Professional Documents
Culture Documents
Geheueverlies
13
1: geheueverlies
dwyn, terwyl die meeste ander fasette van die oorlog redelik volledig op-
geteken is?
Daar is komplekse oorsake vir dié historiese geheueverlies. Op merk-
waardige wyse het die Afrikaner die teregstellings reeds kort na die beëin-
diging van die oorlog in 1902 bewustelik en onbewustelik uit sy geheue
begin werk, totdat die gebeure grootliks aan die vergetelheid prysgegee is.
Die Afrikaner wou om verstaanbare redes na sy folterende ervaringe in die
konsentrasiekampe en ander beproewinge nie aan nog onaangename trau-
mas van die oorlog herinner word nie. Daarvoor het die oorlog genoeg
smart meegebring en niks betreffende die fusillerings doen enige van die
betrokke partye eer aan nie.
Genoegsame getuienis is egter gevind dat die trauma van die gebeure
permanente letsels by die naasbestaandes van die tereggesteldes én by die
teregstellers gelaat het. Meer as vyf dekades na die teregstelling van ’n ver-
raaier is daar nog tekens van trauma by ’n bejaarde oudstryder wat as ’n jong
burger in 1901 lid van ’n vuurpeloton was. In ’n ander geval vertel die eens
jong bevelvoerder van ’n vuurpeloton nog ses dekades na die voorval vir
sy familielede die dag van die teregstelling was “die swaarste” van sy
lewe. Verskeie naasbestaandes kon nie die dood van die tereggesteldes ver-
werk nie.1 Nie een van die betrokkenes het berading ontvang nie, soos dit
trouens ook die geval met die konsentrasiekamp-inwoners en ander slag-
offers van die oorlog was.
Gebrekkige optekening van die gebeure rondom die teregstellings kan
minstens deels daaraan toegeskryf word dat die gebeure vir die betrokke-
nes te pynlik was om gedurig in herinnering te roep. Dit was natuurlik veel
makliker om heldedade op die slagveld en elders te gedenk.
Afrikanergemeenskappe was ten tyde van die oorlog maar klein. Die
verraad wat tot die doodstraf aanleiding gegee het, is meestal in die om-
gewing gepleeg waaruit die verraaiers gekom het. Dikwels was die tereg-
gesteldes goeie vriende met of selfs familie van die burgers wat met hul
teregstelling belas was. Soms was dit selfs ’n geval van die spreekwoordelike
broer teen broer.
Dit is opvallend in die enkele gevalle waar herinneringe oor die tereg-
stellings wel gepubliseer word, daar nie sprake van bravade is nie. Ondanks
’n diepe weersin in verraad is daar gereeld ook medelye met die finale lot
van die tereggesteldes.2
14
1: geheueverlies
Reeds gedurende die oorlog is daar tekens dat die gewone burger die
teregstellings met omsigtigheid bejeën het. Een van die eerste vermeldings
van ’n moontlike teregstelling van ’n verraaier kom in die oorlogdagboek
van die Duitse vrywilliger Oskar Hintrager voor. Hintrager, wat aan Boere-
kant geveg het, maak op 30 Julie 1900 dié inskrywing: “In die laer doen die
gerug die rondte dat Erasmus wat weens hoogverraad veroordeel is, dood-
geskiet is. Vir die Boere met hulle sagte, bedagsame aard bly dit in elk geval
’n geheim.”3
Waarskynlik was dit nie in die aard van die gewone burgers om dié soort
traumatiese gebeure op skrif te verwoord nie.
Waar die teregstellings wel in enkele gepubliseerde werke aandag kry, is
dit opvallend dat die name van die tereggesteldes dikwels doelbewus ver-
swyg word. Wanneer ds. J.D. (Vader) Kestell in 1932 in sy biografie oor
Abraham Kriel4 dié veldprediker aan die woord stel oor die laaste oom-
blikke van die verraaier Lambert Colyn, word die tereggestelde nooit by die
naam genoem nie.5 Naas Raubenheimer, ’n latere parlementslid en sena-
tor wat as ’n jong Kaapse rebel met die teregstelling van vier verraaiers in
Wes-Transvaal teenwoordig was, het in 1939 ’n aangrypende weergawe van
die gebeure aan die historikus Scheepers Strydom gegee. Sy beskrywing
word herhaaldelik gepubliseer – sonder die name van die tereggesteldes.6 In
1944 gee die oudstryder Jack van den Heever in sy oorlogsherinneringe,
Op kommando onder kommandant Buys, een van die volledigste gepubliseerde
ooggetuiebeskrywings van ’n fusillering van verraaiers, maar verswyg die
name van die tereggesteldes.7
Dit was gevolglik nie net weens die trauma dat die gebeure rondom die
teregstellings nie volledig opgeteken of later ontleed is nie. Die verraad was
ook ’n diepe verleentheid vir die meeste Afrikaners.
Reeds kort na die oorlog was daar ’n doelbewuste poging om die name
van die lewende joiners stil te hou. Kapt. J.J. Naudé,8 hoof van die republi-
keinse magte se spioenasiediens in Transvaal, het destyds aangevoer hy het ’n
volledige lys name van die National Scouts (joiners in Transvaal). Die latere
premier van Suid-Afrika en eertydse bevelvoerder van die Transvaalse magte,
kmdt.genl. Louis Botha,9 het hom kort na die vredesluiting gevra om die
lys vir hom te gee sodat hy dit vir genls. Christiaan de Wet10 en Koos de la
Rey11 kon wys. Kort voor die drie generaals se vertrek na Europa in 1902
het Botha Naudé meegedeel hy het in oorleg met die ander twee besluit
15
1: geheueverlies
om die lys te vernietig, “want vir die nageslag van die National Scouts is dit
beter dat die name nie bekend bly nie”.12
In die dekades na die oorlog word die name van die tereggesteldes, en
trouens alle verraaiers, in gepubliseerde werke deurlopend doelbewus weg-
gelaat by die beskrywing van oorloggebeure. Die baasverkenner kapt. Henri
Slegtkamp het in 1935 die volgende aan sy biograaf voorgeskryf: “Vertel
hulle die naakte waarheid . . . maar moenie die name van die mense wat
gewankel het, in die boek neerskryf nie. Ons moenie opnuut die ou won-
de laat bloei nie.” Later in die boek sê hy hy verswyg die name van die
verraaiers omdat hy “hulle kinders jammer kry, wat later onskuldig sal
moet ly deur die misdade van die vaders.”13 In Op die Transvaalse front
verswyg E.J. Weeber om ’n soortgelyke rede die naam van ’n vooraan-
staande verraaierpa wat voor die oorlog ’n lid van die Transvaalse volksraad
was: “Ek wil sy naam nie noem nie omdat sy seuns flukse vegsmense was
en getrou by die kommando gebly het.” Volgens Weeber het die pa se ver-
raad “ ’n liederlike naklank gehad, maar daaroor sal ek liewer swyg ter wil-
le van die oorlewendes”.14
In E. Neethling se Mag ons vergeet? word die ondervindinge van ’n aan-
tal Boerevroue gedurende die oorlog weergegee. Volgens Neethling het
feitlik elke vrou van die “valsheid en wreedheid” van verraaiers gepraat,
maar nietemin nie hul name genoem nie. “Laat ons liewers probeer om die
breuk te heel en geen Kaïnsmerk op een van ons broers te sit nie.”15
Dekades na die oorlog was daar steeds dié sensitiwiteit rondom die be-
kendmaking van verraaiers se name. In Buurman se Oorlogswolke oor die re-
publieke: die herinneringe van ’n Boere-offisier wat in 1944 verskyn, lui die voor-
woord reeds:“In sommige gevalle is dit nie wenslik geag om die regte name
van persone te laat verskyn nie.” Selfs in J.F. van Wyk se oorlogsherinne-
ringe, wat so laat as 1971 as Die Mauser knal verskyn, is dié opmerking voor-
in die boek: “Om verstaanbare redes is die name van sommige mense in
hierdie werk verander.”16 Die veldprediker R.D. McDonald gee ’n aandoen-
like beskrywing van hoe hy ’n oudstudentemaat van Stellenbosch op die
slagveld as ’n sterwende joiner ontmoet het, sonder om sy naam te noem.17
Dit is opvallend dat skuilname in ’n hele aantal gepubliseerde herinne-
ringe van oudstryders en inwoners van konsentrasiekampe gebruik word om
na troueloses te verwys wat waarskynlik nog in daardie stadium gelewe het
of dalk om hul familielede te beskerm. J.N. Brink gee in Oorlog en ballingskap
16
1: geheueverlies
17
1: geheueverlies
18
1: geheueverlies
van joiners wat sedert die 1960’s by die departement van onderwys bewaar
is, waarskynlik ook met die doel om toegang daartoe te beperk.34
Die historiese geheueverlies oor verraad is aangehelp deur die ontwikke-
ling van die partypolitiek na die oorlog. Met die eenstroombeleid van Botha
en Smuts is versoening en samewerking nie net tussen die voorheen stry-
dende taalgroepe nagestreef nie, maar ook tussen die bittereinders en die
ontroues. Botha en Smuts wou klaarblyklik nie ou wonde oopkrap nie. Dit
is insiggewend dat die verraaierkwessie ook nie ’n noemenswaardige of
openlike rol in die Nasionale Party gespeel het nie. Dit is waarskynlik doel-
bewus vermy, ondanks die feit dat dié party die kampvegter van Afrikaner-
nasionalisme was. Onderlinge verwyte tussen politici was die enigste gereelde
herinnering aan die voorvalle van verraad. Tydens verkiesingsveldtogte is die
verraaierkwessie by tye met besondere venyn opgeroep. Individuele kandi-
date wie se optrede gedurende die oorlog verdag was, is dikwels in politieke
moddergooiery daaroor geteiken.
Algaande sou die geheues van dié wat nog gelewe het, ook geleidelik ver-
dof. Met die afsterwe van die betrokkenes het van die inligting saam met
hulle na die graf gegaan.
Dit is insiggewend dat geen Afrikaanse of Engelse historici tot op hede die
saak uit die verraaiers se oogpunt gestel het nie.35 In nie een van die vertol-
kings wat in die eeu na die oorlog verskyn het, is probeer om die verskynsel
van verraad onder Afrikaners te probeer regverdig nie. Die seun van genl.
Hendrik Schoeman het wel in 1950 ’n boek getitel Genl. Hendrik Schoeman:
was hy ’n verraaier? gepubliseer waarin hy sy pa se afvallige optrede probeer
verduidelik het, maar dié werk is nie ’n analitiese ontleding van die ver-
skynsel van verraad nie. Die waarde daarvan lê eerder daarin dat dit uitwys
watter pynlike nagevolge verraad vir die verraaier se nageslag meebring.36
Op die Afrikaanse akademiese gebied was daar veral voor die 1970’s ’n
groot traagheid om temas te ondersoek wat hoegenaamd indruis teen die
gevestigde opvatting dat die Afrikaners as ’n hegte volk in ’n stryd teen
Brittanje saamgestaan het. Die akademiese werke was meestal beperk tot
gewilde onderwerpe van militêre aard, individuele Boereleiers, krygsgevan-
genes en die lyding en swaarkry van die vroue en kinders in die konsentra-
siekampe. In die gloed van nasionalisme is die oorlog as ’n heldestryd beskou
en enigiets wat dit weerspreek, geïgnoreer. Dit blyk dat ’n groot aantal
19
1: geheueverlies
20