You are on page 1of 162

Melkbeeshandleiding

Voeding, Reproduksie,
Teling & Melkwinning

Dr Carel Muller
Instituut vir Diereproduksie
Departement Landbou: Wes-Kaap
HANDLEIDING

vir

MELKBEESVOEDING,
-REPRODUKSIE, -TELING &
MELKWINNING

Saamgestel deur
Dr C.J.C. Muller
Instituut vir Diereproduksie, Elsenburg
Departement Landbou: Wes-Kaap
en
Mnr N.H. Robertson
Diereverbeteringsinstituut, Landbounavorsingsraad, Elsenburg

©Kopiereg voorbehou, November 2010


ISBN: 978-0-620-43844-5 Melkbeeshandleiding
VOORWOORD

Die oorheersende faktore wat die melkproduksie van ‘n melkkudde beïnvloed, is die voorsiening van voer en
water aan koeie. Klimaatsfaktore, wat temperatuur, reënval (hoeveelheid en verspreiding), aantal sonskynure
en grondtipes insluit, is ook rigtinggewende faktore vir optimale produksie. Omdat varsmelk 'n bederfbare
produk is, is die beskikbaarheid van ‘n bestendige mark ook 'n belangrike faktor wat met die beplanning van 'n
melkproduksiestelsel in ag geneem moet word. In Suid Afrika is daar hoofsaaklik ses melkproduserende areas,
naamlik, die Wes- en Suid-Kaap, KwaZulu-Natal, Sentrale Hoëveld, Vrystaat, Sentrale Oos-Kaap en Suidelike
Oos-Kaap. Hiervan is die Wes- en Suid-Kaap dele van die Wes-Kaap Provinsie die grootste melkproduserende
gebied waar sowat 'n kwart van die melk in Suid Afrika geproduseer word.

Die totale melkproduksie in Suid-Afrika gedurende 2008, was 2 593 miljoen liters en verbruik vir dieselfde
periode was 2 561 000 liters. Dit is kommerwekkend dat die totale melkproduksie in die land vanaf 1997 tot
2006 relatief konstant gebly het ten spyte van 'n toename in die bevolking van 40.6 miljoen mense in 1996
tot 47.4 miljoen in 2006. Van die totale populasie van die land is 15.3 miljoen, 28.4 miljoen en 3.7 miljoen
mense in die ouderdomsgroepe van 0 tot 14 jaar, 15 tot 60 jaar en ouer as 60 jaar onderskeidelik. Volgens
voedingkundiges behoort jong mense daagliks sowat 500 ml melk in te neem terwyl die middel en ouer
ouderdomsgroepe onderskeidelik ongeveer 400 en 300 ml melk per dag moet inneem vir 'n goed gebalanseerde
dieet. Indien dié innames sou plaasvind, is die totale behoefte na melk in die land sowat 7 340 miljoen liters.
Om te verseker dat alle Suid Afrikaners ‘n goed gebalanseerde dieet ontvang, moet daar voldoende melk en –
produkte geproduseer word wat beskikbaar is teen bekostigbare pryse. Die totale melkproduksie in die land sal
dus moet verhoog om te voorkom dat melkprodukte ingevoer word. Die produksie van melk sal teen ‘n koste
effektiewe wyse moet plaasvind.

In hierdie Handleiding word melkproduksiebeginsels en -praktyke bespreek. Dit word onder die volgende
studievelde behandel, (i) die voeding van melkkoeie, kalwers, vervangingsverse en droë koeie, (ii) reproduksie
en teling en (iii) melkwinning. ‘n Melkery is ‘n veeleisende bedryf en ‘n goeie kennis en spesifieke vaardighede
word benodig om 'n sukses daarvan te maak. Groot kapitale insette word benodig terwyl dit op ‘n hoogs
wetenskaplike wyse bedryf kan word. Ten spyte van groot tegnologiese ontwikkelinge in melkmasjiene
en rekenaarprogramme en die uitbreiding van kennis oor die produksie van melk, is daar steeds verskeie
produsente wat melk op ‘n relatief klein skaal en op ‘n eenvoudige wyse produseer. Produsente het, ongeag
die vlak waarop hul melkerye bedryf word, steeds ‘n basiese kennis van die bedryfstak nodig. Die oogmerk
van hierdie Handleiding is om die bestuurskennis van produsente te verbeter. Daar is gepoog om ‘n aantal
bestuursbeginsels en –praktyke in ‘n eenvoudige en maklik verstaanbare wyse uiteen te sit. Dit word vertrou
dat beide beginnerboere en kommersiële produsente met jarelange ondervinding, baat hieruit sal vind.
ERKENNING
Die Handleiding bestaan uit opgedateerde inligtingstukke van die oorspronlike notas van die Voeding- en
Reproduksie- en Telingskursusse wat jaarliks op Elsenburg en later ook by die Outeniqua Navorsingsplaas
aangebied is. Nuwe gedeeltes is bygevoeg wat in Melkbees Nuusbriewe van die Eenkant Melkery verskyn het.
Die Melkwinning gedeelte van die Handleiding is die oorspronklike kursusnotas in Suiwelkunde wat mnr Norman
Robertson, voorheen verbonde aan die Suiwellaboratorium van die Landbounavorsingsraad op Elsenburg, by die
Elsenburg Landbou Kollege oor baie jare aangebied het.

Erkenning word hiermee gegee aan verskeie voormalige en huidige beamptes van die Wes-Kaapse Departement
van Landbou, asook ander persone wat op een of meer kere by die kursusse betrokke was en wat lesings
aangebied en kursusmateriaal voorberei het. Die volgende persone het veral bydraes gelewer:

Drr. Japie Conradie (Parmalat), Emilé du Plessis (Riversdal Dierehospitaal), Francois van Niekerk (Universiteit
van Stellenbosch), Robin Meeske en mnre. Koos Baard, Willem Burger, Ted d’Hangest d’Yvoy, Jakkie du Toit
(Melkaantekening, Landbounavorsingsraad), Pieter Langenegger, Antony Louw, Kobus Lessing (Towerkop
Kaasfabriek).

Persone wat demonstrasies aan boere tydens kursusse aangebied het, is onder andere: Drr. Rudolph Visser, Pieter
Koen, Dempsey de Lange, Philip Botha en mnre. Gerrit van der Merwe en Arthur Shipman.

Mejj. Philda Adams en Ria van Dalen van die oorspronklike tiksterspoel op Elsenburg word ook hiermee bedank vir
hul groot insette tydens die periode wat die verskillende kursusse aangebied was.
NUTTIGE INLIGTING
Die liggaamsmassa van Holsteinkoeie varieer van 550 tot 750 kg, terwyl Jerseykoeie sowat 350 tot 500 kg
weeg. Koeie word swaarder soos hulle ouer word en bereik gewoonlik ‘n maksimum liggaamsmassa in vierde
tot vyfde laktasie.

Die geboortemassa van Holsteinverskalwers is sowat 35 kg, terwyl Jerseyverskalwers by geboorte sowat 25 kg
weeg.

Verse is geslagsryp op 8 tot 9 maande ouderdom, maar hulle word gewoonlik vanaf 13 maande ouderdom
gedek om op 24 maande ouderdom vir die eerste keer te kalf. ‘n Minimum liggaamsmassa kan ook gebruik
word om te bepaal wanneer verse gereed is om gedek te word. Jerseyverse behoort ten minste 190 tot 210 kg
te weeg, terwyl Holsteinverse sowat 300 tot 320 kg behoort te weeg.

Dragtigheid by melkkoeie duur sowat 278 tot 285 dae. Indien die dekdatum bekend is, kan die verwagte
kalfdatum bepaal word deur 280 dae by die dekdatum te tel.

Die drie weke periode voor die verwagte kalfdatum is belangrik omdat koeie gedurende hierdie stadium gereed
gemaak word vir die volgende laktasie. Dit staan as die opstoomproses bekend. Dit beteken dat die rumen van
koeie gereed gemaak word vir ‘n hoër voedingsvlak, veral kragvoer, om ‘n hoër melkproduksie na kalf te kan
handhaaf. Die hoeveelheid kragvoer wat koeie ontvang, word weekliks meer gemaak, vanaf sowat 1 kg per dag
in week 1 tot sowat 3 kg per dag in week 3. Dit gee die geleentheid vir rumenbakterieë om aan te pas by die
hoër kragvoerdieet wat in die laktasie gevoer gaan word.

Die totale daaglikse voerinname van Holsteinkoeie is sowat 3.5% van liggaamsmassa, terwyl Jerseykoeie sowat
4.0% van liggaamsmassa sal inneem. Dit beteken dat Holsteinkoeie sowat 21 tot 26 kg per dag sal vreet terwyl
Jerseykoeie sowat 14 tot 18 kg per dag sal vreet. Groter koeie met veral hoër melkproduksies het gewoonlik ‘n
hoër voerinname.

Koeie kom elke sowat 19 tot 21 dae op hitte en toon stilstaande hitte vir hoogstens 6 tot 18 uur. Stilstaande
hitte vind plaas wanneer ‘n koei wat op hitte is, stil staan sodat ander koeie (of ‘n bul) op haar kan ry. So ‘n
koei word dan gewoonlik sowat 12 uur later geïnsemineer sodat dit naby ovulasie plaasvind.
INHOUD

MELKBEESVOEDING
1 Algemene inleiding 1

2 Herkouervoeding en -vertering 5

3 Die vertering van voedingstowwe deur die melkkoei 8

4 Ekonomiese aspekte van melkbeesvoeding 11

5 Voedingseienskappe van voere 16

6 Die chemiese samestelling van voere 23

7 Die selfmaal en -meng van rantsoene vir melkbeeste 28



8 Die grootmaak van verskalwers tot 3-maande ouderdom 34

9 Die voeding van vervangingsverse tot eerste kalwing 38

10 Die voeding van lakterende koeie 43

11 Die voeding en bestuur van droë koeie 47

12 Buffers, giste, vette en BST in melkbeesvoeding 51

13 Voerkrippe vir melkbeeste 57

14 Die bestuur van koeie op weiding 60

15 Kragvoeraanvulling in weidingstelsels 64

16 Kondisiepunt van melkkoeie 66

17 Skaduweevoorsiening aan melkkoeie 70


REPRODUKSIE EN TELING
1 Anatomie en fisiologie van die koei se geslagstelsel 72

2 Belangrike bestuursaspekte van net voor kalwing tot met bevrugting 76

3 Rekordhouding in melkkuddes 78

4 Reproduksiebestuur in melkkuddes 81

5 Belangrike reproduksienorme vir ’n melkkudde 86

6 Hoe om die reproduksiebestuurspeil in ‘n melkkudde te bepaal 88

7 Die vloei van koeie in ‘n melkkudde 91

8 Teeltvordering in melkkuddes, en die seleksie van verse 94

9 Die uitskot van eerstelaktasiekoeie 98

10 Die seleksie van bulle 102

11 Voordele en vertolking van die Melkaantekening­skema 106

MELKBEESWINNING
1 Die koei-uier, sakreaksie en stalroetine 110

2 Die samestelling van melk 117

3 Faktore wat melkvolume en -samestelling beïnvloed 121

4 Melkhigiëne 128

5 Melkbemarking 136

6 Die melkmasjien 140


LYS VAN AFKORTINGS
% Persentasie
ADF Suurbestande vesel
AKW Aangesuurde kookwater
BLUP “Best Linear Unbiased Prediction”
BST Beessomatotropien
Ca Kalsium
CIP Sirkulasie-in-die-plek
CO2 Koolsuurgas
Cu Koper
DiCaP Di-kalsiumfosfaat
DM Droë materiaal
DMI Droë materiaalinname
dpm Dele per miljoen
EBV Beraamde teeltwaarde
Fe Yster
FSH Follikelstimulerende hormoon
GDT Gemiddelde daaglikse toename
HPK Hoëproteïenkonsentraat
K Kalium
KI Kunsmatige inseminasie
KSOKM Katoensaad-oliekoekmeel
KV Kontemporêre vergelyking
KW Komponente waarde
LH Luteïniserende hormoon
Mg Magnesium
MgO Magnesium-oksied
Mn Mangaan
Na Natrium
NaHCO3 Natriumbikarbonaat (Koeksoda)
NDF Neutraalbestande vesel
NDP Nie-degradeerbare proteïen
NH3 Ammoniak
NPN Nie-proteïenstikstof
NRC National Research Council
NVK Nie-veselkoolhidrate
P Fosfor
PBV Voorspelde teeltwaarde
RDP Rumen-degradeerbare proteïen
RP Ruproteïene
RPM “Rising plate meter”
SA Standaard afwyking
Se Selenium
SST Somatiese seltelling
SVK Spysverteringskanaal
TMR Volledig gemengde rantsoen
TVV Totale verteerbare voedingstowwe
VGM Vetgekorrigeerde melkproduksie
VSA Verenigde State van Amerika
Zn Sink
Hoofstuk 1
Algemene Inleiding
Melkkoeie is die produksie-eenhede in ʼn melkery. Vir melkproduksie om te begin, moet koeie kalf. Met kalwing
word vers- en bulkalwers gebore. Verskalwers word grootgemaak om die koeie te vervang wat om verskillende
redes, soos mastitis (uierontsteking), onvrugbaarheid, lae melkproduksie, beserings of siektes, uit die
melkkudde geskot word. Produsente se bestuurspeil het ʼn groot invloed op die aantal koeie in die kudde wat as
uitskotdiere aangewys word. Bulkalwers word gewoonlik op ʼn jong ouderdom vir die vleismark verkoop, terwyl
sommige telers bulle vir teeltdoeleindes grootmaak.

Aangesien melk die hoofinkomste van ʼn melkery is, moet daar altyd ʼn voldoende aantal melkkoeie in ʼn kudde
wees, met ʼn optimale verhouding van produserende tot nie-produserende diere. Melkkoeie verkeer gewoonlik
in een van twee produksiestadiums, naamlik lakterend (oftewel ‘in die melk’) of nie-lakterend (oftewel ‘droog’).
Nadat koeie gekalf het, word hulle vir sowat 300 dae gemelk, waarná hulle vir sowat 60 dae droog is voordat
hulle weer kalf. Koeie wat ná kalwing moeilik herbeset raak, kan langer gemelk word, maar die droë periode
moet nie korter as sowat 50 dae wees nie.

Melkkoeie begin hul lewe as verskalwers, waarná hulle teen ʼn rasspesifieke groeitempo groei (met ander
woorde in liggaamsmassa toeneem) om op sowat tweejarige ouderdom die eerste keer te kalf. Verskalwers
weeg by geboorte sowat 6–7% van die moeder se liggaamsmassa. Jerseykoeie weeg 380–420 kg, en dus
weeg hulle verskalwers ongeveer 25 kg by geboorte. Holsteinkoeie weeg weer 560–620 kg, wat op hul beurt
verskalwers van 35–38 kg by geboorte oplewer. Die liggaamsmassatoename van Jersey- en Holsteinverskalwers
behoort onderskeidelik ongeveer 0.40–0.45 kg en 0.65–0.75 kg per dag te wees. Daar is ʼn groot variasie in
die liggaamsmassa van koeie op verskillende ouderdomme, en dus kan die groeitempo van individuele verse
aansienlik verskil. Om die groei van verse en koeie te monitor, is dit belangrik dat hulle gereeld, verkieslik
een keer per maand, geweeg word. Verse bereik geslagsrypheid teen ‘n ouderdom van 8–9 maande. Hulle
word as ‘n reël vir die eerste keer gedek nadat hulle reeds 13 maande oud is en ‘n rasspesifieke minimum
liggaamsmassa bereik het. Vir Jerseyverse is dié liggaamsmassa sowat 190–210 kg, en vir Holsteinverse 300–
320 kg.

Nadat ‘n vers vir die eerste keer gekalf het, is sy ‘n koei en word haar ouderdom gewoonlik aangedui na
aanleiding van die aantal kere wat sy gekalf het, naamlik ‘n eerste-, tweede- of derdekalfkoei. Die daaglikse
melkproduksie van koeie volg gedurende die laktasieperiode ‘n bepaalde patroon. Na kalwing neem die
hoeveelheid melk wat koeie daagliks produseer, vinnig toe, en bereik ‘n piekproduksie sowat ses tot agt

1
weke na kalf. Hierna kan die hoeveelheid melk wat ‘n koei per dag produseer aanvanklik op dieselfde vlak bly
waarna dit geleidelik begin afneem teen ‘n tempo van sowat 0.3 tot 0.6% per week. Die tempo van afname
na piekproduksie dui op die volhoubaarheid van produksie gedurende die laktasie. Dié tempo van afname
varieer tussen koeie. Die totale melkproduksie in ‘n laktasie is die gekombineerde effek van piekproduksie
en volhoubaarheid van produksie oor die laktasieperiode. Die genetiese meriete van koeie, hul voedingspeil
en –bestuur het ‘n belangrike invloed op die piekproduksie en volhoubaarheid van melkproduksie gedurende
die laktasieperiode. Koeie met ‘n laer genetiese meriete sal met die beste voedingspeil steeds minder melk
produseer as koeie met ‘n hoër teeltwaarde vir melk. Bulle het die grootse invloed op die genetiese meriete van
‘n melkkudde. Die genetiese meriete van bulle bepaal dus tot ‘n groot mate die totale hoeveelheid melk wat in
‘n kudde geproduseer word.

Let daarop dat die resultaat van ‘n besluit om vandag ‘n bepaalde bul of groep bulle in ‘n kudde te gebruik,
eers na sowat vyf tot agt jaar gesien word. ‘n Melkkudde soos dit op ‘n bepaalde dag daar uitsien, reflekteer die
resultaat van besluite wat sowat agt tot 10 jaar gelede geneem is. Huidige lae melkproduksies in ‘n melkkudde
kan dikwels toegeskryf word aan lae teeltwaarde bulle wat in die verlede gebruik is. Bulle met bo-gemiddelde
teeltwaardes vir produksie eienskappe behoort dus op ‘n deurlopende basis gebruik te word.

Melkkoeie het ‘n unieke spysverteringstelsel en kan ruvoere (hooie, kuilvoere, weidings en strooie) en
kragvoere soos grane (mielies, koring, gars en hawer) asook proteïenbronne soos vismeel, katoensaad-
oliekoekmeel en sojaboontjie-oliekoekmeel benut. Omdat koeie herkouers is, kan hulle voersoorte benut
wat nie deur mense gebruik word nie. Die herkouermaag bestaan uit vier kompartemente, die retikulum
(ruitjiespens), rumen (grootpens), omasum (blaarpens) en abomasum (melkpens). Dié vier kompartemente
funksioneer as ‘n eenheid. Die rumen maak sowat 80% van die maag uit en het ‘n inhoudsmaat van nagenoeg
160 liter. Dit is ‘n groot fermentasie- of gistingsvat wat groot hoeveelhede bakterieë, protosoë en ander
organismes bevat wat in die rumen in simbiose met die koei leef. Hierdie organismes is verantwoordelik vir die
vertering van veral sellulose in ruvoere.

Koeie moet herkou om ‘n gesonde rumen te kan handhaaf. Wanneer koeie vreet, word die voer in fyn
stukkies gekou en ingesluk. Die langste voerdeeltjies vorm ‘n mat bo in die rumen met fyner deeltjies laer
af. Deur gereelde ritmiese sametrekkings van die rumen beweeg die langer voerdeeltjies tot in die retikulum
waarvandaan dit weer tot in die bek opgebring word waar dit weer gekou word. Met voldoende growwe ruvoer
in die dieet, herkou koeie sowat 8–9 uur per dag. Speeksel word tydens die herkou-aksie afgeskei en met die
voer gemeng. Dit bevat natriumbikarbonaat wat ‘n buffer is en die suurheid in die rumen neutraliseer. Die
rumenmat verdwyn indien die ruvoer in die koei se dieet te min of te fyn gemaal is of wanneer baie kragvoer
gevoer word. Dit het tot gevolg dat koeie minder herhou sodat die suurheidsgraad van die rumeninhoud
toeneem tot ‘n vlak waar ‘n metaboliese siektetoestand, asidose, ontstaan. By ‘n pH laer as 5.5 word van die
mikro-organismes wat sellulose verteer, vernietig sodat minder asynsuur geproduseer word. Dit het tot gevolg
dat die bottervetpersentasie in die melk daal. Wanneer die rumen suur is, word rumensametrekkings onderdruk
en kan selfs heeltemal staak. Aanhoudende hoë suurvlakke kan die papillae in die rumenwand beskadig terwyl
absesse in die lewer gevorm kan word. Vir ‘n gesonde rumen moet die ruvoergedeelte van die melkkoei se dieet
verkieslik nooit minder as 35% wees nie. Indien hoër kragvoervlakke egter gevoer word, byvoorbeeld in vroeë
laktasie, behoort ‘n buffer by die kragvoer ingesluit te word. Kragvoer kan ook meer kere per dag gevoer word.

Die hoeveelheid melk wat ‘n koei op ‘n dag produseer, is grootliks afhanklik van die kwaliteit van die voer
wat sy op ‘n deurlopende basis ontvang. Hoe beter die kwaliteit van ruvoere in terme van die ruproteïene- en
energie-inhoud daarvan, hoe minder gekonsentreede voer of kragvoer word benodig.

Koeie vreet groot hoeveelhede voer per dag en hulle drink sowat 80 tot 120 liter water per dag. Koeie drink
meer water wanneer dit warmer is, terwyl hulle minder water drink saam met voere met ‘n hoë voginhoud.

2
Alle voere bevat vog en ‘n droë materiaal (DM) gedeelte. Selfs droë ruvoere soos hooi en strooi bevat sowat 8
tot 10% vog. Kuilvoere bevat sowat 65% vog en weidings sowat 85% vog. Die DM gedeelte van voere bevat
die proteïene, energie, minerale en vitamienes wat die koeie gaan benut om te kan produseer. Die daaglikse
voerinname van Jerseykoeie is sowat 15 kg DM per dag, terwyl Holsteinkoeie sowat 25 kg DM per dag vreet.
Koeie met hoër melkproduksies het gewoonlik hoër voerinnames. Dié toename is egter nie reglynig nie en word
deur rumenkapasiteit beperk.

Voerkrippe moet groot genoeg wees om groot hoeveelhede voer te kan ontvang. Krippe hoef nie wyer as
850 mm te wees nie, tensy koeie van beide kante af moet vreet. Dan moet die krip ten minste 1.2 m breed
wees. Dit sal voldoende kopspasie vir koeie verseker. Koeie vreet makliker indien die vloer van die krip sowat
10 cm hoër is as die vlak waarop hulle staan. ‘n Skofbalk word ook gewoonlik aan die voorkant van die krip
aangebring. Dit is om te keer dat koeie nie deur die krip stap nie en om hul kopbewegings te beperk. Dit is
veral nodig wanneer growwe, ongemaalde of laegraadse ruvoere gevoer word. Die skofbalk kan sowat
650-700 mm bokant die keelbalk wees. Hoe laer die skofbalk, hoe meer word die kopbewegings van die koeie
beperk, maar kan koeie beseer word indien hulle uitermatig moet rek om by die kos te kom. Die drukking op
die skofbalk is minder indien dit ‘n entjie vorentoe oor die krip is. Sowat 15 tot 20 cm is voldoende om die
druk op die skofbalk te verminder. Die pale waaraan die skofbal vas is, moet so gespasieer word om voldoende
vreetspasie aan koeie te verseker. Holstein- en Jerseykoeie het onderskeidelik sowat 700 tot 750 en 550 tot
650 mm vreetspasie per koei nodig. Pale moet dus in kombinasies van hierdie afstande ingeplant word.

Die meeste ruvoere bevat op hul eie gewoonlik nie voldoende voedingstowwe vir hoë melkproduksies nie.
Vir hierdie rede word gekonsentreerde voere (kragvoer) soos grane en proteïenbronne soos katoensaad-
oliekoekmeel ook aan koeie gevoer. Dié kragvoere kan apart gemeng en afsonderlik gevoer word of dit kan
saam met die ruvoer in ‘n totale mengsel gevoer word. Die hoeveelheid kragvoer wat aan koeie gevoer word,
sal afhang van die hoeveelheid melk wat ‘n koei op ‘n daaglikse basis produseer, asook die kwaliteit van die
ruvoer wat voorsien word. Op ‘n goeie grasklawerweiding sal 4 tot 6 kg kragvoer per dag vir Jerseykoeie
voldoende wees, terwyl 8 tot 12 kg per dag vir Holsteinkoeie voldoende sal wees. Koeie wat ruvoere soos
hawerhooi en koringstrooi ontvang, benodig aansienlik groter hoeveelhede kragvoer om hoë melkproduksiepeile
te kan handhaaf. Koeie word gewoonlik twee keer per dag gevoer. Die voermengsel moet korrek geformuleer en
gemeng word om spysverteringsteurnisse te voorkom.

Koeie produseer melk in die uier op ‘n aanhoudende basis totdat dit vol is. Koeie word as ‘n reël twee keer per
dag gemelk, naamlik vroegoggend en laatmiddag. Meer melkings per dag stimuleer ‘n hoër melkproduksie.
Laag produserende koeie kan ook net een keer per dag gemelk word. Vir die melk om te vloei, moet die
hormoon oksitosien afgeskei word. Die afskeiding van dié hormoon word gestop deur die hormoon adrenalien
wat deur koeie afgeskei word indien hulle onder spanning verkeer. Vir dié rede moet die melkproses baie rustig
wees. Koeie kan letterlik hul melk wegskrik. Voordat koeie gemelk word, word hul spene gewas en afgedroog
waarna die melkproses kan begin. Koeie wat mastitis ontwikkel, moet dadelik behandel word en indien dit
gereeld voorkom moet die oorsaak vasgestel word. Dit is finansieel baie skadelik indien daar ‘n groot voorkoms
van mastitis in ‘n kudde is. Die melkproduksie van koeie word benadeel selfs al het hulle net subkliniese
mastitis.

Die voeding van melkkoeie kan eenvoudig wees, byvoorbeeld koeie loop op aangeplante weiding en ontvang
‘n klein hoeveelheid kragvoer tydens melktyd. Vir winsgewende melkproduksies moet die totale dieet korrek
geformuleer en gemeng word. ‘n Melkery benodig ‘n hoë kapitale investering in terme van diere en toerusting,
terwyl ‘n goeie kennis van melkbeesvoeding nodig is om koeie reg te kan voer.

In hierdie Handleiding word beginsels en praktyke van goeie melkboerderystelsels bespreek. Die aantal koeie
in melkkuddes het oor die afgelope 30 jaar meer as verdubbel, terwyl melkportale groter geword het en die

3
melkwinningsproses vergemaklik is. In moderne melkportale kan ‘n groot hoeveelheid koeie met slegs enkele
melkers gemelk word. In ‘n roterende melkportaal met 50 melkpunte kan 4 of 5 melkers gemaklik 300 koeie
per uur melk. Gelyktydig hiermee is geskikte rekenaarprogramme ontwikkel om die bestuur van melkkoeie te
vergemaklik en te verbeter. ‘n Groot hoeveelheid inligting word daagliks van elke koei versamel terwyl hulle
gemelk word. Inligting wat versamel word, is die volgende: die daaglikse melkproduksie (vir elke melking asook
die totale daaglikse melkproduksie), die konduktiwiteit van die melk (dit is ‘n aanduiding van die voorkoms van
mastitis), hoe aktief koeie was in die voorafgaande periode voor die huidige melking (dit is ‘n aanduiding of
die koei moontlik op hitte kan wees), terwyl koeie ook na elke melking geweeg word wanneer hulle op pad uit
die melkportaal oor ‘n skaal stap. Al hierdie inligting kan gebruik word om elke koei in die kudde optimaal te
bestuur. So kan vasgestel word wanneer koeie vir mastitis behandel moet word, wanneer koeie geïnsemineer
moet word asook om te sien of hulle siek is weens ‘n drastiese afname in hul liggaamsmassa en melkproduksie.

Ten spyte van hierdie ontwikkeling in tegnologie, is daar steeds ‘n groot aantal produsente wat melk op ‘n
relatief klein skaal en op ‘n eenvoudige wyse produseer. Ongeag die vlak waarop ‘n melkery bedryf word, is
dit noodsaaklik dat produsente oor ‘n basiese kennis van melkbeesboerdery beskik. Toepaslike inligting moet
ook deurgaans versamel word om melkkuddes te kan bestuur. Die oogmerk van hierdie handleiding is om die
basiese bestuurskennis van persone betrokke by melkerye te verbeter. Daar is gepoog om ‘n aantal bestuurs-
aspekte en -beginsels in ‘n eenvoudige en maklik verstaanbare wyse uiteen te sit. Dit word vertrou dat beide
beginnerboere en kommersiële produsente met jarelange ondervinding hieruit baat sal vind.

4
Hoofstuk 2
Herkouervoeding en -vertering

Inleiding
Die hedendaagse melkkoei is sonder twyfel een van die natuur se merkwaardigste suksesverhale. Koeie is
besonder doeltreffend in dié sin dat hulle in staat is om ruvoer om te sit na menslike voedsel. So kan ‘n melk-
koei met ‘n produksie van 7200 kg melk oor ‘n 10-maande laktasieperiode byvoorbeeld 225 kg proteïene, 254
kg bottervet en sowat 50 kg minerale produseer. Dié hoeveelheid proteïene is voldoende om in die proteïen-
behoeftes van ‘n volwasse man vir nagenoeg 10 jaar te voorsien, sy energiebehoeftes vir 5 jaar en genoeg
kalsium vir 30 jaar. Om hierdie indrukwekkende vervaardigingsprestasies te kan lewer, het die melkkoei ‘n hoog
gespesialiseerde verteringsisteem waarin voere wat nie deur die mens benut kan word nie, geprosesseer word
na produkte wat geskik is vir menslike gebruik. Hoe beter die kwaliteit van dié voerbronne, hoe beter is die
prosessering van voere in die koei. Om melkkoeie dus op ‘n sinvolle en winsgewende manier te voer, is ‘n goeie
agtergrondskennis van die funksionering van die herkouerspysverteringstelsel noodsaaklik.

Die herkourmaag
Die herkouermaag bestaan uit vier kompartemente, naamlik die retikulum (ruitjiespens), die rumen (groot-
pens), omasum (blaarpens) en die abomasum (melkpens) (sien Figuur 1). Die vier kompartemente funksioneer
as ‘n eenheid.

Retikulum Figuur 1: Die maag van ’n melkkoei


Die retikulum maak sowat 5%
van die herkouermaag uit. Dit
is ‘n flesvormige komparte-
ment waarvan die binnewande
kenmerkend soos ’n heun-
ingkoek of ruitjies lyk. Dit
funksioneer in tandem met die
rumen en dit word dikwels die
retikulo-rumen genoem.

Die retikulum het twee belang-


rike funksies:
• Sametrekkings van die
retikulumwand inisieer die
herkou-aksie. Hiermee word
growwe ruvoergedeeltes
uit die rumen deur die
slukderm na die bek terug-
gevoer om weer gekou te
word. Dit staan as die herkou-aksie bekend.
• Dit dien ook as ‘n beskermsorgaan deurdat vreemde voorwerpe soos glas, stukkies draad, ens. wat in die
voer mag voorkom, hierin vasgevang word.

Rumen
In die volwasse melkkoei maak die rumen sowat 80% van die maag uit met ‘n inhoudsmaat van nagenoeg 160

5
liter. Dit is eintlik ‘n groot fermentasie- of gistingsvat. Daar is miljoene mikro-organismes (bakterieë, protosoë
en sekere fungi) in die rumen wat in simbiose met die gasheer leef. Hierdie organismes is verantwoordelik vir
die groot verskeidenheid verterings- en sinteseprosesse wat in die rumen plaasvind. In die rumen is geen suur-
stof nie en lewe die mikro-organismes dus in ‘n anaërobiese (suurstof vrye) omgewing. Rumenbakterieë kom in
groter hoeveelhede voor en is ook meer kompleks as protosoë. Daar is sowat 2-4 x 109 rumenbakterieë en
1 x 106 protosoë per mℓ rumenvloeistof. Die belangrikste groep rumenbakterieë is dié wat die ensiem sellulase,
afskei, aangesien hulle verantwoordelik is vir die vertering van sellulose in vesel. Beide sellulitiese bakterieë en
protosoë is gevoelig vir wisselinge in die suurheidsgraad van die rumen. Wanneer die vloeistof in die rumen baie
suur word, byvoorbeeld pH-peile van laer as 5.5, gaan groot hoeveelhede van hierdie sellulitiese bakterieë en
protosoë dood. Dit vind veral plaas wanneer melkkoeie baie hoë kragvoerpeile ontvang terwyl die ruvoer in die
dieet ook fyn gemaal is.

In die rumen het die mikro-organismes drie belangrike take:


• Organiese materiaal in voere word deur fermentasie na relatief eenvoudige verbindings soos ammoniak
en vlugtige vetsure afgebreek. Hierdie vlugtige vetsure voorsien sowat 50-70% van die daaglikse ener-
giebehoeftes van koeie. Vlugtige vetsure soos asyn-, propioon- en bottersuur maak ongeveer 90% van die
rumenvetsure uit. Elkeen van hierdie vetsure word deur ‘n spesifieke tipe bakterie geproduseer. Elke tipe
bakterie funksioneer by ‘n spesifiek pH-peil of suurheidsgraad. Die fermentasie van sellulose, wat die groot-
ste gedeelte van die veselfraksie van plantaardige voere uitmaak, vind by ‘n pH van 6.5-6.8 plaas. Dit lewer
asynsuur as eindproduk, wat weereens ‘n voorloper van bottervet is. Bakterieë wat stysel afbreek en propi-
oonsuur vorm, is aktief in ‘n ietwat suurder omgewing (pH van 6.2–6.5).
• Proteolitiese bakterieë en sommige van die protosoë breek ‘n gedeelte van die voerproteïene af na amino-
sure en ammoniak. Hierdie produkte word dan weer deur die rumenmikrobes self gebruik om mikrobe-
proteïene te vorm. Soos hierdie rumenmikrobes doodgaan, word hulle in die laer spysverteringskanaal deur
ensieme afgebreek en deur die koei as ‘n proteïenbron benut.
• Die mikro-organismes in die rumen is ook in staat om die wateroplosbare B-groep vitamiene te sintetiseer.
Dit is dus onnodig dat die melkkoei haar volle vitamienbehoeftes as supplemente ontvang.

Omasum
Die omasum maak sowat 8% van die totale herkouermaag uit. Dit is met talle weefselvoue uitgevoer. Water in
die voer word deur hierdie lae geabsorbeer. Die weefselvoue druk en maak die voerdeeltjies ook nog fyner.

Abomasum
Die abomasum maak sowat 7% van die herkouermaag uit. Dit is die enigste gedeelte van die herkouermaag
waar verteringsappe afgeskei word. Dit word daarom as die ware maag beskou. Die verteringsappe bevat ver-
skeie ensieme soos pepsien en rennien wat vir proteïenvertering verantwoordelik is. Die abomasum het ‘n hoë
suurheidsgraad (pH van 2-2.5) en daarom oorleef geen mikro-organisme wat hier beland nie. Weinig of geen
vertering van vette, sellulose of stysel vind hier plaas nie. Die voer bly gewoonlik vir ongeveer 60 uur in die re-
tikulo-rumen, vir agt uur in die omasum en vir drie uur in die abomasum. Hierna beweeg dit uit die abomasum,
en beland in die dunderm, waar die afskeidings van die milt en lewer die voer verder ensiematies in eenvoudi-
ger verbindings afbreek wat in die bloedstroom opgeneem word.

Rumengesondheid
Die doeltreffendheid van die fermentasieprosesse in die rumen hang af van die aanwesigheid en instand-
houding van ʼn drywende mat growwe voerdeeltjies in die rumen (Figuur 2). Hierdie veselrige rumenmat vervul
ʼn noodsaaklike funksie, omdat dit fyner voerdeeltjies vasvang en terselfdertyd die talle rumenmikro-organismes
huisves.

6
Wanneer ‘n koei vreet, word die voer in fyn stuk- Figuur 2: Die Rumenmat
kies gekou en met speeksel gemeng. Hierdie
mengsel, of voerbolus, word ingesluk, en beland
in die rumen. Die langste voerdeeltjies beland in
die boonste laag van die mat, terwyl die fyner
deeltjies laer af voorkom. Die rumen trek ritmies
saam (twee tot vier keer per minuut). Die langste
voerdeeltjies beweeg na agter en dan af tot in die
retikulum. Die retikulum sit die herkouaksie of -re-
fleks aan die gang om ʼn voerbolus tot in die bek
op te bring om weer gekou te word.

Normaalweg herkou ‘n melkkoei sowat 8–9 uur per dag. Speeksel word tydens die herkou-aksie afgeskei en
met die voer gemeng. Dit bevat natriumbikarbonaat (NaHCO3) wat ‘n natuurlike buffer is. Die suurheid van die
rumen word hiermee geneutraliseer sodat die pH in die rumen by 6.5 gehou word. Wanneer te min ruvesel in
die koei se dieet is, soos wanneer sy baie kragvoer en min ruvoer ontvang, of waar die ruvoer te fyn gemaal is
(fyner as 25 mm), kan die volgende plaasvind:
• Die rumenmat disintegreer en verloor die vermoë om die mikrobe-bevolking te huisves en voerdeeltjies
vas te vang. Voerdeeltjies beweeg dus vinniger deur die rumen, en het swakker vertering tot gevolg.
• Die herkou-refleks word minder gestimuleer. Dít beteken dat koeie minder herkou, en gevolglik minder
speeksel, en daarmee saam minder van die buffer, afskei.
• Weens ʼn stygende suurheidsgraad in die rumen daal die pH, en ontstaan ʼn siektetoestand, asidose. By
ʼn pH laer as 5.5 word van die mikro-organismes wat sellulose verteer, vernietig. Dit verminder asyn-
suurproduksie en gevolglik ook die bottervetpersentasie in die melk.
• By ʼn hoë suurheidsgraad word rumensametrekkings onderdruk, en kan dit selfs heeltemal ophou.
• Aanhoudende hoë suurvlakke kan die rumenwand (veral die papille) beskadig, en tot absesse in die
lewer lei. Bakterieë wat normaalweg net in die rumen voorkom, kan ook in die bloedstroom beland en
die lewer beskadig.

Om die rumen gesond te hou en normaal te laat werk, moet ruvoer verkieslik nooit minder as 35% van die
melkkoei se totale dieet uitmaak nie. Indien hoër kragvoervlakke egter gevoer word, byvoorbeeld in vroeglak-
tasie, behoort ʼn buffer by die kragvoer ingesluit te word. Ingeval die dieet baie suiwelmeel bevat, kan dit ook
meer keer per dag gevoer word.

7
Hoofstuk 3
Die vertering van voedingstowwe deur die melkkoei

Inleiding
Vertering is die beginpunt in die hele voerbenuttingsproses, en behels die afbreek van organiese voerbestand-
dele in eenvoudige verbindings wat deur die slymvliese van die spysverteringskanaal (SVK) na die bloedstroom
kan beweeg. By melkkoeie (soos by alle herkouers) vind vertering meganies, chemies en mikrobies plaas. Die
meganiese proses behels die kou en herkou van voere, sowel as die spiersametrekkings van die rumen. Che-
miese prosesse vind plaas deur middel van ensieme wat koeie afskei. Mikrobiese vertering is ook ensiematies
van aard, maar word in hierdie geval deur die werking van tientalle mikro-organismes (bakterieë en protosoë)
teweeggebring wat in die hoogs gespesialiseerde herkouermaag voorkom, en in simbiose met koeie leef.

Proteïenvertering
Die ruproteïen-inhoud (RP) van grondstowwe (voere) word op grond van die totale stikstofinhoud daarvan ber-
eken. Die stikstofinhoud van voere kom van ware proteïene, vry aminosure, amiede, amiene, nitrate en ander
ammoniakverbindings. Alle voere bevat daarom ware proteïene én ʼn proteïengedeelte wat as nie-proteïenstik-
stof (NPN) bekend staan. Dít word ook by die berekening van RP ingesluit.

Aanvanklik het die proteïengehalte van melkkoeidiëte nie veel aandag ontvang nie, aangesien die mikrobes die
rumenproteïene in die dieet na eenvoudiger strukture, soos koolsuurgas (CO2), vlugtige vetsure, metaan en
ammoniak (NH3), afbreek. Die rumenmikrobes gebruik hierdie eindprodukte om hul eie proteïene te vervaardig,
wat weer later in die laer SVK tot aminosuurvlak verteer word.

Dit is egter vandag algemeen bekend dat hoog produserende melkkoeie meer ware proteïene nodig het as wat
die mikrobes kan verskaf. Proteïenbronne word nie almal heeltemal in die rumen degradeer of afgebreek nie.
ʼn Gedeelte daarvan ontsnap mikrobiese fermentasie (degradasie), en vloei na die abomasum en dunderm vir
verdere vertering. Grondstowwe bevat dus in werklikheid die volgende twee tipes proteïene:

• Rumen-degradeerbare proteïene (RDP): Dit is proteïene wat in die rumen na eenvoudige verbindings
soos NH3 afgebreek word, en dan hergebruik
word vir die sintese van mikrobeproteïene. Figuur 1. ’n Skematiese voorstelling van proteïenvertering
• Nie-degradeerbare proteïene (NDP), of deur die melkkoei
Rumenverbyvloeiproteïen
verbyvloei-proteïene: Dit is proteïene wat teen
mikrobe-afbreking bestand is en ensiematies in
Voerproteïen Geabsorbeer in
die laer SVK verteer word, waarná die dier dit
bloedstroom
kan benut (Figuur 1).
Faeces

Die degradeerbaarheid in die rumen van die meeste


NPN
grondstowwe wissel van ongeveer 40% tot 100%. Ware proteïen Verteerde voedsel
So is die degradeerbaarheid van vismeelproteïene
Bakterieë
slegs 30%, terwyl die res verbyvloei. Vismeel word
daarom as ʼn goeie bron van verbyvloei-proteïene
Bakteriese proteïen
beskou. Aan die ander kant word sowat 80% van Rumen
die proteïene in grondboonoliekoekmeel in die ru-
lewer
men afgebreek. Dit word daarom as ʼn swak bron
van verbyvloei-proteïene beskou. NPN-bronne soos Uitgeskei in urine

8
ureum word volledig in die rumen afgebreek. Na gelang van die beskikbaarheid van maklik fermenteerbare
energie in die rumen, benut rumenmikrobes hierdie proteïene om mikrobeproteïene te sintetiseer.

Indien te veel RDP voorsien word, kan die mikrobes se vermoë oorskry word om die RDP in mikrobeproteïene
om te skakel. Oortollige NH3 kom dan in die rumen voor. Hierdie oortollige NH3 het geen direkte voedings-
waarde nie, en word deur die rumenwand in die bloedstroom opgeneem. Die NH3 word in die lewer in ureum
omgeskakel, en in die urine uitgeskei. Hierdie proses verg energie wat andersins vir melkproduksie gebruik kon
word. Indien die lewer nie kan bybly om die NH3 in ureum om te skakel nie, kan dit tot NH3-vergiftiging lei, wat
oor die langtermyn dikwels verlaagde vrugbaarheid by koeie tot gevolg het. Met NPN as die enigste RP-bron, sal
koeie sowat 8 ℓ melk per dag lewer. Vir ʼn hoër melkproduksie is ‘n dieet met voldoende hoeveelhede verbyvloei-
proteïene nodig. In die totale dieet moet die RP-gedeelte sowat 60–65% RDP en 35–40% verbyvloeiproteïene
bevat.

Beskikbaarstelling van energie


Diere het energie nodig vir al hul lewensprossese, soos die talle biochemiese reaksies in selle, om beweging,
onderhoud, vertering, groei en die vervaardiging van produkte soos melk en vleis moontlik te maak. Die belang-
rikste funksie van enige voer is dus om energie te verskaf. In die geval van herkouers is koolhidrate, wat in
ruvoere, grane en graanprodukte voorkom, die hoofenergiebron. Koolhidraatbronne in plante kan hoofsaaklik in
twee groepe verdeel word, naamlik:

• wat die selwande (plantvesel) uitmaak; en


• wat in die selinhoud opgelos is.

Plantkoolhidrate kan as volg skematies uitgebeeld word:

Plantkoolhidrate

Selinhoud [[[[[[[[[[[[ Selwande

Suikers [[[[[[[[[ [[[[[[[[Stysels[[[ [[[ Pektien [[ Hemi- Sellulose Lignien


sellulose

Die selinhoud sluit in al die hoog fermenteerbare suikers en stysels, terwyl die selwande uit veselagtige koolhi-
drate, hemi-sellulose, sellulose en onoplosbare lignien bestaan. Die hoeveelheid lignien in die selwande bepaal
tot ‘n groot mate die doeltreffendheid waarmee die vesel verteer word om energie te verskaf. Die verdeling van
die bron van plantkoolhidrate en invloed wat veseltipe op verteerbaarheid het, het aanleiding gegee tot die ont-
staan van die volgende begrippe:

• Neutraalbestande vesel (NDF): Dít verwys na die selwandinhoud van voere, en bied ʼn aanduiding van
die lywigheid van die voer, wat op sy beurt voerinname beïnvloed.
• Suurbestande vesel (ADF): Dít verwys na die verteerbaarheid van die vesel in die selwande, en sluit die
minder verteerbare veseldele in.

Die verskillende komponente kan soos volg opgesom word:


• Suurbestande vesel (ADF) = Sellulose + lignien

• Neutraalbestande vesel (NDF) = Hemi-sellulose + sellulose + gedeeltelik verteer-


bare lignien

9
• Nie-veselkoolhidrate (NVK) = Suiker + stysel + pektien

As ’n algemene riglyn behoort ’n volledig gemengde dieet vir melkkoeie die volgende te bevat:

NDF - 30-36% van die DM,


ADF - 21% van die DM, en
NVK - nie minder as 30% en nie meer as 35% van die DM nie.

Rantsoene hoog in NVK word in die rumen na propioonsuur afgebreek. Hoë vlakke hiervan stimuleer die af-
skeiding van insulien, wat op sy beurt die neerlegging van liggaamsvet ten koste van melkproduksie bevorder.
Rantsoene wat ʼn oormaat suiker en stysel (en pektien) bevat, sal dus veroorsaak dat koeie meer gewig aansit,
en nie noodwendig meer melk produseer nie.

Aan die ander kant lewer rantsoene hoog in NDF, met fermentasie, proporsioneel meer asynsuur in die rumen,
wat die afskeiding van groeihormone stimuleer. In hierdie geval word melkproduksie gestimuleer, selfs ten koste
van liggaamsmassa of -kondisie.

By hoë melkproduksiepeile is dit moeilik om in ál die energiebehoeftes van koeie te voorsien. Dit word gewoon-
lik gedoen deur meer styselryke kragvoere (grane) te voer ten koste van die ruvoer- of veselgedeelte van die
dieet. Probleme wat dus dikwels by hoog produserende koeie voorkom, is suurpens, lae bottervetvlakke in die
melk, staking van voerinname, en ketose. In dié verband is dit belangrik dat ‘n bepaalde ruvoer:kragvoer ver-
houding gehandhaaf word. ʼn Kragvoer:ruvoer verhouding van 65:35 word as die boonste vlak beskou.

Die energie-digtheid van rantsoene kan verhoog word met die insluiting van dierevet en sommige plantolies
(oliesade). Dít is omdat vet 2.25 keer soveel energie bevat as graan op dieselfde eenheidsbasis. Die insluiting
van vet by die dieet hou onder andere die volgende voordele vir koeie in:

• hulle vreet minder styselbestanddele, maar handhaaf steeds ʼn hoë energie-inname,


• ʼn betreklik hoë veselinname kan gehandhaaf word,
• die doeltreffendheid van energieverbruik word verhoog. Dít is omdat vet wat ingeneem word, meer doeltref-
fend gebruik word as die energie in die liggaam se vetreserwes of wat in die vorm van koolhidrate ingeneem
word.

Daar moet nie te veel vet in die dieet ingesluit word nie, aangesien groot hoeveelhede vry vetsure in die ru-
men weereens toksies is vir die rumen mikro-organismes. Fermentasie en veral veselvertering kan verminder
word wanneer vet in die rumen ʼn lagie op die veselfraksies vorm. Vet moet dus nie meer as 7–9% van die dieet
uitmaak nie, en moet verkieslik bestaan uit 3% rumen-degradeerbare vet, 3% rumen-inerte vette (vet wat nie
in die rumen afgebreek word nie) en 3% vet wat normaal in ander grondstowwe voorkom.

10
Hoofstuk 4
Ekonomiese aspekte van melkbeesvoeding

Inleiding
Alle melkboere funksioneer binne sekere beperkings, soos hul eie bestuursvermoë, omgewingsfaktore (reënval,
water en grond), markfaktore (insetpryse, produkprys, en internasionale melkpryse) en die genetiese poten-
siaal van hul koeie. Melkboere moet egter poog om hierdie beperkings so aan te wend dat hul ondernemings
die maksimum wins maak. Die voeding van kalwers, vervangingsverse en koeie het ʼn direkte uitwerking op die
winsgewendheid van ʼn melkery, en daarom moet die voedingsbestuur van die kudde voorkeuraandag ontvang.

Voeding se bydrae tot lopende kostes


In Figuur 1 word die bydrae aangetoon wat ʼn melkkudde se Figuur 1. Die belang van voerkoste by ’n
voedingskoste tot die totale lopende koste van ʼn melkery uitmaak. melkery
Oorwegend maak voerkoste 70–80% van die lopende koste uit.
Hierdie relatiewe verhouding geld vir alle melkboerderystelsels. Dit
is derhalwe net logies dat elke melkboer ʼn soortgelyke hoeveelheid
bestuursaandag hieraan moet skenk.

ʼn Verandering in voeding maak heel dikwels op kort termyn ʼn groot


verskil aan wins, terwyl die meeste ander aspekte, soos teling, lang-
termynresultate lewer. Die tweede gedeelte van Figuur 1 dui op die
relatiewe bydrae van kragvoer en ruvoer tot voerkoste. Hoewel die
hoeveelheid kragvoer wat gevoer word slegs sowat 30–40% van die
totale hoeveelheid voer uitmaak, verteenwoordig dit 64% van die
totale voerkoste.

Faktore wat voedingskoste beïnvloed


Die belangrikste aspek in hierdie verband is die verhouding tussen
melk- en kragvoerpryse. Hoe duurder die aangekoopte kragvoer in
vergelyking met die melkprys, hoe meer sal die boer op die volgende
faktore moet let:

• Kwaliteit van ruvoer


Daar is ʼn algemene mening onder melkprodusente dat ʼn geskikte
kragvoeraanvulling vir swak ruvoer kan vergoed. Dít word veral
gesien in dele waar groot hoeveelhede laegraadse ruvoere, soos
koring-, gars- en korogstrooie, beskikbaar is. Hierdie ruvoerbronne
is eintlik afvalprodukte van die kleingraanbedryf, en produsente wil
dit graag gebruik omdat dit reeds op die plaas beskikbaar is. Hieruit spruit twee vrae, naamlik of dié ruvoer
wél vir melkproduksie gebruik kan word, en of dit ekonomies die moeite werd is. Tabel 1 toon die uitwerk-
ing van die snystadium van lusernhooi, sowel as die kragvoerpeil, op die melkproduksie van Holsteinkoeie.
Die stadium waarin lusernhooi gesny word, beïnvloed die chemiese samestelling daarvan. By ʼn meer vol-
wasse groeistadium neem veral die ruveselinhoud toe, terwyl die verteerbaarheid van die ruvesel in die hooi
afneem. Dít beteken dat die gehalte van die lusernhooi in sy geheel afneem van die voorblom- tot die volb-
lomstadium. Uit Tabel 1 blyk dit ook dat die melkproduksie van koeie by hoër kragvoerpeile toeneem, maar
dat die melkproduksie afneem namate ruvoergehalte afneem. Dít beteken dat ruvoer van ʼn lae gehalte
saam met ʼn hoë kragvoeraanvulling nie dieselfde melkproduksie lewer as goeie ruvoer nie, selfs nie indien
laasgenoemde saam met laer kragvoeraanvullingspeile gevoer word nie.
11
Tabel 1. Die invloed van lusernkwaliteit (snystadium) en kragvoervlak op die 4% vetgekorrigeerde melk-
produksie (VGM) van Holsteinkoeie
Kragvoer in totale dieet (%)
Snystadium 20 37 54 71
Voor blom (kg VGM/koei/dag) 29 40 42 41
Vroeg blom (kg VGM/koei/dag) 32 33 37 36
Mid blom (kg VGM/koei/dag) 27 29 31 30
Volle blom (kg VGM/koei/dag) 26 27 29 31

Tabel 2 toon die gesamentlike uitwerking van lusernkwaliteit (snystadium) en kragvoerpeil op die marge bo
voerkoste vir Holsteinkoeie. Hou in gedagte dat daar met die graderingstelsel van lusern hoofsaaklik subjek-
tiewe verskille is, met ander woorde die boer sal nie maklik tussen hierdie klasse kan onderskei nie.

Tabel 2. Die invloed van lusernkwaliteit (snystadium) en kragvoervlak op die bruto marge bo voerkoste vir
Holsteinkoeie
Kragvoer in totale dieet (%)
Snystadium 20 37 54 71
Voor blom (Brutomarge R/koei/dag) 15.0 15.2 14.0 12.0
Vroeg blom (Brutomarge R/koei/dag) 10.4 9.6 10.4 7.4
Mid blom (Brutomarge R/koei/dag) 8.6 8.0 7.9 6.2
Volle blom (Brutomarge R/koei/dag) 7.5 7.6 8.0 8.8

• Beskikbaarheid van ruvoer

By konvensionele voerstelsels waar kragvoer en ruvoer apart voorsien word (veral by weidingstelsels), het
ʼn tekort aan ruvoer ʼn dramatiese invloed op wins. Dít is omdat koeie in sulke omstandighede dikwels nie
voldoende gevoer word nie. Volgens ekonomiese syfers van studiegroepe is dit duidelik dat melkkuddes met
ʼn tekort aan goeie ruvoer minder winsgewend is as kuddes wat voldoende ruvoer ontvang. Ruvoertekorte
gaan ook dikwels saam met verhoogde vlakke van kragvoeraanvulling, wat die winsgewendheid van ʼn
melkery verder benadeel. Dit is daarom baie belangrik om ten alle tye voldoende hoeveelhede ruvoer aan
koeie te voorsien.

• Wanbalans in voedingstowwe

Koeie het daagliks voldoende hoeveelhede energie en proteïene nodig, terwyl ʼn bepaalde minimum vlak van
veselinname nodig is om die rumen gesond te hou. Minerale en spoorelemente is ook nodig. Al sou ʼn koei
genoeg DM inneem en hoëgraadse ruvoer beskikbaar hê, kan sy steeds onder haar genetiese potensiaal
presteer. Die koei se prestasie is immers meestal net so goed as die swakste skakel in die voedingstofket-
ting.

Voorbeelde van die gevolge van voedingswanbalanse is:

• ʼn Lae bottervetpersentasie in die melk (en dalk asidose) in geval van ʼn te lae ruvesel- of ruvoerpeil en/of te
veel stysel (kragvoer) in die totale dieet. Dit kom veral voor by volledige diëte, waar ruvoere fyngekerf en
in klein hoeveelhede ingesluit word, sowel as by diëte waar groot hoeveelhede kragvoer afsonderlik van die
ruvoer voorsien word.
• ʼn Laer proteïenproduksie wanneer die energie-inhoud van die totale dieet te laag is. Die kondisie van koeie
gaan gewoonlik ook in hierdie geval agteruit.
• Weinig of geen piekproduksie, ten spyte van ʼn goeie kondisie met kalwing. Dít gebeur wanneer die dieet in

12
vroeglaktasie te min verbyvloeiproteïene bevat. Vir elke een liter afname in piekproduksie in vroeglaktasie,
produseer koeie sowat 200 ℓ minder oor die hele laktasieperiode.
• Produksieverliese van 2–3 kg per dag kom voor waar die proteïenpeile in die dieet hoog is in verhouding tot
energie. Dít gebeur veral wanneer baie NPN ingesluit word, sowel as by koeie wat daagliks op weiding met
hoë proteïenvlakke aangehou word.
• Tekorte aan en/of wanbalanse tussen minerale kan geweldige produksieverliese meebring, en kan byvoor-
beeld tot melkkoors aanleiding gee.
• Reproduksie word ook sterk deur tekorte/wanbalanse in voeding beïnvloed. Lang tussenkalfperiodes en
onvrugbaarheid word meestal na voeding teruggevoer. Opnames het bevind dat melkboere sowat R7.00 per
koei per dag verloor vir elke dag waarmee die tussenkalfperiodes van koeie 365–386 dae oorskry.

• Vervangingsverse
Die vervangingsverse in ʼn melkkudde lewer geen direkte bydrae tot inkomste nie, en daarom word hul
voeding dikwels afgeskeep in ʼn poging om kostes te spaar. By kuddes waar kunsmatige inseminasie (KI)
gebruik word, het hierdie groep diere dikwels die hoogste genetiese potensiaal.

Indien hierdie ‘kostebesparings’ egter in verhouding tot langtermynekonomie beskou word, lyk die prentjie
anders.

• In ‘n studie is gevind dat Friesverse wat by ʼn liggaamsmassa van 450 kg in plaas van 363 kg gekalf het,
oor die eerste drie laktasies 1 992 kg meer melk geproduseer het. Teen ʼn melkprys van R1.00/ℓ beteken
dit dat die swaarder (groter) verse sowat R2 000 meer inkomste verdien het. Dit is onwaarskynlik dat die
voerkoste van die ekstra 87 kg liggaamsmassa R500 kon gewees het.

• Verse wat stadig groei totdat hulle die korrekte liggaamsmassa vir kalwing bereik, sal op ʼn latere ouderdom
kalf. Dít het tot gevolg dat daar meer verse van enige ouderdom op die plaas sal wees. In ʼn kudde met 100
koeie sal daar byvoorbeeld 133 verse wees indien hulle op ʼn gemiddelde ouderdom van 36 maande kalf,
teenoor 89 verse wat op 24 maande ouderdom kalf. Meer verse wat gevoer moet word, beteken ‘n hoër
totale voerkoste.

Finansiële beplanning
ʼn Opname het getoon dat 60% van melkprodusente in die Wes-Kaap nie mediumtermynbegrotings opstel nie,
en dat sowat 35% glad nie produksiekostebegrotings opstel nie. Daaruit blyk dus dat melkboere oor die alge-
meen min finansiële beplanning doen. Sodoende kan kontantvloeiprobleme maklik ontstaan, aangesien daar
verskeie versteekte vaste koste is, byvoorbeeld waardevermindering en rentekoste op implemente. Versekering
en lisensies moet ook betaal word. Hierdie koste geld, ongeag of werktuie (en geboue) gebruik word of nie.

Finansiële beplanning begin met die opstel van ʼn produksiekostebegroting. Hiervoor kan eie ondervinding,
historiese inligting, medeboere se data, en die voorligtingsbeampte gebruik word om akkurate vooruitskattings
te maak. Produksiekostebegrotings is ʼn voorvereiste vir die ontwikkeling en opstel van ander begrotings, soos
kapitaal- en kontantvloeibegrotings.

Neem egter in ag dat hoewel die koste van weiding en kuilvoer per hektaar beraam kan word, die produksie
van die gewasse ook bepaal moet word. Die norm behoort dus die koste per ton of per kg (op DM- of hooi-
ekwivalente basis) van die bepaalde voergewas te wees. Dit is duidelik dat die verskil tussen melkinkomste en
kragvoerkoste nie voldoende is om finansieel op ‘n melkplaas te kan oorleef nie.

Kosteberamings
Kosteberamings van al die verskillende bedryfstakke behoort in ag geneem te word ten einde netto boerdery-

13
inkomste te bepaal. Dit behels in alle gevalle inkomste minus veranderlike koste om die bruto marges vir elke
bedryfstak te raam. Vaste koste moet van die bruto marge afgetrek word om netto plaasinkomste te verkry.

Lactekon
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het ʼn finansiëlebestuurspakket, Lactekon, ontwikkel. Die oogmerk
was om die finansiële bestuur van produsente binne studiegroepverband te verbeter. Maandeliks word bepaalde
ekonomiese gegewens in die program ingelees, waarna die inligting van al die lede van die studiegroep verge-
lyk word. Hiermee kan produsente ʼn aanduiding kry van die produksiekoste en -inkomste van hul eie onder-
neming in vergelyking met dié van ander produsente. ʼn Aanduiding of hulle ʼn ‘wins’ gemaak of ʼn ‘verlies’ gely
het, word ook verkry. Na aanleiding hiervan kan regstellings dan gemaak word. In Tabel 3 word die groepver-
slag van ʼn aantal melkprodusente in die Suid-Kaap aangetoon.

Die ekonomiese data in Tabel 3 is uiteraard verouderd, maar toon die basiese ekonomiese beginsels wat in
die finansiële bestuur van ʼn melkkudde gevolg moet word. Inligting oor die bruto inkomste, totale voerkoste,
mediese en veeartskoste sowel as arbeidskoste word in die ontleding gebruik. Met hierdie inligting kan die
marge bo voerkoste, en die marge bo gespesifiseerde koste verkry word. Die vergelyking met ander kuddes
maak dit moontlik om produksiekoste tussen produsente te vergelyk, en sodoende te bepaal waar kuddekoste
te hoog is. Dit verseker ook deurlopende kostebeheer, en skep die geleentheid om die uitwerking van bepaalde
bestuurspraktyke te bepaal. Die program is so ontwikkel dat dit die melkboere in staat stel om doelmatig te
beplan, en produksiekoste doeltreffend te monitor en te beheer. Gegewens word op ʼn basiese vlak tot marge
bo voerkoste ontleed. Dit weerspieël sowat 70–80% van alle uitgawes. Ontledings op ʼn gevorderde vlak sal
voerkoste, toedeelbare koste en oorhoofse koste insluit.

Tabel 3. Groepverslag van Lactekon-data van suiwelstudiegroepkuddes


Parameter Kategorie Gemiddelde
(R/kudde/maand) Onderste 1/3 Gemiddelde Boonste 1/3 %
Produksie inkomste 65 949 123 450 218 954 97.51
Kapitaalinkomste 1 593 3 231 4 062 2.5
Bruto inkomste 67 542 126 681 223 017 100
Kragvoer: gekoop 14 281 28 174 56 341 38.02
Kragvoer: geproduseer 39 13 0 0.02
Volvoer: gekoop 0 0 0 0
Ruvoer: gekoop 320 764 1 273 1.0
Ruvoer: geproduseer 12 287 21 526 35 844 29.0
Totale voerkoste 26 927 50 477 93 458 68.0
Medies en veearts 2 642 2 733 4 206 3.7
KI 1 299 2 040 3 903 2.7
Diverse koste 1 387 2 110 3 329 2.8
Geallokeerde koste 5 328 6 883 11 438 9.3
Arbeid 6 428 11 798 20 809 15.9
Diverse koste 3 131 5 054 7 978 6.8
Oorhoofse koste 9 559 16 852 28 787 22.7
Marge bo voerkoste 40 615 76 204 129559 60.23
Bruto marge 35 287 69 321 118 121 54.7
Marge bo gespesifiseerde koste 25 728 52 469 89 334 41.4
1
% van bruto inkomste, 2 % van totale koste, 3 % van bruto inkomste

14
Finansiële oorlewing
Vir finansiële oorlewing moet produsente ʼn aantal basiese beginsels toepas. Dít sluit die volgende in:
• Verbeter die tegniese kennis van die bepaalde bedryfstak.
• Benader die onderneming uit ʼn sakehoek.
• Wees aanpasbaar en gereed om nuwe tegnologiese ontwikkeling te gebruik.
• Beplan daaglikse werksaamhede beter.
• Benut arbeiders beter (Opleiding is soms nodig.)
• Stel doelwitte (en skryf dit neer).
• Wees positief en jaag resultate na.
• Bemark die produk voordat dit geproduseer word.

15
Hoofstuk 5
Die voedingseienskappe van voere

Inleiding
Daar is twee belangrike aspekte in die samestelling of kontrolering van ʼn voedingsprogram vir ʼn melkkudde,
naamlik die voedingsbehoeftes van diere, en die voedingseienskappe van beskikbare voere. Dit is daarom nodig
dat die uitstaande kenmerke van die belangrikste voersoorte uitgelig word. Hierdie inligting, saam met die
chemiese ontleding van elke voersoort, kan as ʼn riglyn vir rantsoenbalansering dien. In die praktyk is onkunde
oor die voedingseienskappe van voere dikwels die oorsaak van onder- of oorvoeding by diere, wat uiteraard
met ekonomiese verliese gepaardgaan.

Voersoorte

Hooi
Die volgende is enkele belangrike aspekte van hooi:

• Peulgewashooie het hoër proteïen- en kalsiumvlakke as graan- en


grashooie.
• Die snystadium van gewasse vir hooi of kuilvoer beïnvloed ruvoerge-
halte.
• Blaarverliese gedurende die hooimaakproses kan ook die gehalte van
die hooi benadeel.
• Die manier waarop ruvoere gevoer word, kan lae innames en ruvoerver-
morsing veroorsaak. Dit is waarskynlik onnodig om goeie gehalte hooi te
maal.
• Om hooi van graangewasse te maak
moet die hele plant met die saad geoes
word.

Peulgewashooie
Lusern is die bekendste peulgewashooi.
Dit is besonder smaaklik, en is gewoon-
lik ʼn aanwins vir byna alle rantsoene. Dit
bevat oor die algemeen baie RP (12–
18%), maar is betreklik arm aan ener-
gie. Dit kombineer goed met voersoorte
soos mieliekuilvoer, mielies en melasse.
Met korrek ontwerpte voerkrippe kan dit
in die lang vorm voorsien word. Daar is
geen beperking op die hoeveelheid lusern wat by die dieet ingesluit kan word
nie, buiten in die droë periode by koeie wat geneig is om melkkoors te kry.
Weens die hooi se hoë kalsiuminhoud moet dit dan liefs vermy word.

Ertehooi is meestal van ʼn swakker gehalte as lusernhooi (veral omdat die


saad grootliks verwyder is). Dieselfde beginsels geld ook vir die voedings-
waarde daarvan. As die produk baie stokkerig is (ertestrooi), moet dit
verkieslik gemaal word om innames te verbeter.

16
Graan- en grashooie
Hierdie hooie bevat minder RP (minder as 12%) en kalsium as peulgewashooie. Tef- en raaigrashooi het ʼn fyn
struktuur, en kan in die lang vorm in korrek ontwerpte voerkrippe voorsien word. Die insluiting daarvan in die
dieet vir lakterende koeie word egter gewoonlik beperk omdat hierdie hooie van ʼn swakker gehalte is.

Weidingsgewasse
Weiding is gewoonlik die goedkoopste ruvoerbron vir melkbeeste. Weidingskoste wissel van R400 tot R800 per
ton DM. In Tabel 1 word die chemiese samestelling aangetoon van verskillende weidingsgewasse wat oor ʼn
periode van drie jaar op die Outeniqua Navorsingsplaas in die Suid-Kaap bepaal is.

Tabel 1: Die chemiese samestelling van kikoejoe-, raaigras-, raaigras/klawer- en lusernweiding op die
Outeniqua Navorsingsplaas (RP = ruproteïene; ADF = suurbestande vesel; NDF = neutraalbestande vesel; TVV
= totaal verteerbare voedingstowwe; DM = droë materiaal)
Weidingstipe

Raaigras/
Eienskappe
Kikoejoe Raaigras klawer Lusern

DM inhoud (%) 17.4 13.7 15.2 19.3

RP (% van DM) 18.5 22.0 22.6 23.4

ADF (% van DM) 30.0 27.5 28.8 30.2

NDF (% van DM) 63.5 48.5 46.5 40.9

TVV (% van DM) 58.6 67.9 66.1 63.2

As (% van DM) 9.7 9.8 10.2 8.2

Ca (% van DM) 0.43 0.67 0.88 1.19

P (% van DM) 0.33 0.36 0.40 0.33

Mg (% van DM) 0.36 0.36 0.44 0.37

Na (% van DM) 0.28 0.89 0.65 0.31

K (% van DM) 3.04 3.39 3.01 2.36

Cu (dpm) 8.08 6.86 8.13 8.00

Zn (dpm) 43.9 42.9 44.4 42.1

Mn (dpm) 79.8 60.5 63.4 43.4

Fe (dpm) 196 194 360 149

Se (dpm) 0.07 0.04 0.08 0.03

Faktore wat melkproduksie op weiding beperk, is hoofsaaklik die energie- en hoë voginhoud van gewasse. Die
RP-inhoud van raaigrasklawerweiding is normaalweg hoog. Indien ʼn Jerseykoei van 400 kg daagliks 12 kg DM
van die weiding sou inneem, neem sy daagliks 2.46 kg RP in, wat genoeg is om 28 ℓ melk per dag met ʼn
bottervetinhoud van 4.5% te produseer. Die energie-inname op dieselfde weiding is egter net voldoende om
12–13 ℓ melk per koei per dag te produseer. Kikoejoeweiding bevat min kalsium. Ander weidingsgewasse bevat
weer baie kalium, wat die voorkoms van melkkoors kan verhoog. Die selenium- en sinkvlakke in bogenoemde
weidings is laag.

17
Strooi
Strooi is die stingel- en blaarreste van gewasse waarvan die saad uitgedors is. Strooie is ruvoere van lae-
graadse gehalte. Graanstrooi is die bekendste hiervan. Dit is arm aan proteïene (minder as 5%), sowel as
energie en minerale. Hawerstrooi is van die drie kleingrane waarskynlik die waardevolste, gevolg deur gars- en
koringstrooi. Mielie- en graansorghumstrooi behoort tot dieselfde of ʼn effens beter klas as hawerstrooi. Strooi
moet gemaal word om goeie innames te verseker. Die lae voedingswaarde van strooi beperk die hoeveelheid
wat by melkbeeste se dieet ingesluit kan word. Kleingraanstrooie moet verkieslik nie in rantsoene vir melkkoeie
gebruik word nie. Met die nodige kragvoeraanvulling kan strooi in ʼn beperkte mate in die voeding van vervang-
ingsverse gebruik word.

Kleingraanstrooi word dikwels in die Wes- en Suid-Kaap opgegradeer deur dit in ʼn oond of mied met ammoniak-
gas te behandel. Dit verbeter die energie- en proteïeninhoud, sowel as die smaak daarvan aansienlik. Dit is ge-
woonlik nie nodig om geammoniseerde strooi te maal nie. Vir melkkoeie moet dié soort voer nie meer as 40%
van die rantsoen uitmaak nie. Strooi in volledig gemengde rantsoene lewer beter resultate as strooi in konven-
sionele rantsoene. Wanneer geammoniseerde strooi in melkkoeirantsoene gebruik word, is dit belangrik dat
minerale soos fosfor, magnesium, sink, kobalt, selenium en koper sowel as Vitamiene A en E, aangevul word.

Kuilvoergewasse
Kuilvoer is die goedkoopste metode om ruvoer op te berg. Mielies word hoofsaaklik hiervoor aangewend. Goeie
kuilvoer kan ook van die meeste grassoorte en peulplantgewasse gemaak word. Kuilvoer bevat baie vog, en is
daarom lywig. Op ʼn DM-basis is sowat 3–4 kg kuilvoer gelykstaande aan 1 kg hooi of hooi-ekwivalent. Kuilvoer
se voedingswaarde is dikwels hoër as dié van hooi, veral ten opsigte van RP-inhoud. Dit is uitstekende ruvoer
vir jong diere ouer as 9 maande. Daar is geen beperking op die hoeveelheid kuilvoer wat by melkkoeirantsoene
ingesluit kan word nie. Melkkoeie wat baie melk produseer, moet verkieslik nie meer as 30% DM van kuilvoer
inneem nie. Gemufte kuilvoer moet nie gevoer word nie, aangesien dit dan dikwels swamme bevat wat gevaar-
like gifstowwe vrystel.

Kragvoere en minerale
Die tekorte in ruvoer moet met kragvoer- en mineraalbronne aangevul word om in die behoeftes van diere te
voorsien. Kragvoer moet nie as die enigste voerbron gevoer word nie. Hier onder volg ʼn alfabetiese lys van
kragvoerbronne, en die simbole E, P en M word gebruik om aan te dui of dit hoofsaaklik ʼn energie-, proteïen- of
mineraalbron is.

Beenmeel (M): Dit is gekookte, gedroogde en gemaalde bene, en word hoofsaaklik as bron van kalsium (Ca)
en fosfor (P) gevoer. Dit bevat ook ʼn klein hoeveelheid RP, en is ʼn goeie bron van spoorelemente.

Bloedmeel (P): Bloedmeel is ʼn goeie proteïenbron met baie verbyvloeiproteïene. Die smaak kan ʼn probleem
wees, veral as dit saam met karkasmeel gevoer word. Dit moet minder as 8% van kragvoer uitmaak indien dit
sonder karkasmeel gebruik word. Bloedmeel met klein gebrande korreltjies daarin en ʼn kenmerkende bran-
dreuk dui op oorverhitting, wat die produk se waarde vernietig.

Brouersgraan (gars) (P): Dit is die oorblyfsels van die brou van lagerbier, en is ʼn mengsel van gars, mielies
en brouersgis. Die produk is baie smaaklik en veilig om te gebruik, selfs op sy eie. Dit bevat betreklik min ener-
gie, en kan tot 25% van rantsoene uitmaak.

Brouersgraan (sorghum) (P): Dit is ʼn byproduk van die brou van sorghumbier. Dit bevat meer energie en RP
as garsbrouersgraan. Die produk is baie smaaklik en veilig om te gebruik. Dit bevat betreklik min energie, en
kan tot 25% van rantsoene uitmaak.

18
Di-kalsiumfosfaat (DiCaP) (M): Dit voorsien Ca en P in die verhouding 1.5:1, en word gebruik om dié twee
minerale te balanseer. Di-kalsiumfosfaat moet nie meer as 4% van rantsoene uitmaak nie.

Gars (E): Soos by alle kleingrane, neem die waarde van gars as energiebron af indien die korrels ‘maer’ is. Met
ʼn skepelmassa van 74 of hoër is dit egter ʼn goeie energiebron. Die energie-inhoud is effens laer as dié van
koring, terwyl die RP-inhoud tussen dié van mielies en koring is. Hetsy op sy eie of saam met ʼn ander klein-
graan, kan gars, mits die gehalte goed is, tot 70% van mielies in die dieet vervang.

Graansorghum (E): Graansorghum se energiewaarde is effens laer as dié van mielies. Daar is voëlbestande
(bitter) sowel as ‘soet’ sorghum. Eersgenoemde is donkerrooi, en indien dit in groot hoeveelhede by die rant-
soen ingesluit word, moet die RP-vlakke van die rantsoen weens die sorghum se hoë tannieninhoud verhoog
word. Soet sorghum is weer ligpienk van kleur. Graansorghum moet gemaal word, verkieslik met ʼn rollermeul,
aangesien ʼn hamermeul dit verpoeier en die smaak as gevolg daarvan afneem. Dit kan in dieselfde hoeveelheid
as mielies by rantsoene ingesluit word, en kan dit teoreties vervang. Dit bly egter goed om sowat 30% mielies
saam met graansorghum in rantsoene in te sluit.

Grondbone (E & P): Die olie-inhoud van grondbone is sowat 40%, en dus moet dié kragvoerbron gebruik
word binne twee dae nadat dit gemaal is. Wanneer ‘n rantsoen baie grondbone bevat, kan koeie diarree ontwik-
kel en kan die bottervet- en proteïenpersentasie in die melk laag wees. Indien die grondbone met doppe en al
gebruik word, kan sand wat aan die doppe vaskleef, slytasie in masjiene veroorsaak, en kan dit veral in groot
hoeveelhede probleme tot gevolg hê. ʼn Totaal gemengde rantsoen behoort hoogstens 8% grondbone te bevat,
en ʼn kragvoermengsel 5%.

Grondboonoliekoekmeel (P): Dit bly oor nadat die doppe en die olie van grondbone verwyder is. Die RP-in-
houd daarvan is hoog (meer as 45%), maar die verbyvloeiproteïenkonsentrasie is laag. Grondboonoliekoekmeel
is smaaklik, maar kan aflatoksien (‘n toksien wat deur swamme geproduseer word) bevat. Dit moet nie meer as
15% van ʼn volledig gemengde rantsoen uitmaak nie.

Hawer (E): Hawergraan het die hoogste veselinhoud van al die grane, en bevat daarom minder energie as
ander graansoorte, veral mielies. Dit moet verkieslik gemaal of gerol word voor gebruik, anders word dit nie ten
volle benut nie. Dit is baie smaaklik, en kan mielies in die diëte van jong diere vervang. Weens die laer energie-
inhoud van hawer, moet dit slegs in beperkte hoeveelhede in die diëte van lakterende koeie ingesluit word.

Hoendermis (P): Hoendermis bevat ongeveer dieselfde hoeveelheid ware RP as NPN. Laasgenoemde kom in
die vorm van uriensuur voor wat stadig in die rumen afgebreek word, en wat nie, soos ureum, ammoniakvergif-
tiging veroorsaak nie. Daar is hoofsaaklik twee soorte hoendermis, naamlik lêhen- en braaikuikenmis. Lêhenmis
bevat gewoonlik nie beddegoed soos saagsels en papier nie, en het daarom ʼn hoër RP-inhoud as braaikuiken-
mis, wat wél beddegoed bevat. Albei produkte is goedkoop RP-bronne, maar is laag in energie. Die chemiese
samestelling daarvan wissel baie, en die mineraalinhoud moet ook deeglik in ag geneem word indien dit by
rantsoene ingesluit word. Die hoogste insluitingspeil van hoendermis is in die rantsoene van groeiende diere,
ouer as 6–9 maande. Dit is nie juis geskik vir melkkoeie nie, hoofsaaklik as gevolg van die lae energiewaarde
daarvan, en moet daarom nie meer as 20% van die rantsoen uitmaak nie. Voordat dit gebruik word, moet alle
diere teen botulisme of gallamsiekte ingeënt word.

Hoëproteïen-konsentrate (HPK’s) (P): Dit is kommersiële mengsels wat verskeie proteïenbronne, waar-
onder ureum, kan bevat. Dit kan ook gewoonlik minerale en sout bevat. Wanneer verskillende soorte vergelyk
word, moet veral gelet word op die RP-inhoud daarvan sowel as die proteïenbronne wat gebruik word. Maak ook
seker of die mengsel ureum bevat of nie. Dit kan die smaak van die konsentraat beïnvloed. ‘n HPK word ge-
woonlik teen ‘n peil van 20-25% in volledig gemengde rantsoene ingesluit.

19
Karkasmeel (P): Karkasmeel bevat baie RP sowel as verbyvloeiproteïene. Die smaaklikheid van karkasmeel
kan ʼn probleem wees, veral as dit saam met bloedmeel gebruik word. Sekere tipes kan baie vet bevat, en dus
wissel die chemiese samestelling daarvan baie. Karkasmeel moet nie meer as 8% van kragvoermengsels uit-
maak nie, veral as dit sonder bloedmeel gebruik word. Die gebruik van karkasmeel is weens die gevaar van die
malkoeisiekte-sindroom in herkouervoeding verbied. Slegs karkasmeel van pluimvee mag in herkouervoeding
gebruik word.

Katoensaad (E & P): Dit is ʼn goeie RP- en energiebron vir lakterende koeie. Die katoenvesel rondom die
saad maak dit moeilik om te maal en te hanteer, terwyl die lywigheid daarvan vervoer betreklik duur maak. Dit
bevat ook ʼn gifstof, genaamd gossipol, wat toksies is vir jong diere, en moet derhalwe nie vir diere jonger as
6 maande ouderdom gevoer word nie. Totaal gemengde rantsoene moet nie meer as 20% bevat nie, wat op ʼn
maksimum van sowat 3 kg per koei per dag te staan kom.

Katoensaad-oliekoekmeel (P): Dit is die deel van katoensaad wat oorbly nadat die doppe en die olie verw-
yder is. Dit is hoog in RP, en is ʼn betreklik goeie bron van verbyvloeiproteïene. Gossipol, ʼn chemiese verbinding
wat in rou katoensaad voorkom en toksies is vir jong diere, is nie ʼn probleem in katoensaad-oliekoekmeel nie,
aangesien die hitteproses tydens die onttrekking van olie, die gossipol ontgiftig. Katoensaad-oliekoekmeel kan
daarom ook in ʼn beperkte mate vir jong herkouers gebruik word. Dit is besonder ryk aan fosfaat. Soms is die
produk betreklik smaakloos. Die maksimum vlakke van katoensaad-oliekoekmeel in ʼn volledig gemengde rant-
soen is sowat 20%.

Koring (E): Die energiewaarde van koring is effens laer as dié van mielies. Koring bevat sowat 60% stysel.
As gevolg hiervan kan asidose (suurpens) gouer voorkom by koeie wat baie koring inneem in vergelyking met
diëte wat ʼn gelykstaande hoeveelheid mielies bevat. Koringhoeveelhede kan dus geleidelik verhoog word totdat
dit sowat 70% van die mielies in die rantsoen vervang.

Koringsemels (E): Koringsemels is betreklik laag in energie, met ʼn RP-peil van ongeveer 14%. Koringsemels
is hoog in fosfaat. Dit word meestal gebruik om kragvoermengsels ‘ligter en losser’ te maak. Dieselfde geld vir
koringfynsemels, of “Pollards”. Weens die lae voedingswaarde daarvan, moet nie te veel koringsemels of “Pol-
lards” by rantsoene ingesluit word nie. Die maksimum insluitingspeil daarvan is sowat 15% in volledig ge-
mengde rantsoene.

Koringfynsemels (“Pollards”) (E): Dit is hoofsaaklik koringsemels met ʼn klein persentasie koringmeel. Die
energie-inhoud daarvan is hoër as dié van koringsemels.

Korog (Triticale) (E): Die energiewaarde, RP-inhoud sowel as ander eienskappe van korog is soortgelyk aan
dié van koring. Dit word in dieselfde hoeveelhede as koring gevoer.

Lupiensaad (E & P): Lupiensaad het betreklik hoë proteïen- en energiepeile. Die RP-inhoud daarvan wissel
tussen kultivars en verskillende klimaats- en grondomstandighede. Dit het ʼn lae verbyvloeiproteïenwaarde.
Kragvoermengsels moet nie meer as 15% lupiensaad bevat nie.

Magnesium-oksied (M): Dit bevat sowat 50% magnesium. ʼn Mengsel van ʼn derde magnesium-oksied (MgO)
en twee-derdes koeksoda (NaHCO3) is ʼn goeie buffer. MgO word ook gebruik om magnesium (Mg) by koeie op
welige weiding aan te vul. Magnesiumsulfaat (MgSO4) is ʼn goeie alternatief.

Melasse (C): Melassestroop is in grootmaat in tenks en dromme beskikbaar. Dit word moeilik met rantsoene
vermeng indien dit nie verhit of verdun is nie. Dit bevat redelik baie energie, en is ʼn goeie bron van kalium (K).
Die grootste voordeel van melassestroop is die smaak en bindeienskappe daarvan. Melasse kom ook in poeier-

20
vorm voor (Kalorie3000). Dit is ʼn fyn, los poeier met dieselfde samestelling as melassestroop, maar hanteer
veel makliker. Melassemeel is ʼn mengsel van bagasse en melasse, met ʼn laer energiewaarde. Dit is makliker
om daarmee te werk as melassestroop, en het steeds goeie bindings- en smaakeienskappe. Tot sowat 15% kan
by rantsoene gevoeg word.

Mielies (E): Sowel geel as wit mielies is geskik vir veevoer. Die chemiese samestelling van wit en geel mielies
verskil weinig. Die beste resultate word verkry met mielies indien dit fyngemaal of gerol is. Soms pas diere
moeilik by wit mielies aan as hulle aan geel mielies gewoond is. Tweedegraadse mieliemeel het gewoonlik ʼn
laer energiewaarde as tweedegraadse wit mieliemeel as gevolg van meer onsuiwerhede soos stam- en kop-
gedeeltes. Daar is geen beperking op die hoeveelheid mielies in voermengsels nie, maar die hoë styselinhoud
beperk die daaglikse inname tot 6–7 kg vir Holsteins, en 4–5 kg vir Jerseys (veral wanneer kragvoer twee keer
per dag gevoer word).

Mielieglutenmeel (P): Glutenmeel is ʼn neweproduk van die styselbedryf. Mielieglutenmeel en -voer (laasge-
noemde is ʼn mengsel van glutenmeel en mieliesemels) is beskikbaar om as proteïenaanvulling by suiwelrant-
soene ingesluit te word. Gluten 20 en Gluten 60 (“Prime gluten”) kan in enige hoeveelheid bygevoeg word,
maar glutenvoer moet nie meer as 15–30% van die rantsoen uitmaak nie, aangesien dit laag in energie en
proteïene is. Gluten 20 is laag in verbyvloeiproteïene, terwyl Gluten 60 weer baie verbyvloeiproteïene bevat.

Mieliekiemmeel (E & P): Dié ruvoerbron is nie altyd geredelik beskikbaar nie, en word dikwels met “hominy
chop” verwar. Dit het ʼn hoë vetinhoud, en ʼn RP-peil van sowat 10%. Die energiepeil van mieliekiemmeel, wat
grootliks van olie kom, is dieselfde as vir mielies. Wanneer baie mieliekiemmeel in rantsoene ingesluit word,
kan dit die bottervetpersentasie van melk verlaag. Dit kan nie te lank geberg word nie omdat dit galsterig word.

Mieliekopmeel (E): Mieliekopmeel is gemaalde mieliekoppe wat pitte en soms ook mieliekopblare bevat. Die
energiepeil van mieliekopmeel is gemiddeld, terwyl dit min proteïen en baie ruvesel bevat. Die gemiddelde
lae energie-inhoud van mieliekopmeel is te wyte aan die teenwoordigheid van stronke en blare. Dit is oor die
algemeen baie smaaklik, en lei selde tot asidose. Indien mieliekopmeel nie kopblare bevat nie, het dit ʼn hoër
energie-inhoud, hoewel steeds laer as dié van mieliemeel. Dit is ʼn goeie aanvulling vir jong diere en koeie met
ʼn klein of mediumgrootte melkproduksie. Diere kan asidose kry indien hulle baie mieliekopmeel inneem (maksi-
mum aanbevole hoeveelheid in die totale dieet is 70%).

Mieliesemels (E): Dit kom gewoonlik van witmielies, en het ʼn lae RP- en ʼn gemiddelde energie-inhoud. Dit is
nuttig om rantsoene ‘los en lig’ te maak, en word dikwels as ʼn vuller gebruik. Die prys bepaal hoeveel daarvan
by rantsoene ingesluit word.

Minerale voormengsels (M): Daar is ʼn groot verskeidenheid minerale voormengsels beskikbaar. Dié meng-
sels word in die reël geformuleer om minerale wanbalanse in bepaalde voedingsomstandighede reg te stel. Aan-
wysings moet daarom noukeurig gevolg word. In hierdie verband is dit beter om ʼn bekwame voedingkundige
te raadpleeg. Die insluiting van hierdie produkte is egter baie belangrik, aangesien bepaalde mineraaltekorte of
-surplusse ernstige gevolge kan hê.

Mono-kalsiumfosfaat (M): Hierdie middel vul slegs Ca en P aan in die verhouding 0.9:1.

Sojaboontjies (E & P): Dit bevat hoë RP- en energiepeile. Die energie is hoofsaaklik toe te skryf aan die hoë
vetinhoud (18%). Rou sojabone kan voor gebruik gemaal word, maar om galsterigheid te beperk, moet nie
meer gemaal word as wat die behoefte is vir die volgende twee tot drie dae nie. Die alternatief is om die bone
ongemaal te gebruik. Dit bevat urease wat in die rumen na ureum afgebreek word, sowel as sekere bestanddele
wat proteïenvertering by jong kalwers onderdruk. Dit word daarom nie aanbeveel vir insluiting by rantsoene vir

21
kalwers nie asook vir melkbeesrantsoene wat reeds ureum bevat nie. Die smaak van voermengsels raak ʼn
probleem indien dit meer as 15% sojaboontjies bevat. Die persentasie verbyvloeiproteïene is laag. Wanneer
sojabone verhit of soja-olie geëkstraheer word, vernietig dit die proteïenstremmende bestanddele en die urease-
aktiwiteit. Die persentasie verbyvloeiproteïene word verhoog, en die probleem van galsterigheid verminder.
Gemaalde sojabone moet nie vir langer as ʼn maand geberg word nie. Verhitte sojabone smaak goed, maar kan
die bottervet- en proteïninhoud van melk verlaag. Diarree kan ook voorkom indien rantsoene meer as 20% soja-
bone bevat.

Sojaboon-oliekoekmeel (P): Aangesien die olie onttrek is, is die RP-inhoud van sojaboon-oliekoekmeel hoog,
en kan die produk lank geberg word. Dit is egter laag in verbyvloeiproteïene, en die smaak van mengsels kan ʼn
probleem wees indien dit meer as 20% sojaboon-oliekoekmeel bevat.

Sonneblomsaad (E): Dit het ʼn hoë energiepotensiaal as gevolg van die hoë olie-inhoud (meer as 30%), maar
die RP-peil van sonneblomsaad is betreklik laag (sowat 16–19%). Dit moet voor gebruik gemaal word, waarna
dit binne twee tot drie dae gebruik moet word om galsterigheid te voorkom. Groot hoeveelhede sonneblomsaad
in rantsoene kan die bottervet- en proteïenpersentasie in koeimelk verlaag en ook diarree veroorsaak. Totaal
gemengde rantsoene behoort nie meer as 8% te bevat nie, en kragvoermengsels ʼn maksimum van 5%.

Sonneblomdoppe: Dié bron dra nie veel tot die voedingswaarde van ʼn volledig gemengde rantsoen by nie,
maar word dikwels as ʼn veselbron by kragvoere ingesluit omdat dit maklik meng met ander grondstowwe.

Sonneblom-oliekoekmeel (P): Dit is wat oorbly nadat die sonneblomdoppe en -olie verwyder is. Daar is
hoofsaaklik twee tipes: die ‘standaardweergawe’ met ʼn RP-inhoud van 28% en ʼn hoë ruveselpeil, en ʼn hoë-RP-
weergawe met 38–42% proteïene en 11–16% ruvesel. Albei produkte is laag in verbyvloeiproteïene, en smaak-
probleme kan soms voorkom. Dit is nie baie algemeen beskikbaar nie, maar kan tot en met 20% van volledig
gemengde rantsoene uitmaak.

Ureum (P): Dit is nie juis ʼn RP-bron nie, maar is wél ʼn gekonsentreerde vorm van stikstof, wat deur die
mikrobes in die rumen gebruik word om mikroproteïene op te bou. Dit moet nie meer as 1% van die daaglikse
voerinname of meer as 0.5% van ‘n kragvoermengsel uitmaak nie. As ‘n reël moet koeie nie meer as 110 g
ureum per dag inneem nie. Ureum word baie vinnig in die rumen na ammoniak afgebreek.

Met te veel ureum in die dieet kan soveel ammoniak in die bloedstroom vrygestel word, dat diere ná senusimp-
tome, daaraan vrek. Rantsoene met ureum moet minstens 40% mielies of koring bevat om te verseker dat die
mikrobes voldoende energie het om die ammoniak vinnig te benut. Die gebruik van ureum in kragvoere vir koeie
op aangeplante weiding word normaalweg nie aanbeveel nie.

Vette (E): Die energiewaarde van vet is gemiddeld sowat 2.5 maal dié van graan. Vet kom in verskillende
vorme voor. Vette en olies wat by kamertemperatuur vloeibaar is, moet nie by hoë peile ingesluit word nie,
aangesien dit die aktiwiteit van die rumenmikrobes kan benadeel. Dit kan die bottervet- en proteïenpersentasie
in melk verlaag. Soliede of sogenaamde “prilled” vet kan ingesluit word, en kan die bottervet- en proteïeninhoud
van melk verhoog. Die smaak van rantsoene kan ‘n probleem wees indien vet teen meer as 2% ingesluit word.

Vismeel (P): Dit is die beste proteïenbron, want dit is hoog in verbyvloeiproteïene en bevat baie essensiële
aminosure. Die smaak kan egter ʼn probleem wees as diere nie aan vismeel gewoond is nie. Vismeel kan geleide-
lik oor ʼn periode van ʼn week of twee vermeerder word. Kragvoer met 2–5% vismeel lewer goeie resultate waar
hoëgehalte proteïenbronne benodig word.

Voerkalk (P): Dit is fyngemaalde kalksteen (kalsiumkarbonaat), en bevat 36–38% Ca. Ander Ca-bronne, soos
ongebluste kalk en landboukalk, kan skadelike onsuiwerhede bevat, en moet liefs nie in rantsoene gebruik word
nie.
22
Hoofstuk 6
Die chemiese samestelling van voere

Inleiding

Die chemiese samestelling van grondstowwe wat in melkbeesvoedingsprogramme gebruik word, is in verskil-
lende handboeke in voedingstabelle aangeteken. Die oogmerk van hierdie hoofstuk is dat dit nie as ‘n volledige
bron van alle grondstowwe gesien moet word nie, maar om hoofsaaklik beginsels met betrekking tot rant-
soenformulering en die voeding van melkkoeie, vervangingsverse en kalwers te verduidelik. Plaaslik beskik-
bare inligting word weergegee na aanleiding van ʼn lys grondstowwe wat in die boek Dierevoeding van prof FJ
van der Merwe (1977) verskyn het. Dié lys grondstowwe word as ‘n reël met voedingstabelle uit die buiteland
aangevul. Die meeste voermaatskappye beskik ook elk oor ʼn eie databasis van die chemiese samestelling van
grondstowwe wat in die formulering en vermenging van kommersiële diëte gebruik word. Dit is noodsaaklik dat
elke besending voer ontleed word voordat dit by ʼn mengsel ingesluit word, ten einde te verseker dat rantsoene
korrek geformuleer is en ook om aan wetsvereistes te voldoen. Die chemiese samestelling van grondstowwe,
veral ruvoere, kan baie wissel, en daarom kan die gegewens in die meeste tabelle slegs as ʼn algemene riglyn
gebruik word. Die chemiese samestelling van die grondstowwe in Tabel 1 moet verkieslik met werklike ontle-
dings aangevul word.

Droë materiaalinhoud van voere


ʼn Aspek van rantsoenformulering wat dikwels verwarring veroorsaak, is die vog- of DM-inhoud van voere.
Alle grondstowwe bevat ʼn sekere minimum hoeveelheid vog. Selfs voere wat oënskynlik droog is, bevat so-
wat 8–12% vog. Dié tipe voere word as ‘lugdroog’ beskryf. Die hoeveelheid vog in lugdroë voere word deur
die voggehalte van die lug, en die vogaantrekkingsvermoë van die bepaalde grondstof beïnvloed. Die werklike
voginhoud van voere kan slegs bepaal word deur ʼn voermonster vir ʼn sekere tyd in ʼn oond te droog totdat ʼn
konstante gewig bereik is, en die gewigsverlies van voor tot ná droging te bepaal.

ʼn Voermonster weeg in die natuurlike staat byvoorbeeld 100 g, en nadat dit gedroog is, 40 g. Die verskil tussen
dié twee waardes, met ander woorde 60 g, dui hoofsaaklik op die vogverlies.

Die voginhoud van dié bepaalde voermonster is dus 60% met die DM-inhoud die oorblywende gedeelte, naamlik
40 g. Die DM-inhoud kan soos volg as ʼn persentasie uitgedruk word: (100–60)/100 x 100% = 40%.

Dit is belangrik dat die DM-inhoud of vogpeil bekend is wanneer die chemiese samestelling van verskillende
grondstowwe vergelyk word. Om verskillende grondstowwe te vergelyk, moet voere op dieselfde vogbasis wees.
Natuurlike voere word op een van die volgende twee maniere beskryf:

• ‘soos gevoer’ of ‘op nat basis’ of ‘op vars basis’ of ‘lugdroog’ of die Engelse beskrywing “as is”. Die DM-in-
houd van grondstowwe wissel van 5% tot 92%. Hooie en grane bevat gewoonlik sowat 8–15% vog.

• ‘op oonddroë’ of ‘op vogvrye of op droë basis’. Hiervoor word die voer in ʼn oond tot ʼn konstante gewig ge-
droog.

23
Die volgende voorbeeld toon die verhouding van vog tot DM in verskillende soorte ruvoere:

Hooi: 100kg Kuilvoer: 100kg Weiding:100kg


Vog inhoud: 10kg Vog inhoud: 65kg Vog inhoud: 85kg
DM inhoud: 90 kg

DM inhoud: 35 kg

DM inhoud: 15 kg

Die noodsaaklikheid om verskillende voere op ʼn DM-grondslag te vergelyk, blyk duidelik uit die volgende voor-
beeld:

Koringstrooi met ʼn vogpeil van 10% (ʼn DM-inhoud van 90%), mieliekuilvoer met ʼn vogpeil van 65% (ʼn DM-
inhoud van 35%) en groen koringweiding met ʼn vogpeil van 85% (ʼn DM-inhoud van 15%) bevat elkeen 3% RP,
of 30 g RP/kg, op ʼn natuurlike (“as is”) vogbasis. Wanneer die RP-inhoud van dié grondstowwe egter op ‘n DM-
basis uitgedruk word, is die RP-waardes as volg:

Koringstrooi : 3/(100-10) x 100 = 3.3% RP of 33.3 g RP/kg DM;

Mieliekuilvoer : 3/(100-65) x 100 = 8.6% RP of 85.7 g RP/kg DM en

Koringweiding : 3/(100-85) x 100 = 20.0% RP of 200.0 g RP/kg DM

Die chemiese samestelling van Suid-Afrikaanse voere

In Tabel 1 word die chemiese samestelling van ‘n aantal Suid-Afrikaanse voere (grondstowwe) uit die boek
Dierevoeding (1977), aangedui. Dié lys van grondstowwe word in droë en groen voere, kuilvoere en kragvoere
verdeel. Die voedingstofkomponente wat saam met die droë materiaal (DM)-inhoud van die grondstowwe in
Tabel 1 ingesluit word, is ruproteïene (RP), totale verteerbare voedingstowwe (TVV), ruvesel (RV), kalsium (Ca)
en fosfor (P).

In die meeste gevalle word aanvaar dat indien ʼn rantsoen uit gebalanseerde makrovoedingstowwe bestaan,
dit ook uit gebalanseerde mikrovoedingstowwe, soos spoorelemente en vitamiene, bestaan. In gebiede met
bekende spoorelementtekorte, of in kuddes met hoë melkproduksiepeile (meer as 35 ℓ per dag), kan ʼn minerale
voormengsel (“pre-mix”) moontlik as standaardaanvulling ingesluit word.

Volgens Tabel 1 het Suid-Afrikaanse lusernhooi van gemiddelde gehalte, ʼn DM-inhoud van 90%, met ander
woorde dit bevat 10% vog. Verder bevat elke kilogram lusernhooi 150 g RP, 500 g TVV, 315 g RV, 10 g Ca en
2 g P. Dít beteken dat wanneer 5 kg lusernhooi van hierdie gehalte aan koeie gevoer word, dit 5 x 150 g/kg of
750 g RP sal voorsien. Terselfdertyd voorsien die 5 kg lusernhooi ook 2.5 kg TVV, 1.575 kg RV, 50 g Ca en 10 g
P aan koeie.

24
Tabel 1. Die chemiese samestelling van ’n aantal bekende Suid-Afrikaanse voere op natuurlike
vogbasis (uit Dierevoeding, FJ van der Merwe, 1977)

DM RP TVV RV Ca P
Voere
(%) (g/kg) (%) (g/kg) (g/kg) (g/kg)

Droë ruvoere
Babalahooi (Pen. Typhoicum) 90 75 51 - 3.2 1.2
Boermannahooi (Set. Italica) 90 80 54 350 3.4 1.4
Bloubuffelsgrashooi (Cenc. Cilliaris) 90 65 50 - 3.2 1.3
Columbusgrashooi 90 90 53 285 4.3 2.0
Ergrastis curvula-hooi (laat) 90 50 50 445 2.0 1.0
Eragrostis curvula-hooi (vroeg) 90 80 56 - 2.5 1.2
Ertjiehooi 90 150 55 240 12.0 2.5
Garshooi 90 70 52 255 2.5 2.2
Garsstrooi 92 40 40 350 2.8 1.0
Grondbonehooi (goed) 90 100 59 210 15.0 1.5
Grondbonehooi (swak) 90 60 54 280 14.0 1.1
Hawerhooi (vroeg) 90 60 58 260 2.0 1.8
Hawerhooi (laat) 92 40 55 315 1.5 2.5
Hawerhooi (gemiddeld) 90 50 55 290 1.8 2.0
Hawerstrooi 92 30 44 335 2.5 1.0
Akkerbonehooi 90 140 56 250 13.0 1.8
Klawerhooi 90 210 62 195 15.0 3.0
Koringstrooi 92 30 38 360 1.6 0.8
Lupienhooi 90 90 53 300 5.5 1.8
Lusernhooi (gem. Kwaliteit SA) 90 150 50 314 10.0 2.0
Lusernhooi (voor blom) 90 180 54 235 18.9 2.7
Lusernhooi(1/10-½ blom) 90 150 52 285 11.2 2.1
Lusernhooi (¾-volblom) 90 140 50 300 9.3 1.8
Lusernhooi (na blom) 90 130 48 315 12.1 1.5
Mieliehooi 90 100 58 - 2.5 1.9
Mieliekopblare 90 30 54 - 1.8 1.0
Mielies, tuithope met kop 90 60 54 - - -
Mieliestronke, tuithope sonder kop 90 50 50 340 2.6 0.9
Nylvleigrashooi (Acroceras macrum) 90 70 56 - 2.6 .3
Olifantshooi (Pen. Purpureum) 90 90 48 315 4.0 1.6
Panicumhooi (Pan. –spp) 90 70 4 - 3.0 1.4
Rhodesgrashooi (Chloris gayana) 90 60 53 - 2.5 1.5
Sojaboonhooi (Glycine max) 90 100 57 - 9.8 2.0
Soedansgrashooi (Sorghum sudanense) 90 90 52 - 3.5 1.6
Soetgrashooi (Pan. Laevifolium) 90 60 50 - 2.5 1.3
Tefgrashooi (Ergrastos tef) 90 80 52 320 3.3 1.3
Veldgrashooi (goed bemes) 90 60 50 275 3.0 1.2
Veldgrashooi (swak) 90 40 38 330 2.5 0.4
Groen ruvoere
Babala, 40 cm hoog 15 26 13 31.5 1.0 0.5
Babala, 120 cm hoog 18 11 12 57.0 1.0 0.5
Columbusgras, 45-65 cm hoog 25 36 15 67.5 1.2 0.4
Gars, April 18 41 14 - 0.6 0.4
Gars, Mei 22 32 17 575 0.7 0.3
Gars, Junie 23 24 16 - 0.5 0.3
Hawer, Mei 20 33 15 - 0.5 0.4
Hawer, Junie 25 24 19 52.0 0.5 0.5
Hawer, Augustus 30 27 20 - 0.5 0.5

25
DM RP TVV RV Ca P
Voere
(%) (g/kg) (%) (g/kg) (g/kg) (g/kg)
Kikoejoe 12 cm hoog 20 37 13 55.0 0.4 0.4
Klawer 15 36 10 32.0 2.3 0.5
Koring, jonk 30 54 24 46.5 0.6 0.5
Koring, 5 maande 35 30 26 65.5 0.6 0.6
Lusern, voor blom 20 44 12 47.0 4.0 0.7
Lusern, vroeë blom 23 46 15 59.5 5.0 0.7
Lusern, na blom 30 37 15 122.0 4.0 0.6
Soedangras, 60 cm hoog 19 29 15 44.5 1.0 0.5
Soedangras, 120 cm hoog 24 19 13 77.0 0.8 0.4
Veldgras, hoëveld 5 Desember 35 37 22 106.5 1.5 1.4
Veldgras, hoëveld 29 Desember 40 26 26 147.0 1.7 0.8
Veldgras, hoëveld 15 Februarie 50 23 29 196.0 2.3 0.3
Veldgras, hoëveld 23 Maart 50 23 27 205.0 2.3 0.4
Veldgras, hoëveld 16 April 50 18 25 197.0 1.7 0.3
Kuilvoere
Aartappelkuilvoer 25 18 15.5 - 0.6 0.5
Babalakuilvoer 25 25 16.0 - 1.4 0.7
Hawerkuilvoer 25 19 13.2 80.0 0.8 0.7
Hawer/lupienkuilvoer 25 30 15.0 83.0 1.5 0.5
Lusernkuilvoer 25 37 15.0 76.5 4.0 0.8
Mieliekuilvoer 27 30 18.0 81.0 1.0 0.0
Kragvoere
Aartappels, vars 20 18 15.8 - 0.1 0.5
Aartappels, droog 90 81 71.1 - 0.5 2.5
Afgeroomde melkpoeier 92 340 79.0 - 12.0 10.0
Akkers, ryp, droog 88 45 60.0 29.0 - -
Appelreste, droog 90 46 65.0 150.0 1.0 0.9
Appelreste, vars 10 5 7.0 - 0.1 0.9
Bloedmeel 92 850 60.0 20.0 3.0 2.5
Brouersgraan, nat 25 51 19.0 59.0 0.5 1.4
Brouersgraan, droog 90 190 67.0 210.0 2.0 4.5
Gars, saad en meel 90 90 78.0 61.0 0.6 3.3
Grondbone-oliekoek (uitdruk) 94 445 80.0 94.0 1.8 5.0
Grondbone-oliekoek (oplos) 94 500 76.0 80.0 1.8 6.5
Hawer 90 95 67.0 112.5 1.5 5.0
Sorghumgraan 90 100 80.0 14.0 0.3 3.5
Sorghum are 90 90 65 90.0 0.2 2.8
Karkasmeel 93 550 65 14.0 80.0 40.0
Katoensaadoliekoek (uitdruk) 92 420 80 99.5 2.0 10.0
Katoensaadoliekoek (oplos) 9 470 75 131.5 2.5 12.0
Katoensaaddoppies 90 40 47 - 1.3 0.6
Katoensaadmeel 92 230 86 - 1.4 6.8
Koringkiemmeel 93 250 82 19.5 1.0 10.0
Koring 90 120 80 25.0 0.4 4.0
Koringsemels 92 140 62 101.0 1.3 9.0
Koringfynsemels (“pollards”) 92 150 65 70.0 0.7 8.0
Kreefmeel 92 440 28 135.1 152.5 16.5
Lupiensaad, geel 90 380 82 146.5 2.5 4.6
Lupiensaad, wit 90 370 85 100.0 3.0 4.5
Lupiensaad, blou 90 280 78 124.0 2.1 2.8
Lynsaadoliekoek (uitdruk) 90 320 75 - 4.0 8.0
Lynsaadoliekoek (oplos) 90 340 70 - 3.5 7.5

26
DM RP TVV RV Ca P
Voere
(%) (g/kg) (%) (g/kg) (g/kg) (g/kg)
Melassestroop (vir beeste) 75 30 60 - 8.9 0.8
Melassestroop (vir skape) 75 30 55 - 8.9 0.8
Mielies en mieliemeel 89 85 82 22.0 0.2 2.0
Mielieglutenmeel 92 260 75 80.0 1.3 6.4
Mieliekiemmeel (uitdrukproses) 90 100 82 70.0 0.4 5.0
Mieliekiemmeel (oplosproses) 94 115 65 60.0 0.4 5.0
Mieliekopmeel 90 75 75 110.0 0.3 1.6
Mieliesemels 90 86 70 92.0 0.3 2.7
Sitrusmeel 94 50 74 110.0 10.0 1.2
Sonneblomsaadoliekoek (uitdrukproses) 92 400 74 198.5 4.0 10.0
Sonneblomsaadoliekoek (oplosproses) 94 450 70 138.0 4.0 8.0
Triticale (korog) 90 140 78 - 0.5 4.5
Vismeel, wit 90 640 70 3.5 68.5 37.0
Vismeel, sardyn 94 635 72 1.0 44.0 26.0
Vismeel, gemiddeld 92 600 71 4.5 47.0 26.0

27
Hoofstuk 7
Die selfmaal en -meng van rantsoene vir melkbeeste

Inleiding
Die selfmaal en -meng van rantsoene of diëte vir melkbeeste kan bepaalde voordele vir melkprodusente inhou.
Waar produsente self hul eie ruvoer en ʼn gedeelte van hul kragvoeraanvulling, soos graan, produseer, kan hulle
sowat 20% van die koste van aangekoopte voer bespaar indien rantsoene self gemeng word. Dié laer koste is
hoofsaaklik moontlik weens ʼn besparing aan die oorhoofse koste van voermaatskappye in vergelyking met indi-
viduele produsente. Dié besparing gaan natuurlik met bepaalde voorwaardes gepaard. Die belangrikste hiervan
is dat die selfgeformuleerde en -gemengde rantsoen net so akkuraat moet wees as die mengsel wat die voer-
maatskappy op die plaas sou aflewer.

‘n Akkurate skaal is noodsaaklik vir die korrekte afweeg van grondstowwe. Produsente wat nie dié eenvoudige
apparaat wil aankoop nie, moet dit liefs nie oorweeg om self voere te meng nie. ʼn Skaal moet ten minste tot 5
kg, maar verkieslik tot 1 kg , kan afweeg. Hoe nader die gemengde rantsoen aan die geformuleerde mengsel is,
hoe meer korrek is die dieet. In ʼn ondersoek vroeër op Elsenburg is bevind dat baie rantsoene wat deur pro-
dusente self gemeng word, verkeerd geformuleer is. Die rantsoen kan dus weliswaar goedkoper as ʼn kommer-
siële mengsel wees, maar die laer gehalte daarvan kan die kostevoordeel heeltemal uitskakel. Die besparing
aan voerkoste word dus uitgewis aangesien die selfgemengde rantsoen die koeie se melkproduksie of die verse
se groei benadeel.

Om rantsoene korrek te formuleer, is goeie agtergrondkennis nodig, veral ten opsigte van die voedingswaarde
(chemiese samestelling en smaaklikheid) van grondstowwe wat gebruik gaan word en die voedingsbehoeftes
van die diere wat gevoer moet word. Droë koeie en lakterende koeie benodig byvoorbeeld verskillende rant-
soene, en so ook verse in verskillende ouderdomsgroepe. Hoewel al die koeie-in-melk dieselfde kragvoer kan
ontvang, voorsien die verskillende hoeveelhede wat per dag gevoer word in die voedingsbehoeftes van koeie
met verskillende melkproduksiepeile. Verder moet produsente besef dat die selfmaal en -meng van rantsoene
ʼn addisionele bedryfstak op die plaas is, en dat dit as sulks bestuur moet word. Iemand met die nodige kennis
van die voedingswaarde van grondstowwe, en die behoeftes van verskillende groepe diere, moet die formuler-
ing van die rantsoene doen. So ʼn persoon moet ook toesien dat grondstowwe betyds aangekoop word, en dat
daar altyd voldoende hoeveelhede daarvan beskikbaar is. Wanneer ʼn bepaalde grondstof nie beskikbaar is nie,
kan dit nie bloot uit die rantsoen weggelaat of met ʼn ander, moontlik verkeerde grondstof ‘reggemaak’ word
nie. Om hierdie probleem uit te skakel, moet ʼn behoorlike inventaris van voere gehou word. Die beskikbare
hoeveelheid grondstowwe moet verkieslik weekliks bepaal word, sodat grondstowwe betyds aangekoop kan
word.

Insluitingspeile van grondstowwe


Grondstowwe word gewoonlik in bepaalde hoeveelhede by rantsoene ingesluit. Verkeerde insluitingspeile kan
spysverteringsteurnisse en ander probleme veroorsaak. In Tabel 1 word die maksimum insluitingspeile van ʼn
aantal grondstowwe aangedui. Die waardes in Tabel 1 is egter nie absolute hoeveelhede nie, en dien hoofsaaklik
as riglyne.

Die insluitingspeile in Tabel 1 is oor die algemeen betreklik konserwatief, en sal bevredigende resultate verse-
ker. Hou in gedagte dat die hoeveelheidswaardes (kg) belangriker is as die persentasiewaardes. Produsente
moet ook ander inligtingsbronne ten opsigte van veilige insluitingspeile en voerinnames raadpleeg.

28
Tabel 1. Die insluitingspeile van verskillende grondstowwe in kragvoere en volledig
gemengde rantsoene (TMR)
Insluitingspeil (%) Inname
Grondstof Kragvoer TMR (kg/dag)

Bloedmeel 5 2-3 1.0-2.0


Brouersgraan (nat) - 15-25 2.5-4.5
Dierlike vet * 3-4 0.5-1.0
Gars 75 40-50 7.0-9.0
Glutenfeed (25% RP) 50-100 25-40 5.5-7.5
Hawer 50-75 25-30 4.5-7.5
Karkasmeel 10 4.5 0.5-1.0
Kanola (volvet gemaal) 12 8 1.6
Katoensaad (heel) * 10-15 2.5-3.5
Katoensaad (gemaal) 20-25 10-12 2.0-4.0
Koring 25-50 20-25 4.5-6.5
Koringsemels 25-35 15-25 2.7-4.0
Lusernhooi 5-15 Geen beperkings -
Mielies 95 Geen beperkings -
Mieliekopmeel 15-25 15-25 2.7-4.5
Melasse 5-10 3-5 0.5-1.5
Primegluten (60% RP) - Geen beperkings -
Sonneblommeel (28% RP) 20-30 10-15 2.0-4.0
Sojaboonmeel (44% RP) - Geen beperkings -
Ureum 1-2 0.5-1.0 0.1-0.2
Vismeel 10 4-6 1.0-2.0
* Die totale inname van heelkatoensaad, sojaboontjies en dierlike vet moet nie meer
as 3 tot 4% van die rantsoen uitmaak nie.

Ruvoere
Om rantsoene vir herkouers te formuleer, moet die beskikbare ruvoere op die plaas as uitgangspunt gebruik
word. ʼn Wye reeks ruvoere word op plase geproduseer. As alternatief kan ruvoere in ander streke aangekoop
en na die plaas vervoer word. Weens die lywigheid en lae gehalte (in vergelyking met kragvoerbronne) van ru-
voere, moet die vervoer daarvan oor lang afstande beperk word. Hoe meer ruvoere op ‘n plaas self geproduseer
word en hoe beter die gehalte daarvan, hoe goedkoper is die uiteindelike totale rantsoen. Kuilvoerbunkers moet
so geplaas wees dat die ruvoer oor die kortste moontlike afstand na oopkampe vervoer word. Kuilvoer bestaan
uit sowat 65% water wat saam met die DM-gedeelte vervoer word. Kuilvoer kan ook nie eintlik tussen plase
vervoer word nie, tensy dit as groot ronde bale ingekuil is. Vervoerkoste is egter hoog, en die plastiekbedekking
van die bale word ook dikwels in die proses beskadig. Dit is moeilik om beskadigde plastiekseile doeltreffend te
herseël, want kuilvoerbale word met ten minste ses lae plastiek toegedraai. Bale met beskadigde plastiek moet
binne 10 tot 20 dae gevoer word. Dit is beter om bale weekliks te verskuif.

Die bekendste ruvoere wat vir melkbeeste in die Wes-Kaap geproduseer word, is hawer- en koroghooi, verskil-
lende kuilvoere soos hawer- en lupienekuilvoer, en aangeplante weidingsgewasse. Daar is ook ʼn groot ver-
skeidenheid laegraadse ruvoere, soos die oesreste van kleingraan-, mielie-, grondboontjie- en ander bedrywe.
Lusernhooi word plaaslik op ʼn beperkte skaal geproduseer, en word meer dikwels uit die somerreënvaldele
aangery. Mieliekuilvoer word hier hoofsaaklik slegs onder besproeiing geproduseer waar voldoende water
beskikbaar is.

29
In Tabel 2 word die chemiese samestelling van ʼn aantal kleingraankuilvoere aangedui na aanleiding van ʼn op-
name by ʼn aantal produsente in die Piketberg-Eendekuil-omgewing in die Wes-Kaap.

Tabel 2 Die gemiddelde chemiese samestelling (waardes op DM basis) van verskillende kuilvoergewasse geprodu-
seer in die Piketberg-Eendekuil omgewing van die Swartland (SA: Standaard afwyking)
Mengsels
Soet Barlewiet Hawer/ Hawer/ Hawer/
Chemiese komponente Hawer Korog lupine Korog Barlewiet wieke
Aantal monster 34 19 12 9 12 25 12
pH 4.06 3.99 3.98 4.03 4.17 3.98 3.85

RP (%) Gemid 7.6 9.5 13.5 9.3 8.6 9.2 12.1


(SA) (1.8) (0.9) (1.7) (0.05) (1.0) (1.5) (0.6)
Variasie 4.7-11.3 8.1-11.6 11.6-16.3 8.4-9.9 8.4-9.7 5.7-13.4 11.3-13.3

ADF (%) Gemid 38.1 38.8 46.3 40.2 37.9 40.0 37.7
(SA) (4.8) (2.1) (3.3) (1.5) (2.4) (2.4) (2.4)
Variasie 30.8-45.7 35.3-43.7 39.3-51.1 37.9-42.5 34.5-42.7 34.9-44.2 35.0-43.4

NDF (%) Gemid 59.7 60.4 56.4 63.6 61.8 62.3 52.8
(SA) (5.3) (2.3) (2.8) (1.7) (2.2) (2.4) (1.7)
Variasie 50.0-69.2 56.6-63.8 51.8-62.2 61.4-67.5 58.1-66.4 58.0-66.9 50.9-55.7

TVV (%) Gemid 69.1 62.6 62.7 61.7 66.3 63.1 69.6
(SA) (4.6) (4.9) (3.4) (2.1) (1.2) (4.2) (0.9)
Variasie 58.5-75.7 54.9-71.3 55.3-67.5 58.8-66.2 64.6-68.4 56.1-70.2 68.2-72.1

Ca (%) Gemid 0.18 0.19 0.68 0.23 0.31 0.24 0.49


(SA) (0.04) (0.04) (0.07) (0.02) (0.02) (0.06) (0.11)
Variasie 0.16-0.18 0.14-0.28 0.57-0.80 0.18-0.26 0.28-0.34 0.18-0.38 0.36-0.77

P (%) Gemid 0.19 0.25 0.29 0.20 0.23 0.20 0.21


(SA) (0.02) (0.04) (0.03) (0.03) (0.01) (0.03) (0.02)
Variasie 0.18-0.20 0.17-0.32 0.25-0.35 0.17-0.24 0.20-0.25 0.16-0.30 0.18-0.23

Die groot variasie in die chemiese samestelling van die verskillende soorte kuilvoere is veral opvallend. Die
invloed van die chemiese samestelling van ʼn bepaalde ruvoer op die totale rantsoenkoste kan met behulp van ʼn
minimumkoste-rantsoenformuleringsprogram bepaal word. Volledig gemengde rantsoene wat op die maksimum
waardes van die chemiese komponente van hawer-, korog-, soetlupiene-, barlewiet- en ʼn hawer-en-korogkuil-
voer gebaseer is, kos onderskeidelik slegs 77%, 76%, 77%, 87% en 91% van ʼn soortgelyke geformuleerde
rantsoen waarin die minimum waardes van die chemiese komponente gebruik is. Hiermee saam neem die
rantsoenkoste ook met sowat 10% af indien ʼn ruvoer met ʼn hoër RP-inhoud, byvoorbeeld soet lupiene teenoor
hawerhooi, gebruik word.

Voedingsbehoeftes van melkbeeste


Om ʼn geskikte rantsoen vir melkbeeste te formuleer, moet die beeste se voedingsbehoeftes bekend wees. Dié
inligting is beskikbaar in voedingstabelle. Die samestelling van rantsoene verskil na gelang van die diere se
voedingsbehoeftes, wat op sy beurt deur die koei se produksiestadium (lakterend of droog), sowel as melk-
produksiepeil bepaal word. Dit is ʼn bewese feit dat hoe beter daar in koeie se bepaalde voedingsbehoeftes

30
voorsien word, hoe meer ekonomies is die voedingsprogram. Daar is verskeie rantsoenformuleringsprogramme
vir melkbeeste. Hiermee saam het navorsingsinstansies in die wêreld elk hul eie stel voedingsbehoeftes vir ver-
skillende diersoorte opgestel. Die mees algemene stelsel wat in Suid-Afrika vir die bepaling van die voedings-
behoeftes van melkbeeste gebruik word, is die voedingstabelle van die Amerikaanse National Research Council
(NRC), soos dit in die handboek Nutrient Requirements of Dairy Cattle (1988) vervat is (Tabel 3). Die oogmerk
is hier hoofsaaklik om aan te dui tot wattter mate die basiese voedingsbehoeftes van diere verskil. Die inligting
in Tabel 3 kan steeds met vrug gebruik word om rantsoene vir melkbeeste te formuleer.

Tabel 3. Die voedingstofinhoud van volledig gemengde rantsoene vir melkbeeste (NRC, 1989)
Massa Vet Melkkoei diëte Verse en bulle
(kg) (%) Melkproduksie (kg/dag)

400 5.0 7 13 20 26 33
500 4.5 8 17 25 33 41
600 4.0 10 20 30 40 50 Vroeg Kalf-
700 3.5 12 24 36 48 60 laktasie Droë aan-
800 3.5 13 27 40 53 67 koeie koeie vangs- 3-6 6-12 >12
meel maande maande maande Bulle
TVV (%) 63 67 71 75 75 73 56 80 69 66 61 55
RP (%) 12 15 16 17 18 19 12 18 16 12 12 10
UIP (%), 4.4 5.2 5.7 5.9 6.2 7.0 - - 8.2 4.4 2.1 -
DIP (%) 7.8 8.7 9.6 10.3 10.4 9.7 - - 4.6 6.4 7.2 -
RV (%) 17 17 17 15 15 17 22 - 13 15 15 15
ADF (%) 21 21 21 19 19 21 27 - 16 19 19 19
NDF (%) 28 28 28 25 25 28 35 - 23 25 25 25
Ca (%) 0.43 0.51 0.58 0.64 0.66 0.77 0.39 0.60 0.52 0.41 0.29 0.30
P (%) 0.28 0.33 0.37 0.41 0.41 0.48 0.24 0.40 0.31 0.30 0.23 0.19
Mg (%) 0.20 0.20 0.20 0.25 0.25 0.25 0.16 0.10 0.16 0.16 0.16 0.16
K (%) 0.90 0.90 0.90 1.00 1.00 1.00 0.65 0.65 0.65 0.65 0.65 0.65
Na (%) 0.18 0.18 0.18 0.18 0.18 0.18 0.10 0.10 0.10 0.10 0.10 0.10
UIP: Rumen nie-degradeerbare proteïene TVV: Totale verteerbare voedingstowwe K: Kalium
DIP: Rumen degradeerbare proteïene Ca: Kalsium Na: Natrium
ADF: Suurbestande vesel P: Fosfor
NDF: Neutraalbestande vesel Mg: Magnesium
RP: Ruproteïene

Die nuutste inligting oor die voedingsbehoeftes van melkbeeste verskyn in die 2001-uitgawe van die NRC. Dit is
baie meer omvangryk as die voorbeelde hierbo in Tabel 3 aangedui. Vir meer inligting in hierdie verband moet ʼn
goed opgeleide melkbeesvoedingkundige met die nodige agtergrondkennis en geskikte rekenaarprogramme en
-modelle genader word.

Wat die basiese formulering van rantsoene betref, moet die RP-, TVV-, RV-, Ca- en P -behoeftes van koeie die
spesifieke inhoud van hul dieet bepaal. Daar word algemeen verwys na rantsoene wat byvoorbeeld 12% RP en
62% TVV, of 17% RP en 67% TVV bevat. Dieselfde grondstowwe kan gebruik word, maar die hoeveelhede in
elke rantsoen verskil.

Die aanbevelings in Tabel 3 word algemeen as voldoende aanvaar vir die groei, die handhawing van melk-
produksie volgens genetiese potensiaal, reproduksie, en die handhawing van gesondheid in normale
omgewings- en bestuursomstandighede vir die meeste melkkoeie. Die eetlus van koeie en voedingsbehoeftes
word uiteraard ook deur omgewingsfaktore en voedingstofwanbalanse beïnvloed. Daarom dien die aanbevel-
ings in die voedingstabelle hoofsaaklik as riglyne en nie as absolute waardes nie. Volgens Tabel 3 benodig ʼn

31
Holsteinkoei met ʼn liggaamsmassa van 600 kg en ʼn daaglikse melkproduksie van 30 kg, ʼn totale rantsoen met
16% RP en 71% TVV op ʼn DM-basis. ʼn Jerseykoei van 400 kg met ʼn melkproduksie van 20 kg sal ʼn soortgelyke
rantsoen benodig. Aangesien Jerseykoeie kleiner is, sal die daaglikse voervoorsiening egter minder wees.

Rantsoene verskil ook na gelang van die voermetode. Koeie wat permanent op weiding of ander ruvoerbronne
gehou word, moet ʼn kragvoeraanvulling kry. Dít word gewoonlik individueel in die melkstal of in ʼn navoereen-
heid aan koeie voorsien. Die kragvoer wat koeie sal ontvang, hang af van die ruvoer wat gevoer word. Koeie
wat hawerkuilvoer ontvang, het ʼn ander kragvoer nodig as koeie met vrye toegang tot goeie grasklawerwei-
ding. Kragvoere bestaan tipies uit grondstowwe wat energie, proteïene en minerale voorsien.

In die praktyk word kragvoer, gedurende die laktasieperiode op verskillende maniere gevoer, naamlik volgens
ʼn vaste hoeveelheid per dag, of volgens hoeveelhede wat aangepas is by die daaglikse melkproduksie en/of
die laktasieperiode. In hierdie geval word die hoeveelheid kragvoer minder soos die melkproduksie afneem.
Die vaste kragvoervoedingspeil staan algemeen bekend as ʼn “flat rate”- (vaste peil) voedingsprogram, terwyl
dit ʼn “step rate”- (trapsgewyse) voedingsprogram genoem word wanneer die hoeveelheid kragvoer per dag
gedurende die laktasie verander. In eersgenoemde geval ontvang koeie byvoorbeeld 6 kg kragvoer vir elke dag
van die laktasie, terwyl koeie in laasgenoemde geval 8 kg kragvoer per dag kry in die eerste twee maande van
die laktasie, daarna 6 kg kragvoer per dag tot agt maande in die laktasie, en daarna 4 kg kragvoer per dag tot
aan die einde van die laktasie. In ʼn ondersoek waarin dieselfde totale hoeveelheid kragvoer volgens dié twee
voedingspeile gevoer is, was daar geen verskil in totale melkproduksie oor die laktasie nie. Die hoeveelheid
kragvoer blyk dus meer bepalend te wees as die wyse waarop die kragvoer gevoer word. Weens die buffereien-
skappe van koeie (onder andere hul vetreserwes), hoef kragvoervoorsiening nie ingewikkeld te wees nie, maar
kan ʼn betreklik eenvoudige stelsel gebruik word.

Koeie wat in voerkrale aangehou word, ontvang as ‘n reël ʼn volledig gemengde rantsoen (TMR). Hiermee word
die ruvoer- en kragvoergedeelte van die rantsoen saamgemeng en op ʼn ad libitum-basis aan koeie voorsien. Met
ʼn TMR kan ander grondstowwe, soos verskeie afvalprodukte, by die mengsel gevoeg word. Tabel 4 toon tipiese
voorbeelde van ʼn TMR wat in die Wes-Kaap gebruik sou kon word, en ʼn suiwelmeel wat geskik sou wees vir koeie
met toegang tot goeie grasklawerweiding. Die verhouding van die verskillende grondstowwe sal verander indien
die grondstofpryse of rantsoenbehoeftes verander.

Tabel 4. Voorbeelde van die grondstof samestelling van ‘n volledig gemengde rantsoen (TMR) en ‘n suiwelmeel
wat aan melkkoeie in die Wes-Kaap gevoer word (KSOKM = Katoensaad-oliekoekmeel; TVV = Totale verteer-
bare voedingstowwe).
Grondstowwe TMR Suiwelmeel
Lusernhooi (kg) 150 -
Hawerhooi (kg) 200 -
Mieliemeel (kg) 230 270
Koring (kg) 150 360
Gars (kg) 100 250
KSOKM (kg) 150 100
Ureum (kg) 5 -
Voerkalk (kg) 10 10
Sout (kg) 5 10
Totale mengsel (kg) 1000 1000

32
Chemiese samestelling
Ruproteïene (%) 15.5 13.0
TVV (%) 67.0 74.0
Ruvesel (%) 13.7 4.2
Kalsium (%) 0.63 0.43
Fosfor (%) 0.36 0.38

Kleingrane soos koring en gars kan by diëte ingesluit word indien die koste daarvan dit regverdig. In boge-
noemde voorbeelde was die mieliekomponent van die rantsoen laer, waarskynlik weens ʼn hoër aankoopkoste as
die ander energiebronne.

33
Hoofstuk 8
Die grootmaak van verskalwers tot 3-maande ouderdom

Inleiding
In ʼn melkkudde moet koeie kalf om weer in melk te kom. Die verskalwers wat gebore word, moet suksesvol
grootgemaak word sodat húlle weer koeie kan vervang wat mettertyd uitgeskot word. Op baie melkplase is
die gemiddelde vrektesyfer (mortaliteit) by verskalwers in die eerste twee tot drie maande ná geboorte baie
hoog, tot soveel as 25%. Indien dít vergelyk word met die mortaliteit van 1–2% by vleisbeeste waar kalwers by
die koeie in die veld groot word, moet die redes vir die hoë mortaliteitsyfer van kalwers in melkkuddes nader
ondersoek word. Goeie bestuurspraktyke ten opsigte van voeding, behuising en siektevoorkoming sal verseker
dat minder suiwelkalwers vrek. Hoewel kalwers dikwels aan een van die algemene kalwersiektes vrek, is ʼn ver-
swakte weerstand as gevolg van spanningsfaktore, soos wanvoeding en swak behuising en bestuur, gewoonlik
die werklike oorsaak van die probleem.

Behuising

Kalwingsomgewing
Koeie moet in ʼn skoon en kiemvrye omgewing kalf. Groot oop weidingskampe, of oop kampe wat droog is en
waar ander beeste nie gereeld saamdrom nie, is gewoonlik voldoende. Die kampe moet soveel moontlik direkte
sonlig kry. Die grondoppervlak van kampe moet dus nie beknop, vuil en nat wees nie. Verkieslik moet die kamp
waar koeie kalf, ook naby die melkstal wees om toesig te vergemaklik. Indien daar nie ʼn skoon kalfomgewing
is nie, moet geskikte kraamhokke onderdak ingerig word. Die vloere van die kraamhokke (3 x 4m) moet van
beton wees met ʼn growwe tekstuur sodat koeie nie daarop gly nie. Vir goeie dreinering moet die vloerhelling
1–2% wees, terwyl die mure afgepleister moet wees sodat dit maklik gewas kan word. Die hokke moet oor
elektriese beligting en watervoorsiening (warm én koud, indien moontlik) beskik, en moet met redelike gemak
deeglik skoongemaak en ontsmet kan word. Buiten dat dit as skoon kalfplek dien, hou sulke hokke ook die vol-
gende voordele in:

• Koeie kan baie maklik voor, gedurende en ná die kalfproses dopgehou word.
• Koeie met kalwingsprobleme kan maklik bygestaan word.
• Dit vergemaklik die hantering van kalwers en hulle kan gehelp word om genoeg biesmelk in te neem.
• Die koei se spene kan gewas word voordat die kalf daaraan suip.
• Die koei en pasgebore kalf word teen slegte weer beskerm.
• Omdat die hokke maklik ontsmet kan word, kan aansteeklike siektes soos besmetlike misgeboorte vinnig
beheer word.

Kalfbehuising
Vir die eerste twee tot drie maande na geboorte moet kalwers verkiesklik in individuele kalwerhokke aangehou
word. Die hokke moet sowat 1.0 m breed en 1.8 m lank wees met afskortings van 1.0 m hoog tussenin die
hokke. Die vloer van die kalwerhokkies moet van beton wees met ʼn helling van agter na voor. Nat beddegoed
moet daagliks verwyder en met droë beddegoed vervang word. ʼn Kalfhuis met hierdie tipe hokke moet oop
wees na die ooste of noord-ooste vir blootstelling aan die son. In die agterste muur moet ʼn ry vensters wees,
verkieslik hoog bokant die kalwerhokkies.

Belangrike beginsels vir kalfbehuising is die volgende:


• die gebou moet goed geventileer wees, sonder enige trekke,
• die gebou moet droog wees en uiterste temperatuurskommelings beperk en
• dit moet gereeld ontsmet word (Sonlig is die beste ontsmettingsmiddel.)
34
Andersins kan individuele verskuifbare hokke met dieselfde afmetings as hierbo genoem, gebruik word. Dié
hokke, met aan die agterkant ʼn toe gedeelte vir beskutting teen reën, wind en die son, is dikwels goedkoper en
makliker om te bestuur. Die hokke moet verkieslik teen ʼn helling staan, sodat dit gereeld opgeskuif kan word
om te keer dat siektebakterieë opbou.

Voeding

Eerste vier dae


Die kalf moet binne drie tot ses uur ná kalwing genoeg biesmelk inneem. Kalwers van swaar rasse moet ten
minste 2 tot 3 ℓ biesmelk inneem, terwyl kalwers van ligter rasse sowat 1.5 ℓ moet inneem. Indien die kalf nie
self kan suip nie, kan die koei uitgemelk word en die bies aan die kalf gevoer word. Gebruik ʼn kunsspeenhouer
hiervoor. As alternatief kan die biesmelk deur ‘n maagbuis vir die kalf ingegee word. Dít moet egter slegs ge-
doen word deur ‘n bekwame persoon wat die tegniek ken. Indien dit op die verkeerde manier gedoen word, kan
die kalf verdrink omdat die biesmelk in die longe kan beland. Biesmelk (kolostrum) bevat immunoglobuliene
(teenliggaampies) wat die kalf immuniseer teen die meeste siektes wat die moeder gehad het. Dit beskerm
die kalf teen algemene siektes waaraan sy in haar vroeë leeftyd blootgestel gaan word. Binne enkele ure na
geboorte word al hoe minder van hierdie teenliggaampies direk uit die SVK van die kalf opgeneem. Ná 24 uur
word geen teenliggaampies direk geabsorbeer nie. ʼn Ander rede waarom biesmelk so gou moontlik ná kalwing
ingeneem moet word, is omdat die konsentrasie van die teenliggaampies in die melk ook vinnig afneem. Sowat
12 uur ná kalwing is daar net sowat 35% van die teenliggaampies oor van wat net ná geboorte beskikbaar was.

Ná 24 uur word die kalf weggeneem van die koei om te keer dat sy haar oorsuip en met bakterieë besmet
word. In dié stadium word die kalf in ʼn individuele kalfkrat gesit. Hier ontvang sy twee keer per dag volmelk
uit ʼn emmer of met ʼn kunsspeen. Biesmelkvoeding kan tot op die ouderdom van 4 dae aanhou, want hoewel
die teenliggaampies ná 24 uur nie meer direk in die bloedstroom opgeneem word nie, het dit steeds ʼn lokale,
beskermende invloed deurdat dit siektekieme in die maag vernietig.

Van 5 dae- tot speenouderdom


Vir makliker bestuur en kostebesparing moet die kalf so gou moontlik van melk gespeen en verder op droë voer
grootgemaak word. By geboorte het ʼn kalf die spysverteringstelsel van ʼn enkelmaagdier. Die rumen, of groot-
pens, is heeltemal onderontwikkel, en die melk gaan direk na die vierde maag, of melkpens, waar vertering
plaasvind. Die kalf is in hierdie stadium nog nie in staat om ruvoer te verteer of om enige nie-proteïenbronne
soos ureum te benut nie. Om ʼn kalf vroeg van melk te speen, moet die grootpens gestimuleer word om te
ontwikkel. Dít word gedoen deur die kalf so gou moontlik toegang tot droë voer te gee, en haar te stimuleer om
daaraan te begin vreet. Die kragvoer of kalfaanvangsmeel moet ten minste 18% RP op ‘n natuurlike vogbasis
bevat.

Die volgende is noodsaaklik om hierdie stelsel suksesvol te bedryf:

• Gee kalwers daagliks twee voedings volmelk of melkvervanger, gesamentlik gelykstaande aan hoogstens
10% van hulle liggaamsgewig. ʼn Holsteinkalf wat by geboorte 40 kg weeg, kry dus 2 ℓ melk in die oggend
en 2 ℓ melk in die aand. Dié hoeveelheid melk word nie meer gemaak soos die kalf ouer word nie. Só word
sy verder gestimuleer om meer droë meel in te neem namate haar voedingsbehoeftes toeneem.

• Voorsien ʼn smaaklike kalfaanvangsmeel vanaf 7-dae ouderdom. Dit kan in ʼn bakkie gegee word op die-
selfde plek waar die melkemmer gewoonlik staan. Stimuleer die kalf om van die meel te vreet deur daarvan
aan haar bek te vryf net nadat sy gesuip het. Voorsien elke dag ʼn klein hoeveelheid vars meel. Die meel
moet nie lank in die voerbak bly nie aangesien dit gou muf raak. Gemufte en meel wat hard geword het, is
onsmaaklik en boonop ongesond.

35
• Voorsien daagliks vars drinkwater in skoon emmers. Hou die water weg van die kalf vir ʼn uur voor en ʼn uur
nadat sy melk gekry het. Dít is om te voorkom dat die kalwers te veel water op ʼn slag drink en só diarree
ontwikkel. Sodra die kalwers sowat 700 g kalfaanvangsmeel per dag inneem (gewoonlik op 5–6 weke), kan
hulle van melk gespeen word. Ná speen neem die inname van kalfmeel gewoonlik vinnig toe.

• Kalwers kan vanaf ‘n maand ouderdom daagliks ʼn klein hoeveelheid goeie lusernhooi ontvang om ru-
voerinname te verhoog en rumenontwikkeling te stimuleer. Tussen speen- en 3 maande ouderdom kry die
kalf steeds kalfaanvangsmeel op ʼn ad libitum-basis, sowel as sowat 500 g lusernhooi per dag. Skoon, vars
drinkwater moet elke dag beskikbaar wees. In hierdie stadium moet verse geen lae-graadse ruvoere kry
nie, aangesien dit hul groei sal vertraag.

Kolostrum vir kalwers


Kolostrum (biesmelk) het geen werklike verkoopswaarde nie en kan daarom baie nuttig gebruik word vir die
grootmaak van kalwers in die eerste paar weke na geboorte. Die hedendaagse melkkoei produseer baie meer
biesmelk as wat haar kalf in die eerste paar dae ná kalwing kan gebruik. In ʼn opname onder melkboere is
bevind dat sowat 50% van produsente hul bulkalwers direk ná kalwing verkoop, wat selfs ʼn groter hoeveelheid
biesmelk beskikbaar stel. In Tabel 1 word die samestelling van kolostrum aangedui, asook hoe dié samestelling
verander, en hoe dit met volmelk vergelyk.

Kolostrum bevat baie meer vet, proteïene en vaste stowwe as volmelk, terwyl die laktose-inhoud weer laer is.
Dié laer laktosevlak is die rede waarom kolostrum nie so maklik maagwerk veroorsaak nie. Omdat kolostrum
meer vaste stowwe bevat as volmelk, kan dit voor voeding met water verdun word. Die verdunning sal daar-
van afhang of dit eerste-, tweededag of ouer kolostrum is. Die kolostrum van die eerste twee dae kan in die
verhouding twee dele kolostrum tot een deel water verdun word, en kan in dieselfde hoeveelhede as volmelk
gevoer word.

Tabel 1. Die samestelling van kolostrum en volmelk


Kolostrum Volmelk
Bestanddele By geboorte Na 12 ure Na 24 ure na 14 dae
Totale vastestowwe (%) 24.0 18.0 14.0 13.0
Vet (%) 6.7 5.4 4.0 4.0
Nie-vet vastestowwe (%) 16.7 12.0 10.0 8.8
Totale proteïene (%) 14.0 8.4 5.0 3.0
Laktose (%) 2.7 04.0 4.4 5.0
Minerale (%) 1.1 0.9 0.8 0.7

Kolostrum word soos volg gepreserveer:

• Vries (kan vir ‘n periode van tot ses maande só geberg word).
• Fermenteer – Sodra die kolostrum suur is, moet dit by 4 ˚C in ʼn koelkamer geberg word. Voeg ná versuring
1% propioonsuur of 0.7% asynsuur by, roer om, en hou op ʼn koel plek. Dié mengsel kan ʼn paar maande só
geberg word, solank die omgewingstemperatuur nie hoër as 21 ˚C styg nie.

Voordat gepreserveerde kolostrum aan kalwers gevoer word, moet water bygevoeg word. Vars en suur kolos-
trum moet verkieslik nie gemeng word nie. Plastiekhouers is ideaal om gefermenteerde kolostrum in te berg.
Indien kolostrum nie by geboorte beskikbaar is nie, kan ʼn mengsel van een geklitste eier, 300 mℓ water, ʼn teel-
epel kasterolie en 600 ℓ volmelk drie maal per dag teen liggaamstemperatuur (39 ˚C) aan kalwers gevoer word.

36
Bestuur
Goeie bestuur is die heel belangrikste vereiste by die intensiewe grootmaak van kalwers. Dit behels drie aspek-
te, naamlik behuising, voeding en siektebeheer. ʼn Oplettende persoon wat dadelik probleme kan raaksien, moet
die kalwers ten minste een keer per dag inspekteer en die nodige regstellings maak. Buiten bogenoemde is die
volgende aspekte ook belangrik by jong kalwers:

• Kalwers moet net ná geboorte gemerk word. Twee plastiekoorplaatjies (een in elke oor ) van ʼn betroubare
fabrikaat is voldoende.
• Oortollige speentjies van verskalwers behoort so vroeg moontlik afgeknip te word. ʼn Steek om die vel nader
te trek sal genesing bespoedig.
• Tussen 4 en 6 weke ouderdom kan die horingknoppies gebrand word. Raadpleeg ʼn veearts of ander kundige
vir die korrekte metode.
• Kalwers moet tussen 4 en 5 maande ouderdom teen Anaplasmose en Brucellose ingeënt word. Hierdie twee
entstowwe kan gelyktydig toegedien word.

37
Hoofstuk 9
Die voeding van vervangingsverse tot eerste kalwing

Inleiding
Die meeste melkprodusente maak die verse groot wat in hul kuddes gebore word. Dié verse moet later kalf, en
koeie vervang wat met verloop van tyd uit die kudde geskot word. Die selfgrootmaak van verse word om die
volgende redes bo die aankoop van verse van ander produsente verkies:

• Die teling van ʼn melkkudde vir ‘n hoë melkproduksievermoë vereis onder andere die seleksie van verse
volgens prestasie. Die stamboom- en produksiegeskiedenis van dié diere is daarom baie belangrik.
• Die afkoms, en dus ook genetiese meriete, van aangekoopte verse is soms onbekend.
• Aangekoopte diere kan met aansteeklike siektes, soos besmetlike misgeboorte en beestuberkulose, besmet
wees.
• Die aankooppryse van verse is dikwels buite verhouding tot hul produksievermoëns.
• Verse is nie altyd te koop wanneer hulle benodig word nie.
• Verse wat tuis grootgemaak is, is gewoonlik die beste by die plaasomgewing aangepas.

Vroeë kalwing
Verse moet so gou as moontlik in produksie kom, aangesien dit die enigste manier is om op hul grootmaak-
koste te spaar. In Tabel 1 word die verwagte groeitempo van verse van verskillende rasse aangedui.

Tabel 1. Die teikenliggaamsmassa van verse van verskillende melkbeesrasse met dek op 15 maande-ouderdom
en eerste kalwing op 24 maande-ouderdom (GDT: gemiddelde daaglikse toename)
Melkbeesrasse
Maatstawwe Holstein Jersey Ayrshire Guernsey
Geboortemassa (kg) 40 25 32 30
GDT tot 12 maande ouderdom (kg/d) 0.60-0.70 0.40-0.45 0.50-0.575 0.45-0.50
GDT tot 24 maande ouderdom (kg/d) 0.70-0.75 0.50-0.55 0.60-0.65 0.55-0.60
Massa op 15 maande ouderdom (kg) 320-365 215-240 270-300 245-265
Liggaamsmassa op 24 maande ouderdom (kg) 515-570 355-390 435-480 390-435

Baie produsente is van mening dat vervangingsverse wat kragvoerbyvoeding kry, nie noodwendig groei nie,
maar net vet aansit. Ouer verse is wel meer geneig om vet neer te lê. Wanneer verse van dieselfde ouderdom
vergelyk word, het vinnig groeiende verse meer liggaamsvet, maar wanneer hulle op dieselfde massa vergelyk
word, is daar geen verskil nie. Waak egter teen ʼn uitermate hoë groeitempo, aangesien dit vetneerlegging in
die uier kan veroorsaak. Indien dít voor puberteit plaasvind, sal dit melkproduksie benadeel.

ʼn Studie het bevind dat die pelviese opening van verse wat op 22 maande gekalf en 584 kg geweeg het, en
verse wat dieselfde geweeg het op 24 maande, presies ewe groot was.

Twee groepe verse wat onderskeidelik op 22.4 en 24.6 maande gekalf het (met die eerste groep op ʼn hoër
voedingspeil) se melkproduksie en reproduksie het soos volg daar uitgesien:
• In die eerste laktasie het die koeie omtrent dieselfde hoeveelheid melk gelewer.
• Produksie per dag van lewe was egter 10 kg vir die groep van 22.6 maande, teenoor 9.3 kg vir die ouer groep.
• Ná kalwing het al die koeie dieselfde behandeling ontvang, en was hulle leeftydproduksie en reproduksie
ook dieselfde.

38
• Die belangrikste voordeel van ‘n vroeë kalwing blyk dus ʼn hoër produksie per dag van lewe te wees, wat op
sy beurt belangrike finansiële implikasies het.

Hoe vinniger diere groei, hoe meer doeltreffend word voer in liggaamsgewig omgeskakel. Dít is omdat ʼn kleiner
gedeelte van die voer vir onderhoudsbehoeftes, en meer daarvan vir groei aangewend word. Verse moet vinnig
groei om die korrekte dekgewig so jonk as moontlik te bereik. Om verse voor dié ouderdom te dek, en veral
teen ʼn laer liggaamsmassa, het meer kalwingsprobleme en ‘n laer melkproduksie veral in die eerste laktasie tot
gevolg. Verse moet daarom verkieslik nie voor 22 maande vir die eerste keer kalf nie, veral as hulle nie goed
uitgegroei is nie. Navorsing toon dat verse wat ná 22 maande kalf, in die eerste laktasie 73 ℓ meer vetgekorri-
geerde melk (VGM) per maand produseer. Hierdie hoër melkproduksie verval egter ná ʼn kalwingsouderdom van
29 maande. Daar is eintlik geen rede waarom verse later as 27 maande ouderdom hoef te kalf nie. Die grootte
en kondisie van verse by eerste kalwing het ʼn duidelike uitwerking op hul produksie in die eerste drie laktasies
(Tabel 2).

Tabel 2. Die effek van liggaamsgewig van verse by eerste kalwing op die melkproduksie van dieselfde diere
gedurende hul eerste drie laktasies
Liters melk meer geproduseer per laktasie vir elke 1 kg hoër
Laktasienommer liggaamsgewig by eerste kalwing
Per kg Per 50 kg Kumulatiewe totaal
1 8.7 435 435
2 7.6 380 815
3 6.6 330 1145

Dit blyk dus dat hoe swaarder die vers by die eerste kalwing weeg, hoe hoër is haar melkproduksie in die eerste
drie laktasies. Daar is hoofsaaklik twee redes hiervoor, naamlik die swaarder vers het meer liggaamsvetreser-
wes om in die eerste drie maande van die eerste laktasie in haar energiebehoeftes vir melkproduksie te voor-
sien. Tweedens benodig sy minder voedingstowwe in die eerste laktasie om haar potensiële volwasse liggaams-
massa te bereik. Dit stel meer energie vir melkproduksie beskikbaar.

Sommige verse wat te vinnig groei, lewer minder melk omdat vetweefsel in plaas van uierweefsel gedurende of
selfs voor puberteit in die uier neergelê word. In Tabel 3 word die samestelling aangetoon van die uierweefsel
van Holsteinverse wat volgens verskillende voedingspeile grootgemaak is.

Tabel 3. Die samestelling van die uierweefsel van Holsteinverse wat teen verskillende voedingspeile gevoer is
en na ‘n dragtigheidperiode van 250 dae geslag is
Voedingspeil
Eienskappe LL LH HL
Uiergewig (kg) 6.4 9.0 6.8
Melksekreterende weefsel (kg) 4.0 5.4 3.2
Melksekreterende weefsel (%) 63.7 61.0 49.6
Uier as % van liggaamsmassa 1.53 1.82 1.39
Massatoename tot 12 maande ouderdom(kg/dag) 0.58 0.58 1.03
Gewigstoename gedurende dragtigheid (kg/dag) 0.68 0.84 0.58
LL: lae massatoename gedurende die eerste jaar en gedurende dragtigheid
LH: lae massatoename gedurende die eerste jaar en hoë massatoename gedurende dragtigheid
HL: hoë massatoename gedurende die eerste jaar en lae massatoename gedurende dragtigheid

Hieruit blyk dit dat die uiers van koeie wat as verse nie vinniger as 750 g per dag gegroei het nie, 39% meer
geweeg het en 68% meer melkafskeidingsweefsel (parenchiem) bevat het as dié van verse wat tot op 11
maande 1 kg of meer per dag gegroei het. Hierteenoor het verse wat ná dekking (gedurende dragtigheid) te
39
stadig gegroei het, minder melkafskeidingsweefsel gevorm. Dit blyk dus dat die liggaamsmassatoename van
Holstein- en Jerseyverse voor dek nie vinniger as onderskeidelik 750 g en 450 g per dag moet wees nie.

Die kombinasie van liggaamsmassa, kondisiepunt en groeitempo is deurslaggewend wanneer verse grootge-
maak word om hul volle genetiese potensiaal te bereik. Dit is dus noodsaaklik om verse gereeld te weeg om hul
groei te monitor. Van die verskillende beskikbare weegmetodes is ʼn skaal die voorkeurmetode, aangesien weeg-
bande nie baie akkuraat is nie. Dit is ook moeilik om verse se gewig met die oog te skat.

Verse moet verkieslik maandeliks geweeg word. Hul liggaamsmassa moet aangeteken en met ʼn ideale groei-
kurwe vergelyk word om só die voedingsprogram aan te pas. In Tabel 4 word die borsomvang, skouerhoogte en
liggaamsmassa van verse van verskillende melkbeesrasse by verskillende ouderdomme aangetoon.

Tabel 4. Die groeimaatstawwe van vervangingsverse van verskillende melkbeesrasse by die laagste groeipeile
Ouder­ Holstein Ayrshire/Guernsey Jersey
dom Bors­ Massa Skouer­ Bors­ Massa Skouer­ Bors­ Massa Skouer­
(mde) omvang (kg) hoogte omvang (kg) hoogte omvang (kg) hoogte
(mm) (mm) (mm) (mm) (mm) (mm)
Geboorte 735 40 635 - 32/30 685 - 25 660
1 810 58 785 660 47/44 760 - 37 685
2 915 77 865 810 62/57 815 785 49 760
4 1 120 113 990 1 105 93/85 915 965 74 865
6 1 270 150 1 065 1 145 123/112 990 1 120 98 965
8 1 400 186 1 120 1 270 154/140 1 040 1 220 122 1 015
10 1 500 223 1 170 1 400 184/167 1 090 1 320 147 1 065
12 1 575 259 1 220 1 475 215/194 1 145 1 410 171 1 090
14 1 640 302 1 245 1 525 251/228 1 170 1 475 202 1 120
16 1 690 344 1 270 1 575 288/261 1 195 1 510 232 1 145
18 1 730 387 1 295 1 625 324/295 1 220 1 550 263 1 170
20 1 780 429 1 320 1 675 360/328 1 245 1 600 293 1 195
22 1 815 472 1 345 1 700 397/361 1 270 1 625 323 1 220
24 1 865 515 1 370 1 750 434/395 1 295 1 675 354 1 245

Voedingsprogram
Voeding speel die grootste rol in die groei van verse. Sowel oorvoeding as ondervoeding is nadelig. Omdat
verse se voedingsbehoeftes verander namate hulle ouer word, moet hul voedingsprogram volgens die volgende
ouderdomsgroepe aangepas word:

• 3–6 maande,
• 6–12 maande,
• 12 maande tot laatdragtigheid en
• laaste drie maande voor kalwing.

Die ouderdomsgroep 3–6 maande


Verse kan in dié stadium in vergelykbare ouderdomsgroepe in hokke of klein kampe uitgeplaas word. Die verse
in ʼn groep moet liefs nie met meer as twee maande verskil nie. Die rumen, of grootpens, is in hierdie stadium
nog nie ten volle ontwikkel nie, en die verse moet daarom net die beste gehalte ruvoer in die vorm van wei-
ding en/of peulgewashooi ontvang. Voeding met strooi of kaf, of weiding op stoppellande of oulande met min
plantmateriaal sonder bykomende voer, sal verse se groei benadeel. Meng eerder ʼn volledige rantsoen van
ʼn geskikte samestelling, en voer dit ad libitum. Andersins kan ruvoer van ʼn goeie gehalte, soos lusernhooi,

40
graspeulplanthooi of grasklawerweiding ad libitum, saam met ‘n kalfgroeimeel teen sowat 1.5–2 kg per vers per
dag, gevoer word.

Die ouderdomsgroep 6–12 maande


In hierdie stadium is die grootpens (rumen) ten volle ontwikkel, en kan die vers ruvoer doeltreffend benut.
Goeie ruvoer in die vorm van weiding, kuilvoer en/of hooi moet nou die belangrikste voedingsbron wees.

Ruvoer van swak gehalte, en gebrekkige en lae innames is in dié stadium die belangrikste oorsaak van swak
groei en ondervoeding. Indien geen goeie ruvoer beskikbaar is nie, voorsien ʼn TMR wat in die voedingsbehoef-
tes van die verse voorsien.

Die ouderdomsgroep 12 maande tot kalwing


Na gelang van die soort, hoeveelheid en gehalte ruvoer wat beskikbaar is, is enige van die volgende voedings-
programme in hierdie stadium geskik:

Program 1 – met baie goeie gehalte ruvoer


Voorsien hoëgraadse peulgewashooi (lusern) of jong aangeplante weiding plus 1 kg mieliemeel (of kleingraan)
per dag, tot en met die dekstadium. Staak dan kragvoervoeding tot drie maande voor kalwing, wanneer die
vers weer 1 kg suiwelmeel per dag ontvang.

Program 2 – met medium gehalte ruvoer


Voorsien hooi van ʼn medium gehalte (met minder as 6% RP) plus 2 kg kragvoer met 16% RP per dag, tot en
met die dekstadium.

Na besetting: 1 kg graanmeel per dag + ruvoer


Vanaf 3 maande voor kalwing: 2 kg suiwelmeel per dag + ruvoer

Die bykomende kragvoer oor die laaste drie maande voor kalwing is baie belangrik, aangesien fetus- en
plasentagroei die voedingsbehoeftes van die vers laat toeneem.

Indien verse geneig is om te vet te word, moet kragvoervoeding beperk word.

Bestuur
Verse moet in ouderdomsgroepe verdeel word, veral met voeding. Die ouderdomsverskil in ʼn groep moet tot ʼn
maksimum van 2 maande beperk word, omdat groter verse die kleineres intimideer, en hul vrywillige voerin-
name beperk.

Gesofistikeerde en duur behuising is nie nodig nie. Voorkom egter samedromming in nat en vuil krale, en
beskerm die verse teen uiterste temperature, veral deur skaduvoorsiening op warm somerdae. Doeltreffende
voerkrippe is belangrik om vermorsing uit te skakel. ʼn Kripruimte van 600 mm per dier is die norm.

Kalwers en verse moet maandeliks geweeg of gemeet word om hul groei te monitor. Produsente behoort vir
elke verskalf ʼn groeikurwe van liggaamsgewig teenoor ouderdom op datum te hou. ʼn Vergelyking van die
groeikurwes van verse met die ideaal vir die ras kan toon of hulle doeltreffend bestuur word. Dit maak dit dan
moontlik om hul voedingsprogramme betyds aan te pas voordat ‘n verkeerde program die groei van verse per-
manent kan skaad.

Hou die verse mak en rustig deur hulle versigtig te hanteer en gereeld tussen hulle rond te beweeg. Maak hulle
sover prakties moontlik, veral in die laaste drie maande voor kalwing, gewoond aan die stalroetine. ʼn Wilde,
onbeheerbare dier ervaar geweldige stres by kalwing, en haar eerstelaktasieproduksie kan erg daaronder ly.
41
Gebruik ʼn brandyster om verskalwers voor die ouderdom van ʼn maand te onthoring, en verwyder oortollige
speentjies. Volg ʼn siektebeheerprogram wat in samewerking met ʼn veearts opgestel is. Die wet vereis dat
verskalwers op 5 maande teen besmetlike misgeboorte ingeënt word. Dit is noodsaaklik, omdat die koei nie
weer in haar leeftyd hierdie inenting kan ontvang nie.

42
Hoofstuk 10
Die voeding van lakterende koeie

Inleiding
Goeie voeding is die hoeksteen van ʼn suksesvolle melkbeesboerdery. Voedingskoste maak ongeveer 60–75%
van die totale melkproduksiekoste uit. Die melkproduksie per koei en voedingskoste van die kudde het daarom
die grootste invloed op die melkery se winsgewendheid. Daarom moet koeie met die hoogste genetiese poten-
siaal vir melkproduksie gebruik word. Hierdie diere moet so gevoer word dat hulle die hoogste melkproduksie
teen die laagste voedingskoste lewer. Hoe hoër die melkproduksie van koeie teen ʼn konstante voedingspeil,
hoe minder voer is nodig vir onderhoudsbehoeftes, en hoe hoër styg hul inkomste bo voerkoste (Tabel 1).

Tabel 1. Die invloed van melkproduksie op beraamde voerinname, voerkoste, onderhoudsbehoefte en inkom-
ste bo voerkoste vir koeie met ’n liggaamsmassa van 400kg.
Inname Voerkoste Onderhoud Inkomste *
Melkproduk­sie (kg/dag) ­(kg/dag) (R) (%) (R)
0 12.1 9.60 100 -9.60
5 13.0 14.00 71 2.00
10 14.0 18.40 54 13.60
15 15.0 22.80 44 25.20
20 16.0 27.20 37 36.80
25 17.0 31.60 32 48.40
30 18.0 36.00 29 60.00
35 19.0 40.40 25 71.60
*Melkprys: R3,20/ℓ

Hiervolgens kom die voedingskoste van ʼn koei met ʼn melkproduksie van 15 kg per dag op R22.80 te staan.
Onderhoudsbehoeftes maak 44% van die totale voerkoste uit, en die inkomste bo voerkoste is R25.20. Daar-
teenoor is die voedingskoste van ʼn koei wat 30 kg per dag produseer R36.00, met 29% onderhoudsbehoeftes
en R60.00 inkomste bo voerkoste. Dít beteken dat hoewel die hoër produserende koei se voedingskoste 53%
hoër is as dié van die laer produserende koei, sy ook 34% minder voer vir onderhoud gebruik, en daarom ʼn
2.4 maal hoër inkomste bo voerkoste lewer.

Die laktasiekurwe Figuur 1. Die verandering in voerinname (□),


Die melkproduksie en -samestelling van koeie melkproduksie (■) en liggaamsmassa (▲)
volg ʼn bepaalde patroon (Figuur 1). Die groot- van Holsteinkoeie tydens die laktasieperiode
ste uitdaging in melkbeesvoeding is om koeie
volgens die laktasiekurwe te voer, sodat melk-
produksie en winsgewendheid deurgaans opti-
maal is. Dít beteken natuurlik dat koeie in geen
stadium van die laktasieperiode oor- of onder-
voer moet word nie.

Die daaglikse melkproduksie styg ná kalwing,


totdat ʼn piekproduksie sowat 30 tot 60 dae ná
kalwing bereik word. Ná piekproduksie daal
koeie se daaglikse melkproduksie weer
geleidelik teen ʼn tempo van ongeveer 3–5%

43
per maand. Wanneer koeie ongeveer vyf maande dragtig is, daal melkproduksie vinniger. In die geval van
eerstelaktasiekoeie is piekproduksie nie so hoog nie, en daal melkproduksie teen ongeveer 1–3% per maand.

Volgens Figuur 1 neem die liggaamsmassa van koeie ná kalwing af, en bereik dit ʼn laagtepunt ongeveer 60 tot
100 dae ná kalwing, waarna dit weer geleidelik teen ongeveer 0.5 kg per dag toeneem. Die voerinname, aan
die ander kant, styg vinnig ná kalwing, totdat maksimum inname ongeveer agt tot tien weke ná kalwing bereik
word. Ná ongeveer 150 dae begin die voerinname geleidelik afneem. Die laktasieperiode van koeie kan hoof-
saaklik in vier fases verdeel word:

Vroeglaktasie : kalwing tot 100 dae na kalf


Midlaktasie : 101-240 dae na kalf
Laatlaktasie : 241 dae na kalf tot opdroog
Droë periode : opdroog tot kalf (50-60 dae)

Vroeglaktasie
Totale produksie in ‘n laktasie word hoofsaaklik deur piekproduksie en die volhouvermoë van melkproduksie
bepaal. Die volhouvermoë van produksie verwys na die afname in die daaglikse melkproduksie ná piek-
produksie. Hoe hoër die volhoubaarheid van produksie, hoe hoër is die totale melkproduksie oor die hele lakta-
sieperiode. Proefresultate toon dat vir elke een kilogram verhoging in piekproduksie, koeie sowat 180–200 kg
meer melk in die laktasie produseer. Dit is daarom baie belangrik om in dié stadium goeie voedingsbestuur te
handhaaf.

Goeie ruvoer en kragvoer met die hoogste moontlike energiepeil moet gedurende vroeglaktasie voorsien word.
Indien melkproduksie in hierdie fase van die laktasie weens ondervoeding of wanvoeding daal, is die totale ver-
lies oor die hele laktasieperiode sowat vier maal groter as tydens vroeglaktasie (Tabel 2).

Tabel 2. Melkproduksieverliese weens swak voeding gedurende vroeglaktasie


Verlies in Verlies oor totale
Proef vroeglaktasie (kg) laktasie (kg) Invloed oor laktasie
A 136 590 4.3
B 45 181 4.0
C 180 862 4.8
D 190 680 3.6

Dit is ʼn bekende feit dat veral hoog produserende melkkoeie in hierdie fase van die laktasie nie genoeg voed-
ingstowwe kan inneem om in ál hul voedingsbehoeftes te voldoen nie. In Figuur 2 word die verwantskap tussen
energie-inname, die verlies aan energie gedurende melktyd, sowel as die verlies aan liggaamsreserwes by hoog
produserende koeie aangedui.

Liggaamsreserwes word in vroeglaktasie vinnig benut, hoofsaaklik weens die groot behoefte aan energie vir
melkproduksie en onderhoud. Weens die aanvanklike laer voerinname by koeie, kan die energie in voer nie in
ál hul energiebehoeftes voorsien nie. Deur hul liggaamsreserwes te benut, kan koeie egter hoër melkproduksie-
vlakke handhaaf as wat hul daaglikse voerinname toelaat. Vir elke kilogram liggaamsvet wat die koei gebruik,
lewer sy 6–10 kg melk. Hierdie eienskap beklemtoon die behoefte aan goeie voeding in laatlaktasie en die droë
periode, sodat koeie in ʼn goeie kondisie is wanneer hulle kalf.

Koeie moet dus verkieslik met ʼn kondisiepunt van 3.0–3.5 opgedroog word, waarna hul kondisie in die droë
periode gehandhaaf moet word. Koeie moet verkieslik ook nie met ʼn kondisiepunt laer as 2.0 of hoër as 3.5 kalf

44
nie, aangesien albei hierdie toe- Figuur 2. Die verwantskap tussen voerenergie (■), melkenergie (□)
stande melkproduksie benadeel. en liggaamsreserwes (▲) gedurende die laktasie van melkkoeie

In ʼn ondersoek op Elsenburg is
bevind dat koeie wat in die droë
periode meer kragvoer saam met
ammoniakbehandelde koringstrooi
ontvang het, meer melk in die
daaropvolgende laktasie gelewer
het. Die melkproduksie van koeie
wat slegs ʼn mineraalmengsel saam
met ammoniakstrooi ontvang het,
het in die eerste agt weke van die
laktasie gemiddeld 33 kg melk per
dag geproduseer. Daarenteen het
koeie wat in die droë periode am-
moniakstrooi en 2 kg suiwelmeel
per dag ontvang het, gemiddeld
38 kg melk per dag geproduseer.
Aangesien dit ʼn geruime tyd duur om die kondisie van koeie te verbeter, het ʼn verhoogde voedingsvlak dikwels
eers in die daaropvolgende laktasieperiode ʼn positiewe uitwerking op melkproduksie.

In die verlede is die hoeveelheid kragvoer wat per dag in die eerste 14 dae ná kalwing gevoer is, daagliks ver-
hoog indien melkproduksie terselfdertyd toegeneem het. Na die aanvanklike 14 dae, is die kragvoerhoeveelheid
weekliks verhoog. Díe verhoging in kragvoervoorsiening het voort gegaan totdat koeie ʼn kragvoerinname gelyk-
staande aan sowat 2% van liggaamsmassa bereik het. Op hierdie punt is die verhoging in die kragvoerhoeveel-
heid gestaak. Tans is die voedingsmetode eerder om net ná kalwing kragvoer teen ʼn vaste peil te voer, byvoor-
beeld teen 1-2% van liggaamsmassa. Die daaglikse hoeveelheid kragvoer sal afhang van die genetiese meriete
van koeie in die kudde, en die hoeveelheid en gehalte van die ruvoer wat gevoer word. Koeie wat ‘n laegraadse
ruvoer ontvang, sal meer kragvoer nodig hê as koeie met toegang tot ‘n goeie grasklawerweiding. Koeie op ʼn
TMR sal self hul kragvoerinname verhoog namate hul voerinname ná kalwing styg. Om ʼn energietekort in die
dieet te voorkom, moet die kragvoer van ʼn goeie gehalte wees. Koeie moet liewer in vroeglaktasie in ʼn sekere
mate oorvoer word om hul melkproduksiepotensiaal ten volle te benut. Onthou egter dat geen mate van oor-
voeding koeie met ʼn lae genetiese potensiaal vir melkproduksie, in ’goeie’ produseerders sal omskep nie.

Midlaktasie
In hierdie laktasiestadium voorsien voerinname gewoonlik in die energiebehoeftes van melkproduksie, en sal
koeie produksie handhaaf. Proefgegewens dui daarop dat sowel piekproduksie as die volhoubaarheid van melk-
produksie belangrik is vir hoë melkproduksiepeile. ʼn Verhoging in die voedingspeil in midlaktasie lei gewoonlik
net tot ʼn geringe verhoging in melkproduksie (Figuur 3). Hoe langer ná piekproduksie die voeding van koeie
verbeter word, hoe kleiner is die herstel in melkproduksie.

Die hoogste melkproduksie word verkry met deurlopend goeie voedingsbestuur reg van die begin van die melk-
tyd. Kragvoerhoeveelhede kan in midlaktasie maandeliks aangepas word.

45
Figuur 3. Die invloed van voedingspeil gedurende die laktasie op die herstel in melkproduksie van Holsteinkoeie
( = konstante hoë voedingspeil vanaf die begin van die laktasie, □ = konstante lae voedingspeil vanaf die
begin van die laktasie, ▲ = hoër voedingspeil na piekproduksie, = hoër voedingspeil na midlaktasie)

Laatlaktasie
Voedingskundiges het hierdie stadium van die laktasieperiode tot redelik onlangs as minder belangrik beskou.
In laatlaktasie verkeer koeie weer in ʼn positiewe energiebalans deurdat hulle meer voerenergie inneem as wat
vir onderhoud en melkproduksie benodig word. In hierdie stadium word hul liggaamsreserwes opgebou. Die
doeltreffendheid van die opbou van liggaamsreserwes is in laatlaktasie meer doeltreffend as in die droë periode
(65% teenoor 45% in die droë periode). Dít beteken dat koeie reeds in laatlaktasie vir die volgende laktasie-
periode voorberei moet word.

Droë periode
ʼn Droë periode van 50–60 dae is noodsaaklik vir die herstel van die melkproduserende selle in die uier, en die
handhawing van ʼn hoë leeftydproduksie. Indien dié periode korter is as 40 dae of langer is as 80 dae, neem
melkproduksie in die daaropvolgende laktasie met 5–10% af. Wanneer koeie kort ná kalwing herbeset raak,
moet die laktasieperiode verkieslik korter wees sodat voldoende tyd vir die droë periode toegelaat word. Dit
duur vyf tot ses weke vir die melkproduserende selle in die uier om volledig te herstel.

Droë koeie moet apart van ander diere gehou word en hul eie rantsoen ontvang. Neem die laer voedings-
behoeftes van droë koeie in ag, en voorkom dat hulle oormatig vet aansit. Koeie wat vet word, kan ná kalwing
verskeie probleme, soos mastitis, ketose, ʼn verplaaste abomasum en selfs melkkoors, ontwikkel. In die droë
periode moet die voeding ook voldoende wees om koeie se kondisie te handhaaf, aangesien dit hul produksie in
die volgende laktasieperiode kan beïnvloed.

46
Hoofstuk 11
Die voeding en bestuur van droë koeie

Inleiding
Die droë periode strek van die einde van die laktasie tot wanneer koeie weer kalf. Dit is ʼn deurslaggewende
periode in die produksiesiklus van koeie, aangesien hulle dan swaar dragtig is met ʼn vinnig groeiende fetus. Dit
is ook die stadium waarin die rumen en uier herstel voor die begin van die volgende laktasieperiode. Omdat die
effek van voedingsveranderinge by droë koeie nie onmiddelik waarneembaar is nie, word hul voeding dikwels
verwaarloos.

Doel van die droë periode

Herstel (involusie) van die uier


Die hoofrede vir die droë periode is om die melkafskeidingsweefsel in die uier ʼn geleentheid te gee om te
herstel. Hierdie proses duur ongeveer ses weke. Daarom moet die droë periode nie korter as 50 dae wees nie.
Indien koeie geen droë periode het nie, kan die verlies aan melkproduksie in die daaropvolgende laktasie soveel
as 30% wees.

Herstel van die rumen


Die droë periode bied ook die grootpens (rumen) kans om te herstel, veral ná die laktasieperiode, waartydens
die koei dikwels groot hoeveelhede kragvoer ontvang.

Heropbou van liggaamsreserwes


Die liggaamskondisie van koeie moet reeds in die laatlaktasieperiode opgebou word en moet slegs in die droë
periode gehandhaaf word. Hoewel dit moeilik is, kan ‘n poging in dié tyd aangewend word om die kondisie van
koeie wat baie swak is, te
verbeter.
Figuur 1. Effek van aantal dae droog op melkproduksie in die volgende
Fetale ontwikkeling laktasie
Hoewel koeie sowat nege
maande lank dragtig is, groei
die fetus in die laaste agt weke
voor kalwing besonder vinnig.
Sowat 60% van die geboor-
temassa vind in die laaste drie
maande van dragtigheid plaas.
Die totale massatoename by
Holsteinkoeie is sowat 750 g
per dag. Die voedingsprogram
van droë koeie moet dus fetale
groei aanmoedig.

Lengte van die droë


periode
Oor die algemeen word ʼn droë periode van ongeveer 42 tot 60 dae aanbeveel. Sowel ʼn uitermatige kort as ʼn
lang droë periode sal melkproduksie in die daaropvolgende laktasie benadeel.

47
ʼn Studie in Amerika het die belang van ʼn 60-dag droë periode bevestig (Figuur 1). Die data van 281 816 koeie
het getoon dat koeie wat 50–75 dae droog was, die meeste melk in die daaropvolgende laktasie gelewer het.
Koeie wat minder as 40 dae en meer as 90 dae droog was, het minder melk geproduseer.

Opdroogdatum
Om die opdroogdatum te bepaal, moet die verwagte kalfdatum bekend wees. Dít word vanaf die laaste dek-
datum bereken nadat dit bevestig is dat die koei dragtig is. Die gemiddelde dragtigheidsperiode van melkkoeie
varieer van 275 tot 283 dae. Die opdroogdatum is 60 dae voor die verwagte kalfdatum.

Opdroogmetode

Koeie word as volg opgedroog:

Verlaag die melkproduksie van koeie tot sowat 10–15 ℓ per dag. Dit word gedoen deur kragvoervoeding te staak
en om laegraadse ruvoer soos strooi vir ʼn paar dae aan koeie te voer.

Soms probeer produsente om die waterinname van koeie te beperk, maar in warm weer is dít nie wenslik nie.
Koeie word opgedroog deur hulle eenvoudig nie meer te melk nie. Indien ‘n koei se uier baie geswel is, kan sy
een of twee maal heeltemal uitgemelk word. Melkdruk in ʼn vol uier lei tot die geleidelike herabsorpsie van die
melk, wat op sy beurt verdere melkafskeiding onderdruk.

Na die laaste melking kan ʼn langwerkende droëkoei-antibiotikum in elk van die vier kwarte van die uier toe-
gedien word om te verseker dat mastitisbakterieë nie die uier in die droë periode besmet nie. In kuddes waar
mastitis nie ‘n groot probleem is nie, kan die droëkoei behandeling net in daardie kwarte toegedien word wat
gedurende die laktasie met kliniese mastitis besmet was, of wat dikwels hoë somatiese seltellings getoon het.
Koeie moet gedurende die eerste week nadat hulle opgedroog is, goed dopgehou word aangesien koeie met
erge mastitis dan baie siek kan word omdat die besmette melk nie uit die uier verwyder word nie. Die besmette
kwart kan een of twee keer uitgemelk word terwyl die koei steeds behandel word. Nadat koeie suksesvol op-
gedroog is, word hulle na die droëkoeigroep verskuif.

Voeding in die droë periode


Aangesien die melkproduksie by koeie in vroeglaktasie vinniger as hul voerenergie-inname toeneem, is koeie in
hierdie stadium in ʼn negatiewe energiebalans. Hierdie spanningstoestand veroorsaak gewoonlik verskeie me-
taboliese steurnisse. Deesdae besef mense al hoe meer dat hierdie spanningstoestand reeds van voor kalwing
in die droë periode, en selfs ook van die vorige laktasie af kom. Die laaste twee tot drie weke voor kalwing blyk
ʼn deurslaggewende periode vir die droë koei te wees, aangesien haar hormonale status dramaties verander in
voorbereiding vir die komende kalwingsproses en die daaropvolgende laktasieperiode. In die dae net voordat ‘n
koei kalf, verloor sy dikwels haar aptyt, en vreet daarom minder. Die laer voerinname beteken ʼn laer energie-
inname, wat saam met die bepaalde hormonale veranderinge tot die mobilisasie van die vetreserwes in die koei
se liggaam lei. Studies toon dat ʼn laer voerinname net voor kalwing ʼn beduidende invloed op vetsuurvlakke in
die bloed het. Dit veroorsaak ook dikwels siektetoestande ná kalwing, soos ketose, ʼn lewer wat met vet aange-
pak is, ʼn verdraaide abomasum, en nageboortes wat vassit. Hoë vetsuurvlakke dui boonop daarop dat die koei
vetreserwes benut omdat sy nie genoeg energie inneem nie.

Studies dui verder op ʼn sterk verwantskap tussen DM-inname voor en ná kalwing, met ander woorde koeie wat
voor kalwing swak vreet, sal geneig wees om ná kalwing ook swak te vreet. Gevolglik sal sodanige koeie minder
melk produseer en is hulle geneig om meer fisiologiese en reproduksieprobleme te ontwikkel.

Om voerinname te stimuleer moet koeie nie in die droë periode oorvet raak nie. ʼn Goeie kondisie ná opdroging
is belangrik. ʼn Kondisiepunt van 3–3.5 uit ‘n moontlike 5, is ideaal. Maer koeie met ʼn lae kondisiepunt het te
48
min vet-reserwes om as energiebron te dien in vroeglaktasie, wanneer hul energiebehoeftes vir ʼn hoë melk-
produksie hul energie-inname oorskry. Oorvet koeie (met ʼn kondisiepunt van 4 en hoër) is ook ongewens –
hulle vreet minder, en is meer geneig tot metaboliese en reproduksieprobleme.

Die kondisie van koeie moet reeds in die laaste drie maande van die vorige laktasie reggestel word. Navorsing
het getoon dat lakterende koeie se voerenergie doeltreffender na liggaamsvet omgeskakel word as tydens die
droë periode (65 vs 48%). Die liggaamsreserwes wat in vroeglaktasie benut word, word meer ekonomies in
laatlaktasie as in die droë periode teruggeplaas. Skraal koeie moet meer graan en/of vet in laatlaktasie ontvang
om ʼn kondisiepunt van 3–3.5 te behaal. Koeie met ʼn kondisiepunt van hoër as 3.5 moet minder graan en meer
ruvoer ontvang om te keer dat hulle verder vet aansit.

In die eerste vier tot ses weke van die droë periode is dit belangrik dat koeie goeie ruvoer met ʼn growwe tek-
stuur ontvang. Mieliekuilvoer, grashooi, kleingraanhooi of -kuilvoer, grasweiding of grasklawerweiding kan in
hierdie tyd as ruvoerbronne vir droë koeie gebruik word. Omdat mieliekuilvoer ‘n hoë energie-inhoud het moet
die inname daarvan beperk word om te verhoed dat koeie oorvet raak. Saam met die ruvoer moet koeie altyd
ʼn geskikte lek ontvang om te verseker dat hul mineraal- en spoorelementstatus nie uitgeput word nie, maar
eerder opgebou word. ‘n Dieet met hoë ruvoerpeile sal verseker dat die rumenpapille heeltemal herstel, sodat
die rumen gereed is vir die volgende laktasieperiode.

In die laaste drie weke van die droë periode kan koeie weer aan kragvoer gewoond gemaak word. Dit staan as
die opstoomperiode bekend. Die kragvoer moet dieselfde grondstowwe bevat wat koeie in vroeglaktasie gaan
ontvang. Dít gee die geleentheid vir die rumenmikrobe-bevolking om aan te pas vir die daaropvolgende lak-
tasiedieet. Koeie se metabolisme word ook só verander, sodat hulle minder vet van die vetreserwes af na die
lewer toe mobiliseer. Kragvoervoeding kan met 1 kg per koei per dag begin, en weekliks met 1 kg verhoog word
tot sowat 3 kg per dag gedurende die week net voor kalwing. Indien melkkoors dikwels in die kudde voorkom,
kan anioniese soute by die koei se meel gevoeg word. In dié tyd behoort koeie slegs ruvoer met ʼn lae K-inhoud
te ontvang. Goeie voorbeelde hiervan is mieliekuilvoer en kleingraanhooi of -kuilvoer. Ruvoere met lae K-vlakke
(<1.5%) onderdruk Ca-mobilisasie die minste, en sal help om koeie met die beste moontlike Ca-status te laat
kalf. Ruvoere met hoë K-vlakke, soos kikoejoe-, raaigras- en klawerweiding, onderdruk Ca-mobilisasie, wat
daartoe kan lei dat koeie rondom kalwing probleme soos melkkoors, distokie en nageboortes wat vassit, mag
ondervind.

Omdat die spoorelementstatus van koeie belangrik is om nageboortes wat vassit met kalwing, en mastitis-
infeksie ná kalwing te voorkom, kan melkkoeie sowat 14 dae voor kalwing ʼn vitamien A- en vitamien E-inspuit-
ing ontvang.

Metaboliese probleme by droë koeie


Melkkoors
Melkkoors is ʼn siektetoestand wat dikwels aan die begin van die laktasieperiode (net na kalwing) by melkkoeie
voorkom. Aangesien die liggaamstemperatuur van koeie nie eintlik styg met melkkoors nie, is die naam daarom
eintlik misleidend. Dit kom voor wanneer die Ca-vlak in die bloedserum skielik van ʼn normale 10 mg/100 mℓ tot
3–7 mg/100 mℓ daal. Dié toestand staan ook as hipokalsemie bekend. Eers verloor die koei spierkoördinasie,
waarna verlamming en bewusteloosheid intree. Indien die koei nie vinnig behandel word nie, kan sy versmoor.
Sekondêre gevolge van melkkoors is dikwels ʼn nageboorte wat vassit, baarmoederinfeksie, mastitis en ʼn ver-
laagde melkproduksie. Melkkoors kom min by eerste- en tweedelaktasiekoeie voor. Dit is eerder ʼn probleem by
ouer koeie, veral diere met hoë melkproduksie, en is moontlik ook geneties van aard. Dit kom baie meer alge-
meen by Jerseys voor as by Holsteins.

49
Die lae Ca-vlakke in die bloed ontstaan weens die groot gebrek aan Ca in die biesmelk, en die koei se onver-
moë om genoeg Ca uit die skelet te onttrek. Dít lei tot ʼn wanbalans in die Ca:P-verhouding. Magnesium- (Mg)
tekorte en/of uitermate hoë kalium- (K) vlakke in die droë koei se dieet dra gewoonlik by tot hierdie probleem.
Ruvoer met ʼn lae K-inhoud en die stimulering van Ca-metabolisme met behulp van anioonsoute of lae Ca-diëte
kan hierdie probleem grootliks voorkom.

Die byvoeging van sogenaamde anioonsoute kan die elektrolietbalans in die koei se dieet verander, en só die
koei se Ca-status verhoog. Anione is negatief gelaai, en veroorsaak ʼn negatiewe dieetelektrolietbalans wanneer
genoeg daarvan by die dieet ingesluit word. Hierdie negatiewe balans lei daartoe dat Ca uit sowel die skelet as
die SVK na die bloed vervoer word, en vul dus die koei se Ca-status uit twee bronne aan.

Die volgende is ʼn beproefde en aanbevole anioonsoutresep:


NH4Cl Ammonium chloried 118g
(NH4)2SO4 Ammonium sulfaat 36g
MgSO4.7H2O Magnesium sulfaat (Epsom sout) 68g
Totaal 222g

Koeie moet hierdie hoeveelheid anioonsout daagliks vir die laaste 21 dae voor kalwing inneem. Daarmee saam
moet hulle daagliks ook 120–150 g Ca per koei kry. ʼn Belangrike reël vir die doeltreffende werking van anioon-
sout is dat die K-inhoud van die totale dieet op ʼn DM-basis nie hoër as 1% moet wees nie. Hou in gedagte dat
die anioonsout baie onsmaaklik is, en die soute moet in minstens 3 kg smaaklike kragvoer per koei per dag
aangebied word. Die voer van anioonsoute word op die dag van kalwing geheel en al gestaak, en word nooit
tydens die laktasieperiode gevoer nie.

Uierswelsel (edeem)
Swelling van die uier kom soms in sekere tye van die jaar of in bepaalde kuddes voor. Sommige koeie is ook,
ongeag die voedingsprogram, meer geneig tot uierswelling. ʼn Oormaat natrium (Na) en/of K in die droë periode
is waarskynlik die belangrikste oorsaak.

Ketose
Ketose (domsiekte) kom dikwels by oorvet koeie (met ʼn kondisiepunt van 4+) voor, veral wanneer sodanige
koeie met kalwing nie by die kragvoer of volledige laktasiedieet aangepas is nie. Wanneer die koei kalf, verhoog
haar voedingsbehoeftes onmiddellik met 300–700%. Indien sy nie in die vroeë nakalfperiode haar energie-
inname vinnig genoeg verhoog nie, word haar liggaamsreserwes vir melkproduksie gemobiliseer. Wanneer die
koei se liggaamsreserwes te vinnig benut word, verhoog dit die aantal ketoonliggaampies in die bloed en urine,
wat ketose veroorsaak.

Nageboortes wat vassit


Baie faktore, soos voeding, stres en siektes, kan veroorsaak dat nageboortes vassit. Voldoende siektebeheer
en goeie higiëne kan dit voorkom. Voedingstofwanbalanse wat die probleem veroorsaak, is onder meer ʼn tekort
aan vitamien A en E, jodium, selenium, P en Ca. ʼn Tekort aan vitamien E en selenium sowel as ʼn lae Ca-status
is egter die vernaamste oorsake. Daarom is ʼn vitamien A- en vitamien E-inspuiting, wat ook sink en selenium
bevat, dikwels ʼn noodsaaklike voorkomingsmaatreël sowat 14 dae voor kalwing.

50
Hoofstuk 12
Buffers, giste, vette en beessomatotropien (BST) in
melkbeesvoeding

Inleiding
Melkboere is vandag toenemend meer onder druk om melk meer doeltreffend te produseer ten einde wins-
gewend te kan wees. Positiewe winsgrense is moontlik met hoë melkproduksiepeile. In melkkuddes waar hoë
melkproduksie reeds die norm is, moet die doeltreffendheid van melkproduksie verhoog word. Daar is ‘n aantal
voedingsupplemente (-aanvullings) wat by gebalanseerde diëte gevoeg kan word om die doelfreffendheid van
melkproduksie te verhoog. Sommige voedingsupplemente verskaf nie voedingstowwe soos proteïene en energie
nie, terwyl ander weer uitsluitlik minerale en vitamiene voorsien. Voedingsupplemente is egter nie wondermid-
dels wat tekorte aan basiese voedingstowwe kan regstel nie. Sommige supplemente is hoofsaaklik daarop gerig
om toestande binne die rumen reg te stel of om voedingstowwe aan die rumenmikro-organismes te verskaf.

Om die gebruik van enige voedingsupplement te regverdig, is ‘n positiewe respons nodig. Die respons moet
‘n hoër inkomste lewer as wat die koste is om die voedingsupplement by die dieet in te sluit. Gewoonlik word
hierdie voedingsupplemente net in die diëte van hoog produserende koeie ingesluit. Hoë produseerders word
gedefinieer as koeie wat ‘n daaglikse melkproduksie van ongeveer 5% van liggaamsmassa lewer. Vir Jersey-
koeie met ‘n liggaamsmassa van 400 kg, beteken dit ‘n daaglikse melkproduksie van 20 ℓ per dag of ‘n lakta-
sieproduksie van 6000 ℓ. Dieselfde norm vir Holsteinkoeie wat 600 kg weeg, is ‘n daaglikse melkproduksie van
sowat 30 ℓ per dag of ‘n laktasieproduksie van 9000 ℓ. In hierdie hoofstuk word die gebruik van buffers, giste en
vette in melkbeesdiëte bespreek.

Buffers
Buffers verwys na grondstowwe wat die rumen van herkouers teen voedingsteurnisse beskerm. Die mees al-
gemene buffer vir melkbeeste is die speeksel wat afgeskei word wanneer hulle herkou. Speeksel bevat ‘n
natuurlike buffer, natriumbikarbonaat (NaHCO3). Indien koeie veselryke diëte inneem soos lusernhooi,
mieliekuilvoer, grasse, kleingraanstrooie en sommige veselryke kragvoerkomponente, word koeie gestimuleer
om te herkou. Dit veroorsaak dat groot hoeveelhede speeksel geproduseer word wat die rumen sal buffer. In
Figuur 1 word twee situasies in die rumen aangedui waarvolgens die rumen-pH deur speeksel afskeiding ge-
reguleer word.

As voorbeeld word ‘n (1) hoë ruvoer- en (2) ‘n hoë kragvoerdieet gebruik. Met ‘n hoë ruvoerdieet bestaan die
dieet uit sowat 60 tot 100% ruvoer. Koeie herkou vir lang tye, sowat 40-50 minute per kg DM-inname. Dit
veroorsaak ‘n hoë speekselsekresie per kg DM-inname wat tot gevolg het dat die pH-waardes van die rumen-
vloei-stof hoog is (pH van 6.2-6.8). Dié omgewing verskaf optimale suuromstandighede vir die sellulitiese bak-
terieë in die rumen. Daar is dan ‘n relatiewe lae konsentrasie van vlugtige vetsure en ‘n hoë konsentrasie van
asynsuur in die rumenvloeistof.

51
Figuur 1. ‘n Skematiese voorsteling van die pH-reguleringsisteem in die rumen van herkouers
1 2
Hoë ruvoerdieet Hoë kragvoerdieet
(60-100% ruvoer) (60-80% kragvoer)
Langer tye vir herkou Korter tye vir herkou
(40-50 min/kg DM- (25-30 min/kg DM-
inname) inname)
Relatief lae konsentrasies Relatief hoë konsentrasies
vlugtige vetsure in vlugtige vetsure in
die rumen en ‘n lae die rumen en ‘n hoë
absorbsie-tempo (hoë absorbsie-tempo (hoë
proposie asynsuur) proposie propionsuur)
- Hoë speekselsekresie - Lae speekselsekresie
- Hoë pH-waardes in die - Lae pH-waardes in die
rumen (pH 6.2-6.8) rumen (pH 5.4-6.0)
- Optimale pH-waardes - Optimale pH-waardes
vir sellulitiese bakterieë vir styseldegraderende
bakterieë

Met ‘n hoë kragvoerdieet bestaan die dieet uit sowat 20 tot 40 % ruvoer. Koeie herkou vir korter tye, sowat
25-30 minute per kg DM-inname. Dit veroorsaak ‘n laer speekselsekresie per kg DM-inname wat tot gevolg het
dat die pH-waardes van die rumenvloeistof laag is (pH van 5.4-6.0). Dié omgewing verskaf optimale suurom-
standighede vir die styseldegraderende bakterieë in die rumen. Daar is dan ‘n relatiewe hoë konsentrasie van
vlugtige vetsure in die rumenvloeistof met ‘n hoë konsentrasie propioonsuur.

Die verandering in die vetsuur konsentrasie in die rumen by dalende rumen pH-peile weens ‘n toename in die
hoeveelheid kragvoer in die dieet (100% ruvoer tot 100% kragvoer) word in Figuur 2 aangedui.

Figuur 2. Die verandering in die vetsuur konsentrasie in die rumen by dalende


rumen pH-peile weens ‘n toename in die hoeveelheid kragvoer in die dieet
(100% ruvoer tot 100% kragvoer)
Hieruit kan gesien word dat die
Bottersuur Asynsuur Propioonsuur bottersuur konsentrasie in die
rumen konstant bly. Hierteenoor
80
neem die asynsuur konsentrasie
70
af en die propioonsuur
Vlugtige versure (%)

60
konsentrasie toe soos die rumen
50
pH meer suur word met ‘n hoër
40 kragvoerpeil in die dieet.
30
20 Buffers word gebruik om die
(%)

10 ideale suurheidsgraad (‘n pH-peil


0 van 6.5 tot 6.8) in die rumen te
7 6.75 6.5 6.25 6 5.75 5.5 5.25 5 4.75 handhaaf. Dit neutraliseer oor-
matige hoeveelhede suur wat
Rumen pH
tydens die normale fermen-ta-
sieprosesse in die rumen gevorm
word. ‘n Behoefte aan buffers bestaan gewoonlik waar groot hoeveelhede kragvoer (meer as 2% van liggaams-
massa) gevoer word of wanneer ruvoerinname laag is. Dit kan ook gevoer word saam met groot hoeveelhede
kuilvoer (meer as 20 kg per dag). Die mees algemene buffers is natriumbikarbonaat of koeksoda (NaHCO3) en

52
magnesium-oksied (MgO). Koeksoda word teen 1.5% en 0.75% van kragvoere en volvoere onderskeidelik, in-
gesluit. Die insluitingspeil van magnesium-oksied is 0.75 en 0.30% in kragvoere en volvoere onderskeidelik. Vir
magnesiumaanvulling kan koeksoda en MgO in kragvoere en volvoere teen die volgende peile ingesluit word:
1.0 + 0.25 en 0.5 + 0.15%, onderskeidelik.

Giste
Die voer van giskulture en/of lewendige gisselle aan melkkoeie lok tans groot belangstelling by melkprodusente
uit. Die primêre spesies waarvan hierdie kulture berei word, is Aspergillus oryzae en Saccharomyces cerevisiae.
Die teenwoordigheid van gisselle in die rumen verbeter die metabolisme van rumenbakterieë wat weereens
beter fermentasie veroorsaak. ‘n Beter ruveselvertering is daarom een van die voordele van giskultuurvoeding.
Sommige navorsingstudies in die VSA het verhogings van ongeveer 5% in melkproduksie ondervind met die
voeding van hierdie giskulture. Die response in melkproduksie was groter tydens vroeglaktasie wanneer hoë
kragvoer diëte gevoer word. Dié toename in melkproduksie kan tot ‘n groot mate aan ‘n verhoogde DM-inname
toegeskryf word. Tesame hiermee is daar ook ‘n toename in die tempo van veselvertering, asook ‘n toename in
die tempo van rumenmelksuurverdwyning. Dit vind plaas weens ‘n verhoogde opname van melksuur deur die
rumenbakterieë. Die effek van ‘n aanvulling van Saccharomyces cerevisiae teen 10 g/koei/dag op die produksie
van koeie word in Tabel 1 aangedui.

Tabel 1. Die effek van ‘n aanvulling van Saccharomyces cerevisiae (Yeasac) op die melkproduksie en –same-
stelling gedurende die eerste 60-100 dae en 101-150 dae van die laktasieperiode (VGM = vetgekorrigeerde
melkproduksie)
60 - 100 dae 101 - 150 dae

Maatstawwe Kontrole Yeasac Toename % Kontrole Yeasac Toename %

Melkproduksie
(kg/dag) 28.7 31.1 8.4 26.3 27.9 6.1
VGM (kg/dag) 30.1 35.3 17.4 27.9 32.1 15.1
Vet (%) 4.20 4.55 8.3 4.24 4.60 8.5
Proteïen (%) 3.24 3.48 7.4 3.30 3.51 6.4

Dit blyk verder dat giskulture veral onder spanningstoestande soos op uitermatige warm dae, groot voordele in-
hou. Wanneer tussen ruvoere oorgeskakel word of wanneer droë koeie voor en na kalwing op ‘n laktasierantsoen
aangepas word, kan giskulture dan ook voordele inhou. Koeie op hoë kragvoerdiëte vind ook baat by die insluiting
van giskulture.

Vette
Die energiebehoeftes van hoog (meer as 35 ℓ/dag) produserende koeie kan bevredig word deur die insluiting
van vette in die rantsoen. Vette bevat 2.25 maal meer energie per kg as koolhidrate wat dit voordelig maak
om in vroeglaktasie aan hoog produserende koeie te voer. Hiermee kan die minimum ruveselinname van
koeie verseker word sodat normale bottervetpersentasies in die melk gehandhaaf kan word. Vir maksimum
energiebenutting behoort 15 tot 20% van die metaboliseerbare energie vanaf vette afkomstig te wees. Vette in
voere kan in die volgende 3 kategorieë verdeel word:

• basiese dieetkomponente soos hooi, grane, oliekoekmele – voorsien gewoonlik 3% vet in die totale dieet;
• konvensionele vette soos heel katoensaad, heel sonneblomsaad, dierevette, dierevet- en plantoliemengsels
– verhoog vetpersentasie in die totale dieet tot ‘n maksimum van 6% en
• rumen-inerte (beskermde) vette soos kalsiumsepe van langkettingvetsure en versadigde vetsure met ‘n hoë

53
smeltpunt – verhoog vetpersentasie in die totale dieet tot 9%. Rumen-inerte vette word nie in die rumen
afgebreek nie en inhibeer daarom nie die metabolisme van die rumenmikrobes nie. Veselvertering word dus
nie nadelig beïnvloed nie.

Katoensaadolie, sojaboonolie en/of rumenbeskermde dierevette moet tesame nie meer as 4% vet tot die dieet
bydra nie. Voldoende hoeveelhede ruvoer moet aan koeie voorsien word wanneer vette aangevul word. Let da-
arop dat vette ‘n gedeelte van die kragvoer vervang en nie die ruvoer nie.

Die totale vetinname (basale dieetkomponente + konvensionele vetbronne + rumen-inerte vette) sal afhang
van die totale DM-inname. Vir sommige hoog produserende koeie kan dit tussen 1.5 (6% teen 25 kg per dag)
en 2.5 kg (9% teen 28 kg per dag) wees.

Die belangrikste aspek van vetaanvulling is die daaglikse inname van die rantsoen. Smaaklikheid van die dieet
waarin vet aangevul word is daarom krities. Sekere kommersiële rumen-inerte vette is minder smaaklik, terwyl
diere-vette en sojaboontjies meer smaaklik is. Die inname van koeie moet dus goed gemonitor word ten einde
‘n voordeel in die aanvulling te verkry.

Vetprodukte kan as volg geklassifiseer word:

Bron Smaaklikheid Inert Konsentrasie Hantering Koste


Kommersiële
vetprodukte - ++ + + --
Dierevet + - + - ++
Katoensaad - + - - -
Sojaboontjies + -- - + ++
Groente-olie
mengsels - -- + + +
++: Groot voordeel; +: Voordeel; -: Beperking; --: Groot beperking

‘n Algemene aanbeveling vir vetaanvullings is 0.5 tot 0.7 kg per dag of 5 tot 6% vet in die totale dieet. Die vol-
gende riglyne kan gebruik word om verskillende vetaanvullings te maak:

Bron Vet (%) Hoeveelheid (kg)


Kommersiële produk (a) 82 0.820
Kommersiële produk (b) 100 0.680
Dierevet 100 0.680
Sojaboontjies 18 3.770
Heel katoensaad 23 3.545
Kommersiële proteïensupplement 8 8.545

In Tabel 2 word die effek van verskillende vetaanvullings op melkproduksie en –samestelling in ‘n aantal
voedingsproewe aangedui. Hiervolgens kan gesien word dat melkproduksie in die meeste gevalle toegeneem
het, 8% met sojaboontjies, 4% met katoensaad en 6% met ‘n mengsel van dier- en plantvette. Die vet persen-
tasie in die melk het in sommige gevalle toegeneem, byvoorbeeld 13% met katoensaad- en 26% met besker-
mde beesvet aanvulling. In ander gevalle het die vet persentasie afgeneem.

54
Tabel 2. Die effek van verskillende vetaanvullings op die melkproduksie en –samestelling van melkkoeie
Vetbron Hoeveelheid Melkproduksie Vet Proteïen
(% in kragvoer) (kg) (%) (%)
Sojaboontjies 0 19.1 3.56 3.12
25 20.6 2.86 3.17
Katoensaad 0 24.4 3.19 3.24
10 25.0 3.45 3.15
15 25.5 3.51 3.15
20 25.4 3.61 3.16
Beskermde beesvet 0 31.7 3.40 3.18
15 32.3 4.27 3.03
30 31.0 4.31 2.85
Mengsel van dier- 0 26.3 4.23 3.55
en plantvette 5 28.0 3.70 3.31

Wanneer vette aangevul word, moet die volgende aspekte in gedagte gehou word:

• Verhoog die kalsiumpeil tot tussen 0.9 tot 1.0% en magnesiumpeil tot 0.3% van die totale DM in die dieet.

• Verhoog die proteïenpeil in die dieet.

• Die respons van vetaanvulling sal die hoogste wees tydens die periode vier tot 13 weke na kalwing. Die
respons direk na kalf is nie groot nie aangesien die koei dan reeds liggaamsvet mobiliseer en vir melk-
produksie gebruik.

• Die veselinhoud van die dieet moet voldoende wees – 19 tot 20% ADF en 25 tot 28% NDF.

• Vetinsluiting in diëte moet geleidelik wees aangesien diere daaraan gewoond moet raak. Dit moet verkieslik
saam met die ruvoerfraksie, in volvoere of deur elektroniese konsentraatvoerders aan koeie gevoer word en
nie in die gewone twee kragvoervoedings per dag nie.

• Heel katoensaad is meer ‘n ruvoertipe grondstof terwyl sojaboontjies meer ‘n proteïentipe grondstof is.

• Maksimum insluitingspeil vir heelkatoensaad aan melkkoeie is 2.5 tot 3.0 kg per dag of 15% van die totale
rantsoen.

Beessomatotropien (BST)
Beessomatotropien is ‘n poli-peptiedhormoon wat uit 191 aminosure bestaan en deur die anterior pituitêre
klier afgeskei word. Dit kan kunsmatig geproduseer word en weens die geweldige goeie respons wat op melk-
produksie verkry word, is die belangstelling daarin baie groot. Die algemene praktyk is dat koeie, na piek-
produksie, gedurende die laktasie, elke 14 dae gespuit word met kunsmatig vervaardigde BST. Reeds so gou as
2 dae na die inspuiting, word ‘n toename in melkproduksie waargeneem. Melkproduksie neem hierna verder toe
en bereik ‘n maksimum sowat 7 tot 9 dae later en neem dan af tot wanneer die volgende inspuiting toegedien
word. In navorsingstudies het die respons in melkproduksie vanaf 6 tot 36% gevarieer. Die gemiddelde ver-
hoging in melkproduksie was sowat 22%. In die studies is gevind dat voerinname terselfdertyd met 7 tot 16%
toegeneem het. Die gemiddelde voerinname was 7.6%. Die respons in melkproduksie by eerstelaktasiekoeie is
laer as volwasse koeie (3 tot 4%).

55
Hoewel melkproduksie dadelik begin styg, begin voerinname eers na ‘n paar weke toeneem. Dié toename in
voerinname is gewoonlik nie voldoende om te voorsien in die hoër melkproduksie nie en word liggaamsreserwes
vir melkproduksie gebruik. Die verhoging in melkproduksie vind daarom ten koste van die liggaamskondisie van
koeie plaas. Dit beteken dat die waarskynlike doeltreffendheid (kg melk per kg DM-inname) van melkproduksie
toegeneem het. Dit is waarskynllik as gevolg van ‘n verdunning van onderhoudsbehoeftes en nie as gevolg van
‘n fundamentele fisiologiese verandering nie. Die voordele van BST kom nie na vore onder swak voeding- en
bestuurstoestande nie. Die diëte van koeie moet by die hoër melkproduksiepeile aangepas wees en koeie kan
baie kondisie verloor indien die dieet nie by die hoër melkproduksie aangepas is nie. Reproduksie en ander
gesondheidsprobleme kan as gevolg hiervan voorkom.

BST word tans nie baie algemeen aanbeveel vir gebruik in hoog produserende melkkuddes nie, hoofsaaklik
weens moontlike verbruikersweerstand teen sodanige melk. Sommige melkkopers verwag dat produsente moet
onderneem om nie BST as ‘n bestuurshulpmiddel te gebruik nie. Fisiologies kan egter geen onderskeid getref
word tussen melk wat deur koeie geproduseer is sonder of met behulp van kunsmatig geproduseerde BST nie.

Opsomming
Verskillende voedingsupplemente is vir gebruik in melkbeesvoeding beskikbaar. Dit geniet veral aandag in
melkkuddes met hoë melkproduksiepeile waar die oogmerk is om die doeltreffendheid van melkproduksie te
verhoog. Voedingsupplemente kan egter nie swak voedings- en bestuursprogramme verbeter nie en dikwels
word onder hierdie omstandighede geen positiewe resultate verkry nie. Die koste om die supplement te ge-
bruik moet teen die respons in melkproduksie gemeet word om te kan bepaal of dit finansieël die moeite werd
is. ‘n Respons in die kudde word gemeet deur twee vergelykbare groepe koeie, sowat 15 tot 20 koeie elk, met
betrekking tot melkproduksie, ouderdom en stadium van laktasie, te gebruik en die voedingsupplement aan die
een groep te voer. Die voedingsupplement behoort vir ten minste drie tot vyf weke gevoer te word voordat ‘n
geldige gevolgtrekking gemaak kan word.

56
Hoofstuk 13
Voerkrippe vir melkbeeste

Inleiding
Melkbeesvoeding is deesdae hoogs wetenskaplik. Ten spyte hiervan is die voedingsbestuur van koeie dikwels
suboptimaal, wat hul melkproduksie, reproduksie en winsgewendheid benadeel. Min produsente besef klaar-
blyklik die belang van ʼn voerkrip en voerkripbestuur in die daaglikse voedingsprogram van ʼn melkkudde. Dít
blyk duidelik uit die groot aantal stukkende, vuil en selfs onveilige voerkrippe wat op baie plase gebruik word
om daagliks groot hoeveelhede duur voer aan koeie te voer. Dit help niks as rantsoene korrek geformuleer én
reg gemeng is, maar die voerkrippe waaruit koeie moet vreet, is in so ʼn toestand dat hul vrywillige voerin-
name daardeur benadeel word nie. Koeie moet genoeg vreet vir die beste melkproduksie, liggaamskondisie en
reproduksie. Met stukkende krippe gaan groot hoeveelhede voer gewoonlik verlore. Die verliese kan soveel as
20% wees. Dít beteken dat die voerkoste van koeie met 20% verhoog word, sonder dat daar enige bykomende
melk geproduseer word. Die koste van behoorlike voerkrippe moet teen die finansiële verlies van vermorste
voer, swak voerinnames en gevolglike lae melkproduksies opgeweeg word.

Grootte van voerkrippe


Melkkoeie vreet elke dag ‘n groot hoeveelheid voer. Die daaglikse voerinname van Holsteinkoeie is sowat 20–25
kg DM, terwyl Jerseykoeie 15–18 kg DM per dag vreet. Omdat melkkoeidiëte gewoonlik proporsioneel ʼn groot
gedeelte ruvoer bevat, is die totale voermengsel baie lywig. Krippe moet dus groot genoeg wees vir dié groot
hoeveelhede voer. As die krippe nie groot genoeg is nie, moet koeie meer dikwels gedurende die dag gevoer
word. Om seker te maak dat voer vars is, word koeie gewoonlik twee keer per dag gevoer. Om koeie meer kere
per dag te voer, word die arbeidskoste verhoog. Baie produsente wat van weiding gebruik maak, voer ook hul
koeie bykomende hooi of kuilvoer in oop kampe – veral saans. Hoewel die koeie minder voer per dag ontvang,
geld dieselfde beginsels ten opsigte van voerkripafmetings.

Die afmetings van krippe moet voorkom dat koeie hulself nie tydens die vreetproses beseer nie. Koeie het ʼn
betreklik groot reikafstand, en kan met redelike gemak voer vreet wat sowat 900 mm weg is. Krippe hoef egter
nie breër as 850 mm te wees nie. Indien die voer verder weg is, moet die koeie meer beur om dit by te kom,
wat die voorwaartse horisontale druk op die voorkant van die krip of die keelbalk sal verhoog.

Waar koeie van albei kante van ʼn voerkrip af vreet, moet die krip ten minste 1.2 m breed wees om voldoende
kopruimte vir koeie te verseker. Indien die diere van net een kant af vreet, moet die krippe steeds nie te smal
wees nie. ʼn Koei se normale vreetbeweging is om die voer met haar tong bymekaar te maak en in haar bek te
druk. Hierna word die kop gelig, en begin die kouproses. Met fyngemaalde voer, soos ʼn volvoerrantsoen, kan
heelwat voer in die kouproses uit haar bek val. Indien die krip smal is, val van die voer op die grond agter die
krip, en gaan verlore. Andersins moet die koei terugstaan om vir die normale opswaai van haar kop plek te
maak. As die krip smal is, is koeie ook dikwels geneig om dwars teen die krip te staan, wat weer die vreetspasie
vir ander koeie verminder.

Buiten die breedte van ʼn krip, word die volume daarvan deur die hoogte van die afskorting aan die voor- en
agterkant van die krip, en die hoogte van die vloer van die krip bepaal. Hoe hoër die afskorting aan die voor-
kant van die krip (die keelhoogte), hoe dieper is die krip, en hoe meer voer kan dit bevat. Indien die keelhoogte
te hoog is, moet die koeie beur om die voer by te kom. Hoe hoër die vloer van die krip, hoe makliker kan die
koeie vreet. Dit impliseer egter ook ʼn vlakker krip met ʼn kleiner inhoudsmaat. Die druk op die keelbalk aan die
voorkant van die krip is baie hoog indien die vloer van die krip op dieselfde hoogte is as die vlak waarop die
koeie staan. Daar is bevind dat ʼn koei makliker vreet indien die vloer van die krip sowat 100 mm hoër is as die
hoogte waarop sy staan. Dit is ook die normale weihoogte.
57
ʼn Skofbalk word ook gewoonlik aan die voorkant van die krip aangebring. Dít is om te keer dat koeie deur die
krip stap, en om hul kopbewegings te beperk. Dit is veral nodig in geval van growwe, ongemaalde of laegraadse
ruvoer, aangesien koeie dikwels sulke voer sal uitskud om die smaakliker fyner blaargedeeltes te vreet. Die
skofbalk kan 650–700 mm bo die keelbalk wees. Hoe laer die skofbalk, hoe meer word die kopbewegings van
die koeie beperk. Dit kán die koeie egter beseer indien hulle ver moet reik om die voer by te kom. Die drukking
op die skofbalk is minder indien dit ʼn entjie vorentoe oor die krip is. Sowat 150–200 mm is voldoende om die
druk op die skofbalk te verminder. Daarom word die pale met ʼn gebuigde hoek in die voerkripmuur ingebou.
Die pale moet so gespasieer word om voldoende vreetruimte te verseker. Holstein- en Jerseykoeie het onder-
skeidelik 700–750 mm en 550–650 mm vreetruimte per koei nodig. Pale moet dus in kombinasies van hierdie
afstande geplant word. Koeie se lyfbreedtes, en nie die ruimte waardeur sy haar kop kan druk nie, bepaal die
vreetruimte.

Voerkripafmetings
In Tabel 1 word die afmetings van voerkrippe vir Holsteins van verskillende ouderdomme aangedui. Vir Jerseys
kan die afmetings sowat 50–100 mm kleiner wees.

Tabel 1. Die afmetings vir voerkrippe vir melkbeeste.

Diere Afstand (mm)

Keelhoogte Kalwers 400


Verse 500
Volwasse koeie 600
Skofbalkhoogte Kalwers 400
Verse 500 – 600
Volwasse koeie 600 – 700
Vreetspasie Kalwers 500
Verse 600
Volwasse koeie 650 – 750

In die meegaande skets word die afmetings


aangedui (in mm) van ʼn voerkrip wat geskik
sou wees vir koeie wat sowat 450–700 kg
weeg. Soos in Tabel 1, kan dié mates effens
kleiner wees vir Jerseykoeie.

Krippe moet maklik skoon gemaak kan word,


want voerreste moet ten minste weekliks,
maar verkieslik daagliks, verwyder word.
Terwyl koeie vreet, skei hulle groot ho-
eveelhede speeksel af. Omdat rantsoene
gewoonlik groot hoeveelhede meel bevat,
word die voer vinnig besoedel. Voerreste
kan suur of muf raak en sodoende vars voer
besoedel wat bo-op gegooi word. Dit sal die
voerinname van koeie benadeel. In geval
van kuilvoer is die gereelde skoonmaak van
voerkrippe selfs belangriker, omdat die hoë
voginhoud daarvan die voer vinniger muf of
suur kan laat word.
58
Afsluiting
Korrek ontwerpte en goed geboude voerkrippe is ʼn goeie belegging vir enige plaas. Dit hoef ook nie duur te
wees nie. Op Elsenburg is goedkoop houtkrippe met die regte afmetings vir meer as 20 jaar gebruik. Met die
beplanning van voerkrippe moet die grootte van koeie en hul natuurlike gedrag in ag geneem word. Gebruik
die huidige finansiële verliese verbonde aan vermorsing van voer om te bepaal of voerkrippe gebou moet word
of nie. Met die regte beplanning en ontwerp, kan koeie kuilvoer direk uit ʼn kuilvoerbunker vreet. Die besparing
aan voerkoste kan aansienlik wees. Daar is ook spesifieke afskortings wat gebruik kan word om besoedeling en
vermorsing van kuilvoer in die bunker te voorkom. Koeie met vrye toegang tot kuilvoer in ʼn kuilvoerbunker het
ʼn kleiner kripspasie nodig in vergelyking met ‘n konvensionele voerkrip (250 vs. 750 mm per koei). Vir maksi-
mum kuilvoerinname moet die kuilvoer in die bunker daagliks los gemaak word.

59
Hoofstuk 14
Die bestuur van koeie op weiding

Inleiding
Weiding kan gesaai en as ruvoerbron gebruik word indien die jaarlikse reënval voldoende is en goed oor die jaar
versprei is, en/of indien voldoende besproeiingswater vir aanvullende of permanente besproeiing geberg kan
word. Die produksiekoste van weiding is betreklik laag in vergelyking met die produksie- of aankoopkoste van
hooie, kuilvoere en graanstrooie. Indien genoeg weiding deur die jaar beskikbaar is, is slegs ʼn klein daaglikse
kragvoeraanvulling nodig om ʼn goeie melkproduksie te verkry. Weens die lae koste van aangeplante weiding
in vergelyking met ander ruvoere, word dit dikwels onderbenut. Surplusweiding behoort afgesny en ingekuil te
word. Dit kan dan nuttig gedurende weidingstekorte in die winter gebruik word.

Vrywillige inname
Die vrywillige voerinname van koeie is die belangrikste enkele faktor wat die melkproduksie van koeie en
die winsgewendheid van ‘n melkery beïnvloed. Die daaglikse inname van koeie op aangeplante weiding word
dikwels geskat op grond van hoe lank hulle op die weiding is. In die meegaande tabel word die verwagte DM-
inname van Holsteinkoeie aangedui vir verskillende beweidingstye

Beweidingstyd (ure) DM-inname (kg/dag)

2-3 3-4
3 5-6
5 7-8
8 10
24 14

Jerseykoeie sal minder weiding inneem as Holsteinkoeie, aangesien hulle ongeveer 30% kleiner is as Holsteins.
Die voerinname van Jerseys as ‘n persentasie van liggaamsmassa is egter hoër as by Holsteinkoeie, sowat
4.0% vs. 3.4%. Bogenoemde geskatte DM-weidingsinnames is natuurlik net moontlik indien daar voldoende
hoeveelhede weidingsmateriaal voor beweiding beskikbaar is. Indien die weiding kort is (korter as 5 cm), sal
koeie minder weiding as bogenoemde hoeveelhede inneem. ʼn Weidingshoogte van 15–20 cm behoort maksi-
mum inname te verseker. Die inname van weiding neem toe indien meer weidingsmateriaal beskikbaar is. Dié
styging in inname is egter nie reglynig nie. Weidingsinname kan ook aan die hand van die volgende formule
beraam word:

DMI (weiding) = GT x RB x IB waar

GT = weityd (in minute)


RB = tempo van inname (bekkevol per minuut)
IB = droë materiaal (g) per bekvol

Met ʼn korter weityd sal koeie vinniger probeer vreet en daarom groter happe neem. Op kort weiding is dit egter
nie moontlik nie, en sal die weidingsinname van koeie dus minder wees. Koeie op ʼn digte weidingstand sal ná
sowat 1½ uur ophou om te vreet, omdat hul rumens vol raak. Koeie begin dan om te herkou om die growwe
ruvoer in die rumen fyner te maal en só meer plek te maak vir verdere weidingsinname. Vir optimale weidings-
inname moet sowat 50 g DM per kg liggaamsmassa voor beweiding beskikbaar gestel word. ʼn Melkkoei van 400
kg moet dus sowat 20 kg DM (tot op grondvlak gemeet) per dag ontvang om ʼn daaglikse weidingsinname van
10 kg DM te verseker.
60
Indien die weiding van ʼn lae gehalte is (byvoorbeeld lank, rankerige kikoejoe met ʼn dik mat), sal bogenoemde
weidingsinname ook moeilik verkry word. Lae gehalte weiding is lywig sodat die rumen vinnig vol word. Hier-
mee saam is die verteerbaarheid van die weiding laag en hou dit die rumen langer vol omdat die vertering
stadiger plaasvind.

ʼn Ander faktor wat weidingsinname beïnvloed, is die daaglikse hoeveelheid aanvullende ruvoer en kragvoer. Die
DM-inname van Jerseykoeie wissel van 2.7% tot 4.0% van liggaamsmassa by melkproduksiepeile van 10–25 kg
per dag. Melkkoeie wat 400 kg weeg met ʼn melkproduksie van 25 kg per dag moet dus daagliks ongeveer 16
kg DM inneem. Indien die koei se kragvoer- en hooi-inname onderskeidelik 6 kg en 4 kg DM per dag is, het sy
volgens haar beskikbare rumenvermoë plek vir hoogstens 6 kg DM van die weiding.

Die veselinhoud van weiding beperk ook weidingsinname. Koeie wat net weiding vreet, sal 1.5% van hulle lig-
gaamsmassa as NDF inneem. Indien ʼn koei 400 kg weeg, behoort sy dus 400 kg x 1.5/100, met ander woorde
6 kg NDF in te neem. Indien die NDF van die weiding 48% is, moet die koei 6 kg NDF x 100 kg DM/48 kg NDF,
dit wil sê 12.5 kg DM inneem. Kragvoervoeding verlaag weidingsinname, omdat kragvoer weiding vervang.
Die vervangingstempo (VT) word soos volg bereken: VT = 0.093 x kg kragvoer/koei/dag. Indien 4 kg kragvoer
gevoer word, is die VT dus 0.093 x 4 kg, naamlik 0.372 kg weiding per kilogram kragvoer. Koeie sal gevolglik
0.372 x 4 kg, met ander woorde 1.5 kg, minder DM-weiding inneem as gevolg van die 4 kg kragvoervoeding.
Die berekende weidingsinname sal dus 12.5 kg – 1.5 kg, dit wil sê 11 kg, per koei per dag wees.

Skyfmeter
Dit is uiters moeilik om die hoeveelheid weiding wat aan koeie beskikbaar gestel word, te meet, en om
weidings-inname daarvolgens te beraam. Dit word gewoonlik met die oog gedoen. Hierdie metode is baie sub-
jektief, en indien ʼn persoon onervare is, kan groot foute met sulke skattings gemaak word. Produsente oor-
skat dikwels die weidings-inname van koeie, sodat die werklike daaglikse inname dan laer is as die verwagte
inname. Dít is grootliks daaraan te wyte dat produsente gewoonlik nie ʼn goeie idee het van die hoeveelheid
weidingsmateriaal wat voor beweiding beskikbaar is nie, of van die hoeveelheid weidingsmateriaal wat ná be-
weiding oor is nie.

Daar is reeds verskeie metodes ontwikkel waarvolgens die DM-produksie van weidingsgewasse bepaal kan word
sonder om dit af te sny. Die skyfmeter word tans as die mees praktiese metode beskou om die weidingsinname
van veral koeie-in-melk te bepaal. Hiermee kan die beskikbare weidingsmateriaal voor en ná beweiding bepaal
word. Die verskil tussen hierdie twee waardes is die geraamde weidingsinname.

Die instrument, hetsy ʼn val-skyfmeter of ʼn “rising plate”-meter (RPM), moet vooraf gekalibreer word. Dít word
gedoen deur ʼn aantal hoogtelesings in ‘n weidingskamp te neem en die weidingsmateriaal onder die skyfplaat
op ʼn hoogte van 3 cm bo die grond af te knip, die weidingsmateriaal te versamel, te weeg en die DM-inhoud
daarvan te bepaal. Wanneer ‘n voldoende aantal lesings geneem en weidingsmonsters geknip is, kan die ver-
wantskap tussen die skyfmeterhoogtelesing en die hoeveelheid DM (gram DM) per skyfmeteroppervlakte bepaal
word. Dié verwantskap word gewoonlik in ʼn liniêre regressielyn uitgedruk. Hierna kan die beskikbare hoeveel-
heid weidingsmateriaal op ʼn bepaalde weidingsoppervlakte beraam word deur ʼn aantal (50–100) skyfmeter-
hoogtelesings te neem, en die gemiddelde hoogtelesing in die regressievergelyking te gebruik. Dit is belangrik
dat die skyfmeter vir verskillende weidingsgewasse gekalibreer word, aangesien die regressielyn wat in die
voorspelling gebruik word, deur die weidingstipe beïnvloed word.

Die rotasieperiode vir ʼn bepaalde weidingsgewas kan ook met ʼn skyfmeter bepaal word. Vir maksimum wei-
dingsinname moet 1–1.5 ton DM-weiding bo 3 cm beskikbaar wees. In die somer, wanneer die weiding vinnig
groei, is voldoende weiding reeds ná 21–28 dae beskikbaar, terwyl ʼn hergroeityd van 50–60 dae byvoorbeeld in
die winter voldoende weiding sal verseker.

61
Indien die beskikbare hoeveelheid weiding bekend is, kan die veelading of weidingsoppervlakte beraam word.

In ʼn stelselproef op die Outeniqua Navorsingsplaas is gevind dat die verband tussen die RPM-hoogtelesing (H)
en opbrengs in kilogram DM/ha (Y) van ʼn kikoejoe-raaigras-weiding deur die volgende formule beskryf word:

Y = (62 X H)-360

Hiervolgens is daar by ʼn RPM-hoogtelesing van 25 sowat 1.19 ton DM per hektaar bo 3 cm beskikbaar. Die
daaglikse vereiste weidingsoppervlakte per koei by hierdie weidingshoogte is sowat 100 m². Die hoogtelesing
ná beweiding kan met die skyfmeter (RPM) gemeet word om te bepaal of die weiding reg benut is. Die nabewei-
dingshoogte behoort tussen 10 en 15 op die RPM te wees. Indien dit laer as 10 is, het oorbeweiding plaasge-
vind.

Die doel met hierdie beramings is om weidingsbenutting te verhoog. Die weidingsoppervlakte kan meer ak-
kuraat toegeken word. Dit sal verseker dat die weidingsinname van koeie voldoende is en die weiding nie
onder- of oorbenut word nie. Indien die weiding te kort gevreet word (RPM <10), en koeie lyk steeds honger
(dun), moet die weidingsoppervlakte vergroot word, of moet minder diere in die bepaalde weidingskamp wees
om nader aan die verwagte weidingsinname te kom. Bestuursbesluite, soos wanneer om kunsmis te voorsien of
besproeiing te verhoog, kan ook geneem word op grond van die skyfmeterhoogtelesings.

Beweidingstelsels
Doeltreffende weidingsbestuur verg eenvoudige beheer. Daar is hoofsaaklik drie stelsels, naamlik strook- of wis-
selbeweiding, permanente weidingskampe, en aanhoudende beweiding.

Strookbeweiding
Met dié stelsel word ʼn verskuifbare elektriese draadtoestel gebruik om die weidingsbestuur te doen. Die grootte
van weidingskampe word by die aantal koeie en die beskikbare hoeveelheid weidingsmateriaal aangepas. Koeie
ontvang gewoonlik ʼn nuwe beweidingstrook een of twee maal per dag. Die verkleining van weidingsopper-
vlakte, sonder om weidingsinname te beperk, sorg dat weiding beter benut word. ʼn Probleem met hierdie
stelsel is dat daaglikse weidingsinname kan verlaag indien te min weiding voorsien word. Omdat diere met
strookbeweiding meestal stadiger deur die kamp beweeg, kan die weiding aan die einde van die siklus volwasse
raak en dus van ʼn laer gehalte wees. In baie nat grondomstandighede kan weiding ook vertrap word, omdat
koeie op ʼn klein oppervlakte gekonsentreer word. Dít sal weidingsherstel vertraag en/of die weiding heeltemal
vernietig. Die stelsel verg meer arbeid, omdat die elektriese draad ten minste twee maal per dag verskuif moet
word, en elke keer moet daar ʼn besluit geneem word oor die residuele weiding en die beskikbare hoeveelheid
weiding. Dit sal die grootte van die nuwe beweidingsoppervlakte bepaal. ʼn Onervare bestuurder ken dikwels ʼn
te groot of te klein oppervlakte toe. Indien hierdie stelsel egter reg bestuur word, blyk dit dat produsente meer
weiding tot hul beskikking het as wat die geval is met groot kampe. Weiding vertoon oor die algemeen baie
meer homogeen, met weinig of geen onderbenutte gedeeltes.

Weidingskampe
Met hierdie stelsel word permanente weidingskampe van dieselfde grootte aan groepe van koeie voorsien. Ge-
woonlik word voldoende hoeveelhede weiding vir een tot vier dae beskikbaar gestel. Die grootte van kuddes (of
groepe van koeie) is die hooffaktor wat kampgroottes bepaal. Surplusweiding moet gereeld ná beweiding met
behulp van geskikte masjiene afgesny en verwyder word. Indien nie, sal die gehalte van die weiding agteruit-
gaan, aangesien die weiding meer en langer stingels kry, en die hoeveelheid blare op die stingels verminder.
Kikoejoe gaan veral in hierdie omstandighede agteruit. Die agteruitgang is veral duidelik te bespeur aan die
klein afgebreekte stukkies gras wat bo-op die weiding lê. Deur die plantmateriaal ná elke weiding kort af te sny,
word nuwe blaargroei naby die grondoppervlak aangemoedig.

62
Aanhoudende beweiding
Met aanhoudende beweiding word ʼn vaste aantal diere deur die hele weidingsperiode op ʼn bepaalde opper-
vlakte aangehou. Weidruk word, soos in die rotasiebeweidingstelsel, volgens die beskikbare hoeveelheid wei-
dingsmateriaal bepaal. Aangesien koeie nie op ʼn klein oppervlakte aangehou word nie, skakel dit die gevaar
van vertrapping in nat weer tot ʼn groot mate uit. Met hierdie beweidingstelsel kan die weidingsoppervlakte in ʼn
dag- en nagweiding verdeel word om die bymekaarmaak van koeie vroeg in die oggend te vergemaklik.
Kunsmistoediening moet baie sistematies geskied, aangesien die hele kamp eenmalig bemes word. ʼn Nadeel
van hierdie stelsel is dat die weiding baie dig raak. Afgebreekte stukkies stingel (lopers) word ook dikwels
bo-op die weiding gesien. Aanhoudende swaar beweiding van jong weiding kan die lewenskragtigheid van die
wortels verminder.

Aanvullings vir koeie op weiding


Op weidingsplase word ruvoertekorte van tyd tot tyd deur die jaar ondervind. Aanvullende ruvoer moet dan in
die vorm van hooi of kuilvoer voorsien word. Daarbenewens is die energievlakke van die meeste weidingsge-
wasse te laag om hoë melkproduksiepeile te kan handhaaf, veral in vroeglaktasie. Die reaksie op aanvulling by
koeie op weiding is baie kompleks, en is afhanklik van verskeie faktore, soos die stadium van laktasie, melk-
produksiepeil, kondisie van die koeie, gehalte van die kragvoer, gehalte van die weiding, hoeveelheid weiding
beskikbaar, en hoeveelheid kragvoer wat gevoer word.

Die wisselwerking tussen hierdie faktore beïnvloed nie net die huidige produksie van koeie nie, maar ook hul
produksie in daaropvolgende laktasies. In ‘n studie waarin hawer as aanvulling vir koeie op weiding voorsien
is, was die gemiddelde reaksie in melkproduksie, 0.5 ℓ per kg hawer gevoer (Tabel 1). Die reaksie tussen koeie
het gewissel vanaf 0 ℓ tot 0.86 ℓ melk per kg hawer gevoer. Die liggaamsmassa van koeie het gedurende die
aanvullingsperiode konstant gebly. In hierdie studie het die aanvulling van hawer, hoogstens die weiding ver-
vang veral in die geval waar ‘n groot (meer as 40 kg DM per koei per dag) hoeveelheid weidingsmateriaal voor
beweiding beskikbaar was.

Tabel 1. Die invloed van die hoeveelheid beskikbare weidingsmateriaal en haweraanvulling op die melk-
produksie van koeie

Parameters Melkproduksie respons oor ’n 6 weke periode


Haweraanvulling (kg DM/dag) 0 3.6 0 3.6
Beskikbare weiding (kg DM/koei/dag) 13.7 13.5 40.2 41.7
Weidingsinname (kg DM/koei/dag) 10.8 10.7 14.5 13.4
Weidingsbenutting (%) 79 79 36 32
Melkproduksie (ℓ/dag) 18.0 19.8 21.0 21.1
Respons (ℓ melk/kg hawer) - 0.50 - 0.03
Vet % 4.95 4.50 4.70 4.20
Proteïen % 3.15 3.27 3.42 3.37

Wanneer min weiding beskikbaar is, sal aanvullende kragvoer ʼn verlies in liggaamsmassa beperk, en moontlik
melkproduksie verhoog. Wanneer daar genoeg weiding is, het aanvullings dikwels geen uitwerking op melk-
produksie nie. Daarenteen het die vetpersentasie van melk by ʼn hoër kragvoeraanvulling afgeneem.

63
Hoofstuk 15
Kragvoeraanvulling in weidingstelsels

Inleiding
Die doel van kragvoervoeding is om moontlike energie-, proteïen- en mineraaltekorte in aangeplante weiding
aan te vul, sodat melkproduksie en wins verhoog kan word. Kragvoere (konsentrate) is voere met gekonsen-
treerde bronne van energie en/of proteïene en minerale. Die praktyk van kragvoeraanvulling het ontstaan om-
dat ruvoertekorte algemeen voorkom, en ruvoergehalte dikwels swak is. Selfs ruvoere van die hoogste gehalte
kan nie in die voedingsbehoeftes van melkkoeie met ʼn hoë melkproduksie voorsien nie, en daarom moet ʼn
kragvoeraanvulling dié gaping vul.

Voedingsbehoeftes van koeie


Met behulp van voedingstabelle kan die voedingsbehoeftes van koeie bereken word. Voedingsbehoeftes word
bepaal deur melkproduksie, melksamestelling, stadium van dragtigheid, koeimassa, kondisiepunt, afstand wat
na en van weidings afgelê word, die helling van die pad wat die koei stap, en klimaat (temperatuur, reën, wind-
spoed). Daar is ʼn aantal rekenaarprogramme (NRC, 2001) en voedingstabelle waarmee die individuele voed-
ingsbehoeftes van koeie beraam kan word. Op weiding van ʼn goeie gehalte behoort ʼn Jerseykoei sonder enige
kragvoeraanvulling 12 kg melk te produseer. Op weiding is daar gewoonlik ʼn oorvoorsiening van proteïene,
terwyl koeie ʼn tekort aan energie ondervind. ‘n Kragvoer van 12% RP en 76% TVV wat teen 4–6 kg per koei
per dag gevoer word, behoort die melkproduksie tot 16–18 kg melk per koei per dag te verhoog. Met goeie wei-
dingsbeskikbaarheid en -gehalte (gewoonlik van Augustus tot Oktober), lewer koeie op kragvoervoeding slegs
0.5 ℓ melk per kg kragvoer wanneer kragvoer van 4 kg tot 6 kg per dag verhoog word. In hierdie
omstandighede sou dit meer ekonomies wees om slegs 4 kg kragvoer per koei per dag aan te vul.

Die kragvoer wat melkkoeie op aangeplante weiding ontvang, kan op die volgende drie maniere voorsien word:

1. Vaste peil (“flat rate”) van kragvoeraanvulling


In hierdie stelsel ontvang koeie elke dag van die laktasieperiode ʼn vaste hoeveelheid kragvoer (suiwelmeel),
gewoonlik 3–6 kg per koei per dag in die geval van Jerseykoeie. Koeie ontvang die kragvoer dan twee maal
per dag in die melkportaal tydens melking of nadat hulle gemelk is in ʼn navoereenheid. Die kragvoeraanvulling
vir oorvet koeie (met ʼn kondisiepunt bo 3.5) kan minder wees. Dit kom egter selde in hierdie omstandighede
voor, en koeie op hierdie stelsel se kondisiepunt is dikwels tussen 2 en 2.5. Die stelsel is eenvoudig en lewer
goeie resultate. Die doel is om die maksimum hoeveelheid melk vanaf weiding te produseer. In hierdie geval is
die kragvoeraanvullingspeile medium tot laag. Koeie wat meer melk produseer, doen dit deur meer weiding in
te neem en die weiding beter te verteer. Die rumen-pH van koeie wat op hoëgraadse weiding aangehou word
en slegs 4 kg kragvoer per dag ontvang, kan so laag as 5.5 daal. Indien die pH in die rumen onder 5.8 daal,
word veselvertering benadeel en word minder melk vanaf die weiding geproduseer. Die stelsel aanvaar dat die
kondisie van koeie aan die begin van die laktasieperiode sal afneem, en dan weer aan die einde van laktasie
weer sal toeneem. Dié stelsel kan koeie met ʼn hoë melkproduksie benadeel, aangesien hulle weens hul hoë
melkproduksiepeile in vroeglaktasie, langer in ʼn negatiewe energiebalans verkeer en moontlik as gevolg hier-
van, nie maklik herbeset raak nie. Sodanige koeie pas dikwels nie goed in ʼn seisoenale stelsel in nie. In dié
stelsel moet koeie elke jaar binne ʼn bepaalde tyd van die jaar weer kalf. In ʼn stelsel waar koeie deur die hele
jaar kalf, sal die langer oop periode na kalf, die tussenkalfperiode van die kudde laat toeneem.

2. Stapsgewyse peil (“step rate”) van kragvoeraanvulling


In hierdie geval ontvang Jerseykoeie byvoorbeeld 6 kg kragvoer per dag vir die eerste 150 dae van die laktasie,
waarna dit vir die laaste 150 dae van laktasie tot 3 kg per dag verminder word. Die voordeel van hierdie stelsel
64
is dat die koeie aan die begin van laktasie, wanneer hulle melkproduksie en voedingsbehoeftes hoog is, meer
kragvoer ontvang, en minder in die tweede helfte van laktasie, wanneer melkproduksie laer is. Dít sal ‘n afname
in liggaamsmassa en kondisie in die eerste helfte van die laktasie beperk. Die stapsgewyse stelsel is ook maklik
uitvoerbaar.

3. Kragvoeraanvulling volgens produksie


In hierdie stelsel ontvang koeie ʼn vaste hoeveelheid kragvoer per liter melk wat geproduseer word (byvoorbeeld
250 g of 300 g kragvoer per liter melk per dag geproduseer). Dit impliseer dat koeie met hoë melkproduk-
siepeile baie kragvoer kan ontvang. Die maksimum hoeveelheid kragvoer wat koeie per dag gevoer kan word
behoort egter nie meer as 2% van liggaamsmassa te wees nie, ongeag die hoeveelheid melk wat hulle produ-
seer. Jerseykoeie behoort daarom eintlik nie meer as 8 kg kragvoer per dag te ontvang nie, veral wanneer goeie
weiding met ʼn lae NDF-inhoud beskikbaar is nie. Kragvoervoeding van 3–6 kg per koei per dag vir Jerseys, en
6–10 kg per koei per dag vir Holsteins, behoort spysverteringsteurnisse te beperk en 0.8–1 ℓ melk per kg krag-
voer te lewer. In vroeglaktasie ontvang koeie genoeg kragvoer om meer as 25 ℓ melk per dag te produseer. Dié
hoeveelheid kragvoer moet geleidelik oor twee weke vermeerder word om spysverteringsprobleme te beperk.

Tabel 2. Die hoeveelheid kragvoer volgens melkproduksie vir koeie op weiding


Melkproduksie (ℓ /koei/dag) 250g/ℓ melk 300g/ ℓ melk
<10 2.0 3.0
10-14 3.1 3.8
15-19 4.4 5.3
20-25 5.6 6.7
>25 6.3 7.5

In die praktyk sal produsente daarby baat vind om meer aandag en tyd aan weidingsbestuur en weidings-
toekenning te bestee, as om daagliks in besonderhede uit te werk hoeveel kragvoer elke individuele koei
moet kry. Daar is tans ʼn voedingstelsel wat kragvoer outomaties kan aanpas by elke koei se gemiddelde
melkproduksie, liggaamsmassa en kondisiepunt van die vorige week. Op dié manier kan koeie individueel
gevoer word. Maak net seker dat melkproduksiesyfers akkuraat is, en dat voerders reg werk. Koeie kan
in twee of drie produksiegroepe verdeel word om kragvoervoeding te vergemaklik. Merk koeie met ʼn
kleurplastiekplaatjie aan ʼn ketting of tou om die nek om produksiegroepe uit te ken.

Met hoë kragvoeraanvullings op weiding kan hoër veeladings gehandhaaf word. Sodoende word ʼn hoër
melkproduksie per hektaar behaal. In ʼn stelselproef op die Outeniqua Navorsingsplaas op kikoejoe wat met
raaigras oorgesaai is, was die weidingsproduksie 18 ton DM/ha en die melkproduksie van Jerseykoeie 31 000 kg
melk/ha per jaar. Die weiding het gemiddeld ses koeie per hektaar gedra, en koeie het 1.2 ton kragvoer (4 kg
per koei per dag) per laktasie ontvang. Studies het verder getoon dat koeie wat 7.2 kg kragvoer per dag oor die
hele laktasieperiode ontvang het, net 0.5 ℓ melk per kg kragvoer gelewer het. Teen ʼn kragvoerkoste van R2.60/
kg en ʼn melkprys van R3.30, daal die wins per koei dus met 95c vir elke 1 kg kragvoer wat teen hierdie vlak
gevoer is.

Die mees winsgewende vlak van kragvoervoeding aan koeie van 400 kg elk, is 4–6 kg per koei per dag. Pro-
dusente moet deurlopend bewus wees van die reaksie op kragvoervoeding. Streef daarna om weidingsinname
so hoog moontlik te hou en kragvoer konserwatief aan te wend om wins te verhoog. Kragvoer kos immers drie
maal meer as weiding.

65
Hoofstuk 16
Kondisiepunt van melkkoeie

Inleiding
Die voedingsbehoeftes van koeie is deur verskeie voedingsproewe in gekontroleerde omstandighede bepaal.
In sommige gevalle kan die chemiese samestelling van ʼn voersoort in die laboratorium bepaal word, terwyl in
ander gevalle word waardes weer op grond van voedingstowwe bereken. Die voeding van ʼn melkkudde berus in
die praktyk op die voedingsbehoeftes van koeie en die chemiese samestelling van grondstowwe.

In die praktyk is dit moeilik om die wetenskap ten volle te benut. Produsente moet probeer om die “beraamde
voedingsbehoeftes” van die “gemiddelde koei” in die praktyk te bevredig deur gebruik te maak van “verwagte
daaglikse voerinnames” en die “tabelwaardes” van grondstowwe. Daar is dikwels koeie wat aan wanvoeding ly,
selfs al word die beste voedingstelsel gebruik. Gelukkig het die melkkoei die vermoë om die negatiewe invloed
van oor- of ondervoeding tot ‘n groot mate te buffer deur gebruik te maak van haar eie liggaamsreserwes.

Deur die afbreek of opbou van liggaamsvet te monitor, kan die boer ‘n tydige evaluasie van sy voedings-
bestuur maak. Dit word gedoen deur op ‘n gereelde basis die kondisie van koeie te bepaal. Dit verskaf die
nodige riglyne waarvolgens die boer die sukses, al dan nie, van sy voedingsprogram direk van sy koeie kan
“aflees”.

Die normale kondisiekurwe


Lakterende koeie het ʼn duidelike laktasiekurwe ten opsigte van liggaamsmassa en -kondisie. In Figuur 1
word die verandering in die liggaamsmassa oor die laktasieperiode van Holsteinkoeie in verskillende laktasies
aangedui.

Figuur 1. Die verandering in liggaamsmassa oor die laktasieperiode


by Holsteinkoeie in eerste, tweede en derde-plus laktasies

650
Ongeag laktasienommer (ouderdom) neem
die liggaamsmassa van koeie direk ná
kalwing af, en bereik dit ʼn laagtepunt teen
Liggaamsmassa (kg)

600
die tweede melktoets. Dít is sowat 60–70
dae ná kalwing. Hierna begin die liggaams-
550
L ak t 1 massa van koeie toeneem en hou aan met
L ak t 2
styg tot aan die einde van die laktasie-
L ak t 3 +
500
periode. Die verandering in liggaamsmassa
is nou verwant aan die verandering in lig-
Liggaamsmassa (kg)
450 gaamskondisie (Figuur 2). Die verandering
in liggaamskondisie is dieselfde vir koeie in
400
verskillende laktasies.
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Melktoetse Die laktasiekurwe vir melk is aan die


ander kant net die teenoorgestelde van
die liggaamsmassa- en kondisiekurwe. Die melkproduksie neem na kalwing vinnig toe en bereik piekproduksie
by sowat 60 dae na kalf waarna die daaglikse produksie begin daal tot aan die einde van die laktasie. Die rede
vir die afname in kondisie en daarom liggaamsmassa, is omdat die inname van koeie na kalwing nie so vinnig
toeneem soos wat hul behoeftes toeneem weens die vinnige styging in melkproduksie nie. Dié probleem word
verder vererger deurdat koeie dikwels voor kalwing hul eetlus verloor en daarom minder vreet. Die aanvanklike

66
lae vrywillige voerinname en stygende 3.6

energiebehoeftes in vroeglaktasie het tot gevolg 3.4

dat koeie dan in ‘n negatiewe energiebalans

Liggaamskondisie
3.2
is. Dit beteken dat koeie op hierdie stadium 3.0
hul liggaamsreserwes moet benut om melk te
Lakt 1

2.8 Lakt 2
kan produseer. Die algemene uitdrukkking is Lakt 3+
2.6
dat koeie dan van hul rug af melk. Hoe hoër Kondisiepunt
die melkproduksie van koeie, hoe hoër is hul 2.4

piekproduksie en hoe groter is die negatiewe 2.2


energiebalans waarin die koei verkeer. Dit is 2.0
dus belangrik dat koeie in ‘n redelike goeie 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
kondisie moet kalf sodat hul vetreserwes nie Melktoetse
dan heeltemal opgebruik word nie. Indien dit Figuur 2. Die verandering in die liggaamskondisie oor die
sou gebeur, word ander probleme soos lae laktasie­periode by Holsteinkoeie in eerste, tweede en derde-
reproduksiepeile en voedingsteurnisse geskep. plus laktasies.

Lakterende koeie sit voerenergie meer


doeltreffend om in liggaamsvet as droë koeie. Daarom moet die liggaamskondisie van koeie reeds in die laaste
drie maande van die huidige laktasie reggestel word, en nie in die droë periode nie. Skraal koeie in laatlaktasie
moet dus meer graan en/of vet in hul diëte ontvang om ʼn kondisiepunt van 3–3.5 uit ʼn moontlike 5 te behaal.
Aan die ander kant moet koeie met ʼn kondisiepunt van hoër as 3.5 verkieslik dan minder graan en meer ruvoer
ontvang om te keer dat hulle oorvet raak.

In ‘n opname in Natal is gevind dat een kondisiepunt ‘n massaverandering van sowat 45 kg verteenwoordig.
Daar bestaan egter verskille tussen eerstelaktasie- en volwasse koeie en tussen laktasiestadia. Koeie verloor
tot 90 kg massa in vroeglaktasie en elke kilogram massaverlies kan 5-6 kg melk beteken. Dit beklemtoon die
belang van ‘n goeie kondisiepunt (3.5) voor kalwing.

Die tegniek
Daar is vandag verskeie metodes waarvolgens die vetreserwes op koeie bepaal kan word. Dit bestaan gewoonlik
uit ‘n arbitrêre skaal waarmee die hoeveelheid vet onder die vel rondom die stertwortel en in die lende-area
bepaal word. Die mees algemene tegniek wat in Suid-Afrika gebruik word, is by die British National Institute of
Research in Dairying (NIRD) ontwikkel.

Met dié metode word die hoeveelheid vet rondom bepaalde liggaamsdele van koeie bepaal deur met die
vingerpunte op die stertwortel en lendearea te druk, en sodoende te ‘voel’ hoeveel vet daar onder die vel is.
Die hoeveelheid vet word volgens bepaalde omskrywings gekategoriseer. Normaalweg wissel die skaal tussen
5, wat oorvet koeie dui, en 0, wat aandui dat koeie brandmaer is. Halfpunte word ook toegeken indien die
kondisiepunte by die stertwortel en lendearea met meer as ʼn punt verskil. Die skaal bestaan dus eintlik uit 11
punte. Die kondisiepunt by die stertwortel dien algemeen as riglyn. Indien die kondisiepunt by die stertwortel 3
is, en die kondisiepunt in die lendearea 2, word die kondisiepunt van die koei as 2.5 aangedui.

Produsente moet probeer om die kondisiepunt van hul koeie ten minste elke maand te bepaal. Die
kondisiepunte van koeie in vroeg-, mid- en laatlaktasie en in die droë periode kan afsonderlik bymekaar gevoeg
word om die effek van laktasiestadium te bepaal. Hierdie gemiddelde kondisiepunte kan weer in tabelvorm vir
elke maand aangeteken word om te sien of daar met verloop van tyd ‘n verskuiwing in die kondisiepunt van
koeie is.

67
Dit word aanbeveel dat produsente ten minste twee keer per jaar saam met iemand anders koeie moet punt
om sodoende hulself te yk. Ondervinding het geleer dat persone wat alleen werk, begin om af te wyk van die
neergelegde definisies en geneig is om ‘n te hoë kondisiepunt aan koeie toe te ken. Die oogmerk met die yk
van die liggaamskondisie van koeie, is dat verskillende persone wat dieselfde koeie punt nie met meer as ‘n half
punt van mekaar sal verskil nie. Verder moet die tegniek konsekwent toegepas word en dat diere altyd hanteer
sal word. Pasop daarvoor om met die oog te begin kondisiepunt.

Kondisiepunt en melkproduksie
Die kondisiepunt van koeie met kalwing is krities want dit het ‘n groot invloed op produksie. Indien dit korrek is,
behoort die kondisiepunt tydens die daaropvolgende laktasiestadium ook korrek te wees en die melkproduksie
optimaal. Plaasopnames in Brittanje het die voorspelde produksies van koeie in kondisiepuntklasse met hul
ware produksie vergelyk. Die resultate vir die eerste 84 dae van die laktasieperiode word in Tabel 1 aangedui.
Hierdie resultate toon ʼn verlies van 1 000 kg melk oor die hele melktyd vir baie maer koeie (ʼn kondisiepunt van
1.5 en laer) en baie vet koeie (ʼn kondisiepunt van 4 en meer). Koeie wat by ʼn kondisiepunt van 3.5 gekalf het,
het die beste gevaar, aangesien hulle 182 kg meer melk as die voorspelling gelewer het.

Tabel 1. Effek van die kondisiepunt van koeie met kalwing op melkproduksie
Kondisiepunt met kalwing Aantal koeie Verskil in 84 dae produksie (kg)
0.5-1.5 283 -150
2 159 0
2.5-3.5 213 +95
4 8 -150
LW: ’n Daling in melkproduksie en ’n daling in kondisie gaan nie altyd hand aan hand nie. Waar ’n proteïen-
tekort voorkom, kan kondisie toeneem terwyl melkproduksie daal.

Kondisiepunt en konsepsie
Britse resultate toon dat ’n kondisiepunt van twee of meer ’n vereiste vir goeie konsepsie is (Tabel 2).

Tabel 2. Effek van kondisiepunt op konsepsie


Konsisiepunt Konsepsie (%)
<1,5 52
1.5 56
2.0 68
>2,0 72

Kondisie van verse


Vir die beste besetting by verse moet hul kondisiepunt met die eerste dekking 2.5–3.5 wees. Die bevrugtings-
persentasie by verse met ʼn kondisiepunt laer as 2 sal verbeter indien hulle in die 12 weke rondom dekking
bykomende voeding ontvang. Verse moet egter nooit ʼn kondisiepunt van 4 of meer bereik nie, aangesien dit
vrugbaarheid benadeel. Dit is beter om verse ouer te laat word maar gelykmatig tot eerste dekking te laat groei
as om verse kort voor dekking baie goed te voer sodat hulle vinnig kan groei om vorige foute te probeer goed-
maak.

Wanneer moet die kondisiepunt van koeie bepaal word?


Soos met enige stelsel van meting, is hier ook twee probleme. Eerstens, om te verseker dat die inligting inge-
samel word en tweedens, om te sorg dat dit gebruik word. Maandelikse bepalings van die kondisiepunt van
koeie is die maklikste en dit kan op die stalkaart aangeteken word. Met oefening en ‘n assistent kan met gemak
drie koeie per minuut geweeg en gepunt word. Indien hierdie kondisiepunt elke maand per laktasiestadium
vergelyk word, kan ‘n probleem in die voedingstelsel tydig opgespoor word. Die effek van onvoldoende voeding-

68
stofvoorsiening in midlaktasie (vanaf Februarie) blyk uit Tabel 3. Deur gereeld die kondisie van koeie te bepaal
kan hierdie probleem opgespoor word voordat die hele kudde beïnvloed word.

Tabel 3. Die gebruik van gemiddelde kondisiepunt om die voeding per laktasiestadium te monitor
Laktasiestadium Maand
Januarie Februarie Maart April
Droë koeie 3.2 3.1 3.2 3.2
Minder as 80 dae in melk 1.8 1.8 1.8 1.8
81-200 dae in melk 2.4 2.2 1.9 1.8
Meer as 201 dae in melk 2.9 2.6 2.2 2.1

Koeie se kondisie verander merkbaar in die droë periode, sowel as in vroeg-, mid- en laatlaktasie. Volgens die
gegewens in Tabel 3 het die kondisiepunt van die droë koeie en vroeglaktasiekoeie met verloop van tyd die-
selfde gebly. Die kondisiepunt van koeie in mid- tot laatlaktasie het egter met verloop van tyd afgeneem. Dít
dui op ʼn afname in die voedingspeil van koeie in mid- en laatlaktasie. Indien die voeding van koeie in hierdie
groep nie reggestel word nie, sal hul kondisie in die droë periode ook mettertyd afneem. Koeie sal dus met die
volgende kalwing in ʼn swakker kondisie wees, wat melkproduksie en reproduksie sal benadeel.

69
Hoofstuk 17
Skaduweevoorsiening aan melkkoeie

Inleiding
Die melkbeesrasse in Suid-Afrika kom oorspronklik van Wes-Europa en die Britse Eilande. Die klimaat in daardie
wêrelddele verskil aansienlik van dié in Suid-Afrika. Weens bepaalde inherente eienskappe is melkbeeste
goed aangepas by ʼn koel tot koue klimaat. Hulle het byvoorbeeld ʼn digte haarkleed, ʼn dik vel, ʼn onderhuidse
vetlaag, en groot spiere. Die fermentasieprosesse in die rumen om voere te verteer, produseer ʼn groot
hoeveelheid interne hitte, terwyl weidingsaksies en beweging ook liggaamshitte verhoog. Melkkoeie is eintlik
nie goed aangepas by ʼn warm klimaat nie. Die beste omgewingstemperatuur vir melkkoeie is 10–18 °C wat die
gemiddelde wintertemperatuur in Suid-Afrika is.

Die liggaamshitte van koeie moet na die omgewing uitgestraal word om te keer dat hul liggaamstemperatuur
styg. By 4–24 °C is koeie in hul sogenaamde ‘termiese gemaksone’, en kan hulle met gemak van hul
liggaamshitte ontslae raak. Melkproduksie word dan ook nie benadeel nie. Wanneer die omgewings­
temperatuur egter bo 24 °C styg, vind koeie dit al hoe moeiliker om van hul liggaamshitte ontslae te raak, en
begin hul liggaamstemperatuur toeneem. Omgewingshitte, veral stralingswarmte vanaf die son, verhoog die
liggaamstemperatuur van koeie verder.

In die somer styg die daaglikse maksimum omgewingstemperatuur in die meeste dele van Suid-Afrika op meer
as 60% van alle dae tot bokant 24 °C. Op baie plekke is die temperatuur in ʼn 24 uur-periode vir lang tye bo
24 °C. Hoe koeler dit in die nag word, hoe beter kan koeie in die dag hoë temperature verduur. Hou in gedagte
dat die omgewings­temperature by weerstasies in die skaduwee gemeet word, en dus stralingswarmte van
die son uitsluit. Die aanvoelbare temperatuur wat koeie in die direkte son ervaar, is dus heelwat hoër as die
omgewingstemperatuur wat normaalweg aangedui word. Koeie het ongetwyfeld beskutting teen die son nodig.
Buitelandse studies het getoon dat ʼn skaduwee-afdak die eenvoudigste en mees kostedoeltreffende manier is
om koeie teen uiterste hitte te beskerm.

Wanneer dit warmer word en die omgewingstemperatuur styg, neem die hittespanning op koeie toe. Dit kom
gewoonlik by omgewingstemperature bo 25 °C voor. Indien hoë omgewingstemperature boonop met hoë
lugvogpeile gepaardgaan, word die probleem vererger, aangesien koeie dit dan nog moeiliker vind om koel te
bly. Hoe langer die warm, vogtige periode duur, hoe groter is die nadelige uitwerking op produksie. Koeie begin
as ‘n reël minder vreet, veral ruvoer, en sal daarom minder melk produseer. Die vetinhoud van melk is ook
weens die laer ruvoerinname geneig om te daal. Die laer energie-inname kan ook die proteïenpeil in die melk
laat afneem.

Plaaslike navorsing
In ʼn studie op Elsenburg is gevind dat die voerinname van Holstein-Frieskoeie afneem en waterinname toeneem
wanneer die daaglikse maksimum temperatuur (in die skaduwee gemeet) in die somermaande bo 21 °C styg.
Die direkte uitwerking van hoë temperature op die daaglikse melkproduksie was klein, maar koeie wat in die
proef onder ʼn skaduwee-afdak kon staan, het in drie agtereenvolgende somers oor ʼn periode van gemiddeld
81 dae elk, sowat 6% meer melk geproduseer as koeie wat gedurende dieselfde tyd in die son moes staan.
Die studie het voorts gevind dat die verskil tussen die kumulatiewe melkproduksie van koeie met toegang
tot skaduwee, en dié daarsonder, met verloop van tyd in die somer toegeneem het. Koeie sonder toegang tot
skaduwee het dit dus al hoe moeiliker gevind om hul melkproduksies te handhaaf. ʼn Ekonomiese ontleding het
getoon dat, selfs teen ʼn 5% verhoging in melkproduksie, die kapitale belegging wat nodig was vir die oprigting
van die skaduwee-afdak ná net meer as twee somers van 150 dae elk terugbetaal is.

70
Volgens navorsing in ander dele van die wêreld waar dit warmer is as op Elsenburg, het koeie mét en koeie
sónder toegang tot skaduwee, in die somer selfs groter verskille in melkproduksie getoon. In sulke gevalle sal
die terugbetaaltyd vir ʼn skaduwee-afdak dus nog gouer wees. Die rede vir die klein verskil in melkproduksie
tussen koeie mét en koeie sónder skaduwee op Elsenburg, is omdat die nagte gedurende die somer betreklik
koel is. Minimum temperature in die somer is sowat 14–15 °C. Dit gee koeie die geleentheid om van die
hittespanning te herstel waaraan hulle in die dag blootgestel was.

Die grootte van ʼn skaduwee-afdak


ʼn Skaduwee-afdak is veral nodig waar koeie in voerkrale of oop kampe aangehou en gevoer word. Koeie op
weiding het bedags ʼn kleiner behoefte aan beskutting, omdat die weidingsomgewing koeler is as in oop kampe.
Waar koeie egter in die dag van weiding af ingebring word om in kampe te vreet, moet hulle ook teen die
son beskerm word. Vir koeie in voerkrale moet die afdak verkieslik in die middel van die kamp op ʼn gerieflike
afstand van die voer- en waterkrippe wees. Die afdak moet met die lengte-as in ʼn noord-suid-rigting staan,
sodat die grond onder die dak droog kan word. Weens die beweging van die son, kan die sonstrale die grond
direk onder die afdak bereik. Ten minste 4–5 m2 skaduwee moet per koei voorsien word. ʼn Kleiner struktuur
sal veroorsaak dat koeie meer onder die dak saamdrom en dat die grond daar dan baie nat word. Weens die
samedromming kan koeie ook nie gaan lê nie.

Die afdak moet ten minste 3.65 m (verkieslik 4 m) hoog wees, terwyl die lengte:breedte-verhouding van 2:1
tot meer as 10:1 kan wissel. Die struktuur moet nie breër wees as 12 m nie, aangesien lugbeweging onder
die dak dan afneem. Dakmateriaal kan van asbes-, aluminium- of sinkplate wees. Ongeag die materiaal
wat gebruik word, moet die bokant van die dak wit en die onderkant swart geverf word. Die wit kleur aan
die bokant sal die direkte sonstraling weerkaats, terwyl die swart kleur aan die onderkant van die dak die
stralingswarmte van die dak af verminder.

ʼn Skadunet kan ook gebruik word, maar is nie so doeltreffend soos soliede dakplate nie, omdat die skadunet
steeds ʼn gedeelte van die son se strale deurlaat. Onder ‘n skaduwee-afdak op Elsenburg was die maksimum
temperatuur 10 °C laer as in die direkte son, maar onder ʼn 80%-skadunet wat dubbel gespan was, was die
maksimum temperatuur net 6 °C laer as in direkte son.

Dikwels wil produsente ʼn skaduwee-afdak net oor die voerkrippe aangebring, waarskynlik om voerinname te
stimuleer. Dit verleen egter nie goeie beskutting teen die son nie, aangesien koeie dit net vir ʼn kort tyd van die
dag, gewoonlik die warmste tyd wanneer die meeste koeie as ‘n reël nie vreet nie, kan benut. Die probleem
is dat die skaduwee van die afdak saam met die son beweeg. Die skaduwee van die afdak by die voerkrip kan
selfs op sekere tye van die dag buite die kamp val, en is dus buite bereik van die koeie. Koeie vreet gewoonlik
net ná die oggend- en aandmelkking, wanneer dit koel is, en gewoonlik nie op die warmste tyd van die dag nie.
Koeie neem tot soveel as 60% van hul voer snags in. Nadat koeie gevreet het, gaan lê hulle om te herkou. ʼn
Koel en gerieflike plek word verkies. ʼn Afdak by die voerkrip veroorsaak ʼn samedromming van diere, wat keer
dat jonger koeie genoeg vreet. Weens dié samedromming is die grondoppervlak rondom die voerkrip gewoonlik
baie vuil, wat koeie tot ʼn groter mate aan die moontlikheid van mastitis blootstel.

Afsluiting
ʼn Skaduwee-afdak verminder die direkte straling op koeie, en verminder die hittelas met 30–50%. Dit laat ook
vrye lugbeweging toe. Wêreldwye sowel as plaaslike navorsing het getoon dat die voorsiening van skaduwee aan
koeie finansieel die moeite werd is. ʼn Skaduwee-afdak verhoog melkproduksie, en verbeter boonop reproduksie.
Beplan dus vroegtydig om skaduwee te voorsien om onnodige verliese aan melkinkomste in die somer te voorkom.

71
Hoofstuk 1

Anatomie en fisiologie van die koei se geslagstelsel

Inleiding
Die reproduksievermoë van melkkoeie bepaal die winsgewendheid van ʼn melkery. Koeie moet kalf om in die
melk te kom, en hoe meer gereeld hulle kalf, hoe meer winsgewend is die onderneming. Die oogmerk is dat die
meeste koeie in die kudde ten minste elke 12–13 maande kalf. Die handhawing van ʼn goeie reproduksievlak by
ʼn kudde vereis goeie agtergrondkennis van die anatomie en normale funksionering van ‘n melkkoei se geslag-
stelsel. Die anatomie van die geslagstelsel sowel as die fisiologiese aspekte van hormonale veranderings word
vervolgens kortliks beskryf.

Anatomie van die geslagstelsel


Koeie se geslagstelsel bestaan uit twee ovaria (eierstokke), twee Fallopiusbuise, en ʼn uterus (baarmoeder),
wat op sy beurt uit twee baarmoederhorings, die baarmoederliggaam, die serviks, vagina en vulva bestaan.
Ligamente hou die ovaria en buise van Fallopius in die abdominale holte in plek. Figuur 1 bied ʼn skematiese
uiteensetting hiervan.

Ovaria (eierstokke)
Figuur 1. Die geslagsorgane van die koei
Die ovaria is normaalweg 3.2–4.2
cm lank, 1.9–3.2 cm dik, en 1.3–
1.9 cm breed. Follikels ontwik-
kel in die ovaria. Die wand van
die ontwikkelde follikel skei die
hormoon estrogeen af, wat die Rektum
tipiese tekens van estrus na vore Serviks
Uterus
bring. Wanneer die follikel vol-
wasse is, bars dit oop en stel die
Vagina
eisel (ovum) vry. Hierdie proses
Ovarium
staan as ovulasie bekend. Ná
ovulasie vorm die corpus luteum
Vulva
(geelligaam) in die plek van die
follikel. Die corpus luteum produ-
Blaas Buise van Fallopius
seer progesteroon.

72
Fallopiusbuise
Hierdie buise strek van die punt van die baarmoederhoring tot by die eierstokke, waar dit in ‘n tregtervormige
liggaam, die infundibulum, doodloop. Gedurende ovulasie vou hierdie struktuur om die follikel om die vrygestel-
de eisel (ovum) op te vang, waarná die ovum deur die buis van Fallopius na die baarmoederhoring afgevoer
word. Siste in hierdie buise, of enige ander abnormaliteit, sal verhoed dat eiselle na die baarmoeder afgevoer
word.

Uterus (baarmoeder)
Die baarmoeder bestaan uit twee baarmoederhorings wat van die Fallopiusbuise tot by die baarmoederliggaam
strek. Die baarmoederliggaam eindig by die serviks. Die baarmoederliggaam van ʼn nie-dragtige koei is on-
geveer 9–12 cm in deursnee, en 4–5 cm lank, waarna dit in die twee horings verdeel. Waar die horings by die
baarmoederliggaam aansluit, is hulle ongeveer 3–4 cm in deursnee en 20–35 cm lank. Die baarmoederwand
bestaan uit verskillende spierlae. In die binneste sellaag van die baarmoeder, ook bekend as die endometrium,
is daar verskeie kliere (die kotiledons). Daar is sowat 80–120 kotiledons in die uterus van ʼn koei. By die nie-
dragtige koei is die kotiledons 15–17 mm lank, 6–9 mm breed, en 2–4 mm hoog . Met dragtigheid heg die
plasenta aan hierdie kotiledons vas.

Serviks
Die serviks is ʼn dikwandige struktuur tussen die vagina en baarmoederliggaam. Dit is sowat 5–10 cm lank
en 3–4 cm breed. Die binnewande van die serviks vorm dik voue of ringe wat oorvleuel. Dít verseker dat die
serviks gedurende dragtigheid baie dig sluit. Die opening van die serviks stulp effens in die vagina uit om so-
doende te voorkom dat organismes maklik die baarmoeder kan binnedring.

Geslagshormone wat die estrussiklus beheer


Etlike hormone, soos die gonadotropienvrystellingshormoon uit die hipotalamus, beheer die estrussiklus. Dit
stimuleer die afskeiding van follikelstimulerende hormoon (FSH) en luteïniserende hormoon (LH) uit die anterior
hipofise. In Figuur 2 word ʼn skematiese voorstelling aangedui van die verandering in hormoonvlakke wat die
estrussiklus beheer.
Figuur 2. Die relatiewe veranderings in die geslagshormone tydens die estrussiklus van
die koei. FSH stimuleer die
groei van follikels in
Progesteroon
Estrogeen die ovarium. Weens
FSH die werking van FSH
LH word een of twee
follikels groter, en bult
bo die oppervlak van
die ovarium uit. Die
wand van die vergrote
follikel begin dan die
hormoon estrogeen
Proestrus Estrus Metestrus Diestrus afskei. Estrogeen is
verantwoordelik vir die
uiterlike tekens van
estrus, waartydens die koei onder andere stilstaan sodat sy gedek kan word.

Ovulasie, of die vrystel van die ovum, vind ongeveer 25–30 uur ná die aanvang van estrus plaas. Ovulasie vind
onder die invloed van LH plaas. Dít stimuleer weer die groei van die luteale weefsel om die corpus luteum in die
holte van die geövuleerde follikel te vorm. Die corpus luteum begin 24–48 uur ná ovulasie progesteroon afskei,
wat FSH, LH en verdere follikelgroei onderdruk. Progesteroon berei ook die baarmoeder voor om die bevrugte

73
ovum (indien bevrugting plaasgevind het) te ontvang. Indien die eisel nie bevrug word nie, bly die corpus
luteum vir 17–19 dae lank aktief, waarna die baarmoeder prostaglandien produseer wat help om die corpus lu-
teum te vernietig. Dit hef die stremmende uitwerking van progesteroon op FSH- en LH-vrystelling op sodat die
siklus weer herhaal word. Die lengte van die estrussiklus wissel van 18 tot 25 dae, en duur gemiddeld 21 dae.

Estrus en ovulasie
Gedurende estrus is die vulva effens geswel en rooi. Gedurende of kort voor estrus hang daar stringe dun,
waterige slym (mukus) uit die vulva. Soms kan hierdie stringe ook bloed bevat. Tussen estrustye raak die mukus
taai en klewerig, en vorm dit ʼn prop in die serviks wat die baarmoeder teen infeksies van buite beskerm. Die
mukus word deur die wande van die serviks en vagina afgeskei.

Die estrusperiode van koeie duur sowat ses tot 30 uur, met ʼn gemiddelde tydsduur van 18 uur. By volwasse koeie
duur dit ongeveer 19 uur, en by verse 16 uur. Ovulasie vind plaas ongeveer 25–30 uur ná die aanvang van estrus,
met ander woorde sowat 10–12 uur ná die einde van estrus.

Spermbeweging in die koei se geslagskanaal


Sperme is uniek in die sin dat hulle deur verskeie vloeistofmediums met totaal verskillende fisiologiese en bio-
chemiese eienskappe (soos testikulêre vloeistof, seminale plasma, vaginale vloeistof en servikale mukus) ver-
voer word. Ná natuurlike dekking beweeg die meeste sperme binne twee tot tien minute deur die serviks. Groot
getalle sperme word in die voue van die serviks vasgevang. In die Fallopiusbuise beweeg sperme op unieke
wyse in een rigting, en die ovum in die teenoorgestelde rigting. Dít is moontlik weens ʼn reeks geïntegreerde
peristaltiese bewegings.

Dit duur sowat agt uur vir die sperme om die plek van bevrugting te bereik. Die vrugbare periode van sowel
die ovum as die sperme hang van ʼn verskeidenheid faktore af, wat die hormonale status van die koei insluit.
Gevolglik is dit prakties onmoontlik om presiese tye aan hierdie parameters te koppel. Nogtans kan sperme
sowat 30–48 uur in die koei se geslagstel­sel oorleef, terwyl die ovum sowat 12–24 uur lank oorleef. Hierdie
sogenaamde ‘vrugbare periode’ is egter relatief, aangesien vrugbaarheid mettertyd al hoe vinniger afneem.

Dragtigheid en kalwing
Dragtigheid begin wanneer ʼn spermsel ʼn ovum bevrug, en eindig met kalwing. Dragtigheid is ʼn aanhoudende
proses van seldeling en -groei. Dit bestaan uit drie stadiums, naamlik (i) die periode van die ovum; (ii) die
periode van die embrio; en (iii) die periode van die fetus.

Die periode van die ovum strek van bevrugting tot dag 12. In die eerste vier dae van seldeling beweeg die
ovum af na die baarmoeder, waar dit vir ʼn verdere agt tot nege dae vry ronddryf. Op dag agt breek die selwand
van die ovum, en begin verdere selverdeling.

Die periode van die embrio strek van ongeveer dag 13 tot dag 45. In hierdie tyd vorm feitlik al die organe in
die embrio. Van dag 30 tot dag 35 begin die plasenta aan die kotiledons in die baarmoeder vasheg. Voor hierdie
periode kry die embrio sy voedingstowwe uit die dooiersak. Nadat die plasenta aan die kotiledons geheg is,
kom alle voedingstowwe vir die fetus van die moeder. Die fetus en die moeder ruil gasse en voedingstowwe
deur middel van diffusie uit. Die bloedstroom van die fetus kom daarom nooit met dié van die koei in aanraking
nie. Die plasenta heg aan die kotiledons vas deurdat die plasentale karunkels met vingeragtige groeisels in die
sponsagtige kotiledons van die baarmoeder pas. Gedurende kalwing trek die karunkels bloot los, en vind daar
dus nie werklike skeuring plaas nie.

Die periode van die fetus strek van dag 46 tot kalwing. Dít is wanneer differensiële groei, soos beenvorming
en haargroei, plaasvind. Met dragtigheid kan die baarmoeder en sy inhoud met tot 70 kg in massa toeneem na

74
gelang van die koei se ras, ouderdom en grootte. Die fetus maak ongeveer 60% van hierdie gewig uit. Sowat
die helfte van die massatoename van die fetus vind in die laaste twee maande van dragtigheid plaas.

ʼn Baie belangrike deel van die kalwingsproses is dat die plasenta volledig los kom en uitgewerp word. In
normale omstandighede vind dit sowat een tot agt uur ná kalwing plaas. Indien dié proses nie binne hierdie
periode ná kalwing plaasgevind het nie, moet ʼn veearts ingryp. Sowat 24–36 uur ná kalwing sluit die serviks so
dig dat dit moeilik deurdringbaar is. Die fisiese verwydering van die plasenta met die hand moet uiters omsigtig
gedoen word, aangesien ʼn infeksie sal ontstaan indien enige weefsel in die baarmoeder agterbly.

Die normale dragtigheidsperiode by koeie wissel van 278 tot 284 dae. Gewoonlik duur dragtigheid sowat ʼn
dag langer met bulkalwers, terwyl die dragtigheidsperiode van koeie met tweeling kalwers kan vyf tot tien dae
korter wees.

Herstel van die baarmoeder


Ná kalwing is dit belangrik dat herbevrugting binne sowat drie tot vier maande na kalwing weer plaasvind.
Daarvoor moet die baarmoeder egter eers ná kalwing herstel. Eerstens word die kotiledons kleiner, waarná die
endometrium begin aanpas. Hierdie herstelproses, of baarmoederinvolusie, duur sowat 26–52 dae. Dié periode
staan ook as die vrywillige wagperiode bekend. Koeie word gewoonlik nie in dié tyd gedek nie, omdat die beset-
tingsukses laag is, en indien koeie beset sou raak, ʼn kort laktasieperiode sou volg. In Figuur 3 word die herstel-
proses van die baarmoeder, en die aanvang van die estrussiklus ná kalwing skematies voorgestel.

Figuur 3. ’n Skematiese voorstelling van die involusieproses van die baarmoeder Die eierstokke van koeie begin
en die herstelproses van die estrussiklus na kalwing. normaalweg redelik vroeg ná
kalwing weer aktief raak. Die
KALWING eerste ovulasie kom dikwels
13–20 dae ná kalwing voor,
UTERUS OVARIA hoewel koeie gewoonlik nie
Lumen Endomterium Hormone Follikels enige uitwendige hittetekens
Miometrium
toon nie. Dié hitte staan daar-
Krimp en Elimineer Herstel om as stilhitte bekend. Omdat
atrofeer bakterieë
die baarmoeder nog nie ten
volle herstel het nie, sal koeie
ESTRUSSIKLUS as ‘n reël nie beset raak indien
INVOLUSIE
hulle gedurende hierdie ovu-
KONSEPSIE lasie gedek sou word nie. Die
meeste koeie is sowat 32 dae
ná kalwing gereed vir dekking
met normale bevrugting. In die praktyk is dít egter nie altyd die geval nie. Koeie wat meer as een estrussiklus
voor dekking gehad het, raak gewoonlik makliker beset. Bevredigende bevrugting sal plaasvind indien die koeie
sowat 50–60 dae ná kalwing die eerste keer gedek word. By die meeste koeie vind herbesetting binne sowat 90
dae ná kalwing plaas.

75
Hoofstuk 2
Belangrike bestuursaspekte van net voor kalwing tot
met bevrugting

Inleiding
Die periode van net voor kalwing tot en met bevrugting beïnvloed winsgewende melkproduksie. ʼn Aantal
bestuursaspekte in dié tyd kan tot doeltreffende reproduksiebestuur, en dus winsgewendheid, bydra. Hierdie tyd
in ʼn koei se lewe staan bekend as die peri-partumperiode (peri = rondom; partum = kalwing).

Kalwingsbestuur
Die volgende aspekte verg aandag met kalwing:

1. Higiëne
Gedurende kalwing is higiëne uiters belangrik. Koeie in ʼn weidingstelsel kan in klein, beskutte kampe met
goed gedreineerde en ‘n gelyk oppervlak kalf. So ʼn kalfarea moet verkieslik weg van ander diere wees. Indien
moontlik, moet kampe afgewissel word om die opbou van skadelike kieme te voorkom. Kraamhokke kan ingerig
word om koeie binnenshuis te laat kalf. Dit is verkieslik in gevalle waar siektes soos brucellose (besmetlike mis-
geboorte) ʼn probleem is. Die koei word voor kalwing na die kalfarea gebring, en kry daar kos en water. Die hok
word ná elke kalwing uitgewas én ontsmet indien dit nie direkte sonlig kry nie. Kraamhokke behoort sowat
agt m² groot te wees. Wanneer die koei hulp nodig het met kalwing, is dit belangrik om higiënies te werk. Was
hande vooraf met skoon (verkieslik louwarm) water en seep. Keer dat die kalf en die geslagorgane met mis
besmet word.

2. Kalwingsprobleme (distokie)
Slegs ‘n persoon wat kundig is hiermee behoort koeie met kalwingsprobleme te help. So ʼn persoon moet ook
weet wanneer om in belang van die koei en kalf die veearts in te roep.

Die volgende faktore speel ʼn rol in kalwingsprobleme:


• Grootte van die kalf. Nie alleen speel die geboortemassa ʼn rol nie, maar ook die vorm van die kalf.
Kalwingsprobleme is minder met lang, lenige kalwers as met breë, bonkige kalwers. By Holsteins bepaal
die geboortemassa van bulle die gemak waarmee hul nageslag in die lewe gebring word. Geboortemassa is
matig oorerflik. Bulle wat self ʼn hoë geboortemassa gehad het, moet dus verkieslik nie vir dekking gebruik
word nie.
• Grootte van die pelviese opening. Dit is die belangrikste faktor by die moeder.
• Korrekte voeding van verse is ʼn belangrike manier waarop ‘n be­stuurder maklike kalwing kan verseker.
Oorvet en onfikse diere kalf moeiliker. Doeltreffende voeding kan kalwingsprobleme beperk deurdat die vers
van geboorte tot en met kalwing ʼn goeie skelet ontwikkel.
• Posisie van die kalf. Hierdie aspek is eintlik buite menslike beheer, maar kan dikwels deur ʼn kundige persoon
reggestel word. Daar is net twee maniere waarop ‘n kalf gebore kan word: in die normale posisie van kop of
voorpote eerste, of agterpote eerste. Dit is baie gevaarlik om aan ʼn kalf te trek wat nié in een van hierdie
twee posisies is nie, aangesien dit maklik vrekte of erge beserings by koeie kan veroorsaak.

3. Ontsmetting van die baarmoeder


Die grootste probleem in reproduksiebestuur is die besmetting van die baarmoeder ná kalwing. Dit vind veral
plaas ná ʼn moeilike kalwing of ʼn aborsie, en lei gewoonlik tot baarmoederinfeksies (metritis) en ʼn langer
periode tussen kalwing en bevrugting.

76
Baarmoederbesmetting kan beperk word deur, net ná kalwing, nadat die nageboorte verwyder is, ʼn geskikte
steekpil in die baarmoeder te plaas. Wanneer ʼn koei sonder probleme en in higiëniese omstandighede gekalf
het, is ʼn steekpil gewoonlik nie nodig nie. As die kalwingsproses egter moeilik was of in ʼn vuil omgewing
plaasgevind het, is ʼn steekpil wél raadsaam. Steekpil­le wat bruis word verkies, aangesien dit ál manier is om
die middel doeltreffend deur die vergrote baarmoeder te laat versprei. Ook hier is dit belangrik om higiënies te
werk en die steekpil deur die serviks tot in die baarmoeder te steek.

Dit kan ook soms nodig wees om koeie met sistemiese antibiotika te behandel, veral indien die koei moeilik
gekalf het, of waar ʼn kalf in die baarmoeder gevrek en begin ontbind het. Langwerkende tetrasikliene is die
geskikste antibiotikum, aangesien die koei nie weer gespuit hoef te word terwyl die kalf by haar is nie. Dien
die korrekte dosis toe – gewoonlik 10 mℓ per 100 kg liggaamsmassa. ʼn Laer dosis is min werd, aangesien dan
nie genoeg van die terapeutiese bestanddele in die bloed opgeneem word nie. Dit is belangrik dat bestuurders
vertroud is met die onttrekkingsperiode van melk by diere onder behandeling, aangesien dit na gelang van
middels verskil.

4. Nageboortes wat vassit


Dít is die verskynsel wanneer die nageboorte 12 uur ná kalwing nog vassit. In baie kuddes bedreig dié probleem
vrugbaarheid. Dit plaas ʼn bykomende las op die koei, wat reeds onder spanning verkeer, en kan ook baar-
moederskade en voortplantingsprobleme veroorsaak.

Voedingsprobleme – veral ʼn energietekort – is verreweg die belangrikste oorsaak van nageboortes wat vas-
sit, aangesien koeie met kalwing in ʼn swak kondisie is. Vitamien A- en vitamien E-tekorte sowel as wanbalanse
in die Ca:P-verhouding kan ook hiertoe aanleiding gee. Die aanvulling van vitamien A en E sowel as selenium,
selfs al is die mineraalpeile in die bloed dikwels normaal, kan die probleem verminder.

Spanningsfaktore soos ongure weer, vervoer, drastiese voedingsveranderinge, en uiterstes in die voedingstatus
gedurende die droë periode kan ook probleme veroorsaak.

5. Baarmoederprolaps
Hierdie toestand kom sporadies voor, en vind plaas wanneer koeie ná kalwing aanhou druk totdat die hele
baarmoeder uitgedruk is en buite hang. Dit vind dikwels plaas indien die serviks geskeur het. In sulke gevalle
word die baarmoeder teruggeplaas nadat dit goed skoongemaak en ontsmet is. Dié behandeling is gewoonlik
suksesvol. Dié probleem kom oënskynlik meer dikwels by koeie voor wat in ʼn baie goeie of in ‘n baie swak lig-
gaamskondisie is.

77
Hoofstuk 3
Rekordhouding in melkkuddes

Inleiding
Melkkoeie moet gedurende hul leeftyd kalf, waarna hulle geïnsemineer, ingeënt en teen verskeie siektes be-
handel moet word. Sekere van dié stappe is lewensnoodsaaklik. Die produsent moet dus so volledig moontlik
rekord hou van wat met elke koei gebeur, om die bestuur van koeie te rig.

Die doel van rekordhouding is soos volg:


• om ʼn duidelike en oorsigtelike beeld van die hele onderneming te gee;
• om aandag op probleme in die hele onderneming te vestig;
• om deur data-ontleding die winsmoontlikhede van die bedryf te bepaal;
• om die regte seleksies te kan maak; terwyl
• goed gedokumenteerde inligting oor diere hul verkoopswaarde verhoog.

Maatstawwe vir rekordhouding


Waak teen die optekening van onnodige data, veral dié wat baie tyd in beslag neem. Die rekordhoudingstelsel van
ʼn melkery moet aan die volgende maatstawwe voldoen:

• Die inligting moet bruikbaar wees. Ingesamelde inligting wat nie in een of ander stadium vir bestuursbesluite
gebruik word nie, is onnodig.
• Die inligting moet in ʼn maklik en vinnig bruikbare vorm geberg word.
• Die stelsel moet eenvoudig wees.
• Vermy duplisering so ver moontlik.

Melkbeesboerderydata

A. Stalkaarte
Stalkaarte bevat die volgende inliging:
(a) die koei se naam/nommer,
(b) kalfdatum en
(c) daaglikse melkproduksie – daagliks of een keer per week (oggend- en aandmelkbeurte).

B. Individuele koeikaarte
Die produsent kán self koeikaarte opstel, maar dit is dikwels by koöperasies of melkkopers verkrygbaar. Op ʼn
koeikaart word ʼn groot hoeveelheid bruikbare inligting in ʼn eenvoudige vorm aangedui.

Dit bevat byvoorbeeld die koei se naam en identifikasienommer; geboortedatum; naam van moeder en vader;
inligting oor vorige laktasies; inseminasiedatums; besonderhede oor laktasiemelk-, vet- en proteïenproduksie;
vet- en proteïenpersentasie van melk; kalfbesonderhede, en inentings.

C. Koei- en verskalenders
Die doel van hierdie kalenders is om die reproduksiebestuur van ʼn kudde te vergemaklik. ʼn Aparte kalender
kan vir verse en koeie opgestel word. Verskillende kleure op die kalender verteenwoordig bepaalde
reproduksiestadiums van die diere. So ʼn kalender bied ʼn duidelike aanduiding van die kudde se
reproduksiestatus. Die nadeel van ʼn koeikalender is egter dat bepaalde reproduksiebestuursaanwysers, en
vordering ten opsigte daarvan, nie so maklik gemonitor word nie. Kalenders vervang nie die ander metodes van
rekordhouding nie, maar vul dit aan.
78
Met ʼn koeikalender dui die produsent elke koei of vers in die kudde op ʼn sirkelvormige skyf aan. Die skyf is in
twaalf maande verdeel, wat weer op sy beurt in dae verdeel is. ʼn Kleiner skyf met verskeie pyltjies wat kloks-
gewys om ʼn sentrale as bo-op die groter skyf draai, dui verskeie belangrike reproduksie- en bestuurstadia aan.
Die pyltjies verteenwoordig die volgende:

• vandag se datum – wat ook die kalfdatum is;
• verwagte voorkoms van hittetekens (drie pyltjies 21 dae uitmekaar);
• inseminasiedatum, wat ook die volgende verwagte kalfdatum is;
• waarnemingsdatum – vir koeie wat ná inseminasie weer hitte wys (pyltjies 21 dae uitmekaar);
• dragtigheidsondersoekdatum (60 dae ná laaste inseminasiedatum);
• opdroogdatum (60 dae voor die verwagte kalfdatum) en
• opstoomdatum (21 dae voor die verwagte kalfdatum).

Aan die hand hiervan word individuele verse en koeie geïdentifiseer met behulp van magnetiese blokkies en/
of spelde van verskillende kleure. Die magnete word verskuif én verwissel van kleur namate die fisiologiese
stadium van die koei wat dit verteenwoordig, verander. ʼn Koei verskyn die eerste keer op die kalender wanneer
sy kalf. Die blokkie word dan gewoonlik teenoor daardie datum aangebring. Dan word die magneet na ʼn ander
kleur omgedraai en op die datum geplaas wanneer sy vir die eerste keer gedek word. Daar is verskillende ringe
op die kalender wat die aantal inseminasies verteenwoordig. Daarna bly die magneet op die laaste inseminasie-
datum staan (dit verteenwoordig dan ook haar volgende kalfdatum) en word die kleur van die magneet net
verander namate die koei as dragtig bevestig, opgedroog en opgestoom word.

D. Inseminasie-/dragtigheidsboek
Dit is soms moeilik om belangrike dataverwerkings op grond van koeikaarte te doen, en daarom is ʼn mate
van duplisering soms onafwendbaar. Die inseminasie-/dragtigheidsboek is eenvoudig ʼn chronologiese lys van
inseminasies en die besonderhede van die insemineerder. Die sukses van inseminasies word ook aangeteken
nadat die dragtige koeie ondersoek is.

E. Gesondheidsregister
ʼn Gesondheidsregister is ʼn boek waarin alle voorkomings- en bepaalde behandelings (inokulasies, dosering,
mastitisbehandeling, ensovoorts) vir elke dier aangedui word.

F. Algemene dagboek
ʼn Algemene dagboek het baie gebruike, soos die aantekening van veeartsbesoeke, kampverskuiwings, en die
beplanning van daaglikse aktiwiteite.

Verwerking van kudderekords

Ingesamelde inligting moet verwerk, vertolk en benut word, anders is dit nutteloos.

1. Teling en seleksie
Aan die hand van die individuele koeikaarte kan koeie met lae melkproduksies, lae vrugbaarheid (wat moeilik
beset raak), mastitis wat herhaaldelik voorkom, ensovoorts uitgewys word.

2. Aksielyste
Dít verwys na lyste met die name van diere wat besondere aandag vereis, hetsy daagliks, weekliks of maande-
liks:

79
a) Daaglikse aksielyste
Daar is hoofsaaklik twee aksielyste wat gereeld benodig word:

• Koeie wat op hitte moet kom. So ʼn lys kan direk aan die hand van ʼn koeikalender opgestel word. Dit kom
daarop neer dat koeie sowat 18 dae ná hul laaste hitte of inseminasie geïdentifiseer en spesiaal dopgehou
word vir moontlike tekens van bronstigheid.
• Koeie wat opgedroog moet word. Hoë produseerders behoort nie te vroeg of te laat opgedroog te word nie.
Sodra ʼn koei as dragtig bevestig is, moet die verwagte kalfdatum en opdroogdatum op die koeikalender
aanbring word.

b) Weeklikse aksielyste
Dié lyste word opgestel vir die dosering van verse, verandering in voedingsgroepe, verse wat gereed is vir in-
seminasie, ensovoorts. Die meeste van dié inligting is verkrygbaar van die koei- en verskalenders.

c) Maandelikse aksielyste
Dié lyste bevat die name van diere wat roetine-veeartsondersoeke moet ondergaan:
• Koeie en verse wat vir dragtigheid ondersoek moet word. Dít kan van die koeikalender afgelei word. Plaas
verse op die kalender as hulle die eerste keer geïnsemineer word. In groot kuddes met meer as 150 koeie,
kan twee kalenders gebruik word. Verse en eerstelaktasiekoeie kan op hul eie kalender geplaas word.
• Koeie wat vir ʼn ondersoek van die geslagstelsel moet gaan. Dit sluit alle koeie in wat in die voorafgaande
maand gekalf of geaborteer het. Dié lys kan weereens aan die hand van die koeikalenders opgestel word.
Die lys moet ook koeie insluit wat vir nasorg moet gaan indien hulle behandel is.

Gerekenariseerde melkbeeskudderekords
Deesdae gebruik al hoe meer produsente as in die verlede, gerekenariseerde melkbeesbestuursprogramme.
Dieselfde beginsels geld as vir ‘n eenvoudige handstelsel. Die probleem is om seker te maak dat maklik
versamelde en gebergde inligting bruikbaar is. Waak teen ʼn groot hoeveelheid, dikwels onnodige, drukstukke.
Die produsent wat ʼn rekenaarstelsel suksesvol bedryf, is gewoonlik iemand wat met ʼn eenvoudige pen-en-
papierstelsel begin het, en weet watter data belangrik en nodig is. ʼn Rekenaar is veral nuttig by die druk van
aksielyste en kudde-ontledings. Hoewel ʼn rekenaar dalk die bedryf van ʼn melkkudde doeltreffender kan maak,
stel dit beslis hoër eise aan die vlak waarop die kudde bestuur word.

Die eenvoudigste rekenaarbestuursprogram sou wees om op ʼn sigblad soos Excel, ʼn lys van al die koeie in die
kudde, op datum te hou. Teenoor elke koei se naam word die volgende gegewens aangeteken: haar geboorte-
datum, laaste kalfdatum, laktasienommer (van die laaste kalfdatum), voedings- of produksiegroep, ʼn aan-
duiding of sy in die melk of droog is (in melk = 1; droog = 0), alle inseminasiedatums en verwagte kalfdatum
(geraam ná ‘n positiewe dragtigheidsondersoek deur 280 by die laaste inseminasiedatum te tel). Hiervolgens
kan die volgende inligting bekom word: die aantal koeie in melk en in die kudde, die gemiddelde aantal lakta-
sies van koeie in die kudde (ʼn aanduiding van die gemiddelde leeftyd van die koeie in die kudde), gemiddelde
aantal dae in die melk (ʼn aanduiding van die reproduksiestatus van die kudde), die persentasie koeie in melk,
die gemiddelde aantal dae van die kalfdatum tot die eerste inseminasie, die gemiddelde aantal dae van die
kalfdatum tot konsepsie, die persentasie koeie wat binne die eerste 80 dae ná kalwing die eerste keer gedek is,
die persentasie koeie wat binne 100, 150 of 200 dae ná kalwing dragtig is, en die aantal inseminasies per kon-
sepsie. Die periode van die kalfdatum tot die laaste inseminasiedatum of bevrugtingsdatum, minus ʼn arbitrêre
vrywillige wagperiode van byvoorbeeld 32 dae, staan as die dekperiode bekend. Deur dié syfer met die aantal
inseminasies of dekkings te deel, kan die gemiddelde aantal dae tussen hittes bereken word. Hieruit kan die
doeltreffendheid van hittewaarneming in die kudde bepaal word deur die gemiddelde aantal dae tussen hittes in
verhouding tot ʼn normale hittesiklus van 21 dae te stel. Indien die periode tussen hittes byvoorbeeld 47 dae is,
beteken dat hittes slegs elke 47 dae waargeneem word. Die doeltreffendheid van hittewaarneming is dan 45%
(21/47).
80
Hoofstuk 4
Reproduksiebestuur in melkkuddes

Inleiding
Winsgewende melkproduksie sowel as die genetiese verbetering van ʼn melkkudde hang grootliks af van die re-
produksiedoeltreffendheid in die kudde. Die vermoë om melk te produseer is ʼn sekondêre geslagseienskap, en
hang direk saam met die melkkoei se reproduksievermoë. Daarbenewens hang die genetiese verbetering van ʼn
melkkudde af van die gereelde voorsiening van verse om koeie te vervang, wat normaalweg mettertyd weens
ouderdom, lae melkproduksie, pootprobleme of ander redes uitgeskot word. Goeie reproduksiebestuur, rekord-
houding en die gebruik van korrekte inseminasietegnieke kan reproduksiedoeltreffendheid verbeter.

Reproduksiebestuur
Tussenkalfperiode
Die tussenkalfperiode dui op die periode tussen opeenvolgende kalwings vir koeie, en kan as ʼn maatstaf van
reproduksiedoeltreffendheid gebruik word. Dit help egter nie veel met daaglikse reproduksiebestuur nie. Teo-
reties is die optimale tussen­kalfperiode 365 dae. Hierdie norm word moeilik in die praktyk behaal, maar vir die
hoogs moontlike winsgewendheid moet die tussenkalfperiode van die gemiddelde koei waar moontlik minder as
13 maande wees. Met lang tussenkalfperiode (meer as 365 dae) neem die melkproduksie per laktasie toe, maar
neem koeie se jaarlikse opbrengs af (Figuur 1). ʼn Tussenkalfperiode van langer as 365 dae hou die volgende
nadele vir produksie en winsgewendheid in:

• ʼn Groter aantal diere word jaarliks weens swak reproduksie uitgeskot.


• Minder diere is beskikbaar om koeie te vervang, en dus is minder seleksie moontlik.
• Jaarlikse melkinkomste daal.
• Minder bulkalwers kan grootgemaak en verkoop word.
• Veeartseny- en kunsmatige inseminasiekoste is hoër.

Hoewel dit moeilik is, ís dit moontlik om ʼn tussenkalfperiode van 365 dae in ʼn kudde te handhaaf. Die
dragtigheidsperiode van ʼn melkkoei is ongeveer 280 dae. Ná kalwing neem die baarmoeder 20–40 dae om
te herstel. Dít laat ongeveer 45–65 dae waarin die koei geïnsemineer of gedek moet word. Die gemiddelde
bronstigheidsperiode by melkkoeie is 21 dae. Daar is dus ten minste twee tot drie geleenthede om die koei te
insemineer en beset te kry.

Ten spyte daarvan dat die gemiddelde tussenkalfperiode van die kudde ‘n aanduiding van reproduksiedoel-
treffendheid is, is dit nie ʼn goeie reproduksiebestuurshulpmiddel nie. Die rede hiervoor is dat ʼn gemiddelde
syfer ook misleidend kan wees. Dit is noodsaaklik dat die gemiddelde tussenkalfperiode van die kudde,
saam met die variasie van gegewens van individuele koeie, in ag geneem word. ʼn Aanvaarbare gemiddelde
tussenkalfperiode by ʼn kudde kan dikwels groot afwykings ten opsigte van enkele koeie in die kudde verberg.
Eweneens kan die tydige uitskot van enkele probleemkoeie maklik die gemiddelde waarde verbeter.

Die volgende waardes kan as norm vir die verspreiding van die tussenkalfperiode vir individuele koeie in die
kudde gebruik word:
Interkalfperiode Aantal koeie
Korter as 330 dae Geen koeie
331 – 400 dae 90% van koei
Meer as 401 dae 10% van koeie

81
Periode van kalf tot eerste dekking
Vir ʼn optimale tussenkalfperiode is die tyd van kalf tot en met die eerste dekking baie belangrik. Aangesien on-
geveer twee inseminasies nodig is om koeie beset te kry, moet die eerste dekking ongeveer 60 dae ná kalwing
plaasvind. Koeie kan ook reeds ná 40 dae geïnsemineer word. Indien die eerste inseminasie 85 dae ná kalwing
plaasvind, impliseer dit ʼn tussenkalfperiode van langer as 365 dae. Koeie behoort dus so gou moontlik ná die
verpligte wagperiode, waartydens die baarmoeder herstel, geïnsemineer te word.

Goeie bronstigheidswaarneming
Die normale bronstigheidsiklus van melkkoeie duur ongeveer 21 dae. In dié tyd is daar slegs vyf dae waarty-
dens bronstige koeie met ander koeie kontak opsoek. Hiervan is daar slegs een dag waarop koeie in mekaar
belang stel en die tipiese bronstigheidstekens toon. Die betroubaarste teken van bronstigheid is wanneer ʼn koei
stilstaan en toelaat dat ander koeie op haar ry. Dit is algemeen bekend as stilstaande hitte. Waarneming-
studies het getoon dat ander koeie op die dag van bronstigheid meer as 50 keer op die bronstige koei ry. Brons-
tigheidswaarnemings word egter bemoeilik deur die feit dat ongeveer 25% van alle koeie, min gery word. Daar-
benewens duur die ryery slegs enkele sekondes, en vind dit hoofsaaklik snags tussen 20:00 en 04:00 plaas.

Daar is verskeie hittetekens waarna die produsent vir bronstigheidswaarneming kan oplet:

Vroeë tekens van hitte (voor stilstaande hitte)


• ʼn Dun slymdraadjie by die vulva terwyl die koei lê.
• ʼn Koei wat aanhoudend bulk.
• ʼn Duidelike belangstelling in die aktiwiteite van ander koeie.
• ‘n Koei wat baie rond stap.
• ‘n Koei staan terwyl ander koeie lê en herkou.

Bykomende tekens by koeie in stilstaande hitte


• Ruik aan (toon belangstelling in) ander koeie.
• Probeer om op ander koeie te ry.
• Staan stil en laat toe dat ander koeie op haar ry.
• Rus met die kop op die kruis van ander koeie.
• ʼn Sterk mukusafskeiding by die vulva.
• Mukussmeersels oor die sitbene en stert.
• Samedromming in ʼn groep.
• Lok belangstelling van bulkalwers uit wat op die koei probeer ry.
• ʼn Afname in melkproduksie en voerinname.

Na-hittetekens
• Nat en deurmekaar hare by die skouers.
• Hare op die stertwortel is deurmekaar, en skaafmerke is sigbaar.
• Modder op die sye.
• Koei wat snags baie aktief was, sal moeg wees en in die oggend lê en rus.
• Slymafskeiding indien ʼn pipet in die vagina gesteek word.
• ʼn Bloederige slymafskeiding aan die stert of sitbene indien die koei twee tot drie dae vantevore op hitte
was.

Bronstigheidswaarnemings moet verkieslik gedoen word wanneer koeie klaar gemelk is, gevreet het en rustig
is. Ondersoeke het getoon dat met drie waarnemingsperiodes van 20–30 minute elk om ongeveer 08:00, 14:00
en 20:00 onderskeidelik (na gelang van die voedingsprogram van die kudde), ongeveer 85% van alle koeie
wat bronstig kan wees, raakgesien sal word. Dit is belangrik dat die waarnemer slegs na die tipiese brons-
tigheidstekens moet soek, en dit nie saam met enige ander taak probeer doen nie. Navorsing het getoon dat
soveel as 30% van alle koeie wat geïnsemineer word, nie werklik op hitte is nie. In sulke gevalle is ander tekens

82
as die feit dat die koei stilgestaan het, as aanduiding van hitte gebruik. Die enigste werklike teken dat ʼn koei op
hitte is, is wanneer sy stilstaan en toelaat dat ander koeie op haar ry.

Bronstigheid duur ongeveer 18 uur, hoewel dit tussen koeie van vier tot 30 uur kan wissel. Ongeveer 20% van
alle koeie het kort bronstigsheidperiode van minder as ses uur. Ovulasie vind ongeveer 12 uur na afloop van
bronstigheid plaas. Die leeftyd van die eisel ná ovulasie is ongeveer ses uur, terwyl sperme nagenoeg 28 uur in
die baarmoeder oorleef. Dit is dus belangrik om die aanvang van bronstigheid korrek te bepaal, aangesien dit
op sy beurt die tydstip van inseminasie bepaal. Dit blyk dat die besettingspersentasie hoër is indien inseminasie
teen die einde van die estrussiklus plaasvind (Figuur 2). Met gereelde waarnemings (drie tot vier maal per dag)
kan die aanvang van bronstigheid betreklik akkuraat bepaal word. Indien ʼn koei tipiese bronstigheidstekens
toon (stilstaan dat ander koeie op haar ry), word aanvaar dat bronstigheid tussen die huidige en die vorige
bronstigheidswaarneming ʼn aanvang geneem het.

Rekordhouding

Identifisering van koeie


Vir doeltreffende bronstigheidswaarnemings moet koeie maklik uitgeken kan word. Daar is verskeie maniere
waarop dit gedoen kan word, byvoorbeeld genommerde nekbande, oor­plaatjies, en gevriesbrande nommers
op hul vel. Indien dit maklik is om koeie te identifiseer, kan enige persoon wat die koeie hanteer, bronstigheid
aanmeld.

Data
Noodsaaklike gegewens vir reproduksiebestuur is die rekords van alle reproduksiegebeurtenisse van elke koei in
die kudde. Dit is gewoonlik die volgende:
• vorige kalfdatum en laktasienommer,
• datum van bronstigheid/inseminasie,
• uitslag van dragtigheidsondersoeke en
• mastitis- en algemene gesondheidsgeskiedenis.

Indien ʼn bronstigheidsdatum bekend is, kan die datum waarop die volgende bronstigheid moontlik sal
voorkom, bepaal word. ʼn Verwagte bronstigheidsdatum vergemaklik die waarnemings aansienlik, aangesien
die aandag dan op daardie dag aan ʼn bepaalde koei gewy kan word. Hou egter in gedagte dat die duur
van bronstigheidsiklusse tussen koeie wissel. Die inseminasiedatum bepaal weereens die datum waarop ʼn
dragtigheidsondersoek uitgevoer moet word. Indien ʼn koei as dragtig verklaar word, kan die opdroogdatum en
verwagte kalfdatum bepaal word.

Die koeikalender wat in die handel beskikbaar is, is saam met individuele koeikaarte die belangrikste hulpmid-
del in die reproduksiebestuur van die melkkudde. Só neem die produsent maklik en met een oogopslag die
stand van die kudde ten opsigte van die aantal gedekte koeie, dragtige koeie, koeie wat twee of meer maal
gedek is, verwagte kalfdatums en opdroogdatums waar.

Inseminasietegnieke
Vir die doeltreffende besetting van koeie is dit noodsaaklik dat die beste gehalte semen met die grootste
aantal lewendige sperme by die regte plek gedeponeer word. Dit hang grootliks af van die behoorlike berging,
ontdooiing en inseminasie van saad. Daarom speel die insemineerder wat die saad hanteer ʼn belangrike rol in
die reproduksiebestuursprogram.

Semen word in ʼn spesiale houer met vloeibare stikstof by ʼn temperatuur van -196 ˚C geberg. Die stikstof word
gereeld aangevul en mag onder geen omstandighede onder ʼn sekere vlak in die fles daal nie. Indien die houer
te leeg raak word die lewenskragtigheid van sperme ernstig benadeel.
83
Semen moet voor inseminasie ontdooi word. Navorsing het getoon dat die grootste aantal lewende sperme
herwin word indien die temperatuur van die water wat vir ontdooiing gebruik word, 35 ˚C is. Die rede hiervoor
is dat sperme gedurende ontdooiing deur ʼn skadelike temperatuur­sone gaan. Die ontdooiing van semen in
water by 35 ˚C verkort hierdie gevaartyd, en verseker dat minder sperme tydens ontdooiing afsterf. Aangesien
die prop van die strooitjie dikwels gedurende ontdooiing afskiet, moet die strooitjie regop met die prop na bo in
die water geplaas word. ʼn Wye-nektermosfles moet verkieslik vir die ontdooiing van saad gebruik word, omdat
water in so ‘n fles langer by die regte temperatuur gehou word. Hoewel dit belangrik is dat semen so gou
moontlik ná ontdooiing geïnsemineer word, kan die strooitjies tot 15 minute in die water bly. Die water moet
egter net nie in hierdie tyd afkoel nie.

Ná ontdooiing word die strooitjie afgedroog. Dit is nodig omdat die blootstelling van die klein hoeveelheid
semen aan slegs enkele druppels water, sperme kan dood gaan deurdat die soutkonsentrasie in die
semenvloeistof verander, en dít die sperme aan ʼn osmotiese skok blootstel. Voordat die strooitjie in die pistolet
geplaas word, moet die pistolet effens warm gemaak word om die sperme teen ʼn moontlike koueskok te
beskerm. Dít kan geskied deur die pistolet ʼn kort rukkie in die armholte vas te knyp. Daarna moet semen met
inseminasie gestort word net ná die pistolet deur die serviks is. Tot soveel as 60% van geïnsemineerde semen
kan binne 12 uur ná inseminasie uit die vagina dreineer indien dit op die verkeerde plek, soos in die serviks
of vagina, geplaas word. Indien die semen weer te diep in die baarmoeder geplaas word, kan al die sperme in
net een baarmoederhoring beland. Indien ovulasie dan in die ander horing plaasvind, sal daar geen bevrugting
wees nie.

Direk ná inseminasie moet die baarmoeder gemasseer word om spermbeweging aan te help. Die koei moet ook
verkieslik tot aan die einde van die bronstige tyd rustig en apart van die ander koeie gehou word.

Reproduksienorme
Dit is uiters noodsaaklik dat reproduksienorme in die kudde bekend is, en dat produsente ideale norme na-
streef. Die bewuswording van reproduksieprobleme is gewoonlik die eerste stap om dit op te los. Die volgende
norme help om die reproduksiebestuursvlak en -probleme in ʼn kudde te bepaal:

Ouderdom met eerste kalwing : 24 maande


Tussenkalfperiode : 12 tot 13 maande
Aantal dae van kalwing tot eerste inseminasie : 55–60 dae
Aantal dae van kalwing tot bevrugting : 85–115 dae
Aantal inseminasies per bevrugting : 1.5–2.0
Persentasie koeie beset met eerste dekking : 50–65%
Persentasie koeie beset met een tot drie inseminasies : 85%
Doeltreffendheid van hittewaarneming : 75-100%

84
Figuur 1. Die invloed van interkalfperiode
op die melkproduksie per laktasie (■) en
melkproduksie per jaar ( □)

Figuur 2. Die invloed van tyd


op geslagsaktiwiteit (□) en
besettingspersentasie (■) van
melkkoeie

85
Hoofstuk 5
Belangrike reproduksienorme vir ’n melkkudde

Inleiding
Almal wat by ʼn melkery betrokke is, weet dat die reproduksiebestuur van ʼn melkkudde een van die mees
deurslaggewende faktore is wat die sukses van die onderneming bepaal. Koeie moet kalf om weer in die melk
te raak, en ná kalwing moet hulle weer op hitte kom, suksesvol geïnsemineer word, en tot die volgende kalwing
dragtig bly. Die hoeveelheid melk wat ʼn kudde daagliks produseer, word bepaal deur die aantal koeie wat in die
melk is, en hul melkproduksie. Daarom is die aantal koeie-in-melk, uitgedruk as ʼn persentasie van al die koeie
in die kudde, vir baie produsente ʼn algemene reproduksienorm. Hierdie syfer op sy eie is egter nie genoeg nie,
aangesien dit maklik is om te manipuleer. Produsente kan die persentasie koeie in die kudde wat in die melk
is, verhoog deur droë koeie wat nie beset is nie, tydig uit te skot. Aangesien minder as 10% van alle koeie nie
weer beset raak nie, kan koeie verkeerdelik weens ‘onvrugbaarheid’ uitgeskot word, veral as die reproduksiebe-
stuurspeil in die kudde laag is.

Hoe word die reproduksiebestuurspeil van ’n kudde bepaal?


Die mees algemene reproduksienorme wat in Suid-Afrika gebruik word, is die gemiddelde tussenkalfperiode en
die aantal inseminasies per konsepsie. Hierdie norme moet in die regte verband gesien word, anders kan dit ‘n
verkeerde prentjie van die reproduksiebestuurspeil in ʼn kudde skets. Die probleem is dat albei hierdie norme
ook gemanipuleer kan word. Net soos in die voorbeeld hier bo, kan die prentjie verbeter word deur koeie met
reproduksieprobleme vroegtydig uit te skot. Die tussenkalfperiode in ʼn kudde kan byvoorbeeld ideaal wees,
maar op ʼn stadium het die kudde dan skielik minder dragtige koeie of koeie in die melk as die norm.

In ʼn kudde is byvoorbeeld bevind dat die gemiddelde aantal inseminasies per konsepsie so min as 1.8 is.
Baie produsente sou met reg hiermee tevrede wees. Die probleem is egter dat dié ideale norm met ʼn lang
oop periode van 138 dae gepaardgegaan het. Onthou, die oogmerk is ʼn oop periode van 85 dae. Voeg nou
by dié oop periode van 138 dae die gemiddelde dragtigheidsperiode van melkkoeie van 280 dae, dan kom die
tussenkalfperiode van hierdie koeie wanneer hulle weer kalf op 420 dae (13.8 maande) te staan.

Anders as wat baie produsente glo, dui die aantal inseminasies per konsepsie hoofsaaklik op hoe goed die
inseminasietegniek van die insemineerders is, en nie hoe vrugbaar koeie is nie. Wat glad nie uit bogenoemde
voorbeeld blyk nie, is die feit dat daar eintlik ʼn ernstige hittewaarnemingsprobleem in die kudde is. Dít blyk
duidelik uit die volgende berekening: Trek ʼn arbitrêre vrywillige wagperiode van 32 dae af van die aantal oop
dae (138 dae). Dít dui die sogenaamde dekperiode aan. Deel dié syfer deur die gemiddelde aantal insemina-
sies vir ʼn aanduiding van die gemiddelde periode tussen hittes. Die gemiddelde periode tussen opeenvolgende
hittes is dus 59 dae [(138–32)/1.8]. Dit impliseer dat minder as elke tweede hitte waargeneem word. Wanneer
dié syfer in verhouding tot 21 (die normale aantal dae tussen hittes) gestel word, word ʼn aanduiding van die
hittewaarnemingsvermoë verkry. In hierdie kudde is die hittewaarnemingsvermoë slegs 36% (21/59). Met beter
hittewaarneming en dieselfde inseminasiesukses, kan die periode van kalwing tot bevrugting tot minder as 85
dae krimp, wat die tussenkalfperiode drasties sal verlaag.

Australiese “In-Calf”-projek
In ʼn poging om die reproduksiebestuursvlak in melkkuddes in Australië te verbeter, is ʼn opname onder sowat
200 melkkuddes gedoen. Reproduksie-inligting van sowat 40 000 koeie is verkry. Hieruit is riglyne opgestel aan
die hand waarvan produsente hulself kan meet. As die reproduksiebestuurspeil in ʼn kudde laag blyk te wees,
kan bepaalde stappe gevolg word om dit reg te stel. Die riglyne van hierdie studie maak voorsiening vir kuddes
waar koeie deur die hele jaar kalf, en ook vir seisoenale kalwingspatrone. Vir kuddes waar koeie deur die hele
jaar kalf, geld die volgende norme:
86
Die persentasie koeie in die kudde wat binne 100 dae ná kalwing dragtig raak
Goeie bestuurders het 58% van koeie binne hierdie periode dragtig gekry. Indien dié syfer laer is as 45%, moet
advies ingewin word. In die Elsenburg- en Outeniqua-Jerseykuddes is hierdie norm 48% en 50% onderskeide-
lik. Die norm word deur die kalfomstandighede, doeltreffendheid van hittewaarneming, en inseminasietegnieke
bepaal.

Die persentasie koeie in die kudde wat ná 200 dae-in-melk nie beset is nie
Met goeie bestuur is bevind dat slegs 13% van koeie nie beset geraak het nie. Indien dié norm meer as 19% is,
moet die produsent advies inwin. Koeie wat teen 200 dae in die melk nog nie beset is nie, sal eers ná meer as
16 maande weer kalf. Die gemiddelde aantal dae wat koeie in die kudde in die melk is, sal dus hoog wees. Dít
benadeel die kudde se totale melkproduksie. In die Elsenburg- en Outeniqua-Jerseykuddes is hierdie norm 11%
en 13% onderskeidelik.

Aandrywers van bogenoemde norme


Bogenoemde twee norme berus op die volgende reproduksiekenmerke: die persentasie koeie wat binne 80 dae
ná kalwing geïnsemineer word, en die persentasie suksesvolle inseminasies, met ander woorde die omgekeerde
van die aantal inseminasies per konsepsie. Indien hierdie norme onderskeidelik laer as 61% en 43% is, moet
reproduksiebestuur dringend aandag ontvang. In die Elsenburg-Jerseykudde is hierdie norme onderskeidelik
65% en 48%. Goeie bestuurders kan egter 73% en 51% onderskeidelik, behaal.

Afsluiting
ʼn Groot aantal foute kan met die inseminasie van koeie insluip. Buiten korrekte hittewaarneming, moet die
semen goed geberg, reg ontdooi, en op die regte plek gedeponeer word. ʼn Vuil baarmoeder met inseminasie
sal ook reproduksie beïnvloed. Koeie met baarmoederinfeksies dui gewoonlik op ʼn vuil kalfomgewing en kal-
wingsprobleme weens te groot kalwers, te klein verse, en nageboortes wat vassit. Wees dus versigtig om koeie
weens onvrugbaarheid uit te skot. Die insemineerders se bestuurspeil moet eers bepaal word voordat koeie aan
die hand van vrugbaarheid beoordeel kan word.

87
Hoofstuk 6
Hoe om die reproduksiebestuurspeil in ʼn melkkudde te
bepaal

Inleiding
Naas melkpryse is die vrugbaarheid van melkkoeie en die voorkoms van mastitis steeds van die grootste
probleme in die melkbedryf. Almal weet dat koeie moet kalf om in melk te kom, waarna hulle gou weer op hitte
moet kom, met die minste aantal inseminasies suksesvol gedek word, en dan tot die volgende kalwing dragtig
bly. Koeie wat nie herbeset raak nie, word as ‘n reël uitgeskot. Dít is ʼn finansiële verlies vir die kudde. Opnames
toon dat slegs sowat 10–15% van alle koeie weens onvrugbaarheid uitgeskot word. Dit is egter moeilik om die
onvrugbare koeie in ʼn kudde te identifiseer want die meeste koeie raak weer beset. Met sommige koeie moet
meer moeite gedoen word. Omdat ‘n groot aantal faktore vrugbaarheid beïnvloed, is die herhaalbaarheid van
vrugbaarheid by koeie laag (sowat 10%). Die reproduksienorme wat algemeen in die bedryf gebruik word, is
nie noodwendig ʼn goeie aanduiding van die vrugbaarheid van koeie nie.

Algemene reproduksienorme
Die meeste produsente gebruik die gemiddelde tussenkalfperiode en aantal inseminasies per konsepsie as
reproduksiebestuursnorme. Dit dien dan sommer ook as ʼn aanduiding van die vrugbaarheid van koeie. Albei
hierdie norme kan egter gemanipuleer word om ‘beter’ reproduksiesyfers te verkry. Die tydige uitskot van koeie
wat nie dragtig is nie kan byvoorbeeld albei norme verbeter, sonder dat die bestuurspeil in die kudde verander
het of dat daar meer vrugbare koeie in die kudde is. ʼn Ander norm wat gebruik word, is die aantal koeie in
die melk, uitgedruk as ʼn persentasie van al die koeie in die kudde. Wanneer koeie egter steeds gemelk word
nadat hulle vir ʼn normale tussenkalfperiode van 365 dae veronderstel was om op gedroog te wees, verhoog
die persentasie koeie-in-melk. Die persentasie koeie-in-melk is dan hoër as die aanvaarde norm van 82%. Dit
impliseer ook dat meer koeie in die kudde in ʼn latere stadium van laktasie is, en blyk uit ʼn hoër gemiddelde
aantal dae-in-melk.

Na aanleiding van ʼn opname in Australië is riglyne opgestel aan die hand waarvan produsente hul reproduk-
siebestuurspeil kan meet. Dié norme word tans in die Elsenburg-melkkudde gebruik om die reproduksie-
bestuurspeil te bepaal.

Reproduksiebestuursprogram
Die reproduksiestatus van die Elsenburg-melkkuddes word tans ná elke dragtigheidsondersoek bepaal.
In Januarie 2006 is in samewerking met ʼn plaaslike veearts op ʼn bepaalde reproduksiebestuursprogram
besluit. Dit behels dat die kudde elke twee weke besoek word. Gedurende dié besoek word bepaalde stappe
gedoen. Koeie wat in die voorafgaande twee weke gekalf het, word ondersoek om te bepaal of daar enige
baarmoederinfeksies, agtergeblewe nageboortes, ensovoorts is. Sodanige koeie word vir dié infeksies behandel.
Jersey- en Holsteinkoeie wat reeds meer as 48 dae en 60 dae onderskeidelik in die melk is, word ondersoek om
te bepaal of hulle reproduktief-aktief is. Koeie wat nog geen hittetekens getoon het nie, ontvang dan ʼn gepaste
hormooninspuiting om hul siklus aan die gang te sit. ʼn Kamarmerker word ook op die koei geplak om met
hittewaarneming te help.

Hierna word koeie geïnsemineer indien hulle stilstaande hitte toon. Koeie met eierstokke wat in ʼn rektale onder-
soek as onaktief verklaar word, ontvang ʼn geskikte hormoonbehandeling, en word volgens die programvoorskrif
geïnsemineer. Alle koeie en verse wat meer as vyf weke vantevore gedek is, word vir dragtigheid ondersoek.

88
Was daar ’n verandering?
In Tabel 1 word die verandering in bepaalde reproduksienorme aangedui. Met die tweede dragtigheidsonder-
soek in Mei 2007 was daar meer koeie in die kudde, sowel as ʼn hoër persentasie koeie-in-melk. Die uitwerk-
ing van die nuwe reproduksiebestuursprogram is veral duidelik in die korter periode van kalfdatum tot eerste
inseminasie, naamlik 63 dae teenoor 97 dae. Dít beteken dat die persentasie koeie wat binne 80 dae ná kalwing
die eerste keer gedek is, ook aansienlik hoër is. Die aantal dae van kalwing tot bevrugting (dae oop) is minder.
Die aantal inseminasies per konsepsie kan as ʼn aanduiding van inseminasiedoeltreffendheid dien. Dit is steeds
laag, naamlik 34% teenoor 38% met die opname in Augustus 2005. ‘n Klein persentasie koeie is dragtig ná die
eerste inseminasie, en die persentasie koeie wat teen 200 dae-in-melk beset is, is steeds laag, hoewel hoër as
by die vorige ondersoek. Die aanvaarde norm vir ‘goeie’ bestuurders is 83%. Dit dui daarop dat meer aandag
gegee moet word aan inseminasietegnieke, soos die hantering van die strooitjie en tyd van inseminasie. Die
doeltreffendheid van hittewaarneming is ook laag, naamlik 47%. Die mikpunt hier behoort 65% te wees.

Tabel 1. Reproduksiebestuursindikatore vir die Elsenburgkuddes op twee geleenthede in vergelyking met


teikennorme (KI = kunsmatige inseminasie)
Eienskapppe Aug 2005 Mei 2007 Teiken
Aantal koeie in die kudde 122 163 -
% koeie in melk 68 85 > 82
Gemiddelde laktasienommer 2.56 2.76 > 3.30
Gemiddelde aantal dae in melk 208 155 150
Aantal dae van kalf tot eerste KI 97 63 < 85
% koeie met eerste KI binne 80 dae na kalf 52 79 73
Aantal dae van kalf tot konsepsie 198 151 85
Aantal KI’s per konsepsie 2.61 3.03 < 2.00
% koeie dragtig na eerste KI 26 26 > 65
% koeie dragtig binne 100 dae na kalf 22 38 > 58
% koeie dragtig binne 150 dae na kalf 48 59 > 71
% koeie dragtig binne 200 dae na kalf 62 77 > 83
Gemiddelde aantal dae tussen hittes 58 45 < 30
Hittewaarnemingsvermoë (%) 36 47 > 65

In Figuur 1 word die verspreiding


aangetoon van die persentasie
koeie wat binne bepaalde tye
ná kalwing weer beset geraak
het. Hieruit blyk dit dat die
persentasie koeie wat binne
100 dae ná kalf weer beset
geraak het, met die Mei 2007
reproduksie-ontleding toegeneem
het. Die persentasie koeie wat
nog nie teen 200 dae in die melk
beset was nie, het afgeneem.

Hoewel dié eienskappe ʼn ver-


betering toon, toon die norme
nog nie die verwagte prestasie
vir ʼn goed bestuurde melkkudde
Figuur 1. Die persentasie koeie in die Elsenburgkuddes wat beset geraak
nie. Veral die gemiddelde aantal
binne bepaalde intervalle na kalf.

89
dae tussen hittes is hoog, wat op ʼn lae hittewaarnemingsvermoë (minder as 50%) in die kudde dui. Dít beteken
dat slegs elke tweede hitte waargeneem word. Hiermee saam is die aantal inseminasies per konsepsie hoog,
sodat die aantal koeie wat teen 200 dae in die melk herbeset is, steeds laag is. Wat nié hier aangedui word nie,
is die totale aantal inseminasies per konsepsie. In dié geval word die inseminasies van koeie wat nie beset
geraak het nie en weens swak reproduksie uitgeskot word, ook in ag geneem. Dit verhoog in die reël die norm
vir aantal inseminasies per konsepsie, of verlaag die inseminasiedoeltreffendheid in die kudde.

Afsluiting
Die reproduksiebestuur van ʼn melkkudde is baie kompleks. ʼn Groot aantal faktore beïnvloed die reproduksie-
bestuurspeil. Die toepassing van ʼn beplande reproduksiebestuursprogram het in die Elsenburg melkkudde
sekere reproduksieparameters verbeter. Dit is duidelik dat die inseminasiedoeltreffendheid in die kudde verbeter
moet word. Die probleem is dat swak hittewaarneming en/of inseminasietegnieke die inherente vrugbaarheid
van koeie onder verdenking kan plaas. Net so kan hormonale behandeling van koeie weer verkeerdelik koeie se
genetiese meriete vir vrugbaarheid verbeter. Die verskillende eienskappe wat vrugbaarheid bepaal, moet geskei
word om verkeerde besluite te voorkom.

90
Hoofstuk 7
Die vloei van koeie in ‘n melkkudde

Inleiding
Dit is ʼn ope vraag of melkboere bewus is van die vloei van diere in hul kuddes, en in watter mate dit die
winsgewendheid van hul ondernemings raak. Koeie moet kalf om in die melk te kom, en verse moet so
grootgemaak word dat hulle op sowat twee jaar ouderdom vir die eerste keer kalf. Daar is voortdurend koeie
wat om verskillende redes, soos ‘n lae melkproduksie, onvrugbaarheid, verskillende siektes en vrektes,
uitgeskot word, terwyl verse op hul beurt in die kudde opgeneem word met hul eerste kalwing. Verse kan self
grootgemaak of aangekoop word.

Produsente bepaal selde die vloei van diere in hul kuddes. Die rede is gewoonlik ʼn gebrek aan ‘n behoorlike
rekordhoudingsprogram. Min seleksie vind plaas en koeie word uitgeskot wanneer produsente moeg is om met
hulle te sukkel. Deurslaggewende faktore wat die groei van ʼn melkkudde beïnvloed, is die hoeveelheid koeie
wat jaarliks uit die kudde geskot word (uitskotkoers), die hoeveelheid koeie in die kudde wat jaarliks kalf (kalf-
persentasie), en die hoeveelheid verse wat in ʼn bepaalde jaar gebore en op twee jaar ouderdom in die kudde
opgeneem word (oorlewingstempo). Waarom gebeur dit dat die aantal koeie in sommige kuddes stadig of
glad nie toeneem nie, terwyl die aantal diere in ander kuddes weer vinnig toeneem? Indien verse of koeie van
tyd tot tyd aangekoop moet word om die kudde te laat groei, of selfs om kuddegetalle in stand te hou, moet
bogenoemde faktore in ʼn kudde deeglik onder oë geneem word om die fout te bepaal. Hierdie hoofstuk
bespreek die groei van ʼn kudde te midde van bogenoemde faktore, en die redes waarom koeie uitgeskot word.

Kuddegroei
In Tabel 1 word die uitwerking aangetoon wat die uitskotkoers van koeie in ʼn kudde, die oorlewingstempo
van verse van geboorte tot eerste kalf, en die aantal kalwers wat jaarliks gebore word, op die toename in die
aantal koeie in ʼn melkkudde het. Die
Tabel 1. Die effek van die kalfpersentasie, die oorlewingstempo van verse kalfpersentasie verwys onder andere
tot eerste kalf en die uitskotkoers van koeie op die aantal koeie oor ‘n 15 na die tussenkalfperiode en die aantal
jaar periode vanaf ’n 100-koeikudde kalwers wat gedurende en net ná
kalwing vrek.
Aantal koeie by
Oorlewingstempo uitskotkoerse (%) Die belangrikste eienskap is die
Kalfpersentasie (%) van verse (%) 35 30 25 uitskotkoers van koeie in die kudde.
85 75 72 123 207 Met ʼn uitskotkoers van 35% neem die
85 80 91 153 253 aantal koeie in die kudde nie toe nie,
85 85 115 189 311 tensy die oorlewingsvermoë van verse
85 90 142 231 374 sowat 85% is. Met ʼn kalfpersentasie
90 75 89 150 249 van 85% en ʼn oorlewingstempo van
90 80 113 186 306 verse van 85%, verdubbel ʼn koeikudde
90 85 142 231 374 van 100 ná 17 jaar indien die
90 90 176 284 456 uitskotkoers 30% is. Die verdubbeling
van die kudde is egter slegs tien jaar
indien die uitskotkoers 25% is.

In Figuur 1 word die groei aangetoon in melkkuddes met ʼn 85%-oorlewingstempo van verse en verskillende
uitskotkoerse van koeie (25%, 30% en 35%). ʼn Kudde met ʼn uitskotkoers van 30% en ʼn oorlewingstempo van
85% het ná 15 jaar slegs van 100 tot 189 koeie toegeneem. Dit duur meer as 17 jaar vir die aantal koeie om te

91
verdubbel in die kudde. Deur die uitskotkoers van koeie na 25% te verminder, het die aantal koeie in die kudde
oor ʼn periode van 15 jaar tot 311 toegeneem.

350

300

250
Aantal koeie

200
25:85
30:85
150
35:85
100

50

0
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Jare

Figuur 1. Die effek op die toename in die aantal koeie in ‘n kudde oor ‘n 15-
jaar periode soos beïnvloed deur verskillende uitskotkoerse (25, 30 en 35%)
van koeie by ‘n oorlewingstempo van verse vanaf geboorte tot eerste kalf van
85%.

Die uitskot van koeie en verse


Koeie en verse word om verskillende redes uitgeskot. ‘n Onderskeid moet getref word tussen diere wat
doelbewus om bepaalde redes uitgeskot word, en koeie wat uit die kudde verlore gaan. Die verskil is
hoofsaaklik die rede waarom koeie uitgeskot word. As ʼn produsent byvoorbeeld besluit dat eerstelaktasiekoeie
ʼn bepaalde minimum produksie moet lewer om in die kudde te bly, is lae melkproduksie die rede vir uitskot.

Hierteenoor gaan koeie verlore indien hulle weens voorkombare redes soos mastitis uitgeskot moet word. Die
aantal koeie in die kudde wat uit ʼn kudde geskot word, moet deurgaans tot ʼn minimum beperk word.

ʼn Eenvoudige manier om vas te stel waarom koeie uitgeskot word, is om ʼn lys van alle uitskotdiere (koeie én
verse) op datum te hou. In so ʼn lys word die volgende inligting aangeteken: die uitskotdatum, naam en ge-
boortedatum van die betrokke dier, laaste kalfdatum en laktasienommer van koeie, die aantal koeie en diere in
die kudde, en die rede waarom die betrokke
dier uitgeskot word. Hiervogens Figuur 2. Redes vir die uitskot van koeie in die Elsenburg melkkudde
kan bepaalde inligting geraam word, soos
die ouderdom en laktasiestadium van die
diere by uitskot. In Figuur 2 word die redes
aangedui waarom koeie in die Elsenburg-
kuddes oor die afgelope tien jaar uit-
geskot is. Hiervolgens is dit duidelik dat
reproduksie en die verkope van diere die
hoofredes is.

92
Dit is egter belangrik om die regte rede vir die uitskot van diere aan te teken. Diere wat verkoop word, moet
geskik wees vir verdere gebruik in ander kuddes. Die verkope van sodanige diere is ʼn inkomstebron vir ‘n
kudde. Indien koeie byvoorbeeld met ʼn onderliggende reproduksieprobleem verkoop word, is onvrugbaarheid
die rede vir uitskot. So ʼn dier moet dus eintlik nie onder die ‘verkoop’-kategorie val nie. Tref daarom ook
onderskeid tussen die rede vir uitskot, en wat daarná met die betrokke dier gebeur. Dit is in hierdie stadium
onduidelik wat bepaalde uitskotredes, soos bene en pote, behels, en of die diere in elk geval verkoop word of
nie.

Afsluiting
Die groei in die aantal koeie in ʼn melkkudde word deur verskeie faktore beïnvloed. Die uitskotkoers van koeie
uit die kudde, die oorlewingstempo van verse van geboorte tot eerste kalwing, en kalfpersentasie is onder meer
van groot belang. Hoe laer die uitskotkoers van koeie, en hoe hoër die oorlewingstempo van verse en die kalf-
persentasie, hoe vinniger neem die aantal koeie in die kudde toe. Op hierdie manier styg die doeltreffendheid en
beleggingspotensiaal van die kudde. ʼn Uitskotlys behoort vir elke kudde opgestel te word, sodat die produsent
jaarliks kan bepaal waarom koeie uitgeskot word. Dit kan op bepaalde bestuursprobleme in die kudde dui.

93
Hoofstuk 8
Teeltvordering in melkkuddes, en die seleksie van verse

Inleiding
Teling kan omskryf word as die doelbewuste verbetering van sekere eienskappe in ʼn spesifieke ras of kudde. Dit
is alleen moontlik indien die teler ouers kies wat beter as die gemiddelde dier presteer. Aangesien daar reeds
koeie in die kudde is, beteken dit dat die ouer wat die nageslag moet verbeter, hoofsaaklik die vader van die
volgende geslag sal wees. Bulle het dus die grootste invloed op die genetiese verbetering van ʼn melkkudde. Dit
gebeur natuurlik dikwels dat ouers wat sorgvuldig uitgesoek is en met goed beplande parings, nageslag lewer
met swakker of gelykstaande produksies as die gemiddelde ouer. Om van hierdie swakker diere (in vergelyking
met die gemiddelde van die groep) ontslae te raak, moet seleksie plaasvind. Seleksie en die uitskot van laer
kwaliteit diere vorm daarom die basis van enige teeltprogram. Dit moet ook voortdurend toegepas word. Indien
geen seleksie plaasvind nie, is selfs beplande parings nie teling nie, maar hoogstens dierevermeerdering.
Wanneer die bestuurspeil in ʼn kudde sodanig is dat baie koeie weens voorkombare redes uit die kudde verlore
gaan, sal dit die doelbewuste verbetering van spesifieke eienskappe in ʼn kudde beperk.

Die genetiese vordering wat met enige teeltprogram gemaak word, berus op die volgende faktore:

1. Graad van oorerflikheid


Die voorkoms van enige eienskap by diere is die gevolg van ʼn kombinasie van genetiese en omgewings-
invloede. Met bevrugting word die genetiese patroon van ʼn dier vasgestel, terwyl die omgewingsuitwerk-
ing verder tot die variasie tussen diere bydra. Genetiese uitwerkings kan groot of klein wees (Tabel 1). Indien
oorerflikheid laag is (onder 20%), oefen die omgewing ʼn groot invloed uit op die voorkoms van ʼn eienskap. Die
oorerflikheid van melkproduksie is ongeveer 25%, terwyl eienskappe soos skouerhoogte, massa en borsom­vang
oorerflikheidswaardes van onderskeidelik 50%, 37% en 41% het. Daar word algemeen aanvaar dat hoe hoër
die oorerflikheidswaarde van ʼn eienskap, hoe vinniger die vordering met seleksie.

Tabel 1. Die graad van oorerflikheid van verskillende eienskappe by melkkoeie


Eienskap Graad van oorerflikheid (%)
Vrugbaarheid 10
Tipe (bouvorm) 14-35
Melkproduksie 20-30
Melkproduksie in eerste laktasie 33
Melkproduksie in tweede laktasie 10
Melkproduksie in derde laktasie 24
Bottervetproduksie 40
Persentasie bottervet 50-60
Persentasie proteïen 50-60
Volhoubaarheid van melkproduksie 30
Melkbaarheid 35-90
Speenlengte 98

2. Genetiese korrelasies
Genetiese korrelasies verwys na die verwantskappe tussen twee eienskappe. Korrelasies tussen eienskappe kan
positief óf negatief wees. ʼn Positiewe korrelasie tussen twee eienskappe beteken dat albei eienskappe gelyk-
tydig verbeter. Die teler hoef dus met die oog op net één van die twee eienskappe te selekteer. Met ʼn negatiewe
korrelasie tussen twee eienskappe, byvoorbeeld tussen melkproduksie en bottervetpersentasie, sal seleksie

94
gebaseer op een eienskap tot ʼn agteruitang in die ander eienskap lei. Dít beteken dat indien seleksie gebaseer
is op melkproduksie alleen, die bottervetpersentasie van die melk sal daal, hoewel dit terselfdertyd bottervet-
produksie sal verhoog. In Tabel 2 word die genetiese korrelasies, of verwantskappe, tussen verskillende eien-
skappe by melkkoeie aangedui.

Tabel 2. Die genetiese korrelasie tussen verskillende eienskappe by melkkoeie


Eienskappe Genetiese korrelasie (r)
Melkproduksie en bottervetpersentasie -0.43
Melkproduksie en bottervetproduksie 0.81
Melkproduksie en tipe (bouvorm) 0.05
Bottervetproduksie en tipe (bouvorm) -0.15
Melkproduksie en skofhoogte 0.07 – 0.69
Melkproduksie en borsomvang -0.16
Melkproduksie en liggaamsmassa -0.14
Bottervet- en proteïenpersentasie 0.48 – 0.62

3. Akkuuraatheid van meting


Net as ʼn eienskap akkuraat gemeet kan word, kan enige vordering in prestasie bepaal word. Bouvorm kan
byvoorbeeld nie akkuraat gemeet word nie, en daarom is dit moeilik om vordering te meet. Die melkproduksie
van koeie, aan die ander kant, kan maklik gemeet word, en dus kan seleksie daarvolgens geskied. Vordering
kan ook jaarliks gemeet word.

4. Aantal eienskappe
Hoe meer eienskappe by ʼn seleksieprogram ingesluit word, hoe kleiner is die vordering wat met elke eienskap
gemaak kan word. Slegs ekonomies belangrike eienskappe, soos melkproduksie, behoort ʼn rol te speel in ʼn
seleksieprogram. In Tabel 3 word die uitwerking van seleksie op bepaalde melkproduksie-eienskappe aangedui.

Hiervolgens blyk dit dat indien seleksie gebaseer is op melkproduksie, die melk-, vet-, proteïen- en totale
vastestofproduksie sal toeneem. Wat betref die totale verandering, is daar weinig verskil (106 vs 108) in die
geldwaarde wanneer seleksie gebaseer is op melk- eerder as proteïenproduksie. Indien die prysverhouding van
proteïen tot vet verander (byvoorbeeld 70:30), sal dit meer winsgewend wees om seleksie te baseer op pro-
teïenproduksie. Seleksie vir proteïenproduksie verhoog ook melk- en vetproduksie. Seleksie gebaseer op die
persentasievlakke van melkkomponente is nie voordelig nie.

Tabel 3. Die verandering in verskillende melkproduksiekomponente na aanleiding van seleksie vir individuele
komponente
Seleksie eienskappe
Melk Vet Proteïene Totale Vet Proteïene
Produksiekomponente (kg) (kg) (kg) vastestof (kg) (%) (%)
Melk 455 264 325 366 -386 -289
Vet 10.6 14.5 10.9 12.4 4.6 4.6
Proteïen 10.5 8.9 11.8 10.6 -21.3 -19.4
Totale vastestof 45.1 38.1 40.4 44.8 0 2.8
Geldwaarde (R) vir totale
verandering 106 103 108 104 - -

Die seleksie van verse


Dit is belangrik om te onderskei tussen die seleksie van eerstelaktasiekoeie wat in die kudde opgeneem
moet word, en die uitskot van swak produserende volwasse koeie. Die gemiddelde uitskotpersentasie of

95
vervangingstempo in ʼn melkkudde wissel van 25% tot 40%. Dit is algemeen bekend dat baie kuddes dikwels
ʼn groot aantal volwasse koeie het wat weens voorkombare redes, soos mastitis, onvrugbaarheid, beserings,
siektes en vrektes, uit die kudde geskot word. Koeie met swak pote en bene of ʼn swak uierstelsel word ook
dikwels uitgeskot. Indien die uitskotpersentasie van volwasse koeie byvoorbeeld 40% per jaar is, beteken dit
dat 100% van die eerstelak­tasiekoeie in die kudde opgeneem moet word om die kuddegrootte konstant te hou.
Dit is vanselfsprekend dat indien slegs 80% in plaas van 100% van die eerstelaktasiekoeie in die kudde behou
word, die genetiese vordering in ‘n kudde vinniger gaan wees, hoofsaaklik omdat die gemiddelde produksie van
die 80%-seleksiegroep hoër sal wees as dié van die 100%-seleksiegroep. Vir die beste genetiese vordering in
ʼn melkkudde moet die aantal diere wat jaarliks om ander redes as lae melkproduksie uitgeskot word, so laag
as moontlik wees. Groter klem moet dus op die seleksie van verse en eerstelaktasiekoeie val om algemene
produksie in die kudde te verhoog.

Verse kan vir vervanging aangekoop word, of kan self in die kudde grootgemaak word. Vir die beste genetiese
vordering in ʼn melkkudde is dit beter dat verse grootgemaak en in die kudde opgeneem word. ʼn Vers wat vir
hierdie doel grootgemaak word, moet oor die volgende eienskappe beskik:

• sy moet die dogter van ʼn plusbeproefde bul wees;


• sy moet die dogter van een van die beter koeie in die kudde wees (koeie met ʼn melkindeks van ten minste
90, maar verkieslik 100);
• sy moet die dogter van ʼn vrugbare moeder wees;
• sy moet ʼn goeie bouvorm hê en
• sy moet goed uitgegroei wees.

Verse met ooglopende bouvormgebreke kan op ʼn vroeë ouderdom reeds uitgeskot word, en hoef nie
grootgemaak en in die kudde opgeneem te word nie. Die oorerflikheid van bouvorm (melktipe) is ongeveer
30%, maar ongelukkig is die genetiese verband tussen melktipe en melkproduksie hoogstens 10%. Dít beteken
natuurlik dat die akkuraatheid van seleksie op grond van die fisieke voorkoms van verse baie laag is (ongeveer
5%).

Produsente wat aan die amptelike melkaantekeningskema deelneem, ontvang jaarliks saam met ʼn genetiese
kuddeprofiel ʼn lys van al die verse in die kudde, met hul voorspelde teeltwaardes (PBV) vir melkproduksie-
eienskappe. Die teeltwaarde van elke vers word met die gemiddelde van die ras vergelyk. Dit is daarom maklik
om te sien watter diere bo of onder die gemiddelde vir die verskillende melkproduksie-eienskappe presteer. Die
korrelasie tussen PBV en werklike produksie is sowat 70%, en dus is die PBV-waarde van ‘n vers ʼn betroubare
maatstaf vir seleksie. Produsente wat nie oor melkaantekeningsgegewens beskik nie, moet verse op grond van
stambome beoordeel. Dit is egter nie so akkuraat soos die geval met PBV’s is nie (Tabel 4).

Tabel 4. Die akkuraatheid van seleksie van verse vir melkproduksie met verskillende bronne van inligting.
Inligting Akkuraatheid van seleksie (%)
Melktipe beoordeling 5
1 Produksierekord van moeder 25
3 Produksierekords van moeder 32
5 Produksierekords van moeder 34
3 Produksierekords van moeder +
3 rekords van elke grootmoeder 35
Vers se eie produksie rekord 50

Uit Tabel 4 blyk dit dat indien slegs een stel melkproduksiedata van ʼn vers se moeder beskikbaar is, die
akkuraatheid van seleksie slegs 25% is. ʼn Akkuraatheid van 35% verg ten minste drie stelle produksiedata van

96
die moeder, en drie van elke grootmoeder. Die doeltreffendste manier om verse vir melkproduksie te beoordeel
is om die vers groot te maak, te laat kalf, en dan haar melkproduksie in die eerste laktasie te meet. Seleksie is
dan 50% akkuraat.

Dit is dus raadsaam om alle verskalwers groot te maak. Verse met ʼn lae PBV, swak bouvorm en groei kan op
ʼn jong ouderdom (voor 12 maande) uitgeskot word. Ná kalwing word die melkproduksievermoë vir ʼn gedeelte
(byvoorbeeld 90 of 120 dae) van óf vir ‘n volle laktasie bepaal, en word lae produseerders daarvolgens geïden-
tifiseer en uitgeskot.

97
Hoofstuk 9
Die uitskot van eerstelaktasiekoeie

Inleiding
Die begrip seleksie verwys na die uitsoek van die beste diere in ʼn groep. Gewoonlik is dit raadsaam om die
beste 40% van die eerstelaktasiekoeie (wat melkproduksie betref) in ʼn kudde op te neem. Min produsente is
egter bereid om gesonde, betreklik goed produserende koeie uit te skot. Aan die ander kant is dit nie ʼn goeie
sakebeginsel om koeie wat minder melk as hul vergelykbare kuddemaats produseer, in die kudde aan te hou
nie. Lae produseerders moet dus tydig geïdentifiseer en uitgeskot word. Die basis hiervan is die positiewe
korrelasie (meer as 70%) tussen eerstelaktasieproduksie en leeftydsproduksie. Koeie met ʼn hoë melkproduksie
in eerstelaktasie sal dus oor hul leeftyd ook ʼn hoë melkproduksie handhaaf, terwyl lae produseerders in
daaropvolgende laktasies lae produseerders sal bly.

Baie produsente is van mening dat daar nie eerstelaktasiekoeie ís om uit te skot nie. Dít behoort nie so te wees
nie, want in ʼn kudde van 100 koeie is daar met die regte bestuur, jaarliks ten minste 15 eerstelaktasiekoeie
wat nie in die kudde opgeneem hoef te word nie. As daar nie ʼn surplus eerstelaktasiekoeie is nie, dan is die
uitskottempo van koeie in die kudde te hoog. Dit beteken dat ál die eerstelaktasiekoeie as vervangingsdiere
in die kudde opgeneem moet word net om die aantal koeie in die kudde konstant te hou. As dít gebeur, kan
daar nie teen lae melkproduksies gediskrimineer word nie. Dan gaan te veel koeie verlore weens voorkombare
bestuursredes, soos onvrugbaarheid, mastitis, beserings en vrektes. Min produsente het ook ʼn norm waarteen
eerstelaktasiekoeie gemeet word om te besluit of hulle in die kudde moet bly of uitgeskot moet word nie.

Weens beperkte melkstalruimte is dit dikwels nie moontlik om vir seleksiedoeleindes ál die eerstelaktasiekoeie
vir die volle laktasie in die kudde te hou nie. Indien eerstelaktasiekoeie vir ten minste die eerste 100 dae van
die laktasie in die kudde bly, sal vier verse die plek, voer en arbeid van een vers per jaar inneem. In kleiner
melkkuddes met 50 koeie of minder, is daar selde meer as twee of drie eerstelaktasiekoeie gelyktydig in die
melk, en dus is vergelykings tussen koeie moeilik. Dit kan gebeur dat die swakste vers in ʼn bepaalde ouder-
domsgroep beter is as die beste vers in ʼn volgende groep. ʼn Moontlike oplossing vir hierdie probleem is om
vooraf ʼn uitskotgrenswaarde ten opsigte van melkproduksie oor die eerste 90 of 120 dae van die laktasie vas
te stel, en alle eerstelaktasiekoeie hiervolgens te vergelyk, en op grond van dié norm koeie in die kudde te
behou of uit te skot. Indien die produksie van ʼn eerstelaktasiekoei hoër is as 85% van die kuddegemiddelde
vir eerstelaktasiekoeie, kan die koei op grond hiervan in die kudde aanbly. Koeie met laer produksies as hierdie
norm behoort dadelik uitgeskot te word.

Die beraming van uitskotgrenswaardes


In die Elsenburg-Holstein- en -Jerseykuddes word die melk-, vet- en proteïenproduksie en die gemiddelde vet-
en proteïenpersentasie van alle eerstelaktasiekoeie oor die eerste 105 dae op grond van rekords van die eerste
drie melktoetse ná elke amptelike vyfweeklikse melktoets beraam. In Tabel 1 word melkaantekeningrekords van
ʼn aantal koeie met hul eerste drie toetse as ʼn voorbeeld van die datastel aangedui.

Tabel 1. Die kalf- en melktoetsdatums, die melkproduksie (kg) en – samestelling van 10 eerstelaktasie
Holsteinkoeie tydens die eerste drie melktoetse
Kalf- Toets Melk Vet Prot Toets Melk Vet Prot Toets Melk Vet Prot
Koei datum 1 1 % % 2 2 % % 3 3 % %

1 29-Apr 25-Mei 25.8 3.61 2.88 29-Jun 23.4 4.16 2.65 3-Aug 21.0 3.52 2.72

2 18-Mei 25-Mei 17.0 5.21 3.39 29-Jun 24.0 3.77 3.05 3-Aug 23.0 3.40 3.16
98
Kalf- Toets Melk Vet Prot Toets Melk Vet Prot Toets Melk Vet Prot
Koei datum 1 1 % % 2 2 % % 3 3 % %

3 1-Jun 29-Jun 20.5 2.79 3.20 3-Aug 23.4 2.17 3.24 8-Sep 19.0 2.19 3.91

4 10-Jun 29-Jun 16.6 4.27 3.43 3-Aug 20.4 3.77 3.04 8-Sep 21.0 2.80 3.03

5 15-Jun 29-Jun 13.0 4.19 3.39 3-Aug 20.8 3.14 3.08 8-Sep 23.8 4.05 3.03

6 12-Jul 3-Aug 20.0 3.56 3.29 8-Sep 21.2 3.03 2.91 13-Okt 19.0 3.26 2.95

7 28-Jul 8-Sep 23.6 4.25 2.55 13-Okt 18.6 4.17 2.59 16-Nov 21.0 4.31 2.92

8 27-Aug 8-Sep 12.2 4.65 3.03 13-Okt 26.0 3.39 2.69 16-Nov 27.2 3.62 2.85

9 3-Sep 13-Okt 17.8 3.09 3.19 16-Nov 19.4 3.22 3.06 14-Des 20.4 3.21 3.35

10 23-Nov 14-Des 13.0 3.26 3.44 3-Feb 18.0 2.79 3.09 10-Mar 19.2 3.42 3.18

Met hierdie inligting word die produksies van elke koei oor die eerste 105 dae van die eerste laktasie bereken
(Tabel 2). Die komponentewaarde (KW) van elke koei word ook bereken. Dít is die totaal van ʼn koei se vet-
produksie (met 6 gemaal) en proteïenproduksie (met 13 gemaal), gedeel deur 2. Die KW van elke koei word
teenoor die gemiddelde van al haar kuddemaats opgeweeg. Dit staan as die kontemporêre vergelyking (KV)
bekend, en word in die kolom KV aangedui. In die hele databasis oor ál die eerstelaktasiekoeie en jare, wissel
die KV van die koeie van so laag as 0.60 tot so hoog as 1.50. Dít beteken dat daar koeie is wat so min as 60%
van die gemiddelde produseer, en ander koeie wat soveel as 150% van die gemiddelde koei produseer. Die pro-
dusent moet hierna slegs besluit hoeveel eerstelaktasiekoeie uitskotdiere is. Indien ʼn KV-waarde van 0.85 as
afsnypunt dien, word sowat 18% van die koeie in hierdie kudde uitgeskot. Met ʼn hoër afsnypunt sal meer diere
uiteraard uitgeskot word.

Tabel 2. Die totale melk-, vet- en proteïenproduksie (kg) en gemiddelde vet- en proteïenpersentasie en kom-
ponente waarde (KW) en kontemporêre vergelyking (KV) van 10 Holsteinkoeie oor die eerste drie melktoetse
(105-dae produksies)

Koei Melk(kg) Vet(kg) Vet% Prot(kg) Prot% KW KV


1 2486 94 3.77 69 2.77 728 1.02
2 2318 89 3.83 73 3.16 742 1.04
3 2214 54 2.42 75 3.38 647 0.91
4 2034 72 3.55 64 3.14 632 0.89
5 2081 78 3.76 65 3.11 656 0.92
6 2111 69 3.28 64 3.05 627 0.88
7 2272 96 4.24 59 2.61 674 0.94
8 2410 89 3.68 68 2.82 707 0.99
9 1971 62 3.15 63 3.18 594 0.83
10 1692 52 3.08 55 3.23 511 0.72

99
In Figuur 1 word die variasie tussen koeie, Figuur 1. Die komponente waardes van eerstelaktasiekoeie in
uitgedruk as ʼn persentasie van die gemiddelde die Elsenburg Holsteinkudde uitgedruk as ‘n persentasie van die
van ál die eerstelaktasiekoeie, aangedui. Die gemiddelde van al die koeie (KV = kontemporêre vergelyking)
koeie is volgens kalfdatum gelys. Die meeste
koeie is tussen 0.80 en 1.20 van die gemid-
delde. Dit dui daarop dat die produksie van die
koeie in die kudde relatief konstant is. Koeie
onder die lyn in Figuur 1 het KV-waardes laer
as 0.85 van die gemiddelde, en behoort nor-

KV
maalweg uitgeskot te word.

Die produksieleeftyd
van koeie Eerstelaktasiekoeie
Die grootmaakkoste van verse tot en met die
eerste kalwing is baie hoog (sowat R10 000 in ‘n nulbeweidingstelsel). Daarom is dit van groot ekonomiese
belang dat koeie in die kudde so lank as moontlik produktief bly. Die melkproduksie van koeie neem as ‘n
reël toe namate hulle ouer word, en sowel Holstein- as Jerseykoeie bereik ná sowat 79 maande (6.6 jaar)
maksimum produksie (vierde tot vyfde laktasie). Die meeste melkprodusente streef na ʼn hoë melkproduksie
en ʼn hoë gemiddelde leeftyd vir koeie in die kudde. Melkkoeie kry as ‘n reël nie die geleentheid om hul volle
produktiewe lewe te bereik nie, aangesien hulle om verskillende redes vroeg uit die kudde geskot word.
Opnames het getoon dat slegs 32% van koeie weens lae melkproduksie uitgeskot word, teenoor 68% van koeie
wat om ander redes uitgeskot word. Probleme met uiers, reproduksie, siektes, melkbaarheid en bouvorm is
onderskeidelik verantwoordelik vir die uitskot van 23%, 27%, 8%, 3% en 3% van koeie.

Daar is ʼn positiewe verband (0.19–0.25) tussen melkproduksie in die eerste laktasie, die aantal laktasies
waarvoor koeie in ʼn kudde bly, sowel as totale leeftydproduksie (Tabel 3).

Hierbenewens blyk dit dat dogters van bulle met hoë teeltwaardes vir melkproduksie in die reël langer in
kuddes aanbly as die dogters van bulle met laer teeltwaardes. Van eersgenoemde groep bereik 58% ʼn vierde
laktasie, teenoor 48% van dié in laasgenoemde groep. Voorts bereik 40% van dogters van bulle met ʼn hoë
teeltwaarde, en 27% van dogters van bulle met ʼn lae teeltwaarde, ʼn sesde laktasie.

Laag produserende eerstelaktasiekoeie moet so spoedig moontlik ná identifikasie uitgeskot word. Dit skakel die
probleme van herbesetting en die ontwikkeling van ʼn sentimentele waarde met betrekking tot ʼn bepaalde koei
uit. Swak produseerders kry dikwels as gevolg van sentiment ʼn geleentheid om ʼn tweede laktasie te voltooi. Dít
vertraag egter die genetiese vordering in die kudde.

Tabel 3. Aantal voltooide laktasies en leeftydproduksie volgens melkproduksie gedurende eerste laktasie
Eerstelaktasie melkproduksie Aantal melk laktasies Leeftydsmelkproduksie
(kg) (kg)
<3 600 2.7 10 975
4 000 3.2 14,745
4 500 3.2 15 495
5 000 3.3 17 055
5 500 3.4 19 045
5 900 3.5 20 630
6 400 3.5 21 520

100
Eerstelaktasie melkproduksie Aantal melk laktasies Leeftydsmelkproduksie
(kg) in ‘n kudde (kg)
6 800 3.6 23 050
7 300 3.6 24 675
7 700 3.5 24 515
>7 700 3.6 26 580

Die produksiedoeltreffendheid van koeie neem toe met ‘n groter aantal laktasies in die kudde (Tabel 4).

Tabel 4. Produksiedoeltreffendheid van koeie by verskillende produksiepeile en ouderdomme (laktasies)


Melkproduksie (kg)
2 730 4 550
Aantal laktasies Doeltreffendheid Relatief Doeltreffendheid Relatief
(%) (%)
3 14.4 100 19.8 100
7 16.6 115 22.9 116
10 17.3 120 23.9 121

Voorts is hoog produserende koeie nie net meer doeltreffend as laag produserende koeie nie, maar is dié
met ʼn kort produksie­leeftyd (drie laktasies) selfs meer doeltreffend as laag produserende koeie met ʼn lang
produksieleeftyd (tien laktasies). Goeie bestuur is nodig vir die langste moontlike produktiewe leeftyd by koeie.

Afsluiting
Produsente wat nie koeie op grond van lae melkproduksie kan uitskot weens te min diere nie, moet dringend
hul reproduksie- en kuddebestuursprogramme ondersoek. Gewoonlik kalf die verse van sulke produsente
eers op ʼn laat ouderdom, en is die gemiddelde periode tussen kalwings te lank. Uitskotgrenswaardes moet vir
elke kudde beraam word, dit wil sê ʼn intrakuddevergelyking moet gedoen word, op grond van die produksie
van diere in dieselfde kudde. Die wisseling tussen jare word in ag geneem deur koeie in ʼn kudde oor ʼn lang
periode te vergelyk. Die produksie van eerstelaktasiekoeie word oor ʼn periode van 105 dae na afloop van die
amptelike melktoetse bereken, waarna koeie met inagneming van geraamde uitskotgrenswaardes uitgeskot of
behou word. Aangesien faktore soos ʼn dier se produksievolhouvermoë gedurende laktasie, haar vatbaarheid
vir mastitis, temperament en algemene bouvorm ʼn groot invloed op haar produksie oor 300 dae kan uitoefen,
is seleksie op grond van produksie oor 105 dae hoofsaaklik voorlopig, met ʼn finale seleksie na afloop van die
eerste laktasie.

101
Hoofstuk 10
Die seleksie van bulle

Inleiding
Die genetiese potensiaal van bulle vir melkproduksie kan slegs na aanleiding van die prestasies van hul dogters
bepaal word. Die akkuraatste metode om dít te bepaal is met nageslagtoetsing, wat slegs op groot skaal (op
nasionale vlak) uitgevoer kan word. ʼn Individuele teler sal dus nie baie suksesvol wees in die bepaling van
die genetiese potensiaal van sy eie teelbulle nie. ʼn Bykomende probleem is die lang generasie-interval van
melkkoeie. ʼn Besluit om ʼn bepaalde bul in ʼn kudde te gebruik, lewer eers vier tot vyf jaar later resultate,
wanneer die eerste vroulike nageslag van die bul haar eerste laktasie voltooi het. Weens hierdie lang periode is
dit baie riskant om bulle sonder ʼn beraamde teeltwaarde of EBV te gebruik. ʼn Beraamde teeltwaarde vir bulle
word verkry indien hulle ʼn nageslagtoets ondergaan het. Die EBV is gebaseer op die produksie van hul eie
nageslag (dogters), asook die inligting van die ouers en alle verwantes van die bepaalde bul. Die gevaar van die
gebruik van onbeproefde bulle is dat indien die genetiese meriete van hul nageslag bekend is en dit laag blyk te
wees, daar gewoonlik reeds ʼn groot aantal nageslag van die bulle in die kudde is. ‘n Probleem van lae genetiese
meriete is dus reeds gevestig, met verse van verskillende ouderdomme in die kudde. Die beste is om bulle te
gebruik wat deur ʼn nageslagtoets beoordeel is. Koop dus bulsemen van ʼn erkende maatskappy wat hul produk
met die oog op KI bemark. Aangesien KI-bulle jaarliks verbeter, behoort nuwe bulle jaarliks (of wanneer nuwe
bulinligting beskikbaar kom) in ʼn kudde gebruik te word.

In die melkbeesbedryf behoort maksimum wins ʼn algemeen aanvaarde beginsel te wees. Elke produsent (en
sy adviseur) het egter sy eie mening oor hoe om dit te behaal. Sommige meen dat dit alleen deur die hoogste
melkproduksie per koei verkry kan word, terwyl ander weer reken dat dit eerder teen die laagste voedingskoste
per koei moet geskied. Hierdie uiteenlopende sienings impliseer eintlik verskillende seleksie- en bestuursdoel-
witte, en loop uit op verskillende bulseleksie- en koeivoedingsprogramme. Dít is waarom produsente so lekker
stry oor watter bulle die ‘regte’ keuse is vir ʼn kudde. Verteenwoordigers van rasgenootskappe, semenagente
van verskillende maatskappye, en wetenskaplikes het ook nog elk hul eie mening. ʼn Melkbeesboerdery is ʼn
hoogs intensiewe onderneming wat teen ʼn hoë koste op die been gebring en slegs met hoogs wetenskaplike en
praktiese kennis suksesvol bedryf word. Ongeag die benadering tot maksimum wins, moet die inkomste en die
uitgawes van ʼn melkery gebalanseerd wees. ʼn Winsgewende melkery het hoofsaaklik drie oogmerke, naamlik
(i) die hoogste moontlike melkproduksiepeil en -samestelling per koei in ʼn bepaalde bestuurstelsel; (ii) koeie
wat gereeld kalf (elke 12–13 maande); en (iii) die langste moontlike produktiewe leeftyd vir elke koei in die
kudde. Die gepaste seleksiedoelwit vir ʼn kudde moet dus op bulle se teeltwaarde vir melkproduksie, melksame-
stelling, vrugbaarheid en produktiewe leeftyd berus.

Waarvolgens word bulle geselekteer?


Ongeag die feit dat meer as 90% van ʼn melkery se inkomste van melkverkope kom, is dit interessant om te
sien op grond waarvolgens bulle geselekteer word. In die eerste plek is produsente dikwels vaag wanneer
hulle hul seleksiedoelwit vir die kudde moet beskryf. Eienskappe waarna hulle gewoonlik verwys, is onder
andere die betroubaarheid van ‘syfers’ en hoe die uiers, bene en pote van die bulle se dogters lyk. Sekere
bouvormeienskappe, soos hoë sitbene en die grootte van koeie, kry ook baie aandag. Blaai ʼn mens deur
tydskrifte van rasgenootskappe kom uitdrukkings soos ‘mediumraamkoeie’, ‘voldoende liggaamsdiepte’, ‘ʼn goed
gevormde kruis en lende’, ‘goed geplaaste bene en draaibene’ en ‘uiers wat goed aangeheg en hoog bo die
hak is’ na vore. Dit lyk dus of die meeste produsente se oogmerk eerder is om koeie te teel wat aan bepaalde
bouvormeienskappe voldoen, as om op die hoeveelheid en gehalte van die melk wat die koeie moet produseer,
te konsentreer.

102
Daar is nie juis eenstemmigheid oor hoeveel gewig bouvormeienskappe in ʼn teling- en seleksieprogram moet dra
nie. ʼn Geruime tyd reeds streef rasgenootskappe die ideale koeibouvorm na, en dit is belangrik vir produsente
wat aan skoue deelneem. Daar is geen twyfel nie dat baie koeie met hoë melkproduksiepeile ook feitlik ideale
bouvormeienskappe het. Dít beteken egter nie noodwendig dat die omgekeerde die geval is nie. Om dus koeie
met ʼn ‘ideale’ bouvorm te probeer teel beteken nie dat hulle ook baie melk gaan produseer nie. Elke eienskap het
sy eie oorerflikheidswaarde, en die invloed wat die omgewing daarop het, verskil ook vir elkeen. Wetenskaplikes
het wél oor die afgelope aantal jaar vasgestel dat koeie met sekere ‘goeie’ bouvormeienskappe langer in kuddes
aanbly. As gevolg van hierdie eienskappe kan koeie die bestuursdruk in ʼn melkery beter weerstaan. Hoewel
die genetiese korrelasies tussen produktiewe leeftyd en eienskappe soos uiers, bene en pote positief is, is die
belangrikste eienskap wat koeie in die kudde hou, steeds die hoeveelheid melk wat hulle produseer. Daar is min
produsente wat koeie met hoë melkproduksiepeile sal uitskot omdat hulle ʼn aantal bouvormfoute het. Daarenteen
sal baie produsente koeie met lae melkproduksiepeile in die kudde hou omdat hulle ʼn ‘goeie’ bouvorm het. Dit
maak nie juis sin nie.

Hoewel ʼn lang lewe belangrik is, verseker dit ook nie dat koeie oor hul leeftyd baie winsgewend of doeltreffend
sal wees nie. Reeds in die vyftigerjare is vasgestel dat beide die hoeveelheid melk wat koeie produseer en hul
le-wensduur, hul doeltreffendheid of winsgewendheid positief beïnvloed (Tabel 1). Dit blyk dus dat die doeltref-
fendheid van koeie toeneem met ‘n groter aantal voltooide laktasies in hul leeftyd asook die hoeveelheid melk
wat per laktasie geproduseer word. ʼn Laag produserende koei moet egter baie langer in die kudde bly om ʼn
vergelykbare leeftydsdoeltreffendheid as ʼn hoër produserende koei te kan lewer.

Tabel 1. Die leeftydsdoeltreffendheid van koeie soos beïnvloed deur die aantal voltooide laktasies en melk-
produksie per laktasie
Leeftydsdoeltreffendheid van koeie
per aantal voltooide laktasies (%)
Laktasieproduksie (kg) 3 4 7 10
2730 14.4 15.2 16.6 17.3
3640 17.3 18.3 20.0 20.8
4545 19.8 21.0 22.9 23.8

ʼn Verdere probleem is dat die oorerflikheid van produktiewe leeftyd by melkkoeie laag is (8.5%). Produktiewe
leeftyd word dus hoofsaaklik deur omgewings- en bestuursfaktore beïnvloed. In vergelyking hiermee is die
oorerflikheid van melkproduksie aansienlik hoër, naamlik 25%, en daarom sou dit geneties makliker wees om
melkproduksie te verbeter as produktiewe leeftyd. Teeltwaardes vir produktiewe leeftyd word tans nog nie vir
Suid-Afrikaanse bulle beraam nie.

Daar is verskillende maniere om die doeltreffendheid of winsgewendheid van koeie te bereken. Die beste is om
ʼn koei se totale melk-, vet- of proteïenproduksie oor haar leeftyd, teenoor die totale hoeveelheid voer wat sy
oor haar leeftyd ingeneem het, te bereken. Dít sluit in alle voer wat sy as ʼn groeiende vers en as droë én lak-
terende koei ingeneem het. Ander berekeninge, soos daaglikse mekproduksie gedeel deur voerinname, is
eerder ʼn aanduiding van voedingsbestuur, en moet as sulks gebruik word.

’n Teeltdoelwit vir maksimum wins


Aangesien die melkproduksie en -samestelling van koeie so ʼn groot uitwerking op hul winsgewendheid en
leeftydproduksie het, behoort die teeltwaardes vir melkproduksie-eienskappe die grondslag van bulseleksie uit
te maak. Die maklikste metode sou wees om die beskikbare bulle van ʼn bepaalde semenmaatskappy volgens
teeltwaardes vir melkproduksie van hoog na laag te rangskik. ʼn Kombinasie van die teeltwaardes vir vet- en
proteïenproduksie kan ook gebruik word. Beskikbare indekse wat ʼn aantal eienskappe kombineer, kan ook
help. In hierdie lys word die afwyking van elke bul ten opsigte van vet- en proteïenpersentasie aangeteken. Die

103
betroubaarheid van die teeltwaardes sowel as die koste van ʼn strooitjie kan ook vir elke bul aangeteken word.
Uit hierdie lys soek die produsent dan sowat drie tot vier bulle vir ʼn koeikudde van 100. Besluit vooraf op die
maksimum prys vir ʼn strooitjie, sowel as die maksimum afwyking wat betref vet- en proteïenpersentasie. Vir
Holsteinverse moet bulle met ʼn hoë kalwingsgemak geselekteer word om kalwingsprobleme te beperk. In die
paring van koeie moet afwykende bouvormeienskappe in gedagte gehou word. Bulle met nageslag met minder
goeie uiers moet nie met koeie gepaar word wat reeds swak uiers het nie. Die rede hiervoor is dat dit die
probleem van swak uiers in die kudde sal vergroot.

ʼn Meer wetenskaplike metode vir bulseleksie is ʼn kommersiële paringsprogram. Vir die Elsenburg Holstein-
en -Jerseykuddes word bulle só gekies. Bulle wat vir die paringsprogram in aanmerking kom, moet aan ʼn
bepaalde minimum teeltwaarde vir melkproduksie voldoen. Daarmee saam moet hul afwykings wat betref vet- en
proteïenpersentasie by die dogters ook nie bepaalde maksimum waardes oorskry nie. Bouvormeienskappe van die
bulle se dogters speel ook ʼn rol. Die paringsprogram gebruik die oorerflikheidsyfers van 13 bouvormeienskappe
sowel as hul ekonomiese belangrikheid en genetiese korrelasies met produksie-eienskappe om bulle vir koeie te
selekteer.

Hoewel ʼn paringsprogram gerieflik is en op wetenskaplike beginsels berus, is baie produsente huiwerig om


dit te gebruik, aangesien hulle voel dat hulle dan ‘beheer’ oor die seleksie van bulle sal verloor. Omdat ʼn
paringsprogram met weinige subjektiwiteit gepaardgaan, is die gevoel by baie produsente dat dit die mistiek
van seleksie wegneem.

Bulsemen word dikwels deur KI-maatskappye teen spesiale pryse aan die bedryf beskikbaar gestel. Voordat ʼn
aantal strooitjies van so ʼn bul aangekoop kan word, moet die teelwaarde van die bul eers met die bestaande
lys van bulle vergelyk word om te bepaal of hy die moeite werd is om te gebruik. Ongelukkig het die verkoop
van die semen van KI-bulle ‘n kommoditeit geword wat beteken dat die prys van semen bepaal word deur die
vraag en aanbod daarvan. Indien die vraag na semen van ʼn bepaalde bul hoog is (soos wanneer ‘n bul bekend
is of gewild geraak het of wanneer die aantal strooitjies van ‘n bul beperk raak), sal die koste van die strooitjies
toeneem, ongeag die bul se genetiese meriete vir melkproduksie.

In die beoordeling van semenpryse, moet die produsent besef dat met die inseminasieproses twee
gebeurtenisse plaasvind, naamlik (i) die koei word beset sodat sy later weer kan kalf en in die melk kom; en (ii)
met die bevrugtingsproses word ‘n nageslag geskep met ‘n bepaalde genetiese meriete. Dít is waar genetiese
verandering in die kudde plaasvind. Semenpryse moet nie as ʼn aanduiding van die genetiese meriete van ‘n
bul gebruik word nie. ʼn Maklike manier om semenpryse in perspektief te kry, is om die teeltwaarde van ʼn bul
vir melkproduksie deur die prys van die strooitjie te deel. Dit bied ʼn aanduiding van die semen se genetiese
geldwaarde.

Met die ontwikkeling van teeltwaarderamings kan bulle aan die hand van ʼn groot aantal eienskappe geselekteer
word. Hierdie eienskappe word al hoe meer in indekse saamgevoeg. In Suid-Afrika, byvoorbeeld, gebruik SA
Jersey die sogenaamde SAINET-indeks, terwyl in Amerika die “Net Merit”-indeks baie sterk aanbeveel word. Dié
indekse voeg verskillende eienskappe, soos proteïen- en vetproduksie, produktiewe leeftyd, somatiese sel-
telling, uiersamestelling, bene en pote, grootte, vrugbaarheid, en kalwingsgemak van koeie saam.

Kan ’n kuddebul gebruik word?


Verkieslik moet ‘n produsent nie ʼn selfgeteelde bul of die buurman se bul in die telingsprogram van ʼn melk-
kudde gebruik nie. Buiten dat ʼn kuddebul lewensgevaarlik vir werkers kan wees, is daar gewoonlik slegs
beperkte inligting beskikbaar oor die genetiese meriete van so ʼn dier. Indien ʼn bul aangekoop word uit ʼn kudde
wat aan melkaantekening deelneem, kan ʼn voorspelde teeltwaarde (PBV) vir sodanige bul bereken word. Daar

104
is egter steeds geen inligting oor die kalwingsgemak en ander eienskappe van die bul beskikbaar nie. Indien
stamboominligting van die bul ontbreek, is die beraming van sy teeltwaarde ook nie baie akkuraat nie. Dekking
met ʼn kuddebul is in elk geval nie veel goedkoper as KI nie, dit is bloot geriefliker. Die moontlikheid is meer
as 80% dat ʼn kuddebul se teeltwaarde laer as die meeste KI-bulle sal wees. Indien ʼn bul wél aangekoop moet
word, moet hy verkieslik uit ʼn kudde met ʼn hoër genetiese meriete kom as die kudde waarin hy gebruik gaan
word. Hoogstens 15–20% van die koeie in die kudde moet die nageslag van kuddebulle wees. Bulle moet ook
gereeld vervang word omdat hul genetiese waarde onseker is.

Afsluiting
Die genetiese meriete van ʼn melkkudde word hoofsaaklik bepaal deur die bulle wat die produsent in die kudde
gebruik. Bulseleksie geskied daarom met die oog op die langtermyninkomste van ʼn melkery. Die seleksie van
bulle kan die inkomste van ʼn kudde positief óf negatief beïnvloed. Bulseleksie moet dus verkieslik op ekono-
miese en wetenskaplike beginsels berus. Die groot hoeveelheid genetiese inligting wat vir elke bul beskikbaar
is, kan verwarrend wees. Met ʼn eenvoudige seleksiepraktyk kan produsente steeds goeie genetiese vordering
in ʼn kudde maak. Dit is egter uiters belangrik om aan melkaantekening deel te neem, om die vordering in die
genetiese meriete van die kudde te monitor. Let daarop dat KI-koste gewoonlik minder as 5% van totale melk-
produksiekoste uitmaak, en daarom moet produsente nie hieraan probeer bespaar nie. ʼn Manier om aan KI-
koste te bespaar is om semen van jong bulle in die toetsprogram aan te koop. Daarbenewens moet die aantal
eienskappe waarvoor geteel en geselekteer word, tot hoogtens produksie-eienskappe beperk word.

105
Hoofstuk 11
Voordele en vertolking van die Melkaantekeningskema

Inleiding
Boere staan voor groot uitdagings om in die voedingsbehoeftes van die land te voorsien. Dit het daarom
noodsaaklik geword om elke koei se genetiese potensiaal ten volle te benut. Die ongekontroleerde vermeer-
dering van veegetalle is weens beperkte hulpbronne nie die oplossing om hoër produksie te behaal nie. Hiér
is prestasietoetsing in die vorm van die melkaantekeningskema ʼn onontbeerlike hulpmiddel. Dit is die enigste
manier om goeie en swak produseerders uit te wys. Die oogmerk moet die maksimum produksie met die mini-
mum aantal diere wees.

Die doel van die Skema


Die hoofdoel van die Melkaantekeningskema is om die ekonomies en biologies doeltreffende produksie van die
nasionale melkkudde soos volg te verbeter:
• Deur laag produserende koeie in deelnemende kuddes te identifiseer, en die moontlike oorsake van hul lae
produksie vas te stel
• Deur bestuurs- en voedingspraktyke waar nodig aan te pas, en die uitskot van minderwaardige produseerders
aan te beveel
• Deur die potensiële genetiese produksievermoë van diere af te lei, en beproefde jong bulle deur middel van
KI in die nasionale kudde te gebruik.

Die resultaat van prestasietoetsing die afgelope dekade (1996/1997 -


2006/2007)
Die aantal laktasies per jaar het in die afgelope tien jaar met ongeveer 6% van 132 346 tot 124 460 afgeneem.
Die daling in koeigetalle is grotendeels toe te skryf aan die ongekende droogtes, verhoogde produksiekoste en
ʼn gepaardgaande betreklik lae melkprys, wat daartoe gelei het dat melkkuddes verkoop moes word. Kuddes
wat aan die Skema deelneem, lewer egter 60% meer melk per laktasie as die nasionale kudde.

Ten spyte van die daling in koeigetalle, het die gemiddelde melkproduksie van koeie met sowat 12% van 6 154
kg tot 7 013 kg toegeneem (Tabel 1). In dié tyd het die bottervetpersentasie in melk van 3.71% tot 4.11%
gestyg. Albei hierdie veranderinge is deels te danke aan doeltreffende seleksie weens die beskikbaarheid van
beraamde teeltwaardes vir produksie-eienskappe.

Tabel 1. Die gemiddelde produksie van alle koeie wat aan prestasietoetsing deelgeneem het (1 305-dag laktasie-
periode)
Toetsjaar Aantal laktasies1 Melkproduksie Bottervet Proteïen
(kg) (%) (%)
2006/2007 124 460 7 013 4.11 3.17
1996/1997 132 346 6 154 3.71 3.32
Verskil -7 886 859 +0.40 -0.15
% verskil -5.9 +12.2 +9.03 -4.5

In Tabelle 2 en 3 word die gemiddelde produksie per laktasie vir geregistreerde en graadkoeie onderskeidelik
aangedui. Die toename in melkproduksie is die resultaat van genetiese vordering en beter omgewingsfaktore,
soos beter voedings- en bestuurspraktyke.

106
Tabel 2. Gemiddelde produksie per laktasie van geregistreerde koeie
Aantal Produksie (kg) Persentasie (%)
Jaar koeie Melk Vet Proteïene Vet Proteïene

96/97 75 977 6 491 245 209 3.77 3.21


97/98 77 151 6 834 260 225 3.80 3.29
98/99 77 167 6 904 262 221 3.79 3.20
99/00 73 352 6 848 261 220 3.81 3.21
00/01 69 007 6 850 260 224 3.79 3.27
01/02 67 102 6 941 265 230 3.81 3.31
02/03 70 716 6 861 284 234 4.14 3.41
03/04 75 071 7 131 301 245 4.22 3.43
04/05 67 860 7 168 292 244 4.07 3.40
05/06 73 377 7 400 303 253 4.09 3.42
06/07 72 079 7 358 304 249 4.12 3.38

Tabel 3. Gemiddelde produksie per laktasie van graad koeie


Aantal koeie Produksie (kg) Persentasie (%)
Jaar Melk Vet Proteïene Vet Proteïene

96/97 56 369 5 699 207 180 3.63 3.15


97/98 56 623 6 028 220 194 3.64 3.21
98/99 58 325 6 076 219 190 3.60 3.12
99/00 52 133 6 037 217 189 3.59 3.13
00/01 48 314 6 050 218 193 3.60 3.19
01/02 46 550 6 131 222 199 3.62 3.24
02/03 48 095 6 125 245 203 4.00 3.32
03/04 48 612 6 259 256 209 4.09 3.34
04/05 46 226 6 305 253 211 4.01 3.35
05/06 53 547 6 429 258 217 4.01 3.38
06/07 52 381 6 537 268 220 4.10 3.37

Elke deelnemer aan die Skema ontvang jaarliks die genetiese vordering van elke kudde, sowel as die beskik-
bare tendense per ras, in die vorm van ʼn kuddeprofiel. Met dié inligting kan die deelnemer sy seleksiedoelwitte
baie akkuraat monitor. Dit is ook moontlik om genetiese tendense in ʼn bepaalde ras te vergelyk. Die kuddepro-
fiel toon ook die intelingskoëffisiënt van elke dier, sowel as die intelingsvlak ten opsigte van die kudde en die
ras in sy geheel. Met korrektiewe paring kan die deelnemer derhalwe inteling op ʼn kuddebasis monitor en op ʼn
aanvaarbare vlak hou.

Vertolking van die Melkaantekeningskema

Die Skema bestaan uit twee fases:

Fase A behels die bepaling van die prestasie van elke koei in die skema aan die hand van (i) daaglikse; en (ii)
totale laktasieproduksie van melk, bottervet en proteïene. Die daaglikse syfers stel die lede in staat om volgens
produksie te voer en bestuur te verbeter, terwyl die totale opbrengste die basis is waarop koeie uitgeskot, kom-
mersieel gebruik, of as potensiële stammoeders geïdentifiseer word.

107
Vir praktiese doeleindes maak die skema nie van werklike daaglikse produksies gebruik nie, maar eerder ʼn
metode waar deelnemers elke vyf weke koeie se werklike produksie oor ʼn periode van 24 uur meet. Met agt
sulke toetse oor ‘n laktasieperiode word die laktasieproduksie oor ʼn periode van 305 dae bereken. By hoë
produseerders is dit moontlik om ʼn amptelike verlengde laktasie verby die 305 dae aan te teken, wat ʼn baie
akkurate weerspieëling van elke koei se lewensproduksie moontlik maak.

Navorsing het getoon dat dié metode baie akkuraat is in vergelyking met daaglikse melkaantekeninge. By die
ontleding van verskeie laktasies het 95% van gevalle met slegs 5% afgewyk van berekeninge op grond van
werklike daaglikse produksie.

Fase B behels die sistematiese nageslagtoetsing van melkbeesbulle om bulle met ʼn voortreflike nageslag uit te
wys.

Die BLUP- (“Best Linear Unbiased Prediction”-) beramingsmetode word algemeen as die akkuraatste voorspeller
van teeltwaardes aanvaar. Die beraamde teeltwaarde (EBV) vir elke dier verskyn in die eenheid waarin dit
gemeet word, soos kg in die geval van melkproduksie.

Seleksie is die proses waardeur sekere individue in ʼn populasie bo ander verkies word om die volgende gen-
erasie te produseer. Die genetiese verbetering in produksie-eienskappe vanweë seleksie is meestal minder
indrukwekkend as produksieverbeterings as gevolg van gunstiger omgewingsfaktore, soos beter voeding en
bestuur. Genetiese verbetering is egter permanent, terwyl gunstige omgewingsfaktore produksie slegs verhoog
solank die omstandighede geld. Dít word in die volgende vergelyking weerspieël:

VP = VG + VE

waar VP = fenotipiese produksievermoë , byvoorbeeld melk-, bottervet- en proteïenproduksie


VG = genetiese produksievermoë
VE = omgewingsfaktore, byvoorbeeld voeding en bestuur

Die fenotipiese produksievermoë van elke dier kan gemeet word. Met behulp van die BLUP-metode is dit moont-
lik om die genetiese bydrae en die omgewingsuitwerkings wat in die dier se produksievermoë ʼn rol speel, te
skei. Daarom is dit moontlik om ʼn dier se genetiese vermoë te bepaal, en kan akkurate seleksie gedoen wrod.

Terugvoer aan deelnemers


• Vir elke dier wat ʼn laktasie voltooi, ontvang die produsent ʼn volledige datastel ten opsigte van melk-, bot-
tervet- en proteïenproduksie sowel as tussenkalfperiode, en ooreenstemmende indekse en EBV’s vir elke
komponent.
• ʼn Samevatting van terugvoer aan deelnemers sien soos volg daar uit:
• ʼn Opsomming van toetsdagresultate. Dít sluit in data soos totale melkopbrengs en gemiddelde
opbrengs per koei op die toetsdag, sowel as ʼn geskatte gemiddelde oor 305 dae vir elke koei in die
kudde.
• ʼn Produksieverslag van alle getoetste koeie. Hier val die klem op die totale produksie van elke dier in
die melk tot op hede, saam met geskatte produksies en inkomste oor 305 dae op grond van die melk-
prys wat die eienaar verskaf.
• Aanvullend tot die amptelike verslae wat die deelnemers vanaf die databasis INTERGIS ontvang, is daar
ook verskeie ander tersaaklike verslae wat op LOGIX beskikbaar is. Deelnemers ontvang ʼn gebruikerskode
en wagwoord wat toegang verleen tot die deelnemer se kuddedata deur die kudde op www.logix.org.za te
aktiveer. Die verslae val in een van twee kategorieë, naamlik reproduksieverslae of prestasiegerigte verslae.
Reproduksieverslae sluit onder meer die volgende in:

108
◊ Kuddereproduksieverslae
◊ Kuddestatusverslae
◊ Omskrywende Reproduksieverslae

Prestasiegerigte verslae bestaan weer onder andere uit die volgende:

◊ Teelkuddeseleksieverslae
◊ Internasionale teeltwaardes
◊ Die BLUP Bloedhond-soekfasiliteit

• Ras-, streek- en kuddegemiddeldes word ná die afsluiting van ʼn toetsjaar einde Augustus aan al die deelne-
mers voorsien. Elke kudde word ten opsigte van streek- en nasionale gemiddeldes ontleed.
• BLUP-teeltwaardes in die vorm van ʼn kuddeprofiel is twee keer jaarliks aan deelnemers beskikbaar. Die
kuddeprofiel bevat EBV’s vir melk-, bottervet- en proteïenproduksie vir elke dier in die kudde, sowel as
EBV’s vir inteling en somatiese seltelling. Dit verhoog die akkuraatheid van seleksie om sodoende genetiese
vordering in die kudde teweeg te bring.
• ʼn Jaarverslag van die amptelike melkaantekeningskema.

Voordele van deelname aan die Skema

Deelname aan die melkaantekeningskema hou die volgende voordele in:


• Indeksberekenings is binne-kudde vergelykings tussen individuele produksiedata en ʼn progressiewe kudde-
gemiddelde. Diere word dus onder dieselfde plaasomstandighede en bestuursomstandighede beoordeel.
• Laktasies word volgens die kalwingsnommer, ras, geregistreerd of graad, en die aantal kere wat die koei in
die kudde gemelk is, geklassifiseer. Diere van min of meer dieselfde ouderdom word dus vergelyk.
• Met behulp van die 4% VGM-produksie is dit ook moontlik om diere van verskillende kalwingsnommers te
vergelyk.
• In elke stel amptelik verwerkte laktasierekord word die betrokke dier se produksie per dag van lewe ook
aangedui. Dit is ʼn uitstekende hulpmiddel om die doetreffendheid van ʼn dier te bepaal.
• Met betrekking tot die ras-, streek- en kuddegemiddeldes word elke kudde volgens kalwingsnommers
met die streek- sowel as die nasionale gemiddelde vergelyk. Dié vergelykings moet egter nie te ernstig
opgeneem word nie, omdat die skema uitsluitlik daarop gemik is om die vordering van individuele kuddes in
ʼn bepaalde opset wat betref genetiese eienskappe en bestuurspraktyke te stimuleer.
• Deur maandeliks via die geïntegreerde program korrekte en volledige verslae in te dien kan die terugvoer
feitlik as ʼn bestuursprogram aangewend word.
• Een van die grootste voordele is dat keuring in ʼn baie vroeë stadium gedoen kan word, omdat
kummulatiewe produksiesyfers van elke laktasie maandeliks beskikbaar is.
• Abnormale afwykings in produksie, sowel as die ekonomiese doeltreffendheid van elke dier, word
maandeliks weergegee.
• Aangesien EBV’s vir elke dier in ʼn deelnemer se kudde beskikbaar is, kan seleksie op grond van die dier se
genetiese produksievermoë meer akkuraat geskied.

109
Hoofstuk 1
Die koei-uier, sakreaksie en stalroetine
‘Remember a cow is a mother and her calve is a baby’

‘…She shall then milk the cow boldly, and not leave stretching and straining of her teats, till one drop of milk
more will come from them; for the worst point of housewifery that can be, is to leave a cow halfe milkt; for be-
sides the losse of milk it is the only way to make a cow dry, and utterly unprofitable for the dairy. The milkmaid
whilst she is milking, shall do nothing rashly or suddenly about the cow which may afright or amaze her; but as
she came gently, so with all gentleness she shall depart’
deur C. Markham (1660) in The English housewife – a way to get wealth.

Anatomie van die uier


Die uier van ʼn volwasse melkkoei weeg tussen 10 kg en 25 kg. Dit bestaan uit vier afsonderlike melkkliere, wat
ook as kwarte bekend staan. Elke kwart het ʼn speen, en daar is geen verbinding tussen die kwarte nie. Melk
kan dus nie van die een kwart na ʼn ander beweeg nie.

Die uier is ʼn gespesialiseerde velklier, en is slegs deur die lieskanaal met die buikholte verbind. Die bloed- en
limfvate sowel as die senuwees wat die uier bedien, gaan deur die lieskanaal na die uier.

Van agter beskou, word die uier deur die uier- of intermamillêre groef in ʼn linker- en regterhelfte verdeel. Die
agter- en voorkwarte is gewoonlik meer aaneenlopend. Die agterkwarte is dikwels die grootste, en produseer
meer melk as die voorkwarte. Die melkproduksievermoë van die voor- en agterkwarte is min of meer in die
verhouding 40:60.

Die uier word aan die liggaam geheg deur:


(i) die middelligamente, wat ook die linker- en regterhelftes van die uier skei (Figuur 1); en
(ii) die syligamente, wat aan die buitekant van die uier voorkom, en onder die uier met
die middelligamente saamvloei (Figuur 1 en 2).

Die ideale uier word kleiner gedurende die melkproses, en behoort volkome elasties te wees nadat dit leegge-
melk is. Die uier moet goed na voor onder die koei se pens vasgeheg wees om die beskikbare ruimte ten volle
te benut. Die uier moet oor ʼn groot vermoë beskik om so veel moontlik melk te lewer. Die produksie van melk
in die uier hou op wanneer die beskikbare ruimte in die uier vol is. Die grootte en vorm van die speen wat elke

110
Figuur 1. Aanhegting van die uier kwart dreineer, is onafhanklik van die grootte
en vorm van die uier. Buiten die vier normaal
funksionerende spene, is daar by ongeveer
40% van koeie ook een of meer bykomstige
speentjies. Hierdie speentjies bevat egter geen
melkafskeidingsweefsel nie, en kom gewoonlik
aan die agterkant van die agterkwarte voor.
Lateraal-draende ligament
Die melkafvoerstelsel
Die speenopening is in die onderpunt van die
speen geleë, en word deur ʼn ringspier oop- en
toegemaak. Hierdie spieromlynde kanaaltjie
verhoed dat vuiligheid die kwart binnedring,
of melk tussen melkbeurte uit die kwart vloei.
Figuur 2. Aanhegting van die uier Aan die bopunt van die kanaal wat die speeno-
pening vorm, is die Furstenberg-roset. Dít is ʼn
aantal weefselvoue wat op die opening van die
kanaal afdruk en só help keer dat melk vryelik
uit die kwart vloei.
Lateraal-draende ligament
Die speensinus is net bo die speenopening.
Sentrale
draagspierband Sirkelvormige membrane kom in hierdie sinus
voor wat soms oor die speensinus aan mekaar
Uiergroef vasgroei en só ʼn afsluiting vorm wat melkvloei
stuit. Indien dít gebeur, moet die vlies met ʼn
spesiale naald oopgemaak word.

Die uiersinus (of melksinus) is aan die bokant van die speensinus in die uier. Daar is geen definitiewe skeiding
tussen die speen- en die uiersinus nie, en dus is dié twee grootliks aaneenlopend. Uit die uiersinus vertak vyf
tot 20 groot melkbuise, wat op hul beurt herhaaldelik in uiters fyn melkbuisies vertak, wat elk uiteindelik in ʼn
alveolus doodloop (Figuur 3).

ʼn Alveolus bestaan uit ʼn enkele laag melkproduksieselle aan die binnekant van ʼn sferiese basismembraan. Dié
laag epiteelselle omring die alveolusholte (“lumen”), waarin die melk afgeskei word. ʼn Digte netwerk mio-
epiteelselle (spierweefsels) en bloedvate omring die alveolus (Figuur 4). Elke buisholte dreineer in ʼn klein
melkbuisie. Dié klein buisies vloei saam na die groter melkbuise. Die uier bevat ʼn groot aantal alveoli, welke
hoeveelheid grootliks die melkproduksievermoë van die koei bepaal.

Melkafskeiding
Elke alveolus word deur ʼn digte netwerk fyn bloedvaatjies omring. Dié bloedvate voorsien die melkproduksie-
selle van die grondstowwe waaruit melk saamgestel word.

Uierdruk en spoed van melkvorming


Melk vorm aanhoudend in die uier. Na afloop van die melkproses, verkeer die uier onder atmosferiese druk.
Namate melk in die uier vorm, neem die druk in die uier toe. Die spoed waarteen melk in die uier vorm, staan
in ʼn omgekeerde verhouding tot die druk in die uier. Ná ongeveer tien uur, en indien die uier nie uitgemelk word
nie, neem die tempo van melkvorming af. Dié afname is veral skerp ná ongeveer 24 uur. Ná sowat 36 uur is die
druk in die uier so hoog dat melkvorming geheel en al staak. Deur koeie gereeld uit te melk, word melkvorming
gestimuleer. Hoe meer dikwels koeie uitgemelk word, hoe hoër is hul melkproduksie.

111
Melkintervalle en melkproduksie Figuur 3. Melkafvoerstelsel
Lang intervalle tussen opeenvolgende melkings laat
die drukking in die uier dermate toeneem dat die
Lob
melkvormingstempo merkbaar afneem. Dit beperk dus
die totale hoeveelheid melk wat geproduseer word. Deur Alveoli
die intervalle tussen melkbeurte te verkort is dit moont-
Melkbuisies
lik om die daaglikse melkproduksie te verhoog.
Lobule

Deur koeie drie keer in plaas van twee keer per dag te Verbindingsweefsel
melk word die melkproduksie gewoonlik met 5–25% Melkbuise
verhoog. Voldoende voervoorsiening is egter ʼn belang-
rike voorvereiste.
Uiersinus
Die sakreaksie
Die grootste persentasie van die melk in die uier word
Speenbasis Kringvou van die sinus
in die buisholtes (“lumena”) van die alveoli, en in die
klein melkbuisies geberg. Indien die koei nie saamwerk Haarlose vel
van speen Speensinus
nie, kan die groot hoeveelheid melk in die alveoli en Speen

klein melkbuisies nie uit die uier verwyder word nie. Speenwand Forstenbergse roset
Net ʼn klein hoeveelheid melk in die groter melkbuise en Ringspier
Speenpunt
speen- en uiersinusse kan sonder die koei se samewerk-
Speen-opening
ing uitgemelk word. Dié melk, wat slegs ʼn klein persen-
tasie van die totale hoeveelheid melk in die uier uit-
maak, word die voormelk genoem.
Arterie
Figuur 4. Die alveolus
Wanneer ʼn koei gemelk word, is slegs die voormelk Epiteelselle
onmiddellik beskikbaar. Voordat die melkproses kan
voortgaan, dit wil sê voordat die koei sal ‘sak’, moet Lumen met
vetdruppels
haar senustelsel eers geprikkel word.

Die senuprikkel wat vir die sakreaksie verantwoorde-


Myo-epiteelselle
lik is, begin met ʼn verskeidenheid stimuli, soos die
teenwoordigheid van die kalf of melker, en die ge-
luid of suiging van die melkmasjien, sowel as ander Aar

aktiwiteite wat met die melkproses verband hou.


Melkbuisie
Gewoonlik is die normale melkvoorbereidingsprose-
dures, soos die was en afdroog van die uier, ook sterk
stimuli vir die aanvang van melkvloei.
Melkbuisie

Die senuprikkel het tot gevolg dat die hormoon ok-


sitosien in die bloed vrygestel word. Oksitosien word
deur die bloedstroom na alle dele van die liggaam,
wat die uier insluit, versprei. Wanneer dit die uier bereik, laat dit die spierweefsel wat die alveoli en klein melk-
buisies omring, saamtrek. Die melk word gevolglik uit die buisholtes van die alveoli gedwing. As gevolg hiervan
vul die sinusse en groter melkbuise met melk; die uier en spene word styf, en die druk in die uier neem toe. Dit
staan bekend as die sakreaksie, waarna die koei dan uitgemelk word. Ongeveer 45–60 sekondes verloop vandat
oksitosien vrygestel word totdat dit die uier bereik om die sakreaksie aan te voor.

112
Die onderdrukking van die sakreaksie
Bepaalde emosionele steurnisse waaraan koeie blootgestel word, kan die sakreaksie onderdruk. Veral skok, pyn
en woede by die koei strem die melklatingsrefleks. Die onmiddellike staking van die sakreaksie word veroor-
saak deurdat die byniere met ʼn senuprikkel gestimuleer word om die hormoon adrenalien (“epinephrine”) in die
bloedstroom te laat afskei.

Die melkroetine
ʼn Doeltreffende en vaste melkroetine wat die melkers begryp en waaraan die koeie gewoond is, is ʼn baie
belangrike aspek om hoë melkproduksies te behaal. ʼn Ondoeltreffende melkstalroetine veroorsaak:

• lae melkproduksies,
• lae vettoetse,
• kort laktasies en
• hoë voorkoms en verspreiding van mastitis

Die basiese stappe van ‘n goeie melk- of stalroetine is soos volg:

1. Was van die uier


Die koei se spene en uier moet voor die melkbeurt behoorlik met skoon, verkieslik lopende, water gewas word
(Figuur 5). Dít het die volgende drie funksies:
• Dit keer die bakteriese besmetting van die melk.
• Dit stimuleer die koei, sodat die sakreaksie kan plaasvind.
• Dit bied beskerming teen mastitis.

Vuiligheid en mis wat aan die koei se uier en spene kleef, bevat groot hoeveelhede bakterieë. Om te voorkom
dat hierdie vuiligheid en bakterieë gedurende die melkproses in die melk beland, is dit noodsaaklik dat die
onderste gedeelte van die uier, en veral die spene, onmiddellik voor die melkingsproses deeglik gewas word.
Water by kamertemperatuur, lou water (40 ˚C), of verkieslik water met ʼn ontmettingsmiddel, kan vir hierdie
doel gebruik word. Die volgende wasprosedures is beskikbaar:

Figuur 5. Was van die uier Figuur 6. Afdroog van die uier

113
• Die emmermetode: Dié metode word egter nie meer aanbeveel nie.
• ʼn Tuinslang met ʼn spuitkop: Hierdie metode is higiënies, gerieflik, en is veral prakties in melkportale
• Die speenwasaksie kan óf met die kaal hand óf met ʼn enkeldienswaslap uitgevoer word. Apparate wat
terselfdertyd ʼn ontsmettingsmiddel vrystel, is ook beskikbaar.

ʼn Uier is doeltreffend gewas wanneer:


• alle vuilheid deeglik van die laer uier, en veral die spene, verwyder is;
• die boonste gedeelte van die uier nie onnodig nat geword het nie; en
• dit met ʼn enkeldienspapierhanddoek afgedroog is voordat die kloustukke aangebring word (Figuur 6).

Die was van die uier dien gewoonlik as stimulus vir die sakreaksie. Die hele proses, van was tot afdroog, moet
binne sowat 45 sekondes plaasvind. Dan word die koei vir mastitis getoets, waarná die melkereenheid of klous-
tuk dadelik aangesit word.

2. Toets vir mastitis


Die eerste toets word uitgevoer deur met die vingers ʼn klein hoeveelheid voormelk in ʼn toetsbeker (“strip cup”)
(Figuur 7) of in die spaan wat vir die Kaliforniese mastitistoets gebruik word, uit te melk (Figuur 8). Só kan die
melker seker maak dat die speenopening nie verstop is nie, en dat die melk vry is van mastitis, bloed en ander
abnormaliteite. Moderne melkmasjiene kan oor elektroniese apparaat beskik wat die elektriese geleidingsver-
moë van die melk meet. Dié apparaat word gewoonlik net ná die kloustuk in die melkbuis geïnstalleer. ʼn Abnor-
maal hoë geleidingsvermoë dui gewoonlik op uierontsteking.

3. Aansit van die melkereenheid


Die speenhulse moet binne sowat 1–1½ minuut nadat die uier voorberei is, aan die spene geheg word (Figuur
9). Ná die aanvanklike stimulasie neem die invloed van die sakreaksie vinnig af, en moet die melkproses begin
om te verseker dat koeie in die kortste moontlike tyd uitgemelk word. Indien dit nié gebeur nie, neem die
volume melk wat ná melking in die uier agterbly, toe.

Figuur 7. Melkbemonitering in ’n toetsbeker Figuur 8. Melkbemonstering vir die Kaliforniese mastitistoets

114
4. Namelk
Die proses om ná die staking van die normale melkvloei nóg melk uit die uier te verwyder staan as namelk
bekend. Die masjiennamelkproses het die handmelkproses grootliks vervang. In die namelkproses word die
melkereenheid afwaarts gedruk, en word die uier gemasseer (Figuur 10).

Namelk verseker dat alle beskikbare melk uit die uier onttrek word.

Figuur 9. Die aansit van die kloustukke


Die noodsaaklikheid en voordeel van namelk
hang grootliks af van hoe deeglik die koei aan-
vanklik uitgemelk word.

Die volgende faktore bepaal of ʼn koei volledig


uitgemelk word:
• Die doeltreffendheid van die aanvanklike
stimulasie
• Die tydige benutting van die sakreaksie
• Die doeltreffendheid van die melk
masjien.

Omdat dit tydrowend is, word die namelkproses


dikwels uit die melkstalroetine weggelaat, veral
wanneer koeie in groepe gemelk word. In melk-

Figuur 10. Die namelkproses


stalle waar koeie individueel gemelk word, is namelk egter moontlik.
Ongeag die metode, moet melkers verseker dat die koeie volledig uitge-
melk word.

5. Afhaal van die kloustukke/melkereenhede


ʼn Koei word oormelk wanneer die kloustukke aanbly nadat die uier reeds
leeg is. Dít het die volgende nadele:

• Dit laat die speenopeninge vinniger verweer.


• Dit kan die voorkoms van nuwe mastitisgevalle verhoog.
• Dit verspil masjientyd.

As gevolg van hierdie nadele, behoort ʼn goeie roetine daarvoor voorsien-


ing te maak dat die kloustukke verwyder word sodra die melk ophou vloei.
Die eenhede word verwyder deur die vakuum in die kloustuk af te sluit,
en die eenhede ligweg van die spene te verwyder (Figuur 11). Die nuutste
melkmasjiene sluit die vakuum in die kloustuk outomaties af sodra die
melkvloei uit die uier afneem en ophou.

6. Spoel van die kloustukke/melkereenhede


In ʼn poging om die verspreiding van mastitis tussen koeie te beperk, kan die kloustukke, nadat dit van ʼn koei
afgehaal is, met water gespoel word voordat dit weer aan ʼn volgende koei gesit word. Menige melkstalroetine
laat egter hierdie stap uit omdat dit tydrowend is. Die kloustukke kan eers in water, en dan in water met ʼn
ontsmettingsmiddel gespoel word. Terugspoeling met water wat ʼn ontsmettingsmiddel bevat, is ook ʼn moont-
likheid.

115
7. Speendoop
Die doeltreffendste enkele aksie in die voorkoming van nuwe mastitisgevalle by lakterende koeie, is om onmid-
dellik na afloop van die melkproses die spene (en veral die speenopeninge) in ʼn geskikte ontsmettingsmiddel te
doop. Die ontsmettingsmiddel kan ook as ʼn sproei aangewend word om die doeltreffendheid van die speendoop
te verbeter (Figuur 12). Deur die spene te doop kan die persentasie nuwe besmettings met sowat 50% vermin-
der. ʼn Wye reeks ontsmettingsmiddels is vir hierdie doel beskikbaar.

ʼn Speendoop het die volgende voordele:


Figuur 11. Verwydering van die kloustukke/
• Dit vernietig bakterieë wat aan die einde van die melk-
melkereenhede
proses op die spene agterbly, en wat mastitis kan veroorsaak.
• Dit dra by tot die voorkoming en heling van krake en let-
sels aan spene. Speendoopmiddels wat gliserol bevat, is veral
geskik hiervoor.

Figuur 12. Speendoop

116
Hoofstuk 2
Die samestelling van melk
Variasie is die konstantste eienskap van die samestelling van melk

Omskrywing van melk


Melk is die onverdunde, vars vloeistof wat deur die uier afgeskei word deur koeie een of meer keer per dag
volledig uit te melk. Dit sluit egter nie die vloeistof in wat in die 15 dae voor en ongeveer vyf dae ná kalwing
uitgeskei word nie. In dié tyd staan die vloeistof as kolostrum, of biesmelk, bekend.

Wisseling in samestelling
Melk van verskillende bronne kan heelwat in samestelling verskil. Selfs die melk van dieselfde koei sal tussen
opeenvolgende melkings in sowel hoeveelheid as samestelling verskil. Dié veranderlikheid is hoofsaaklik toe te
skryf aan die wisselwerking tussen ʼn lang lys fisiologiese, oorerwings- en omgewingsfaktore.

Die samestelling van koeimelk, soos in Tabel 1 aangedui, word dus bepaal deur ʼn groot aantal monsters van
uiteenlopende bronne en ál die verskillende rasse te ontleed.

Tabel 1. Die makro-samestelling van koeimelk


Inhoud
Bestanddeel (%)
Water 87.2
Vet 3.7
Proteïene 3.5
Laktose 4.9
Minerale 0.7
Vetvrye vaste stowwe 9.1
Totale vaste stowwe 12.8

Melk van verskillende diere bevat dieselfde bestanddele, maar in wisselende hoeveelhede. In Tabel 2 word die
gemiddelde samestelling van die melk van verskillende soogdiere aangetoon.

Tabel 2. Gemiddelde samestelling van die melk van verskillende soogdiere


Diersoort Water (%) Vet (%) Proteïene (%) Laktose (%) Minerale (%)
Mens 87.4 3.8 1.6 7.0 0.2
Koei 87.2 3.7 3.5 4.9 0.7
Bok 87.0 4.3 3.5 4.3 0.9
Skaap 80.7 7.9 5.2 4.8 0.9
Buffel 82.8 7.4 3.6 5.5 0.8
Kameel 87.6 5.4 3.0 3.3 0.7
Perd 89.0 1.6 2.7 6.1 0.5
Donkie 89.0 2.5 2.0 6.1 0.4
Takbok 63.3 22.5 10.3 2.5 1.4

Van ál die bestanddele toon die vetinhoud van koeimelk die grootste wisseling van dag tot dag. Die wisseling is
minder in die geval van proteïeninhoud, en nóg minder in die geval van laktose-inhoud (Tabel 3).

117
Tabel 3. Die verwagte wisseling (in persentasie eenhede) in die samestelling van Holstein- en Jerseymelk oor ’n
periode van 10 dae
Ras
Bestanddele Holstein Jersey
Vet (%) 0.30 0.40
Proteïen (%) 0.14 0.12
Laktose (%) 0.07 0.09

Individuele melkbestanddele

Water
Melk is ʼn natuurlike, vloeibare voedsel wat 86–88% water bevat. Water verleen volume aan die melk, en is die
medium waarin die ander melkbestanddele opgelos is of dryf.

Melkvet
Die vetinhoud van melk wissel meer as enige van die ander bestanddele. In massamelk is die wisseling ge-
woonlik 3–5%, maar in individuele koeie se melk kan dié variasie selfs groter wees. Vet in melk kom in die
vorm van baie klein druppeltjies (“globules”) voor wat in die water ronddryf. In 1 mℓ melk kan soveel as drie
miljard van hierdie globules voorkom.

In die waterige fase dryf die vetglobules as ʼn olie-in-water-emulsie in die melk rond.

Indien melk, wat ʼn digtheid het van ongeveer 1.032, ongeroer gelaat word, styg die ligter melkvet (met ʼn
digtheid van 0.93) boontoe en vorm ʼn roomlaag.

Die voorlopers van melkvet is soos volg:


• Bloedglukose wat in die uier na gliserol omgeskakel word

Die vetsure kom van:


• kortketting-organiese sure, hoofsaaklik asynsuur, wat weens die fermentasie van moeilik verteerbare kool-
hidrate wat in hoë konsentrasies in veselryke voer voorkom, in die rumen geproduseer word,
• asynsuur wat via die bloed na die uier gaan,
• liggaamsvet wat benut word en
• vet in voer.

Melkproteïene
Die proteïeninhoud van massamelk wissel normaalweg van 2.8% tot 4.0%. Die daaglikse variasie in die
proteïeninhoud van melk is aansienlik minder as in die geval van melkvet.

Proteïene is polimere (samestellings) van aminosure, waarvan daar ongeveer 19 in melk voorkom.

Melk bevat verskeie proteïene, waarvan die samestelling en eienskappe verskil. Die volgende is die belangrik-
ste:

(i) Kaseïen
Kaseïen is die proteïenfraksie in melk wat sal presipiteer (neerslaan) of verdik wanneer melk suur word. On-
geveer 78–80% van die proteïene in melk is kaseïen. Kaseïen kom nêrens anders in die natuur voor nie, en
neem in melk die vorm van ʼn baie fyn kolloïdale (klewerige) suspensie aan.

118
(ii) Albumien en globulien
Hierdie twee proteïene kom in ʼn ware oplossing in melk voor, en word nie deur suur of rennien gepresipiteer
nie. Gedurende die kaasmaakproses gaan dit in die wei verlore, en word daarom oplosbare of weiproteïene ge-
noem. Die totale persentasie weiproteïene in melk is ongeveer 0.4–0.7%. Globulien dra immuniteit teen siektes
van die koei na die pasgebore kalf oor – daarom bevat biesmelk ʼn hoë persentasie daarvan.

Laktose (melksuiker)
Laktose in ʼn noemenswaardige hoeveelheid kom slegs in melk voor. Dit is ook die enigste suiker of koolhidraat
in melk. Die gemiddelde persentasie laktose in normale koeimelk wissel van 4.8% tot 5.2%. Lae laktose-
waardes, byvoorbeeld 4.6% en laer, in koeimelk en uierkwarte is ʼn goeie aanduiding van mastitisbesmetting.
Laktose kom in ʼn ware oplossing in melk voor. Bakterieë laat gis laktose tot melksuur, wat dan op sy beurt die
melk laat suur word.

Minerale (soute) - melksteen


Die belangrikste minerale wat in melk gevind word, word in Tabel 4 aangetoon.

Tabel 4. Gemiddelde persentasie van die minerale in melk


Mineraal Persentasie
Kalsium (Ca) 0.12
Magnesium (Mg) 0.01
Fosfor (P) 0.09
Natrium (Na) 0.06
Kalium (K) 0.14
Chloor (Cl) 0.11
Swawel (S) 0.03
Sitroensuur 0.16
TOTAAL 0.72

Buiten die minerale wat in betreklik hoë konsentrasies in melk voorkom, bevat melk ook ʼn wye reeks ander
elemente in baie klein hoeveelhede. Dié elemente word spoorelemente genoem, en die konsentrasies daarvan
word in dele per miljoen (dpm) of mikrogram per liter aangedui.

Vitamiene en ensieme
Buiten die hoofbestanddele hierbo genoem, bevat melk ook ʼn wye verskeidenheid vitamiene en ensieme. Die
belangrikste hiervan word in Tabelle 5 tot 7 aangedui.

Tabel 5. Sommige spoorelemente in koeimelk


Element Konsentrasie (g/ℓ)
Aluminium 460
Arseen 50
Boron 270
Koper 130
Jodium 43
Yster 450
Rubidium 2 000
Sink 3 900

119
Tabel 6. Enkele vitamiene in vars melk
Vitamien Konsentrasie (mg/100 mℓ)
A 136-176
B1 (Thiamien) 0.02-0.08
B2 (Riboflavien) 0.08-0.26
C (Askorbiensuur) 1.57-2.75
Niasien 0.03-0.20

Tabel 7. Enkele bekende ensieme in melk


Ensiem Kenmerke
Katalase Hoog in mastitis- en biesmelk. 2H2O2. Katalase = 2H2O + O2

Fosfatase (alkalies) Word op 72˚C/15 sek. inhibeer en word benut om die doel-
treffendheid van pasteurisasie na te gaan.

Lipase Kataliseer die hidrolise van esters (trigliseriede) en veroor-


saak galsterigheid.

120
Hoofstuk 3
Faktore wat melkvolume en -samestelling beïnvloed
’n Koei is ’n eienaardige dier, soms reageer sy, soms nie en soms ewe min

Die hoeveelheid vaste stowwe in melk bepaal die opbrengs van verwerkte produkte, en ook die voedingswaarde
en die smaak van melk. Daarom berus die melkprys wat aan produsente betaal word grootliks (ongeveer 80%)
op die vet- en proteïeninhoud van melk.

Die produsent se doelwit moet wees om in die bepaalde omstandighede die hoogste hoeveelheid melkvast-
estowwe te produseer. Hierdie hoofstuk ondersoek die belangrikste faktore wat melkvastestowwe beïnvloed,
aan die hand waarvan produsente self probleme kan uitwys. Soms is ʼn verskeidenheid faktore betrokke, en is
kundige advies nodig.

Normale variasie
In die uier is ʼn groot verskeidenheid chemiese prosesse by melkproduksie betrokke.

ʼn Koei se liggaam is ook voortdurend aan omgewings- en fisiologiese invloede onderworpe, wat weer melk-
produksie en -samestelling beïnvloed. In die lig hiervan is dit te wagte dat die melksamestelling van ʼn kudde
van dag tot dag, en van melkbeurt tot melkbeurt, sal wissel. Hoe minder koeie betrokke is, hoe groter die wis-
seling.

ʼn Aanduiding van die normale wisseling wat oor ʼn periode van tien dae in kuddemelk verwag kan word, verskyn
in Tabel 1. Melk se vetinhoud wissel die meeste, die proteïeninhoud minder, terwyl die laktose-inhoud betreklik
konstant is.

Tabel 1. Die variasie in die samestelling van kudde-melk oor ’n 10-dae periode
Bestanddele Wisseling in persentasiepunte
Holstein Jersey
Melkvet 0.30 0.60
Proteïen 0.14 0.12
Laktose 0.07 0.09

Monsterneming
Die betroubaarheid van ʼn melkontleding hang in ʼn groot mate van korrekte monsterneming af.

Die vetpersentasie in melk is die bestanddeel waarop verkeerde monsterneming die grootste invloed het. Vet
vorm ʼn roomlaag bo-op melk (‘room op’) indien die melk nie geroer word nie. Die vetinhoud van melk in die
boonste 25% van ʼn tenk wat ongeroer gelaat word, kan dus binne vyf uur ná ʼn melkbeurt van sowat 5% tot
meer as 13% styg. Die stygende vetdruppeltjies dien as ʼn filter, en voer bakterieë en somatiese selle saam
boontoe. Nadat die boonste roomlaag gevorm het, sal die bakterieë en somatiese selle dus saam met die vet in
die deklaag gekonsentreer wees. ʼn Monster uit hierdie roomlaag, en een uit die melk ónder die roomlaag, sal
van uiteenlopende gehalte wees. Om dít te voorkom moet die melk voor monsterneming deeglik, dog sonder
om die vet af te karring, vermeng word. Groot melktenke (van 2 000 ℓ en meer) moet verkieslik oor outoma-
tiese roerders beskik. Dit roer die melk elke halfuur vir vyf minute. Vir tenke kleiner as 2 000 ℓ moet die melk
vir ten minste vyf minute voor monsterneming geroer word. Aan die ander kant kan melk wat te lank en te
vinnig geroer is, afkarring, en sal die vetgehalte laer toets omdat die vetdruppeltjies in klonte vasgevang is.

121
Melkmonsters vir ontleding moet verkieslik by ʼn temperatuur van 4 ˚C geberg en vervoer word, totdat dit die
ontledingslaboratorium bereik. Melkmonsters moet ook verkieslik met een Bronopoltablet vir elke 50 mℓ
gepreserveer word. Dit moet steeds verkoel word om goeie monstergehalte te verseker.

Geskikte monsterbottels moet nie meer as 80% vol wees nie om die melkmonster voor ontleding deeglik te laat
vermeng. Indien die houers heeltemal vol is, kan van die vet gedurende verhitting en vermenging in die
waterbad oor die rand stort. Indien die houers weer te leeg is, kan die melk afkarring, veral wanneer dit oor
lang afstande vervoer word.

Genetiese faktore
Verskillende rasse toon uiteenlopende melkproduksie en -samestelling. Hoe hoër die melkproduksie, hoe laer
blyk die vet- en proteïenpersentasie van melk te wees.

Tabel 2. Die gemiddelde melkproduksie¹, vet en proteïen persentasie van alle graad en geregistreerde koeie in
melkaantekening vir die periode 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007

Vet Proteïen Proteïn: Vetver-


Aantal Melk houding
Ras koeie (kg) % Kg % kg
Holstein 60429 8260 3.80 314 3.23 267 0.85
Jersey 49601 5596 4.68 262 3.75 210 0.80
Ayrshire 6773 6200 3.95 245 3.33 207 0.84
Guernsey 1099 5978 4.28 256 3.46 207 0.81
¹Gemeet oor ’n 305-dae laktasieperiode

Holsteinkoeie produseer byna 50% meer melk per laktasie as Jerseykoeie, maar hul vet- en proteïenproduksie
is onderskeidelik net sowat 20% en 27% meer as dié van Jerseykoeie. Bogenoemde laktasieproduksies kan as
riglyne dien aan die hand waarvan kuddes gemeet kan word.

Die variasie tussen koeie kan in ʼn seleksieprogram gebruik word om melkvastestowwe te verhoog. Koeie met
hoë teeltwaardes vir melkproduksie, en met positiewe vet- en proteïenpersentasies, kan deur melkaantekening
uitgewys en as moeders gebruik word. Die bulle wat in die kudde gebruik word, het egter die grootste invloed
op die genetiese meriete van ʼn kudde.

Vir die beste genetiese vordering kan die produsent bulle met die hoogste gekombineerde teeltwaardes vir vet-
en proteïenproduksie sowel as positiewe vet- en proteïenpersentasies gebruik. Onbeproefde bulle moet
verkieslik nie gebruik word nie. Sodanige bulle kan slegs in aanmerking kom indien hul teeltwaardes vooraf
beraam kan word, en dit vir bepaalde produksie-eienskappe goed blyk te wees. Gebruik ten minste 3 tot 5 bulle
in ʼn kudde van 100 koeie. Begin nuwe bulle gebruik sodra betroubare genetiese inligting daarop dui. Bulle moet
nie te lank in ʼn kudde gebruik word nie, aangesien die beste bulle mettertyd gemiddelde bulle word.

Laktasiestadium
Die laktasiestadium het ʼn sterk en kenmerkende invloed op die melkproduksie en -samestelling van koeie. Ná
kalwing neem melkproduksie vinnig toe, en bereik sowat vier tot tien weke later ʼn hoogtepunt. Die vet- en
proteïenpersentasie van melk neem in dié tyd af tot minimum vlakke van onderskeidelik sowat 0.2–0.6 en 0.3
persentasiepunte laer as aan die begin van die laktasie. Sowel vet- as proteïenpersentasie bly vir enkele weke
konstant op dié lae vlakke, en begin dan weer geleidelik tot aan die einde van die laktasie toeneem. Die vet-
persentasie kan aan die einde van die laktasie selfs hoër wees as aan die begin van die laktasieperiode
(Figuur 1).

122
Figuur 1. Invloed van laktasiestadium op melkproduksie en –samestelling
Melk/dag(kg)
35

30
Melk (kg) %
25 5.0
Vet-%
20 4.0
Proteïen-%
15 3.0

10 2.0

5 1.0

4 8 12 16 20 24 28 32 36 40 44

Voeding

1. Proteïeninhoud van koeie se dieet


Ondervoeding van proteïene benadeel melkproduksie en die proteïeninhoud van melk, veral in die vroeë lakta-
siestadium. Waar diëte ernstige proteïentekorte toon (40% onder die normale vlak), kan die proteïeninhoud van
die melk met tot 0.4 persentasiepunte daal. Met ʼn hoër proteïeninname sal die proteïenpersentasie in die melk
weer toeneem. Hierdie toename word deur die degradeerbaarheid van die voerproteïene in die rumen
beïnvloed. Vir ʼn hoë proteïenpersentasie in die melk moet sowat 33% van die proteïene in die dieet uit nie-
degradeebare proteïenbronne, soos vismeel, katoensaad-oliekoekmeel en sojaboon-oliekoekmeel, bestaan.

2. Vet in koeie se dieet


Vet kan by hoëkragvoerdiëte ingesluit word om die energiekonsentrasie van die dieet te verhoog. Die insluiting
van rumenbeskermde vette by ʼn rantsoen sal bottervetpersentasie verhoog. Die byvoeging van enige tipe vet
by rantsoene met lae vetpeile (1% of minder vet) sal bottervetinhoud verhoog totdat die dieet uit ongeveer 7%
vet bestaan. Meer vet in die dieet kan die bottervetinhoud en moontlik ook die proteïeninhoud van koeimelk
verlaag. Die verlaging van die bottervetpersentasie kom veral voor wanneer onversadigde vette, soos sojaboon-
en mielieolie, by hoëkragvoerdiëte ingesluit word.

3. Ruvoer tot kragvoerverhouding


Die ruvoer:kragvoer-verhouding in die dieet het ʼn groot invloed op die verhouding van asynsuur tot propioon-
suur wat in die rumen ontstaan. Koeie op ʼn veselryke dieet het sowat 66 dele asynsuur teenoor 20 dele
propionsuur in die rumen. Met hoëkragvoer- en lae-ruvoerdiëte verander die verhouding na 43 dele asynsuur
teen-oor 40 dele propioonsuur. Aangesien asynsuur die voorloper van melkvet is, sal die vetpersentasie in die
melk van koeie op ʼn hoëkragvoerdieet daal. Propioonsuur is die belangrikste voorloper van die produksie van
laktose, wat ʼn belangrike faktor in hoë melkproduksie is. Propioonsuur dien ook as belangrike energieverskaffer
vir mikrobeproteïensintese, wat tot ʼn hoër melkproteïeninhoud lei. Rantsoene met ʼn hoë kragvoerinhoud stimu-
leer dus melk- en proteïenproduksie, terwyl ʼn hoë ruvesel-inhoud ʼn hoë bottervetinhoud tot gevolg het.

4. Maal en verkorreling van diete


Fyngemaalde (korter as 1.0–2.5 cm) en verkorrelde ruvoer beweeg vinniger as growwe ruvoer deur die rumen,
en het ʼn laer asynsuurproduksie tot gevolg, wat op sy beurt die vetinhoud van die melk verlaag. Die byvoeging
van ʼn klein hoeveelheid (1–2 kg per dag) growwe hooi kan dít voorkom. Die growwe ruvoer veroorsaak dat die
koei meer herkou en meer speeksel afskei, wat ʼn natuurlike bufferuitwerking in die rumen het.

123
5. Energie-inname
Wanneer diëte met hoë energievlakke, byvoorbeeld vroeggesnyde kuilvoer, gevoer word, sal melk- en proteïen-
produksie toeneem. Die vetpersentasie kan egter daal.

6. Voedingsfrekwensie
Op hoëkragvoerdiëte kan ʼn daling in bottervetinhoud voorkom word deur die kragvoer in kleiner porsies ge-
durende die dag te voer.

7. pH-buffers
Vetvermindering as gevolg van volledige diëte met fyngemaalde ruvoer, of hoëkragvoerdiëte, kan soms
voorkom word deur die insluiting van pH-buffers, soos natriumbikarbonaat (NaHCO3 of koeksoda) en mag-
nesium-oksied (MgO). Die optimum insluitingspeil van koeksoda is 1.5% by kragvoer, en 0.75% by volledige
diëte. MgO kan teen 0.75% by kragvoer, en teen 0.30% by volledige diëte ingesluit word.

Ander faktore

1. Ouderdom van koeie


ʼn Groot aantal koeie ouer as 6 jaar in die kudde kan vetpersentasie verlaag. Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan
die hoër melkproduksie van sulke koeie.

2. Omgewingstemperatuur
Omgewingstemperature bo 30 ˚C het dikwels ʼn afname in melkproduksie en vet- en proteïenpersentasie tot
gevolg. In warm weer vreet koeie dikwels minder growwe ruvoer sodat hul totale voer- en energie-inname af-
neem, wat hul melkproduksie benadeel. Met ʼn laer inname van growwe ruvoer sal hul herkou-aksie verminder,
wat die vetinhoud van die melk sal laat daal.

3. Mastitis
ʼn Hoë somatiese seltelling, wat ‘n aanduiding is van mastitis, gaan gewoonlik met ʼn laer melkproduksie en vet-
persentasie, gepaard.

4. Aantal melkbeurte per dag


Meer melkbeurte per dag kan ʼn toename in melkproduksie veroorsaak. Deur koeie drie maal per dag eerder as
twee maal per dag te melk, kan die melkproduksie met sowat 10–15% styg. Die verhoogde melkproduksie lei
gewoonlik tot ʼn geringe daling in die vetpersentasie van melk.

5. Tussenmelkperiode
Indien die periode tussen melkbeurte verskil, produseer koeie minder melk ná die korter interval. Die vet-
persentasie in die melk is ook gewoonlik hoër. Op ʼn vetvrye grondslag het die lengte van die interval tussen
melkbeurte weinig invloed op die proteïenpersentasie van melk. Selfs met gelyke tussenmelkperiodes word
ʼn groter hoeveelheid melk met ʼn laer vetpersentasie steeds in die oggend gelewer. As gevolg van die verskil
in die lengte van tussenmelkperiodes, kan die vetpersentasie in die melk van die onderskeie melkbeurte reël
beskou met ʼn persentasiepunt of meer verskil.

Diagnosering van lae melkvastestofpeile


In Figure 2 tot 4 word vloeidiagramme aangedui om die moontlike redes vir lae vet-, proteïen- en laktose-
persentasies te kan bepaal. Dit kan help om vinnig moontlike probleme uit te wys.

124
Figuur 2. ’n Vloeidiagram vir die bepaling van ’n lae vet persentasie in die melk van koeie

Lae vet %

Nee Is melkproduksie hoog? Ja

Is ruvoerinname
Ja
minder as 35%?
van Is baie koeie in vroeg-
laktasiestadium laktasie?
Nee

Optrede Ja
Teling verdag

Invloed van Moontlike


Optrede laktasiestadium reproduksie
probleem

Gebruik bul met


Melkaantekening Optrede
hoë vettoets Optrede

Versprei Toets vir


Skot swak koeie uit Teel selektief
kalwingspatroon dragtigheid

Verhoog Voer pH-buffers Voer kragvoer in Voer beskermde, lang-


veselinname (bv. NaHCO3) kleiner porsies ketting versadigde lipiede

Vermy voer van


onversadigde vette
Voer meer Voer ‘n
Voer ‘n hoë-digtheid Voer beter
hooi/kuilvoer/strooi volvoer
kragvoer kwaliteit ruvoer

125
Figuur 3. ’n Vloeidiagram vir die bepaling van ’n lae proteïen persentasie in die melk van koeie

Lae proteïen %

Ja Is baie koeie in Nee


vroeglaktasie?

Is energie-inname
Invloed van Ja Teling verdag
voldoende?
laktasiestadium

Nee
Onbekend Ja
Optrede
Optrede
Optrede

Verander Voer addisionele Analiseer voer en Verander


kalwingspatroon graan/kragvoer evalueer dieet telingsbeleid

Optrede Nee Bevredigend

126
Figuur 4. ’n Vloeidiagram vir die bepaling van ’n lae laktose persentasie in die melk van koeie
(*SST = Somatiese seltelling).

Lae laktose %

Ja Is SST* hoër as Nee


0.5 mil/ml?

Is baie koeie in Is vet- en proteïen % laag?


laatlaktasie?

Nee
Ja Nee
Ja

Moontlike mastitis
Bepaal Onwaarskynlik
vriespunt
Invloed van Optrede
Optrede
laktasiestadium
Positiewe resultate?

Oorweeg
Optrede
opdroog van Deeglike
koeie ondersoek
Bepaal oorsaak van
bygevoegde water

Veearts Pas voorkomende Kontroleer melkmasjien


maatreëls toe doeltreffendheid

Behandel besmette Skot koeie uit met


kwarte beskadigde kwarte

127
Hoofstuk 4
Melkhigiëne
Higiëne is ‘n persoonlikheidsweerkaatsing

Inleiding
Melk is nie alleen ʼn voedsame groeimedium nie, maar bied ook ʼn gunstige fisiese omgewing waarin mikro-
organismes kan vermeerder. Aangesien melk ʼn dierlike oorsprong het, is dit aan wisselende produksieomstan-
dighede onderhewig en gewoonlik met ʼn wye spektrum mikro-organismes besoedel. Hoewel skimmel, gis en
virusse ook in vars melk kan voorkom, kom bakterieë verreweg die meeste daarin voor.

Die bakteriese inhoud van pasgetrekte melk


Melk wat asepties uit ʼn gesonde uier gemelk is, bevat gewoonlik minder as 1 000 bakterieë/mℓ. Daar is egter ʼn
aansienlike verskil tussen die bakteriese telling van die verskillende fases melk. Die voormelk bevat die meeste
bakterieë, byvoorbeeld 1 000–10 000 selle/mℓ. Ná die eerste paar strale melk, sal die telling aanvanklik vinnig
daal, en dan meer geleidelik afneem tot 100–200 bakterieë/mℓ in die namelk. Bakterieë in die melk binne-in die
uier is gewoonlik betreklik onaktiewe mikro-kokki sonder enige beduidende invloed op die gehalte en/of houver-
moë van die melk.

Melk uit mastitisagtige kwarte kan uiteenlopende hoeveelhede bakterieë bevat, byvoorbeeld van ʼn paar duisend
selle per milliliter in subkliniese gevalle, tot tien miljoen en meer bakterieë per milliliter in melk uit klinies be-
smette kwarte. Wanneer die kuddemelk ʼn totale bakteriese telling van meer as 50 000 selle/mℓ toon, is mastitis
dikwels die hoofoorsaak.

Melk van besmette koeie/uiers kan onder andere die volgende patogene (siekte-) bakterieë aan die melkverbruiker
oordra:

• Tuberkulose – Mycobacterium tuberculosis;


• Besmette misgeboorte (Brucellosis) – Brucella abortus;
• Miltsiekte – Bacillus anthracis;
• Voedselvergifting – Staphylococcus aureus (mastitis); en
• Seer keel – Streptococcus pyogenes (mastitis).

Bronne van bakteriese besoedeling


Gedurende die melkwinningsproses kan bakterieë van besoedelingsbronne in die melk beland. Wanneer melk
aan die einde van die melkproses in die massatenk beland, kan dit dus van minder as 10 000 tot etlike
honderdduisende bakterieë per milliliter bevat. Gedurende berging, selfs in verkoelde omstandighede, sal hier-
die bakterieë verder in die melk vermeerder.

Rou melk wat in Suid-Afrika vir verdere verwerking verkoop word, word normaalweg na gelang van bakteriese
gehalte soos volg geklassifiseer:

Klas A = minder as 50 000 bakterieë/mℓ


Klas B = 50 000 - 200 000 bakterieë/mℓ
Klas C = meer as 200 000 bakterieë/mℓ

Besoedelingsbronne is onder meer die binne- en buitekant van die uier, die omgewing waar die koeie beweeg,
en die melkgerei. Die relatiewe belang van die verskillende besoedelingsbronne sal tussen melkerye verskil. ʼn
Algemene aanduiding van die belang van die verskillende besoedelingsbronne verskyn in Tabel 1. Dit is duidelik
dat melkgerei, naamlik die melkmasjien, verreweg die grootste enkele besmettingsbron is.
128
Tabel 1. Relatiewe belangrikheid van die verskillende besoedelingsbronne
Bron van besmetting Bydrae tot bakterie-telling/mℓ massamelk
Inwendige gesonde uier 300 tot 400
Mastitis besmette uier Tot 25 000 en meer
Uitwendige uier 500 tot 15 000
Lug (handmelking) 100 tot 1 500
Melkgerei Tot 500 000

Die reiniging van suiwelapparaat


Behoorlike reiniging en ontsmetting gedurende melkwinning is van deurslaggewende belang vir die produksie
van melk met ʼn lae bakteriese inhoud. Verskillende soorte reinigingsmiddels word geformuleer om bepaalde
funksies in die reinigingsprogram te verrig. Die bekendste van hierdie middels word vervolgens bespreek.

Wasmiddels
Doel
Wasmiddels is geformuleer om vet-, proteïen- en melksteenaanpaksels te verwyder. As sulks het hulle weinig of
geen kiemdodende uitwerking.

Die twee hoofsoorte wasmiddels is soos volg:


1. Alkaliese wasmiddels
Alkaliese wasmiddels is die oudste en bekendste in die suiwelbedryf. Hulle bevat alkalieë, soos natriumhidrok-
sied.

Om die waseienskappe te verbeter kan benattingsmiddels, waterversagmiddels en chloor by dié mengsels in-
gesluit word.

Voordele
• Die geskikste wasmiddel om sowel vet as proteïene op te los
• Veroorsaak betreklik min verwering

Nadele
• Die aanhoudende gebruik van alkaliese wasmiddels, veral saam met harde water, lei tot die opbou van
mineraalaanpaksels (melksteen). Hierdie aanpaksels kan voorkom word deur die alkaliese wasmiddel
byvoorbeeld een keer per week met ʼn suurwasmiddel af te wissel.

2. Suur wasmiddels
Suurwasmiddels bevat sure soos salpeter-, fosfor- of sulfaamsuur.

Hul belangrikste funksie in ʼn gebalanseerde reinigingsprogram is om te keer dat mineraalaanpaksels (melk-


steen) opbou.

Voordele
• Voorkom en verwyder melksteen.

Nadele
• Het min invloed op vet- en proteïenaanpaksels
• Groter bytende werking as alkaliese wasmiddels

129
Wasmiddels is normaalweg in sowel poeier- as vloeistofvorm te kry. Vir handwasdoeleindes is ʼn skuimmiddel
die beste, terwyl ʼn nie-skuimmiddel weer vir sirkulasiereiniging gebruik word.

Saneermiddels

Doel
Die funksie van ontsmettingsmiddels is om mikro-organismes te vernietig. Die bekendste van hierdie middels
wat in die suiwelbedryf gebruik word, is soos volg:

1. Chloor
Aktiewe chloor, veral in ʼn effense suur medium, is ʼn doeltreffende ontsmettingsmiddel. Die middel word al
geruime tyd in die voedselbedryf gebruik. Dit strek oor die volle bakteriese spektrum, en is kostedoeltreffend.

Chloorgebaseerde produkte in te hoë konsentrasies het ʼn bytende uitwerking op aluminium- en selfs vlekvrye-
staalapparate, en kan merke (“pitting”) veroorsaak.

Nóg ʼn nadeel is dat organiese materiaal, soos vet en proteïen, chloormiddels geredelik deaktiveer. Voorts is dit
gewoonlik onstabiel bo ongeveer 50 ˚C.

Indien natriumhipochloried as ʼn ontsmettingsmiddel gebruik word, moet die temperatuur van die oplossing
verkieslik nie hoër as 50 ˚C wees nie, en moet die chloorsterkte 150–200 dpm wees. ʼn Kontaktyd van vyf tot
tien minute is wenslik.

2. Jodium
Jodiumoplossings is uitstekende ontsmettingsmiddels wat hul stabiliteit met verloop van tyd en in die teenwoor-
digheid van organiese materiaal behou. Die diepte van die bruin kleur dui op die sterkte van die oplossing. Die
lae pH-peil van jodium, voorkom die ontstaan van anorganiese aanpaksels. Jodium is vlugtig en daarom be-
hoort die temperatuur van die oplossing nie hoër as 40 ˚C te wees nie.

3. Waterstofperoksi-asynsuur
Peroksi-asynsuur en waterstofperoksied word vir kiemdoding gebruik. Die volgende eienskappe is kenmerkend
van dié middels:
• Dit is doeltreffend by lae temperature. (Hoë temperature breek die produk af.)
• Dit maak die volle spektrum mikrobes dood.
• Dit werk vinnig.
• Dit is aktief in ʼn lae konsentrasie (0.25–0.40%).
• Die afbreekprodukte, naamlik water, suurstof en asynsuur, is nie toksies nie, en veroorsaak nie bysmake in
melk nie.
• Dit het ʼn lang nawerking, tot en met agt uur.
• In aanbevole konsentrasies verweer dit nie vlekvrye of vertinte staal en aluminium nie, maar wel rubber.

Was-ontsmettingsmiddels (“detergent sanitisers”)


ʼn Was-ontsmettingsmiddel is ʼn samevoeging van ʼn reiniger en ʼn ontsmetter.

Voordeel
• Dit vereenvoudig die reinigingsprogram.

Nadeel
• Die aanwesigheid van organiese materiaal benadeel gewoonlik die doeltreffendheid van die ontsmettings-
middel.
130
Voorbeelde van was-ontsmettingsmiddels:
• Alkaliese wasmiddels met chloor. In hierdie geval bevat die werksoplossing ongeveer 200 dpm chloor.
• Jodofore – jodium en ʼn benattingsmiddel. Dit bevat gewoonlik fosforsuur as wasmiddel.

Reinigingsmiddels, veral die alkaliese wasmiddels, kom in sowel skuim- as nie-skuimformules voor vir onder-
skeidelik hand- en sirkulasiereiniging. Dit is in poeier- en vloeistofvorm beskikbaar.

Reinigingsprosedures

Reiniging het die volgende oogmerke:

• om vuil materiaal, wat organiese en anorganiese residue kan wees, te verwyder en


• om die meeste mikro-organismes te vernietig

In Tabel 3 word voorbeelde van verskillende reinigingsprosedures aangedui.

Tabel 3. Voorbeelde van reinigingsprosedures


Reinigingsprosedure
Handeling
1 2 3 4
1. Voorspoel met water by ≤46˚C Ja Ja Ja Ja
2. Was met ± 0.5% warm (60 tot 80˚C) alkaliese wasmiddel Ja Ja Ja

3. Spoel met water Ja Ja Ja

4. Saneer met byvoorbeeld 150 dpm kloor, 25 dpm jodium of 0.25% Ja Ja


H2O2/Hac (verkieslik voor gebruik)
5. Spoel met skoon water Ja

6.Spoel met ± 0.15% aangesuurde water by pH <4.5 Ja

7. Periodieke verwydering van melksteen met 0.3 tot 1% suurwasmiddel Ja

8. Was sonder sirkulasie met ± 0.55% aangesuurde water by ≥90˚C Ja

Die tradisionele prosedure vir sowel hand- as sirkulasie-op-die-plek- (“CIP”-)reiniging bestaan uit die volgende
vyf stappe:

(i) Voorspoel
Om soveel moontlik melkresidue met die watervoorspoel te verwyder, moet die watertemperatuur nie hoër as
45˚C wees nie. Wanneer daar volgens die sirkulasiemetode gewas word, sirkuleer die spoelwater nie, maar
word genoeg water eenmalig deur die apparaat gepomp totdat die water wat uitloop nie meer melkerig lyk nie.

Om te keer dat ʼn laag melkvastestowwe opbou wat later moeilik is om te verwyder, moet die apparaat onmid-
dellik ná gebruik, voorspoeling ondergaan. Te warm water sal die opbou van melksteen aanmoedig, en word
dus nie vir hierdie doel aanbeveel nie.

(ii) Was
Die doel is om alle oorblywende residue te verwyder. ʼn Alkaliese wasoplossing, opgemaak teen ʼn konsentrasie
van sowat 0.5% en by ʼn temperatuur van 60–80 ˚C (>40 ˚C vir handwas), word normaalweg vir sowat tien

131
minute gesirkuleer. Om die opbou van melksteen te voorkom, kan die alkaliese wasmiddel een keer per week
met ʼn suurwasmiddel afgewissel word.

(iii) Tussenspoel
Skoon water word gebruik om die wasmiddel uit die apparaat te spoel. Die ontsmettingsmiddel kan vervolgens
op ʼn oppervlak vry van organiese materiaal aangewend word.

(iv) Ontsmetting
Sirkuleer ʼn ontsmettingsmiddel vir ten minste vyf minute. Gebruik byvoorbeeld ʼn oplossing met 150–200 dpm
aktiewe chloor. Met die handwasmetode word die apparaat ondergedompel of behoorlik benat.

Deur die was- en ontsmettingaksies te skei kan die ontsmettingsmiddel by ʼn optimum pH-vlak vir ʼn minimum
kontaktyd en in ʼn laer konsentrasie aangewend word. Dit verminder verwering en koste, en verhoog doeltref-
fendheid.

(v) Finale spoel


Die laaste stap in ʼn reinigingsprosedure is om die residue van die reinigingsmiddels wat die apparaat kan laat
verweer en die melk ʼn bysmaak kan gee, weg te spoel. Water van goeie bakteriologiese gehalte, of verkieslik
gechlorineerde water met 1–3 dpm chloor, word hiervoor gebruik.

Alternatief 1
In plaas van onmiddellik ná was, kan ontsmetting ook plaasvind net voordat die apparaat gebruik word. Dít
verseker ʼn lae bakteriese telling op die apparaat, en kan moontlike verwering verminder indien sekere ontsmet-
tingsmiddels vir lang tye met die apparaat in aanraking kom.

Alternatief 2
In plaas van ʼn suurwas byvoorbeeld een maal per week, kan die suurwasmiddel daagliks in ongeveer ʼn tiende
van die normale konsentrasie as ʼn finale aangesuurde spoelwater gebruik word. ʼn Verlaagde spoelwater-pH
(<4.5) voorkom in ʼn groot mate die opbou van melksteen en die vermeerdering van bakterieë.

Aangesuurdekookwater-prosedure (AKW)
Hierdie prosedure is spesifiek ontwikkel om melkpypleidings, soos dié in melkmasjiene, te reinig, en bestaan uit
net twee stappe:

• Deurspoel met ʼn oplossing wat ongeveer 0.5% sulfaam- of salpetersuur bevat, by ʼn watertemperatuur van
90 ˚C of hoër.
• Sorg dat alle melkkontakoppervlakke met die suuroplossing in aanraking kom, en handhaaf ʼn minimum
stelseltemperatuur van 77 ˚C vir ten minste twee minute.

Reiniging van massatenk


Indien die massatenk nie met sirkulasiereiniging gewas word nie, kan die volgende prosedure gebruik word:
• Spoel die tenk met kraanwater.
• Maak ʼn gechlorineerde, alkaliese skuimwasmiddel in warm water teen sewe tot tien maal die normale
sterkte in ʼn plastiekemmer aan. Sluit die tenkuitlaat, plaas die emmer binne-in die tenk, en borsel
alle binnegedeeltes van die tenk behoorlik met die wasmiddel in die emmer. Na die handwas word die
wasmiddel uit die tenk in die emmer opgevang. Ontkoppel die uitlaatkraan, en was dit in die emmer.
Gebruik die wasoplossing in die emmer om die tenk van buite te was.
• Spoel die tenk met kraanwater.
• Spoel die tenk met aangesuurde water (suurwasmiddel teen sowat 10% van die normale konsentrasie).
• Ontsmet voor gebruik.
132
Reiniging van die vakuumlyn
Warm, alkaliese wasmiddel word deur elke vakuumkraan uit ʼn emmer in die vakuumlyn ingesuig.
• Begin by die kraan naaste aan die vakuumpomp. Moenie meer oplossing insuig as wat die vogopvanger kan
hanteer nie.
• Dreineer die wasmiddel uit die vogopvanger.
• Herhaal met ʼn warm suuroplossing. Begin by die kraan verste van die vakuumpomp, en dreineer die
vogopvanger voordat dit vol is.
• Spoel met skoon water. Begin by die kraan verste van die vakuumpomp. Dreineer die vogopvanger.
• Draai alle vakuumkrane oop, en dreineer die vakuumlyn so deeglik moonlik deur die pomp ʼn tyd lank
aangeskakel te hou.

Faktore wat die doeltreffendheid van ’n reinigingsprogram beïnvloed

Die volgende faktore bepaal meestal die sukses van ʼn reinigingsprogram:

1. Watergehalte
Die belangrikste eienskappe wat die gehalte van water bepaal, is:
• hardheid (brak);
• bakteriologiese gehalte; en
• yster- en mangaaninhoud.

Die hardheid van water word as die kalsiumkarbonaat- (CaCO3-)ekwivalent in mg/ℓ bepaal (Tabel 4).

Tabel 4. Klassifikasie van waterhardheid


Hardheid CaCO3 ekw mg/liter
Sag 0 tot 60
Matig 60 tot 120
Hard 120 tot 180
Baie hard Meer as 180

Goed geformuleerde wasmiddels het gewoonlik ʼn voldoende waterversagtingsvermoë om die hardheid in matig
harde water te neutraliseer. Indien die water harder is, moet die konsentrasie van die wasmiddel verhoog word.
In water met ʼn hardheid van 150 mg/ℓ of meer, moet die konsentrasie van die wasmiddel met 10% per 50 mg
CaCO3–ekwivalent per liter verhoog word. Baie harde water vereis spesiale formules.

Indien hoë konsentrasies yster en mangaan (byvoorbeeld 0.1 dpm of hoër) aanwesig is, kan dit, veral met
alkaliese wasmiddels, bruinrooi of swart neerslae vorm. Om dít te voorkom moet suurwasmiddels meer dikwels
gebruik word.

Indien die water vir die was van uiers en die spoel van apparaat hoë bakteriese tellings het, sal dit die melk met
bakterieë besoedel. Water van ʼn goeie bakteriologiese gehalte behoort aan die volgende standaarde te voldoen
(Tabel 5).

Tabel 5. Bakteriologiese standaarde vir water


Kriterium Standaard*
Totale lewensvatbare telling 21˚C/72 h <500/ml
Totale lewensvatbare telling 37˚C/48 h <50/ml
Coli-vormige organismes <50/ml
E.coli Negatief/100 ml
* ISF, 1981. Simposium: Bakteriologiese kwaliteite van rou melk. P 309. Deel 1.
133
2. Keuse van reinigingsmiddels en –prosedure
Reinigingsmiddels is vir ʼn bepaalde doel geformuleer (sien 4.1) en behoort hiervolgens in ’n erkende program
(5 ) aangewend te word.

3. Konsentrasie van reinigingsmiddels


Die konsentrasie van die reinigingsmiddel beïnvloed sowel die ekonomie as die doeltreffend­heid daarvan. Die
aanbevole konsentrasie is gewoonlik ook die optimum konsentrasie, en die reinigingsmiddel behoort dus daar-
volgens saamgestel te word. Reinigingsmiddels, veral dié met chloor, kan met berging sterkte inboet. Daarom
moet bergingstye beperk, en houers te alle tye gesluit en in ʼn droë omgewing bewaar word. Indien die water
baie hard is of ʼn lae temperatuur het, moet die konsentrasie van die wasmiddel verhoog word.

4. Temperatuur van wasmiddel


Hoër temperature verbeter gewoonlik ʼn wasmiddel se waseienskappe aansienlik. Met sirkulasiereiniging van
byvoorbeeld melkmasjiene, behoort die aanvangstemperatuur van die wasmiddel ongeveer 75–80 ˚C te wees
(Tabel 6). Aan die einde van die sirkulasietyd moet die temperatuur van die wasmiddel verkieslik nie laer as
45 ˚C wees nie.

Tabel 6. Totale lewensvatbare aantal bakterieë in spoelings uit melkmasjiene


Aanvangstemperatuur van % Verspreidings, bakterieë/0.1m²
wasmiddel (˚C) melkkontakoppervlak
Minder as 10,000 Meer as 50,000
82 50.2 23.7
45 tot 60 20.0 67.8
45 14.3 73.9

5. Volume van die wasmiddel en sirkulasiespoed


Die volume moet voldoende wees om alle melkkontakoppervlakke te alle tye gedurende die reinigingsproses
behoorlik te benat. Melkmasjiene met maatflesse vereis ongeveer 8–14 ℓ oplossing per melkpunt. Vir die doel-
treffendste verwydering van residue moet die vloeispoed voldoende wees – handhaaf ten minste
3.5 ℓ/min per maatfles.

6. Sirkulasietyd
Weens die daling in die temperatuur van die wasoplossing, kan sirkulasietye wat te lank is, teenproduktief
wees. ʼn Sirkulasietyd van tien tot 15 minute behoort voldoende te wees. Die ideaal is dat die temperatuur van
die wasmiddel aan die einde van die wassiklus hoër is as die smeltpunt van die melkvet, dit wil sê hoër as
35 ˚C.

7. Toesig
ʼn Reinigingsprogram se sukses hang grootliks af van die mate waarin daar aan die voorskrifte voldoen word.
Dit is die toesighouer se plig om toe te sien dat die vereistes nagekom word.

Melkverkoeling en -gehalte
By kamertemperatuurberging sal bakterieë in melk vinnig toeneem. Generasietyd (die tyd wat dit ʼn enkele bak-
teriese sel duur om in twee te deel) berus grootliks op die omgewingstemperatuur. Die vinnige afkoeling van die
melk in die tenk tot ʼn lae temperatuur sal dus die bakteriese toename aansienlik beperk. Die doeltreffendheid
waarmee verkoeling die groeitempo van bakterieë beperk, is onder meer afhanklik van:
• bergingstemperatuur,
• afkoelingstempo,
• bergingstyd en
• aanvanklike aantal bakterieë (bakteriese telling).
134
1. Bergingstemperatuur en –tyd
Die sterk invloed van temperatuur op die generasietyd van bakterieë blyk duidelik daaruit dat ʼn generasietyd
by 35 ˚C byvoorbeeld 30 minute is terwyl dit 11 uur is by 5 ˚C . By temperature laer as 7 ˚C word die genera-
sietyd dus aansienlik verleng.

2. Aanvanklike telling
Die aanvanklike bakteriese inhoud van die melk het ʼn beduidende invloed op die generasietyd by ʼn bepaalde
temperatuur. Hoe hoër die aanvanklike telling, hoe korter die generasietyd. In Tabel 7 word die verband tussen
temperatuur, bergingstyd en aanvanklike telling aangedui.

Tabel 7. Tempo van bakteriese groei soos beïnvloed deur aanvanklike telling en bergingstemperatuur
Bergingstemperatuur Bakteriese telling per ml % Toename
(˚C) Vars Na 24 uur
5 4.000 5.000 25
136.000 381.000 180
10 4.000 14.000 250
136.000 1.2 x 106 780

135
Hoofstuk 5
Melkbemarking

Inleiding
Die melkprys in Suid-Afrika is voor 1988 statutêr beheer. Daarvolgens het produsente deur georganiseerde landbou,
soos streeks- of nasionale melkprodusenteorganisasies, voorstelle vir melkpryswysigings aan ʼn beheerraad, in
dié geval die Suiwelraad, voorgelê. Ná oorweging het die Suiwelraad ʼn voorstel aan die Bemarkingsraad gedoen,
die Bemarkingsraad het ʼn aanbeveling by die Minister van Landbou gemaak, wat sodanige voorstel op sy beurt
uiteindelik vir uitsluitsel by die Parlement ingedien het. Ná goedkeuring van die Parlement het die Minister dan
die vasgestelde prys aangekondig wat kopers produsente moes betaal.

Reeds sedert 1983 het die Suiwelraad met ʼn dereguleringsproses begin, en onder andere die volgende stappe
gedoen:

• die afskaffing van die kleinhandelsprysbeheer op vars melk vanaf 1 Julie 1983,
• die opheffing van die kleinhandelsprysbeheer op botter en kaas in 1985 en
• die afkondiging van slegs minimum aankooppryse vir vars en nywerheidsmelk vanaf 16 Februarie 1987, wat
beteken dat die prysbeheer van melk in effek verval het, en wat tot die inwerkingtreding van ʼn eenvormige
bemarkingstelsel (die Melk-is-Melk-stelsel) vanaf 1 September 1988 gelei het. Die Suiwelraad het die toepassing
van beheermaatreëls verder verminder en tot die minimum noodsaaklike beperk. Die Melk-is-Melk-stelsel het
weggedoen met die onderskeid tussen die sogenaamde vars of drinkmelk en nywerheidsmelk.

Die afskaffing van prysbeheer in 1987 het die volgende gevolge gehad:

• Vraag en aanbod sou voortaan die produsenteprys van melk bepaal.


• Melkkopers en -produsente sou voortaan onderling in ʼn vryehandelsomgewing pryse beding.
• Die melkprys sou en kon voortaan van melkkoper tot melkkoper, streek tot streek, en ook produsent tot
produsent verskil, en melkprodusente sou in ʼn hegter en meer persoonlike verhouding met hul melkkopers
betrokke raak.

Die Suiwelraad, wat namens die produsent onderhandel het, se voogdyskap het saam met die entiteit self verval,
en produsente moes dus na hulself begin omsien. Omdat dit kopers vrystaan om produsente na goeddunke te
aanvaar of te weier, en produsente hul melk kan verkoop waar hulle die beste prys kry, is vertroue en ʼn goeie
wedersydse verhouding tussen produsent en melkkoper vir albei partye belangrik.

In ʼn vrye mark het melktekorte melkkopers om die beskikbare voorraad laat meeding. Melkpryse styg dus, en
produsente is geneig om te verkoop aan die koper wat die hoogste prys bied.

In tye van ooraanbod neig melkpryse gewoonlik afwaarts. Kopers is dan ook onwillig om nuwe produsente te
aanvaar, en kan selfs produksiebeperkings aan hul bestaande produsente oplê.

Die in- en uitvoer van suiwelprodukte


Weens die betreklik hoë produksiekoste van melk en/of suiwelprodukte in Suid-Afrika, word slegs ʼn baie klein
hoeveelheid produkte uitgevoer. Die ekwivalente hoeveelheid melk hiervan is slegs ongeveer 4.5% van die totale
melkproduksie van die land uit.

Sedert invoertariewe kwantitatiewe invoerbeheer in September 1994 vervang het, word al hoe meer suiwelprodukte
ingevoer. Totale suiwelinvoere in die periode Oktober 1994 tot Februarie 1996 was byvoorbeeld 31 000 ton. Hierdie
invoere het die vraag na plaaslik geproduseerde melk- en suiwelprodukte laat daal, en het produsentepryse onder
druk geplaas, wat op sy beurt pryse afgedwing het.
136
Die invoertariewe wat in September 1994 ingestel is, het sekere tekortkominge gehad. Die belangrikste hiervan
was die nulkoerstarief op wei-, karringmelk- en jogurtpoeier, en die ad valorem- (in verhouding tot invoerwaarde)
invoerreg op sekere kaassoorte en wrongel.

Ná herhaalde vertoë van die suiwelbedryf het die owerheid op 2 Januarie 1998 ʼn tariefstruktuur afgekondig wat
in die algemeen gunstiger was vir die plaaslike bedryf.

Die veranderde invoertarief is maar ʼn klein onderafdeling van ʼn al hoe komplekser markstelsel waarin ʼn groot
aantal faktore produsentepryse beïnvloed. ʼn Invoertarief kan nie die plaaslike bedryf teen ál die faktore
beskerm nie. Dié faktore gaan ʼn toenemende rol in die Suid-Afrikaanse melkbedryf begin speel, en sal selfs
toeneem namate handelsbeperkinge wegval en handelsooreenkomste met ander lande gesluit word.

Aankoopstelsels
Melkkopers kan in die vryemarkstelsel self besluit op watter basis hulle melk van hul produsente wil aankoop. Elke
koper het dus ʼn eiesoortige aankoopstelsel.

Dié verskillende stelsels wissel wat betref die maatstawwe wat tot die pryse bydra, sowel as die relatiewe
geldwaarde wat aan elke maatstaf toegeken word.

Die mees algemene aankoopstelsels, soos dié van die groter melkkopers, sluit gewoonlik die volgende maat-
stawwe in:

Vastestof-inhoud
Die vastestof-inhoud van die melk, veral die vet- en proteïeninhoud, bepaal die voedingswaarde van die melk,
en ook die hoeveelheid produk wat uit ʼn bepaalde hoeveelheid melk vervaardig kan word. Dié twee
maatstawwe kan vir ongeveer 80% of meer van die melkprys verantwoordelik wees.

Met die opstel van hierdie handleiding het die prys van bottervet in melk van R9.00/kg tot R11.50/kg gewissel.
Die prys van proteïene in melk het eweneens van R17.00/kg tot R18.50/kg gewissel.

Vergoeding vir die hoeveelheid geproduseerde vet en/of proteïene moedig ʼn hoë vastestofinhoud in
die melk aan, maar die werklike uitwerking is meestal net by groter volumes melk te sien.

ʼn Hoë proteïenpersentasie is om verskeie redes belangriker as ʼn hoë vetpersentasie, en daarom is die inkomste
van ʼn kilogram proteïene gewoonlik meer as vir ʼn kilogram vet.

Totale Bakteriese telling


Die totale bakteriese telling (TBT) is ʼn aanduiding van die aantal lewende bakterieë in 1 mℓ melk. Uit ʼn
mikrobiologiese hoek is die TBT ʼn goeie aanduiding van melkveiligheid en -bruikbaarheid. Melk word gewoonlik
in die volgende klasse van bakteriologiese gehalte ingedeel:

Klas Bakterieë per ml melk


A <50 000
B 50 000 – 200 000
C >200 000

In die meeste melkaankoopstelsels betaal kopers die basiese prys (geen premie of heffing nie) vir klas A-melk.
Sommige melkkopers kan ʼn klein premie (1-2c/ℓ) betaal. Klas B- en klas C-melk word egter met sowat 2–3c/ℓ en
12c/ℓ gepenaliseer.

137
Die jongste tendens onder melkkopers is om ʼn premie van byvoorbeeld 4c/ℓ te betaal vir melk met ʼn TBT van
laer as 25 000.

Somatiese seltelling
Die somatiese seltelling (SST) dui op die aantal liggaamselle, hoofsaaklik witbloedselle, in 1 mℓ melk. ʼn Ver-
hoogde SST dui op uierontsteking of mastitis in die kudde.

Penalisasie vir SST’s het dus mastitisbekamping ten doel.

In sommige aankoopstelsels verdien melk met ʼn SST onder ʼn sekere vlak (byvoorbeeld <500 000) die basiese
prys, terwyl hoër SST’s met tot 6c en meer per liter gepenaliseer word. In enkele gevalle word ʼn premie van
sowat 2c/ℓ betaal indien die SST laer is as die drumpelwaarde.

Ander kriteria wat van toepassing mag wees

Volumepremie
Die volumepremie is daarop gemik om die produsent wat ʼn groot volume melk per dag produseer, te
bevoordeel. Dié premie kan tot 22c/ℓ wees.

Afstandsheffing
So ʼn heffing is sowat 0.03–0.04c/ℓ/km, of 2–5c/ℓ, wat toeneem hoe verder die produsent se melk vervoer word.

ʼn Afstandsheffing bevoordeel die produsent wat na aan die melkkoper geleë is, omdat dit goedkoper is om die
melk te vervoer.

Vastestofpremie/Penalisasie
ʼn Premie van byvoorbeeld 1c/ℓ geld vir elke 0.1% waarmee die vet- en/of proteïenpersentasie ʼn bepaalde
drumpelwaarde oorskry. ʼn Soortgelyke heffing kan ook afgetrek word as die persentasie onder die
drumpelwaarde is.

Die doel is om die produksie van melk met ʼn hoër vet-, proteïen- of vastestofinhoud aan te moedig.

Kwotas
Kwotas is produksiebeperkings, waarvolgens melk bo ʼn voorafbepaalde volume teen ʼn laer prys aangekoop
word.

Kwotas het ten doel om die oorproduksie van melk te beperk.

Veral ten opsigte van die faktore onder “Ander moontlike maatstawwe” raak melkaankoopskemas al hoe
meer gesofistikeerd, en dus meer gekompliseerd. Produsente behoort hul egter te vergewis van die stelsel
waarvolgens kopers hulle vir melk vergoed.

ʼn Realistiese voorbeeld van ʼn redelik ongekompliseerde aankoopstelsel sien soos volg daar uit:

Aannames
• Die melk bevat 4.0% bottervet
3.32% proteïen
Totale bakteriese telling = 30 000/ml
Somatiese seltelling = 320 000/ml

138
• Melk per dag gelewer = 1 030 kg = 1 000 liters*
(* 1 liter melk weeg ± 1.03kg)

• Afstand wat melk vervoer word = 50 km

Kriteria en relatiewe bydrae tot die netto prys per 100kg melk:

Bottervet (4,0%) = 4 kg x R10.25 = R 41.00


Proteïen (3,2%) = 3.2 kg x R17.75 = R 56.80
TBT – Klas A = Basiese prys geen heffing/premie = R 0. 00
SST = Heffing van 2 c/liter omrede telling = R -1. 94
>50 000 (2 sent x 103)
Afstandpremie = Minder as 80 km (5 sent x 103) = R 4. 85
Volumepremie = R c/liter (4 sent x 103) = R 4. 12

R104.83/100 kg
of
R104.83 ÷ 103 = R1.02/liter

139
Hoofstuk 6
Die melkmasjien
Die onmisbare skakel

Geskiedenis en ontwikkeling
Voorstelle om koeie met behulp van masjiene te melk is aanvanklik in die eerste helfte van die 1800’s geopper.
Die heel eerste apparate was eenvoudige metaalbuisies wat deur die speenopening gedruk is, sodat die melk
weens uierdruk en swaartekrag uit die uier- en speensinusse kon vloei.

Twee Britse uitvinders het waarskynlik in 1851 die idee gekry om ʼn vakuum as suigkrag te gebruik, terwyl
individuele speenhouers in 1860 ontwikkel is.

ʼn Ierse loodgieter uit Kilmarnock, ene W. Murchland, het in 1889 die eerste suksesvolle kommersiële melkmasjien
ontwikkel. Dié masjien het ʼn konstante vakuumdruk van 37 kPa met behulp van ʼn handpomp opgewek.

In 1895 het dr. Shiels in Glasgow ʼn patent vir ʼn pulsator geregistreer. Dié apparaat was ʼn meganies
geaktiveerde klep wat lug teen ʼn reëlmatige tempo in die vakuumlyn van die melkmasjien ingelaat het. As
gevolg hiervan het die intensiteit van die vakuum wat op die speen aangewend is, ritmies tussen 50 kPa en 15
kPa gewissel. Die speenhulse van stewige rubber het dun, ingegote, buigbare areas aan teenoorgestelde kante
sowel as by die mondstuk gehad. Die kombinasie van die speenhuls se vorm, die invloed van die konstante
atmosferiese druk buite die huls, en die wisselende vakuum in die huls, het ʼn mate van ritmiese pulsasie en
massering van die speenwand veroorsaak.

In 1902–1903 het ʼn reeks ontwerpe deur Alexander Gillies, ʼn melkboer van Terang, Australië, aanleiding ge-
gee tot die ontwikkeling van die basiese speenhouer wat vandag algemeen gebruik word. Een van sy patente
beskryf ʼn speenhouer met ʼn stewige rubberomhulsel en ʼn soepel rubbervoering. Die binnekant van die voering
(huls) was gekoppel aan die houer waarin die melk opgevang is, en het dus onder konstante vakuumdruk ver-
keer. Die ringvormige ruimte tussen die voering en omhulsel was aan die wisselende vakuumbron verbind. In
1903 het Gillies hierdie speenhouer verder verbeter deur byvoorbeeld die luginlaat aan te bring, wat die weg-
voer van die melk vergemaklik het.

Basiese onderdele van die moderne inlynmelkmasjien

1. Kragbron
Die kragbron dryf die vakuumpomp aan (Figuur 1). ʼn Elektriese motor, ʼn binnebrandmotor, of selfs die kragaf-
tap-as (“PTO”) van ʼn trekker kan egter ook vir dié doel gebruik word. Ten minste 1 Kw word vir elke 375 ℓ min
lugvolume van die vakuumprop benodig.

Onderhoud:
Maandeliks: Gaan na dat die verkoelingsvinne en lugpoorte skoon en oop is.
Sesmaandeliks: Smeer koeëllaers met ʼn paar druppels olie op die as, of deur een of twee pompe ghries in
ghrieskoppies in te pomp.

140
Figuur 1. Elektriese motor en vakuumpomp

2. Aandrywingsband
Doel
V-bande word gewoonlik gebruik om die
krag van die motor na die vakuumpomp
oor te dra (Figuur 2).

Aanwysings
• Die minimum deursnee van die bandwiel
moet nie minder as 7.5 cm wees nie.
• Die bandspanning halfpad tussen die
bandwiele is 1.5 cm.
• Die aanbevole afstand tussen die motor
en die pomp is 45–60 cm.
• Kragoordraging vind deur middel van die
onderkant van die band plaas.

3. Vakuumpomp Figuur 2. Bandspanning en aandrywingsrigting


Doel
Die vakuumpomp verwyder aanhoudend lug 1.5cm
uit die melkmasjien. Die vakuum wat as gevolg
hiervan in die stelsel (melkmasjien) ontstaan, pomp motor
dien as kragbron vir die werking van die mas-
jien. Feitlik ál die aksies wat met die melk-
proses verband hou, berus op die vakuum as aandryfkant van die band
energiebron. Figuur 3 toon die dwarsprofiel van
ʼn vakuumpomp.

Onderhoud: Figuur 3. Deursnit van vakuumpomp


• Daagliks: Gaan die olievlak na, en vul Inlaatpoort Uitlaatpoort
aan indien nodig.
• Maandeliks: Smeer ghrieskoppies op
rotor-as. Maak seker dat die uitlaatpyp
nie verstop is nie.

Skroefblad

4. Vakuumtenk Rotor
Doel
Die hoofdoel is om enige vloeistof, Omhulsel
gewoonlik water en wasoplossings, maar
soms ook melk wat in die vakuumpyp
beland, op te vang, en sodoende skade aan
die vakuumpomp te voorkom. In kleiner stelsels dien dit ook as ʼn vakuumreservoir (Figuur 4).

Die vakuumtenk word na aan die pomp in die vakuumlyn geïnstalleer. ʼn Vlotterklep en ʼn dreineerklep maak
gewoonlik deel uit daarvan.

141
Onderhoud:
Figuur 4. Vakuumtenk
• Daagliks: Ledig
Pomp
• Weekliks: Reinig
• Maandeliks: Plaas ’n klein hoeveelheid olie op vlotter-as Afsluitklep

5. Vakuumreguleerder Vlotter

Doel
Die vakuumreguleerder handhaaf ʼn konstante vakuumdruk
van ongeveer 50 kPa in die stelsel, ten spyte van die wisselende
vakuumverbruik met die melkslag (Figuur 5). Die
vakuumreguleerder is ʼn outomatiese klep wat deur ʼn Outomatiese
voorafbepaalde krag, byvoorbeeld ʼn veer of ʼn massastuk, dreineerklep

toegehou word totdat die dalende druk in die vakuumstelsel die


krag oorkom, en die atmosferiese druk die klep van sy seël
wegstoot, sodat lug in die stelsel invloei.
Figuur 5. Werking van die vakuumreuleerder
Onderhoud:
• Maandeliks: Was die klep in brandspiritus, en
W
gaan die rubberseël en die stabiliseerderringe na.
Maak die lugfilter skoon. Moenie die klep olie nie.
Maak seker dat die klep altyd stewig en vertikaal P1
W = massastuk
gemonteer is. P1 - atmosferiese druk
P2 = vakuum in stelsel

6. Vakuummeter
Doel
Lug na
Dié onderdeel toon die vakuumvlak in die stelsel vakuumpomp
P2 Lug van
melkereenhede
aan (Figuur 6).

Dit behoort so gemonteer te wees dat die melker te eniger tyd uit die melkput kan nagaan of die vakuum
korrek is of nie. Ouer meters is in cm Hg, terwyl moderne meters in kPa gekalibreer is (1.0 kPa = 0.75 cm Hg,
en dus is 50 kPa = 38 cm Hg).
Figuur 6. Vakuummeter
7. Melkereenheid/Kloustuk
ʼn Melkereenheid bestaan uit vier speenhulsdoppe met rubberhulse, ʼn
kloustuk en rubberverbindingsbuise (Figuur 7).

Figuur 7. Onderdele van ’n melkereenheid/kloustuk

Huls

Hulsdop
Pulsasiekamer

Kort melkbuis

Kort pulsasiebuis
Lang pulsasiebuis

Lugbloeigaatjie
Lang melkbuis
Kloustuk

142
Hulsdoppe is meestal van vlekvrye staal. Plastiek word ook soms gebruik, maar hou nie juis enige voordele
in nie. Trouens, die kleiner gewig van plastiekhulsdoppe is ʼn nadeel. Hulsdoppe is silindries, en die punte is
gevorm om by die ooreenstemmende tipe speenhuls te pas. ʼn Sybuis voorsien koppeling aan die ringvormige
pulsasiekamer tussen die huls en die hulsdop.

Speenhulse word uit redelik sagte rubber vervaardig. Dit is gevorm om ʼn lugdigte afsluiting met albei punte
van die hulsdop te vorm, om so min moontlik lug langs die speen deur die mondstuk in te laat, om met redelike
gemak skoongemaak te word, en om die koei so volledig moontlik uit te melk.

Drie algemene tipes hulse met ‘n wye verskeidenheid groottes en mondstukke is beskikbaar (Figuur 8).

Figuur 8. Deursnit van drie hulstipes • Gegote tipes met integrale kort melkbuis is
die mees algemene tipe. Die mondstuk, buis en
kort melkbuis word as ’n geheel gegiet. Hierdie is
die mees algemene tipe speenhuls.
• Gegote met afsonderlike melkbuis: Die
mondstuk en buis word as ’n eenheid maar af-
sonderlik van die kort melkbuis gegiet. ’n Minder
bekende tipe.
• Deurgedruk (“extruded”) Die huls word as
’n eenvoudige buis vervaardig. ’n Mondstuk word
verkry deur ’n ring met ’n groter deursnit in die
buis te plaas. ’n Afsonderlike kort melkbuis word
Gegote met integrale Gegote met afsonderlike Deurgedruk
aangeheg. Word selde gebruik.
kort melkbuis kort melkbuis

Kloustukke:
Kloustukke se doel is:
• om die vier kort melkbuise in een lang melkbuis bymekaar te bring;
• om die vier kort pulsatorbuise in een of twee lang pulsatorbuise byeen te bring; en
• om as ʼn massastuk te dien wat keer dat speenhulse teen die spene opkruip. Indien die melkereenheid te
lig is, neig die speenhouers om met die melkslag teen die spene op te kruip. Dít kan meer aandag aan die
namelkproses vereis, en sal tot ʼn groter volume namelk lei.

Kloustukontwerp maak voorsiening vir die volgende:

• ʼn Ruimte waarin die melk uit die hulse saamvloei


• ʼn Lugbloeigaatjie wat die verwydering van melk aanmoedig
• Outomatiese afsluiting op die kort melkbuise wanneer hulle nie aan die spene geheg is nie
• Soms ʼn outomatiese vakuumafsluitklep

Wanneer die vier hulse gelyktydig pulseer Figuur 9. 4 x 0 en 2 x 2 kloustukke


(4 x 0), is ʼn aansluiting vir een lang pul-
sasiebuis nodig. Alternatiewe pulsasie (2 x 2)
vereis twee aansluitingspunte (Figuur 9).

Onderhoud: A B
• Die lugbloeigaatjie moet altyd oop wees.
• Gaan hulse weekliks na, en vervang 4x0 2x2
indien nodig.

143
8. Pulsators
Doel
Die doel van die pulsator is om die vakuumdruk (suiging) op die speen (speenwand) ritmies te onderbreek, sodat
die bloed in die speenwand kan sirkuleer om speenskade te voorkom.

Van ál die onderskeie benaderings om ʼn bepaalde funksie in die melkstelsel verrig te kry verskil die onderskeie
vervaardigers se benadering tot pulsators en pulsatorstelsels die meeste. Die grondliggende beginsels bly egter
dieselfde.

Die meeste pulsators val in twee breë klasse:

• Oordraer- (“relay”-) pulsators


Die oordraers, een by elke melkpunt, pulseer onder die beheer van ʼn sentrale pulsator, wat hetsy elektries of
vakuumaangedrewe is.

• Onafhanklike individuele pulsators


Elke pulsator het in dié geval ʼn eie ingeboude beheerder. Gewoonlik word een afsonderlike pulsator per
melkereenheid gebruik. Hierdie tipe pulsator kan ook vakuum- of elektries aangedrewe wees.

Onderhoud:
• Beskerm die pulsator teen stof en vog.
• Indien daar lugfilters is, moet dit gereeld skoongemaak word.
• Waar van toepassing, moet olie volgens voorskrif toegedien word.
• Gaan die pulsatorspoed gereeld na.

9. Vrysteller
Figuur 10. Vrysteller en vogvanger
Doel Vakuumpyp
Die vrysteller dra die melk wat in die
melkmasjien onder vakuumdruk verkeer, oor Melkpyp Vogvanger
na ʼn houer (melktenk) by atmosferiese druk. Vlotter
Elektrodes
Met hierdie aksie moet weinig of geen lug in die
melkmasjien invloei. Vrysteller Kraan

In moderne stelsels bestaan die vrysteller


gewoonlik uit ʼn glasreservoir en ʼn elektriese
Na melkpomp
melkpomp (Figuur 10). Sodra die melk in die
reservoir ʼn voorafbepaalde hoogte of massa
bereik, word die pomp geaktiveer en die melk na
die tenk gepomp.

10. Vogvanger
Doel
Dié onderdeel keer dat gekondenseerde melkdamp, of enige vloeistof wat die melk kan besoedel, uit die
vakuumpyp in die vrysteller dreineer (Figuur 10). Die vogvanger is gewoonlik ʼn deursigtige houer in die
vakuumpypleiding, reg langs die uitskeier.

11. Pyplyne
Die volgende pyplyne maak deel uit van ʼn inlynmelkstelsel wat met sirkulasiereiniging gewas word. Ál hierdie
pyplyne verkeer onder vakuumdruk (Figuur 11).

144
Vakuumlyn:
Dít is gewoonlik ʼn gegalvaniseerde of polivinielchloried- (PVC-)pyp. Die lae wrywingsverliese by laasgenoemde
is ʼn voordeel, maar indien dit nie behoorlik gestut word nie, neig hierdie tipe pyp om mettertyd tussen die
stutte uit te sak.

Vakuumlyne het die volgende doel:


• Dit lei die vakuumdruk na waar dit in die melkstelsel benodig word.
• Dit is gewoonlik waar die pulsators gekoppel word.
• Dit dien as ʼn reservoir vir die
Figuur 11. Pyplynkoppelings aan maatfles en melkereenhede
vakuumdruk wat deur die pomp
Pulsator
opgewek word. Vakuumlyn
Melklyn
Waslyn
Melklyn:
Die melklyn kan ʼn glas- of Vakuumverbinding Pulsatorbuis

vlekvryestaalpyplyn wees, en het die Maatfles


volgende doel: Lang melkbuis
Afsluiting
• Dit vervoer melk van die melkpunte waseenheid
na die vrysteller. (ʼn Verlenging van
hierdie lyn vervoer die melk van Kloustuk
die vrysteller na die melktenk. Dié Waseenheid
gedeelte verkeer egter nie onder
vakuumdruk nie.)
• Wanneer die stelsel gewas word, vervoer die melklyn die reinigingsoplossings van die melkereenhede na die
vrysteller (en melktenk).

Waslyn:
Dít is gewoonlik ʼn pyplyn van glas of vlekvrye staal, met die volgende funksies:
• Gedurende die wassiklus vervoer dit die reinigingsoplossings na die melkereenhede.
• Gedurende die melkproses voorsien dit vakuumdruk aan die speenhuls, en is dus vir die uitmelk van die
koei verantwoordelik.

Melkmasjienstelsels

Melkstelsels wissel van ʼn eenvoudige emmerstelsel tot ʼn inlynstelsel met maatflesse en sirkulasiereiniging
(Figuur 12).

Pulsasie
Aanhoudende suiging (vakuumdruk) op die spene sal die bloedsomloop benadeel, en irritasie en beserings
veroorsaak. Die pulsator onderbreek die suiging, en help dus bloedsirkulasie aan.

Die pulsator verbind ook die pulskamer afwisselend aan die vakuumlyn van die melkmasjien, en die atmosfeer
(Figuur 13).

Wanneer die pulskamer via die pulsator aan die vakuumlyn verbind is, heers dieselfde vakuum, naamlik ±50
kPa, in die huls sowel as in die pulskamer. Die huls sal dus sy natuurlike oop vorm aanneem, en die speenopen-
ing ervaar dus die volle vakuumdruk. As gevolg van die positiewe druk in die uier, en die vakuum in die speen-
huls, gaan die speenopening oop, en vloei die melk uit. Dit is die melkfase.

145
Wanneer lug by atmosferiese druk deur die pulsator na die pulskamer vloei, verhoog die druk in laasgenoemde
ruimte tot ongeveer 100 kPa. Weens die drukverskil wat in so ʼn geval oor die hulswand ontstaan, word die huls
onder die speen toegedruk, en word die vakuumdruk op die speen sodanig verlig dat die speenopening sluit en
melk-vloei staak. Die saamval van die hulswande masseer die speenwand, en moedig die bloedsomloop aan. Dit
is die rusfase.

Figuur 12. Verskillende melkmasjienstelsels

Melkpyp
Melkkan

Kloustuk
Pulsator

Pulsator
Staanemmer

Melkstal of melkportaal
Vakuumpyp

Knyper

Maatfles
Pulsator

Melkereenheid
Melkereenheid

Kloustuk
Pulsator

Hangemmer
Vakuummeter

Melkpomp
Vakuummeter
Vakuumbeheerklep

Vakuumbeheerklep

Vogvanger

melkver-
koeler
Na

Melkuitskeier
Vakuumtenk
Vakuumtenk
Balklep

Vakuumpomp
Vakuumpomp

Balklep
Masjienkamer

Uitlaatpyp met

Masjienkamer
knaldemper

Uitlaatpyp met
knaldemper

146
Figuur 13. Die werking van die pulsator

100kPa
50kPa
Lug in
50kPa

Vakuumlyn Melkfase Rusfase Vakuumlyn

Pulsasiesiklus:
Omskrywing: ʼn Pulsasiesiklus is die kombinasie van die melk- en die rusfase.

Pulsasiespoed:
Omskrywing: Die pulsasiespoed is die aantal volledige pulsasiesiklusse per minuut.

Na gelang van die tipe pulsator is die pulsasiespoed gewoonlik 50–60 pulsasies per minuut. In ʼn bepaalde stel-
sel behoort die maksimum afwyking tussen pulsators nie meer as ses siklusse per minuut te wees nie.

Pulsasieverhoging:
Omskrywing: Die pulsasieverhoging is die tydsverhouding tussen die melk- en rusfase.

Tussen die verskillende pulsatorstelsels wissel hierdie verhouding van 1:1 tot 2.25:1.

Die pulsasieverhouding kan ook as ʼn persentasie van die melkfase in verhouding tot die tydsduur van ʼn volle
pulsasiesiklus uitgedruk word. Hierdie persentasie behoort nie meer as 70% te wees nie.

Pulsgrafiek
ʼn Pulsograaf beeld die vinnige vakuumveranderings uit wat in die pulskamer plaasvind. In dié instrument dryf ʼn
motor ʼn strook grafiekpapier teen ʼn bepaalde snelheid aan. ʼn Naald wat aan die blaasbalk gekoppel is, registreer
die vakuumvlak op die papier (Figuur 14).

Om die vorm en eienskappe


van ʼn pulsator te bepaal word Werksvakuum (50kPa)
4kPa
die vakuumverbinding van die
pulsograaf met behulp van ʼn T-stuk
aan die kort pulsasiebuis gekoppel.
Die hulsmond word met ʼn prop
gesluit, en die melkmasjien word 4kPa
in werking gestel. Die pulsograaf Atmosferiese druk
a b c d (100kPa)
word dan aangeskakel, en die vorm
van enkele pulsasiesiklusse word Tyd
waargeneem. Figuur 14: Pulsgrafiek

Buiten die pulsgrafiek, word twee horisontale meetlyne ook op die grafiekpapier aangedui. Die onderste lyn
verteenwoordig ʼn vakuumvlak van 4 kPa; die boonste lyn stel ʼn vakuumvlak van 4 kPa laer as die maksimum
geregistreerde vakuum voor.

147
Van die kruispunte tussen die pulsgrafiek en hierdie twee horisontale lyne word vertikale lyne getrek om die
pulssiklus in die volgende tydgleuwe te verdeel:

a = toenemende vakuumfase (oop)


(melkfase)
b = maksimum vakuumfase

c = afnemende vakuumfase (toe)


(rusfase)
d = minimum vakuumfase

Die pulsasiespoed = 60
Som van a+b+c+d in sekondes

Die pulsasieverhouding = a+b in sekondes x 100%

a+b+c+d in sekondes

Om die speen voldoende ruskans te gee behoort die d-waarde (minimum vakuumfase) as persentasie van die
totale pulsasiesiklus nie minder as 15% te wees nie.

Melkmasjienwerking – ’n samevatting
Die vakuumdruk wat deur die pomp opgewek, en deur die reguleerder op sowat 50 kPa gehandhaaf word, gaan
deur middel van die pypstelsel en die speenhuls na die speen, waar dit op die speenopening aangewend word.

Gedurende die melkfase verbind die pulsator ook die pulskamer aan die vakuum. Weens die natuurlike vorm van
die speenhuls, en die gelyke vakuum binne en buite die huls, gaan die huls oop. Onder die invloed van die volle
vakuum is die drukverskil oor die speenopening hoog genoeg om dit te laat oopgaan en melkvloei te stimuleer.

Die melk beweeg onder vakuumdruk deur die kort melkbuis, kloustuk, lang melkbuis en melkpyp, tot in die
vrysteller. Van die vrysteller word dit onder positiewe druk tot in die melktenk gepomp.

Gedurende die rusfase onmiddellik ná die melkfase laat die pulsator lug by atmosferiese druk in die pulskamer
in. Weens die drukverskil wat só aan die binne- en buitekant van die huls ontstaan, word die hulswande onder
die speen teen mekaar gedruk, en sluit die huls. Die saamval van die hulswande druk en masseer die speen
dermate dat dit die bloedsomloop stimuleer. Dit verlaag ook die vakuumdruk op die speenpunt genoeg om die
speenopening te sluit en melkvloei te laat ophou.

Nuwer ontwikkelings aan pulsasiestelsels en melkereenhede


Nuwe ontwikkelings word voortdurend beproef om die doeltreffendheid van melkmasjiene te probeer verhoog.
Om byvoorbeeld uierbesering en kruisbesmetting met die melkslag te verminder word daar gedurig veranderinge
aan die melkereenheid en pulsasiestelsels aangebring.
Die volgende is onlangse bekende ontwerpe wat die toets van die praktyk geslaag het:

1. Duovac
Doel
Die Duovac-stelsel keer dat koeie oormelk word, aangesien dit die speenopening kan laat verweer. Met die
aanvang van die melkproses stimuleer ʼn ‘sagte’ melkaksie die speen, sonder enige nadelige gevolge. Wanneer
melkvloei tot bo ʼn vasgestelde vlak toeneem, tree die normale vakuumdruk van 50 kPa, en die pulsasietempo

148
Figuur 15. Duovac pulsasiegrafiek van sowat 60 pulse per minuut in werking.
Aan die einde van die melkproses hervat
Vakuum die ‘sagte’ aksie, en verminder dit die
kPa
50 noodsaaklikheid om die melkereenheid
onmiddellik nadat die koei uitgemelk is,
33
van haar uier te verwyder. In Figuur 15
verskyn ʼn pulsasiegrafiek van ʼn Duovac-
0 stelsel.

Die “sagte” melkaksie word gekenmerk deur:

• ’n melkvakuum van ±33 kPa


• ’n pulsasiespoed van ±48
• ’n melk: rus-verhouding van 1:2

2. Westfalia Stimopuls
Met die Stimopuls-stelsel (Figuur 16) kan die melker die duur van voormelkstimulering op tussen 30 sekondes
en 90 sekondes stel. In dié tyd is die vakuumdruk laag (sowat 20 kPa), en die pulsasiespoed vinnig (300). Met
verloop van tyd verander sowel die vakuumvlak as pulsasiespoed egter na normaal.

Figuur 16. Stimoplus stimulering

Stimulasie Oorgang Normaal

149
NOTAS
Die outeur, die Wes-Kaapse provinsiale regering en die Provinsiale Departement Landbou aanvaar geen verant-
woordelikheid vir enige verlies of skade deur enige persoon gely, wat direk of indirek mag voortspruit uit of
verband hou met die gebruik van die formulasies, voedingsriglyne of wenke wat hierin vervat is nie.

Verwysings
National Research Council, 1989. Nutrient requirements of dairy cattle. 6th revised edition, Washington, DC.
National Academy Press.

National Research Council, 2001. Nutrient requirements of dairy cattle. 7th revised edition, Washington, DC.
National Academy Press.

FJ van der Merwe, 1977. Dierevoeding. Kosmo-Uitgewery Edms. Bpk, Stellenbosch.

150
151

You might also like