You are on page 1of 1

Worspotjie

Bestanddele
± 400 g verskeidenheid wors ('n paar gerookte kaasworsies, russians, chirozo ens.) wat
in 5 mm wieletjies gesny is
1 pakkie (250 g) swoerdlose spek, opgesnipper
2 uie, gesny
huisie of twee knoffel, fyngedruk
1 pakkie sampioene (250 g), afgevee en opgesny
1 soetrissie, ontpit en opgesny
spatsel olyfolie
pak pasta, penne
1/2 bottel droë wit wyn
blik sampioenroomsop aangemaak met 'n 1/2 blikkie kookwater
klein houer vars room (opsioneel)
handvol of twee gerasperde cheddarkaas
gekapte pietersielie vir garnering
NB: Moet nie sout gebruik nie, die wors en spek maak dit sout genoeg

Metode
Gooi die olyfolie in 'n warm swart pot en braai die uie. Voeg die spek by en braai en
laastens voeg jy die worswieletjies by. Roerbraai die res van die bestanddele tot die
sampioene "water trek".
Voeg die penne by die gebraaide konkoksie, voeg die witwyn by en genoeg kookwater om
die pasta te bedek. Laat saggies kook en gee so nou en dan 'n roer om seker te maak
niks brand vas nie (die vuur moet nie te warm wees nie). Vul aan met kookwater as die
pasta begin droog kook en as niemand van die orige wyn gedrink het nie, daarvan ook.
As die pasta gaar is, roer die aangemaakte sop (en room) liggies deur die kos. Strooi die
gerasperde kaas oor en haal pot van hitte af. Laat staan vir 'n paar minute sodat die
kaas smelt. Strooi pietersielie oor.
Skep op saam met 'n lekker groen slaai en vars broodrolletjies. Genoeg vir 8 mense.

You might also like