Professional Documents
Culture Documents
Pieternella Van Die Kaap
Pieternella Van Die Kaap
DALEN MATTHEE
In monoloog verwerk
Sy't die kleipot gekry waar sy dit begrawe het. Sy’t nie gekloek soos die kwartel toe sy dit
uitgrawe nie, sy’t net die trane geëet wat by haar mond inloop. Die pot was stukkend. Iets of
iemand moes oor die gat geloop het. Net skerwe...Haar ma se skerwe. Sy onthou die tyd toe
haar ma gesê het hulle gaan 'n kleipot maak. “Jakobus mag nie help nie, hy moet na Salomon
kyk. Net vroumens hande mag aan die klei vat, anders is die pot giftig. Of so iets. Eers moes
hulle 'n miershoop soek, dit met 'n dik stok breek en die kluite fyntrap. Toe dra hulle die
miershoopgrond op die stuk seil en gaan keer dit langs die huis. In die koelte. Eers het sy al
die gruis klippies uitgesoek, maar: die miereiers ingelos. Toe ‘t sy begin om die water by te
gooi en dit met haar vingers deurmekaar te maak totdat die miershoopgrond soos bruin
brooddeeg lyk. Toe ‘t sy begin knie.
“Nie te vinnig nie, anders skrik die pot.”
"Ek wil ook 'knie, Mama!"
"Nog nie,
"Hoe's 'n mens, Mama?"
"Hoe ‘s’n mens. Hoe?'
"Hoe leef 'n mens?"
"Van asem.”
"Waar kom 'n mens vandaan, Mama?"
"*Groei tussen die ma se derms in 'n blaas”
"Hoe kom jy in die blaas?"
"As jy jou kom kry, is jy maar daar. Klei is reg, jy kan maar kom knie.”
Haar ma sit eenkant een aan haar pyp en trek en, lag tussen blou wolke deur.
"Spoeg in die klei, Pieternella"
"Hoekom?"
"Spoeg!"
“Tjoef!”
"Nou't die pot 'n hart, anders het hy nie hart nie.” Toe ‘s dit mooi 'n trompet. Vir
seekatvingerties om daar oor huppel - tot laat in die nag. Toe dans haar Ma. Toe sy,
Pieternella. Maar die hartseer wou nooit heeltemal uit haar ma dans nie.