You are on page 1of 5

Memorandum

Hoofstuk 1-3
1. ’n Meisie
2. Om ’n meisie te kry.
3. Hy dink hy is redelik aantreklik en koel.
4. Onwaar. “Dit laat hom te veel soos ’n mamma-se-seuntjie lyk.”
5. Rudi is nie rof genoeg vir haar nie. Rudi is te doodgewoon vir haar.
6. Ja, Steven sê Rudi het vlerke aan sy voete.
7. Sy sê Steven is net jaloers (op Rudi se duur geskenk).
8. Steven hou van Riana of is verlief op Riana.
9. Hulle moet Rudi se sussie, Riana, met klappers skrikmaak.

Hoofstuk 4-6
1. Riana het ’n goeie sin vir humor.
2. wraak
3. B – belaglik
4. Roosbome het dorings wat baie seer kan steek.
5. Steven hoop Riana sal so groot skrik dat sy in sy arms sal hardloop en dan op
hom verlief sal raak.
6. Soos volg:
6.1 Letterlik – daar gaan letterlik vuurwerke wees as die klappers geskiet word.
6.2 Figuurlik – Riana kan dalk kwaad word en moeilikheid maak.
7. “waansinnige”
8. Met ’n held in ’n rekenaarspeletjie.
9. Soos volg:
9.1 haak
9.2 horlosie
9.3 lag
9.4 skiet
9.5 trap

1
9.6 visdam
10. Steven het beplan om Riana skrik te maak, maar op die ou end is dit hyself wat
groot skrik.
11. YouTube verander gewone mense in sterre.
12. Na Steven se video.
13. ’n Voorgevoel van onheil.
Hoofstuk 7-9
1. Moeilikheid
2. Marco gebruik alkohol en hy gaan nie gereeld skool toe nie.
3. Met sy diep stem, sy lui manier van praat en sy slingerstap.
4. ’n Mening. Rudi dink nie Steven het talent nie; hy dink Steven was net dom.
5.1 Steven dink hy kan voortgaan met die klapper skrikmakery, maar dalk iemand
soos ’n polisieman teiken/ Hy kan dalk van klappers na vuurpyle oorgaan.
5.2 Marco bedoel hulle moet iets mals en gevaarliks doen.
6. Steven gaan kaalvoet hardloop. Die baan gaan vol muisvalletjies lê.
7.1 Steven dink daaraan dat dit baie seer gaan wees.
7.2 Dit kan prettig wees en mense gaan op YouTube na hom kyk.
8. Want Steven het aanhou neul/kerm dat hy (Rudi) die kamera moet hanteer.
9. D – metafoor
10. Ja, die meisies het daaroor gepraat en om ’n selfoonkamera saamgebondel (om
die video op YouTube te sien).
11. Rudi gaan Koelkop se nuwe CD koop.
12. Rudi se ma sê sy gaan nie hospitaal toe jaag nie.
13. Ja, die vergelyking is geslaagd. Virusse versprei baie vinnig en tas almal aan sover
dit gaan. Die video is 500 000 keer op YouTube gekyk; dit het dus baie vinnig
versprei.
14. Video’s en idiote
15. C – gevaarliker

Hoofstuk 10-12

2
1. As Steven met Riana uitgaan, sal dit sy (Rudi) en Steven se vriendskap
vernietig/beduiwel.
2. Op ’n Saterdagmiddag is skole gewoonlik verlate en die parkeerplek bied genoeg
ruimte vir die toertjie.
3. Rudi wil Steven help en hy wil ’n oog oor Lize hou/haar beskerm teen Marco.
4. Want Steven moet met die skaatsplank oor die slang spring.
5. Marco bedoel die slang kan dalk iemand (Steven) pik en dan sal hulle sien of hy
giftig is.
6. Hy kan nie skaatsplank ry nie.
7.1 Rudi sê Steven hoef nie die toertjie te doen as hy nie wil nie.
7.2 Marco sê Steven moet dink aan sy aanhangers; hy moet die toertjie vir hulle doen.
8.1 skeef
8.2 hoek
8.3 kantel
8.4 bakstene
8.5 breek
8.6 bo-op/op
8.7 gil
8.8 help
8.9 gesny
8.10 slang
9. Want Marco is ’n fantastiese ou wat baie vir haar omgee; meer as enige ander ou
vantevore.
10. Lize sien Rudi as ’n broer.
11. Nee. Rudi sê Marco is gemors en hy is klaar met hom.
12. Om die meisies te beïndruk of om te wys hy is pure man.

Hoofstuk 13-16
1. Want Rudi is klaar met die Vidiote-ding / Rudi kan Marco nie verdra nie.
2. Steven dra ’n skelrooi T-hemp met sy eie gesig daarop.

3
3. vashou
4. Die nuwe vertoning gaan ’n regstreekse vertoning wees.
Die aanhangers gaan dit met hulle selfone afneem.

Hoofstuk 17-21
1. Dat Steven homself dalk gaan doodval.
2. Hulle skree vir hom om te spring.
3. Onwaar. “Van die onderwysers probeer hom nou ook afkry.”
4. Hulle jou hom uit.
5. Hy spoeg op die grond voor Steven.
6. Die meisies is eintlik Steven se grootste aanhangers.
7. Steven duik van die verhoog af.
8. Hulle tree terug. Hulle vang hom nie en hy val op die grond tussen hulle.
9. B – afdraand
10. Eie antwoord: positief of negatief, met ’n rede.
11. Negatief
12.1 Rudi
12.2 Op Marco
12.3 Rudi neem wraak omdat Marco vir Lize mislei en vir Steven gebruik het.
12.4 Rudi slaan Marco met die vuis.
13. Nee. Marco sê daar is baie meisies waar Lize vandaan kom en hy kan enigeen
van hulle kry.
14. Nee. Lize sê sy wil nooit weer met Rudi praat nie.
15. Rudi SMS Lize en sê vir haar wat Marco oor haar gesê het.
Hoofstuk 21-25
1. Om meisies te beïndruk.
2. 1. Steven gaan klim op die verhoog-stellasie en Rudi volg hom boontoe.
2. Rudi vra ’n ander seun om die hoogspringmatte te bring.
3. Rudi praat met Steven en sing vir hom.
4. Steven sien die matte en skuifel weg om hulle te mis as hy spring.

4
5. Rudi gryp Steven aan sy hempskraag en pluk hom terug.
6. Rudi verloor sy greep en albei val ondertoe op die matte.
3. Rudi moet aanhou praat om Brandon se aandag af te lei.
4. 1. Hulle het begin grootword.
2. Hulle hou nou van meisies.
3. Hulle eet nou Bar-One roomys.
5. Ja, die woorde van die Koelkop-liedjie is op Steven van toepassing. – Steven het
seer/pyn, want sy aanhangers en Marco het hom verwerp. – Hy het vrese dat
niemand meer van hom sal hou nie; dat almal vir hom sal lag. – Steven moet ook
die mens word wat hy graag wil wees; nie wat Marco van hom wil maak nie.
6. Ja, dit is ’n goeie vergelyking. Rudi hou hom aan sy kraag vas en hy hang hulpeloos,
net soos ’n marionet wat aan ’n toutjie vasgehou word.
7. Ja, dit is onsensitief om iemand se selfmoordpoging af te neem.
8. Lize het gedink Steven gaan homself doodval.
9. D onsensitief
10.1. Marco
10.2 Hy (Marco) gaan hopelik nooit weer deur Rudi-hulle gesien word nie.
11. Die sny bokant sy oog (toe Marco hom geslaan het). Rudi se gebreekte
sleutelbeen (toe hy van die stellasie afgeval het).
12. Rudi het nou rof geword en wonde opgedoen.
13. Ja. Riana kom onmiddellik ná die val by Steven staan en sit haar hand op sy
skouer.
14. • Na die skare wat Steven aanhits om te spring toe hy op die stellasie is.
• Na Steven wat van die verhoog afspring.
• Na Steven se begeerte om selfmoord te pleeg deur van die stellasie af te spring.
15. Die antwoord kan Ja of Nee wees. Die motivering sal verwys na sy pyn, isolasie
en verwerping.

You might also like