You are on page 1of 5

SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS | GRAAD 6

Junie Eksamen: Oefenvraestel 1 Memorandum

Afdeling A

Vraag 1

Pas kolom B by kolom A.

Kolom A Kolom B

1.1 K2 en Schroda d a. Boere by K2 en Schroda het daarmee handel gedryf.

1.2 Mapungubwe g b. ‘n Heilige plek waar die voorvadergeeste gewoon het.

1.3 Ivoor a c. Handel met ander wêrelddele.

1.4 Swahili h d. Opgrawingsterreine wat nedersettings van Afrika-


boeregemeenskappe was.

1.5 Argeoloë f e. ‘n Statussimbool wat mag en belangrikheid getoon het.

1.6 Mapungubwe-heuwel b f. Hulle bestudeer hoe mense in die verlede geleef het.

1.7 Goud e g. Die eerste staat in Suider-Afrika.

1.8 Globalisering c h. Afrika- en Arabiese tale het vermeng geraak en hierdie


taal het ontwikkel.

(8)

Vraag 2

Kies woorde uit die blok om die sinne te voltooi.

Groot-Zimbabwe | Wêrelderfenisterrein | ruïnes | bewaar | handelsroetes

2.1. Vandag word die gebied waar Mapungubwe was bewaar.

2.2. Wêrelderfenisterrein erken en bewaar areas van besondere natuurlike, historiese en


kulturele waarde.

2.3. Tussen 1280 en 1450, het ‘n staat soos Mapungubwe met die naam Groot-Zimbabwe verder
Noord ontwikkel.

2.4. Die klipmure bestaan nog, maar die res van die dorp bestaan vandag uit ruïnes.

2.5 Mapungubwe het handelsroetes oor Afrika en die Indiese Oseaan gehad.

(5)

Beantwoord die vrae.

3.1. Waarom was die koning van Mapungubwe as heilig beskou?

Die koning van Mapungubwe was as heilig beskou want hy het met die voorvaders
kommunikeer.

© Alle Regte Voorbehou www.wizeup.online


SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS | GRAAD 6
Junie Eksamen: Oefenvraestel 1 Memorandum

3.2. Noem die twee goue voorwerpe wat deur argeoloë op Mapungubwe-heuwel ontdek is.

Daar was ‘n goue renoster en ‘n septer gevind.

3.3. Met wie het Swahili-handelaars handel gedryf?

Hulle het met Arabiese koopsmanne uit die Ooste handel gedryf.

3.4. Waarmee het boere vanaf Mapungubwe handel gedryf?

Hulle het handel gedryf met ivoor en goud.

3.5. Wat is die Orde van Mapungubwe?

Dit is ‘n toekenning wat gegee word vir voortreflike diens aan ons land.

(5)

Vraag 4

Identifiseer drie ooreenkomste tussen Mapungubwe en Groot-Zimbabwe.

1. Die eerste ringmure is op die heuwel gebou.


2. Die koning het bo-op die heuwel gebly en was afgesonder van die gewone mense.
3. ‘n Paar groot hutte is teen die hange van die heuwel gebou.
4. In die vallei is kleiner hutte gebou wat baie nader aan mekaar was.
5. Die mense het goud, yster en ivoor met Arabiese handelaars aan die Swahili-kus uitgeruil vir
goedere soos glas, material en geglasuurde potte.

(6)

Vraag 5

Pas die gebeurtenis in kolom B by die jaar in kolom A.

Kolom A Kolom B

5.1) 1220 e a. Marco Polo is gebore.

5.2) 1280 d b. Marco Polo het begin reis.

5.3) 1254 a c. Marco Polo het gesterf.

5.4) 1324 c d. Mens het begin om Groot-Zimbabwe op te rig.

5.5) 1271 b e. Die bestaan van Mapungubwe.

(5)

Vraag 6

Noem vyf goedere wat Marco Polo teruggebring het van China.

Speserye; ivoor; steenkool; juwele; porselein; sy.

(5)

© Alle Regte Voorbehou www.wizeup.online


SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS | GRAAD 6
Junie Eksamen: Oefenvraestel 1 Memorandum

Vraag 7

Skryf drie sinne oor die invloed wat Marco Polo op Europese handelaars en ontdekkingsreisiger

gehad het.

Marco Polo het belangstelling by Europeërs ontlok om meer oor China uit te vind. Hy het Europese

handelaars aangemoedig om meer oor China uit te vind. Sy inligting het ander mense gehelp om

groot dele van die wêreld te ontdek.

(3)

Subtotaal: 40

Afdeling B

Vraag 1

Voltooi die onderstaande sinne deur die korrekte woorde in die oop spasies in te vul.

Die Europese Renaissance het in die 15de en 16de eeu plaasgevind. Gedurende die Renaissance is
kuns, letterkunde en die idees van antieke Griekeland herontdek. Die Renaissance het in Italië begin.
Gedurende hierdie tyd het baie veranderinge plaasgeving in mense se idees en kennis van die wêreld.
Die Renaissance het op dieselfde tyd plaasgevind as waarop die koninkryk van Groot-Zimbabwe op sy
hoogtepunt was.

(5)

Vraag 2

Waar of onwaar.

2.1. Leonardo da Vinci het in China gewoon. Onwaar

2.2. Leonardo het die werking van die menslike liggaam bestudeer. Waar

2.3. Leonardo was geinteresseerd in die sonnestelsel. Onwaar

2.4. Galileo was ‘n beeldhouer. Onwaar

2.5. Galileo het die astronomiese teleskoop ontwerp. Waar

2.6. Galileo het moderne wetenskap begin. Waar

(6)

Vraag 3

Beantwoord die vrae.

3.1. Wat is die “Era van Europese Ontdekkingsreise”?

Dit is die tyd toe Europeërs ander dele van die wêreld begin verken het.

© Alle Regte Voorbehou www.wizeup.online


SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS | GRAAD 6
Junie Eksamen: Oefenvraestel 1 Memorandum

3.2. Noem die uitvindsels wat die ontdekkingsreise moontlik gemaak het?

Karvele; gewere en buskruit en nuwe tegnologie, soos die kompas, kaarte en teleskope.

3.3. Wat is ‘n karveel?

‘n Seilskip wat self windop kon vaar en nie roeiers nodig gehad het nie.

3.4. Noem drie redes waarom Europeërs op ontdekkingsreise gegaan het.

Nuuskierigheid oor die wêreld; op soek na handel en wins; verspreiding van die Christelike
geloof; om die see oor te steek en die Ooste te vind.

(6)

Vraag 4

Skryf ‘n paragraaf.

4.1. Verduidelik Bartholomeus Dias se reis in ten minste drie sinne.

Bartholomeus Dias was ‘n Portugese seevaarder. Hy en sy vloot het ‘n seeroete na die Ooste
gesoek en so om Afrika geseil. In 1488 het sy skip by Mosselbaai geland. Die reis het nie
verder as Mosselbaai gestrek nie want sy bemanning was siek en uitgeput. Hy het die
suidelike punt van Afrika Kaap die Goeie Hoop gedoop.

4.2. Verduidelik Vasco da Gama se reis in ten minste drie sinne.

Vasco da Gama was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger. Sy vloot het Portugal in 1497 verlaat.
Hulle het verby Mosselbaai geseil en het geland by ‘n plek wat hulle Natal genoem het. In
1498 het hulle by Mombasa geland. Da Gama het ‘n seeroete na Indie ontdek en bewys dat
daar goud in Suidoos-Afrika is.

(8)

Vraag 5

Gebruik woorde uit die blok om die onderstaande sinne te voltooi.

Grondgebiede | Portugese | Holland | speserye | handelsmaatskappy

5.1. Holland was baie ryk en magtig in die 17de eeu.

5.2. Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanje is ‘n Hollandse handelsmaatskappy.

5.3. Nederland het met die Portugese begin meeding vir beheer oor die seeroete na die Ooste.

5.4. Die VOC wou om Afrika seil om speserye in die Ooste te koop en in Europa vir ‘n wins te
verkoop.

5.5. Die VOC het handel gedryf en oor grondgebiede geheers.

(5)

© Alle Regte Voorbehou www.wizeup.online


SOSIALE WETENSKAP: GESKIEDENIS | GRAAD 6
Junie Eksamen: Oefenvraestel 1 Memorandum

Vraag 6

Verduidelik die situasie op VOC-skepe as matrose op lang reise gaan deur om vyf punte te lys.

6.1. Hulle is vir lang tye van hul families geskei.

6.2. Hulle moes op oop dekke slaap en het koud en nat in die wind en reën geword.

6.3. Hulle het nie baie slaap gekry nie.

6.4. Hulle het kos soos brood, pap, gedroogde bone of bone met soutvleis of vis geëet.

6.5. Hulle het in groepe van sewe uit een bak of bord geëet.

(5)

Vraag 7

Pas die gebeurtenisse in kolom B met die datums in kolom A.

Kolom A Kolom B

7.1) 1400 c a. Da Gama se vloot verlaat Portugal.

7.2) 1488 d b. Da Gama se vloot bereik Indië.

7.3) 1497 a c. Die begin van die Renaissance.

7.4) 1498 b d. Dias se skepe land by Mosselbaai.

7.5) 1600 e e. Holland het Portugal ter see begin uitdaag.

(5)

Subtotaal: 40

Groot total: 80

© Alle Regte Voorbehou www.wizeup.online

You might also like