You are on page 1of 21

JAGTYD

MARIA ESTERHUIZEN
(DIGTERES)
1. Tussen lang gras weggesteek
2. wag sy geduldig.
3. Roerloos.
4. Goudgeel oë vasgenael
5. stip gefokus
6. (op die prooi wat onbewus van dreigende gevaar
7. rustig staan en wei)
8. gereed om te spring.
9. Skielik die gedreun van ‘n viertrekvoertuig
10. op soek na ‘n oomblik om
11. verewig vas te vang in ‘n foto.
12. Opgewonde gebabbel.
13. Het jy gesien…
14. Kan ons nie…
15. Ek kan nie…
16. Versadig.
17. Bek bloedbevlek.
18. Uitgestrek onder ‘n boom.
19. Môre is dit ‘n ander se beurt om te val.
TITEL
► Titel: Jagtyd (Hunting season)
► Aanduiding waaroor die gedig gaan.

STEMMING
► Gespanne (tense)
► Die afwagting van ‘n roofdier voordat sy haar prooi vang
TIPOGRAFIE
► 3 strofes
► Strofe 1 : 8 reëls (oktaaf)
► Strofe 2 : 7 reëls (septet)
► Strofe 3: 4 reëls (kwatryn)

RYMSKEMA
► Vrye vers
► Geen vaste rymskame
► Lengtes van versreëls nie
almal ewe lank nie,
verskillende lengtes
Versreël 1 Tussen lang gras
weggesteek
(Hidden
► inbetween
Die roofdier kruip die
weg tussen die gras sodattall grass)
die prooi haar nie sien nie.

Versreël 2 wag sy geduldig.


(patiently she waits)
► “sy” verwys na die roofdier. Ons neem aan dit is ‘n leeu / luiperd / jagluiperd
Versreël 3 Roerloos.
(without moving)
► Roerloos- beteken om nie te beweeg nie.
Jy sit doodstil

Versreël 4 Goudgeel oë vasgenael


(Golden eyes nailed to)
► Die roofdier se oë
► Goudgeel – intensiewe vorm van geel
► Vasgenael – kyk nie weg nie dit word goed dopgehou
Versreël 5 stip gefokus
(look closely and focusing)
► Stip – direk te kyk na die prooi (stiptelik)
► Gefokus – geen afwykings nie (met doel)
Versreël 6 (op die prooi wat onbewus van
dreigende gevaar
Versreël 7 rustig staan en wei)
(on the prey that is unaware of the threatening
danger calmly standing there grazing)
► Onbewus – die woord bewys vir ons dat die prooi nie weet die roofdier is daar
nie.
► Dreigend- die roofdier bedreig die prooi
► Gevaar- die prooi is in gevaar weens die roofdier
► Rustig – geen haas nie / geen dringendheid
► Staan en wei- die prooi se aksie. Eet en staan. (wei- eet)
► Parentese: (hakies)Ekstra informasie wat bydra tot die verklaring van die
gedig
► Enjambment: een versreël na ‘n ander. Dit versnel die tempo. Maak dit meer
intens (ritme en rym)
Versreël 8 gereed om te spring.
(ready to jump / attack)
► Die roofdier is gereed om aksie te neem en sy prooi te vang.

Versreël 9 Skielik die gedreun van ‘n


viertrekvoertuig
(Suddenly the droning sound of a 4x4)
► Skielik – wending – daar is ‘n verandering ‘n aksie wat plaasvind.
► Gedreun – klanknabootsing die geluid wat die 4x4 voertuig maak.
► Viertrekvoertuig – 4X4
Versreël 10 Op soek na ‘n oomblik om
(on the search for an apportunity to)
► Wie is op soek na ‘n oomblik? Die toeriste of wildtuinbesoekers nie die
voertuig nie.
► Metafoor – die voertuig verteenwoordig die toeriste/ wiltuindbesoekers in die
voertuig
► ‘n Oomblik – die geleentheid
Versreël 11 Verewig vas te vang in ‘n foto.
(permanently caught up in a photo)
► Verewig – permanent (sinoniem)
► Alliterasie – dit beklemtoon die askie van foto neem dit kan ook vergelyk word
met die klank wat die kamera maak dus kan dit ook bydra tot die askie
(klanknabootsing)
► Vas te vang – foto vang die oomblik vas.
► Vang- is funksioneel want die roofdier vang sy prooi.

Versreël 12 Opgewonde gebabbel.


(excited babbling)
► Die toeriste is opgewonde en gesels oor wat hulle sien
Versreël 13 Het jy gesien…(did you see)
Versreël 14 Kan ons nie…(can we not)
Versreël 15 Ek kan nie…(I can’t)

► Ellipse – leser kan self dink/sinne voltooi met wat ongesê is. (Party
toeriste/besoekers is opgewonde, ander kan nie glo wat hulle gesien het nie,
ander wil dalk die prooi help, ens.)
Versreël 16 Versadig.
(full)
Versreël 17 Bek bloedbevlek.
(Blood stained mouth)
Versreël 18 Uitgestrek onder ‘n boom.
(stretched out under a tree)
Versreël 19 Môre is dit ‘n ander se beurt om te val.
(tomorrow it will be another’s turn to
fall)
OPSOMMING
Strofe 1:
► Die leeu/luiperd wag vir sy/haar prooi om te verskyn/nader te kom. Hy/sy
wag sonder om enige beweging te maak en hy/sy kyk stip na die prooi. Die
prooi is onbewus dat hy/sy dopgehou word. Die leeu/luiperd is gereed om die
prooi te bespring.
Strofe 2:
► Die leser se aandag verskuif na die naderende voertuig. Toeriste/besoekers op
‘n wildrit kom by die plek aan waar die leeu/luiperd sy/haar prooi gaan
vang/gevang het. Die toeriste/besoekers is opgewonde. Hulle neem foto’s en
gesels oor wat hulle sien.
Strofe 3:
► Terug na die leeu/luiperd wat sy/haar prooi gevang het. Die dier is
versadig/dik gevreet en die bloed van die prooi wat gevang is kan nog aan die
dier se bek gesien word. Versadig lê die dier nou onder ‘n boom tot die
volgende dag wanneer hy/sy weer ‘n ander dier gaan jag/vang.
Vrae en antwoorde:
1. Wie is die ‘sy’in die versreël 2?
► Die roofdier leeu/wilde dier wat sy/haar prooi jag.
2. Watter woord sȇ vir jou dat sy nie haastig is nie?
► geduldig
3. Watter word sȇ vir jou dat sy nie beweeg nie?
► roerloos
4. Skryf twee opeenvolgende versreëls neer wat vir jou sȇ
dat sy aandagtig na iets kyk?
► stip gefokus
► (op die prooi – onbewus van dreigende gevaar –
5. Wat dink jy is die prooi in reël 6?
► ‘n Bok/bokkie.
6. Dink jy die prooi weet dat gevaar dreig?
Skryf twee aparte woorde neer om jou antwoord te
motiveer.
► Nee. onbewus, rustig
7. Wat is die funksie van die hakies in reels 6 en 7?
► Gee ekstra inligting.
8. Sȇ in jou eie woorde wat ‘sy’ in versreël 8 gaan doen.
► Sy gaan spring om die bok vang.
9. Watter word dui ‘n wending in die gedig aan?
► Skielik
10. Verduidelik kortliks in jou eie woorde wat in versreël 9-11
gebeur
► Eie woorde. Bv. Toeriste kom in ‘n voertuig aan om te kyk wat
gebeur. Hulle neem foto’s daarvan. Hulle is opgewonde dat
hulle die oomblik waar ‘n roofdier ‘n bok vang, kan sien. Hulle
gesels opgewonde daaroor. Hulle kan nie glo dat hulle dit
gesien het nie.
11. Verduidelik die personifikasie in strofe 2.
► ‘n Voertuig kan nie na ‘n oomblik soek om ‘n foto te neem nie.
Dis eintlik die mense in die voertuig wat die foto’s wil neem.
12. Gee ‘n voorbeeld van alliterasie uit strofe 2.
► ‘’verewig vas te vang in ‘n foto”
13. Wie babbel opgewonde?
► Die mense in die voertuig.
14. Wat is die funksie van ‘n ellips?
► Dit wek spanning. Dit word aan die leser oorgelaat om te
dink wat gesê word/wat die woorde is wat uitgelaat is.
15. Voltooi die ellipse in versreëls 13, 14 en 15 met jou eie
woorde.
► Eie woorde.
► Het jy gesien hoe die leeu die bok vang/byt? Het jy gesien
hoe die bok probeer
wegkom?
► Kan ons nie die bok probeer help nie?
► Ek kan nie hierna kyk nie.
16. Van wie word in strofe 3 gepraat?
► Die roofdier.
17. Hoekom is die bek vol bloed?
► Die roofdier het die bok geëet.
18. Hoekom lȇ die (roof)dier onder die boom?
► Sy is versadig.
19. Wat gaan more gebeur?
► Sy gaan dalk weer jag.

You might also like