You are on page 1of 4

Louis van der Walt 9.

6 Navorsingsopdrag

Inhoudsopgawe:

Waar en wanneer die legend plaasgevind het 2

Belangrike rolspelers 2

Waarom dit as ‘n eg Suid-Afrikaanse legend gesien word 2

Les wat hierdie legend vir ons leer 3

Hoe die legende vandag nog voort leef 3

Is die verhaal die waarheid of is dit fiksie? 3

Bronnelys 4

1
Op 31 Mei 1773 in Tafelbaai het Wolraad Woltemade passasiers op die skip De
Jonge Thomas uit die see gered nadat die ankerkabels gebreek het en die skip deur
geweldige branders teen die rotse vasgedryf was en gekraak het. Wolraad se missie
was om op sy perd in die see in te ry en die passasiers op die skip te red. Hy het op
sy perd, Vonk tot by die skip gekom en twee mense beveel om af te spring. Wolraad
en sy perd het hulle tot op die strand gebring en n kort breuk gevat. Sewe keer het
wolraad ingegaan om die mense te red. Die laaste keer wat hy ingegaan het, het ses
manne gelyk in die water gespring en na die toue gegryp. Dit was vir Vonk te veel en
Wolraad het saam met Vonk onder die water as ‘n held verdwyn. Wolraad het op
daardie dag veertien mense se lewens gered.

Hierdie foto wys n standbeeld van Wolraad Woltemade


op sy perd, Vonk wat in die see in swem om passasiers
op die Skip De Jonge Thomas te red.

Wolraad Woltemade en sy groot swart perd, Vonk is die belangrike rolspelers in die
legende. Hulle het op 31 Mei 1773 altesame 14 van die 191 mense wat op die skip
De Jonge Thomas was se lewens gered. Wolraad was 65 jaar oud toe hy die mense
gered het. Vandag nog word Wolraad Woltemade as ‘n held in Suid-Afrikaanse
geskiedenis onthou a.g.v. sy brawe poging.

Dit word as ‘n eg Suid-Afrikaaanse legend gesien, omdat Wolraad ‘n Suid-Afrikaner


was en die vehaal in Tafelbaai, Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is van Suid-
Afrikaanse geskiedenis en dit word vandag nog oorvertel van generasie na
generasie.

Die foto wys waar mense Wolraad toejuig en kyk


hoe hy op sy perd die mense twee vir twee uit die
see uit red.

2
Hierdie legende leer ons dat net soos Wolraad sy lewe gewaag het om ander mense
wat dringend hulp benodig het te probeer red moet ons nie net oor onsself omgee
maar ook uitreik om ander mense in nood te help. Ons moet ander mense bo onsself
stel en probeer om ander wat hulp benodig te help. Ons kan dit vermag deur klein
dinge te doen soos bv. om vir iemand op straat wat nie kos het en honger is kos te
gee.

Die legende van Wolraad Woltemade leef vandag nog Voort. Dit word van generasie
na generasie oorvertel. Die storie is relatief bekend, veral onder afrikaanse mense.
Oor en oor is stories van Wolraad Woltemade geskryf en kortfilms is al daarvan
gemaak.

Hierdie foto is ‘n standbeeld van Wolraad


Woltemade op sy perd waar hy op die uitkyk is vir
mense wat verdrink.

Hierdie legende is die waarheid en 65 jarige Wolraad Woltemade het werklik op 31


Mei 1773 veertien mense gered en verdrink. Wolraad staan as ‘n Suid-Afrikaanse
held bekend.

Bronnelys:

3
Wolraad Woltemade.(n.d) Beskikbaar: https://voortrekkers.co.za/download/337/hoe-
om-stories-in-voortrekkerwerk-te-gebruik/197DFJ94-
do3gjNw2yhyHG4txevv9d3pa/Wolraad%20Woltemade [2021, September 6]

Wolraad Woltemade.(n.d) Beskikbaar: https://www.afrikaans.us/afrikaans/culture/op-


afrikaans/kortverhale/uit-die-verlede/wolraad-woltemade/ [2021 September 9]

Wolraad Woltemade drowns at sea after saving 14 people from a sinking ship. 2011.
Beskikbaar: https://www.sahistory.org.za/dated-event/wolraad-woltemade-drowns-
sea-after-saving-14-people-sinking-ship [2021,September 13]

You might also like