You are on page 1of 5

Natuurwetenskap: 7 Vorms van energie

Datum: ______________________



1. Kinetiese energie (bewegingsenergie)

Voorwerpe wat kan beweeg, bv. val, rol, ry, loop, het almal kinetiese energie. ‘n Fiets
wat beweeg en al hoe vinniger beweeg, het baie kinetiese energie.

2. Klankenergie

Ons hoor klanke omdat klankenergie in klankgolwe deur die lug beweeg.

3. Potensiële energie

Voorwerpe wat potensiële energie het, het die moontlikheid om te kan beweeg, bv. ‘n klip
op ‘n berg wat doodstil lê, totdat iemand dit afstoot.

4. Hitte-energie

Hitte-energie word uitgestraal wanneer ‘n voorwerp warm word. Hitte word ook
geproduseer wanneer iemand vinnig beweeg.

5. Ligenergie

Energie word vrygestel wanneer ‘n voorwerp lig maak, bv. ‘n gloeilamp.

6. Chemiese energie

Ons liggame verander die kos wat ons eet in energie wat ons kan gebruik om te kan lewe.
Motors kan beweeg omdat die brandstof wat hulle gebruik, chemiese energie verskaf.

7. Elektriese energie

‘n Elektriese stroom veroorsaak elektriese energie wat by kragstasies, soos ESKOM,


opgewek word.


Natuurwetenskap: Die ontwikkeling van energie in S.A (bl. 9-11)
Datum: ________________________


A. NB!! Energie kan nie geskep of vernietig word nie. Dit kan net omgeskakel word van
een vorm na ‘n ander.

B. Kommer oor die wêreld se brandstofvoorraad het ontstaan omdat:


1.) Daar is ‘n beperking aan die aarde se fossiel-brandstowwe, bv. steenkool, olie, ens.
2.) Dit raak al hoe duurder en moeiliker om nuwe voorrade soos olie en steenkool te
ontgin.
3.) Net sekere lande kan olie produseer.
4.) Die verbranding van meer fossielbrandstowwe vererger die besoedeling, bv. die
atmosfeer, globale verwarming en die kweekhuiseffek.

C. Noem en verduidelik 8 vorms van alternatiewe energie:


1. Sonenergie
Die hoeveelhede energie wat die aardoppervlak bereik, word bepaal deur die
osoonlaag, stof, wolke en breedtegraad.

2. Oseaantermiese energie
Die son veroorsaak dat die oppervlaktemperatuur van die oseaan hoër is as wat dit is
op groot dieptes. Hierdie temperatuursverskil kan gebruik word om energie op te wek.

3. Gety energie
Elke keer word die sluisdam volgemaak en die boot styg tot by die volgende sluisdam
en dan word die dam weer leeggemaak.

4. Hidro-elektriese energie
In bergagtige lande word elektrisiteit opgewek uit die potensiële energie van water wat

in damme opgegaar is.

5. Golf energie
Deur die vertikale beweging van die see word energie op verskeie maniere opgewek.

6. Geotermiese energie
In verskeie lande is daar warmwaterbronne wat geotermiese energie bevat wat gebruik
word om energie op te wek.

7. Windenergie
Wind word gebruik om energie op te wek, bv. deur windmeule te gebruik.

8. Biomassa-energie
Plante kan op verskillende maniere energie lewer en hul is hernubaar. Ons kry
brandstowwe soos metane, etanol en metanol daaruit. Dit het beperkings en is nie
geskik vir alle lande nie.
D. Energie hulpbronne

Energiebronne is noodsaaklik op aarde. Alle aktiwiteite is afhanklik van energie. Meeste


energiebehoeftes word voorsien deur fossielbrandstowwe, bv. olie, steenkool, en aardgas.

Fossielbrandstowwe is nie hernubaar. Dus moet ons:


1.) Beter gebruik moet gemaak word van bestaande energiebronne.
2.) Alternatiewe (ander) soorte hulpbronne moet ondersoek word.


Natuurwetenskap: Veiligheidsmaatreëls van elektrisiteit (bl. 13-15)
Datum: ____________________________

 

1. Moenie die drade in jou huis self konnekteer nie, kry ‘n elektrisiën.

2. Moenie elektriese toebehore raak met nat hande nie.

3. Moenie elektriese toebehore naby water gebruik nie.

4. Moenie drade onder matte sit nie.

5. Vervang alle beskadigde kabels.

6. Hou kabels weg van verwarmers.

7. Moenie enige gereedskap in elektriese skakelaars druk nie.

8. Moenie ‘n gloeilamp vervang, indien dit nie by die skakelaar afgeskakel is nie.

9. Moenie te veel elektriese toestelle gelyktydig aan een muurprop skakel nie.

10. Moenie elektriese toebehore oopmaak of regmaak indien dit nie ontkoppel is nie.

11. Hou kabels weg van kinders af.

12. Moenie kabels uit muurproppe ruk nie.

13. Skakel alle muurproppe af voor jy die kabels verwyder.

14. Skakel alle stowe of verwarmers af nadat dit klaar gebruik is.

15. Bedraad kragproppe behoorlik en reg.

16. Bedek alle ontblote kabels met lint (isolator).

17. Bedek alle kragbronne wat nie gebruik word nie.


Natuurwetenskap: Algemene inligting oor energie en elektrisiteit
Datum: _________________________________



Bron van energie: Werk wat verrig word deur hierdie


energiebron:
1.) Wind Laat seilbote beweeg. Draai die windpomp.
2.) Hout, steenkool, paraffien Verskaf energie om kos te kan kook.
3.) Elektrisiteit Laat TV werk. Lig skyn, en die ketel kook.
4.) Olie, diesel en petrol Laat voertuie beweeg.
5.) Son Laat plante eie kos vervaardig.
6.) Voedsel Gee mense en diere energie om dinge te doen
en te kan beweeg.
7.) Batterye Het gestoorde energie vir as ons dit wil
gebruik.



You might also like