You are on page 1of 5

+(,121/,1(

Citation: 1980 J. S. Afr. L. 188 1980 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 10:43:03 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0257-7747

188

SNYMAN

outomaties eienaar van die verlate grondstuk word. Hoewel die staat eienaar van die grondstuk sonder registrasie in sy naam word, mag dit egter net soos in die geval van onteiening wenslik wees om registrasie in die naam van die staat te verkry. In sodanige geval kan die staat ingevolge die laaste voorbehoudsbepaling van artikels 16 en 31 van die Registrasie van Aktes-wet 47 van 1937 optree. Aangesien die eiendomsreg in die grond nie "kragtens wet" ingevolge artikel 13.1 in die staat gevestig is nie, sal die staat waarskynlik ingevolge artikel 33.1 aansoek moet doen om 'n hofbevel wat die registrasie van die grondstuk op sy naam magtig. Ten slotte dien daarop gelet te word dat die bepalings van die ou Cape Derelict Lands Act 28 van 1881 (sien ook Wet 16 van 1859 (Natal), artikel 5.1 en 2 van Wet 25 van 1909 (Transvaal) en artikels 29-38 van Ordonnansie 33 van 1902 (OVS)) hoofsaaklik deur artikel 33 van die Akteswet vervang is. Artikel 33 van die Akteswet skyn dus voorsiening te maak vir ten minste twee gevalle, naamlik eerstens die geval soos weergegee in die feite van die onderhawige geval waar die eienaar sy grondstuk verlaat, maar eienaar bly omdat sy bedoeling om die grond prys te gee nie duidelik blyk nie en die aansoeker eiendomsverkryging op grond van verjaring pleit; en die geval waar die eienaar wel sy grond prysgee, die staat outomaties eienaar daarvan word en nou aansoek doen om registrasie van die grondstuk in sy naam. Aangesien die staat outomaties eienaar van die grondstuk na prysgawe word, sal dit weens die bepalings Van artikel 3 van die Wet op die Beskikking van staatsgrond 48 van 1961 nie moontlik wees om eiendomsreg van hierdie staatsgrond deur middel van verjaring na 29 Julie 1971 te verkry nie. Artikel 33.2 van die Akteswet is ook relevant: indien belastings verskuldig aan 'n plaaslike owerheid nie vir 'n tydperk van vyf jaar betaal is ten opsigte van 'n onbewoonde grondstuk nie kan die plaaslike owerheid met die toestemming van die administrateur en nadat die vereiste kennis gegee is by die hof aansoek doen om 'n hofbevel om die beslaglegging op en verkoop van die grond en registrasie van transport aan die koper te magtig en om voorskrifte oor hoe oor die koopprys beskik moet word. C G VAN DER MERWE Universiteit van Stellenbosch

S v WILLIAMS EN 'N ANDER 1980 1 SA 60 (A) Strafreg- deelneming-moord-medepligtigheid Hierdie sonderlinge app~lhofbeslissing mag nog blyk een van die heel belangrikste beslissings omtrent deelneming in die strafreg te wees sedert die beroemde en veelaangehaalde R v Peerkhan and Lalloo (1906 TS 798). Die feite was eenvoudig. Vier beskuldigdes is aangekla van moord deurdat hulle gesamentlik die oorledene in 'n spoorwegrytuig sou vermoor het. Die verhoorhof het beskuldigdes nommers een en drie skuldig bevind aan moord. Hulle het nie geappelleer nie. Beskuldigdes nommers twee en vier is albei deur die verhoorhof skuldig bevind as medepligtiges aan die moord. Beskuldigde nommer vier se app~l teen sy skuldigbevinding het geslaag op grond daarvan dat hy net 'n passiewe toeskouer by die bakleiery was. Sy geval

HeinOnline -- 1980 J. S. Afr. L. 188 1980

S v WILLIAMS

Iby

interesseer ons egter nie. Dit is slegs die skuldigbevinding van beskuldigde nommer twee wat hier bespreek sal word. Hy het gesien hoe beskuldigde nommer een die oorledene met 'n mes gesteek het. Daarop het hy die oorledene aan die nek gegryp en horn in die rigting van 'n ander passasierswa getrek. Terwyl hy dit gedoen het, het hy gesien hoe beskuldigde nommer drie met 'n bottelkop na die oorledene toe kom. Hy het betyds sy arm om die nek van die oorledene verwyder sodat sy arm nie deur die bottelkop getref word nie. Hy het hom, volgens die hof, opsetlik vereenselwig met die handelinge van beskuldigdes nommers een en drie. Daar is egter geen voorafgaande afspraak bewys om die oorledene te dood nie. Daar is niks buitengewoons omtrent hierdie feite nie. Ons howe het daagliks met soortgelyke feitesituasies te doen, en die persoon in die posisie van beskuldigde nommer twee sou na my mening normaalweg sonder enige moeite aan moord skuldig bevind word. Nietemin is hy deur die verhoorhof slegs aan medepligtigheid aan moord skuldig bevind, en hierdie skuldigbevinding is deur die app~lhof bekragtig. Die eenparige uitspraak van die app~lhof is gelewer deur app~lregter Joubert. Hoofregter Rumpff en appilregter Muller het saamgestem. Na my mening moes beskuldigde nommer twee aan moord skuldig bevind gewees het (dit wil se as mededader), en nie as medepligtige aan moord nie. In Dader is 'n persoon wat deur sy gedrag, gesindheid en hoedanighede binne die misdaadsomskrywing val. In die geval van moord veroorsaak hy wederregtelik en opsetlik die dood van 'n medemens. 'n Medepligtige is 'n persoon wat nie deur sy gedrag, gesindheid of hoedanighede voldoen aan die misdaadsomskrywing nie, maar die pleging van die misdaad nogtans opsetlik bevorder. Die enigste basis waarop 'n persoon as medepligtige, en nie as dader of mededader nie, aan moord skuldig kan wees, is dat hy die pleging van die misdaad opsetlik bevorder het sonder dat sy bevorderingshandeling self neerkom op 'n medeveroorsaking van die dood. Sodra sy handelswyse neerkom op 'n medeveroorsaking van die dood is hy nie meer net 'n medepligtige nie maar 'n mededader, omdat sy gedrag dan voldoen aan die misdaadsomskrywing. Dit is wat inderdaad in hierdie saak gebeur het. Trouens, die hof erken self (64D-E): "Daar bestaan ook 'n kousale verband tussen sy [beskuldigde nommer twee] hulpverlening en die pleging van die moord op die oorledene aangesien dit beskuldigde nr 3 in staat gestel bet om die oorledene in 'nweerlose posisie 'n dodelike steekwond met die bottelkop toe te dien." Die slotsom van die hof dat beskuldigde nommer twee medepligtige aan moord was, kom aanvanklik om twee redes vreemd voor. Eerstens is so 'n skuldigbevinding vreemd aan ons reg. Ek weet van geen saak in ons gerapporteerde regspraak waar iemand al ooit skuldig bevind is aan medepligtigheid aan moord nie. As daar sulke sake is, moet hulle rariteite wees. Die rede hiervoor is grootliks daaraan te wyte dat alle bevorderingshandelinge of hulpverleningshandelinge gewoonlik tegelykertyd ook beskou word as mede-veroorsaking van die dood, soos hierbo verduidelik. Daar is egter nog 'n tweede rede waarom die hof se bevinding vreemd is. Dit is die feit dat ons howe herhaaldelik al beslis het dat die medepligtige nie as medepligtige aangekla en skuldig bevind word nie maar dat hy aangekla en skuldig bevind word asof hy 'n dader is. So is in R v Jackelson (1920 AD 486 490) verklaar: "All persons who knowingly aid and assist in the commission of a crime [en

HeinOnline -- 1980 J. S. Afr. L. 189 1980

POU

SNYMAN

dit beteken in die konteks van di6 saak medepligtiges] are punishable just as if they had committed it." (My kursivering. Sien verder R v Parry 1924 AD 401 404; R v Mlooi 1925 AD 131 134-135; R v Tommy 1931 NPD 317 319; R v Shikuri 1939 AD 225 230-231; R v Van der Merwe 1950 4 SA 124 (0) 128-129; R v Mkize 1960 1 SA 276 (N) 282-283; S v Kazi 1963 4 SA 742 (W) 748; S v Dube 1968 2 SA 37 (RA); S v Lamont 1977 2 SA 679 (RA) 682-683.) Die onderhawige applhofbeslissing druis in teen hierdie gevestigde beginsel. Alhoewel daar dus grondige redes kan wees waarom 'n skuldigbevinding aan medepligtigheid aan moord as verkeerd beskou moet word, is ek nietemin van mening dat so 'n skuldigbevinding wel bestaanbaar is-dat dit trouens meermale gebruik behoort te word en dat hierdie beslissing om di6 rede dus verwelkom moet word. Al het die app~lhof die reels in verband met deelneming verkeerd op die feite toegepas, verwelkom ek die beginsel wat in hierdie saak gegrondves is, naamlik dat daar so iets soos medepligtigheid aan moord is. Na my mening is alle bevordering van die moord, dit wil s van die doodmaak, nie noodwendig 'n veroorsaking van die dood nie. Akademici erken hierdie standpunt al geruime tyd. (Sien Strauss 1960 THRHR 95 111; Hugo 1969 SALJ 391 394; Rabie 1971 SALJ 334 345 en Van Oosten 1979 De lure 346 355.) As Z byvoorbeeld aan X inligting verskaf omtrent die plek waar hy Y, die slagoffer, in die hande kan kry, en X hierdie inligting in elk geval elders ook gekry het of dit reeds geweet het, sou die dood ingetree het selfs al word Z se optrede weggedink, en dan het Z dus nie, volgens die conditio sine qua non-teorie, die dood veroorsaak nie. Ook volgens die adekwate veroorsakingstoets behoort Z se gedrag nie as 'n "moordhandeling" en dus 'n doodsveroorsaking beskou te word nie. Nogtans kan Z se verskaffing van die inligting beskou word as 'n bevordering van die moord. Die vriend wat, bewus van die moordenaar se planne, net maar draal in die geselskap van die moordenaar wat 'n moord gaan pleeg, bevorder die moord sonder om dit te veroorsaak-en dit ten spyte van die feit dat sy afwesigheid die moorden-aar geensins van sy daad sou laat afsien nie. Hy bevorder dit want hy gee die moordenaar morele bystand. Dit is 'n psigologiese bydrae tot die dood wat egter nog nie so ver strek as 'n kousale bydrae nie. Dit is dikwels vir 'n hof baie moeilik om te besluit of een van meerdere aangeklaagdes werklik kousaal bygedra het tot die dood. Die getuienis openbaar maar selde 'n voorafgaande komplot. Dikwels is al getuienis teen 'n sekere beskuldigde dat hy (en miskien nog ander) saam met die werklike moordenaar gestap het, saam in sy teenwoordigheid was toe hy met die mes gesteek het, en saam weggehardloop het. Indien daar redelike twyfel is of so 'n persoon die dood medeveroorsaak het, maar daar is geen twyfel dat hy wel die misdaad bevorder het nie, kan hierdie bewysregtelike probleem opgelos word deur so In persoon skuldig te bevind as medepligtige aan moord. Dit is te verwelkom dat die hof uit sy pad gegaan het om die verskille tussen mededader en medepligtige te verduidelik (63). Dit is iets wat nog nooit werklik in ons regspraak gedoen is nie. (Die enigste beslissing wat moontlik naby kom in hierdie verband is S v Kellner 1963 2 SA 435 (A) 44.) Die hof erken die bron van sy uiteensetting van die regsposisie, naamlik De Wet en Swanepoel Die Suid-Afrikaanse Strafreg (derde uitgawe 169 en volgende). Tot dusver was ons howe geneig om te onderskei tussen 'n hoofdader en wat vaagweg genoem is 'nsocius criminus, terwyl die onderskeid wat De Wet en Swanepoel trek, di6 is tussen daders en medepligtiges. 'n Mens kan maar net hoop dat laasgenoemde onderskeid as gevolg van hierdie uitspraak nou meer
HeinOnline -- 1980 J. S. Afr. L. 190 1980

S v WILLIAMS

veld sal wen in ons regspraak. In so 'n geval sal dit moontlik in gepaste sake tot ons howe deurskemer hoe onsinnig dit is om, soos hierbo verduidelik, medepligtiges aan te kla en skuldig te bevind asof hulle self die misdaad as daders gepleeg het. Hierdie re6l van ons howe lei byvoorbeeld daartoe dat 'n vrou wat dit bewerkstellig dat 'n man met 'n ander vrou as syself sonder toestemming geslagsgemeenskap het, aan verkragting skuldig bevind moet word al het sy en al kon sy (uit die aard van die saak!) geen geslagsgemeenskap met die slagoffer h nie (vergelyk S v D 1969 2 SA 591 (RA)). Daar is een stelling van die hof omtrent di6 regsposisie waarmee nie akkoord gegaan kan word nie. Op bladsy 63E-F word verklaar dat daar 'n kousale verband tussen die medepligtige se hulpverlening en die pleging van die misdaad deur die dader of mededaders moet bestaan. Na my mening is daar nie so 'n vereiste in ons reg nie. Die medepligtige bevorder die misdaadspleging of verleen hulp daartoe. Die misdaad kan egter gepleeg word sonder die medepligtige se bevordering. Anders gestel: as die medepligtige se optrede weggedink word, is dit moontlik dat die misdaad nogtans gepleeg sou kon word. Dit is ook die mening van Burchell en Hunt (I SA CriminalLaw and Procedure (1970) 354) wat na 'n analise van die onderwerp, tot die gevolgtrekking kom ". . . that, unlike the co-principal, the aider and abettor's liability is not dependent upon proof of a causal link between his conduct and the commission of the crime". In R v Eloff (1932 GWL 59) is, volgens die kopstuk, beslis dat "whoever aids, or abets anyone in the commission of a crime is equally guilty with him ... and whether the crime would have been committed without that assistance made no difference". Buitendien as daar so 'n kousale verband tussen die medepligtige se hulpverlening en die pleging van die misdaad deur die dader moet wees, sou niemand ooit 'n medepligtige aan moord kan wees nie, want 'n persoon wat die dood medeveroorsaak se optrede sal dan voldoen aan die misdaadsomskrywing en hy sal dus 'n (mede-)dader wees. Dit sou indruis teen die hof se eie latere slotsom dat beskuldigde nommer twee 'n medepligtige aan moord was. Hierdie kritiek behoort nie afbreuk te doen aan die vele positiewe en heldere formulerings van die reg in verband met deelneming wat daar in die uitspraak te vinde is nie. Hierdie formulerings hoef nie almal hier weergegee te word nie. Ten slotte ontstaan die interessante maar ook belangrike vraag of die doodvonnis opgel6 kan word aan 'n persoon wat as medepligtige (en nie as (mede-)dader nie) aan moord skuldig bevind word. Die verhoorhof het versagtende omstandighede in die geval van al vier beskuldigdes in die onderhawige saak bevind. Die vraag na die doodvonnis het dus nie in die saak ter sprake gekom nie. Na my mening kan so 'n persoon nie die doodvonnis opgel word nie. 'n Medepligtige aan moord val begripsmatig buite die misdaadsomskrywing van moord, omdat hy nie 'n kousale bydrae tot die dood gelewer het nie. Artikel 277 van die Strafproseswet 51 van 1977 wat voorskryf wanneer die doodvonnis vir moord opgel8 kan word, moet streng geinterpreteer word. Dit is ondenkbaar dat die wetgewer kon bedoel het dat iemand wat geen kousale bydrae tot die dood van die slagoffer gelewer het nie, ook gedek moet word deur die bepalings van die artikel. C R SNYMAN Universiteit van Suid-Afrika
HeinOnline -- 1980 J. S. Afr. L. 191 1980

You might also like