You are on page 1of 71

kreatiewekosidees.

com

Ingeleg/ingelegde/canned

69-88 minutes

Noedelslaai
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
METODE:
Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar nog ferm met sout en – spoel
onmiddelik af met koue water om die kookproses te stop
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg
mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels.
Ingelegde spagetti

3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
METODE:
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot
sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie.
Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm

Ingelegde spagetti met tamaties

25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti
METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou
Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die
Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Kerrieboontjies
2 kg gesnipperde groen boontjies

1 kg uie – gekap

1,25 liter asyn

10 ml borrie

15 ml sout

500 ml suiker

45 ml kerriepoeier

15-20 ml mielieblom

Opsioneel, ek gooi altyd ‘n blik perskes wat gesnipper is by en ‘n


handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die
perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit
gee mooi kleur aan die boontjies.

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die

asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot


kastrol en

bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook


deeglik deur. Maak

die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit
verdik. Skep

in warm, gesteriliseerde flesse.

Mosterd bone

2kg gekerfte bone


1kg gekerfte uie
1/2 kop droe mostert
2 kop suiker
2 eetl sout
1 kop koekmeel
2 teel borrie
3 kop asyn
1 1/2 kop water
METODE:
Kook uie en boontjies tot sag en gooi water af. Kook res van
bestandele saam tot dik.
Gooi by boontjies, kook goed deur en bottel.

Rencia se beetslaai

1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe)

2 eetl maizina

500ml asyn

2 kop water

1 ½ kop suiker

Sout en peper

Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm.

As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor

Kerrie beetslaai

Deur: http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf
5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte


substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit
kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg


by en kook tot dit verdik.

Bottel dit in gesteriliseerde bottels.

Beet atjar

Meng en bring 2 kop bruin asyn, en 3 kop suiker tot kookpunt.


Voeg dan by: 6 kop gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn
gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl


tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan
45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

Beet bladjang

750 ml suiker

500 ml bruin asyn

6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny

2 groot uie, fyn gekap

15 ml kerriepoeier
5 ml sout

45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water

Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die
suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en
uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met
‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en
kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en
verseël.

Beet bladjang

2 groot bossies beet


8-10 uie
6 eetl Kerrie
1.5 kg suiker
1.5 l wit asyn
Sout en peper na smaak
3 eetl olie
4 eetl Maizena
Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by
beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die
Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik.
Bottel.

Kerrie kool

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en


rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

Rina Kleinhans: Juanita Van Pletzen

Ingelegde aartappelslaai

4 kg Aartappels,
2 (750ml) Mayonaise,
1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout
in.Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan
maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en
verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo
mengsel,roer deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op
‘n koel plek gehou word.

Koperpennie wortelslaai

1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Om te bottel, sterliseer bottles en bottle warm.

Rooi slaphakskeentjies

1.5kg dwerguitjies

150g gebleikte sultanas/rosyne

125g wit suiker

250ml wit asyn

250ml water

125ml tamatiepasta

50ml sonneblomolie

2 ml sout
knippie rissiepeper

Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit,
aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor
matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die
uitjies warm en verseël dit dadelik.

Sonja Visser Porton se: UIEBLADJANG MET APPEKLOOSKONFYT

500g appelkoos konfyt


400ml asyn
125ml suiker
7 ml “tumeric” (borrie)
7 ml kerriepoeier
2kg uie
5 ml sout

Sny uie in ringe and gooi dan mense van al die bestandele wat jy
saam gemeng het oor die uie laat dit oornag staan en skep
volgende dag in bottels
Bron:Watertand resepte

Uie marmelade

150 ml olyfolie

20 ml mosterdsaad
1 kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny

25 ml gemmer, vars, gerasper


2 vars lourierblare

100 ml bruinsuiker
150 ml rooi wynasyn

100 ml rooiwyn
Fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie
stadig oor ‘n lae hitte tot dit sag is (sowat
25 minute). Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddele by
en prut saggies tot die sappe
verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en
laat staan 8 uur sodat die geur goed
deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit
voor met gebraaide beesvleis, ham
of kaas.

Uie Marmelade

Bestandele
1 kg uie in dik skywe gesny
Halwe kop Balsamic Asyn
Halwe kop Bruin Asyn
3 kop Bruin suiker
1/4 kop Heuning
1 kop vars uitgedrukte lemoensap met die vessel
1 Bay leaf
1 teelepel sout
Kwart kop olyf olie
Gooi als in n groot genoeg kastrol
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word toets in n
piering tot reg
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm .

Kerrie uie

Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in


yskas!

1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny

500 g fyn appelkooskonfyt

100 ml druiwe-asyn

7 ml matige kerriepoeier

7 ml sout

7 ml borrie
125 ml suiker

Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat


dit gebottel word. Laat minstens 3 weke lank by
kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.

Mosterd Uieslaai

3 kg piekeluie (ek het die groter tipe gebruik)


Skil die uitjies en kook dit vir 5 minute en dreineer.

SOUS:
8 eiers geklits met elektriese klitser.
5 k suiker, bietjies-bietjies by gesit en klits goed.
Voeg by: 500 ml wit Safari spirits asyn. Klits baie goed tot suiker
opgelos is.

Maak dan die volgende bestanddele aan tot ‘n pap:


7 ml sout
30 ml mosterd
45 ml Maizena
250 ml Safari spirits asyn

Sit die uie terug in jou pot en giet die eiemengsel oor die uie.
Kook gaar en dik oor matige hitte… roer af en toe. Bottel warm en
verseël dadelik. Baie lekker

Pickle onions

2 and 1/2 kg pickling onions


450 g brown sugar
1 1/4 liters vinegar
15 g ground cloves
15 g ground allspice
2 tablespoons flour
2 teaspoons curry powder
2 teaspoons turmeric
Peel all the onions. Without boiling heat the vinegar and sugar and
stir till sugar is dissolved.. Stir in other dry ingredients (except for
onions) which have been mixed with a little cold vinegar.
Boil until it thickens.. Pat dry onions, put in jars and fill jars with
the sauce. Keep three weeks before using

Groente atjar

*Peter-jasies*
50ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies – ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80 ml atjar masala of gewone masala

Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week


vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies,
knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel
en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.

Gemengde groente atjar

Afrikaanse Resepte

10 ml koeksoda
6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
1 groot ui, in dun skywe gesny
1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny
250 ml vars of bevrore ertjies
50 ml atjarmasala
5 ml sout
5 knoffelhuisies, gekneus
400 ml kookolie

Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide


groente 2 minute daarin week. Dreineer goed en bedek dadelik
met koue water. Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n
sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met
30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg
die atjarmasalamengsel by. Giet oor groente en meng aan; maak
seker dat groente goed bedek is met mengsel. Plaas in houer in
yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde, verseļde flesse. Berg
in koel, donker plek. Hierdie atjar kan dadelik ge eet word, maar is
beter na 2-3 weke.

Picalilli’s

500g sampioene

500g blomkool

500g dwerguitjies

500g murgpampoentjies

250ml water

50g mielieblom

2 liter wit asyn

200g wit suiker

100ml appelkooskonfyt

20ml mostertpoeier

15ml kerriepoeier

10ml borrie

5ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer.

Sny die blomkool in stukkies.

Skil die uitjies.

Sny die murgpampoentjies in skyfies.

Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar.

Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse.


Vul die vloeistof aan tot 250ml en maak die mielieblom daarmee
aan.

Verhit die res van die bestandele saam tot kookpunt.

Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer


5min.

Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseël

BLOMKOOL PIEKELS: [SARIE]

As jy van piekels hou as bykos, dan is hierdie resep net vir jou. Dit
kan maande in die yskas gehou word.
Genoeg vir 6 – 8
10ml heel koljander
10ml mosterdsaad
5ml komynsaad
1 lourierblaar
500ml witwyn-asyn
5 knoffelhuisies
1 stuk gemmer [duimnael grote], fyngerasper
2 baba-uie, in ringe gesny
125ml suiker
10ml sout
10ml rissievlokkies
1 kop [340g] blomkool, in los blomme gebreek
4 wortels, in ringe gesny
SO MAAK JY:
Droogbraai die speserye en lourierblaar. 3 – 5 minute in warm
middelslag pot.
Voeg res van die bestanddele, behalwe blomkool en wortels by.
Bring tot kookunt en kook 5 minute.
Voeg blomkool en wortels by,
Verwydervan hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat
dig seël.
Laat afkoel in flesse en piekel minstens ‘n dag lank voor jy dit
voorsit.
Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.

Kerriesous vir enige groente (voeg slegs gaar groente teen die
einde in en kook deur en bottel

2 koppies druiwe asyn


1½ koppies suiker
½ koppie water
50ml appelkooskonfyt
4 teelepels matige kerriepoeier of na smaak
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel borrie
½ teelepel fyn komyn(jeera)
½ teelepel fyn koljander
1blikkie tamatiespasta
1 teelepel sout
¼ koppie mielieblom.
METODE:
Meng al die bestandele en roer tot suiker gesmelt het. Laat goed
kook vir 5 minute, gooi by enige gaar groente en bottel warm.
“Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag

Suurlemoen atjar/piekels

Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.

Maak: 4 mediumgroot flesse

12-15 klein suurlemoene of lemmetjies

45 ml growwesout

60 ml atjar-masala

45 ml fenegriek (methi)

15 ml selderysaad

2-4 groen brandrissies, ontpit

en gekap

300 ml suurlemoensap

1 Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die
plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir ‘n paar uur week
tot sag.

2 Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in


agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in ‘n bak wat nie van
metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit
oraloor die wiggies.

3 Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die


suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene.
Seël dit en los dit vir ‘n paar dae

Mosterd groente picalilli/piekels

2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer,


groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mostertpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1,4 liter wit asyn
6 eetlepels meel
2 eetlepels borrie
METODE:
Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke.
Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in
stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel
sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan.
Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af
Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn
in kastrol.
Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar
nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by
groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in
gesteriliseerde bottels en verseël.

Sousboontjies
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter
METODE:
Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n
kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander
bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook
het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met
jou sousboontjies

“Bg resep: Sarie Kos “

Cucumbers

Ingredients
3 kg to 2 ½ kg Cucumbers
33 cups Vinegar
3 cups Sugar
3 tablespoons Pickling salt (growwe sout)
4 1/2 teaspoons Celery seed
4 1/2 teaspoons Turmeric
1 teaspoon Dry mustard
Method
Wash cucumbers. Cut in strips or slices. Pour boiling water over
cucumbers. Let stand overnight. The next day, drain off water
,rinse and pack cucumbers in clean jars. In a large pan, combine
remaining ingredients. Bring to a boil, Cook 5 minutes. Pour over
cucumbers in jars. Seal. (Simple, tasty ~~amp crisp.)

Rencia Odendaal Pretorius (my wenresep)

Komkommer in Kerriesous

2 groot komkommers – Sny die komkommer in ringetjies en elke


ringetjie dan in 4 (dws daar moet van 1 ringetjie – 4 blokkies le as
jy dit klaar gesny het)

1 tot 2 uie (gekap)

Growwe sout
Gooi bogenoemde in vergietes in lae – sit ietsie swaar op sodat
die sout die ergste water uittrek – Laat staan so vir omtrent 1 uur.

Maak intussen ‘n sous op die stoof:

2 kop asyn (wit of bruin)

1.5 kop bruin suiker

1 eetl mosterdsaad (ek vat half wit en half swart)

2 tl dille saad (opsioneel)

2 tot 3 tl maizina

2 tl Kerrie

1 tl borrie

1 tl mosterdpoeier

Kook nou bogenoemde – dit moet kookpunt bereik

Spoel jou komkommer mengsel af onder lopende water en druk


ergste water af

Kap fyn – of ½ rooi greenpepper of so 5 tot 6 peppadews (mild of


hot) opsioneel

Gooi in kokende sous en kook so vir ongeveer 20 min oor lae hitte

Bottel warm

KERRIE-KOMKOMMERS
(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)

1Kg Engelse komkommers


500 g Uie, geskil
250 ml (1kop) Water
5 ml (1tl) sout
250 ml (1kop) Suiker
500 ml (2kop) Wit asyn
30 ml (2e) Kerriepoeier
10 ml (2tl) Mosterdpoeier
30 ml (2e) Mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water

METODE:
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die
water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute
lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker
opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur tot die
mengsel verdik.
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,75 liter.

ROMERIGE MOSTERDSOUS (die foto wys hoeveel dit maak)


500ml suiker
6 eiers
30ml mosterdpoeier
250ml asyn
2ml sout
380ml Ideal melk (1 standaard blikkie)
Klits/meng eiers suiker asyn mosterd en sout goed.
Kook op die stoof tot verdik –
Baie belangrik: ROER DIT DIT HEELTYD – dit brand maklik vas. Ek
gebruik my whisk die heeltyd –
Laat effe afkoel
Meng ideal melk by en meng goed

Bottel dadelik
Komkommer suurtjies

1.5 liter water


200ml wit asyn
70g sout
12,5ml wit suiker
7ml speseryemengsel vir suurtjies
Dille na smaak
12 gewone komkommers, elk ongeveer 10cm lank
METODE:
Vermeng al die bestandele buiten die komkommers in ‘n 5 liter
houer met ‘n wye nek wat geskik is vir die maak van suurtjies.
Plaas die komkommers in die mengsel en laat 24uur tot 48 uur by
kamertemperatuur daarin marineer. Bewaar die suurtjies in die
koelkas.
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Komkommer bladjang

3 jong engelse komkommers


2 middelslag uie
500ml water
250ml wit asyn
15ml wit suiker
10ml sout
5 swart peperkorrels
2 lourierblare
Metode:
Sny die komkommers oorlangs in kwarte op en sny die kwarte in
dun skyfies op. Hou eenkant. Skil en snipper die uie. Verhit dit
saam met die res van die bestandele tot kookpunt en kook tot die
uie sag is. Voeg die komkommers by, verhit die mengsel tot
kookpunt en kook vir 4 min. Laat die blatjang afkoel voordat dit
gebottel enverseel word.
( Lekker resepte vir die jongergeslag)

Komkommer ingeleg

12 gewone komkommers (Nie Engelse komkommers jou gewone


boere komkommers)
1.25liter warm water

500ml druiwe-asyn

20ml sout

60ml suiker

5 rooi brandrissies ( opsioneel)

16 peperkorrels

8 lourierblare

10ml speserye vir suurtjies

5 knoffelhuisies

Moenie die komkommers skil nie. Krap dit in die lengte met ‘n
vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van
die bestanddele in ‘n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer
stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt.
Verwyder die komkommer stukke met ‘n gaatjieslepel en skep uit
in gesteriliseerde flesse. Plaas ‘n brandrissie in elke bottel.
Dreineer die vloeistof in die kastrol deur ‘n sif. Skep ‘n teelepel van
die gedreineerde speserye in elke fles. Maak die flesse goed vol
met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.

Chillies gepiekel

Bestanddele
1 Bottel Asyn
2 tot 3 k Suiker
1 Pakkie Piekel Speserye
Chilies
Rooi en Geel peper (Red & Green Peppers)

Metode
Kook chilies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en
piekel speserye saam. Gooi chilies in bottel(s). Sny die peper in
blokkies en sit tussen chilies vir kleur. Gooi asyn mengsel oor.
Bere vir so 2 maande.
Wenk
Hierdie chilies is lekker net so of saam met kos. Ek neem
partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie
chilies in die bottel. Dan ‘n lagie peper blokkies en dan ‘n dik sky
suurlemoen. Die suurlemoene gaan ‘n besonderse smaak aan die
chilies.

Chillie sous gebottel

2 eetl olie
2 eetl Meel
1 en ¼ kop water
¼ teel sout
1 Knoffel fyngekap
1 kop Groen Chilli’s fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2 eetl Ui fyngekap
2 eetl Sweet – Chilli sous
½ teel Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
METODE:
Braai uie, knoffel en chilli’s so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as
n
Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Sweet chillie sous

75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie
warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak

Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt
is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe.
Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel
terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel.
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Chilli chutney

500g red chillies-stems trimmed

3 garlic cloves-peeled

750ml white vinegar

645g caster sugar.

Method:

Halve 100g of chillies and place in foodprocessor.

Halve and deseed the remaining chillies, place in foodprocessor.

Add garlic and 250ml of vinegar. Process untill finely chopped.

Place chilli mixture,remaining vinegar and sugar in large sauce


pan over low heat. Cook for 5 min or untill sugar is dissolved.
Ingrease heat and bring to a boil,stirring occasionally for 35-40min
or untill sauce thickens.

Pour into bottles

VIR GROEN CHILLIS as dit klein chilli is was en pak dit in


sterileerde flesse /as dit groot is soos jalapinos kook sous en sit
chillis in met n bord op om dit onder sous te hou oornag en pak
chillis in bottels en gooi kokende sous oor en seel warm

Sous:
650ml water, 275ml asyn, 50ml growwe sout Kook alles saam as
sterk kook gooi kokende sous oor chillis en seel dadelik

ROOI CHILLIS 1kg skoon chillis, 1/2 kg uie, 4kp suiker, 4kp asyn,
4 kp water, 2tl sout maak chilli+uie fyn/kerf fyn gooi alles in
kastrol en kook +- 2 ure roer gereeld en voeg 4etl maizina met
bietjie water gemeng by roer goed tot dik en skep in skoon warm
bot en seel dadellik kan ook n bietjie kerrie poeier byvoeg van
begin af dis heerlik

Chillie sous

500 g brandrissies gedroog


8-10 huisies knoffel
2 stukke gemmer
kap dit fyn in ‘n masjien tot amper “liquidize”
roer die volgende by
1 eetl sout
2 k asyn
verhit in ‘n groot pot
2 k olie tot kookpunt
gooi die boonste mengsel groot lepels gewys in die warm olie roer
met draad spaan of groot lepel wees versigtig vir warm olie hou in
olie net so 2-5 min pasop dat dit nie brand nie gooi alles in bottel
en bere.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Soetrissie sous

Kap vier groot jalapeño-rissies en vier knoffelhuisies fyn.


Smelt 10 ml botter in ’n groot pan en soteer die rissies en knoffel,
maar moenie dit verbruin nie.
Haal dit van die plaat af.

Meng:

50 ml water

50 ml suiker,

10 ml mielieblom
50 ml witwynasyn in ’n bakkie. Gooi die mengsel by die rissies en
sit dit dan weer op die plaat.
Verhit tot kookpunt en laat dit prut totdat die sous dik word

Hier is n lekker SWEET CHILLIE SOUS met skop!

1 ui gekap

1 knoffelhuisie gekap

3-4 chillies gekap (as jy pitte in los is dit net warmer)

Halwe koppie asyn

3 eetl suiker

1 eetl rooipeper

halwe rooipeper fyn gekap.

Halwe koppie water

Braai jou uie eers tot deurskynend. Gooi res van bestandele in pot
en kook tot stroopering.

Soet suur soetrissies ingeleg (green/red/yellow peppers)

Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou
bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en
verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n
sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous
hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
Metode;
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in
jou bottels.
Rissie bladjang

Bestanddele
3 Uie
2 Knoffelhuisies
500 ml Opgesnyde brandrissies
250 ml Bruin asyn
750 ml Appelkooskonfyt
10 ml Kerriepoeier
5 ml Mosterdpoeier
5ml Gemaalde Gemmer
125ml sweet chillie sous
5ml Sout
Metode:
Skil die uie en knoffel en sny dit in stukkies op.
Maal dit saam met die branrissies.
Voeg die asyn by en kook vir ‘n paar minute.
Roer die res van die bestanddele by.
Verhit dit stadig tot kookpunt.
Prut ongeveer 30 minute lank tot dik.
Roer gereeld.
Bottel blatjang warm en verseël dadelik

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Chakalaka (kan ook inle)

250ml canola olie


3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5ml Kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45ml koljander gekap.
Metode:
Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die
Kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel
en tamaties by en verhit sowat 10min tot dit begin stukkend kook.
Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10min. Roer die
gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot
goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bêre
minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.

* Huisgenoot resep*

Chakalaka

4 wortels gerasper
2 uie in repies gesny
200g kool gekerf
6-8 vet rooi rissies gekerf [met pitte in]
1 groen soetrissie[ in blokkies gekap]
5ml paprika
5ml borrie
15ml kerriepoeier
100ml suiker
1 blikkie gekapte tamaties
50ml asyn
1e appelkooskonfyt
50ml water
Metode;
Braai uie en soetrissie in olie tot mooi sag. Voeg wortels, kool,
rissies,paprika, borrie, kerrie,en roerbraai tot groente sag is en
gaar. Voeg dan jou tamatie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en jou
water by en prut vir so 10min.[ roer want dit kan maklik brand]
Bietjie sout en peper en bottel dit dan warm. Sorg net dat daar
geen lugblassies in botteltjies is nie!!! N.S ek het 2 soorte gemaak
maar by die een mengsel het ek n blikkie gekoopte “Hot & Spice”
Chakalaka bygevoeg en toe gebottel.

Appelkoosblatjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg appelkose – ontpit


500 gr ontpitte rosyne

6 knoffelhuisies

750gr uie

750 ml suiker

20ml sout

20ml gemmer

10ml kaneel

7ml swartpeper

2ml rooipeper

1.5liter asyn

Opsioneel– ek gooi 1 teel Crusted chillies van Robertson by (vir


die byt ekstra)

Maal die roysne, appelkose knoffel en uie

Ek doen dit nie, ek gooi dit sommer in my twista en tjop fyn, of sny
net kleiner.

Ek sny die appelkose sommer net in blokkies, los die rosyne heel
en die uie kap ek net fyn.

Voeg alles bymekaar en kook tot dik

Skep in gesterliseerde bottles

Basiese resep vir : Aarbeikonfyt/appelkooskonfyt/tamatiekonfyt

Die 3 fyn konfyte word op dieselfde manier gaargemaak

Verwerk jou vrugte. Sny stigels af of haal pitte uit en sny in kleiner
blokkies indien verkies

Weeg jou vrugte


Die formule is 1 op 1 dws :

1kg vrugte vir 1kg suiker ….. geen water word bygevoeg nie .

Pak vrugte in lae en laat staan vir ‘n rukkie om water te trek. Sit
plaat aan op nr 1 en laat die suiker stadig smelt. Roer gereeld.
Moenie konfyt begin kook voor al die suiker opgelos is nie, anders
brand dit aan.

Kook vinnig vir ongeveer 1 na 2 ure tot sag en stroop dik is. (Doen
jou yskas druppel toets)

Gooi bietjie suurlemoensap by om te keer dat dit sandsuiker word.

Bottel warm.

Tamatiekonfyt is presies dieselfde as bogenoemde, gooi net ‘n


stuk gekapte gemmer by as dit gekook word.

Appelkooskonfyt (mikrogolf)

Kan ook fyn vye, tamatiekonfyt en perskekonfyt met die resep


maak (voeg net jou gekeusde gemmerwortel by die die
tamatiekonfyt )

Sny appelkose oop, verwyder pitte

1 kg appelkose

1 kg suiker

30ml suurlemoensap

2tl botter

Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit


eenkant –

Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2


min

Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap


by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)

Roer af en toe liggies.

Bottel warm

NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook
nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel
het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer
konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en
soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n
paar botteltjies.

Mrs Ball’s chuney

(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-


resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

Bestandele

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper (rooipeper)
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde
brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik
850 g droe perskes.

METODE:

Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn


kook vrugte in asYn en dreineer
Maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal)
by en kook in ′n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang
af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
Voeg kruie by en kook vir 2 na 2 en 1/2 uur
Roer nou en dan met ′n houtlepel dat dit nie vasbrand nie
Bottel

Boeremeisies (appelkose)

(Ingelegde baba appelkose in brandewyn)

Dink net: gesonde, ryp appelkose ingelê in brandewyn en suiker.

Jy het 250 g wit suiker nodig vir elke 500 g appelkose.

Pak die appelkose in lae in ’n inmaakflesse. Gooi suiker oor elke


laag.

Vul die flesse op met brandewyn en plaas die deksels net lossies
terug.

Vou ’n vadoek op en plaas dit in ’n kastrol.


Plaas die flesse op die vadoek en vul die kastrol met water wat
net tot by die nekke van die flesse kom.
Verhit die water stadig tot dit begin kook en laat dit so aanhou tot
die brandewyn begin prut. Haal nou die flesse uit.
Gooi die stroop af en syg deur.
Gooi dit terug in die flesse en verseël wanneer die afgekoel het.

Om knoffel te skil en te bottel

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.
As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie,
le dan maar die huisies in.
Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat
klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng
‘n doppie Milton in ‘n koppie water.
Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water. Tel tot 60. Lig dit
met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi,
sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.
Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en
druk hom in sy ribbes en lig hom uit. Sodoende sal jy nie onnodige
bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.
Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep
waar olyf olie vereis word.
Piekel eiers – ingeleg

14 hardgekookte eiers, afgedop;

4 rooi brandrissies, gehalveer en ontpit;

‘n klein stukkie vars gemmerwortel, gekneus;

1 liter wit asyn;

5ml sout;

10ml peperkorrels.

Plaas eiers met rissies en gemmer in inmaakflesse. Prut asyn vir


10 minute saam met sout en peperkorrels en laat afkoel. Bedek
eiers met asynmengsel en verseël onmiddellik. Gebruik ná 4
weke.

Kerrie eiers ingeleg

Hierdie is n resep uit my Moeder se resepte boek van 1967!!


24 eiers [so n week oud]
6 uie fyn gekerf [med]
10ml kerriepoeier
1t borrie
1 lt. water
30ml suiker
25ml appelkooskonfyt
35ml asyn[bruin of wit]
25ml mielieblom[ maziena]
15ml blatjang
Knippie rooipeper
1t sout

Ek sal so 20ml Sweet-Chilli sous byvoeg


METODE:
Kook jou eiers hard en dop dit mooi af, plaas dit in n bak met n
deksel op en maak gou jou sousie. Kook jou uie,kerrie,borrie en
500ml water tot jou uie sag is en die meeste van die water
weggekook het. Meng nou die ander best. met die orige 500ml
water en voeg dit by die uiemengsel en kook dit vir so 20min. Gooi
jou warm sousmengsel oor jou eiers en laat dit afkoel. Plaas dit
dan in die yskas met n deksel op.
BYSKRIF by die resepie !!!Dit is baie lekker ek maak dit baie!!
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Tamatie bladjang

4 kg tamaties in blokkies
1kg uie
5kop suiker
400ml asyn
Kook alles saam tot sag.
Meng die volgende:
¾ kop asyn
½ kop water
3 eetl mostertpoeier
2 ½ teel sout
2 eetl Kerrie
4 eetl maizena
1 ½ teel borrie
Metode:
Kook vir ongeveer 15min, roer gedurig en voeg by eerste mengsel.
Kook goed deur en bottel warm. Kan koud of warm bedien word
saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike
sous om altyd in jou yskas te he

Tamatie lekkerte

Tamatiemengsel
4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

Italiaanse tamatie sous

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

1. Sny skil af van tamaties – sny alles op en gooi in pot. Voeg


sout en asyn by en kook tot sag.
2. Blend met handblender en voer deur sif.
3. Gooi suiker by en kook tot duk.
4. Gooi in bottels en seel.

Dis vir baie lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam blend .

Groentamatie bladjang

3 kg groen tamaties
125 ml sout
1½ kg fyngekapte uie
750 ml suiker
1,8 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en


laat staan oornag. Dreineer oortollige vloeistof. Roer gekapte uie,
suiker en asyn by. Kook vir 1 uur sonder deksel

Bottel

Groentamatie bladjang

Plaasing: KleinKombuis

Sny 1kg groen tamaties in kwarte, en gooi in ‘n pot. Neem 500g


groen appels, sny ook in kwarte, en verwyder die stronk. Moet dit
nie afskil nie.

Sny 2 medium uie op, gooi in die pot, draai ‘n vlammetjie onder sy
bodem oop, en laat dit stadig warm word.

Gooi verder in die pot: 4 koppies mout (malt) asyn, of appel asyn.
1 3/4 koppies bruin suiker, 1 koppie goue sultanas, 1 1/2 teelepels
mostertpoeier, 1 teelepel gemaalde kaneel, 1/4 teelepel gemaalde
naeltjies, 1/4 teelepel cayenne peper en ‘n skeutjie sout.

Prut die inhoud vir 90 minute sonder deksel. Roer gedurig. Die
blatjang sal begin verdik.

Proe die suikergehalte en gooi in gesteriliseerde flesse. Draai styf


toe, laat omgekeer afkoel, plak pronkerige strokies met datum en
naam op, en stal uit vir almal om te sien!

Tamatie bladjang

2kg baie ryp tamaties geskil


1kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier<geel blik>
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n
halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld.
(ek gooi 2t van die pikkelspys wat effe fyn gedruk is ) Bottel Laat
staan eers vir tenminste een week voor jy begin gebruik

Tamatiekonfyt

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou


jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker Gooi die tamaties
onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn
– gooi nou die suiker bo-oor Laat staan so ‘n rukkie dat die suiker
begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee
van onder af Roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie
– gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2
ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te
toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan
paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet
dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water
afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook
maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi
nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.

Bottel warm

Kerriekool

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel


vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en


rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

Kerriekool

Rencia Odendaal Pretorius

2 kg kool (gekerf)

1 kg uie (gesny)

Bring die volgende tot kookpunt:

2 ½ kop asyn

3 kop suiker

3eetl maizina

1eetl sout

2 eetl Kerrie

Kook die kool en uie net vir paar minute – dit moet sag wees, nie
pap nie.

Gooi kokende asynmengsel bo-oor en kook net vinnig deur.

Bottel warm

Kool atjar

2 kg kool, fyn gekerf


1 kg uie, fyn gekerf
½ kg wortels, in repies gesny
½ kg bone, fyn gekerf
2 eetl kerrie poeier
1 eetl borrie
4 eetl mielieblom
3 kop suiker
3 kop asyn
2 dessertlepel sout

Kook groente 1½ kop water tot sag maar nie pap.


Water deeglik af.
Kook sous apart tot dik.
Gooi oor groente en laat deur kook.
Bottel.

Soet kool met pickling spices

16 koppies gekapte kool


3 kop gekapte ui
4 kop suiker
125 ml sout
3 kop asyn
375 ml water
1 Eetl pickling spice
Metode:
Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer .
Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en
voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
Opsioneel -Jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper
vir kleur.

Tamatie en kerrie kool

1 en 1/2 kg gekerfde kool


1/2 kg gekerfde uie
4 wortels gerasper
Metode:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op en kook tot sag. Dreineer
en maak jou sous
Sous:
4 k asyn
3 k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous
2 blikkie of pakkie Tamatie Pasta
1 k water
2t natige kerrie [of sterk]
1 en 1/2t borrie
1t fyn koljander 2t sout
2t fyn gemmer
125ml Mielieblom[ Maziena]
Metode;
Kook alles vir so 3min. Gooi die gedreineerde koolmengsel by en
kook 5min. Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi
by tot die regte dikte en kook tot gaar. Bottel warm

Sandwichspread

1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper


1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonaise
METODE:
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur
staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, men…g die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is.
Skep in skoon
flesse en maak dig toe en bere in yskas

Ingelegde perskes

Groot perskes halveer en ontpit


Klein perskes kan heel gehou word
Skil dun af
Matige Stroop
200g suiker
500ml water
Kook dit tot n matige stroop
METODE:
Kook perskes in water tot sag
Dreineer goed en kook verder in stroop vir so 5-10 min
Pak vlesse lekker vol en gooi stroop oor tot oorlopens
Verwyder al die lugblasies en Verseel dadelik
N.S..2-3 pitte in stroop gekook smaak lekker haal net uit voor
bottel

Perske bladjang

500g geelperskes

2 uie, gekap

10ml sout

3ml koljanderkorrels

2ml piment-of –wonderpeperkorrels

2ml peperkorrels

5ml matige kerriepoeier

1ml sout

250ml wit asyn

12.5ml mielieblom

25ml koue water

100ml kookwater

100ml suiker

Spoel perskes af om hare te verwyder. Halveer en snipper in dun


skyfies. Bedek perskesnippers en gekapte uie met water waarby
10 ml sout gevoeg is. Laat staan vir ‘n uur. Kook vir 20 – 30
minute in ‘n kastrol, nadat 100ml kookwater bygevoeg is. Kook
intussen speserye, sout en asyn vir 3 minute in ‘n ander kleiner
kastrol. Voeg asynmengsel by gaar perskemengsel. Meng
mielieblom en koue water tot glad. Roer kookwater en suiker by
mielieblommengsel. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat sous
verdik. Skep blatjang in warm, skoon, glasbottels en verseël. Bêre
op ‘n koel donker plek.

Mikrogolf perskebladjang

5 groot geel taaipitperskes


1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220g wit suiker
180ml siderasyn
150g pitlose rosyne
2ml kerriepoeier
1ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters
Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny
die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal
dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die
res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en
mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die
vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat
45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik
genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik

Perske bladjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg geelperskes (ontpit en in blokkies gesnipper)

2.25kg uie (gekerf)

1 eetl Kerriepoeier

1 tl gemmer

25ml sout

1 tl naeltjies – heel
1 tl borrie

4 ½ kop wit asyn

750 gr suiker

10 ml koljander

5ml crushed droe chillies van Robertsons (opsioneel) gee lekker


brand smakie

Plaas speserye in asyn en bring tot kookpunt

Voeg by suiker,sout kerrie en borrie en kook tot alles gesmelt is

Gooi perskes en uie by

Kook op vinnige hitte vir 20 min

Bottel kokend

Onthou om die naeltjies uit te haal.

Mikrogolf geelperskes (kan ook gebruik vir appelkose)

(Maak 2 x 500 ml flesse vol)


1kg appelkose
20 ml suurlemoensap
1 kg suiker
Was, halveer en ontpit. Plaas in groot glasbak, sprinkel sap oor en
mikrogolf vir 8 minute op 100% krag.
Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf weer op 100% krag
vir 20 – 30 min of tot geset (Myne – 30 min). Roer gereeld met
houtlepel.
Bottel.

Kan ook geelperskes gebruik.


Jou konfyt gn lyk soos ware skou-konfyt!

Geelperkse konfyt

2.5kg geelperskes
750ml water
7x250ml suiker
5ml wynsteensuur

Ontpit en skil die perskes. Snipper dit. Plaas perskes in ‘n kastrol


en voeg die water by. Kook die snippers ongeveer 10 minute lank
totdat dit sag is. Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die
suiker heeltemal opgelos is. Stel die plaat op en kook die konfyt
oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt
bereik is. Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël
dadelik.

Ingelegde Kerrie perskes met peperkorrels

2.5kg gesnipperde perskes,

1.25kg gesnipperde uie,

1.25kg wit suiker,

50g Mosterd poeier,

50g Kerrie poeier,

1 bottel wit asyn.

Kook uie en ¼ bottel asyn saam sonder ‘n deksel tot die asyn
weggekook het.

Voeg perskes, suiker, ½ bottle asyn en 1 tl sout by uie en kook dit


met ‘n deksel vir 30 tot 45 minute. Meng res van asyn, mosterd en
kerrie. Haal deksel af en voeg kerrie mengsel by. Kook 15minute
met deksel. ‘n eetlepel peperkorrels (verkieslik gemengde) kan
ook nou bygevoeg word. Opsioneel klein rooi en geel rissies.

Bottel warm. Indien jy sien die sous is bietjie loperig, verdik met
bietjie maizina .

Geelperske atjar

Bestanddele
1½ kg Geelperskes
750 ml Asyn
250 ml Suiker
10 ml Gemengde Speserye
4 Groot Uie
12,5 ml Kerrie
12,5 ml Borrie
12,5 ml Sout
10 ml Mielieblom

Metode
Skil perskes, ontpit en sny in skywe. Skil uie en kap grof. Plaas
geelperskes in ‘n pot.
Meng al die droë bestanddele en maak aan met asyn. Gooi asyn
mengsel in die pot en kook vir 1½ uur lank. Roer gereeld. Laat
afkoel. Bottel en bêre.

Wenk
Laat die atjar vir sowat twee weke staan voor gebruik. Die perskes
kan vervang word met droë vrugte soos bv. sultanas. Of droë
vrugte kan ook gemeng word. Heerlik as slaai, bykos of marinade.

Heel gepiekelde perskes – kan ook gesnyde perskes wees –


verkort net kooktyd

2kg meduim taaipitperskes , geskil

heel naeltjies

500ml asyn

250ml water

450g suiker

3 heel kaneelstokkies

3 stukke steranys

Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en


asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde
flesse, sodra stroop gereed is.

Stroop:
Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt
is. Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys
saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die
rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël..
Bedien saam met vleis.

Aarbei konfyt

Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit
suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in
afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor
die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop
vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot
kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te
breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die
konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets
of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n
ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot.
Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel
nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat
gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt
af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te
maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt
eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word

Aarbei bladjang (Vrouekeur)

60ml rooiwynasyn

60ml balsemieke asyn

125ml bruinsuiker

250g aarbeie, in blokkies gesny.


METODE:

Meng die 2 asyne en bruinsuiker in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot
suiker opgelos is. Voeg die aarbeie by, kook vir 5 minute en laat
afkoel. Bottel

Moerbei konfyt
Hierdie resep kan ook vir brame gevolg word. (Lewer 3 x 400 ml
flesse)
1kg moerbeie, stingels uitgebreek
800g (4 x 250ml (4 koppies) suiker )
125 ml (‘n halwe koppie) kookwater
25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap
‘n knippie sout
1. Was die bessies goed af onder sagte, lopende kraanwater. Druk
die vruggies effens fyn met ‘n aartappeldrukker en skep in ‘n
groot, mengbak of plastiekmikrogolfbak. Voeg die suiker by, roer
deur, bedek met kleefplastiek en plaas oornag in die koelkas.
2. Verwyder uit die koelkas en verwyder die kleefplastiek. Voeg die
kookwater by en roer totdat al die suiker opgelos is. Roer die sap
en sout by.
3. Mikrogolf 30 minute lank by 100 persent krag en roer deur. Die
konfyt behoort nog nie dik genoeg te wees nie. Mikrogolf nou
weer 10 minute by 100 persent krag en toets vir dikte. Indien die
konfyt nog nie dik genoeg is nie, moet dit nog elke keer in siklusse
van vyf minute by 100 persent krag gemikrogolf word totdat die
verlangde dikte verky is. Skep die warm konfyt in warm,
gesteriliseede flesse en verseël onmiddellik.

Maketaan konfyt (fyn)

(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder ‘n ander naam


bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle
regte naam te noem.)
Bestanddele
500 g Waatlemoen
750 g Suiker

Metode:
Vir elke 500 g Waatlemoen gebruik 750 g suiker. Sny die
wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag
staan. Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor.
Kook en roer tot die stroop dik word. bottel

Maketaan konfyt (fyn)


3 kg makataan geskil en in klein blokkies gesny
2 kg suiker
vir elke 9 kg makataan 1 groot pynappel

Metode:
Gooi suiker oor die makataan en laat smelt stadig. Skil die
pynappel en rasper grof, gooi by die makataanmengsel. Laat kook
vinnig tot die stroop redelik dik is (omtrent 1 uur) Bottel
Hierdie reseppies van WEOV

Waatlemoek konfyt (stukke)


Skil en sny waatlemoen in mooi stukke. Prik met n vurk en laat
oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le Plaas n piering
bo-op om die skille onder te hou.[ 25ml gebluste kalk op 5lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook
tot sag maar nie pap nie Dreineer goed en maak droog kook jou
stroop.

Stroop:
1kg waatlemoen stukke
2 ½ lt water
1 ½ kg suiker
20ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde of vars gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder
is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die
stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels ,
gooi sous bo-oor en verseel dadelik

Druiwekonfyt

Bestanddele
375 g Suiker
500 g Druiwe
Metode
Was die druiwekorrels en verwyder die pitte indien verkies.
Weeg die vrugte.
Gebruik 375 g Suiker vir elke 500 g Druiwe.
Sit die vrugte en suiker in lae in die kastrol.
Laat dit eenkant op die stoof staan tot die sap van die druiwe
gedeeltelik uitgetrek het.
Verhit die mengsel stadig en roer af en toe tot al die suiker
opgelos is.
Die mengsel mag nie kook voordat al die suiker gesmelt is nie.
Kook nou vinnig tot al die helder en deurskynend is en die stroop
dik is.
Sorg net dat die mengsel nie aanbrand nie, trek ‘n lepel oor die
boom van die pot.
Toets die konfyt na sowat 30 minute om te sien of dik dik is.
As dit nie lekker dik is nie toets weer elke 15 minute.
Bottel die konfyt terwyl warm.

Om die pitte uit te kry gooi 1eetl asyn in terwyl die konfyt nog
kook Die pitte sal bo dryf

Lemoen konfyt

Was die lemoene goed af en skil of rasper baie dun af.

Sny dan elke lemoen middledeur en haal die pitte uit, sonder om
die husies te veel to beskadig. Hou altyd die lemoene teen die lig
want dan is die pitte mooi sigbaar.

Nadat die pitte uitgehaal is, weeg die lemoene en sit hulle in
water. Laat die lemoene oornag so bly.

Gooi die water die volgende more af en plaas die lemoene in


skoon water.

Herhaal die uitvarsing van die lemoene vir sewe dae. Na die
sewende dag, sit die lemoene in ‘n kastrol met genoeg water om
dit te dek.

Kook totdat ‘n mens ‘n vuurhoudjie maklik in die lemoene kan


insteek. Haal dan van die stoof af.

Maak nou die stroop.

Neem 1kg suiker vir elke 1 kg lemoene ek gooi ‘n klompie water


op. Laat dit dan stadig smelt en moenie te veel daarin roer nie.

Laat dan kook totdat die stroop ‘n duidelik draadjie trek.


Sit nou die lemoene in en kook totdat alles mooi dik is en
deurgekook is (soos waatlemoenkonfyt).

Lemoenmarmelade

Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë
pektiengehalte)
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers. Laat oornag
staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag. Laat weer oornag
staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp. Voeg die sap van 3
suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie. As die marmalade soos lawa begin kook
is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde
bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles.

4 Sitrus marmelade

1 lemoen
1 pomelo
1 suurlemoen
2 nartjies
4 en 1/2 liter water

1 pynappel
5 kg suiker.

Metode:
Sny nog ‘n loemoenindien nodig by om dit 1 ½ kg vrugte te maak.
Was vrugte en sny in kwart, sny elke kwart in baie dun repies,
dunner is beter! Gooi die snippers en die water in ‘n kastrol. Laat
staan oornag. Kook die volgende oggend in dieselfde water totdat
vrugte sag is. Onveer 1/2 uur.
Sny pynappel in skywe, verwyder die stronke en sny die res in baie
klein stukkies. Skep die pulp van ongeveer 6 grenadellas uit en
voeg die pynappel, grenadellamoes (die grenadella en
pynappelstukkies moet ongeveer 1/2 kg weeg) en die suiker by
die lemoensnippers in die water. Kook op ‘n vinnige plaat vir
ongeveer 1 uur. Skep gereeld die skuim af. Toets vir jellie vorming
deur bietjie van die stroop in koue water in ‘n piering te skep.
Wanneer dit jellie begin vorm kook stadiger. Die jellie is dik
genoeg as dit plooie vorm wanneer daar liggies met die vinger
aan gestoot word. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseel.

Suurlemoen marmelade

Was 5 groot suurlemoene af en snipper in stukkies of skywe

Gooi 5 liter water by dit en laat staan vir 24 uur

Kook volgende dag vinnig tot sag (ongeveer 30 minute)

Laat staan weer vir 24 uur in water

Dreineer die water af. Die moes moet agterbly

Weeg nou af:

500 gr suiker vir elke 500 gram suurlemoen moes

Sny 2 appels middeldeur en voeg by – dis vir die pektien

Kook vir 1uur met deksel toe…. Sit stoof af en laat staan vir 6 ure

Haal deksel af en kook sonder deksel tot jellie reg gevorm het-
Doen die yskastoets met jou stroop om te sien of dit reg is.

Bottel warm in gesterliseerde bottles.

Gepiekelde suurlemoene

Lewer 2 x 2L flesse
8 ryp suurlemoene, goed gewas
125-200ml growwe sout
Sowat 300ml vars suurlemoensap
1. Skep 15ml van die sout in elke, warm gesteriliseerde fles
2. Sny die gewaste suurlemoene eers in die helfde en dan in
kwarte tot 1cm van die groeipunt af – nie dwarsdeur nie.
Verwyder die pitte.
3. Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante
mildelik met sout.
4. Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen
die vrugte.
5. Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog ‘n paar
lepels sout bo-op. Druk die suurlemoene af sodat van die sap tot
bo kan kom.
6. Verseël en bêre op ‘n donker plek. Keer elke paar dae om.
7. Plaas die flesse na vier weke in die yskas. Na 6 weke behoort
dit perfek te wees. Dit sal tot 8 maande goed in die yskas hou.

Marmelade (suurlemoen of lemoen)

Geskryf deur: Neels de Ronde

Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al


maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 750 g suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit
gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n
mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder
is die eindresultaat.

Suurlemoenstroop

12 suurlemoene (so 750ml) skil van 2/4 suurlemoene gerasper

2.5 kg suiker

2 liter water

1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.(12gr in


pakkie- Dit is gelykstaande aan 20ml (4 teelepels elk)

Bring tot kookpunt en bottel

Lemoen en suurlemoenstroop
8 sappige lemoene

4 sappige suurlemoene

1.5liter kookwater

1.2kg wit suiker

15ml wynsteen of sitroensuur

Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en


suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie
aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van
die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde
skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker
opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5
minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en
verseël dit.

Vye konfyt (mikrogolf)

1 kg ryp vye
50 ml suurlemoensap
1 kg suiker

Metode:
Sit vye en suurlemoensap in ‘n houer en bedek. Mikrogolf vir 15
minute teen 100%. Roer na 7 minute. Voeg suiker by en roer totdat
die suiker opgelos is. Mirogolf onbedek vir 35 tot 40 minute. Roer
elke nou en dan. Roer konfyt goed deur en skep warm in
gesteriliseerde bottels

Vyekonfyt (fyn van ryp vye)

Skil vy dun af – of krap net die skil effe af. Sny in stukkies (indien
verkies)

Prik goed as jy die vy heel hou, en laat staan oornag in


kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water

Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop


Stroop:

2 kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte

Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi
sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by

Voeg ¼ tl kremetart by

Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by

Kook vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)

Onthou om die skuim aft e skep, – doen die yskas toets om te


sien of jou stroop reg is.

Bottel warm.

Groenvye konfyt (heel vye van voor vy)

Krap, rasper of skil effe af( baie dun )

Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy

Weeg vye

Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of


koeksoda (30ml) op 3.4l water

Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min
tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van
die hoeveelheid wat jy kook.

Gebruik water vir stroop –

Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir


elke 250ml suiker

Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of


stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.

Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.
Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die
stroop wegkook.(Die is belangrik want as jy bottel en die stroop is
nie genoeg nie, le jou stukke droog in die bottels

Ingelegde vye

1 kg vye – heel en ongeskil


3 kop suiker
1 kop water
8 dun skyfies suurlemoen

Spoel vye deeglik af in koue water en laat dan in koue water lê vir
20 minute.
Kook suiker en water saam tot ‘n stroop vorm wat helder is,
ongeveer 10 – 15 minute en voeg dan vye en suurlemoen by.
Verhit weer tot kookpunt en laat kook vir 1 minuut, verlaag
temperatuur en laat prut vir 30 minute.
Verseël in gesteriliseerde flesse.

Bottel warm.

Vye in Port

500ml water

300g wit suiker

15ml heel kruienaeltjies

1 groot suurlemoen

750ml port

1.5kg vye

Verhit die water, suiker en kruienaeltjies stadig tot kookpunt en


roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut die
stroop 5 minute lank. Skil die suurlemoen dun af en sny die skil in
smal repies op. Voeg die skilrepies saam met die port by die
stroop. Pak die vye met skil en al in warm inmaakflesse en vul die
flesse met stroop.
Bedien met roomys.

Chutney resep vir appelkose of geelpruime

3kg appelkose of pruime.

2 en half kg suiker,

3 groot uie gekap

1bottel bruin asyn,

1 kop rosyne

2 teel fyn gemmer

1teel mosterdpoeier

1teel rooipeper

3teel kerriepoeier

2teel borrie

1teel sout

½ teelepel peri-peri (opsioneel)

Ons sit die vrugte in voeselverwerking of jy kan dit maal of fyn kerf
voeg alles bymekaar en kook vir 1 uur bottel warm en laat staan
vir so 3maande dit is werklik n lekker chutney

Pruim bladjang

750ml asyn
5ml gemaalde gemmer
5ml gemengde speserye
5ml fyn kaneel
5ml droë mosterd
2.5ml brandrissie poeier
knypie gemaalde naeltjies
knypie gemaalde neutmuskaat
1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit
500g pitlose rosyne
600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny
500g suiker
500g wortels, geskil en grof gerasper
30ml sout
2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke
600g uie, geskil en gekap

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.


Voeg al die oorblywende bestanddele by en roer goed. Bring weer
tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook
oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel
nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur
die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop is
die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof
af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die
volgende dag in botteltjies. Die deksels moet met plastiek
uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking
kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na
‘n maand

Pruimkonfyt (mikrogolf)

1 kg pruime
1 kg suiker
30 ml suurlemoensap

Sit ‘n paar pierings in deepfreeze.


Was pruime, sny middeldeur en haal pitte uit.
Plaas in groot glasbak en sprinkel sap oor.
Mikrogolf vir 8 minute of tot sag.
Voeg suiker by en roer deur tot op gelos.
Mikrogolf by volle krag vir 20 – 30 minute en roer geereeld.
Toets na 20 minute deur ‘n bietjie stroop op koue piering te sit en
laat koud word. Druk met jou vinger aan die stroop en as dit so
rimpel is die konfyt reg.
Indien nie mikrogolf weer vir ‘n minuut en toets todat dit rimpel.
Laat bietjie afkoel en en skep in gesteriliseerde bottels.

Pruim konfyt
1kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1kg suiker
2 e suurlemoensap
2 t botter

Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%


Haal uit en hou eenkant
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur
Mikrogolf vir verder 25 min op 10 terwyl elke 10 min geroer word
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel

Koejawels in suikerstroop

15 ryp koejawels – geskil en deurgesny

5 1/2 koppies suiker

1 liter water

12 naeltjies

1 kaneelstok

In ʼn groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met n
houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit
stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant
van ʼn lepel bly klou

Gooi die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels
net sag is, moet dit nie pap kook nie. trek die pot van die stoof en
laat die koejawels afkook in die stroop

Jy kan dit warm, warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat
staan vir tot 3 weke

As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is – pak jou vrugte


dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor, skud
om borrels uit te haal, seel die bottels, sit in ‘n kastrol met
kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15
minute – daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry
en jy ‘n bottel oepmaak

As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die
koejawels in die middel deursny.

Ingelegde Pere

Skil jou pere, halveer en verwyder die klokhuisie.


Kook saam 4k suiker vir elke 3 k water.
Sodra dit kook, gooi die pere in en kook tot pere amper sag is.
bottel en bere

Kersies ingeleg
500g vars kersies
Gerasperde skil van ’n klein lemoen
1 koppie suiker
Genoeg brandewyn om die vrugte te bedek

Ontpit die kersies as jy wil.


Was en dreineer die kersies en prik elkeen sowat ses keer met ’n
steriele naald.
Pak die kersies en repies varsgerasperde lemoenskil in een groot
of 2 middelslag gesteriliseerde flesse tot so 2cm of 3cm
van die fles se bek.
Gooi die suiker oor en bedek met brandewyn.
Maak die flesse dig toe.
Bêre minstens 6 weke voor gebruik.
Dop die flesse daagliks om en draai hulle regop om die suiker te
laat oplos.
Op ’n koel, droë rak sal dit minstens ’n jaar hou.
Dien op met roomys of gebruik die gedreineerde kersies as
nagereg en die vloeistof as likeur ná ete.

Rita Möller Partykeer is die brandewyn te sterk en “bitter”. Wat ek


doen is om die kersies in ‘n plastieksakkie met suiker te skud
sodat die suiker aan die kersies vassit. Plaas die “suiker” kersies
in bottels en gooi die brandewyn bo-oor. Seel en laat staan totdat
di suiker opgelos is voordat dit gebruik word. Die brandewyn-sous
kan weer gebruik word vir skemerkelkie meng drankies of as sous
vir poedings.

Kersie bladjang

1.2kg Kersies
375g sultanas
125ml asyn
160ml suiker
5ml wonderpeper[Allspice]
2ml fyn gemmer
125ml Sweet Chilli sous
METODE:
Ontpit kersies
Verhit stadig saam met al die ander best. tot die suiker opgelos is
Kook vir 5min. vinnig en laat dan prut tot jou mengsel lekker dik is.
Bottel dit warm en verseel wanneer dit koud is..
Baie lekker veral saam met koue vleise of braaivleis.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Ingemaakte Kersies

SOETKERSIES
Prik dit met ‘n stopnaald of peuselstokkie. Of maak ‘n snytjie waar
die stingel was en krap die pit uit. Pak die kersies styf maar
sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met
kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 750ml water.
SUURKERSIES
Halveer en ontpit dit, vang terselfdertyd die sap op om by die
stroop te voeg. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk
in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook
van 200g witsuiker vir elke 500ml water waarby die kersiesap
gevoeg is.
ALBEI – Verseel die flesse, maar draai die skroefringe ‘n halwe
draai los. Laas dit op ‘n vals boom in ‘n diep kastrol en giet
genoeg warm wateer in die kastrol om die flese 5cm diep te
bedek. Sit die deksel op, verhit die water tot net onder kokpunt
(90°C) en steriliseer dit 20min lank by kamertemperatuur. Lig die
flesse uit en draai die skroefringe onmiddelik styf vas.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)


Spererykersies in asyn
500ml wit asyn
400g wit suiker
5ml gekneusde wonderpeperorrels
4 heel kruienaeltjies
2 opgebreekte stokkies pypkaneel
1 liter suurkersies met kort stingeltjies
METODE:
Verhit die asyn, suiker en speserye tot kookpunt en roer dit aan die
begin om die suiker te laat oplos. Laat die mengsel ‘n kwartuur
lank prut met die deksel op. Laat dit oornag staan. Pak die kersies
in gesteriliseerde inmaakflesse tot 1.5cm van die borand van elke
fles af. Syg die asynmengsel deur en verhit die filtraat tot kookunt.
Bedek die kersies daarmee. Verseel die flesse. Plaas die flesse op
‘n vals boom in ‘n groot kastrol en voeg genoeg warm water by om
dit 5cm diep te dedek. Verhit die water tot kookpunt, sit die kastrol
se deksel op en laat 10min lank kook. Haal die flesse versigtig uit
en laat dit op ‘n gevoude afdroog doek afkoel. Bewaar dit op ‘n
koel, dinker plek.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Kersies in brandewyn

Bestanddele:
500 g kersies, steeltjies verwyder,
1 klein stukkie pypkaneel,
250 g suiker,
125 ml water,
15 ml suurlemoensap
150 ml brandewyn.
Metode:
Was en droog die kersies af. pak in ‘n warm gesteriliseerde
glasfles met pypkaneel. Meng die water, suiker en suurlemoensap
in ‘n bak. Mikrogolf 3 minute op volle krag en roer elke minuut.
Mikrogolf 4 minute sonder om te roer. Laat effens afkoel en voeg
brandewyn by. Giet oor kersies, verseël, plak etikette op en bewaar
in ‘n donker plek. Hou minstens een maand voor gebruik. Sit
kersies voor saam met ‘n skeppie roomys. Die vloeistof kan ook
deurgegiet en as likeur gedrink word.
Pynappel en chillie chutney

Ingredients
150ml cider vinegar

150g caster sugar

1 small pineapple , trimmed, peeled and diced

2 small red onions , very finely chopped

2 red chillies , finely chopped (leave the seeds in if you like it hot)

Method

Bring the vinegar and sugar to a simmer in a big pan. Tip in the
pineapple for 1-2 mins, then remove from the heat and tip into a
serving bowl. When almost cool, stir in the onions and chilli. Cool
completely, then chill (for up to 24 hrs) until ready to serve.

Kerrie pynappel

Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur

Dreineer

Voeg nou die volgende bestanddele by

4kg suiker

3 kop wit asyn

2t borrie

1 eetl sout

2t Kerrie

2t gemmer

1 ml rooi peper

3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)


1 ½ eetl opgehoopte eetl maizena

Kook 15 min tot dik en bottel warm

Pynappelbladjang

2.5kg ryp pynappels


2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die
bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat
al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld.
Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik

Pynappelkonfyt (mikrogolf)

Vermeng 500g gerasperde, geskilde pynappel, 500g wit suiker en


5ml gemmerstroop in ‘n diep mikdrogolfvaste bak. Mikrogof die
mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik. Roer af en
toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5min in ‘n kastrol met
warm water sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en
verseel dit dadelik.

Pynappelringe of stukke

Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met
‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 200g wit suiker vir elke
500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in
die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens
toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig.
Verseel die flesse dadelik.
Gaan kyk by die skakels vir nog ingeleg: Kliek net op die
skakel/link vir verwysing

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingeleg+bottels+sterliseer

https://kreatiewekosidees.com
/?s=ingelegde+sampioene (SAMPIOENE)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=tuisgemaakte+kondensmelk (KONDENSMELK)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=tuisgemaakte+nutella (NUTELLA)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=tuisgemaakte+stroop (STROOP)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=ingelegde+avokadopeer (AVOKADOPEER)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=ingelegde+kerrievis (KERRIEVIS)

https://kreatiewekosidees.com
/?s=peppadews+ingeleg (PEPPADEWS)

https://kreatiewekosidees.com/?s=kaassmeer (KAASSMEER)

Peppadews ingeleg (soet)

3 koppies vars peppadews (Stingels en sade verwyder)


1 koppie bruinsuiker
1 koppie kookwater
1 eetlepel heuning
1 teelepel growwe sout
1 koppie wit druiwe asyn
Koljander sade, heel swart peper korrels, heel anys saad, naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot. Kook


stadig vir 15 minute. Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute.
Skep in skoon bottels. Sit halwe teelepel koljander saad, so 10
peper korrels, halwe teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke
bottel. Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop. Draai
bottels onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig. Lekker by
pizza, kaas broodtjie of kouevleis! “Snip” 10

Piesang bladjang

800 gram Ryp Piesangs

400 gram Suiker


2 Groen rissies (fyn gekap)
2 Uie (fyn gekap)
2 Knoffelhuisies (fyn gekap)
250 gram Saltanas
2 ml Sout
10 ml Kerrie Poeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie Fyn Naeltjies
750 ml Wit asyn
METODE:
Meng alles goed
Plaas in kastrol en prut vir 1 uur
Plaas in gesterliseerde flesse.

Piesang konfyt

875ml Suiker
1 ½ kg Ryp Piesangs (fyn gesny)
2 ml Sout
METODE:
Kook alles saam in kastrol oor baie lae hitte totdat suiker gesmelt
is
Roer gereeld
Kook vir omtrent 20 min
Plaas in gesterliseerde flesse.

Ingelegde olywe

Jy kan groen of swart olywe geruik vir hierdie resep. ‘n Swart olyf
is gewoon ‘n ryp olyf.
Gooi jou olywe op ‘n harde, verkieslik graniet, oppervlak en kneus
hulle liggies. ‘n Alternatief is om elkeen met ‘n vurk te prik of 3
snytjies in elkeen te maak. Dit laat die soutwater toe om die olyf te
penetreer en so van bitterheid ontslae te raak en dit te bewaar.

Gooi hulle in ‘n emmer skoon soutwater. Gebruik ‘n ½ koppie


growwe sout vir elke 2,5 liter water. Vervang die soutwater elke
dag. Doen dit vir 12 dae vir groen olywe en 10 dae vir swart olywe.
Sorg dat die olywe onder die wateroppervlak bly. Sit sommer ‘n
bord bo-op. Na 12 dae behoort die meeste bitterheid uit die olyf te
wees. Byt een om te proe.

Nou moet jy dit nog een keer in soutwater laat lê, warm soutwater.
Die verhouding is nou 1 koppie sout vir elke 2,5 liter warm water.
Los eers die sout op in die water oor hitte. Laat dit dan kook en
laat staan om af te koel.

Pak die olywe in flesse en gooi die soutwater oor. Voeg enige
kruie of ander geurmiddels by, indien jy dit verlang. Laat ‘n klein
spasie bo in elke fles vir ‘n bietjie olyfolie. Dit maak dit moeiliker
vir lug om by jou olywe uit te kom. Seël die flesse. Hierdie metode
het ‘n raklewe van 12 maande.

Dit is beter om die volgende metode te volg wanneer jy olywe eet:

Gooi die soutwater/ kommersiële mengsel af en vul die fles met


skoon water. Laat dit in jou yskas staan vir 24 uur voor jy dit
bedien.

Olywe ingele

Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.


Metode:
Gebruik altyd ‘n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen
omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in ‘n bytsoda oplossing van 56 g
bytsoda op 4.5 l water week.
Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer
skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies
nie.
Sodra skoon is maak ‘n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l
water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110
g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou ‘n oplossing aan
van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou ‘n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal ‘n soutoplossing aan van 390 g Sout
op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes.

Jalepenos ingeleg

Inlê van jalepenos

Jy kan dit net so heel of gesny met klein uitjies inlé

Klein uitjies stoom jy in mikrogolf 5 min dan is dit net sout na


smaak

Voeg by: lemoen peper suiker olyf olie en balsamic asyn en jy kry
wit balsamic asyn op n half kg uitjies en half kg jalepenos

Die sous: half koppie olyf olie jou asyn. Maak seker dit is genoeg
om die jalepenos te bedek Jou sout en lemoen peper en 4
opgehoopte suiker Maak seker dat jou bottels goed seel en die
beste is om in jou yskas te bère. Kan tot 3 maande goed bly.

Kweper bladjang
500g kwepers in baie fyn stukkies gekap

2 groot uie, gekap

250g pitlose rosyne

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15ml fyn koljander

15ml growwe sout

500ml bruin asyn

1 skerp rooi rissie, fyn gekap

15ml fyn gemmer

375ml bruin suiker

Meng al die bestanddele in ‘n groot kastrol. Kook stadig tot mooi


dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde
flesse. Bêre op ‘n koel donker plek om ryp te word vir minstens ‘n
maand

Wortel bladjang

1kg wortels
1kg uir
1kg groenbone
1kg kopkool
1 brandrissie
1kg karamelsuiker
850ml bruinasyn
500ml water
75g gebleikte sultanas
30g kerriepoeier
12.5ml sout
Skil die wortels en uie en rasper dit grof. Snipper die groenbone,
kopkool en rissie. Verhit al die bestandele stadig tot kookpunt en
roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die
mengsel tot sag en dik en roer dit af en toe. Bottel die blatjang
warm in voorbereide bottels en verseël dit dadelik.

Pampoen bladjang

1kg pampoen geskil, ontpit ,in blokkies gesny

2 groot uie gekap

250g sultanas

1,25 liter asyn

125ml suiker

60g mosterdpoeier

20ml sout

15ml borrie

5ml fyn naeltjies

1ml gemengde speserye.

Plaas pampoen, uie, sultanas en asyn in ‘n kastrol en kook tot sag.


Plaas pampoen, uie, tesame met res van die bestanddele in ‘n
voedselverwerker of versapper en maak fyn. Indien te styf, voeg
bietjie van die asyn waarin die pampoen gekook is, by. Skep in
gesteriliseerde bottel en verseël.

Appel bladjang

1 kg groen appels

1 groot ui, gerasper

375ml bruinsuiker

375ml asyn

125ml lemoensap

3 brandrissies, fyn gekap


5ml gemaalde gemmer

sout na smaak

3 knoffelhuisies, gekneus

Skil em ontkern appels. Rasper die appels. Meng al die


bestanddele goed saam. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank
totdat die blatjang dik en souserig is. Skep die blatjang in warm
gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies
vorm nie. Verseël dit. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.

Suurlemoensmmer / Lemoncurd

3 eiers geklits
Skil en sap van 1 groot suurlemoen
60g Botter
Metode:
Oor n groot bak water (pot met water met glasbak in) klits alles
saam
Bottel.

Bere in yskas as oopgemaak is en gebruik binne 1 week

Lemoensmeer/lemoncurd

(sowat 300 ml)

140 g (145 ml) strooisuiker

170 ml lemoensap

170 g (185 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny

4 eiergele, geklits

2 eiers, geklits

Kwart van ‘n lemoen se skil

fyngerasperde skil (zest) Meng al die bestanddele saam in ‘n


kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Laat prut vir sowat 15 –
20 minute. Jy moet heeltyd roer. Die mengsel moet dik wees voor
jy dit van die hitte verwyder. Bottel onmiddelik

Mango bladjang

6 koppies Mango, half groen


1 koppie appel
500 g uie, gekerf
1 eetlepel knoffel
12,5 ml rissies
3 teelepels borrie
1 eetlepel sout
5 eetlepels suiker
2 koppies asyn

Skil die vrugte en sny in netjiese stukkies. Gooi alles saam in


kastrol en kook stadig tot sag en bottel warm.

You might also like