You are on page 1of 280

# 2004 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk,

Pretoria AFK101-Q/1/20052007 97575402 3B2

Bandontwerp: T'Kama-Adamastor Olieverf: 8,64 6 3,26m (19971998) Skilder: Cyril Coetzee Fotograaf: Struan Robertson William Cullen Biblioteek Universiteit van die Witwatersrand

AFR-Styl

INHOUD
Deel VOORWOORD 1 2 3 4 5 Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Linde Beer Eietydse tekste 1: saam in Afrika Erika Lemmer Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vroue van Venus Linde Beer en Rialette Wiehahn Jeugletterkunde Johan Coetser Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Henriette Roos LYS VAN KERNBEGRIPPE Bladsy iv 1 73 125 181 225 269

AFK101-Q/1/20052007

(iii)

VOORWOORD
Baie welkom by die letterkundemodule Afrikaans aktueel (AFK101Q), waarvoor hierdie studiegids as handleiding geskryf is. Die titel van die module is reeds 'n aanduiding van wat die onderwerp van die studiemateriaal is: dit is, die kwessies wat vandag belangrik is vir almal in ons land, en die manier waarop daardie sake in die letterkunde uitgebeeld word. Die vyf dele waaruit die studiegids bestaan, handel telkens oor verskillende, maar relevante aspekte van hierdie verhouding tussen letterkunde en die wereld rondom ons. Elke deel is die werk van 'n ander skrywer, en die merkbare verskille in styl en perspektief gee u reeds 'n voorsmaak van hoe ryk en kompleks 'n leser se belewenis van 'n teks kan wees. Ons vertrou dat wanneer u die inhoud van die module deurgewerk het, u met selfvertroue u eie insigte omtrent literere tekste en die tema waaroor daardie tekste handel, sal kan verwoord. Om dit te kan doen, wil ons deur hierdie studiegids spesifieke uitkomste bereik: . Dat u leer om krities te lees, te interpreteer, en die algemene kenmerke van literere tekste sal herken en begryp. Dit sal veral die mikpunt van deel 1 wees. . Dat u verbande kan le tussen die teks (veral in Afrikaans, maar ook soms in Nederlands en in enkele gevalle Engels) en die komplekse omgewing waarin ons vandag in Suid-Afrika leef. Dele 2 en 3 fokus op hierdie proses. . Dat u die besondere kenmerke van sekere soorte literere tekste kan identifiseer en binne 'n beroepsomgewing kan gebruik soos wat in deel 4 die geval is. . Dat u kennis verwerf omtrent historiese en globale verskynsels waardeur u die verbintenisse tussen mense en plekke sal insien, en daardeur trots in die eie maar ook waardering vir die ander ontwikkel. Hierdie tema staan in deel 5 sentraal. Hoewel u slegs drie dele van die studiegids met die oog op die eksamen moet bestudeer, raai ons u aan om die gids in die geheel deur te werk. Die verskeidenheid aktiwiteite en vrae is daarop gemik om u aan te moedig om u vordering self te evalueer, om u verder oor onderwerpe te laat nadink, en om u te help om die verbande tussen tekste, temas en ander toepaslike kwessies te laat raaksien. 'n Opsomming van die inhoud word by die eerste vier dele ook in Engels gegee. Ons wil hiermee die studente help wie se eerste taal nie Afrikaans is nie. Deel 5, waar die Nederlandse letterkunde beskou word, is gemik op daardie studente wat 'n besondere belangstelling het in Afrikaans se Europese verwantskap. Agterin die studiegids verskyn 'n Lys van kernbegrippe wat u sal help om terme en begrippe na te slaan waar dit ook in die gids ter sprake kom; dit mag u help om nuwe begrippe makliker te verstaan. Hierdie studiegids gaan saam met 'n leesbundel waarin belangrike (iv)

Voorwoord tekste verskyn waarna in die gids verwys word. Sonder die leesbundel kan u nie die studiegids gebruik nie. Inligting oor die werkopdragte, voorgeskrewe boeke, ander studiemateriaal en die eksamen kry u in studiebrief 101 wat u by registrasie ontvang. Kontak u dosent met enige vrae of kommentaar daardie kontaknommers verskyn ook in die studiebrief. Ons beste wense vir u studietyd, en mag u dit werklik geniet.

(v)

Deel

Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Linde Beer

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

INHOUD Studie-eenheid
OORSIG 1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.6 1.7 2 2.1 2.2 2.2.1 2.2.2 2.2.3 2.2.4 2.2.5 2.2.6 2.3 2.4 3 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7 3.8 4 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 4.9 4.10 2 WAT IS LITERATUUR? Kan skape dig? Wat se die mense, wat is literatuur? `Hogere' kuns teenoor `populere' kuns? Fiktiwiteit Teks, Konteks, Interteks Teks Konteks Interteks Genre Summary WAT `DOEN' LITERATUUR? Wat is die `nut' van literatuur en literatuurstudie? Literatuur en Oortuigings Hoe `kyk' ons? Maar dalk het ek toegelaat dat die teks ook na MY `kyk'? Waardes en die literere teks ``Trust me, I'm telling you stories'' ``It's all about sex ... Except sex'' `Goeie' letterkunde? Verskillende benaderings tot die Literatuur Summary PROSA: ONS DANS WANT ONS KAN NIE VLIEG NIE Titel 'n Klein dogtertjie Ons raak betrokke Thandiwe se wereld en jou wereld Boustene van die verhaalwereld Verhalende prosa as genre Struktuurelemente van verhalende prosa Summary POESIE: DIS NOOIT TE LAAT OM GELUKKIGE KINDERJARE TE HE NIE Inleiding Ingrid Jonker as ikoon Kinders wat hardloop Wat is 'n poesieteks? Taalintensiteit as kenmerk van poesie Iets meer oor sommige terme Spreker Klankaspekte en ritme in ``Die kind'' ``Die kind'' en interteks Summary

Bladsy
4 6 6 8 9 12 14 14 15 15 18 20 21 21 23 24 25 26 27 28 28 30 32 34 34 35 36 39 39 41 42 47 48 48 49 50 51 52 54 57 58 58 61

Inhoud

Studie-eenheid
5 5.1 5.2 5.3 5.4 5.5 5.6 5.7 5.7.1 5.7.2 5.7.3 5.7.4 5.8 5.9 DRAMA: DAAR'S VIS IN DIE PUNCH Titel Werklikheidsillusie Opvoeringsgerigtheid van die drama Handeling as basiese element in die drama Tyd, plek, hoofteks en neweteks Karakterisering Naelstring (Pieter Fourie) Inleiding Die naelstring as simbool Naelstring en dramatekste van die Ou Bedeling Drama van transformasie: Pendoring en Seun (A.S. van Straten) Summary Slotwoord by Deel 1

Bladsy
62 62 63 63 64 65 65 66 66 66 67 68 70 71 71

VERWYSINGS

OORSIG
``Teks en Leser'' en Julia Roberts
In die rolprent ``Mona Lisa Smile'' speel Julia Roberts die rol van Katherine Watson, 'n nuwe kunsgeskiedenisdosent wat in die vyftigerjare by Wellesley College in New England, V.S.A. onderrig gee. Dis 'n kollege vir dames en bied toegang tot ``Ivy League''-universiteite soos Yale en Harvard. Watson se eerste lesing is enige dosent se nagmerrie: haar studente het hul kurrikulum reeds onder die knie, het die boeke gelees en die kunswerke gesien, en dit lyk of sy hulle niks meer kan leer nie! Watson besef egter gou dat haar `klandisie' die boekkennis het maar nog nooit werklik in `interaksie' was met die kunswerke wat hulle bestudeer nie. Die kurrikulum is boonop baie konserwatief en sluit geen moderne skilder se werk in nie. In daaropvolgende lesings skok Watson haar studente deur hulle 'n ekspressionistiese skildery te wys (Soutine se ``Flayed Ox''), en te vra: ``Is dit kuns? Wat se julle?'' Skielik is daar geen handboek om te raadpleeg nie, en geen ervaring om op terug te val nie. Watson begin verskuif aan hierdie studente se grense. Dis grense wat gevestig is oor baie jare in 'n konserwatiewe gemeenskap waar die vrou 'n bepaalde rol het: sy mag wel opgelei word, maar dis die huwelik en gesin waarvoor sy eintlik voorberei word. Katherine se kurrikulum en gesprekke help haar studente uiteindelik om te ontdek dat hulle elk 'n eie stem het, 'n opinie, keuses. Sy los hulle een slag voor 'n enorme skildery van Jackson Pollock en se bloot: ``Stop talking and look. You are not required to write a paper on it or even to like it. You are required to consider it.'' Dis 'n radikale onderrigmetode vir die tyd en bring haar in botsing met die verswee (``hidden'') kurrikulum van die kollege-owerhede. Maar die keuses wat haar studente uitoefen teen die einde van die fliek, se dat die metode geslaagd was. Hulle is nie meer passiewe `houers' vir geblikte kennis nie, maar aktiewe leerders wat deur kuns leer konnekteer het met hul eie leefwereld. Hulle sou die lewe kon ingaan as mense wat nie bloot 'n graad of kwalifikasie (informasie) opgedoen het nie, maar wat boweal geleer het, deur hul interaksie met kuns, om met insig hulself en die wereld om hulle te `lees'. ``Lezen is het leggen van verbanden tussen zaken'', het die kritikus Blok jare gelede gese, en dis steeds baie waar. Om te lees, is om verbande raak te sien: die konneksies in 'n teks, tussen verskillende woorde of idees (intratekstueel), maar ook tussen een teks en 'n ander teks (inter-tekstueel). Dis waaroor dit eintlik maar gaan in die literatuur en literatuurstudie, en dis wat deel 1 van hierdie gids gaan probeer fasiliteer. Ons doen dit deur te kyk na van die `leesvoorwaardes' wat 'n literere teks veronderstel, dit te ontdek in 'n verskeidenheid tekste, en te sien hoe daar gedurig verbande gele word. Ons sien `teks' baie breed: alles wat geskryf is, maar ook musiek, rolprente, gesprekke, jou eie lewe. Die wereld sal self vir jou 'n inter-gekonnekteerde `teks' word wat jy met groter plesier sal leer `lees' in die proses, glo ons. Die inhoud van die vyf studie-eenhede is gelaai met inligting en aktiwiteite. Ons metodiek is interaktief georienteerd en jy sal baie dinge self ontdek, met 4

Oorsig 'n paar leidende vrae om jou rigting te gee. Nie al die aktiwiteite is verpligtend nie. Elke jaar fokus ons op spesifieke aktiwiteite deur hulle uit te sonder in die vrae van die werkopdrag in studiebrief 101. Laat jou lei daardeur. Jy sal ook sien dat sommige aktiwiteite gemerk is ``vir die belangstellende student (opsioneel)''. Hierdie aktiwiteite is bedoel vir verryking, 'n `iets ekstra' vir die student wat meer wil weet. Daar is verder deurlopend `skeppende' aktiwiteite, waar jy jou kreatiewe vermoens kan ontdek of ontwikkel. Ek self het my eerste gedig geskryf, as Afrikaanssprekende eerstejaarstudent in 'n Engels-kursus, sonder om te weet dat ek dit kan doen. Probeer gerus die kreatiewe aktiwiteite doen en stuur jou pogings in vir die aandag van ons oe in die Departement. Geniet jou leeservaring saam met ons in deel 1!

Studie-eenheid

Wat is literatuur?
1.1 KAN SKAPE DIG?
Dis 'n mooi landelike prentjie as jy hou van skape met woorde gespuitverf op hul rue! Dis die ``Quantum Sheep Project'', en skape is nie die onderwerp van 'n gedig nie, hulle IS die gedig!* Lees die berig wat hieroor verskyn het in ``Beeld'' (11 Januarie 2003):

* Hoewel alles moontlik gedoen is om die kopiereghouer van hierdie foto op te spoor, het dit nie geslaag nie. Sou enige kopieregskending plaasgevind het, bied die uitgewer verskoning aan, en onderneem om die fout reg te stel by 'n herdruk.

Studie-eenheid 1 AKTIWITEIT 1.1 (1) Lees weer die volgende `gedig' in bostaande koerantberig: Warm drift, graze gentle White below the sky, Soft sheep, mirrors, Snow clouds. Ken jy / onthou jy 'n plek waar so 'n toneel sou kon afspeel? Watter prentjie kom by jou op as jy bogenoemde reels lees? (Wat sien jy, hoor jy, ruik jy, ens.?) (2) Hoe het bogenoemde `gedig' ontstaan, volgens die koerantberig? (3) Watter ANDER kombinasies van die dertien woorde in die `gedig' sou ook kon ontstaan het as die skape in ander patrone beweeg het? Probeer 'n paar ander kombinasies met die woorde. Kon jy ten minste een alternatiewe kombinasie maak wat ook sin maak (iets beteken)? Skryf dit hier neer. .................................................................................................................. .................................................................................................................. .................................................................................................................. (4) Dink jy Valerie Laws het sommer net enige dertien woorde wat by haar opgekom het, op die skape se rue geplak? Of sien jy 'n patroon in die dertien woorde wat gekies is? Volgens die koerantberig het Valerie Laws dertien woorde wat uit 'n gedig kom, op dertien skape se rue geplak en hulle toe vryelik laat rondbeweeg sodat die woorde nuwe kombinasies kon vorm. Die dertien woorde is dus nie uit die lug gegryp nie, maar hulle kom uit 'n bestaande, waarskynlik langer gedig. Met ander woorde, hulle is reeds, vir die doeleindes van daardie oorspronklike gedig, geselekteer uit duisende ander moontlike woorde, om in 'n spesiale groepering 'n eenheid te vorm wat iets `se'. Toe jy in aktiwiteit 1.1 nuwe kombinasies probeer het, was dit nie te moeilik nie, want byvoorbeeld ``white'' en ``sheep'' en ``clouds'' en ``snow'' is woorde wat verband hou met mekaar, wat sekere eienskappe gemeen het en maklik anders gekombineer sou kon word en steeds sin maak, al `se' dit dalk dan iets anders. Wat sou jy se het hierdie vier woorde gemeen? Ja, skape is wit, so ook wolke en sneeu. 'n Mens sou dus ook ``white clouds'' of ``white snow'' kon gemaak het uit die vier woorde. (Maar, net vir die interessantheid: is daar iets `ekstra' aan ``snow clouds'' wat jy nie vind in ``white clouds'' nie? Dalk roep ``snow'' iets meer op: helderheid, varsheid?) Ek dink jy sal saamstem: die dertien woorde van die `skaap-gedig' het genoeg gemeen om `uitruilbaar' gebruik te word om ander kombinasies te vorm. Vervang ``white'' deur ``quantum'' en ``sheep'' deur ``teeth'', en kyk of dit nog so maklik is (of moontlik) om iets saam te voeg wat sin maak. 7

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Verder erken Valerie Laws dat die bewegings van die skape nie altyd 'n `gedig' oplewer wat sin maak nie. Selfs al hou die woorde verband met mekaar, moet hulle steeds op 'n manier georden word wat 'n patroon vorm wat sin maak. Draai die dertien woorde byvoorbeeld om, lees die `gedig' agterstevoor, en kyk of jy nog dink jy het met 'n `gedig' te doen? Of dit die beginsels van kwantumfisika is wat die skape hierdie `gedig' laat maak het, is 'n ope vraag! Wat beslis duidelik is, is dat sekere beginsels hier aan die werk is: . seleksie van woorde (sekere woorde word gekies, ander nie) . die woorde wat gekies word, hou verband met mekaar . nuwe kombinasies of groeperinge word gemaak met die geselekteerde woorde . die kombinasies moet georden word in 'n patroon om sin te maak

1.2 WAT SE DIE MENSE, WAT IS LITERATUUR?


Lees die volgende uitsprake oor wat poesie/gedigte/kuns/literatuur is, of doen: . `` 'n Gedig is soos 'n padda in die keel wat moe uit ... . Die interessante is t dat wanneer die padda woorde word en op papier wil rondspring, vind dit 'n manier om uit te gaan en deur ander gelees te word.'' (Petra Muller, skrywer) . ``Om gedigte te maak, is nie soos mandjies vleg om heel te word nie. Dis om jou wonde te ontbloot.'' (Deborah Steinmar, digter) . ``I know of no pain that art cannot assuage.'' (Jeanette Winterson) . ``I believe that art puts down its roots into the deepest hiding places of our nature and that its action is akin to the action of certain delving plants, comfrey for instance, whose roots can penetrate far into the subsoil and unlock nutrients that would otherwise lie out of reach of shallower bedded plants.'' (Jeanette Winterson) . ``Life is about power. Geld gee mag. Ons almal veg net maar net om oorlewing ... Ek sal dit stadig se: I am in show business show business. Dis besigheid. Kunstefeeste moet bedryf word soos 'n besigheid, die kunstenaar is 'n brand ... . Selling a play is like selling baked beans. Daar is geen verskil nie. Kuns gaan oor manipulasie. ... Jy los sekere gegewens uit en gebruik ander. Dit is die kunstenaar se keuse watter effek hy op die gehoor wil he. Die onderskeid tussen kuns en kommersiele vermaak is absoluut k**. 'n Gehoor word net so veel vermaak wanneer hulle huil as wanneer hulle lag ... . Al wat saak maak, is die gehoor se reaksie. Die loketinkomste.'' (Deon Opperman, dramaturg) . ``Readers who don't like books that are not printed television, fast on thrills and feeling, soft on the brain, are not criticising literature, they are missing it altogether. A work of fiction, a poem, that is literature, that is art, can only be itself, it can never substitute for anything else. Nor can anything else substitute for it. The serious writer cannot be in competition for sales and attention with the bewildering range of products from the ever expanding leisure industry. She can only offer what she has ever offered; an exceptional sensibility combined with an exceptional control over words.'' (Jeanette Winterson) 8

Studie-eenheid 1 AKTIWITEIT 1.2 Wil jy jou demokratiese reg uitoefen en oor bostaande aanhalings stem? Nommer hulle in die volgorde waarin jy dink hulle die korrekte beeld gee van wat letterkunde is of doen. (Dis jou keuse, daar is nie 'n regte of verkeerde antwoord nie.) As jy wil, gee kortliks 'n rede vir jou keuse. (1) .................................................................................................................. (2) .................................................................................................................. (3) ..................................................................................................................

Het jy opgemerk dat dit lyk of van die aanhalings (of skrywers) mekaar weerspreek? Kom ons som dit so op: A: Kuns is besigheid. Dit moet bemark word en geld maak. Dis 'n kommoditeit/handelsnaam. Dit gebruik die metodes van die sakewereld (seleksie, manipulasie). Kuns is dieselfde as vermaak. B: Kuns is nie blote vermaak of ontspanning nie. Die kunstenaar het 'n spesiale sintuig vir die kuns en 'n spesiale vermoe met woorde. Die kunstenaar behoort nie met kommersiele vermaak te kompeteer vir verkope nie want sy bied iets unieks. B: Kuns genees jou wonde. B: Kuns is soos 'n plant met diep wortels wat in jou skuilplekke in jouself indring en voedingstowwe daaruit haal.

A: Kuns ontbloot jou wonde. A: Kuns is soos 'n padda wat uit die kunstenaar moet uit.

Kontradiksies? Of twee kante van dieselfde munt? Ons kom later in deel 1 terug na van hierdie uitsprake. In hierdie stadium kan ons kyk na een saak wat geopper is, naamlik die onderskeid tussen (ernstige) kuns/literatuur en vermaak.

1.3 `HOGERE' KUNS TEENOOR `POPULERE' KUNS?


Dis 'n lewendige debat op baie fronte. In die Afrikaanse musiekwereld was daar al groot onmin tussen die `ernstige' kunstenaars (beoefenaars van die Afrikaanse luisterliedjie, bv., waar 'n gedig dikwels omskep is in 'n liriek) en die populere sangers (wie se ``Rooirokbokkie'' of ``Ek bly 'n Bul'' sakke vol geld maak maar dalk nie groot intellektuele eise aan die luisteraar stel nie). Net so kry jy `kunsflieks' teenoor `populere' flieks (met hul eie teaters) en `lughaweliteratuur' teenoor `ernstige' literatuur. (Kan jy raai wat `lughaweliteratuur' is?) Die veronderstelling is dat `populere' kuns makliker is, meer toeganklik, minder kompleks en meer vermaaklik. Daarteenoor is `ernstige' kuns vir die persoon wat 'n bietjie pitkos soek; dit stem tot nadenke, die tekstuur is digter geweef, en dit moet dus versigtig geanaliseer word met behulp van groter agtergrondskennis en hulpmiddels. 9

lughaweliteratuur

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Kan jy dink aan 'n paar liedjies/flieks/boeke wat bogenoemde kategorisering 'n bietjie te streng laat lyk? Wat van 'n fliek soos ``The Matrix'' wat hoogs populer is (aksie, musiek, ens.) maar tog ook 'n `ernstige' filosofiese basis het soveel so dat dit in universiteitskursusse in die filosofie voorkom? Of die fliekweergawe van ``Much ado about nothing'' (gebaseer op die Shakespeare-teks, beslis nie toeganklike taal nie) wat 'n hoogs vermaaklike ervaring is? Onthou ook dat `lughaweliteratuur' dikwels geskryf word deur baie vaardige skrywers, eintlik `ernstige' skrywers wat onder 'n ander pennaam hul meer `populere' boeke uitgee. Die feit is: allerlei tradisionele grense het in ons dag baie vloeibaar geword. Jy kan minder as ooit die boek op sy/haar baadjie takseer. 'n Interessante voorbeeld van 'n baie `populere' liedjie wat kommersiele sukses behaal het, maar ook baie eienskappe van 'n `ernstige' teks vertoon, is Christopher Torr se ``Hot Gates''. Jy sal sien dat begrippe soos seleksie, verbande, patroonvorming en samehang baie duidelik hier aan die werk is. Dis 'n langerige aktiwiteit, maar jy gaan dit baie geniet en sommer baie hieruit leer. Dis mos lekker om na musiek te luister!

AKTIWITEIT 1.3 (1) Luister na Laurika Rauch se weergawe van ``Hot Gates'' op die kasset. As dit die eerste keer is dat jy dit hoor, probeer eers die woorde volg sonder die teks voor jou. Wat is jou eerste indrukke? ('n Groep Zimbabwiese studente vir wie die liedjie voorgespeel is as deel van 'n Kreatiewe Skryf-kursus, het spontaan begin juig en hande klap teen die einde. Verstaan jy so 'n respons? `Doen' die liedjie iets aan jou, al het jy dit al vantevore gehoor?) Dink jy dis `kuns'? Of dink jy dis sommer net 'n klomp plekname wat aaneengeryg is? Die eerste strofe (reels wat saamgegroepeer is) van vier reels lyk, as jy dit so vinnig bekyk, na die blote opnoem van 'n klompie wereldstede: ``London, Paris, Rome, Berlin ...'' In watter stadium in hierdie strofe begin jy wonder of dit so 'n onskuldige lys plekname is? (Watter een pas nie in die patroon van huidige, alhoewel soms eeue oue, wereldstede in nie?) Uit watter tydvak kom hierdie laaste pleknaam? Kan jy dit plaas ten opsigte van geskiedenis? Watter beroemde gebeurtenis assosieer jy met die naam? Waar lees ons veral hieroor? Lees weer deur strofe 1. Dink jy die ander plekname is dalk ook nie so `onskuldig' nie? (Uit die onlangse verlede, watter skokkende gebeurtenis onthou jy het in bv. Beijing plaasgevind?) Begin by die titel en lees weer deur die hele teks. Onderstreep plekname wat by jou 'n klokkie lui ten opsigte van 'n skokkende gebeurtenis/reeks gebeure wat daar plaasgevind het. Ek doen vir jou strofe 2. ``Waco'' David Koresh se sekte pleeg massaselfmoord, V.S.A. (1993) ``Sarajevo'' Serbiers beleer Sarajevo jare lank; duisende mense sterf (1990's) ``Saigon'' V.S.A. Vietnam-oorlog (1970's) ``Hiroshima'' V.S.A. gooi atoombom op Hiroshima (1945) 10

(2) (3)

(4) (5) (6)

Studie-eenheid 1 (7) Begin jy 'n patroon sien in die seleksie van hierdie plekname? Wat is die patroon? Wat het die plekname gemeen? Lees me. D. Volschenk se uiteensetting van die assosiasies van elke pleknaam, opgeneem in die leesbundel. As jy wil, omkring elke pleknaam in die teks van ``Hot Gates'' en maak 'n nota daarby van die gebeurtenis en tydvak om jou te herinner. Skryf drie plekname hier neer, met assosiasie, wat jy nog nie vantevore met oorlog of konflik of ramp verbind het nie. ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ (9) Watter Suid-Afrikaanse plekname sien jy in die teks? Met watter oorlog/konflik kan jy elk verbind? (bv. Sharpeville polisieoptrede teen inwoners in 1960, talle mense geskiet of gewond). Hoe laat die Suid-Afrikaanse plekname jou as leser meer betrokke voel by die `wereldgeskiedenis' van oorlog en konflik? Watter Suid-Afrikaanse konflikte roep die meeste emosie by jou op? Hoekom, dink jy? ``Hot Gates'' is in 1995 in Suid-Afrika gepubliseer. Wat was die heersende omstandighede (ekonomiese, sosiale, politieke, kulturele konteks) in daardie stadium? Lees gerus 'n bietjie vooruit in studieeenheid 5 wat hierdie era as agtergrond het. Kon die politieke omstandighede in 1995 'n bydrae gelewer het tot die ontstaan en resepsie (hoe luisteraars/lesers dit ontvang het) van die liedjie, dink jy? Dink jy dis toevallig dat ``Armageddon'' en ``Thermopylae'' heel laaste in die teks voorkom? Gaan kyk na die assosiasies wat elkeen het in Volschenk se uiteensetting. (Dit lyk of albei plekname verwys na 'n spesifieke plek/konflikte in die verlede, maar ook 'n sametrekking word van die begrip `oorlog'.) Sou ons kon se dat ``Armageddon'' en ``Thermopylae'' 'n klimaks vorm in die lys plekname met hul konflikassosiasies? (Hoe word ``Armageddon'' bv. in omgangstaal gebruik is dit sinoniem met `oorlog-van-alle-oorloe'? Dink jy ``Thermopylae'' som die idee van ``hot spots'' of ``flash points'' wat in die titel ``Hot Gates'' voorkom, op?) Is daar iets in die teks soos dit afgedruk is op die bladsy, wat die leser telkens daaraan herinner dat ons hier met 'n liriek (teks van 'n liedjie wat gesing/gehoor moet word) te doen het? Wat is dit? Luister nou weer na die liedjie soos dit gesing word. Is daar iets in die ritme wat sou kon inpas by die deurlopende verwysings na oorlog/ konflik/ramp? Luister veral weer na die gedeeltes wat nie as koor (``Chorus'') gemerk is nie. Hoe pas die koor of refrein (``I can see a fiery, fiery glow ...'') in by die verwysings na oorlog/konflik/ramp? Waarna is die ``horseman on the run'' 'n verwysing, dink jy? Verwys dit na iets wat al verby is, of nog voorle, of albei? Hoe verstaan jy die reel: ``O my daughter, O my son''? (Wie is waarskynlik die spreker hiervan, en wie word aangespreek?) Die heel laaste strofes (``There's another song ...'' en ``There's another city ...'') wat in die uitvoering van die liedjie gepaardgaan met klokke wat vreugdevol lui, vorm die tema of slotsom van ``Hot Gates''. Wat dink jy is hierdie slotsom? (Kyk dit terug na 'n bloedige geskiedenis, of vooruit na 'n bloedige einde van alle geskiedenis, of nog verder 11

(8)

(10)

(11)

(12) (13)

(14)

(15) (16)

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses vooruit? Na watter stad of tyd of bedeling? Waar lees ons van hierdie stad?)
seleksie verbande patrone samehang en sin

Kon jy in jou lees en oorweeg van ``Hot Gates'' sien hoe besondere woorde geselekteer is, en verbande met mekaar gevorm het op grond van sekere gemeenskaplike eienskappe en assosiasies? Kon jy patrone, samehang en sin sien? En die slotsom waarheen alles in die teks wys? Dit het dalk na 'n opnoemrympie op musiek gelyk, maar ek is seker jy moes gesien het dit het baie van die eienskappe van 'n `ernstige' literere teks. By die literere eienskappe wat ons hierbo genoem het, kan ons in hierdie stadium voeg dat hierdie teks so half selfbewus optree: kyk na die tipe woorde wat geselekteer is en hoe hulle met mekaar verbind (ongewone tipe woorde, plekname, wat elkeen 'n `storie vertel' maar nie op die gewone manier nie); die herhaling van woorde of klanke (kan jy sulke voorbeelde uit ``Hot Gates'' uitwys? daar is heelwat); die indeling in reels en strofes; ensovoorts. Alles is deel van 'n bewustelike proses van vooropstelling (Engels ``foregrounding''), d.w.s. die taal en teks word op die voorgrond geplaas, trek aandag na sigself op allerlei maniere. Die leser word so `gewaarsku' dat hy/sy te doen het met 'n spesiale soort teks, 'n literere teks, waar sekere reels en konvensies geld. Hieroor gaan ons nou-nou meer se.

vooropstelling

AKTIWITEIT 1.4 Vir die belangstellende student (opsioneel) (1) Lees S.J. Neethling se artikel ``Connotative Toponyms: Christopher Torr's `Hot Gates''' (afgedruk in die leesbundel) vir 'n verdere bespreking van sommige plekname, asook interessante klank- en ritmiese aspekte van ``Hot Gates''. Kyk veral na sy bespreking van die verskynsel toponimie. Hy verduidelik dat plekverwysings in die teks van ``Hot Gates'' individualiserend en onderskeidend optree, en wys hoe konnotasie (die beelde van en assosiasies met gebeure wat die verwysing na die pleknaam oproep) werk. Vorm jou eie definisie van ``konnotasie'' n.a.v. wat jy lees in die artikel, en probeer dit toepas in tekste wat jy verderaan in die studiegids gaan lees. (2) As 'n oefening in die gebruik van konnotasie, probeer jou eie variasie op ``Hot Gates'' skryf. Gebruik dieselfde musiek/ritme, maar ander woorde. Dit beteken ook: 'n ander deurlopende idee, 'n ander slotsom. 'n Lekker uitdaging! Jy kan jou poging gerus instuur saam met jou werkopdrag en dit met ons deel hier in die departement.

konnotasie: beelde van en assosiasies met gebeure

1.4 FIKTIWITEIT
``It never has happened and it never will happen, and that is why it is told'' (Karen Blixen) In hul inleiding tot die literatuurwetenskap, Alkant Olifant, haal Chris van der Merwe en Hein Viljoen die tradisionele siening van ``literatuur'' aan: ``die versameling van die beste en mooiste boeke in 'n bepaalde taal. Gewoonlik word stilswyend hierby aanvaar dat ons van fiktiewe tekste praat: tekste wat 12

Studie-eenheid 1 handel oor dinge wat nie regtig gebeur het of oor mense wat nie regtig gelewe het nie'' (Van der Merwe en Viljoen 1998:26). Dink jy dat bogenoemde beskrywing bv. ``Hot Gates'' voldoende beskryf? Ons het juis gesien dat die oorloe en konflikte waarna daar verwys word, werklik gebeur het, historiese gebeurtenisse is. Onthou jy wat ons hierbo gese het oor seleksie? Woorde word geselekteer uit duisende ander, gekombineer op 'n nuwe manier om 'n nuwe eenheid te vorm wat iets nuuts `se' oor die lewe, die werklikheid. Woorde verwys na mense, gebeure, plekke, tye, beginsels, ensovoorts wat gegrond is in die lewe soos ons dit ken. Die oorspronklikheid of nuutheid of andersheid van die fiktiewe teks le hierin, dat die woorde wat geselekteer is nog nooit vantevore presies so gekombineer is om presies hierdie `woord-wereld' met presies hierdie `boodskap' te skep nie. In hierdie sin ``it has never happened and it never will happen'' soos Blixen dit stel. Andre P. Brink maak in sy ``Erkenning'' van bronne in Anderkant die Stilte (Brink 2002:325326) die onderskeid tussen dokumentere inligting (`feite') oor die immigrantevroue wat in die twintigste eeu na Suidwes-Afrika verskeep is en plekke soos Frauenstein, en die weergawe daarvan in sy roman, in terme van die woord verbeelding: ``Maar die Frauenstein wat in Anderkant die Stilte bestaan net in my verbeelding, net soos die grootste gedeelte van Hanna X se lewe.'' Hy bedank sekere persone vir hulp met sy navorsing, maar se dan ook: ``In party opsigte, waar die storie dit vereis het, het ek afgewyk van hul feite ...'' Hieruit sou ons die volgende kon aflei: selfs al is die grondstof vir 'n teks, soos Brink se roman, of ``Hot Gates'', dinge wat werklik gebeur het of mense wat regtig bestaan het, is hoe dit in die literere teks gestalte kry, die resultaat van die skrywer se verbeelding. Die literere teks gee nie vir ons 'n `feitelike' waarheid nie, maar gebruik gegewens uit die werklikheid en kombineer dit op nuwe maniere om 'n denkbeeldige wereld daar te stel wat vir die leser 'n nuwe perspektief op die lewe sal gee. So is die karakter Hanna X in Brink se roman gebaseer op 'n naam en sekere agtergrondskennis van die tyd en historiese gebeure, maar die Hanna X wat ons in die roman leer ken, is nie die `werklike' Hanna X nie, sy is eerder die draer van sekere perspektiewe op die vrou van daardie tyd en dalk ook nog ons eie tyd, wat Brink in sy roman wou gestalte gee.

verbeelding

denkbeeldige wereld

AKTIWITEIT 1.5 Lees die volgende humoristiese beskrywing van `fiktiewe' karakters (uit Peet en Robinson 1992:10): ``... Fictional characters differ from real people in that you cannot touch or smell them, they aren't really alive (except in our heads), they go to the toilet very infrequently, and they often seem far more witty and articulate than ourselves ...'' (1) Wat dink jy beteken: ``they aren't really alive'' in die lig van wat ons hierbo gese het in verband met realiteit en fiktiwiteit? 13

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses (2) Hoekom, dink jy (tong-in-die-kies), lees ons nie noodwendig in 'n literere of enige teks dat, of hoe dikwels, 'n karakter die toilet besoek nie? (Dink ook aan bv. 'n sepie soos ``7delaan''.) Ons weet nou dat 'n literere teks 'n verbeeldingswereld teken wat verband hou met ons alledaagse werklikheid, maar 'n seleksie en hergroepering van elemente daaruit is. As Hilda in ``7de laan'' nie gewys word waar sy telkens die badkamer opsoek nie, is dit omdat hierdie element nie nuttig is vir die verloop van die verhaallyn nie. Ons veronderstel dat sy dit moet doen, maar wat dra dit by tot die ontwikkeling van haar verhouding met Oubaas? Dis dus nie 'n element wat geselekteer gaan word nie, want dit se vir ons niks oor Hilda se karakter of verhoudings nie.

1.5 TEKS, KONTEKS, INTERTEKS


Ons het die term `teks' nou al meermale gebruik in ons bespreking tot nou toe. Wat dink jy bedoel ons daarmee?

1.5.1 Teks
Wil jy probeer om `teks' kortliks hier te omskryf soos jy dit verstaan? .......................................................................................................................... .......................................................................................................................... Ons het hierbo i.v.m. ``Skape wat dig'' en ``Hot Gates'' telkens gewys op ordening en samehang as eienskappe van die literere teks. Tog is daar nog aspekte waaaraan ons moet aandag gee in 'n definisie van `teks'. Kyk weer na veral ``Hot Gates''. Wat is die hele doel daaragter om 'n liedjie te skryf met 'n sekere slotsom of insig, as niemand dit hoor nie? En sou die liedjie die trefkrag gehad het wat dit het, as ons dit gelees het sonder om die `omgewing' waarbinne dit ontstaan het en gelees word, buite rekening gelaat het (met ander woorde as 'n gesoleerde stukkie taal sonder inagneming van die kultuur, historiese tydstip, sosiale dimensie, die tipe teks wat dit is, ens.)? Kom ons kyk weer na jou definisie hierbo en neem die `hoorder' en die `omgewing' waarin hy/sy hoor, ook in ag. Wat dink jy van die volgende poging? 'n Teks is 'n stuk taalgebruik wat kommunikasie tussen deelnemers moontlik maak omdat dit samehangend is en omdat dit funksioneer binne 'n bepaalde konteks. Nie sleg nie, of hoe? Maar sommige teoretici sien die term `teks' nog breer as dit. Kyk hoe definieer Peck en Coyle (1993:163) dit: ``... (I)n recent theory the term `text' covers all forms of writing, as well as photographs, records, adverts; indeed, anything that can be read as a text, including the world itself. We can, that is, insist on the textuality of almost anything.'' Hiervolgens sou ek en jy, of snitte uit ons lewens, ook `tekste' kon wees wat 14

Studie-eenheid 1 `gelees' (genterpreteer) kan word! Nogal 'n gedagte. Kom ons neem dit ook in ag en skryf saam 'n volledige definisie in die volgende aktiwiteit.

AKTIWITEIT 1.6 (1) Wie/wat dink jy is die deelnemers aan die literere kommunikasieproses? (vir 'n bietjie hulp, kan jy kyk na Peet en Robinson 1992:273 in die leesbundel. Kyk sommer net na die prentjies!) (2) Ons het hierbo die term `teks' begin omskryf. Hoe sou jy die aspekte van fiktiwiteit en vooropstelling, wat eienskappe is van 'n literere teks soos ons gesien het, by die definisie integreer? Kom ons werk saam: `` 'n Literere teks is 'n stuk taalgebruik, geskrewe of niegeskrewe, wat kommunikasie tussen .................. moontlik maak omdat dit samehangend is, funksioneer in 'n bepaalde konteks, en deur vooropstelling en literere konvensies 'n fiktiewe wereld daarstel wat die menslike situasie aan ons toon in .......................'' Wat dink jy, vat dit so min of meer alles saam? So 'n definisie sou orale (mondelinge) literatuur insluit (niegeskrewe), asook allerlei vorme van kommunikasie waar seleksie en hergroepering van idees iets nuuts oor die menslike kondisie se.

definisie van `litere re teks'

1.5.2 Konteks
Wat is die konteks waarbinne die kommunikasie plaasvind? Watter vrae gaan jy vra om dit te bepaal? Gaan kyk weer na vrae 9 en 10 oor die SuidAfrikaanse `agtergrond' by ons bespreking van ``Hot Gates'' in aktiwiteit 1.3. Ja, jy sou kon vra wat die politieke omstandighede van die tyd was waarin die gedig geskryf is. Wat was die ekonomiese realiteite? Was daar groot sosiale verskille, was sommige mense baie arm en ander ryk? Was dit 'n sekere rassegroep wat oorwegend arm was? Hoekom? 'n Belangrike vraag rakende konteks sou dus wees: . Watter magstrukture of ideologie was/is in swang? Ideologie is 'n sisteem van samehangende idees wat die struktuur van die samelewing asook die denke van daardie samelewing ingrypend benvloed. Dis die idees van 'n groot sosiale groep, dis simplisties van aard, dit onderskei tussen volslae teenoorgesteldes soos `reg' en `verkeerd', `sterk' en `swak', `slim' en `dom', ens. Sulke idees lei tot starheid en onversetlikheid van denke. Ander belangrike vrae is: . Wat is die persoonlike ervaringsveld van die leser (ervarings, verwagtings, opinies, ens.)? . Wat is die `generiese' konteks? (Soort teks of tekstipe, of genre is dit 'n gedig, of kortverhaal, of drama? Sien par. 1.6 vir meer hieroor.)

1.5.3 Interteks
``The true artist is connected'' (Jeanette Winterson) 15

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Geen mens, skrywer maar ook geen teks, is 'n eiland nie. Daar is altyd 'n verband, wisselwerking of verhouding (konneksie) tussen een teks en ander tekste. Sommige kritici praat van 'n teks as 'n ``mosaek van sitate'' wat opgebou is uit ouer of tydgenootlike tekste wat verwerk is of aangehaal word (Cloete 1992:187). ``[Intertextuality] refers to the way in which one text echoes or is linked to other texts either by direct quotation and allusion or simply by being a text.'' (Peck en Coyle 1993:163). Hier is dus twee belangrike aspekte: . Aanhalings waaruit/verwysings waarna? In ``Hot Gates'' was dit veral uit geskiedenisbronne en uit Die Bybel. Dit kan ook uit mitologiese verhale, ander literere tekste, `tekste' in die algemeen (koerantberigte, foto's, musiek, flieks, TV-programme, uitsprake van mense, ens. ens.) wees. . ``Or simply by being a text'' Dalk behoort die teks tot 'n tipe of genre wat jy goed ken, soos die speurverhaal of sprokie. Omdat jy die konvensies (`reels' en gebruike) van die speurverhaal ken, het jy 'n sekere verwagting van die teks wat jy nou begin lees, en plaas jy dit binne daardie raamwerk. Daar ontstaan gewoonlik 'n `eggo' in jou persoonlike leeservaring as jy iets lees of sien wat 'n verband vorm met iets anders wat jy al gelees of gesien het. Hier betree ons die veld van die leser se unieke kommunikasie met 'n teks op grond van jou persoonlike `geskiedenis', wat jy al ervaar het, gelees het, jou kennis van letterkunde(s) en teoriee wat anders sal wees as ander lesers s'n, ook myne. Hoe word ander tekste in 'n literere teks gebruik? . Soms as oerteks of grondteks: 'n gedig soos T.T. Cloete se ``Fragment'' gebruik bv. die gelykenis van die Verlore Seun wat in Die Bybel voorkom, en verwerk dit om iets nuuts of anders te se (soos: daar is nie net baie `verlore seuns' in die wereld nie, maar in 'n individu se lewe kan hy/sy telkens 'n `verlorene' wees en ook nie seker van 'n terugkeer na die Vaderhuis nie). In so 'n geval ontstaan daar 'n ironiese afstand tussen die grondteks (oerteks), en die nuwe teks: die nuwe teks wys dat die slotsom van die grondteks dalk nie die enigste moontlike slotsom in so 'n situasie (waar daar verwydering kom tussen `pa' en `kind') is nie, of selfs dat die oorspronklike slotsom nie die `korrekte' een was nie. Die gebruik van 'n oerteks kom gewoonlik neer op 'n uitgebreide in-gesprek-tree met 'n ouer of ander teks in 'n nuwe teks. Ons sien dit maklik raak waar die titel van die nuwe gedig bv. die titel van 'n ouer gedig, of reels daaruit, aanhaal: soos ``Die kind 2'' wat Ingrid Jonker se gedig ``Die kind'' oproep. Dit kan egter ook minder ooglopend wees en eers duidelik word soos jy lees, bv. dat Andre P. Brink se roman Die Ambassadeur geskoei is op Dante se Die Goddelike Komedie. . Soms as minder uitgebreide, of meer gevarieerde verwysings na ander tekste: nie net een grondteks word as basis gebruik nie, maar daar word verwys na verskeie ander tekste soms 'n hele tradisie (nasionale of 16

verband, wisselwerking of verhouding tussen tekste

Studie-eenheid 1 internasionale letterkunde). Wees op die uitkyk vir sulke verwysings, want intertekste verbreed die `boodskap' en trefkrag van die nuwe teks op allerlei maniere. AKTIWITEIT 1.7 Kom ons kyk dadelik hoe intertekste ten opsigte van mekaar kan optree. Ons gaan kyk na wat die volgende tekste gemeen het ten opsigte van die onderwerp wat in elk betrek word, maar ook hoe die tekste met mekaar `praat' en nuwe insigte bybring as hulle interaktief begin optree. Ons neem die volgende tekste as moontlike intertekste ten opsigte van mekaar omdat die een die ander in my leeservaring `opgeroep' het. Jy vind almal in die leesbundel. Tekste/intertekste: . ``Lied van die kinders'' (Lina Spies) . ``I forgive, says the napalm girl'' (koerantberig met foto's) . ``Geloftedag-toespraak'' (Lina Spies) (1) Wat is die gemene deler tussen al die tekste? (gee EEN woord) (2) Is enige vorm van oorlog deel van jou ervaringswereld? (Jy sou ``oorlog'' baie wyd kon beskou, bv. as alle tipes konflik of selfs geweld. Maar dink ook aan onlangse oorloe in Suider-Afrika of verder weg.) (3) Na watter oorloe spesifiek verwys ``Lied van die kinders''? Let spesiaal op na strofe 2. (4) Gaan kyk weer in me. Volschenk en S.J. Neethling se artikels oor ``Hot Gates'' watter inligting ons het oor die Vietnam-oorlog (waar, wanneer, strydende partye, uitslag, ens.), en lees dan die koerantberig ``I forgive, says the napalm girl''. (5) Bestudeer die kinderfoto van Kim Phuc. Kry jy 'n indruk van Kim Phuc se pyn en vrees as kind? Kan jy verstaan hoekom die foto so beroemd geword het en die Pulitzerprys gewen het? (6) Hoe verbreed of verdiep die foto en verhaal van Kim Phuc jou lees van ``Lied van die kinders''? (7) Sou jy se die slotsom waartoe ``Lied van die kinders'' kom omtrent oorlog en kinderlyding stem ooreen met die `boodskap' wat die koerantberig oordra? (Dink dalk in terme van vergiffenis of 'n `oplossing' vir die leed van oorlog.) Wat van ``Hot Gates''? (8) Is hierdie slotsom dieselfde as die van ``Geloftedag-toespraak''? Kyk veral na die slotreels van laasgenoemde gedig. (Sou jy die kinderfoto, of die grootmensfoto van Kim Phuc by ``Geloftedag-toespraak'' plaas?) (9) Watter rol speel die oerteks van ``Lied van die kinders'' in die `boodskap' wat dit uiteindelik oordra? (Wenk: die oerteks is 'n refrein in ``Lied van die kinders'' en kom uit Die Bybel. Kan jy dit opspoor?) Raak jy ook opgewonde oor al die nuwe deure wat oopgaan soos ons tekste naas ander tekste plaas en begin sien hoe hulle met mekaar `praat'? Jy sou hierbo gesien het dat die foto van Kim Phuc vir ons `gesigte' gee aan die kinders in Spies se teks. Kim Phuc se verhaal van vergiffenis verbreed ons perspektief op die lyding van kinders wat in Spies se teks gestalte kry: 17

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses kinders word groot en verstaan wat met hulle gebeur het, dalk beter, en word vry as hulle hul eertydse vyande weer sien en kan vergewe. Maar nie alle verhale het so 'n positiewe sluiting nie. Soms ontbreek die geleentheid om vergiffenis te vra, of verstaan die kind nooit wat met hom/ haar gebeur het nie, soos ons sien in die volgende aktiwiteit.

AKTIWITEIT 1.8 Vir die belangstellende student (opsioneel) (1) Lees ``De Sneeuwbui'' (Ward Ruyslinck) in die leesbundel en vergelyk die uitbeelding van kinderlyding in 'n oorlogsituasie in die verhaal, met hoe dit in bg. gedigte en koerantberig gedoen word. Skakel Bikkel se onbegrip van wat eintlik met hom aan die gebeur is, met die kinderfoto van Kim Phuc? Of sien jy eerder verskille? (2) Kyk na die video/DVD van Steven Spielberg se fliek ``Empire of the Sun'' (gebaseer op J.G. Ballard se blitsverkoper, oor 'n 11-jarige seun wat 'n Japannese konsentrasiekamp oorleef as hy aan die begin van die Tweede Wereldoorlog van sy ouers geskei word). Die hoofkarakter deur wie se oe ons die gebeure sien, is ook 'n kind. Wanneer die kernbom ontplof teen die einde, sien hy dit as ``God taking a photograph''. Wat se dit van die kinderbewussyn wat iets sien wat hy nie verstaan nie, maar wat hom ingrypend benvloed? Hoe skakel dit met Bikkel se onbegrip hierbo, maar ook met die reel in ``Lied van die kinders'': ``hulle [die kinders] weet van wonde/sonder om te twyfel of te vra''? Kan jy sien hoe intertekste jou lees van 'n teks kan verryk? Het jy enige ander `eggo's' gehoor uit jou eie ervaringswereld, ander tekste wat jy ken wat ook skakel met bogenoemde onderwerp? Skryf hulle gerus neer en kyk hoe jou leeservaring nog verder verruim word.

1.6 GENRE
In die vorige paragraaf het ons van die `generiese konteks' gepraat as 'n aspek van die begrip konteks, en die algemeen bekende term `genre' as alternatief gebruik. Peck en Coyle (1993:1) definieer genre soos volg: ``Genre means a type or class of literature. The main generic divisions today is into poetry, drama and the novel but in earlier times the major genres were recognised as epic, tragedy, lyric, comedy and satire. The logic behind these divisions is straightforward: al works of a certain kind have a great deal in common and are therefore grouped together under these broad headings. The advantage of knowing about these divisions is that they tell us what sort of text we are dealing with.'' Van der Merwe en Viljoen (1998:6869) verkies om nie na ``klasse'' te verwys wat onderskeidende kenmerke het nie, omdat dit te veel na statiese `wette' sou lyk. Hulle praat eerder van genres as ``reekse familieverwantskappe'': ingewikkelde netwerke van ooreenkomste wat oorvleuel soos dit in gesinne en families gebeur in gedeelde eienskappe soos liggaamsbou, kleur

reekse familieverwantskappe: netwerke van ooreenkomste

18

Studie-eenheid 1 van oe, stap, temperament, gebare, ens. So sou die verskillende verteen woordigers van 'n genre soos wetenskapsfiksie bv. as 'n familie beskou word wat almal na mekaar lyk, sonder dat hulle noodwendig EEN gemeenskaplike trek moet he. Hierdie `familie-ooreenkomste' tussen tekssoorte berus op tradisie en ons leer dit onbewus wanneer ons bv. baie komedies lees: ons kry 'n bepaalde idee van 'n genre en sy moontlikhede, van watter hoogtepunte daarin bereik is, en waarom hierdie tekste as hoogtepunte beskou word. Die volgende aktiwiteit is opsioneel omdat ons later in deel 1 (kyk by studieeenheid 3) terugkom na genre. Ons dink egter jy sal dit baie interessant vind om hierdie aktiwiteit te doen en dan het jy 'n voorsprong as jy by studieeenheid 3 kom!

AKTIWITEIT 1.9 Vir die belangstellende student (opsioneel) Lees in die leesbundel die tekste hieronder genoem, met bogenoemde uiteensetting van genre in gedagte. Probeer vir jouself die vrae beantwoord. Die vrae gaan oor hoe die tekste op die bladsy gedruk is, en hoe hulle sigbaar verskil, en raak net aan onderwerp en tema. Jy is welkom om hulle ook `dieper' te lees om te kyk wat elkeen vir jou se. (1) Wat het die tekste gemeen ten opsigte van onderwerp? Waaroor gaan elkeen? (2) Hoe verskil die tekste ten opsigte van genre, dink jy? Watter teks is 'n gedig, watter een is 'n verhaal, en watter een is 'n uittreksel uit 'n drama? Is daar 'n teks wat jy nie as fiksie sou merk nie? Watter een? (Jy mag vooruitlees na studie-eenhede 3, 4 en 5 waar hierdie tekstipes meer in besonderhede bespreek word. Die idee is om jou nou reeds bloot te stel aan hoe verskillende tekstipes lyk. Vra jouself voorlopige vrae soos: . Hoe is die teks op die bladsy gedruk? Lyk dit of daar verskillende konvensies (`reels') is wat die vorm bepaal? . Werk die tekstipe van ``Maar daar is'' beter as wat 'n gedig dalk dieselfde stof sou kon hanteer? Indien wel, hoekom dink jy is dit so? . Hoe direk word karakters aan die woord gestel in bv. Kanna, teenoor ``Maar daar is''? . Lyk die taalgebruik na `gewone' taal of is dit meer gekonsentreerd, selfs effens kripties? Tekste: . . . . . . ``Maar daar is'' (Riana Scheepers) ``Verkragting'' (Charles Fryer) Uittreksels uit Kanna hy ko hystoe (Adam Small) ``Verkrag! 'n Verhaal van verskrikking en hoop'' (Willa de Vos) ``Alison: deur die doodskaduwee na die son'' (Carol Coetzee) Opsioneel: die fliekweergawe van ``Dead man walking'' hoe verskil hierdie `teks' van bogenoemde tekste?

Ons het in hierdie studie-eenheid gesien wat literatuur is. . Woorde, idees word uit die alledaagse werklikheid geselekteer en nuut saamgestel om 'n fiktiewe (verbeeldings-) wereld te vorm wat iets nuuts se oor die menslike kondisie. 19

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses . Hierdie wereld kry gestalte in 'n teks wat 'n stuk taalgebruik is wat kommunikasie tussen skrywer en leser moontlik maak omdat dit samehangend is en funksioneer in 'n bepaalde konteks. . Tekste `praat' met mekaar as intertekste en bring so nuwe dimensies aan ons leeservaring. Ons hoop jy het hierdie inleiding tot dusver geniet!

1.7 SUMMARY
In this first study unit we explored the nature of a literary text and the principles underlying it. We looked at a `poem' created by arbitrary movements of sheep in a literary experiment, and found that the thirteen words used in the experiment had been pre-selected from a literary text, which made it easy to recombine in a new pattern. Literary principles extracted from this passage are selection, relationship between words, ordering and grouping of words in new patterns that have meaning. These and other aspects of a literary text are highlighted in an interactive discussion of Chris Torr's ``Hot Gates'', which straddles the `boundary' between `high art' and `popular art'. Literary conventions such as fictionality and foregrounding are discussed and illustrated, as well as concepts like text, context and intertextuality. Finally the concept of genre is touched upon by some introductory remarks and an activity.

20

STUDIE-EENHEID

Wat `doen' Literatuur?


2.1 WAT IS DIE `NUT' VAN LITERATUUR EN LITERATUURSTUDIE?
Hoekom dra Nina Swart (Wilmien in die TV-sepie ``7delaan'') kopiee van Die aandag van jou oe (Petra Muller), Gert Vlok Nel se Om te lewe is onnatuurlik, en Karolina Ferreira deur Lettie Viljoen oral met haar saam? ``The wisdom of the ages resides in books, and the things which our children need to face life now'', het die digter T.S. Eliot gese. Daar is wysheid, insig omtrent die lewe, in boeke, se Eliot, en dis wat ons kinders nodig het. Net kinders? Lees wat se twee bekende Suid-Afrikaanse persoonlikhede oor die boeke in hul lewe: . ``Die een boek wat my op 'n emosionele mallemeule gehad het, is Marlene van Niekerk se Triomf. Nog nooit het ek met soveel insig, deernis, eerlikheid en onopgesmuktheid met karakters en hul omstandighede kennis gemaak nie ... In dieselfde stop-it-Ilike-it-trant is Antjie Krog se boek Country of my skull, wat ver gegaan het om my te oortuig van die wonderwerk van ons land en sy mense ...'' (Chante Hinds, TV-persoonlikheid en sakevrou) . ``In 'n sin is dit eintlik waar dat alle goeie boeke jou op 'n ander manier na die wereld laat kyk, byvoorbeeld Ian McEwan se Atonement en Michael Cunningham se The Hours. In albei boeke word gekyk na hoe fiksie mense hul plek in die wereld beter kan laat verstaan of mense miskien juis vir die eerste maal laat besef dat hulle eintlik nie die wereld en hulself so goed verstaan as wat hulle gedink het nie ...'' (Herman Wasserman, joernalistiek-dosent en skrywer)

AKTIWITEIT 2.1 Wat dink jy? Hoe het 'n boek al jou lewe geraak? Ons wil graag hoor. Gebruik die volgende kolom en skryf in die linkerkantse kolom die titels neer van drie boeke wat jou al anders laat kyk het na die lewe, in volgorde van belangrikheid. Skryf in die regterkantse kolom wat jy uit elk geleer het.

21

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

1.

2.

3.

Daar bestaan 'n persepsie dat boeke, en spesifiek letterkunde, nie werklik 'n `nuttige' funksie in ons lewens vervul nie. Literatuurstudie word onder dieselfde kam geskeer en kom dikwels heel onder aan die lys vakke wat studente graag wil bestudeer. Die bostaande uitsprake van bekendes gee 'n ander, meer akkurate prentjie van die `nut' van boeke en literatuur lees of bestudeer. Ons kan die lysie aanvul. Jy kan dit weer orden volgens volgorde van belangrikheid, as jy wil, en natuurlik jou eie idees byvoeg. Literatuur konfronteer die leser met ander lewenshoudings of -sienings Literatuur stileer ervaring, skep sin en betekenis Literatuur is 'n bron van persoonlike ontwikkeling en groei Literatuurstudie leer die student oordraagbare vaardighede (bv. hoe om allerlei soorte tekste te interpreteer; en om 'n metataal kortweg genoem ``critspeak'' te beheers, d.w.s. om die taal waarin ons oor die literatuur praat, te leer gebruik.) . Blootstelling aan kreatiewe taal/tekste, en kreatiewe oefeninge, ontsluit studente se kreatiwiteit . Literatuur bied naas nadenke oor belangrike kwessies, ook soms ontvlugting en humor . 'n Studie van literatuur en taal rus voornemende werknemers toe vir beroepe soos kopieskrywer, skeppende skrywer, joernalis, teksontwerper, onderwyser, uitgewer, taalpraktisyn, kommunikasiekundige, taalredakteur, skakelbeampte, uitsaaier, 'n loopbaan in die reklamewese, en nog vele meer. . . . .

ander lewenshoudings stileer ervaring oordraagbare vaardighede

AKTIWITEIT 2.2 Lees die koerantberig ``A degree no longer just the ticket'' (Sunday Times Business Times, 25 Januarie 2004), in die leesbundel afgedruk. Hierin sal jy sien watter vaardighede deesdae in aanvraag is in die werksplek: lank nie meer net akademiese of formele kennis nie, maar ``touch'' (interpersoonlike vaardighede) en die vermoe om te interpreteer. Watter soort gegradueerde behoort 'n universiteit, volgens die referaat wat in die berig aangehaal word, uit te stuur in die wereld? (Noem vier eienskappe.)

22

Studie-eenheid 2 Die uitkomste wat aan die begin van hierdie studiegids in die vooruitsig gestel is, is in lyn met huidige opvoedkundige denke. Indien jy dalk 'n (voornemende) onderwyser is en bekend met die beginsels van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), sal jy sien ons uitkomste, en aanpak, skakel met die NKV Ontwikkelings- en Kritieke Uitkomste, soos toegepas op Taal. Uit wat jy tot dusver in hierdie studie-eenheid geleer het, behoort dit reeds duidelik te wees dat ons besig is om sekere vaardighede by jou te ontwikkel of verder te verfyn. . Jy leer hoe om verbande te le tussen dinge in 'n teks en sodoende met insig te lees . Jy leer om jou eie, selfstandige opinie te vorm oor 'n teks (analities en krities te lees) . Jy word blootgestel aan 'n verskeidenheid sieninge van die lewe/wereld soos dit verwoord word in literere tekste, sodat jy alternatiewe lewens beskouings kan oorweeg en sensitiwiteit vir andersdenkendheid kan ontwikkel. Deur jou bestudering van hierdie studiegids word jy toegerus met hierdie en ander vaardighede. Nie net om van jou 'n suksesvolle leerder te maak nie, maar een wat ook hierdie vaardighede aan ander kan oordra dalk as onderwyser, maar ook gewoon as medemens in ons multikulturele samelewing.

AKTIWITEIT 2.3 Lees in die leesbundel hoofstuk 1 (``Why teach poetry?'') uit Linda Hall se Poetry for Life. (1) Maak 'n lys van wat Hall beskou as wanopvattings (``misconceptions'') oor die poesie (eintlik oor literatuur in die algemeen) en die moontlike `nut' en status daarvan as skoolvak. (2) Wat, se Linda Hall, kan kinders WEN uit poesie as skoolvak? Stem jy saam met haar argumente? Literatuur begin lyk na 'n uiters nuttige studierigting, of hoe?

2.2 LITERATUUR EN OORTUIGINGS


In ons AFK101-Q kursus-terugvoer kry ons as dosente dikwels die volgende tipe antwoord op ons vraag: `Wat in die kursus het jy nie geniet nie?' . Ek is 'n jong, ongetroude dame en ondervind probleme met die lees van 'n boek soos Karolina Ferreira. Die seks en vloekwoorde stuit my regtig teen die bors. Kan ons nie 'n voorgeskrewe boek kry wat skoon letterkunde is nie? . Ek het die uiteensetting van die sprokie aaklig en suggestief gevind. Ek dink nie ek sal ooit weer 'n onskuldige sprokie kan geniet na hierdie kursus nie. Jou reaksie hierop? Het jy al ooit 'n boek begin lees en so ontsteld geraak dat jy dit neergesmyt het? Hoekom het jy so ontsteld geraak? Was dit ook die 23

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses gevloek en die seks daarin? Of die politiek wat nie reg was nie? Het dit, met ander woorde, jou oortuigings oor wat goed of mooi of aanvaarbaar is, geraak? Ons oortuigings is die stel dinge wat ons opreg glo oor die wereld, die mens en sy/haar plek daarin, en hoe ons behoort te lewe. Dit word gevorm deur ons godsdiens, ons ouers, ons samelewing, ons kultuur en dies meer. Ons oortuigings kleur die manier waarop ons na die wereld kyk, soos 'n bril waarvan die lense getint is. 'n Ander manier om dit te beskryf, is om te se ons `kyk met sekere oe', soos William Blake dit gedoen het in die volgende aanhaling: ``... Often when we blame our artists for painting ugly things, they are but striving to show us a beauty to which we are blind ... Everyone does not see alike. To the eye of the miser a guinea is far more beautiful than the sun, and a bag worn with the use of money has more beautiful proportions than a vine filled with grapes. The tree which moves some to tears of joy is in the eyes of others a green thing which stands in the way ... As a man is, so he sees.'' (William Blake)

2.2.1 Hoe `kyk' ons?


suggestief

Met watter oe kyk ons na ons wereld? Is dit oe wat op die uitkyk is vir vloekwoorde, seks en godslastering? Indien wel, sal jy nie teleurgestel word nie, want dis oral! Maar is dit al wat in die tekste is wat jou nekhare laat rys? Kom ons kyk saam na 'n teks wat op die oog af baie ontstellend mag wees vir die godsdienstige (Christen-) leser. Ons wil jou egter vra om die teks deur te lees en dan so rustig moontlik die vrae oorweeg, om te kyk of jy dalk meer kan raaksien as wat jy gedink het.

AKTIWITEIT 2.4 Lees Koos Kombuis se teks ``Gonse Vader'' (in leesbundel afgedruk). (1) Wat sien jy in hierdie teks wat jou ongemaklik maak? (vloekwoorde? godslastering? skuins seksuele verwysings?) Skryf die woorde neer wat krap. Hoekom krap dit? Wees eerlik. (2) Sien jy die oerteks wat die basis van die gedig is? Waar kom dit voor? Hoofstuk en vers, as jy kan? (3) Lyk dit vir jou of hierdie oerteks verwerk word in Kombuis se gedig? Waar/hoe wyk ``Gonse Vader'' af van die oerteks? (4) Is jy geskok oor die kleinletter-``jesus'' en die hoofletters om mense aan te dui (bv. ``My'', ``Massas'', ``Haar'')? Is dit sommer moedswilligheid of vorm dit dalk deel van 'n patroon van `omruiling' van tradisionele sienings en waardes in die teks? (5) Wat beteken ``Ek tel My kruis op'' vir die spreker? Ook ongewone (onkonvensionele) dinge? Soos byvoorbeeld: . wees 'n mens van die massas soos Jesus (sosialis eerder as kapitalis)? 24

Studie-eenheid 2 . wees jouself, dit wil se vry van wettiese voorskrifte Jesus het mos volgens Die Bybel reeds die tien gebooie vervul en skuldgevoelens (Jesus het reeds die wereld bevry)? (6) Sien jy dat die verwysing na Maria Magdalena (die spreekwoordelike `los vrou' van Die Bybel) nie regtig 'n suggestiewe een is nie? Die spreker vra vir wysheid om sulke vroue (en die U.C.T.-studente word hierby inbegryp!) te kan `herken' en te `vermy'. Hoe wil die spreker leef met sy meisie? (7) Dink jy mens sou die verwysing na ``zen'' wat lyk of dit buite die Christelike sfeer val, maar eintlik bloot verwys na 'n toestand van harmonie en rus, kon rym met Christelike vryheid vrede en rus kom vir die Christen tog deur Jesus? Dalk is my oe 'n bietjie meer geoefen na jare se `kyk' na literere en ander tekste, waaronder die lewe, maar ek `sien' nie godslastering en vuil woorde of verwysings nie. Ek sien 'n teks wat tradisionele waardes omdraai op 'n ongewone manier, om uit te kom by wat Die Bybel dalk ten diepste leer, maar wat op allerlei maniere NIE geleef word deur alle volgelinge van Jesus nie. Ek sien dus ``Gonse Vader'' as 'n uitdaging om nuut te kyk na en te besin oor waardes, nie om waardes as sodanig te ondermyn nie.

tradisionele waardes omgedraai

AKTIWITEIT 2.5 Vir die belangstellende student (opsioneel) Lees Wilhelm Jordaan se koerantartikel ``Parodie spot of tart nie net, dit besin ook'' in die leesbundel. Dit verwys na 'n parodie (slaan die term na in 'n goeie woordeboek) op die ``Onse Vader'' wat in die Limpopo-provinsie se regeringskoerant verskyn het, asook ander literere parodiee op die Bybelse oerteks. Lees die artikel en kyk weer na ``Gonse Vader''. Sou jy dit ook as parodie kon beskou op die Bybelse ``Onse Vader''? Stem jy saam dat die Kombuis-teks nie bloot spot of tart nie, maar besinning en nabetragting wek?

``Gonse Vader'' bied dalk 'n groter uitdaging aan jou verdraagsaamheid as bv. ``Lied van die kinders'', maar kyk met oop oe daarna. Dis miskien bloot 'n bietjie anders `verpak' as jou tradisionele `godsdienstige' gedig, en se iets oor spiritualiteit wat oor grense heen beweeg, en ``that is beyond the copyright of any religion'' (Housden 2003:3).

2.2.2 Maar dalk het ek toegelaat dat die teks ook na MY `kyk'?
Daar is ook 'n ander sy aan die saak. Dis nie net ek wat na die teks `kyk' nie, die teks `kyk' ook na my! Jeanette Winterson se oor die `oe' van die kuns en letterkunde: ``Art has deep and difficult eyes and for many the gaze is too insistent ... When you say `This work is boring/pointless/silly/ obscure/e litist etc.', you may be right, because you are looking at a fad, or you might be wrong because the work falls so outside of the safety of your own experience that in order to keep your own 25

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses world intact, you must deny the other world of the painting ... When I let myself be affected by a book, I let into myself new customs and new desires. The book does not reproduce me, it redefines me, pushes at my boundaries, shatters the palings that guard my heart ... You can pick up a book but a book can throw you across the room. A book can move you from a comfortable armchair to a rocky place where the sea is. A book can separate you from your husband, your wife, your children, all that you are. It can heal you out of a lifetime of pain. Books are kinetic, and like all huge forces, need to be handled with care.'' (1996:11, 1415, 26, 122) Kuns, letterkunde, `kyk' dus ook na jou as leser, daag jou uit, verle soms jou grense, verander jou as jy jou oopstel vir so 'n ervaring. Wat Fraulein Brauenschweig in Anderkant die Stilte oor Jeanne d'Arc se, geld ook vir goeie kuns en letterkunde: ``... En al wat mens kan se, is dat sy ons dwing om na te dink en om vrae te stel. Sy ontbloot die donker plekke waarin ons nog huiwer om te kyk'' (Brink 2002:7475).

kuns verle jou grense

2.2.3 Waardes en die literere teks


Dit beteken nie dat jy nie jou oortuigings of lewensbeskouing of lewenswaardes mag he nie dis immers deel van basiese menseregte. Dit is interessant, vir die onderwysers, dat eie oortuigings erken word in die NKVbeginsel dat ``kompeterende perspektiewe en wereldbeskouinge'' in 'n multikulturele samelewing 'n belangrike plek het. Die leerder, en SuidAfrikaanse burger wat in die NKV in die vooruitsig gestel word, het juis respek vir lewenswaardes soos demokrasie, gelykheid, menswaardigheid en sosiale regverdigheid en erken die belangrike rol wat waardes en moraliteit hierin speel.
morele raamwerke

Die probleem kom wanneer lesers hul eie morele of godsdienstige raamwerke wil oorplaas op 'n literere teks en dit daarvolgens wil evalueer. So 'n werkswyse kan lei tot 'n oppervlakkige en onbillike waardebepaling van bv. 'n roman soos Karolina Ferreira (voorgeskryf by deel 3 van hierdie gids). Omdat seks buite die huwelik onaanvaarbaar is binne 'n behoudende godsdienstige raamwerk, kan dit 'n leser wat so 'n raamwerk aanvaar, affronteer dat Karolina verskeie seksuele verhoudings in haar verlede aangegaan het, en ook in die hede van die roman met Jess Jankowitz. As dit gepaardgaan met beskrywings wat eksplisiet voorkom, of taalgebruik wat skok, kan dit 'n groot leesversperring by so 'n leser teweegbring. Soms is die leeservaring so onaangenaam dat die leser tou opgooi of weerstandig raak. Van der Merwe en Viljoen (1998:212) haal die kritikus Mukarovsky aan oor die interaksie van waardes in die literere teks met die lewenswaardes van die leser. Hy se daar is 'n voortdurende spanning tussen die waardes in die werk en die lewenswaardes van die leser. ``Die leser moet hierdie botsing tussen die verskillende waardes oorkom in 'n komplekse proses van waarneming en interpretasie en so die konflik tussen die teks en sy eie waardestelsel verwerk. Daardeur word die waardes in die teks vrygestel sodat hulle met die ooreenstemmende lewenswaardes kan bots. Sodoende kan die leser ander waardes leer aanvaar of deur die proses van botsing en

26

Studie-eenheid 2 assimilasie ryper word in sy eie lewenswaardes. Volgens hierdie siening is die kuns dus 'n belangrike agent in die verandering van die mens se verhouding tot die werklikheid en van sy samelewing.'' Dit is dus 'n kreatiewe spanning tussen twee stelle waardes, joune en die wat in die teks ingeskryf is en in die leesproses vrygestel word, en hierdie botsing lei tot groei in jou verstaan van die wereld en jou rol daarin.

2.2.4 ``Trust me, I'm telling you stories'' (Jeanette Winterson: The Passion)
Jy sit waarskynlik nou met die vraag: maar kan ek myself toevertrou aan 'n teks, of 'n skrywer se `waardes', om in gesprek te tree met myne? Was daar nie al gevalle waar lesers op sleeptou geneem is deur 'n boek nie? Wat van die fascisme in die werk van Celine of Pound (Van der Merwe en Viljoen 1998:212)? Het die teks of skrywer dan altyd die `finale waarheid'? Dis inderdaad 'n geldige vraag en agtereenvolgende rigtings in die literatuurkritiek het ook hierdie tipe vraag gevra. Die inagneming van etiese standaarde naas estetiese standaarde by die finale beoordeling van 'n literere teks is voorgestaan deur bekende kritici soos T.S. Eliot (Van der Merwe en Viljoen 1998:211). Nader aan ons eie tyd is daar die `morele diskoerse' of raamwerke van die postkolonialisme en feminisme wat tekste ook toets aan die potensiaal wat dit het vir die emansipasie en bemagtiging vir koloniale subjekte, en vroue (Van der Merwe en Viljoen 1998:213). 'n Hernieude belangstelling in sg. ``etiese kritiek'' is ook 'n belangrike tendens in literatuurkritiek die laaste twee dekades. Dis egter 'n groot probleem om etiese standaarde vas te le in 'n tyd soos ons s'n waar daar ``bloedweinig ooreenstemming oor etiese en teologiese sake is'' (Van der Merwe en Viljoen 1998:211). Wie se waardesisteem gaan gebruik word, gegrond op wie se geloof? Dink maar aan ons eie reenboognasie! Dalk gee Jeanette Winterson ons 'n paar leidrade in ons oorweging van die skrywer se betroubaarheid in die daarstelling van 'n teks se waardes. In antwoord op die skalkse vraag van die onderhoudvoerder (sien Reynolds en Noakes 2003:21) ``Should we trust you?'' antwoord Winterson ewe skalks: ``I think writers should always be trusted because they are rather like Autolycus in [Shakespeare's] The Winter's Tale, rather dubious characters with pockets full of ribbons and coins and some things of immense value, and some things that are entirely worthless, and you're never quite sure what you might buy from them ... [But] ... Nobody is going to say, `This is how life is.' The writer will say, `Here's a possibility, here's a set of clues, here's a pattern which may or may not be useful to you.' And in those hesitations and gestures, I think, we come closer to a truth than in any possible kind of documentary objectivity. So we trust writers because they are untrustworthy, because they do not claim to have that certainty and that knowledge, but they do claim to have a map, passed down from hand to hand, redrawn, uncertain, but the buried treasure is really there.'' 27

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Winterson se dat die skrywer, die teks, aan die leser moontlikhede stel, idees gee, leidrade, 'n patroon waarop die leser self moet reageer. In die teks word 'n `kaart' geteken wat lei na die `skat' ('n waarheid). Die `kaart' word aangegee van hand tot hand (die kunstenaar is `gekonnekteer' met sy/haar voorgangers, onthou, en ook met die leser). Die `kaart' word telkens hersien, oorgetrek, is vol onsekerhede maar dit bring ons nader aan 'n waarheid as enigiets anders. Sy erken egter ook dat nie alles wat in 'n teks staan, van waarde is of op dieselfde peil nie. Ons weet dat skrywers ook hul dowwe kolle het, hul lieflingtemas of vooroordele. Gestel jy as leser vind in 'n sekere teks dat AL die manlike karakters, veral geestelikes, as verkragters/molesteerders/ deugniete uitgebeeld word; of hul vroue as kil, gefrustreerd en wreed. Meer nog, hierdie tipe voorstelling het al voorspelbaar geword in 'n sekere skrywer se werk. Dan mag jy beslis jou bedenkinge he aangaande die voorkoms van 'n soort stereotipering wat dalk deel is van 'n ideologievorming. Dit is jou verantwoordelikheid as leser om bogenoemde `moontlikhede' wat die teks gee, te ondersoek, fyn en met onderskeiding te lees. Nie reaksioner nie. Gee die teks kans om na jou te `kyk'. Dalk is daar `donker plekke' waarna gekyk moet word. In die `botsing' van waardes, wat 'n lewenslange leerproses is, groei jy as leser en as mens.

teks stel moontlikhede

sien deel 3 oor stereotipering en ideologie

2.2.5 ``It's all about sex ... Except sex'' (Thomas C. Foster)
Wat nou van die seksuele verhoudings van Karolina in Karolina Ferreira? Hoekom is die seks so 'n turksvy? In deel 3 van hierdie gids sal jy lees hoe veral haar verhouding met Jess Jankowitz ('n liefdes- en seksuele verhouding) 'n metafoor of beeld word van genesing, restorasie en transformasie. Dat seks in 'n teks dikwels iets anders `beteken', 'n beeld van iets anders is, word op 'n vermaaklike manier verduidelik in die volgende aktiwiteit. Doen dit sommer vir die plesier!

AKTIWITEIT 2.6 Lees en som die hoofpunte op van hoofstuk 16 (``It's all about sex ...'') en hoofstuk 17 (``... except sex'') uit Thomas C. Foster se boek How to read literature like a professor in die leesbundel. Dit verduidelik op 'n baie onderhoudende manier (a) hoe doodgewone voorwerpe en gebeure in 'n teks 'n seksuele implikasie mag he (hoofstuk 16); en (b) hoe seks in 'n teks kan heenwys na iets anders, d.w.s. 'n beeld van iets anders mag wees, soos transformasie (hoofstuk 17).

seks wys heen na iets anders

Maak dit vir jou sin? Karolina se seksuele eenwording met Jess teken dan die opheffing van haar eensaamheid as gevolg van baie mislukte verhoudings, en haar groei as mens na `afgewerktheid'. Lees ook gerus die bespreking van die seksuele element in Karolina Ferreira in deel 3, en die verwysing na Andre Brink se artikel oor godsdiens en seks.

2.2.6 `Goeie' letterkunde?


Hoe dink jy sal jy weet of 'n literere teks `goed' is? 28

Studie-eenheid 2 . . . . Lees wat my dosente se (in 'n studiegids soos die) Kyk of die teks inpas by my godsdienstige oortuigings Lees soveel letterkunde as moontlik en kry 'n aanvoeling vir wat goed is Kyk of ek daarvan hou of nie

Wat het jy gekies? Net voordat jy finaal besluit, lees hoe Jeanette Winterson geleer het wat goeie wyn is! ``Years ago, when I was living very briefly with a stockbroker who had a good cellar, I asked him how I could read about wine. `Drink it,' he said.'' Ons hoop jy sal wel hierdie `wyngids' (studiegids!) lees en nuttige wenke daarin vind, maar ons hoop ook jy sal jou eie `smaak' begin ontwikkel soos jy al hoe meer verskillende `wyne' beproef. Na die lees van bostaande paragrawe oor literatuur, oortuigings en waardes, behoort jy te weet dat ons nie sommer net ons waardesisteem op 'n literere teks `afdruk' nie, maar die teks na ons ook laat `kyk' en in gesprek laat tree met ons waardes. Dis daarom gevaarlik om bloot jou `gevoel' (of jy op eerste gesig van iets hou of nie) as maatstaf te gebruik jou ergenis kan dalk dui op 'n `donker plek' in jouself wat tot nou toe verborge gebly het, en wat aangespreek word. Ons het in die eerste twee studie-eenhede na algemene beginsels en elemente begin kyk wat literere tekste vertoon en wat hulle uniek maak (fiktiwiteit, vooropstelling, e.d.m.). In studie-eenhede 3, 4 en 5 sal jy meer lees omtrent die struktuurelemente wat werksaam is in die onderskeie genres, en hoe hulle verbind om 'n eenheid te vorm en 'n tema (slotsom of insig) oor te dra. Die struktuur van 'n teks is 'n belangrike aspek van die kwaliteit daarvan: hoe goed die onderskeie elemente bv. gentegreer word by die oorkoepelende idee. Ons het reeds geraak aan die rol van konteks en interteks en sal op hierdie besprekings voortbou. Uiteindelik sal jy 'n `wyngids' in jou hande he wat kan bydra tot 'n gebalanseerde en ingeligte oordeel. Net 'n nota oor die kanon. Dis nou die `duisend beste boeke'-idee, of die `groot' komponiste teenoor die `minderes' (Mozart teenoor Salieri). Onthou jy ons gesprek oor `hogere' en `populere' kuns in studie-eenheid 1? Die `hogere' kuns sou behoort tot die kanon. Die idee word tans sterk bevraagteken omdat dit in die verlede gebruik is om sekere tekste en skrywers (bv. swart skrywers of vroueskrywers) uit te rangeer na die `minder belangrike' literatuur, of selfs glad nie as literatuur te reken nie (bv. orale literatuur sien deel 2 vir meer hieroor). Die kanon is gebruik om die belange van 'n gevestigde groep (mans, wit, heteroseksueel ...) te beveilig. Waar kanons aangepas word by nuwe omstandighede, en ander, voorheen gemarginaliseerde tekste `gekanoniseer' word, is daar wel 'n groei in die konsep. In hierdie studiegids, veral deel 1, word tekste wat gewoonweg as buite die kanon beskou word, ook by ons bespreking ingesluit. Die insluiting van `populere' tekste geskied in die gees van 'n meer inklusiewe siening van `teks' (sien weer ons bespreking daarvan in studie-eenheid 1), maar ook die opvoedkundige beginsel dat leerders blootgestel moet word aan, en geleer word om te reageer op, 'n wye verskeidenheid tekste, literer en nieliterer. 29

ge ntegreerde struktuur dui gehalte aan

kanon: groep meesterwerke wat as klassiek of onsterflik in 'n taal beskou word en wat as gesaghebbend gesien word

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

2.3 VERSKILLENDE BENADERINGS TOT DIE LITERATUUR


'n Laaste aspek waarna ons in hierdie studie-eenheid gaan kyk, is die verskillende `deure' wat lei na die `huis van fiksie', met ander woorde die verskillende moontlike benaderings tot 'n literere teks wat daar was en is in die literatuurkritiek. Afhangende van wat jou leesfilosofie is, kan jy by verskillende lesings of interpretasies uitkom. Ons kan se dat elke verskillende `deur' (teoretiese benadering) jou toegang sal gee tot die teks, maar dat jy telkens uit 'n ander hoek die `huis' gaan betree. Hiermee saam kan ons se dat die heersende `klimaat' (filosofie, denkrigting) ook 'n invloed gaan he op watter `deur' jy gebruik. Kom ons kyk hoe dit werk deur twee handleidings te raadpleeg in die volgende twee aktiwiteite.

AKTIWITEIT 2.7 Lees en maak vir jouself 'n opsomming van Peet en Robinson (1992) se hoofstuk 29 (``The Wind-up ...'') in die leesbundel. Dis 'n plesierige en baie leesbare oorsig van die ontwikkeling van verskillende benaderings tot literatuurstudie, met toepassings op 'n gedig. Die boek is geskryf vir A-vlakkandidate in Engels, maar bevat baie `oordraagbare' kennis en vaardighede wat jou baie kan help in jou studie van Afrikaanse letterkunde. Konsentreer in jou lees hiervan op die vier `skole' of teoriee wat bespreek word: . . . . Strukturalisme Dekonstruksie Lesersgerigte benaderings Feminisme

Vrae om jou leeswerk te rig: (1) Hoe moet ons, volgens die skrywers, NIE kyk na ``critical schools of thought'' nie? Sien die amusante beeld wat hulle op bl. 278 gebruik. (2) Wat, se Peet en Robinson, is die VOORDEEL vir ons as lesers om te weet van verskillende benaderings tot die literatuur? (3) Lees die toepassings op Blake se ``Infant Joy'', en vir jou plesier probeer om iets soortgelyks te doen met enige ander gedig van jou keuse, Afrikaans of Engels. Peet en Robinson se daar is soms die idee dat verskillende kritici op mekaar wil losbrand en enigeen wat anders dink as hulle, uit die weg ruim! Dis darem nie regtig waar nie. Kritici kan heel vriendelik van mekaar verskil! En by mekaar leer.

AKTIWITEIT 2.8 Vir die belangstellende student (opsioneel) Lees hoofstukke 4 (skrywer- en teksgerigte benaderings) en 5 (lesergerigte 30

Studie-eenheid 2 benaderings; literatuur en samelewing; en psigo-analitiese benaderings) van Van der Merwe en Viljoen (1998) beskikbaar by die Unisa-biblioteek en gebruik die volgende vrae om die hoofpunte vir jouself op te som. (1) Watter vier elemente is belangrik in die kommunikasieproses, volgens Soteman? (hoofstuk 4) (2) Watter klemverskuiwings het daar aan die begin van die twintigste eeu gekom? (hoofstuk 4) (3) Watter vyf aspekte word wisselend in die verskillende literere teoriee as dominant beskou? (hoofstuk 4) (4) Gee jou eie, beknopte samevatting van die uitgangspunte van (a) Skrywersgerigte benaderings (hoofstuk 4 eenheid 4.2) (b) Teksgerigte benaderings (hoofstuk 4 eenheid 4.3) (5) Hoe het die Teksgerigte benaderings die studie van die letterkunde verryk? (6) Watter leemtes was/is daar in die teoriee van die Franse Strukturaliste? (7) In hul bespreking van die Semiotiek verduidelik Van der Merwe en Viljoen hoe 'n ongewone konteks nuwe betekenisse in 'n teks tot stand bring. Gee 'n kort opsomming van hul illustrasie uit Antjie Krog se Lady Anne. (8) In watter opsig(te) het die Semiotiek ook buite die grense van die teks begin beweeg? Watter element in die literere kommunikasieproses word in die latere werk van bv. Barthes beklemtoon? (9) Die deurbreek van grense om 'n teks is 'n belangrike konsep in die Dekonstruksie. Die grense verval tussen (geskrewe) teks en buite-teks, tussen teks en samelewing, en tussen teks en leser. 'n Teks kan met 'n oneindige reeks ander tekste verbind word in 'n nimmereindigende proses van betekenisgewing. Is 'n finale of sluitende `waarheid' moontlik volgens hierdie teorie? (10) In die toepassing van die Pragmatiek op die literere kommunikasie proses word daar onderskei tussen die wereld in die teks (as ontmoetingsplek van skrywer en leser) aan skrywerskant, drie soorte outeurs aan leserskant, drie soorte lesers Lees die uiteensetting van bogenoemde aspekte in Van der Merwe en Viljoen en som dit hier op. Hou die volgende vrae in gedagte: Wat is die doel van literere kommunikasie (bl. 133 en 134)? Hoe sluit dit aan by vroeere uitsprake oor wat literatuur is en doen, bv. dat 'n boek (literere teks) jou uitdaag of kan rondgooi, ontstig ens.? (11) Wat se die Amerikaanse `reader-response critic' Stanley Fish oor die vraag watter element in die teks-leser-verhouding die meeste `doen'? (sien bl. 142) (12) Gee 'n kort samevatting van die onderafdeling van die Literatuursosiologie (wat ingestel is op die verhouding tussen literatuur en samelewing), met klem op die Feminisme (pp. 152160) die Postkolonialisme (pp. 166171) 31

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses (13) Wat dink jy van die sogenaamde Psigo-analitiese benaderings (pp. 172179)? Word jy herinner aan die hoofstuk ``It's all about sex'' in How to read literature like a professor? In wat jy tot dusver in hierdie studiegids gelees het, sal jy sien dat ons benadering insluit:
ons benadering: struktuur teks is ontmoetingsplek van leser en skrywer konteks en interteks leser

. 'n deeglike lees van die teks en kennisname van hoe struktuurelemente saamvoeg, maar ook van die teks as ontmoetingsplek van outeur en leser . 'n inagneming van die belangrike rol van konteks en interteks in hierdie proses . 'n erkenning van die kardinale rol wat die leser speel in betekenis maak van die samespel van al hierdie aspekte Sommige dosente leun sterker aan by sekere benaderings, maar in die geheel gesien, dink ek, word die winste uit verskeie benaderings gentegreer in 'n tema-georienteerde kyk na aktuele Afrikaanse tekste. Ten slotte verwys ek graag na 'n leesstuk in die leesbundel wat fokus op die `klimaat' waarbinne 'n leser letterkunde en letterkundestudie in ons tyd lees: 'n uittreksel uit die inleiding tot Poskaarte wat kenmerke van die Postmodernisme saamvat. Ons wys ook op die aanlyn-tydskrif ``Philiosophy Today'' waarin daar interessante artikels verskyn oor heersende denkrigtings, bv. die sogenaamde ``Critical Realism'' wat as `opvolger' tot postmodernisme gesien word. Het jy die bespreking van wat letterkunde `doen', geniet? Dit het vele funksies en gebruike, ne? Letterkunde-studie help ons lees en interpreteer, gee vorm aan ervaring, bied wysheid, help ons nuut kyk na ons wereld, help ons nuut kyk na onsself, en fasiliteer die interaksie van die waardes in die teks en ons eie waardes op 'n stimulerende manier. En nog baie meer ...

2.4 SUMMARY
In this study unit we looked at the `usefulness' of literature and its study, by investigating what people think of literature, what the National Curriculum Statement says about the nature and practical skills taught by a study of language and literature and possible career opportunities, and reading some views expressed on the usefulness of poetry as a school subject for learners even at primary school level. We also discussed the thorny aspect of literature and personal morals or convictions, the way we `see' a text within our own (limited) moral framework, and suggested that every reader should also allow a text to `look at' them, i.e. allow a text to engage with them and push at their boundaries. We acknowledged that literary texts are powerful agents for change and that the reader should be circumspect about hidden agendas, stereotyping and ideology in a text, but that one could still `trust' the writer to at least point towards a possible `truth'. The question of what `good literature' is, is touched on with reference to the `canon' (group of master works in a language) and we conclude that our study should include a variety of texts not necessarily part of this elite grouping of the past. Finally we looked at different approaches to the study of literature, outlining 32

Studie-eenheid 2 by means of an activity a few of the most important ones. We also characterised our own `approach' as one taking cognisance of the text as meeting place of the writer and reader, the reader as important `maker of meaning' of the text, and the importance of reading a text in its context and as `in conversation with' other texts (intertextuality).

33

STUDIE-EENHEID

Prosa: ons dans want ons kan nie vlieg nie


3.1 TITEL
Die titel van studie-eenheid 3 is genspireer deur Guy Chevrau se boek We dance because we cannot fly (2000), wat die verhaal vertel van kinders in Betel-rehabilitasiesentrums in Spanje en ander werelddele wat uit die hel van dwelmverslawing bevry is. Dis 'n verhaal wat die feite van verslawing weergee sonder om doekies om te draai, maar ook vertel van deurbrake, hoop en herstel. Die wat herstel het, is in 'n sin nie meer by magte om te `vlieg' nie hulle sal nooit weer wees wat hulle voor hul dwelmmisbruik was nie maar die mate van herstel is tog iets wat vreugde gee ten spyte van die letsels. Dus: die idee van ``hoop-ten-spyte-van-omstandighede''. ``Ligvoets in die reen'' (sien aktiwiteit 3.1 hieronder) verwoord dieselfde gedagte: die dogtertjie dans ten spyte van die storms van die lewe (VIGS, armoede, ens.) wat groot realiteite is en selfs in postapartheid Suid-Afrika nie maklike oplossings het nie, maar (nog?) nie haar moed gebreek het nie. Ons fokus in hierdie studie-eenheid is die prosa-genre, wat ons wil bestudeer aan die hand van 'n kinderverhaal, George Weideman se ``Thandiwe van Khayalethu Camp'' (in die leesbundel). Ons gaan in redelike besonderhede in op hierdie verhaal, maar plaas dit ook in die sosio-politiese konteks van daardie tyd en ons eie tyd by wyse van koerantberigte en ander tekste wat as intertekste optree. Die berigte oor Distrik Ses uit die 1980's word, interessant genoeg, opnuut `aktueel' in 2004 as die hoofartikel in Beeld (13 Februarie) berig oor die terugkeer van die eerste inwoners na die buurt na twintig jaar en langer. Distrik Ses ``het 'n simbool van apartheid se gedwonge verskuiwings geword waaroor boeke en gedigte geskryf en toneelstukke opgevoer is. Die onreg wat die mense van Distrik Ses aangedoen is, sal nooit ten volle reggemaak kan word nie ... Dat van hulle, soos mnre. Ebrahim Murat (87) en Dan Ndzabela (82), vandeesweek kon terugkeer, is 'n begin om die wond te genees.''
ontheemding: ontworteling uit plek/toestand van veiligheid

Trefwoorde vir hierdie studie-eenheid: ontheemding, apartheid, groepsgebiede, politieke geweld, kinderlyding

AKTIWITEIT 3.1 (1) Lees die koerantberig ``Die Bybel se musiek kan almal in storms laat dans'' (in die leesbundel), spesifiek die teksgedeelte onder die kop 34

Studie-eenheid 3 ``Ligvoets in die reen'' wat ds. Sunette Pienaar vertel het. Hoekom, se ds. Pienaar, dans hierdie klein dogtertjie en wie/wat verteenwoordig sy? (2) Watter ooreenstemming en/of verskil sien jy tussen die dogtertjie in ``Ligvoets in die reen'', en die kinders in ``Lied van die kinders'', ``I forgive, says the napalm girl'' en/of ``De Sneeuwbui'', en/of ``Empire of the Sun''(sien studie-eenheid 1)? (Kyk na aspekte soos lyding, dood, onbegrip vir omstandighede, asook die moontlik politieke konteks van hul lyding; en verder na die kinders se reaksie daarop. Verskil hul reaksie soms van die van volwassenes?) (3) Kyk ook of jy 'n verband sien tussen al bogenoemde en ``Hot Gates''?

3.2 'N KLEIN DOGTERTJIE


In ``Thandiwe van Khayalethu Camp'' maak ons kennis met 'n dogtertjie wat 'n traumatiese gebeurtenis in haar lewe, en die lewens van haar familielede, ervaar. Sy as klein kind moet drasties optree om haar huis en grootouers te beskerm. Sy voel klein en magteloos teen die dinge (mense en masjiene) wat haar en haar familie bedreig tog tree sy op met die enigste ``wapen'' wat sy het: iets moois.

AKTIWITEIT 3.2 (1) Leef jou oupa en ouma nog? Bly hulle naby jou of ver van jou af? Is jy na een vernoem? Voel jy na aan hulle? Is hulle verswak of nog gesond? (2) ``When I was small, and Christmas trees were tall ...'' Is daar 'n ervaring uit jou kinderjare wat jy besonder goed onthou? Positief of negatief? Skryf dit hier neer. Hoekom dink jy jy onthou dit so goed? .................................................................................................................. .................................................................................................................. .................................................................................................................. (3) As iemand vir wie jy omgee, in gevaar sou wees, wat dink jy sou jou eerste reaksie wees? Sou jy jou eie veiligheid in gevaar stel? Of was jy al in 'n besonder gevaarlike situasie in jou lewe? Hoe het jy opgetree? (4) Wat is vir jou mooi? Hoe voel jy daaroor? Is dit iets wat ook nuttig is? Hoef dit nuttig te wees, of mag dit maar net mooi wees? Voel jy almal behoort daarvan te hou? Of gun jy ander mense ander dinge? (5) Vergelyk jou reaksies/response op 'n traumatiese gebeurtenis met die van 'n ander persoon. Lees die twee koerantresensies in die leesbundel oor die fliek ``Rabbit-proof fence'': ``Not rabbit-rousing'' (Tanya Farber) en ``Brandende kers vir spoke van aborigine-geskiedenis'' (Laetitia Pople). Kyk ook goed na die foto van die drie meisies wat afgedruk is by die Farber-resensie. . Hoe voel hierdie kinders? Hoekom dink jy so? . Watter ooreenkomste en verskille is daar tussen die traumatiese gebeurtenis wat jy hierbo beskryf het, en die van hierdie kinders? . Hoe laat dit wat met die kinders en hul familielede gebeur het, jou voel? Wat sou jy vir hulle wou se? Wat sou jy wou doen? 35

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses . Vergelyk die drie aborigine-meisies se lotgevalle met die van die niggietjies in Hannie Maritz se Tien blou krale en drie lemoene (hoofstuk in leesbundel afgedruk). Ken jy die woord ``idillies''? (Indien nie, slaan dit na in 'n goeie woordeboek.) Sou jy dit op een van hierdie twee tekste kon toepas?

3.3 ONS RAAK BETROKKE


Ons het nou gesien dat 'n verhaal, foto's, van kinders in moeilike omstandighede ons by hulle betrokke laat voel. Ons simpatiseer met hulle in hulle swaarkry. Hoekom? Omdat ons self dalk al in soortgelyke omstandighede was, en die gevoel van vrees of onsekerheid al ervaar het. Op die foto sien ons iets in die oe van die aborigine-kinders waarmee ons kan identifiseer. In die teks is dit die woorde en wat die beskrywings oproep, wat ons raak.

AKTIWITEIT 3.3 (1) Lees die verhaal nou deur in een sitting. [For English speaking students: an English version is included in your reader, to aid your understanding of the story. Do read the Afrikaans version first and make your notes on/in the Afrikaans text, since this is the version I will use for our discussion.] (2) Skryf jou eerste indrukke hier neer. Jou eie, of kies uit die volgende lysie: . . . . . . . . Ek het gehou van die verhaal en illustrasie Ek is geskok deur die optrede van die ``Brekers'' Die verhaal herinner my aan .................... (boek/fliek/TV-program) Thandiwe se optrede het my emosioneel geraak Plakkers kry wat hulle verdien Ek is moeg om skuldig te moet voel oor apartheid Die verhaal is vergesog: 'n kind sal nie so optree nie Jou eie? .............................................................................................

Daar is nie 'n `korrekte' antwoord op hierdie vraag nie. Enige indrukke is geldig. Onthou dat dit bloot indrukke is in hierdie stadium en mag verander soos jy meer intensief met die verhaal te doen kry. Wat jou eerste indrukke ook al was, ons is seker die verhaal het jou betrek, waarskynlik sekere emosies en gedagtes in jou geaktiveer, jou 'n bietjie anders laat kyk na die wereld.

AKTIWITEIT 3.4 Hoe laat die deeglike lees van hierdie teks ons verder betrokke raak? Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons teruggaan na die verhaal en dit nog 'n keer, die keer deegliker, lees: met 'n potlood of pen 36

Studie-eenheid 3 (1) onderstreep woorde of sinne wat jy nie verstaan nie (bv. Xhosa-frases?): jy kan hulle betekenisse eers probeer aflei uit die konteks, en hulle naslaan (2) omkring woorde of frases wat jou opval (dalk word 'n woord herhaal, of word 'n woord gebruik wat vir jou oorspronklik of vreemd lyk) (3) dui aan in die teks watter woorde of frases dalk met mekaar verband hou deur verbindingstrepe te trek (4) skryf notas in die kantlyn of oop spasies oor wat jy dink 'n woord/ woorde/'n frase impliseer Kyk hoe ons dit doen:

37

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

<

<

>

oupa en ouma

groot: Brekers se bakkie; grootmenswereld klein: Thandiwe; kinderwereld

38

Studie-eenheid 3 Kom jy agter dat jy baie meer raaksien as jy die verhaal so deeglik lees? Verstaan jy al wie die ``Brekers'' is, hoekom Thandiwe hardloop, waar die plant op die illustrasie (sien leesbundel) vandaan kom en watter rol dit speel in die plek waar dit nou is?

3.4 THANDIWE SE WERELD EN JOU WERELD


Ons het in studie-eenheid 1 gekyk na die ooreenkomste en verskille tussen ons werelde en die in 'n literere teks. Jy sal onthou dat ons gese het daar word geselekteer uit die wereld wat ons ken, en hierdie geselekteerde elemente word nuut saamgestel in die verbeeldingswereld in die teks, om iets nuuts te se oor die menslike kondisie. Kom ons kyk hoe dit gebeur in ``Thandiwe van Khayalethu Camp''. In hierdie verhaal word 'n seleksie gemaak uit 'n tydperk (die apartheidsjare) en werklike gebeure (die tuislandbeleid met gevolglike verarming van swart mense, verstedeliking en plakkerskampe, wat op gereelde basis gesloop is deur die destydse blanke owerhede) en word 'n nuwe wereld geskep: die van 'n denkbeeldige swart familie (Thandiwe s'n) wat in 'n plakkerskamp (Khayelethu Camp) 'n bestaan probeer maak, en op 'n gegewe dag die vernietiging van hul huis en omgewing in die gesig staar. Die verhaal gee ons 'n ongewone perspektief op 'n bekende historiese werklikheid deur te fokus op een besondere maar denkbeeldige `geval'. Die gebeure in ``Thandiwe'' is gebaseer op dinge wat werklik in die ou bedeling in Suid-Afrika gebeur het, maar die verhaallyn, die karakters, die omgewing (bv. die plant), ensovoorts is skeppings van die skrywer se verbeelding. Die fiktiewe verhaal wil iets nuuts se oor die mens in sy/haar respons op traumatiese gebeure, en groei te midde van moeilike omstandighede.

3.5 BOUSTENE VAN DIE VERHAALWERELD


Terwyl ons die verhaal gelees het, het ons onsself sekere vrae gevra bewustelik of onbewustelik. Vrae soos: wie is hierdie mense? hoekom gebeur dit? waar is hierdie kamp?, ens. lei ons na die manier waarop die verhaal aanmekaar gesit is, en na sommige van die boustene of struktuurelemente waaruit dit bestaan. Dit gee ook 'n verdere antwoord op ons vraag hierbo, naamlik hoe het ons betrokke geraak by die verhaal, want dis die struktuur van die teks wat die wereld in die teks opbou waarmee ons gekonfronteer word. Kom ons gee name aan die boustene of struktuurelemente wat ons vrae hierbo impliseer: . Wie is die mense in die verhaal? (Bousteen: Karakters) . Hoekom gebeur iets in die verhaal? (Bousteen: Gebeure/Plot) . Waar gebeur dit en benvloed dit die gebeure? (Bousteen: Plek/Ruimte) Jy sal oplet dat bogenoemde `boustene' baie dieselfde lyk as elemente of dimensies van ons alledaagse lewe: mense, gebeure, plek. Hierdie raakpunte is een van die redes hoekom 'n verhaal ons betrek: ons herken die boustene daarvan. Daar is egter ook genoeg verskille tussen watter vorme hierdie boustene in my wereld aanneem, en die manifestasies daarvan in die verhaal, om dit interessant en nuut te maak. 39

struktuurelemente

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Kom ons kyk hoe 'n niefiktiewe weergawe van Thandiwe se verhaal moontlik sou gelyk het. Jy sal sien dat die taalgebruik en organisering van gebeure in 'n nuusberig taamlik verskil van die taalgebruik en volgorde van dinge in 'n fiktiewe verhaal soos ``Thandiwe''.

AKTIWITEIT 3.5 (1) Lees die koerantberig oor 'n plakkerskamp,``Sterk optrede in KTCkamp'', in die leesbundel. Let op hoe die taalgebruik en organisering van feite gebruik word om die onderwerp onder bespreking so volledig en getrou aan die feite moontlik weer te gee. Die openingsparagraaf bevat gewoonlik 'n `kort begrip' van die belangrikste feite (met wie het dit gebeur, wat het gebeur, waar en wanneer; soms ook wat die afloop was). (2) Neem nou die eerste 4 paragrawe van ``Thandiwe'' en herskryf dit as 'n nuusberig van een paragraaf. Jy kan so begin: Die Nyawethu familie van Khayalethu Camp buite Kaapstad was gisteroggend onder talle plakkersgesinne wat deurgeloop het onder 'n slopingsaksie van die plaaslike owerhede. Met die verskil .......................... Sien jy dat jou nuusberig die insident ook vanuit `n ander hoek of perspektief aanbied? In ``Thandiwe'' sien ons wat gebeur vanuit Thandiwe se perspektief, as 't ware deur haar oe, al is die vertelling in die derde persoon (`sy'). Ons weet ook wat sy dink. (Kan jy 'n paar voorbeelde van haar gedagtes hier aanhaal? Kyk na die rol van die sintuie.) Perspektief is nog 'n bousteen of struktuurelement in die verhalende prosa, en is 'n baie belangrike aspek van enige verhaal om van kennis te neem, aangesien die verteller altyd die instansie in die verhaal is wat sien, waarneem. In ``Thandiwe'' is dit belangrik om te besef dat ons te doen het met die waarneming van 'n klein dogtertjie, dat dit nie 'n volwassene se perspektief is op die gebeure nie (behalwe in die heel laaste paragraaf ons kom later terug hierna).

AKTIWITEIT 3.6 'n Oefening in ruimte en perspektief: (1) Teken 'n kaart van die plek waar ``Thandiwe'' afspeel, OF teken jou eie illustrasie vir die verhaal (en vergelyk dit met die een in Stories suid van die son in die leesbundel opgeneem). (2) Stel jou voor jy is een van die Brekers. Vertel wat jy sien vanuit jou voertuig. .................................................................................................................. .................................................................................................................. .................................................................................................................. ..................................................................................................................

40

Studie-eenheid 3

3.6 VERHALENDE PROSA AS GENRE 3.6.1 Tradisionele hoofgenres


Sien weer studie-eenheid 1 aktiwiteit 1.9 oor genre

Ons onderskei tradisioneel tussen drie hoofgenres: prosa, poesie en drama. Elke genre vertoon algemene literere eienskappe (fiktiwiteit, vooropstelling, 'n plasing binne konteks en intertekstualiteit, ens.) maar het ook sekere eienskappe en konvensies eie aan hul eie genre. In hierdie studie-eenheid fokus ons op PROSA, die genre waartoe ``Maar daar is'' en ``Thandiwe van Khayalethu Camp'' behoort. [Daar is ook nieliterere prosa, soos koerant berigte en selfs ware verhale soos die van Ivan Louw waarna ons reeds verwys het. Ons fokus in hierdie studie-eenheid op verhalende of narratiewe prosa, prosa met bogenoemde literere eienskappe.]

3.6.2 Eienskappe van genres


In Alkant Olifant (1998:7380) onderskei die skrywers tussen die drie hoofgenres in die literatuur op grond van 'n hele paar aspekte. Ons noem 'n paar: jy kan dit toets deur weer na die tekste in aktiwiteit 1.9 te gaan kyk en dan jou eie opinie te vorm. . Kommunikasiesituasie: in die poesie is 'n monologiese situasie (net een spreker aan die woord) tipies, terwyl in die drama die dialoog weer tipies is. In die verhalende prosa laat die verteller, wat meestal aan die woord is, ander stemme (karakters s'n) ook soms aan die woord kom. . Abstrakte inhoud: verhale en dramas het meestal 'n `storie' (handel oor 'n reeks gebeurtenisse) terwyl gedigte meestal nie 'n storie vertel nie (met die uitsondering van `verhalende gedigte' wat as mengvorme bekend staan). [Stem jy saam met die skrywers dat gedigte in 'n groter mate as die ander hoofgenres handel oor persoonlike verhoudings, probleme en reaksies? Wat van 'n narratiewe teks soos ``Maar daar is''? Of kom die onderskeid eerder in die manier waarop die tema hier uitgewerk word, wat anders is as bv. in ``Verkragting''?] . Styl: prosa word beskou as nader aan die gewone spreektaal, terwyl poesie as besonder sterk gestileer beskou word poesie bestaan nie net uit gewone spreektaal nie, maar ook uit talle ander strukture, bv. klankpatrone (soos rym), strofepatrone, ens. Prosa is ook gestileer maar anders en nie so opvallend as poesie nie. Ook dramadialoog is nie gewone spreektaal nie: elke sin moet as 't ware die handeling verder voer en ontwikkel. . Tipografiese vorm: hoe die teks op die bladsy gedruk staan 'n gedig beslaan dikwels net 'n stukkie van die bladsy met groot wit ruimtes rondom, terwyl 'n verhalende teks die hele bladsy vol staan. Dramatekste het ook 'n kenmerkende bladspieel: dit bestaan uit die name van die spelers gevolg deur hulle woorde en met toneelaanwysings tussenin, dikwels skuinsgedruk en tussen hakies. Bogenoemde `kriteria' gee slegs 'n baie algemene idee van genreonderskeidings. Grense word gedurig oorgesteek en verle soos skrywers eksperimen teer en vernuwe. Dit is egter tog nuttig om die leser te help orienteer, omdat ons 'n gedig anders lees as 'n drama of narratiewe teks. 41

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

3.7 STRUKTUURELEMENTE VAN VERHALENDE PROSA


Kom ons gee meer besonderhede oor struktuurelemente (boustene) in verhalende prosa (vergelyk Smuts 1979).

3.7.1 Gebeure (plot of intrige)


Wat gebeur, in watter volgorde is dit gerangskik, hoe hou die onderafdelings van die gebeure met mekaar verband? Daar word soms onderskei tussen `gebeure' of `handeling' aan die een kant (die uiterlike optrede van 'n karakter, maar ook handeling op 'n intellektuele en emosionele vlak) en `intrige' (die groter patroon wat die rangskikking van gebeure bepaal: wat kom waar). Die intrige word opgebou deur die gesprekke en optrede van die karakters en berus op 'n konflik van die een of ander aard wat spanning skep en uitgewerk word tot 'n eindpunt (wat nie noodwendig 'n oplossing verteenwoordig nie). AKTIWITEIT 3.7 Kyk weer na ``Thandiwe van Khayalethu Camp''. (1) Dis redelik maklik om die gebeure op te som (wil jy dit gou hier doen? Dogtertjie wat besef haar gesin se plakkershut gaan platgestoot word; sy soek hulp; geeneen van haar gesin is daar om te help nie, en sy moet haar grootouers gaan waarsku ......) (2) Hoe begin die verhaal? Gee die openingsparagraaf eers al die agtergrondsinligting, of dons dit in die middel van die aksie in? Hoekom? (wenk: spanning) (3) Wat sou jy se verteenwoordig die konflik in die verhaal? (4) Noem 'n paar maniere waarop spanning opgebou word in die verhaallyn. (5) Hoe benvloed die insident met die blom die ontwikkeling van die intrige? (6) Oortuig die optrede van Thandiwe in die lig van die krisis wat sy beleef? (7) Sou jy se daar is wel 'n oplossing van die konflik in hierdie verhaal? Hoe vergelyk dit met die uiteinde van ander konflikverhale uit daardie tyd rondom swart mense en die Groepsgebiedewet? (Sien leesbundel vir koerantberigte oor plakkerskampe en Distrik Ses in die verband.) (8) Lees die volgende artikels in die leesbundel en reageer op die vraag: Hoe `praat' hierdie diverse ervarings uit verskillende situasies/tydvakke met mekaar, en hoe benvloed dit jou lees van ``Thandiwe''? . Charles Banda se koerantartikel oor Harare se sypaadjiegenerasie . Tertia Geldenhuys se artikel ``Fleeing for our lives'' (oor plaasbesettings in Zimbabwe in 2001) . Uittreksel uit Black Fire (guerrilla-narratiewe uit die bevrydingsoorlog in Zimbabwe in die 1960's en 1970's).

3.7.2 Karakters
Met wie gebeur dinge in die verhaal? Hier kyk ons na hoe karakters gestalte kry in die verhaal, en hoe volledig hulle geteken word. 42

Studie-eenheid 3 . Het die karakter dalk 'n naam wat hom/haar tipeer? . Is daar 'n eksterne verteller wat die karakter karakteriseer, of is dit juis deur die oe van hierdie karakter dat ons die verhaalwereld sien (met watter gevolge)? . Is dit een karakter wat 'n ander karakteriseer (en met watter motiewe)? Of lei die leser sekere karaktereienskappe af uit die optrede, woorde en gedagtes van die karakter self? . Watter verhoudings gaan die karakters aan en met wie? . Watter doel dien die verhouding of karakter binne die opset van die intrige en tema? . Is daar groei in 'n karakter na meer insig, of is dit 'n groot verandering of transformasie? Of verander die karakter nie en is hy/sy 'n soort katalisator in die verhaal? Of verteenwoordig hy/sy iets wat stabiel en onveranderd bly? AKTIWITEIT 3.8 (1) In ``Thandiwe'' figureer die dogtertjie Thandiwe prominent. Hoe word sy in die teks gekarakteriseer? Kyk na die moontlike vrae hierbo om jou te help, bv. wat lei jy af uit haar optrede, gedagtes, woorde? Hoe lyk haar verhouding met haar grootouers? Hoe tree sy op teenoor haar `vyande' die Brekers? (2) Sien jy groei in die karakter van Thandiwe? Verskil die dogtertjie wat die plant na die Brekers toe uithou, van die een aan die begin van die verhaal? (3) Watter rol vervul Thandiwe se grootouers in die verhaal, of kon hulle maar uitgelaat word? (4) Hoe volledig word die Brekers gekarakteriseer? Wat is hulle rol? (Gaan kyk weer wat jy in aktiwiteit 3.6 oor hulle veronderstel het.) Hoe dink jy kan hul optrede teenoor Thandiwe genterpreteer word? (Pas dit in by 'n veralgemenende of stereotiepe beeld van wit polisiemanne van daardie tyd, of nie?)

3.7.3 Verteller/perspektief
Daar word verskillende soorte vertellers en moontlike perspektiewe onderskei. Die interne verteller is 'n ek-spreker wat in die eerstepersoonsvorm vertel. Die ek-verteller kan 'n hoofkarakter wees wat sy/haar eie verhaal vertel, wat gewoonlik 'n persoonlike en subjektiewe vertelling tot gevolg het. Die ekverteller kan ook 'n newekarakter wees, 'n waarnemer of ooggetuie van wat met ander karakters gebeur. Of die ek-verteller kan 'n soort `na-verteller' wees wat iets oorvertel wat hy/sy gehoor het, m.a.w. nie self beleef of direk gesien het nie. Die eksterne verteller staan buite die verhaal wat in die derde persoon vertel word. Die alwetende of alomteenwoordige verteller (ook genoem ouktoriele verteller) kan op enige plek teenwoordig wees en mag ook kennis dra van al die gebeure (hede en verlede) en al die karakters (voorkoms, optrede en gedagtes). Dit is die vertelinstansie wat veral in ouer, tradisionele verhale gebruik is. Omdat dit so baie lyk na die `bevoorregte' kennis wat die skrywer van 'n verhaal het, en die term `ouktorieel' verband hou met `outeur' of skrywer, dink lesers soms ten onregte dat dit die stem van die skrywer self is. 43

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Die verteller is egter 'n fiktiewe persoon, of blote tegniese middel waardeur die skrywer sy/haar verhaal aanbied. Die alwetende verteller kan soms tydelik afstand doen van sy/haar alwetende vertelperspektief deur aan die leser die gedagtestroom van 'n bepaalde karakter te gee. So 'n karakter word beskryf as die personale verteller en die soort vertelling is in die derde persoon. Dis redelik algemeen in verhalende tekste dat die alwetende en personale vertelwyses mekaar afwissel. Die verteller is altyd die fokalisator, die een wat sien of waarneem. Wanneer dit 'n spesifieke karakter is deur wie se oe die leser die verhaalwereld sien, is ons geneig om daardie karakter se visie of interpretasie van wat gebeur, te aanvaar, tensy hierdie fokalisasie in kritiese perspektief gestel word deur die afwisseling met 'n alwetende perspektief, of ander ironiserende tegnieke. AKTIWITEIT 3.9 (1) In die lig van bogenoemde uiteensetting, watter tipe vertelling dink jy tref ons aan in ``Thandiwe''? Is daar dalk sprake van meer as een vertelperspektief? Kyk na die laaste paragraaf van die verhaal. Hoe verskil die `hoek', letterlik, van die van die res van die vertelling? Deur wie se oe kyk ons tot in hierdie stadium na die gebeure, en hoe verskuif die perspektief in die laaste paragraaf? Watter soort verteller kyk hier `namens' die ``mense van Khayalethu Camp'', en na wie? (2) Hoe verskil hierdie slotperspektief, van die kind se perspektief tot in daardie stadium? In terme van begrip, wie `verstaan' dalk meer van wat gebeur het? (Is dit so eenvoudig om van Thandiwe se perspektief as 'n bloot `kinderlike' perspektief te praat? Sou mens, trouens, haar perspektief (``... die blomme lyk soos sterre. Dit sal mos nie altyd nag wees nie'') as die `volwasse' perspektief kon merk? Sluit dit vir jou aan by ``Lied van die kinders'' se verwysing na kinders as die wat ``weet van wonde/sonder om te twyfel of te vra''?

3.7.4 Ruimte
Die gebeure vind plaas met karakters wat in 'n sekere ruimte (plek en tyd) optree. Plek sluit in die konkrete plekke waar die handeling plaasvind, maar ook plekke wat opgeroep word in die vertelling (bv. waar gebeure in die verlede plaasgevind het, in bv. herinneringsflitse, of vooruitskouings na plekke). Dit gaan om baie meer as net die `agtergrond' waarteen die gebeure plaasvind. Die ruimte word in 'n goeie verhaal 'n aktiewe medespeler, amper 'n soort `karakter' wat die intrige kan help `stuur' in 'n rigting. Dit kan ook simbolies optree, m.a.w. 'n parallel vorm met wat in die intrige gebeur, of met wat in 'n karakter se omstandighede of gemoed aan die gang is, of met deel van die tema. In die geval waar 'n karakter dinge intens beleef in 'n sekere ruimte, praat ons van 'n belangeruimte ('n spesifieke ruimte wat 'n karakter sterk benvloed en waarop hy/sy reageer). AKTIWITEIT 3.10 (1) Watter konkrete ruimte tref ons aan in ``Thandiwe''? (Onthou jou 44

Studie-eenheid 3 voorstelling hiervan in aktiwiteit 3.6. Wees spesifiek: is daar bome? teerstrate? watter soort behuising?) (2) In watter opsig vorm dit 'n kontras met 'n ruimte wat sy in haar gedagtes oproep? Watter ervarings is egter dieselfde? (3) Lees die koerantberigte oor die destydse Distrik Ses in die Kaap in die leesbundel (``Sloping was die beste oplossing vir Distrik Ses'', en ``I wish for a miracle too merciless to mention''). Watter realiteite en/of persepsies word in mev. Martin se brief gestel ten opsigte van fisiese omstandighede in `krotbuurte'? Hoe verskil Ismail Lagardien se siening van minder gegoede behuising van mev. Martin s'n? Kyk na die gebruik van woorde soos ``picturesque'', ``warm animated life'', ens.

3.7.5 Leimotiewe
In ``Thandiwe'' lui die openingsin soos volg: ``Thandiwe hardloop dat sy klein word.'' In die teks word `klein' en die kontrasterende `groot' herhaaldelik gebruik, sodat die leser dit beswaarlik kan miskyk. Het jy dit opgemerk in aktiwiteit 3.4?

AKTIWITEIT 3.11 (1) Maak 'n lys van al die verwysings na `klein' en `groot' in die teks. As jy wil, omkring die woorde in jou kopie van die verhaal, sodat jy die patroon kan sien. (2) Skryf neer wat jy dink hierdie motief wil se, na watter insig dit jou lei omtrent Thandiwe en haar persepsie van haar wereld. Hierdie tipe herhaling van 'n woord/woorde, beeld, verwysing in 'n verhaal word 'n leimotief genoem. Die herhaling is opvallend en betekenisvol. Dit vorm 'n patroon in die teks en verteenwoordig 'n leidraad ten opsigte van die slotsom of tema daarvan. In ``Thandiwe'' word die hoofkarakter Thandiwe herhaaldelik as `klein' beskryf en haar omgewing en die bedreigings wat dit vir haar inhou, as `groot'. Die idiomatiese uitdrukking ``hardloop dat sy klein word'' word in die teks letterlik geaktiveer: die klein kind (wat gewoonlik uit angs hardloop en hulp by volwassenes soek) hardloop so vinnig as wat sy kan. Let op dat sy hardloop om `grootmense' (grootouers) te help, en dat sy vyandige volwassenes (Brekers) moet trotseer in 'n konfliksituasie. Dis verrassend dat sy as kind (klein) 'n situasie wat eintlik te `groot' vir haar is, kan hanteer en oplos (al is dit dalk net tydelik).

3.7.6 Tema
Dit word ook die grondmotief genoem, of eindinsig/slotsom/`waarheid'/ `boodskap' wat die teks kommunikeer. Onthou dat ons gese het die leser doen mee aan die proses van betekenis maak. Daar is wel sekere elemente wat in die teks ingebou is wat die leser `lei' in 'n rigting t.o.v. interpretasie, 45

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses maar omdat die leser binne 'n sekere persoonlike en sosio-politiese konteks lees, wat insluit die vermoe om feitlik eindelose intertekste te identifiseer, sal individuele lesers se `lesings' en dus ook insigte t.o.v. 'n teks se tema verskil. Hoe sou jy die tema van ``Thandiwe'' formuleer? Hou in gedagte dat al die struktuurelemente (boustene) saamwerk om die uiteindelike `gebou' te vorm. Betrek dus intrige, karakter, perspektief, ruimte en motiewe in jou formulering. Jy kan so begin: In hierdie verhaal word die groei van 'n klein dogtertjie van 'n verskrikte ..................................................................... (sleutelwoorde: krisis, volwasse verantwoordelikheid, kosbaar, opoffering, oplossing) In hierdie studie-eenheid het ons gesien hoe 'n verhalende prosateks werk. Ons het vanuit jou eie ervaring aangeknoop by die ervarings van kinders (aborigine-kinders en andere) en gesien hoe ons betrokke raak by 'n fiktiewe teks as gevolg van die raakpunte met ons eie wereld. Ons het ook gekyk na struktuurelemente van verhalende prosa en hoe ons so 'n teks lees om te verstaan hoe dit uiteindelik saamvoeg om 'n geheel te vorm. Verder het ons telkens ``Thandiwe van Khayalethu Camp'' gelees `in gesprek' met ander tekste oor gedwonge verskuiwings in Suid-Afrika in die apartheidsera, asook gedwonge verskuiwings in naburige Zimbabwe tydens die bevrydingsoorlog daar, en meer onlangse politieke en sosiale omstandighede wat weer ontheemding tot gevolg het. Kom ons begin jou voorberei om krities oor 'n literere teks te skryf, wat een van die vaardighede is wat ons met deel 1 beoog. Vir die student wat kreatief ingestel is, is daar ook 'n skeppende aktiwiteit.

AKTIWITEIT 3.12 (1) Skryf een lang paragraaf oor die eerste vier paragrawe in ``Thandiwe'' om aan te toon dat die kernelemente van die struktuur (boustene) reeds in embrio teenwoordig is. Kyk na hoe die gebeure by 'n punt IN die verhaal begin en terugloop, dan weer vorentoe, om spanning te skep. Dan na wat ons reeds hier agterkom omtrent Thandiwe, die ruimte, 'n motief, ens. Dis terselfdertyd 'n selftoets-oefening t.o.v. jou verstaan van die boustene van die verhaal, en 'n oefening van jou ``kritiese geletterdheid'' in hierdie stadium. (2) Vir die belangstellende student (opsioneel): Skryf jou eie verhaal! Thandiwe keer terug na Khayalethu Camp as jong volwassene, na vele wedervaringe as swart Suid-Afrikaner in die 1980's en 1990's. (Jy kan dalk vooruit lees in studie-eenheid 5, veral Marita van der Vyver se verhaal ``St. Christopher op die Parade'', om 'n gevoel te kry vir die era van transformasie.) Stuur gerus jou poging in saam met jou werkopdrag; ons lees dit graag.

46

Studie-eenheid 3

3.8 SUMMARY
In this study unit you were introduced to the literary genre of prose fiction. The short story ``Thandiwe of Khayalethu Camp'' was read interactively to show its fictional nature: the text does not attempt to present the reader with a factual representation of life, but makes a selection from `real' events and circumstances to create a new fictional `world' that of an imaginary family in an imaginary squatter camp who experience an imaginary event. Thus the reader gets a new perspective on a well-known historical reality, and in the process something revealing and profound is communicated about the human condition. This study unit also discusses the main `building blocks' constituting the structure (or design) of a prose fiction text. These are plot (what happens), character (to whom), space (where and when), narrator (as told by whom), motif (which patterns of word repetition lead us towards the main idea), and theme (which we define as the main idea/insight/`truth' put across in the text). These structural elements are shown in action in the ``Thandiwe'' text, by means of activities. We also contextualise ``Thandiwe'' by discussing the political and cultural background of the era in which it is situated. This we do by providing authentic texts from newspapers and other media to suggest a framework for your reading. We also refer to various other literary texts that may `speak' to ``Thandiwe'' intertextually, thus enriching your reading experience. The overarching topic of this study unit, i.e. ``we dance because we cannot fly'' (hope amid desperate circumstances), is shown to feature as a `thread' running through all these texts.

47

STUDIE-EENHEID

Poe sie: dis nooit te laat om gelukkige kinderjare te he nie


4.1 INLEIDING
Al ooit die bufferplakker gesien met hierdie woorde ``It's never too late to have a happy childhood.'' daarop? Dit word gewoonlik as 'n grappie bedoel. Wat se dit alles, dink jy? (Vir wie sou jy so 'n plakker wou gee? Om wat te se?) Sien jy hoe kinders 'n leimotief vorm in deel 1 tot dusver? (Onthou jy wat 'n leimotief is? Kyk weer in studie-eenheid 3 om jou geheue te verfris.) In hierdie studie-eenheid bou ons voort op die voorafgaandes wat betref die fokus op kinders, veral in moeilike sosio-politieke situasies (oorlog/konflik/ gedwonge verskuiwings/armoede ...). Ons het gesien dat daar dikwels 'n hoopvolle element in die tekste waarna ons gekyk het, voorkom, 'n mate van restorasie by tye, alhoewel dit nie altyd 'n volledige `oplossing' vir die probleem verteenwoordig nie. In studie-eenheid 4 maak ons hierdie fokus skerper deur, naas die groot wereldoorloe en -konflikte waarby Suid-Afrika in mindere of meerdere mate betrokke was, stil te staan by die township-opstande in die 1970's en 1980's, die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) van 1955 en gewapende stryd van die swart bewussynsgroepe teen die Nasionale Party-regering; en die AngloBoereoorlog (18991902). Sodoende betrek ons die hoogty van Apartheid as heersende ideologie in Suid-Afrika in die tweede helfte van die twintigste eeu, maar ook die oorlog wat die twintigste eeu by ons ingelui en 'n geweldige tol in menselewens en -lyding geeis het. Hierdie oorlog se eeufees is onlangs herdenk en was dus opnuut `aktueel'. Kinders as lydendes is steeds deurgaans in die kollig in hierdie studie-eenheid. Klink ons titel hierbo dalk 'n bietjie te speels as 'n `sambreel' vir sulke ernstige sake? Dit hang af. Soos ek dit verstaan, se ``Dis nooit te laat om gelukkige kinderjare te he nie'' gewoonlik (aan 'n volwassene) iets soos: ``Dis nooit te laat as jy, as volwassene, iets van jou kinderdae opnuut wil beleef, of 'n ervaring wat jy misgeloop het, wil inhaal of herwin nie.'' Dit se dus iets van verlies maar herwinning. En dis wat ons in studie-eenheid 4, soos in die voriges, wil probeer wys. Ons gebruik heelwat tekste uit bogenoemde tydvakke om die geheelbeeld te bou, en kyk hierdie keer spesifiek na die genre poesie. 48

verlies maar herwinning: loss but restoration

Studie-eenheid 4 AKTIWITEIT 4.1 Vir die belangstellende student (opsioneel)


poesie en liriek

Reageer gerus, al is dit voorlopig, op die Nederlandse sanger/liedjieskrywer Stef Bos (2003:58) se onderskeid tussen poesie en liriek: Daar is 'n verskil tussen 'n liriek en 'n gedig en jy moet versigtig wees om die twee saam te voeg dit kan maklik pretensieus klink. 'n Gedig het 'n groter intensiteit in taal omdat jy dit kan lees en jou eie tempo van begrip kan bepaal. Maar 'n liedjie gaan verby in drie, vier minute en jy moet dus versigtig wees met te baie metafore of poetiese tegnieke. Wat dink jy, is Bos reg? Wat van 'n `gelade' teks soos ``Hot Gates'' is dit 'n liriek omdat dit primer bedoel is om gesing te word, of begin ons hier beweeg op die terrein van die poesie?

4.2 INGRID JONKER AS IKOON


Soos ``Thandiwe van Khayalethu Camp'' in studie-eenheid 3, is ``Die kind'' (Ingrid Jonker) in studie-eenheid 4 die teks waaraan ons 'n bespreking van basiese struktuurelemente en tegnieke wil koppel. Die volle titel van hierdie gedig is ``Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga'' maar ons verwys voorts kortweg daarna as ``Die kind.'' Dis 'n teks waaroor daar al baie geskryf is, wat al vele kere aangehaal is, wat getoonset is, gedramatiseer is, voorgeskryf is, vertaal is. Ons voel waarskynlik dis 'n baie bekende teks, geskryf deur 'n ewe bekende digter eintlik kultusfiguur of soort ikoon, Ingrid Jonker. 'n Kultusfiguur is 'n figuur wat op godsdienstige wyse vereer word deur massas mense. 'n Ikoon is 'n gewyde portret van Christus, 'n engel of heilige (H.A.T.)

AKTIWITEIT 4.2 (1) Lees die koerantartikels oor Ingrid Jonker afgedruk in die leesbundel. Wat se Johan Vosloo (``Ingrid Jonker en die poppe'') oor die moontlike rol wat ontworteling in Jonker se lewe gespeel het? Etienne Britz skryf weer oor die verwonding wat sowel die Amerikaanse digter Sylvia Plath as Ingrid Jonker aan die hande van hul vaders ontvang het (``Plath, Jonker albei deur pa verwond''). Watter ander eienskappe het Plath en Jonker, volgens hierdie artikel, gemeen gehad? (2) Bogenoemde artikels, asook Metelerkamp se 2003-biografie, hou in 'n sin die `verskynsel' Ingrid Jonker `aktueel'. Hoekom, dink jy, bereik sommige skrywers/kunstenaars en ander openbare persoonlikhede, soms kultusstatus? Dink aan rolprentsterre soos James Dean, Marilyn Monroe asook prinses Diana. Wat het hulle gemeen? Lees die koerantartikel ``Onsterflike elf `daar's iets van Ingrid in elkeen van ons', se skrywer'' deur Stephanie Nieuwoudt in die leesbundel (oor Metelerkamp se boek Ingrid Jonker beeld van 'n digterslewe) om jou te help. Kom ons vorm nou 'n raamwerk vir ons lees van die gedig. 49

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

4.3 KINDERS WAT HARDLOOP


AKTIWITEIT 4.3 (1) Lees die gedig in die leesbundel en skryf neer watter `prentjie' by jou opkom as jy die volgende reel lees: die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals (strofe 4) Wat is jou gewaarwordinge? Herinner dit jou aan iets wat jy gesien het, of self gedoen het? (Idillies op die gras by jou ouerhuis, of op die strand? Jou eie kind? Jy self?) Het jy 'n idee hoe dit waarskynlik in Nyanga/Langa/Sharpeville, ens. gelyk het, uit foto's van die opstande van daardie tyd? Kyk in die leesbundel na foto's van die township-opstande van 1960's en ook die beroemde foto van die sterwende Hector Pietersen geneem deur Sam Nzima wat in die artikel oor die Apartheidsmuseum in Soweto deur Caroline Hooper-Box verskyn. Hoe lyk toestande daar vir jou? Word jy herinner aan 'n ander (swart) kind wat ook gehardloop het uit vrees vir 'n (blanke) aggressor (studie-eenheid 3)? Watter verskille merk jy op tussen die kind in daardie teks, en die op die foto's? Die verskille wat jy hierbo (vraag 3) sien, word dalk ook ge-eggo in ``Die kind''. Kyk na die verwysings na beweging in ``Die kind'': daar word nie soseer van iets weggehardloop nie, maar daar is 'n doelgerigte `trek' en `reis' deur ruimtes heen. Is daar ook suggesties van `marsjeer' of optogte in die gedig? Watter soort `hardloop' sou dit verteenwoordig? Kan jy die soort `hardloop' skakel met die titel van bv. Nelson Mandela se outobiografie, Long walk to freedom of die `tree na vryheid' van Martin Luther King? I.v.m. laasgenoemde, kyk na die uittreksel uit Randall van den Heever se Tree na Vryheid in die leesbundel (skets met onderskrif oor King se destydse optogte in die V.S.A. as leier van die Menseregtebeweging). Sou jy se `stap' of `tree' kry in hierdie tekste 'n politieke konnotasie? Verduidelik. Die laaste drie reels van ``Die kind'' (``die kind wat 'n man geword het ...'') kan dan gelees word binne die konteks van die swart bevrydingstryd wat `loop' deur die hele Afrika, en die hele wereld. Watter beeld kom by jou op, of ander teks, as jy lees van ``die kind wat 'n reus geword het'' en reis deur die hele wereld? (Wenk: 'n bekende sprokie. Jy kan dit lees by http://www.broadviewpress.com/tales/ printable/hop_thumb.htm of www.digihitch.com/reviews-15.html. Lees nou wat Nelson Mandela, in sy hoedanigheid as eerste staatspresident van 'n demokratiese Suid-Afrika, op 24 Mei 1994 in sy staatsrede in die parlement oor ``Die kind'' gese het. Die toespraak, wat 'n Engelse weergawe van die gedig insluit, is in die leesbundel afgedruk. . Bevestig dit vir jou wat ons hierbo gese het oor die verband tussen ``Die kind'' en die swart bevrydingstryd? . Hoe sien Mandela Ingrid Jonker? Lewer kommentaar op die skynbare teenstrydighede in hierdie siening. . Hoe koppel Mandela ``Die kind'' aan die bevryding van die SuidAfrikaanse vrou, man en kind?

(2)

(3) (4)

(5)

(6)

(7)

50

Studie-eenheid 4

4.4 WAT IS 'N POESIETEKS?


Ons het in studie-eenheid 3 vinnig gekyk na genre en onderskeidende kenmerke van die drie hoofgenres. Blaai gerus terug daarna om jou geheue te verfris. Kom ons doen nou 'n aktiwiteit wat daardie gesprek verder voer.

AKTIWITEIT 4.4 (1) Lees weer deur die hele teks van ``Die kind''. Kyk hierdie keer na die vorm daarvan, hoe dit op die bladsy gedruk is en ander dinge wat vir jou uitstaan. Vergelyk die uiterlike vorm daarvan met die van ``Lied van die kinders'' (studie-eenheid 1). Wat het die twee tekste gemeen? (2) Hoe sou jy poesie of 'n gedig omskryf, as jy in een sin sou moes se wat dit is? Vraag 2 hierbo was nogal moeiliker as wat mens gedink het! (Hoekom, dink jy, laat letterkundiges hulle nie sommer vaspen as dit kom by definisies gee van komplekse verskynsels nie?!) Kom ons kyk na die volgende brawe een-reel-definisies geneem uit die geskrifte van bekendes (aangehaal in Grove. 3de uitgawe: 86) . ``Poetry is the spontaneous overflow of powerful feelings: it takes its origin from emotion recollected in tranquility'' (Wordsworth) . ``Poetry means the best words in the best order'' (Coleridge) . ``Een gedicht is een schip, het drijft op het gedeelte dat zich onder de waterlijn bevindt'' (die gedig is 'n skip wat dryf op die gedeelte onder die waterlyn (Nederlandse skrywer Greshoff) . ``Poetry ... is a kind of musical word game which we value because of its expressive qualities'' (kritikus Robert Scholes) Watter een lyk vir jou die geldigste? Kom ons problematiseer die saak verder deur die volgende vrae: . Gaan gedigte primer oor die uitstorting van gevoel? Wat van gedigte oor bv. lewensprobleme waar `passie' dalk nie so ooglopend teenwoordig is nie? . Gaan dit net oor woorde wat (met die kop?) goed gekies en in die beste moontlike volgorde ingespan moet word? (Onthou jy nog die `skaapgedig' in studie-eenheid 1 waarmee ons 'n bietjie pret gehad het? Daar het ons wel gesien dat die seleksie van woorde wat onderling verband hou, belangrik is, en dat die ordening hiervan in 'n sinvolle patroon nie aldag in enige `skaap' se broek sit nie! Beteken dit egter dat 'n gedig wel 'n `menslike' aktiwiteit is, maar verder neerkom op 'n bloot intellektuele, selfs meganistiese seleksie en ordening van woorde om sin te maak en dalk 'n teorie te bewys?) . Is dit so dat die grootste deel van die gedig eintlik `onder die watervlak' le dat wat jy op die bladsy sien, net 'n klein deeltjie van die storie is? (Se dit dat die eintlike betekenis van die gedig `dieper' le en dat die leser elke woord as `simbolies' moet lees?) . Is alle gedigte `musikaal', d.w.s ontgin dit die klankwaardes en -patrone van woorde? Beteken dit alle gedigte moet rym, of voldoen aan 'n streng 51

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses ritmiese patroon? (Is daar rym in ``Die kind''? Maak dit daarvan 'n swak gedig, of geen gedig?) Ek dink jy sal saamstem dat geeneen van bogenoemde `definisies' op sigself die volle waarheid oor poesie kan saamvat nie. Elkeen se dalk iets van waarde, kyk na 'n uitdrukkingsvorm of funksie of tegniese aspek wat 'n gedig moontlik, in mindere of meerdere mate, mag he. Maar ons sou nie uit enige EEN definisie kon aflei hoe 'n gedig altyd MOET lyk nie.

4.5 TAALINTENSITEIT AS KENMERK VAN POESIE


``Ek glo 'n gedig se meer as 'n lang toespraak'' (Lindiwe Mabuza, politikus) Wat bedoel ons met taalintensiteit?

AKTIWITEIT 4.5
woord- en sintaktiese herhaling: bv. ``Die dam is leeg die dorings wit/die dam is leeg die skaapbos wit'' Boerneef

(1) As jy na ``Die kind'' of ``Lied van die kinders'' kyk, wat tref jou allereers t.o.v. die lengte van die tekste, teenoor bv. die lengte van ``Maar daar is''? Wat se dit vir jou oor taalintensiteit in 'n gedig? (2) Watter woorde merk jy op word telkens herhaal in ``Die kind''? Kyk na die teks soos ons dit hier afdruk en herhalings omkring. Sou jy se herhaling van woorde is 'n opvallende kenmerk van ``Die kind''? (3) In 'n teks wat reeds soveel korter is as 'n prosateks, hoekom dink jy word daar `gemors' met spasie deur sekere woorde in 'n gedig boonop te herhaal? (Hoekom herhaal mense woorde? Watter effek dink jy het die herhaling van bv. ``skreeu'', ``Afrika'', ``die kind wat'' in Jonker se gedig?)

52

Studie-eenheid 4

(4) Ons onderskei tussen woordherhaling en sintaktiese herhaling (herhaling van dele van 'n sin, of sintaktiese struktuur). Kyk weer na die herhaling wat jy in vraag 3 hierbo gedentifiseer het: is dit woordherhaling of sintaktiese herhaling (ook genoem sintaktiese vooropstelling)? (5) Kry jy voorbeelde van indirekte taalgebruik (ook genoem implikatuur) in ``Die kind''? Soek 'n voorbeeld waar die afwesigheid van politieke en innerlike vryheid nie direk of in soveel woorde genoem word nie (sewe woorde aan die einde van strofe 1). Wat doen hierdie spesifieke soort taalgebruik? Ons noem dit beeldspraak. Nou-nou meer. (6) Wat dink jy is die funksie van die herhaling (watter soort herhaling?) van ``geur'' in ``die geur/van vryheid en heide ...'' en ``Die geur/van geregtigheid en bloed ...''? (Watter sintuig word betrek? Val dit jou op dat ``geur'' gekoppel word aan 'n abstrakte begrip asook 'n konkrete begrip? Watter effek het dit?) In bogenoemde aktiwiteit het ons taalintensiteit in aksie gesien in 'n gedig, naamlik ``Die kind''. Herhaling van woorde of sinsnedes aan die een kant, en indirekte, gewoonlik beknopte taalgebruik (suggestie en beeldspraak) aan die ander kant.

53

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

4.6 IETS MEER OOR SOMMIGE TERME 4.6.1 Beeldspraak: Engels ``imagery''
Robin Malan (1995) gee 'n eenvoudige verduideliking hiervan in sy inleiding tot Poetry Works 1: In trying to tell you the truth about something in life, the poet does not define that something in scientific terms (its weight, size, dimensions things you can test and prove to be accurate); she or he throws up an image that your imagination will interact with. The image will, most often, work through one of the senses: A smells like B, C sounds like D, etc. Your imagination will see the connection, the common-ground, between the two different things, and you will come to a more vivid understanding or recognition of the original `something'. Malan illustreer dit met verwysing na Humbert Wolfe se gedig ``The Grey Squirrel'', waarin die eekhorinkie in die eerste drie reels met 'n koffiekan verbind word: Like a small grey coffee-pot, sits the squirrel. Wolfe gee nie enige wetenskaplike feite oor die eekhorinkie nie. Hy vind iets anders om dit duidelik te maak hoe hy 'n eekhorinkie sien: 'n koffiekan. Wat het 'n eekhorinkie en 'n koffiekan gemeen? Dalk nie veel nie, maar tog een ding: hul fatsoen.

Hierdie beeld werk omdat daar wel 'n gemeenskaplike iets is wat die eekhorinkie en die koffiekan gemeen het, en ook omdat dit, alhoewel heel oorspronklik (iets nuuts) nie te obskuur is om te sien nie. Sou ``coffee-pot'' bv. deur ``lamp-post'' vervang word, sou ons maar bloed sweet om die konneksie raak te sien. (Dink jy daar kon 'n konneksie wees?) Daar is natuurlik baie gevalle waar die konneksie nie op 'n realistiese of objektiewe vlak le nie, maar dit behoort steeds nie so obskuur te wees dat dit totaal onverstaanbaar is nie. Bogenoemde beeld kan verder benoem word as 'n vergelyking of metafoor. 54

Studie-eenheid 4

4.6.2 Vergelyking
Waar A en B met mekaar verbind word deur middel van die woord ``soos'' (Engels ``like'' of ``as'') noem ons dit 'n vergelyking. Kan jy dink aan 'n voorbeeld of twee uit die alledaagse lewe? Uit 'n gedig wat jy ken?

4.6.3 Metafoor
Sou die woord ``like'' weggelaat word in Wolfe se gedigreels, m.a.w. A small grey coffee-pot, sits the squirrel sou ons dit 'n metafoor kon noem. Dit word soms gedefinieer as 'n ``beknopte vergelyking'' omdat daar steeds sprake is van gelykstelling soos in die vergelyking, maar die gelykstellingswoord ``soos'' uitgeskakel word. Dis in 'n sin 'n meer direkte proses van identifikasie tussen A en B maar meer implisiet. Die woord kom van die Grieks ``metaphora'' wat `oordrag' (Engels ``transference'') beteken, dus kan ons se dat 'n metafoor eienskappe van een ding `oordra' op 'n ander; of dat 'n metafoor 'n stylfiguur is wat twee verskillende dinge bymekaar bring en die een of ander ooreenkoms tussen hulle skep. Die tegniese terme in Engels vir A en B hierbo is: A B eekhorinkie: die ding wat gekarakteriseer word is die ``tenor'' (letterlike onderwerp) koffiekan: die ding wat gebruik word om dit te karakteriseer is die ``vehicle'' (fokusonderwerp)

Die basis van hul ooreenstemming is die ``ground'' (gronde). Metafoor is 'n baie ryk en omvattende begrip in die poesie. Dit hou in sowel verskille tussen A en B, as ooreenkomste, en eintlik is die verskille net so belangrik in effek as die ooreenkomste. Was dit nie juis die verskille tussen 'n eekhorinkie en 'n koffiekan wat ons hierbo gefassineer het nie? Die verskille maak ons belangstelling gaande en bring ons by die verrassende ontdekking van 'n ooreenkoms wat nie so ooglopend is nie. Een van die belangrikste funksies van metafoor is om die algemene of bekende dinge te `defamiliariseer' (Peet en Robinson 1992:84).

AKTIWITEIT 4.6 Skryf jou eie vergelyking en metafoor. Vrye keuse, maar as jy 'n bietjie leiding soek, voltooi die volgende (nadat jy weer bostaande verduidelikings goed gelees het): (1) Kennis is soos .......................................................................................... (2) Kinderjare is ............................................................................................ Jy is welkom om hierdie poging ook met jou werkopdrag aan ons te stuur.

55

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

4.6.4 Simbool
'n Voorwerp wat iets anders (gewoonlik 'n abstrakte saak) verteenwoordig, noem ons 'n simbool (Grove 3de uitgawe: 102). Peck en Coyle (1993:68) se 'n simbool is ``an object which stands for something else (e.g. a dove symbolises peace). In a poem it is a word which, while signifying something specific, also signifies something beyond itself''. M.H. Abrams (1971:169) gee interessante voorbeelde van 'n roos as (a) metafoor en (b) as simbool. (a) Metafoor: ``she was our queen, our rose, our star ...'' (A is ``she'', B is ``rose'') (b) Simbool: William Blake se gedig ``The Sick Rose'' gaan in geheel oor 'n roos, dit verwys nie na 'n meisie nie (dit het dus nie 'n A in die teks nie). Die roos is wel meer as net 'n roos: die gedig suggereer deur woordgebruik en ander middele dat hierdie roos `staan vir' die verlies van onskuld as gevolg van 'n manipulerende, `siek' verhouding. Hierdie betekenis is nie die konvensionele betekenis wat aan 'n roos geheg word nie, en is eerder 'n simbool eie aan Blake se gedig en werk. Daar is ook sekere intensiverende tegnieke wat in 'n teks gebruik mag word:

4.6.5 Animasie en Personifikasie


Scholes (1969:47, 48) onderskei hierdie twee begrippe soos volg: ``Animation confers on objects or creatures a greater degree of awareness or purposefulness than we normally credit them with.'' Hy noem Wordsworth se reel ``A hundred hills their dusky backs upheaved'' as 'n voorbeeld, waar heuwels voorgestel word as walvisse of dolfyne. Personifikasie het te doen met die gee van menslike attribute of persoonlikheid aan abstraksies. T.T. Cloete se gedig ``Oranjerivier'' lewer mooi voorbeelde op van albei, bv. die rivier wat as ``langafstandatleet'' geteken word.

4.6.6 Ironie
Gewoonlik gesien as die spraakgebruik waarin op spottende wyse die teendeel gese word van wat bedoel word (Grove 3de uitgawe: 50), of 'n gaping tussen wat die woorde skynbaar se en wat werklik gese word (Scholes 1969:51), of hoe dinge werklik is. Dramatiese ironie is situasioneel: die leser of toeskouer weet meer as wat die karakter weet ('n gunsteling effek in klassieke drama, bv. waar Oidipus met sy eie ma trou sonder om dit te weet, terwyl die gehoor maar te bewus is hiervan). Dis ook baie algemeen in hedendaagse sepies en baie van die spanning in 'n verhaallyn steun hierop. Sarkasme is verwant aan ironie maar is die eenvoudigste vorm daarvan, bv. 'n snydende en smalende opmerking, soos om aan aan 'n skreeulelike, vuil boemelaar te se: `Maar jy is 'n mooi een.'

4.6.7 Paradoks
'n Uitspraak wat op eerste gesig teenstrydig voorkom, maar by nadere beskouing 'n dieperliggende waarheid/insig beklemtoon. 'n Voorbeeld is uit Fanie Olivier se gedig ``Kloot'', waar die spreker na die aarde verwys as sowel ``mooi'' as ``verskriklik''. Albei is waar: die aarde is verruklik mooi, 56

Studie-eenheid 4 maar in haar verwoestende aardbewings, storms en natuurrampe ook ``verskriklik'', indrukwekkend en vreesaanjaend.

AKTIWITEIT 4.7 Lees weer ``Die kind'' en beantwoord die volgende vrae oor beeldgebruik en ander instansies van taalintensiteit. (1) In strofes 1 en 2 lyk dit nog of ``die kind'' letterlik 'n bepaalde kind is wat in opstand is teen sy ouers. Stem jy saam of dink jy die kind is van die begin af 'n verteenwoordiger van 'n generasie of 'n idee? (2) Hoekom dink jy is die kind allereers in opstand teen sy eie ouers? Wat doen sy moeder (strofe 1) en wat doen sy vader (strofe 2) wat die kind opstandig maak? (3) Dink jy ``die geur van vryheid'' en ``die geur van geregtigheid'' het 'n ironiese inhoud, in die lig daarvan dat die ouers teen die tyd van die publikasie van die gedig nog geen ware vryheid en geregtigheid verkry het nie? (4) Sou jy ``die lokasies van die omsingelde hart'' en ``strate van sy gewapende trots'' as effektiewe beelde (metafore) beskou? Wat suggereer elkeen? (5) Wat se strofe 3 van ``die kind''? Hoe kan 'n kind wat le ``met 'n koeel in die kop'' ``nie dood'' wees nie? (6) Die lang slotstrofe maak dit dan duidelik dat ``die kind'' nie (meer) 'n spesifieke, letterlike kind is nie, maar uitgegroei het tot 'n `teenwoordigheid' en 'n simbool. Hoe is die kind `teenwoordig' by alle vergaderings, in alle huise, in die harte van mense? (7) Wat simboliseer ``die kind'' uiteindelik? Hou die laaste reel ``sonder 'n pas'' in gedagte.

4.7 SPREKER
In studie-eenheid 3 het ons Van der Merwe en Viljoen aangehaal wat die kommunikasiesituasie in die gedig as ``monologies'' aangedui het, dit wil se in die gedig is daar gewoonlik net een spreker aan die woord. Hierdie spreker is NIE gelyk aan die digter nie (sien weer ons bespreking van die begrip ``verteller'' in die prosa in studie-eenheid 3), maar is 'n fiktiewe instansie wat as woordvoerder optree. In ooreenstemming met die onderskeid wat in die prosateorie gemaak word tussen die `reele' outeur (werklike skrywer, bv. Andre P. Brink) en die `implisiete' outeur (die bewyse wat ons in die teks sien van 'n skrywer wat vorm gegee het aan die teks, en wie se lewensbeskouing indirek in die teks tot uiting kom), kan ons dus praat van Ingrid Jonker as die `reele' outeur van ``Die kind''. Ons kan ook opmerk dat daar 'n sekere lewensbeskouing in die teks gestalte gekry het en dat dit sekere vormkenmerke het wat deur die `implisiete' outeur daaraan gegee is. En ons praat van die `woordvoerder' in die gedig as die `spreker' wat hom/haar rig aan 'n toehoorder of leser. 57

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses AKTIWITEIT 4.8 Wil jy jou, voorlopig, uitlaat oor die rol van die spreker in ``Die kind'', asook die lewensbeskouing wat in ``Die kind'' tot uiting kom? Hou in gedagte dat die teks al in die sestigerjare van die vorige eeu ontstaan het. Kan jy dit plaas binne die konteks van daardie tyd? Hoe vergelyk daardie tyd met vandag?

4.8 KLANKASPEKTE EN RITME IN ``DIE KIND''


Kom ons kyk nou na herhalingsverskynsels in ``Die kind''.

AKTIWITEIT 4.9 (1) Watter tipe herhaling vind ons in ``Die kind''? Gee voorbeelde van meer as een tipe (bv. woordherhaling, sintaktiese herhaling d.w.s. reels wat dieselfde sinsbou het, e.d.m.). Raadpleeg weer aktiwiteit 4.5. (2) Vind jy enige vorm van rym in die teks? Kyk naas eindrym ook na manifestasies van beginrym of alliterasie. Skryf vier goeie voorbeelde neer. (3) ``Die kind'' het nie 'n klassieke of vaste metriese skema nie, maar tog interessante ritmiese patrone. Die woord- en sinsbouherhaling in strofes 1 en 2 en gebrek aan interpunksie veroorsaak 'n baie soortgelyke ritmiese struktuur in daardie strofes. Laat dit jou dink aan 'n soort toespraak- of retoriese styl, dalk? Die gebruik van enjambement (die sin eindig nie met die einde van 'n versreel nie maar loop oor in die volgende versreel) versnel die ritme. (Gee voorbeelde.) Wat sou die funksie hiervan wees?

4.9 ``DIE KIND'' EN INTERTEKS


Soos ons in studie-eenheid 1 verduidelik het oor interteks, `praat' tekste met mekaar uit verskillende eras en omstandighede, en verruim dit ons verstaan van die implikasies van 'n teks.

AKTIWITEIT 4.10 (1) Lees ``Die kind 2'' (Swanepoel) en ``Die kind is nie dood nie'' (Olivier) in die leesbundel. Watter soort `gesprek' knoop hierdie tekste aan met die Jonker-teks? Identifiseer spesifieke aanhalings uit ``Die kind'' wat neerslag vind in Swanepoel en Olivier se gedigte. (2) Is Swanepoel se teks ook 'n `gesprek' met die politieke omstandighede van sy tyd (1980's) in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord uit die teks. (3) Hoe kyk Swanepoel na Jonker se gedig te midde van die politieke realiteite van 1980? (Wat is hierdie realiteite volgens die Swanepoelteks? Wat roep ``in hierdie land van mensefakkels'' by jou op?) Is/was 58

Studie-eenheid 4 Jonker se gedig `profeties'? Of bloot 'n dokument van die sestigerjare, dus ietwat gedateerd? Lees Olivier se gedig met aandag. Oor watter ikoon van die swart bevrydingstryd in Suid-Afrika handel die teks? (Kyk weer na die foto deur Nzima in die leesbundel.) Sou jy se Olivier se teks spreek Ingrid Jonker aan soos Swanepoel s'n? Wie word aangespreek in Olivier se teks? Waarin le die verband met Jonker se teks? Die kind in die Olivier-teks groei ook, soos die kind in die Jonker-teks, uit tot 'n verteenwoordiger van 'n groter eenheid (``die amperkinders'' wat dink jy word hiermee bedoel?) Hy word ook 'n ``skim'' genoem. Hoekom? Hoekom ervaar die spreker vrees en benoudheid as hy dink oor hierdie kind? Wat simboliseer die kind in Olivier se teks? Iets anders as vryheid (Jonker-teks)? Kyk na die verwysings na bloed om jou 'n leidraad te gee. Verklaar die ironie in ``hoor/ek dat alles wel is in die land/en een ons goud is soveel rande werd''.

(4) (5) (6)

(7) (8)

Ten slotte wil ons ``Die kind'' ook koppel aan 'n veel ouer teks uit 'n ander era: Leipoldt se `` 'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie'', via Joan Hambidge se eietydse teks met dieselfde titel. Hambidge se teks maak juis 'n konneksie tussen die smart en lyding van kinders tydens die Anglo-Boereoorlog, en `kinders' in die townships van die 1980's. Maar watter kinders?

AKTIWITEIT 4.11 (1) Watter ooreenkomste sien jy tussen Hambidge se teks en die Leipoldtteks? (Tipe teks, woorde wat ooreenstem, slotsom, ens.) (2) Wie dink jy is die ``mame se kindjie'' in Leipoldt se teks? En in die Hambidge-teks? Hoe maak jy die afleiding? (3) As die aangesprokene in die Hambidge-teks 'n jong blanke man is wat diensplig doen in die townships tydens Apartheidsjare, hoekom word hy ``mame se kindjie'' genoem? (Is hy dan nie die aggressor in die konfliksituasie nie?) Hoe verklaar dit die reels: ``hierdie land se paradokse/skep bitter verse uit vrese''? Vergelyk hierdie reel met die uit die Swanepoel-teks: ``dis al doodgewoon dit maak geen nuus/glad nie gedigte nie'' (``Die kind 2''). (4) Hoekom kan ons die volgende reel uit die Leipoldt-teks as ironies beskou? ``twee in 'n kissie 'n bruilofspaar'' (5) Watter soort tekste is hier ter sprake volgens die titel van elk? ('n Nuwe ..........................................) Klink dit vir jou na liedjies? Verklaar die titels. (Dalk iets te doen met die oerteks, die kinderrympie ``Siembamba''?) (6) Die Leipoldt-teks werk met sterk ironie: daar is 'n `gaping' tussen die skyn van 'n kind wat aan die slaap gesus word, en die werklikheid van 'n kind wat besig is om in 'n konsentrasiekamp tydens die AngloBoereoorlog te sterf. Die frase ``Biesie biesie bame'' kom uit 'n kindergebed waarin die hande gevou word in 'n dankgebed vir kos, wat in die konteks van die destydse haglike kampomstandighede 'n verdere 59

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses ironie bewerkstellig (Viljoen in Van Coller 1998:577578). Wat word hierdeur gempliseer oor die rol van volwassenes in kinderlyding? (7) Lees die artikel ``Britte en Boere se WVK boek wil begrip kweek vir oorlog'' deur Stephanie Nieuwoudt, oor Paul Alberts se boek Suffering of war: a photographic portrayal of the suffering in the Anglo-Boer War in die leesbundel. Kyk veral na die skokkende foto's van uitgeteerde kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog. Hoe benvloed dit jou lees van Leipoldt se teks hierbo? Vergelyk dit met die foto van Kim Phuc in studie-eenheid 1. (Susan Sontag se oor die impak van foto's: ``Narratives can make us understand. Photographs do something else: they haunt us.'') (8) Daar is in Nieuwoudt se artikel 'n verwysing na die werk van Britse filantroop Emily Hobhouse as 'n vroee `Waarheids-en-Versoenings kommissie' (sien die kop `Emily se WVK'). Dink jy dis 'n geregverdigde stelling? (Wat het Hobhouse gedoen wat herinner aan die werkwyse van die WVK? Lees ook Wilhelm Jordaan se rubriek ``Kyk na Emily vir versoening op eie bodem'' in die leesbundel waarin Jordaan vyf kenmerke van versoening noem soos dit in Hobhouse se gesindheid en werkwyse duidelik was.) (9) Luister na 'n bekende wiegeliedjie, Johannes Kerkorrel se ``HalalaAfrika'' op die kasset. Watter atmosfeer word geskep in die liedjie? Hoe word kinders in Suid-Afrika gekarakteriseer? Is hier sprake van ironie soos in die Leipoldt-teks of Hambidge-teks? Dis interessant hoe 'n veel ouer teks met 'n resente een kan `praat', en so nuwe betekenisse laat ontstaan in albei, of hoe?

AKTIWITEIT 4.12 (1) Skryf jou eie gedig! Gaan kyk weer na ``Hot Gates'' en die aktiwiteite in verband daarmee (studie-eenheid 1) om jou te help. Jy mag 'n tema van jou eie kies, of aansluit by die onderwerp van hierdie studie-eenheid of afdeling. Jy is welkom om jou poging met jou werkopdrag in te stuur. (2) Skryf 'n kort kritiese opstel (een bladsy) oor ``Die kind'' waarin jy aspekte soos herhaling, klank, beelde, ens. aanraak maar ook wys in watter konteks die gedig ontstaan het, en hoe jy dit lees met verskeie intertekste. Gee jou eie leeservaring weer, en gebruik gerus ook ander intertekste wat by jou ge-eggo het by die lees van ``Die kind''. In hierdie studie-eenheid het ons ontdek hoe 'n gedigteks werk. Ons het gekyk na verskillende moontlike definisies en besluit dat geen EEN definisie die volle omvang van wat 'n gedig is, kan verwoord nie. Taalintensiteit is aangedui as onderskeidende kenmerk van poesie, en verskillende manifes tasies hiervan (beelde, vergelykings, metafore, ens.) is bespreek. Ook 'n paar intensiverende tegnieke soos paradoks, ironie en dies meer word dikwels in poesie aangetref. Ons het ook na ``Die kind'' gekyk in die konteks van die historiese gebeure waarbinne dit ontstaan het, en na verskeie moontlike intertekste wat die betekenis daarvan verruim. 60

Studie-eenheid 4

4.11 SUMMARY
In this study unit we look at the Poetry genre and focus on Ingrid Jonker's well-known poem ``Die kind'' within the overall topic of the child in difficult socio-political circumstances. We look at the iconic status of Ingrid Jonker in Afrikaans literature and wider South African society, notably her status as a dissenting voice during the heyday of apartheid. Some `definitions' of poetry are discussed, with the conclusion that none can encapsulate the full essence of what poetry is. We also link ``Die kind'' to other texts featuring the motif of `walking' or `running' to freedom, such as Nelson Mandela's autobiography. We identify ``language intensity'' as a poetic characteristic and discuss some manifestations of this, e.g. repetition of words or syntactic structures, imagery (including simile, metaphor and symbol), sound and rhythm. Other devices pertaining to poetry (but also literature in general) are discussed with particular reference to ``Die kind''. These include animation and personification, irony, and paradox. We also look at the role of the ``speaker'' in poetry which is comparable to that of the narrator in prose fiction. Finally we read ``Die kind'' as basis text for two other contemporary Afrikaans poems (``Die kind 2'' and ``Die kind is nie dood nie''), and read it as intertext `speaking to' Afrikaans poems and other texts about the Anglo-Boer War.

61

STUDIE-EENHEID

DRAMA : Daar's vis in die punch


5.1 TITEL
Met bogenoemde titel, geleen by Jackie Nagtegaal se teks, probeer ons in hierdie laaste studie-eenheid die `leimotief' van kinders in konfliksituasies afrond. Anders as in die voorafgaande studie-eenhede, vorm 'n groot oorlog of oorloe nie die spilpunt vir studie-eenheid 5 nie. Ons beweeg tot in kontemporere Suid-Afrika, die sogenaamde ``nuwe Suid-Afrika'' waar daar eerder bestek opgeneem word van konflikte van die verlede, daar gepoog word om ou vyandskappe te beredder deur versoening, en die oorgang tot demokrasie en swart regering 'n werklikheid geword het. Die ``Nuwe SuidAfrika'' is 'n term wat in die 1990's in gebruik gekom het rondom destydse pres. F.W. de Klerk se 2 Februarie 1990 toespraak in die parlement, die ontbanning van swart leiers in gevangeneskap en ballingskap, en gesprekke en onderhandelings om 'n verkiesing moontlik te maak. Dit was 'n term met euforiese aanklank in die vroee 1990's, veral met die wonderbaarlik vreedsame oorgang na meerderheidsregering in 1994. Die realiteite van voortslepende geweld (misdaad, waaronder 'n epidemie van plaasmoorde), die VIGS-pandemie, die breinkwyn (duisende goed gekwalifiseerde professionele mense wat die land verlaat omrede die effek van regstellende aksie en misdaad); die grusaamhede wat deur die WVK aan die orde gestel is, en die moeisame blootlegging van groepsgebonde lojaliteite en magsbasisse in die proses van politieke transformasie en nasiewording in die ``Nuwe Suid-Afrika'', het dalk hierdie positiewe aanklank laat verdof. Daar is waarskynlik vandag groter realisme oor die ``vis'' wat steeds in die ``punch'' is: 'n metafoor vir die onwenslike, moeilike dinge wat steeds konflik skep in en deel is van ons lewens in 2004, na tien jaar van demokrasie. Kom ons kyk hoe hierdie realiteite in ons tekste verwoord word en in gesprek tree met mekaar binne ons huidige omstandighede. Ons fokus in hierdie studie-eenheid is die drama-genre wat ons wil bestudeer aan die hand van Pieter J. Fourie se teks, Naelstring asook 'n paar ander dramatekste wat konteks skep en as intertekste kan optree. Ons verwys ook na die ander genres (verhalende prosa en poesie) en ander tekste in die proses. Trefwoorde: Ou Suid-Afrika en Nuwe Suid-Afrika, kinders en ouers; konflik; transformasie; versoening; vryheid en liefde.

konflik

62

Studie-eenheid 5 AKTIWITEIT 5.1 Wat jy reeds weet omtrent Drama. (1) Gaan kyk weer na die uittreksel uit Kanna hy ko hystoe waarna ons verwys het in studie-eenheid 1, na genreonderskeidings in studie-eenheid 3, en na wat dramatiese ironie is (studie-eenheid 4) om jou geheue te verfris. Wat weet jy reeds alles omtrent Drama? Som dit hier op. (2) Ons het tot dusver telkens verwys na rolprente oftewel die filmmedium. Dink aan moontlike ooreenkomste en verskille tussen 'n drama wat op die verhoog opgevoer word, en enige fliek wat jy al gesien het. Wat, dink jy, kan 'n filmmaker dalk beter regkry as 'n teaterregisseur? Is daar enige pluspunte aan 'n `lewendige' opvoering?

5.2 WERKLIKHEIDSILLUSIE
Hoekom stroom mense wel na sommige verhoogproduksies soos ``Les Miserables'' terwyl daar meer as een goeie filmweergawe bestaan? Is daar `iets meer' aan vlees en bloed wat aand na aand `lewendig' hul storie moet ken, en op wie se gesigte jy as toeskouer dalk 'n sweet- of traandruppel kan sien? Daar is deesdae toenemend sprake van `werklike' naaktheid, seks en geweld op die verhoog wat waarskynlik 'n ander tipe sensasie by die toeskouer wek as die selloedweergawe! Maar ons moet 'n belangrike wesensaspek van die letterkunde in gedagte hou as ons van `werklikheid' praat. Die toeskouer weet gewoonlik dat die wereld van die drama fiktief is, maar ervaar hierdie wereld tydens 'n opvoering as aanwesig in die hier en nou. 'n Illusie van die werklikheid word dus by die gehoor geskep: hulle beleef die gebeure as iets `werkliks'. Hierdie besondere verhouding tussen gehoor en opvoering word soms 'n `kontrak' of `transaksie' genoem. Die toeskouers aanvaar wel tydelike verbrekings van hierdie `kontrak' soos wanneer daar 'n proloog is, 'n tersyde of wanneer die gehoor direk aangespreek word.

kontrak tussen dramaturg en gehoor

5.3 OPVOERINGSGERIGTHEID VAN DIE DRAMA


Dramatekste word gewoonlik, anders as verhalende prosa of poesietekste, bedoel om opgevoer te word, d.w.s. om teater te word. Ons kan onderskei tussen twee fases in die proses:
dramakommunikasie en teaterkommunikasie

. Dramakommunikasie: die dramaturg skryf die dramateks die leser lees die dramateks en vorm in sy/haar gedagtes 'n idee van die handeling. Hierdie visualisering is reeds 'n potensiele opvoering. . Teaterkommunikasie: die regisseur besluit om die dramateks op te voer, interpreteer die teks saam met akteurs en beplan hoe om dit op die verhoog gestalte te gee die gehoor kyk na die opvoering en interpreteer wat hulle sien en hoor. 63

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses Opvoeringsgerigtheid het sekere implikasies, waaronder die belangrikste is dat daar beperkings is ten opsigte van tyd en handeling. Anthony Sher (2003:16), Britse akteur en skrywer, se in hierdie verband: ``Teater is 'n moeilike dissipline. Ek het my ganse loopbaan in die teater deurgebring, maar ek het gevind dis moeiliker om 'n drama te skryf as wat ek verwag het. Jy moet al die handeling saampers in wat Shakespeare noem `the two hour traffic of the stage' ...''

5.4 HANDELING AS BASIESE ELEMENT IN DIE DRAMA


Sher noem teater `moeilik' omdat al die handeling gekondenseer of `saamgepers' moet word in kort bestek. Hiermee beklemtoon hy handeling as basiese element in die drama en teater. Die woord `drama' is juis afgelei uit die Griekse woord `dran' wat `handeling' beteken. 'n Analise van die handelingsverloop (ook genoem `plot') van die drama vorm dus 'n belangrike deel van ons bespreking van enige drama of teaterstuk.
fases in handeling

Die volgende fases of patroon word gewoonlik onderskei: . Eksposisie: die teks gee sekere gegewens in die dialoog wat die gehoor op hoogte bring van die vernaamste feite sodat hulle die gang van sake in die drama kan volg. Dit sluit dinge in wat in die verlede gebeur het en wat die hede benvloed. Soms word die eksposisie by wyse van 'n proloog gegee ('n karakter doen bv. in 'n monoloog enkele mededelings oor karakters). . Motoriese moment: dit is die oomblik wanneer die dramatiese konflik deur 'n woord of daad aan die gang gesit word. . Verwikkeling: Dit is 'n verhoging in die spanning of konflik in die drama. . Hoogtepunt/klimaks: Die spanning of konflik bereik 'n breekpunt. . Afwikkeling/ontknoping: Finale afsluiting van ``plot''. Soms word die tema hier geformuleer. AKTIWITEIT 5.2 (1) Dink aan 'n fliek soos ``Titanic'' of enige fliek wat 'n redelike storielyn het. Waar sou jy bg. fases plaas? (2) Lees Wilhelm Jordaan se koerantartikel ``Wye sepieland in Suid-Afrika, volgens resep uitgele'' in die leesbundel. Wat se Jordaan oor die struktuur (begin, middel en einde) van die deursneesepie? Wat is volgens hom die tipiese elemente in die storielyn of handelingsverloop in 'n sepie? Toets dit aan die hand van 'n sepie van jou keuse (``7delaan''?) (3) Lees ook die artikel ``Sepies snert of iets werd?'' deur Marguerite van Wyk in die leesbundel. Hierin word die gebrek aan 'n vaste beginmiddel-einde in die sepie as 'n voordeel gesien deur Danie Odendaal van ``7delaan''. Som Odendaal se argument kortliks hier op. Wat dink jy daarvan, asook Helene Truter se stelling dat 'n sepie ``nooit eindig nie''?

64

Studie-eenheid 5

5.5 TYD, PLEK, HOOFTEKS EN NEWETEKS 5.5.1 Tyd


Daar word gewoonlik onderskei tussen speeltyd en gespeelde tyd in die drama. Speeltyd is die tydsduur van die opvoering (2 of 3 ure, ens.) en gespeelde tyd is die `historiese' tyd waarin die gebeure in die drama afspeel 'n dag, of dae, of maande of jare. In die fliek ``The Return of the King'' sou die speeltyd ongeveer 3 ure wees (die tydsduur van die fliek) terwyl die gespeelde tyd die laaste weke van die stryd tussen Sauron en sy trawante teen Aragorn en sy volgelinge (insluitende Frodo en Samwise wat dan reeds in Mordor ingeglip het) uitmaak.

5.5.2 Ruimte
Daar word onderskei tussen speelruimte en gespeelde ruimte. Speelruimte is die verhoog as sodanig. Die gespeelde ruimte is die handelingsruimte wat op die verhoog voorgestel word, bv. 'n sitkamer of kantoor. So 'n gespeelde ruimte kan simboliese konnotasies kry wanneer dit aspekte van die tema reflekteer. Die gehoor/leser kan ook bewus gemaak word van ander ruimtes wat buite die verhoog bestaan deur die dialoog of neweteks.

5.5.3 Hoofteks en neweteks


Dialoog, wat uiting vind in spreekbeurte, vorm gewoonlik die hoofteks . Die neweteks is toneelaanwysings en dit speel uiteraard 'n groter rol in die lees van 'n dramateks as in die sien van 'n opvoering.

5.6 KARAKTERISERING
Lees weer wat ons met betrekkking tot karakterisering in die verhalende prosa gese het (studie-eenheid 3). In die drama kan karakterisering ook deur naamgewing (-tipering) geskied; een karakter kan 'n ander karakteriseer (maar let weer op na moontlike bymotiewe); en die toeskouer/leser kan sekere eienskappe aflei uit wat 'n karakter self se. Die verhoudings tussen karakters is belangrike wegwysers na watter rol elke karakter binne die geheel speel. Verder let ons op na tekens van groei in 'n karakter, tensy hy/sy onveranderd bly en 'n katalisator is vir verandering.
protagonis, antagonis

Dis gebruiklik om in dramateorie ook te onderskei tussen die protagonis en antagonis. Omdat drama gekenmerk word deur konflik, sal daar in terme van karakters 'n protagonis (hoofkarakter, held, stryder vir 'n saak) wees, met 'n teenstander (antagonis). In N.P. van Wyk Louw se Raka is dit maklik om te sien dat Koki die protagonis is en Raka die antagonis. Dit gaan in die drama veral om die worstelinge, gevoelens en lot van die protagonis. Die antagonis is die teenstander wat die worstelinge en krisis by die protagonis veroorsaak die ``agtervolger, bedreiger, kweller'' (Conradie 1974:24). Daar kan meer as een antagonis in 'n drama wees. In Van Wyk Louw se Germanicus vervul Piso, Livia en Tiberius almal hierdie rol. 65

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses

5.7 NAELSTRING (PIETER FOURIE) 5.7.1 Inleiding


Hierdie drama is duidelik eietyds en aktueel. 'n Vinnige deurlees van die teks lewer vir ons bekende kontemporere frases op soos ``black empowerment'', 'n verwysing na Madiba, 'n gemengde huwelik, e.d.m. Hier is sprake van 'n ou politieke bedeling, die van vryheidsvegters wat in Havana en Moskou opgelei is, van sabotasie en wit liberale; en 'n nuwe bedeling van swart maghebbers wat nie net die mag het nie, maar ook versoening as swak afmaak en aan mag vasklou: ``Nothing in this world is certain, not even power. But, if it is within your reach [...] you must grasp it, hold on to it [...] and defend it'', se dr. James Mamoleki, wat Oxford-Engels met 'n Afrika aksent praat. Watter blik op ons tyd vind ons in hierdie drama? Hoe word daar gekyk na ou vyandskappe, nuwe lojaliteite, mag en verlies van mag, versoening? Kom ons gebruik die titel as 'n sleutel.

AKTIWITEIT 5.3 (1) Waaraan (watter gewone menslike proses) laat die titel jou dink? Skryf 'n paar trefwoorde hier neer wat by jou opkom: ................................... .................................................................................................................. .................................................................................................................. (2) Sou jy uit die titel kon aflei of verwag dat hier sprake gaan wees van 'n moeder/kind-verhouding? Lees gou die Rolverdeling en kyk of jou vermoede bevestig word. (3) Lees die eerste bladsy van die dramateks. Hoe word die titel hier `geaktiveer' in die hoofteks en neweteks? (4) Lees nou die hele teks deur in een sitting. Merk al die verwysings na die naelstring in die hoofteks en neweteks. (Wat noem ons nou weer hierdie herhalingsverskynsel?) (5) Hoe ervaar Baba die naelstring aanvanklik? Wat probeer hy agtereenvolgens daarmee doen, en op watter maniere? Slaag hy in sy doel? (6) Som Vrou se gevoel oor die naelstring op. Wat se sy daaroor? (7) Coetser (2001) verwys na die verhouding tussen Vrou en Baba as 'n ``omgekeerde Oedipuskompleks''. Slaan die term na in 'n goeie woordeboek, en se dan of jy saamstem. (8) In die verbygaan: merk jy op dat die handelingsverloop (die vreemde gebeure), die sigbare en konkrete teenwoordigheid van die naelstring op die verhoog, die feit dat daar 'n `geboorte' asook 41 jaar van saambestaan in 2 of 3 uur vergestalt word dat dit alles dui op 'n drama wat `absurde' drama mag wees? Lees die kritiese artikels oor Naelstring in die leesbundel vir meer hieroor.

5.7.2 Die naelstring as simbool


Eben Cruywagen (2002:1) beskryf Naelstring as ``deurspek met simboliek''. 66

Studie-eenheid 5 Volgens hom is die naelstring 'n leimotief en die sentrale rekwisiet (wat is dit?). Die naelstring as objek, en woordelikse verwysings daarna, is 'n baie opvallende `teenwoordigheid' op die verhoog en in die teks. Daar is voortdurend interaksie daarmee van die kant van albei karakters, wat daarop dui dat dit meer as 'n rekwisiet is: dit het 'n sterk simboliese lading en is 'n belangrike wegwyser na die tema van die stuk/teks.

AKTIWITEIT 5.4 (1) Wie word verbind deur die naelstring? (2) Vir hoe lank duur die verbintenis al (hoe oud is Baba)? [Wat is die verhouding ``verteltyd'' en ``vertelde tyd'' in hierdie drama dus? Wat se dit?] (3) Baba is die produk van 'n wit ma en swart pa. Uit watter era kom die verbintenis? (Waar en wanneer, onder watter omstandighede, is Baba verwek?) (4) Watter tipe blanke (Afrikaner) verteenwoordig Vrou? Stem jy saam met Coetser dat sy nie die tipiese volksmoeder (Afrikaner-matriarg) is nie? (Sien deel 3 vir meer oor die volksmoeder-stereotipe.) (5) Hoekom pas Vrou en Baba later nie meer in Mamoleki se lewe in nie? Wat dink jy is die Nuwe Bedeling waarin hulle nie meer inpas nie? (6) Wanneer kom die finale breuk tussen Vrou en Mamoleki? (Sou jy dit die klimaks in die plot noem?) Watter veranderde siening van die naelstring bring dit teweeg by Vrou? (7) Wat gebeur as daar afstand gedoen word van die naelstring? Sou jy se albei karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe `vaardighede' uit die teks. (8) Nico Luwes (2002:1) praat van die slotsom van hierdie drama in terme van ``harmonie en 'n vredevolle afskeid van 'n traumatiese verlede''. Is daar ook (in die dood van Mamoleki) 'n suggestie van 'n simboliese afsterf van swart magsbeheptheid? (Hier is nie 'n `regte' of `verkeerde' antwoord nie. Die teks laat 'n paar moontlikhede oop.)

5.7.3 Naelstring en dramatekste van die Ou Bedeling


Dis 'n interessante oefening om na die drama Kanna hy ko hystoe (waarna ons verwys het in studie-eenheid 1) en Poppie die drama (wat dikwels op sekondere skoolvlak voorgeskryf word) te kyk as moontlike intertekste van Naelstring. Die tekste het 'n paar aspekte gemeen. In Kanna is daar ook 'n sentrale moeder/kind-verhouding, die tussen Kanna en sy ma Makiet, wat problematies is as gevolg van die politiek van die dag wat Kanna sy welsyn in die buiteland laat soek. Makiet maak voortdurend verskonings vir Kanna se afwesigheid en leef in die hoop dat hy sal terugkeer, maar hy kom nie vir sy eie suster se begrafnis nie en sterf in groot mate sy mense af. Uiteindelik kom hy vir Makiet se begrafnis, maar keer reeds die volgende dag terug ``huis toe'' (terug na die buiteland). In Poppie (gebaseer op Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena) word daar geweldige eise gestel aan Poppie as vrou en ma in 'n politieke bestel wat swart mense in tuislande plaas en d.m.v. die passtelsel hul lewens reguleer. Dis 'n stryd om die gesin bymekaar te hou en liggaam en siel 67

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses aanmekaar te hou in sulke omstandighede. Die politieke onrus in Suid-Afrika eis sy tol in Poppie se gesin en breer familie. Uiteindelik moet Poppie erken dat sake uit haar hande is en dat dit die jongmense is wat die apartheidsisteem aktief die stryd aanse: ``Dis nou oorgegee in my kinders se hande.'' Albei hierdie tekste het ontstaan en gaan oor die Ou Suid-Afrika of bedeling. In albei is gesinsbetrekkinge in bruin of swart gesinne problematies omrede die politieke, ekonomiese en maatskaplike omstandighede waarin mense van kleur hul bevind. Sentraal in elk is 'n moeder/kind(ers)-verhouding waar die ouer moet terugstaan, aanvaar dat die kind(ers) hul eie keuses maak en dat dit verwydering of gevaar inhou. In 'n sin kan ons se die `naelstring' moet noodwendig `geknip' word tussen die oue en die nuwe sodat werklike vryheid kan kom. (Sien jy 'n ooreenkoms met Naelstring in hierdie opsig?) In Kanna asook Poppie is die politieke konteks apartheid, die Ou Bedeling, terwyl Naelstring die Nuwe Bedeling as konteks het. Dit se vir ons dat die Nuwe Bedeling nie op sigself en sonder moeite enige oorgang of vryheid vir almal kan waarborg nie. Dit is steeds 'n proses wat die `afsterwe' van sekere dinge inhou. En met sterwe gaan daar gewoonlik pyn en verlies gepaard.

pyn en verlies

AKTIWITEIT 5.5 Vergelyk die slottonele van Poppie die drama (in die leesbundel afgedruk) met die van Naelstring. Watter ooreenkomste en verskille vind jy? Hoe dra die lees van literere tekste soos ``Die kind'', en agtergrondsartikels rondom apartheid, gedwonge verskuiwings, e.d.m. waarna verwys is in studieeenhede 3 en 4, by tot jou begrip van hoe Poppie eindig?

5.7.4 Drama van transformasie: Pendoring en Seun (A.S. van Straten)


Die radiodrama Pendoring en Seun (1995), wat ook soms voorgeskryf word vir sekondere skole, is geen politieke drama nie, maar gebruik die politieke realiteite van die Nuwe Bedeling as 'n soort metafoor om oor taal te praat veral oor Afrikaans. Taalstrukture of -probleme word aan die hand van frases soos ``regstellende aksie'', ``gedwonge verskuiwings'' en ``tradisionele wapens'' bespreek. Die hele kwessie van die elf landstale in die Nuwe Suid-Afrika, die rol van Engelse skole in Afrikaanssprekende leerders se lewens, en die ou-ou vrees vir `onsuiwerhede' in Afrikaans as gevolg van Engelse invloed (Anglisismes) word betrek. Dis interessant dat 'n ouer/kind-verhouding weer figureer: naas Gert en Sarie is daar nou 'n spruit, Driesie, wie se skoolloopbaan in 'n Engelse skool 'n warm twispunt tussen sy ouers word. Sarie peper Gert met geliefde Afrikaanse tekste om hom hiervan te laat afsien. Die slotsom waartoe daar gekom word, is egter (soos Poppie dit hierbo gestel het) dat dit moet `oorgaan in die kinders se hande': Driesie moet self besluit waar sy lojaliteit le. Die teks se by monde van Gert dat die eintlike gevaar vir Afrikaans in die versmorende invloed van die taalpuriste le, wie se ``vergeefse en verarmende stryd teen Engelse invloed'' Afrikaans groot skade berokken het: ``Gaan vertel dit vir die puriste. Deels deur hulle gaan ons nog in Engels treur oor Afrikaans.'' (Van Straten 1995:37, 41) Driesie se kreatiewe maar 68

Studie-eenheid 5 onkonvensionele Afrikaans hy vorm sommer spontaan trappe van vergelyking vir ``dankie'', nl. ``dankieer'' en ``dankieste''! dui egter 'n hoopvolle toekoms vir outentieke Afrikaans aan. Pendoring en Seun is 'n teks oor transformasie wat op humoristiese wyse die heilige koeie van die Ou (Taal-) bedeling ten toon stel en 'n korrektief daarop bring.

AKTIWITEIT 5.6 Vir die belangstellende student (opsioneel) Vergelyk kortliks die `politieke' verwysings na taal in Pendoring en Seun (dit sal goed wees as jy die volledige teks in die hande kan kry), met taal as metafoor vir transformasie in Naelstring. Hoe word taal in laasgenoemde byvoorbeeld beperk as gevolg van die gebrek aan vryheid by sowel Baba as Vrou?

AKTIWITEIT 5.7 (1) Lees 'n ander `transformasieteks', Marita van der Vyver se verhaal ``St. Christopher op die Parade'' (in die leesbundel). Watter era in die SuidAfrikaanse politiek word hierin betrek? Hoe oud lei jy af is die verteller? Sou mens dus kon se hier is 'n kind van die Nuwe Bedeling self `aan die woord'? (2) Is dit vir jou betekenisvol dat hierdie jeugdige verteller self 'n kind op haar skouers tel by hierdie byeenkoms op die Parade? Wie se rol in haar eie lewe (nie vervul deur haar ouers nie!) het haar polities bewus gemaak? Verklaar die afwesigheid van hierdie persoon vir jou die verteller se hartseer wat telkens deurslaan? (Hoe slaan dit deur?) (3) Verduidelik die volgende sinnetjie: ``Ek suig dankbaar aan die lemoen, dankbaar vir die soetigheid en sappigheid, dankbaar dat die vrou met my Afrikaans gepraat het.'' Wat se dit van die posisie van Afrikaans tydens die transformasie-era waarin ons nou is? (4) Vergelyk die volgende slotsinne in ``St. Christopher'' met die beeld van kinders wat ons in studie-eenhede 14 gestalte sien kry het (dit wil se in ``Thandiwe'', ``Die kind'', e.d.m.): ``Ons juig, almal van ons, ek ook. So tussen die trane deur. Ek mis my broer. En ek hoor hoe lag 'n kind hoog en helder iewers bokant my kop.'' (5) In die lig van vraag 4, wat se die gebruik van 'n Requiem, maar ook sjampanje en feesviering aan die einde van Naelstring, oor die paradoksale aard van die transformasieproses? (6) Lees nou Sonja Loots se artikel oor Antjie Krog se transformasieteks, A change of tongue, in die leesbundel. Wat, volgens Loots, spoel deur die teks ``soos die Valschrivier deur Kroonstad''? Wat se Krog se teks, volgens die artikel, oor transformasie en pyn? (7) Wat se Krog in die artikel oor Afrikaans en die feit dat sy in Engels publiseer? (8) Lees die uittreksel uit Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch (``Dis my wereld''), asook ``Daar's punch in die debat'' en ``In your face'' in die leesbundel. Wat dink jy van die sg. ``Engfrikaans'' wat deesdae algemeen is? Dink jy Brink is reg as hy Nagtegaal se taalgebruik 69

Deel 1: Teks en leser: inleiding in die literere kommunikasieproses verdedig deur die chaotiese wereld waarin jongmense deesdae leef, te skets en dan te se: ``Nou se my nou, asseblief: hoe op gods aarde kan 'n wereld soos die in algemeen-beskaafde Afrikaans weergegee word? Dit sou mos vloek teen alles wat die verhaal eintlik probeer se. Dit gaan presies daarom dat `algemeen-beskaafd' nie meer `werk' nie: al die magskuiwe en -strategiee waardeur Afrikaans algemeen-beskaafd geword het'' (Brink 2003:3)? Interessant, of hoe? Hoe voel jy oor transformasie? Veral as dit jou sport of, belangriker, jou werksvooruitsigte raak?

AKTIWITEIT 5.8 (1) Wil jy jou hand waag aan drama skryf? Dalk net 'n dialoog om mee te begin? Neem 'n onderwerp van jou keuse, hou net bogenoemde kenmerke eie aan drama in gedagte (maar ook dat dit nie `wette' is nie). Jy is welkom om bv. 'n `vervolg' op een van die tekste hierbo (d.w.s. Naelstring, Poppie die drama of Pendoring en Seun) te probeer. Ons lees ook graag wat jy geskryf het as jy dit wil indien saam met jou werkopdrag. (2) Skryf 'n samevattende opstel (een bladsy) oor Naelstring waarin jy kyk na fases in die handelingsverloop (is dit bv. moontlik om streng in terme van eksposisie, ens. te dink?), karakters, plek van handeling (waaronder die naelstring as simbool), ens. Formuleer 'n tema (wat die teks uiteindelik wil `se'). Jy kan gerus ook verwys na die rol van konteks en interteks soos ons dit in aktiwiteit 5.7 bespreek het. In hierdie studie-eenheid het ons saam gekyk na die drama-genre waarby rolprente en radiodrama (of hoorspele) inbegryp word. Ons het ondersoek ingestel na die aard van drama asook dramakonvensies, en elemente soos bv. speeltyd en gespeelde tyd gellustreer met verwysing na voorbeelde. Ons het Pieter Fourie se Naelstring aan die hand daarvan bespreek en dit verder gekoppel aan drama uit die ou bedeling in Suid-Afrika, asook transformasietekste. Verder het ons die dramatekste onder bespreking geplaas binne hul konteks deur tekste oor aktuele onderwerpe soos ``Engfrikaans'' te betrek.

5.8 SUMMARY
In this final study unit our focus was on the Drama genre. We looked at Pieter Fourie's text Naelstring within the context of transformation in South Africa since the 1990's. The dynamics of change and transition include some painful farewells to the old dispensations and a coming to terms with the new. The idea of ``fish in the punch'' summarises the paradox inherent in this situation: there is joy at the demise of the old, but there are still difficult, troublesome things in the new dispensation. We outline and explain the origin of the term ``drama'' and some of its conventions (illusion of reality, and theatre as its aim) as well as the main 70

Studie-eenheid 5 structural elements of this genre. These include action (with its 5 phases), time, place of action, and main text vis-a-vis subtext. We also look at the character dimension. These aspects are illustrated with reference to both film texts and drama texts. Naelstring itself is discussed with reference to its symbolism which includes a detailed look at the motif of the natal chord running through the text. We also read the text within the wider context of other drama texts like Kanna hy ko hystoe, Poppie die drama and Pendoring en Seun, and finally within the context of transformation in South Africa (literary as well as nonliterary texts).

5.9 SLOTWOORD OOR DEEL 1


Ons het aan die einde gekom van hierdie inleiding in die literere kommunikasieproses, ``Teks en Leser''. Ons hoop jy het die `reis' saam met ons geniet. Ons hoop ook dat die motief van die kind wat deur die hele deel 1 loop, jou genteresseer het en nuwe perspektiewe geopen het nie net op kinders en hul ervaringe nie, maar op die ganse menslike kondisie. Dit is terselfdertyd ook 'n illustrasie van hoe 'n leimotief, een van die kernbegrippe in die prosa en literatuur in die algemeen, werk. Ons wens jou 'n aangename studie van die res van hierdie gids toe.

VERWYSINGS
Carter, R. en Long, M. 1991. Teaching Literature. Essex:Longman. Cloete, T.T. (red.) 1992. Literere Terme en Teoriee. Bloemfontein:HAUM Literer. Conradie, P. 1974. Hoe om 'n drama te ontleed. (blokboek) Pretoria: Academica. Grove, A. 3de uitgawe. Letterkundige Sakwoordeboek vir Afrikaans. Kaapstad:Nasou. Malan, R. 1995. Poetry Works. Kaapstad:David Philip. Peck, J. en Coyle, M. 1993. Literary Terms and Criticism. London: Macmillan. Peet, M. en Robinson, D. 1992. Leading Questions. Advanced Level Literary Appreciation. Walton-on-Thames:Thomas Nelson and Sons. Reynolds, M. en Noakes, J. 2002. Jeanette Winterson the essential guide. (Vintage Living Texts). London:Vintage. Smuts, J. 1979. Hoe om 'n roman te ontleed. (blokboek). Pretoria: Academica. Van Coller, H. (red.) 1998. Perspektief en Profiel 1. Pretoria: J.L. van Schaik. Van Coller, H. (red.) 1999. Perspektief en Profiel 2. Pretoria: J.L. van Schaik. Van der Merwe, C. en Viljoen, H. 1998. Alkant Olifant. 'n Inleiding tot die Literatuurwetenskap. Pretoria:J.L. van Schaik Akademies. Winterson, J. 1996. Art Objects. Essays in Ecstasy and Effrontery. London: Vintage.

71

Deel

Eietydse tekste 1: saam in Afrika Erika Lemmer

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika

INHOUD Studie-eenheid
OORSIG 1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 2 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 3 3.1 3.2 3.3 3.4 3.4.1 3.4.2 3.5 4 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 5 ONTDEK `N POSTKOLONIALE KONTEKS Inleiding 'n Postkoloniale Suid-Afrika Postkolonialisme in 'n neutedop 'n Postkoloniale Afrikaanse letterkunde? Summary DIE ROL VAN TAAL IN POSTKOLONIALE GEMEENSKAPPE Inleiding ``Die skrywer'' (R. Scheepers) ``Taalles'' (J.M. Gilfillan) ``Pryslied'' (A. Krog) ``vaarwel aan Madiba'' (T. Mbeki) ``pryslied vir Modjadji'' (E. Ramaila) Selfstudie: `` 'n Kat in die sak'' (J. Goosen) ``Die beach'' (L. King) Summary POSTKOLONIALE IDENTITEIT: EK EN ANDER Inleiding ``Dom koei'' (R. Scheepers) ``Dol hond'' (E. van Heerden) Selfstudie ``Nag van twee vroue'' (P.J. Bosman) ``Benedicta'' (M. Bakkes) Summary DIE EERSTE LEWE VAN ADAMASTOR (A.P. BRINK) DEUR 'N POSTKOLONIALE BRIL Inleiding Leeswenke: raamvertelling en intertekstualiteit Hersiening: teorie en toepassing Samevatting Summary

Bladsy
75 76 76 76 79 83 84 86 86 87 89 91 93 93 94 96 96 97 99 101 101 103 103 105 105 106 108 111 111 113 113 115 116 117 118 119 120 121 122

KRONIEK UIT DIE DOOFPOT (J. MILES): 'N NARRATIEWE AANKLAG TEEN DIE OU SUID-AFRIKA 5.1 Inleiding 5.2 Waar en hoe begin ek lees? 5.2.1 Voorblad, binneblad en agterblad 5.2.2 Titel, genretipering en opdrag 5.2.3 Motto's, naamlys en inhoudsopgawe 5.3 Leimotiewe 5.4 Postkoloniaal? 5.5 Summary VERWYSINGS

74

OORSIG
Transition is the limit and the threshold: it is a border, a deep divide between two alternative modes of thinking, affecting one's self, the world, conversations, kinship and labour relations, table manners, peasant behaviour, and the words appropriate to addressing subalterns. But it can also be a wound, a deep wound, an amputation, bloodshed. [Rodriguez, I. 1994. House/garden/nation: space, gender and ethnicity in postcolonial Latin American literatures by women]. Bykans 'n dekade na die ingrypende politieke transformasieproses in SuidAfrika, word dit by die deurlees van enkele eietydse tekste weer duidelik dat literere tekste nooit in isolasie bestaan nie, maar byna sonder uitsondering ook rekenskap gee van 'n bepaalde tydsgees. In hierdie deel sal jy ontdek dat die eietydse Afrikaanse letterkunde nie los te dink is van die postkoloniale Suid-Afrikaanse konteks nie; dat dit ten nouste daarmee verweef is; dat hierdie betrokke tekste selfs 'n sinvolle bydrae kan lewer tot die aktuele gesprek rondom ``waarheid'' en ``versoening'' in Suid-Afrika. In deel 1 het jy alreeds agtergekom dat die skryf- en leesproses natuurlik self nooit neutraal is nie. Die outeur of lesers se resepsie van die Suid-Afrikaanse ``werklikheid'' word daarom noodwendig gekleur deur elkeen se eie vooroordele, kennis en kulturele identiteit. By die opstel van Saam in Afrika het ek die studiegids so probeer inklee dat elkeen die ruimte kan he om vanuit sy/haar eie verwysingsraamwerk op die tekste te reageer. Die gekose gedigte, kortverhale, asook die novelle en roman (saam met jou en my vertolkings daarvan) verteenwoordig daarom telkens net 'n bepaalde, maar ook baie eensydige perspektief op die wyer Suid-Afrikaanse sosiopolitieke landskap. Ek vertrou dat elkeen van julle by die bestudering van die voorgeskrewe tekste gestimuleer en bemagtig sal word om 'n ingeligte opinie te vorm oor jou eie status en rol in hierdie vasteland waarop ons boer. Sommige kritici beweer immers dat narratiewe vertelling 'n belangrike rol speel in die vorming van persoonlike en kollektiewe identiteit en deur dus literere tekste te lees, krities daaroor na te dink en indringende gesprek daaroor te voer, skryf jy uiteindelik saam met duisende ander aan die groter teks van jou eie verhaal. Andre P. Brink verwoord hierdie sentiment soos volg in sy roman Duiwelskloof (1998:285): ``... met die leuens van stories al die leuens, al die stories maak ons onsself soos wat die eerste mens uit die klei van die aarde gemaak is.''

75

STUDIE-EENHEID

Ontdek 'n postkoloniale konteks


1.1 INLEIDING
Die erkenning van die African National Congress (ANC) en vrylating van Nelson Mandela in 1992 het die sosiopolitieke landskap in Suid-Afrika dramaties verander. Verskillende belangegroepe het na maandelange onderhandeling in 1993 'n tussentydse grondwet aanvaar en op 27 April 1994 het die eerste demokratiese verkiesing plaasgevind: die ANC het as oorwinnaars uit die verkiesingstryd getree en die rol van bevrydingsbeweging verruil vir die van politieke party wat sedert die 1994-verkiesing alreeds vir die afgelope dekade regeer. Met die aanvaarding van Grondwet 108/1996 het Suid-Afrika dus uiteindelik postkoloniale status bereik en 'n nuwe kontrak met die internasionale gemeenskap aangegaan. Verskeie inisiatiewe deur die huidige Staatspresident, Thabo Mbeki, dui boonop daarop dat Suid-Afrika 'n leidende rol gaan speel in die voorgenome politieke en ekonomiese ontwaking van die Afrika-vasteland. AKTIWITEIT 1.1 (1) Op watter direkte of indirekte wyse is jou eie (persoonlike en professionele) lewe geraak deur al die politieke verandering in SuidAfrika? (2) Hoe beleef jy die huidige bestel? En hoe het jy oor die vorige bedeling gevoel? (3) Het jy al verhale gelees waarin die verteller of karakters se lewens benvloed is deur 'n politieke denkwyse? Maak 'n lysie van titels.

demokratiese verkiesing in 1994

1.2 'N POSTKOLONIALE SUID-AFRIKA


Saam met die verandering in Suid-Afrika het 'n stel nuwe rolspelers met nuwe idees ons leefwereld binnegekom. Daar word algemeen aanvaar dat ons tans in 'n postkoloniale era leef en konsepte soos nasiebou, ubuntu, Afrikarenaissance, regstellende aksie, WVK (Waarheid-en-Versoeningskommissie) en Nepad (New Economic Partnership for Africa's Development) het noodwendig deel van elke Suid-Afrikaner se woordeskat geword. Hieronder volg nou 'n paar aanhalings/uitsprake waarin enkele tendense van ons postkoloniale tyd weerspieel word en waaroor elkeen van julle waarskynlik 'n sterk opinie sal he: Uitspraak A Ons, die mense van Suid-Afrika, erken die ongeregtighede van die 76

postkoloniale tendense

Studie-eenheid 1 verlede, eer diegene wat vir geregtigheid en vryheid gely het, respekteer die wat ons land opgebou en ontwikkel het en glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid [Aanhef tot die Grondwet 108/1996]. Uitspraak B Dit (die Grondwet) streef na die oopmaak van deure sodat diegene wat benadeel was, hul plek in die samelewing kan opneem as gelykes met hul medemens sonder aansien van kleur, ras, geslag, ouderdom of geografiese verspreiding [Thabo Mbeki in sy bekende Ek is 'n Afrikaan-toespraak waarvan die volledige weergawe in jou leesbundel verskyn]. Uitspraak C For us to forget Europe is to suppress the conflicts that have shaped our identities; since it is too late for us to escape each other, we might instead seek to turn to our advantage the mutual interdependencies history have thrust upon us [Kwame Appiah, Afrika-filosoof]. Uitspraak D En ek dink dat ons veral bemoediging moet put uit die wete dat ons klaar in Afrika is, dat ons geseen is met 'n ratse Afrikataal, dat ons swart mede-Afrikane ons as Afrikane beskou, en dat hulle net een ding van ons vra: en dit is identifisering met die mense van Afrika, die gemeenskap van Afrika en die stryd van Afrika [Etienne van Heerden, Afrikaanse skrywer]. Uitspraak E Ons weet nie wie hierdie groepsdier ``die Afrikaner'' is nie. Vir ons is om Afrikaner te wees of Afrikaans as moedertaal te he nie 'n fataliteit of 'n kondisionering nie; dis 'n self bepalende, ondersoekende, bevraagtekenende, veelkleurige en oop verbasteringsproses wat groei uit baie wortels. En ons is trots op ons spesifiteite en vermoens. Maar ons is ook Suid-Afrikaners en Afrikane. Want om Afrikaner te wees is geen smet nie [.....] En tussen hierdie ``onse'' is daar bruin en bleek, kommuniste en Boere en boere en bittereinders en liberale, Dakar-pelgrims en agnostici en Boeddhiste en afvalliges en wederstrewiges en skrumskakels en alkoholiste en kerkmuise en kultuurkokkerotte en moffies en mekennieks en vissermanne sonder kwotas en vorige grensvegters en boepbewoners en gesellinne en filosowe en koffiedrinkers kortom, daardie ruie en lewenskragtige verskeidenheid onafhanklikes wat met reg daarop aanspraak kan maak dat hulle die ``meerderheid'' Afrikaners is [Breytenbach, Brink, Coetzee en Slabbert in 'n brief aan Die Burger]. AKTIWITEIT 1.2 Lees die bostaande uitsprake noukeurig deur en maak aantekeninge in die kantlyn van jou antwoorde op die volgende vrae: (1) Na watter ``ongeregtighede'' word daar in Uitspraak A verwys? Hoe, dink jy, sal/kan hierdie ``ongeregtighede'' waarna daar verwys word, reggestel word? 77

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika (2) Beskou jy jouself as deel van die ``ons'' in Uitspraak A? (3) Wie is die ``benadeeldes'' in Uitspraak B? Sou jy hulle in verband kon bring met die slagoffers van die ongeregtighede waarna daar in A verwys word? Is jy een van hierdie benadeeldes? (4) Beteken die feit dat almal gelyk is dat daar geen verskille tussen mense is nie? (5) Watter woorde word in C gebruik om die historiese band met Europa aan te toon? Wil die spreker daardie band misken / erken? Is dit korrek om te se dat die spreker in C nie van Europa is nie en dat hier 'n ons teenoor hulle-situasie ontstaan? (6) Hoe, beweer die skrywer in C, is sy identiteit gevorm? Watter invloede het 'n rol gespeel in die vorming van jou identiteit? (7) Dink jy dat die ``ratse Afrikataal'' waarmee die ``ons'' in D geseen is, na Afrikaans verwys? Dink jy aan Afrikaans as 'n taal van Europa, van Afrika of van beide? Hoe voel jy oor die status van Afrikaans in die nuwe bestel? (8) Wat vra die swart mede-Afrikane van die ``ons'' in D? (9) Wat bedoel die sprekers in E as hulle beweer dat Afrikaner-wees 'n ``selfbepalende proses'' is? (10) Beskou jy jouself as 'n Afrikaner, Suid-Afrikaner of Afrikaan? Of dalk al drie? Aanvaar jy dat daar geen vasgestelde definisie van hierdie kategoriee is nie, maar dat ons self inhoud daaraan gee? Vergelyk weer die aanhaling van Brink in die oorsig aan die begin van hierdie deel wat daarop neerkom dat ons onsself ``maak'' uit die narratiewe wat ons vertel. Sonder dat jy dit eintlik besef, het jy nou deur die beantwoording van vrae in hierdie aktiwiteit die essensie of gees van postkolonialisme ontdek. Ons probeer gedurig sin maak van die wereld rondom ons, maar om sekere ervarings te beskryf, is 'n bepaalde woordeskat nodig. Die uitsprake, vrae (en jou antwoorde) in Aktiwiteit 1.2 bevat sleutelwoorde en -konsepte waarvan jy uit eie ondervinding kennis dra. Al hierdie woorde en idees vorm uiteindelik saam deel van die groter gesprek rondom postkolonialisme. Hieronder volg 'n tabel met verskeie sulke sleutelwoorde asook die Engelse vertalings daarvan in hakies. Afrika-renaissance (African renaissance); Afrika-waardes (African values); Afrikanisering (Africanisation); apartheid; agtergeblewenes (deprived, disadvantaged); bemagtiging (empowerment); benadeeldes/gemarginaliseerdes (marginalised); bevryding (liberation); demokrasie (democracy); ek/ander (self/other); etnisiteit (ethnicity); gelykheid (equality); geslag (gender); geskiedenis (history); heterogeen (heterogeneous); hegemonie (hegemony); identiteit (identity); konteks (context); kolonialisme of kolonisasie (colonialism); mag (power); menseregte (human rights); multikultureel (multicultural); nasie (nation); nasiebou (nation building); nasionalisme (nationalism); onderdrukking (oppression); ons/hulle (us/them); oorgang (transition); oorheersing (domination); people; plek (place); ras (race); regstellende aksie (affirmative action); stemloos (voiceless/disenfranchised); taal (language); transformasie (transformation); ubuntu; vermenging of hibriditeit (hybridity); verset (resistance).

essensie van postkolonialisme

sleutelkonsepte (key concepts)

78

Studie-eenheid 1 Al die woorde en idees hierbo beteken natuurlik verskillende dinge vir verskillende mense: as jy deur 'n blou bril kyk, is die werklikheid immers ook blou. Ek glo egter dat elkeen van julle 'n goeie idee het van die gangbare (d.w.s. algemene) betekenisse van die woorde in hierdie tabel. As jy twyfel oor 'n sekere betekenis, moet jy asseblief 'n verklarende woordeboek raadpleeg. Jy hoef nie vir hierdie kursus kennis te dra van al die ingewikkelde debatte rondom elkeen van hierdie terme nie. Ek wil jou bloot bewus maak van 'n nuwe konteks of paradigma (paradigm) wat nie net 'n enorme invloed op die produksie van literere tekste het nie, maar alle aspekte van die Suid Afrikaanse samelewing raak. Die kennis wat dus in hierdie deel verwerf word, kan met groot vrug in jou ander kursusse en daaglikse gesprekke aangewend word.

raadpleeg verklarende woordeboek

nuwe konteks

1.3 POSTKOLONIALISME IN 'N NEUTEDOP


Europa en voormalige kolonies

Postkolonialisme het aanvanklik ontstaan as 'n teorie waarin die verhouding tussen voormalige kolonies van Europa en die res van die internasionale gemeenskap ondersoek is, maar kritici soos Oyegoke (1998:9) ontken dat dit net 'n teorie is: ``Postcoloniality is not only a theory, but a fact of literature and culture''.

AKTIWITEIT 1.3 (1) Hoe goed ken jy die vasteland waarop ons woon? Probeer om die name van alle state op die kaart (p. 80) in te vul. Raadpleeg 'n atlas waar jy vasbrand. (2) Toon die name van Europese koloniseerder(s) by voormalige kolonies aan. Om die aktiwiteit suksesvol te kan voltooi, sal jy selfstandige navorsing oor die sogenaamde scramble for Africa moet onderneem. Het jy byvoorbeeld al voorheen gehoor van die Britte se imperialistiese droom om 'n Empire te skep wat dwarsoor die kontinent van Afrika sou strek (Cape to Cairo)? (3) Lees die gedig ``Kartografies, my seun'' (De Waal Venter) in u leesbundel: (a) Stem u saam met die onderstaande verduideliking?: Die wyse waarop Afrika deur die eeue heen kartografies (d.w.s. op kaarte) voorgestel is, word in die gedig ondersoek. Aanvanklik word die wereld deur Westerlinge uitgebeeld asof dit net bestaan uit lande wat grens aan die Middellandse See, maar soos wat die Europese ontdekkingsreisigers al hoe verder suid vaar, ``teken hulle die vorm van die wereld beter ... tot jy om die fyn draai van die Kaap kom''. In strofe 3 word aangevoer dat hulle (die koloniseerders) al hoe ``beter teken'' soos wat hulle nuwe grondgebiede verower en die suidpunt van Afrika ``heel onder bevrug''. (b) Hoe vertolk u die slotwoorde van die gedig: `` 'n nuwe wereld kom gevorm uit ons gebeente''? Verwys dit miskien na die bloedige konflik tussen die Europese koloniseerders en mense van Afrika? Dink u nie die breer implikasie is miskien dat die vorming 79

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika

Helaas, my mooi kaart wys van mense min. [Uit ``Afrika'': Johann Lodewyk Marais]

80

Studie-eenheid 1 van enige ``nuwe wereld'' noodwendig slagoffers of ``gebeentes'' agterlaat nie? (4) Bestudeer voorlopig die afbeelding van 'n fiktiewe kaart in Hoofstuk 9 van Die eerste lewe van Adamastor (1988). Dit is, volgens die hoofstuktitel, 'n poging om op 'n moderne kaart die roete aan te toon wat die Khoi-stam onder leiding van T'Kama gevolg het nadat hulle deur die Europeers uit Algoabaai weggedryf is.
geskiedenis van Afrika: kolonisasie en bevryding

Uit die navorsing vir aktiwiteit 1.3 weet jy nou dat die geskiedenis van Afrika oorwegend 'n geskiedenis van kolonisasie en bevryding was. Ashcroft & Tiffin (1989:i) meen trouens dat meer as driekwart van die wereldbevolking op een of ander wyse deur die ervaring van kolonialisme geraak is: dit moes daarom noodwendig 'n geweldige impak op die geesteslewe van gemeenskappe gehad het. Die term postkoloniaal word nie deur alle kritici op dieselfde manier gebruik nie. Sommige vertolk die voorvoegsel post- in postkoloniaal asof dit slegs verwys na daardie periode nadat die politieke verdrukking beeindig is. Ander meen weer dat post- beteken as gevolg van kolonialisme (of apartheid). Laasgenoemde verduideliking, soos aangehang deur Ashcroft & Tiffin (1989:2), word vir doeleides van ons bespreking in deel 2 aanvaar: alle kultuurprodukte of tekste wat dan blyke daarvan gee dat dit deur kolonialisme (of enige ander vorm van politieke onderdrukking) benvloed is, kan as postkoloniaal beskou word. Postkolonialiteit het dus betrekking op alle gemeenskappe wat benadeel is / word deur politieke ideologiee soos apartheid en kolonialisme. Daarom kan ons se dat Suid-Afrika 'n postkoloniale gemeenskap is. 'n Ander tipe onderskeid wat soms gemaak word, is die wat in studie-eenheid 4 van deel 5 (Nederlands vir Suid-Afrika) aangetref word. Daar verwys koloniale letterkunde na tekste waarin die perspektiewe van die maghebber voorop staan, terwyl postkoloniale letterkunde weer spesifiek fokus op die situasie van die onderdrukte. Al die voorgeskrewe tekste in deel 2 kwalifiseer egter ook volgens die definisie in deel 4 as postkoloniale literatuur.

die term postkoloniaal: Suid-Afrika?

identiteit: Ek en Ander

Van der Merwe en Viljoen (1998:169) identifiseer die vraag na identiteit (subjekposisie) as een van die sentrale vrae van die postkolonialisme: Wie is ek? Die Ek/Self (wat gewoonlik die manlike Westerse Ek / maghebber / koloniseerder was) het homself altyd gedisassosieer van die Ander (nieWesterling/gekoloniseerde). Die verhouding tussen Ek/Self en Ander het aanleiding gegee tot 'n stelsel van opposisies (d.w.s. teenoorgesteldes) waarmee die Ek altyd sy superioriteit in stand gehou het ten koste van die Ander. AKTIWITEIT 1.4 Voltooi die tabel hieronder deur telkens die ontbrekende gedeelte van die opposisiepare of teenoorgesteldes (bv beskaafd x barbaars) in te vul:

81

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika Ek wit goed beskaafd manlik kultuur sentrum skrif individu kennis 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 Ander Afrika barbaars minderwaardig natuur periferie, rand of uithoek oraliteit of mondelinge tradisie onkunde

Sien jy nou dat die opposisies wat geskep word 'n reeks ``positiewe'' eienskappe toedig aan die Ek (aan die linkerkant van die tabel), terwyl die Ander deurentyd geassosieer word met die ``negatiewe'' begrippe aan die regterkant van die tabel?

marginalisering van nieWesterse norme

Hierdie meerderwaardige Ek of koloniseerder het outomaties aanvaar dat sy taal en Westerse manier van dink en doen die enigste aanvaarbare norm was; dat dit universeel was; dat alle ander denkwyses minderwaardig daaraan was. In die proses is alles wat nie Westers van oorsprong was nie, uit die sentrum (van mag en kennis) weggehou en sodoende gemarginaliseer, stilgemaak of uitgeskuif na die periferie of rand. So is die Ander (nie-Westerling) asook diegene wat nie in die heteroseksuele manlike Ek se denkpatroon ingepas het nie, onderdruk en in 'n onderdanige posisie gehou. Vergelyk hier byvoorbeeld ook die posisie van vrouens en homoseksuele persone as onderdrukte minderheidsgroepe (Ander). AKTIWITEIT 1.5 (1) Was jy al die slagoffer van 'n soortgelyke proses? Hoe het jy dit verwerk? (2) Dink jy die nuwe sisteem het ook die potensiaal om mense te marginaliseer? Verduidelik. Sodra die Ander dan uiteindelik van politieke, ekonomiese en kulturele oorheersing bevry word, word daardie histories-benadeelde subjekte (mense) asook hulle taal, kultuur, waardes en tekste deur die nuwe stelsel bevoorgrond of bemagtig: die populere idee van die Afrika-renaissance sluit sterk hierby aan (renaissance beteken ontwaking). Die stemlose Ander kry dus 'n stem en ``to decolonise the mind'' (aldus Ngugi) word die hoofagenda. Maar, postkolonialiteit is selde 'n eensydige proses en die wedersydse invloed tussen Europa en Afrika gee aanleiding tot 'n proses van hibridisering waar die inheemse tradisies (van byvoorbeeld Afrika) met die erflatings van die koloniseerder (gewoonlik die Weste) saamsmelt om 'n

bemagtiging van stemloses

hibridisering

82

Studie-eenheid 1 unieke postkoloniale produk te vorm. Griffiths & Tiffin (1995:183) beskryf die proses van vermenging soos volg: The transaction of the post-colonial world, however, is not a oneway process in which oppression obliterates the oppressed or the coloniser silences the colonised in absolute terms. In practice, it stresses the mutuality of the process. It lays emphasis on the survival even under the most potent oppression of the distinctive aspects of the culture of the oppressed, and shows how these become an integral part of the new formations which arise from the clash of cultures.
kernbeginsels

Wat is vir ons doeleindes dan die belangrikste inleidende aspekte van 'n postkoloniale benadering? Die volgende kernbeginsels kan onderskei word: . om stemloses, wat onderdruk was tydens apartheid / kolonisasie, te bemagtig; . om die rol van taal (skrif en oraliteit) na te gaan; . om te herbesin oor identiteit en plek; . om die geskiedenis te herskryf vanuit die Ander se perspektief; . om ander kulture te respekteer; . om die kwessie van hibriditeit of vermenging (Afrika met Europa) te ondersoek.

1.4 'N POSTKOLONIALE AFRIKAANSE LETTERKUNDE?


wisselwerking tussen teks en konteks

In die voorafgaande afdelings het jy 'n aantal denkpatrone teegekom wat tans in Suid-Afrika aan die orde van die dag is. Jy het alreeds in deel 1 ('n Inleiding tot die literere kommunikasieproses: teks en leser) geleer dat teks en konteks in voortdurende wisselwerking met mekaar verkeer. Die Afrikaanse letterkunde was volgens Roos (1996:8) nog altyd ``hartstogtelik betrokke by die aktualiteit, by die land se verlede, sy hede en sy toekomstige geskiedenis''. Dit is dus noodsaaklik dat jy die huidige konteks van 'n multikulturele en postkoloniale Suid-Afrika moet kan beskryf, aangesien die eietydse litere re teks meermale met een of ander aspek van postkolonialiteit worstel. Postkoloniale literatuur word by uitstek geken aan die etiese vraagstukke wat daarin aan die bod kom. Die moontlikheid word deur Van Niekerk (1998:5) geopper dat die Afrikaanse literatuur as 'n brug tussen die Weste en Afrika kan dien, terwyl iemand soos Van Heerden (1992:9) weer meen dat die Afrikaanse letterkunde eintlik tot die Afrikaliteratuur gereken behoort te word. Brink (1992:8) bevestig in Op pad na 2000: Afrikaans in 'n (post)koloniale situasie (vervat in jou leesbundel) dat ``die literatuur nooit in 'n lugleegte bestaan nie, maar in intensiewe wisselwerking met sy hele konteks''. Hy voer aan dat die Afrikaanse literatuur na die bevryding van die Engelse en Nederlandse koloniale meesters self 'n nuwe uiting van rassisme geword het. Hy sonder die volgende momente uit in die dekolonisering van die Afrikaanse letterkunde: . minder suksesvolle pogings deur skrywers soos Mikro, Venter en 'n vroee Elsa Joubert om die Ander te beskryf; . die toe-eiening van Afrikaans deur bruin mense soos Petersen en Small en 'n groep struggle-digters wat as 't ware van hulle eie taal ``beroof'' is; 83

Afrikaanse letterkunde brug tussen Afrika en Europa

dekolonisering van letterkunde

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika . 'n fase waarin skrywers soos Van Heerden, Goosen, Scheepers en Huismans vanuit 'n posisie van sosiopolitieke bevoorregting empatie (d.w.s. meegevoel) met die gekoloniseerde/Ander vertoon het.
postkoloniale tendense

Die betoog word afgesluit met enkele voorspellings oor die rigting waarin die Afrikaanse letterkunde op pad na 2000 moontlik kan beweeg: . 'n herwaardering van die gegewe Ek/Ander en 'n groter besef van SuidAfrikaansheid; . die soeke na wortels en beginpunte; . 'n herskrywing van die geskiedenis in fiksie; . 'n vervaging van grense tussen genres (roman, outobiografie, biografie, ens.) . 'n bevoorgronding van feministiese beskouings en praktyke; . 'n groter oopheid vir die wisselwerking tussen teks en konteks.

AKTIWITEIT 1.6 (1) Ondersteun jy, met jou basiese kennis van die postkolonialisme, die stelling dat literere tekste wat een of meer van hierdie bogenoemde kenmerke vertoon, as postkoloniale literatuur bestempel sou kon word? (2) Dink goed na oor die volgende sleutelvraag: Vertoon jou voorgeskrewe werke ook van die bovermelde postkoloniale eienskappe? Sal jy die aspekte by elke teks kan identifiseer en beredeneer? (3) Sosiale kontekste benvloed literere tekste. Dink jy die omgekeerde is ook waar? Meen jy dat letterkundetekste ook 'n verandering aan 'n bepaalde konteks kan teweegbring? Enigeen wat vertroud is met eietydse Afrikaanse publikasies van die afgelope vyftien na twintig jaar, sal dadelik besef dat Brink se voorspelling in baie opsigte bewaarheid is; dat daar op die vlak van die Afrikaanse literatuur amper ook 'n soort Waarheid-en-Versoeningskommissie in die kleine voltrek is wat momentum verleen aan 'n dekoloniseringsproses in die Afrikaanse letterkunde. Die afsonderlike beginsels wat in hierdie studie-eenheid bespreek is (en elkeen op 'n unieke wyse beslag kry in jou voorgeskrewe tekste) sal nou in Studie-eenhede 2 tot 5 effens uitgebrei word. Postkolonialisme as teorie is natuurlik oneindig meer kompleks as wat hier voorgegee word, maar ek wou jou graag op 'n elementere vlak bekendstel aan'n paar sleutelbeginsels wat die gees van postkolonialiteit reflekteer. Die sleutelbegrippe en kernbeginsels is die gereedskap wat jy sal benodig om dit wat jy in eietydse tekste aanvoel en raaklees, wetenskaplik te kan beskryf.

gereedskap vir beskrywing van tekste

1.5 SUMMARY
For our elementary purposes, the term postcolonial can be applied to all cultural expressions (in particular Afrikaans literary texts) that display traces of an oppressive political system (e.g. imperialism and apartheid). Postcolonial theory revisits the relationship between Self (white/heterosexual/male/Europe) and Other (black/homosexual/female/Africa) and criti84

Studie-eenheid 1 cises the process whereby the Self universalised all Western values to the exclusion of anything else, thereby reducing the Other to an inferior position. Typical postcolonial texts therefore display one or several of the following characteristics: . a critique of the oppressiveness of a political system . an attempt to empower the voiceless . an investigation into the role of language (writing/orality) as instrument of cultural oppression . a revisitation of the relationship Self/Other . an examination of the links between identity and place . a dialogue with history, written from the ``other'' perspective . a sensitivity towards different cultures . an acknowledgment of hybridity Your prescribed literary texts (discussed in Study Units 2 to 5) fall well within the parameters of postcolonial literature and your main challenge in Section 2 (Saam in Afrika) would be to recognise and debate this particular overlap between text and political context. The two novels are both available in English translation and where possible, I have included book reviews in English to assist foreign language speakers.

85

STUDIE-EENHEID

Die rol van taal in postkoloniale gemeenskappe


2.1 INLEIDING
onderdrukking van tale lei tot verwerping of toeeiening van maghebber se taal

Taal word deur postkoloniale kritici bestempel as een van die magtigste instrumente van kulturele beheer. Politieke beheer gaan gewoonlik hand aan hand met die onderdrukking van politieke minderheidsgroepe se tale. Die uiteenlopende reaksies van sulke groepe hierop is gewoonlik: (a) totale verwerping van die maghebber se taal en weiering om in enige ander taal as 'n inheemse taal te kommunikeer; of (b) toe-eiening van die maghebber se taal deur dit op 'n unieke wyse aan te pas vergelyk byvoorbeeld die sogenaamde english in plaas van die standaardweergawe van Engels wat in sekere voormalige kolonies van die Britse Ryk gepraat word. Net so het die bevoordeling van Engels en Afrikaans in die vorige bedeling baie keer geskied ten koste van al die ander inheemse Afrikatale. Die heersende party het dan boonop sy taal as die standaardtaal gestel waarteen alle ander variante gemeet word: 'n goeie voorbeeld hiervan is die wyse waarop die eiesoortige Afrikaans (of in postkoloniale terme afrikaans) wat deur swart en bruin mense gepraat is, vroeer as minderwaardig, onsuiwer en selfs foutief bestempel is.

nuwe postkoloniale Grondwet bevorder meertaligheid

Anders as in die vorige bestel, waar Afrikaans en Engels die enigste amptelike tale was, maak Artikel 6 van die nuwe Grondwet 108/1996 nou voorsiening vir die erkenning van elf amptelike tale, naamlik: Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu. Die bevordering van inheemse tale wat vanwee historiese redes 'n minderwaardige status beklee het, word as 'n (postkoloniale) doelwit gestel en PANSAT (Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad) word as waghond aangestel om toesig te hou oor die bevordering, ontwikkeling en gebruik van alle amptelike tale, die Khoi-, Nama- en Santale asook gebaretaal (d.w.s. die taal van dowes). PANSAT moet voorts ook respek bevorder vir alle ander tale wat deur minderheidsgroepe in SuidAfrika gepraat word, maar wat nie ampstaalstatus beklee nie. Om dus te kan praat, lees en skryf in 'n taal wat erkenning geniet, bemagtig mense. Die grondwetlike taalreeling verseker nou ten minste dat die tale wat deur almal in Suid-Afrika gepraat word 'n mate van beskerming geniet, maar 'n skokkende getal mense het nog steeds nie die vaardighede om eers in hulle eie taal te lees en skryf nie.

taal bemagtig mense

86

Studie-eenheid 2 AKTIWITEIT 2.1 (1) Wat is jou opinie oor die huidige taalopset (en spesifiek die status van Afrikaans) in die postkoloniale Suid-Afrika? (2) Dink jy Afrikaans het gedurende die afgelope dekade daarin geslaag om die eertydse etiket van onderdrukkerstaal af te skud? Beskou jy Engels as 'n verdrukkerstaal? (3) Wat dink jy van die stelling dat Suid-Afrikaners 'n generasie van tweedetaalsprekers geword het? (4) Glo jy in moedertaalonderrig? Motiveer jou antwoord. (5) Wat noem ons iemand wat nie in sy/haar eie taal kan lees of skryf nie? (6) Knip 'n artikel of berig uit waar die ongeletterdheidsprobleem in SuidAfrika bespreek word.

2.2 ``DIE SKRYWER'' (R. SCHEEPERS)


Ek het besluit om die kortverhaal voor te skryf omdat dit 'n aantal aktuele kwessies aanspreek wat tipiese temas is van postkoloniale literatuur. Die onmag van 'n ongeletterde in 'n samelewing waar skrif die botoon voer, word onder andere hier ondersoek.

AKTIWITEIT 2.2 Lees die kortverhaal ``Die skrywer'' in jou leesbundel. Probeer om heeltyd die teorie oor postkoloniale literatuur toe te pas: die onderstaande vrae sal aan jou die nodige leidrade verskaf. (1) Hoe sluit die inligting, wat jy in die vorige aktiwiteit oor ongeletterdheid versamel het, aan by die kortverhaal? (2) Wat is die hoofrede vir die vrou se besluit om 'n brief te skryf? (3) Woon die skrywer-karakter in die verhaal en die vrou op dieselfde plek? (4) Stem jy saam met die stelling dat die man se houding teenoor die ongeletterde vrou meerderwaardig is? Indien wel, maak 'n lys van al sy handelinge waaruit hierdie meerderwaardigheid blyk. (5) Hoe tree die vrou op haar beurt teenoor die skrywer op? (6) Vertaal die volgende woorde: mkenkes, madumbes, Isangoma, muti. (7) Watter afleiding kan jy maak uit die foto wat haar man saamgestuur het? Waarom het sy die foto weggesteek? (8) Waaruit kan jy alles aflei dat die vrou nog streng tradisievas leef? (9) Maak 'n lys van dinge wat aantoon hoe arm die gesin is. (10) Waaruit blyk die vrou se onkunde oor die formele konvensies van briefskrywery? (11) Wat impliseer die slotreel ``Ek het geskryf wat ek moet''? (12) Skryf 'n brief soos die vrou dit sou geskryf het as sy wel kon skryf. Hoekom verdraai sy die feite? (13) Daar is verskeie aanduidings in die verhaal dat die skrywer nie die vrou se boodskap korrek weergegee het nie. Stem jy saam? 87

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika (14) Skryf nou die brief soos wat jy meen die skrywer in die verhaal dit uiteindelik wel geskryf het. (15) Hoe verbind jy die verhaal met die postkolonialisme? Hoekom lees ons die verhaal as 'n voorbeeld van postkoloniale letter kunde? Sekerlik ten eerste omdat die tema van die verhaal, naamlik die van ongeletterdheid, 'n tipiese probleem is in gemeenskappe waar alle individue nie altyd gelyke voorregte gehad het nie (en eintlik nog steeds nie het nie). Die magsverhouding tussen geletterde (die manlike skrywer wat in die sentrum van kennis woon) en ongeletterde (die armoedige swart vrou uit die binneland) vorm die kern van die verhaal. Vele vrouens het, soos die karakter, nooit die geleentheid of fondse gehad om skole by te woon nie en is daardeur ontneem van 'n geleentheid om self te werk: hulle was dus van hulle mans afhanklik vir geld en is daardeur ewig in 'n minderwaardige posisie vasgevang. Deel 3 (Mans kom van Mars, vrouens van Venus) van hierdie gids handel juis oor sulke genderkwessies. Die vrou (ma van Thokozani) se man werk elders by die steengroewe en uit die foto wat hy saam met die geld huis toe gestuur het, is dit duidelik dat hy alreeds baie verwesters het. Sy steek selfs die foto weg omdat sy daaruit kan sien hoe hy wegdryf van die stamtradisie op die platteland. Wanneer die geld van sy kant af begin opdroog, wil sy by die kliniek 'n saamrygeleentheid van die wit mense vra om hom te gaan opsoek, maar ``sy kon nie die taal verstaan wat hulle met die suster gepraat het nie''. Sy is dus stemloos. 'n Wit man by die poskantoor waar sy elke keer so hoopvol opdaag, stel uiteindelik voor dat sy 'n brief moet skryf en sy gebruik haar laaste geld om na die ``groot dorp'' te loop om 'n skrywer in diens te neem. Maar omdat sy ongeletterd is en nie self die finale inhoud van die brief kan kontroleer nie, word haar boodskap deur die skrywer gemanipuleer deurdat hy eintlik presies die teenoorgestelde skryf as wat die vrou aan hom dikteer. Sy is ook nie in staat om te bereken hoeveel geld sy hom aanbied nie en verlaat haar ook daarmee geheel en al op sy integriteit. Haar ongeletterdheid maak haar dus 'n sagte teiken vir uitbuiting of eksploitasie.

magsverhouding tussen geletterde en ongeletterde as postkoloniale tema

verwestering teenoor tradisievastheid

ongeletterdheid maak haar 'n teiken vir uitbuiting

AKTIWITEIT 2.3 Die bevoorgronding van die Ander/stemlose(s) is in die vorige studieeenheid aangetoon as een van die kenmerke van eietydse Afrikaanse postkoloniale fiksie. (1) Hoekom kan ons, in postkoloniale terme, na hierdie ongeletterde vrou verwys as die Ander? (2) Word die vrou/Ander hier met meegevoel uitgebeeld? Motiveer. (3) Dink jy die konteks van ongeletterdheid en armoede word suksesvol in die teks weergegee? Hoekom se jy so? (4) Dink jy die skrywer-karakter het korrek opgetree deur die vrou se boodskap te verdraai? Sou jy dalk dieselfde gedoen het?

88

Studie-eenheid 2

2.3 ``TAALLES'' (J.M. GILFILLAN)


In die vorige kortverhaal het jy kennis gemaak met 'n verhaalkarakter wat nie self kon lees of skryf nie, maar iemand anders moes betaal om 'n brief namens haar te skryf. In ``Taalles'' (Gilfillan) verander die situasie ietwat en tref ons 'n karakter aan wat Afrikaans as verpligte deel van sy graadkursus moet voltooi hy kan dit wel praat en skryf, maar beleef buitengewone frustrasie omdat hy nie al sy gevoelens en drome in die vreemde taal kan verwoord nie. Sy onvermoe om alles wat hy dink op papier te verwoord, laat hom soos 'n onbeholpe kind voel.

onvermoe om gevoelens in vreemde taal te verwoord

AKTIWITEIT 2.4 Lees ``Taalles'' (Gilfillan) in jou leesbundel deeglik deur en probeer om die onderstaande vrae te beantwoord: (1) Omskryf die verhouding tussen die wit onderwyseres en haar swart leerlinge. (2) Na watter taalles word daar in die titel verwys? Gaan dit hier miskien oor meer as net die les oor oorganklike werkwoorde? (3) Slaag die onderwyseres daarin om die studente te bereik? Waarom nie? (4) Wat is volgens Ngwenya twee van die grootste foute wat die onderwyseres maak? (5) Ngwenya maak op sy beurt ook sekere aannames oor die onderwyseres. Maak 'n lysie en dink na oor die geldigheid daarvan. (6) Presies waarom is Ngwenya so gefrustreerd? (7) Hoe sou sy opstel gelyk het indien hy die volledige woordeskat gehad het om sy droomvakansie in Standaardafrikaans te kon beskryf? Skryf 'n kort weergawe van sy denkbeeldige vakansie aan die Noordkus in die spasie hieronder. As jy nie 'n moedertaalspreker van Afrikaans is nie, kan jy gerus die opstel in jou eie moedertaal skryf. My vakansie ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ 89

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ ................................................................................................................ (9) Die opstel wat uiteindelik deur Alfred Ngwenya ingehandig word, word hieronder afgedruk. Verbeel jouself dat jy die onderwyseres is en bring kommentaar en verbeterings t.o.v. Standaardafrikaans aan. Jy kan sommer in die oop spasies aantekeninge maak. My vakansie Ek het na my oupa se plaas gegaan. Ek het by die trein gegaan. Want ek was daar ek het na die rivier toe gegaan. Ek het na die rivier geswem. Ek het met my oupa se kinders gesels. Sondag het ons baie vleis van skape geet omdat daar was 'n braai in die middag. My oupa het my 'n goed present gegee en dit was 'n nuwe hemp. Dit was 'n mooi vakansie.

(10) Stem die opstel wat hy inhandig ooreen met sy werklike vakansie? (11) Beskou jy die Afrikaans van Ngwenya as foutief of minderwaardig? Of is dit bloot 'n ander varieteit van Afrikaans? Beredeneer. (12) Hoekom wil hy so bitter graag 'n pryslied of 'n psalm gaan lees nadat die les verby is? (13) Wat bedoel die karakter wanneer hy se: ``Dit sal die sonde van die taal van my afwas''? (14) Watter inligting in die teks kan jy gebruik om te motiveer dat Ngwenya met die postkoloniale term die Ander beskryf kan word? (15) Beskryf die situasie van Ngwenya se familie op die plaas. Hoe sluit dit aan by die diskoers (d.w.s. gesprek) oor postkolonialisme? (16) Kan jy met die karakter van Ngwenya identifiseer? Was jy al self ooit in 'n situasie waar jou onvermoe om jouself behoorlik uit te druk in 'n sekere taal jou wesenlik benadeel het? Hoe het dit jou laat voel? Voel jy daarenteen bevry wanneer jy sake in jou moedertaal kan beskryf? (17) Stem jy saam dat taal mense kan bemagtig? Stem jy ook saam met die stelling dat taal gebruik kan word om mense te onderdruk/in onderdanige posisies te hou? (18) Watter taalles het jy uit die verhaal geleer?

90

Studie-eenheid 2 Terwyl jy die vrae hierbo beantwoord het, het jy sekerlik weer sterk onder die indruk gekom van die belangrike en komplekse rol wat taal in ons lewens speel. Alfred Ngwenya is 'n slim student wat onderskeidings vir al sy vakke behaal, maar kleitrap met die taal wat 'n graadvereiste is. Dit benvloed nie alleen sy selfbeeld nadelig nie, maar kleur uiteraard ook die onderwyseres se persepsie van hom as student (meen hy). Hy neem eenvoudig aan dat sy geen belangstelling in hom as persoon het nie en dat hy vir haar slegs 'n registrasienommer is: ``een van die massa onnosele swart studente''. In die klaskamersituasie (en ook op die plaas) beklee die onderwyseres (en plaaseienaar) magsposisies en die Ander se onvermoe om in die taal van die maghebber te kommunikeer, lei dikwels tot allerhande foutiewe aannames oor mekaar. Wanneer Ngwenya uit die klaskamer stap, ervaar hy 'n gevoel van bevryding en wil hy as 't ware die negatiewe ervaring uitkanselleer (``die sonde van die taal afwas'') deur uitdagende tekste (soos 'n pryslied of psalm van Dawid) in sy eie moedertaal te gaan lees.

taal speel 'n belangrike rol

kommunikasiegaping lei soms tot foutiewe persepsies

2.4 ``PRYSLIED'' (A. KROG)


Lees nou die onderstaande gedig ``pryslied'' vir Nelson Mandela en dink goed na oor die volgende aspekte: pryslied in die sandkliphart vandag staan hy kop en skraal skouers staan hy bo almal uit houtskool en as is sy hare hy, die sandkleurige seun van Nosekeni uNosekeni die ma van Mandela hy, die man met die vlesige palmkussings hier staan hy uit die gevestigde familie van Ngubengcuka die seun van Dalindyebo die seun van Mandela hy van die rivieroewers by iNqunu heelmaker uit die Thembu-stam 'n klein swart ster priem sy bolip ons prys hom hy wat nie lag nie en nie huil nie eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe die swart pimpernel hy wat nie lag nie en ook nie huil nie hier staan hy dan nou voor ons Nelson Rolihlahla Mandela getrokke tak van lank gelede die sleepsel van sy blare le wyd 91

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika legendaries is hy opspoorder van harte hy maak die pante bymekaar van 'n verskeurde land hy draai ons na mekaar toe vir mekaar hy, heelmaker van mense hy stig vrede vrede, wat die ma is van groot nasies
mondeling/orale literatuur 'n bloemlesing is 'n versameling gedigte deur verskillende digters, terwyl 'n bundel 'n versameling gedigte deur dieselfde digter is pryslied as hibriede vorm

. Prysliedere is tipies van die tradisionele mondelinge of orale literatuur wat beoefen is deur inheemse stamme in prekoloniale tye voordat skryfvaardighede ontwikkel is (Oliphant 1992:515). In koloniale tye is sulke mondelinge tradisies gemeet aan die maghebbers se Westerse maatstawwe vir letterkunde en gewoonlik te lig bevind. In postkoloniale gemeenskappe word orale vertellings of gedigte egter nou weer as volwaardige letterkunde erken. In die onlangse bloemlesing Met woorde soos met kerse (Krog 2000) het Antjie Krog byvoorbeeld met behulp van verskeie vertalers inheemse verse uit die oorspronklike Afrikataal in Afrikaans vertaal. . Die keuse van die pryslied (wat normaalweg gesing word) as geskrewe digvorm deur 'n blanke digter is tekenend van 'n postkoloniale vermenging van Europese en Afrikatradisies. Ons kan na sulke tekste verwys as hibriede vorme. Vergelyk die verduideliking van hibriditeit as postkoloniale verskynsel in studie-eenheid 1. . Mandela is 'n simbool van swart bevryding en dit is te verwagte dat sulke figure die onderwerp van prysliedere in postkoloniale Suid-Afrika sal wees. Pryssangers word ook deesdae ingespan by sekere staatsfunksies soos die parlementsopening en presidensiele inhuldigings. Bestudeer die struktuur van ``pryslied'' deeglik. Raadpleeg deel 1 vir 'n bespreking van die poesiegenre. Let byvoorbeeld op na: . . . . die uiteensetting van die geprysde se stamverband die beskrywing van sy voortreflikhede herhalings beeldgebruik soos die metafoor (Mandela word byvoorbeeld met 'n boom vergelyk) en personifikasie (``vrede, die ma van groot nasies'') . klankverskynsels soos byvoorbeeld alliterasie, ensovoorts.

poesieterme word in deel 1 bespreek

AKTIWITEIT 2.5 (1) Lees ook die volgende prysliedere vir Mandela en die reenkoningin Modjadji (met kort verduidelikende aantekeninge) in jou leesbundel: . ``vaarwel aan Madiba'' (deur Thabo Mbeki, vertaal uit Xhosa en Engels en gebloemlees deur Krog) . ``pryslied vir Modjadji'' (opgeteken deur Mmapule Emma Ramaila, vertaal uit Noord-Sotho en gebloemlees deur Krog) (2) Kan jy gemeenskaplikhede tussen die verskillende prysliedere raaksien? (3) Probeer nou om op die patroon jou eie pryslied te skryf. (4) Lees in jou leesbundel ook die volgende gedigte uit Jerusalemgangers (1985) waar Antjie Krog sekere verse uit inheemse tale in Afrikaans aanpas: 92

Studie-eenheid 2 . ``lied van Peter Labase'' . ``liefdeslied na die musiek van K.E. Ntsane'' Alhoewel die bogenoemde twee gedigte nie prysliedere is nie, moet jy steeds let op die orale/mondelinge aard van die verse in geskrewe vorm.

2.5 SELFSTUDIE: `` 'N KAT IN DIE SAK'' (J. GOOSEN); ``DIE BEACH'' (LINDSAY KING)
varieteite van Afrikaans

In die inleiding tot hierdie studie-eenheid is daar melding gemaak van die verskillende varieteite van Afrikaans wat deur bruin en swart sprekers van Afrikaans gepraat word asook die persepsie dat hierdie varieteite nou minderwaardig sou wees omdat dit afwyk van 'n vasgelegde standaardnorm. By die deurlees van die onderstaande verhale in jou leesbundel kan jy gerus in gedagte hou dat daar tans meer bruin sprekers van Afrikaans as blanke sprekers is: . `` 'n Kat in die sak'' (Jeanne Goosen) . ``Die beach'' (Lindsay King) Konsentreer veral op die taalgebruik van (a) die twee bruin fabriekswerksters en (b) die jong Kleurlingman wat (soos Eerwaarde Allan Hendrickse destyds) die apartheidsisteem uitdaag deur op 'n strand te gaan swem wat slegs vir blankes gereserveer is.

AKTIWITEIT 2.6 (1) Vergelyk die varieteit van die bruin mense se Afrikaans (soos ons dit in `` 'n Kat in die sak'' aantref) met die Afrikaans van Ngwenya uit ``Taalles''. Watter afleiding maak jy? (2) Dink goed na oor die status van hierdie soort afrikaans (in teenstelling met Standaardafrikaans) en probeer bepaal hoe die kwessie by die postkoloniale diskoers inpas. (3) Verduidelik waarom die bruin man in ``Die beach'' besluit om Duits te praat met die blanke vrou en haar seun. (4) Het die Duitspratery iets te doen met die blanke vrou se gewilligheid om die anderskleurige man se teenwoordigheid op die eksklusiewe strand te aanvaar? Hoekom? (5) Stem jy saam dat die blanke vrou se Engels grammatikaal ook aansienlik afwyk van die standaardtaal? Is dit bloot swak en onbeholpe Engels? Of is dit dalk ook maar net english/'n spesifieke Suid-Afrikaanse varieteit van Engels? (6) Die ek-verteller reken dat die blanke vrou ``die rooinekke se taal ook opbogger''. Getuig dit nie ook maar van 'n bepaalde taalvooroordeel nie? (7) Wat dink die bruin man van die blanke seuntjie se oorgeronde Afrikaans? (``My mo se jay hoort nie hier nie.'') (8) Waarom slaan die jong man aan die einde van ``Die beach'' skielik oor na Kaapse Afrikaans?: 93

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika ``Ja, merrim, en thanks virrie Coke. Dis hoeka my favourite,'' sit ek selfs die skollies op die Cape Flats 'n kop aan. Die Goosen-verhaal illustreer 'n baie spesifieke Kaapse patois/dialek, maar hou nie regtig tematies verband met aspekte van die postkoloniale taaldiskoers nie. Ek wou jou maar net blootstel aan 'n knap kortverhaal waarin hierdie spesifieke varieteit van Afrikaans deur die karakters gepraat word. ``Die beach'' (King) daarenteen, vertoon met uitsondering van die slotwoorde, nie enige verdere voorbeelde van hierdie taalvarieteit nie, maar sluit tematies ten nouste aan by die argumente oor die rol van taal in postkoloniale gemeenskappe. Deur Duits te praat, vrywaar die bruin man homself teen vervolging deur die enkele blankes op die strand, omdat hulle eenvoudig net aanneem dat hy 'n Duitse toeris moet wees. Hulle oorweeg nie eers die moontlikheid dat 'n bruin mens ook Duits sou kon praat nie en sy Europese afkoms (volgens hulle) maak sy teenwoordigheid op die strand aanvaarbaar (``Sorry, humble apologises. I thought you were a hotnot''). Hy kry selfs 'n glasie Coke. Die blanke vrou voer 'n gesprek met hom in Engels wat deur die ek-verteller as onbeholpe en lagwekkend beoordeel word en haar Engelspratery word die teiken van subtiele spot. Haar seun se oorgeronde Afrikaans word eweneens beskou as 'n ``verkragting'' van die verteller se moedertaal en in hierdie opsig vertoon die verteller eintlik ook maar sekere vooroordele ten opsigte van wat ``aanvaarbare`` Afrikaans/Engels behoort te wees. Deur oor te slaan vanaf Duits na Afrikaans wanneer hy die lee glas teruggee, wys hy die blanke vrou se politieke vooroordele op 'n baie slim manier uit en maak in die proses 'n totale gek van haar. Ek hoop dat jy na 'n bestudering van die aktuele tekste in studie-eenheid 2 self 'n belangrike taalles of twee geleer het, naamlik dat: (a) kwessies rondom taal en die geskrewe woord 'n magtige instrument kan wees in die hande van magsmisbruikers; (b) iemand se onvermoe om in 'n bepaalde taal te kommunikeer nie noodwendig met sy/haar intelligensie verband hou nie; (c) dat die grondwetlike erkenning en beskerming van taalregte sprekers van die onderskeie taalgemeenskappe bemagtig. Om te verhoed dat die ``koloniale'' geskiedenis van taalmiskenning herhaal word, is dit van wesenlike belang dat ons in 'n meertalige demokrasie soos Suid-Afrika (in ooreenstemming met die Grondwet) nie net al die verskillende tale behoort te respekteer nie, maar ook al die verskillende varieteite van Afrikaans.

2.6 SUMMARY
Language has been identified by various postcolonial critics as an important instrument of cultural oppression. An inability to read or write, as illustrated in our short story ``Die skrywer'', makes illiterate people soft targets for exploitation. The inability of speakers to express themselves effectively in a particular language may lead to incorrect conclusions about the general 94

Studie-eenheid 2 abilities and skills of such speakers. To be able to communicate effectively, on the other hand, empowers and enables a speaker (compare ``Taalles'' in this regard). In postcolonial societies the colonial/Western bias against oral literature (as opposed to writing) has also been reviewed and oral forms of literature are now no longer regarded as inferior. The selection of prescribed short stories in this study unit supports the premise that language is in essence a discourse of power. Various language issues typical to a postcolonial situation are then explored: illiteracy (``Die skrywer''), ineffective communication (``Taalles''), the acknowledgment and mainstreaming of oral literature (see the various praise songs) as well as the evaluation and acceptance of different varieties of Afrikaans (``Taalles''; `` 'n Kat in die sak'' and ``Die beach'').

95

STUDIE-EENHEID

Postkoloniale identiteit: Ek en Ander


3.1 INLEIDING
identiteit: Self/Ek en Ander

Die kwessie van identiteit (Ek teenoor Ander) is een van die dwingendste vrae van die postkolonialisme. Jy is alreeds in Studie-eenhede 1 en 2 daarop gewys dat die onderskeid tussen Self en Ander tydens kolonisering getref en in stand gehou is met die uitsluitlike doel om die Ander tot 'n minderwaardige en onderdanige posisie te beperk. In order to maintain authority over the Other in a colonial situation, imperial discourse strives to delineate the Other as radically different from the Self, yet at the same time it must maintain sufficient identity with the Other to valorize control over it. The Other can, of course, only be constructed out of the archive of the Self, yet the self must also articulate the Other as inescapably different (Ashcroft & Tiffin 1989:103). Terug na die Suid-Afrikaanse konteks: na die beeindiging van apartheid (waar daar by uitstek 'n diskriminering tussen Self en Ander was) word daar in die nuwe Handves van Menseregte verklaar dat almal gelyk is. Geen diskriminasie mag meer op grond van ras, geslag, huwelikstatus, seksuele orientasie, etniese of sosiale afkoms, kleur, ouderdom, gestremdheid, geloof, kultuur of taal plaasvind nie. Tog maak die Grondwet terselfdertyd ook voorsiening vir die feit dat ons 'n heterogene samelewing is waar verskillende tale, kulture en gelowe aangehang word en is verskeie staatsinstellings (soos byvoorbeeld die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Linguistiese Gemeenskappe) geskep om die regte van sekere kultuurgroepe asook die status van tradisionele leiers te beskerm. Die postkoloniale agenda is dan om 'n respek vir kultuur te bevorder, maar ook 'n kultuur van respek. Ook in die eietydse Afrikaanse teks vind ons 'n herwaardering van die gegewe Self/Ander. Brink (1991:9) stip dit trouens aan as een van die belangrikste kenmerke van postkoloniale literatuur: Waar die Afrikaanse literatuur in die verlede nogal behep was met die nosie van ``eie identiteit'' (asof identiteit iets anders as ``eie'' sou kon wees) voorsien mens vorentoe in die literatuur 'n hersiening 'n verbreding en komplisering van die begrip wat aan 'n groter besef van Suid-Afrikaansheid sou kon uiting gee. Dus nie soseer die afbaken van die ``ek'' teenoor ``ander'' nie as die herkenning van die self in die ander, en omgekeerd. Van Niekerk (1998) som dit treffend op in die slotwoorde van sy artikel ``Die onbekende Afrika: ons leef op die periferie van 'n bestaan wat ons nie ken

gelykheidsklousule in Handves van Menseregte

herwaardering van Self/ Ander in postkoloniale literatuur

96

Studie-eenheid 3 nie'' (in u leesbundel): ``Bly wat jy is, maar word meer''. Dit is dan ook die sentrale boodskap in sy bekende werk Saam in Afrika (1992) waaruit deel 2 se titel afkomstig is. Voorgeskrewe tekste vir hierdie eenheid is spesifiek gekies om die eendersheid, maar ook die andersheid tussen mense te bevoorgrond. Hier kan jy miskien deurentyd die Afrika-filosofie van ubuntu in gedagte hou: 'n begrip wat gereeld in die hedendaagse Suid-Afrika gebruik word. Die essensie van ubuntu word vasgevang in die frase: Ubuntu ngumuntu ngabantu / motho ke motho ba batho ba bangwe ('n mens is 'n mens deur ander mense). Yvonne Mokgoro (1998:35), 'n regter in die Konstitusionele Hof van SuidAfrika, het die filosofie soos volg opgesom: In one's own experience, ubuntu is one of those things which you recognize when you see it. It has generally been described as a worldview of African societies and a determining factor in the formation of perceptions which influence social conduct. It has also been described as a philosophy of life, which in its most fundamental sense represents personhood, humanity, humaneness and morality. AKTIWITEIT 3.1 Lees die koerantartikel deur Kobus Smit in jou leesbundel: Oor ubuntu in Suid-Afrika sal nog baie besin moet word. Jy moet na die bestudering van hierdie studie-eenheid in staat wees om 'n paar paragrawe oor ubuntu as Afrika-humanisme (van sogenaamde ``caring and sharing'') te kan skryf.

ubuntu

Wanneer jy die voorgeskrewe tekste bestudeer, moet jy deurentyd die volgende aspekte in gedagte hou: . die wisselwerking tussen teks en konteks . die basiese beginsels van postkoloniale teorie

3.2 ``DOM KOEI'' (RIANA SCHEEPERS)


botsende waardestelsels

Die kortverhaal ``Dom koei'' spreek die kwessie van botsende waardestelsels op boeiende wyse aan. Die regte van 'n individu (in hierdie geval 'n jong swart vrou) word opgeweeg teen die reg van 'n kultuurgroep om sekere inisiasierituele uit te voer.

AKTIWITEIT 3.2 Lees die verhaal ``Dom koei'' in jou leesbundel en gebruik dan die onderstaande vrae as gids om die belangrikste postkoloniale aspekte van die teks te ontdek: (1) Beskryf die plek waar die verhaalgebeure afspeel. (2) Watter afleiding maak jy uit die verhaal oor die gesondheidsdienste op die platteland? Strook dit met die werklike situasie in Suid-Afrika? 97

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika (3) Maak 'n opsomming van die gevalle wat normaalweg by die kliniek behandel word. (4) Wat makeer die swart meisie wat daar ingedra word? Het jy al voorheen van sulke gevalle gehoor? Is dit 'n gebruik wat ook in Westerse gemeenskappe voorkom? (5) Wat is die reaksie van die kliniekpersoneel? Reageer die swart personeel en wit student dieselfde? Kan jy die verteller se posisie hieroor aflei? (6) Stem jy saam dat die swart verpleegpersoneel ook die gebruik afkeur en dit selfs as ``barbaars'' bestempel? Gee suster Ngomezulu se presiese woorde weer. (7) Wat is die funksie van die koei in die verhaal? Watter ooreenkomste is daar tussen die koei en die beseerde meisie? (8) Verklaar die slotwoorde: ``Jou simpel fokken dom koei!'' Gee dit miskien iets van die wit student se ontsteltenis weer? Spreek sy eintlik indirek die swart meisie aan? (9) Maak 'n lys waaruit die verskille tussen die swart meisie en wit student blyk. Is daar ooreenkomste? Die verhaalgebeure speel af in 'n kliniek op die KwaZulu-Natalse platteland waar basiese gesondheidsorg verskaf word aan oorwegend vrouens, kleuters en bejaardes wat geduldig ``die hele dag in die Afrika-son'' hul beurt om behandeling afwag. Die rustige gang van die gebeure word versteur wanneer 'n noodgeval by die kliniek arriveer: 'n jong swart meisie wie se klitoris tydens 'n inisiasiepraktyk verwyder is. Suster Ngomezulu beheer die kliniek en word bygestaan deur twee swart verpleegsters en 'n wit student wat nagraadse volkekundige navorsing doen. Al die verpleegpersoneel is uiters geskok wanneer hulle die meisie se wonde van naderby beskou en die swart suster jaag die omstanders weg met die implikasie dat hulle barbare is. Die wit student snak na haar asem: ``Sy het dit nog nooit gesien nie, maar sy weet wat dit is''. Die swart suster stuur haar diplomaties na buite om 'n koei te gaan wegjaag wat verstrengel geraak het in 'n omheining rondom die kliniek. Sy sien dadelik 'n verband tussen die beseerde koei en siek meisie: net soos die koei in die draad verstrengel geraak het, is die meisie ook vasgevang in haar omstandighede en stamverband. Die wonde aan die koei se spene word geassosieer met die wonde aan die meisie se geslagsdele. Die uitdrukking ``koei'' word soms in 'n baie negatiewe sin aangewend om vroue mee te beskryf. ``Jou simpel fokken dom koei!'' is dan waarskynlik 'n gelaaide uitlating (en indirekte verwysing na die swart meisie) wat die ontsteltenis en (veral) magteloosheid van die wit student verwoord.

basiese gesondheidsorg in kliniek

reaksie van swart verpleegpersoneel en wit student

dom koei

AKTIWITEIT 3.3 Bestudeer weer die basiese beginsels van postkolonialisme in studie-eenheid 1. Watter beginsels kan jy alles aflees uit ``Dom koei''?

bevoorgronding van vrouestemme

Die bevoorgronding van vrouestemme is tipies van die postkoloniale era. Nie net is die skryfster van die verhaal 'n vrou (Riana Scheepers) nie, maar die tema van die kortverhaal is ook die lot van 'n gemarginaliseerde swart

98

Studie-eenheid 3 vrou wat die slagoffer word van 'n kultuurgebruik wat haar menswaardigheid aantas. Lees ook hierdie teks teen die agtergrond van genderkwessies in deel 3 (Mans kom van Mars, vrouens kom van Venus). Verskillende waardestelsels bots in die verhaal. In die opsomming oor postkolonialisme in Studie-eenheid 1 is jy alreeds daarop gewys dat tradisionele Westerse waardes gewoonlik die individu as vertrekpunt gebruik, terwyl Afrika-waardes weer die gemeenskaplike of groepsreg voorop stel. Sekere aspekte van die teks onder bespreking hef egter hierdie stereotipering op (d.w.s. gelykstelling van Europa met individu en Afrika met groep). Dit is opvallend dat al die swart karakters in die verhaal nie noodwendig die tradisionele stamgebruik van vroulike inisiasie goedkeur nie. Die vroue wat bemagtig is deurdat hulle oor sekere kennis en vaardighede beskik (soos die student en die verpleegsters) keur die praktyk ten sterkste af. Dit is dus 'n foutiewe aanname (en stereotipering) om sekere waardes deurentyd net te koppel aan sekere kultuurgroepe. Die grense tussen Ek en Ander begin alreeds vervaag namate mense meer blootstelling aan mekaar se kulture kry.

regte van individu versus gemeenskap

AKTIWITEIT 3.4 (1) Dink jy kulturele praktyke soos klitoridektomie (d.w.s. 'n verwydering van die klitoris) behoort toegelaat of beskerm te word? (2) Respekteer jy die gebruik of voel jy dat dit 'n ernstige skending van menseregte (en veral vroueregte) is? (3) Kan jy aan ander kulturele gebruike dink wat wel toegelaat behoort te word, maar wat nie in stryd met 'n individu se regte is nie?

3.3 ``DOL HOND'' (ETIENNE VAN HEERDEN)


arbeidsverhoudinge

Onderskeide tussen Ek en Ander het, soos ons in studie-eenheid 1 gesien het, gewoonlik ook saamgehang met 'n bepaalde magsituasie wat onderskryf is deur 'n politieke denkwyse. In die kortverhaal ``Dol hond'' word die gespanne verhouding (en daaropvolgende diensverlating) tussen 'n bruin plaasarbeider en sy werkgewer, die wit baas, ondersoek. In vroeere Afrikaanse tekste is die rol van plaaswerkers of heeltemal verswyg of op 'n baie paternaliserende wyse aangebied. J.M. Coetzee het by geleentheid daarna verwys as ``blindness to the colour black''. 'n Teks wat 'n belangrike klemverskuiwing in hierdie verband teweeggebring het, was Elsa Joubert se bekende Die swerfjare van Poppie Nongena (1978). Die wyse waarop konteks dus soms in 'n teks vergestalt word, verraai dikwels ook veel van die houdings en vooroordele wat in 'n bepaalde era aan die orde is/was.

paternalisme verwys na die vaderlike kontrole oor ondergeskiktes

AKTIWITEIT 3.5 Lees die kortverhaal ``Dol hond'' in jou leesbundel en beantwoord die onderstaande leidende vrae: 99

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika (1) Beskryf die insident wat daartoe aanleiding gegee het dat Jakadas die diens van Rooikoos verlaat het. Ondersteun Jakadas se vrou hom in sy besluit? (2) Omskryf die omstandighede waaronder die arbeiders op Rooidraai gebly het. Het Jakadas en Kintie net slegte herinneringe? Hoe vergelyk hulle omstandighede met die van die baas? (3) Wat is 'n sambokboer? Wat gebeur met arbeiders wat hulle vuiste vir 'n witman lig? (4) Wat is die arbeiders se verskoning vir die veediefstal? Dink jy die wit boere sien dit in dieselfde lig? (5) Hoekom kan ons Jakadas en sy familie met die term die Ander beskryf? Is daar ook ooreenkomste met die wittes in die verhaal? (6) Watter prosedure het Jakadas gevolg wanneer hy by 'n plaashuis aanklop vir werk? Watter afleiding maak jy hieruit?
basiese diensvoorwaardes

In die postkoloniale konteks word die verhoudings tussen loonwerkers en hulle werkgewers skerp onder die soeklig geplaas. In die verlede het die magswanbalans tussen hierdie groepe dikwels daartoe gelei dat die Ander uitgebuit is en binne die nuwe bestel word daar nou gepoog om deur middel van wetgewing die basiese diensvoorwaardes van alle loonwerkers te verbeter. In ``Dol hond'' verlaat 'n werker juis die diens van die wit boer omdat daar 'n dispuut ontstaan oor rantsoene (d.w.s. 'n hoeveelheid voedsel of drank wat as toelaag betaal word). Die daaropvolgende argument oor die posisie van die werkers op die plaas lei daartoe dat Jakadas Pool geklap word.

verskillende perspektiewe

Daar word deurentyd breedvoerig verwys na die bruines se armoedige omstandighede op die plaas en die verskillende hoeke waaruit die baas en werkers na sake kyk: vir die een is die steel van beeste 'n misdaad; vir die ander 'n manier om die karige vergoeding aan te vul. Vir die een is verset teen die wit man aanranding; vir die ander is dit selfverdediging. Wat vir die een werkverskaffing is, word deur die ander as uitbuiting ervaar, ens. Ten spyte van sy vrou se besware, kry Jakadas se trots uiteindelik die oorhand en besluit hy om Rooidraai te verlaat. Hy, sy swanger vrou en die drie kinders swerf van plaas tot plaas om 'n nuwe werk te soek, maar al die pogings is onsuksesvol en die reis is vol ontberings: honger, dors, siekte en boonop 'n dol hond wat hulle donkiekar agtervolg.

AKTIWITEIT 3.6 (1) Wat is, vir jou, die betekenis van die dol hond op hulle spoor? (2) Watter verband bestaan daar tussen die Pools se aankoms op Paradysvlei en die verdwyning van die dol hond se spore? Dink jy dat daar ooit werklik 'n dol hond was? (3) Hoekom, dink jy, is die plaas (waar hulle uiteindelik uitspan) se naam Paradysvlei? (4) Stem jy saam dat daar teen die einde 'n omruiling van rolle tussen baas (Ek) en slaaf (Ander) plaasvind?

100

Studie-eenheid 3 Aan die skuim rondom die bek en algemene gedrag van die hond lei Jakadas af dat die dier hondsdolheid het. Jakadas besluit uiteindelik om by 'n plaaswerf in te ry om die hond met water te gooi, maar die werf is verlate en hulle word vasgekeer. Die enigste alternatief is om by die plaashuis in te breek. Na dae op die pad vergryp die honger Pools hulle aan die oorvloed kos in die witmenshuis en bring ook die nag op Paradysvlei deur. Die volgende oggend, wanneer Jakadas die hond met 'n emmer water wil verjaag, sien hy op die werf geen aanduiding dat daar ooit 'n dol hond was nie. Uit kennis wat jy tot dusver oor literere tekste in deel 1 opgedoen het, behoort jy alreeds uit die verhaaltitel en herhaalde verwysings na die hond die belangrikheid van die verhaalgegewe te besef. Dit is veelseggend dat die hond verdwyn wanneer hulle veilig by 'n plaas met die naam Paradysvlei aanland. Hier verruil hulle die lewe van werklose arbeiders tydelik vir 'n lewe van paradyslike oorvloed. Stem jy saam dat daar 'n betekenisverband bestaan tussen die hond en die Pools se lewe van armoede en onderdrukking? Kan ons se dat die Pools van die dol hond (wat apartheid, armoede en onderdrukking impliseer) probeer wegvlug na 'n paradys waar hulle volkome bevry voel?

Hondsdolheid of watervrees is 'n virussiekte waarvan die abnormale vrees vir water 'n simptoom is

dol hond

AKTIWITEIT 3.7 Lees weer die tekste ``Dom koei'' en ``Dol hond'' en probeer verstaan waarom die koei en hond binne elke verhaalgeheel 'n wyer betekenis verkry. Raadpleeg in hierdie verband studie-eenheid 3 van deel 1 wat oor leimotiewe handel.

leimotiewe

3.4 SELFSTUDIE: ``NAG VAN TWEE VROUE'' (P.J. BOSMAN 2001); ``BENEDICTA'' (M. BAKKES 1997) 3.4.1 ``Nag van twee vroue'' (P.J. Bosman 2001)
'n Kommerwekkende tendens die afgelope dekade is die toenemende voorkoms van aanvalle op Suid-Afrikaanse plase. In statistiek wat deur die landbou-organisasies AgriSA en TLU versprei is, word aangevoer dat daar sedert 1994 meer as 1400 boere op Suid-Afrikaanse plase vermoor is. Die regering het ondertussen hulle eie verslag vrygestel waarkragtens die plaasmoorde oorwegend toeskryf word aan gewone misdaad. Die verslag vermeld ook die swak behandeling van plaasarbeiders as 'n moontlike verklaring vir sommige van die moorde. Sekere landbou-organisasies betwis egter hierdie bevindings en hou steeds vol dat daar politieke motiewe agter die plaasaanvalle skuil wat verband hou met grondbesitkwessies. Hulle baseer hulle bevindings byvoorbeeld daarop dat daar in meer as 88% (SAPD-statistiek) van die gevalle geen verband tussen die aanvallers en die vermoorde boer is nie; dat in sommige gevalle geen diefstal of roof plaasgevind het nie; en dat die geweldsvlakke tydens hierdie moorde skokkende afmetings aanneem wat nie versoenbaar is met gewone misdaadpatrone nie. 101

plaasaanvalle

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika


perspektief

In die Bosman-kortverhaal word die grusame plaasaanval onder meer ook beskryf vanuit die perspektief van 'n swart plaaswerkster wat uiters lojaal teenoor die blanke huisgesin staan en hulle selfs tydens die aanval te hulp snel. Haar optrede verhoed egter nie dat die boer se negejarige seun in die koeelreen sterf nie en terwyl sy die moeder vertroos, word die lyk van een van die aanvallers deur 'n kommandolid na die plaashuis gebring. Die swart vrou word gevra of sy die liggaam dalk kan identifiseer: Ousleia staar 'n rukkie voordat sy haar asem intrek. Dit lyk asof sy duiselig word. Sy leun vooroor en streel met die brug van haar hand oor die stywe wang. Haar stem is gesmoord. ``Dis my kind, baas''. Die harde gestaltes vervaag in stilte, die soort stilte soos wanneer 'n groot skip onder die golwe van 'n yssee verdwyn en die drenkelinge in die roeibootjies nie meer die angskrete van die vasgekeerdes hoor nie. Die twee vroue bly gearm langs die rooi bakkie op Vierfontein se dowwe werf staan.

AKTIWITEIT 3.8 Lees nou self die kortverhaal in jou leesbundel en probeer om die volgende vrae te beantwoord: (1) Wat was, volgens die verteller, die rede vir die aanval op die Krugers? Is dit voorafgegaan deur vorige aanvalle in die distrik? (2) Watter opheffingswerk het die boer se vrou gedoen? (3) Verduidelik die band tussen Marie Kruger en Ousleia asook die tussen Gawie Kruger en Alpheus Makudu. (4) Waarom is Barend Wilkins so verbitterd? (5) Beskryf die kommandolede se optrede. (6) Kan u die toenemende kloof tussen die Ek en die Ander in die teks raaklees? Watter karakters sou u kon beskryf as brugbouers tussen hierdie twee pole? (7) Hoe verklaar u die slotreel: ``Miskien is dit waarom ek minder droom en gil in my slaap, want die laaste beeld was verlig deur Afrika se hoogste sterre.'' Die aanval op die Krugers is die vyfde aanval in vyf maande in dieselfde distrik en die boere (soos Wilkins) se frustrasie bereik kookpunt in die teks. 'n Moontlike verklaring vir die aanval blyk uit die volgende paragraaf: ``Die seine is ongeveins: 'n boer se lewe is minder werd as 'n spoegblerts op die sand. Gee pad van die grond van ons voorvaders af.'' Ousleia werk al jare by die gesin en haar seun, Alpheus Makhudu, was in 'n stadium in beheer van Kruger se melkery. Die Krugers word uitgebeeld as empatieke werkgewers en Marie se brei- en basiese geletterheidsklasse asook Gawie se bonusse aan sy melkeryvoorman word spesifiek genoem. Die wrok tussen boere (Ek) en aanvallers (Ander) verdiep met elke aanval en die kommandolede se hardhandige hantering van die aanvallers bevestig dan ook hierdie feit. Te midde van die hopelose wantroue tussen Ek en Ander is daar egter figure soos Ousleia (``die held van die slagveld'') wat dien as brug tussen die pole 102

Studie-eenheid 3 en ook (soos Marie Kruger) haar seun in die proses verloor. Die positiewe beeld (``verlig deur Afrika se hoogste sterre'') van die swart en wit vrou wat, te midde van hulle geweldige verlies, bymekaar ingehaak staan op die plaaswerf, verskaf ten slotte tog 'n mate van hoop aan die verteller.

3.4.2 ``Benedicta'' (M. Bakkes 1997)


Bestudeer die kortverhaal ``Benedicta'' (Margaret Bakkes) in jou leesbundel. Die kerngegewe hier is die wyse waarop 'n swart vrou by 'n vulstasie uitreik na 'n wit vreemdeling in nood. Hennie Aucamp noem in sy versamelbundel Wys my waar is Timboektoe (1997) die verhaal ``Benedicta'' 'n gebedsverhaal.

AKTIWITEIT 3.9 Konsentreer op die volgende aspekte wanneer jy die teks in jou leesbundel deurlees: . Die ooreenkomste en verskille tussen die wit ek-verteller en die swart vrouekarakter Benedicta. . Die betekenis van die naam Benedicta asook Aucamp se opmerking dat dit 'n gebedsverhaal is. . Die wyse waarop die beginsel van ubuntu beslag kry in die teks. Bestudeer die inleiding tot hierdie studie-eenheid tesame met die artikel oor ubuntu in jou leesbundel. Botsende waardestelsels en verskillende kulturele perspektiewe is maar enkele van die kompleksiteite wat noodwendig in heterogene gemeenskappe soos Suid-Afrika sal voorkom. Die voorgeskrewe tekste in studie-eenheid 3 wou dan lesers uitdaag om krities te besin oor hulle vooroordele jeens ander kultuurgroepe. Maar dit wou terselfdertyd ook aan lesers die ubuntu-sein deurstuur dat 'n mens, ten spyte van al sulke vooroordele, ook maar net 'n mens bly deur ander mense.

3.5 SUMMARY
Distinctions between Self and Other is the direct result of a colonial power struggle where the Self (usually European/male/heterosexual) imposed his value system on the Other, (African/female/homosexual), thereby marginalising and relegating anything that did not comply with these Western values to the fringe or periphery. A set of binary oppositions, created by the Self, subsequently confines the Other to an inferior position (also see study unit 1). In a postcolonial and democratic South Africa, the bill of human rights entrenches the equality of all people and rejects any discrimination on grounds of race, gender, age, religion, etc. The constitution, however, also acknowledges the heterogeneous nature of society and protects the cultural rights of minority groups. The concept of ubuntu (see the definition by Mokgoro and the article by Smit), as African humanism of caring and sharing has become part of the South African vocabulary and a respect for culture (but also a culture of respect) is actively promoted and nurtured. 103

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika The selection of short stories in this unit revisits the intriguing relationship between Self and Other and highlights the complexity of a postcolonial society which strives to accommodate both equality and difference.

104

STUDIE-EENHEID

Die eerste lewe van Adamastor (A.P. Brink) deur 'n postkoloniale bril
4.1 INLEIDING
kenmerke van postkoloniale literatuur

Tot dusver het jy kennis gemaak met 'n aantal kortverhale en gedigte wat verteenwoordigend van sekere postkoloniale tendense was. Kan jy 'n lys maak van daardie eienskappe wat eie is aan postkoloniale literatuur? Hoe vergelyk jou opsomming met myne hieronder? Postkoloniale tekste: . lewer kritiese sosiale kommentaar (op 'n bepaalde politieke konteks); . fokus op diegene wat benadeel is deur daardie politieke sisteem; . bevestig die rol van taal en skrif as magsinstrumente; . erken die status van orale literatuur; . herskryf die posisie van Ek/Ander; . herbesin oor plek, geskiedenis en identiteit; . bekyk verskillende waardestelsels en kulture asook hul wedersydse invloed op mekaar.

Lees Die eerste lewe van Adamastor deur 'n postkoloniale bril

Die eerste lewe van Adamastor is 'n voorbeeld van 'n teks wat jy met groot vrug deur 'n postkoloniale bril kan lees. Feitlik al die kernbeginsels van postkolonialisme kan aan die hand van die teks verduidelik word. Meintjes (1998:176) beskryf die teks as ``overtly postcolonial in terms of its content'' en Ampie Coetzee verwoord die postkoloniale aard van die novelle op die agterblad (1988):

die verhaal van Afrika en Europa

Agter die eienaardige storie is daar baie betekenisse. Dit is weer die verhaal van Brink se 'n Oomblik in die wind, van kolonialisasie en bedrog; dit is die verhaal van Afrika en Europa; maar dit is ook humor, mitologie en legende; die van Europa en die van Afrika van Afrika die Prometheus-vasteland. Hierdie novelle is ook in Engelse vertaling beskikbaar as The first life of Adamastor. In die eerste hoofstuk van die novelle probeer die verteller al die historiese verwysings na Adamastor opspoor en word die mite van Adamastor en Thetis vertel. Adamastor is volgens die vertelling 'n Titaanse 105

The first life of Adamastor: opsomming van verhaalgebeure

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika reus wat verlief geraak het op die wit seenimf, Thetis, maar wanneer hy haar wil omhels, verander hy in 'n rots/berg/vasteland van Afrika en Thetis word die see wat ewig en onbereikbaar om hom vloei.
afrikanisering van Adamastor-mite

Die verteller besin in hoofstuk 1 van die verhaal hoe die oorspronklike oerteks waaruit die mite afkomstig is, sou lyk en besluit om sy eie verafrikaniseerde weergawe daarvan te skep. In hierdie Afrika-weergawe/ binneverhaal (wat begin in hoofstuk 2 en deurloop tot by die slot) word Adamastor voorgestel as die Khois-kaptein (T'Kama Grootvoel) en Thetis word verbeeld as die wit vrou wat later Khois genoem word. Die binneverhaal begin met 'n Europese besetting en wanneer die skepe (na enkele skermutselinge met die Khoi-mense) uiteindelik vertrek, word 'n wit vrou agtergelaat. T'Kama ontferm hom oor haar; oorweeg selfs om haar as sy vrou te neem. Die ander stamlede is minder entoesiasties oor die vreemdeling in hulle midde en tydens hulle moeilike reis deur die binneland ontstaan daar heelwat meningsverskille. T'Kama en Khois oorkom al hulle struikelblokke (ook seksueel) en het uiteindelik saam 'n kind. Die verhaal eindig wanneer die Portugese die wit vrou teen haar sin weer kom haal en vir T'Kama in die proses teen 'n rots vasbind en doodslaan. Die verhaal van T'Kama en Khois word dan eintlik die verhaal van die bloedige koloniale ontmoeting tussen Europa en Afrika.

metaforiese implikasies

Uit terugvoering van studente wil dit soms voorkom asof sommige die metaforiese implikasies van T'Kama se groteske geslagsdeel totaal miskyk. Die anatomiese monstrositeit (soos Brink dit in die onderhoud met Nethersole noem) verhoed aanvanklik dat die verhouding tussen die twee hoofkarakters gekonsummeer word en is dus verteenwoordigend van alle struikelblokke op die pad van samewerking tussen Europa (Khois) en Afrika (T'Kama). Die voorval waarin die krokodil die fallus afbyt (sodat dit later weer gerekonstrueer kan word), word volgens Brink tekenend van die einde van die fallokrasie (sien deel 3 vir 'n volledige verduideliking van die term).

AKTIWITEIT 4.1 Lees die onderhoud (in Engels) van Nethersole met Brink (Reimagining the past) in jou leesbundel.

4.2 LEESWENKE: RAAMVERTELLING EN INTERTEKSTUALITEIT


Studente voel normaalweg verward wanneer hulle deur die eerste hoofstuk van Die eerste lewe van Adamastor probeer worstel. Ek het 'n vermoede dat die klomp intertekstuele verwysings (sien verduideliking hieronder) asook die tegniek van 'n raamvertelling die leesproses bemoeilik. Wanneer jy egter die aspekte verstaan, is dit eintlik glad nie so ingewikkeld as wat dit aanvanklik lyk nie. In hierdie onderafdeling volg dan 'n paar leeswenke wat verband hou met die narratiewe (d.w.s. verhalende) tegnieke. 106

Studie-eenheid 4
Waar 'n omarmende vertelling 'n binneverhaal/ binneverhale omraam, het ons te doen met 'n raamvertelling

Ons tref hier 'n raamvertelling aan. Hoofstuk 1 omraam/omarm as 't ware die binneverhaal: die eksterne verteller in die omarmende vertelling verwys na al die vroeere vertellings (byvoorbeeld die van Camoens) waarin verwysings na Adamastor voorkom. Soos hierbo verduidelik, wonder die verteller hoe die oorspronklike teks sou lyk waarin Adamastor vir die eerste keer genoem word: ...... (daar is) bowenal een vraag wat my tart: uit watter rou materiaal sou Camoens sy 16de-eeuse, Europees gesentreerde weergawe van die verhaal gehaal het? As daar iets soos 'n oerteks ongeskrewe dan bestaan het, hoe sou die gelyk het? Dit is my opgaaf vir die geskrif'' (p. 4). Die binneverhaal, wat op bladsy 5 begin, is 'n poging van die verteller in die omarmende vertelling/raam om die eerste lewe van Adamastor te rekonstrueer, maar dan wel vanuit die perspektief van Adamastor en Afrika self.

interteks/intertekstualiteit: sien deel 1, studieeenheid 1.5

Die eerste lewe van Adamastor is dus 'n vervlegting van verskillende tekste. U het alreeds in deel 1 kennis gemaak met die term intertekstualiteit: 'n teks word beskou as 'n weefsel of mosaek van verskillende tekste wat gedurig in wisselwerking met mekaar is. In 'n eng sin dui intertekstualiteit dan op die verhouding tussen 'n gegewe teks en ander tekste. . Stem u saam dat die mite van Adamastor en Thetis as 'n interteks van Die eerste lewe van Adamastor gelees kan word? . Die Portugese skrywer, Camoens, het in sy Os Lusiadas die verskyning van Adamastor aan die Portugese seevaarders beskryf. Lees die vertaling van die betrokke gedeelte in u leesbundel. Kan u insien dat Camoens se teks as interteks gelees kan word by u novelle?

Coetzee se T'Kama Adamastor 'n uitbeelding van kolonisering

Cyril Coetzee se afgedrukte skildery (op die voorblad van die gids) is getiteld T'Kama-Adamastor. Da Gama, 'n Portugese seevaarder, se aankoms aan die Kaap en daaropvolgende ontmoeting met die Khoi-mense word hierin uitgebeeld. Die skildery hang in die William Cullen-biblioteek van die Universiteit van die Witwatersrand en sluit aan by die novelle van Brink, maar natuurlik ook indirek by die Os Lusiadas van Camoens. Kan jy insien dat die verhaalgebeure in die Brink-novelle van links na regs afgelees kan word uit die skildery? Indien jy meer te wete wil kom oor die agtergrond van die skildery, behoort jy die volgende stukke in jou leesbundel te raadpleeg: . Die brosjure T'kama-Adamastor wat deur Wits uitgereik is ter bekendstelling van die skildery. . Die koerantartikel, Brink-Adamastor leef op Coetzee-doek. . 'n Onderhoud met Brink getiteld Reimagining the past [uit T'KamaAdamastor: Inventions of Africa in a South African painting (2000)] Ondernemende studente kan gerus Ivan Vladislavic se T'Kama-Adamastor: Inventions of Africa in a South African painting (2000) by die Unisabiblioteek uitneem. Die teks bevat informasie oor die totstandkoming van die skildery asook onderhoude met Cyril Coetzee (skilder) en Andre P. Brink (skrywer). 107

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika AKTIWITEIT 4.2 Bestudeer die skildery op die voorblad (en volgstukke daaroor) baie fyn. Kan jy raakpunte met die novelle sien? Let veral op na die volgende aspekte: . Het dit jou ook opgeval dat die Europeers se gesigte die vorm van roofvoels aanneem? Dink jy die implikasie is dat die Europese koloniseerders die Khoi van hulle grond beroof het? Sien jy ook die mens met die jakkalskop en -stert wat die skaap wegdra? . Die skepe word uitgebeeld as voels wat eiers le waaruit mense broei. Vergelyk die beskrywing en voetnoot in hoofstuk 2: Waarin die leser kennis maak met 'n vreemde soort voel en met 'n vrou wat uit 'n eier gebroei word (p. 5). Een van die eiers bevat 'n dubbelkoppige kind wat swart en wit is: dit verwys na die kind wat uit die verhouding tussen T'Kama en Khois gebore word. . Lees in die novelle van ruiltransaksies tussen Europeers en Khoi wat drank, vee en vrouens ingesluit het. Die transaksies gee uiteindelik aanleiding tot die konflik in die verhaal. . T'Kama Grootvoel en die wit vrou neem 'n sentrale posisie in onder die sambreelboom. Hulle is omring van inheemse plante en die uitbeelding herinner ons amper aan die paradys met Adam en Eva. Die uitbeelding van die plantegroei stem ook ooreen met die beelde wat aangetref word in koloniale reisverhale. . Volg die onderstaande verwysings na die geskilderde diere op: die krokodil (hoofstuk 19), parende skilpaaie (hoofstuk 16) en die haas (hoofstuk 15). Probeer om die funksie en belangrikheid van elke dier binne die Khoi-tradisie en verhaalgeheel aan te toon. Let ook op na die strategiese plasing van die volstruis se nek direk agter T'Kama om 'n ereksie te suggereer. . Stem jy saam dat die uitbeelding van kopbene konflik en onheil voorstel? . Begryp jy dat ons die novelle as interteks van die skildery kan lees? Die omgekeerde is natuurlik ook waar: ons lees die skildery eweneens as 'n interteks van die novelle. . Lees die gedig ``Bessie'' (A. Krog) in jou leesbundel. Verstaan jy dat dit oor dieselfde tema as die novelle en skildery handel?

4.3 HERSIENING: TEORIE EN TOEPASSING


Hoe sluit dit wat ons tot dusver in hierdie gids behandel het nou aan by die voorgeskrewe teks? Ek gaan vervolgens bloot sekere aspekte aanstip waarna jy moet oplet, maar die verantwoordelikheid berus by jou om die inligting aan te vul nadat jy die teks en studiegids deeglik bestudeer het.
kolonialiseringstema

``dialogue with history''

4.3.1 Jy het sekerlik al agtergekom dat die beskrywing van kolonialisering as onderdrukkende politieke stelsel ten nouste aansny by ons debat oor die postkolonialisme. T'Kama beskryf die effek van die inval so: ``Hier sal ons nie kan bly nie. Die kus is aangerand, 'n jongvrou is ingeneem. Ons moet oppak en trek die land in'' (p. 24). Ondersteun jy die stelling dat die novelle ook 'n fiksionele herskrywing van die geskiedenis is wat vanuit die perspektief van die Ander aangebied word?

108

Studie-eenheid 4 AKTIWITEIT 4.3 Beskryf telkens in 'n kort paragraaf die volgende insidente: (1) die ontmoeting tussen die koloniseerders en gekoloniseerdes; (2) die onderlinge geskil tussen lede van die Khoi-stam oor die hantering van die situasie (en spesifiek die ``vuurwater'' of alkohol); (3) redes wat aanleiding gegee het tot die konflik tussen ``baardmanne'' en Khoi-mense; (4) die wraakaanval op T'Kama in die slothoofstuk.
Ek/Ander

4.3.2 Die voorstelling van Ek/Ander (Europeer en Khoi) is 'n belangrike postkoloniale aspek van die teks. Kultuur- en waardeverskille tussen die Europeers en Khoi word aangetoon en die verhouding tussen T'Kama en Khois (as verteenwoordigers van hulle onderskeie kultuurgroepe) dui, volgens die brosjure op ``the painful encounter of Africa with Europe''. Die geboorte van 'n kind uit hulle verhouding impliseer tog die moontlikheid van versoening en samewerking tussen groepe.

AKTIWITEIT 4.4 Gaan lees weer die novelle, maar konsentreer spesifiek op die volgende aspekte: (1) Uit T'Kama se vertelling is dit duidelik dat hy nie al die gebruike van die ``baardmanne'' verstaan nie. Hy beskryf soms net wat gebeur, maar kan nie die belangrikheid van die aksies vertolk nie die leser moet uit sy vertelling self die afleidings maak: (a) Vergelyk die verteller T'Kama se weergawe van die Europeers se doopseremonie: hy beskryf dit as 'n gewassery met ``naamgeery'' (p. 9). (b) Hy verstaan ook nie waarom die Europeers sulke ``lomp klere'' dra nie. (c) Volgens T'Kama se stamgebruik word 'n vrou die man se eiendom na betaling van 'n bruidsprys en hy verstaan nie waarom die vrouens teruggegee word nadat daar seksueel met hulle verkeer is nie (p. 10). (d) Vergelyk ook T'Kama se eerste ontmoeting met die vrou: wat vir hom niks anders as 'n vriendelike gebaar is nie, is vir haar heeltemal onaanvaarbaar (p. 13). (2) Hoe voel die ander stamlede oor die wit vrou in hulle midde? Beskou hulle haar as die rede vir al die ongeluk wat hulle tref? (3) Die wit vrou (of later Khois) maak in 'n stadium ewe onskuldig 'n haas dood. Hoekom is die stamlede so ontsteld daaroor? (4) Kan jy 'n lys maak van 'n paar ander tipiese Khoi-gebruike of -gelowe? (5) Beskou jy ook die kind van T'Kama en Khois as 'n simboliese bevestiging van die feit dat 'n kloof tussen wit en swart oorbrug kan word? Gaan kyk weer na die slothoofstuk: ``erens in die land, agter die 109

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika bosse, veilig, het ek geweet, was die kind. Hy sou lewe. Doodkry sou hulle my nie.'' (p. 78)
posisie van vroue

4.3.3 In 'n postkoloniale era word die posisie van vroue (as subjekte wat voorheen benadeel is) skerp ondersoek. Bestudeer deel 3 (Mans kom van Mars, vrouens van Venus) en probeer bepaal watter genderkwessies in Die eerste lewe van Adamastor opduik.

AKTIWITEIT 4.5 Pla dit jou ook dat die vroue (deur albei groepe mans) as 'n ruilitem gesien word? Kan ons die vroue, vanwee hulle onderdrukte posisie in die samelewing, nie ook beskryf met die term die Ander nie? Dink na oor die tipering (d.w.s. beskrywing) van vroue as gemarginaliseerdes of onderdruktes. Brink skryf dikwels oor hierdie onderwerp en een van sy jongste romans Anderkant die stilte (2001) word byvoorbeeld gebaseer op die gruwelike eksploitasie van vroue in die voormalige Duitse kolonie van Suidwes (vandag Namibie).

taal: oraliteit en skrif

4.3.4 In studie-eenheid 2 is daar 'n uitgebreide verduideliking van die rol wat taal in postkoloniale gemeenskappe speel.

AKTIWITEIT 4.6 (1) Hoe oorbrug T'Kama en Khois hulle taalprobleem? Lees hoofstuk 12: Waarin 'n taalles in die wildernis begin. (2) Bring die onderstaande aanhaling in verband met die stelling dat taal mense bemagtig: ``Julle hoef nie te beduie nie'', het ek gese in die woorde wat die vrou my geleer het. ``Ek kan julle taal praat''. Met die was hulle dadelik vriendelik (p. 76). Ek het al genoem dat die novelle 'n raamvertelling is wat uit 'n omarmende vertelling en binneverhaal bestaan. In die binneverhaal (waarin T'Kama as verteller aan die woord is) word daar egter weer na ander verhale verwys, soos in hoofstuk 11: Waarin die storie van 'n buffel vertel word en 'n vuurvoel vlieg. ``This technique of circling back from the present to the past, of building tale within tale, and persistently delaying climaxes are all features of traditional narration and orature'', beweer Ashcroft & Tiffin (1989:184). In die novelle word daar dus gebruik gemaak van tipiese orale of mondelinge patrone wat eie is aan Afrikaletterkunde. Die interessante titels van die hoofstukke, waar daar elke keer 'n opsomming gegee word oor wat in die hoofstuk aan die bod kom, is weer 'n tipiese Westerse verteltegniek wat uit die Middeleeue dateer.
hibriditeit

orale literatuur: binneverhale

Die eerste lewe van Adamastor kan dus, op strukturele vlak, gesien word as 'n voorbeeld van vermenging (hibriditeit) waar Westerse en Afrikatradisies

110

Studie-eenheid 4 saamsmelt om 'n unieke postkoloniale produk te vorm. Die herskrywing van die Europese mites van Adamastor en Prometheus vanuit die perspektief van die Ander in Afrika is 'n verdere voorbeeld van sulke postkoloniale vermenging. Uit die paar aktiwiteite hierbo kan jy sien dat die werk van Brink uiters geskik is om te bestudeer as 'n voorbeeld van postkoloniale literatuur. Kan u aan ander postkoloniale aspekte dink wat dalk uitgelaat is?

4.4 SAMEVATTING
Om 'n vinnige oorsig van die eerste vier studie-eenhede tot dusver te kry, wil ek aanbeveel dat jy weer die kantaantekeninge asook sleutelterme /-konsepte nagaan. Dit is miskien 'n goeie selfevalueringsoefening om te kyk of jy 'n opstel oor postkoloniale literatuur kan skryf slegs met behulp van die inligting in die kantlyne. Besef jy nou, na bestudering van die eerste vier eenhede, dat tekste en kontekste in onvermydelike gesprek met mekaar tree? As jy dt kan insien, sal jy ook verstaan waarom ons 'n groot korpus eietydse Afrikaanse tekste kan tipeer as postkoloniale letterkunde. Ek vertrou dat jou kennismaking met hierdie tipe tekste sekere lewensinsigte kon verskaf wat jou sal toerus om beter te kan oorleef in ons ``verdwaalde land'' (om met Abraham Phillips te praat). Fiksie het immers 'n manier om die werklikheid rondom ons soms beter te beskryf as wat feite dit ooit kan doen.

4.5 SUMMARY
Die eerste lewe van Adamastor (translated as The first life of Adamastor) by Andre P. Brink (one of the major novelists in Afrikaans) is a sterling example of a typical postcolonial text: it succinctly documents the bloody colonial encounter between Africa and Europe by narrating an allegorical relationship between a Khoi chieftain (T'Kama) and a white shipwrecked woman (later named Khois). T'Kama's gigantic penis (which initially prevents a normal sexual relationship between the protagonists) becomes metaphorical of the problematic relationship between colonist (represented by Khois/Thetis) and colonised (T'Kama/Adamastor). The eventual conception of a child raises hopes of collaboration between Self and Other. In Chapter 1 (which acts as a frame for the rest of the narration), the narrator researches all the (literary) references to Adamastor and also relates the familiar myth: the black giant Adamastor falls in love with the white nymph, Thetis, but when he holds her in his arms, he transforms into a rock / the African continent and she becomes the sea that forever laps against his shores. Brink africanises the content of this myth by creating a ``new'' text depicting the first life of Adamastor as T'Kama (with Khois representing Thetis). This africanised version is then narrated in the remainder of the chapters and ultimately evolves into a postcolonial dialogue with history depicted through the eyes of the Other. The painting by Cyril Coetzee (also reproduced on the cover of this guide) is based on the text by Brink and, when viewed from left to right, reflects the 111

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika plot of Die eerste lewe van Adamastor. You must be able to explain the concept of intertextuality with reference to both the visual and written text. It is compulsory to read the relevant articles, brochures and interviews in your Reader (see the English texts in particular). Please ensure that you are able to identify and debate the postcolonial characteristics of Die eerste lewe van Adamastor as indicated in this study unit.

112

STUDIE-EENHEID

5
Oppas vir die lelike ene. Onthou, hy hou sy lyf jakkals, hy ken al die maniere om jou gerus te maak. Want hy lyk tog so baie soos jy self. (Miles 1991:13).

Kroniek uit die doofpot (J. Miles): 'n narratiewe aanklag teen die ou Suid-Afrika

5.1 INLEIDING
Indien jy op 4 Maart 1997 die Beeld langs jou stomende koppie oggendkoffie sou oopslaan, sou die volgende berig oor die verhore van die Waarheid-enVersoeningskommissie (WVK) jou dalk opgeval het:

113

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika

doel van die WVK

Die Kommissie vir Waarheid en Versoening (herdoop as die WVK/Waarheiden-Versoeningskommissie) is na die 1994-verkiesing ingestel om onder leiding van 'n voorsitter, Aartsbiskop Desmond Tutu, gevalle van growwe menseregteskendings uit die apartheidsjare aan te hoor en 'n volledige verslag daaroor op te stel: ``an intensely illuminating spotlight on South Africa's past'', aldus Krog (1997:viii). Die doel was enersyds om te besluit of die oortreders amnestie (d.w.s. kwytskelding) moes kry vir hulle wandade, maar andersyds ook 'n poging om sake wat hopeloos te lank in die doofpot gestop / verswyg is, in die openbaar te onthul. Die kommissie moes dus in die proses die siviele waardigheid van apartheidslagoffers herstel en aanbevelings doen oor moontlike vergoeding of reparasie 'n aspek wat steeds nie na behore afgehandel is nie. Andre P. Brink, met wie jy alreeds in studie-eenhede 1 en 4 van hierdie deel kennis gemaak het, het destyds aangevoer dat dit futiel is om die Nuwe SuidAfrika te probeer verstaan sonder die WVK. Antjie Krog ('n ander bekende naam uit studie-eenheid 2) het in die tydperk as joernalis vir die SABC verslag gedoen oor die WVK-verhore en haar verslaggewing het later fiktief beslag gekry in die bekende Country of my skull (1998), wat sedertdien verfilm is met Juliette Binoche in die hoofrol.

Country of my skull : Krog

114

Studie-eenheid 5
Kroniek uit die doofpot gebaseer op feite soos weergegee in Beeld-berig hierbo

Jou voorgeskrewe roman, Kroniek uit die doofpot (ook in Engels vertaal as Deafening silence) is volgens die outeur, John Miles, gebaseer op 'n werklike, kontroleerbare insident uit die apartheidsera en vertel 'n skokkende verhaal van moordbendes en polisiekorrupsie wat uiteindelik ook voor die WVK gedraai het. Die bostaande Beeld-berig (``WVK hoor hoe polisielede kollega gewurg, doodgeskiet het'') verwys spesifiek na hierdie geval. Die veelbekroonde roman is in 1991 (na die ontperking van die ANC, maar nog voor die vrylating van Mandela) uitgegee deur die alternatiewe uitgewer, Taurus en het die Afrikaanse leserspubliek tussen die oe getref. Vandag klink gevalle soos hierdie miskien oorbekend, maar destyds was inligting oor die polisiemoordbendes, die BSB (Burgerlike Samewerkingsburo) en Vlakplaas nog in uiterste geheimhouding gehul. Tumelo John, die fiktiewe karakter wat ooreenkomste vertoon met die vleesen-bloed Richard Motasi, was 'n eens-lojale polisieman wat tydens die apartheidsbewind 'n siviele eis vir aanranding teen een van sy offisiere ingestel het nadat hy as gevolg van die voorval doof geword het in sy linkeroor. 'n Verhaal ontvou van eindelose botsings met die burokrasie, voortdurende viktimisasie deur kollegas, korrupsie, verraad en uiteindelik moord. Maar die roman handel terselfdertyd ook oor die verteller ('n verhaalkarakter wat 'n skrywer is) se pogings om die ontstellende gebeure te boekstaaf. Net soos wat die WVK dus aan alle verontregtes stem gegee het, net so bevoorgrond 'n postkoloniale teks soos Kroniek uit die doofpot die diskoers van die onderdrukte; die gewone burger tussen ``die kake van 'n opvreetmasjien'' (Miles 1991:16).

5.2 WAAR EN HOE BEGIN EK LEES?


AKTIWITEIT 5.1 (1) Voordat jy by hoofstuk 1 van die roman begin lees, wil ek he dat jy eers met 'n valkoog na die titel, voorblad en al die inligting op agterblad, flapteks en binneblaaie moet kyk. Is dit nie maar dieselfde proses wat jy volg wanneer jy 'n boek wil uitneem of aanskaf nie? (2) Watter verwagting skep die voorblad by jou? (3) Wat se die titel Kroniek uit die doofpot vir jou? Gebruik 'n verklarende woordeboek as jy vasbrand. Dink jy nie ook dat die Engelse vertaling van die titel (Deafening silence) eweneens veelseggend is nie? (4) Wat dink jy van die outeur se aanspraak dat dit 'n polisieroman is? Wat verwag jy wanneer jy die genretipering sien? (5) Lees nou ook die inligting op die agterblad. (6) Aan wie is die roman opgedra? (7) Lees die twee motto's. (8) Sien jy dat die hoofstukke in die inhoudsopgawe in pare ingedeel is? (9) Het die naamlys jou ook opgeval? (10) Lees nou die roman en probeer om al die leidrade waarna hierbo verwys is, in verband te bring met die inhoud. Jy kan ook toegang verkry tot 'n video in die Oudiovisuele afdeling van die Unisabiblioteek met dieselfde titel as die Engelse vertaling: Deafening silence. 115

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika (11) Lees die resensie/boekbespreking deur Roos (`` 'n Boek oor 'n gewone mens'') wat in jou leesbundel vervat is. In deel 1 het jy geleer dat die leesaktiwiteit onder andere behels dat jy soos 'n speurder verbande moet kan le tussen verskillende leidrade; dat jy eers al die kolletjies met mekaar moet verbind om die volledige prentjie te kan kry. Kan jy nou, na voltooiing van die aktiwiteit hierbo, insien dat dinge soos byvoorbeeld die titel, voorblad, agterblad, motto's, opdrag, genretipering en ander betekenisgewende newetekste (soos die naamlys) eintlik sleutels is waarmee ons die teks verder kan oopsluit? Voordat jy dus nog 'n woord van hoofstuk 1 gelees het, is daar alreeds genoeg leidrade wat jy kan ontrafel en opvolg om, by wyse van spreke, die moord te begin oplos.

hou jou lyf altyd speurder wanneer jy lees

5.2.1 Voorblad, binneblad en agterblad


houtsneewerk deur Elza Botha

Om meer inligting oor die voorblad van enige teks te verkry, moet jy die inligting op die binneblaaie (soms selfs op die agterkant van die titelblad) nagaan. Jy sal in hierdie geval sien dat die onderstaande afbeelding wat op die voorblad/buiteblad (ook die bandontwerp genoem) verskyn, 'n houtsneewerk van Elza Botha (voorheen getroud met Miles) is:

116

Studie-eenheid 5 Die gesig wat uitgebeeld word is totaal vermink en waar die voorkop en oe normaalweg sou wees, verskyn daar slegs 'n donker leegte wat soos 'n gapende kopwond lyk. Dit wil voorkom asof die gesig afgesak het en die verwringing of afwesigheid van ore, oe, neus en mond skep die indruk dat alle sintuie soos gehoor, sig, reuk en spraak aangetas is en/of onfunksioneel geword het: die gesamentlike effek is een van algehele verontmensliking; selfs verdierliking. Stem jou observasie ooreen met myne?
verband tussen kunswerk en romaninhoud

Hoe kan ons nou die kunswerk in verband bring met die romaninhoud? Sou ons kan se dat 'n onregverdige en onderdrukkende stelsel altyd die potensiaal het om almal (sowel slagoffers as oortreders) te verontmenslik, te vermink en te verwond? Dat gewone mense onder sulke verskrikkende omstandighede alle rede verloor en horende doof asook siende blind word? Die opvallende ooreenkomste tussen die houtsneewerk en die houtbeeld (getiteld Blinde kop) wat Tumelo John in Mutare aangeskaf het, mag jou ook nie ontglip nie. Herlees die volgende aanhalings: ... 'n vier keer gewone grootte menskop uit een of ander swarthout: dik opgeswelde bolip, groot neusvleuels en 'n lang, lee holte by die oe wat dwarsdeur die neusbrug loop (p. 74). Hy kyk na die Zimbabwe-houtbeeld. 'n Blinde staar vorentoe. Vandag lyk dit asof daar woede opgekrop sit agter die opgeswelde bolip. Nou is die kop nie sommer blind nie. Gebreklik, ja, maar uitdagend (p. 128). Hy sien hoe die dowwe naglig die ooggate van die Afrikakop veel groter laat lyk. Doodstil staar dit in sy eie binnekant. Hy mag dalk blind wees, maar mens kan sien hy vergeet niks nie; soos hy daar staan, onthou hy alles (p. 129). Herlees ook hoofstuk 24 (veral pp. 348349) waarin die kop- en gesigswonde van Tumelo John in detail beskryf word. Stem die beskrywings van sy beserings nie onthutsend ooreen met die uitbeelding op die voorblad nie? Snap jy nou dat die voorbladontwerp en die teksinhoud voortdurend met mekaar in gesprek tree? Gaan jy akkoord daarmee dat die teks en beeld as intertekste mekaar sodanig aanvul dat dit ons leeservaring verryk?

agterblad

Op die agterblad of op die flapteks (indien die teks 'n los buiteblad of omkapsel/flap het), kry ons meer inligting oor die skrywer, sy oeuvre, foto's, vermelding van bekronings, uittreksels uit resensies asook loktekste waarin die essensie van die roman aangedui word. Help hierdie addisionele informasie jou om sin te maak van die roman?

5.2.2 Titel, genretipering en opdrag


titel: in en uit die doofpot

In die inleiding het ek alreeds gesuggereer dat die titel verband hou met 'n situasie waar feite doelbewus verswyg en selfs weggesteek word. Om iets in die doofpot te stop, is 'n bekende Afrikaanse idioom wat dui op die verswyging, geheimhouding of toesmeerdery van sekere sake; die uitdoof 117

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika van inkriminerende inligting soos wat maar alte dikwels tydens apartheid die geval was. Wanneer iets dan uit die doofpot gehaal word, word dit juis rugbaar gemaak en die titel voorspel dus 'n onthulling, openbaarmaking en dokumentering (soos in 'n kroniek) van sekere ongerymdhede. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gee die volgende verklaring van 'n kroniek: `` 'n verhaal van gedenkwaardige gebeurtenisse, chronologies gerangskik''. Klop dit met die inligting in die roman? Die Engelse titel Deafening silence is treffend omdat dit aspekte van swye en geheimhouding suggereer, maar terselfdertyd ook na letterlike en figuurlike doofheid verwys.
'n polisieroman met 'n verskil

In deel 1 het jy geleer dat die woord genre na 'n bepaalde tekstipe verwys. Die outeursaanspraak en genretipering van polisieroman in die subtitel het destyds nogal wye bespreking uitgelok en Roos (1991:84) verduidelik dat die tipering (roman policier in Frans) ooreenstem met konvensionele beskrywings van die speurroman (detective novel) wat weer terugverwys na die Latynse stam detegere (om die bedekking weg te neem; om te onthul) sien u weer die assosiasie met die titel? Die skepping van 'n outentieke konteks met naamlyste van polisielede, ruimtelike beskrywings van die Hammanskraalse polisiekollege, aanklagkantore, polisiebarakke asook 'n plot waarin polisiemanne die verhaalkarakters is, bevestig die vermoede dat ons 'n speurverhaal kan verwag. Maar Miles ondermyn die verwagting wanneer dit blyk dat die polisie (die ``Mag'' in die volksmond) hierdie keer nie die moorde oplos nie, maar dit self pleeg en dan toesmeer. Van Vuuren (1991:56) noem dit tereg `` 'n misdaadroman of `polisieroman' met 'n verskil''. Om sake verder te kompliseer, verwys die term ``roman'' per definisie na fiksie, terwyl die inhoud hier duidelike raakpunte met 'n werklike gebeurtenis vertoon.

opdrag

``Vir Tshidiso'', lui die opdrag voorin. Het u opgelet dat die veertienjarige skoolseun wat die WVK-verhoor luidens die Beeld-berig bygewoon het, ook die naam van Tshidiso dra? Die afleiding wat ons nou hieruit kan maak, is dat Miles die teks opgedra het aan die oorlewende seun van die polisieman op wie hy losweg sy verhaal gebaseer het.

5.2.3 Motto's, naamlys en inhoudsopgawe


motto's

'n Motto is 'n aanhaling wat voor in 'n teks geplaas word omdat dit 'n bepaalde dimensie van daardie teks op 'n unieke manier belig, beklemtoon en selfs vooruitloop. Miles sluit twee sulke motto's in: `` 'n moorddossier word nooit gesluit nie'' (woorde wat toegedig word aan ene Generaal Jaap Joubert) en ``die liggaam is 'n abbavel'' (uit 'n Tswana-pryslied). In die Naskrif (pp. 357358) word dokumente wat lyk op oorspronklikes ingesluit, onder andere 'n brief van Kolonel YY van die Bophuthatswanapolisie aan Craig Byron (Tumelo John se prokureur) waarin verklaar word dat hierdie spesifieke moorddossier wel gesluit word (anders as wat die motto skynbaar in die vooruitsig stel). Dit is eers met agternakennis van die WVKgetuienis dat ons met 'n sug van verligting besef dat 'n moorddossier (al is dit vir alle praktiese doeleindes gesluit en in die doofpot gedruk) nie noodwendig vir ewig gesluit kan en sal bly nie. Roos (1991:84) verklaar die pryslied-motto soos volg: ``die hele kroniek is 'n optekening van hoe verganklik en vervangbaar die individu is''; 'n abbavel is

118

Studie-eenheid 5 dus iets waarin ons bloot tydelik gedra word en dis ook veelseggend dat Tumelo John se geskiedenis in 'n geel Checkers-sakkie rondgedra word. Ek het in die onderafdeling hierbo vlugtig verwys na die naamlys, waarin al die karakters se name soos by die rolverdeling in 'n dramateks uiteengesit word. Watter afleidings maak jy, met die kennis wat jy oor die dramagenre in deel 1 verwerf het, hieruit? Klink die stem van die skrywer-karakter op die een verhaalvlak (sien bespreking hieronder) nie baie soos die kommentaar wat die koor in 'n klassieke tragedie verskaf nie? In die inhoudsopgawe word die onderskeie hoofstukke telkens in pare gegroepeer en 'n deurlees van die roman bevestig die bestaan van twee bane of verhaalvlakke. In die hoofstukke met ongelyke nommers (1, 3, 5, ens.) word die biografie / lewensverhaal van Tumelo John chronologies vertel vanaf sy jeugjare (rondom 1952) in die Vrystaatse dorpie Senekal tot by sy moord op 30 November 1987 in Temba naby Hammanskraal. Die hoofstukke met gelyke nommers (2, 4, 6 ...) weerspieel weer die navorsing van 'n verhaalkarakter en verteller wat self ook 'n skrywer is terwyl hy die verhaal van Tumelo John uit prokureursleers rekonstrueer. In die ``skrywershoofstukke'' word daar veral klem gele op die feit dat die skrywer-karakter sy verbeelding moes gebruik om die feite te versin: ``Ek gaan oral so inmeng dat my brousel so deurmekaar sal lyk soos die werklikheid self.'' As jy noukeurig lees, sal jy opmerk dat elke baan / verhaalvlak die gebeure in daardie spesifieke reeks chronologies (d.w.s. in tydsvolgorde) aanbied soos in 'n kroniek.

dramakonvensies: sien deel 1, studie-eenheid 5

inhoudsopgawe voorspel twee verhaalvlakke

5.3 LEIMOTIEWE
Weet jy wat 'n leimotief is? Bestudeer weer studie-eenheid 3 waar die leimotiewe van die dol hond en dom koei bespreek is. Gebruik ook die kennis wat jy oor die prosateorie in deel 1 verwerf het, om sekere leimotiewe (beelde wat betekenisvol herhaal word ten einde kohesie en koherensie aan die verhaal te verleen) in Kroniek uit die doofpot te identifiseer. Hoe vergelyk jou notas met myne hieronder? Van Vuuren (1991:56) bevestig dat die roman ``deurgekomponeer [is] rondom sentrale motiewe, soos feitlik geen ander Afrikaanse roman wat ek ken nie.''

'n leimotief is 'n herhalende beeld wat sin en samehang aan die verhaal verleen: sien deel 1, studie-eenheid 3.2.4.2(e)

119

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika AKTIWITEIT 5.2 Vul self die ontbrekende gedeeltes in. Beeld (a) ore, gehoor, doofheid, tinnitus, stilte (b) oe, sig, blindheid (c) droogte, wind en stof (d) kleipot en potskerwe (e) houtbeeld (f) honde (g) ............................. (h) ............................. (i) ............................. Bladsynommers 19, 21, 23, 39, 235, 264 .................................... 21, 23, 60, 68, 86, 95, 109, 156, 187, 265, 330 .................................... 74, 128, 129 .................................... .................................... .................................... .................................... Verklaring ....................................

.................................... naderende onheil, bedreiging van die aarde, tradisies verwonding, verminking .................................... .................................... .................................... ....................................

5.4 POSTKOLONIAAL?
Soos wat jy deur die verskillende studie-eenhede in hierdie deel gevorder het, het jy sekerlik sterk onder die indruk gekom van die verweefdheid tussen tekste en kontekste. In studie-eenheid 1 is die opmerking gemaak dat daar 'n Waarheid-en-Versoeningskommissie in die eietydse Afrikaanse letterkunde voltrek word. Geld hierdie stelling nie ook, en veral, vir Kroniek uit die doofpot met sy sterk dokumentere inslag nie? Die roman bied immers, soos vele ander postkoloniale Afrikaanse tekste, 'n sosiaal-kritiese blik op die gewetenlose wandade wat veral in die laat tagtigerjare agter die skerms in die naam van apartheid gepleeg is: dit word sodoende 'n ernstige aanklag teen die ou Suid-Afrika. Oliphant (1992:28) verwys ook na die ``rumblings of a profound ethical conflict'' wat onder die romanoppervlakte skuil. Deur die optekening en ontmaskering van hierdie magsvergrype, rassisme en brute geweld word ons as lesers gedwing om nooit daarvan te vergeet nie en kan ons maar net hoop dat die geskiedenis nie herhaal word nie. Meen jy nie ook dat die verhouding tussen Self en Ander asook verbande tussen sake soos geskiedenis, plek en identiteit skerp onder die soeklig kom in die roman nie? 120

aanklag teen die ou SuidAfrika

Studie-eenheid 5
gewone burger uitgelewer aan 'n sisteem

Feitlik al die kritici vermeld Tumelo John se posisie as doodgewone landsburger wat vergruis en wesenlik benadeel word deur 'n voortknarsende sisteem (``opvreetmasjien'') waar die individu slegs 'n nommer is: ``T.J. Moleko was die spreekwoordelike gewone mens wat gedink het die lewe is 'n vuurtjie om jou by warm te maak en met vuur kan jy maar speel''. Korreleer die fokus op benadeeldes en gemarginaliseerdes nie direk met die agenda van postkoloniale literatuur nie? In sy resensie wys Oliphant (1992:28) op die ``attentiveness to indigenous orature''. Dink maar hier byvoorbeeld aan die talle wyshede van Tumelo John se oupa en ander familielede. Die oupa waarsku deurentyd teen die Groot Geneuk en die aanhaling wat aan die begin van hierdie studie-eenheid as motto gebruik is, verteenwoordig ook sy wyse raad. Bybelse sentiment (soos die van 'n splinter in die eie oog wat nie raakgesien word nie) word byvoorbeeld in verafrikaniseerde vorm gegiet: ``Die bobbejaan sien wonderlik goed, jy sal sweer hy kyk net mooi niks mis nie, maar die holte van sy eie oog, dit sien hy nie.'' (p. 25) Verskillende waardestelsels en kulture kom voorts aan bod en Kroniek uit die doofpot voldoen dus op byna alle vlakke aan die eise van postkolonialiteit.

oraliteit: wyshede van die oupa

AKTIWITEIT 5.3 (1) Henriette Roos se resensie, `` 'n Boek oor 'n gewone mens'' het alreeds in aktiwiteit 5.1 ter sprake gekom. Lees nou verder ook die volgende resensies / boekbesprekings in jou leesbundel: . ``Magistrale polisieroman'' (Helize van Vuuren 1991) . ``This is Miles' masterpiece'' (Andries Oliphant 1992) . ``Story of policeman's miserable life and death is the murder docket of a nation'' (Ampie Coetzee 1997) . ``Deafening Silence'' (Thengani Ngwenya 1997) (2) Skryf jou eie resensie vir 'n Afrikaanse dagblad oor Kroniek uit die doofpot en konsentreer veral op die postkoloniale aard van die roman. Verduidelik ook watter aspekte van die teks jou die naaste aan die hart le. Dis miskien sinvol om aan die einde van 'n deel terug te verwys na aansprake wat heel aan die begin gemaak is. Dink jy nie ook dat die motto wat in die oorsig aangehaal is (naamlik dat transformasie soms ``a wound, a deep wound, an amputation, bloodshed'' is) straks die essensie van Kroniek uit die doofpot verwoord nie?

5.5 SUMMARY
In Study unit 1 the thesis is posed that contemporary Afrikaans literature has become the new Truth and Reconciliation Commission (TRC): by narrating, documenting and revealing past atrocities and crimes against humanity, the civil dignity of ordinary citizens (like Tumelo John) is thus ``restored''. Kroniek uit die doofpot (Deafening Silence) by John Miles is the fictional account of an incident where the protagonist, a black policeman named 121

Deel 2: Eietydse tekste 1: saam in Afrika Tumelo John (resembling a certain Richard Motasi in real life) dies at the hand of the notorious murder squads. Despite a suspect closure of the undetected docket by the police (in this case the perpetrators), evidence of the real incident involving Motasi was eventually heard by the TRC in 1997 (see the newspaper clipping from Beeld). Various narrative devices (like stock motifs, titles, intertexts, generic conventions, motto's, etc.) were highlighted in this study unit as clues that can enable a reader to make sense of this story. Reviews (in both Afrikaans and English) by prominent literary critics will hopefully further empower you to read the novel as postcolonial literature.

VERWYSINGS
Appiah, K. 1974. In my father's house. Londen: Routledge. Ashcroft, B., Griffiths, G. & Tiffin, H. (reds.) 1989. The Empire writes back: theory and practice in post-colonial literatures. Londen: Routledge. Ashcroft, B., Griffiths, G. & Tiffin, H. (reds.) 1995. The post-colonial studies reader. Londen: Routledge. Aucamp, H. (red.) 1997. Wys my waar is Timboektoe: 'n persoonlike reis deur Afrika. Kaapstad: Tafelberg. Bosman, P.J. 2001. Nag van twee vroue. In Ferreira, J (red.). Kruis en dwars: 37 nuwe stories oor Suid-Afrika. Pretoria: J.L. van Schaik. Brink, A.P. 1988. Die eerste lewe van Adamastor. Kaapstad: Saayman & Weber. Brink, A.P. 1992. Op pad na 2000: Afrikaans in 'n (post)koloniale situasie. Tydskrif vir Letterkunde 29(4):1112. Cloete, T.T. (red.) 1992. Literere terme en teoriee. Pretoria: HAUM-Literer. Coetzee, A. 1997. Story of policeman's miserable life and death is the murder docket of a nation. Sunday Independent, 19 Oktober. De Vries, A.H. (red.) 1996. Eeu. Honderd jaar Afrikaanse kortverhale. Kaapstad: Tafelberg. Ferreira, J. (red.) 2001. Kruis en dwars: 37 nuwe stories oor Suid-Afrika. Pretoria: J.L. van Schaik. Foster, R. & Viljoen, L. (reds.) 1997. Poskaarte: beelde van die Afrikaanse poesie sedert 1960. Kaapstad: Tafelberg. Goosen, J. 1986. 'n Kat in die sak. Pretoria: HAUM-Literer. Gouws, T. & Roodt, P.H. 1992. Granaat. 50 eietydse essays. Pretoria: Jutalit. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108/1996. John, P. 1998. Afrikaans literature and (metropolitan) postcolonial theory: interrogations from the margin. Journal of Literary studies 14(1/2):1835. King, L. 1999. Die beach. In Willemse, H. (red.) Die stukke wat ons sny. Kaapstad: Kwela Boeke. Krog, A. 1985. Jerusalemgangers. Kaapstad : Human & Rousseau. Krog, A. 1995. Gedigte (19891995). Groenkloof: Hond. Krog, A. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House. Krog, A. 2002. Met woorde soos met kerse. Kaapstad: Kwela Boeke. Lessing, C. 1999. Brink-Adamastor leef op Coetzee-doek. Beeld, 25 Februarie:12. Mbeki, T. 1996. Ek is 'n Afrikaan. Beeld, 9 Mei:17. Meintjes, G. 1998. Postcolonial imaginings: an exploration of postcolonial tendencies in Andre Brink's prose oeuvre. Journal of literary studies 14(1/2):166193. 122

Studie-eenheid 5 Miles, J. 1991. Kroniek uit die doofpot. Taurus: Johannesburg. Mokgoro, Y. 1998. Ubuntu and the law in South Africa. In: The African Renaissance. Johannesburg: Konrad-Adenhauer-Stiftung:4953. Ngwenya, T. 1997. Deafening silence. Alternation 5(1):271273. Nieuwoudt, S. 1999. Afrika-renaissance: groot opgewondenheid, maar baie vrae. Beeld, 20 Maart:12. Oliphant, A. 1992. Swart literatuur in Suid-Afrika. In: Cloete, T.T. (red.) 1992. Literere terme en teoriee. Pretoria: HAUM-Literer. Oliphant, A. 1992. This is Miles' masterpiece. Weekly Mail & Guardian, 24 30 Januarie. Olivier, M. & Lemmer, E. 1998. The South African Constitution as a postcolonial document: redefining universal values. In: Europe and Africa: a progressive partnership. Johannesburg: Konrad-Adenhauer-Stiftung. Oyegoke, L. 1998. The dynamics of postcoloniality in literature: an African perspective. Journal of literary studies 14(1/2):717. Roos, H. 1991. 'n Boek oor 'n gewone mens. De Kat: Oktober:84. Roos, H. 1996. Daarom letterkunde, daarom Afrikaanse letterkunde. Pretoria: Unisa. Roos, H. 2004. Die Afrikaanse prosa (19972002). In Van Coller, H. (red.). Perspektief en profiel 3. Pretoria: J.L. van Schaik. Scheepers, R. 1990. Die ding in die vuur. Pretoria: HAUM-Literer. Senekal, J. 1988. Boeiende eksperiment van Andre Brink. Rapport, 7 Augustus:15. Skrywers beswaard oor Afrikaner-debat. 1999. Beeld, 23 Maart:2. Slabber, C. 1992. Poppie herleef in verdwaalde land. Rapport, 16 Augustus:18. Smit, K. 1998. Oor ubuntu in Suid-Afrika sal nog baie besin moet word. Rapport. Universiteitsargief, Universiteit van die Witwatersrand. 1999. T'KamaAdamastor. Van Coller, H. (red.) 2004. Perspektief en profiel 3. Pretoria: J.L. van Schaik. Van der Merwe, C.N. & Viljoen, H. 1998. Alkant olifant: 'n inleiding tot die literatuurwetenskap. Pretoria: J.L. van Schaik. Van Heerden, E. 1988. Dol hond. In: Die bruid en ander verhale. Pretoria: HAUM-Literer. 6475. Van Heerden, E. 1991. Op weg na Afrika: Afrikaanse literatuur as Afrikaliteratuur. Tydskrif vir Letterkunde 29(2):916. Van Niekerk, A. 1992. Saam in Afrika. Kaapstad: Tafelberg. Van Niekerk, A. 1998. Die onbekende Afrika: Ons lewe op die periferie van 'n bestaan wat ons nie ken nie. Tydskrif vir Letterkunde XXXVI(3):513. Van Vuuren, H. 1991. Magistrale polisieroman. Die Suid-Afrikaan, September:34. Vladislavic, I. 2000. T'Kama-Adamastor. Inventions of Africa in a South African painting. Johannesburg: Witwatersrand University Press. Willemse, H. (red.) 1999. Die stukke wat ons sny. Kaapstad: Kwela Boeke. Williams, P. & Chrisman, L. (reds.) Colonial discourse and post-colonial theory: a reader. New York: Harvester Wheatsheaf.

123

Deel

Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus Linde Beer en Rialette Wiehahn

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus

INHOUD Studie-eenheid
OORSIG 1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.4.1 1.4.2 1.4.3 1.5 1.6 2 2.1 2.1.1 2.1.2 2.2 FOKUS OP ONS STUDIETERREIN Waarom lees ons stories? Waarom herlees ons sommige stories? Wat is ons studietema? Watter kernbegrippe gaan ons gebruik? Gender: waarom gebruik ons die begrip? Stereotipes Ideologie Watter interpretasie- en lewensvaardighede gaan ons aanleer? Summary

Bladsy
128 129 129 129 130 130 130 133 134 135 136 137 137 137 139 140 140 143 144 144 144 150 151 152 152 152 152 153 153 154 155 157 157 162 162 164 164 164 165 165 170 170 172

IN DIE BEGIN: GENDERSTEREOTIPES IN DIE LITERATUUR Hoe is genderstereotipes in die Westerse literatuur gevorm? Die sprokie Die Bybel Genderstereotipes en basiese ideologie in die vroee Afrikaanse literatuur 2.2.1 Die ideologie van die volksmoeder 2.3 Summary 3 3.1 3.2 3.3 3.4 4 4.1 4.2 4.2.1 4.2.2 4.2.3 4.2.4 4.2.5 4.3 4.4 4.5 4.6 5 5.1 5.1.1 5.1.2 5.1.3 5.1.4 5.1.5 5.2 126 TRADISIONELE GENDERROLLE ONTMASKER Volksmoeder-ideaal uitgedien Eietydse kortverhale: alternatiewe genderrolle Feminisme Summary GENDERROLLE HERDEFINIEER Terugblik na studie-eenheid 3 Homoerotiek: 'n oorsig van die kwessies Seksuele identiteit Omkering van tradisionele rolle of meer? Gay-stereotipes en gesinswaardes Gay-narratiewe Bloedbande en heelwording 'n Oorsig van homoerotiese literatuur in Afrikaans Eietydse homoerotiese verhale Die politiek van seks Summary GENDER: 'N NUWE BEDELING Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) Inleidend Algemene kommentaar oor aktiwiteite Opstelonderwerpe Seksualiteit in Karolina Ferreira Transformasie in Karolina Ferreira Twee Vroue (Elsa Joubert)

Inhoud

Studie-eenheid
5.2.1 5.2.2 5.2.3 5.3 5.4 Inleidend ``Pampas'' ``Klooster'' Slot Summary

Bladsy
172 172 175 177 177 177

VERWYSINGS

127

OORSIG
Die studietema wat ons in deel 3 gaan oorweeg en verken is: die identiteit van die vrou en die man en die verhoudings tussen hulle, soos dit in die eietydse literatuur neerslag vind. Ons benoem hierdie onderwerp met die kritiese term gender, 'n resente perspektief op lewe en letterkunde, wat aktueel, problematies, kontroversieel en vir ons almal van belang is. Die problematiek van gender is altyd implisiet teenwoordig in elke literere teks. Tog bly dit meestal onopgemerk of verswyg deur lesers, vanwee hulle gedeelde aannames en vooroordele oor die ``ware'' identiteit van man en vrou. Wanneer ons 'n verskeidenheid literere tekste vanuit die kritiese perspektief van gender ondersoek en ontleed, verwerf ons sowel nuwe interpretasievaardighede as insigte in die samelewing se lewenshoudings en -waardes. Genderkritiek verskaf as 't ware 'n addisionele lens, wat ons in staat stel om nuwe vrae aan 'n literere teks te stel en ander vlakke van teksinterpretasie te ontdek. Die nuwe Suid-Afrika is 'n demokrasie met 'n Grondwet waarvan 'n menseregtekultuur die hoeksteen vorm. Dit verskans die regte van alle mense, met inbegrip van geslag, en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Gelykheid van genderrolle kan egter nie bereik of bevorder word omdat 'n grondwet bestaan wat diskriminasie belet nie. Sodra ons bewus word van genderkwessies in die tekste wat ons lees, word ons gekonfronteer met aktuele en diepgaande morele kwessies en word ons verplig om weer te besin oor die manier waarop mense die samelewing maak en ons eie aandeel daaraan. In deel 3 gaan ons die volgende sleutelvrae bespreek: . Hoe is genderstereotipes en basiese ideologie in die Afrikaanse literatuur gevorm? . Op watter maniere ondermyn die eietydse Afrikaanse literatuur geykte stereotipes van die man en die vrou? Die kernbegrippe wat ons gaan gebruik is: gender stereotipes ideologie manlike chauvinisme seksisme misoginie volksmoeder paternalisme feminisme homoerotiek die politiek van seks genderdiskoers patriargie

128

STUDIE-EENHEID

Fokus op ons studieterrein


Die meeste literatuurstudente lees van nature graag die een of ander soort storie vir plesier, terwyl hulle soms oorreed moet word om 'n gedig of 'n essay te lees.

1.1 WAAROM LEES ONS STORIES?


Op hierdie vraag is daar seker talle antwoorde. Kom ons oorweeg 'n paar moontlikhede. . Ons lees spannende speurverhale om uit te vind wie die moordenaar is en hoe hy of sy vasgetrek word. . Ons lees romantiese liefdesverhale om uit te vind of die jong verliefdes verenig word. (``Kry'' die kerel sy droommeisie?) . Ons lees leersame stories om ons kennis oor 'n spesifieke belangstelling (rugby, historiese gebeure, loopbane soos die van onderwyser, verpleeg ster, polisieman/-vrou) aan te vul. AKTIWITEIT 1.1 Dink na oor die soort storie of stories wat jy die graagste lees en die rede(s) vir jou besluit. Skryf jou antwoord neer. Oorweeg solank die volgende vraag: herlees jy soms stories?

1.2 WAAROM HERLEES ONS SOMMIGE STORIES?


Die moontlikhede wat hierbo genoem is (kyk 1.1), is normale en geldige redes waarom ons lus kry om stories te lees. Sulke oorwegings berus op lesers se natuurlike behoeftes aan lewendige verbeeldingsvlugte of nuttige inligting. Maar is dit sulke behoeftes wat ons aanspoor om party stories te herlees? Sodra ons nuuskierigheid oor die uiteinde van die spannings- of liefdesverhaal bevredig is, of sodra die verlangde inligting ingewin is, word 'n tweede lees van die storie immers oorbodig. Daarom noem literatuurkenners soos Brooks en Warren (1959:XIIXIII) ons moontlike redes vir lees (by 1.1) ``threshold interests'', of drumpelbelangstellings, wat lesers kan lok om 'n storie te begin lees, maar nie tot herlees lei nie. In handleidings by die literatuurstudie word gewoonlik gese dat 'n literere teks se eintlike betekenis en waarde vir ons as lesers deur twee onafskeidelike sake bepaal word: die insig wat dit bied in die mens en sy lotgevalle, en die 129

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus besondere manier waarop mens en wereld in die literatuur voorgestel word. Elize Botha (Grove & Botha 1976:54) stel hierdie gedagte soos volg: Dit is naamlik enersyds wel waar dat 'n literere werk ('n verhaal, 'n roman, maar ook, sekerlik, 'n drama en 'n gedig) so geskryf kan wees dat dit ons tot 'n sekere insig in die wereldbestel, in die aard van die mens, in ``die beloop van die lewe'', bring ... . (D)aar moet nog iets bygese word, en dit is: dat dit in 'n verbeeldingswerk ('n literere werk) ook en in net so 'n belangrike mate daarom gaan dat daar 'n geheelbeeld geskep sal word wat in al sy onderdele saamwerk om die uiteindelike insig teweeg te bring (kursief van Botha). As dosent kan ek getuig van 'n klein galery Afrikaanse romans wat ek herlees omrede romankarakters wat, op die wyse van die literatuur, vir my insigte in die verwikkelde aard van menswees besorg, figure soos: Bart Nel, Poppie Nongena, Tumelo John Moleko en Karolina Ferreira (in u voorgeskrewe roman deur Lettie Viljoen).

AKTIWITEIT 1.2 As student beskik jy reeds oor heelwat kennis van fiktiewe karakters wat jy deur medium van die literatuur, rolprente, televisie- of radiodramas ``ontmoet'' het. Oordink hierdie ondervindings. Kies een karakter of meer, wat 'n blywende indruk op jou gemaak het en oorweeg die redes vir jou besluit. Skryf jou bevindings neer.

1.3 WAT IS ONS STUDIETEMA?


Ons studietema is wel deur en deur betrokke by betekenisvolle insigte in ``die aard van die mens'' en ``die beloop van die lewe'' wat literere tekste aan ons as lesers bied, maar hier gaan dit nie oor die sogenaamde ``algemene'' of ``universele'' mens nie. In die brandpunt van ons belangstelling staan die identiteit van die vrou en die man en die verhoudings tussen vrou en man soos dit in die eietydse literere tekste neerslag vind. Ons noem hierdie tema gender, 'n resente kritiese perspektief op lewe en letterkunde, wat aanleiding gee tot die nuwe vakgebied genderstudies, 'n dissipline wat by ons, soos in die buiteland, toenemend veld wen.

1.4 WATTER KERNBEGRIPPE GAAN ONS GEBRUIK?


Die eerste kernbegrippe wat ons gaan gebruik, word hier verhelder. Hulle is gender, stereotipes, ideologie, manlike chauvinisme en seksisme.

1.4.1 Gender: waarom gebruik ons die begrip?


Myra Jehlen (1995:263) begin haar essay oor die teoretiese grondslag van gender soos volg: 130

Studie-eenheid 1 (I)n most Indo-European languages and in others, gender is not necessarily correlated with sex. This ... specification underlies the choice of ``gender'' over ``sex'' as the critical term that designates sexual identity and its associated characteristics. ... (T)he argument implicit in analyzing literature from a ``gender'' perspective is that sexual identity is not ``necessarily correlated with sex''; in other words, that biological sex does not directly or even at all generate the characteristics conventionally associated with it. Culture, society, history define gender, not nature. Kom ons herformuleer die hoofgedagtes in bostaande sinryke aanhaling in Afrikaans. Ons gebruik die kritiese term gender, eerder as ``geslag'' of ``seks'', omdat ons daarmee te kenne gee dat die identiteit van vrou en man bepaal word deur die kultuur, samelewing en geskiedenis wat hulle gevorm het, eerder as die feit van die biologiese seks waartoe hulle hoort. ``Gender is a question of nurture, and not nature'', is Jehlen (1995:264) se pittige verwoording van hierdie prinsipe. Wanneer ons romans vanuit genderperspektief betrag, besef ons dat individuele manne- en vrouekarakters se hoedanighede, gewoontes en optrede nie die direkte gevolg is van die blote biologiese feit van hulle geslag nie, maar wel eiesoortige refleksies is van kulturele, sosiale, historiese idees. So is dit gesteld met romankarakters wat my bybly (kyk 1.2). Bart Nel, die trotse en onversetlike boer, verloor deur sy deelname aan die Rebellie van 1914 alles behalwe sy eie innerlike waardes. Poppie en Tumelo John beleef albei ontsaglike lyding onder die apartheidstelsel, maar kan as unieke enkelinge niks teen die veronregting doen nie. Die eietydse wetenskaplike Karolina Ferreira, 'n geemansipeerde maar onvervulde vrou, word reisiger onderweg na haar eie soort geestelike heling.

AKTIWITEIT 1.3 Lees die volgende koerantartikel. Skryf jou antwoorde op die daaropvolgende vrae neer. (1) In die artikel noem Sakkie Spangenberg verskeie wetenskaplike feite omtrent vroue en mans wat nie aan die skrywers van Die Bybel bekend was nie. Haal voorbeelde aan uit die artikel. (2) Hoe het hierdie `gelofies' aanleiding gegee tot 'n siening van die vrou as minderwaardig ten opsigte van die man? (Kyk weer na die opskrif van die artikel.) (3) Hoe voel jy oor hierdie onderskeid?

131

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus

``Toe vroue nog halwe mans was''


Jy's g'n 'n ketter as jy Bybel binne sy konteks lees
het oor sy stelling dat die aarde om die son wentel nie? Was dit nie die kerk wat die afskaffing van slawerny aanvanklik heftig teengestaan het en nou sloer met die besluit oor homoseksuele lidmate nie? Was dit nie die gereformeerde kerke in Suid-Afrika wat ware demokrasie ondermyn het met hul steun aan die apartheidsregering nie? is dit nie priesters wat kinders molesteer nie? Die Duitse navorser Karlheinz Dreschner het onlangs 'n werk gepubliseer met die titel Kriminalgeschichte des Christentums. Dis 'n vyfbandige geskiedenis van die kerk se wandade. Wanneer 'n mens sulke boeke lees, laat jy jou kop as Christen in skaamte hang. Die geskiedenis van die Christendom lyk maar bedroef. Dis nie een wat oorloop van roemryke dade nie. Maar watter godsdiens het wel so 'n geskiedenis? Maar kom ons keer terug na Craffert se artikel. Die kritiek op sy artikel is deels te verstane. Weinig lidmate word blootgestel aan die nuutste navorsing op die terrein van die Bybelwetenskappe. Voorts lees baie lidmate die Bybel in vertaalde vorm en is hulle nie bewus van die geweldige gaping tussen ons leef- en kenniswereld en die van daardie mense nie. Hulle lees dit dikwels anachronisties, kultuuronsensitief en deur die bril van die kerkleer. Die mense wat in daardie eeue geleef het, het byvoorbeeld nie geweet dat vroue ovuleer en daarom menstrueer nie. Hulle het nie geweet dat vroue 'n 50%-aandeel het in die verwekking van kinders nie. In hul kenniswereld was vroue halfvoltooide mans. Slegs mans was volgens hul oortuiging ware en volmaakte mense en dus beelddraers van God. Vroue is slegs sekonde re beelddraers, want hulle is beelddraers van mans (vergelyk 1 Kor. 11:7). Die feit dat vroue maandeliks gebloei het, was vir godsdiensleiers 'n onverklaarbare verskynsel. Eintlik afstootlik en angswekkend. Daarom is vroue tydens hul menstruele periode onrein verklaar. Daardie mense het ook nie geweet van semen en spermselle nie. Wanneer 'n man en 'n vroue gemeenskap gehad het, het hy volgens hul oortuiging ``melk'' aan haar gegee. Sy moes hierdie ``melk'' veilig in haar buik bewaar sodat dit ``dikmelk'' en uiteindelik ``kaas'' kon word. Hierdie ``kaas'' is die mens in embrionale vorm (vergelyk Job 10:10-11 in die 1953vertaling. Wanneer ons die verhale oor Jesus se maagdelike verwekking lees (Matt. 1:1825, Luk. 1:26-38), moet ons dus weet dat daardie vertellers nie oor moderne mediese kennis beskik het nie. Hulle het niks geweet van vroue se hormone en ovaria en hoe hul liggame funksioneer nie. Daarom het hulle ook geglo dat gode seuns (nooit dgters nie!) by vroue kan verwek. Seuns wat so verwek is, was besonderse mense. Hulle bestaan het vir die res van die gemeenskap heil of onheil, voorspoed of ongeluk gebring. In die Ou Testament is daar 'n verhaal van gode wat seuns by vroue verwek het. Die seuns het onheil vir die res van die gemeenskap gebring (vergelyk Gen. 6:17). Die verhale van Jesus se verwekking staan teenoor daardie verhaal. Jesus bring heil selfs meer as keiser Augustus, van wie ook vertel word dat hy deur 'n god verwek is. Wanneer mense Bybelverhale kultuursensitief lees, kom hulle dikwels tot ander gevolgtrekkings as mense wat die verhale deur die bril van die kerkleer lees. Dit sal 'n kwade dag wees as kerke eersgenoemde lesers sonder meer as ketters brandmerk.

Godsdiens-aktueel Sakkie Spangenberg

`O

p soek na God ... buite die kerk? Ek glo 'n aantal lesers sal hierdie opskrif herken. Dis die titel van Annes Nel se jongste boek wat in 2003 deur LuxVerbi.BM gepubliseer en aan alle NG predikante gestuur is. Hoekom? Sodat hulle kan kennis neem van sy navorsing. Hy was immers self 'n predikant en die besorgdheid wat hy verwoord, suig hy nie uit sy duim nie. Die kritiek van Gerhard Griesel (Beeld, 29 Desember) en Cloete Myburgh (Beeld, 7 Januarie) op die artikel van Pieter Craffert oor Jesus se maagdelike geboorte (Beeld, 24 Desember) het my aan hoofstuk 10 van Annes se boek herinner. Dit dra die titel ``Hier is almal nie welkom nie ...'' Volgens hom beleef heelparty mense die kerk as 'n gemeenskap waar jy nie kritiese vrae mag vra nie en waar jy net welkom is as jou seksuele orientasie strook met die meerderheid lidmate s'n. As dt waar sou wees van die kerk, dan moet 'n mens vra of die kerk wel 'n goeie instelling in die samelewing is. Die kerk bevorder nie mense se geestesgesondheid nie en ondermyn die vooruitgang van wetenskap en demokrasie is 'n klag wat 'n mens dikwels hoor. Om bewyse te vind, is nie moeilik nie. Was dit nie die kerk wat Galileo Galilei veroordeel

``Godsdiens-aktueel'', Beeld, 26 Januarie 2004

male chauvinist: man showing excessive loyalty to other men and prejudice against women (The Concise Oxford Dictionary)

Ja, bogenoemde soort denke getuig van manlike chauvinisme oftewel mans se vooroordeel teen vroue, tot skade en nadeel van die vrou. 'n Bekende chauvinistiese grappie Hoekom het vroue kleiner voete as mans? Om nader aan die wasbak te kan staan maak dit duidelik dat daar 'n sekere vasgestelde rol aan die vrou toegeken word: die van huisvrou. Indien dit jou kwaad gemaak het, besef jy nou dat genderkritiek meermale tot konfrontasie, meningsverskil en lewendige debat tussen lesers aanleiding kan gee.

132

Studie-eenheid 1

1.4.2 Stereotipes
Die uitvoer van aktiwiteit 1.3 het jou reeds aan die begrip stereotipes bekendgestel. Die oorbekende tradisionele genderstereotipes wat die grond slag van bostaande raaisels vorm, kan so saamgevat word: Die man is die heerser oor die vrou wat, as sy ondergeskikte, ``haar plek moet ken'' en slegs een begeerte behoort te koester om te voorsien in die behoeftes, begeertes en belange van die man. Oorweeg die betiteling van deel 3: Mans kom van Mars, vrouens van Venus. Dit is die titel van John Gray se blitsverkoper, 'n ``handleiding vir geslaagde man-vrou-verhoudings in die negentigerjare''. Jy het seker besluit dat genderrolle ook hier gestereotipeer word. Mars is immers die Romeinse god van Oorlog en Venus, die Romeinse godin van Liefde. Gray handhaaf en versterk stereotiepe genderrolle deur sy oortuiging dat gehoorsaamheid aan sulke stereotipes gelukkige samesyn waarborg. Wat beteken die begrip stereotipes? 'n Stereotipe is 'n metaalplaat wat vir drukwerk gebruik word. Met een plaat kan duisende identiese afdrukke gemaak word. So ook, bestaan daar geen individuele verskille tussen 'n samelewing se opvattings oor ``ander'' kategoriee mense (vrou of man, etniese en godsdienstige groepe) nie. 'n Stereotiepe opvatting word deur Van der Merwe (1994:2) soos volg omskryf: It is a simplistic view, shared by members of a social group, transmitted from generation to generation and propagated by the mass media; it contains a simplistic distinction between ``right'' and ``wrong'', reflecting and confirming the cultural and ideological expectations of the group; it is the expression of lovehate feelings towards the self and the other.

AKTIWITEIT 1.4 Soek in 'n koerant of tydskrif na 'n advertensie, spotprent, strokie of berig wat mans of vroue of albei stereotipeer. Stel jou antwoorde op die onderstaande vrae op skrif. (1) Beskryf noukeurig die aard van die stereotipe(s) in jou voorbeeld. (2) Beskryf jou reaksie op sulke stereotipering. 'n Voorbeeld is die baie algemene ``dom blondine''-grappies, soos die volgende: Hoekom neem die blondine 'n baal hooi bed toe? Om haar nagmerrie te voer. Daar is egter ook grappies of strokies oor die `onderdrukte' of miskende man wat deur 'n sterk vrou onder die duim gehou word. Lees maar die Hagar strokies vir talle voorbeelde. Dit sou dan vroulike chauvinisme illustreer. 133

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus

1.4.3 Ideologie
Tussen stereotipes en ideologie bestaan daar 'n noodwendige samehang. Dit is die ideologie van 'n man-gesentreerde samelewing wat die grondslag vorm van die genderstereotipes wat ons in aktiwiteit 1.3 en 1.4 teegekom het. Soos 'n stereotipe, verteenwoordig ideologie die vaste idees van 'n groot sosiale groep, is dit simplisties van aard en onderskei dit tussen volslae teenoorgesteldes: ``reg'' en ``verkeerd'', ``sterk'' en ``swak'', ``slim'' en ``dom''. Sulke idees lei, soos die H.A.T. ons herinner, ``tot starheid, onversetlikheid van denke of optrede''. Die interafhanklikheid tussen stereotipes en ideologie illustreer Van der Merwe (1994:3) met die volgende beeld: ``An ideology is like a building, giving protection against the outside dangers; whereas stereotypes are the `bricks' used to erect the building.'' Ondanks ideologie en sy saamlopende stereotipes se verset teen verandering, verander die stereotipes tog met verloop van tyd, omdat die gemeenskap se waardes verander. Die volgende studie-eenhede sal jou daarvan bewus maak dat tradisionele genderstereotipes en basiese ideologie, wat aanvanklik deur vroee Afrikaanse tekste gehandhaaf is oor die jare genuanseer is en uiteindelik deur eietydse Afrikaanse literatuur bevraagteken, ontluister, ondermyn en verwerp word. AKTIWITEIT 1.5 Hoe is dit gesteld met genderverhoudings in die nuwe Suid-Afrika? Lees die onderstaande koerantberig waarin 'n man 'n oproep doen om 'n ondersoek na seksisme in eie geledere ... Dink goed na oor die gestelde vrae en skryf jou antwoorde neer. (1) Dink jy as man of vrou, op grond van eie ondervindings, dat seksisme steeds 'n probleem is in die eietydse Suid-Afrika? Waarom?
sexism: prejudice or discrimination against people (esp women) because of their sex (The Concise Oxford Dictionary)

(2) Het jy vrede met so 'n persepsie van ons samelewing? Is jy as man of vrou bereid om onder die las van sulke seksisme gebuk te gaan? Dink jy so 'n toedrag is eties verdedigbaar?

Seksisme onder Afrikanermans


In sy rubriek van 22 Julie in Beeld raak J.P. Landman 'n belangrike kwessie aan. Hy stel dit so aan die orde: ``Hoeveel robuuste selfondersoek en kritiese evaluering vind in Afrikaanse (en veral wit Afrikaanse) geledere plaas?'' Die vraag kan op minstens twee maniere beantwoord word. Aan die een kant vind daar inderdaad baie selfondersoek en kritiese evaluering plaas. Hiervan getuig die indrukwekkende boeke wat die laaste jare uit Afrikaanse penne verskyn het, soos Frederik Van Zyl Slabbert se Afrikaner Afrikaan, Hermann Giliomee se The Afrikaners, Karel Schoe-

134

Studie-eenheid 1
man se Die laaste Afrikaanse boek en Z.B. du Toit se Die nuwe toekoms. Hiervan getuig ook die robuuste Afrikanse debatte wat gevoer is of word oor diensplig, regstellende aksie, versoening, godsdiens, taal en so meer. `Hoof van die huis' Die ander antwoord wat op Landman se vraag gegee kan word, is dat daar nog veels te min selfondersoek en kritiese evaluering plaasvind. In 'n voordrag oor interne demokrasie in Mei 2000 op die beraad waar die Groep van 63 gestig is, het ek onder meer verwys na godsdienstige onverdraagsaamheid, rassisme en seksisme as voorbeelde van ondemokratiese praktyke in die Afrikaanse gemeenskap. Enige van die, asook ander voorbeelde, kan van nader beskou word, maar hier staan ons miskien stil by die seksisme van Afrikaner-mans. Heelwat navorsing is al hieroor gedoen, maar uit my onmiddellike kring kan ek talle voorbeelde gee. Ek weet van drie professionele Afrikanervroue van in die 30 en 40 wat onlangs geskei het of besig is om te skei. Een se man het haar daarvan beskuldig dat sy 'n ``lesbier'' is; die tweede moes hoor dat haar man die ``hoof van die huis'' is en dat sy sal inval by sy opdragte; en die derde moes haar werk gedeeltelik prysgee en te alle tye verslag oor haar bewegings doen. Hierbenewens ken ek verskeie vroue wat onder bloedskande, verkragting of geweld aan die hand van Afrikanermans deurgeloop het. Daar is soms veral vroue wat oor die skokkende toedrag van sake skryf. Maar daar is veels te min mans wat se: ``Nee, ons is nie so nie en om 'n man te wees is onlosmaaklik van respek teenoor vroue en kinders.'' Kruipende vrees Meer sulke standpunte deur veral Afrikaanse mans sou deel kon wees van die selfondersoek en kritiese evaluering wat Landman vra. Dit sal egter nie genoeg wees nie as ons werklik 'n einde aan seksisme en ander ondemokratiese praktyke in ons gemeenskap wil maak. Eerstens sal ons moet vra na die redes waarom interne demokrasie nog so gebrekkig onder ons is en tweedens watter oplossings daarvoor bestaan. Afgesien van die feit dat die Afrikaanse gemeenskap 'n geskiedenis van 'n beperkte interne demokratiese kultuur het, het die koms van die nuwe bedeling dit vererger. Twee belangrike kwessies is ter sprake, naamlik die verlies aan politieke mag en die verlies aan gemeenskapsinstellings. Wat die verlies aan politieke mag betref, het Afrikaners 'n belangrike tree vorentoe geneem deur af te sien van minderheidsoorheersing. Maar die feit bly dat hulle hulself daarmee aan 'n groot historiese skok onderwerp het slegs die Anglo-Boereoorlog het moontlik dieselfde omvang gehad. Die gevolg hiervan is 'n kruipende vrees wat manifesteer in emigrasie, politieke apatie en voorstedelike paranoia, maar ook die einste godsdienstige onverdraagsaamheid, rassisme en seksisme waarna hierbo verwys is. Wat die verlies aan gemeenskapsinstellings betref, is dit bekend dat Afrikaanse universiteite verengels, Afrikaanse skole drasties verminder en so meer. Die enigste gemeenskapsinstelling waaroor Afrikaanssprekendes nog beheer het, is hul historiese kerkgenootskappe vandaar ook die onbereidheid om oop gesprekke in ons kerke te begin. Balans is nodig Die gevolg hiervan is op sy beurt dat veral wit Afrikaners al hoe meer op hul eie aangewese is, in hul private wereld terugtrek en hervorming in hul instellings verbete keer. Hoe kan die probleem opgelos word? Die eerste oplossing is om bestaande Afrikaanse instellings nuwe vorm en inhoud te gee. Afrikaners behoort groot erns daarmee te maak om demokratiese waardes deel van hul skole en kerke te maak. Die wyse waarop Solidariteit 'n verkrampte vakbond toenemend in 'n progressiewe drukgroep verander, is 'n voorbeeld van wat gedoen kan word. Die tweede oplossing le in nuwe gemeenskapsinstellings en groter politieke outonomie. Daar is vandag geen gemeenskapsinstellings waarin Afrikaanssprekendes hul verskille onderling kan uitpluis of hul standpunte na buite stel nie. Ook is veral Afrikaanssprekendes uitgelewer aan die politieke oormag van die meerderheid en behoort meganismes op staatkundige vlak geskep te word om hul belange te erken en 'n balans met meerderheidsbelange na te streef. Word dit nie gedoen nie, sal ons nie by die kritiese selfondersoek en evaluering waarom Landman pleit, uitkom nie, want 'n `beleerde' gemeenskap kan nie besin nie. . Rossouw is lid van die werkkomitee van die Groep van 63. Beeld, 9 Julie 2003

1.5 WATTER INTERPRETASIE- EN LEWENSVAARDIGHEDE GAAN ONS AANLEER?


Deur die uitvoer van die aktiwiteite in hierdie studie-eenheid is jy reeds opgeskerp om die voorkoms van genderkwessies in die eietydse media raak te sien en is jy gelei om genderstereotipes en hulle onderliggende ideologie te herken. Daarmee is jy reeds op die spoor gebring van 'n proses van kritiese lees wat hierna vir jou nuwe interpretasievaardighede van literere tekste sal aanleer. Die klein versameling kernbegrippe wat gebruik en verhelder word, gaan jou in staat stel om 'n sinvolle ``gesprek'' oor genderkwessies te voer, om met ander woorde die basiese terminologie van 'n genderdiskoers aan te leer. 135

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus Genderkritiek sal verg dat jy rekenskap gee van jou eie morele waardes en die van die samelewing waarin ons leef. AKTIWITEIT 1.6 Vir die belangstellende student (opsioneel) Ons kan net in die verbygaan die term ``diskoers'' verder verduidelik. Ons kan praat van 'n ``diskoers'' van seksualiteit, 'n ``diskoers'' van waansin of 'n ``diskoers'' van kriminaliteit, volgens Michel Foucault. Elk van hierdie areas is 'n voorbeeld van hoe menslike gedrag in verskillende tydvakke gevorm is deur 'n spesifieke woordeskat en kennis. Diskoerse soos die mediese diskoers, die regsdiskoers of die psigiatriese diskoers dien spesifieke belange, en oefen mag en kontrole uit oor mense. Foucault kyk bv. na die diskoers van waansin en sien hoe kennis van die verskynsel gebruik is as magsinstrument oor diegene wat geetiketteer is as ``waansinnig''. Taal tree in sulke gevalle op om die belange van sekere sektore van die samelewing te bestendig, deur mense (die ``waansinniges'') op 'n sekere manier te konstrueer. Dis egter ook so dat elke diskoers nie net mag nie, maar ook die potensiele weerstand teen magsmisbruik inhou. Peck en Coyle (1993:142) se: ``The power which is inscribed in discourse is shadowed by resistance to that power which is also inscribed in the discourse.'' Kan jy dink aan spesifieke maniere waarop bv. 'n diskoers van seksualiteit (steeds) in religieuse en kulturele instellings in Suid-Afrika vandag werksaam is? (Dalk kan jy kyk na 'n openbare debat in die pers en op die internet oor ``gay Christene'' of ``gay huwelike''. Of kyk na die mediese diskoers soos dit sigbaar word in die kwessie van HIV/VIGS, bekostigbare antiretrovirale middels, en aktivisme?)

1.6 SUMMARY
In this study unit we introduced the terrain of study to you. We looked at possible reasons for reading or rereading texts, noting the concept of ``threshold interests''. We formulated our theme of study as gender the identity of woman and man and their relationships, as these find their way into contemporary literary texts. We defined gender as the critical term designating sexual identity, and postulated that biological sex does not generate the characteristics conventionally associated with it. Sexual identity is rather a result of the culture, society and history which form us. Certain terms associated with the gender discourse were introduced and illustrated in activities: chauvinism, stereotypes, ideology, sexism and the concept of discourse itself.

136

STUDIE-EENHEID

In die begin: genderstereotipes in die literatuur


Die ideologie van gender is die grondslag van feitlik alle menslike denke. Daarom is dit nie verbasend nie dat vaste idees oor die rolle en gedragspatrone van man en vrou in die begin reeds ingebed is in oeroue geskrifte wat die hoeksteen vorm van ons Westerse kultuurerfenis die sprokie en die Bybel. In hierdie studie-eenheid gaan ons genderrolle ondersoek en ondervra: . soos dit in antieke tekste vasgele is . soos dit in die ontluikende Afrikaanse literatuur aan die begin van die twintigste eeu 'n besondere gestalte aanneem So 'n vlugtige terugblik is nodig. Dit hou ons, as lesers, op ons hoede vir genderstereotipes wat in skynbaar ``onskuldige'' ouer geskrifte skuilgaan. Boonop kom ons, deur 'n kyk op die verlede, tot die besef van maniere waarop eietydse Afrikaanse literatuur afsien van geykte genderstereotipering om alternatiewe rigtings betreffende die verkenning van genderkwessies in te slaan.

2.1 HOE IS GENDERSTEREOTIPES IN DIE BEGIN VAN DIE WESTERSE LITERATUUR GEVORM? 2.1.1 Die sprokie
We continue to enjoy this harmless pastime of telling classical fairy tales to our children not realizing the possible harm of harmlessness Jack Zipes (1983) Literere sprokies, soos gestileer en saamgestel deur Charles Perrault in die 17de-eeuse Frankryk en die Gebroeders Grimm in Duitsland van die 19de eeu, oefen steeds 'n diepgaande invloed op kinders en grootmense dwarsoor die Westerse wereld uit. Met die opkoms van die massamedia is klassieke sprokies, meestal op soetlike wyse, in elke denkbare vorm gekommersialiseer. Sprokies is inderdaad 'n antieke genre wat aktueel bly. Van nature dra die meeste mense sprokies op onnadenkende en onkritiese wyse aan kinders oor. Die algemene opvatting is dat sprokies ``skadelose'' vermaak verskaf of 'n aantreklike manier is om slaaptyd aan te kondig. Van die begin af was die doel van sprokies juis ook om kinders te stig, deur morele lesse en sosiale sedes aan hulle oor te dra. Eietydse bevraagtekening van die ``beskaafde'' norme, waardes en gedragskodes wat sprokies voorhou, 137

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus onthul egter 'n donker sy: sprokies is so gemanipuleer dat hulle genderstereotipes as rolmodelle by dogters en seuns inprent om hulle aan die vereistes te laat voldoen van 'n man-gedomineerde samelewing.

AKTIWITEIT 2.1 Lees die volgende twee tekste, wat vir jou afgedruk is in die leesbundel, aandagtig deur. (1) Die sprokie van Rooikappie, vertaal deur Andre P. Brink. (2) Johan Degenaar se kort essay oor ``Die politiek van seks in Rooikappie''. Beantwoord die onderstaande vrae na aanleiding van die essay: (2) (a) Wat was die hooftaak van intellektuele in die 17de eeu met betrekking tot kinders? (b) Waarom word daar gese dat ``die beskawingsproses (van kinders) ook 'n onderdrukkingsproses impliseer''? (c) Hoe word die tema beskryf wat in sprokies voorkom? (d) 'n Sleutelparagraaf in die essay is die slotparagraaf op bladsy 44. Som die hoofgedagtes daarin op. (e) Wat is die hoofgedagte in sowel die Rooikappie-sprokies van Perrault as die Gebroeders Grimm? (f) Wat verstaan ons onder die frase: ``die politiek van seks''? (g) Watter weergawe van Rooikappie word deur die Afrikaanse vertaling gevolg die van Perrault of die van die Grimm-broers? Degenaar vat die tema van sprokies so saam:
Degenaar: vroue is mooi en mans is intelligent

``Vroue is mooi en mans intelligent.'' Die van julle wat 'n aantal sprokies ken, sal weet dat die ideale ``deugde'' wat voorbeeldige sprokieshelde en -heldinne besit, heelwat meer as dit is. Zipes (1983:2331) verdeel Perrault se vroegste sprokies in twee afsonderlike groepe op grond van gender: die waarin vroue die hooffigure is, en die waarin mans die hoofrolle speel. Die resultaat is soos volg: Hooffigure Doringrosie (of: Die Skone Slaapster) Die Gestewelde Kat Aspoestertjie Riek-met-die-Pol Die Fee Duimpie Hiermee wil Zipes uitwys dat die ``voortreflike'' eienskappe (en by Vroue Mans

138

Studie-eenheid 2 implikasie die stereotiepe genderrolle) wat aan vroue en mans in die sprokieswereld opgele word, ingrypend verskil.

AKTIWITEIT 2.2 Lees enige een van bostaande sprokies in 'n beskikbare versameling. Identifiseer al die ``voortreflike'' eienskappe van die hoofkarakter as rolmodel en skryf hulle neer. Ondersoek ook die gedragspatrone van die hoofkarakter se teenstander(s). Skryf hulle neer.

Het jy agtergekom dat dit juis die ``ongeoorloofde'' eienskappe is wat by die hoofkarakters se negatiewe teenspelers (soos Aspoestertjie se lelike susters; Duimpie se dom broers) voorkom? Beskou jy nog sprokies as bloot ``skadelose'' vermaak, of is jy opgeskerp om voortaan die ou sprokies, vanuit genderperspektief, krities te lees?

2.1.2 Die Bybel


Die vorige twee aktiwiteite het jou laat besef dat genderstereotipes doelbewus deur sprokieskrywers gebruik is om kinders te onderrig oor hulle ``plek'' in die samelewing. Met die Bybel is dit heel anders gesteld.
patriargie: die sosiale en ideologiese onderdrukking van vroue ten gunste van mans (Mieke Bal 1987:6)

Die Nederlandse letterkundige Mieke Bal (1987) opper ernstige bedenkings oor die manier waarop Bybelverhale in die Christelike Westerse kultuur genterpreteer is deur oorwegend manlike eksegete. Ondanks tallose verskillende interpretasies van die Bybel, onthul sy ``die dominante lesing''. Dit is die oorheersing van man-gesentreerdheid in die vertolking van die hoogs invloedryke Bybelverhale, wat die onderdrukking van Bybelse vrouefigure en die onderskatting van hulle betekenis in die Bybel as geheel meebring. In haar opwindende alternatiewe interpretasies van bekende Bybelse liefdesverhale, betrek Bal voortdurend bestaande teksverklarings wat seksisties en patriargaal is. Sy weerle die ideologie van manlike dominansie wanneer sy demonstreer dat sulke lesings nie vanselfsprekend is en hoegenaamd nie van die problematiese en veelduidige Bybelverhale afgelei kan word nie.

AKTIWITEIT 2.3 (1) Lees Genesis 2 en 3 oor Adam en Eva, die eerste liefdesverhaal in die Bybel, wat afgedruk is in die leesbundel. (2) Skenk besondere aandag aan Paulus se interpretasie van die antieke Hebreeuse skeppingsmite en sy siening van die vrou (1 Timoteus 2:11 15): 'n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het. Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en 'n heilige lewe, en daarby beskeie bly. 139

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus Bal (1987:104130) argumenteer teen hierdie lesing en beskou dit as regverdiging van misoginie (vrouehaat). In ons tyd maak die Westerse samelewing aanspraak op die ontwikkeling van respek vir gelyke genderregte en die emansipasie van die vrou. 'n Mens sou derhalwe 'n evolusie in Bybeluitleg verwag, van seksistiese interpretasie na 'n meer gelykwaardige beeld van die eerste mensepaar. Dat dit nie gebeur het nie, is vir Bal 'n teken van die huidige stand van genderideologie. Hoe aktueel die genderkwessie van die vrou se rol in die kerk vandag nog is, word bewys deur besluite van agtereenvolgende sinodes en soms heftige polemieke in die briewekolomme van die dagbladpers oor die vrou in die ampte (diaken, ouderling en predikant). Die oopstelling van die diakensamp vir vroue van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het die voorblad van Beeld (17 Januarie 2003) gehaal. Oor die ander ampte is daar geen besluit geneem by daardie sinode nie. Uit die bespreking was dit duidelik ``dat dit algemeen in die GKSA aanvaar word dat die man binne die huwelik die leiding moet neem''. Hierdie vertrekpunt skep klaarblyklik probleme vir die beantwoording van vrae in verband met die vrou in die sogenaamde regeerampte van ouderling en diaken in die kerk. Dis ook 'n tameletjie om Paulus se ``swyggebod'' in verband met vroue in die gemeente in 1 Timotheus 2 (sien weer aktiwiteit 2.3) te interpreteer in hierdie verband.

AKTIWITEIT 2.4 Lees die berig `` 'n Mens loop vooroor om weg te steek dat jy vrou is'' deur Neels Jackson in die leesbundel. Dit handel oor Annalie Steenkamp Nel wat meer as tien jaar gelede haar teologiese opleiding voltooi het om predikant te word in die GKSA, maar nog steeds nie as predikant georden mag word nie. Beantwoord die volgende vrae: (1) Met watter genderstereotipes het Nel grootgeword en hoe het sy daaroor gevoel? (2) Hoe het vroue, volgens Nel, sulke stereotipes genternaliseer? (Wat glo vroue dikwels oor hulself?) (3) Hoekom reageer Nel ``met heilige hartseer'' op die jongste sinodebesluit rondom die vrou in die amp? (4) Dink jy so 'n hantering van vroue, gebaseer op Paulus se voorskrifte, is regverdig? (5) Let op die verwysings na ``feminisme'' in die artikel. Ons kom in studieeenheid 3 daarna terug.

2.2 HOE IS GENDERSTEREOTIPES EN BASIESE IDEOLOGIE IN DIE VROEE AFRIKAANSE LITERATUUR GEVORM? 2.2.1 Die ideologie van die volksmoeder
Ons sien haar wen, want haar naam is ... vrou en moeder. (Leuse van die kwartaalblad Vrou en Moeder, 1905) 140

Studie-eenheid 2 Rondom die begin van die twintigste eeu is 'n duidelike rol aan Afrikanervroue toegewys in die man-gemaakte Suid-Afrikaanse samelewing: die ideaal van die volksmoeder (Elsabe Brink 1990:273292). Hierdie rolmodel vir jong Afrikanermeisies was die doelbewuste konstruksie van manlike kultuurleiers, wat effektief bevorder is deur die ontluikende Afrikaanse literatuur. Die volksmoeder-ideaal is histories gegrond op die heldedade van Voortrekkervroue en Boerevroue tydens die Anglo-Boereoorlog (18991902). Na die oorlog is die ideologiese raamwerk van die volksmoeder in diens gestel van die opkomende Afrikanernasionalisme en uitdruklik gepropageer deur 'n nuwe generasie nasionalistiese politici. Die kernbegrip volksmoeder beteken dat die ideale Afrikanervrou nie alleen opgevat is as die hoeksteen van haar huishouding en gesin nie, maar ook as moeder van die Afrikanervolk. Die stereotipe van die volksmoeder, waarmee Afrikaanse vroue uit sowel die middel- as die werkersklas gedentifiseer het, het vir die vrou 'n goedgekeurde plek binne die man-gesentreerde nasionalisme gewaarborg. Deur haar rol as volksmoeder is die Afrikanervrou gedealiseer, selfs verheerlik maar ook begrens. Vroue is geloof, op voorwaarde dat hulle gehoor gee aan die voorgeskrewe rolmodel waarvan die fondament gevorm is deur die ideologiese kombinasie van nasionalisme, patriargie en Christenskap (Van der Merwe 1994:5052). Hierdie tradisionele genderrol is meermale geregverdig deur verwysings na die Bybel: Paulus se siening van die vrou (1 Timoteus 2:1115, hierbo aangehaal). Volksmoederskap is met 'n stel ideale eienskappe soos die volgende verbind: selfopoffering, patriotisme, godsdienstige toewyding, morele oortuiging, dapperheid, vryheidsliefde, deernisvolle naastediens. Die debuutbundels van Jan Celliers en Totius in 1908 het die AngloBoereoorlog as boustof en idealiseer die tradisionele genderrolle van die ``ware'' Afrikanerman en -vrou. Terwyl die man in hoofsaak as patriarg en patriot vereer is, tref ons gedealiseerde vroue van heel verskillende aard in die ontluikende Afrikaanse literatuur aan. Die onderskeie soorte vroueverering sal jy deur die volgende aktiwiteite self ontdek.

AKTIWITEIT 2.5 Lees die onderstaande gedig deur Celliers wat in Die vlakte en ander gedigte (1908) verskyn het. Skryf jou antwoorde op die daaropvolgende vrae neer. DIE BOERVROU Haar wese is erns; sy gaan haar weg in swye, gehoorsaam op die lange weg van lye Suid-Afrika, u moeder in haar wee wat aan die wereld 'n nasie gee. (1) Watter ideale eienskappe van die Boerevrou kom in die gedig voor? (2) Vind jy enige ooreenkoms tussen hierdie eienskappe en Paulus se opvatting van die vrou, soos hierbo aangehaal? (3) Soek na soortgelyke idealisering van die Afrikanervrou in 'n gedig van Celliers of Totius of vroee dramas soos Celliers se Heldinne van die 141

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus oorlog (1913) en Langenhoven se Die vrou van Suid-Afrika (1918). Haal jou voorbeeld aan. Die volgende aktiwiteit handel oor Gustav Preller se kortverhaal ``Lettie'', wat in 1907 verskyn het. Van hierdie verhaal oor die smarte van die AngloBoereoorlog bestaan daar uiteenlopende waardebepalings deur bekende Afrikaanse skrywers. Terwyl N.P. van Wyk Louw (1961:3132) bevind dat ``Lettie'' `` 'n uitstekende storie is'', wys Hennie Aucamp (1978:4345) op tekorte betreffende Lettie se optrede en die voorstelling van haar teenspeler, die Britse offisier. Louw en Aucamp se oordele is nie vanuit genderperspektief gevorm nie.

AKTIWITEIT 2.6 Lees die verhaal ``Lettie'' wat in die leesbundel afgedruk is. Dink goed na oor die onderstaande vrae en stel jou antwoorde op skrif. (1) Lewer noukeurig verslag van Lettie se voorkoms en geaardheid (par. 2) en die omstandighede waarin sy haar bevind (par. 3). (2) Ondersoek Lettie se optrede teenoor die Engelse offisier van sy aankoms af tot sy (haastige) vertrek. Hoe sou jy haar houding jeens die Engelse vyand beskryf? (3) Die Engelsman se gedagtes word deur die alwetende derdepersoonsverteller geopenbaar. Hy kontrasteer Lettie se gedrag met die van ander Boerevroue wat hy teegekom het. In watter opsigte verskil Lettie van hulle? (4) Die Engelse offisier word deurlopend uiters negatief, eintlik as 'n karikatuur, voorgestel. Aucamp beskryf hom as ``belaglik''. Gee voorbeelde van hierdie voorstelling. Oorweeg die moontlikheid dat die verteller doelbewus 'n volslae negatiewe voorbeeld gebruik (soos Aspoestertjie se lelike susters in die sprokie) om die aanvaarbare rolmodel (hier: Boerekrygsman en patriot) te propageer. Jy het seker ingesien dat vroueverering in albei bostaande tekste voorkom, maar dat verskillende vrouetipes daarin gedealiseer word. In Celliers se gedig tref ons die gehoorsame, deugsame volksmoeder aan. In Preller se verhaal vind ons 'n ander vorm van die ideale Boerevrou: sy is die aggressor, die ``kryger'' wat, ondanks vrees vir die vyand, in die afwesigheid van die Afrikanerman streng en gebiedend kan optree. Aucamp vind Lettie se optrede ``onverantwoordelik'', ``nie groots nie''. Indien hy egter vanuit genderperspektief ``die geval van Lettie'' gelees het, sou hy moes erken dat haar gedrag strook met 'n bekende en vereerde ideologiese rolmodel vir vroue in die vroee Afrikaanse lewe en literatuur. Hier vlak in die 21ste eeu lyk hierdie histories gegronde stereotipes van die Afrikanervrou en -man seker vir jou vreemd en ver verwyder van die eietydse lewe. Tog het sulke stereotipes in die eerste helfte van die 20ste eeu stewig gewortel gebly in die ideologie van Afrikanernasionalisme. In die werk van daaropvolgende generasies kritiese Afrikaanse (vroue)skrywers is daar op soek gegaan na alternatiewe genderrolle en identiteite vir vrou en man. 142

Studie-eenheid 2

2.3 SUMMARY
In this study unit we discussed how gender stereotypes were formed in Western literature. We found that gender roles had been inscribed in ancient texts like fairy tales and The Bible. In well-known and seemingly `innocent' fairy tales the underlying purpose has always been to teach children to adhere to and fit in with certain stereotyped roles dictated by a male dominated society. According to these roles men were superior in intelligence to women, while women were considered merely `pretty'. The Bible, or a certain reading thereof, also exercised a strong influence in this regard. The Creation account in Genesis 2 and 3 was interpreted by Paul to infer the priority of men above women, and this was used to establish an ideology of male dominance, patriarchy, and foster misogyny (the hatred of women). This is still a burning issue in the church in general, and in South Africa in some churches like the Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika women are still not allowed in the ministry or as elders. Finally we looked at the forming of gender stereotypes in early Afrikaans literature, and saw that two types can be distinguished: (a) the obedient, subservient type; and (b) the aggressive, brave type who would take on the role of her husband in crisis situations. Both types were venerated in early Afrikaans society and literature.

143

STUDIE-EENHEID

3
The difference between men and women, we can now see, is exactly that: difference, not signs of defects, damage or disease. We are not the second, but a seperate sex. (Kursief van skrywer.) Dianne Hales, Amerikaanse fisioloog, aangehaal in Time, (15 Maart 1999)

Tradisionele genderrolle ontmasker

3.1 VOLKSMOEDER-IDEAAL UITGEDIEN


Ons terugblik, in die vorige studie-eenheid, op genderstereotipes uit die verlede, laat ons opnuut besef dat gender-identiteit 'n historiese, sosiale en kulturele maaksel is (Jehlen 1995:263). Uiteindelik raak die gevestigde volksmoeder-stereotipe wat in die vroee Afrikaanse lewe en letterkunde 'n spesifieke politieke doel gedien het, oorbodig. Hierdie verandering is ook in die hand gewerk deur die Afrikaner se ruimer denke en veranderde lewenswaardes wat deur verstedeliking ingegee is. Oor hierdie ideologiese verskuiwing is Elsie Cloete (1992:48) se kommentaar: By 1961 (die jaar van Suid-Afrika se republiekwording RW), the Afrikaners had gained power beyond their wildest expectations. The volk was strong, powerful and rich. The volksmoeder had become redundant and she no longer had such a significant role to play in the upliftment of the Afrikaner. In studie-eenhede 3 en 4 gaan ons eietydse Afrikaanse literere tekste onder oe neem waarin moontlikhede ondersoek word van 'n nuwe identiteit vir die vrou, nadat haar tradisionele rol as patriargaal gedefinieer ontmasker is. Ons gaan ook kyk na die effek van magsverlies op tradisionele sienings van manlikheid sedert die politieke veranderinge en transformasie van die 1990's. Om alternatiewe genderrolle in die literatuur na te speur, fokus ons in hierdie studie-eenhede op 'n beperkte keur uit eietydse kortverhale.

3.2 EIETYDSE KORTVERHALE: ALTERNATIEWE GENDERROLLE


In drie baanbrekende resente versamelings saamgestel deur vroue staan vrouwees sentraal in verhale deur vroue wat ``intens ... soek'' (Aucamp) na die herevaluering en herdefinisie van genderrolle. 144

Studie-eenheid 3 AKTIWITEIT 3.1 Vind in 'n biblioteek die onderstaande drie versamelbundels wat almal in die jare negentig verskyn het. Titel Vrouevertellers: 18431993 Dogters van Afrika. Verhale oor SuidAfrikaanse vroue Samesteller Jaar 1992 Vrou: Mens. Verhale deur vroue oor vroue Corlia Fourie

Annemarie van Niekerk 1994 Riana Scheepers 1997

(1) Blaai die bundels deur om jou te vergewis van die enorme produktiwiteit van eietydse vroueskrywers op die gebied van die kortverhaal. (2) Lees Corlia Fourie se kort ``Voorwoord'' in Vrou: Mens aandagtig deur om jou te orienteer ten opsigte van die name van beduidende kontemporere vroueskrywers. Stel, na aanleiding van hierdie voor woord, 'n lys op skrif van die wye spektrum aktuele temas wat in kortverhale deur vroue aangesny word. Die eietydse kortverhale wat ons in hierdie studie-eenheid deur die kritiese lens van gender gaan ondersoek, is in die leesbundel vir jou afgedruk. Hulle is: Titel ``Wolf-se-vrou, mevrou doktor Wolf en me Wolf'' ``Eters anoniem'' ``Om jou dag in te kleur'' ``Die kukri'' Skrywer (Corlia Fourie) (Rachelle Greeff) (Alexander Strachan) (C. Johan Bakkes)

Twee van die bostaande verhale het die vrou as hoofkarakter, of handel oor die (wan)verhouding tussen vrou en man en stel die genderrolle van vrou en man, uitdruklik of versluier, aan die orde. ``Om jou dag in te kleur'' bevat afwisselend 'n `manlike' en `vroulike' perspektief op die bestaan op 'n klein kusdorpie. ``Die kukri'' kan beskou word as 'n ``macho'' teks vol `manlike' gesprekke, `bonding' en simbole, wat juis deur die afwesigheid van beduidende vroue iets `se'.

3.2.1 ``Wolf-se-vrou, mevrou doktor Wolf en me Wolf'' (Corlia Fourie)


Kom ons kyk na die opbou van die verhaalgeheel. Die subtitel van die moderne verhaal `` 'n Variasie op die Rooikappie-tema'' is vir ons die eerste teken dat hierdie verhaal 'n tekstuele sinspeling op die oeroue sprokie van Rooikappie is. Die verhaal is opgebou uit drie aaneengeskakelde variante van die sprokie, waarin seleksie, toevoeging en transformasie ten opsigte van die oerteks voorkom (Claes 1988:1314). In al drie segmente word Wolf se seksuele misbruik van Rooikappie geselekteer, 'n nuwe karakter in die gedaante van Wolf se vrou toegevoeg en die soeklig gerig op die reaksie van 145

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus die vrou op haar man, Wolf, se seksuele wangedrag. Die hele omgewing word deur die eietydse verhaal getransformeer: tyd en ruimte in die antieke sprokie word vervang deur 'n hipermoderne omlysting. Die verhaal gee, by wyse van drie selfopenbarende ek-vertellings, 'n geheelbeeld van drie uiteenlopende vrouetipes wat ons in die alledaagse samelewing raakloop. Dit lewer ook subtiele kommentaar oor sulke vroue se gedragspatrone en die magsverhoudinge tussen man en vrou.

AKTIWITEIT 3.2 (1) Herlees die sprokie van Rooikappie en Degenaar se essay oor ``Die politiek van seks in Rooikappie'', wat jy in studie-eenheid 2 leer ken het en albei in die leesbundel afgedruk is. (2) Lees Corlia Fourie se bogenoemde verhaal in die leesbundel aandagtig deur. Stel jou antwoorde op die onderstaande vrae op skrif. (3) Beskryf kortliks die drie volslae verskillende vrouetipes wat ons in die verhaal teekom. Let in die besonder op die aanspreekvorme wat aan hulle toegeken word in die verhaaltitel. (4) Hoe sou jy sy vroue se uiteenlopende reaksies op Wolf se seksuele vergryp beskryf? Probeer, ten slotte, om elkeen se optrede in 'n paar woorde saam te vat. (5) Die man (Wolf) word deurgaans ontmasker as gevaarlike seksuele jagter, soos in Degenaar (1992:4246) se uitleg van die sprokie. In die verhaal bly hy egter ongestraf, vanwee party eietydse vrouens se besluit om ``agter hul man te staan'' of mans wat die geledere teen vroue sluit. Hiermee word die betekenis van ``wolf'' in die omgangstaal geaktiveer. Slaan die figuurlike betekenis van ``wolf'' in 'n goeie Afrikaanse/ Engelse woordeboek na en skryf dit neer. (6) Twee van die vrouetipes in die verhaal word op speelse, ironiese wyse aan die kaak gestel. Wie is hulle? (Onthou ons term ``genternaliseerde stereotipe'' in aktiwiteit 2.4 hierbo.) Met die ander vrou van Wolf is dit nie die geval nie. Wie is sy? Ken jy vroue wat na jou mening, by hierdie drie vrouetipes inskakel? Dink solank verder, na aanleiding van die kortverhale wat ons in hierdie studie-eenheid ondersoek, oor die benaming feminis, 'n etiket wat soms tot stereotipering, verdenking, selfs kwaadpraat aanleiding gee. Hierdie kernbegrip sal ons later bespreek (sien paragraaf 3.3).

3.2.2 ``Eters anoniem'' (Rachelle Greeff)


Wanneer Elsie Cloete die doodloop van die volksmoederstereotipe aandui (kyk studie-eenheid 2), wys sy op die ontstaan van 'n listige nuwe stereotipe vir alle Westerse vroue van die eerste wereld. Sy bestempel dit as die: ``Tyranny of looking good'' (Cloete 1992:54). Hierdie stereotipe lig Cloete, met aanhalings uit 'n essay deur die Amerikaner Susan Bartky (1988), so toe: She (die vrou RW) is now part of a far more insidious confinement which is self-imposed and entails a consistent, relentless discipline against the body. Where ... ``there is a tyranny of slenderness'' and women are ``forbidden to become large or massive; (where) they must take up as little space as possible 146

Studie-eenheid 3 and be as hairless as new-born infants''. Where ... a woman is supposed to (look good) ... there always lurks the ``presupposition of defect''. ... The visual images in the mass media of beautiful women and how to become more beautiful, and therefore more acceptable (to men) place women under even greater patriarchal control than in the past. Omdat jy ``Eters anoniem'' gelees het, het jy reeds self ontdek dat hierdie verhaal die stereotipe maerder en mooier vrou volkome afskiet. Die media-advertensies van die vet vrou ``voor'' en die maer vrou ``na'' die een of ander verslankingskuur is vir ons oorbekend. In ``Eters anoniem'' word die situasie omgedop. Voor haar egskeiding verwag Anna se man, 'n plastiese chirurg, dat sy haar onderwerp aan die selfkastydende stereotipe. As geskeide vrou daarna, word eet vir haar ``keer op keer 'n bevestiging van die nuwe, vry self'', wat ontkom het aan patriargale kontrole. Die genternaliseerde ``male connoisseur'' wat, volgens Cloete (1992:54), in die meeste vroue se bewussyn toesig hou, werp Anna volledig uit wanneer sy ronduit bely: ``Eet is al wat my diep gevoel van leegheid en allenigheid, dit waarmee ek gebore is, kan volmaak. Nie eers orgasme kom hierby nie. Veral sjokolade Cote d'Or is beter as seks.''

AKTIWITEIT 3.3 Lewer skriftelik verslag van die onderstaande aspekte van ``Eters anoniem''. (1) In die verhaal kom 'n vrouefiguur voor wat haarfyn klop met die nuwe vrouestereotipe soos hierbo deur Cloete toegelig. Wie is sy? Beskryf kortliks, in jou eie woorde, haar voorkoms en gedrag. (2) Anna se grondige verwerping van hierdie stereotipe (en by implikasie haar gewese man) word deurgaans gedemonstreer deur haar behaaglike, sensuele belewing van kos. In die verhaal word die verwerplikheid van die ``nasionale telefoonpaalobsessie van dun wees en hard'' op velerlei maniere en geestig ontgin. Ondersoek in die verband Anna se storie (``Vleis-parys'') in die verhaalhede en haar belewing, in die verlede, van die dieetplaas waarheen haar man haar ``verban'' het. (3) Watter gender het die las van hierdie stereotipe aan vroue opgele: mans of vroue self? Volgens Cloete (1992:55) is dit deur vroue self teweeggebring: ``(I)t is women themselves who practice this discipline on and against their own bodies.'' In die verhaal word anders besluit: ``Die hele maer-wees-ding is 'n mans-voorskrif.'' Die genderrol van Anna se man, die plastiese snykundige, is bevestiging van hierdie mening. Dit is juis as ``her-skepper van die vrou'' dat hy sy manlike dominansie uitoefen. Dink goed na oor hierdie genderkwessie en jou eie ervaring daarvan. Lewer kortliks 'n beredeneerde verslag van jou mening. (4) Onlangse rolprente soos ``Real women have curves'' en ``Calendar Girls'' handel oor die ideaal van die `mooi en maer vrou' wat op allerlei maniere aan vroue voorgehou word. Lees die artikels ``Eet jou springmielies'' en ``Tirannie van die rietskraal lyf'' in die leesbundel. Wat is die `boodskap' van albei rolprente? Dink jy die artikels suggereer dat vroue al gevorder het op die pad van selfaanvaarding en -affirmasie in verband met hul voorkoms? Watter rol speel die media in die propagering van die ``rietskraal lyf'' volgens die artikels? 147

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus (5) Lees indien moontlik Naomi Wolfe se boek The Beauty Myth (in Unisabiblioteek) om jou perspektief op hierdie saak verder in te lig.

3.2.3 ``Om jou dag in te kleur'' (Alexander Strachan) en ``Die kukri'' (C. Johan Bakkes)
In sy artikel oor manlikheid en magsverlies in die Afrikaanse jagliteratuur (2000:2741) stel Andries Visagie die tese dat die manlike karakters in Piet van Rooyen se Die olifantjagters en Johann Botha se Groot Vyf ontvlugting vind van die apartheidsverlede en politieke omwentelinge in Suid-Afrika in die `manlike' en oenskynlik ongekompliseerde aktiwiteit van jag. Die skielike en dramatiese verlies van wit manlike mag, die oopvlekking van menseregteskendings deur wit, meestal manlike soldate en polisiemanne in die apartheidsera by die Waarheid-en-Versoeningskommissie, asook regstellende aksie wat van die wit man 'n bykans bedreigde spesie maak in die werkplek, het veroorsaak dat die wit (Suid-) Afrikaanse man hom aan die einde van die twintigste eeu (en steeds) in 'n krisis bevind. In die jagliteratuur word daar gereeld uitdrukking gegee aan 'n nostalgie vir 'n argetipiese soort manlikheid, wat gekenmerk word deur eenvoud en 'n hoe vlak van fisieke uitnemendheid. Dit kan gekonstrueer word as 'n soeke na die primordiale, voorhistoriese man in homself, 'n soeke na sy verlore self of ware identiteit noudat die fiksie van die wit man as die `regmatige' heerser in Suid-Afrika aan die kaak gestel is. Jy sal opmerk dat albei die verhale wat ons nou bespreek, binne hierdie kader gelees kan word, alhoewel jag nie noodwendig deel van die intrige vorm nie. Daar is wel 'n visvang-ekskursie in Strachan se teks waaraan net mans deelneem, wat kan kwalifiseer as 'n vorm van ``jag''. Die gesprekke tydens die ekskursie, vol vloekwoorde en sekspraatjies gestook met genoeg bier, bevestig so 'n lesing. In ``Die kukri'', waarvan die titel verwys na 'n mes wat onder die Gurka 'n tradisionele wapen is maar ook kapmes, is daar verwysings na ``ons jagters'' vir wie doodmaak nie iets vreemds is nie, asook gedeelde ervarings as soldate. Visagie se dat oorlog en jag twee oorwegend manlike aktiwiteite is waarin konflik of geweld in die een of ander vorm aanwesig is. Kom ons kyk watter insigte hierdie twee verhale oplewer as ons hulle vanuit 'n genderperspektief lees.

AKTIWITEIT 3.4 (1) Lees albei verhale (in die leesbundel opgeneem) gou deur in een sitting. Watter ooreenkomste en verskille sien jy dadelik raak? Skryf dit hier neer. (2) Watter funksie vervul die heen-en-weer-skuif van die perspektief/ fokalisasie (van Evette na Deetlef) in Strachan se teks? (Wenk: kry jy die idee hierdie man en vrou kommunikeer goed met mekaar? Hoekom dink jy so?) (3) Om saam te eet en te slaap verteenwoordig nie intimiteit tussen Evette en Deetlef nie. Stem jy saam? Verwys na spesifieke insidente of beskrywings in die teks. (Kyk o.a. na Evette se badritueel. Watter soort 148

Studie-eenheid 3 `kontak' is daar tussen haar en haar man? Voel dit vir jou ook of Deetlef sy vrou eintlik `afloer'?) In watter verhouding vind Evette wel intimiteit? Vind jy dit ironies in die lig van Wynand se opmerking oor ``vrou op vrou'' (p. 15)? Ontleed die gesprekke tussen Deetlef en Wynand op die boot. Wat `hoor' jy? Is hier sprake van ``die politiek van seks'' (Degenaar 1992:46), d.w.s. die seksuele mag van man oor vrou wat manlike dominansie bevestig? Of eerder 'n magtelose soort ontvlugting, 'n poging om ook (soos die vroue) die ``dag in te kleur'' (maar net op 'n breedsprakerige manier, nie `daadwerklik' nie)? Hoekom is die insident met die groenmambas (p. 14) 'n beeld van die verhoudings in hierdie teks? Al die verhoudings? Watter verhouding(s) staan sentraal in ``Die kukri''? Watter een betrek die verteller in 'n soort `vaderlike' rol? Haal aan uit die teks. Watter tradisionele genderrolle/-stereotipes is onderliggend aan die volgende paragraaf? ``En voor my oe word 'n groot, lewenslustige man van die veld 'n uitgeteerde invalide. Hierdie besoek van die dood het 'n invloed op almal gehad. Ons manne het onttrek. My vrou, 'n sielkundige, het oorgeneem en sy hand gevat en saam met hom die dood tegemoetgestap. Ons jagters, wat self al doodgemaak het, wou nie eers meer saamkuier nie en het stil-stil verskonings uitgedink om nie meer oor gewere en messe te gesels nie.'' (9) Wat dink jy van die slotsin van die verhaal in die lig van vraag 8? (10) Lees die koerantberig ``Geweld op die kampus. `Wit en swart mans probeer patriargale orde herstel''' in die leesbundel. Die saak onder bespreking (die beweerde verkragting van 'n 18-jarige meisie) het as gevolg van 'n gebrek aan getuienis nie voor die hof gedien nie. Lees nietemin Nieuwoudt se artikels en vorm jou eie mening oor die vraag: word vroue aangerand sodat die magsbalans herstel kan word?

(4) (5)

(6) (7) (8)

AKTIWITEIT 3.5 Vir die belangstellende student (opsioneel) (1) Oor die kwessie van manlike geweld teen vroue word daar steeds baie geskryf en gedebatteer. In deel 1 van hierdie gids is daar verwysings na Riana Scheepers se verhaal ``Maar daar is'', oor vroueverkragting. Lees dit gerus in die leesbundel, saam met die tydskrifartikel oor Alison Botha se gru-verkragting, en vorm 'n opinie oor wat dit se in verband met gender. Is dit belangrik dat dit 'n vrou is die oudhuishulp wat die verkragte vrou in Scheepers se teks oor rassegrense heen kom vertroos en haar bemagtig om weer toe te laat dat daar na haar uitgereik word? Bring Alison se verhaal egter weer 'n ander perspektief? (2) 'n Ouer verhaal, ``Engel by die vleiland'', is ook in die leesbundel opgeneem en kan met vrug gelees word binne die konteks van geweld teen vroue. Hier is sprake van vrouemishandeling, geweld in die vorm van fisieke wreedheid en nie seksuele misbruik nie. Gesinsgeweld het, volgens 'n berig in ``The Star'' van 14 Maart 2003 getitel ``Abuse still the order of the day'', nie beduidend afgeneem in Suid-Afrika nie. Watter beeld van geweld binne die huwelik of gesin vind jy in ``Engel by 149

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus die Vleiland''? Is die `gesig' wat die ou man van sy gestorwe vrou sien, werklik 'n engel of is dit sy gewete? Hoe het die vrou gesterf? (3) Deel 1 bevat ook verwysings na 'n ware verhaal van 'n mansverkragting, die van Ivan Louw. Willa de Vos se artikel gaan in op die feite. Lees dit gerus ter wille van 'n gebalanseerde perspektief.

3.3 FEMINISME
Het jy enige voorstelling van 'n feminis? Beskryf jou voorstelling. Het jy agtergekom dat mense meermale die begrippe feminis en feminisme negatief stereotipeer? Indien jy hierdie kernbegrippe nie ken nie, moet jy hulle in 'n woordeboek naslaan. Oor die vae konsepte feminis/feminisme word meermale gedagtes gewissel in Siren News, 'n tydskrif afkomstig van Unisa se Instituut vir Genderstudies. Nuttige kommentaar oor hierdie begrippe is die volgende van Jennifer Wilkinson (1997:7): Feminism is ... difficult to specify since there are so many positions which claim or have claimed to be feminist. ... I think, with several other feminists, that a feminist is a person, not necessarily a woman, who thinks that women suffer from systematic social injustice because of their sex. Of course there are degrees of feminism and degrees of commitment to it. These may range from mere assent to such a view to radical action with the aim of reversing the injustice. Not all feminists are activists. Die sogenaamde grade van feminisme en grade van betrokkenheid daarby waarvan hierbo sprake is, word toegelig deur Jeanette Malherbe (1997) se nuttige onderskeid tussen ``The feminine condition, feminist experience and feminism.'' . Die vroulike kondisie kom neer op die objektiewe toedrag van sake waarin elke vrou, in haar hoedanigheid as vrou, haarself binne die samelewing bevind. 'n Vrou het sekere geregtelike en sosiale verhoudings met mense, wat bepaal word deur haar vrouwees. Elke kultuur het 'n stel norme en gedragskodes vir die sosialisering van die jong meisie en die instandhouding van die regmatige vroulike staat. . Die feministiese ervaring is 'n bepaalde persepsie van die vroulike kondisie. Dit is die insig dat die vroulike kondisie nie 'n natuurlike toedrag of 'n universele noodsaaklikheid is nie, maar 'n stel reels is wat die samelewing aan die vrou ople en handhaaf. Kortom: dit is die begrip dat gender 'n sosiale konstruksie is. . Feminisme is 'n teoretiese diskoers wat die feministiese ervaring uitse, die vroulike kondisie vanuit 'n feministiese perspektief uitle en na alternatiewe soek vir patriargale oorheersing. Dink goed na oor hierdie rigtinggewende opmerkings. Blaai terug na die kortverhale wat ons in hierdie studie-eenheid vanuit genderperspektief verken het. Is daar enige van die vrouehoofkarakters daarin wat jy as feministe sou tipeer? Waarom? 150

Studie-eenheid 3

3.4 SUMMARY
In this study unit we looked at how traditional gender roles have been revealed and replaced by alternative ones in our society and in Afrikaans literature. We studied four short stories in this regard: two by women and two by men. We saw that the short story by Corlia Fourie gave three modern `versions' of the Little Red Riding Hood tale, each portraying a certain kind of woman. The first version was that of the dutiful wife who believes her husband's account of his questionable sexual conduct at all costs; she stops her ears against reality and `stands by her man'. She is willing to flatter him and indulge him and thinks this is the Christian thing to do. Wife no. 2 is more realistic about her husband Dr Wolf's roving eye and activities, but manages the situation by providing him with condoms and protecting herself as much as possible (i.a. by having herself tested regularly for HIV-AIDS). Wife no. 3 has no illusions about her husband, believes Little Red Ridinghood's account of her rape at the hands of Dr Wolf, reports the case to the police but is faced with a male official's obvious chauvinism when he dismisses the case as an example of the vindictiveness of all women against men. ``Eters Anoniem'' deals with the stereotype of the `slender and beautiful' woman. Anna is banned by her husband to the `fat farm' where she is supposed to lose weight. She rebels against this stereotype and treatment by disregarding the `rules' and enjoying her food in a sensual way. To her, food, especially chocolate, is better than sex. The two stories by Strachan and Bakkes are read within the context of the changed role of white men in the post-apartheid era, where they have been stripped of political and even economic power and have to reinvent themselves. War and hunting narratives represent their nostalgia for a stable identity and male power. In Strachan's text there is an underlying conflict between male and female which takes the form of minimal actual contact or interaction with each other, neither in situations like the family meal, nor in the bedroom. Instead, fantasy, voyeurism and male pursuits like fishing trips with the buddies are the order of the day. The women ``colour their world'' amongst themselves: there is a strong hint of a lesbian relationship between Evette and Anja towards the end. The question is asked, with reference to a newspaper report, whether maleon-female violence is in fact an attempt to re-establish patriarchy in our society. In the optional activity we look at woman abuse in an older short story, where the husband's conscience plagues him after his wife's death to the extent that he `sees' her as an `angel'.

151

STUDIE-EENHEID

4
``We should remake the language of sex. We should (then) be working towards redrawing the sexual landscape so that it is a place where violence can be repudiated, not affirmed, and where, irrespective of gender or gender preference, we can meet as equals'' (Jeanette Winterson)

Genderrolle herdefinieer

4.1 TERUGBLIK NA STUDIE-EENHEID 3


Wanneer ons terugkyk na die eietydse kortverhale wat in die vorige studieeenheid ondersoek is, ontstaan die dwingende vraag: Watter alternatiewe bied hulle vir tradisionele genderrolle? Manlike dominansie, wat duidelik deur die verhale ondermyn word, neem nie meer 'n eenvormige gedaante aan nie. Soms verraai die manlike karakters tradisionele chauvinisme, maar daar is 'n passiwiteit en afstandelikheid selfs in die ``macho'' teks wat spreek van 'n onsekerheid en dalk reddeloosheid omtrent manlike identiteit en rol in 'n nuwe bedeling. In die Greeff-teks lyk dit asof die man deur sy persepsies van en reaksies op vermeende vroulike defekte veral lywigheid sy mag probeer bestendig. Op hul beurt beweeg die vroue in hierdie verhale weg van manlike kontrole en begin die grens oorsteek na 'n amper selfgenoegsame vroulike interaksie. Ondanks hulle wesenlike verskille, het hierdie vroue dt gemeen dat hulle manlike stereotipering weier en nie (meer) die huwelik as die kulminasie van die vrou se bestaan beskou nie. Stem jy saam? Indien nie, skryf gerus jou eie opsomming van wat ons tot dusver gesien het in die tekste onder bespreking.
homoe rotiek: geslags drang gerig op persone van dieselfde geslag (H.A.T.)

4.2 HOMOEROTIEK: 'N OORSIG VAN DIE KWESSIES 4.2.1 Seksuele identiteit
Die Postmoderne opvatting van identiteit is nie vas, stabiel, inherent of oorgeerf nie. Identiteite en betekenisse word beskou as relasioneel. Ou digotomiee soos man vs. vrou, swart vs. wit, heteroseksueel vs. homosek sueel as vaste kategoriee word nie meer erken nie. Die Postmodernisme het die idee van 'n vaste rasse-, seksuele, etniese of politieke identiteit agtergelaat en sien identiteit as iets vloeibaars en onvoltooid. Dit het makliker geword om alle mense te sien as erens op 'n kontinuum van ras, klas, kultuur en gender.

152

Studie-eenheid 4 Suzanne Raitt (1993:168) stel dit so: ``To claim a sexual identity is implicitly to challenge the idea that identity itself is always in crisis. To `mean' something as a woman or as a lesbian is also to `mean' nothing. The appearance of a significant relation to one or other `description' is an appearance only: fleeting, and implying disorder''.

4.2.2 Omkering van tradisionele rolle of meer?


Die homoerotiese sensibiliteit en literatuur verteenwoordig nie net 'n omkering van tradisionele genderrolle nie, asof 'n man se rol nou bloot oorgeneem word deur 'n (gay) vrou en die rol van 'n vrou oorgeneem word deur 'n (gay) man nie. Dit gebeur wel in twee verhale wat ons gaan bespreek, Aucamp se ``Vir vier stemme'' en Jeanne Goosen se ``Aan die einde van die reenboog'', en dit illustreer Jehlen se uitspraak dat `manlike' of `vroulike' gedrag aangeleerde gedrag is as jy die reels ken, kan jy die rol vertolk goed. Jean in ``Aan die einde van die reenboog'' se die (hetero-)patriargie die stryd aan in mansklere en op 'n `manlike' manier, en wen (ook die meisie aan die einde!) in 'n lekker opstuur van die cowboy-genre. Maar die gay-gemeenskap, en gay-literatuur, vertoon 'n baie ryker geskakeerdheid as dit. Die vroulike karakters in ``Die geskenk'' is almal redelik tradisionele en vroulike vroue wat gekonfronteer word met gevoelens, sensibiliteite wat hulle nie kan benoem nie, maar wat nie van hulle `pseudomans' maak nie. Die seun in `` 'n Annerster soort'' is wel `anders' in die sin dat hy 'n kind is wat anders kyk na dinge as sy gesin, en 'n hart het vir die `anderses' soos die nuwe soort vis wat hulle op die plaas ontdek, maar hy is nie soos Freddy MacTavish in ``Vir vier stemme'' 'n `vroulike' man wat sy ware identiteit ontdek in vroueklere nie: hy is 'n seun wat belangstel in visse en buitelugdinge. Die noodwendige `vroulikheid' (Eng. ``effeminacy'') van gay mans is 'n stereotipe wat dateer uit die negentiende eeu en wat so sterk gepropageer is deur die (hetero-)patriargie dat gays daarvolgens gekonformeer het (Aries 1985:63). Die uitwys van die stereotipering van, en ideologievorming rondom homoseksuele mense is een van die belangrikste insigte wat die lees van gay-tekste uit 'n genderperspektief kan oplewer.

hetero-patriargie: patriargale aandrang op verpligte heteroseksualiteit

4.2.3 Gay-stereotipes en gesinswaardes


Hoe lyk van hierdie stereotipes in ons samelewing? Dink maar aan die ``moffie-grappies'' wat jy al gehoor het, die uitbeelding van gays in die media. Een van die skadelikste stereotipes is die van die gay groepering as ``anti-gesinswaardes'' (Engels: ``family values''). Is dit waar?

AKTIWITEIT 4.1 Lees die artikel ``Ons nuwe gesinne'' uit ``Sarie'' (Augustus 2003) in die leesbundel en reageer op die volgende vrae: (1) Die tradisionele gesin word volgens hierdie artikel nie bedreig met uitwissing nie, maar aangevul deur verskeie ander manifestasies van `gesin'. Noem 'n paar alternatiewe vorme van die moderne `gesin' wat in die artikel bespreek word. (2) In die artikel se adv. Van Zyl: ``Gesinsamestelling is primer gegrond op 'n gevestigde verhouding, eerder as 'n geykte konsep van hoe die gesin 153

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus volgens verouderde sosiale norme saamgestel moet wees. Die klem behoort dus te val op die gesin as eenheid. Watter infrastruktuur ook al bestaan om die eenheid te vorm, moet ondersteun word.'' Wat dink jy van die `alternatiewe' gesinseenheid van die gay paartjie Dee en Maryanne, gemeet aan adv. Van Zyl se opmerkings?

Virginia Mollenkott noem in haar boek Sensuous Spirituality. Out from fundamentalism (1992) dat Die Bybel sowat veertig diverse vorme van `gesin' of `familie' erken of impliseer. John Boswell dokumenteer in sy boek Same-sex unions in premodern Europe (1994) verskeie kerklike formuliere vir `huwelike' tussen persone van dieselfde geslag sedert die vroegste geskiedenis van die Christelike kerk. Ten spyte van sulke navorsing en die de facto-situasie wat die ``Sarie''-artikel hierbo skets, bly die konserwatiewe gay-diskoers basies dieselfde. Die belofte van die beveiliging van die `nukleere gesin' (een ma, een pa, twee en 'n halwe kinders), ter uitsluiting van alternatiewe gesinne, word deur politici soos George W. Bush gebruik om kiesers te werf. 'n Persepsie bestaan in konserwatiewe geledere dat daar iets is soos 'n ``pienk agenda'' om die wereld te korrupteer en oor te neem, om gay-waardes en lewenstyl op mense af te dwing. Gevoelens loop hoog in kerklike kringe as daar 'n openlik gay-biskop in die Amerikaanse Anglikaanse kerk aangewys word. En daar volg telkens 'n lewendige debat in Afrikaanse koerante asook op die internet as iemand soos gospelsanger Danie Botha (in 2004) by 'n kerkdiens se dat gays hul oe eendag in die hel sal oopmaak.

4.2.4 Gay-narratiewe
Hauerwas (1981) het aangetoon dat die gemeenskap van Christen-gelowiges die setel is van Christelike sosiale etiek, en dat hierdie etiek narratief in vorm is. Sosiale etiek behoort nie primer beginsels of beleidsrigtings te wees nie, maar moet gegrond wees in narratief: die van die Evangelie, en die voortgesette `verhaal' van die gemeenskap. Dikwels reflekteer beginsels en reels nie die sentrale oortuigings van die Evangelieverhaal nie. Hy se (1981:11): ``... Particularly significant is a community's determination to be open to new life that is destined to challenge as well as carry on the story.'' Gay-narratiewe of -tekste (in die breedste sin van die woord sien deel 1 oor ``teks'') verteenwoordig die volle `verhaal' van gay-ervaring, en sluit in literere en nieliterere tekste, geskrewe tekste en niegeskrewe tekste (gesprekke, musiek, rolprente, voordragte, ens.); en uiteindelik ook snitte uit individuele lewens en die geskiedenis van die groep. Gay-tekste het geweldige `uitdagingspotensiaal' omdat dit skynbaar teenstrydig is met die waardes en oortuigings van die bree gemeenskap. Die leser (in Mukarovsky se terme sien deel 1 oor Literatuur en Oortuigings) mag die botsing van waardes baie sterk ervaar. Dalk onnodig sterk. Ons wil vervolgens kyk na 'n paar gay-tekste en die gewoon-menslike daarin `lees'. Dit sluit in: . die behoefte om `geken' te word soos jy is . die behoefte aan 'n veilige gemeenskap om in te woon . die behoefte aan die spirituele 154

Studie-eenheid 4 AKTIWITEIT 4.2 (1) Lees die uittreksel uit Pieter Cilliers se outobiografiese teks, 'n Kas is vir klere (herdruk in 2003), in die leesbundel. Dis 'n voorbeeld van die subgenre ``the coming out narrative'' in gay-literatuur. Jy sou Yolanda Dreyer se ``Ronduit: Ek is gay en ook 'n Christen'' hiermee saam kon lees (ook in leesbundel). Watter gewoon menslike ervarings en emosies tel jy op in Cilliers se teks asook in Dreyer se verslag van die vergadering wat sy bygewoon het? (2) Anders as die stereotipe van die gay-subversief met die ``gay-agenda'', is daar gay-ikone soos Matthew Shepard wat as martelare vir gaybevryding gesien word. Matthew is deur twee mans aan 'n heining in Wyoming vasgebind en doodgeslaan. Sy lyk het in 'n gekruisigde posisie daar bly hang (sien foto by artikels oor hierdie insident, afgedruk in die leesbundel). Hierdie voorval het Amerika geruk en is verwerk in 'n drama, ``The Laramie Project''. In 'n onderhoud vier jaar daarna het Shepard se ma Judy gese: ``The world has changed and yet remained the same.'' Hoe, dink jy, het die wereld vir gay mense verander, en in watter opsigte het dit dieselfde gebly? (Dink hier aan die Sizzlers-moorde in Seepunt, Kaapstad, in Januarie 2003, waar agt gay mans vermoor is.) (3) Kan jy sien, na aanleiding van vrae 1 en 2, hoekom die stryd vir volle menseregte vir gay-mense dikwels met die stryd van swart mense om volle burgerregte vergelyk word? Eerwaarde Walter Makhulu, SuidAfrikaans-gebore voormalige aartsbiskop van Sentraal-Afrika, het by 'n krisisberaad van kerkleiers oor homoseksualiteit en die Anglikaanse Kerk, gese die uitsluiting van gays uit die Anglikaanse Kerk is ``so erg soos apartheid''. Wat dink jy van die gelykstelling?

coming out narrative

volle menseregte

4.2.5 Bloedbande en heelwording


In Joan Hambidge se twee gedigte met die titel ``Bloedband'' (die eerste kom uit Hartskrif, 1985, en die tweede uit Lykdigte (2000)) is die spreker in gesprek met die ouers. In albei is daar, ten spyte van die konneksie wat gesuggereer word deur die titel, sprake van onbegrip, verwydering, vervreemding. In ``Bloedband'' (2000) word daar gefokus op die basiese buitestanderskap van die spreker: Nerens ingepas. Altyd buite, buite alles gevoel, geleef, gedink. Hierbenewens was daar die begeerte om die familie te verenig, ``heel'' te maak; om te probeer ``opruim, orden, versorg''. Die spreker erken egter dat daar terselfdertyd 'n wegvlug van probleme en disharmonie was, asook 'n vermyding van begrafnisse, huwelike, herdenkings en sulke familiebyeenkomste. Die slotreels spreek die begeerte, eintlik gebed uit om ``versoen'' te raak: dubbelsinnig gestel as ``miskien versoen ek/eendag in 'n vers''. Versoening in die spreker self, of met die familie, of albei? Die feit dat hierdie teks voorkom in 'n bundel getitel Lykdigte, en die weemoedige strekking en toon daarvan, wil suggereer dat so 'n versoening dalk nie in hierdie lewe moontlik is nie. In ``Stukkende gedig'' (ook uit Lykdigte) wat Breyten Breytenbach se ``stukkende gedig'' as oerteks/interteks het, word 'n 155

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus soortgelyke nostalgie vir die ouerhuis en familiebande verwoord. Daar is 'n poging tot heling van die bande (``soek my susters een vir een op/soos perels in 'n hallelujalied'') maar 'n wete dat die spreker self 'n ``weerligbars'' geword het 'n beeld van gebrokenheid. Hierdie spanning tussen die ``ongeknipte naelstring'' (sien ``My ouers'' in Lykdigte), dit wil se verbondenheid met die familie, maar vervreemding as gevolg van die spreker se `andersheid' terselfdertyd, is 'n motief wat in baie gay-tekste terugkeer.

AKTIWITEIT 4.3 (1) In Johann de Lange se poesie is daar ook 'n soeke na heelwording. Marthinus Beukes (1997:35) beskou dit as 'n ``uitreik na eenwording met 'n g/God(heid)''. De Lange gebruik Christelike simbole soos die Nagmaal, of gebruike soos gebed, en gee daaraan 'n seksuele ekwivalent om uitdrukking te gee aan sy smagting om versoen te raak met Christus en om heel te word, tot innerlike harmonie te kom. Beukes se: ``Dit is asof die spreker [in die bundel Vleiswond LB] heling in sy verwondwees soek by die Verlosser wie se lyding kollektief was, maar wat volgens konserwatiewe Christelike siening nie vir die praktiserende homoseksuele persoon beskore is nie'' (1997:36). Lees gerus die volle artikel deur Beukes, in die leesbundel afgedruk. (2) Lees De Lange se gedig ``Kruisvaart'' (in Groot Verseboek (2000:760)) en beantwoord die volgende vrae: (a) Watter religieuse konnotasie het die titel van die gedig? Noem spesifieke historiese gebeurtenisse. (b) Lyk dit vir jou of die reis wat in die gedig beskryf word, 'n `kruisvaart' in die historiese sin is? Hoekom dink jy word dit so genoem? (c) In elke strofe is daar 'n religieuse aktiwiteit wat gesuggereer word. Wat is dit? (d) Wat se die kombinasie van `geestelik' en `liggaamlik' in die volgende reel vir jou? ``Sweet 'n bidsnoer tussen tepels'' (strofe 1) (e) Wat dink jy beteken die volgende reels? ``Reisigers inkanteer toe-oog die fel hooglied van die lyf in die sinagoge van smal stegies'' (strofe 2) Wat is die ``fel hooglied van die lyf''? Hoekom ``hooglied''? En hoekom word die smal stegies metafories 'n ``sinagoge'' genoem? (f) Stem jy saam dat die reis na die Vatikaan (wat die ``ver'' Vatikaan word) eintlik 'n vorm van cruising is?

Christelike simbole

156

Studie-eenheid 4

4.3 'N OORSIG VAN HOMOEROTIESE LITERATUUR IN AFRIKAANS


seksuele taboes

Tot 1980 is die sogenaamde gay-verhaal in Afrikaans, waarin die seksuele taboes van homoseksualiteit en lesbiese liefde aangedurf is, van die bedekte soort waarin homoerotiek verdoesel is deur tegnieke soos maskering en verhulling. In sulke verhale is suggestie, dubbelsinnigheid en vaagheid oor die geslag van die verteller of karakters ingespan, sodat die verhale op verskillende maniere gelees kan word. Binne eietydse literere konteks, bevind De Lange (1997:78) dat die waterskeiding in die gay-verhaal saamval met die verskyning, in 1981, van Hennie Aucamp se kortverhaalbundel Volmink (waaruit een kortverhaal vir ons studie gekies is). Die jaar daarna verskyn Jonkmanskas (1982), die debuutbundel van Koos Prinsloo, 'n stem van die jonger generasie, in wie se oeuvre die problematiek van homoseksualiteit sentraal staan. Die lesbiese verhaal maak eers in die jare negentig opgang, met belangrike bydraes deur vroueskrywers soos Welma Odendaal, Emma Huismans, Joan Hambidge (van wie ons hierbo 'n paar poesietekste verken het) en Jeanne Goosen.

4.4 EIETYDSE HOMOEROTIESE VERHALE


In die ``oper'' klimaat van die negentigerjare, met die verslapping van sensuur en groter toleransie by die leserspubliek, verskyn drie versamelbundels waarin homoerotiese verhale byeengebring is. Teenswoordig het die gay verhaal 'n eie genre in die Afrikaanse literatuur geword.

AKTIWITEIT 4.4 Vir die belangstellende student (opsioneel) Vind in 'n biblioteek die onderstaande drie versamelings. Titel Wisselstroom. Homoerotiek in die Afri kaanse verhaalkuns 'n bloemlesing LyfSpel/BodyPlay. Erotiese kortverhale deur Suid-Afrikaanse vroue Soort soek soort. 'n Versameling alternatiewe ervarings Samesteller Hennie Aucamp Rachelle Greef Johann de Lange Jaar 1990 1994 1997

die begrip ``gay''

(1) Blaai die bloemlesings deur om jou te vergewis van die groot verskeidenheid skrywers (vroue en mans) wat bydraes lewer tot die genre gay-verhaal. (2) Hennie Aucamp se ``Inleiding'' en ``Nawoord'' in Wissel-stroom is beskryf as `` 'n soort manifes ... waarin hy 'n saak uitmaak vir die gaytema in Afrikaans'' (De Lange 1997:9). (3) Lees Aucamp se ``Inleiding'', wat in die leesbundel afgedruk is, aandagtig deur. Beantwoord skriftelik die onderstaande vrae na aanleiding van die ``Inleiding''. (4) Wat is Aucamp se werkdefinisie van gay-letterkunde? (5) Wat is sy voorbehoude oor die begrip ``gay''? (6) Hoe beskryf Aucamp die strewe van die ``klassieke'' skrywer? 157

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus (7) Wat is sy bedenkings oor die omskrywing: ``homoerotiese literatuur''? (8) Wat verstaan ons onder die ``wapenbroer-motief'' wat dwarsdeur die Westerse letterkunde loop? (9) Aucamp koppel die werklike beginpunt vir die gay-tradisie in die Afrikaanse verhaalkuns aan die jare veertig. Wie is die skrywers met wie die tradisie begin? (10) Wat verstaan jy onder die ``Peter Pan-sindroom'', volgens Aucamp `` 'n kwaal van talle karakters in gay-fiksie tot vandag toe''? (11) In watter opsigte het die gay-kortverhaal anders geword in die jare tagtig? Die vier eietydse homoerotiese verhale wat ons in hierdie studie-eenheid vanuit genderperspektief gaan ondersoek, is in die leesbundel afgedruk. Hulle is: Titel `` 'n Annerster soort'' ``Die geskenk'' ``Aan die einde van die reenboog'' ``Vir vier stemme'' Skrywer (Thijs Nel) (Elise van Wyk) (Jeanne Goosen) (Hennie Aucamp)

4.4.1 `` 'n Annerster soort'' (Thijs Nel) en ``Die geskenk'' (Elise van Wyk)
Hierdie twee tekste werk nie, soos Goosen en Aucamp s'n hieronder, met 'n duidelike ``omkering'' van genderrolle nie. In `` 'n Annerster soort'' en ``Die geskenk'' is daar eerder sprake van karakters, soms die fokalisator-karakter, wat binne 'n tradisionele opset (plaas of onderwyserskollege of sendingstasie) `annerster' gevoelens beleef of ontdek wat konflik veroorsaak maar slegs indirek (indien wel) `benoem' word. Die tekste kwalifiseer wel as ``eietyds'' omdat albei in onlangse tye gebloemlees is, maar ook omdat die tekste steeds `praat' met ander gay-tekste as deel van die gay-narratief wat steeds besig is om geskryf en gelees te word.

4.4.1.1 `` 'n Annerster soort'' (Thijs Nel)


AKTIWITEIT 4.5 (1) Lees `` 'n Annerster soort'' in een sitting deur. Wie vertel, deur wie se oe sien ons die gebeure? Hoe sou jy die fokalisator opsom (karaktereienskappe)? (2) Hoe is sy verhouding met sy pa en broers? Hoe lei jy dit af? (3) Dit blyk wel dat die fokalisator se kennis van visse respek afdwing. Gee voorbeelde van hierdie kennis. (4) Hoekom dink jy kies hy die blou vis as geskenk? (Hoe lyk die speelgoedvis vir hom?) (5) Hoekom dink jy steek sy ouma die blou vis vir hom weg? (6) 'n Vreemde vis word die fokuspunt van gesprekke tussen die verteller 158

Studie-eenheid 4 en sy pa. Hoe word hierdie vis beskryf? (Enige verband met die speelgoedvis? Kyk op p. 75 van die teks.) Hoe voel die verteller se pa oor hierdie ``annerster vis''? Hoekom? Hoekom skrik die verteller as sy pa die vreemde vis wil doodmaak? Wat se die reaksie vir jou? Dink jy die verteller ervaar 'n soort konneksie met die vreemde vis? Kyk na die volgende woorde: ``Net omdat dit vreemd is en hulle dit nie ken nie, moet dit doodgemaak word. Kan hulle dit nie in vrede laat nie?'' Die slot van die verhaal onthul dat die vreemde vis wel doodgemaak is. Die verteller reageer baie sterk hierop, en onthou terselfdertyd wat destyds van die speelgoedvis geword het: dis stukkend geslaan deur sy oom wat wou sien wat binne was. Waarmee word die oom ten slotte verbind (sien p. 83 van die teks)? Watter (seksuele) implikasie het die dood- of stukkend maak van die twee visse waarmee die verteller gedentifiseer het?

(7) (8) (9)

(10)

4.4.1.2 ``Die geskenk'' (Elise van Wyk)


Hierdie teks sluit aan by 'n ou tradisie in gay-literatuur en spesifiek lesbiese skryfwerk, naamlik die van ``Romantiese Vriendskap''. Lillian Faderman bevind in haar boek Surpassing the love of men: romantic friendship and love between women from the Renaissance to the present (1982) dat daar ontelbare sulke verhoudings gefigureer het in agtiende en negentiende-eeuse Engelse (Britse en Amerikaanse) fiksie en niefiksie (dagboeke en korrespondensie), ``all of them without any hint that the women involved had the slightest sense of wrongdoing, or any suggestion that such affection could be considered abnormal'' (1982:16). Dit is onduidelik of daar altyd 'n genitale dimensie aan sulke verhoudings was, maar dit was liefdesverhoudings in elke ander sin van die woord. Tekste van daardie tyd toon ``romantic friends opening their souls to each other and speaking a language that was in no way different from the language of heterosexual love: They pledged to remain `faithful' forever, to be in `each other's thoughts constantly,' to live together and even to die together'' (1982:16). Oor die vraag of so 'n `vriendskap' as `lesbies' gesien moet word, se Faderman: ```Lesbian' describes a relationship in which two women's strongest emotions and affections are directed toward each other. Sexual contact may be a part of the relationship to a greater or lesser degree, or it may be entirely absent. By preference the two women spend most of their time together and share most aspects of their lives with each other. `Romantic friendship' described a similar relationship'' (1982:1718). Sommige kritici verskil van Faderman oor die veronderstelling dat romantiese vriendskap in die agtiende en negentiende eeue waarskynlik seksuele kontak uitgesluit het, maar oor die werklike aard van die verhoudings is daar min twyfel.

romantiese vriendskap

AKTIWITEIT 4.6 (1) Lees ``Die geskenk'' deur in een sitting. Tref dit jou dat die plasing van die verhaal in 'n `Engelse' omgewing is? (Wellingtonse kollege waar Engelssprekende dosente en die Engelse literatuur en taal taamlik 159

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus oorheersend is; en dan Morgenster in die destyds Engelse kolonie Rhodesie)? Gee voorbeelde van hierdie Engelse sfeer. Dink jy dit skakel die verhaal sterker met die (Engelse) tradisie van romantiese vriendskap? (2) Volg die ontwikkeling van die verhouding tussen Elizabeth Barry (later Minnaar) en Miss Charlotte Lawrence. Watter elemente van ``romantiese vriendskap'' soos hierbo beskryf, lees jy raak? (Die aangaan van 'n huwelik soos deur Elizabeth was baie algemeen vir die tyd en het nie die basiese gerigtheid van twee vroue op mekaar geaffekteer nie. Dis insiggewend dat die beskrywing van Elizabeth se troudag gevolg word deur 'n herinnering van Elizabeth as ek-spreker: ``My Miss Lawrence ...'' p. 420 van die teks). (3) Wat is die `geskenk' van die titel? Wat se die uiteinde van Elizabeth se geskenk aan Charlotte oor hul verhouding? (4) Verklaar die eggo's van die De la Mare-gedigte, onder andere ``I sit alone'' in die teks. (5) Watter Bybelse verhaal van vrouevriendskap word in die teks betrek? Wat mag die funksie hiervan wees? (6) Hoekom, dink jy, tree nie een van die twee vrouekarakters op om hul aangetrokkenheid tot mekaar te aktualiseer nie? (Kyk na persoonlikheidseienskappe maar ook die era en godsdienstige raamwerk waarbinne hulle geteken word.)

4.4.2 ``Aan die einde van die reenboog'' (Jeanne Goosen)


Dit is die verhaal van 'n ``manlike'' vrou wat as `t ware haar ``man kan staan en 'n slag kan slaan''. Sy is 'n aggressiewe vegter wat drie mans vermorsel in 'n kroeggeveg wat in bloedige besonderhede beskryf word. Die vrou, Jean, tree as oorwinnaar uit die stryd, met selfs haar strikdassie nog op sy plek. Die hele kroegtoneel is, soos Aucamp (1990:200) uitwys, 'n travestie (lagwekkende nabootsing) van daardie eertydse super-macho genre wat ons almal goed ken: die cowboy-film. Genderrolle word egter hier omgekeer die tradisionele rol van die held word aan 'n vrou toegeken.

super-macho genre

AKTIWITEIT 4.7 Lees die verhaal ``Aan die einde van die reenboog'' (in die leesbundel opgeneem) deur Jeanne Goosen noulettend deur. Stel jou antwoorde op die onderstaande vrae op skrif. (1) Verklaar die titel van die verhaal. (2) Vir Aucamp getuig hierdie verhaal van die ``verwikkelde alliansie'' tussen feminis en lesbier. Hy se (1990:199200): ``Die emansipasie van die vrou is ... nog lank nie 'n voldonge feit nie. Feministiese organisasies stry, op watter front ook al, 'n politieke stryd. Dat feministe en lesbiers 'n alliansie sou sluit, is vanselfsprekend.'' Waarom dink jy besluit hy so? (3) Wys op die ironiee in die verhaal. (4) Tipeer die aard van die drie walglike mans in die kroeg in terme van hulle gesamentlike genderrol en in terme van die cowboy-film. 160

Studie-eenheid 4 (5) In hierdie ek-vertelling is die vrou, Jean, met hoogs funksionele vulgere en gekruide taal aan die woord. Wat dink jy is die funksies van haar taalgebruik? (Gaan kyk weer in studie-eenheid 3, par. 3.2.3 vir 'n bespreking van die funksie van gekruide taal.)

4.4.3 ``Vir vier stemme'' (Hennie Aucamp)


Terwyl 'n ``manlike'' vrou in Goosen se verhaal optree, is die hoofkarakter in Aucamp se verhaal 'n ``vroulike'' man, die klein Skot Freddy McTavish, ``wat amper te mooi vir 'n mansmens (is)''. As gevolg van 'n grap, raak hy verstrik in 'n ongewone liefdesdriehoek, maar wat as 'n Boerepoets begin het, stuur af op 'n makabere en tragiese slot. Tydruimtelik is die gebeure gesitueer in 'n ``godverlate uithoek'' op die Stormberge, tydens die ekonomiese depressie en droogte van die dertigerjare. Dit is die tuiste van 'n boeregemeenskap waarin Freddy se latente (sluimerende) homoseksuele aard nie raakgesien word nie. Die titel is 'n sleutel tot die verhaal se vernuftige opbou: dit is 'n vierluik, wat beteken dat die ontwikkelende ``liefdesverhaal'' en sy dodelike nadraai vanuit die perspektiewe van vier verskillende karakters weergegee word. Deur die tegniek van geleidelike onthulling word die antwoord op die aanvanklike ``hoekom, hoekom, hoekom?'' uiteindelik blootgele. AKTIWITEIT 4.8 Lees die verhaal ``Vir vier stemme'' (in die leesbundel opgeneem) aandagtig deur. Stel jou antwoorde op die onderstaande vrae op skrif. (1) Skryf die betiteling van elkeen van die vier ``dele'' van Aucamp se verhaal neer. Vul, by elkeen, die naam in van die karakter wat sy/haar weergawe van die sentrale gebeure gee. (2) Wat is die vernaamste afwykings tussen die eerste en die laaste, ontknopende, vertelling? (3) Hoe verskil die ongewone driehoeksverhouding in Aucamp se verhaal van die motief van die tradisionele liefdesdriehoek? (4) Lewer verslag, op grond van die verhaalgeheel, van Freddy se ``vroulike'' eienskappe. (5) Lewer verslag, op grond van die verhaalgeheel, van Let se ``manlike'' eienskappe. (6) Hoe sou jy die karakter Beimen Botes tipeer? (7) Die oorbekende basiese karakterpatroon van held-heldin-skurk kom in Aucamp se verhaal voor. Hoe word daar in die verhaal afgewyk van die tradisionele opset? (8) Wanneer die ``stem'' aan Beimen Botes gegee word, lees ons: Dit was wonderlik om met Freddy oor Genoveva te praat. Freddy het alles verstaan. Hy het amper nie na haar verlang nie, solank hy by Freddy was: sy was skielik so naby. (9) Tot watter gevolgtrekking lei hierdie sitaat jou oor Beimen se verhouding met Freddy?

latente homoseksualiteit

161

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus In ``Vir vier stemme'' speel Freddy, volledig met vroueklere en grimering, die rol van 'n vrou. Vir sy toneelspel leer hy die ``reels'' van vroue: ``(T)ant Das en Let katkiseer Freddy van 'n kant af: hoe 'n vroumens moet loop en sit, altyd baie `ladylike'''. Omdat Freddy die koket ``so goed gespeel het'', oortuig hy Beimen dat hy die meisie Genoveva is. Op haar beurt speel Let ook toneel: ``Let speel die dienende Martha, 'n rol wat haar aanvaarbaar maak vir almal, af en toe ook vir Beimen Botes.'' Vanuit genderperspektief beskou, onthul Aucamp se verhaal dat konvensionele genderrolle rolspel eerder as menslike natuur is. Hierdie onthulling staaf op merkwaardige wyse Myra Jehlen se teoretiese opvattings oor gender (kyk studie-eenhede 1 en 3). Hieroor verklaar Jehlen (1995:268) onder andere: (C)onventional femininity is a social construction ... (F)emininity ... (is) ... a role, which must mean that masculinity is also a role. The logic of this is that anyone who knows the rules can play, boy or girl, man or woman.

konvensionele genderrolle rolspel

4.5 DIE POLITIEK VAN SEKS


In kommentare oor homoerotiese tekste sal jy meermale verwysings na die politiek van seks teekom. Trouens, wanneer Aucamp (1990:199) in Wisselstroom sy ``Nawoord'' oor die gebundelde verhale volgens tema organiseer, plaas hy Goosen se verhaal (``Aan die einde van die reenboog'') onder hierdie noemer. Die frase is aan jou bekend (kyk studie-eenhede 2 en 3). In die konteks van homoerotiese skryfwerk, kom dit daarop neer dat die ``struggle'' vir gay-regte 'n politieke metafoor is vir opstand teen ingeburgerde magstrukture: die patriargale sisteem en die vaderfiguur. Juis hierin le vir De Lange (1977:9) die raakpunt tussen homoseksuele en lesbiese skryfwerk: ``beide werk daaraan om die patriargie te ondermyn en te bevraagteken''.

4.6 SUMMARY
In this study unit we looked at the redefinition of gender roles in gay literature. We introduced the gay discourse by outlining some issues concerning homosexuality in our society. These include the notion of identity in postmodern society as something unfixed and in flux, blurring the traditional boundary lines of gender and sexual orientation. We found that the idea of homosexual (characters) necessarily adopting the gender role of the opposite sex is in itself an example of a gender stereotype (the stereotyping of gay men as effeminate). We looked at the charge that gays are anti-family, and the perception that gay people are not spiritually sensitive, by referring to the various manifestations of ``family'' in Biblical times and in our time, and gay texts including some poetry by Joan Hambidge and Johann de Lange revealing a deep yearning for healing of the family bonds and the relationship with God. We also read Hauerwas' views on social ethics which he transferred from the domain of rules and principles, to that of experience and narrative the Gospel narrative and the ensuing personal narratives of us all. The study unit features various gay narratives, including the subgenre of the ``coming out'' narrative; the story of gay icon Matthew Shepard, poetry and 162

Studie-eenheid 4 short stories. Amongst the short stories we saw the gay sensibility portrayed in an indirect way in a story about a young boy's experience of his own `different' makeup compared to members of his own family (`` 'n Annerster soort''), and in a story making use of the conventions of ``Romantic Friendship'' (``Die geskenk''). We also read together two stories in which gender roles are reversed a `masculine' woman defying the rules of patriarchy in a bar brawl (``Aan die einde van die reenboog'') and a `feminine' young man manipulated into cross-dressing and realising his gay identity for the first time (``Vir vier stemme''). Finally we touched on the issue of ``sexual politics'' which boils down to the fact that the issue of gay rights can be seen as a political metaphor for the rebellion against patriarchy and vested power structures. Gay literature, like other `gender-conscious' texts we have seen in this section, questions the assumptions of patriarchy and thereby undermines it.

163

STUDIE-EENHEID

5
Ek probeer teen patriargale konvensies inskryf. Al wat ek kan doen, is skryf en hoop dat ek enigsins gehoor word. Lettie Viljoen (1994:5)

Gender: 'n Nuwe bedeling

In hierdie laaste studie-eenheid kyk ons saam na twee langer tekste. Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) en Twee Vroue (Elsa Joubert). Beide is eietydse tekste. Karolina Ferreira se eerste uitgawe was in 1993 en dis sedertdien herdruk en vorm deel van Tafelberg/Human en Rousseau se Klassieke Reeks. Bladsynommers in hakies en in vetdruk verwys na die Eerste Klassiekuitgawe (2003). Elsa Joubert se twee novelles ``Pampas'' en ``Klooster'' wat in een band as Twee Vroue uitgegee is, het in 2002 verskyn. ``Pampas'' het die destydse trekke van Afrikaners na Patagonie (na die Anglo-Boereoorlog) as agtergrond vir die reis en wedervaringe van die hoofkarakter Elvira, dus 'n verhaal met historiese grondstof, anders as ``Klooster'' en Karolina Ferreira. Die kyk na die verlede vanuit vandag se genderdiskoers maak egter van ``Pampas'' 'n besonder tydgenootlike en interessante ervaring. LET WEL: Jy hoef nie albei tekste in hierdie studie-eenheid te bestudeer nie. Dis KEUSETEKSTE. Lees die opmerkings oor albei tekste vlugtig deur en besluit dan watter teks jy wil kies om te bestudeer.

5.1 KAROLINA FERREIRA (LETTIE VILJOEN) 5.1.1 Inleidend


Die tydperk waarin die gebeure van Lettie Viljoen se roman Karolina Ferreira afspeel, word die ``Nuwe Bedeling'' genoem [(kyk bl. 15) (17)]. Dit is dus ons eie tyd, na 2 Februarie 1990, toe die verbod op die ANC opgehef is. Vanuit genderperspektief beskou, betree hierdie roman ook 'n nuwe bedeling waarin daar ideologies, in die sentrum van die verhaal, sowel as verteltegnies, aan die patriargale orde en manlike sentrisme ontkom word. Vir Karolina Ferreira en haar binnekring van nuutgevonde manlike vertrouelinge in die Vrystaatse dorp Voorspoed het die tradisionele ideologiese skeidsmuur tussen die man as heerser en die vrou as ondergeskikte getuimel. Hierdie sentrale karakters waardeer mekaar as individue, gelykes en bowenal as mense. 164

Studie-eenheid 5 Wanneer ons die verhaalstruktuur van Karolina Ferreira deur die kritiese lens van gender bekyk, ontdek ons dat hierdie eietydse roman, vergeleke met ouer Afrikaanse voorbeelde, ook wat opbou betref die bordjies verhang.
subjek in eie reg

Die ongetroude, 35-jarige vrou, Karolina, is die hoofkarakter, wat as subjek in eie reg uitgebeeld word en nie in die lig van manlike belange nie. As vrouehoofpersonasie is dit sy wat kompleks en boeiend is, en telkens uit eie inisiatief optree. Maar, Karolina is nie net die hoofkarakter nie, sy is ook die ``verteller'' deur wie die wereld van hierdie roman tot stand gebring word. Karolina Ferreira word nagenoeg volledig vanuit 'n personale vertelperspektief vertel. Die alwetende derdepersoonsverteller beweeg as 't ware in die intieme belewingswereld en drome van die vrou, Karolina, in, sodat byna alles deur haar gefokaliseer en gevolglik deur haar sentrale bewussyn geregistreer word. Omdat Karolina se fokalisering van begin tot end heers, word die mans in hierdie roman vanuit die vrou se perspektief noukeurig betrag, en wel ter wille van hulle betekenis vir Karolina se eie lewe. . Lees die voorgeskrewe roman Karolina Ferreira deur vir 'n eerste kennismaking met die sentrale karakters, die handelingsverloop, die ruimtes waarin die gebeure gesitueer is en die vertelsituasie. . Lees die kort, insiggewende resensie deur Louise Viljoen oor die roman Karolina Ferreira wat in die Leesbundel vir jou afgedruk is. . Lees en oorweeg die drie aktiwiteite wat hieronder in die vorm van alternatiewe opstelonderwerpe aan jou gestel is. Ondernemende studente kan aantekeninge oor een of meer van hierdie drie onderwerpe opstel.

5.1.2 Algemene kommentaar oor aktiwiteite


Karolina Ferreira is in resensies en studies tereg beskryf as 'n ryk, komplekse en raaiselagtige teks, die soort roman wat aanleiding gee tot vrugbare verkenning vanuit verskillende invalshoeke. In ooreenstemming met ons studietema, gaan ons die voorgeskrewe roman vanuit genderperspektief benader. Jy sal vind dat verskillende aspekte van gender in die onderstaande opstelonderwerpe uitgelig word. Vir die beantwoording van die vrae in die aktiwiteite, in die vorm van selfopgestelde aantekeninge, sal jy die voorgeskrewe roman moet herlees en bestudeer. Ons verstrek kort toeligting by elke onderwerp. Ons verwag egter dat jy, aan die einde van hierdie deel oor genderkwessies in die literatuur, in staat sal wees tot selfontdekkende leeswerk, selfstandige insig en eie meningsvorming oor genderkwessies in die roman.

5.1.3 Opstelonderwerpe
AKTIWITEIT 5.1 Skryf 'n opstel oor die vervlegting van twee werelde in die roman Karolina Ferreira: die van die konvensioneel-manlike domein en die van die konvensioneel-vroulike domein. Skenk besondere aandag aan die genderrolle wat die vrouehoofkarakter Karolina en haar manlike ``kamerade'' Willie September, Pol Habermaut en Jess Jankowitz as skakels tussen hierdie twee domeine speel.

165

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus Toeligting: Vir aktiwiteit 5.1 kan jy die onderstaande tersaaklike inligting in aanmerking neem. . Tydens Karolina se verblyf van agtien weke in Voorspoed, neem haar daaglikse bedrywighede 'n vaste patroon aan wat haar na verskillende buite- en binneruimtes voer. Hierdie reelmatige besoeke aan verskillende plekke is 'n sleutel tot Karolina se skakeling met sowel konvensioneelvroulike as -manlike domeine. . Hierdie twee domeine is in Karolina Ferreira wel onderskeibaar, maar bestaan nie afsonderlik, afgeslote teenoor mekaar nie. As konvensioneelmanlike domein kan gereken word die wereld van die wetenskap, rasionele denke, oorlog, geweld. Konvensioneel-vroulik is die domein van die natuurskoon, gevoelslewe, mistieke ervaring, liefde. Kan jy die uitbeelding van hierdie twee domeine in die roman onderskei? . Die aanwesigheid van Karolina in die dorpshotel se snoekerkamer middelpunt van die manlike domein is die duidelikste teken van die vervlegting van die twee domeine. ``Karolina is ... ewe tuis binne tradisioneel manlike ruimtes soos die snoekerkamer as in die arms van die Kolyn-kerel wanneer hulle die sensuele tango dans'' (Viljoen 1994:92). Die snoekerkamer is, as 'n uitsluitlik manlike domein, 'n veelseggende ruimte, wat Karolina (deurlopend 'n fyn registreerder) met 'n intense blik waarneem. Skenk aandag aan haar beskrywing van die snoekerkamer, haar persepsies van die polisiemanne met hul gewelddadige ``praatjies'' wat gereelde besoekers is en haar sensitiewe belewing van die atmosfeer in hierdie manne-domein. . Jy moet die wyse waarop Karolina se manlike vertrouelinge, Willie September, Pol Habermaut en Jess Jankowitz die manlike en vroulike domeine in die roman skakel, in besonderhede naspeur. In elkeen is daar 'n twee-heid aanwesig wat hulle volkome gemaklik laat tuisvoel in albei domeine. . Gaan jy, vanuit genderstandpunt, akkoord met onderstaande bevinding? Karolina Ferreira, die karakter en die roman, toon aan die eietydse leser dat daar inderdaad nog grense is, tussen die werelde van man en vrou, maar, dat hulle, in liefde, meelewing en inlewing, wedersyds tot heil van almal, deurdringbaar kan wees (Elize Botha 1994).

konvensioneel-manlike domein

AKTIWITEIT 5.2 Skryf 'n opstel oor Karolina Ferreira waarin die roman beskou word as 'n eietydse vrou se soektog na selfverwesenliking. Toeligting: As uitgangspunt van jou ondersoek geld paragraaf vyf van Louise Viljoen se resensie (kyk leesbundel). Haar rigtinggewende opmerkings kan soos volg saamgevat word: . Binne die feministiese literatuurteorie word die konvensionele vertelstruktuur waarin die held tradisioneel op 'n soektog gaan onderweg na selfverwesenliking, as manlik en patriargaal beskou. . Die roman Karolina Ferreira maak gebruik van die manlike patroon van die soektognarratief.

soektognarratief

166

Studie-eenheid 5 . Lettie Viljoen slaag daarin om in die roman die manlike vertelstruktuur ``oop te skryf''. In 'n latere artikel, vanuit feministiese perspektief, tipeer Viljoen (1995:32 35) hierdie ``oopskryf'' as 'n aansluiting by en 'n ondermyning van die manlike patroon van die soektognarratief. Hierdie strategie van die toeeiening en deurbreking van 'n manlike vertelstruktuur word meermale deur feministiese skrywers gebruik om die patriargale ideologie wat daaraan ten grondslag le, te ontmasker. Die volgende aspekte van die soektog of reis in Karolina Ferreira verdien aandag: die held, die soektog, die begeleiers, die voltrekking. (1) Die held . In die tradisionele soektognarratief staan die held van die soektog sentraal en vervul die heldin 'n duidelik omskrewe, ondergeskikte funksie. In Lettie Viljoen se roman word 'n vrou die subjek van die soektog. Dis Karolina wat artikuleer en fokaliseer. Sy neem self verantwoordelikheid en neem nie haar toevlug tot enige ``voortbestemmende krag'' nie [(p. 81 (80)]. Talle aspekte van Karolina se optrede is vergelykbaar met die van die manlike held in die soektognarratief. . Jy moet noukeurig rekenskap daarvan gee dat Karolina die een is wat aktief breek met haar verlede, self besluit oor haar eie bewegings, onafhanklik is met betrekking tot die verhoudings wat sy met persone in Voorspoed aanknoop en verantwoordelikheid vir haarself en haar optrede aanvaar. . Karolina behou egter haar integriteit as vrou, sy word nie een van die ``manne'' nie. Wat is jou mening oor die volgende uitspraak? (A)ttempts to construct a female hero based on simple substitution fail badly. A female hero who is as bloodthirsty (i.e. brave) and manipulative (i.e. clever) as her male counterpart does nothing to redefine that characterization and the ideology it naturalizes; she may even reinforce it by lending it a new legitimacy (Cranny-Francis. 1990:9). . Held-wees is 'n begrip wat uitdruklik aan die orde gestel word in die roman. Ondersoek in die verband Karolina se fyn waarneming van die beskilderde panele van historiese veldslae in die hotel se eetkamer (sien bl. 7273). (72) Skenk ook aandag aan Karolina se ervaring van haar vriendin Adelia Farber se skilderye (sien bl. 122123). (117119) Watter afwykende siening van die tradisionele konsep van die held word in hierdie gedeeltes aan die lig gebring? (2) Die soektog . Die soektog- of reismotief word vroeg in die roman aangedui: Karolina gaan na Voorspoed om die oorlewingstrategiee van 'n uitsonderlike motsoort te ondersoek [(20) (17, 21)]. Let daarop dat sy ook die reis onderneem om weg te kom van 'n traumatiese verlede. Daar word vermeld dat sy haar goed verbrand voordat sy uit die stad na Voorspoed vertrek [(84) (82)]. 167

tradisionele konsep van die held

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus . Gaan die wyse na waarom haar ongelukkige verlede hom telkens in die roman aan Karolina opdring. . Haar soektog/reis geskied op sowel uiterlike as innerlike vlak. . Ondersoek die verskillende fisiese ruimtes wat sy deurkruis en die veelseggende, emblematiese name van die nabyliggende dorpe wat sy besoek. . Die sterk doelgerigtheid wat die tradisionele soektognarratief kenmerk, word ondermyn in Karolina se soektog na selfverwesenliking en selfkennis. Karolina ``verwag geen gratifikasie meer nie. Haar hartstogte is die bestudering van die mot en die verfyning van haar danstegniek. Sy verwag van geen man, vrou of minnaar iets nie ... . Enigiets kan gebeur, dink Karolina. Sy kan enigiets sien, aan enigiets blootgestel word; daar is geen intrinsieke beskerming van enige aard wat haar gebied kan word nie. Daar is geen waarborge nie'' (pp. 37, 38). . Neem kennis van die beskeie doelwitte wat sy vir haarself stel by haar aankoms in Voorspoed in bogenoemde aanhaling en die periodieke verwarring en onbegrip wat haar ervarings vir haar meebring (sien ``onverklaarbaarhede ... wat oormekaar skuif'': p. 37) (38). Op p. 51 (bl. 50) dink sy aan haarself as 'n idioot ``met geen begrip van die geheel, of van die samehang van al hierdie verskriklike en meedoenlose elemente nie''. Daar is telkens verwysings na onrus en afwagting by haar (p. 65) of radeloosheid en angs (p. 158) (p. 152). . Karolina ondergaan in die verloop van die roman 'n geestelike transformasie, van 'n vrou wat ``onafgewerk'' is (bl. 12), (bl. 13) tot vollediger mens wat, soos die motspesie wat sy bestudeer, oorlewingstrategiee geleer het. . Haar geestelike transformasie hou verband met die oorskryding van grense, veral die ``nouer omskrewe sirkel'' van vroulike seksualiteit soos deur Adelia Farber uiteengesit (bl. 141) (bl. 137). . Stel ondersoek in na watter grense van vroulike seksualiteit Karolina oorskry en watter openbare ruimtes sy binnetree wat tradisioneel van die vrou se ervaring uitgesluit was. (Sien par. 5.1.4 hieronder.) (3) Die begeleiers . In die tradisionele soektognarratief word vroue gereduseer tot ``ruimtes'' waardeur die manlike held beweeg, of hul vervul die rol van gidse, op pad na die man se doelwit van selfverwesenliking. Van der Merwe (1994:68) se opmerking in die verband is: ``In the works of Etienne Leroux (and Andre Brink) the female characters are functions of the man's search for meaning.'' Dit is heel anders gesteld in Karolina Ferreira. In haar soektog na selfverwesenliking is daar drie mans wat as haar begeleiers optree: Willie September, Pol Habermaut en Jess Jankowitz. . Gaan in besonderhede na wat Karolina van elkeen van haar manlike begeleiers leer en tot watter insigte sy kom. (4) Die voltrekking ``Een van die belangrike eienskappe van die tradisionele soektognarratief is die feit dat dit afstuur op sluiting, 'n punt waar die doelwit bereik is en ewewig intree'' (Viljoen 1995:43). . Wat beskou jy as die slot van die roman Karolina Ferreira? Die bomontploffing wat die uitgesproke manlike ruimte van die snoekerkamer uitwis? Die afhandeling van Karolina se navorsing en haar vertrek vanaf 168

grense van vroulike seksualiteit

Studie-eenheid 5 Voorspoed? Die suggestie van 'n durende liefdesverhouding tussen Karolina en Jess? Ons kan verskillende ``eindes'' oorweeg. . Vind daar werklik vanuit genderperspektief ``sluiting'' plaas? Die heel laaste twee paragrawe van die roman (bl. 190191) (bl. 180) verwys na Tonnie de Melck, die man wat selfmoord gepleeg het omdat sy huweliksverhouding onbevredigend was, en die minnaars, wie se buiteegtelike liefde die sosiale en politieke lewe op die dorp Voorspoed uitgedaag het. AKTIWITEIT 5.3 Kritici het gewys op raakpunte tussen Karolina Ferreira en die populere liefdesverhaal. Vergelyk Lettie Viljoen se roman met enige populere liefdes verhaal van jou keuse om sodoende raakpunte met gewilde romantiese fiksie sowel as die algehele ondermyning daarvan in Karolina Ferreira aan te toon. Toeligting: Oorweeg die onderstaande opvallende raakpunte tussen Karolina Ferreira en die patroon van die massavervaardigde liefdesverhaal. . Onderweg na Voorspoed besoek Karolina 'n fortuinverteller wat die volgende toekomsblik aan haar voorhou: ``Sy het 'n man gesien wat Karolina altyd sal liefhe, en sy het 'n vrou gesien, 'n goeie vriendin, wat haar nooit in die steek sal laat nie'' (bl. 12) (bl. 14). . Die roman beskryf die begin en geleidelike ontplooiing van Karolina se verhouding met die man Jess Jankowitz, met wie sy die eerste maal kennis maak in die kafee met die passende naam, Rendezvous (bl. 2224) (bl. 2325). . In die slot van die roman verklaar Jess sy liefde vir Karolina ``in 'n stortvloed van woorde waaroor hy skynbaar geen beheer het nie'' (bl. 190) (bl. 179) en daar is sprake van 'n blywende verbintenis tussen die minnaars. . Jy is seker daarvan bewus dat populere liefdesverhale formule-skryfwerk is, wat meestal geskryf word op grond van allerlei voorskrifte van uitgewers betreffende, byvoorbeeld, die intrige, die aard van held en heldin en die gelukkige einde. Gender-stereotipering gedy in populere liefdes verhale, wat ``sentreer om die uitbeelding van 'n verhouding tussen 'n sterk, aktiewe manlike karakter en 'n swak, passiewe onderdanige vrouekarakter'' (Viljoen 1995:38). Hierdie tipe verhouding tussen man en vrou in die populere liefdesverhaal bestendig en versterk die patriargie, omdat dit voorgehou word as natuurlik en vanselfsprekend, as die norm, terwyl dit in werklikheid 'n ideologiese konstruksie is. In Karolina Ferreira word die konvensionele patroon van die populere liefdesverhaal verbreek deur (1) die feit dat die roman nie fokus op die liefdesverhouding tussen Jess en Karolina nie. Karolina se navorsing, haar vriendskappe met ander mans (Pol en Willie) en haar gereelde dansery met Kolyn kry feitlik net soveel aandag. (2) Die tradisionele uitbeelding van die liefde as iets konstruktiefs en betowerend, word ook geroniseer deur verwysings na wat die liefde aan Karolina doen: die liefde maak haar ``roekeloos'', ``ongeduldig'', ``radeloos en beangs'' (p. 158) (p. 152). (3) Dis ten slotte nie die vrou (Karolina) wat aandring op 'n permanente verbintenis nie, maar die man (Jess) wat haar feitlik smeek en sy afhanklikheid demonstreer deur sy neergeslane oe en onsekere stem (pp. 189190) (p. 179). 169

populere liefdesverhale

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus

5.1.4 Seksualiteit in Karolina Ferreira


Wat dalk veral die seksuele betref, beweeg Karolina nie binne die grense voorgeskryf deur die patriargie nie. Sy raak betrokke by 'n hartstogtelike fisiese verhouding met Jess sonder dat daar sprake is van 'n konvensionele huwelik. Sy wys Kieliemann se ongevraagde attensies telkens af, maar ervaar jaloesie as Willie sy meisie gaan besoek. Pol Habernaut verklaar sy liefde aan haar, wat sy op simpatieke wyse hanteer. Frans Roeg interesseer haar, en met Kolyn dans sy die sensuele tango (maar sonder om seksueel tot hom aangetrokke te voel). So ondermyn Karolina die beperkings van haar vrouwees binne die patriargale domein. Sy relativeer in 'n sin Adelia se opmerkings oor sulke beperkings. Karolina se verhouding met Jess werk genesend of helend ten opsigte van haar traumatiese verlede en mislukte verhoudings met mans. Dis 'n metafoor vir restorasie in die roman. AKTIWITEIT 5.4 (1) Lees gerus die opmerkings in deel 1 studie-eenheid 2 paragrawe 2.2.3 en 2.2.6 van hierdie gids oor literatuur en waardes, en die rol van seks in 'n literere teks. Daar word verwys na Karolina Ferreira. (2) Vir die belangstellende student (opsioneel). Lees Andre P. Brink se artikel ``Oor die religieuse en die seksuele'' in die Leesbundel. Jy sal sien dat Brink 'n vergelyking tref tussen godsdiens en seks in terme van uitreiking na iets/iemand buite jouself: in godsdiens reik die mens uit na God as die Ander om jou onvoltooidheid te voltooi; in seks reik jy uit na 'n ander mens. Som die hoofpunte van die artikel vir jouself op, en dink na oor die implikasies hiervan. Sou mens kon se dat alle verhoudings, en in 'n sin alle kuns, dus wesentlik `religieus' is, soos wat Marthinus Beukes dit stel in sy artikel (sien studie-eenheid 4 van hierdie deel hierbo)?

metafoor vir restorasie

5.1.5 Transformasie in Karolina Ferreira


Daar word 'n redelik duidelike verband gele in die teks tussen Karolina en die sewentiende-eeuse kunstenaar en wetenskaplike, Sibylla Merian (Roos. 1997:6974). Die oorspronklike boekomslag (1993-uitgawe) het as voorbladillustrasie 'n natekening van ``Banana'' uit Merian se Metamorphosis. Die motief van metamorfose kom telkens in Karolina Ferreira voor, in verwysings na verandering, ruspes, larwes en kokonne. Willie le bv. soos `` 'n larwe in 'n kokon'' (p. 95) (p. 92) tydens sy ervaring in Botswana waar hy die hande opgele is. Pol Habernaut, het jy seker opgemerk, word konsekwent in terme van 'n amfibiese dier beskryf wat tussen twee mediums (land en water) in `oorgang' is. Na die ontploffing en brand le Pol toegewikkel soos 'n mummie, wat suggereer dat hy besig is om te evolueer na iets anders (p. 188). (p. 178) Karolina self word aanvanklik beskryf as ``... iemand in wording. Onafgewerk'' (p. 12). (p. 13) Soos sy verander, bruinbrand in die son en haar liefdesverhouding met Jess vorder, word haar voorkoms beskryf in terme van 'n volwasse mot: ``Onder die lig is haar skouers sag en vroulik gerond, die sweet daarop fyn soos die stof op die vlerke van motte; haar hare gloei en brand, dit stoot welig uit die wortelsakkies na bowe, dit staan donker 170

Studie-eenheid 5 en lewendig om haar kop'' (p. 149). (p. 143) Die suggestie is die van transformasie. Naas die verband met Merian wys Viviers (1996:44) ook op interessante raakpunte tussen Karolina en die Meksikaanse skilder Frida Kahlo. Kahlo was 'n geemansipeerde kunstenaar wat na geweldige fisiese en emosionele pyn getransformeer word tot 'n vrou wat as kunstenaar erkenning kry en ook op persoonlike vlak volwasse word.

Uittreksel: Lettie Viljoenwebblad: http://www.agape.co.za/ ingrid/ingrid.htm

171

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus

5.2 TWEE VROUE (ELSA JOUBERT) 5.2.1 Inleiding


Elsa Joubert se jongste werk verskyn in haar tagtigste jaar (2002). Twee vroue is soos baie van haar vroeere werk gebaseer op reise wat sy onderneem het: ``Pampas'' het ontstaan uit 'n reis wat sy in 1985 na Patagonie in Argentinie onderneem het, en ``Klooster'' uit haar besoek aan die Santa Katerinaklooster in die Sina-woestyn (Van Niekerk. 2002:11). Die hoofkarakters Elvira (``Pampas'') en Helena (``Klooster'') onderneem ook reise na ander werelddele. Soos dikwels in Joubert se werk, lei die `uiterlike' reis in albei gevalle na 'n `tweede' of innerlike reis, 'n reis van verandering in die self. Die slotsom van Elvira se innerlike `reis' is egter nie dieselfde as die van Helena nie. Ons kan se dat Elvira se reis na Patagonie en lewe daar haar nie bevry nie, maar vervreem van mens en land en haar verder in haarself laat keer. Die teenoorgestelde is waar van Helena se reis: sy ervaar eenwording met haar omgewing en medemens en reik uit haarself uit. Ons sien dus in die bundel twee `bewegings': 'n beweging na binne (Elvira) en 'n beweging na buite (Helena).

reise

AKTIWITEIT 5.5 (1) Kyk na die omslag (bandontwerp) van Twee vroue. `Lees' jy iets van die reise en bewegings waarvan ons hierbo praat, hierin? (2) Lees die twee novelles redelik kort na mekaar deur, as dit kan in een sitting. Wat is jou eerste indrukke? Met watter vrou se `reis' kan jy jou die meeste vereenselwig? Hoekom? Watter soort emosies het Elvira se moeilike lewe by jou gewek? Dink jy ons maak steeds sulke fatale foutiewe keuses in ons lewens? Sukkel ons nog so om te kommunikeer en mekaar te vind? Dink jy Helena se ommekeer is geloofwaardig? Kom ons kyk nou na elk van die novelles meer in besonderhede.

5.2.2 ``Pampas''
5.2.2.1 Konteks
Oor die trekke van Afrikaners na `die vreemde': sien Strydom, C. en Kru ger, D. 1976. Afrikaners in die Vreemde oor die Anglo-Boereoorlog: sien deel 1 studieeenheid 4 aktiwiteit 4.11

Die konteks van die verhaal is die afloop van die Anglo-Boereoorlog en die destydse emigrasie van Afrikaners na Argentinie, spesifiek die groep wat rondom 1905 vanuit Burgersdorp vertrek het, en die repatriasiepogings wat vanaf 1929 onderneem is. Elsa Joubert se in 'n onderhoud met Kirby van der Merwe (2002) dat sy van die nasate van die destydse emigrante tydens haar besoek in 1985 ontmoet het. ``Die meeste van die mense wat as kinders daar aangekom het, het toe al uitgesterf. Hulle kinders het steeds Afrikaans gepraat, maar die kleinkinders het die taal begin verloor. Die nageslag het met Suid-Amerikaners getrou. Die invloed op Afrikaans was natuurlik nie Engels nie, maar Spaans. Hulle het ook 'n besonder suiwer Afrikaans gepraat, met eienaardige woorde soos `poort' vir hawe, `tint' vir tent, altoos''.

172

Studie-eenheid 5 AKTIWITEIT 5.6 Kyk na die subtiele aanwending van argaese (ouderwetse) taal op die volgende bladsye: 17, 22, 41, 48, 93. Hoe dra dit by tot die skep van hierdie besondere wereld?

5.2.2.2 Struktuur
raamvertelling

Ons kry in hierdie novelle te doen met 'n raamvertelling. ``Pampas'' begin met 'n afdeling wat ``Aanloop'' genoem word en eindig met 'n ``Afloop''. Albei is geplaas in die jare nadat Elvira en haar drie dogters na Suid-Afrika teruggekeer het. ``Aanloop'' en ``Afloop'' raam die tien kort hoofstukke waarin die verhaal vertel word: . . . . . Ben van Staden en Elvira Wiese se ontmoeting die huwelik en bootreis na Argentinie hul aankoms, vestiging en verblyf in die binneland die geboorte en dood van hul kinders die skeiding van Ben en Elvira se paaie

In hoofstuk 1 word daar vanuit Ben se perspektief vertel (is hy die fokalisator), maar die volgende 9 hoofstukke fokus op Elvira en gee haar perspektief op gebeure, alhoewel die fokalisasie soms beweeg na Ben om sy gedagtes weer te gee.

AKTIWITEIT 5.7 (1) Wat dink jy is die effek van bogenoemde raamvertelling? Hoekom die verhaal begin met die `uiteinde' van die reis? Hoe kleur dit jou lees van die chronologiese verhaal (tien hoofstukke)? (2) Watter beeld kry jy uit ``Afloop'' van Elvira as ouer vrou (``sadder and wiser'' of bloot nog meer geslote as wat sy as jong vrou was?) Skryf 'n paar karaktereienskappe wat jy raaklees, neer. Die verhaalgebeure beweeg algaande na al groter afsondering, eensaamheid en disillusie. Waar Elvira aanvanklik nog dink aan perdry, haarself voorneem dat die lewe en landskap haar nie sal onderkry nie, begin die verskriklike afsondering (ure weg van naaste bure), sterftes (Mona se dood sonder dokter, Elvira se seuntjie se dood), mense se feilbaarheid (Tom die swerwer, en Aletta se degenerasie), ens. hul tol eis. Dit eindig in afstomping en moedopgee (``Ek kan nie meer nie'' p. 124). Die slotparagrawe teken 'n inkrimping van Elvira se lewe: familie, selfs dogters het nou een kind geword wat by haar ma bly. En dit is vir haar ``goed so.''

5.2.2.3 Titel en Ruimte


Die titel ``Pampas'' verwys na die wereld, die tipe landskap, wat in Patagonie se binneland aangetref word. Vir Ben is dit bekend en geliefd, maar vir Elvira hel. Reeds by haar aankoms ervaar sy die land as onherbergsaam en koud (pp. 41, 42). Die wind waai sterk (en word telkens beskryf as ``loeiend'') en 173

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus die omgewing herinner haar aanvanklik aan die Karoo, 'n landskap wat haar juis nooit aangestaan het nie (sien p. 16 ``Nog nooit het sy van hierdie vaal, plat, stowwerige landskap gehou nie.'') Let op van watter tipe landskap Elvira wel hou (p. 16 ``sagte plooiinge van mensvriendelike heuwels ...''). Mettertyd vind sy dat haar nuwe wereld anders lyk en is as selfs die Karoo (p. 46) en lyk haar ervaring daarvan nie negatief nie: dis asof dit haar wese vul. Dis egter 'n momentele ervaring, iets van 'n ``opgeefsel'', want die sterk wind bring donkerder wolke en die sonlig verdwyn. Elvira hou aan die moment vas, maar daar kom nooit 'n eenwording, harmonie tussen haar en die landskap nie. Sy ervaar wel 'n rustigheid in die Chilene se hut op hul plaas waarheen sy gaan ten spyte van gure weer en vuil toestande, waarskynlik ter wille van die menslike kontak. Dis egter ironies dat hierdie rustigheid grotendeels te danke is aan die bedwelmende effek van die kruie wat in die hut gebrand word (pp. 113, 116). Dus: eintlik maar weer 'n ``opgeefsel'', 'n soort hersenskim, nie werklike harmonie nie. Die wintersneeu perk haar in (p. 69). Wanneer haar seuntjie sterf, kan hulle hom nie begrawe nie weens die bevrore grond en moet die lykie in die yskoue buitehuisie tussen vleis en voorrade bly. Ben neem Elvira soontoe. Hierdie toneel (pp. 122124) teken die koue en mistroostigheid en verdriet, en totale onvermoe om mekaar te vind, in terme van die landskap: ``Dan is dit asof sy haar hande in die ru-gemaakte wolhandskoene na hom wil uitsteek, hom wil aanraak. Iets wil se, tot hom wil deurdring, maar sy kan nie. Die hemel help haar, maar sy kan nie. Sy voel net 'n leegte om hulle, 'n yskoue leegte wat haar lam arms nie kan oorbrug nie'' (p. 123).

nooit eenwording met ruimte

AKTIWITEIT 5.8 (1) Lees die beskrywing van die bogenoemde toneel op pp. 122124 noukeurig deur. Hoe word die beskrywing van die skaap wat onder die sneeu kan oorleef, toegepas op Elvira en Ben? Hoekom is dit ``te laat'' vir hulle? (2) Hoe ontwikkel die huis waarin Elvira en Ben woon, deur die jare? Hoe lyk dit aanvanklik? Sien pp. 47, 51, 52, 58, 6162, 8788, ens. Hoe probeer sy dit bewoonbaar en herbergsamer maak? Verklaar dit vir jou hoekom sy by haar terugkeer na Suid-Afrika steeds timmer en skaaf aan haar en haar dogters se woonplekke?

5.2.2.4 Ironie
Daar is telkens sprake van verkeerde veronderstellings, van foutiewe interpretasies as gevolg van gebrekkige kommunikasie. Elvira wat so desperaat is om getroud te kom na haar liefdesteleurstelling met Igna (p. 25), besef gou dat sy `geen sin het' in die getroude lewe nie (p. 30). Ben probeer op sy manier goed wees vir haar en uitreik, en hulle as gesin beskerm (p. 88), maar kan nie sy gevoelens, wense en begeertes kommunikeer nie. Sien ook p. 103 waar Ben se woorde die amperse geneentheid (of ten minste gebrek aan vyandigheid) van Elvira se kant summier laat verdwyn. Die toneel by hul kind se lykie is skrynend in hierdie verband: Ben toon emosie, Elvira wil uitreik na hom maar vind dat dit onmoontlik geword het. Dat Ben uiteindelik nie die reis na Suid-Afrika onderneem om sy gesin te sien nie, maar in 174

Studie-eenheid 5 Buenos Aires vashaak by 'n operasangeres, se dat daar 'n moontlike gedeelde belangstelling tussen hom en Elvira was wat bloot nooit gekommunikeer is nie (sien hoofstuk 4 waar Elvira baie plesier het aan die uitvoering van Die Verkoopte Bruid in Buenos Aires totdat die ironie van die situasie by haar tuiskom sien p. 36).

5.2.2.5 Tema
Wil jy probeer om die slotinsig in hierdie novelle te formuleer? Sleutelwoorde: ontsnapping aan skande, ``uitdraaipad'', wat hel word; onvermoe tot ware kommunikasie, ontbering, eensaamheid, stryd teen omstandighede en onherbergsame natuur, blywende emosionele letsels, inkrimping en isolasie.

5.2.3 ``Klooster''
'n Mens het net iets wat jy aan ander kan gee as jy ophou om 'n masker te dra en 'n mens van vlees en bloed word (Elsa Joubert)

5.2.3.1 Titel
So met die eerste aanblik lyk die titel sterk kontrasterend ten opsigte van die vorige novelle s'n: ``Klooster'' suggereer ingeperktheid in terme van plek ('n soort verseelde of hermetiese ruimte) wat deels as gevolg van die assosiasie met godsdienstige afsondering en dogma is. Dis dan ironies dat hierdie vertelling ontwikkel in die `teenoorgestelde' rigting, oftewel uitreiking na mens en omgewing, en harmonie. Elsa Joubert se woorde in die motto hierbo vat Helena se innerlike reis saam: sy beleef die afgooi van maskers en 'n `inkarnasie' as mens van vlees en bloed.

uitreiking na mens en omgewing

5.2.3.2 Ruimte en karakter


AKTIWITEIT 5.9 (1) Lees die volgende aanhaling uit Joubert se vroegste reisverhaal, Water en woestyn (1948:91, 92), oor haar reis na Egipte, en spesifiek die Vallei van die Konings: ``Dit is asof ons aan die einde van die wereld en van alle verlatenheid gekom het ... Die stilte wat soos 'n luglee ruimte om die ou dinge vaskleef. Dis die stilheid van ou dinge'' Vergelyk hierdie atmosfeer met die wat in ``Klooster'' geskep word in ruimtelike beskrywings van die woestyn. Gee aanhalings en verduidelik die konneksies wat jy sien. (2) Kyk na Helena se belewing van haar omgewing. Hoe verskil haar ervaring van haar omgewing aan die begin, van hoe sy later voel? Kyk bv. na pp. 131132 vir haar ergenis tydens die woestynrit; haar eerste besoek aan 'n Bedoeen se huis op pp. 134136, en haar eerste gewaarwordinge in die klooster op pp. 140 en volgende. Vergelyk dit met haar besoek aan die Bedoeentent (pp. 184186) en haar ervaring van die woestyn as 'n vriend (pp. 190191). 175

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus (3) Hoe sou jy Helena beskryf (karakteriseer) aan die begin? (modern? geemansipeerd? goed versorg? selfgenoegsaam?) Gee voorbeelde uit die teks. Hoekom word sy deur die vroue in die badkamer gegnoreer en by die Nagmaal oorgeslaan? Hoe verander dit teen die einde? (Aanvaar die vroue haar? Sien pp. 190191.)

5.2.3.3 Mistiek
Gretel Wybenga (2002) skryf in haar resensie van Twee vroue (opgeneem in die leesbundel) dat Joubert in hierdie teks die mistiek trefseker oopskryf. Veral die ervaring van eenwording met haar bestaansruimte (p. 186) word in terme van die mistiek aangedui. Oor die mistiek skryf Olivier in Cloete (2002:311) dat dit as begrip uiteenlopende definisies het maar wesenlik neerkom op 'n herkenning van en ontmoeting en vereniging met die goddelike. Die mistikus is tradisioneel 'n reisiger onderweg na vereniging met die godheid en probeer homself losmaak van die aardse en vleeslike. Hy wag vir die vervlietende oomblik van ekstase waartydens alle opvattings van tyd en ruimte vernietig word. Kenmerkende begrippe in mistieke literatuur is lig, duisternis, water, vuur en wind.

vereniging met die goddelike

AKTIWITEIT 5.10 (1) Gaan terug na ``Pampas'' en herlees die passasie op pp. 115116. Dink jy, in die lig van bogenoemde gedagtes oor die mistiek, dat Elvira 'n tipe mistieke ervaring hier beleef? (2) Herlees die ervaring wat Helena in die woestyn het op pp. 184186, maar begin 'n bietjie verder terug, op p. 181 waar Helena 'n identiteitsoeke beleef en dit die nag buite die klooster waag. Watter mistieke elemente soos hierbo aangedui, vind jy in hierdie passasie? (3) Lees ook weer die slotbladsye van die novelle. Let veral op die ervaring van harmonie, eenheid met alles en almal om haar. Is daar 'n voorbeeld van mistieke ekstase? Hoe verskil dit van die slot van ``Pampas''? Sou jy saamstem dat in ``Klooster'' die mistiek nie die vorm aanneem van 'n wegbeweeg van die aardse en vleeslike nie, maar juis 'n oopstel daarvoor? Dis juis Helena se tog die woestyn in, haar ervaring van die Bedoeen se tent en seksuele eenwording met hom, wat haar laat konnekteer met die `goddelike' (harmonie laat ervaar in haarself en met alles om haar).

5.2.3.4 Twee vroue en die oopskryf van die patriargie


AKTIWITEIT 5.11 Van Niekerk (2002:11) se die volgende oor die twee vroue wat as hoofkarakters optree in hierdie twee novelles: ``Die vrouekarakters rekonstrueer hulself, verle hul paaie en bepaal hul eie bestemmings op maniere anders as wat die patriargale samelewing aan hulle sou wou voorskryf.'' Stem jy saam? Skryf 'n kort opstel waarin jy wys hoe sowel Elvira as Helena hulle eie weg vind tot bevryding uit 'n beperkende lot of 176

Studie-eenheid 5 trauma, of 'n selfsoeke wat tot versoening kom. Lees Van Niekerk se artikel (in die leesbundel) om jou te help.

5.3 SLOT
Die verloop van ons ondersoek na genderproblematiek in die literatuur het onthul dat die tradisionele genderrolle van vrou en man in eietydse Afrikaanse tekste bevraagteken, ontmasker en ondermyn word. In die veranderde literere klimaat van die hede, lewer skrywers verhaalkuns van gehalte wat op uiteenlopende wyses getuig van die deurbreking van genderstereotipes en die negering van, eens onwrikbare, patriargale mag met sy onmenslike gevolge: die onderwerping van die vrou en die stigmatisering van die man.
blywende kompleksiteit van vrou en man

Vanuit genderperspektief beskou, bring die eietydse Afrikaanse literatuur insig in die blywende kompleksiteit van vrou en man en hulle interaksies. 'n Bewustheid van die implisiete genderkwessies in die tekste wat ons lees, verg van elkeen selfondersoek en rekenskap van ons samelewing se lewenshoudings en -waardes en ons eie betrokkenheid daarby.

5.4 SUMMARY
In this study unit we looked at the `new gender dispensation' in Afrikaans literature by reading the novel Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) and the two novellas Twee vroue (Elsa Joubert) from a gender perspective. In Viljoen's text we saw the traditional male quest narrative, which is a patriarchal narrative structure, used but undermined by the introduction of a female hero as central consciousness. Male characters act as companions and serve to aid Karolina in her quest for self-fulfilment and -actualisation. The conventions of the popular romance, which is an ideological construct and works with gender stereotypes like the passive woman and active or dominant male character, are also used but undermined in Karolina Ferreira. Twee vroue is discussed with reference to the contrasting `movements' the main characters Elvira (in ``Pampas'') and Helena (in ``Klooster'') experience: Elvira moves to Patagonia in the aftermath of the Anglo-Boer War but gradually retreats within herself (movement inward), while Helena travels to the Sinai desert where she eventually finds inner and outer harmony and thus reaches out of herself. We look at the interaction of each character with her surroundings by looking at the use of space in the novellas, we touch on irony and character, and formulate a theme. Finally we look into the different ways in which both women take control of their lives and thereby undermine patriarchy.

VERWYSINGS
Aucamp, H. 1978. Kort voor lank: opstelle oor kortprosatekste. Kaapstad: Tafelberg. Aucamp, H. 1988. Die bruid en ander verhale. Pretoria: HAUM-Literer. 177

Deel 3: Eietydse tekste 2: mans kom van Mars, vrouens van Venus Aucamp, H. (red.) 1990. Wisselstroom: homoerotiek in die Afrikaanse verhaalkuns. Kaapstad: Human & Rousseau. Bakkes, Johan, C. 2001. Moer toe die vreemde in. Kaapstad: Human & Rousseau. Bal, M. 1987. Lethal Love: feminist literary readings of biblical love stories. Bloomington: Indiana University Press. Bartky, S.L. 1988. Foucault, femininity and the modernization of patriarchal power, in Feminism and Foucault: reflections on resistance, edited by I. Dramond & L. Quinby. Boston: Northeastern University Press. Brink, A.P. 1973. Die mooiste sprokies van Moeder Gans. Kaapstad: Human & Rousseau. Brink, E. 1990. Man-made Women: gender, class and the ideology of the volksmoeder, in Women and gender in Southern Africa to 1945, edited by Cherry Walker. Cape Town: David Philip:273292. Brooks, C. & Warren, R.P. 1959. Understanding fiction. New York: Appleton-Century-Crofts. Die Bybel. Nuwe vertaling. 1986. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Cilliers, P. 1997. 'n Kas is vir klere. Kaapstad: Human en Rousseau. Claes, P. 1988. Echo's echo's: De kunst van de allusie. Amsterdam: De Bezige Bij. Cloete, E. 1992. Afrikaner Identity: culture, tradition and gender. Agenda 13:4256. Cranny-Francis, A. 1990. Feminist fiction: feminist uses of generic fiction. New York: St Martin's Press. Degenaar, J. 1992. Die politiek van seks in Rooikappie, in Granaat: 50 eietydse essays, onder redaksie van T. Gouws & P.H. Roodt. Kenwyn: Jutalit:4246. De Lange, J. (red.) 1997. Soort soek soort: 'n versameling alternatiewe ervarings. Kaapstad: Human & Rousseau. De Lange, J. in Brink, A. 2000. Groot Verseboek. Kaapstad: Tafelberg. Faderman, L. 1982. Surpassing the love of men: romantic friendship and love between women from the Renaissance to the present. London: Junction Books. Fourie, C. 1991. Liefde en geweld. Kaapstad: Tafelberg. Fourie, C. (red.) 1992. Vrou: Mens: verhale deur vroue oor vroue. Kaapstad: Human & Rousseau. Gray, J. 1993. Men are from Mars, women are from Venus. London: Thorsons. Greeff, R. (red.) 1994. LyfSpel/BodyPlay: erotiese kortverhale deur SuidAfrikaanse vroue. Pretoria: HAUM-Literer. Grove, A.P. & Botha, E. 1976. Handleiding by die studie van die letterkunde. Kaapstad: Nasou. Hambidge, J. 1985. Hartskrif. Kaapstad: Human & Rousseau. Hambidge, J. 2000. Lykdigte. Kaapstad: Tafelberg. Hauerwas, S. 1981. A community of character: toward a constructive Christian social ethic. Notre Dame: University of Notre Dame Press. Jehlen, M. 1995. Gender, in Critical terms for literary study, edited by F. Lentricchia & T. McLaughlin. Chicago: The University of Chicago Press:263273. Joubert, E. 2002. Twee Vroue. Kaapstad: Tafelberg. Louw, N.P. van Wyk. 1961. Vernuwing in die prosa: grepe uit ons Afrikaanse ervaring. Kaapstad: Human & Rousseau. Malherbe, J. 1997. Is feminism reasonable? Siren News 5(1):46. 178

Studie-eenheid 5 Muller, P. in Fryer, C. 1988. Kinders van die Aarde. Kaapstad: Tafelberg. Nel, T. 1997. 'n Annerster Soort. Kaapstad: Human en Rousseau. Preller, G. 1985. Lettie, in Hoogtepunte in die Afrikaanse verhaalkuns, onder redaksie van A.P. Grove. Kaapstad: Tafelberg:3439. Raitt, S. 1993. Vita and Virginia. The work and friendship of Vita SackvilleWest and Virginia Woolf. Oxford: Clarendon Press. Roos, H. 2003. Aantekeninge oor Twee Vroue (3 Junie). Scheepers, R. (red.) 1997. Dogters van Afrika: verhale oor Suid-Afrikaanse vroue. Kaapstad: Tafelberg. Strachan, A. 1997. Agter die suikergordyn. Kaapstad: Human en Rousseau. Sykes, J.B. (red.) 1982. The Concise Oxford Dictionary. Oxford: Clarendon Press. Van Coller, H.P. 1995. Tussen nostalgie en parodie: die Afrikaanse prosa in die jare negentig (Deel II). Tydskrif vir Geesteswetenskappe 35(4), Desember:271279. Van den Heever, C.M. & Nienaber, P.J. (reds.) 1950. Bloemlesing uit die gedigte van Jan FE Celliers. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel. Van der Merwe, C.N. 1994. Breaking barriers: stereotypes and the changing of values in Afrikaans writing 18751990. Amsterdam: Rodopi. Van Niekerk, A. (red.) 1994. Vrouevertellers 18431993. Kaapstad: Tafelberg. Van Wyk, E. in Van Niekerk, A. 1994. Vrouevertellers 18431993. Kaapstad: Tafelberg. Viljoen, L. 1993. Karolina Ferreira. Kaapstad: Human & Rousseau. Viljoen, L. 1994. Ek is heeltyd op soek na iets. Die Burger, 5 Mei. Viljoen, L. 1994. Verruklike teks. De Kat 9(9), Maart:9293. Viljoen, L. 1995. Disrupsie en appropriasie in Lettie Viljoen se Karolina Ferreira. Stilet VII (2), September:3245. Wilkinson, J. 1997. Is reason a male notion? Siren News 5(1):68. Zipes, J. 1983. Fairy tales and the art of subversion. London: Heinemann.

179

Deel

Jeugletterkunde Johan Coetser

Deel 4: Jeugletterkunde

INHOUD Studie-eenheid
OORSIG 1 1.1 1.2 1.3 1.4 2 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 3 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 4 4.1 4.2 4.3 4.4 5 DIT MOET DAN IETS BETEKEN . . . ('n teoretiese kennismaking) Inleiding Waarom is kinderboeke letterkunde? Wat lees kinders werklik? Samevatting ... SOOS `N ROYALBAKPOEIERBLIK Inleiding Terugvoering oor vrae 1 en 2 Wat beteken die begrip kinder- en jeugletterkunde? Hoe verskil die letterkunde vir kinders en jeugdiges van letterkunde vir volwassenes? Samevatting WAT MOET 'N HAAS DOEN? (Martie Preller: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen) Inleiding Aan watter begrensinge is die opvallendste struktuurelemente in Preller se boek onderhewig? Toon kortliks aan watter rol fantasie in die verhaal speel Verklaar die terme primere werklikheid en sekondere werklikheid Toon kortliks aan watter aktualiteite in Preller se boek ontstaan as gevolg van raakpunte tussen prime re en sekondere werklikhede Samevatting PROBLEME, PROBLEME EN NOG PROBLEME (Marita van der Vyver: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom) Inleiding Aan watter begrensinge is die opvallendste struktuurelemente in Van der Vyver se boek onderhewig? Toon kortliks aan watter rol postmodernisme in die verhaal speel Samevatting SAMEVATTING/SUMMARY

Bladsy
183 185 185 186 188 191 192 192 192 194 196 198 200 200 201 204 206 206 209

210 210 211 215 219 220 224

VERWYSINGS

182

OORSIG
Baie welkom by hierdie deel van die module! U het waarskynlik reeds in die inleiding tot die studiegids gelees dat u in die eksamen vrae oor drie uit die vyf dele van die vraestel moet beantwoord.

Waarom sal u hierdie deel, oor kinder- en jeugletterkunde, by u keuse insluit?


Miskien moet ek die vraag anders stel. Naamlik: wat kan die studie van kinder- en jeugletterkunde vir u beteken? Indien u 'n ouer is, sal u die deel moontlik wil neem ter wille van u kind se taalkundige en estetiese ontwikkeling en, wel ... die plesier van storievertel en voorlees. Indien u 'n onderwysstudent is, moet u hierdie deel van die module kies, maar u sal ook graag inligting wil ontvang wat u in staat sal stel om kinder- en jeugletterkunde meer sinvol aan te bied as wat anders die geval sou wees. En dan is daar 'n groep persone wat in die gewone gang van hul loopbane inligting oor kinder- en jeugliteratuur nodig mag kry, soos boekkeurders, joernaliste, resensente, inligtingkundiges, kommunikasiekundiges kortom, almal wat met woorde werk.

Dus, wat behandel ons in hierdie deel?


Ek moet beklemtoon dat die deel nie 'n volledige handleiding oor kinder- en jeugliteratuur kan wees nie. Beskou dit eerder as 'n inleiding tot die onderwerp, waarvan die studie op die tweede vlak verdiep. Hiermee ook die uitnodiging om aanstaande jaar vir die betrokke tweedevlakmodule te registreer. Vir 'n volledige oorsig van die inhoud van hierdie deel verwys ek u na studieeenheid 5. Ter wille van toeganklikheid is studie-eenheid 5 in Afrikaans en in Engels geskryf. Die bedoeling is dat studie-eenheid 5 as 'n inleiding en 'n samevatting van die deel dien. Wat my by die volgende vraag bring, oor ...

... hoe u u studie van die deel kan aanpak


Teen hierdie tyd het die meeste studente elkeen reeds 'n eie studiemetode ontwikkel. Indien u studiemetode nie die volgende stappe insluit nie, kan u dit oorweeg om hulle in te sluit: . Sorg dat u die inhoud van die voorgeskrewe boek van u keuse goed ken. Niehuistaalsprekers van Afrikaans en persone wat Afrikaans nie goed kan praat, skryf en lees nie, moet dit oorweeg om die inhoud van die voorgeskrewe boek op te som, op skrif. . Dit is nie nodig om elke aktiwiteit te doen nie. Maak egter seker dat u elke aktiwiteit KAN doen. Ek het telkens aangedui watter aktiwiteite as verryking bedoel is, en daarom nie verpligtend is nie. 183

Deel 4: Jeugletterkunde Het u reeds in die inleiding tot die studiegids die redakteur se wenke gelees oor hoe u u studie van dele oor die algemeen kan aanpak? Daardie wenke sluit aan by wat ek in die vorige paragraaf geskryf het. Allerbeste wense vir u kennismaking, vir die eerste keer of by herhaling, met die wonderlike wereld van kinder- en jeugletterkunde in Afrikaans. Dr. Johan Coetser

184

STUDIE-EENHEID

1
Dit moet dan iets beteken soos 'n Royalbakpoeierblik uit: ``Aaispaai'' (D.J. Opperman)

Dit moet dan iets beteken ... ('n teoretiese kennismaking)

Vir 'n oorsig en opsomming van die inhoud van hierdie deel oor kinderen jeugletterkunde, lees eers studie-eenheid 5.

1.1 INLEIDING
Die bedoeling met hierdie en die volgende studie-eenheid is om u kennis te laat maak met die teoretiese agtergrond van kinder- en jeugletterkunde. Daardeur hoop ek dat persone wat die deel neem, hulself met kennis sal toerus om in werkopdragte, die universiteitseksamens of by ander geleenthede verantwoordbare uitsprake oor boeke vir kinders en jeugdiges te maak. Na afhandeling van die deel behoort u byvoorbeeld die keuse van 'n voorgeskrewe boek vir skoolgebruik of die aankoop van 'n boek vir 'n eie of 'n ander kind op goeie oorwegings te kan baseer. U keuse sal dan iets beteken, soos die opskrif en motto by hierdie en die volgende studie-eenheid dit stel. Die aanhalings boaan studie-eenhede 1 en 2 kom uit 'n gedig deur D.J. Opperman.
uitkomste

Ons begin die afdeling met vyf vrae. Die vrae dui terselfdertyd die uitkomste vir die eerste twee studie-eenhede aan. Nadat ons deur die studie-eenhede gewerk het, moet u in staat wees om kort antwoorde van tussen vyf en tien reels op die volgende vrae te gee: 1. 2. 3. 4. 5. Waarom is kinderboeke letterkunde? Wat lees kinders werklik? Wat beteken die begrip kinder- en jeugletterkunde? Waarom is 'n eenvoudige interpretasie van die begrip selde geldig? Hoe verskil die letterkunde vir kinders en jeugdiges van letterkunde vir volwassenes?

'n Samevatting van die twee studie-eenhede kom in studie-eenheid 2 voor. Ons begin met die eerste vraag. 185

Deel 4: Jeugletterkunde

1.2 WAAROM IS KINDERBOEKE LETTERKUNDE?


Op hierdie vraag het ek voorheen al die volgende antwoorde ontvang: kinderboeke is letterkunde (soms beweer persone dit is nie letterkunde nie) omdat dit ... . aan kinders 'n lewensles oordra, met ander woorde didakties/lerend is 'n Voorbeeld is die storie van Rooikappie wat die les oordra dat kinders hulle nie deur voorkoms moet laat mislei nie. . kinders met werklikhede konfronteer wat hulle ken of waarvan hulle al gehoor het, soos egskeiding, dwelmgebruik, probleme met hul selfbeeld, sosiale verhoudings met die teenoorgestelde geslag of met ouers, ensovoorts Van hierdie werklikhede kom in die een voorgeskrewe boek vir vanjaar voor, en in baie van Barrie Hough se boeke. Die voorgeskrewe boek is Marita van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. 'n Voorbeeld van 'n boek deur Hough is sy Vlerkdans (1992), ook in Engels vertaal as In full flight (1996). . fantasie of verbeelding bevat Fantasie kom in die ander voorgeskrewe boek vir vanjaar voor, naamlik Martie Preller se 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen en in George Weideman se Die geel komplot (2003), wat nie voorgeskryf is nie. Dis tog nie werklik vir 'n dogtertjie soos Gerda in Preller se boek moontlik om in 'n haas te verander, of vir 'n meisietandemuis soos Tara in George Weideman se Die geel komplot om vir melktande te gaan soek om aan die tandpaleis te bou nie! Al drie antwoorde mag waar wees, maar is nie noodwendig geldige redes waarom kinderboeke letterkunde is nie. Didaktiek, sosiale probleme of fantasie kom ook buite die letterkunde voor: preke kan didakties wees, van werklikhede soos egskeiding kan ons in koerante lees, en films kan fantasie en verbeelding bevat. Preke, koerantberigte en films is nie noodwendig letterkunde nie.
geskiedenis van kinderen jeugletterkunde

moontlike redes

Die saak word nog ingewikkelder as ons na die ontstaansgeskiedenis van kinder- en jeugletterkunde kyk. Die ongemaklike feit James Steel Smith (1967:28) praat van 'n ``startling fact'' is dat die literatuur wat ons vandag as kinder- en jeugletterkunde ken, voor die sewentiende eeu eintlik vir volwassenes geskryf is. Maar, voeg Smith (1967:28) waarskuwend by: We need to make a careful distinction here. Prior to the seventeenth century in Europe there was scarcely any writing for children, but this does not mean that children did not have literature to read or to listen to. Indeed, many of the folktales, ballads, myths, and fables now an important part of the body of juvenile literature were already in circulation. But they had been invented for children; in intention they were adult literature. Die eerste boeke wat uitsluitlik vir kinders geskryf is, het volgens Smith (1967:40) ongeveer drie honderd jaar gelede verskyn. U kan in aktiwiteit 1.1

186

Studie-eenheid 1 meer oor die geskiedenis van kinder- en jeugletterkunde te wete kom. Die aktiwiteit is nie verpligtend nie.

AKTIWITEIT 1.1 (verryking) Sou u daarin belangstel om meer oor die verband tussen die aard van kinderen jeugletterkunde en die ontstaansgeskiedenis daarvan te lees, kan u verder lees wat Smith (1967:2763) hieroor skryf. Hy noem sy hoofstuk ``A very short history of children's literature''. Omdat dit verrykende leesstof is, is u nie verplig om die hoofstuk te lees nie. Smith (1967) is in die Unisabiblioteek vir uitleen beskikbaar.

menings: Steenberg (1986) en Wiehahn (1991)

Ook in Suid-Afrika bestaan daar soms twyfel oor die aard van kinder- en jeugletterkunde, soos dit blyk uit artikels deur Steenberg (1986) en Wiehahn (1991).

AKTIWITEIT 1.2 (1) Lees in die leesbundel eers Steenberg (1986) se artikel ``Is kinderliteratuur 'n selfstandige literere genre?'', wat in Tydskrif vir Letterkunde verskyn het. . Stel op bladsy 86 van die artikel vas wat vir haar die belangrikste kenmerke van kinderliteratuur is. (2) Lees daarna in die leesbundel ook Wiehahn (1991) se artikel ``Kinderen jeugboeke volwaardige literatuur?'', wat in die tydskrif Klasgids verskyn het. . Gaan in Wiehahn se bespreking op bladsye 12 tot 14 die ooreenkomste met en uitbreidings op Steenberg (1986:86) se artikel na.

Terugvoering oor aktiwiteit 1.2


kenmerke van kinderletterkunde

Volgens Steenberg (1986:86) vertoon kinderletterkunde drie kenmerke, naamlik: (1) Die skrywer skep op so 'n wyse 'n woordwereld dat ons, die lesers, bewus word van nuwe betekenisse in die storie. Ons verstaan die woordwereld omdat dit soos ons gewone wereld lyk. In studie-eenheid 1 van deel 1 in hierdie studiegids word daar na hierdie verskynsel as fiktiwiteit verwys. Lees weer Steenberg se verduideliking in die eerste paragraaf net onder die opskrif op bladsy 86 van die artikel. (2) Die woordwereld word met 'n spesifieke groep lesers in gedagte geskep. Steenberg noem hulle op bladsy 86 implisiete lesers, of eenvoudiger gestel, bedoelde lesers. Anders gestel kan ons se dat die implisiete lesers 187

lees oor fiktiwiteit deel 1, studie-eenheid 1, paragraaf 1.4

Deel 4: Jeugletterkunde van 'n boek die persone is wat die skrywer in gedagte gehad het toe die boek geskryf is, met ander woorde die lesers vir wie die boek bedoel is. Lees weer haar verduideliking van hierdie hoofkenmerk in die tweede paragraaf onder die opskrif op bladsy 86 van die artikel. (3) 'n Gevolg is dat ons kan aflei dat die implisiete lesers van kinder- en jeugletterkunde hoofsaaklik kinders en jeugdiges sal wees. Lees weer die laaste paragraaf op bladsy 86, waarin Steenberg na 'n ``fokus'' verwys.

e Vraag
Stem u met die afleiding saam? Waarom?
problematisering van die begrip

Ons hoef nie met Steenberg se derde hoofkenmerk saam te stem nie; vandaar my gebruik van die woord ``hoofsaaklik'' voor die vraag. Die rede is dat dit nie altyd moontlik is om lesers in vaste groepe, soos kleuters of tieners of volwassenes, in te deel nie. Tog verskil kleuter-, tiener- en ander lesers soveel van mekaar dat ons kan se dat hulle hoofgroepe vorm. Kinders, studente en volwassenes geniet dit gewoonlik om Martie Preller se voorgeskrewe boek 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen te lees, al is dit waarskynlik vir 'n Afrikaanssprekende leser van ongeveer agt jaar ouderdom geskryf. Dit wil dus voorkom of persone nie altyd lees wat ons verwag hulle sal lees nie. Daarom moet ons volgende vasstel wat kinders en jeugdiges werklik lees.

1.3 WAT LEES KINDERS WERKLIK? e Vraag


Wat is u mening oor onderstaande twee antwoorde? Op die vraag wat kinders werklik lees, kan ons minstens twee antwoorde gee: 1. 2. jeugdiges word op skool verplig om voorgeskrewe literere boeke te lees, baie verpes dit en lees daarna by uitsondering weer 'n literere werk; of, vrywillige lesers, baie van hulle boekwurms, lees waarvan hulle hou; dit maak vir hulle nie saak of hulle die persone is vir wie die boek bedoel is (implisiete leser), of wat die onderwerp of taal is nie.

'n Opname deur die gemeenskapsbiblioteek van Centurion gee 'n plaaslike aanduiding van kinders en jeugdiges se leesvoorkeure in Afrikaans. Ons kyk in aktiwiteit 1.3 na die bevindinge van die opname.

AKTIWITEIT 1.3 (1) Lees Verwey (1999) se verslag van die opname in die leesbundel. Haar artikel is getitel ``Die jong lesers van Centurion. Wat lees hulle en waarom?'' en het in die literere tydskrif Stilet verskyn. Probeer om, terwyl u lees, antwoorde op die volgende vrae te kry: . Wat in die artikel is vir u nuut of verrassend? 188

Studie-eenheid 1 . Van watter letterkundeboeke hou die jong gebruikers van die Centurion-gemeenskapsbiblioteek die meeste? . Is die jong lesers van Centurion verteenwoordigend van al die jong lesers in die land? (2) Indien u 'n omvattender verslag oor leesvoorkeure wil raadpleeg, kan u Machet, Olen en Chamberlain (2001) se verslag getitel ``Young people's reading in South Africa: a pilot project'' raadpleeg. Dit is verrykende leesstof en u is nie verplig om die verslag te lees nie. Machet, Olen en Chamberlain (2001) is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar. Let daarop dat hul verslag nie slegs op leesvoorkeure in Afrikaans konsentreer nie.

Terugvoering oor aktiwiteit 1.3


verdere problematisering van die begrip

Wat was u reaksie op Verwey se leesbundelartikel? Hier is my reaksie: . Verwey se artikel het my herinner aan die invloed wat 'n ouer of 'n ander persoon van vroeg af op kinders se leesgewoontes kan he. En daarby: die verrassing dat tieners in hierdie biblioteek nie die boeke lees wat vir hulle geskryf word nie. Wat my laat wonder het: waarom skryf die onderwysowerheid tienerboeke, soos Barrie Hough se Skilpoppe (1998), vir tienerleerlinge voor? . Volgens die opname kan ons nie werklik se dat alle jong lesers net van sekere boeke hou nie. My afleiding is dat, as 'n boek goed geskryf is, kinders van alle ouderdomme daarvan sal hou. Wat my weer laat wonder het: wanneer is 'n boek goed geskryf? (Op hierdie vraag kom ons in die volgende studie-eenheid terug.) . Vir my is die jong lesers van Centurion nie verteenwoordigend van alle lesers in die land nie, gewoon omdat die demografie van plekke verskil. Demografiese oorwegings soos lesers se huistaal, en hul kulturele of finansiele agtergrond kan leesgewoontes benvloed. Ongeag die invloed van demografiese oorwegings voorsien kinder- en jeugletterkunde in sekere behoeftes van lesers. Wat daardie behoeftes is, is die onderwerp van die volgende aktiwiteit.

AKTIWITEIT 1.4 Lees eers Elsabe Steenberg (1988) se artikel ``Primere behoeftes van tieners waarin hul boeke voorsien'' wat in die leesbundel opgeneem is. Neem dan, met haar artikel as agtergrond, 'n standpunt ten opsigte van die volgende stelling in: Boeke vir kinders en tieners behoort net oor goeie en stigtelike onderwerpe te gaan.

189

Deel 4: Jeugletterkunde

Terugvoering oor aktiwiteit 1.4


houdings en waardes; lees oor literatuur en oortuigings deel 1, studie-eenheid 2, paragraaf 2.2

Dit is nie eenvoudig om op die stelling te reageer nie, omdat dit sake aanraak wat soms meer met oortuigings te doen het as met letterkunde. Dis soos om twee wedywerende karaktertjies op jou skouers te he, een by elke oor: die een bulder dat kinder- en jeugboeke eerlik moet wees oor die behoeftes waarna Steenberg in haar artikel verwys; die ander fluister saggies dat kinder- en jeugboeke in diens van ``goeie'', morele of godsdienstige opvattings moet staan.

e Vraag
Beteken dit dat boeke wat, soos dit in die vorige paragraaf staan, ``soms meer met opvattings te doen het as met letterkunde'' nie letterkunde is nie? Kan letterkunde oor enige onderwerp gaan?
lees oor Nagtegaal se Daar's vis in die punch en oor Brink se uitsprake deel 1, studie-eenheid 5, asook die stukke wat daarop betrekking het in die leesbundel

Lees as voorbeeld in die resensie (Wyngaard 2003:6) hieronder hoe Andre P. Brink die kwessie van opvattings in Jackie Nagtegaal se verhaal Daar's vis in die punch (2002) in 'n lesing aangepak het. Ek haal net die betrokke gedeeltes uit die resensie aan: Brink het [in sy lesing] ook gekap na die ``hogere literatuurbeskouers wat met sulke magtige wapens van massavernietiging (op Nagtegaal) losgebrand het'', maar nagelaat het om ``die (nieliterere) gestelde en gempliseerde vrae'' in die boek te probeer beantwoord. [...] Nagtegaal se hoofkarakter is immers 'n sestienjarige dogter van skatryk regsgeleerdes, 'n bedorwe brokkie ``wat tot in die afgrond in verwen is'', met 'n eie motor en die reg om vrylik haar gang te gaan. Niemand kan haar omtrent meer iets leer ``hartseer soos dit is!'' van seks, dwelms en ``die lewe'' nie; en sy leef ``volkome amoreel''. [...] Die verhaal is ``baie beslis `skokkend' boweal seker juis om die oenskynlike onskokbaarheid van die hoofpersoon,'' se Brink voorts. Maar teen die einde kom daar 'n skielike wending in die roman wanneer Charlie weens haar pa se naderende sterfte besef hoe ``deurweek van sterflikheid'' alles eintlik is en op die manier word die moontlikheid van 'n nuwe morele bewussyn en gewete volgens hom geskep. Dit wil na aanleiding van Brink se uitsprake in die resensie tog voorkom of skrywers (Nagtegaal was toe sestien jaar oud) in hul boeke 'n `amorele' karakter kan gebruik om 'n ``nuwe morele bewussyn'' te skep, dit wil se letterkunde met 'n (positiewe) boodskap. Waarskynlik die bekendste opstel in Afrikaans oor die vraag of `goeie' letterkunde oor die `goeie' moet gaan, is deur D.J. Opperman (1959:142 155) geskryf. Die opskrif daarvan is ``Kuns is boos!'' en dit het in 'n bundel opstelle met die titel Wiggelstok verskyn.

190

Studie-eenheid 1 Opperman (1959:155) eindig sy opstel soos volg: ``Kuns is boos ... dit werk met duiwelse middele, maar die doel is iets goddeliks!'' Maak Brink in sy resensie nie min of meer dieselfde stelling nie?

AKTIWITEIT 1.5 (verryking) Neem Wiggelstok gerus uit en lees die opstel. Dit is verrykende leesstof en u is nie verplig om dit te lees nie. Opperman (1959) is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar.

1.4 SAMEVATTING
Sommige literatore, soos Elsabe Steenberg (1979), glo dat 'n positiewe slot een van die kenmerke van kinder- en jeugletterkunde is. Haar standpunt verskyn in 'n artikel in die leesbundel onder die opskrif ``Kinderboeke is dit literatuur?'' In die volgende studie-eenheid gee ons vollediger, en aan die hand van Steenberg se artikel, aandag aan nog kenmerke van kinder- en jeugletterkunde. 'n Samevatting van die werk wat ons in hierdie studie-eenheid behandel het, verskyn ook in studie-eenheid 2.

191

STUDIE-EENHEID

2
met prent op prent geteken: jy kry net blik op blik op blik. uit: ``Aaispaai'' (D.J. Opperman)

... soos 'n Royalbakpoeierblik

2.1 INLEIDING
vir die uitkomste van studie-eenheid 1 en 2, kyk die begin van studie-eenheid 1

Ons het in die vorige studie-eenheid met die teorie van kinder- en jeugletterkunde begin kennismaak. Wat die teoretiese agtergrond van kinderen jeugletterkunde betref, het ek in studie-eenheid 1 daarop gewys dat u vyf vrae moet kan beantwoord. Hieronder volg my terugvoering oor die eerste twee vrae, wat ons reeds in studie-eenheid 1 afgehandel het. In hierdie studie-eenheid behandel ek daarna ook die oorblywende drie vrae.

2.2 TERUGVOERING OOR VRAE 1 EN 2


Teen hierdie tyd behoort u reeds 'n paar van u eie opvattings te he oor hoe 'n mens vraag 1 en vraag 2 sou kon beantwoord. Vergelyk u gedagtes met die terugvoering wat na die aktiwiteit volg.

AKTIWITEIT 2.1 Hou in gedagte dat die terugvoering nie modelantwoorde is nie, maar aanduidings van moontlike antwoorde gee.

belangrike kenmerk van kinderletterkunde

VRAAG 1 Waarom is kinderboeke letterkunde? Lees weer die verduideliking wat net na aktiwiteit 1.2 in studieeenheid 1 volg.

'n Belangrike kenmerk van alle letterkunde is dat dit fiktief is. 'n Ander manier om fiktiwiteit te verduidelik is om te se dat letterkunde 'n werklikheid/we reld skep wat nie bestaan nie, maar wat ons as lesers herken omdat dit ooreenkomste vertoon met ons regte werklikheid/ wereld. Ons verstaan die fiktiewe fantasiewereld in Preller se voorge skrewe 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen al is die karakters

192

Studie-eenheid 2 diere en insekte. Dit geld ook van Hanna se wereld, haar ongewone gesin en hul ongewone vakansie, in die ander voorgeskrewe boek, Van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Die diereen insekkarakters tree in Preller se boek soos mense op. Daarom verstaan ons wat hulle ``se'' en ``doen''. Koning-Koning Kriek tree byvoorbeeld soos 'n regte mensekoning op al is hy in die storie 'n koningkriek (dit wil se 'n soort kriek). Die diere en insekkarakters vertoon dus kenmerke van mensekarakters. Letterkunde vir kinders en jeugdiges is gevolglik volwaardige letterkunde as dit aan die eis van fiktiwiteit voldoen. Eenvoudig gestel beteken die term fiktiwiteit dat die manier waarop die skrywer persone (karakters) in die verhaal laat optree (handeling), en waar (plek/ruimte) en wanneer (tyd) die storie afspeel, daartoe bydra dat die verhaal soos gesien deur die oe (perspektief) van een of meer karakters 'n sentrale gedagte (tema) aan die leser oordra wat met 'n fiktiewe/denkbeeldige werklikheid verband hou. Ons kom in aktiwiteit 2.4 weer na hierdie struktuurelemente (dit wil se die vetgedrukte woorde in die vorige paragraaf) van kinder- en jeugletterkunde terug, en op die vraag hoe hulle verskil van die struktuurelemente wat ons in letterkunde vir volwassenes kry. VRAAG 2
leesgewoontes

struktuurelemente; lees oor struktuurelemente deel 1, studie-eenheid 3, paragraaf 3.7 en verder

Wat lees kinders werklik? Lees weer die verduidelikings wat net na aktiwiteite 1.3 en 1.4 in studie-eenheid 1 volg.

Kinders en jeugdiges lees boeke waarin hulle belangstel. So 'n boek kan oor enige onderwerp gaan en voorsien dikwels in 'n behoefte. Steenberg (1988) gee in haar leesbundelartikel ``Prime re behoeftes van tieners waarin hul boeke voorsien'' vir ons 'n aanduiding van die behoeftes. Ek het in aktiwiteit 1.4 van studie-eenheid 1 daarna verwys; lees vlugtig weer wat in die artikel staan.

193

Deel 4: Jeugletterkunde

e Vraag
Beteken dit dat tieners net daarin sal belangstel om boeke (ook letterkundeboeke) te lees wat oor ``slegte'' onderwerpe gaan? Die meeste tieners waarmee ek as onderwyser gewerk het, het nie al die tyd in ``slegte'' onderwerpe belanggestel nie. Natuurlik was daar uitsonderings. In ander gevalle het nuuskierigheid 'n invloed uitgeoefen; sodra hul nuuskierigheid bevredig was, het hulle hul belangstelling in die ``slegte'' onderwerp verloor. Onthou dat 'n knap skrywer 'n ``slegte'' onderwerp so kan gebruik dat dit 'n ``goeie'' boodskap oordra. Neem gerus weer van die kort uiteensetting voor en in aktiwiteit 1.5 van studie-eenheid 1 kennis.
lees oor ``hogere'' kuns teenoor ``populere'' kuns deel 1, studie-eenheid 1, paragraaf 1.3; lees oor ``goeie letterkunde'' deel 1, studie-eenheid 2, paragraaf 2.2.6

e Vraag
Moet kinders en tieners slegs boeke uit die literere kanon lees? 'n Eenvoudige manier om te verduidelik wat die term literere kanon beteken, is om te se dat dit na boeke in 'n letterkunde verwys wat algemeen as die beste aanvaar word. Hoef ek hierop uit te brei, behalwe om by te voeg dat die meeste persone, kinders en volwassenes, nie SLEGS boeke uit die kanon lees nie? Almal lees ook ander boeke, al is dit 'n Asterix (strookprenteboek)! Ons gee nou aan die res van die vrae in studie-eenheid 1 aandag.

2.3 WAT BETEKEN DIE BEGRIP KINDER- EN JEUGLETTERKUNDE?


Oor die betekenis van die begrip verskil geleerdes.
die begrip n.a.v. Ghesquiere

As vertrekpunt gebruik ons die Belgiese letterkundige Rita Ghesquiere (1995:9) se verduideliking dat kinder- en jeugliteratuur . GESKRYF word DEUR kinders en jeugdiges . GESKRYF word VIR kinders en jeugdiges . GELEES word DEUR kinders en jeugdiges

194

Studie-eenheid 2 AKTIWITEIT 2.2 (verryking) verryking) Indien u daarin sou belangstel om self Ghesquiere (1995) se verduideliking te lees, sal u dit in hoofstuk 1 van haar boek Het verschijnsel jeugdliteratuur vind. In Engels kan u onder andere Peter Hunt (1991) se Criticism, theory, and children's literature raadpleeg. Hierdie boeke is verrykende leesstof en u is nie verplig om hulle te lees nie. Beide is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar.

Dit is met die eerste oogopslag duidelik dat Ghesquiere se vertrekpunt, soos sy self toegee, ontoereikend is. Daarom staan sy verderaan in haar boek 'n hele hoofstuk aan 'n verklaring van haar vertrekpunt af.
problematisering

Ek noem eers net twee besware teen haar omskrywings van die begrip: 1. 2. Ghesquiere se vertrekpunt ignoreer kinders wat nog nie kan lees nie vir wie voorgelees word en hulle `letterkunde'. Voorbeelde is peuters en kleuters, en hul leesgoed (soos lapboeke of prenteboeke). 'n Verdere probleem is dat dit soms moeilik is om te se presies wat 'n kind, 'n jeugdige of 'n volwassene is. Het hierdie begrippe net met ouderdom te doen, of moet ons ook na ander sake kyk? In sommige kulture is persone byvoorbeeld volwasse nadat hulle 'n inisiasieproses ondergaan het, ongeag hul ouderdom in jare.

Hoe sou u, soos ek so pas gedoen het, die begrip kinder- en jeugletterkunde problematiseer? Die woord ``problematiseer'' beteken dat u op probleme met die interpretasie van die begrip moet wys. Oorweeg ook hierdie verdere problematiserings van die begrip: 3. 4. Baie min letterkunde word deur kinders en jeugdiges geskryf. Ek het in die vorige studie-eenheid na Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch (2002) as 'n voorbeeld in Afrikaans verwys. Soos ons twee voorgeskrewe boeke deur Preller en Van der Vyver word die meeste boeke vir kinders en jeugdiges deur volwassenes geskryf. Die vraag is of hierdie skrywers altyd daarin slaag om hul verhale vanuit die lewens van hul lesers te skryf. 'n Hele aantal boeke wat aanvanklik vir kinders geskryf is, word ook deur volwassenes (en soms hoofsaaklik deur volwassenes) gelees, soos Lewis Carroll se Alice in wonderland, Daniel Defoe se Robinson Crusoe, Jonathan Swift se Gulliver's travels of Herman Melville se Moby Dick. Kinders lees dus nie altyd die boeke wat vir hulle geskryf word nie. Behalwe dat 'n boek moontlik nie vanuit 'n kind se oogpunt geskyf is nie, kan leesouderdom en sosiale, kulturele of ekonomiese oorwegings 'n invloed op kinders se leesgewoontes uitoefen. Sommige kinders begin eenvoudig net voor ander lees en het gevolglik 'n hoer leesouderdom as wat 'n mens van hul werklike of kronologiese ouderdom sou vermoed. Kinders wat in huise grootword waar daar nie eintlik boeke gelees word nie, in kulture grootword waar die klem eerder op vertelling (die orale tradisie) as lees val, of in huise grootword waar daar nie geld vir boeke is nie, se leesouderdomme kan laer as die res van hulle ouderdomsgroep wees. 195

5.

Deel 4: Jeugletterkunde

e Vraag
Watter probleem skep die kwessie van leesouderdom vir onderwysers wat voorgeskrewe leesboeke vir niehuistaalsprekers van Afrikaans moet kies? Gaan dit oor die beskikbaarheid van geskikte boeke, met ander woorde dat 'n mens nie graag 'n kinderboek vir graad 12-leerlinge wil voorskryf nie? Dat die kwessie van problematisering nog ingewikkelder kan wees, is uit Fairer-Wessels en Van der Walt (1999), en Totemeyer (1993) se artikels in die leesbundel duidelik. Lees die artikels ter wille van die agtergrond wat hulle bied. U is nie verplig om hulle nou te lees nie, maar ek beveel aan dat u dit wel doen omdat ek hulle moontlik in die werkopdrag of eksamen kan gebruik.

AKTIWITEIT 2.3 (1) Lees in die leesbundel eers Felicite Fairer-Wessels en Thomas van der Walt (1999) se artikel ``Temas en tendense in hedendaagse kinderliteratuur''. Dit het aanvanklik in die literere tydskrif Stilet verskyn. (2) Lees daarna Andree-Jeanne Totemeyer (1993) se bespreking ``Trends in children's literature at home and abroad'', ook in die leesbundel. As ons net na die lesers van kinder- en jeugletterkunde kyk, na hul voorkeure en na die onderwerpe waaroor hulle lees, wil dit byna lyk of dit nie moontlik is om 'n finale antwoord te gee op die vraag watter letterkunde vir watter groep kinders bedoel is nie. Ons kan dus nog nie, soos die opskrif van hierdie studie-eenheid impliseer, werklik se wat kinder- en jeugletterkunde is nie. John Rowe Townsend (1983:19) vat hierdie dilemma soos volg saam: I [...] came to the conclusion that in the long run children's literature could only be regarded as consisting of those books which by consensus of adults and children were assigned to the children's shelves a wholly pragmatic definition.

2.4 HOE VERSKIL DIE LETTERKUNDE VIR KINDERS EN JEUGDIGES VAN LETTERKUNDE VIR VOLWASSENES?
Tot nou toe het ons vasgestel wat die OOREENKOMSTE tussen kinder- en jeugletterkunde en volwasseneletterkunde is. Nieteenstaande Townsend (1983:19) se pessimisme soos dit uit die vorige aanhaling na vore tree, gee die ooreenkomste aan ons meer te kenne van die aard van kinder- en jeugletterkunde en van die persone wat die letterkunde lees. As voornemende onderwysers behoort ons daarvan kennis te neem. In die volgende aktiwiteit behandel ons die vraag hoe die letterkunde vir kinders en jeugdiges van die letterkunde vir volwassenes VERSKIL. 196

Studie-eenheid 2 AKTIWITEIT 2.4 Lees in die leesbundel Elsabe Steenberg (1979) se artikel ``Kinderboeke is dit literatuur?'' wat aanvanklik in die tydskrif Klasgids gepubliseer is. Toeligting . Die belangrikste gedeelte van die artikel begin op bladsy 10 (van die artikel, nie van die leesbundel nie), en strek tot aan die einde van die artikel. . Hierdie gedeelte begin met 'n belangrike sin, naamlik: ``Kinderliteratuur het 'n eie gerigtheid en dit aanvaar sekere begrensinge, maar daardeur word sy volwaardigheid as letterkundesoort nie aangetas nie.'' . Vir my beteken die sin dat die verskil tussen letterkunde vir kinders en jeugdiges en letterkunde vir volwassenes met letterkunde se struktuurelemente verband hou. In deel 1 (Teks en leser) van hierdie module word die woord ``boustene'' gebruik om na die struktuurelemente van 'n verhaal te verwys. Lees weer in deel 1 (in aktiwiteit 5 van studie-eenheid 2) die verduideliking van die woord ``boustene'' indien u steeds sukkel om die begrip struktuurelemente te verstaan. Opdrag Hieronder volg vyf aanhalings uit elke verduideliking wat Steenberg in haar leesbundelartikel van 'n struktuurelement (soos ruimte, perspektief, ensovoorts) gee. Probeer om, nadat u die artikel gelees het, twee ooreenkomste TUSSEN AL DIE AANHALINGS hieronder af te lei. Die twee ooreenkomste is die belangrikste kenmerke van kinder- en jeugletterkunde.

Terugvoering oor aktiwiteit 2.4


belangrikste verskille

Ek het die vetdruk in die aanhalings bygevoeg om belangrike woorde te beklemtoon: . Ruimte: . . . . ``Die verskil le in die blik vanuit 'n kinderstandpunt wat op die ruimte geld'' (bladsy 10 van die artikel) Perspektief: ``Die skrywer moet sy grootmenswees afle en onbevange vanuit kinderoogpunt beeld'' (bladsy 10) Karakters: ``[...] gaan dit primer om kinderkarakters waarmee die kinderleser hom kan identifiseer'' (bladsy 11) Taalgebruik: ``[...] moet die skrywer op eenvoudige en subtiele wyse sy taal laai met klankrykheid en noodwendigheid'' (bladsy 12) Lewensbeskouing: ``[...] 'n kind kan dit nie verwerk nie en dis ook vreemd aan sy hele aard'' (bladsy 12)

Watter twee ooreenkomste kom tussen die aanhalings voor? Vir my beteken die vetgedrukte woorde in die aanhalings dat 'n hoofkenmerk van kinder- en jeugletterkunde is dat dit uit die oogpunt, dit wil se soos gesien deur die oe, van 'n kind geskryf is. Hierby sluit die tweede hoofkenmerk aan: die taalgebruik moet by die taalgebruik van kinders en jeugdiges aansluit; dit is wat met die woord ``noodwendigheid'' bedoel word. 197

hoofkenmerke van kinder- en jeugletterkunde

Deel 4: Jeugletterkunde Hierdie twee hoofkenmerke neem die lesers, hul voorkeure, die onderwerpe wat in kinder- en jeugletterkunde voorkom, en die struktuurelemente in aanmerking. Ons sal in studie-eenheid 3 ('n Haas moet doen wat 'n haas moet doen) en in studie-eenheid 4 (Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom) nagaan hoe die hoofkenmerke in ons voorgeskrewe boeke uitkom.

2.5 SAMEVATTING
Dit is nou vir my moontlik om terugvoering oor die oorblywende drie vrae wat aan die begin van studie-eenheid 1 gestel is te gee. Hou weer in gedagte dat die terugvoering nie modelantwoorde is nie, maar aanduidings van moontlike antwoorde gee.

AKTIWITEIT 2.5 Vergelyk u gedagtes met die terugvoering.

VRAAG 3 Wat beteken die begrip kinderen jeugletterkunde? Lees weer afdeling 2.3 van hierdie studie-eenheid.

'n Eenvoudige antwoord is om, soos Rita Ghesquiere, te verduidelik dat die begrip drie betekenisse kan he. Kinder- en jeugletterkunde kan letterkunde wees wat deur kinders en jeugdiges geskryf is, wat deur volwassenes vir kinders en jeugdiges geskryf is, of letterkunde wat deur kinders- en jeugdiges gelees word. So eenvoudig is die saak egter nie, en daarom behoort u in u antwoord ook na die problematisering van die begrip te verwys. Omdat die werklike lesers van letterkunde en boeke nie almal dieselfde is nie. Faktore wat 'n rol speel, sluit in: leesouderdom en sosiale, kulturele of ekonomiese oorwegings.

VRAAG 4 Waarom is 'n eenvoudige interpretasie van die begrip kinder- en jeugletterkunde selde geldig? Lees in hierdie studie-eenheid weer die verduideliking na aktiwiteit 2.2 (punt 5). VRAAG 5 Hoe verskil die letterkunde vir kinders en jeugdiges van letterkunde vir volwassenes? Lees weer afdeling 2.4 van hierdie studie-eenheid. 198

Daar is twee hoofverskille: kinderen jeugletterkunde is vanuit die oogpunt van kinders en jeugdiges geskryf, en die taalgebruik sluit by die implisiete leser van die boek aan. Die verband tussen die twee hoofken merke van kinder- en jeugletterkunde

Studie-eenheid 2 en ons voorgeskrewe boeke ontvang in studie-eenhede 3 en 4 verdere aandag.

199

STUDIE-EENHEID

Wat moet 'n haas doen? (Martie Preller: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen)
Vir baie jare daarna het die mense nog gegis en gegons oor wat presies gebeur het. uit: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen (Martie Preller)

Let asseblief daarop dat u, afhangende van die voorgeskrewe boek van u keuse, studie-eenheid 3 OF studie-eenheid 4 moet bestudeer. Dit is dus nie nodig om studie-eenheid 3 EN studie-eenheid 4 deur te werk nie. Niehuistaalsprekers van Afrikaans moet dit sterk oorweeg om STUDIEEENHEID 3 in plaas van studie-eenheid 4 te kies.

3.1 INLEIDING
Ons het in studie-eenhede 1 en 2 inleidend met die teoretiese agtergrond van kinder- en jeugletterkunde kennis gemaak. Soos ek aan die einde van studieeenheid 2 verduidelik het, sal ons in hierdie studie-eenheid die verband tussen die twee hoofkenmerke van kinder- en jeugletterkunde en die voorgeskrewe boek 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen behandel.
voorkennis

Voordat ons daarmee begin, moet ons eers in die volgende aktiwiteit seker maak dat u oor die voorkennis beskik om daarmee voort te gaan.

AKTIWITEIT 3.1 Die woord ``voorkennis'' beteken dat u genoeg van die teks van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen moet weet om die verduideliking in die studie-eenheid gemaklik te volg. As u dit nog nie gedoen het nie, moet u eers die boek lees. Verder moet u in staat wees om u menings en stellings oor die boek te staaf deur na voorbeelde uit die teks te verwys.

200

Studie-eenheid 3 Teen die agtergrond van die kennis wat ons in studie-eenhede 1 en 2 opgedoen het, en met ons voorkennis van die inhoud van die teks, kan ek nou vier uitkomste vir die studie-eenheid stel. Nadat ons deur die studie-eenheid gewerk het, moet u in staat wees om: 1. 2. 3. 4. aan te toon aan watter begrensinge geselekteerde struktuurelemente in die teks onderhewig is aan te toon watter invloed fantasie in die verhaal uitoefen die opvallendste raakpunte tussen die verhaal se primere en sekondere werklikhede uit te wys, en op die aktualiteite te wys wat daardeur aangeraak word

uitkomste

Om u te help om hierdie vier uitkomste makliker te verstaan, het ek hulle in die vorm van vrae herformuleer. U moet dus aan die einde van die studieeenheid in staat wees om die vier vrae te beantwoord.

3.2 AAN WATTER BEGRENSINGE IS DIE OPVALLENDSTE STRUKTUURELEMENTE IN PRELLER SE BOEK ONDERHEWIG? e Vraag
struktuurelemente

Kan u onthou wat met die term struktuurelemente bedoel word? Indien nie, moet u weer na studie-eenheid 2 terugkeer en vasstel wat die term beteken. Om die vraag reg aan te kan pak is dit nodig dat ons dit verstaan. Hoe interpreteer u daarin die woorde ``begrensinge'' en ``opvallendste''?

``begrensinge''

lees oor ostensie deel 1, studie-eenheid 1, paragraaf 1.3

. Vir my beteken ``beGRENSinge'' dat die struktuurelemente in Preller se 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen nie op dieselfde manier werk as die struktuurelemente in 'n boek vir volwassenes nie. Om vas te stel aan watter GRENSE haar boek in vergelyking met 'n boek vir volwassenes onderworpe is, moet ons vasstel hoe haar boek se struktuurelemente VERSKIL van wat ons in 'n letterkundige werk vir volwassenes kry. . Die woord ``opvallendste'' impliseer dat nie al die struktuurelemente in die verhaal ewe belangrik is nie. Maar hoe weet ons watter struktuurelemente die opvallendste is? Indien die vraag byvoorbeeld in 'n werkopdrag of in die eksamen nie aandui aan watter struktuurelemente u aandag moet gee nie, sal die verhaal dit self doen. Die verskynsel staan as ostensie of vooropstelling bekend. Van hierdie begrip moet u slegs weet; u sal dit nie in 'n werkopdrag of in 'n eksamen hoef te verduidelik nie. Die doel met die volgende aktiwiteit is om vas te stel aan watter beperkinge die struktuurelemente in kinder- en jeugletterkunde oor die algemeen en in Preller se voorgeskrewe boek in die besonder, onderworpe is.

AKTIWITEIT 3.2 Lees, indien u dit nog nie vir aktiwiteit 2.4 van studie-eenheid 2 gedoen het 201

Deel 4: Jeugletterkunde nie, in die leesbundel Elsabe Steenberg (1979) se artikel ``Kinderboeke is dit literatuur?'' wat aanvanklik in die tydskrif Klasgids gepubliseer is. Stel ten opsigte van elke struktuurelement vas wat vir u die belangrikste kenmerk is. Toon verder aan hoe elke kenmerk in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen uitkom.

Terugvoering oor aktiwiteit 3.2


Hoe vergelyk u lysie van belangrikste kenmerke en die toepassing daarvan op u voorgeskrewe boek met die terugvoering wat net hierna volg? Hou in gedagte dat die terugvoering nie modelantwoorde is nie, maar aanduidings van moontlike antwoorde gee. Aanhalings kom uit Steenberg (1979) se leesbundelartikel (in die linkerkolom), en uit die teks van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen (in die regterkolom). Probeer om die terugvoering met u eie voorbeelde uit die teks aan te vul. Ruimte (kenmerk) Ruimte is ``dikwels uit proporsie, groter as lewensgroot, met geheel ander aksente'' (Steenberg, bladsy 10). Toepassing op die voorgeskrewe boek As lesers moet ons deur Gerda die haas se oe na die omgewing kyk waarin en waardeur sy beweeg. Byvoorbeeld: 1. As Gerda die eerste oggend van haar bed wil afklim, is alles ``meteens drie, vier maal groter'' (Preller, bladsy 9). 2. Sy ervaar haar ruimte soms as 'n bedreiging: sy vlug ``instinktief'' (19) onder 'n struik in as Felix die arend ``rakelings oor haar kop'' (19) vlieg. 3. Na haar eerste kennismaking met die president ervaar sy die bos ook as 'n bedreiging (68). Perspektief (kenmerk) ``Die skrywer moet sy grootmenswees afle en onbevange vanuit kinderoogpunt beeld, maar terselfdertyd moet hy die kind deur ervarings en 'n wereld wat hy begryp kan lei tot dieper insig, bree r belewenis of die verrassing van die ontdekking van 'n nuwe faset van die bestaan, of selfs maar van die betekenis van woorde'' (10). Toepassing op die voorgeskrewe boek Saam met Gerda (soos gesien deur haar oe) verwerf lesers van alle ouderdomme nuwe insigte (perspektiewe). Die insigte hou met verskillende sake of verhoudinge in die teks verband, onder andere met die verhouding tussen mens en dier, mens en mens, mens en omgewing, ensovoorts. (Ons sal die verhoudinge in die volgende afdeling van hierdie

toepassing van Steenberg (1979)

202

Studie-eenheid 3 studie-eenheid verder ondersoek.) Self vat Gerda een van haar nuwe insigte op bladsy 18 soos volg saam: ``Noudat sy nie meer 'n mens is nie, leer sy heeltemal 'n ander kant van mense ken.'' Die enigste vraag waarop sy nie werklik in die teks 'n antwoord kry nie, stel sy aan Moya: `` `Maar Moya ... hoe het dit alles gebeur? En hoekom het ek in 'n haas verander, Moya? Hoekom ek?' '' (92). Karakters (kenmerk) Dit gaan ``primer om kinderkarak ters waarmee die kinderleser hom kan identifiseer'' (11); die hoofkarakter ``moet groei tot positiewe insig, of 'n boosheid of swakheid oorwin. Die heldhaftige sal uiteindelik seevier oor lafhartigheid, vrees of watter minder gewenste trek ook al. So groei die leser self tot [...] insig in homself of sy omringende wereld, of ander mense en probleemsituasies waarmee hy gekonfronteer word'' (12). Toepassing op die voorgeskrewe boek Omdat die insek- en dierekarakters soos mense optree, is dit vir 'n kinderleser makliker om hom/haar met die karakters se assosieer. Gerda wonder selfs of diere vanne het! (31) Hoe jonger die kind in lesers is, hoe makliker is dit om die grens van fantasie oor te steek. Die meeste kinders identifiseer hul graag met karakters met positiewe waardes. Daarom sal persone hulle, saam met Gerda, nie graag met Tandjies assosieer nie. Gerda self is 'n karakter met wie die kinderleser sal wil assosieer: sy is heldhaftig en dapper karaktereienskappe wat by alle mense bewondering afdwing. Toepassing op die voorgeskrewe boek Pieter praat soos 'n tipiese tiener: ``Is dit nie great nie?'' (15). Sy taalgebruik pas dus by sy karakter. Verder pas die vlak van taalgebruik by die aard (kultuurgroep) en ouderdom (8 tot 10 jaar) van die Gerda Marais se karakter. Die sinne is kort en die meeste woorde bestaan uit een klankgreep. Veral humor dra by tot 'n sprankelende styl.

Taalgebruik (kenmerk) Die taal moet pas by die leser en karakters. Gewoonlik is die taal van boeke vir jonger lesers klankryk; die taal in tienerboeke stem ooreen met die taal wat tieners werklik praat (12).

203

Deel 4: Jeugletterkunde Lewensbeskouing (kenmerk) ``Wat die uitgangspunt van die skrywer ook mag wees, moet daar uiteindelik 'n positiewe lewensgevoel van krag word'' (12). Toepassing op die voorgeskrewe boek In hierdie teks is daar nie sprake van 'n donker (pessimistiese, neerslagtige) lewensgevoel nie!

e Vraag
Stem u met die interpretasie saam dat die lewensbeskouing wat in die teks gereflekteer word, hoofsaaklik 'n Afrika-agtergrond het? Lees in die teks weer wat op bladsy 21 oor Gerda se Afrikabynaam staan. Om na die vraag in die opskrif van hierdie afdeling van die studie-eenheid terug te keer: nie al die struktuurelemente in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen is ewe ``opvallend'' of belangrik nie. Op grond van die hoeveelheid tyd wat aan karakterisering, perspektief en ruimte afgestaan word wanneer ons die boek lees, wil dit voorkom of hulle opvallender is as die res.

3.3 TOON KORTLIKS AAN WATTER ROL FANTASIE IN DIE VERHAAL SPEEL
Om slegs die opvallendste beperking van elke struktuurelement in kinder- en jeugletterkunde uit te wys, soos ons in die vorige afdeling gedoen het, is nie altyd sinvol nie. Ons moet verder gaan deur die beperkinge op struktuurelemente met die aard van die storie in verband te bring. Na sy aard is 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen 'n fantasieverhaal. In ons ontleding van die verhaal moet ons gevolglik probeer vasstel hoe fantasie die verskillende struktuurelemente benvloed.
wat is fantasie?

Die vertrekpunt roep die vraag op oor watter kenmerke van fantasie die duidelikste in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen uitkom. Ons gee vervolgens daaraan aandag.

AKTIWITEIT 3.3 (verryking) Indien u daarin sou belangstel om meer oor fantasie in die algemeen te lees, kan u Elsabe Steenberg (1987) se toeganklike kernhandleiding met die titel Fantasie en die kinderboek raadpleeg. Die bron is verrykende leesstof en u is nie verplig om dit te lees nie. Dit is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar. Die terugvoering wat hieronder volg, is op Steenberg se kernhandleiding gebaseer.

204

Studie-eenheid 3

Terugvoering oor aktiwiteit 3.3


Steenberg dui op bladsy 17 aan dat ``towery'' en die ``toweragtige'' 'n onlosmaaklike bestanddeel van fantasie is. AKTIWITEIT 3.4 Probeer om, terwyl u deur die aanhaling net na hierdie raampie lees . die verloop van Gerda se avontuur in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen by die aanhaling in te pas . om 'n verklaring vir Moya se optrede in die aanhaling te vind

Terugvoering oor aktiwiteit 3.4


Steenberg (1987) skryf op bladsy 17 van Fantasie en die kinderboek soos volg oor fantasieverhale: Op sy minste word dit [towery en die toweragtige] betrek as die mag waardeur van die gewone na die sekondere dimensie oorgeskakel word; dit kan ook deel vorm van die vreemde moontlikhede van die fantasieverhaal. As mag is dit onpersoonlik, maar dit word in werking gestel deur 'n karakter met goeie of slegte gevolge vir die protagonis. Towery vorm dikwels die fokuspunt in 'n fantasieverhaal: daardeur word die positiewe in staat gestel om te oorwin, of die goeie karakter moet daarteen veg om die uiteindelike wenner te wees. [...] As die rol daarvan uitgespeel is [...], is dit die slot van die verhaal of daarna word teruggeskakel na die gewone realiteit, as sluitstuk van die storie.
Moya as fantasiekarakter

Behalwe dat 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen goed by die aanhaling inpas, verklaar dit vir ons ook Moya se vermoe om byna ongesiens te verskyn en te verdwyn. As fantasiekarakter beskik sy oor ``toweragtige'' vermoens. Soos in 'n sprokie beskik sy, soos uit die volgende aktiwiteit sal blyk, saam met baie jong, baie ou en baie wyse karakters oor die vermoe om diere te verstaan en met hulle te praat. AKTIWITEIT 3.5 Gaan in die teks op die aangeduide bladsye na hoe mense- en dierekarakters met mekaar praat: . jong karakters: 1719, 6365 . wyse karakters: 2023, 40, 5558, 61, 63, 91

e Vraag
Hoe verklaar u die feit dat Gerda se ouers haar aan die begin van die verhaal nie kon verstaan nie, maar aan die einde (bladsy 78) wel? Is dit 'n geval dat hulle later ook wys/slim geword het? Waaroor het hulle wys/slim geword?

205

Deel 4: Jeugletterkunde

Terugvoering oor aktiwiteit 3.5


Soos in sprokies verteenwoordig Moya die wyse ou vrou. Haar toweragtige optrede om te verskyn wanneer Gerda haar die nodigste het, soos in die president se kamp (lees bladsy 55 van die teks) en haar wyse raad (byvoorbeeld op bladsy 21 van die teks) stel Gerda in staat om te doen wat sy moes doen. AKTIWITEIT 3.6 (verryking) Benewens 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen kom daar in Afrikaans verskeie bekende fantasieverhale, ook dierefantasiee voor. Van die , bekendstes is Verna Vels se Liewe Heksie-stories, Marie Heese se Die Pikkewouters van Amper-Stamperland, Oskar Prozesky se Grobbelaartjie van Velskoendorp, of Alba Bouwer se Abdoltjie. Oorweeg dit om een of meer van die verhale by u naaste biblioteek uit te neem en te lees. Hulle is klassieke werke in Afrikaans. Hierdie is nie 'n verpligte aktiwiteit nie. Die teenwoordigheid van primere en sekondere werklikhede is 'n tweede kenmerk van fantasieverhale. Ons gee vervolgens daaraan aandag.

3.4 VERKLAAR DIE TERME PRIMERE WERKLIK HEID EN SEKONDERE WERKLIKHEID


primere werklikheid

Die maklikste manier om die term primere werklikheid te verduidelik, is om te se dat dit ons gewone, alledaagse werklikheid is. In 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen is dit Gerda se mensewerklikheid. Die sekondere werklikheid lyk soos die primere werklikheid, maar verskil daarvan. In die sekondere werklikheid gebeur dinge en tree karakters op wat nie in die gewone, alledaagse werklikheid moontlik is nie. Steenberg (1989:11) noem hulle ``wesens wat nog nooit bestaan het nie, gebeurtenisse wat nie kan gebeur nie, met kreature wat die skrywer self vir die eerste keer laat leef''. In 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen is dit Gerda se haaswerklikheid.

sekondere werklikheid

3.5 TOON KORTLIKS AAN WATTER AKTUALITEITE IN PRELLER SE BOEK ONTSTAAN AS GEVOLG VAN RAAKPUNTE TUSSEN PRIMERE EN SEKON DERE WERKLIKHEDE
Omdat Gerda se haaswerklikheid ooreenkomste met haar mensewerklikheid vertoon, kom daar in die sekondere werklikheid (haaswerklikheid) van Preller se boek kwessies voor wat uitstaan. Drie daarvan het met genderkwessies, die ekologie en met politiek te doen.

e Vraag
Hoe kan 'n ondernemende taalonderwyser op die vlak van die 206

Studie-eenheid 3 leerders van die drie aktualiteite gebruik maak? Om geweld teen vroue en kinders te veroordeel en leerders in hierdie verband op te voed (genderkwessies)? Om leerders op te voed om alle lewende dinge te respekteer (ekologie)? Om leerders te lei om uiteindelik verantwoordelike lede van 'n samelewing te wees (politiek)? AKTIWITEIT 3.7 Skryf uit die teks al die inligting neer wat met die volgende drie onderwerpe verband hou, naamlik die: . verhouding tussen vroulike en manlike diere (genderkwessies) . misbruik van diere en die omgewing (ekologie) . manier waarop Koning-Koning Kriek regeer (politiek) Vergelyk dan u inligting met my terugvoering. Hou in gedagte dat die terugvoering nie modelantwoorde is nie, maar aanduidings van moontlike antwoorde gee.

Terugvoering oor aktiwiteit 3.7


lees oor gender deel 3 in hierdie studiegids

Genderkwessies (verhouding tussen vroulike en manlike diere)

'n Vereenvoudigde interpretasie van die begrip genderkwessies is om te se dat dit met die verhouding tussen manlike en vroulike diere (as verteenwoordigers van mense in die primere werklikheid) verband hou. Daarvan is vir my die opvallendste voorbeelde die verhouding tussen Gerda en die bobbejaan Tandjies, Gerda se verhouding met die vlakvark Jacqueline en die voorstelling van Jacqueline in die verhaal. Gerda kom glad nie met Tandjies klaar nie, omdat hy op haar neersien omdat sy 'n ``wyfiehaas'' is (op bladsy 34 in Preller se boek). In die verhaal word hy 'n verteenwoordiger van die chauvinistiese, manlike persoon in die primere werklikheid, en Jacque line word die verteenwoordiger van 'n ydel, vroulike persoon. In die verhaal hou die term ekologie met die mense en diere se verhouding met die natuur verband. Dink aan die fokus van baie natuurprogramme op televisie waarin dit dikwels oor die misbruik van die natuur gaan. Onder andere die volgende kwessies verwerf in die verhaal aktualiteit: 207

Ekologie (misbruik van diere en die omgewing)

Deel 4: Jeugletterkunde . Kerneels kry droe korrels om te vreet (versorging van troeteldiere) . Pieter wil Gerda vir sy biologieprojek opkook (die gebruik van diere in wetenskaplike eksperimente) . wanneer Gerda en Philippus deur die veld hardloop, le daar orals blikke, papier en plastiek (besoedeling van die natuur) . die skeiding van jong diere (in die verhaal is dit olifantjies) van hul ouers . die inhoud van die handves vir diereregte (in die verhaal die ooreenkoms tussen die president van die mense en die koning van die diere) Politiek (Koning-Koning Kriek se regering) Ooreenkomste ten opsigte van politiek in die teks is onder andere: . soos die mense 'n president het, het die diere 'n koning . soos met 'n staatsgreep in die mensewereld dreig die olifante met geweld as Koning-Koning Kriek nie na hul klagtes luister nie . soos die mense het die diere 'n parlement (onder die kremetartboom) waar hulle hul saak voor die koning kan stel en hy `wetgewing' kan deurvoer . soos 'n goeie koning is KoningKoning Kriek bereid om met ander politieke leiers oor belangrike sake (soos die handves vir diereregte) te onderhandel wat sy onderdane raak . sommige bepalings van die handves vir diereregte vertoon ooreenkomste met artikels in die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Soos die grondwet is die handves onder andere op die beginsels van respek vir lewe en respek vir ander se besittings gebaseer.

Van der Merwe (1994:2) beskryf stereotipering soos volg: ``It is a simplistic view, shared by

e Vraag

Stem u met bostaande voorbeelde van aktualiteit saam? Wat is u standpunt oor die vorme wat ek gelys het? Is die voorstelling van Tandjies (chauvinis) en Jacqueline (ydeltuit), Kerneels (die hond met

208

Studie-eenheid 3
members of a social group, transmitted from generation to generation and propagated by the mass media; it contains a simplistic distinction between `right' and `wrong', reflecting and confirming the cultural and ideological expectations of the group; it is the expression of lovehate feelings towards the self and the other.''

'n katnaam) of Koning-Koning Kriek (die insek-koning) dan nie voorbeelde van stereotipering nie? Wat is stereotipering?

3.6 SAMEVATTING
Een manier om 'n waardeoordeel oor 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen uit te spreek, is om na te gaan hoe heg die storie- en struktuurelemente teen die agtergrond van fantasie by mekaar aansluit. Soos dit uit hierdie studie-eenheid geblyk het, sluit die onderdele van die teks netjies by mekaar aan. Daarom is dit vir my 'n heel gawe boek. Wat is u samevattende mening oor die boek, en waarom se u so?

209

STUDIE-EENHEID

Probleme, probleme en nog probleme (Marita van der Vyver: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom)
Dit sal nou vir jou 'n storie wees! uit: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Marita van der Vyver) Let asseblief daarop dat u, afhangende van die voorgeskrewe boek van u keuse, studie-eenheid 4 OF studie-eenheid 3 moet bestudeer. Dit is dus nie nodig om studie-eenheid 4 EN studie-eenheid 3 deur te werk nie. Niehuistaalsprekers van Afrikaans moet dit sterk oorweeg om STUDIEEENHEID 3 in plaas van studie-eenheid 4 te kies.

4.1 INLEIDING
Ons het in studie-eenhede 1 en 2 inleidend met die teoretiese agtergrond van kinder- en jeugletterkunde kennis gemaak. Soos ek aan die einde van studieeenheid 2 verduidelik het, sal ons in hierdie studie-eenheid die verband tussen die twee hoofkenmerke van kinder- en jeugletterkunde en die voorgeskrewe boek Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, behandel.
voorkennis

Voordat ons daarmee begin, moet ons eers in die volgende aktiwiteit seker maak dat u oor die voorkennis beskik om daarmee voort te gaan.

AKTIWITEIT 4.1 Die woord ``voorkennis'' beteken dat u genoeg van die teks van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom moet weet om die verduideliking in die studie-eenheid gemaklik te volg. As u dit nog nie gedoen het nie, moet u eers die boek lees. Verder moet u in staat wees om u menings en stellings oor die boek te staaf deur na voorbeelde uit die teks te verwys.

210

Studie-eenheid 4 Teen die agtergrond van die kennis wat ons in studie-eenhede 1 en 2 opgedoen het, en met ons voorkennis van die inhoud van die teks, kan ek nou drie uitkomste vir die studie-eenheid stel. Nadat ons deur die studie-eenheid gewerk het, moet u in staat wees om: 1. 2. 3. aan te toon aan watter begrensinge geselekteerde struktuurelemente in die teks onderhewig is aan te toon watter invloed postmodernisme in die verhaal uitoefen op die aktualiteite (vir tieners) te wys wat in die teks aangeraak word

uitkomste

Om u te help om hierdie drie uitkomste makliker te verstaan het ek hulle in die vorm van vrae herformuleer. U moet dus aan die einde van die studieeenheid in staat wees om die drie vrae te beantwoord.

4.2 AAN WATTER BEGRENSINGE IS DIE OPVALLENDSTE STRUKTUURELEMENTE IN VAN DER VYVER SE BOEK ONDERHEWIG? e Vraag
struktuurelemente

Kan u onthou wat met die term struktuurelemente bedoel word? Indien nie, moet u weer na studie-eenheid 2 terugkeer en vasstel wat die term beteken. Om die vraag reg aan te kan pak is dit nodig dat ons dit verstaan. Hoe interpreteer u daarin die woorde ``begrensinge'' en ``opvallendste''?

``begrensinge''

lees oor ostensie deel 1, studie-eenheid 1, paragraaf 1.3

. Vir my beteken ``beGRENSinge'' dat die struktuurelemente in Van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom nie op dieselfde manier werk as die struktuurelemente in 'n boek vir volwassenes nie. Om vas te stel aan watter GRENSE haar boek in vergelyking met 'n boek vir volwassenes onderworpe is, moet ons vasstel hoe haar boek se struktuurelemente VERSKIL van wat ons in 'n letterkundige werk vir volwassenes kry. . Die woord ``opvallendste'' impliseer dat nie al die struktuurelemente in die verhaal ewe belangrik is nie. Maar hoe weet ons watter struktuurelemente die opvallendste is? Indien die vraag byvoorbeeld in 'n werkopdrag of in die eksamen nie aandui aan watter struktuurelemente u aandag moet gee nie, sal die verhaal dit self doen. Die verskynsel staan as ostensie of vooropstelling bekend. Van hierdie begrip moet u slegs kennis neem; u sal dit nie in 'n werkopdrag of in 'n eksamen hoef te verduidelik nie. Die doel met die volgende aktiwiteit is om vas te stel aan watter beperkinge die struktuurelemente in kinder- en jeugletterkunde oor die algemeen en in Van der Vyver se voorgeskrewe boek in die besonder, onderworpe is.

AKTIWITEIT 4.2 Lees, indien u dit nog nie vir aktiwiteit 2.4 van studie-eenheid 2 gedoen het nie, in die leesbundel Elsabe Steenberg (1979) se artikel ``Kinderboeke is dit literatuur?'' wat aanvanklik in die tydskrif Klasgids gepubliseer is. 211

Deel 4: Jeugletterkunde Stel ten opsigte van elke struktuurelement vas wat vir u die belangrikste kenmerk is. Toon verder aan hoe die opvallendste kenmerke in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom uitkom.

Terugvoering oor aktiwiteit 4.2


Hoe vergelyk u lysie van belangrikste kenmerke en die toepassing daarvan op u voorgeskrewe boek met die terugvoering wat net hierna volg? Hou in gedagte dat die terugvoering nie modelantwoorde is nie, maar aanduidings van moontlike antwoorde gee. Aanhalings kom uit Steenberg (1979) se leesbundelartikel (in die linkerkolom), en uit die teks van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (in die regterkolom). Probeer om die terugvoering met u eie voorbeelde uit die teks aan te vul. Ruimte (kenmerk) Ruimte is ``dikwels uit proporsie, groter as lewensgroot, met geheel ander aksente'' (Steenberg, bladsy 10). Toepassing op die voorgeskrewe boek Waarskynlik die mees toepaslike woorde uit Steenberg se aanhaling in die kolom langsaan, is: ``met geheel ander aksente''. Stem u saam dat daar van minstens drie ``aksente'' in ons boek sprake is? 1. Daar is eerstens die direkte beskrywing van die omgewing, en die karakters se ervaring daarvan. Juis die klem op hul ervaring van ruimte dra daartoe by dat die ruimte, deur hul oe gesien, ``dikwels uit proporsie'' (aanhaling langsaan) is. Hannahulle verwys byvoorbeeld na die huis van een van hul bure as ``die huis wat aan die Heks van Endor'' behoort (Van der Vyver, bladsy 21). Hulle belewe die huis asof dit aan 'n heks behoort. 2. Het u ook, terwyl u deur die teks lees, agtergekom dat die skrywer na ander verhale verwys, onder andere na sprokies? Hierdie verskynsel (intertekstualiteit) bring mee dat die ruimte in ons teks nogal baie na die ruimte in 'n sprokie lyk. Die beskrywing van Hanna-hulle se nuwe huis (op bladsy 12) laat my byvoorbeeld

toepassing van Steenberg (1979)

lees oor intertekstualiteit deel 1, studie-eenheid 1, paragraaf 1.5.3

212

Studie-eenheid 4 aan 'n toegerankte, betowerde kasteel dink. In hierdie geval is die rose net onkruid! 3. 'n Derde aksent is Hanna se verbeelding-as-plek of verbeeldingsruimte, dit wil se die ruim te waar Fabienne bly. Het u reeds kon vasstel wat telkens daartoe aanleiding gee dat Hanna na hierdie ruimte `ontsnap'? Perspektief (kenmerk) ``Die skrywer moet sy grootmenswees afle en onbevange vanuit kinderoogpunt beeld, maar terselfdertyd moet hy die kind deur ervarings en 'n wereld wat hy begryp kan lei tot dieper insig, bree r belewenis of die verrassing van die ontdekking van 'n nuwe faset van die bestaan, of selfs maar van die betekenis van woorde'' (10). Toepassing op die voorgeskrewe boek In ons voorgeskrewe boek is daar nie sprake van 'n eenvoudige siening van die wereld deur Hanna se oe nie. Daar is sprake van minstens drie perspektiewe: 1. Die eerste is Hanna se perspektief as verteller. As ek-verteller gebruik sy die woord ``ek'' en spreek die leser direk aan, soos in die eerste paragraaf op bladsy 1. 2. Soms, egter, vlug Hanna na 'n verbeeldingsruimte waarin sy iemand anders word. Lees op bladsy 16 hoe sy Fabienne se identiteit oorneem, of 3. op bladsy 114 Sharon s'n. Die oorname van identiteite bring mee dat die perspektief in daardie gedeelte van die teks ook verander.

e Vraag
Het u agtergekom dat die karakters in Hanna se verbeeldingsruimte teen die einde van die verhaal al minder aandag kry? Hoe hou dit met die gesin se vakansie op die berg verband? (Lees weer veral die tweede helfte van die aanhaling in die kolom langsaan.) Karakters (kenmerk) Dit gaan ``primer om kinderkarak ters waarmee die kinderleser hom kan identifiseer'' (11); die hoofkarakter ``moet groei tot positiewe Toepassing op die voorgeskrewe boek Dis 'n interessante vraag of hoer skoolleerlinge (omdat die boek op hulle gemik is) hulle met al die karakters sal kan identifiseer. Nie

213

Deel 4: Jeugletterkunde insig, of 'n boosheid of swakheid oorwin. Die heldhaftige sal uiteindelik seevier oor lafhartigheid, vrees of watter minder gewenste trek ook al. So groei die leser self tot [...] insig in homself of sy omringende wereld, of ander mense en probleemsituasies waarmee hy gekonfronteer word'' (12). verniet nie noem Linda Rode (2002) die gesin ``[...] 'n redelik ekstreme voorbeeld van die Nuwe Gesin, of liewer, die Nuwe Uitgebreide familie van ons tyd''. (Kan u uit die teks redes vir hierdie mening gee?) Hanna verrig nie 'n groot heldedaad nie, maar kom tot insig oor haarself en oor die ander persone met wie sy haar lewe deel. Haar insig sluit 'n nuwe begrip en waardering in vir die waardes wat die lede van haar ``Nuwe Uitgebreide familie'' (vergelyk die vorige aanhaling) huldig, en die besef dat haar eie probleme hanteerbaar is. Daarom is dit teen die einde van die boek nie meer vir haar nodig om na haar verbeeldingsruimte weg te vlug nie. Toepassing op die voorgeskrewe boek Daar is in die verhaal nie werklik baie voorbeelde van tienersleng nie, soos wat op bladsy 11 voorkom. Hanna se taalgebruik stem egter in ander opsigte ``ooreen met die taal wat tieners werklik praat'' (aanhaling langsaan). As verteller lewer sy byvoorbeeld heelwat beterweterige kommentaar, of reageer bitsig op wat iemand anders se. Stem u (nie) saam (nie)?

Taalgebruik (kenmerk) Die taal moet pas by die leser en karakters. Gewoonlik is die taal van boeke vir jonger lesers klankryk; die taal in tienerboeke stem ooreen met die taal wat tieners werklik praat (12).

e Vraag
Is haar woorde gevolglik verteenwoordigend van die taalgebruik van 'n gemiddelde tienermeisie? Lewensbeskouing (kenmerk) ``Wat die uitgangspunt van die skrywer ook mag wees, moet daar uiteindelik 'n positiewe lewensgevoel van krag word'' (12). Toepassing op die voorgeskrewe boek Vir my opvallend in die teks is die gebruik van humor. Alhoewel humor verskeie vorme neem, gee dit aan die hoof- en ander karakters 'n sprankelende lewenslus en `` 'n positiewe lewensgevoel'' (aanhaling langsaan).

214

Studie-eenheid 4 'n Belangrike oorweging en ook 'n aanduiding van waardes is dat die humor nie gemeen is/bly nie. Waar humor aanvanklik venynig klink, kom die betrokke karakter later tot ander insigte. Op bladsy 85 noem Hanna byvoorbeeld vir Margot spottend 'n heks; op bladsy 167 verwys sy egter na haar as 'n ``fassinerende moederfiguur''. Om na die vraag in die opskrif van hierdie gedeelte van die studie-eenheid terug te keer: nie al die struktuurelemente in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is ewe opvallend of belangrik nie. Op grond van die hoeveelheid tyd wat aan karakterisering, perspektief en ruimte afgestaan word wanneer ons die boek lees, wil dit voorkom of hulle opvallender is as die res.

4.3 TOON KORTLIKS AAN WATTER ROL POSTMO DERNISME IN DIE VERHAAL SPEEL
Om slegs die opvallendste beperking van elke struktuurelement in kinder- en jeugletterkunde uit te wys, soos ons in die vorige afdeling gedoen het, is nie altyd sinvol nie. Ons moet verder gaan deur die beperkinge op struktuurelemente met die aard van die storie in verband te bring. Na sy aard is Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 'n verhaal met postmodernistiese kenmerke. Hieroor het die skryfster in 'n onderhoud (Jacobs 2002:6) die volgende gese:
``die krag van stories''

Die boek gaan deels oor die krag van stories. Binne die hoofstorie van Hanna en haar weird gesin is al die stories wat Hanna oor Fabienne skryf 'n riller, speurverhaal, kortverhaal, selfs 'n gedig. Die beoordelaars van die Sanlamprys het gese die boek het 'n postmodernistiese strekking, maar eintlik is die ding van stories binne 'n storie mos maar so oud soos die oudste stories wat ons ken.

e Vraag
Beteken dit dat een van die kenmerke van postmodernistiese verhale is dat dit uit 'n hoofstorie bestaan wat ook ander stories bevat, soos die stories wat Hanna in ons voorgeskrewe boek skryf? Wat se die aanhaling eintlik? In ons ontleding van die verhaal moet ons gevolglik probeer vasstel hoe sommige van die opvallendste kenmerke van postmodernisme die struktuurelemente van die boek benvloed.
wat is postmodernisme?

Die vertrekpunt roep die vraag op oor watter kenmerk van postmodernisme opvallend in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom uitkom. Ons gee volgende daaraan aandag.

215

Deel 4: Jeugletterkunde AKTIWITEIT 4.3 (verryking) Omdat postmodernistiese denke deel van ons alledaagse lewe vorm en in vorme van letterkunde voorkom, behoort ons daarvan kennis te dra. . Van hierdie begrip moet u slegs kennis neem; u sal dit nie in 'n werkopdrag of in 'n eksamen hoef te verduidelik nie.
lees oor postmodernisme deel 1, studie-eenheid 2, aktiwiteit 2.8

Indien u daarin sou belangstel om meer oor postmodernisme in die algemeen te lees, kan u Joan Hambidge se kernhandleiding met die titel Postmodernisme raadpleeg. Die bron is verrykende leesstof en u is nie verplig om dit te lees nie. Dit is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar.

Terugvoering oor aktiwiteit 4.3


'n Baie eenvoudigde manier om die begrip postmodernisme te verklaar is om te se dat vaste betekenisse of sekerhede in 'n postmodernistiese benadering tot 'n teks nie moontlik is nie. Kan u insien dat Hanna se gesin elkeen se aard en optrede tot onsekerheid in haar gedagtes aanleiding gee, en dat sy dan op 'n bepaalde manier daarop reageer? Anders gestel: ons kan se dat die manier waarop sy haar gesin ervaar, by haar twyfel skep. AKTIWITEIT 4.4 Blaai weer deur die voorgeskrewe boek, en probeer dan om . vas te stel watter onsekerhede in Hanna se lewe voorkom, met ander woorde vas te stel watter probleme sy met haar gesin ondervind, en . hoe sy op haar probleme reageer.

Terugvoering oor aktiwiteit 4.4


Hanna en probleme

Stem u met die volgende antwoorde saam? Probeer om my voorbeelde met u eie voorbeelde uit die teks aan te vul. Watter probleme ondervind Hanna? Vir my lyk haar probleme bekend, omdat die meeste tieners soortgelyke probleme maar met wisselende grade van intensiteit ondervind. Verhale oor die probleme waarmee jeugdiges te doen kry, word nie verniet probleemverhale genoem nie (in teenstelling met fantasieverhale, waarvan Preller se 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen 'n voorbeeld is). Hanna evaar, in haar eie woorde, probleme met:

216

Studie-eenheid 4 1. haar ``vrugbare verbeelding'' (Van der Vyver, bladsy 4) 2. haar ``ingewikkelde gesinslewe'' (5) 3. ``dinge aan my lyf wat my hinder'' (7) 4. die feit dat sy ``nie juis oorval word deur soenende seuns nie'' (7) nie 5. haar broers: `` `Ek sien twee seuntjies [haar broers] wie se bitterste uur aangebreek het,' sis ek deur my tande.'' (48) Hoe reageer Hanna op haar probleme? Nie net Hanna nie maar ook die leser reageer op haar probleme: 1. In die verhaal vlug Hanna van haar probleme af weg deur van haar ``vrugbare verbeelding'' (4) gebruik te maak: in hierdie verbeeldingsruimte skryf sy verskillende soorte letterkunde onder andere verhale, poe sie en 'n toneelstuk waarin karakters voorkom met wie sy oor die weg kan kom. Die opvallendste verbeeldingskarakter in haar skryfwerk/verbeeldingsruimte is Fabienne, omdat sy Hanna verteenwoordig en is soos wat Hanna graag sou wou wees. In hierdie verbeeldingsruimte verskil nie net Fabienne nie maar ook Fabienne se ouers van Hanna se ouers in die werklikheid. Kan u daardie verskille uit die teks aantoon? Dat Hanna haar op hierdie manier in haar skryfwerk verdiep, beteken dat sy haar gewone werklikheid onaangenaam vind. Hierby sluit aan dat die boek se gewone en verbeeldingswerklikheid nog onsekerder en meer onvas is, omdat ons daarin minstens drie werklikhede (ruimtes) kry wat by mekaar inpas: . die grootste en omvattendste ruimte is die gewone, alledaagse werklikheid waarin die tienerleser lewe (skool, ouerhuis, ensovoorts) 217

Deel 4: Jeugletterkunde . binne die lesersruimte kom die verhaalruimte (plek waar die handeling afspeel) van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom voor as deel van die verhaalruimte kom Hanna se verbeeldingsruimte in haar skryfwerk voor

Hoe reageer die leser op Hanna se probleme?

2. Die jeugdige as leser kan die waardes in die teks aanvaar, verwerp of wysig.

e Vraag
Watter ander waardes, naas gesinswaardes, herken u in die teks? Kan u u antwoord met verwysings na die teks toelig? Watter waardes sou u as toekomstige onderwyser aan die hand van die teks in die klaskamer wil beklemtoon? U reaksie op die vraag sal daarmee verband hou dat u agtergekom het dat daar verskeie verwysings na sprokies en sprokiesagtige karakters in die boek voorkom. In hierdie geval hou u reaksie gevolglik met die verskynsel van intertekstualiteit verband.
intertekste

Ons noem tekste wat buite 'n boek voorkom (soos die sprokies waarna ek nou net verwys het) maar 'n invloed op die verhaal uitoefen, intertekste van die verhaal.

AKTIWITEIT 4.5 Gaan in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom verwysings na die volgende intertekste na, en probeer vasstel wat die skrywer daarmee probeer bereik. Die syfers tussen hakies is die bladsye in die boek waarop die verwysings voorkom: . Aspoestertjie (3), Harry Potter (14/15), Doringrosie (27), Sneeuwitjie (10), Noag (120), Hansie en Grietjie (23/24), Men in black (film, 46), Stephen King (skrywer, 31), Titanic (skip, 108), ensovoorts . In watter twee hoofgroepe sou u die meeste karakters in hierdie intertekste indeel?

218

Studie-eenheid 4

Terugvoering oor aktiwiteit 4.5


waardes

In die meeste intertekste hierbo kom `goeie' en `slegte' karakters voor. Soos vir u was dit vir my ook interessant om na te gaan hoe Hanna die ander karakters in die verhaal in terme van hierdie verdeling gesien het. Aanvanklik, byvoorbeeld, verwys Hanna na ``koningin Margot [wat nie] met enige huishoudelike takies gaan help nie'' (72). Haar verwysing is dus nie gunstig nie. Aan die einde verwys sy egter na Margot as iemand ``tussen 'n bose heks en 'n goeie fee'' (167), wat binne konteks weer 'n gunstige verwysing is.

e Vraag
Hoe kan hierdie verandering van mening verklaar word? Hou dit verband met die insig waartoe Hanna oor haar gesinslede kom as gevolg van die ongelooflike avonture wat hulle saam op die berg ervaar het? Dit is dus nou vir u moontlik om 'n antwoord op die vraag te gee wat ek 'n paar paragrawe vroeer gestel het, naamlik: ``Watter ander waardes, naas gesinswaardes, herken u in die teks?'' Vir my le die antwoord nie in die eerste plek daarin om verskillende soorte waardes, soos gesinswaardes, in die teks te identifiseer nie. Gesinswaardes is vir die meeste lesers belangrik, maar dit is belangriker om, soos in 'n sprokie, aanvaarbare en onaanvaarbare waardes te onderskei. Aan die einde van Hanna se ongeloofliike avontuur het die leser saam met haar geleer om dieper te kyk. Ten opsigte van Margot het Hanna byvoorbeeld geleer om haar vooroordeel af te le en agter haar voorgee iemand ``tussen 'n bose heks en 'n goeie fee'' (167) raak te sien. Onder andere daarin le die krag van hierdie storie. AKTIWITEIT 4.6 (verryking) Marita van der Vyver het ook ander boeke geskryf wat ``oor die krag van stories'' (Jacobs 2002:6) gaan. Vergelyk in hierdie verband sommige van haar tekste vir volwassenes, getitel Griet skryf 'n sprokie (1992), Wegkomkans (1999) of Vergenoeg (2003). Die boeke is verrykende leesstof en u is nie verplig om hulle te lees nie. Hulle is in die Unisa-biblioteek vir uitleen beskikbaar.

4.4 SAMEVATTING
Een manier om 'n waardeoordeel oor Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom uit te spreek, is om na te gaan hoe heg die storie- en struktuurelemente by mekaar aansluit. Soos dit uit hierdie studie-eenheid geblyk het, sluit die onderdele van die teks besonder netjies by mekaar aan. So hoog het die beoordelaars van die belangrike Sanlam-prys vir Jeuglektuur die boek aangeslaan dat hulle in 2002 die hoogste prys, Goud, daaraan toegeken het. Wat is u samevattende mening oor die boek, en waarom se u so? 219

STUDIE-EENHEID/ STUDY UNIT

5
English This part of the module Afrikaans Today serves as an introduction to the study of children's and youth literature in Afrikaans. Students interested in the part may therefore include practising teachers or student teachers, practising or prospective librarians, parents or other persons interested in the theoretical framework of the subject, and in the study of examples of children's and youth literature recently written in Afrikaans. Apart from mastering the knowledge and skills mentioned in the study units, students will be required to be attentive to the attitudes and values underpinning the relevant outcomes. The part consists of five study units, i.e. two units covering theoretical aspects, and one study unit each on the two prescribed books. The fifth (this) study unit comprises of a synopsis in Afrikaans and English of part 4 of the module. STUDY UNIT 1 it should have meaning ... (a theoretical introduction) Study unit 1 and study unit 2 should be read consecutively. In these two study units I address the following five questions:

Samevatting/Summary
Hierdie studie-eenheid bestaan uit 'n samevatting van deel 4 van die module. This study unit consists of a summary of part 4 of the module. Afrikaans Hierdie deel van die module Afrikaans aktueel dien as 'n inleiding tot die studie van kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans. Daarmee beoog ek om voornemende en praktiserende onderwysers, inligtingkundiges, asook ouers en ander belangstellendes bekend te stel aan die teoretiese agtergrond van die onderwerp en om 'n kinderteks en 'n jeugteks as voorbeelde te behandel. Van u word verwag om die kennis en vaardighede waarna die studiemateriaal verwys, onder die knie te kry en 'n begrip te vorm van die houdings en waardes wat in die betrokke uitkomste vervat is. Die deel bestaan uit vyf studieeenhede, naamlik twee teoretiese eenhede en twee studie-eenhede oor die twee voorgeskrewe boeke vir deel 4 van die module. Die vyfde (hierdie) studie-eenheid bestaan uit 'n samevatting in Afrikaans en in Engels. STUDIE-EENHEID 1 dit moet dan iets beteken ... ('n teoretiese kennismaking) Studie-eenheid 1 en studie-eenheid 2 moet saamgelees word. In die twee studie-eenhede behandel ek die volgende vyf vrae:

220

Studie-eenheid 5 1. Waarom is kinderboeke letterkunde? 2. Wat lees kinders werklik? 3. Wat beteken die begrip kinderen jeugletterkunde? 4. Waarom is 'n eenvoudige interpretasie van die begrip selde geldig? 5. Hoe verskil die letterkunde vir kinders en jeugdiges van letterkunde vir volwassenes? 1. Why do children's books qualify as literature? 2. What do children really read? 3. What does the concept children's and youth literature mean? 4. Why is a simple interpretation of this concept hardly ever possible? 5. In which respects does literature intended for children and young people differ from literature for adults? STUDY UNIT 2 ... like a tin containing Royal baking powder This study unit, among others, provides synopses of the answers to the questions in study unit 1. The most important ideas in the synopses are: 1. Similar to other forms of literature, children's literature is characterised by fictionality. Fictionality allows us to recognise the fictional world created in children's literature, due to similarities with the ordinary world we live in. 2. Children read books that interest them, i.e. books that answer a need they may have. 3. As a point of departure one may state that the notion of children's and youth literature refers to books written BY, books written FOR or BOOKS READ by children and young persons. This simple interpretation is, however, deceiving. 4. Other variables, such as reading age and economic, social, or cultural considerations may challenge a simple interpretation of the notion. 5. Books for children and young persons frequently differ from books intended for adults, in the

STUDIE-EENHEID 2 ... soos 'n Royalbakpoeierblik

Hierdie studie-eenheid verskaf onder andere samevattings van die antwoorde op die vrae wat in studie-eenheid 1 gestel is. Die belangrikste gedagtes in die samevattings is: 1. Soos in alle vorme van letterkunde vertoon kinderletterkunde die kenmerk van fiktiwiteit. Ons verstaan die denkbeeldige wereld van 'n boek omdat dit ooreenkomste met ons gewone, alledaagse werklikheid vertoon. 2. Kinders lees boeke waarin hul belangstel, met ander woorde wat in 'n behoefte vervul. 3. As vertrekpunt kan ons se dat die begrip kinder- en jeugletterkunde verwys na boeke wat geskryf word DEUR, geskryf word VIR of GELEES WORD deur kinders en jeugdiges. So eenvoudig is die saak egter nie. 4. Ander veranderlikes soos leesouderdom en ekonomiese, sosiale of kulturele oorwegings bemoeilik/problematiseer 'n eenvoudige interpretasie van die begrip. 5. Boeke vir kinders en jeugdiges verskil dikwels van boeke vir volwassenes ten opsigte van die

221

Deel 4: Jeugletterkunde gebruik van struktuurelemente, naamlik ruimte, perspektief, karakters, taalgebruik en lewensbeskouing. STUDIE-EENHEID 3 Wat moet 'n haas doen? (Martie Preller: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen) Studie-eenheid 3 behandel vier vrae/kort opdragte: 1. Aan watter begrensinge is die opvallendste struktuurelemente in Preller se boek onderhewig? 2. Toon kortliks aan watter rol fantasie in die verhaal speel. 3. Verklaar die terme prime re werklikheid en sekonde re werklikheid. 4. Toon kortliks aan watter aktualiteite in Preller se boek ontstaan as gevolg van raakpunte tussen primere en sekondere werklikhede. Die studie-eenheid bestaan uit twee hoofgedeeltes. . Die eerste hoofgedeelte bestaan uit 'n toepassing van Steenberg (1979) se interpretasie van die beperkinge waaraan die struktuurelemente in kinderletterkunde onderworpe is. Steenberg (1979) se interpretasie verskyn in 'n artikel wat in hierdie module se leesbundel opgeneem is. Die tweede hoofgedeelte bestaan uit 'n verduideliking van hoe fantasie werk. As gevolg van die verband tussen die primere (Gerda se mensewe reld) en sekondere (Gerda se dierewereld) werklikhede tree daar in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen 'n aantal aktualiteite na vore. Hierdie aktualiteite (belangrike vraagstukke/kwessies van ons tyd) sluit ekologiese (omgewings-), fashion they use elements of structure, i.e. space, point of view (`perspective'), characters, language and view of life. STUDY UNIT 3 What should a rabbit do? (Martie Preller: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen) Study unit 3 deals with four questions/ short assignments: 1. To which limitations are the most evident elements of structure in Preller's book subject? 2. Briefly describe the role fantasy plays in this story. 3. Explain the terms primary reality and secondary reality. 4. Briefly describe the topicalities resulting from the interface between primary and secondary realities in Preller's book. The study unit consists of two main parts. . An application of Steenberg's (1979) interpretation of the limitations on structure in children's literature, forms the first main part. Steenberg's (1979) interpretation appears in an article published in the reader for the module.

The second main part contains an explanation of how fantasy works. Because of the interaction between primary (Gerda's human world) and secondary (Gerda's animal world) realities in Preller's book, a few topicalities (important issues) emerge. They mostly relate to ecological, gender (sexual identity) and political issues.

222

Studie-eenheid 5 gender- (geslag as identiteit) en politieke kwessies in. STUDIE-EENHEID 4 Probleme, probleme en nog probleme (Marita van der Vyver: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom) Studie-eenheid 4 behandel twee vrae (kort opdragte): 1. Aan watter begrensinge is die opvallendste struktuurelemente in Van der Vyver se boek onderhewig? 2. Toon kortliks aan watter rol postmodernisme in die verhaal speel. Die studie-eenheid val in twee hoofgedeeltes uit. . Die eerste hoofgedeelte bestaan uit 'n toepassing van Steenberg (1979) se interpretasie van die beperkinge waaraan strukutuurelemente in kinderletterkunde onderworpe is. Steenberg (1979) se interpretasie verskyn in 'n artikel wat in die leesbundel vir die module opgeneem is. In die tweede hoofgedeelte gee ons aandag aan Hanna se probleme en aan hoe sy hulle hanteer. 'n Opvallende manier waarop sy probleme hanteer is om in die verbeeldingswereld van haar skryfwerk weg te vlug (die wereld waarin Fabienne bestaan). Haar optrede getuig van onsekerheid en 'n gebrek aan vaste betekenis in haar gewone wereld. Omdat die af wesigheid van vaste betekenis een van die hoofkenmerke van postmodernisme is, vertoon Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gevolglik trekke van 'n postmoderne verhaal. STUDY UNIT 4 Problems, problems and more problems (Marita van der Vyver: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom) Study unit 4 deals with two questions: (short assignments) 1. To which limitations are the most evident elements of structure in van der Vyver's book subject? 2. Briefly describe the role postmodernism plays in this story. The study unit consists of two main parts. . An application of Steenberg's (1979) interpretation of the limitations applicable to the elements of structure in children's literature, forms the first main part. Steenberg's (1979) interpretation appears in an article published in the reader for the module. In the second main part we trace the problems Hanna encounters and how she deals with them by retreating into the fictional world she creates in her writings (the world in which Fabienne exists). This scheme testifies to Hanna's emotions of uncertainty and meaninglessness. Because one main characteristic of postmodernism is the absence of certainty and meaning, we may conclude that Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom shows traits of a postmodern story.

223

Deel 4: Jeugletterkunde

VERWYSINGS
Ghesquiere, Rita. 1995. Het verschijnsel jeugdliteratuur. Vyfde druk. Leuven: Acco. Hunt, Peter. 1991. Criticism, theory, and children's literature. Oxford: Basil Blackwell. Jacobs, Jaco. 2002. Marita het 'n kop vol stories: sy glo skryf maak sin van die lewe en oorwin die dood. Volksblad, 11 November:6. Machet, M.P.; Olen, S.I.I. & Chamberlain, A. 2001. Young people's reading in South Africa: a pilot project. Pretoria: Children's Literature Research Unit, Department of Information Science, University of South Africa. Opperman, D.J. 1959. Wiggelstok. Kaapstad: Nasionale Boekhandel. Rode, Linda. 2002. Commendatio: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom [deur] Marita van der Vyver. Aanlyn: <http://www.storiewerf.co.za/resenseer/hannahoekom.htm>. Toegang 12 Desember 2003. Smith, James Steel. 1967. A critical approach to children's literature. New York: McGraw-Hill. Steenberg, Elsabe. 1987. Fantasie en die kinderboek 'n kernhandleiding. Pretoria: HAUM-Literer. Townsend, John Rowe. 1983. A wholly pragmatic definition. In: Bator, Robert (ed.) Signposts to criticism of children's literature. Chicago: American Library Association, 1920. Van der Merwe, C.N. 1994. Breaking barriers: stereotypes and the changing of values in Afrikaans writing 18751990. Amsterdam: Rodopi. Wyngaard, Heindrich. 2003. Brink loof Jackie se `punch'. Rapport, 21 September:6.

224

Deel

Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Henriette Roos

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika

INHOUD Studie-eenheid
OORSIG 1 1.1 1.2 1.3 2 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 3 3.1 3.2 3.3 3.4 4 4.1 4.2 4.3 4.4 5 5.1 5.2 5.3 KOMPAS Waar is ...? Waarom stel ons belang in ...? Wat gaan ons doen ...? IN DIE VREEMDE Weggaan of bly Emma Huismans Sonate voor wraak ``Stenen die lopen'' ``De hond'' Slotsom ``WAT VOOR KLEUR HEEFT ZUID-AFRIKA?'' Die konteks van die verhaal Kader Abdolah Portretten en een oude droom; ``Alinea 9'' Slotsom KOLONIALE KONFLIK Kolonialisme en postkolonialisme Hella Haasse Oeroeg Slotsom ONS KLEIN EN SILWERIGE PLANEET Bundeltema Digters en gedigte Slotsom

Bladsy
227 228 228 230 231 233 233 236 236 239 242 243 243 244 245 249 251 251 254 255 258 259 259 260 268 268

VERWYSINGS

226

OORSIG
Aan die student Hierdie afdeling, getitel ``Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika'', bied ons aan vir die student wat besonder genteresseerd is in die letterkunde en in die Europese herkoms van Afrikaans, en daarom ook wil kennismaak met aspekte van die Nederlandstalige letterkunde. Indien u Afrikaans vlot kan lees en skryf, behoort u heeltemal maklik die gedigte en verhale wat ons saam gaan lees, te begryp en te waardeer. Die kursus is so saamgestel dat drie sake beklemtoon word: . U lees tekste geskryf deur digters en vertellers wat vandag groot aansien in Nederland en Vlaandere geniet dit is dus hedendaagse werk waarmee u kennismaak. . Die outeurs wat u ontmoet, is mense wat om een of ander rede deur persoonlike besoeke en optredes of deur hulle werk, verbintenisse met Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuur het. . Die tema wat al die voorgeskrewe tekste gemeen het, is die verhouding tussen mens en omgewing. Aktuele sake soos omgewingsbeskerming, emigrasie en asielsoekers, historiese gebeure soos kolonialisering, en ewig-menslike kwessies soos die mens se liefde, ontsag en soms selfs vrees vir hulle medemense en vir die natuur, vorm alles deel van hierdie tematiek. In die loop van die studie ontdek u saam met ons hoe die digter en die verteller die taal so bepland en effektief gebruik dat elke teks 'n unieke insig aan die leser kan oordra. Aan die einde daarvan sal u begryp hoe hierdie kommunikasie tussen leser en teks bydra om die wereld van die boek en die alledaagse wereld rondom ons, tot 'n dinamiese eenheid te verbind.

GEDICHTEN ZULLEN DE WERELD NIET REDDEN, MAAR DE WERELD IS REDDELOOS ZONDER GEDICHTEN (Geert van Istendaael: ``Over poezie''. Nieuw Wereldtijdschrift 16(1):77. Februarie 1999)

227

STUDIE-EENHEID

Kompas
1.1 WAAR IS ...?

Nederlands in Europa

Die Nederlandstalige gebiede in Europa word vandag gevorm deur twee onafhanklike state: die Koninkryk van die Nederlande (algemeen bekend as Nederland of Holland) en aangrensend daaraan, die noordelike provinsies van die Koninkryk van Belgie (hierdie gedeelte van Belgie staan bekend as Vlaandere). In Nederland is Koningin Beatrix tans die staatshoof, die regering is gevestig in 's Gravenhage (ons noem die stad gewoonlik Den Haag), maar die grootste en bekendste Nederlandse stad is Amsterdam. Belgie se hoofstad is Brussel, waar die Belgiese koning, Albert II, woonagtig is. Die twee belangrikste bevolkingsgroepe in Belgie word regionaal en volgens hulle taal geskei; in Vlaandere word Nederlands (meer algemeen Vlaams genoem) gepraat, terwyl in die suidelike streek, Wallonie, die taalmedium Frans is. Die bekendste stede in Vlaandere is Antwerpen, Brugge en Gent.

228

Studie-eenheid 1 AKTIWITEIT 1.1 (1) Luister na kant A van die klankkasset wat u vir hierdie module by registrasie ontvang het. Die spreker op die klankkasset vra ondermeer of u die liedjies kan begryp en of u van die musiek hou. Wat gaan u daarop antwoord? (2) Kan u die reels neerskryf waar Ruth Jacott sing dat sy soos 'n voel wil teruggaan na waarvandaan sy kom, en met die ``vryheid'' in haar rug die plek waar sy gebore is, wil soek? (3) Vind en dui aan op die kaart wat hierbo afgedruk staan, die gebiede waarvandaan Stef Bos en Boudewijn de Groot afkomstig is. (4) Op kanaal 91 van die satelliettelevisie, kan u enige tyd van die dag kyk na die uitsendings van BVN: die ``Beste van Vlaandere en Nederland''. Luister veral na hulle nuusuitsendings wat in die aande om 19:00 en 20:30 plaasvind (onthou daar is 'n tydverskil tussen Suid-Afrika en Europa!) en probeer om soveel moontlik te verstaan. Ander baie interessante programme word ook deur die dag aangebied. Suider-Afrika is een van verskeie gebiede rondom die wereld wat deur die Nederlanders gekoloniseer is tydens hulle handelsreise na die Ooste en die Karibiese eilande (by die noord-oostelike kus van Suid-Amerika) wat plaasgevind het vanaf die begin van die sestiende eeu. Sewentiende-eeuse Nederlands was die hooftaal waaruit Afrikaans ontwikkel het. In 1925 het Afrikaans naas Nederlands een van die amptelike tale van Suid-Afrika geword, en eers in 1983 het Nederlands finaal hierdie status verloor. Deur hulle gemeenskaplike kennis van Nederlands, kan Suid-Afrikaners vandag nog kommunikeer met Nederlanders en Vlaminge, en is dit selfs moontlik om met die mense van Indonesie (die vorige Nederlandse kolonies in die Ooste) en die van Suriname en die Wes-Indiese eilande (die kolonies by die Amerikas) te gesels. Deur hierdie koloniale verbintenis is daar ook 'n baie groot invloed op die Suid-Afrikaanse regspleging gelaat; vandag nog volg Suid-Afrika in bree trekke die Romeins-Hollandse regstelsel na. En dan sedert die vorige eeu is Suid-Afrikaanse diamante in Vlaandere geslyp en verwerk en veral vanuit Nederland verkoop. Tydens die Apartheidsjare (1948 tot 1990) het daar 'n opmerklike verslegting van die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse regering en die regerings in die Nederlandstalige gebiede ontstaan. Sedert 1990 is die bande weer baie sterker geknoop besoeke deur die onderskeie regeringshoofde aan mekaar en die amptelike Suid-Afrikaanse eerbetoon aan die Indonesiese president is bewys daarvan. Vandag is daar voortdurende kontak op politieke en administratiewe gebied (die Vlaamse regering borg byvoorbeeld 'n tolkprojek in die Vrystaatse parlement), deur gesondheidsprojekte (daar is baie indringende hulpprogramme rondom HIV/Vigs), in die onderwys (die Nederlandse regering ondersteun skole en kolleges in onderontwikkelde streke veral in die Noordelike provinsie), aan universiteite (beurse vir studente, wedersydse besoeke deur dosente en befondsing van navorsing word deur die Nederlandse Taalunie gedoen) en binne die ekonomie (Nederlandse banke word weer in Suid-Afrika bedryf). Maar behalwe hierdie formele toenadering, is dit vir ons gewone mense ook belangrik dat daar weer goeie bande bestaan op kulturele en sportgebied. Een 229

tradisionele bande met Suid-Afrika

die verbintenis vandag

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika van u voorgeskrewe boeke is 'n digbundel wat saamgestel is met bydraes van Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse digters; studente in Departemente Afrikaans kan weer gereeld vir korter of langer studietye gaan na Nederland en Vlaandere. Die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees gee aan SuidAfrikaners die kans om na Nederlandstalige kunstenaars te kyk en te luister, en die afgelope drie jaar besoek skrywers mekaar en neem oor en weer deel aan boekuitstallings en letterkundige byeenkomste.

AKTIWITEIT 1.2 (1) Aan die begin van 1999 het 'n noue samewerkingsband tussen 'n beroemde Nederlandse sokkerklub en 'n klub in Kaapstad begin. Vind uit wat die naam van die klubs en die aard van die ooreenkoms is. Dink u dat hulle 'n goeie plan beet het? As u die lede van die Nederlandse klub kon ontmoet, wat sou u graag van hulle wou leer (behalwe hoe om goeie sokker te speel!)? (2) Vanjaar vind die Klein Karoo Nasionale Kunstefees weer vroeg in Aprilmaand in Oudtshoorn plaas. Dit sou besonder interessant wees om dit te kon bywoon, maar knip in elk geval 'n koerantbespreking of resensie van die vertonings uit en as u 'n vermelding van Nederlandstalige kunstenaars teekom, skryf hulle name neer.

1.2 WAAROM STEL ONS BELANG IN ...?


'n Student wat registreer vir modules in die Departement Afrikaans, vra gewoonlik waarom daar tyd spandeer word aan die Nederlandstalige letterkunde. Nadat u die paragrawe hierbo gelees en die liedjies gehoor het, het u self reeds 'n antwoord op hierdie vraag? Maar ek wil ook 'n paar redes vir so 'n belangstelling noem dalk stem u met my daaromtrent saam. . Dit lyk vir my belangrik dat vandag, terwyl almal woorde soos ``globalisering'' en ``global village'' gebruik, ons self die ervaring moet beleef van hoe klein die wereld eintlik is, hoeveel gemeenskaplike belange ander mense uit ver lande met ons deel, maar hoe ons elkeen tog steeds ons eie aard en persoonlikheid te midde van die groot gewoel kan uitleef en ontwikkel. Deur die reeds eeue lange verbintenis tussen SuidAfrika en die Nederlandstalige gebiede waar te neem, kry ons eerstehandse insig in die interaksie wat histories, kultureel en ekonomies in die verlede en vandag veral tussen lande en mense kan bestaan. . Daar word jaarliks by Unisa onderrig in Nederlands as spreektaal gegee deur kontaklesings waarvoor gereeld 'n groot groep studente registreer. Die studente se motivering strek van nuuskierigheid omtrent hulle persoonlike familiebande met mense in die Nederlande, tot die praktiese behoefte om werk te kry in Europa en dit te vergemaklik deur 'n Europese taal anders as Engels te kan praat. Indien u belangstel, kontak me Ehlers by ehlerd@unisa.ac.za. Sien ook: info@nederlandsalstweedetaal.nl . Met die lees van die verhale en gedigte en die luister na die liedjies, ontmoet u 'n paar van die skrywers en sangers wat vandag in Nederland en Vlaandere bekend is en kry u 'n indruk van die hedendaagse Europese kultuur. Vanselfsprekend is dit slegs 'n baie klein groepie se werk, maar ek

insig in interaksie

toegang tot die Europese taalgebied

230

Studie-eenheid 1 hoop dat dit u gaan aanspoor om met meer en ander Nederlandstalige kunstenaars kennis te maak. Wanneer u na die liedjies en voorlesings op die klankkasset geluister het, sal u waarskynlik agterkom hoe min inspanning dit vra om die Nederlands te verstaan probeer dan ook dadelik om self die verhale en gedigte hardop te lees. Sonder te veel moeite kan u dus die letterkunde van 'n ``vreemde'' taal eerstehands begin ken. . Terwyl u lees en luister, gaan u bewus word van die verskillende maniere waarop die kunstenaars aan hulle gedagtes vorm gee. Daar word emosies, konflikte en idees openbaar, daar word van interessante gebeure vertel, karakters tree op, die natuur en die omgewing word beskryf. Die manier waarop al hierdie elemente vertel word, en die manier waarop dit in 'n gedig georganiseer is, bepaal watter boodskap oorgedra word en hoeveel impak daardie boodskap op die leser het. Tydens die lees van die Nederlandse tekste word u dus ook geleer hoe binne 'n literere vorm daar kennis, insigte en oordele omtrent die wereld om ons meegedeel kan word.

kennis van hedendaagse Nederlandstalige letterkunde

literere tegnieke

1.3 WAT GAAN ONS DOEN ...?


In hierdie deel van die module gaan ons tekste lees en beluister wat vandag aan sowel Suid-Afrikaners as Nederlandstaliges bekend is. Die meeste van die skrywers en digters en die sangers! was ook al in Suid-Afrika op besoek of het lank hier gewoon. Na my mening ontwikkel een groot tema uit hierdie kontak en die skryf daaroor; 'n tema wat sowel die kunstenaars as die leser se daaglikse lewe baie nou raak.
verhouding tussen mens en omgewing

Die oorheersende tema in die tekste wat u gaan lees, is die nadenke oor die veelsoortige aard van die verhouding tussen mense onderling en die mens en sy of haar omgewing. Sommige digters beskryf die grootsheid en mag van die ongerepte natuur terwyl ander weer aantoon hoedat die mens die natuur probeer tem. Daar is gedigte wat die persoonlike en intieme band tussen mens en natuur beklemtoon, en die emigrant se verlange na die wereld wat agtergelaat is, uitspreek. In ander verhale is die verteller 'n vreemdeling in die ruimte: 'n jong immigrant wat haar nuwe wereld verwonderd beleef, of 'n besoeker wat verras is om bekende emosies in die vreemde land te ervaar, en ook 'n kind wat die politieke probleme van sy jeug nie verstaan het nie. Baie van die gedigte spreek van moderne mense wat die vervuiling en vernieling van die natuur betreur en probeer teewerk. Ons is almal bewus van die invloed wat die omgewing op die mens uitoefen: droogte en storms wat die mens se weerloosheid aandui; landskappe en tuine wat ons liefhet en waarna ons verlang; ons afkeer en ontsteltenis wanneer die natuur en ons omgewing verwaarloos en verniel word. Die verhouding tussen mens en omgewing lei soms tot 'n besluit om nuwe ruimtes op te soek as toeris of as immigrant, en uit daardie nuwe belewenisse spruit emosies van verwondering, verlange en vreemdheid. Wanneer u na die tekste luister of dit lees, dink ek dat u baie van u eie ervarings sal herken.

231

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika AKTIWITEIT 1.3 (1) Knip 'n artikel en/of berig uit 'n onlangse koerant of tydskrif uit waarin enige een van die volgende onderwerpe bespreek is: . . . . . . die Suid-Afrikaanse natuurskoon omgewingsbewustheid en natuurbewaring reise in Nederland en Vlaandere Indonesie vandag emigrasie uit/immigrasie na Suid-Afrika asielsoekers en die bevolking se houding teenoor vreemdelinge

Daar is onlangs verskeie radio- en televisieprogramme oor al bogenoemde onderwerpe uitgesaai, en die temas bly relevant. Luister en kyk na so 'n program, en dink na oor u eie mening omtrent hierdie aktuele kwessies. (2) Maak kennis met die baie nuttige boek waarin die taal, land en kultuur van Nederland aan studente bekend gestel word: . Ehlers, Dineke en van Beek, Pieta. 2004. Oranje boven. Nederlands voor Zuid-Afrika. Pretoria: Protea Boekhuis.

232

STUDIE-EENHEID

In die vreemde
2.1 WEGGAAN OF BLY
emigrasie en immigrasie

Slaan 'n mens vandag 'n koerant oop of kyk jy na 'n nuusprogram wat op televisie uitgesaai word, is die kanse baie goed dat die onderwerp van emigrante en immigrante in die berigte of onderhoude ter sprake sal kom. In Suid-Afrika word die lewens van talle mense baie diep deur hierdie kwessies geraak. Meermale is reeds ontstellende beeldmateriaal gewys rondom immigrante uit Afrika wat in groot getalle Suid-Afrika binnekom. Hulle word deur gewone Suid-Afrikaners uitgebuit of verwerp en aangerand weens die persepsie dat hierdie mense werkgeleenthede en huisvesting opeis wat eintlik aan Suid-Afrikaners toekom. Daar is ook gereeld klopjagte waar die polisie veral op sulke vreemdelinge mik omdat hulle met bepaalde misdade vereenselwig word. Aan die ander kant is die koerante vol van berigte oor ``dislojale'' Suid-Afrikaners wat die land verlaat omdat hulle geglo het dat daar beter werksgeleenthede en minder misdaad in Australie, Nieu-Seeland en Kanada vir hulle gewag het. Om verskillende redes verlaat mense dus die land waar hulle gebore en grootgeword het en vestig hulle in 'n nuwe land. Dit is te verwagte dat daar probleme kan opduik: 'n mens voel vreemd en dikwels onwelkom in die nuwe tuiste, 'n mens verlang na die omgewing en bekendes wat jy agtergelaat het, die nuwe taal, gebruike en werksomstandighede laat misverstande ontstaan.

AKTIWITEIT 2.1 (1) Lees die onderstaande twee koerantartikels en beantwoord dan die vrae: . Handel die rubrieke oor emigrasie, immigrasie of asielsoeke? . Hoe is die segsmense waarna die berigte verwys of die persoon wat die kolom skryf persoonlik betrokke by die onderwerp? . Watter ooreenkomste/verskille is daar tussen die twee segsmense se houding en toon wanneer hulle oor die onderwerp praat? Is dit byvoorbeeld meer feitelik, of emosioneel, of gegriefd, of ontsteld? . Het u persoonlike ervaring van emigrante en/of immigrante? . Wat is u eie mening oor die meriete van emigrasie/immigrasie en asiel?

233

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika (a) Hoe lank le 'n mens se hart in jou vaderland?

Hoe lank le 'n mens se hart in jou vaderland


Vorige naweek is ek in 'n tierende Kaapse wind Johannesburg toe. En Saterdagagtermiddag toe sak daar 'n donderstorm uit soos ek twee jaar laas gesien het, net omtrent so lank gelede as wat ek nou in die Kaap is. Na 42 jaar in die Goudstad. Eers verdonker die lug, word swart, nag in die helder agtermiddag. Toe skroei die weerlig die aarde en die donder skeur die lug. En toe val die reen nie tip-tip nie, nie eens sjorrr, soos die ou boer om reen gebid het nie, maar soos uit 'n hemelse meer gegooi, reguit grond toe. En toe daardie Hoeveldse reen val, toe juig my hart, en is elke gerammel van my vensters, elke deur wat slaan, elke loei van elke wind in die Kaap (en daar was baie die afgelope maande, met die Sedoos voor in die ry) vergewe. Want wind in die Kaap bring reen in die binneland! Wanneer is 'n mens finaal in jou nuwe plek ingeburger? Wanneer sal ek nie meer na die lug van Gauteng verlang nie, die lig na 'n donderstorm, die besondere vorm van lewe wat Johannesburg en sy streek kenmerk? As jy van die vliegtuig afklim, voel jy dit al in die lug die haas, die spoed, die vibrasie, die lewe. Wanneer verdwyn die gevoel van op 'n Beeld-deurloop Cecile Cilliers met Japie se gunsteling gevier is): Beskou jy jouself nou as Engels? Nog nie, se Jan. Eers as jy die dag nie meer (by wyse van spreke) Provi-i-i-nce! skree nie, eers dan le jou hart nie meer in jou eerste vaderland nie. Vanwee die wind- en reenskade in Nieu-Seeland, skakel ek Dinsdagoggend die jongste om te hoor of alles nog in orde is. Die skade in Wellington en elders is groot, maar daar waar hulle bly, in Tauranga, aan die beskutte Bay of Plenty, is alles reg, stel hy die bekommerde moeder gerus. En voeg dan by, sy stem vol vreugde, ons het die eerste kriekettoets gewen! En is goed op pad om die tweede ook in te palm. Is nie! se ek, onmiddellik op my perdjie. Ons het gewen. Met 'n enkele lopie. Van Pollock se kolf! Maar ek se dan, kraai hy, ons het gewen! Nouja toe ek weet nie of ek troos soek oor my weglekinders of oor my eie ongedurigheid oor die o, so dikwels windverwaaide Kaap nie. Maar se maar so vandag is die Kaap wat my betref weer Hollands! Beeld, Donderdag 19-02-2004

ander plek behoort, van iewers anders tuiskom as juis hier? Ek wonder dieselfde oor my kinders. Amalie en haar gesin is nou Amerikaanse burgers. Die kinders praat Amerikaans, en lyk soos tipiese Amerikaanse tienderjariges. Hulle is kranige skiers en skaatsers, en versot op Amerikaanse bofbal. En hulle vier Halloween en Danksegging met kalkoen en mielies en cranberrysous en al die ander tradisionele toebehore. Maar Saterdag skakel my meisiekind uit Engeland waar hulle haar broer se verlowingsete bywoon. Ma, vra sy, het jy Kook en geniet byderhand? Ek maak vir Jan die nagereg en hy't gevra vir Japie se gunsteling. Ek vra vir Jan, wat nou 'n Britse paspoort het (ai, hoe kreun die vrome moeder se boerehart!) en verloof is aan 'n Ierse meisie, (dis hul verlowingsete wat

(b) Mense trek uit SA oor misdaad en ekonomie.

Mense trek uit SA oor misdaad en ekonomie


JOHANNA VAN EEDEN Pretoria

M
234

isdaad en ekonomiese sekuriteit is vername faktore wat 'n rol speel in Suid-Afrikaners se besluit om die land te verlaat. Dit is een van die voorlopige bevin-

Mnr. Pieter de Lange, wat navorsing doen oor redes waarom Suid-Afrikaners die land verlaat.
Foto: JOHANNA VAN EEDEN

dings van dr. Pieter de Lange, wat navorsing doen vir 'n boek oor Suid-Afrikaners se groot uittog na die buiteland. De Lange, 'n tandarts, werk al die afgelope vier jaar in Kent in Engeland. Hy is ook die skrywer van The Games Cities Play, wat handel oor die stryd om die aanbieding van die Olimpiese Spele. Om inligting in te samel vir sy nuwe boek, het hy meer as 150 vraelyste aan

Studie-eenheid 2
Suid-Afrikaners wereldwyd gestuur. Hy het al reaksie gekry op meer as dertig vraelyste uit Kanada, Ierland, Engeland en Amerika. De Lange meen daar is bepaalde faktore wat Suid-Afrikaners afskrik van hul land en besliste trekpleisters wat die gras aan die ander kant van die draad groener laat lyk. Sy vraelys bevat 'n lys met trekpleisters en afskrikkers wat deelnemers in volgorde van belangrikheid moet rangskik. Van die sterkste afskrikkers is vrees vir ekonomiese onstabiliteit, misdaad en korrupsie. 'n Afsku in die ANC-regering is die afskrikfaktor wat volgens respondente die minste uitwerking gehad het op hul besluit om te verhuis. Die sterkste trekpleister is 'n geleentheid om buitelandse valuta te verdien, gevolg deur die kans om hul kinders in 'n veilige omgewing groot te maak. Die begeerte om 'n buitelandse paspoort te besit, het die minste aantrekkingskrag. De Lange se misdaad speel 'n groot rol in mense se besluit om te verhuis. ``Amper almal wat sover aan die navorsing deelgeneem het, weet van iemand wat 'n misdaadslagoffer was.'' Hy en sy gesin het padgegee nadat drie mense wat hulle geken het, vermoor is. Hy wil in sy boek ook in 'n gevallestudie kyk na die uitwerking wat 'n traumatiese gebeurtenis soos 'n moord op 'n gesin het. ``Dit laat families uitmekaar spat.'' Hy hoop om vas te stel wat SuidAfrikaners kan leer uit die verlede. ``Mense moet kritieser wees. Voorheen was ons vasgeval in kollektiewe denke van etniese sosialisme. Die gevaar nou is om te verval in die kollektiewe denke van eng politieke korrektheid.'' Hy se selfs nuwe Britse volksgenote het 'n kritieser houding jeens Suid-Afrika en Afrika. ``Vroeer, met die mentaliteit van 'n `totale aanslag' in Suid-Afrika, het mense oorsee geredeneer as jy apartheid uit die weg ruim, sal die land oornag 'n paradys word. Met al hoe meer Zimbabwiers wat op die Engelse voorstoep asiel soek, kyk die Engelse anders na Suid-Afrika en Afrika se probleme.'' Deur sy vraelys probeer hy vasstel wat Suid-Afrikaners oorsee se grootste aanpassingsprobleme is. Die kultuurskok is die ergste iets waarmee De Lange self ook geworstel het. Die ander ding wat vir hom erg was in sy nuwe land, was die klimaat. ``Die nat, lang, donker winters wat maande lank aanhou, is verskriklik.'' Hy identifiseer losweg drie groepe Suid-Afrikaners oorsee. ``Daar is die Suid-Afrikaners wat hulle bedreig voel deur die nuwe omgewing en tot elke prys hul Suid-Afrikaanse identiteit wil bewaar. Hulle wil oorsee werk, maar nie met mense in hul nuwe omgewing sosiaal verkeer nie. Die ander uiterste is mense wat tot elke prys wil inpas in die nuwe omgewing. Hulle emigreer met hul kinders na Amerika en word oornag Amerikaans. Na 'n ruk besef jy jou kinders se nuwe Amerikaanse aksent irriteer jou en hulle verstaan nie jou Suid-Afrikaanse humor nie.'' De Lange beskou homself as deel van die groep wat in die middel van die twee uiterstes staan. ``Ek is 'n internasionale Afrikaner wat goeie vriende oorsee, maar ook 'n sterk Suid-Afrikaanse ondersteunersnetwerk het.'' Baie van die mense wat aan hom terugskryf, dra ``letsels van die verlede. Ek kry emosies op papier terug. Almal verlang terug. Sommige sal nie weer wil teruggaan nie, maar almal verlang.'' De Lange meen die veldtogte om SuidAfrikaners terug te lok na die land is 'n goeie stap. ``Jy gaan nie mense se idees of uitkyk verander nie, maar dit is goed as jy 'n diens kan lewer wat dit makliker maak om terug te gaan. Daar is mense oorsee wat swaarkry.'' Beeld

(2) Lees uit u voorgeskrewe bloemlesing, Ons klein en silwerige planeet, die gedig van Philander, ``Lente in die vreemde'' (p. 47). Dink u dat hy verlang? Waarom se u so? Wat is dit waarna hy verlang? Wanneer ek hierdie gedig lees, lyk dit vir my asof daar altyd gemengde gevoelens heers by mense wat nie meer in hulle geboorteland woon nie. Daar is altyd iets waarna hulle terugverlang, en dit is baie dikwels die landskappe of natuurverskynsels eie aan daardie agtergelate land. Dit is ook 'n tema wat aandag kry in die hedendaagse Afrikaanse letterkunde. Die mees resente werk van John Miles, Die buitestaander (2003) sluit by hierdie onderwerp aan. (3) Daar bestaan tans verskillende webwerwe waar Suid-Afrikaanse emigrante of Suid-Afrikaners wat langdurig in die buiteland tuisgaan, elektronies opgesoek kan word. Op LitNet, die webblad wat veral gemik is op almal wat in die Afrikaanse letterkunde belangstel, is daar 'n skakel na ExpatNet. U kan dit vind by www.litnet.co.za Daar verskyn ook maandeliks 'n elektroniese koerant wat gemik is op mense wat in Brittanje gestasioneer is, naamlik Net-KLETS. 235

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Indien u toegang tot die Internet het, kan u gerus een van daardie tuisblaaie besoek, byvoorbeeld die spesifiek vir emigrante uit of immigrante na Nederland, www.marimba-online.nl en self lees omtrent die kwessies wat hulle besighou.

2.2 EMMA HUISMANS


Die eerste Nederlandse verhaal waarmee u gaan kennismaak, is geskryf deur Emma Huismans. Ek dink dat u daardie selfde gevoel van teenstrydige emosies wat u in sowel die koerantartikels as die gedig van Philander en op die webblad teengekom het, in haar verhale sal herken.
biografiese inligting

Twee verhale uit die bundel Sonate voor wraak (1994) is in die leesbundel opgeneem: ``Stenen die lopen'' en ``De hond''. Die outeur, Emma Huismans (gebore 10 Julie 1946), het saam met haar gesin as vyfjarige dogtertjie na Suid-Afrika uit Nederland geemigreer. Hulle het gaan woon in Vosburg in die Karoo, en later op verskeie ander plattelandse dorpe gebly. Huismans het naam gemaak as 'n betrokke skrywer, iemand in wie se werke die aktuele politieke en maatskaplike probleme van haar tyd, die inhoud en tema van die verhale vorm. In 1990 debuteer sy met die bundel kortverhale Berigte van weerstand en 'n novelle, Requiem op ys verskyn in 1992. Sy het Suid-Afrika in 1990 verlaat en na Nederland teruggekeer waar sy begin om in Nederlands te skryf. Sonate voor wraak is ook 'n teks wat 'n baie duidelike politieke inslag het. Die verteller wat deurgaans in die eerste persoonvorm skryf, vertel van haar intense betrokkenheid in Suid-Afrika by politieke bedrywighede wat voor 1990 as terroristies of ondermynend beskou is; sy spreek haar teensin in die ondersteuners van die Apartheisbeleid baie hewig uit en beskryf haar solidariteit met die swart mense in Suid-Afrika. Terselfdertyd ontwikkel daar in die verhale ook 'n motief van persoonlike konflikte: die vreemdheid van die immigrantekind in Suid-Afrika; die verlange na die Suid-Afrikaanse natuur en omgewing wanneer sy na baie jare weer terug in Nederland is; die teenstrydige emosies en ervarings wat sy in Suid-Afrika beleef het en wat dit vir haar onmoontlik maak om finaal van die land afskeid te neem al woon sy nie meer hier nie. Die bundel is ook in 'n Afrikaanse weergawe beskikbaar.

2.3 ``STENEN DIE LOPEN''


Enkele woorde en sinsgedeeltes in die verhaal lees dalk vir u moeilik en demonstreer sommer ook die soort probleme wat die dogtertjie moes ervaar het! Kort woordverklarings om sulke verwarrings te woorkom, word aan die einde van die teks in u leesbundel voorsien.

236

Studie-eenheid 2 AKTIWITEIT 2.2 (1) Luister op kant A van die klankkasset na die voorlesing van die eerste paar paragrawe van ``Stenen die lopen''. (2) Lees die hele verhaal wat in die leesbundel opgeneem is. (3) Beantwoord die volgende kort vrae deur die antwoorde daarop sommer in die verhaalteks te onderstreep of deur dit baie kort hier langsaan neer te skryf: . Van watter land kom die dogtertjie? . Waarmee reis die gesin vanaf Kaapstad na Vosburg (gaan kyk op 'n kaart van Suid-Afrika waar Vosburg gelee is)? . Waarom weet die tante soveel meer van Suid-Afrika? . Hoeveel broers en susters is daar in haar gesin? . Waarom meen die kinders dat die buurman se besoeke ongewens is? . Is dit 'n groot skool waarna die kinders nou gaan? . Dra hulle die voorgeskrewe skoolklere? . Terwyl die ander kinders leer, speel die dogtertjie klei. Waarom? . Wat is dit wat die dogterjie met die klei wil namaak? Gee die Afrikaanse en die Nederlandse naam daarvoor. . Hoekom dink die onderwyseres dat die dogterjie lelik praat? . Wat gebeur met die dogterjie as die Afrikaanse kinders vir haar begin lag? . Waar speel die twee kinders nou wanneer hulle in die oggende stokkiesdraai? . Die twee begraafplase wat langs mekaar le lyk nie eners nie. Wat is die verskille? . Hoekom is die dood vir die kinders nie 'n vreemde begrip nie? . Die kinders bring voorwerpe wat in die begraafplaas is terug na hulle huis. Wat is dit? . Weet u wat hierdie ``glanzende stenen'' is? . Wanneer die twee kinders weer terug op skool is, gaan dit nou met al twee beter. Waaraan lei ons dit af? . Wie is dit wat vir die dogtertjie se waarom die ``klippe'' nie beweeg nie? . Waarom noem hy haar 'n ``kaaskop'' en hoe voel sy daaroor? (4) Wat se die verhaal vir u? Het u haar jammer gekry toe sy haar broekie natmaak en later toe die buurman met haar raas? Dink u ook dat haar optrede kenmerkend is van alle kinders en nie net van immigrantekinders nie? Vir my kommunikeer die verhaal op 'n boeiende manier 'n magdom van gedagtes oor die komplekse verhouding tussen mens en omgewing. Vreemdheid, verlange, maar ook aanpassing en geluk, karakteriseer die verteller se herinnering aan die wereld van haar jeug. Daar is na my mening veral twee aspekte van die verhaal wat baie effektief daartoe bydra dat die leser so sterk met hierdie Nederlandse dogterjie kan identifiseer. Lees die paragrawe hieronder en kyk of u met my saamstem.
ruimte

. Die verhouding tussen die ruimte en die karakters in hierdie vertelling is besonder betekenisvol. Die ontwikkelling van die storielyn loop saam met 237

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika die verskillende ruimtes wat die dogtertjie beleef (haar herinneringe aan Nederland en aan die skeepsreis; die treinrit verby Drie Susters en die aankoms op Vosburg; die nuwe huis en tuin, die skool, die vlei (``drasland''), rantjie, twee begraafplase en die munisipale slagplaas wat alles net buite die dorpie le). Die dogterjie personifieer hierdie ruimtes sodat haar vreemdheid en verwagtinge in die nuwe land menslike gedaantes aanneem (die Drie Susters, die klippe wat kan loop). Die ruimte veroorsaak soos 'n katalisator die konflikte wat die kind ervaar: die lastige buurman kuier by haar Ma omdat haar Pa in Kaapstad studeer, die verwondering oor die dorp se twee begraafplase dui op die kinders se onkunde omtrent rasseskeiding in die land, die kinders se steelse verkenning van die omgewing buite die dorp veroorsaak die skrobbering van die onderwysers en ouers, die onbegrip omtrent die ``klippe wat loop'' maak die dogtertjie hartseer en skaam. 'n Mens sou ook kon se dat die ruimte as 'n metafoor dien: die verlange na die agtergelate Holland en die vrees vir die nuwe land, val saam in die skip se ``Crying Room''; die graftes en gekleurde ``klippe'' verteenwoordig vir die twee kinders die verskil tussen die hemel en die hel; wat uiteindelik met die skildpaaie gebeur het, simboliseer die vreemdheid van die immigrantekind. Die probleme van emigrasie en immigrasie, die gevoel van vreemdheid en onkunde, die ongemaklikheid met nuwe gewoontes en omgewings, maar ook die hoop op 'n nuwe lewe en beter geleenthede, is waarskynlik die aktuele motiewe wat in hierdie verhaal die duidelikste tot die leser spreek.
motief en tema

Maar ek meen dat hierdie vertelling ook motiewe aanraak wat meer persoonlik en tegelykertyd meer universeel is. Deur die ek-vertelling wat so persoonlik en onthullend is, kry die leser insig in en voel deernis vir die emosies van verwarring, gewonde trots, lojaliteit en konflik soos wat 'n klein dogtertjie dit binne haar familie beleef. Die vertelling stel ook op subtiele wyse die motief van 'n nuwe begin en die einde van die oue, die motief van lewe en dood, teenoor mekaar. Verwysings na die slagpale, die begraafplase, die klere uit Nederland, die moeder wat grasweduwee is en die uiteindelike lot van die skilpaaie in die tuinhok, vorm alles deel van so 'n tema. Die vertelling toon dus ook hoe afskeid en aankoms, pyn en plesier, vriendskap en vreemdheid eintlik tegelykertyd in 'n mens se lewe aanwesig is.

AKTIWITEIT 2.3 (1) Lees weer wat hierbo in die paragrawe oor motief en tema geskryf staan. Gee nou aan die verhaalteks 'n alternatiewe titel wat na u mening die essensie van die verhaal saamvat. (2) Lees Aucamp se gedig ``Karoo Hooglied'' wat op p. 43 in u voorgeskrewe bloemlesing opgeneem is. 238

Studie-eenheid 2 . Is daar 'n verskil in Aucamp en die jong Nederlandse meise se perspektief op die Drie Susters? Ek dink dat die verskil al voorspel word in die titel van die Aucampgedig. Stem u saam? Hoekom dink u so? (3) Onderstreep die paragraaf in die verhaalteks waar die onderwyseres met die dogterjie raas. . Spruit die misverstand voort uit die kind se taalvreemdheid, uit haar spraakgebrek of uit stoutigheid? . Indien u die onderwyseres was, hoe sou u in so 'n situasie opgetree het?

2.3 ``DE HOND''


Hierdie verhaal is geskryf nadat Emma Huismans weer teruggekeer het na Nederland. Volgens die verhaallyn is die hoofkarakter (weer 'n ek-verteller) 'n ouer vrou wat al baie lewenservarings deurgemaak het. Die toon van teenstrydige emosies wat alreeds in ``Stenen die lopen'' aanwesig was, is weer baie sterk hier.

AKTIWITEIT 2.4 (1) Luister na kant A op die klankkasset waar 'n gedeelte uit hierdie verhaal aan u voorgelees word. (2) Lees die verhaal wat in die geheel in u leesbundel opgeneem is. Enkele Nederlandse woorde wat u dalk nie ken nie, word aan die einde van die teks vir u gelys en verduidelik. (3) Toe u die kort vragies aan die begin van par. 2.2 beantwoord het, kon u self agterkom dat daardie verhaal van die dogtertjie se aankoms in Vosburg, kronologies vertel is. Dit wil se sy het haar ervarings een na die ander vertel soos wat dit in volgorde van gebeure beleef is. Noudat u ``De hond'' gelees het, kan u self besluit of ons ook hier met 'n kronologiese vertelling te doen het. Voltooi die volgende tabel deur aan te dui waar die die karakter/ voorwerp inpas: karakter/voorwerp nege tandelose olifantjies ek-verteller Nondwe gousblomme in blou bakke honde aan kettings afsydige bure daggaplante in vensterbank biblioteek en boeke verdiepinghuise optelhond langs grootpad swart vrouevereniging 239 Nederland/Suid-Afrika sprokie/feit verlede/nou

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika karakter/voorwerp keurige rytjies blomme groentebeddings olifant, hiena en koedoe familiegroepe en stamlede politieke aktiviste wit sersant Buffel alleenloper olifant gousblomme by goente Wanneer u hierdie tabel voltooi het, kyk dan of u met my uiteensetting hieronder saamstem. . U sal merk dat in hierdie vertelling die gebeure nie kronologies vertel word nie, maar dat 'n beweging tussen drie tye en ruimtes voorkom. Die verteller vertel haar verhaal terwyl sy in Den Haag in Nederland woonagtig is en wag op haar vriendin, Nondwe, wat haar vanuit SuidAfrika kom besoek. Hierdie afwagting, maar ook 'n paar ander ervarings, sit haar gedagtes aan die gang. Sy sien die koulike sirkusolifantjies op die Maliebaan ('n openbare skougrond in Den Haag), die ingehokte hond van haar introverte buurman en die twee blougeverfde emmers vol gousblomplantjies voor haar eie woonsteldeur, en dit alles word waarnemings wat ou herinneringe uit die verlede loslaat. . Sy begin dan terugdink aan die tyd toe sy in die tagtigerjare, saam met Nondwe, 'n groep vroue in Mpumalanga (toe Oos-Transvaal) gehelp het om deur die aanle van groentetuine en die ontwikkeling van ander tuisnywerhede 'n eie inkomste en groter selfstandigheid te kry. Dit is asof sy die maande herleef waarin sy en Nondwe en twaalf ander vroue beddings gegrawe het en die tuine omhein het, met die stamhoofde getwis het en die opstandige jong seuns teen die tuislandpolisie beskerm het. Die raad van die wit polisieman dat die vroue gousblomme tussen die koolplantjies moes saai om die slakke weg te hou, onthou sy as slegte advies. Sy herleef ook weer haar liefde vir haar optelhond, en onthou hoe hy hulle almal van die woedende olifantbul gered het tydens die laaste konfrontasie met die polisie. . 'n Legende wat Nondwe haar een aand vertel het, roep sy ook op en vertel dit weer. Dit is die legende van die sluwe hiena en die goedhartige koedoebul, en hoe Koning Olifant die twis tussen die twee opgelos het. . Uiteindelik keer sy weer terug na die Nederlandse werklikheid van die hede: van fietse wat weg is en afsprake wat nagekom moet word. Sy haas haar na die stasie waar Nondwe op haar wag, en as hulle weer oor die gousblomme begin praat, hoor sy dat in die jaar na haar vertrek, die welige gousblomme wel die slakke weggehou het en dat die groentetuine 'n groot sukses was. Nederland/Suid-Afrika sprokie/feit verlede/nou

niekronologiese vertelling

240

Studie-eenheid 2 AKITIWITEIT 2.5 (1) Dui met 'n potlood op die bladsye van die verhaalteks aan waar die verskillende verhaaldele begin en eindig: die hede in Nederland, die verlede in Suid-Afrika en die sprokie wat Nondwe vertel. ``De hond'' word dus as 'n raamvertelling aangebied: die raam is die verteller se huidige lewe in Den Haag en die besoek van Nondwe. Binne-in hierdie raam speel 'n tweede verhaal af: die gebeure in Suid-Afrika. Die ervarings waaraan sy terugdink, dui op 'n lewe van ontbering, gevaar, politieke onrus en mislukkings in die afgelee platteland. Soos wat die verhaal ontplooi, blyk egter dat die ervaring tog ook deel van 'n sinvolle lewe van vriendskap, uitdaging en onverwagte suksesse was. Daar is ook 'n derde verhaal aanwesig, naamlik die verhaal van die hiena, die koedoe en die olifant; die legende wat Nondwe aan haar vertel het. Die tyd en die plek waarbinne die vertelling afspeel, is baie belangrik vir ons begrip van die konflikte wat die karakters ervaar. Den Haag met sy digbewoonde buurtes, die persoonlike vryheid wat die Nederlanders geniet, die biblioteke en boekwinkels vorm 'n betekenisvolle kontras met die OosTransvaalse stamgebied wat gedurende die tagtigerjare deur politieke geweld oorspoel is. Maar die sirkusolifantjies, die huishond en die blombakke in haar Nederlandse omgewing vorm ook net so 'n skrille kontras met die SuidAfrikaanse ervaring van 'n woedende olifantbul, die geliefde optelhond en die groentetuine wat met soveel toewyding deur die swart vroue versorg is. Die veilige, maar dalk ook vervelige Haagse omgewing word gekontrasteer met die opwinding en sin wat haar lewe vroeer gehad het. Dit is veral die besef van hoe betrokke die mense by mekaar se welsyn was, en die gemeenskaplike gevoel van die mens se nietigheid in die aangesig van die natuur, wat haar lewe in Suid-Afrika so anders gemaak het as wat die lewe in Den Haag nou is.

raamvertelling

verhaalkonteks

AKTIWITEIT 2.6 (1) Die verteller gebruik soms Afrikaanse sinne en uitdrukkings in die Nederlandse verhaal. Onderstreep dit waar dit voorkom in die teks. Wat dink u, waarom gebruik sy dit? (2) Is die verteller heeltemal gelukkig in Nederland? Motiveer u antwoord. Wat sou u in 'n min of meer soortgelyke situasie (emigrasie, terugkeer na die geboorteland, immigrasie) gedoen het, of het u raad vir mense in so 'n soort situasie? (3) Die verteller het aanvanklik 'n baie stereotiepe beeld van honde dit wil se, 'n vooropgestelde en bevooroordeelde idee gehad. . Wat was dit, en hoe is dit verbreek? . Het sy ook sulke stereotiepe oordele oor die wit konstabel uitgespreek? Is hierdie stereotiepe ook verbreek? Gaan lees in paragraaf 1.4.2 van die afdeling 3 in hierdie studiegids, ``Mans kom van Mars, vroue van Venus'' die opmerkings wat oor stereotiepes gemaak word. 241

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Ekself kom al hoe meer agter dat baie mense stereotiepe idees koester omtrent hoe 'n vrou van my ouderdom (ouer as vyftig) en beroep ('n professor in Afrikaanse letterkunde aan 'n universiteit) moet dink en lyk en optree. Wat is u eie ervaring met stereotiepe menings?

tema

Hierdie Huismans-vertelling het 'n baie persoonlike inslag: die individuele betrokkenheid by spesifieke gewelddadige politieke gebeure, die persoonlike vriendskappe, die liefde vir die hond, die verlangens en afkere en stereotipes. Dit dui alles op 'n baie subjektiewe tematiek. Maar ek meen dat wat vertel word, ook 'n besondere toepaslikheid vir baie lesers het. Die verlange na ervarings en plekke wat jy agtergelaat het, die agternabesef dat gebeure in die verlede meer sin en vreugde gebied het as wat jy aanvanklik gedink het, en die manier waarop alledaagse ervarings jou gedagtes aan die loop kan sit, is almal sulke universele insigte.

2.4 SLOTSOM
Ek het die vertellings van Emma Huismans met baie deernis en plesier gelees en ek hoop dat dit by u ook die geval was. Stem u met my saam dat die verhale aangetoon het: . hoe die leser deur 'n fiksionele vertelling vanuit 'n nuwe perspektief inligting omtrent werklike probleme en gebeure kan kry: die probleem van aanpassing in 'n nuwe land, die geskiedenis van politieke geweld en aktivisme in die Oos-Transvaal gedurende die tagtigerjare en die insette van die stamvroue om hulle lewenstandaard te verbeter; . dat die gebeure van die alledaagse wereld op verskillende maniere georganiseer word om binne 'n literere teks nuwe betekenis en geldigheid aan te neem? Deur die manier waarop die tyd, die ruimte en die vertelvorm in Huismans se verhale gestruktureer is, het sy met haar storiemateriaal 'n besondere boodskap aan haar lesers oorgedra. . dat die ervarings van hoop, teleurstelling, verlange en geluk by mense uit verskillende lande en kulture verbasend ooreenstem, dat ons dikwels te gou ander mense beoordeel en veroordeel, en dat baie van ons met herkenning die belewenisse van die Nederlandse meisie kan begryp?

242

STUDIE-EENHEID

``Wat voor kleur heeft Zuid-Afrika?''


3.1 DIE KONTEKS VAN DIE VERHAAL
Die verhaal wat u nou gaan lees, 'n hoofstuk uit die roman Portretten en een oude droom (2003), is geskryf deur Kader Abdolah, 'n Iranese joernalis en romanskrywer wat sedert 1988 woonagtig in Amsterdam is. Die verhaal speel af in Suid-Afrika, en hou verband met 'n ``kulturele'' rondreis wat Abdolah saam met 'n groep Nederlandse digters gedurende 2002 onderneem het. Na my mening gee dit 'n goeie beeld van die gees van die tyd die politieke en kulturele atmosfeer in Suid-Afrika, maar ook van die posisie van allogtone (vreemdelinge) in Nederland en van die hedendaagse literere postmo dernistiese styl. Die konteks, dit wil se die sosio-politieke omstandighede wat in die betrokke era geheers het, bepaal ook in 'n groot mate hoe die verhaalelemente met mekaar saamhang en hoe die leser die vertelling kan interpreteer. Aan die einde van par. 1.1 van studie-eenheid 1 hierbo is verwys na die nuwe toenadering wat plaasvind na 1994 tussen Nederland, Vlaandere en SuidAfrika, veral ook op kulturele gebied. Kennis en belangstelling in (Suid-) Afrikaanse skrywers, digters, landskap en mense is opnuut gewek en versterk deur wedersydse samewerking tussen en besoeke van kulturele instansies, groepe kunstenaars en akademici. Hierdie atmosfeer van toenadering en grensoorskryding kan duidelik in Abdolah se vertelling opgemerk word. Maar die afgelope tien jaar word ook deur baie ernstige maatskaplike probleme gekenmerk, waarvan een besondere verskynsel die toename in asielsoekers en ongewenste immigrante is. Armoede en oorlog in Afrika, maar ook die durende konflik in verskeie Islamitiese lande en die onstabiliteit in Oos-Europa het gelei tot die beweging van honderde duisende mense op soek na veiligheid en 'n beter lewe in meer welaf buurlande. In 'n televisieprogram soos ``Fokus'' op SABC 2, en bladsye vol berigte in die Sunday Times, word byvoorbeeld op een dag, Sondag 15 Februarie 2004, groot prominensie verleen aan die groterwordende probleem van ongewenste immigrante uit Zimbabwe. Dit is 'n droewige verhaal omtrent mense wat uit hulle eie katastrofiese omstandighede vlug, van hulle byna onvermydelike arrestasie en die uiteindelike deportasie na die tuisland. Abdolah weer, kom uit Iran (Persie), waar na die afsetting van die Sjah in 1979 en die oorname van fundamentalistiese regerings, daar gedurende die tagtigerjare weer eens 'n gewelddadige vervolging van intellektueles en vrydenkers en teenstanders was. Baie mense is dood tydens die terreur; die wat kon, het na ander Europese lande probeer vlug. Hoewel veral Nederland vir eeue lank die reputasie geniet het van 'n land wat gasvry teenoor vlugtelinge is, het die toestroming van vreemdelinge die afgelope dekade ook daar te groot geword. Aan die begin van Februarie 2004 is nuwe, baie omstrede Immigrasiewetge243

toenadering tussen Afrikaans en Nederlands

weerstand teen ``vreemdelinge''

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika wing aangekondig. Daarvolgens moet derduisende asielsoekers waarvan sommige met hulle gesinne reeds jare lank in Nederland gewoon het die land verlaat, en is daar baie streng beheer ingestel oor nuwe immigrasie van laag- of halfgeskoolde mense. In sowel Westerse lande as in Afrika het die nuwe millennium saamgegaan met ekonomiese probleme, met 'n toenemende wantroue teenoor mense van ander etniese en kulturele groepe, en daaruitvolgend nuwe weerstand teen immigrante wat beskou is as 'n bedreiging vir die welsyn van die eie groep. Die term: Allogtone word in Nederland gebruik om te verwys na bewoners wat sigbaar nie dieselfde etniese en kulturele agtergrond besit as die deursnee Nederlandse burger nie. In die praktyk kom dit neer op veral mense uit Islamitiese en Afrikalande (soos byvoorbeeld Afghanistan, Ethiopie, Marokko, Nederlands-Indie en Turkye) wat hulle permanent in Nederland gevestig het, maar nie heeltemal in die samelewing gentegreer is nie. Die eerste generasie was dikwels oorwegend handearbeiders; die tweede en derde generasie is meer ingeburger en met 'n diverse leefstyl. In 'n baie groot mate bly die families egter steeds op die rand van en in konflik met die stereotipiese Nederlandse maatskaplike orde. Uit hierdie bevolkingsgroep het daar die afgelope dekade ook skrywers gekom wat deel van 'n heeltemal nuwe tendens in Nederlandse letterkunde vorm. Hulle werk verteenwoordig 'n nuwe vorm van postkolonialisme: die stemlose en die Ander (sien die eerste drie studie-eenhede van deel 3: ``saam in Afrika'') gebruik die taal van die magshebbende om van binne die magsentrum hulle eie probleme en perspektiewe te verwoord. Abdolah is 'n meer resente allogtone outeur, maar sluit aan by hierdie interessante stroming.

allogtone skrywers

AKTIWITEIT 3.1 (1) Knip 'n berig uit 'n koerant/tydskrif wat u onlangs gelees het en waarin enige een van die aspekte wat hierbo genoem is, bespreek word. Gee kortliks u kommentaar op die strekking van die teks. (2) Lees P.J. Philander se gedig ``Lente in die vreemde'' wat op p. 95 van u voorgeskrewe digbundel opgeneem is, asook C.O. Jellema se ``Elegie'' op p. 35. . Meen u dat beide gedigte oor soortgelyke onderwerpe handel? . Hoe sou u die tema omskryf? Nadat u Abdolah se verhaal gelees het, skryf kortliks neer of en waarom u meen dat die twee gedigte en die verhaal verwante temas aanraak. Ek dink dat die verhaal meer genuanseerd die verlange na die land van afkoms uitbeeld, maar dat al drie tekste wel baie sterk op daardie motiewe van vereensaming en nostalgie fokus.

3.2 KADER ABDOLAH


biografiese inligting

Kader Abdolah (die skrywersnaam van Hossein Sadjadi Ghaemmaghami) is gebore in 1954 in die stad Arak in die middel van Iran, waar sy vader 'n tapytmaker was. Hoewel sy familie streng Islamities geleef het, verloor hy sy geloof en neig al meer na Westerse denke. As student verset hy hom eers teen

244

Studie-eenheid 3 die regering van die Sjah, en daarna teen die fundamentalistiese bewind van die Ajatollah Khomeiny. Van sy familie en vriende word gearresteer en tereggestel. Hy kies as sy skrywersnaam die naam van 'n vriend wat deur die regime vermoor is. In 1985 vlug hy uit Iran en hy vestig hom as politieke asielsoeker in Nederland gedurende 1988. Hy werk as argivaris, is gereelde rubriekskrywer van De Volkskrant en het sedert 1993 verskeie, en ook bekroonde, romans in Nederlands geskryf. Hoewel Abdolah sy skryfwerk as literere tekste aanbied (gaan lees weer in studie-eenheid 1 van deel 1 wat die kenmerke van 'n literere teks is), is die materiaal baie dig verweef met sy persoonlike lewe en ervarings. Die belangrikste tema is die van ballingskap, vreemdheid en eensaamheid. Daarmee saam gaan ook sy verklaarde geloof in die letterkunde as die enigste medium waardeur die gees en waarde van 'n samelewing en sy kultuur kan voortleef. Die wonder en magiese krag van die kuns is van lewensbelang. Dit is dan ook opvallend hoe suggestief sy styl is: dit is asof daar verskillende en geheimsinnige werklikhede in sy vertellings ontstaan. Abdolah se werk is in Nederland baie gunstig deur lesers en kritici ontvang. Veral die integrasie van politieke, multikulturele en individueel emosionele motiewe word geloof. Hy het in 1993 en in 1995 pryse vir sy werk ontvang.

outobiografiese elemente in sy werk

status van sy skrywerskap

3.3 PORTRETTEN EN EEN OUDE DROOM: ``ALINEA 9''

AKTIWITEIT 3.2 (1) Lees die teksgedeelte wat in u leesbundel verskyn. Enkele woordverklarings kom voor aan die einde van die verhaalteks. (2) Luister na kant B van die klankkasset waarop die eerste drie bladsye van die Abdolah-teks vir u voorgelees word. (3) Skryf in een kort paragraaf u samevatting van die verhaalgebeure neer en vergelyk dit dan met wat ek hieronder noem.
titel en verhaallyn

Die verhaalgedeelte wat in drie afdelings verdeel is, speel af tydens die kunstenaars se verblyf in Durban en ook, soos die romantitel aandui, binne 'n atmosfeer van nostalgie en byna irreele ervarings. In die ``Verantwoording'' wat aan die einde van die roman verskyn, erken die outeur dat hy twee pragtige versreels uit die Afrikaanse digter Ingrid Jonker se gedig ``Afskeid'' gebruik het as titel:

En leef jy in portrette en ou drome En leef jy in my siel volmaak en vry


. In die eerste deel beskryf die verteller sy verblyf in Durban en hoe hy vir die eerste keer in sy lewe die Indiese Oseaan vanuit die hotelvenster kan sien. Hy vertel van die mense wat hy op straat sien, en wat aan hulle kleredrag en voorkoms te oordeel, duidelik van Indiese afkoms is. By die Universiteit ontmoet hy 'n professor wie se voorouers eeue vroeer vanuit Nederland na Suid-Afrika emigreer het, en die verteller hou daarvan om in Suid-Afrika Nederlands te praat, want dan kom niemand agter dat hy 245

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Nederlands nog met taalfoute praat nie. Die verteller gaan stap langs die strand, raak daar aan die slaap en droom van 'n groot moskee en hoe droef hy is wanneer hy die priester se geroep hoor. . In die tweede gedeelte word vertel hoe die verteller vroeg opstaan en gaan swem, maar nie te ver ingaan nie omdat hy bang is vir haaie. Hy dink terug aan sy tuiste aan die Persiese Golf waar daar ook 'n haaigevaar was, en dat die dorpsmense se stories en liedjies dikwels hieroor gehandel het. Hy koop 'n Suid-Afrikaanse koerant wat met hoofopskrifte verwys na die vrees wat op daardie tyd in Nederland vir varkpes geheers het. . In die derde gedeelte beskryf die verteller hoe hy sy swemgoed en koerant in 'n lee kartondoos wegsteek en dan saam met 'n paar jong mans langs die strand gaan draf. By sy terugkeer is sy besittings weg, en sit hy maar en kyk na 'n groep skooldogtertjies wat by 'n straatverkoper juwele koop. 'n Jong swart man bring die verlore swemgoed terug en wanneer hulle begin gesels, blyk dit dat die jongman 'n asielsoeker uit Oeganda is. Tog is die jongman 'n hartlike, gasvrye mens. Hulle gaan drink saam tee in die man se eenvoudige kamertjie. Daar herken die verteller soveel wat hom aan sy eie lewensgeskiedenis herinner: foto's, 'n paar verslete voorwerpe, en die hele atmosfeer van eensaamheid en ontbering: ``Alles was vertrouwd voor mij''.
die meervoudige verteller

Wanneer u die verhaal lees, of luister na die voorlesing op die klankkasset, sal u merk dat hier verskillende vertellerstemme gehoor kan word. Gaan lees weer paragraaf 3.7.3 van deel 1 hieromtrent. . Die verhaal van die verblyf in Durban word deur 'n ek-verteller (gaan kyk weer na die bespreking van hierdie verteller in paragraaf 3.7.3 van deel 1) beskryf. Dit is Dawoed, die Persiese joernalis wat saam met die Nederlandse digters deur Suid-Afrika reis. Hy is eintlik die hoofkarakter van die roman, en is duidelik 'n fiksionele weergawe van die werklike skrywer, Kader Abdolah, wat ook in 2002 'n soortgelyke reis onderneem het. . Die hoofstuk ``Alinea 9'' begin soos elkeen van die een-en-twintig hoofstukke van die roman met 'n paragraaf in kursief gedruk. Lees dit weer: dit is duidelik 'n ander ``ek'' wat hier aan die woord is, en nie iemand wat van 'n hedendaagse reis in Natal vertel nie! Daar is verwysings na die Nyl (Niel), van kamele op weg na 'n stad met die naam Hedjaz, en van 'n monster met die Arabierse naam Gorosj wat uit die water opduik en die kameel verslind. Dit is beslis 'n ander tyd en plek waaroor geskryf word. . Deel 1 van die hoofstuk begin met 'n baie kort mededeling omtrent die Nederlanders se reisplan. Dit is duidelik nie enige van die reeds genoemde vertellers wat aan die woord is nie. Lees dit weer: daar word oor Dawoed geskryf deur iemand anders. Die mededelings wat daarop dui, is: Wij gingen Dawoed achterna. en, ... vertelde Dawoed ons ... Hoewel slegs hierdie paar sinne in Alinea 9 op die teenwoordigheid van nog 'n derde verteller dui, kom hierdie stem baie meer opvallend voor in die ander hoofstukke. Dit is die vertelling deur Attar, een van vyf vriende van Dawoed wat in Iran gevange geneem is terwyl hy ontvlug het. Drie van hulle is reeds jare gelede tereggestel, maar in Dawoed se gedagtes is almal van hulle steeds by hom, en vergesel herinneringe aan hulle hom

246

Studie-eenheid 3 oral waarheen hy gaan. Binne die wereld van die roman maak hulle die reis deur Suid-Afrika met hom mee. Die titel sluit aan by hierdie episodes: dit suggereer dat 'n mens se geliefdes voortleef deur foto's en in jou drome, en dus eintlik onsterflik is: die dooie leef voort. . Die deurlopende verwysings na Suid-Afrikaanse en Afrikaanse en Persiese tekste: literer en filosofies en polities, wat soos 'n musikale begeleiding die vertelling deurspek en begelei, vorm 'n vierde vertelwyse. AKTIWITEIT 3.3 (1) Beantwoord die volgende vragies baie kortliks deur of die antwoord in u verhaalteks self te onderstreep of sommer een woordjie hier in u studiegids neer te skryf. . Dui al die verskillende verwysings na water, riviere of oseane aan wat in die teksgedeelte voorkom. . Gaan lees weer wie die mense is wat Dawoed tydens sy rondwandeling deur Durban ontmoet. Is hulle almal van oorsprong in Suider-Afrika gebore? . Is alles waarvan Dawoed vertel voorvalle wat werklik gebeur het? . Wat is die verskil tussen die buitekant en die binnekant van die Oegandees se kamer? . Waarom is dit 'n verrassing as die leser hoor wat die Oegandees se naam is? . Watter stereotipes omtrent gender of groepsaard word in hierdie verhaal ondermyn? (2) Lees nou die bespreking van intertekstualiteit en die postmodernisme wat ek hierna gee. Lees ook paragraaf 1.5.3 van studie-eenheid 1 by deel 1. As 'n mens weer na die ``Verantwoording'' blaai, kry jy die inligting dat die aanvangsparagrawe by elke ``alinea'' gebaseer is op die (reis)verhale van die middeleeuse Persiese digter Naser Gosro. Abdolah gebruik dus daardie baie ou verhale as 'n agtergrond waarteen hy sy eie, hedendaagse reisverhaal skryf. U kan self besluit watter, indien enige, ooreenkomste of betekenisvolle verbande tussen die twee vertellers se ervarings bestaan. Maar gaan dink weer oor my vraag hierbo omtrent al die verwysings na water en verwante begrippe. Die verwysing na 'n ruimte waarbinne gevaarlike diere of monsters 'n bedreiging is vir ander diere en mense, kom in albei ``werklikhede'' voor. In Dawoed se verhaal is dit die vrees vir die haaie van sy kinderjare en nou weer in Durban. Maar die Nyl, die Persiese Golf en die Indiese Oseaan is ook plekke wat hy met mekaar verbind deur emosies van herkenning en versugting die vroegoggend se swem laat hom voel soos 'n kind wat teen die moeder se bors gedruk word; die Oegandees staar verlangend na die skepe wat in die hawe le skepe wat hom na sy land sou kon terugneem. Die fabels wat Dawoed oorvertel uit die Persiese reisverhaal, word verbind met die volkslegendes wat waarskynlik aan die Indiese kinders vertel is. Werklike uitsprake van Suid-Afrikaanse politici, aanhalings uit 'n Persiese kinderrympie, 'n eeue oue Indiese sprokie en die opskrifte van 'n Durbanse koerant word alles deel van die verhaal. Die Oegandees se kamer is versier op 'n manier wat die leser teruglei na die woorde van aartsbiskop Tutu, en die 247

intertekstualiteit

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika twee uiteenlopende karakters deel natuurlik ook dieselfde naam! Die gebeure in die teks lewer dus kommentaar en brei uit op mekaar ons kan se 'n intertekstuele gesprek vind plaas.
postmodernistiese styl

Hierdie vertelling is verteenwoordigend van die postmodernistiese styl. Oor die postmodernisme gaan u meer te wete kom in die modules op tweedevlak; hier wil ek net 'n paar kenmerkende postmoderne verskynsels aan u noem. . Dit waaromtrent u hierbo kennis verkry het, naamlik die intertekstuele gesprek, is eie aan die postmodernisme. Dit beteken dat 'n vertelling nie afgeslote van ander tekste ontwikkel nie, maar dat die outeur 'n verskeidenheid ouer of ander verhale in sy eie verhaal kan invleg. Elke teks ``erf'' eintlik elemente uit alles wat alreeds voorheen geskryf is niks is dus heeltemal nuut of alleenstaande nie. . Verskillende werklikhede kan in een vertelling bestaan: die reis van die Persiese digter in die Middeleeue, die verbeelde reis van die vyf Iranese politieke aktiviste, die fiksionele reisverhaal van 'n man genaamd Dawoed en die werklike reis van Kader Abdolah na Suid-Afrika, word alles met mekaar verstrengel om een groot verhaal te vorm. Dooies, drome, herinneringe, fiksionele gebeure en historiese werklikhede is ewe belangrik in die verhaal. . Die deurbreking van grense of die afbreek van stereotipes is eie aan die postmodernistiese verhaal. Ons kan enkele sulke grensoorskrydings in hierdie verhaal opmerk: Die teks wat u lees is nie 'n suiwer reisverhaal of 'n outobiografie of 'n dagboek of selfs 'n spookstorie nie, maar elemente van al daardie prosavorme is in die een verhaal bymekaargebring. Omtrent die aard van Afrikaans maak die verteller 'n interessante opmerking: ``Zuid-Afrikanen hebben de Nederlandse taal op de kop gezet. Alles is fout wat ze zeggen, maar op een of ander wonderlijke manier klopt alles''. Die idee van streng taalreels word dus ondermyn; of, soos die verteller dit sien: ``Het zijn de zon, de grond en de plaats die de klank en de volgorde van de woorden bepalen''. Die verteller kan nie onderskei tussen seuntjies en dogtertjies wanneer hy die swart skoolkinders raakloop nie, ``want ze hadden allemaal hun haar kortgeknipt''. Die stereotiepe dat slegs meisies in juwele belangstel, word egter later weer bevestig as die dogtertjies die goedkoop versierings koop, en die verteller uitroep: ``Meisjes dus!''. Die stereotiepe van 'n land oorval deur misdaad en waar jou besittings altyd in gevaar is, en dat dit veral vreemdelinge uit Afrika is wat die misdadigers is, word heeltemal omgekeer wanneer juis die Oegandees die verteller se swemgoed oppas en terugbesorg.

tema

. Die vertelling ontwikkel op 'n besondere wyse tot meer as net die verslag van 'n nuuskierige toeris. Die intertekstuele verwysings en die oorheersende postmodernistiese styl dra daartoe by. Deur sy herinneringe en die ophaal van ander toepaslike tekste, kom die verteller (en die leser!) tot die insig dat bannelinge oraloor aanwesig is; dat die vereensaming en nostalgie 'n algemeen-menslike ervaring is, maar dat daardie emosies ook tot liefde en vriendskap kan lei.

248

Studie-eenheid 3 Die vertelling dra dus die boodskap dat wat Dawoed en sy vriende deurgemaak het nie op 'n unieke en volslae boosheid in een besondere land wys nie, maar dat boosheid, soos ook die goeie, in alle mense teenwoordig is. En soos die slotparagraaf suggereer: die moontlikheid tot tuiswees en veiligheid is daar vir ons almal: Dennis se groot glimlag suggereer dat hy ook in die oorvloed van die land sal kan deel. AKTIWITEIT 3.4 (1) Doen 'n evaluasie van die besoeker se betrokkenheid by dit wat hy waarneem: . gee hy inligting wat geloofwaardig is of nie; . is die mense wat hy ontmoet verteenwoordigend van die tipiese Natalse vakansieganger; . is die plekke wat hy besoek toeristiese besienswaardighede; . sou u sy verhaal wou gebruik om toeriste na Suid-Afrika te lok; . dink u dat sy opmerking, naamlik ``alles was vertrouwd voor mij'', opreg bedoel is? (2) Knip 'n advertensie of berig uit waarin Durban bekendgestel word. (3) Wat dink u van die verhaal? Meen u dat die verteller 'n eensydige of genuanseerde persepsie van Suid-Afrika het? (4) Lees ook die artikel: Roos, Henriette 1995. Die beeld van Suid-Afrika in enkele resente Nederlandstalige prosatekste. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 2(1):5566. Hoe vergelyk Abdolah se waarnemings van (Suid-)Afrika met die van die outeurs wat in die artikel bespreek word?

3.4 SLOTSOM
In Abdolah se verhaal ervaar u die karakteristieke toon van die hedendaagse skryfkuns, en het u een van die interessante Nederlandstalige skrywers van vandag ontmoet. U het ook gesien hoedat tekste uit verskillende tale en kulture van mekaar kan kennisneem en mekaar wedersyds benvloed. Nie net het die verwysings na die ander tekste die Nederlandse verhaal help vorm nie, maar indien u ooit Ingrid Jonker se gedigte of selfs die ou middeleeuse verhale te lese kry, sal u opnuut deur Abdolah se oe daarna kyk. Kader Abdolah se vertelling, soos ook die gedig van Philander en die koerantberigte wat u kon lees, gee nie slegs 'n vrolike prentjie van die verhuising na nuwe omgewings nie. Bannelingskap en die droefheid wat daarmee saamgaan, is die aspek wat hier beklemtoon word. Maar die teks laat ook die leser besef hoe verwikkeld en veelkantig die hele ervaring kan wees. 'n Mens neem afskeid van die bekende en die geliefde, maar jy kan ook weer begin, met nuwe moed en aspirasies. En daardeur ervaar ons weer die diversiteit van mense en die kompleksiteit

249

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika van ons bestaan. In die woorde van die verteller (op p. 11 van Alinea 1; die eerste hoofstuk wat u nie gelees het nie): wat voor kleur heeft Zuid-Afrika? Donkergeel, donkerrood, donkergroen, donkerblauw en donkerdonker.

250

STUDIE-EENHEID

Koloniale konflik
4.1 KOLONIALISME EN POSTKOLONIALISME
In hierdie studie-eenheid gaan u kennismaak met 'n gebied wat, soos ook Suid-Afrika in die sewentiende en agtiende eeue, baie lank 'n kolonie van Nederland was. Die verhaal wat ons gaan lees, gee 'n indruk van die koloniale era in Nederlands-Indie en van die probleme eie aan daardie tyd.

AKTIWITEIT 4.1 (1) Gebruik 'n goeie atlas en maak seker dat u weet waar die huidige Republiek van Indonesie en Maleisie gelee is. (2) Indien u resente nuusberigte of televisieprogramme oor toestande in Indonesie en Maleisie lees en na kyk, sou u sien dat daar steeds/weer onrus in die land heers: polities, maatskaplik en ekonomies. Kan u die strekking van enige so 'n berig in u eie woorde weergee? Vermeld die naam van u bron. . Nederland het so vroeg as die einde van die sestiende eeu reeds betrokke geraak by die eilande wat in die Indiese oseaan bo Australie gelee is, 'n gebied wat genoem word die Maleisiese argipel. Aanvanklik is slegs handel gedryf in speserye, koffie en tee maar later is die gebiede gekolonialiseer en staatkundig bestuur as deel van die Koninkryk van die Nederlande. Die reise om die Kaap en die stigting van 'n verversingstasie deur Jan van Riebeeck daar in 1652, was alles deel van die Europese pogings om die kontak met Nederlands-Indie (soos hierdie gebiede in die Ooste genoem is) te verstewig. Die inheemse bevolking en hulle tradisionele heersers, meestal Islamities en gevestig op eilande soos Java, Bali, Sumatra en Malakka, is ten spyte van hulle oeroue beskawing behandel asof hulle minderjarige kinders was. In die hoofstad Batavia en in die plattelandse gebiede daaromheen het 'n hele groot koloniale kultuur ontwikkel rondom Nederlandse amptenare, koffie- en teeplanters, handelaars en hulle gesinne 'n Europese kultuur wat as die meerdere van die inheemse een beskou is. Teen 1930 was daar meer as 300,000 Nederlanders hier woonagtig. . Met die begin van die twintigste eeu het die inheemse bevolking se ontevredenheid met die Nederlandse koloniale bestuur al groter geword en het nuwe politieke partye, sporadiese volksopstande en veral aksies van rebellieuse jongmense die Nederlandse bewind teengestaan. Toe die Tweede Wereldoorlog uitgebreek het en Nederlands-Indie in 1942 deur 251

Nederlands-Indie en Indonesie

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Japannese soldate ingeval is, is die eeu oue konflikte tot 'n spits gedryf. Die Nederlanders is in oorlogskampe versamel waar baie dood is; die inheemse bevrydingsbewegings het gestrewe na volle onafhanklikheid en 'n oorlog tussen Nederland en die inheemse mense het uitgebreek. Hoewel die Republiek Indonesie reeds in 1945 uitgeroep is met die hoofstad Batavia hernoem as Djakarta, was dit eers teen 1956 dat Nederland hierdie ``verlies'' van die kolonies ten volle erken het. Op bl. ix tot xv van die Inleiding tot u voorgeskrewe novelle Oeroeg, word hierdie boeiende geskiedenis meer volledig beskryf.
Nederlands-Indiese letterkunde

politieke onafhanklikheid

Gedurende die hele koloniale periode, en veral vanaf die middel van die negentiende eeu, het daar 'n ryk en omvattende letterkunde vanuit en oor Nederlands-Indie ontstaan: reisverhale, dokumentere werke, populere prosa, poesie en hoogstaande prosaliteratuur. Van die bekendste werke in die Nederlandse letterkunde is deel van die Nederlands-Indiese letterkunde: die beroemde romans van Louis Couperus, die Max Havelaar geskryf deur Multatuli, tekste deur klassieke outeurs soos Wolkers, Mulisch en Hermans, en meer hedendaags, die werk van die outeur wat vir u voorgeskryf is, Hella Haasse. Hierdie tekste is egter in byna alle gevalle geskryf deur (wit) Nederlanders en in Nederlands, en vanselfsprekend reflekteer dit die gesigspunte en idees van die koloniale moondheid, d.w.s. Nederland. Al word die inheemse bevolking in baie van hierdie tekste met simpatie en aandag uitgebeeld, gee dit nog die perspektief van die (Europese) maghebber op die (Oosterse) onderdaan. Terloops: die groot Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt het na 'n reis na Nederlands-Indie in 1923 een van sy bekendste digbundels, Uit drie werelddele, gepubliseer. In hierdie gedigte is 'n aangrypende atmosfeer van misterie en 'n vreemde, eksotiese skoonheid opgebou: 'n atmosfeer wat kenmerkend is van die manier waarop die Westerling na die Oosterse wereld gekyk het. Die Maleisiese argipel staan ook steeds by Westerlinge bekend as die Gordel van smarag ``The Emerald Isles''. In 1997 het Elsa Joubert, een van die heel groot name in die Afrikaanse prosakuns, 'n reisroman geskryf met die titel Gordel van smarag. 'n Reis met Leipoldt. Daarin vertel sy van haar reis deur Indonesie, op die spore van Leipoldt, en hoe sy oorblyfsels van ou bande tussen Afrika en hierdie Oosterse gebiede kon vind. Die onderstaande kaart gee aan u 'n indruk van hierdie gebied.

252

Studie-eenheid 4 Indonesie in die Afrikaanse letterkunde

Na die onafhanklikheid van Indonesie het duisende mense van gemengde Nederlands-Indiese afkoms na Nederland emigreer omdat hulle sterker tot die koloniale moederland as tot die nuwe republiek aangetrokke was. Ook inheemse mense wat in die koloniale regeringstelsel werksaam was of wat nie met die nuwe regering se sosialistiese ideologie saamgestem het nie, het verkies om na Nederland uit te wyk. Hierdie mense se verblyf in Nederland ('n land waar baie van hulle voorheen nog nooit was nie), die leefwyse van hulle en hulle kinders en kleinkinders, en die verlange na die agtergelate wereld het 'n hele nuwe tema en toon in die Nederlands-Indiese letterkunde ingelei. Nou was dit nie net meer die Westerling se onkundige en verwonderde perspektief op die misterieuse tropegebied wat die vertellings gerig het nie, maar die meeste van die nuwe skrywers was van Indiese afkoms, en het vanuit die perspektief van die Oosterling geskryf Een van die bekendste hedendaagse outeurs is Marion Bloem, wie se ouers na onafhanklikheid na Nederland gekom het, en in wie se boeke die nostalgie en vreemdheid van haar ouers se geslag, en die onbegrip en ontworteling van haar eie generasie, die tema vorm. Geen gewoon Indisch meisje (1983) is seker haar bekendste roman. Bloem het ook reeds meermale Suid-Afrika besoek. . Uit die bostaande oorsig van die geskiedenis en letterkunde van Nederlands-Indie word dit duidelik dat ons van 'n koloniale en 'n postkoloniale tydperk kan praat. Hierdie terme het nie net 'n historiese betekenis nie, maar kan ook na die aard van letterkundige tekste verwys. Ons kan se dat die omskrywing ``koloniale letterkunde'' dui op werke waarin die konfrontasie en dikwels konflik tussen die magtige koloniseerders en die onderdrukte gekoloniseerdes uitgebeeld word, en 253

definisies van kolonialisme en postkolonialisme

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika dat hierdie werke altyd die idees en perspektiewe van die maghebbers op die voorgrond plaas. Die oorgrote meerderheid van ouer NederlandsIndiese tekste sou 'n mens dus ``koloniale'' letterkunde kon noem, omdat daar wel met 'n Nederlandse visie na die (sogenaamde minderwaardige) inheemse wereld gekyk is. In die postkoloniale tekste word die situasie egter in 'n groot mate omgekeer: hier is die dominante perspektief die van die gekoloniseerde die mense wat vroeer onderdruk of stilgemaak of uitgestoot of gegnoreer was. En in die teks is dit hulle siening waarmee daar na probleme of gebeurtenisse gekyk en vertel word.

AKTIWITEIT 4.2 (1) Bekyk die kaart wat hierbo afgedruk is, of gaan weer terug na die atlas en blaai na die kaart van Indonesie. Kan u uit die kaarte aflei waarom die gebied die ``gordel van smarag'' genoem is? (2) Gaan soek in 'n boekwinkel of biblioteek die titels van twee tekste wat die afgelope drie jaar oor Leipoldt geskryf is. Wie het die boeke geskryf? Watter een van die tekste plaas die grootste klem op Leipoldt se belangstelling in Nederlands-Indie? Die Departement Afrikaans beskik oor drie baie boeiende films wat die aanwesigheid van die Nederlanders in Indonesie as tema het: Max Havelaar, Oeroeg en Tropic of Emerald. U kan hierdie video's by ons aanvra en daarna kyk. Tydens 'n besoek aan die Departement met groepsbesprekings kan hierdie films ook vertoon word.

4.2 HELLA HAASSE


Die kort roman Oeroeg is deur Hella Haasse geskryf. Dit is 'n verhaal wat op meesleurende wyse die probleme van die kolonialisme, die koloniste en die verhouding tussen kolonis en die inheemse mense uitbeeld. Haasse is egter ook vandag een van die heel grootste outeurs in Nederland; wanneer u iets van haar lees, maak u dus kennis met van die beste wat die Nederlandse letterkunde kan bied.
biografiese gegewens

Hella Haasse is op 2 Februarie 1918 te Batavia (Djakarta) in Java gebore, die dogter van 'n Nederlandse amptenaar. Na haar skoolopleiding vertek sy na Nederland en vestig haar dan ook permanent in Europa. Haar prosadebuut is die novelle Oeroeg (1948), waarin sy haar kinderjare en herinneringe aan Nederlands-Indie omvorm tot die verhaal van die tragiese vriendskap tussen twee jong seuns: die Nederlandse ek-verteller en Oeroeg die Javaan. Hierna verloop baie jare waartydens sy geleidelik tot een van die heel bekendste outeurs in Nederlands ontwikkel, die groot literere pryse en eerbetoon ontvang, maar selde weer oor haar Indiese verlede skryf. Dit is eers met die aanvang van die negentigerjare dat sy weer direk by hierdie tema aansluit deur die skryf van 'n reisverhaal, dagboekaantekeninge en die roman Heren van de thee (1992). Haar ``herontdekking'' van die band met Nederlands-Indie/Indonesie (sy vind ook op baie hoe ouderdom uit dat sy 'n Indiese halfsuster het) reflekteer in 'n

254

Studie-eenheid 4 groot mate die herwaardering en selfondersoek wat daar tans in Nederland ten opsigte van hulle koloniale verlede en die koloniale letterkunde bestaan. U kan meer oor Hella Haasse te wete kom by die webblad wat in aktiwiteit 4.5 hieronder aangedui word. In Julie 2004 ontvang sy die belangrikste prys in die Nederlandstalige letterkunde: die ``Prijs der Nederlandse letterkunde''.

4.3 OEROEG
Hierdie verhaal is waarskynlik die langste vertelling wat u nog in Nederlands gelees het dit beslaan 123 bladsye. Nadat u studie-eenhede 2 en 3 deurgewerk het, behoort dit egter nie so moeilik te wees om ook Haasse se verhaal te lees nie. Om die waarheid te se, ek meen dat u hierdie voorgeskrewe vertelling baie maklik gaan begryp. Kyk maar hoe eenvoudig begin die verhaal op p. 5 met die woorde: ``Oeroeg was mijn vriend.'' Onthou ook dat daar aan die einde van die boek op pp. 129132 'n lys van woordverklarings staan. U mag egter besluit om eers die inleiding tot die verhaal (pp. viixliv) te lees; dit bied aan u 'n samevatting en interpretasie wat dit makliker sal maak om te verstaan waaroor die boek gaan. AKTIWITEIT 4.3 (1) Lees die novelle versigtig deur, asook die inleiding wat die verhaalteks voorafgaan. (2) Lees weer die eerste paar bladsye van die verhaal of luister na die voorlesing daarvan op die kassetband (kant B). Beantwoord nou die volgende vrae: . hoe weet u dat die verteller die verhaal skryf lank nadat die gebeure plaasgevind het? . is Oeroeg en die verteller nog vriende? . onderstreep/noem die woorde wat die motief van geheimsinnigheid ondersteun, . watter woorde versterk die indruk dat die Nederlandse familie hulle in 'n vreemde, eksotiese wereld bevind? . watter ooreenkomste bestaan daar tussen die Nederlandse en die Indonesiese vroue? . watter belangrike verskille bestaan daar? . Noudat u die verhaal klaar gelees het, is daar enige voorspellende beskrywings in hierdie eerste paar bladsye wat die afloop en die tema van die verhaal aandui? (3) Lees nou wat ek hierna omtrent die verhaallyn skryf en toets u antwoorde daaraan. . Oeroeg is 'n verhaal wat van die vriendskap, verwydering en uiteindelike vyandskap tussen twee seuns vertel, dit gee ook 'n beeld van die grootwordproses van 'n eensame jongman, en dit openbaar die konflik wat tussen die koloniale maghebbers en die opstandige inheemse volk in Nederlands-Indie geheers het.
Konteks en verhaallyn

Dit speel af ongeveer tussen 1920 en 1947, en word terugkykend vertel deur 'n Nederlandse ingenieur wat na die Tweede Wereldoorlog na sy 255

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika geboorteland Indonesie terugkeer. Terwyl hy die vreugde en geluk van sy kinderjare oproep, besef hy nou dat daardie lewe een van kinderlike onkunde was, en dat die geluk wat hy beleef het, eintlik die was van 'n rykmanskind wat op ander se lyding gebou is. In die nuwe, semionafhanklike land is hy 'n vreemdeling. Almal wat hy toe geken het, het verander of is dood; sy boesemvriend wat saam met hom grootgeword en skoolgegaan het, Oeroeg, het 'n vryheidsvegter geword. Sy eie liefde vir en betrokkenheid by die land is nou ongewens; hy word as een van die gehate kolonialiste beskou en in 'n laaste konfrontasie met iemand wat hy dink dalk Oeroeg kan wees, roep daardie soldaat in die inheemse taal: ``Ga weg. Je hebt hier niets te maken'' (p. 126).
ontwikkeling van motiewe

. Hella Haasse skryf 'n verhaal waarin motiewe van verlange, nostalgie, onsekerheid en misterie en afskeid oorheers. Vanaf die aanvangsparagraaf word woorde, beelde en frases gebruik waardeur die ek-verteller 'n atmosfeer van vreemdheid en verborge emosies skep. By die eerste lees lyk dit of die ek-verteller alleen 'n jeug vol avontuur en plesier en vriendskap onthou. Sy beskrywings van daardie natuur ('n teeplantasie te midde van die oerwoud, waarvan sy vader die administrateur is en Oeroeg se vader die voorman oor die honderde werkers) beklemtoon die weelderige tropiese skoonheid. Sy liefste vriende was die Javaanse seun en die se familie, en die verteller kon die plaaslike dialek, Soendannees, selfs beter as Nederlands praat. Maar terwyl hierdie herinneringe opgeroep word, word die leser bewus van 'n teenstrydige toon: die landskap is gevaarlik en veral die swartkleurige meer lyk vol geheimsinnige dreiging; sy ouers wat self 'n huwelikskrisis deurmaak, keur sy vriendskap met Oeroeg en met die werkers wat in die kampong woon baie sterk af. Weens die Nederlanders se dronkmanspeletjies tydens 'n maanligrit op die meer, verdrink Oeroeg se vader as hy die jong verteller op die kantelende vlot probeer red. Hierdie besef van konflik, maar ook van die band tussen die uiterlike beeld (van sorgelose geluk) en die verborge werklikheid (van erns en leed), ontwikkel deur die hele verhaal. Die storielyn ondersteun ook die motiewe wat ons hierbo genoem het. Die verteller se ouers skei; die verteller het geen goeie kontak met sy vader nie; die Hollandse verpleegster Lida word 'n ondersteuner van die rebelle; Oeroeg en die verteller woon en studeer wel saam, maar geleidelik word die bewussyn van die verskille en konflikte tussen die twee al hoe groter. Oeroeg skaar hom duideliker by ander jong Indonesiers en neem deel aan ernstige gesprekke oor die politieke situasie in die land. Die twee jong mans besluit om verskillende beroepe te volg, en die verteller gaan studeer in Nederland. Die slottoneel waar 'n Indonesiese soldaat (Oeroeg?) sy geweer rig op die nou volwasse verteller en hom toeroep om weg te gaan, illustreer hierdie pynlike saambestaan van vriendskap en vyandskap baie goed. In die inleiding tot u voorgeskrewe werk word 'n deeglike en insiggewende bespreking van die ontwikkeling en uitbeelding van karakters en motiewe gedoen. Moenie nalaat om daardie inleiding baie deeglik deur te werk nie.

ruimte

. Een van die verhaalelemente wat 'n besondere funksie in die opbou van die vertelling het, is die ruimte.

256

Studie-eenheid 4 AKTIWITEIT 4.4 (1) Gaan lees weer die opmerkings oor die ruimte wat in par. 2.3 gemaak is. Lees dan in Oeroeg die gedeelte van pp. 44 tot 54 versigtig deur en beantwoord die onderstaande vrae deur die toepaslike dele in die teks self te onderstreep of deur sommer kort sinstukke hier langsaan neer te skryf. . Een van die grootste gebeurtenisse gedurende die twee seuns se kinderjare was die aankoms van Gerard Stokman. Beskryf Gerard se gesig. . Waaruit het Gerard se bagasie bestaan? . Watter ``ornamente'' het Gerard aan sy kamermure gehang? . Hoe sou u die voorwerpe beskryf waarna die jong verteller op sy hurke sit en staar het is dit moderne, alledaagse, antieke of eksotiese stukke? . Uit watter streek kom Gerard en aan watter land het hy ``sy hart verpand''? . Wat het Gerard elke naweek gedoen? . Watter kosbare geskenk het Oeroeg en die verteller van Gerard ontvang? . Wat was die ervaring saam met Gerard wat hulle laat voel het dat hulle ``met glorie omstraal'' is? . Beskryf in twee woorde die emosie wat die twee seuns beleef het wanneer hulle in die oerwoud beweeg het. . Gebruik een woord om die voorkoms van Gerard se jaghut te beskryf. . Hoe noem Gerard die slaapplekke? . Onderstreep die gedeelte waarin die verteller die natuur beskryf soos wat hy dit gesien het tydens hulle maaltye voor die jaghut. . Saans voor die vuur lyk dit of Ali heeltemal verander. Hoe is hy gewoonlik en wat word saans anders? . Hoe klink Ali se stem wanneer hy aan die vertel is? . Ali se vertellings het 'n ander soort wereld vir die seuns opgeroep. Onderstreep die sin wat hierdie soort wereld beskryf. . Tydens hierdie kampvuurvertellings blyk al dat daar bepaalde verskille tussen Oeroeg en die verteller bestaan. Wat is hierdie verskil? . Hoekom is Gerard deur die ander Nederlanders as 'n ``zonderling'' ('n snaakse mens) beskou? . Praat Oeroeg goed Nederlands? (2) Probeer nou om self belangrike funksies/aspekte van die ruimte in Oeroeg aan te dui met spesifieke verwysing na wat u in die bogenoemde teksgedeelte opgemerk het: . Is daar voorbeelde van waar die ruimte of ruimtelike beelde bydra tot personifikasie? . Toon die verhaalgedeeltes aan waar die emosies of persoonlikhede van die karakters in ruimtelike beelde beskryf word. . Veroorsaak die besondere ruimte bepaalde optredes of handelinge van die karakters? . Kan die verteller se belewenisse in die oerbos dien as metafoor vir sy verhouding met Indonesie en Oeroeg? 257

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika . Ontwikkel daar 'n bepaalde atmosfeer en/of herhalende beelde uit hierdie ruimtebeskrywings? (3) Skryf 'n kort paragraaf waarin u u waarnemings saamvat en 'n opsomming gee van die rol wat die ruimte in hierdie verhaal speel.
tema

Ek dink dat u nou al heelwat ervaring het van die manier waarop 'n literere teks 'n tema aan die leser oordra. Kom ons kyk hoe 'n mens na die lees van Oeroeg so 'n tema sou identifiseer.

AKTIWITEIT 4.5 (1) Lees die artikel: Roos, Henriette 1994. Hella Haasse: die koloniale roman. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 1(2):1227. . Op bl. 33 en 34 (par. 4.2) word opmerklike motiewe in die verhaal uitgelig. Sou u saamstem dat in hierdie verhaal deur die motiewe van onsekerheid en vreemdheid 'n tema opgebou word? Lees ook die slotsom (par. 4.4) hieronder. . Stem u saam met die uitspraak op bl. 37 dat Oeroeg nie heeltemal inpas by of die koloniale of die postkoloniale letterkunde nie? (2) Skryf in u eie woorde neer wat die boodskap is wat hierdie verhaal aan u oordra. (3) Indien u toegang tot die internet het, gaan lees meer oor die outeur by: http://www.querido.nl/Biografie/Haasse.html

4.4 SLOTSOM
Vir my het hierdie verhaal op 'n boeiende wyse gedemonstreer hoedat die groot gebeure van die geskiedenis altyd deur die lig van die kleiner persoonlike ervarings verhelder word. Die geskiedenis van die Nederlanders se 350-jarige verblyf in Indonesie is bekend of kan opgelees word, maar vir die meeste van ons bly dit by droe feite; ons is nie werklik geraak daardeur nie. Wanneer daardie geskiedenis egter herleef word asof deur die oe van een van die mense wat deel daarvan was, en die belewenisse so vertel word dat die leser raakpunte met sy of haar eie lewe raaksien, en wanneer ons in die lewe van die verhaalkarakters daardie probleme en versugtinge wat ons self ervaar het kan herken, dan begin die geskiedenis weer leef. Die jong verteller se verhaal raak ons almal soos wat hy vertel van verhoudings wat misluk, verlore vriendskap, van grootword en ouerword, van afskeid en vertrek. Net soos hy, ervaar ons ook dat in die daaglikse lewe dinge net bolangs kenbaar en verstaanbaar is. Onder die sigbare werklikheid le meestal ander waarhede en betekenisse verskuil.

258

STUDIE-EENHEID

Ons klein en silwerige planeet


5.1 BUNDELTEMA
In hierdie laaste studie-eenheid van die Nederlandse afdeling gaan u 'n paar baie mooi gedigte lees; meestal Nederlandse, maar ook enkele toepaslike Afrikaanse gedigte. Die gedigte handel almal oor daardie onderwerp wat ons reeds in par. 1.3 (``Wat gaan ons doen?'') van die eerste studie-eenheid omskryf het, naamlik die veelsoortige karakter van die verhouding tussen mens en omgewing. Ek meen dat al die verhale wat ons tot dusver gelees en bespreek het, tog maar ook oor hierdie onderwerp handel. Stem u met my saam? En stem u ook saam met my oortuiging dat hierdie problematiese verhouding ons almal se lewens vandag ten nouste raak? Ek hoop dat die gedigte ook vir u iets besonders te se sal he.

AKTIWITEIT 5.1 (1) Voordat u die digbundel begin lees, wil ek voorstel dat u eers weer na die klankband luister. Kan u hoor hoeveel van daardie liedjies die liefde vir die natuur en die verknogtheid aan die land beklemtoon? Luister ook hoe me Ehlers verskeie van die gedigte aan u voorlees. (2) Blaai nou 'n bietjie deur u voorgeskrewe digbundel. . Lees die gedig geskryf deur N.P. van Wyk Louw wat net voor die inhoudsopgawe afgedruk staan. Hierdie gedig wat so prominent in die bundel geplaas is, noem ons die titelgedig. Dit wil se, woorde uit die gedig word gebruik om die titel van die bundel te vorm. Noudat u die gedig gelees het, kan u die woorde onderstreep wat ook die titel van u bundel vorm? . Watter een van die volgende beskrywende frases sou u kies om die strekking van hierdie gedig saam te vat? die die die die die rykdomme van die aarde mens leef uitgehongerd op die aarde aarde gee oorvloedig aan die mens aarde is 'n skat mens moet die aarde uitmergel om te kan oorleef.

. Nadat u die gedig gelees het, word u met 'n gevoel van ontevredenheid of een van vreugde gelaat? 259

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika (3) Lees nou ook die gedig wat deur Elisabeth Eybers gekryf is, en wat op p. 87 van u digbundel verskyn. . Wat beteken die woord ``ekologie''? . In hierdie gedig wonder die spreker of daardie digter wat lofliedere oor die natuur skryf, en gedurende die skryfproses mandjiesvol papier volskryf en weggooi, nie terselfdertyd die woude vernietig en die aarde verniel nie. In die twee slotreels kom sy egter tot die slotsom dat die aarde so ryk is dat dit sowel die ekoloog as die digter kan verdra. (4) Lees nou weer Van Wyk Louw en Eybers se gedigte saam. Met die twee gedigte in gedagte, wat sou u as 'n moontlike tema vir die digbundel voorstel? (5) Gaan kyk weer na deel 1 van hierdie studiegids, ``Teks en leser'', waar in paragrawe 3.7.6 en 4.7 die begrippe ``spreker'' en ``tema'' behandel word. Wanneer u die inleidings geskryf deur die samestellers Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent lees wat op pp. 119 van die digbundel verskyn, sal u merk dat Marais veral fokus op omgewings/``groen''-probleme, en dat Zuiderent veral die moderne stadsmens se vreemdheid teenoor die natuur beklemtoon. Albei dui aan dat die gedigte die tema van 'n gekompliseerde verhouding tussen mens en natuur uitbou. Die mens leef nie meer vanselfsprekend as deel van die natuur nie, maar verkeer dikwels in konflik met die natuur. Baie digters spreek dan ook die verlange uit om weer deel te word van 'n eenvoudige natuur, ander beklemtoon die breuk wat tussen mens en natuur gekom het, sommige waarsku teen die vernietiging van die natuur, party beskryf steeds die natuur as die uiteindelike oorwinnaar van die mens. In 'n moderne wereld waar veral die stadsmens al hoe meer met die tegnologie besig is, neem ons dikwels kennis van die natuur net in die mate wat ons van uitgekapte reenwoude, bedreigde dierespesies of uitgrawings van fossiele sien of lees. Maar onthou u nog hoeveel keer die afgelope paar jaar in soveel werelddele vernietigende droogtes, vloede, tornado's, aardbewings en sneeustortings voorgekom het? So word ons steeds daaraan herinner hoe klein die mens is in die sig van die natuur. Terselfdertyd bring voortdurende verkenning van die hemelruim meer kennis oor die ontsaglike heelal rondom ons. En dan lees 'n mens Van Wyk Louw se opmerkings oor ``ons klein en silwrige planeet'' weer met nuwe oe en nuwe hoop. Ons glo dat ons bestaan op ons pragtige aardbol vol vreugde en voorspoed sal bly.

bundeltema

5.2 DIGTERS EN GEDIGTE

AKTIWITEIT 5.2 (1) Lees die gedig ``Het aardrijk'' van J. Eijkelboom wat op p. 22 van u bloemlesing voorkom. Let op die volgende woordbetekenisse: 260

Studie-eenheid 5 noudat reen die voel (iets soos 'n lyster) wat altyd in ons tuin is hakt pik mottige vol gate (soos deur 'n mot gemaak) houden geen kippen hou nie hoenders aan nie hen hulle genageld vasgespyker (2) Twee baie verskillende werelddele word in hierdie gedig ter sprake gebring. . Gesien dat Eijkelboom 'n Nederlander is, waar sou u se speel die eerste twee strofes van die gedig af? Onderstreep die woorde wat u help om u antwoord te gee. . Watter werelddeel is in die volgende twee strofes ter sprake? Indien u nie weet waar die Gobiwoestyn is nie, gaan slaan die gebied in u atlas na. (3) U weet seker dat Nederland gekenmerk word deur 'n nat en ``groen'' klimaat, en dat die van die Gobiwoestyn vanselfsprekend heeltemal anders sal wees. 'n Mens sou daarom ook verskille in die twee kulture verwag. Nadat u die gedig gelees het, dink u dat daar egter ook een aspek van die woestynmense se verhouding met die aarde is wat deur die Westerse kultuur nagevolg behoort te word? Ek meen dat die digter op 'n besondere treffende wyse die verskille tussen mense en gebiede op die aarde verwoord. Nederland word beskryf met woorde soos fluweelzacht, regen, gras en achtertuin. Die mense van die Gobi-woestijn, is weer beskryf as nomaden, mense wat woon in tente wat nie eers vasgepyker is nie. Die tema wat die gedig oordra, dink ek is in die laaste strofe vasgevat. Ons almal behoort, soos die woestynmense, die aarde te beskerm en te respekteer. Twee ander gedigte wat op net so 'n interessante wyse die verskille en die ooreenkomste tussen kulture uitbeeld, is die van T.T. Cloete (``Oranjerivier'', pp. 36 en 37) en Anna Enquist (``Van het water'', p. 38). Terwyl u die gedigte lees, let op die volgende: . In T.T. Cloete se gedig wat die karakter van die Oranjerivier beskryf, word die rivier gepersonifieer. Onderstreep in die gedig al die verwysings na ``hy'' en na ander menslike eienskappe en emosies. Die rivier word as 'n onkeerbare mag beskryf, 'n mag sterker as die diere, die mense, die landskap, dit wat in die hemel is en dit wat onder die aarde verskuil le. Onderstreep in die gedig die verskillende verwysings na hierdie groot mag van die rivier. Uiteindelik stort die rivier in die see in; 'n skrikwekkende, onkeerbare en tydlose proses. Lees weer die hele laaste strofe en onderstreep die herhalende woorde. Kan u self agterkom hoedat die ontsagwekkende aard van hierdie stortingproses beklemtoon word? . In Anna Enquist se gedig is die rivier/water self aan die woord. 261 nu regen vaste merel

alle kulture moet die aarde respekteer

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Onderstreep die kere wanneer die woord ``ik''/ek gebruik word. Ook hierdie rivier word gepersonifieer; kan u die menslike emosies wat aan die water toegedig word opnoem? Hierdie rivier het egter 'n heeltemal ander karakter as die van die Oranjerivier. Wat dink u: loop dit deur 'n groot landskap of deur 'n stad? Watter voorwerp toring nou bo die rivier omhoog (lees weer die eerste versreel)? Word hierdie brug ook gepersonifieer (lees versreel 2)? Die rivier verwag dat hy tog nog in die toekoms, ten spyte van sy ingehoktheid, hulp aan baie mense sal kan bied. Onderstreep die versreels waarin beskryf word hoe ontmoedigde mense troos by hom sal vind. In die slotstrofe spreek die water teenstrydige emosies uit. Aan die een kant se die water dat dit lank nadat die brug reeds afgebreek is, nog sal voortvloei. In die twee laaste versreels word die wolke egter gewaarsku (``spiegel u in mij huid'' kyk na wat met my gebeur het) teen die lot wat die water getref het: ``ik heb mij laten leiden en omspannen en verslaan''. Dus, die water (natuur) is deur die mens aan bande gele en sal nooit weer heeltemal vry wees nie. In paragraaf 4.6.5 van deel 1: Teks en leser, word die Cloete-gedig ook bespreek. AKTIWITEIT 5.3
kultuurverskille en natuurbelewenis

(1) U het nou die voorgaande twee gedigte en 'n bespreking daaroor gelees. Dink u dat in die Afrikaanse gedig en die Nederlandse gedig die riviere op verskillende maniere beskou word ten opsigte van: . . . . die die die die landskap waardeur die water vloei dinge wat die riviere sien en beleef mag en vermoens van die water uiteindelike lot van die water?

(2) Lees die gedig van Rutger Kopland wat op p. 101 verskyn. . Wie is die ``hij'' waarvan hier gepraat word? . Onderstreep die versreel wat aantoon dat die landmeter tog op sy manier lief is vir die landskap. . Noem twee dinge wat deel van sy beroep is. . Onderstreep 'n versreel wat aantoon dat die landmeter se aktiwiteite die vrye natuur vernietig. . Is die hoofkarakter in hierdie gedig die mens of die natuur? (3) Noudat u hierdie drie gedigte gelees het, reken u dat volgens die digters die mens uit Europa en die mens in Afrika verskillende perspektiewe op die natuur en die mag van die natuur huldig? Hoe sal u hierdie verskil omskryf? Die manier waarop die stadsmens na die natuur kyk, daaraan betekenis toeken en tog nie self deel daarvan kan wees nie, word baie treffend, maar op uiteenlopende wyse, deur gedigte van Robert Anker en Anton Korteweg uitgebeeld. 262

Studie-eenheid 5 AKTIWITEIT 5.4


Robert Anker: die ruimte van die gees

(1) Lees op p. 21 van die digbundel die gedig ``Daar is het'' van Robert Anker. . Onderstreep die eerste versreel en dui aan waar dit weer in die gedig herhaal word (ook indien met 'n klein verandering). Wat beteken hierdie woorde in Afrikaans? . Daar word drie verskillende plekke/ruimtes/tonele genoem as voorbeelde van ``daar was dit''. Lees weer strofes een, twee en drie en beskryf kortliks die drie plekke. . Is hierdie ruimte die ``het'' (Afrikaans: dit) waarna die digter verwys so belangrik omdat dit 'n spesifieke plek in die natuur is? Motiveer u antwoord deur weer die laaste drie versreels van strofe drie te lees. . Lees weer die twee versreels van strofe vier: praat die digter van 'n ruimte waar hy al werklik was? Haal die versreel aan wat u antwoord motiveer. . Lees hierdie versreels wat in die twee voorlaaste strofes verskyn:

deja vu (letterlike beteke nis in Frans: voorheen gesien): 'n idioom wat algemeen gebruik word om te dui op die skielike waarneming dat iets of iemand bekend is, sonder dat daar 'n bewustelike herinnering is van so 'n kennismaking

Waar je ooit geweest bent toen je nog niet wist dat je er was Daar onder de boom daar is het, daar ben je. Dat wil zeggen, je was er even voor je het zag. . Stem u met my saam dat die digter hier eintlik verwys na 'n ruimte in sy gees? 'n Ruimte wat hy reeds ken, in sy verbeelding, sonder dat hy dit voorheen gesien of geken het? . Hoe reageer die digter op hierdie besef van de vu? Lees weer die ja laaste versreel. In Robert Anker se digwerk is die motief van verstedeliking baie prominent aanwesig, maar Zuiderent (1997:14) meen dat die oorheersende tema een van spanning tussen stad en dorp is, en daarmee saam van spanning tussen die hede en die verlede. Ek dink dat hierdie gedig wat u so pas gelees het, daardie kenmerkende tema baie duidelik uitbeeld. Die digter beskryf bepaalde ruimtebeelde op 'n geselstrant, byna asof hy met iemand praat. Hy sien 'n groep bome wat voor 'n baksteenmuur staan, met laaghangende takke waardeur die sonlig sif (gezeefd zonlicht). In 'n mens se verbeelding sou jy jou daar 'n paar hoenders (kippen) of selfs 'n varkhok kon voorstel. Maar dit sou ook die muur van 'n huis op die Engelse platteland kon wees, waarna mens oor die grasperk (gazon) na die stoeptrappe (bordes) kon kyk. Hy beskryf ook 'n toneel op 'n parkeerplek of 'n half lee kampeerterrein; want dit gaan nie om die spesifieke soort ruimte nie. Wat die digter hier waarneem, is ruimtebeelde, verskillend vir elke mens, maar met dieselfde effek op alle mense, naamlik dat jy voel dat jy al voorheen daar was, sonder dat jy dit bewustelik so herken. Ek dink dat Anker wil se dat die spirituele sy van die menslike bestaan hier op die aarde teenwoordig is; dat daar geen ander ewigheid bestaan as dit wat op aarde ervaar kan word nie (``Er is geen eeuwigheid dan op aarde'' strofe 5). Daar is dus meer dimensies van die bestaan as wat ons daaglikse lewe 263

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika openbaar, maar daardie geestelike dimensies word binne die wereld rondom ons openbaar. Die bewys daarvoor vind ons in die herkenning van plekke waar ons nog nooit voorheen was nie, en dit is met 'n skok wat ons die aanwesigheid van daardie ander lewe en daardie ander leefruimte herken. Let op hoe Anker hierdie gedig 'n algemene toepaslikheid gee: die toon is een van versigtige nadenke en 'n toeganklike, verstaanbare styl. Die aanspreekvorme en voornaamwoorde je, jij en we (jy en ons) sluit by hierdie aanslag aan. Daar is ook 'n opmerklike ontwikkeling in die argumentasielyn van gedig. Eers die lang strofes met hoofsaaklik beskrywing, en dan die laaste kort strofes wat lyk op nadenke en interpretasie van wat reeds gese is. Terwyl Anker se gedig 'n veralgemeende, filosofiese siening van die verhouding tussen mens en natuur verwoord, skryf Korteweg in sy gedig oor 'n baie persoonlike ervaring van daardie verhouding. Maar, sy gedig raak ook algemeen-menslike ervarings aan.

AKTIWITEIT 5.5 (1) Lees die gedig ``1/125'' van Anton Korteweg wat op p. 29 van u voorgeskrewe bundel verskyn. (2) Kyk of u die strekking van die gedig begryp deur die onderstaande vrae te beantwoord. . . . . Wie is die twee mense wat na buite gekom het? (eega: eggenote) Waarheen was hulle op weg? Waarom wou hulle daarheen gaan? Lees weer versreels 6 en 7. Noem die twee plekke waar hulle dit gevind het waarna hulle gesoek het. . Watter soort verhouding bestaan daar tussen hulle twee as hulle op hierdie plekke is? . Waarom tree hulle soos twee jong verliefdes op wanneer hulle in hierdie plekke is? (3) Slaan die plekname Kalahari, Wanneperveen en Arcadia na in 'n atlas, 'n woordeboek of deur 'n Internet-soektog.

In hierdie gedig plaas die digter verskillende soorte ruimtes naas mekaar, met die doel om die kontras tussen die werklikheid en die skyn uit te beeld. Die digter (hy identifiseer hom deur die gebruik van woorde soos ik en ego) en sy vrou (eega) besoek op aanbeveling van ander (was ons voorgezegd) plekke in die natuur waar hulle hopelik weer huweliksgeluk sal smaak (zou het eindelijk goed zijn). Hierdie plekke moes ver en vreemd wees, vergelyk versreels 4 en 5: plaatsen van diepe verlatenheid en, kon het zijn, woeste, ja huilende leegte.
Anton Korteweg: die ruimte van die illusie

Hulle vind toe wel sulke ruimtes, en daar kon hulle weer baie verlief wees, en vir ander laat sien dat die twee getroudes, vir hoe 'n kort rukkie ook maar (hoe even maar), weer dolgelukkig kan wees.

264

Studie-eenheid 5 Die gedig verkry deur die gebruik van verskeie verwysings en sinskonstruksies 'n besonder ironiese inslag. . Die tegniek van kontrastering is baie betekenisvol. Gaan kyk maar hoe word die natuurbeelde teenoor mekaar gestel. Die groen gras van die Nederlandse huis waarvandaan hulle kom, staan teenoor die soeke na verlate, woeste en huilend lee plekke; die Kalaharie kontrasteer sterk met Wanneperveen ('n rustige, prentjiesmooi toeriste-gebied in Nederland); die werklike ruimtes wat vermeld word kry 'n teenpool in die mitologiese Arcadia (die idilliese herderslandskap uit die Griekse mitologie). Maar ook die digter as individu (ik, ego) kontrasteer met die byna gesigslose voorstelling van sy vrou, wat twee maal slegs met die byna minagtende begrip eega benoem word. (Is dit dalk die rede waarom hulle ekstreme stappe moet doen om weer geluk te kan ervaar?) . Hoewel die gedig op die oog af maklik verstaanbaar is en die styl eenvoudig voorkom, word taal met doelbewuste gevolge baie effektief gebruik. Woorde en frases soos naarstig, was ons voorgezegd, leek wel (dit het wel so voorgekom), hoe even maar, vorm 'n patroon wat die betekenis van skyn, van iets wat nie werklik so is nie, oordra. . Deur herhaling word die betekenis van gekunsteldheid in plaas van spontaneteit ook oorgedra. Die herhaling van die frase: natuurtje, natuurtje (wat ook ironies kontrasteer met die soeke na woeste en verlate plekke waarna in versreels 4 en 5 verwys word) dui op 'n soort geringskatting of minagting vir die natuur; juis dit wat die liefde by die egpaar weer moes stimuleer. Die besonder sterk alliteratiewe patrone ondersteun die idee dat hierdie gedig 'n taalkonstruksie is, nie 'n openhartige en onbeplande liefdesverklaring nie. Gaan onderstreep hoeveel maal die klank [v] in die 14 versreels herhaal word: wij, was, want, waren, weg, woeste, was, wat, Wanneperveen, weeromstuit, wilden. Dit is dalk ook betekenisvol dat hierdie gedig wat op eerste sig lyk asof dit 'n spontane, kort gevoelsuiting is, in werklikheid op een van die mees klassieke gedigvorme gebaseer is: die sonnet, met sy 14 versreels, en die skeiding tussen beeld (in die eerste agt of tien of twaalf versreels) en die toepassing daarvan in die laaste (6 of 4 of 2) reels. In studie-eenheid 4 van deel 1: Teks en leser, word herhaling bespreek in die aktiwiteit (4.5) wat oor taalintensiteit handel. . Die verwysing na die mitologiese Arcadia in die laaste versreel ek dink die toepassing in hierdie moderne sonnet vind plaas in die laaste drie versreels plaas eintlik die hele voorafgaande beskouing in 'n nuwe lig. Ja, die twee het na geluk in vreemde plekke gaan soek (hoewel Wanneperveen glad nie woes en verlate is nie!), en ja, hulle was daar meer verlief as nog ooit voorheen in hulle huwelik. Maar, daardie tydjie van groot geluk is soos om in Arcadia te vertoef. Met ander woorde, dit is nie die realiteit nie, dit is 'n mite, 'n sprokiesbeeld wat net in verhale bestaan. Gaan lees weer in studie-eenheid 1 van deel 1: Teks en leser die paragraaf oor interteks. Die laaste twee gedigte wat ons saamlees is die van Anton van Wilderode (``September'', p. 54) en van Herman de Coninck ``November'', p. 60). Die digters is albei Vlaminge, en albei tel onder die heel grootste figure in die hedendaagse Nederlandstalige digkuns. De Coninck, wat in 1997 oorlede is, was verskeie kere gedurende die afgelope dekade op besoek in Suid-Afrika. Na my mening vorm hierdie twee gedigte 'n mooi afsluiting vir ons afdeling: 265

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika die verhouding tussen die mens en die omringende natuur word op baie persoonlike, maar tog ook algemeen-geldige wyse beskou. Elkeen van die gedigte spreek 'n eie standpunt uit, en verwoord dus die verskeidenheid maniere waarop die mens die natuur kan beleef.

AKTIWITEIT 5.6 (1) Lees die gedig ``September'' wat op p. 54 van u bloemlesing verskyn terwyl u na die voorlesing daarvan op kant 2 van die klankband luister. Let op enkele woordbetekenisse: September genoten plankier grondels spinnen diafaan iele grondmistvlaggen traas sparrebossen gingen dicht langsgevlogen portel begin van die herfs in Europa is geniet tuinpaadjie van hout gemaak klein soetwatervissies spinnekoppe deurskynend dun mis wat uit die grond opstyg en soos vlaggies lyk bospaadjies dennebosse het toegegaan het verbygevlieg iets soos afgeroomde melk

(2) Die digter praat van talle natuurverskynsels wat ons gewoonlik met die somer assosieer: appels, okkerneute, waterplante (alge en wier), een geel roos, vlinders en spinnekoppe. Gaan lees weer die versreels waarin die verwysings na hierdie plante en diere voorkom, en toon dan aan waarom dit egter nie meer somerse verskynsels kan wees nie, maar duidelike tekens van die herfs is. (3) In die vierde strofe beskryf die digter hoe klein die buiteruimtes in die laatherfs word. Is dit werklik so of is dit net 'n resultaat van winterse verskynsels? (4) Hoe spandeer die digter sy tyd noudat die somer verby is? (5) Wat dink u, voel hy meer op sy gemak in die somer as in die winter? Wat is die rede vir u antwoord? . In hierdie gedig word die kontras tussen mens en natuur baie treffend en betekenisvol beskryf. Die dinamiese, vrugbare, sterk en natuurlike groei van die somer is die een sy van die lewe. Aan die ander kant kom die winter en die rus in die natuur, maar gelyktydig daarmee begin die mens se intellektuele aktiwiteite opnuut. Die mens leef dan meer as individu, meer na binne gekeer (``bedacht en ingetogen''). Maar hierdie persoonlike aktiwiteit is, volgens die digter, net so skeppend en vrugbaar as die van die somerse natuur. In die aande lees hy onder die lamplig, hy ``drink van die melk van 'n gedig'', en daaruit maak hy, asof dit in room en afgeroomde melk verander word, iets wat ook ryk en voedend vir sy gees is. Deur die herhaling van frases soos ``Ik ben weer thuis'', en deur die 266

Studie-eenheid 5 plasing van die mens se intellektuele aktiwiteite as die slotvers aan die einde van die gedig, suggereer die digter dat hy eintlik hierdie kreatiwiteit van die mens, hierdie geestelike groei, verkies. Hy voel homself meer tuis in die innerlike ruimte, hoewel hy die gewoel en onrus van die ruimtes daar buite ook geniet het. . In ``November'' van Herman de Coninck word die verhouding tussen die mens en die natuur weer anders gesien; vir hierdie digter lyk dit asof die mens uiteindelik sy eie nietigheid binne die grootse natuur moet aanvaar. Lees die gedig (p. 60 van u bloemlesing) een maal versigtig deur ek dink die taal wat gebruik word, is besonder maklik verstaanbaar vir iemand wat Afrikaans ken. Onthou slegs die volgende: ``Er'' beteken in Afrikaans ``daar'', en 'n ``esdoorn'' is 'n soort boom wat in die herfs pragtig verkleur (``Maple tree''). AKTIWITEIT 5.7 (1) In die eerste strofe beskryf die digter wat in sy tuin gebeur het. Is dit dan nog herfs of het winter al ingetree? Hoe kan u u antwoord motiveer? (2) Die digter het blykbaar geen aandag aan hierdie natuurproses gegee nie. Onderstreep in versreels 4 en 5 die woorde wat op sy onverskilligheid dui. (3) Wat het die digter gedoen in plaas daarvan om hom aan die natuursiklusse te steur? Noem ten minste vier sulke dinge of dade. (4) Ondersteep die aantal kere wat die woord ``had'' in hierdie gedig herhaal word. Dink 'n bietjie na aan wat die woord in sowel Afrikaans as Engels kan beteken, bv: Ek had geen idee waarom hy ontsteld was nie. Haar familie had 'n groot beesboerdery in Botswana. He had many possessions before his bankcruptcy. We had to accept the new boss. Hoewel die gebruik van ``had'' in Afrikaans nie baie algemeen is nie, dui die woord tog, soos in Engels, duidelik op twee betekenisse: op die verlede tyd (situasies wat afgelope is) of op besitting (maar ook wat in die verlede besit is). Kan u nou self besluit wat die betekenis van ``had'' in De Coninck se gedig is? Dui dit daarop dat hy baie dinge gehad het? En het hy nog steeds 'n tuin, 'n stoel, 'n glas wyn, en baie opinies? Na my mening wil die digter se dat hy nie aandag aan die gang van die natuur gegee het nie (``Vergeten te kijken. Vergeten gelukkig te zijn''). Hy het hom toegespits op verganklike dinge: sy besittings, sy eie liggaam en genot en opinies. Alles was dinge wat hy besit het maar wat ook tot die verlede behoort: ``Alles had.'' Deur baie treffende woordspeling en herhaling kom hy tot die slotsom dat terwyl hy die gang van die natuur ignoreer het, is dit die natuur wat die laaste woord oor alle mense kan spreek, want eintlik ``Alles (die Almagtige, die almagtige natuur, magte veel groter as die mens soos Tyd en Noodlot) had ons''. 267

die innerlike ruimte

die natuur oorheers

Deel 5: Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika Dit is interessant om te weet dat De Coninck hierdie gedig voltooi het slegs kort voor sy dood in 1997 op 53-jarige ouderdom.

5.3 SLOTSOM
In hierdie studie-eenheid het u gedigte van die heel bekendste Nederlandstalige digters van vandag gelees, terwyl ook poesie geskryf deur groot Afrikaanse digters soos T.T. Cloete en Elisabeth Eybers betrek is. Ek wou saam met u nagaan hoe die digters deur die beplande gebruik van die taal, hulle insigte met ons almal kan deel. Die impak van herhaling, kontrastering, woordkeuse, woordplasing en stylfigure soos personifikasie, kon in elkeen van die gedigte waargeneem word. Dat die digter die taal intensief ontgin om ou gedagtes nuut en treffend oor te dra, word baie duidelik in hierdie poesie gedoen. Dink u ook dat ten spyte van die vanselfsprekende verskille daar besondere verbande bestaan tussen al hierdie hedendaagse digters en hulle gedigte? Met die lees van die gedigte het ek telkens weer besef dat ons gemeenskaplike probleme en belange en liefdes ervaar en op dieselfde maniere daaroor dink en praat. Een so 'n algemeen-menslike motief is die mens en sy of haar plek binne die groot natuur. In die kennismaking met die verskillende tekste wat hierdie motief bekyk, kry elke leser die kans om eie menings te toets en oplossings vir die eie situasie te bedink. Saam met die skrywers en digters kon ons met nuwe oe ons eie lewens bekyk.

VERWYSINGS
Kritisch Lexicon van de Moderne Nederlandstalige Literatuur. 1997. Groningen: Martinus Nijhoff. Roos, H. 1994. Hella Haasse: die koloniale roman. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans. 1(2):1227. Roos, H. 1995. Die beeld van Suid-Afrika in enkele resente Nederlandstalige prosatekste. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 2(1):5566. U kan ook baie interessante en aktuele inligting omtrent die Nederlandse letterkunde vind by die volgende webtuistes: Querido: informatie oor skrywers http://www.querido.nl/auteurs.html Schrijversnet http://www.schrijversnet.nl/indexs.htm Kleine Nederlandse Literatuurgeschiedenis http://www.collegenet.nl/content/digilessen/literatuurgeschiedenis/ 'n Verskeidenheid Nederlandse skrywers http:/www.letteren.net/letteren/ (klik op ``Webgids'', dan op ``Schrijvers'')

268

LYS VAN KERNBEGRIPPE


Afrika Afrikaan Afrikaner agterblad allogtone Ander antagonis apartheid asielsoekers 81 82 93, 106 77 77 116 227 43 244 81, 88, 109 65 81 173 116 187 243

Afrika-renaissance

Afrikaans (varieteite van); afrikaniseer

aktueel, aktualiteit

alomteenwoordige/alwetende verteller

argaese Afrikaans

bandontwerp (sien voorblad) beeld, beeldspraak belangeruimte bemagtig betrokkenheid binneblad binneverhaal bloedbande bloemlesing bundel 92 131, 132 155 156 263 82 chauvinisme cruising deja vu 116 110 155156 92 82 44 5455

bedoelde leser (kyk implisiete leser)

benadeeldes (sien gemarginaliseerdes) 236

82

coming out narrative

dekolonisering

269

Lys van kernbegrippe dialogue with history Die Bybel diskoers 131132 136 63 56 108

dramakommunikasie dramatiese ironie Ek/Ander Ek/Self ekologie emigrante Empire Europa 79 58 79 81 81, 109

ek-spreker, ek-verteller 207, 260 43 236 233 eksterne verteller Emma Huismans enjambement fantasiekarakter fantasieverhaal feminisme fiktiwiteit fokalisator gay-literatuur gay-narratiewe gay-stereotipes gender 150

43, 213, 246

204, 205 204, 205, 216

1213, 63, 187, 192, 193, 221 44 150 e.v. 154 153 82

gemarginaliseer(des); (sien ook benadeeldes) 128, 130131, 207 135 131 153 153 81, 83 65 28, 156, 170 16 64, 193 64 genderdiskoers genderperspektief genre 1819, 41 gesinne, nuwe gesinswaardes geskiedenis gespeelde tyd godsdiens en seks grondteks handeling

handelingsverloop 270

Lys van kernbegrippe heelwording Hella Haasse herhaling hetero-patriargie homoerotiek hoofteks humor ideologie ikoon 65 214 83, 96, 152 15, 134 49, 155 63 233 79 53 187 57 155, 156 254 45, 52, 53, 58, 261, 265, 266 153 82, 83, 92, 110 152 e.v.

hibriditeit, hibridisering

identiteit (seksuele)

illusie van die werklikheid immigrante imperialisme implisiete outeur Indonesie 229 56 43

implikatuur/indirekte taalhandeling implisiete leser (kyk bedoelde leser) intensiverende tegnieke interne verteller ironie 56 148 243 interteks, intertekstualiteit jagliteratuur Kader Abdolah kanon 29, 194

1517, 58, 107, 212, 218, 247

karakter/karakterisering kinder- en jeugletterkunde klank klimaks konflik konteks konvensie kultuur 83 58 64

42, 65, 193, 203, 204, 213, 215, 222, 237 185, 195, 197, 198, 221

kolonisering, kolonialisasie, kolonialisme, koloniale literatuur 62 15, 79, 83, 96, 243 265, 266 16 195, 239

81, 108, 253

kontrastering

kronologiese/werklike ouderdom, kronologie

271

Lys van kernbegrippe leesouderdom leimotief lesbies metafoor misoginie mistiek 195, 198

45, 48, 101 157, 159161 148 55, 238 58 140 166, 176 16 72

manlikheid en magsverlies metriese skema

mitologiese verhale monologiese motiewe motto multikultureel neweteks oerteks oortuigings opvoeringsgerig oraliteit, orale literatuur paradoks parodie patriargie periferie 56 25 139 82 65 16 23 nieliterere teks ongeletterdheid 83 57 45, 238

mondelinge literatuur (sien ook orale literatuur)

92, 110 201, 211

ostensie (kyk vooropstelling)

personale verteller personifikasie perspektief pienk agenda plek (kyk ruimte) plot 42 118 polisieroman politiek van seks postkoloniale teorie 272

44 56, 261

40, 43, 193, 202, 204, 213, 215, 222 154 39, 40, 44, 193

162 78, 81, 85, 96, 105 81, 85, 105

postkoloniaal, postkolonialisme

Lys van kernbegrippe postkoloniale letterkunde postmodernisme potensiele opvoering primere werklikheid probleemverhaal protagonis pryslied raamvertelling restorasie 170 159 193, 202, 204, 212, 215, 222, 237 206, 222 152 157 78 81, 109 82 56, 66 52, 53 167 118 154 137139 83 99, 133, 153, 208, 209, 241 29, 32, 39, 193, 197, 201, 204, 211, 215 65 91 107, 240 172 216 63 206, 222 81, 83, 85, 105, 254

32, 215, 216, 247

reise, innerlike (tweede) romantiese vriendskap ruimte (kyk plek) rym seksisme 58 134

sekondere werklikheid seksuele identiteit seksuele taboes selekteer, seleksie Self/Ander sentrum

simbool, simboliek sintaktiese herhaling slotsom speeltyd speurroman spirituele sprokie 45 65 soektognarratief

stemloos, stemloses struktuur(element) stylfigure suggestie taal 86 52 55 53 77

stereotiepe, stereotipering

Suid-Afrikaner taalintensiteit

273

Lys van kernbegrippe teaterkommunikasie teks tekstipe tema titel 14 19 45, 88, 193, 238, 242, 117118 57 65 68, 69, 170 63 63

toehoorder transaksie tyd ubuntu verkragting verteller verwestering verwikkeling Vlaams voorblad vrouestemme

toneelaanwysings

transformasie, transformasieteks 44, 193 97

verbeeldingsruimte 19 43, 246 88 64

213, 214, 217

228 140142 116 12, 53, 201 98 25, 2628, 97 60, 62, 148 63 52

volksmoeder

vooropstelling (kyk ostensie) waardes, waardestelsels werklikheidsillusie woordherhaling

Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK/TRC)

274

You might also like