You are on page 1of 2

8 Januarie 2021

Beste Graad 8-ouers/voogde

Ons vertrou dat u ‘n wel verdiende vakansie geniet het en nou uitsien na ‘n nuwe fase in u
kind se lewe. Ons is baie opgewonde om u in die Curro-familie te verwelkom. Ons strewe
is om gelukkige, kreatiewe, onafhanklike en geïnspireerde leerlinge na wasdom te lei.

As gevolg van die vlak 3 inperkingsregulasies, sal ons nie kan voortgaan met ons
integrasieprogram, soos beplan nie. Ons sal u vroegtydig inlig wanneer ons op ‘n latere
stadium in die kwartaal daarmee sal voortgaan.

Die graad 8 leerders sal dus nie meer op Maandag 11Januarie by die skool hoef aan te
meld nie. Daar sal van hulle verwag word om op 12 Januarie by die skool om 07:30
gestandardiseerde assesserings in Afrikaans, Wiskunde en Engels te skryf, waarna hulle
onmiddellik om 11:00 kan huistoe gaan. Neem kennis dat daar nie vir hierdie assesserings
voorbereiding nodig is nie. Leerders moet slegs hulle skryfbehoeftes saambring.

Die skoolkwartaal begin dan amptelik op 13 Januarie. Neem asseblief kennis dat hulle
skooltasse, boeke en tablette skool toe moet bring. Leerders moet ten alle tye aan die Covid-
19 regulasies gehoorsaam wees en deurlopend hulle maskers dra, hande ontsmet en ‘n
veilige afstand bly behou.

12 Januarie skooldagprogram:
• Vergader om 07:30 voor die Andrew Collie-saal.
• Drag: wit T-hemp, donkerblou (navy/ denim) kort- of langbroek en tekkies. Geen
korthempies (crop tops) en té kort broeke mag gedra word nie.

Kommunikasie is uiters belangrik tussen alle belanghebbendes. U is dus welkom om my


enige tyd te kontak by nathan.r01@curro.co.za.

Ons sien baie daarna uit om u kind te verwelkom.

Vriendelike groete
Nathan Roberts
DATUM AKTIWITEIT
Personeel sal deurgaans betrokke wees.
INTERGRERINGSPROGRAM
• Ouers stop en laai leerlinge af. Ontmoet 7:30 voor die saal.
• Drag: Wit T-hemp, navy/denim lang-of kortbroek
• Waterbottel & middagete.
• Naamplaatjie
DINSDAG
• Gestandardiseerde Afrikaans, Engels en Wiskunde-assessering.
12 JANUARIE
• Skryfbehoeftes: pen(ne), liniaal, uitveër, potlood sal benodig
word.
• Jy hoef nie te leer vir die assesserings nie.
• Die snoepie sal nie oop wees nie.Geen kos sal verkoop word nie.
• Leerders mag om 11:00 huistoe gaan.

You might also like