You are on page 1of 2

CHAKALAKA BROODJIE MET BACON

CHAKALAKA BROODJIE MET BACON


500 g Bruismeel
1 blikkie Chakalaka
340 ml Bier
Gesnipperde Bacon
Meng goed en bak vir 1 uur
Bron: Frik Pretorius
Plasing & Foto: Kobus Pretorius / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

CHAKALAKA BROODJIE
BILTONG POTBROOD
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout
5ml mosterdpoeier
100g botter
100ml melk (ongeveer)
1 eier geklits
VULSEL
250ml gerasperde biltong
200g gladde maaskaas
15ml suurlemoensap
30ml gekapte pietersielie
mayonnaise om aan te klam
Berei die deeg deur dro bestandele saam te sif.
Sny botter met 'n mes in die meel in en vryf met vingerpunte in tot mengsel soos dro broodkrummels lyk.
Klits die melk en eier saam. Maak holte in die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by.
Meng vining tot 'n sagte deeg.
Keer uit om 'n meelbestrooide plank en knie liggies tot glad.
Rol uit in vierkant, sowat 10mm dik.
Meng vulselbestandele en smeer oor deeg, maar hou 25mm om die kante van die deeg oop.
Rol deeg op soos 'n rolkoek en verseel die kante met geklitste eier en water.
Druk liggies in waspapier toe en plaas sowat 30 min in die yskas
Sny deeg versigtig in 25mm skywe en pak met gesnyde kant na onder op die bodem van 'n nr 3 platboompotjie.
Begin in die middel en rangskik die oorblywende skywe in 'n sirkel.
Laat die pot se kante oop vir deeg om te rys.
Smeer die binnekant van deksel met kookolie of botter en maak die pot toe
Plaas oor 'n klein vuurtjie, sit 'n paar klein, warm kole op die deksel en bak 20-30min of to die brood goudbruin en
gaar is.
Keer uit, laat effe afkoel en sit voor met bros groentestokkies en slaaiblare
Bron: Biltong en Drowors -Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BIERBROODJIE MET KAAS & SWEETCORN


BIERBROODJIE MET KAAS & SWEETCORN
500g Bruismeel
1 botteltjie Bier (330 ml)
1 kop Chedar kaas gerasper
(Ek het halwe blikkie sweetcorn oorskiet by gegooi)
Sout
METODE:
Meng alles saam en gooi in gesmeerde pannetjie.
Bak 1uur by 180*F
Bron: Onbekend
Plasing & Foto: Jaenette Hough Meyer / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

You might also like