You are on page 1of 12

Die Snoek (Barend Toerien)

Die titel - Wat is snoek?

Snoek

(Linefishing)

Scientific name: Thyrsites atun


Common names: barracouta, Cape snoek

1. What is it?

Bladsy 1 van 12
Snoek (Thyrsites atun) are relatively fast-growing, schooling fish found near the sea
bottom and occasionally near the surface. They are a popular fish and found widely on
local and international markets. Stock levels appear to be stable as there have been no
significant changes in catch rates apart from natural variations. In South Africa, stock
levels are considered to be fully fished and no overfishing is taking place.

2. How was it caught or farmed?

Snoek are caught using the traditional rod-and-reel method of the linefish sector.
Linefishing is a relatively selective fishing method which targets a large number of
species many of which are reef-associated but also includes a few pelagic species.
When targeting pelagic linefish species, like snoek, the linefishery is not likely to cause
significant damage to overfished, vulnerable or ETP species, which are nearly all reef-
associated. The reverse is true when targeting for reef-associated linefish species. The
fishery has few discards and there are very few “non-target” species landed in the
sector.

3. Where is it from?

Snoek are caught within the inshore zone along most of the South African coastline
mainly from the Namibian border to Algoa Bay on small skiboats. Management for the
sector is considered partly effective. In South Africa, this sector is principally managed
through a total allowable effort (TAE) limitation and there are additional restrictions to
protect overfished species such as bag (10 pp/pd) and minimum size (60 cm) limits for
recreational fishers. There is some concern over the impact of the small-scale fishery
rights allocation beyond the recommended TAE and the continuously growing
recreational sector.

Bron: wwfsassi.co.za/fish-species

Die titel is dit waaroor die gedig handel, in hierdie geval “Die Snoek”. Die gedig gaan
oor hoe die spreker die snoek vang en dan is hy baie onstelt en amper spyt daarna.
Die laaste reël bevestig sy onsteltenis.

Lees die gedig in Sprak of sprook op bladsye 120-121. Jou onderwyser sal die
volgende literêre aspekte aan jou verduidelik:
• Halfrym in dié gedig
• Enjambement en funksie in dié gedig
Bladsy 2 van 12
• Bladwit spasie in dié gedig en funksie
• Stylfigure in dié gedig

Beantwoord die vrae in die digbundel asook die aanvullende vrae hieronder:

1. Hoe weet jy dat daar meer as een persoon in die roeiboot is?
(Watter persoonlike voornaamwoord bevestig dit?) (1)

2. Wie vang die vis ? Die spreker of die “jy”? Motiveer die antwoord (3)
deur twee aanhalings uit die gedig te gee.

3. Wat is die taak van die roeier op die vissersboot? (1)

4. Watter gereedskap word gebruik om die snoek te vang? Noem 2. (2)

5. Watter tegniek word gebruik om die snoek te vang volgens reël 3-5?
(Skryf in jou eie woorde) (2)

6. Is die vis gevaarlik? Hoe weet jy dit? (1)

7. Gee EEN woord uit die gedig wat verduidelik hoe die snoek (1)
doodgemaak word.

8. Watter voegwoord verdeel die gedig in twee dele? (1)

9. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord


deur VYF OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig aan te haal.

Sodra die snoek byt, moet die visserman die vis stadig intrek in die
boot met die handlyn. (1)

10. Wat is die funksie van die bladwit spasie in versreël 10? (1)

11. Versreëls 1-9 is die vissermanne vasberade om snoek te vang.


Hoe verskil dit van die “ek” spreker se gewaarwordinge in reëls 11-
15? (2)

12. Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter neer, bv. 8E

In versreël 16 is daar ‘n voorbeeld van…


A ‘n metafoor
B ‘n neologisme
C assonansie
D personifikasie (1)

Bladsy 3 van 12
13. Watter tipe vrae vind ons in strofe 2? (1)

14. sy stert sou swingel, sy kiewe gulp


Let op die onderstreepte letters in die aanhaling hierbo.
Watter literêre verskynsel is hier ter sprake? (1)

15. Waarop dui die herhaling van die woord “sou” in versreëls 12 en (1)
13?

16. Waarna smag die vis as dit uit die water getrek word? (1)

17. Haal ‘n klanknabootsende woord uit versreël 15 tot 17 aan. (1)

18. Wat dink jy sal die spreker onthou van die visvangepisode? (1)

19. Wat is jou mening oor die reg van visse om te bly lewe? (1)

20. Wat is die doel van die enjambement in versreëls 15 en 16? (1)

[25]

Die Sterrekyker (Franci Greyling)

Waaroor handel die gedig?


Die spreker skryf ‘n brief aan die “man op die maan”. Die brief word deur die spreker
opgerol en dit word in ‘n rolvormige houer (koker - quiver) geplaas. Die koker word aan
‘n pyl vasgemaak en dit word die lug ingeskiet met ‘n boog wat van wigerhout gemaak
is. Die brief trek verder as die maan – dit draai om die maan en trek verder die donker
lug in. Die spreker sien hoe die brief veroorsaak dat nog briewe ontstaan (“duisende
briewe saai”). In versreël 11 wonder die spreker of die man in die maan haar brief gekry
het en of daar dalk iemand anders is wat al die briewe lees.
Verwerk uit: X-kit Presteer –Letterkunde Studiegids (Pearson)

Lees die gedig in Sprak of sprook op bladsy 130. Jou onderwyser sal die volgende
literêre aspekte aan jou verduidelik:
• Uiterlike bou en rym
• Enjambement
• Stylfigure
• Punktuasie
• Titel, inhoud en metaforiese betekenis

Bladsy 4 van 12
Sterrekyker (astrologer)

1. Waarna verwys die titel in die gedig? (1)

2. Aan wie skryf die spreker ‘n brief? (1)

3. Hoe versend die spreker die brief? (1)

4. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en letter


neer (A-D) as antwoord:

Die sterrekyker is iemand wat…

A: jou fortuin lees


B: met die maan gepla is
C: baie van sterre en die planeet hou
D: die toekoms voorspel deur na die sterre te kyk (1)

5. Watter TWEE herhalende woorde bevestig dat die brief ‘n lang


brief was? (1)

6. Kies die korrekte antwoord uit die moontlikhede tussen hakies.


Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
6.1.1 Die funksie van die rymwoorde is (alliterasie/binding). (1)
6.1.2 Die stylfiguur wat gebruik word om die spreker se handelinge in
die gedig te beklemtoon is (herhaling/ binding/ halfrym) (1)

7. Wat is die doel van die aandagstreep aan die einde van versreël 1? (1)

8. Gee drie werkwoorde in versreëls 3-5 wat ‘n aanduiding is wat

Bladsy 5 van 12
die spreker met die brief doen. (3)

9. Waarom dink jy gebruik die spreker ‘n wilgerlat as boog? (Versreël 5) (1)

10. Watter 4 opeenvolgende woorde is ‘n aanduiding dat die spreker


suksesvol was met die skietpoging? (1)

11. Hoe hoog trek die pyl-met-koker volgens versreëls 7-9? (2)

12. Kan hierdie gedig letterlik vertolk word? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(1)

13. Skryf die voorbeeld van alliterasie neer soos in versreël 9. (2)
Onderstreep die allitererende letters.

14. Wat gebeur in die lug met die een brief? (1)

15. Wie is die “ek” ,soos in versreël 11, van die gedig en wie is die “jy”,
soos in versreël 12 van die gedig? (2)

16. Wat is die funksie van die aandagstrepe in reël 12? (1)

17. Kies die woorde in die raampie om die progressie in die versreëls te
beskryf.
wonder handeling gebruik
17.1.1 versreëls 1-10
17.1.2 Versreëls 11 -15 (2)

18. In die begin van die gedig is daar een brief ter sprake en aan die
einde is daar sprake van briewe. Wat het gebeur? (1)
[25]

Testament (Kobus Lombard)


Waaroor handel die gedig?
Die gedig bevat die spreker se testament waarin hy sekere van sy besittings aan
iemand nalaat. Die persoon is nie oorlede nie, maar sy verhouding met haar het
“gesterf”. Hy noem op wat hy aan haar nalaat: slegs die “A-mineurdruk” uit sy
kitaarmusiek ; ‘n gedig wat hy nie geskryf het nie; ‘n hand vol duinesand wat sy deur
haar vingers kan laat loop; en laastens ‘n kapstok waarin hul siele soos hoede kan
Hang – langs mekaar en tevrede, maar tog sonder lewe.

Lees die gedig in Sprak of sprook op bladsy 134. Jou onderwyser sal die volgende
literêre aspekte aan jou verduidelik:

Bladsy 6 van 12
• Uiterlike bou
• Stylfigure en woordkeuse in dié gedig
• Wending, halfrym & beeldspraak

A B C

1 3 *76%%^^###
&&^##@@@@09**!

1. Kyk na die illustrasies hierbo.


(a) Benoem die “bates” (4)
(b) Plaas dit nou in die regte volgorde soos dit in die gedig genoem word. (4)

2. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en antwoord


neer.

Hierdie tipe gedig is ‘n….


A: liefdesgedig
B: vrye gedig
C: hartseer gedig
D: anonieme gedig (1)

Bladsy 7 van 12
3 Waarop dui die titel van die gedig? (1)

4. Hoe kan die toon van die gedig beskryf word. Waarom is dit so? (2)

5. Wat suggereer die woord “al” in versreël 1? (2)

6. Waarom is “beroerde bates” in versreël 1 ‘n oksimoron? (2)

7. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en antwoord


neer.
Die struktuur van die gedig kan beskou word as…
A: vrye vers
B: sonnet
C: kwatryn
D: elegie (1)

8. Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 2? (2)

9. Die uitdrukking “beroerde” en “bates” is twee direkte teenoorgesteldes.


Verduidelik die verskil. (2)

10. Watter van die bates wat die spreker noem is ontasbaar? (1)

11. Watter vergelyking is daar in versreël 9 en 10? (2)

12. Waarom is die wit reël doeltreffend. Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

[20]

Bladsy 8 van 12
MEMORANDUM

Die Snoek (Barend Toerien)

1. Die woord “Ons” bevestig dit. (1)

2. Die spreker is die visserman. ✓


Anhaling: “druk hom onder jou arm in vas” ✓
Aanhaling: “jy, die roeier, sê hoe om te maak”.✓ (3)

3. Om raad te gee. / Om te sê wat om te doen / Om te sê hoe om


vis te vang (enige iets soortgelyk) (1)

4. Handlyn en hoek (2)

5. Gee kort rukkies met handlyn✓ en as jy voel, ruk vinnig –


pluk
hard en gryp die vis.✓ (Eie woorde – nie aanhalings nie) (2)

6. Ja. Die vis het tande. (1)

7. nekbreek (1)

8. Die voegwoord “Maar” (1)

9. Onwaar. “Pluk hom in die boot” (1)

10. Dit dui op tydsverloop: die visserman is nou by die huis en nie
meer op die boot nie. (1)

11. Die angstigheid en vasberadenheid in reël 11-15 is nie meer


daar
nie. Die spreker dink na oor die spartelende snoek wat aan die
lewe vasklou en hy onthou die starende oë. (1)
OF Die spreker is nie meer vasberade nie. Dink na oor die vis
wat aan lewe vasklou en die starende oë.

12. B (neologisme) (1)

13. Retoriese vrae (1)

14. alliterasie (1)

15. Dit dui op die verlede tyd – sal toekomend , sou – verlede.
Dit beklemtoon die feit dat die vis nie meer lewe nie (geen (1)

Bladsy 9 van 12
toekoms)

16. na waterlug. (1)

17. “gulp” (1)

18. starende oë / oë wat aanhou staar (1)

19. Oop vraag: Antwoord oor die reg van visse. (1)

20. Dit toon hoe die snoek se kiewe smag na water. (1)

[25]
Die Sterrekyker (Franci Greyling)
1. Die titel verwys na iemand wat sterrewiggelary of astrologie (1)
beoefen.

2. Aan die man op die maan. (1)

3. Hy skiet dit op met pyl en boog. Die briewe is in ‘n koker , (1)


vasgeheg aan die pyl.

4. D: die toekoms voorspel deur na die sterre te kyk (1)

5. bladsye (1)

6. 6.1 binding (1)


6.2 herhaling (1)

7. Die aandagstreep aan die einde van die versreël vestig die
aandag op di twat gaan volg, naamlik die lengte van die brief. (1)

8. rol, bind, skiet (3)

9. Wilgerlatte is buigsaam en daarom sal die spreker die boog ver


kon terugtrek./ Dit buig maklik. (1)

10. hoog die lug inseil (1)

11. Deur die sterre, om die maan en verder deur die donker lug. (2)
12. Nee. Dit kan nie letterlik vertolk word nie. Die eerste 6 versreëls
bevestig dit. Dis verbeeldingryk. (1)

13. al verder deur die donker lug (2)

Bladsy 10 van 12
14. versprei in duisende ander briewe (1)

15. “ek” = spreker, “jy” die leser. (2)

16. Dit beklemtoon die vraag wat die spreker vra. (1)

17 17.1 versreëls 1-10 – handeling (1)


17.2 versreëls 11 -15 - wonder (1)

18. briewe het versprei (saai) in die lug./ briewe het vermeerder
in die lug. (1)

[25]

Testament (Kobus Lombard)


1.(a) A Woordlose vers
B A-mineurdruk
C kapstok
D hand vol duinesand (4)
1 (b) B, A, D, C (4)

2. A: Liefdesgedig (1)

3. Die titel skep verwagtinge dat iemand wat gesterf het en dat
die inhoud van die gedig die inhoud van die testament sal bevat. (1)

4. “mineurtoon” – Die toon is hartseer omdat die spreker se


geliefde hom verlaat het. (2)

5. “al” – suggereer dat die spreker nog meer bates het as wat hy
in die gedig gaan nalaat. (1)

6. Uitdrukking “beroerde bates” = direkte teenoorgesteldes van


mekaar. beroerde = iets wat sleg is X bates = iets wat jou verryk. (2)

7. A: Vrye vers (1)

8. Na die dubbelpunt volg ‘n reeks besittings wat die spreker aan (2)
sy gewese minnaar wil nalaat/ OF Die opnoem van die
besittings.

9. “beroerde” beskryf iets wat sleg is terwyl “bates” goed is – iets (2)
wat jou verryk.

Bladsy 11 van 12
10. A-mineurdruk (1)

11. siele word vergelyk met hoede wat tevrede langs mekaar hang. (2)

12. Dit skei die wending, EN/OF die begin van ‘n vergelyking,
EN/OF die enjambement van mekaar en sodoende staan die
laaste twee woorde bo, naamlik “ons siele” , sterk uit asook die
gevoel “tevrede” direk na die tipografiese wit. (2)

Bladsy 12 van 12

You might also like