You are on page 1of 21

Spring – Fanie Viljoen

Hoofstuk 1-3
- Rudi het vir sy verjaardag ’n videokamera gekry.
- Sy twee vriende, Steven en Lize, is by hom.
- Rudi is verlief op Lize, maar glo nie hy het ’n kans nie.
- Lize hou van rowwe ouens en hy is net ’n doodgewone ou.
- Rudi wy sy kamera in met ’n kort video van Lize wat hom gelukwens en vir die
kamera poseer.
- Daardie aand SMS Rudi vir Lize om uit te vind waarom Steven die middag so
vreemd was.
- Lize dink Steven is net jaloers.
- Rudi dink aan Steven wat minder bevoorreg is en nooit groot verjaardaggeskenke
kry nie.
- Die volgende dag stel Steven voor dat hulle Rudi se kamera moet uittoets en ’n
video moet maak.
- Steven vra waar Rudi se suster, Riana, is.
- Rudi antwoord dat sy seker weer onder die bome sit en lees.
- Steven lyk baie geïnteresseerd in Riana.
- Steven het ’n idee vir ’n video: Hulle moet Riana skrikmaak met klappers.
Vrae:
1. Voltooi: Steven dink Rudi hanteer sy nuwe kamera soos _________ (1)
2. Waarmee sukkel Rudi? (1)
_______________________________________________________________
3. Rudi dink hy behoort maklik ’n meisie te kry. Waarom? (1)
_______________________________________________________________
4. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord deur
aan te haal. Rudi dink die kuiltjie in sy wang trek meisies aan. (2)
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
5. Waarom sal Lize nie ’n verhouding met Rudi aanknoop nie? (1)

1
_______________________________________________________________
6. Dink Steven dat Rudi ’n goeie rugbyspeler is? Gee ’n rede. (2)
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
7. Watter rede gee Lize vir Steven se vreemde gedrag daardie middag by Rudi
se verjaarsdag ? (1)
_______________________________________________________________

8. Wat lei jy af uit die dromerige uitdrukking in Steven se oë toe hy vra waar
Lize is? (1)
___________________________________________________________
9. Steven wil hê hy en Rudi moet ’n video maak. Wat is sy plan? (2)
___________________________________________________________
___________________________________________________________

Hoofstuk 4-6
- Steven wil die video van die klapperskietery op YouTube sit.

- Hy dink Riana sal nie omgee nie, want sy het ’n goeie humorsin.

- Rudi dink dit is ’n slegte plan, maar dan onthou hy hoe Riana hom die vorige week

’n poets gebak het.

- Riana het sy Facebook-sleutelwoord gekry en allerlei snaakse goed en aaklige

foto’s

van hom daarop geplaas.

- Rudi stem in om die video te maak.

- Steven beplan alles haarfyn en verduidelik dit stapsgewys vir Rudi.

- Steven en Rudi sal buite sig wees en die oomblik wat die klappers voor Riana op

die plaveisel val, sal sy haar doodskrik.

2
- Die plan loop egter hopeloos skeef.

- Toe Steven die klappers na Riana wil gooi, haak dit aan sy horlosie vas en begin

skiet om sy arm.

- Steven skrik so groot dat hy nie kyk waar hy trap nie en val in die visdam.

- Riana skrik nie; sy lag.

- Steven plaas die video wel op YouTube en derduisende mense kyk daarna.

- Steven beweer die kykers is sy aanhangers. Een van die aanhangers, Marco, wil

Steven en Rudi ontmoet.

Vrae:

1. Waarom dink Steven dat Riana wel van die video op YouTube sal hou?
(1)

________________________________________________________________

2. Voltooi deur een woord in te vul:

Rudi stem in om die video te maak, want hy wil … neem op Riana. (1)

3. Kies die korrekte woord wat die beste pas. Skryf slegs die letter neer.
(1)

Riana het Rudi op Facebook … gemaak.

A belangrik

B belaglik

C afstootlik

D verwerplik

Antwoord: _________________

4. Waarom sal Steven “ekstra-ekstra-versigtig” moet wees by die roosbome?

(1)

_______________________________________________________________

3
5. Wat hoop Steven sal gebeur as Riana groot skrik?
(2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

6. “My pel Steven gaan nou sorg vir vuurwerke.” Hoe kan Rudi se woorde:
(2)

6.1 letterlik en

6.2 figuurlik opgeneem word?

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

7. Waarmee word Steven vergelyk as hy so deur die tuin beweeg? (1)

________________________________________________________________

8. Voltooi die volgende paragrafie met gepaste woorde om te wys hoe stap 8 – 13
van

Steven se plan skeefgeloop het. (6)

Een van die klappers in die stringetjie 8.1________ vas aan Steven se
8.2_______.

Riana skrik nie; sy 8.3_______. Die string klappers om Steven se arm begin

8.4______. Steven kyk nie waar hy 8.5_____ nie en beland in die 8.6_________.

9. Waarom is die manier waarop Steven se plan skeefgeloop het ironies?

(2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

4
10. Hoe verander YouTube gewone mense, volgens Steven?
(1)

_______________________________________________________________

11. Waarna verwys “treffer” in die titel van hoofstuk 6? (1)

_______________________________________________________________

12. Marco se naam stuur ’n rilling langs Rudi se rug af. Watter soort voorgevoel het

Rudi oor Marco?

(1)

_______________________________________________________________

Hoofstuk 7-9

- Marco daag met sy motorfiets en swart leerklere by Rudi-hulle se huis op.

- Hy lyk na ’n rowwe ou en Lize is dadelik opgewonde.

- Toe hulle hom Coke aanbied, vra Marco of hulle nie iets sterkers het nie.

- Marco streel Steven se ego deur na sy talent te verwys.

- Marco dink egter Steven-hulle kan beter doen en hy sal hulle daarmee help.

- Steven dink in terme van nog skrikmaak-video’s, maar Marco het iets mals in

gedagte: Steven moet die honderd meter kaalvoet hardloop op ’n baan vol

muisvalletjies.

- Steven is aanvanklik geskok, maar die gedagte aan YouTube-kykers laat hom

instem.

- Rudi wou nie die kameraman wees nie, maar Steven se geneul het hom laat

meedoen/toegee.

- Dit was ’n pynlike ervaring vir Steven, maar die nuwe aanhangers het dit die moeite

5
werd gemaak.

- Steven en Rudi het nou ook ’n naam gekry: die Vidiote.

- Rudi gaan saam met sy ma winkelsentrum toe en hy is stiller as gewoonlik.

- Rudi se ma sê hulle moet versigtig wees met die videomakery.

- Rudi kry ’n SMS van Marco wat aankondig dat die volgende video nog maller gaan

wees.

- Rudi is bekommerd.

Vrae:

1. Met watter enkele woord som Rudi vir Marco op toe hy hom sien?
(1)

________________________________________________________________

2. Dit is duidelik uit goed wat Marco sê dat hy nie dieselfde beginsels as Rudi-hulle

het nie.

Noem twee bewyse dat Marco nie dieselfde beginsels as Ruid-hulle het nie.
(2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

3. Marco betower Lize sommer dadelik. Waarmee betower hy Lize? (2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

4. Marco sê Steven het talent. Is dit ’n mening of ’n feit?

(1)

Motiveer jou antwoord deur na Rudi se siening te verwys. (1)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

6
5. Marco sê Steven-hulle kan beter doen.

5.1 Hoe interpreteer Steven Marco se woorde? (1)

____________________________________________________________

5.2 Wat bedoel Marco eintlik? (1)

____________________________________________________________

6. Marco beplan dat Steven die honderd meter moet hardloop.

Op watter twee maniere gaan dit van ’n konvensionele wedloop verskil? (2)

_______________________________________________________________

7. Rudi kan sien hoe Steven die voorstel oorweeg.

7.1 Waarom oorweeg Steven eers die voorstel?

(1)

_____________________________________________________________

7.2 Wat laat hom besluit om dit wel te doen?

(1)

_____________________________________________________________

8. Rudi hou nie van Marco nie. Waarom het hy dan nog die kamerawerk gedoen? (1)

________________________________________________________________

9. Kies die antwoord wat pas. Skryf net die korrekte letter neer:
(1)

“Marco is ’n slymbol” is ’n voorbeeld van …

A alliterasie

B klanknabootsing

C ’n vergelyking

D ’n metafoor

Antwoord: ________________

7
10. Het die video die gewenste uitwerking op meisies gehad? Sê ja of nee en

motiveer jou antwoord.

(2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

11. Wat gaan doen Rudi by Musica?

(1)

_______________________________________________________________

12. Hoe weet ons dat Rudi se ma die videomakery as gevaarlik beskou? (1)

________________________________________________________________

13. “Dit (die video) versprei soos ’n virus.” Is hierdie vergelyking geslaagd?

Gee ’n rede vir jou antwoord.

(2)

______________________________________________________________

______________________________________________________________

14. Steven-hulle kry die naam “Vidiote”.

Uit watter twee woorde is hierdie naam saamgestel? (2)

_______________________________________________________________

15. Kies die antwoord wat die beste pas. Skryf slegs die letter van die korrekte

antwoord neer.

Die laaste drie sinne van hoofstuk 9 beeld tipografies uit hoe die video’s al hoe

word.

8
A. eenvoudiger

B. lawwer

C. gevaarliker

D. makliker
(1)

Antwoord: ___________________

Hoofstuk 10-12

- Marco, Steven en Rudi kom bymekaar om die volgende video te maak.

- Dié keer gaan Steven met ’n skaatsplank oor ’n slang in ’n glashok ry.

- Lize het nie kom kyk nie en Steven voel afgehaal.

- Steven kan nie skaatsplank ry nie, en Marco dink dit sal alles opwindender maak.

- Die oefenlopie verloop goed, maar toe die video geskiet word, gaan dinge
verkeerd.

- Steven tref die opdraand teen ’n hoek, die skaatsplank kantel en die glashok breek.

- Steven val bo-op die slang.

- Hy gil benoud en Marco maak hom stil.

- Marco tel die slang op en Rudi help die bebloede Steven om op te kom.

- Maandag by die skool praat Rudi met Lize en waarsku haar teen Marco.

- Lize sê egter Marco is ’n fantastiese ou en dit is gaaf van Rudi dat hy so

bekommerd

is oor haar.

- Dit voel of hy (Rudi) haar broer is.

- Steven spog oor alles wat die meisies van hom sê op YouTube.

Vrae:

9
1. Rudi wil nie hê Steven moet met sy sussie, Riana, uitgaan nie.

Hoe weet ons? Verwys na wat Rudi vir Steven sê.

(1)

_________________________________________________________________

2. Die video word op ’n Saterdagmiddag by die skool se parkeerplek gemaak.

Hoekom kies die seuns dié tyd en plek?

(2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

3. Rudi hou al minder van Marco; tog is hy weer daar as kameraman.

Hoekom? Noem twee redes.

(2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

4. Lize bring haar broer se skaatsplank saam. Hoekom?

(1)

_________________________________________________________________

5. Steven wil weet of die slang giftig is en Marco antwoord:

“Wie weet? Ons gaan dalk netnou uitvind ...” Wat bedoel Marco hiermee?
(1)

________________________________________________________________

6. Waarom is Steven baie bekommerd toe hy die skaatsplank sien? (1)

_________________________________________________________________

7. Steven twyfel of hy kans sien vir die video.

10
7.1 Wat sê Rudi vir hom? (1)

____________________________________________________________

7.2 Wat sê Marco vir Steven om hom te oorreed? (1)

_____________________________________________________________

8. Voltooi die volgende paragraaf deur gepaste woorde in te vul.

Die toertjie loop 8.1_____ toe Steven die opdraand teen ’n 8.2_____ tref. Die

skaatsplank 8.3_____ en die planke skuif van die 8.4_____ af. Die glashok

8.5_____ en Steven val 8.6_____ die slang en begin te 8.7_____. Rudi sit die

kamera neer en 8.8_____ Steven op. Die glasstukke het Steven se arm

8.9_____. Marco kom nader en tel die 8.10_____op.

(10)

9. Rudi probeer Lize waarsku teen Marco, maar Lize sê net sy hou van Marco.

Waarom hou sy van hom?

(2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

10. Hoe voel Lize oor Rudi?

(1)

________________________________________________________________

11. Sal Rudi verder saam met Marco werk? Gee ’n rede.
(1)

________________________________________________________________

12. Waarom, dink jy, het Steven skielik naskeermiddel begin gebruik?
(1)

________________________________________________________________

11
Hoofstuk 13-16

- Marco SMS Rudi elke dag om te hoor wat aangaan, maar Rudi ignoreer hom.

- Rudi is klaar met die hele Vidiote-ding.

- Die aand van die rockkonsert wil Steven weet of Rudi sy kamera gebring het, want

hulle gaan daar by die konsert ’n video maak.

- Koelkop sing Rudi se gunstelingliedjie, maar hy kan dit nie regtig geniet nie, want

Steven en Lize is nie by hom nie.

- Rudi besluit om Lize te gaan soek, maar sien dat Lize en Marco omhels en soen.

- Rudi voel diep seergemaak en wens hy kan Marco iets aandoen.

- Dan hoor hy hoe Marco van die verhoog af aankondig dat Steven daardie aand
gaan

verhoogduik.

- Die gehoor moet hulle selfone reghou om hulle eie video’s te neem, wat hulle later

op YouTube moet sit.

- Rudi sien Steven bo-op die verhoogstellasie staan.

- Steven maak gereed om te spring.

Vrae:

1. Waarom steur Rudi hom nie aan Marco se SMS’e nie?

(1)

________________________________________________________________

2. Hoe maak Steven seker dat hy raakgesien word? (2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

3. Voltooi deur een woord in te vul. Koelkop se liedjie stel voor dat mens jou seer en

12
vrees moet verloor, maar Rudi wil dit_____.
(1)

4. Hoe verskil die jongste Vidiote-vertoning van die voriges? Noem twee dinge.
(2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

Hoofstuk 17-20

- Die konsertgangers hou hulle selfone reg om Steven se duikslag af te neem.

- Hulle moedig Steven aan deur vir hom te skree om te spring.

- Rudi is angsbevange en skree vir Steven om af te klim, maar Steven hoor hom nie

bo die geraas nie.

- Dit lyk asof Steven se knieë knak en die volgende oomblik staan hy hande-viervoet

op die stellasie.

- Steven se moed het hom begewe en hy begin afklim.

- Die skare jou hom uit en noem hom ’n sissie, ’n lafaard en ’n bangbroek.

- Rudi besef dit is Steven se aanhangers wat nou so boe.

- Toe Steven onder kom, hardloop hy na die voorkant van die verhoog en duik.

- Die ouens en meisies wat veronderstel is om hom te vang, tree weg.

- Steven val tussen hulle voete.

- Die volgende dag bel Rudi vir Steven en hy hoor dat Steven baie depressief is.

- Steven sê Rudi moet na die video’s op YouTube gaan kyk.

- Rudi doen dit en sien watter negatiewe kommentaar daar is.

- Dit laat Rudi se bloed kook.

- Rudi gaan gimnasium toe waar hy Marco buite aantref.

13
- Rudi slaan Marco teen sy kop en Marco verdedig homself.

- Marco slaan Rudi teen sy oog dat die bloed loop.

- ’n Sekuriteitsman maak hulle uitmekaar.

- Daardie aand bel Rudi vir Lize, maar sy antwoord nie.

- Lize stuur net ’Rudi Rudi aan Rudi en sê sy wil nooit weer met hom praat nie.

Vrae:

1. Rudi sien almal se selfoonskerms blink, gereed om Steven se duikslag af te

neem.

Waarvoor is Rudi bang? (1)

________________________________________________________________
2. Hoe por die skare Steven aan? (1)

________________________________________________________________

3. Wat is die skare se reaksie toe Steven begin afklim? (1)

________________________________________________________________

5. Hoe wys Marco sy ontevredenheid en minagting teenoor Steven? (1)

_________________________________________________________________

6. Hoekom is dit ironies dat die meisies Steven uitjou? (1)

_________________________________________________________________

7. Wat doen Steven om sy aanhangers tevrede te probeer stel? (1)

________________________________________________________________

8. Hoe stel Steven se aanhangers hom teleur toe hy spring? (2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

14
9. Kies die woord wat nie pas nie. Skryf net die korrekte letter neer.

Toe Rudi vir Steven bel, kan hy hoor Steven voel ...

A. af

B. afdraand

C. afgemat

D. depressief
(1)

Antwoord: ___________________

10. Hoe voel jy oor die feit dat Steven van die stellasie afgeklim het?

Gee ’n rede.
(2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

11. Kies die korrekte woord.

Die opmerkings by die video’s is almal (negatief/positief). (1)

12. Hoofstuk 19 se titel is “Wraak is soeter as die bloed vloei.”

12.1 Wie neem wraak? (1)

________________________________________________________________

12.2 Op wie word die wraak geneem? (1)

________________________________________________________________

12.3 Waarom word daar wraak geneem? (2)

_________________________________________________________________

12.4 Hoe word wraak geneem? (1)

_________________________________________________________________

15
13. Is Marco ernstig oor sy verhouding met Lize?

Gee ’n rede vir jou antwoord.

(2)

________________________________________________________________

14. Verstaan Lize dat Rudi haar net wil beskerm teen Marco?

Gee ’n rede vir jou antwoord.

(2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

15. Rudi wend ’n laaste, desperate poging aan om Lize se oë oop te maak, sodat sy

Marco kan sien vir wat hy is. Wat doen Rudi?

(2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

Hoofstuk 21- 25

- Die Maandagoggend ná die rockkonsert is die verhoog nog steeds op die

rugbyveld.

- Rudi hoor hoe die kinders praat oor die rockgroep Zombie en oor die Vidiote.

- By die saal sien Rudi vir Steven en Lize.

- Lize het haar arm om Steven wat staan en huil.

- Rudi sien hoe Steven sy trane afvee en wegstap.

- Lize wys duidelik dat sy niks met Rudi te doen wil hê nie; dus gaan wag hy voor die

16
Engelsklas.

- Iemand skree dat Steven weer gaan spring en Rudi begin na die verhoog op die

rugbyveld stap.

- ’n Klomp ander kinders gaan ook daarheen; hulle wil kan sê hulle was daar toe

Steven homself te pletter geval het.

- Steven is reeds bo-op die stellasie en Rudi hoor hom huil.

- Rudi besef Steven wil selfmoord pleeg en begin boontoe klim.

- Rudi sê vir een van die ouens om die hoogspringmatte nader te bring.

- Bo-op die stellasie is daar net ’n nou metaalstrook om op te staan.

- Steven vra Rudi om nie nader te kom nie en sê hy is klaar met alles.

- Rudi bly egter bo en begin met Steven praat, maar Steven bly negatief.

- Toe Steven sien hoe die matte daar onder nader gebring word, skuifel hy weg: Hy

wil nie op die matte val nie.

- Rudi begin vir Steven Koelkop se liedjie sing.

- Steven kantel egter vooroor.

- Rudi besef Steven gaan die matte mis, gryp Steven aan sy hemp se kraag en
probeer

hom naderpluk.

- Steven se hemp skeur en Rudi verloor sy greep.

- Steven glip uit Rudi se vingers en albei val ondertoe.

- Albei beland op die matte.

- Van die kinders het die val met hulle selfoonkameras afgeneem.

- Die hoofseun beveel hulle om dit af te vee.

- Steven is ongedeerd, maar Rudi het sy sleutelbeen gebreek.

- Rudi verseker Steven dat alles sal regkom en Steven vra saggies om verskoning.

17
- Lize en Riana storm nader.

- Riana gaan staan by Steven, met haar hand oor sy skouer.

- Steven glimlag effens.

- Almal hoor ’n motorfiets in die straat brul; dit is Marco wat vir ’n wyle na hulle kyk
en

dan wegjaag.

- Riana hoop dit is die laaste keer dat hulle hom sien.

- Lize laat Rudi verstaan dat hy nou rof genoeg vir haar is en sy soen hom op die
merk

bo sy oog.

Vrae:

1. Waarom, volgens Rudi, het Steven al die “simpel goed” (video’s) gedoen? (1)

________________________________________________________________

2. Rangskik die volgende feite oor Steven se selfmoordpoging in die korrekte

volgorde

en skryf dit dan neer.

* Rudi gryp Steven aan sy hempskraag en pluk hom terug.

* Steven sien die matte en skuifel weg om hulle te mis as hy spring.

* Steven gaan klim op die verhoogstellasie en Rudi volg hom boontoe.

* Rudi verloor sy greep en albei val ondertoe op die matte.

* Rudi vra ’n ander seun om die hoogspringmatte te bring.

* Rudi praat met Steven en sing vir hom. (6)

___________________________________________________________________

18

3. Rudi besef hy moet aanhou met Steven praat. Waarom?

(1)

________________________________________________________________

4. Voltooi die volgende tabel om te wys hoe Rudi en Steven verander het van

hulle laerskooldae af.

Toe (Laerskool) Nou (Hoërskool)

1. Hulle gaan nooit grootword nie. 1.
2. Hulle sal nooit val vir meisies nie. 2.
3. Magnum-roomys sal altyd hulle 3.
gunsteling wees.

5. Dink jy die woorde van Koelkop se liedjie (bl. 55) is op Steven van toepassing?

Gee redes vir jou antwoord. Verwys na die eerste vier reëls. (3)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

6. Toe Steven so tussen hemel en aarde hang, word hy met ’n marionet vergelyk.

Is dit ’n goeie vergelyking? Gee ’n rede.

(2)

_________________________________________________________________

19
_________________________________________________________________

7. Dink jy die hoofseun het reg opgetree toe hy die leerders die beeldmateriaal van

hulle selfone laat afvee het? Gee ’n rede vir jou antwoord.
(2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

8. Wat bedoel Lize as sy sê sy het gedink hulle gaan begrafnis hou?

(1)

_________________________________________________________________

9. Kies die woord wat die beste pas. Skryf slegs die korrekte letter neer.

As Lize van begrafnis praat, is sy eintlik ...

A onseker

B onsierlik

C onsinnig

D onsensitief (1)

Antwoord: ________________

10. Hoofstuk 25 se titel is “Die laaste sien”.

10.1 Op wie is dit van toepassing? (1)

_______________________________________________________________

10.2 Wat beteken dit?

(1)

________________________________________________________________

11. Waarna verwys Lize as sy praat van Rudi se oorlogswonde?

20
Noem twee wonde. (2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

12. Hoekom het Rudi ’n kans om Lize se hart te steel? (1)

________________________________________________________________

13. Is daar hoop vir Steven by Riana? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

14. Noem drie insidente in die laaste hoofstukke waarna die titel Spring verwys.
(3)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

15. Dink jy Steven wou regtig graag dood wees/selfmoord pleeg?

Gee ’n rede/redes.
(2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

21

You might also like