 g koekmeel
2 knippies sout
Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eier by en
meng 30 sekondes. Voeg dan die meel en sout by en meng tot
'n dro deeg vorm. Verkoel tot benodig.

Appeltert

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Appeltert
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/520775.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Appel-en-vanielje-margarita
(maak 1)
Bestanddele:
1 handvol gerasperde appel
1 kroeglepel* of teelepel vanieljesuiker**
2 sopies tequila
1 sopies cointreau (lemoenlikeur)
1 sopies lemmetjiesap
Metode:
Druk die skemerkelkglasie se rand in sout (sit bietjie
suurlemoensap in 'n piering en 'n bietjie sout in 'n ander. Rol
die raam van die skemerkeltjieglas liggies eers in die
suurlemoensap en dan in die sout).
Voeg al die bestanddele in 'n skudbottel met ys en skud goed.
Gooi die drankie deur dun siffie en gooi dit in die glasie.
Garneer die drankie met 'n stukkie lemmetjieskil.(Dit word
tradisioneel met suurlemoen of lemmetjiewiel gegarneer.)
*'n kroeglepel is min of meer die grootte van 'n teelepel maar
het 'n langer steel.
**Maak vanieljesuiker deur n vanieljepeul in n potjie met
suiker te sit. Sit n deksel op en laat dit n paar dae staan om
die geur goed te laat intrek.
Don Julio uit die oude doos
(maak 1)
Bestanddele:
1 kroeglepel* of teelepel suiker
'n paar druppels bitters
2 sopies tequila
stukkie lemoenskil
Metode:
Plaas suiker en bitters in glas en meng totdat die suiker
opgelos is. Voeg 'n bietjie van die tequila by en roer tot goed
gemeng. Voeg 'n paar blokkies ys by die tequilamengsel en
hou aan roer. Volg die laaste twee stappe totdat die volle 2
sopies tequila gebruik is dit neem sowat 5 minute om die
perfekte Don Julio uit die oude doos te maak!
Vul die drankie met ys nadat dit goed gemeng is. Vat stukkie
lemoenskil en vee dit om die rand van die glas. Die skil se olie
gee die drankie aangename lemoengeur en reuk. Gooi dan
die skil in die drankie as garnering.
*'n kroeglepel is min of meer die grootte van 'n teelepel maar
het 'n langer steel.
Granaat-kosmopolitaan
(maak 1)
Skemerkelkies

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 2 www.pasella.com | resepte Skemerkelkies
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/459535.htm
Bestanddele:
1 sopies vodka
1 sopies cointreau (lemoenlikeur)
2 sopies granaatsap
lemmetjiekonsentraat
stukkie lemoenskil
Metode:
Meng die vodka, cointreau, granaatsap en
lemmetjiekonsentraat in 'n skudbottel en skud met mening.
Gooi die mengsel deur 'n siffie en dan in 'n mooi glas. Sny 'n
stukkie lemoenskil van die vrug af en verhit die skil met
aansteker. Terwyl die vlam brand druk die olie oor die drankie
uit. Dit sal so effense vonkie maak. Smeer die skil aan die
rand van die glas en gooi in die drankie as garnering.

Page 2 of 2 www.pasella.com | resepte Skemerkelkies
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/459535.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Gebakte sjokoladepoeding
(bedien 6)
Carol Weideman, van die L'Olive Restaurant in Stellenbosch
het hierdie nagereg vir Pasella opgedien. Carol, al 'n ou hand
in die kombuis is ook 'n dosent by die Institute of Culinary Arts
en het vir Pasella wenke gegee oor hoe om oorskietbrood in
blink geregte te omskep.
Sjokoladevla*
1 dag oue brood , in dik snye gesny en korsies afgesny
1-2 pakkies sjokoladelekkers**, van jou keuse
Verhit die oond tot 180 C.
Berei 6 oondvaste bakkies voor deur dit met botter te smeer.
Week die snye brood in sjokoladevla en voer dan elke bakkie
uit met die geweekte snye brood. Plaas een of twee
sjokoladelekkertjies in die middel van die broodbakkie en plaas
'n brooddekseltjie bo-op elk. Bak 10 minute in bain-marie in die
oond tot gestol. Verwyder uit die oond, keer uit en bedien
dadelik.
*Sjokoladevla
2 koppies volmelk
80 - 100 g donker sjokolade, gekap
5 eiergele
60 g strooisuiker
1 t vanieljegeursel
Verhit die melk tot net voor kookpunt. Voeg die gekapte
sjokolade by die melkmengsel en roer tot die sjokolade
gesmelt is. Klits intussen die eiergele en suiker saam tot lig en
donsig. Voeg die melk- en sjokolademengsel geleidelik by en
meng goed. Giet die mengsel weer terug in 'n skoon kastrol en
verhit oor lae hitte. Roer deurentyd tot die sous begin verdik.
Verwyder van die hitte, en hou aan roer tot die sous begin
afkoel. Voeg die vanieljegeursel by. Moenie die sous oorverhit
nie, dit skif baie maklik.
**Carol gebruik sjokoladelekkers met 'n toffie in die middel.

Gebakte sjokoladepoeding

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Gebakte sjokoladepoeding
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/247166.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Paasbolletjie brood-en-botterpoeding
(bedien 6)
6 paasbolletjies
50 g sagte botter
75 g appelkooskonfyt
2 eiers
1 k melk
1 k room
160 ml versiersuiker
1 t vanieljegeursel

Voorverhit oond tot 160 C. Sny paasbolletjies in 3 snye
horisontaal. Smeer elke sny met sagte botter en
appelkooskonfyt. Plaas paasbolletjiesnye een vir een in
oondvaste koppies, sodat daar op die einde een hele
paasbolletjie in elke koppie is. Maak seker die kruis van die
paasbolletjie is bo-op.
Berei die eiervla deur eiers, melk, room en versiersuiker saam
te klits. Gooi oor paasbolletjies in koppies en laat toe om
ongeveer 45 minute te staan voordat dit gebak word. Bak 35
minute in 'n kookwater-waterbad in voorverhitte oond of net
tot gestol. Sprinkel versiersuiker oor volgens smaak en bedien.

Paasbolletjie brood-en-botterpoeding

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Paasbolletjie brood-en-botterpoeding
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/240834.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Wortel- en malavalekkerkolwyntjies
(bedien 12)
Kolwyntjies
200 g koekmeel
125g bruinsuiker
25 g gouestroop
50 g gerasperde wortel
125 g sagte botter
k volroom melk
2 t bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
10ml bakpoeier
100 g malvalekkers, gekap
Versiersel
200 g versiersuiker
125 g sagte botter
1t vanielje-ekstrak
2 ml sout
Kolwyntjies
Voorverhit die oond na 180C. Plaas al die bestanddele in die
mengbak van voedselverwerker en meng paar sekondes
op lae spoed. Verhoog die spoed en klop die mengsel
ongeveer 2 minute.
Plaas 12 papierkoppies in muffinpannetjies en skep
deegmengsel in. Druk drie stukkies gekapte malvalekkers in
elke degie. Bak 18 minute. Laat afkoel op draadrak.
Versiersel
Klop al die bestanddele saam tot glad en romerig. Versier die
afgekoelde kolwyntjies en gebruik klein eier-lekkertjies vir
verdere versiering as jy wil.

Wortel- en malavalekkerkolwyntjies

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Wortel- en malavalekkerkolwyntjies
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/216516.htm

EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn,
kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons
die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker
dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen
verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker
speel in die kombuis!
Amarula-gegeurde bavarois*
(bedien 6)
1 k melk
3 eiergele
75 g witsuiker
1 e gelatienpoeier geweek in 2 e koue water
knippie sout
1 t vanieljegeursel
1 e Amarula-likeur
1 k room, geklop
Verhit die melk in 'n kastrol tot net warm.Verroom intussen die
suiker en eiergele. Voeg dan die warm melk stadig by die eier
en suikermengsel. Gooi die eier-melkmengsel terug in die
kastrol en kook oor lae hitte terwyl gedurig geroer word. Hou
aan totdat dit verdik of 'n dun lagie vorm op die agterkant van
die houtlepel. Voeg die gedehidreerde gelatien by die warm
mengsel en roer tot opgelos. Meng die sout, vanieljegeursel en
likeur by en verwyder van hitte. Verkoel tot dit begin gel en vou
dan geklopte room in. Gooi in 6 stolvorms en stol oornag. Om
dit uit te haal, druk die onderkant van die vorms vinnig in warm
water.
*Bavarois is 'n nagereg wat gewoonlik bestaan uit eiervla wat
met geklopte room gemeng en met gelatien in 'n vorm geset
word.

Amarula-gegeurde bavarois

Koljander in ons kos
Sulke oulike Kollies!
Van Rensburg en Hugo 'n
wenkombinasie
Naam:

Van:

Epos:

tekenin
Thu, 19 Jun 2008
Page 1 of 1 www.pasella.com | resepte Amarula-gegeurde bavarois
2008/06/19 http://www.pasella.com/resepte/694786.htm

You might also like