You are on page 1of 5

ooi-klankie

Rooistert en die vlooi


Rooistert loer deur die hooi.
Hy bekruip sy prooi.

Die muisie met sy rooi neus is


Rooistert se prooi.
Rooistert trek sy gesig op 'n
plooi en spring!

Die muis verdwyn in die hooi.


Die kat is kwaad en gooi sy stert in die lug.

Rooistert maak vir hom 'n mooi kooi op 'n hoop strooi.
“Eina! Iets het my gebyt!” skree Rooistert.

Daar is 'n vlooi in Rooistert se kooi.


Rooistert wil die vlooi met sy voorpoot looi.

“Wie het die vlooi na my kooi genooi?” vra Rooistert.


“Dit was nie mooi!”
Wolfie Designs © www.wolfiedesigns.co.za
aai-klankie
Die haai en die fraai kraai
Herman is 'n baie kwaai haai.
Katryn is 'n baie fraai kraai.
Die haai loer na die kraai.
Sy swaai en lawaai aan 'n paal by die kaai.
Die haai dink die kraai is tog te fraai.
Katryn sien iets in die water by die kaai.

Raai wat?
Sy sien 'n groot grys haai.
Sy draai haar kop.
Katryn sê: “Hallo, is jy 'n vis?”
Herman sê: ”Ek is 'n haai.
Is jy ‘n papegaai?”
Katryn sê: “Nee, ek is 'n kraai.”
Die fraai kraai en die kwaai
tamaai haai is nou maats.

Wolfie Designs © www.wolfiedesigns.co.za


eeu-klankie
Lukas die leeu
Lukas die leeu is vreeslik alleen.
Sy familie woon al 'n eeu waar dit altyd sneeu.
Niemand wil met hom speel nie.
Die sneeuluiperd jaag hom sommer weg.
Die seeleeu is weer te lui.
Eendag hoor hy 'n harde geskreeu.
Dit is 'n spreeu.
Hy skreeu oor 'n plek met see en sonskyn.
Leeu besluit om saam met die spreeu te gaan.
Hulle loop verby sneeuluiperd en seeleeu.

Lukas die leeu hoor nog 'n geskreeu.


Dit is nie spreeu nie.
Dit is ‘n seemeeu.
“Ons is hier!” skreeu die spreeu.
Die leeu, seemeeu en spreeu
het heerlik in die son gespeel.

Wolfie Designs © www.wolfiedesigns.co.za


oei-klankie
Blommetjie die koei
Blommetjie is 'n swart en wit koei.
Dit is baie warm en dit voel of die son haar skroei.
Sy soek 'n koel plek.
Sy sien 'n boom, maar dis te klein en moet nog groei.
Sy sien 'n bos, maar die man wil die bos nou snoei.
Sy sien 'n stal, maar die hen is besig om daar te broei.
Sy sien 'n boot, maar die kinders gaan nou roei.
Dit is moeilik om 'n lekker koel plek te kry.
Saartjie sien hoe die arme koei met die son stoei.

Foeitog, die son gaan haar neus laat bloei.


Saartjie maak 'n plan.
Sy bring 'n groot sonhoed
vir die koei.
Blommetjie is bly.
Die son gaan haar nou
nie meer skroei.

Wolfie Designs © www.wolfiedesigns.co.za


Ek hoop jy het hierdie stories vreeslik baie geniet!
Besoek www.wolfiedesigns.co.za
vir BAIE meer digitale hulpbronne!

Gaan loer gerus na hierdie boek:


Illustrasies
erkenning:

Wolfie Designs
Kleine Wolfie
Wolfie Designs © www.wolfiedesigns.co.za

You might also like