You are on page 1of 7

Sprokkelster

deur Marlene
van Niekerk
Monique van Niekerk
22999493
AFLL311

Sprokkelster
Gepubliseer

1977
Wen in 1978 die Eugene Marais- en Ingrid
Jonkerpryse vir die bundel.
Van Niekerk verklaar haar verse ontstaan uit
haar pa se stories en haar ma se drome
Dat Sprokkelster bestaan uit liriese
stemmingsgedigte met hoofsaaklik landelike
boustof (veral gesentreer rondom die
natuurskoon van Stellenbosch en omgewing),
gekenmerk deur humor en satire, ironie en met
'n sterk musikale inslag

Titel van die Digbundel


Die

titel van die digbundel is samestelling van


die woord sprokkel en ster.
Gevolglik het Sprokkeling dubbelbetekenis,
gesprokkelde hout of, in figuurlike sin,
versameling van byvoorbeeld, gedigte, drome,
stories of herinneringe.
Die bekende, aardse sprokkel en die verhewe,
onbereikbare ster word dus saamgevoeg.
Lindenberg (1979:45) vat dit raak saam deur te se
"die tweeslagtigheid wat reeds in die titel
gesuggereer word, is dwarsdeur die bundel ter
sprake: ewige skoonheid in vervlietende en
verbrokkelde vorm.

Tyd en Ruimte
Sy

vind vreugde in die goeie, bekende aarde, op


'n sterk sintuiglike wyse.
Die spreker se vertroudheid met die omgewing
word beklemtoon daardeur dat sy al die
verskillende woonbuurte by naam ken:
"maraispark", "simonswyk", "papegaaiskop" en
"la colline" .
Baie van die verse in die digbundel se titels
verklap die ruimtes:

elegie vir pase 1975 op n kaapse strand


kersfees in die kaap
kaapstad: saterdag om een

Musikaliteit in die
digbundel
Die

HAT omskryf "musikaliteit" as "die eienskap


van musikaal te wees; begaafdheid om ritmiese
en melodiese elemente te verstaan en uit te
druk".
Die struktuurverwantskap tussen die posie en
die musiek geld dus as n terugkerende tema;
Daar vind ontwikkeling van 'n bepaalde tema
deur verskillende instrumente plaas.
Die kontrapuntale rangskikking van gegewens,
en die opbou van 'n gedig in bewegings het elk
'n eie stemming .

Vergestalting van
Musikaliteit
In die praatvers van die gedig "vertroosting"
word die spanning tussen voortstuwende
sintaksis en die akoestiese eenheid van die
versrel in fyn ewewig gehou.
Die musikaliteit van die gedig word verder
versterk deur die enjambement, die lang
vokaalklanke en die sussende s-klanke.
Hierdie is sleg een voorbeeld van musikaliteit
wat deurlopend voorkom in Sprokkelster.

Bronnelys
Brink, A.P. 1980. Tweede voorlopige rapport. Kaapstad: Human en Rousseau.
Brink, A.P. 1977. Spokkelster lieflike loflike debuut. Rapport, 7(4):8. 18 Desember.
Cloete, T.T. 1985. Hoe om 'n gedig te ontleed. Reuse-blokboek. Nr. 16. Pretoria: Academica.
Engelbrecht, A.M. 1996. Bevriending en bevreemding in Sprokkelster en Groenstaat van
Marlene van Niekerk. Stellenbosch. (Tesis PhD).
Grobler, H. 1977. Rare debuut deur ware digters. Hoofstad, 10 (214):13. 29 Desember.
Grove, A.P. 1984. Woord en Wonder. Kaapstad: Nasou
HAT: handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson
Education.
Lindenberg, E. 1979. Het kindeke Jezus in Kaapland? Standpunte 32 (1): 45-48.
Ohlhoff, H. 1981. Inleiding. In: Schoongees (red.) Uit de Nederlandse verhaalkunst. Pretoria:
Van Schaik.
Pharos. 2015. Sprokkel. https://www.pharosonline.co.za.nwulib.nwu.ac.za/search Date of
access: 6 April 2015.
Van Coller, H.P. 1999. Perspektief & Profiel, Deel 2: Afrikaanse literatuurgeskiedenis.
Pretoria: Van Schaik Uitgewers.
Van Dale: Groot Woordenboek van de Nederlandse Taal. 2014. Van Dale uitgewers.
http://www.vandale.nl/opzoeken?pattern=sprokkel&lang=nn Date of access: 11 April2015.
Van Niekerk, M. 1977. Sprokkelster. Kaapstad: Human & Rousseau.

You might also like