You are on page 1of 17

Krokodil

(Vir Ina Rousseau)

Johann de Lange
1. Daar is nie ʼn vaste rympatroon nie.
Die strofes is nie ewe lank nie.
2. Die vorm van die krokodil word in die
tipografie uitgebeeld.
3. Die gedig is aan haar opgedra na aanleiding
van haar bekendheid vir natuurgedigte.
4. Daar word in detail beskryf hoe die krokodil in
die water lyk en wat hy doen.
5. Die gevoel dat die krokodil leweloos is onder
die water.
6. ʼn Verdere beskrywing van die krokodil se oë
(r. 2) word gegee.
7. Hy is ook ʼn roofdier soos die katspesie en net
so slim (maar steeds nie-menslik). .

8. Dit beklemtoon dat die krokodil doodstil in die


water lê. Dis ook belangrik dat hy gewigloos
is in die water – in teenstelling met sy
lompheid op land.
9. Metafoor.
10. Hy is gekamoefleer as deel van die natuur.
Dit lyk asof ʼn boomstomp in die water lê.
11. Sodat hy nie gesien kan word terwyl hy vir sy
prooi wag nie.
12. Dit skep afwagting (die krokodil wag vir sy
prooi).
13. Die wulp; die ekster; die kikvors; die
rietpadda.
14. Dit ondersteun die feit dat die krokodil ʼn
prehistoriese dier is – dus ook argaïes.
15. Strofe 2 gaan oor die krokodil op land.
16. As die krokodil in die water beweeg, is hy baie
grasieus, maar op land verloor hy daardie
grasie en is hy lomp.
17. Hy beweeg sy pote aanhoudend op en af.
18. “ʼn ligvoetse / onderwaterse ballet”
19. Op land is hy nutteloos en glad nie
bedreigend nie; hy is weerloos.
20. In reëls 32-37 word na “hy” verwys en in reëls
38-44 na “sy”. Daar is dus ʼn mannetjie en ʼn
wyfie.
21. Hy lê in die son en bak.
22. ʼn Glimlag sonder warmte, die lag van die
dood.
23. Krokodille is ook tydloos, want hulle is “antiek”
– hulle is al vir miljoene jare onveranderd op
aarde.
24. Dit beklemtoon dat die krokodil geen
bedreiging inhou op land nie.
25. Wyfies is veral weerloos as hulle eiers lê,
want hulle moet hulle eiers teen aasdiere
beskerm. Dit beklemtoon dus krokodille se
weerloosheid op land.
26. Sy begrawe die eiers só goed in die sand dat
die maraboe dit nie maklik kan vind nie.
27. Dit suggereer die sluheid van die maraboe.
28. “sy lê eenkant / haar eiers slu”
“die sluwe maraboe / met sy snoeperige /
snawel”
29. Die krokodil (gevaarlike roofdier) wat altyd sy
prooi vang, word nou die prooi van die mens.
30. Die krokodil word nou gereduseer tot blote
kommersiële voorwerp.
31. Dit beklemtoon die handelinge wat uitgevoer
word om die krokodil onherkenbaar te verander
in ʼn kommersiële voorwerp.
32. Dit versterk die impak dat die gevreesde
krokodil nou totaal weerloos in die hande van
die mens is. Dit is ook so vinnig soos die
krokdil se byt.
33. In die water het hy sy prooi (wat ook groot
diere insluit) gevang en sy kake dig gesluit. Nou
kan hy maar slegs ʼn klomp kleinighede in sy
bek ontvang. Hy is in ‘n sin getem – hy kies nie
meer wat hy eet nie, daar is nie meer ‘n jag nie.
34. Ja.
Dit beklemtoon die feit dat die krokodil nou
glad nie meer in beheer is nie. ʼn Vrou beheer
hom nou in dié sin dat sy sy bek oopmaak (die
handsak) en al haar kleinighede daarin sit.
35. Die jagter is altyd in beheer van sy prooi terwyl
sy prooi magteloos is.
Nou word die jagter (die krokodil) die prooi
van die mense – hy is in dieselfde posisie as wat
sy prooi altyd was.
Die jagter is dus nou gelykgemaak aan die
prooi en daar is geen teenstrydigheid nie.
36. Die mens vernietig die natuur vir sy eie gewin
– selfs ʼn prehistoriese dier wat eeue lank in
die natuur kon oorleef, maar magteloos is teen
die mens.
37. Ja./Nee.
Leerlinge se eie sinvolle motivering.

You might also like