You are on page 1of 1

Diepskep Macaroni en Maalvleis

Lekker ou staatmaker keer op keer, ouma se diepskep macaroni en maalvleis gebak

60 ml kookolie
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies; gekneus en gekap
700 g beesmaalvleis
2 tamaties opgekap
30 ml tiemie
2 el tamatiepuree
sout en peper na smaak

Afronding:
3 kop rou macaroni, gaargemaak soos op pakkie, gedreineer
3 lekker hande vol gerasperde cheddar kaas
2 eiers geklits met lekseltjie melk
Voorverhit die oond tot 180 C (skakel oond solank aan sodra jy begin met maalvleis)

Verhit die kookolie in ’n groot pan en roerbraai die opgekapte ui en knoffel tot deurskynend
Voeg maalvleis en tiemie by, braai tot lekker geurig en bruin
Voeg nou by tamatieskywe en tamatiepuree, sout en peper na smaak, prut vir 5 minute
Smeer ’n oondvaste bak

Skep die maalvleismengsel alles onder in ‘n diep oondvaste bak


Sprinkel lekker handvol gerasperde kaas oor
Volg met gekookte macaroni, giet nou eiermengsel eweredig oor
Rond af met lekker dik laag gerasperde kaas

Bak by 180 C vir 1 uur tot goudbruin

You might also like