You are on page 1of 16

Diabetessorgprogram

Bringing health within your reach


Diabetes-
sorgprogram
Diabetessorgprogram
Inhoudsopgawe Wat is diabetes?
Wat beteken diabetes vir jou gesondheid?
2
3
Program vir Diabetessorgbestuur 3
Hoe raak jy betrokke by jou behandeling? 4
Wat sal ons vir jou doen? 5
Ideale bestuursgrondbeginsels 5
Bestuursplan - Medikasie en Insulien 6
Help om komplikasies te voorkom 7
Ander risikofaktore 8
Meer oor toetse 9
Diabetiese noodgevalle 9
Diabetes en swangerskap 10
Monitering met jou dokter se hulp 11
Doelwitte 13
Inleiding Diabetessorgprogram

Wat is diabetes?
As jy diabetes het, het jy te veel glukose (suiker) in jou bloed.

Hoe gebeur dit?


Suiker en stysel word tot glukose afgebreek, wat die
bloed binnegaan sodat jou liggaam dit as energie kan
gebruik. Gewoonlik beheer ’n hormoon genaamd insulien
die hoeveelheid glukose in jou bloed.

Om diabetes te hê beteken dat jou liggaam:


• óf insulien kort (tipe 1-diabetes, wat gewoonlik in
kinders en jong volwassenes ontwikkel);
• óf nie sy eie insulien so goed kan gebruik soos
dit moet nie (tipe 2-diabetes, wat gewoonlik by
volwassenes ontwikkel en met familiegeskiedenis of
’n oorgewig toestand verbind word).

2
Diabetessorgprogram P r o g r a m v i r D i a b e t e s s o rg b e s t u u r

Wat beteken diabetes vir jou gesondheidsprobleme. Beheer van jou bloedglukose
en ander risiko’s kan egter komplikasies voorkom of ten
gesondheid? minste verhoed dat dinge vererger.

Diabetes raak jou hele liggaam, dit veroorsaak


korttermyn- en langtermynkomplikasies.
Program vir
Diabetessorgbestuur
Korttermynkomplikasies: onbehandelde diabetes kan
’n koma en die dood veroorsaak. Die doelwit van die Diabetessorgprogram is om
’n vennootskap van spesiale sorg vir diabetes
Langtermynkomplikasies: swak behandelde diabetes sal tussen jou, jou gesinsdokter en jou ander
die volgende ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak: gesondheidsorgvoorsieners te vorm. Ons sal jou help
• Nierversaking om meer oor diabetes te leer, en jou sodoende in staat
• Senuweeskade stel om dit te bestuur en te beheer. As jy jou beheer
• Blindheid verbeter, sal dit tot beter lewensgehalte lei.
• Voetinfeksies wat tot amputasie kan lei
• Vroeë hartaanvalle en beroertes Glukosebeheer
• Impotensie in mans • Goeie glukosebeheer verminder die risiko van
ernstige gesondheidsprobleme.
As die komplikasies eers ontwikkel het, kan dit nie • Vingerpriktoetse kontroleer jou glukosevlak op
omgekeer word nie. Hoe hoër jou bloedglukose, en hoe daardie oomblik. Die glukosebeheertoets (HbA1c) is
meer ander risikofaktore jy het (soos hoë bloeddruk, die beste manier om jou gemiddelde beheer oor 3
hoë cholesterol, rook), hoe groter is die risiko vir ernstige maande vas te stel.

3
Diabetesbehandeling Diabetessorgprogram

Behaal jou geïndividualiseerde


behandelingsdoelwitte
Hoe raak jy betrokke by jou
Jy en jou dokter sal saam die areas identifiseer waarop jy behandeling?
moet fokus, soos:
• Goeie beheer oor bloeddrukvlakke. Hierdie boekie voorsien jou van inligting oor die beste
• Normale cholesterol (bloedvette). manier om jou diabetes te bestuur.
• Hou op rook.
• Gewigsverlies en handhawing deur oefening en • Vat hierdie boekie saam na jou dokter toe sodat hulle
gesonde eetgewoontes. deur die uitslae kan gaan en sien hoe dit met jou gaan.
• Bespreek jou geïndividualiseerde
Voorkom langtermynprobleme behandelingsdoelwitte en kom daarop ooreen met
• Laat jou oë ten minste een keer per jaar toets. jou dokter deur bladsy 13 te voltooi.
• Laat jou voete ten minste een keer per jaar toets. • As jy op insulien is, moet jy jouself gereeld monitor.
• As jy jou voete daagliks goed versorg, sal dit ernstige Bespreek met jou dokter hoe gereeld. Gaan na bladsy
probleme in die toekoms voorkom. 11 om te leer hoe om jou uitslae aan te teken.
• Laat jou niere jaarliks toets – dit word met ’n urien- • Jou dokter sal die uitslae van die toetse wat hulle
en/of bloedtoets gedoen. doen op bladsy 11 kan aanteken.

4
Diabetessorgprogram Diabetesbestuur

Wat sal ons vir jou doen? Ideale


bestuursgrondbeginsels
• Ons sal jou van tyd tot tyd kontak om te hoor hoe dit
met jou diabetes gaan en om die moniteringsinligting Kennis is deurslaggewend
uit jou boekie te kry. Leer soveel oor diabetes as wat jy kan, insluitend jou
• Ons sal die inligting wat jou dokter in jou boekie behandelingsdoelwitte en hoe om komplikasies te
neergeskryf het, gebruik om te besluit op die beste herken en te voorkom.
manier om jou te ondersteun.
• Ons diabetes-sorgverpleërs sal help met enige Glukose-monitering
inligting wat jy oor jou diabetes en verwante Selfmonitering sal help om jou beheer te verbeter.
gesondheidsaangeleenthede nodig het. Weet hoe en wanneer om jou eie glukose te
kontroleer. Laat gereeld ’n glukosebeheertoets
Met die ondersteuning van jou dokter en die ander lede (HbA1c) doen (sien bladsy 11).
van die diabetes-sorgspan, is die doel dat jy so gesond
soos ’n persoon sonder diabetes moet voel.

Jou diabetes-sorgspan help om jou sorg te monitor.


Skakel asseblief die diabetes-sorgnommer by 0860 109
900 indien jy enige vrae het

5
Medikasie en Insulien Diabetessorgprogram

Bestuursplan – Medikasie bykomende insulien benodig, moet jy jou bloedglukose


meer dikwels toets en moet jy jou urien vir ketone toets.
en Insulien Ketone word vervaardig wanneer die liggaam vet vir
energie of brandstof verbrand. Hulle word ook vervaardig
Enige diabeet op insulien moet die volgende wanneer jy gewig verloor of as daar nie genoeg insulien
grondbeginsels ken: is om jou liggaam te help om suiker vir energie te gebruik
• Insulientipes en hoe om hulle veilig te stoor. nie. Sonder genoeg insulien bou glukose in die bloed
• Hoe om die regte dosis toe te dien. op. Aangesien die liggaam nie glukose vir energie kan
• Hoe hom lae bloedglukosereaksies te herken, gebruik nie, breek dit eerder vet af. Wanneer dit gebeur,
voorkom en behandel (hipoglisemie). vorm ketone in die bloed en stort oor in die urien. Hierdie
• Hoe belangrik dit is om inspuitings op verskillende ketone kan jou baie siek maak
plekke op jou liggaam toe te dien.
• Hoe om tuisglukosetoetse te vertolk en jou Diabetespille is dikwels noodsaaklik vir die beheer van
insuliendosis te verander indien nodig. glukose in tipe 2-diabetes (in volwassenes). Dit is nie
• Die uitwerking van oefening op insulienvereistes. insulientablette nie, maar hulle stel die liggaam in staat
• Wat om in ’n noodgeval te doen. om sy eie insulien meer doeltreffend te gebruik. Hulle kan
• Hoe belangrik dit is om ’n “medic alert”- saam met insulien geneem word.
armbandjie te dra.
• Wees versigtig wanneer jy bestuur.

Dit is baie belangrik om nie insuliendosisse oor te slaan


nie, veral wanneer jy siek is. Wanneer jy siek is, kan jy

6
Diabetessorgprogram Diabeteskomplikasies

Help om komplikasies • Gebruik ’n sagte handdoek en streel droog; moenie


vryf nie.
te voorkom • Moet nooit sonder skoene loop nie, nie eens op die
strand nie.
Oogondersoeke • Moet nooit self jou eelte sny nie.
Gereelde oogtoetse word aanbeveel, selfs al lyk of
voel dit asof niks met jou oë fout is nie. Dokters en Let wel: Volledige voetversorging behels meer as dit,
oogspesialiste met spesiale ervaring in diabetiese maar hierdie punte is veral belangrik. Jou dokter sal jou
oogprobleme moet hierdie ondersoeke doen. ooreenkomstig adviseer.

Voetsorg
As jy van die begin af oor behoorlike voetversorging
leer, sal dit jou voete ’n tweede lewe gee. Die kleinste
seerplekkie kan vinnig in ’n groot probleem ontaard. ’n
Dokter moet jou voete ten minste jaarliks ondersoek.

Die reëls van goeie voetversorging


• Ondersoek jou voete elke dag of laat iemand hulle vir
jou ondersoek.
• Kry mediese bystand sodra jy ontdek jy het ’n
voetbesering.
• Was jou voete daagliks in louwarm water (nie warm
nie) en droog hulle versigtig af, veral tussen jou tone.

7
Risikofaktore Diabetessorgprogram

Nierkontrole intree, soos blindheid, impotensie, amputasies en


Diabetes kan jou niere beskadig. ’n Spesiale urientoets beroerte. Kry hulp as jy sukkel om op te hou rook.
kan gedoen word om te kontroleer of jou niere in
gevaar is. Drink minder alkohol
Sommige mense moet alkohol moontlik heeltemal
Dieet en oefening uitskakel. Aanvaarbare limiete is een
Dit is belangrik om die regte dieet te volg om jou tot twee standaarddrankies in een dag. (Een
glukose te beheer. Praat met ’n dieetkundige oor ’n standaarddrankie is een sopie sterk drank, een
gesonde eetplan. klein glasie wyn of een blikkie bier.)

Oefening Hoë bloeddruk en cholesterol


Oefening help ook om beheer te verbeter en verminder ’n Gesonde lewenstyl sal jou bloeddruk en cholesterol
die risiko van die ontwikkeling van ’n hartsiekte. Oefening verlaag, maar in sommige gevalle kan medikasie ook
moet ’n genotvolle deel van jou lewe wees en ideaal nodig wees.
gesproke moet jy 30 minute se oefening daagliks doen,
drie tot vyf keer ’n week. Aspirien
Die meeste mense met verhoogde risiko van hartaanvalle
of beroertes moet elke dag ’n lae dosis aspirien inneem.
Ander risikofaktore Vra jou dokter of jy dit moet doen.

Hou op rook
Rook is die grootste vermybare oorsaak van vroeë
sterftes. Dit kan daartoe lei dat komplikasies vinniger

8
Diabetessorgprogram To e t s e e n n o o d g e v a l l e

Meer oor toetse Diabetiese noodgevalle


Bloedglukose kontroletoets Sodra behandeling begin het, kan glukosevlakke óf te
HbA1c-toets laag (“hipo”) óf te hoog (“hiper”) wees. Albei kan ernstige
Hierdie is ’n belangrike toets. Dit kontroleer jou
gevolge inhou.
langtermyn-bloedglukosebeheer oor die voorafgaande
drie maande. Onthou, jou glukosevlak kan binne ’n
As jy die waarskuwingstekens herken, beteken dit jy kan
dag verander.
jou glukosevlak aanpas voor die situasie ernstig word.
Nie almal is sensitief vir waarskuwingstekens nie. Jou
Urientoetse familie en vriende moet ook hierdie tekens ken, sodat
Die uriendoopstokkietoets wat in die doktor se
hulle jou kan help as jy nie gesond genoeg is om jouself
spreekkamer gedoen word, kontroleer vir glukose,
te help nie.
proteïen, ketone en infeksies. Jou urien moet
normaalweg nie proteïen bevat nie. Hierdie toets
’n “Medic alert”-armbandjie sê vir ander hoe om jou te help.
is nie sensitief genoeg om klein hoeveelhede proteïen op
te tel nie, dus mag dit nodig wees om ’n ander monster
na ’n laboratorium te stuur vir verdere toetsing.

Cholesteroltoetse
’n Basislyn-cholesteroltoets moet gedoen word wanneer
diabetes by jou gediagnoseer word en gereeld daarna.

9
Diabetes en swangerskap Diabetessorgprogram

Diabetes en swangerskap
As jy ’n vrou is wat ’n swangerskap beplan of as jy reeds swanger is, het jy
spesiale sorg nodig. Streng glukosebeheer voor, asook tydens swangerskap,
is nodig om geboortedefekte, miskrame en stilgeboortes te voorkom.
Glukosebeheer tydens swangerskap help ook om te voorkom dat enige
diabetesverwante probleme erger word. Jou behandeling sal moontlik moet
verander tydens jou swangerskap, so raadpleeg jou dokter sodra jy vermoed
dat jy swanger is. As jy nie swangerskap oorweeg nie, bespreek asseblief
voorbehoeding met jou dokter.

Bespreek altyd gesondheids- en


behandelingskwessies met jou dokter.
Die doel van hierdie inligting, voorsien deur ons geregistreerde beroepslui, is om
op te voed, te kommunikeer en in te lig. Hierdie inligting is nie mediese advies of
behandeling nie en moet nooit die advies of behandeling van jou dokter vervang nie.

10
Diabetessorgprogram Diabetesmonitering

Let wel Monitering met jou HbA1c


’n HbA1c word gedoen twee of drie maande ná daar
maak afskrifte van hierdie
dokter se hulp ’n verandering in bestuur/medisynes was, drie- tot
viermaandeliks as jy op insulien is, of sesmaandeliks as
bladsy om toekomstige
Selfmonitering as jy op jy nie insulien gebruik nie en jou glukosebeheer stabiel is.
uitslae aan te teken.
insulien is
Tuisglukosetoetse
Datum
Skryf uitslae neer in die kolom wat die tyd toe
die toets gedoen is die beste aandui. Moet nie altyd op Uitslag
dieselfde tyd van die dag toets nie.

Week begin (datum) M D W D V S S


Bloeddruk en gewig
Voor ontbyt
Dit word tydens elke besoek gedoen.
Twee uur na ontbyt
Voor middagete DATUM
Twee uur na middagete Bloeddruk
UITSLAG
Voor aandete
Twee uur na aandete DATUM
Slaaptyd, voor Gewig
versnapering UITSLAG
2-3 vm.
Simptome van lae/hoë glukosevlakkes
Bloedglukose-uitslae
Datum en tyd
Voorgestelde rede 11
Diabetesmonitering Diabetessorgprogram

Oogtoetse Cholesterol (mmol/l) – verkieslik ’n


Jaarlikse oogtoetse (gedilateerde oogondersoeke) “vastende” vlak
word aanbeveel. Moet jaarliks gedoen word.

Afspraakdatums
Totale LDL- HDL- Trigliseried
Datum/tyd cholesterol cholesterol cholesterol (<2.3)
(<5) (<3) (<0.9)
Dokters
Datum
Uitslag
Voetondersoeke
Deeglike voetondersoeke word ten minste jaarliks Urien- en niertoetse
aanbeveel. ’n Diabeet wat voetprobleme ondervind,
moet ’n voetheelkundige besoek. Afspraakdatums
Datum
Datum Datum Urien
Voetondersoek Links Regs Links Regs Bloedresultate:
Beendigtheid kreatinien

Naels Kalium

Vel GFS

Polse Ander

Sensasie
Amputasie

12
Diabetessorgprogram Doelwitte

Doelwitte Doelwit vir


gewigsverlies
Gewigsverlies (kg) van 5-10% indien
My geïndividualiseerde oorgewig,
m.a.w. LMI>25.
behandelingsdoelwitte (word deur my Nie
dokter ingevul): Roker J N
roker
-

SA-riglyne (optimale doelwitte My Notas vir my Teikens vir glukosemonitering


tussen hakies) doelwit dokter
Vastend Dit sal nie 1. Wanneer/hoe dikwels?
(4-6) noodwendig
altyd moontlik
2. Watter tyd van die dag
wees om al die
Vingerprikbloedglukose 2 uur doelwitte wat Skryf jou uitslae vir jou glukosemonitering
na etes in hierdie gids
(5-8) uiteengesit word, neer soos op bladsy 11-12 aangetoon.
te bereik nie.
Help asseblief jou
pasiënt om sy/
HbA1c (<7%) haar HbA1c te Skakel ons asseblief by
verlaag indien dit
meer as 8% is. 0860 109 900 indien
Mik vir ’n strenger jy meer inligting wil hê oor
teikenbloeddruk
Bloeddruk (<130/85mmHg) (<125/75mmHg) diabetes, of as jy enige vrae het.
indien die pasiënt
nefropatie het.

13
Diabetessorgprogram

Skakel 0860 00 4367 of stuur ’n e-pos na: enquiries@gems.gov.za


www.gems.gov.za

You might also like