You are on page 1of 1

PAMPOEN POTBROOD

PAMPOEN POTBROOD
1-2 koppies botterskorsieblokkies
1 koppie bruismeel
teelepel bakpoeier
teelepel koeksoda
teelepel sout
koppie roomkaas
koppie (65 g) sagte botter
1 koppie suiker
1 groot eier
1 koppie baie sterk kaas soos
gruyre of cheddar, gerasper
METODE:
Stoom die botterskorsie gaar, druk dit fyn en laat dit in die yskas afkoel. (Jy het koppie
puree nodig.)
Meng die meel, bakpoeier en koeksoda en sout alles saam, en hou dit eenkant.
Klits die roomkaas en botter goed saam en voeg dan die suiker bietjiesbietjies by tot dit lig
en romerig is. Hou aan met klits. Voeg dan die eier daarby en klits die mengsel.
Meng die meelmengsel versigtig deur die roomkaasmengsel en vou dan die botterskorsie
daarby in.
Skep die beslag in n gesmeerde swartpot en bak dit met n paar kole op die deksel vir
ongeveer 50 minute. Sprinkel die kaas sowat 10 minute voor die einde oor sodat dit kan
smelt voordat jy die brood uitdop. Jy kan die brood ook in n gesmeerde oop oondpan bak
teen 170 C.
Bron: Weg
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK500g Bruismeel
1 botteltjie Bier (330 ml)
1 kop Chedar kaas gerasper
(Ek het halwe blikkie sweetcorn oorskiet by gegooi)
Sout
METODE:
Meng alles saam en gooi in gesmeerde pannetjie.
Bak 1uur by 180*F
Bron: Onbekend
Plasing & Foto: Jaenette Hough Meyer / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

You might also like