You are on page 1of 4

In die Hoëveld - Toon van der Heever

1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,


2. Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
3. Waar 'n mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo,
4. Staan my huisie, wat ek rnoes verlaat vir geld.
5. En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
6. Van die winde op die Hoeveld, ruim en vry,
7. Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
8. Sawens as ek bees of skaap toe ry.

9. Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
10 (Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel)
11 Staan my huisie nog en wag vir my, wag al 'n jaar of tien,
12 Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
13 Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
14 Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
15 Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
16 Waar ek kleiosse gemaak het as 'n kind.

(Uit: Eugene Marais en ander gedigte. J.L. van Schaik. 1939 en 1961)

Woordverklarings

geklinkel (clinking sound): geklingel, klinkgeluide van glas, metaal of muntstukke

Hoëveld (Highveld): 'n platostreek wat bestaan uit grasveld, sowat 1 500 meter bo
seespieël, strek oor dele van Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, feitlik
die hele Gauteng en noordelike dele van die Vrystaat

huppel (frisk)

kleiosse: osse van klei gemaak, gewilde speelgoed in vroeëre tye

kuddes (herds): 'n groep diere wat saam wei, trek of woon

1
laaste fluit: fluit wat die einde van 'n werkskof aankondig

saal (saddle)

leigrafstene (slate gravestones): grafstene van leiklip

sawens (in the evening): verouderde vorm van "saans"

spore (footprints): toestel met skerp wieletjies wat 'n perderuiter aan sy stewels bind
om 'n perd in die sye te druk sodat die vinniger kan beweeg

tering (tuberculosis): tuberkulose, 'n siekte wat 'n mens Iaat maer word en
uiteindelik die dood kan veroorsaak

toom (bridle): 'n halter om 'n perd se kop om die dier mee te beheer

verlaat (had to leave it)

waaigras (long type of grass): 'n lang grassoort (Panicum atrosanguineum) wat in
die wind buig

KLEIOS

2
Die dans van die reën - Eugène N. Marais
Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woeslyn

1. 0 die dans van ons Suster!


2. Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3. en haar oge is skaam;
4. en sy lag saggies.
5. En van ver af wink sy met die een hand;
6. haar armbande blink en haar krale skitter;
7. saggies roep sy.
8. Sy vertel die winde van die dans
9. en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

10. Die grootwild jaag uit die vlakte,


11. hulle dam op die bulttop,
12. wyd rek hulle die neusgate
13. en hulle sluk die wind;
14. en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
15. Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16. en hulle kruip nader en sing saggies:
17. "Ons Suster! Ons Suster! Jv het gekom! Jv het gekom!"

18. En haar krale skud,


19. en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20. Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
21. sy trap af van die hoogte;
22. sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
23. die asem van die wind raak weg.
24. 0, die dans van ons Suster!

(Uit: Versamelde gedigte. J.L. van Schaik, 1936)

Woordverklarings

berggier (type of eagle): bergarend, berghaan

bergtop (mountain top)

bruilof (wedding)

3
bulttop(hill top)

dam ... op/opdam: versamel/ staan bymekaar

grootwild (big game): groter wildsoorte

karos (skin coat): kombers van dierevel gemaak

kleinvolk: diertjie en insekte wat onder die grond woon

oge: verouderde vorrn van "oë"

pluim (feather):veer

skelm scheming): loer vinnig

sleep van voete (drag of her feet)

wegraak: son verdwyn agter die wolke

werf (yard)

wink (wave): roep met die hand

You might also like