You are on page 1of 2

GRAAD 10

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TAAK 7 – VOORBEREIDE LEES

16 AUGUSTUS 2023

TOTAAl: 20
INSTRUKSIES
VOORDAT JY LEES:

1. Lees die teks eers net een keer saggies deur sodat jy weet waaroor dit handel.
2. Gebruik 'n woordeboek om die woorde wat jy nie ken nie, na te slaan.
3. Sorg dat jy al die woorde korrek kan uitspreek.
4. Oefen om die leesstuk hardop te lees.

TERWYL JY LEES:

1. Spreek al die woorde duidelik uit. Moenie binnesmonds praat nie.


2. Lees vlot. Probeer om nie woord-vir-woord te lees nie.
3. As daar 'n komma of punt in die sin is, haal eers asem voordat jy verder lees.
4. Lees soms vinnig, soms stadig, soms hard, soms saggies. Dan wys jy met gevoel dat
jy die leesstuk verstaan.
5. Staan gemaklik en moenie vroetel nie.
6. Jy moet oogkontak met die gehoor maak.

BAIE BELANGRIK:

1. Berei die hele leesstuk deeglik voor.


2. Bestudeer die rubriek sodat jy weet waarvolgens jy beoordeel sal word.
ELROI ACADEMY GRADE 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KOPIEREG VOORBEHOU
TAAK 7 – VOORBEREIDE LEES

LEESSTUK:

HOND GERED WAAR SY EERS ONDER BOOMSTOMP VASSIT EN TOE KRAAM

Arme Sweety wou vermoedelik net wegkom na ‘n stil plekkie om haar kleintjies te kry –
maar toe sit sy vas onder ‘n boomstomp en moet kraam terwyl daar om haar gegrawe
word om haar te red.

George Kruger, ‘n buurtwaglid en koördineerder van die gemeenskapspolisiërings-


forum, sê hulle is Woensdag omstreeks half vyf die middag van Sweety, ‘n teef van ‘n
gemengde ras, se penarie ingelig. Kruger is ‘n groot diereliefhebber en sê hy het dit as
‘n prioriteitsaak beskou. Verskeie mense was blitsvinnig op die toneel.

Sweety het onder ‘n groot boomstomp in ‘n oop veld net agter Lourensiapark vasgesit.
Die vermoede is dat dit vir haar te lawaaierig by haar huis was en dat sy ‘n stil plek wou
kry om te kraam. Sy het onder die boomstomp gekruip, maar toe sit sy vas toe die
kleintjies begin kom.

Die stomp was te groot om op te lig.

“Ons was ook bang dat indien ons dit sou oplig, iets dalk op die mamma-hond en haar
kleintjies kon val,” sê Kruger.

Toe word die brandweer se hulp ingeroep.

Nog voordat hulle daar aangekom het, het Sweety al een kleintjie gehad, maar die
hondjie was doodgebore. Megan Bridgers van K9 & Bridgers Rescue het die dooie
hondjie verwyder.

Die hond se eienaars, wat sowat 50m van die toneel af woon, was ook daar.

“Die brandweerlede het ook net om Sweety gegrawe omdat niemand wou hê iets moet
skeefloop nie,” sê Kruger.

Uiteindelik is Sweety en haar vyf lewendige hondjies veilig onder die boomstomp
uitgehaal. ‘n Sesde een was ook doodgebore.

Sweety en haar werpsel is terug aan haar eienaar besorg.

“Dit was wonderlik om te sien hoe die mense almal saamwerk en het gewys dat diere
ook belangrik is,” sê Kruger

Bron: Netwerk24 – Vrydag, 20 Januarie 2023

GROOTTOTAAL: 20

Bladsy 2 van 2

You might also like